Upload
ronel
View
232
Download
7
Embed Size (px)
Citation preview
This article was downloaded by: [Laurentian University]On: 10 October 2014, At: 01:54Publisher: RoutledgeInforma Ltd Registered in England and Wales Registered Number: 1072954 Registeredoffice: Mortimer House, 37-41 Mortimer Street, London W1T 3JH, UK
Southern African Linguistics andApplied Language StudiesPublication details, including instructions for authors andsubscription information:http://www.tandfonline.com/loi/rall20
Uitgangspunte in tweeinterdissiplinêre navorsingsprojekteoor ikonisiteitRonél JohlPublished online: 12 Nov 2009.
To cite this article: Ronél Johl (2007) Uitgangspunte in twee interdissiplinêre navorsingsprojekteoor ikonisiteit, Southern African Linguistics and Applied Language Studies, 25:3, 369-383, DOI:10.2989/16073610709486469
To link to this article: http://dx.doi.org/10.2989/16073610709486469
PLEASE SCROLL DOWN FOR ARTICLE
Taylor & Francis makes every effort to ensure the accuracy of all the information (the“Content”) contained in the publications on our platform. However, Taylor & Francis,our agents, and our licensors make no representations or warranties whatsoever as tothe accuracy, completeness, or suitability for any purpose of the Content. Any opinionsand views expressed in this publication are the opinions and views of the authors,and are not the views of or endorsed by Taylor & Francis. The accuracy of the Contentshould not be relied upon and should be independently verified with primary sourcesof information. Taylor and Francis shall not be liable for any losses, actions, claims,proceedings, demands, costs, expenses, damages, and other liabilities whatsoeveror howsoever caused arising directly or indirectly in connection with, in relation to orarising out of the use of the Content.
This article may be used for research, teaching, and private study purposes. Anysubstantial or systematic reproduction, redistribution, reselling, loan, sub-licensing,systematic supply, or distribution in any form to anyone is expressly forbidden. Terms& Conditions of access and use can be found at http://www.tandfonline.com/page/terms-and-conditions
Copyright © 2007 NISC Pty LtdSSOOUUTTHHEERRNN AAFFRRIICCAANN LLIINNGGUUIISSTTIICCSSAANNDD AAPPPPLLIIEEDD LLAANNGGUUAAGGEE SSTTUUDDIIEESS
EISSN 1727–9461
Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2007, 25(3): 369–383Printed in South Africa — All rights reserved
AgtergrondKontemporêre navorsing oor ikonisiteit word reeds tien jaar lank betekenisvol in die werksaamhede
van die Iconicity Research Project gefokus. Dié projek, wat oorspronklik in 1997 deur Olga Fischer
en Christina Ljungberg op die been gebring is, word sedert 2006 onder die leiding van Olga
Fischer by die Universiteit van Amsterdam as die Amsterdam Center for Language and
Communication (ACLC) New Iconicity Research Project voortgesit. In 2007 is die sesde simposium
van dié projek in Suid-Afrika aangebied en terselfdertyd is die vyfde simposiumbundel bekend
gestel. Wat binne die konteks van die internasionale samewerking aan die projek waarskynlik
minder bekend is, is die spesifiek Afrikaanse teoretiese bydrae op die terrein van navorsing oor
ikonisiteit. My doel met dié artikel is om die aandag op hierdie besondere bydrae te vestig en in die
proses bepaalde dilemmas wat met verloop van tyd al duideliker uit die bydraes tot die simposium-
bundels van die Iconicity Research Project (IRP) begin blyk het, te belig. Terwyl meer spesifieke
Uitgangspunte in twee interdissiplinêre navorsingsprojekte oor ikonisiteit
Ronél Johl
Departement Linguistiek en Literatuurwetenskap, Universiteit van Johannesburg, Posbus 524, Auckland Park 2006, Suid-Afrika
