4
Marakele 14 Oktober 2015. Dit bly altyd ’n wonder om elke park elke keer so opnuut en uniek te ervaar. Toe ons Maandag hier aangekom het, was dit skroeiend warm en ons was geskok om te sien hoe droog dit is. Die dele van die park wat langs die grootpad lê soos mens aankom, was net rooi grond sonder ’n griesel gras. By die hek was die ontvangs vriendelik maar nie sonder ’n raaisel. Manlief het gesê dat hy gemerk het dat hulle ons net vir twee aande bespreek het in plaas van drie en gevra hulle moet nog ’n aand bysit. Gee die vorm en toe begin die kopkrap. Ons bespreking wys vir die 28ste September. Nou wat? Uiteindelik pluis ons dit uit. Dit is die verkeerde vorm, dis die een wat ons vir Karroo gehad het. Met ‘ sug van verligting en met die regte besonderhede is ons toe deur die hek. Soos alle kampers sal weet is die volgende om te besluit waar sal ons kamp opslaan. Soos gesê is dit droog en uitmergelend warm. Bome is volop maar skadu min. Na vele gewik en geweeg besluit ons op ’n plek haal tafel en stoele uit om middagete te geniet met die besluit dat ons eers dorp toe sal gaan vir voorrade voor ons kamp opslaan. Met die uitry sien ons daar is sowaar ’n plek wat heerlike skadu het. Ek klim uit om ons “claim” te lê terwyl Manlief gou die tafel en stoele gaan haal waarna ons dan weer die treiler gaan haak. Eintlik verspot want hier is nie juis op die tyd ’n aanloop vir mense maar nie tewel die skadukol is goud werd. Met ons “claim” duidelik sigbaar is ons toe dorp toe. Thabazimbi het sedert ons laaste besoek ’n spoggerige mall bygekry met ’n groot Pick en Pay so ons is gou geholpe. Terug by die kamp is daar nie meer uitstel kans vir kamp opslaan nie. Ons word so tydelik van ons voornemens afgewyk want daar wei ’n klompie renosters nie te vêr van ons af nie. Hulle wei rustig so ons gaan maar voort in die hoop dat hulle nog hier rond sal wees teen ons klaar is. Toe gebeur dit. Met elke pen wat manlief inslaan kyk die renosters op en beweeg nader. En so hou dit aan , praat van om welkom geheet te word dit was beslis ’n eerste. Na ons klaar is en hulle tevre3de was dat ons ons goed van ons taak gekwyt het, het hulle so ewe nonchalant omgedraai en terug gestap na die dam se kant toe. Warm en natgesweet is dit toe tyd vir ontspan met ’n glasie bier maar dit is steeds einde niet van ons verwelkoming. Die krombek voëls is dadelik al om ons en toe kom Mevrou Volstruis aan gevolg deur ’n

Web viewOns word so tydelik van ons voornemens afgewyk want daar wei ’n ... Marakele is in twee dele en gewoonlik ry mens onder n hoofpad deur van die een kant na die

  • Upload
    vukiet

  • View
    224

  • Download
    8

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Web viewOns word so tydelik van ons voornemens afgewyk want daar wei ’n ... Marakele is in twee dele en gewoonlik ry mens onder n hoofpad deur van die een kant na die

Marakele 14 Oktober 2015.

Dit bly altyd ’n wonder om elke park elke keer so opnuut en uniek te ervaar. Toe ons Maandag hier aangekom het, was dit skroeiend warm en ons was geskok om te sien hoe droog dit is. Die dele van die park wat langs die grootpad lê soos mens aankom, was net rooi grond sonder ’n griesel gras. By die hek was die ontvangs vriendelik maar nie sonder ’n raaisel. Manlief het gesê dat hy gemerk het dat hulle ons net vir twee aande bespreek het in plaas van drie en gevra hulle moet nog ’n aand bysit. Gee die vorm en toe begin die kopkrap. Ons bespreking wys vir die 28ste September. Nou wat? Uiteindelik pluis ons dit uit. Dit is die verkeerde vorm, dis die een wat ons vir Karroo gehad het. Met ‘ sug van verligting en met die regte besonderhede is ons toe deur die hek. Soos alle kampers sal weet is die volgende om te besluit waar sal ons kamp opslaan. Soos gesê is dit droog en uitmergelend warm. Bome is volop maar skadu min. Na vele gewik en geweeg besluit ons op ’n plek haal tafel en stoele uit om middagete te geniet met die besluit dat ons eers dorp toe sal gaan vir voorrade voor ons kamp opslaan.

