Upload
kalaharibulletin
View
288
Download
17
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Upingtonbulletinub 20140605
Citation preview
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Danilskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
5 JUNIE 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Upington
Lizette Slabber
DIE Mispa-kinderhuis in Keimoes
het R50 000 ontvang van die borge
van die Noord-Kaapse Instansie
van die Jaar kompetisie van die
Volksblad, moederkoerant van die
Kalahari Bulletin.
Hulle was benoemdes vir Kumba
Iron Ore en Volksblad se Noord-
Kaapse Instansie van die Jaar. Die
kompetisie word ook in samewer-
king met GWK aangebied.
Die borge het ondanks die feit
dat Mispa nie gewen het nie
besluit om R50 000 aan Mispa
beskikbaar te stel. Hulle moet nou
n behoeftebepaling doen om te
bepaal hoe die geld bestee sal
word.
Hester Nieuwoudt van Mispa s
di geld was vir hulle n groot
verrassing. Ons is maar n klein
instansie en het dit glad nie
verwag nie.
Volgens haar gaan di geld nou
groot drome kan laat waar word.
Ons is nou n stappie nader aan
waar ons wil wees en wat ons wil
doen.
Nieuwoudt s hulle wil graag die
geld aanwend op n wyse waar
hulle mense op n mediese gebied
kan help.
Ons wik en weeg tussen n
bussie koop waarmee ons medisy-
ne by die vigskindertjies kan
uitkry en dalk met ons kliniek
begin. n Bussie kan ook maak dat
ons die kinders op die eilande kan
bereik, want dit is baie belangrik
dat die vigslyertjies hul medisyne
betyds drink en dit gebeur baie
selde.
Kontanttoekennings is ook aan
die Helen Bishop-tehuis en die
beheerraad van Huis Frank du Toit
gedoen. Di twee instansies het elk
R20 000 ontvang en was mede-be-
noemdes in die Noord-Kaapse
Instansie van die Jaar-kompetisie.
Die beheerraad van Huis Frank
du Toit het gewen.
Borge vrygewig
Mispa-kinderhuis ontvang R50 000, al het hy nie gewen
n SPESIALE toekenning van R50 000 is aan die Mispakinderhuis in Keimoes tydens die NoordKapenaar van die Jaarkompetisie gedoen. Van links
is Neil de Klerk (uitvoerende bestuurder: korporatiewe bemarking van GWK), Deon Nieuwoudt van Mispa, Gert Schoeman (korporatiewe kommunikasiebe
stuurder van Kumba Iron Ore), Hester Nieuwoudt van Mispa en Ina Knott (hoofbestuurder van Volksblad). Foto: Emile Hendricks/Foto24
2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
Charn Kemp
n DOKTER en deeltydse
prediker, wat die vorige naweek
hulp op n ongelukstoneel wou
verleen, is op slag dood nadat n
ambulans teen sy voertuig
vasgery het.
Dr. William (Jafta) van Voore,
n dokter en deeltydse predikant
van die Gereformeerde Kerk, is
op die pad tussen Kenhardt en
Keimoes dood.
Charmaine Orange, Van Voore
se skoonsuster, s die gemeen-
skap van Upington en Kakamas
waar hy gewerk het, is gebroke.
Hy was die wonderlikste
mens wat altyd hulp aan almal
verleen het. Hy het as dokter
vele lewens gered en veral arm
mense bygestaan wat nie
mediese dienste kon bekostig
nie.
Volgens ds. Kiepie Jaftha, n
vriend en predikant van
Heidedal in Bloemfontein, was
Van Voore van Kenhardt af op
pad huis toe.
Hy het op n ongelukstoneel
omgedraai om hulp te verleen.
Met die omdraaislag het n
ambulans teen n ho spoed sy
motor getref.
Hy het n ruk lank geleef en
is later op die toneel dood
verklaar. Die bestuurder en
passasiers in die ambulans is
ongedeerd.
Van Voore het teologie aan
die destydse Potchefstroomse
Universiteit gestudeer en het as
predikant in die Gereformeerde
kerk in Pretoria in Eersterust
gedien.
Die gekombineerde kerke in
Pretoria kon hom en sy familie
nie behoorlik versorg en n
heeltydse pos aanbied nie. Hy
het die heeltydse bediening
verlaat. Hy het toe medies aan
die Universiteit van Pretoria
gestudeer en het hom as dokter
gekwalifiseer. William, of Jafta,
soos ons hom noem, het toe n
pos as staatsdokter in Upington
aanvaar, s Jaftha.
Sy dood is n gevoelige slag
vir die bruin komponent van
die Gereformeerde Kerke in
Suid-Afrika. Hy en sy gesin kon
nie n kerklike tuiste in die
Gereformeerde kerk in Upington
vind nie en het hul geestelike
heil gaan soek in die Verenigen-
de Gereformeerde kerk (VGK)
Upington. Hy was een van n
klein groep bruin Dopper-domi-
nees in die land.
Van Voore word Saterdag om
11:00 uit die VG kerk Upington
begrawe. Hy word deur sy vrou,
Leazle, dogters Charvernn (22)
en Monique (20), en seun,
Cristan (5), sy broer, Phillip, en
suster, Grace Gani, oorleef.
DIE heel eerste Richtersveld Wildrun
vind nou in die Richtersveld plaas.