e-pos: [email protected]
Opsomming: Die doel met hierdie artikel was tweeledig. In die eerste plek het ek saaklik
probeer aantoon dat bepaalde aansprake van die (New) Iconicity Research Project (IRP) oor (i) die
leidende rol wat van die linguistiek in navorsing oor ikonisiteit en (ii) van die IRP self in die
bevordering van die samewerking tussen taal- en letterkunde rondom navorsing oor die verskynsel
gekwalifiseer moet word deur die doelstellings en bevindings van ’n navorsingsprojek oor dieselfde
onderwerp wat in die sewentigerjare in Suid-Afrika van stapel gestuur is en tot meerdere
publikasies gelei het. In die tweede plek, in die lig van die belangrikheid van ’n deeglik
gemotiveerde taalopvatting om navorsing oor ikonisiteit in ’n taal- en literêre konteks te rig, het ek
op bepaalde gebreke in die vertrekpunte van die IRP gewys en probeer aantoon hoe die talige
fundering van HCT Müller se taalmimetiese navorsing hierdie gaping kan help oorbrug. Gesien die
voortgesette relevansie van Müller se navorsing is dit noodsaaklik dat sy insigte oor ikonisiteit
(opnuut) onder die aandag van die breër navorsingsgemeenskap gebring moet.
Abstract: The purpose of this article is twofold. I firstly attempted to indicate concisely that
certain claims of the (New) Iconicity Research Project (IRP) about (i) the leading role of linguistics
in research on iconicity and (ii) the role of the IRP itself in the promotion of the cooperation
between linguistics and literature regarding research on iconicity must be qualified by the
objectives and findings of a research project on the same topic that was launched in the seventies
in South Africa and that led to a number of publications. Secondly, in view of the importance of a
well-motivated language view to direct research on iconicity in a linguistic and literary context, I
indicated a number of shortcomings in the points of departure of the IRP and tried to indicate how
the language foundation of HCT Müller’s language mimetic research can help to bridge this gap.
Given the continued relevance of Müller’s research it is crucial that his insights into iconicity once
again be brought to the attention of the broader research community.
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Johl370
aspekte van hierdie probleme die onderwerp vir ’n volgende artikel is, wil ek hier volstaan daarmee
om sekere vertrekpunte en aansprake van die twee projekte te belig en om korreksies op van die
aannames aan te bring ter voorbereiding van ’n grondiger analise van die teoretiese raamwerke
waarbinne die beskrywing van die ikoniese verskynsel plaasvind.
My aanknopingpunt vir dié artikel word dus gevorm deur bepaalde standpunte oor die
vertrekpunte en bereikinge van navorsing oor ikonisiteit in die taal- en letterkunde1; in besonder glo
ek dat ’n bewusmaking van die navorsingsgemeenskap van navorsingswerk wat reeds sedert die
sewentigerjare van die vorige eeu in ’n Afrikaanse konteks onderneem is nie alleen ’n ander
perspektief op aansprake deur die IRP bied nie, maar ook ’n bydrae kan lewer tot ’n beter
teoretiese begronding van navorsing oor ikonisiteit. Voorts wil ek derhalwe die teoretiese
aannames waarop die twee projekte gebaseer is, belig.
Aansprake in navorsing oor ikonisiteitDie eerste punt waarop ek die aandag wil vestig, behels (i) standpunte in invloedryke publikasies
oor die relatiewe bydraes vanuit onderskeidelik die taal- en literatuurstudie tot ’n beter begrip van
die verskynsel van ikonisiteit; maar (ii) dit behels ook standpunte oor die rol van die IRP in die
bevordering van die samewerking tussen dié twee dissiplines met die oog op ’n geïntegreerde
beskrywing en verstaan van die verskynsel.
