4
Dagboek 10 Mrt: Telkommissie 1 15 Mrt: Gemeente- aand Hamburgerbraai Skole sluit 20 Mrt: NWU sluit VAN ONS DIAKONIE Gemeente-aand en Hamburgerbraai. Ons volgende gemeente-aand en hamburgerbraai vind plaas eerskomende Vrydagmiddag/aand vanaf 17:30 tot wanneer ons klaar is, gewoonlik so 19:00-19:30. Ek gee hiermee enkele gedagtes deur van hoe hierdie funksie eintlik werk. Japie en Christa van Jaarsveld begin vroeg in die week al beplan oor onder andere, hoeveel patties moet bestel word en hoeveel broodjies het ons nodig? Is daar nog sous oor van die vorige keer of moet daar van nuuts af gemaak word? Waar koop ons mooi slaaikoppe en uie sodat alles Vrydag steeds goed en vars kan wees? Is daar nog koeldrank vir die dorstiges en ʼn wyntjie ook vir ander dorstiges en polistireenbakkies vir die klaar hamburgers? Wie kan kom help met die voorbereiding? Blaarslaai moet gespoel en gesny word, uie (trane) moet gesny en gestoom word. Die sous moet voorberei word. Is daar genoeg houtskool en braaiers? Wanneer al hierdie sake die nodige aandag gekry het kan die braaiery eers begin. As die weer dit toelaat word daar ʼn paar tafels en klompie stoele uit die saal na buite gedra. Tafeldoeke oorgegooi, alles om dit so gesellig en gerieflik moontlik te maak vir almal wat kom koop, kuier en eet. Ja, en dan wanneer alles gebraai en geëet en verkoop is, moet daar natuurlik opgeruim, ingedra en skoongemaak word. Dit gebeur ongelukkig nie van self nie. Beste lidmate, ek glo en vertrou dat u, nadat u hierdie berig gelees het en daaroor nagedink het……….. Vrydagmiddag in groot getalle sal kom om te koop, kuier en eet. Nelly H A M B U R G E R B R A A I Die volgende gemeente-aand en hamburgerbraai Ons kuier gesellig saam vanaf 17:30 by die saal. Vir 'n bestelling bel Johan du Plessis by die kerkkantoor 018 294 4600 of Pieter by 082 923 1384 R 25 per hamburger. Dit bly 'n “winskoop” Op die Kerkwerf Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom Jaargang 35, nr 9 Sondag 10 Maart 2019 REDAKTEUR: RUDY VAN DER SPOEL 018 294 3402 [email protected] Eredienste: 09:30 en 18:00 Predikant: Ds Ronald Bain 082 339 0933 Kantoor 018 294 4600 Faks: 086 610 9283 Pastorie: 018 293 2116 Karin Bain 082 532 1620 Hulpprediker: Prof Callie Coetzee 082 337 7951 Koster Pieter Bouwsema 082 923 1384 Orrelis: Magda Pelser-van der Merwe 079 872 2516 E-posadres: [email protected] Web: www.gkpotchefstroom.co.za Diensbeurte: Ouderlinge: Wyk A6 Paul-Jaco Schutte, A7 is Kobus Mentz diakens wyke A6 vakant en A7 Andries de Klerk. Teeskink na die erediens: Susters van wyke A1 en A2. Wyksusters is Margaretha Kirsten en Jana van Ryssen. Susters van die wyke word gevra om te help. Diens by Huis Eikelaan om 15:30: Ouderlinge van wyke B4 en B5. Nico Malan en Paul Schutte. Bussiediens: Vandag ry Willem van Heerden 076 450 0652 Sondag 17 Maart ry Zurich Terblanche 083968 6074 Goeiemôre broers en susters, kinders en besoekers EREDIENSTE Albei dienste word gelei deur ds Ronald Bain OGGEND: Skrifgedeelte: Openbaring 2:18-29; Psalm 2:1-12 Fokusgedeelte: Openbaring 2:20,25-27 TEMA: Christus deel sy bruid met niemand nie. SING: Vooraf: Skrifberyming 41: 1 - 7 (Tema 15 - 5) Psalm 98: 1, 3; Psalm 139: 1, 3, 7; Skrifberyming 17:1, 5, 6 (Tema 17 - 1) Psalm 2: 1, 4, 5, 6. AAND: Skrifgedeelte: 1 Samuel 16: 1 - 18; Psalm 51: 9 - 13 Fokusgedeelte: Psalm 51: 13 Dordtse Leerreëls 5: 6 - 8 TEMA: Die uitverkorenes word daarvan bewaar om die sonde teen die Heilige Gees te begaan. SING: Psalm 113: 1 3; Psalm 51: 4, 5; Psalm 138: 1, 4. Onthou gemeente-aand en hamburgerbraai. Vrydagaand vanaf 17:30 NOU VRYDAGAAND 15 Maart 2019