Di reeks wedlope is in 2007 begin en
dit is vanjaar die eerste keer dat dit
in die Noord-Kaap aangebied word.
Die Richtersveld Wildrun het gister
begin en duur tot Saterdag.
Die wildrun-wedlope sluit 120
wedlope in wat in vyf provinsies en
Lesotho plaasvind. Dit bied aan
hardlopers die geleentheid om n
besonderse wedloop deur van die
mooiste n wildste plekke in Suid-
Afrika te hardloop.
Vir deelnemers is die insluiting van
die Richtersveld Wildrun n besonder-
se byvoeging omdat niks wilder is as
om deur die hart van die Richtersveld
met sy bergagtige woestynlandskap te
hardloop nie.
Die vierdagwedloop strek oor
150 km en hardlopers sal 3 500 m in
die wedloop klim.
Die Richtersveld kan gewoonlik net
met viertrekvoertuie besoek word en
met sy natuurskoon is dit n onver-
geetlike plek om te besoek.
Volgens John Block, LUR vir
finansies, ekonomiese ontwikkeling
en toerisme in die Noord-Kaap, is die
Richtersveld die ideale plek om die
Noord-Kaap se posisie as uitstekende
bestemming vir avonturiers te
bemark.
Ons is baie opgewonde dat n
wedloop so groot soos hierdie een by
ons plaasvind en dat topatlete soos
Bernard Rukadza en Matt Hart
daaraan deelneem, het hy ges.
Na verwagting sal die stryd tussen
die Suid-Afrikaanse Rukadza en die
Amerikaanse Hart fel wees.
Wedloop (ge)wild
DIE terrein waaroor die hardlopers in die
eerste Richtersveld Wildrun beweeg, is
asemrowend, maar ongenaakbaar.
Foto: Owen Niddleton/OMI Photography
Dokter se dood
n reuse-skok
Hy was die wonderlik
ste mens wat altyd hulp
aan almal verleen het.
Hy het as dokter vele
lewens gered en veral
armmense bygestaan
wat nie mediese dien
ste kon bekostig nie.
Charmaine Orange
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014 3
Lynn-mari Olivier
KINDERMUSIK-MAATJIES van
Kuruman het almal spesiale
T-hempies ontvang en hulle was
baie in hul noppies.
Tydens Kindermusik se musiek-
klasse word die brein in die
geheel deur musiek en beweging
ontwikkel.
Die klas duur n halfuur en in
di tyd is die maatjies aktief
besig sonder om te besef dat die
linker- en regterbrein gestimuleer
word.
Dit is n eksploristiese uitda-
ging wat elke moeder, kleuter en
peuter kan oorweeg.
Musiekmaak kleines slim
KINDERMUSIK
MAATJIES, met hul
nuwe blou Themde
aan, saam met hul
mas gedurende hul
musiekklasse.
Fotos: Lynn-mari Olivier
MET hul nuwe blou
Thempies is hierdie
kleuters vol glimlagge
tydens hul musiek
klasse waar die reg
ter en linkerbrein ge
stimuleer word. Van
links, is: Gretna van
Staden, Megan Both
ma, Kaylamia Mark
ram en Dewald Oli
vier.
Benneli Olivier
Van der Walt
DANS gaan nog baie deure vir
Kyla Geldenhuis (14) oopmaak.
Di hip-hop-danser is n gr. 8-
leerling aan die Horskool
Kathu. Sy het in gr. 3 begin
dans en hoewel sy n rukkie
opgehou het, het sy nou weer
volstoom begin dans. Sy is n
student aan die Dance Fever-
dansskool onder leiding van
Marli Stevens.
Kyla se passie is hip-hop. Ek
is mal oor die groot bewegings
en spronge wat n mens in
hip-hop doen.
Die jong danser is ook deel
van die skool se pom-pon-groep
en het groot planne vir haar
dansloopbaan.
Ek wil nog na die Suid-Afri-
kaanse danseindronde gaan en
sal graag eendag in teaterpro-
duksies wil optree.
Dan is daar die dansskool wat
sy gaan oopmaak . . .
Kyla se rolmodel is haar
suster, Monique Murphy.
Monique is in die Suid-Afri-
kaanse Ingenieur-formasie.
Sy is baie verantwoordelik
en niks kry haar onder nie.
Haar ouers speel ook n
belangrike rol in haar dansloop-
baan. Hulle neem my na al die
kompetisies, ondersteun my en
gee erkenning as ek goed doen.
Ma Maureen en pa Coenraad
is natuurlik baie trots op hul
dansende dogter.
Sy gaan nog ver kom en ons
gaan al die pad daar wees om
haar te ondersteun.
Sy is ons trots.
Dans, dans Kyla
KYLA GELDENHUIS dans die
planke aan die brand en het nog
groot planne vir n suksesvolle
dansloopbaan.
Foto: Benneli Olivier Van der Walt
4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
is, sal n kind na enigiets gryp
(dwelms, seks, alkohol) om
daardie behoefte na pappa-liefde
te vul.
Wanneer laas het jy gekyk wat
op jou seun se selfoon aangaan, of
wie almal vriende is met jou
dogter op Facebook? Wanneer laas
het jy jou selfoon afgesit en n
hele dag saam met jou gesin
deurgebring?
Begelei jou kinders na Jesus.