Met die uitry sien ons daar is sowaar ’n plek wat heerlike skadu het. Ek klim uit om ons “claim” te lê terwyl Manlief gou die tafel en stoele gaan haal waarna ons dan weer die treiler gaan haak. Eintlik verspot want hier is nie juis op die tyd ’n aanloop vir mense maar nie tewel die skadukol is goud werd. Met ons “claim” duidelik sigbaar is ons toe dorp toe. Thabazimbi het sedert ons laaste besoek ’n spoggerige mall bygekry met ’n groot Pick en Pay so ons is gou geholpe. Terug by die kamp is daar nie meer uitstel kans vir kamp opslaan nie. Ons word so tydelik van ons voornemens afgewyk want daar wei ’n klompie renosters nie te vêr van ons af nie. Hulle wei rustig so ons gaan maar voort in die hoop dat hulle nog hier rond sal wees teen ons klaar is. Toe gebeur dit. Met elke pen wat manlief inslaan kyk die renosters op en beweeg nader. En so hou dit aan , praat van om welkom geheet te word dit was beslis ’n eerste. Na ons klaar is en hulle tevre3de was dat ons ons goed van ons taak gekwyt het, het hulle so ewe nonchalant omgedraai en terug gestap na die dam se kant toe. Warm en natgesweet is dit toe tyd vir ontspan met ’n glasie bier maar dit is steeds einde niet van ons verwelkoming. Die krombek voëls is dadelik al om ons en toe kom Mevrou Volstruis aan gevolg deur ’n vlakvark. Dinsdagoggend gaan die skouspel voort toe vyf kameelperde die kamp binne stap. Met die koeligheid van die laat namiddag met ’n asemrowende sonsondergang trek ons bure hulle kamp stoele nader en daar word oor en weer kamp stories uitgeruil. Na ete die aand toe ons so onder die sterre sit besef ons weereens van vooraf hoe die rustigheid oor mens daal. ’n Ware lafenis vir ’n moeë siel.

Marakele is in twee dele en gewoonlik ry mens onder n hoofpad deur van die een kant na die ander. Hulle werk egter tans aan die pad so ons moes eers uit gaan uit die hoof kamp en dan n ent verder by deur n tydelike hek die tweede deel binnegaan. Die hekwag daar was baie vriendelik en duidelik uitgehonger vir bietjie geselskap. Ek maak toe melding van die feit dat dit so warm en droog is en kry toe die antwoord, “ my lady, believe me this is not hot, this is hel”.

Die ontsettende hitte word die middag gebreek deur n vinnige bui reën wat gepaard gaan met so paar helder flitse en donderweer. Alles lyk daarna skoon gewas, die bome se blare blink en selfs die zebras lyk asof hulle skoon aangetrek het. Ons sluit ons laaste aand af in die interessante geselskap oor n glasie sjampanje met ene Chris en Dragon ( ja dit is haar naam! ) wat langs ons gestaan het. Manlief het hulle

Page 2: Web viewOns word so tydelik van ons voornemens afgewyk want daar wei ’n ... Marakele is in twee dele en gewoonlik ry mens onder n hoofpad deur van die een kant na die

vertel dat dit my verjaarsdag is en toe nooi hulle ons oor na ete. Ons het Tannie Dienie se vrugte rol bygedra.

Renosters kom groet ons in die kamp.

Page 3: Web viewOns word so tydelik van ons voornemens afgewyk want daar wei ’n ... Marakele is in twee dele en gewoonlik ry mens onder n hoofpad deur van die een kant na die

Ma se elke keer as ek n pen ingeslaan het, het hulle nader gekom.