Die eerste stelling kom uit IRP-geledere en reflekteer die standpunt van meerdere van die
navorsers. Dit is ’n aanspraak deur Nänny en Fischer (2006: 462–463) in die gesaghebbende
Encyclopedia of Language and Linguistics, onder die lemma ‘Iconicity: Literary Texts’, dat dit
kontemporêre linguistiese insigte betreffende ikonisiteit is wat die voorheen beperkte terrein van
literêre ondersoeke na die verskynsel help verwyd:
Whereas the study of iconicity in everyday language has become an accepted part of modern
linguistics, this is less the case with the literary uses of it. Because of an uninformed
reduction of the notion of iconicity to that of image signs only, a restricted field of investigation
offered itself to literary criticism along iconic lines. Thus, traditionally, the main objects of
iconic investigations by literary scholars have been the literary use of onomatopoeia and
sound symbolism, on the one hand, and of typography in pattern poetry and modern visual
poetry, on the other. The presence of iconic diagrams has been largely ignored. These mainly
occur on the level of morpho-syntax and discourse, although they also may be present on the
phonemic and typographic level. Once we have recognized the diagram as an iconic sign,
too, the presence of iconicity in literature becomes pervasive.
Die tweede aanspraak (aangehaal uit Fischer en Wolfgang Müller se inleiding tot die derde
simposiumbundel voor Herlofsky, Maeder en Fischer se inleiding tot die vierde bundel) oor die rol
van kontemporêre navorsing oor ikonisiteit om die bestaande gaping tussen taal- en litera-
tuurstudie te oorbrug, kan saam met die vorige gelees word:
Iconicity is one of the few fields of research in which the disciplines of linguistics and literary
studies — both of which have regrettably drifted apart as a consequence of specialization —
can fruitfully co-operate (vgl. Maeder, Fischer & Herlofsky, 2005: 1).
Uit die bogenoemde twee aanhalings is dit duidelik dat die IRP uitgaan van die standpunt (i) dat dit
aan die ACLC-projek gegee is om taal- en literatuurstudie rondom navorsing oor ikonisiteit te
verenig en (ii) dat dit die linguistiek is wat aan die literatuurstudie leiding gee oor die verstaan en
beskrywing van die verskynsel van ikonisiteit. Voorts, en dit is punt (iii), anker die IRP die
byeenbring van taal- en literatuurstudie rondom navorsing oor ikonsiteit histories in onderskeidelik
die dissipline van die stilistiek, Roman Jakobson se insigte en in die Peirciaanse semiotiek. Só
bevind Nänny en Fischer (2006: 463) byvoorbeeld dat in die verlede ‘[a] large number of iconic
studies of literature formed an integral part of books on stylistics.’ Wat Jakobson se invloed betref,
word veral sy 1965–artikel, ‘Quest for the essence of language’ (opgeneem in Jakobson, 1971:
352), uitgesonder waarin hy CS Peirce se onderskeid tussen beeld- en diagrammatiese ikone aan
’n wyer gehoor bekendstel (vgl. die aanhalings hierbo). Die volgende woorde van Jakobson was
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2007, 25(3): 369–383 371
duidelik ’n inspirasie, veral ook omdat daarmee dieselfde teenstander aangevat word wat die IRP
van die begin af in die visier gehad het om sy navorsingsterrein te regverdig, te wete De Saussure
met sy opvatting oor die arbitrêrheid van die taalteken: ‘Any attempt to treat verbal signs as solely
conventional, ‘arbitrary’ symbols proves to be a misleading oversimplification. Iconicity plays a vast
and necessary though evidently subordinate part in the different levels of linguistic structure’
(Jakobson, 1971: 352) (vgl. hieroor ook Nänny, 1986: 199, 207, voetnoot 1). Sover dit die