Aan die einde van die dag soek
almal na die liefde van Vader
God. God het ons as mens gemaak
om in n liefdesverhouding met
Hom te staan.
God wil ons as ouers, en veral
pas, as n tasbare voorbeeld van
sy Vaderliefde gebruik.
Ons werk as ouers is om ons
kinders na God te begelei, deur
Jesus Christus. Net deur n
persoonlike verhouding met Jesus
sal ons kinders werklik kan leef.
(Joh. 10:10)
Om te kan glo in die jeug van
mre, moet ons ons verantwoor-
delikheid opneem as die ouers
van vandag.
besluit na watter televisiepro-
gramme daar gekyk mag word, na
watter partytjies jou kinders mag
gaan en watter klere aanvaarbaar
is vir jou kinders om aan te trek.
Vestig n gesonde huwelik.
Volmaakte liefde verdryf alle
vrees. Niks bied soveel veiligheid
en stabiliteit aan n kind as n pa
wat vir sy vrou en kinders lief is
ondanks foute en die druk van die
lewe nie.
In n huis waar liefde heers,
ontwikkel kinders n beter
selfbeeld, pak hulle uitdagings
makliker, en het hulle ander
mense ook meer vreesloos lief.
Hulle weet, dit maak nie saak
wat in die wreld gebeur nie, in
my ouerhuis is ek liefgeh en
veilig.
Wees n betrokke pa. In elke
kind se hart is n plekkie wat net
deur sy/haar pa gevul kan word.
As n pa (of vaderfiguur) afwesig
Pastoor Gert Kriel
EEN van die dae vier ons Jeug-
dag. Baie mense is so bekommerd
oor, soms selfs krities teenoor, die
jeug van vandag. Tienerswanger-
skappe, dronkenskap, satanisme
en selfs moorde deur tieners op
hul ouers of vriende is aan die
orde van die dag.
Die versoekings en negatiewe
invloede wat kinders deesdae
moet weerstaan, is eksponensieel
meer as toe ons grootgeword het.
Juis daarom moet ons as ouers,
meer as ooit tevore verseker ons
leer ons kinders die pad wat hulle
moet loop.
Neem die verantwoordelikheid
as ouer op. Wat n mens moet
besef, is dat die ouers van
gister die hoofrolspelers is vir
die jeug van vandag. Dit is nie
die skool, regering of ons kerk se
verantwoordelikheid om ons
kinders op te voed nie, maar ons
as ouers sn.
Pa, jou gesag as hoof van die
gesin kom van God self. Jy is die
deur na jou gesin se hart. Jy moet
Watermoet
voorkeur kry
SKOON, veilige water is n
noodsaaklikheid vir elke huisge-
sin in Suid-Afrika.
Volgens die Grondwet is dit ook
een van jou basiese regte as
mens.
Met die onlangse voorval in
Bloemhof, waar n baba weens
vuil water dood is, en verskeie
mense vir ernstige diarree
behandel moes word, is dit
kommerwekkend dat Suid-Afrika
steeds nie aan hierdie basiese
grondwetlike vereiste in sekere
munisipale gebiede voldoen nie.
Nog vyf babas is n die dood
van die baba vir waarneming
opgeneem.
Volgens die departement van
gesondheid in Noordwes was dit
net vir waarneming.
Lede van die gemeenskap in die
Lekwa-Teemane- munisipale
gebied was ook n week sonder
water. Selfs nadat die watertoe-
voer weer in Bloemhof herstel is,
is daar steeds ernstige gesond-
heidsrisikos rondom die water se
gehalte.
Mense van die Boitumelong-
township by Bloemhof het die
vuil water gekook soos die
munisipaliteit aanbeveel het,
maar volgens Sinah Jacobs, n
inwoner, het haar oudste seun,
Petrus, steeds siek geword.
Gemeenskappe oor Suid-Afrika
heen ly weens korrupte munisipa-
liteite, besoedeling en die wat
baat daarby vind om munisipale
pligte privaat oor te neem en te
bedryf.
Die afgelope 16 jaar het die
aantal Suid-Afrikaners wat
toegang tot skoon, lopende water
het, verdubbel.
Volgens n nasionale sensus het
9 uit 10 Suid-Afrikaners toegang
tot hierdie basiese hulpbron.
Maar die werklikheid wat
ongelukkig van Nkandla tot
Stellenbosch strek is nie so
rooskleurig nie.
In die laaste sewe jaar het die
persepsies van gemeenskappe oor
die land heen oor water-gehalte
drasties afgeneem.
Miljoene mense in die land het
geen toegang tot skoon, lopende
water of selfs n spoeltoilet nie.
Baie ander moet tot tien uur in
n ry staan vir n paar emmers
water.
Tydens n onlangse protesoptog
weens watergehalte is vier mense
in Mothutlung naby Brits dood.
Dit is kommerwekkend dat
nadat die verkiesingsbeloftes
gemaak is, die land se skokkende
waterprobleme nie di voorkeur-
saak vir Suid-Afrika se regering
is nie.
Klein kinders nog
bokkies vir sports
Lizette Slabber
EEN van die lekkerste dinge om
te doen is seker om te gaan kyk
hoe gr. 1tjies en gr. 2jies geleer
word om n sport te beoefen.
Net om te oefen verg twee
onderwysers en een ouer wat as
afrigters optree en dan is daar
nog tot vier ouer seuns nodig wat
net moet help om almal op hul
plek te kry.