VAN ONS DIAKONIE Op die Kerkwerf - gkpotchefstroom.co.zagkpotchefstroom.co.za/wp-content/uploads/2019/03/9...Dordtse Leerreëls 5:1 6 - 8 TEMA: Die uitverkorenes word daarvan bewaar

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: VAN ONS DIAKONIE Op die Kerkwerf - gkpotchefstroom.co.zagkpotchefstroom.co.za/wp-content/uploads/2019/03/9...Dordtse Leerreëls 5:1 6 - 8 TEMA: Die uitverkorenes word daarvan bewaar

Dagboek 10 Mrt: Telkommissie 1 15 Mrt: Gemeente- aand Hamburgerbraai Skole sluit 20 Mrt: NWU sluit

VAN ONS DIAKONIE

Gemeente-aand en Hamburgerbraai. Ons volgende gemeente-aand en hamburgerbraai vind plaas eerskomende Vrydagmiddag/aand vanaf 17:30 tot wanneer ons klaar is, gewoonlik so 19:00-19:30. Ek gee hiermee enkele gedagtes deur van hoe hierdie funksie eintlik werk. Japie en Christa van Jaarsveld begin vroeg in die week al beplan oor onder andere, hoeveel patties moet bestel word en hoeveel broodjies het ons nodig? Is daar nog sous oor van die vorige keer of moet daar van nuuts af gemaak word? Waar koop ons mooi slaaikoppe en uie sodat alles Vrydag steeds goed en vars kan wees? Is daar nog koeldrank vir die dorstiges en ʼn wyntjie ook vir ander dorstiges en polistireenbakkies vir die klaar hamburgers? Wie kan kom help met die voorbereiding? Blaarslaai moet gespoel en gesny word, uie (trane) moet gesny en gestoom word. Die sous moet voorberei word. Is daar genoeg houtskool en braaiers? Wanneer al hierdie sake die nodige aandag gekry het kan die braaiery eers begin. As die weer dit toelaat word daar ʼn paar tafels en klompie stoele uit die saal na buite gedra. Tafeldoeke oorgegooi, alles om dit so gesellig en gerieflik moontlik te maak vir almal wat kom koop, kuier en eet. Ja, en dan wanneer alles gebraai en geëet en verkoop is, moet daar natuurlik opgeruim, ingedra en skoongemaak word. Dit gebeur ongelukkig nie van self nie. Beste lidmate, ek glo en vertrou dat u, nadat u hierdie berig gelees het en daaroor nagedink het……….. Vrydagmiddag in groot getalle sal kom om te koop, kuier en eet. Nelly

H A M B U R G E R B R A A I Die volgende gemeente-aand en hamburgerbraai

Ons kuier gesellig saam vanaf 17:30 by die saal. Vir 'n bestelling bel Johan du Plessis by die kerkkantoor

018 294 4600 of Pieter by 082 923 1384 R 25 per hamburger. Dit bly 'n “winskoop”

Op die Kerkwerf Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom

Jaargang 35, nr 9 Sondag 10 Maart 2019

REDAKTEUR: RUDY VAN DER SPOEL 018 294 3402

[email protected] Eredienste: 09:30 en 18:00 Predikant: Ds Ronald Bain 082 339 0933

Kantoor 018 294 4600 Faks: 086 610 9283 Pastorie: 018 293 2116 Karin Bain 082 532 1620

Hulpprediker: Prof Callie Coetzee 082 337 7951

Koster Pieter Bouwsema 082 923 1384 Orrelis: Magda Pelser-van der Merwe 079 872 2516