Peirciaanse semiotiek betref, was dit, benewens sy tekenonderskeid (indeks, ikoon, simbool),miskien voorspelbaar, veral Peirce se bydrae tot ’n beter begrip van diagrammatiese ikonisiteit wat
produktief was in die grondleggende teoretisering van die IRP. In hierdie verband het Max Nänny ’n
belangrike rol gespeel. Reeds in ’n 1986-artikel oor ikonisiteit in literêre tekste, waarin hy onder
meer Peirce se onderskeid tussen beeld- en diagrammatiese ikone verduidelik, maak Nänny aan
die hand van John Haiman (1980: 537 in Nänny, 1986: 199) ’n stelling waarmee gesuggereer word
dat navorsers op die Peirciaanse semiotiek moes wag om die verskynsel raak te sien dat die
werklikheidsbelewing wat in die taalgebruik van ’n teks gestel word verhoudingsgetrou deur die
sintaktiese en diskursiewe struktuur van ’n teks weergegee kan word:
While conceding the arbitrary or ‘symbolic’ nature of the individual sign in isolation, a number
of linguists in Jakobson’s wake have emphatically drawn attention to the near universality of
diagrammatic iconicity in the grammars of various languages, an iconicity which mirrors ‘the
structure of reality to an extent greater than is now fashionable to recognize. (Nänny, 1986:
199)
Dat dit dieselfde verkeerde persepsie is as sy en Fischer se latere standpunt (hierbo) dat terwyl die
moderne linguistiek die verskynsel al bestudeer het, die literatuurstudie ikonisiteit en veral die
aanwesigheid van ikoniese diagramme in tekste nog grotendeels geïgnoreer het, sal ek probeer
aantoon met verwysing na vroeëre werk oor die verskynsel vanuit die Afrikaanse navorsingsge-
meenskap.
In die lig van die bogenoemde aansprake deur navorsing binne die dampkring van die IRP, bied
’n bundel opstelle uit die konteks van die Afrikaanse taal- en literatuurstudie, Die kunswerk as taal,onder die redaksie van FIJ van Rensburg (1975a), wat reeds in die sewentigerjare van die vorige
eeu verskyn het, ’n aantal kwalifiserende feite.
Dié bundel was ’n uitvloeisel van ’n kollokwiumprogram wat die taaldepartemente van die
voormalige Randse Afrikaanse Universiteit in 1972/73 gereël het, met ’n verdere sterk verteen-
woordiging van medewerkers wat ten nouste met die destydse departement Afrikaans-Nederlands
geassosieer was. Die rasionaal vir die kollokwium word deur die redakteur in die Voorwoord
geformuleer as voortspruitend ‘uit die oortuiging dat enige gesprek oor die literêre kunswerk sonder
dat sy taalaardige (sic) besef word, vir ’n belangrike gedeelte in die lug hang’ (van Rensburg,
1975b: 1).
In ’n sin was die kollokwium ’n poging om teoretiese insigte en ondersoekinstrumente wat
reeds in die vyftigerjare uit ’n waardevolle Afrikaans-Nederlandse samewerking in die stilistiek op
linguistiese grondslag saamgetrek is, wyer beslag te gee. In die Afrikaanse konteks het die begron-
dende werk om literatuurstudie op ’n taalkundige grondslag te plaas in die vyftigerjare begin met
die Afrikaans-Nederlandse samwerking tussen WGS Hellinga en H van der Merwe Scholtz in die
Kreatiewe analise van taalgebruik (1955), waarop FIJ Van Rensburg se ‘Stilistiek en taalweten-
skap’ (1956, Tydskrif vir Letterkunde) en ‘Taalkundige raakpunte van die literatuurstudie’ (1967,
Taalfasette) gevolg het. Hierby kan ook nog ’n aantal stilistiese analises deur Scholtz, Van
Rensburg, E Lindes en CJM Nienaber gereken word.
Veral twee studies in Die kunswerk as taal is vir die bestek van hierdie artikel ter sake: eerstens
Van Rensburg se inleidende opstel, ‘Die literêre kunswerk as taalkunswerk’ en tweedens HCT
Müller se opstel ‘Klankekspressie: ’n voorstudie’.