Om dinge te vergemaklik het
my seun se skool nou oefentruie
gekry sodat hulle darem tydens
oefensessies in n blou span en n
geel span verdeel kan word.
Tog was dit nou die dag nodig
dat een van die afrigters moes
skree: Moenie hom tackle nie; hy
is in jou span.
N die eerste wedstryd waarin
bykans al die toeskouers moes
help keer dat die baldraer na die
verkeerde pale mik, het my
seuntjie trots op my afgestorm en
gegil: Ons het gewen, ons het 2-1
gewen.
Ek het mooi probeer verduide-
lik dat hulle nie 2-1 gewen het
nie, maar 10-5, maar di verduide-
liking is net begroet met n kyk
wat s duidelik weet Ma niks en
n antwoord wat s Ma weet niks,
want Ma is mos n girl: Ons het
twee doele gedruk, nie tin nie.
Nou is die rugby eers verby en
gaan ons weer hokkie speel.
Verlede jaar (in gr. 1) was ons
baie opgewonde om al die
hokkie-benodigdhede te gaan
koop.
Die groot stok en die lang
kouse en selfs die klipharde ding
wat my kuite moet beskerm.
Maar toe ek hom by die
oefening aflaai, besef ek eers wat
ek gedoen het.
Vyftien seuntjies gaan elkeen
met n groot stok losgelaat
word . . .
Ek was seker ons sou die aand
eers ongevalle toe moes gaan
voordat ons huis toe is.
Maar ongeag daarvan dat hul
heelwat swaardgevegte gehad
het, het hulle darem ook sonder
n enkele besering leer hokkie
speel.
Mag ek hulle tog asseblief so
klein hou daar waar rugby en
hokkie nog vir sports sorg en nie
vir harsingskudding en beenbreu-
ke nie.
MAJESTUEUS pryk n kameeldoringboom teen n sonsondergang. Foto: Ilse Watson
Ouersmoet die jeug lei
Wonderskoon in die skemer
SO gevaarlik soos n hina
is, was di een net n meter
weg en het hy n goeie foto
geleentheid gebied. n Bruin
hina het luilui langs die
pad gel hy het seker
genoeg ontbyt geet en n
lekker ruskans benut.
Foto: Ilse Watson
Hou sy lyf
hondmak
model
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014 5
6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
Lizette Slabber
HIER is die finaliste in die Jou oomblik,
ons wyn-fotokompetisie.
Die wenner wen n kis wyn per maand
vir n hele jaar geborg deur Orange River
Cellars.
Die wenfotos gaan ook in di kelders se
bemarkingsveldtog gebruik word.
Gaan stem vir jou gunsteling op Face-
book, want die foto met die meeste likes
gaan ook n geskenkpak van Orange River
Cellars wen.
Daarby word die wenner deel van die
finale groep wat n kans staan om n
naweek vir vier by een van die NC Famous
Lodges te wen.
Maak ook seker dat jy nou al jou dierefo-
tos na [email protected] stuur,
want in Junie soek ons die beste fotos van
plaasdiere en wilde diere.
Fotofinaliste
aangekondig
TILANA STEENKAMP se pragtige foto van n pa en seun wat n besonderse oomblik deel, is
een van die finaliste. Foto: Tilana Steenkamp
ANENA BURGER het di mooi foto ingestuur. Foto: Anena Burger
n BESONDERSE oomblik tussen vriendinne. Foto: Anena Burger NOG n pragoomblik wat deur Anena Burger vasgel is. Foto: Anena Burger
n MOOI oomblik met n asemrowende agtergrond. Anena Burger het di foto geneem.
Foto: Anena Burger
ABRIE VAN NIEKERK het di pragtige foto vir die Jou oomblik, ons wynkompetisie ingestuur.
Foto: Abrie van Niekerk
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014 7
FRESH
23
80
SelatiWhite
Sugar 2.5kg
SAVER3
17
90
Spekko Parboiled
Rice 2kg
SAVER5
35
90
I&J Light & Crispy
Hake Fillet Portions
Assorted 500g Each
R
31
Renown Traditional
or Cheese Pork
Bangers 750g Each
R
21
Clover Full
Cream or
2% Low Fat
Fresh Milk
2 Litre Each
SAVE2.90
SAVER9
R
31
Rama Original
Margarine 500g Brick
BUY
2
FOR
R
20
Simba Lays Potato
Chips Assorted 125g
BUY
ANY 2
FOR
39
90
Sunlight Handwash
Washing Powder
Assorted 2kg Each
CC
Pick n Pay endeavours tomeet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynotstocksomeofthese
products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that
may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and
conditionsapply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
PRICESVALID3-8 JUNE2014ATPICKNPAYSUPERMARKETSANDHYPERMARKETS
In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho
and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop instoreoronlineatwww.pnp.co.za/shop
CustomerCare0800112288.Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply. www.picknpay.co.za
1185666_390X194
R
34
PnP Fresh Chicken
Braaipak 8s or 16s
Per kg
SAVE11.90
9
50
PnP Cooked Ham
Per 100g
R
35
PnPWashed
Potatoes 7kg
R
15
PnP Golden Delicious
Apples 1.5kg
49
90
Frisco Instant
Coffee Assorted
750g Each
15
90
Coca-Cola Regular
2.5 Litre
Selected
products on
this page have
been styled for
photography
R
49
Bulk Oukraal Wors
Per
kg
R
54
Bulk Stewing Beef
Bone in
Per
kg
PriceCuts
6
D
A
Y
S
O
N
L
Y
39
90
Omo Auto
Washing
Powder 2kg,
Concentrated
Liquid 750ml,
Liquid
Detergent
1.5 Litre or
Capsules16s
Each
R
105
Cuddlers Disposable
Nappies Size 3 Midi 52s,
Size 4 Maxi 50s, Size 4+
Maxi Plus 48s or Size 5
Junior 44s
SAVER7
Per Pack
Lecrecia Prins
DIE Noord-Kaap het verlede Donderdag nog
n mylpaal bereik met die ondertekening
van n ooreenkoms met die Bloodhound-pro-
jek wat die provinsie die gasheer-regte gee
wanneer di supersoniese motor die
landspoedrekord in Suid-Afrika aandurf.