E-posadres: [email protected] Web: www.gkpotchefstroom.co.za Diensbeurte: Ouderlinge: Wyk A6 Paul-Jaco Schutte, A7 is Kobus Mentz diakens wyke A6 vakant en A7 Andries de Klerk. Teeskink na die erediens: Susters van wyke A1 en A2. Wyksusters is Margaretha Kirsten en Jana van Ryssen. Susters van die wyke word gevra om te help. Diens by Huis Eikelaan om 15:30: Ouderlinge van wyke B4 en B5. Nico Malan en Paul Schutte. Bussiediens: Vandag ry Willem van Heerden 076 450 0652 Sondag 17 Maart ry Zurich Terblanche 083968 6074

Goeiemôre broers en susters, kinders en besoekers

EREDIENSTE Albei dienste word gelei deur ds Ronald Bain

OGGEND: Skrifgedeelte: Openbaring 2:18-29; Psalm 2:1-12 Fokusgedeelte: Openbaring 2:20,25-27 TEMA: Christus deel sy bruid met niemand nie. SING: Vooraf: Skrifberyming 41: 1 - 7 (Tema 15 - 5) Psalm 98: 1, 3; Psalm 139: 1, 3, 7; Skrifberyming 17:1, 5, 6 (Tema 17 - 1) Psalm 2: 1, 4, 5, 6. AAND: Skrifgedeelte: 1 Samuel 16: 1 - 18; Psalm 51: 9 - 13 Fokusgedeelte: Psalm 51: 13 Dordtse Leerreëls 5: 6 - 8 TEMA: Die uitverkorenes word daarvan bewaar om die sonde teen die Heilige Gees te begaan. SING: Psalm 113: 1 – 3; Psalm 51: 4, 5; Psalm 138: 1, 4.

Onthou gemeente-aand en hamburgerbraai. Vrydagaand vanaf 17:30

NOUVRYDAGAAND

15 Maart 2019

Page 2: VAN ONS DIAKONIE Op die Kerkwerf - gkpotchefstroom.co.zagkpotchefstroom.co.za/wp-content/uploads/2019/03/9...Dordtse Leerreëls 5:1 6 - 8 TEMA: Die uitverkorenes word daarvan bewaar

LIEF EN LEED

Ons is dankbaar dat Kobus Havenga 082 290 2279

ontslaan is uit die hospitaal en tuis aansterk na ’n hartom-

leidingsoperasie. Ons bid dat daar volkome

herstel sal wees.

Gert Kruger 082 699 6591 het die afgelope week ʼn operasie

ondergaan om ’n pasaangeër te ontvang. Dit was suksesvol.

Ons dra hom en Minke aan die Here se sorg op.

Gert van der Walt 082 676 3884 is verlede Saterdag

opgeneem in Mediclinic vir ondersoeke maar ons is

dankbaar dat hy intussen ontslaan is en by die huis aansterk.

Ons dink aan hom in ons gebede.

Klaas Wyma 084 802 3707 het Dinsdag ’n

skoueroperasie ondergaan. Hy is weer tuis en

ons bid hom ʼn spoedige herstel toe.

Juré Smit 079 505 3715 is steeds in hospitaal vir die geboorte

van haar en Wynand se babatjie. Ons dra hulle op aan die

Here se troue sorg.

Jess Niemand 073 260 8850 is nog tuis. Hy is tans te siek om

opgeneem te word in Kalie de Haashospitaal. Hopenlik word

hy Maandag opgeneem.

VAN ALLES EN NOG WAT

KOLLEKTES: Vandag en elke Sondag: Onder die erediens vir Barmhartigheid. By deure vanoggend vir Teologiese Studentebehuising Volgende Sondag se kollekte die oggend vir Christelike onderwys Instituut. ------------- KATEGESE Vanoggend moet julle Les 7 en Psalm 105: 5 ken. Maandag lees Laat my lammers wei. Hoofstuk 74. Volgende kategese is weer op Sondag 7 April weens die vakansie ------------- BYBELSTUDIES Ons weeklikse Bybelstudies is soos volg: Huis Eikelaan om 15:00 op Dinsdae Jongmense om 18:30 op Woensdae in Jeugkamer Oggendbybelstudie Donderdae om 9:30 in konsistorie. Donderdagaande om 18:30 in konsistorie. 2

Veertig jaar in die wildernis 5 God se bevel om die ark te bou Ita Schulze

Deur en oor die klippe en rotse het die Israeliete gestap. ←

Satellietfoto

van die Wadi

Watir.