Van Rensburg (1975b: 1) se opstel spreek van ’n versigtige optimisme dat taal- en letterkundi-
ges toenemend weer met mekaar in gesprek begin tree: die beskikbaarheid teen die sewentiger-
jare van ’n ‘omvangryke korpus’ studies met ’n ‘uitgesproke linguistiese invalshoek’ oor die
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Johl372
letterkunde in sowel Engels, Duits, Nederlands as Afrikaans lei hom tot die oortuiging ‘dat daar so
langsamerhand bewegings van weerskante van die skeidslyn gekom het om dié breuk in die
tradisie te heel’.
Hy begin sy opstel met ’n kort verduideliking van die breuk gedurende die 19de en vroeg 20ste
eeue in die moderne ‘klassieke’ filologiese tradisie (wat tradisioneel met sowel die literêre as
taalaspekte van ’n teks gemoeid was), wat tot gevolg gehad het dat die taalkunde en letterkunde
hulle as onafhanklike dissiplines ‘uit die filologiese eenheid losgemaak het’ (Van Rensburg, 1975b:
1). Daarná gee hy uitvoerig aandag aan maniere waarop kennis van die taalkunde in litera-
tuurstudie ingespan kan word met die oog op die ontsluiting van die ryk moontlikhede van die
literêre teks-as-taalkunswerk op die vlakke van die klank, metrum en ritme, semantiek en sintaksis
én met betrekking tot die samehang van hierdie faktore: ‘in watter orde en verhoudinge hulle
mekaar in ’n bepaalde gebruiksgeval bepaal en/of kwalifiseer’ (Van Rensburg, 1975b: 6).
Van Rensburg (1975b: 9) vra in sy artikel egter nie net watter bydrae die taalkunde tot litera-
tuurstudie kan maak nie, maar ook wat taalkundiges te sê sou kon hê oor:
’n verskynsel wat baie welbekend in die literatuur is: dat in die werklike kunswerk die taal nie
alleen sê nie, maar ook is dit wat dit sê; anders gestel: dat die kunswerk sy sê handel. ...
Waarop dit neerkom, is dat die nie-semantiese momente van die woord met simboliserende
funksie aangewend word.
Om te illustreer: Die klank van ’n woord dóén soms wat die woord deur middel van sy
betekenis sê; dit simboliseer (hoe gebrekkig ook al) die saak wat die woord benoem.
Sommige woorde het, as alleenstaande woorde, ’n meerdere of mindere mate van simboli-
serende vermoë (dit gaan hier om die klanksimboliese woorde, nie die klanknabootsendes
nie — woorde soos bv. wriemel, slonsig, ens.); maar wat verwondering wek, is die feit dat ’n
woord wat hierdie vermoë nie as enkelwoord het nie, dit soms kry: deurdat dit saam met
ander woorde in ’n simboliserende patroon betrek word. Die hele ry woorde simboliseer dan
die saketoedrag wat hulle in hul gesamentlikheid benoem, terwyl nie een van hulle, op
sigself, oor so ’n simboliseringskenmerk beskik, of dit beduidend laat blyk nie.
Met ’n opgaaf van voorbeelde wys Van Rensburg daarop dat die faktore wat woorde in staat stel
om klanksimboliserend (dus ikonies) in literêre tekste op te tree dinge insluit soos metrum en
klankorganisasie, maar ook aksent, sintaksis, woord-, woordgroep- en sinslengte. Hiermee stel hy
(onafhanklik) dieselfde linguistiese navorsing in die vooruitsig as wat Nänny (1986: 199) eers later
en nog heelwat later Nänny en Fischer (2006: 462) aan Jakobson (1971) se bevordering van die
Peirciaanse onderskeid tussen beeld- en diagrammatiese ikone sou koppel.