Justice Bekebeke, direkteur-generaal van
die Noord-Kaap, en Richard Noble, direk-
teur van die Bloodhound-projek, het die
ooreenkoms onderteken.
Die Bloodhound SSC-span gaan die
aanslag op die rekord in 2015 op Hakskeen-
pan in die Noord-Kaap doen.
Regstreekse internet-uitsendings sal 220
lande en honderde miljoene mense bereik.
Bekebeke het ges die Noord-Kaap het al
oor die jare heen op meer as een geleent-
heid bewys dat hy die mekka is vir
avontuur- en ekstreme sportsoorte.
Die Bloodhound-projek is n projek wat
jong mense wil inspireer om loopbane in
wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en
wiskunde te volg deur hulle op n opwin-
dende manier te wys hoe n voertuig gebou
word wat in staat is om 1 600 km/h te
bereik.
Bekebeke het ges deel van die Noord-
Kaapse regering se doelwit is om toerisme
in die Kalahari te versterk.
Ons glo dat toeriste n groot impak op
die plaaslike ekonomie gaan h.
Jaarliks is die Kalahari Desert Speed-
week op Hakskeenpan n sukses en die
departement van ekonomiese ontwikkeling
en toerisme kan hiervan getuig.
Daarom het ons n maatskaplik-ekono-
miese ontwikkelingstrategie saamgestel
sodat die inwoners van die Mier-munisipali-
teit hierby kan baat vind.
In die ooreenkoms wat gesluit is, word
die verantwoordelikhede van elke party
uiteengesit om hierdie wreldgeleentheid n
sukses te maak.
Hakskeenpan
wreldnuus
MERIS KOCKS, Rietfontein:
IN bykans twee jaar was drie ambulanse op
die gevaarlike Rietfontein-Askham-pad in
botsings teen donkies en perde betrokke. Die
nooddienswerkers stel hul en hul pasinte se
lewe in gevaar elke keer wanneer hulle in
die ambulanse klim. Twee weke gelede het n
toegewyde ambulansbestuurder byna met sy
lewe geboet toe hy na bewering op n
noodoproep gereageer het en in n botsing
teen n perd betrokke was.
Intussen maak die nooddienste van n
geleende ambulans gebruik om die hele
Mier-gebied te bedien. As die grootte van die
Mier-gebied (van die Kgalagadi-oorgrenspark
tot Noenieput) in ag geneem word, is dit vir
ambulansbestuurders n onbegonne taak om
met die een ambulans gehaltediens te lewer.
Daar word gespog dat daar n goeie storie
te vertel is oor die vordering wat in die
demokratiese Suid-Afrika gemaak is. Dit sal
n leuen wees om di storie heelhartig te
ondersteun, terwyl dit net Godsgenade is om
lewend by die huis te kom as daar op die
Rietfontein-Askham-pad gereis is.
Die negatiewe publisiteit oor di stuk pad
is soos water op n eend se rug. In die
demokratiese Suid-Afrika word daar gespog
met n progressiewe Grondwet, ubuntu en n
goeie storie wat vertel word, maar dit
beteken baie min vir die inwoners van Mier.
Talle het na die stembus gestroom om
maghebbers te kies, nou is dit hul plig om
toe te sien dat die mense van Mier ook veilig
op di stuk pad kan ry. Indien hulle nie wil
help nie, dui net aan waar daar gekla kan
word sodat die diere verwyder kan word.
Pad n doodsgevaar
8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
SES redenaars van die
Horskool Martin Oosthuizen
(HMO) in Kakamas is gekies
om aan die halfeindronde van
die ATKV-redenaarskompetisie
deel te neem.
Di ronde is deur die
Horskool Noord-Kaap in
Kimberley aangebied en
leerlinge moes ook onvoorbe-
reide toesprake lewer.
Nina Ackerman, Jo-Marie
Hayes en Christoff Loubser
het in die junior afdeling
deelgeneem en moes praat oor
die onderwerp Oorleef die
Suid-Afrikaanse filmbedryf
finansieel?
Helena Baard, Hananja
Jordaan en Elzanne Myburgh
het aan die senior afdeling
deelgeneem en moes praat oor
Moet skoolure verleng word om
n inheemse taal aan te leer?
Nina (gr. 8) en Elzanne
(gr. 12) was albei tweede in
hul afdelings.