Die

kronkeling

van die ravyn

Wadi Watir,

satellietfoto.

Drie maande later het hulle in die woestyn

Sinai gekom. Hier het God aan Moses die kliptafels waarop die wet en

gebooie geskryf is, gegee. Hierdie gebooie moes in ʼn ark bewaar word en die

ark moes voor die Israeliete deur die Leviete priesters gedra word sodat die

volk kon weet waarlangs om te stap. Die priesters moes ongeveer 800 meter

voor die volk uit beweeg na hulle volgende rusplek. En wanneer die ark

vertrek moes die volk agteraan trek (Josua 3: 3).

Eksodus 25:10: God het aan Moses bevel gegee: ‘Hulle moet dan ‘n ark van

akasiahout maak… En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en

van buite…’ Verdere bevele van hoe die ark toegerus moes word het Hy ook

aan Moses gegee. Die Getuienis van

die HERE (die twee kliptafels waarop

die wet en gebooie geskryf is) wat

God aan hom gegee het, moes hy

hierin sit. Die ark moes bedek word

met ʼn deksel, genoem die versoen-

deksel. Die ark is deur Leviete

priesters gedra (Deuteronómium 10:

8) en dit het moontlik so gelyk:

Die ark was gehuisves in die taber -

nakel en ʼn wolk het dit oordek. ‘n ark.

Eksodus 40:36 beskryf dat as die wolk van die tabernakel af optrek dan het

die kinders van Israel agterna getrek : 37 -38 ‘...op al hulle togte.’

7

Page 3: VAN ONS DIAKONIE Op die Kerkwerf - gkpotchefstroom.co.zagkpotchefstroom.co.za/wp-content/uploads/2019/03/9...Dordtse Leerreëls 5:1 6 - 8 TEMA: Die uitverkorenes word daarvan bewaar

VAN DIE KONINGSKINDERS

Hoërskool Koningskindersaksie

15 Maart 2019 om 16:30 tot 20:00

Waar? Gereformeerde Kerk Potchefstroom Sentraal.

Laerskool Koningskindersaksie 15 Maart 2019 vanaf 13:30 tot 17:00

Waar? Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos

(13:00 indien u wil help met vervoer)

HEERLIKE KOPPIE TEE NA DIE DIENS Hier is ʼn lysie om elkeen in te lig hoe die

skinkbeurte werk.

Wanneer? Elke Sondagoggend tydens die

skooltermyne

Waar? In die kerksaal

Wie skink? Elke suster en elke wyk kry ʼn beurt

Hoe weet jy wanneer? Op die kalender is die skinkbeurte aangeteken.

Wie reël dit? Johan stuur op Vrydae sms’e aan die betrokke wyksusters.

Hulle laat weet hulle wykslede.

Wie dek die tafel? Vrydae skuif Pieter die tafels reg en as Nicolene nie

werk nie pak sy vroeg op ʼn Sondag die koppies uit.

Wie koop die koffie, tee, suiker en melk? Die Sustersbestuur sorg dat daar

altyd genoeg van alles is.

Wat moet jy doen? Direk na kerk gaan na die saal. As jy nuut is sal

iemand jou wel vertel wat om te doen.

Wat as niemand opdaag nie? Sê nou jy kom in die saal en daar word nie

tee geskink nie, of daar is net een arme vroutjie wat haar bes doen, wat

dan? Gooi jou handsak neer, groet almal en begin. Baie mense sal dankbaar

wees dat jy kom help het.

Gaan soek sommer vandag jou wyk se skinkbeurt en teken die datum aan.

Ons hoop om die kombuis vol geselsende Susters te sien wat lekker

saamwerk.

Die tafels is gedek en daar is koffie en tee in die saal Dit is ʼn wonderlike geleentheid om gesellig te verkeer.