Hoewel Van Rensburg in sy opstel in Die kunswerk as taal nie self terme soos (beeld- en
diagrammatiese) ikoon gebruik nie, maar in navolging van die Duitse taalkundige Karl Bühler ’n
onderskeid tref tussen klanknabootsing én klanksimboliek (’n term waaronder hy verstaan ‘die
weergawe van nie-geluidsdinge in terme van geluid’, terwyl simbolisering ‘’n verhoudingsgetroue
weerspieëling van saak deur teken’ te kenne gee; 1975b: 9 voetnoot), kom die term wel voor in EB
van Wyk (1975: 15–33) se opstel, ‘Die taalkundige grondslae van versvorm in die Bantoetale’, waar
die outeur dit het oor ’n digter wat deur ‘die vernuftige manipulasie van alliterasie en assonansie
daarin (slaag) om die betekenisinhoud van sy verse deur klanksimboliek, of dan: ikoniese klankge-
bruik, te versterk’ (Van Wyk, 1975: 29).
Müller (1975: 69–96) sluit in sy klankekspressie-artikel by Van Rensburg aan en kontekstu-
aliseer terselfdertyd ook Van Wyk se gebruik van die term ikonies deur dit in ’n verduidelikende
voetnoot (Müller 1975: 70 voetnoot) met CW Morris (‘A characterizing sign characterizes that which
it can denote. Such a sign may do this by exhibiting in itself the properties an object must have to
be denoted by it, and in this case the characterizing sign is an icon ...’) en WK Wimsatt (‘The term
icon is used today by semeiotic writers to refer to a verbal sign which somehow shares the proper-
ties of, or resembles, the object which it denotes ...’) se gebruik van die term in verband te bring.
In sy latere proefskrif, waarin die bogenoemde opstel in verwerkte vorm opgeneem is, verwys
Müller (1987: 158 e.v.; vgl. ook Müller 1989: 114) spesifiek na Peirce se ‘meermaal hersiende
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2007, 25(3): 369–383 373
klassifiserings van die semiotiek’ (met ’n voetnootverwysing na Jakobson se bespreking van die
tekenleer se toepassing op taal), maar ook weer na Wimsatt se gebruik van die term ikoon in Theverbal icon (1967) as sinoniem vir terme soos konkretisering, dramatisering en beelding:
Wimsatt vermeld deurgaans die ‘iconicity’ van die poësie ... Volgens Wimsatt is die
geslaagde gedig ’n samegestelde teken of simbool wat op verskillende vlakke ikoniese
betrekkinge kan vertoon met die werklikheidskompleks waarop dit gerig is. Daarby beklem-
toon hy dat sowel die semantiese as nie-semantiese elemente van die taal — hy gebruik
hiervoor die terme ‘logical’ en ‘counterlogical’ — in ’n gedig ikonies kan optree, die
werklikheid mimeties kan ‘afbeeld’:
It seems worth reiterating that both the logical and the counterlogical qualities of style are
iconic. In an abstract and relational way they present the things which language is otherwise
occupied in designating. Poetic symbols — largely through their iconicity at various levels —
call attention to themselves as symbols and in themselves invite evaluation. (Müller 1987: 217)
Uit die voorafgaande behoort dit duidelik te wees dat navorsing sedert die insepsie van die
departement Afrikaans en Nederlands aan die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit in die
1970s — dus ruim vóór die aanvang van die (Amsterdam-Zürich) Iconicity Research Project —
daarop gerig was (i) om taal- en letterkunde nouer op mekaar te betrek; (ii) dat hierdie navorsing
interdissiplinêr op die samewerking tussen taal- en letterkunde ingestel was, en ook internasionaal
geskoei; (iii) dat dié navorsing oor klankekspressie en taalmimesis reeds die terrein waarop die
IRP sedert die laat negentigerjare begin beweeg het, afgebaken gehad het; en (iv) dat dié navors-
ing ook rekening gehou het met insigte uit die semiotiek, maar verder ook met ánder literêr-
teoretiese strominge.