Ses deur na halfeindronde
NINA ACKERMAN (links) en El
zanne Myburgh was albei twee
de in hul afdelings in die halfeind
ronde van die ATKVredenaars
kompetisie in Kimberley.
Foto: verskaf
VYF leerlinge van die Horskool Duineveld is as uitruilstudente na Duitsland van 27 Junie tot 25 Julie gekies. Hulle gaan
skool bywoon en elkeen by n gasheergesin woon. Van links is ChrisnaOpperman, Jana Fokkens, Bnine van denHeever,
Lara van der Walt en Vanessa Thuynsma. Foto: Megan Loots
DIE NG kerk Grootdrink hou
Saterdag van 10:00 af n basaar.
Daar sal die heerlikste eet- en
drinkgoed te koop aangebied
word, sowel as vars plaaspro-
dukte.
Daar is ook n vleistafel waar
rou en gaar vleis te koop sal
wees.
Buiten vir al die eetgoed is
daar ook n witolifanttafel,
sowel as n speelgoed- en
geskenketafel.
Natuurlik is geen basaar
volledig sonder heerlike
pannekoek en basaarpoeding
nie.
Om 11:30 begin die veiling
waartydens lewende hawe en
ander goedere opgeveil gaan
word.
Maak seker jy mis nie die
heerlike basaar in Grootdrink
nie.
Kerk hou basaar
ALRI BROWN
(gr. 2), Caden da Sil
va (gr. 3) en Jana Nel
(gr. 5) het aan die
ATKVredenaars
kompetisie se half
eindronde in Kimber
ley deelgeneem. Alri
is as die wenner van
die gr. 1totgr. 3af
deling aangewys. Sy
gaan aan die eind
ronde in Augustus
deelneem. Van links
is Alri Brown, Jana
Nel en Caden da Sil
va. Foto: verskaf
Gekies as uitruilstudente na Duitsland
Wen in debat
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014 9
NADAT die Suid-Afrikaanse Polisie-
diens (SAPD) in Upington die
afgelope tyd verskeie klagtes ontvang
het oor huisinbrake het kapt.
Jacques September, woordvoerder
van die SAPD, die volgende veilig-
heidswenke met lesers van die
Kalahari Bulletin gedeel.
Die inbrekers dwing vensters en
deure oop om s toegang tot die
wonings te kry, het hy ges.
Volgens hom patrolleer lede van
die SAPD woongebiede en probeer
die polisie om sy sigbaarheid te
verbeter. Huiseienaars kan die SAPD
egter help deur die volgende stappe
te doen:
)Maak seker alle deure en vensters
is behoorlik gesluit.
)Moenie gereedskap laat rondl nie.
Dit word dikwels gebruik om deure
en vensters mee oop te dwing.
) Lig die polisie in oor mense wat
doelloos ronddrentel.
)Moet nooit gesteelde eiendom koop
nie.
)Maak seker dat skuifdeure nie
vertikaal geheg kan word nie.
) Bring huisnommers aan die
voorkant van wonings of aan die
hekkie aan sodat dit maklik vir die
polisie is om n adres veral in die
nag op te kan spoor.
Volg hierdie wenke vir veiligheid
DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens
(SAPD) se provinsiale polisieorkes
het as deel van Projek Harmonie
verskeie skole in Upington en
Kakamas besoek.
Die doel van Projek Harmonie
is om skole te besoek en leerlinge
oor skoolveiligheid en misdaad by
skole toe te spreek.
Die slagspreuk van di projek is
Misdaadvoorkoming deur musiek.
Die Laerskool Neilersdrift,
Horskool Kenhardt, Horskool
Paballelo, Horskool SC Kearns
en die Laerskool Louisvaleweg is
besoek.
Die polisieorkes het die leerlin-
ge behoorlik op hul voete gehad
tydens die besoeke.
Dit was egter nie net skoolkin-
ders wat met di orkesoptrede
bederf is nie.
Die orkes het ook die vlytige
bejaarde-diensgroep in Rosedale
en die sustersvereniging van die
Congregational-kerk in Bellvue
besoek.
Polisie leer n vermaak
LEERLINGE van die Horskool Paballelo geniet die optrede van die provinsiale polisieorkes. Fotos: verskaf
DIE provinsiale polisieorkes speel vir leerlinge van die Horskool SC Kearns.
10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
DIE Horskool Martin Oosthuizen
(HMO) in Kakamas het in die jaar-
likse interskolewedstryde teen die
Horskool Namakwaland van
Springbok nie met hom laat speel
nie.
Die o.14- en o.16-netbalspanne het
albei maklik met Namakwaland se
spanne afgereken.
Die hokkiespelers van HMO het
twee van hul drie wedstryde gewen en
die eerste hokkiespan het met 6-0
gewen.
Die eerste rugbyspanne se wedstryd
het spannende spel opgelewer.
In n stadium was die telling 19-18 in
Namakwaland se guns.
Die spelers van HMO het die
wedstryd egter in hul guns gedraai
sodat die span oortuigend met 30-19
gewen het.
Selfs in die tennis het HMO die spel
oorheers deur 12 van die 15 wedstryde
te wen.
HMO laat Namakwaland sweet
DIE eerste rugbyspan van HMO vier sy oorwinning oor Namakwaland. DIE o.17rugbyspan van HMO het ook sy wedstryd gewen.