Susters van wyke E3 en E4 versorg vandag die tee en koffie

6

VERJAARDAE GEDURENDE DIE WEEK

Ons wens elke doop- en belydende lidmaat wat gedurende

hierdie week verjaar, baie geluk met sy/haar verjaardag:

10 Maart Gert v d Walt, Huis Eikelaan S26, 082 676 3884. Wyk C2

11 Maart Stienie Niemand, Harmoniewoonstel 9. Wyk A6

12 Maart Elsa Chamberlain, Kruisstraat 98, 076 051 1863. Wyk A4

Alta Hugo, Limerick II nr 4, 082 493 3744. Wyk B4

13 Maart Jacques Schutte, Mcklagenstraat 8, 018 297 0622. Wyk E3

14 Maart` Abie Pelser, Huis Eikelaan S25, 082 921 5514, Wyk C2

15 Maart Minke Kruger, Berts Bricksweg 55, 018 292 1299. Wyk E3

16 Maart Mari Stols, Huis Eikelaan TB 406, 082 397 3062. Wyk C3

Danél Theron, Nieuwestraat 11, 079 624 8943. Wyk E1

VERGADERINGS 11 Maart: Christelike Onderwyskommissie vergader om 17:30 12 Maart: Eiendomskommissie vergader om 18:00 in die kantoor 13 Maart: Gemeentegeselligheidkommissie vergader om 17:30

VAN ONS DIAKONIE

Die kollekte vir Barmhartigheid Sondag 3 Maart 2019 was R 6 340.

Die kollekte ten bate vir ons Jeug was R 2 450.

Lidmate het gevra wat die doel is van die kollekte vir EXPANDO.

Doel van die kollekte vir Expando is om ʼn sentrum vir bedienings-

toerusting en begeleiding onder die toesig van die Kuratore en in

samewerking met Fakulteit Teologie te vestig. Expando het onder

andere ook die taak om ouderlinge toe te rus vir hulle dienswerk en

het begin met ʼn reeks Bybelstudies te skryf hiervoor.

GKSA BEROEPENUUS Beroep ontvang

Ds DFC Kruger (Dirk) van Zeerust na Vaalpark

JAARLIKSE KERKKAMP TEKEN ASSEBLIEF AAN IN U DAGBOEK

Nooitgedacht se kampterrein is bespreek vir die naweek van 11-12 Oktober 2019.

Teken hierdie datum met groot letters aan in jou dagboek

3

Page 4: VAN ONS DIAKONIE Op die Kerkwerf - gkpotchefstroom.co.zagkpotchefstroom.co.za/wp-content/uploads/2019/03/9...Dordtse Leerreëls 5:1 6 - 8 TEMA: Die uitverkorenes word daarvan bewaar

Teologiese Skool Potchefstroom Fietstoer 150 jaar Baie jare gelede (150 jare om presies te wees), in die jaar 1869, het die Gereformeerde Kerke van Suid Afrika saam besluit: ons benodig ʼn Teologiese Skool om predikante vir die kerke op te lei. So is die Teologiese Skool van die GKSA in November 1869 te Burgersdorp gestig. ʼn Bietjie minder jare gelede, in die jaar 1905, is daar

egter besluit dat die Teologiese Skool eerder in Potchefstroom behoort te wees, met die gevolg dat al die professore en studente met al hulle boeke en kundigheid verhuis het tot waar die Teologiese Skool nou in Potchefstroom is. Nog ʼn bietjie minder jare gelede (50 jare om presies te wees), in die jaar 1969, het ʼn groep studente besluit om die reis van Burgersdorp na Potchefstroom weer oor te doen, as Eeufeesherdenking van die oprigting van die Teologiese Skool in Burgersdorp. Sodoende het ʼn perdekommando van ongeveer 20 studente die roete vanaf Burgersdorp tot in Potchefstroom te perd afgelê. In 2019 word die 150ste bestaansjaar van die Teologiese Skool (en NWU) herdenk, en wat is ʼn beter manier om dit te doen as om in die spore van ons voorgangers te volg. 21 Maart 2019, gaan ʼn groep van 10 studente, 2 professore en ‘n ondersteuningspan van 5, met hulle ysterperde vanuit Burgersdorp vertrek. Die afstand van 680km sal oor 8 dae getrap word, sodat hulle DV die 28e Maart om 10:30 weer in Potchefstroom sal aankom. **************************************************** Ons nooi julle hartlik uit om die fietsryers saam met ons op 28 Maart by die Kerkmuseum in Molenstraat te kom verwelkom. Die verrigtinge begin om 9:30 met besigtigingstoere deur die Kerk- en Totiushuismuseums. Nadat ons die fietsryers om 10:30 verwelkom het, is daar ʼn kort program.