’n Omvattender kritiese vergelyking van die bydraes tot hierdie twee projekte met die oog op ’n
nuwe/beter verstaan van ikonisiteit sal in ’n volgende artikel aan die orde gestel word. Omdat die
waarde van navorsingprojekte wat ’n omvattende beskrywing van ’n verskynsel probeer bied egter
staan of val by die teoretiese aannames wat dit onderlê, moet navorsing oor die relatiewe bydraes
van bestaande navorsing oor ikonisiteit begin by die taalopvatting wat die navorsing onderlê. In die
volgende afdeling probeer ek die vernaamste van hierdie vertrekpunte van die twee projekte
agterhaal.
Vertrekpunte in navorsing oor ikonisiteitIn die lig van aansprake vanuit die IRP dat leiding oor ikonisiteitnavorsing, histories beskou, van
die linguistiek uitgegaan het, is die verwagting dat navorsing oor die afgelope tien jaar deur ’n sterk
realistiese taal- of tekenopvatting gerig sal word, veral ook om die sterk houvas van die
Saussuriaanse arbitrêre tekenopvatting op talle navorsingsterreine teen te werk. Dít was dan ook
oorspronklik een van die verklaarde doelstellings van die IRP (vgl. Nänny & Fischer, 2001: 1). Die
aanvanklike vertrekpunt van die projek, soos dit in die eerste twee simposia gestalte gekry het,
word in die inleiding tot die tweede bundel simposiumreferate, The motivated sign, só deur Nänny
en Fischer (2001: 1) verduidelik:
In a manner of speaking, the symposia and the papers were meant to challenge what Roman
Jakobson has called ‘Saussure’s dogma of arbitrariness’...
Die twee redakteurs van die simposiumbundel gee terselfdertyd egter ook te kenne dat hoewel die
simposia semioties van aard was en taal- en literatuurteorie ’n belangrike rol te speel gehad het,
die doel daarmee nie in die eerste plek teoreties was nie (Nänny & Fischer, 2001: 1). Dit is in ’n
groot mate aan Winfried Nöth (2001: 17–28) oorgelaat om in die oriënterende eerste opstel van die
tweede simposiumbundel, getitel ‘Semiotic foundations of iconicity in language and literature’, die
projek op Peirce se tekentipologie te oriënteer. Nöth se opstel, soos heelparty ander opstelle wat in
die daaropvolgende simposiumbundels opgeneem is, begin egter, ondanks dié verklaarde
doelstelling (2001: 17) nie by Peirce se funderende tekenopvatting nie, maar by die triadiese tipolo-
gie van tekens as ikone, indekse en simbole, gegrond op die tipe verhouding wat tussen
‘tekendraer’ (‘sign vehicle’) en referent (‘referential object’) geld.
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Johl374
In die daaropvolgende bundel, From sign to signing (Müller & Fischer, 2003), is die invloed van
Nöth se opstel duidelik waarneembaar, met sewe van die negentien opstelle wat rekening hou met
Peirce se insigte, veral met die konsep diagrammatiese ikonisiteit wat produktief in verskeie bydraes
toegepas is. In 2006 verduidelik Nänny en Fischer (2006: 462) die Peirciaanse onderskeid tussen
beeld- en diagrammatiese ikone en Jakobson se bevordering van hierdie onderskeid soos volg:
In Peirce’s taxonomy of signs, an iconic image is a single sign that resembles its referent with
respect to some visual or aural characteristic. An iconic diagram, however, is an arrangement
of signs, none of which necessarily resembles its referent but whose relationships to each
other mirror the relationship of their referents. Thus, in Caesar’s famous phrase ‘veni, vidi,
vici,’ the sequence of individually symbolic words presents an iconic diagram of the sequence
of actions it enumerates.