DIE o.16netbalspan is van links, voor: JodiAnne Kasimbinque en Christin Fox; agter: Antoi
nette Lerm, JoMarie Hayes, Anje Jacobs, Anneke van Zyl, Nicola van Niekerk en Anneke
Jordaan.
DIE o.14netbalspan is van links, voor: Haylen Boer, PatriciaMecwi enPrecious Visagie; agter:
Carmi Victor, Kyla Swiegers, Jeanne Dykman, Danelle Crafford enMik Bothma. Fotos: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014 11
FAMILIE-
KENNISGEWINGS
BEGRAFNIS-
DIENSTE
1025
TE KOOP
TROETELDIERE
1660
LABRADOR-HONDJIES: 6 weke
oud, opreg en oulik, R1 200 stuk.
Skakel 084 651 3000.
ALGEMENE &
HUISDIENSTE
SKOONMAAK-
DIENSTE
1805
FLORCARE MATTE EN BLIN-
DINGS. Ons installeer volvloer-
matte en blindings teen die beste
pryse. 073 558 4705. Talana
072 747 1991.
HYDRO CLEAN: Laat u matte en
meubels professioneel stoomskoon-
maak teen die beste pryse! Talana
073 558 4705 / 072 747 1991.
ELEKTRIES
1810
ELEKTRIESE HEININGS:
Beveilig u eiendom. Vir professio-
nele, geakkrediteerde installasies.
Skakel Francois 072 156 4035.
ELEKTRIESE WERK EN
INSTANDHOUDING. Skakel ons
gerus, ook vir nuwe installasies,
Kuruman.
Strydom Elektries: 083 310 0272.
HEKMOTORS EN GARAGE-
DEURE: Motorhestel en installasies.
Skakel Okker 082 829 0292.
HERSTELWERK
1818
W.P. LOODGIETERS: Gebarste
pype, herstel van geisers, nuwe
werke, herstelwerk aan ou geboue.
Skakel 084 380 7890.
VAKANSIE
& REIS
AKKOMMODASIE
2635
VAKANSIE AKKOMODASIE TOT
20 Des. 2014. Kaap Agulhas, slaap-
plek vir 8, R1 000 per nag. 50 m
vanaf see/200 km vanaf Kaapstad.
Skakel 083 384 1250 na 14:00.
VOERTUIE
VOERTUIE TE KOOP
ONDER R30 000
3064
MERCEDES BENZ E200, 1989,
R17 000. Skakel 082 871 7677.
EIENDOMME
WOONSTELLE
TE HUUR
3250
KURUMAN: 2-slaapkamerwoonstel
beskikbaar. R5 000 per maand.
Koopkrag. Skakel 082 553 6502.
KURUMAN: Een slaapkamer,badka-
mer, oopplankombuis, leefarea.
Koopkrag. R4 200 per maand. Skakel
083 384 1250 na 14:00.
HUISE TE KOOP
3275
HUISE TE HUUR
3270
BETREKKINGS
3600
DRYWERS
3650
LOOKING FOR DRIVER for delive-
ries in Northern Cape area, based in
Kuruman. Must have a Code 10
licence with PDP. Phone U. Stander
083 675 5859.
SOEK AFGETREDE DRYWER om
plaaslike aflewerings te doen in
Kuruman-area. Kode 10 en PDP 'n
vereiste. Skakel D. Stander 072 141
6965.
BOEDELKENNIS-
GEWINGS
INSOLVENTE
BOEDELS
4215
C. Leach
NOTICE OF SURRENDER OF
ESTATE OF A DEBTOR'S
ESTATE SECTION 4(1) OF THE
INSOLVENCY ACT NO. 24 OF
1936
Notice of surrender of a debtor's
estate in terms of Section 4(1) of
the Insolvency Act no. 24 of 1936, as
amended.
Notice is hereby given that an app-
lication will be made to THE HIGH
COURT OF SOUTH AFRICA,
NORTHERN CAPE DIVISION,
KIMBERLEY, on 4 JULY 2014 at
10:00 or as soon thereafter as the
matter can be heard of the accep-
tance of the surrender of the estate
of:
NAME: Charlene Leach, identity
number 830608 0050 084,
OCCUPATION: Sales Representa-
tive
ADDRESS: Corner Purchase Lane
and Poolman Street, Kuruman,
UNMARRIED
and that the Statement of Debtor's
Affairs will lay for inspection at the
office of the Master of the High
Court, Sol Plaatje Ave, Kimberley,
and at the Magistrate's Court, Kuru-
man, for a period of fourteen (14)
days from and including 6 JUNE
2014.
VW HADDAD
ELLIOTT, MARIS, WILMANS &
HAY
Attorneys for the Applicant
Ground floor, Cheapside Building,
Kimberley 8301
PO Box 179, Kimberley 8300.
Tel: 053 831 1521, fax 086 612 6400
E-mail: [email protected]
Docex 3, KI.