– Prof Gert Breed – Dirk Meijer

– Prof Chris van der Walt – Prof Francois Muller

– Prof Ben de Klerk – Ds Piet Venter

Indien u die verrigtinge wil bywoon, skakel asb vir Elsabé Labuschagne 018-299 1846 of stuur ʼn e-pos na [email protected] voor 22 Maart. Ons sien uit daarna om u hier te ontvang. 4

Sustersaamtrek 2 Maart 2019, aangebied deur die Gereformeerde Susters Wolmaransstad

OM – GEE – WINGSBEWUS

TEMA: Verteenwoordig God in die Lewensruimte wat Hy vir jou gee Prof Chris van der Walt.

Ons reis het vroeg begin, met gebed met Nelly aan die stuur. ʼn Lieflike koel oggend. Lang dekgras met pluime volop het al waaiende, neerbuigend deur die wind ons heelpad verwelkom. Windpompwiele op spoed, beeskuddes oral en hier en daar ʼn witborskraai. Al die veld is vrolik!! Psalm 8. Die laerskooldogters van die gemeente het ons by aankoms hartlik verwelkom. Allerlei ontbytversnaperinge het op ons gewag. Koffie, tee, sap en ʼn verskeidenheid muffins. Die samesang in die kerkgebou was iets besonders. Skr. 21, Ps 8, 9, 19, 24, 34, 45, 65, 92. ʼn Wonderlike keuse van Psalms. Lofliedere, lofprysing tot die tema van die dag. Na die amptelike opening deur ds Abraham Kruger is die spreker, prof Chris van der Walt aan die woord gestel. Hy het met behulp van ʼn aantal skyfies (power point)- aanbieding vir ons onder die indruk gebring van die grootheid, almag van ons Hemelse Vader. Verwys na Deuteronomium 10: 14. Die hemel, selfs die hoogste hemel, behoort aan die Here jou God, ook die aarde en alles daarop. Spreker het sy eie vader as ʼn voorbeeld gebruik waar hy dikwels onder ʼn groot boom gesit het om so die bewuswording van die skepping te ervaar. Ons is onder die indruk gebring van die miljoene ton rommel waarmee die aarde bemors word. Ons moet bewus wees van die lewensruimte wat God ons gee. Ons is aangespreek oor die doodmaak van goggas. Die helfte van die insekspesies word wêreldwyd vernietig. Insekte is noodsaaklik vir die natuurlike voedselketting – gewasbestuiwing. Goggas moet nie doodgemaak word nie. Ons is ook aangespreek oor die weggooi van mikrogolfoonde, grasmasjiene, Nokia-telefone. Ons moenie net aanvaar dat genoemde artikels nie reggemaak kan word nie. Oefen druk uit op fabrikante om masjienes te vervaardig wat byvoorbeeld glasflesse kan vergruis, onderdele beskikbaar stel om bogenoemde artikels te herstel. So sal ons meehelp om van ons omgewing ʼn beter plek te maak. So kan ons die skoonheid van die natuur koester. Die natuur roep ons eerder op tot vreugde en verwondering, lof en veral liefde. Spreker het afgesluit deur ʼn deel uit die Oratorium die Skepping van Haydn aan ons voor te speel. Dit was voorwaar ʼn gewyde oomblik. Die bekende jong sangeres, Amira het in twee sessies opgetree. Sy het onder andere die volgende gesing: Halleluja, How great thou art, Nessum Dorma en sy nooi ons toe uit om die Onse Vader saam met haar te sing. Die ete in die saal was iets besonders. En die tafelversierings pragtig. Woestynrosies en proteas. Saam met koue bola, koffie en tee was daar allerlei klein soet en southappies. ʼn Mooi dag wat ons tot nadenke gestem het. Verwys na Jes 65: 17 – 19. Ek gaan ‘n nuwe hemel en aarde skep. . . . ., en wat daarop volg. - Christa Truter. 5