GEREGTELIKE
VEILING
4501
Just Letting / HJR Swart & A Swart
KENNISGEWING VAN
VERKOPING IN EKSEKUSIE
In die Landdroshof vir die distrik van
Hovelddrif gehou te Evander
Saaknommer: 1461.2013
In die saak tussen:
JUST LETTING
Eksekusieskuldeiser
en
HJR SWART
1ste Eksekusieskuldenaar
A SWART
2de Eksekusieskuldenaar
In opvolging van 'n vonnis in die
Landdroshof van EVANDER en 'n las-
brief vir eksekusie gedateer 5
Februarie 2014 sal die goedere
hieronder uiteengesit in eksekusie
verkoop word VIR KONTANT aan die
hoogste bieder op 20 Junie 2014
om 09:30 by die baljukantoor,
Skoolstraat 46, Kuruman:
Volkswagen Polo met regi-
strasienr. HGS 439 NW
Geteken te Secunda op hierdie 29ste
dag van Mei 2014.
JORDAAN & COETZER ING.
Grand Palace Gebou
1ste Vloer
Secunda
2302
Verw: Mnr Jordaan (Jnr)/nb/J423
12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014 13
14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
DIE Horskool Martin Oosthuizen (HMO)
in Kakamas het op Saterdag 24 Mei teen die
Horskool Kathu hokkiewedstryde gespeel.
HMO se eerste hokkiespan het met 3-0
gewen.
Die tweede hokkiespan van HMO het ook
met 3-0 gewen en die derde hokkiespan het
met 2-0 gewen.
Hokkiespannemeet kragte
ZANDER BEYLE-
VELDT, n
leerling aan die
Horskool
Duineveld, is in
die Suid-Afri-
kaanse Nasionale
Skoleskuttersunie
(Sanssu) se
nasionale
skietspan in die
Sporter-afdeling
ingesluit.
Hierdie
skietspan gaan in
Bisley, Surrey, in
die Verenigde
Koningkryk aan
die Britse Junior
Internasionale
Skietkompetisie
deelneem.
Die span
bestaan uit 24
skuts van oor
Suid-Afrika heen.
Hy gaan van 4
tot 7 Augustus
aan di toernooi
deelneem.
Daarna gaan die
skietspan van 8
tot 12 Augustus
n toer van
besienswaardig-
hede volg.
Skiet vir SA in VK
ZANDER BEYLE
VELDT.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014 15
NICHOLA DE
WAAL, n gr. 9-leer-
ling aan die Hor-
skool Upington, het
aan die Suid-Afri-
kaanse Nasionale
Saalperdkampioen-
skappe in Bloemfon-
tein deelgeneem en
plasings verwerf in
al vier ruiterkuns-
klasse waaraan sy
deelgeneem het.
Sy was derde in die
driegangplesierperd-
klas vir ruiters 14
jaar en jonger, agtste
in die vyfgangple-
sierperdklas vir rui-
ters 18 jaar en jonger,
sesde in die driegang-
ruiterklas 14 jaar en
jonger en sewende in
die vyfgangruiter-
klas 14 jaar en jonger.
Sy het di presta-
sies op die perd Walk
in the Park behaal.
Hy is al 23 jaar oud en
is ook die perd waar-
mee Janine Bom-
bosch Protea-kleure
behaal het.
Hy het die laaste
keer in Bloemfontein
deelgeneem en tree
nou af.
Nicola puik op skou
NICHOLA DE WAAL
Foto: Verskaf
RUITERS van die Horskool Duineveld
het op Saterdag 17 Mei aan die derde
kwalifiserende ronde van die Suid-Afri-
kaanse Berede Spele deelgeneem. Hulle
het baie goed gevaar en neem op 28 Ju-
nie in Prieska aan die vierde been deel.
Veltie-ruiters vaar goed
TIAAN FOURIE Fotos: Verskaf
LARA BARNARD
DANIELLE DU PLESSIS
DIE Horskool Martin Oosthuizen in
Kakamas het op Saterdag 24 Mei teen die
Horskool Blinkklip netbal- en rugbyliga-
wedstryde gespeel.
Die o.15-rugbyspan het met 29-0 gewen,
die o.17-rugbyspan het met 35-33 gewen en
die o.19-rugbyspan met 36-22.
Die o.15-netbalspan het met 13-8 gewen,
die o.16-netbalspan met 33-4 en die o.19-net-
balspan het met 26-14 verloor.
Spannewys hul slag
16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
VERSKEIE van die Horskool
Upington se hokkiespelers is in
die Noord-Kaap-hokkiespanne
en in die Platteland-hokkiespan-
ne ingesluit.
Van di hokkiespelers is sewe
gekies om as deel van die
Noord-Kaapspanne te speel en
nege is vir Plattelandspanne
gekies.
Spelers haal
hokkiespanne
BO: Die spelers wat in
die o.14NoordKaap
span ingesluit is, is
van links Anneri van
der Merwe, Almarie
Bruwer, Inge Wes
sels, Erica Wessels
(afrigter), Christene
Richter, Jana Breedt
en Zani du Plessis.
REGS: Die spelers
wat in die o.16Platte
landspan ingesluit is,
is van links, voor: Lie
zel Ferris enMielanka
vanSchalkwyk; agter:
Jade van Neel, Marl
Hoft en Jana Victor.
DIE spelers wat vir die o.18Plattelandspan gekies is, is van links, voor: Ciske van Niekerk en Raquelle Steenkamp;
agter: Lin du Plessis, Lindsay Loots en Jannie van den Heever (afrigter). Fotos: verskaf
LINKS: Veronique
Vorster is vir die o.19
NoordKaapspan ge
kies.
www.kalaharibulletin.co.za