...a number of linguists in Jakobson’s wake have emphatically drawn attention to the near
universality of diagrammatic iconicity in the grammars of various languages, expressing not
only chronological sequence, but also centrality versus peripherality, distance versus proxim-
ity, symmetry, quantification, etc. It is in the nature of literature to exploit all linguistic forms
and, hence, also all iconic possibilities for aesthetic purposes.
In latere simposiumbundels het die getal opstelle wat verwysings na Peirce se insigte bevat min of
meer konstant gebly, hoewel dié bydraes persentasiegewys afneem het na byvoorbeeld vyf uit 21
en ses uit 25 opstelle. Wat myns insiens in hierdie opstelle ontbreek, is ’n (kritiese) hantering van
Peirce se taalopvatting waaruit duidelike aanwysings vir die konsekwente toepassing van sy
tekentipologieë in die praktiese ontleding van ikoniese verskynsels in taal en literatuur afgelei sou
kon word. So ’n teoretiese begronding is des te meer noodsaaklik in die lig daarvan dat daar nie
eenstemmigheid is oor Peirce se drieledige tekenopvatting nie.
Dié gebrek aan sekerheid oor die tekenopvatting begin natuurlik by Peirce self, wat sy hele
loopbaan met die probleem geworstel en sy opvattings meermale hersien het, soos Bernard (2006:
370) in die Encyclopedia of Language and Linguistics opmerk. Uiteindelik het hy dosyne definisies
en analitiese beskrywings van die teken nagelaat. Dié onvastheid van die begrip van die teken
word verder voortgeplant in linguistiese en filosofiese ensiklopedie-inskrywings, soos byvoorbeeld
blyk uit die verskillende interpretasies onder die volgende lemmas, ‘Sign Theories’ en ‘Peirce,
Charles Sanders’, in die Encyclopedia of Language and Linguistics en die Routledge Encyclopediaof Philosophy onderskeidelik. In die Encyclopedia of Language and Linguistics beskryf Bernard
(2006: 369) byvoorbeeld ’n driehoekige diagram om die ‘pragmat(ist)iese’ tekenopvattings van
Peirce, CW Morris en M Bense te vergelyk (sien Figuur 1).
Hiermee saam word die volgende Peirce-definisie van die teken gegee:
���������������� ��������������������������
�������������������������������
���������������������������������������
������������
������������� ��������������������� ����������������� ������
Figuur 1: Triadiese tekenopvattings van Pierce, Morris en Bense (Bernard, 2006: 369)
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2007, 25(3): 369–383 375
A sign, or representamen, is something which stands to somebody for something in some
respect or capacity. It addresses somebody, that is, creates in the mind of that person an
equivalent sign [...] That sign which it creates, I call the interpretant of the first sign. The sign
stands for something, its object [...] not in all respects, but in reference to a sort of idea.
(Peirce, 1932: 228)
As ek dié definisie reg verstaan, argumenteer Peirce hier dat tekens begrippe is wat altyd reeds
bemiddel is, omdat hulle ideële/denkmatige herskeppings/interpretasies van die objek in die denke
van ’n aangesprokene, in Peirciaanse terme ’n interpretant, is. Representamen en objek word in
interpreterende denke as teken saamgehou, iets wat in taal slegs moontlik sou wees indien die
representamen die eenheid van klankvorm-plus-betekenis verteenwoordig, soos wat dit in Müller
se taalopvatting na vore kom. Hiérvolgens is die woorde in ’n taal nie getroue weergawes van
‘vooraf volledig gekende sake’ nie, maar perspektiwiese opvattings; dog elke betekenis, tesame
met die geassosieerde grammatiese kategorieë, is ’n (perspektiwiese of aspektiese) opvatting van
iets buite die taalteken wat van die taalteken self onderskei kan word. Dit veronderstel dat De
Saussure se tekenopvatting eintlik soos volg geformuleer moes wees:
Saussure se signifiant is, as ’n mens by sy terminologie wil bly, die eenheid van betekenis en
klankvorm; en sy signifié is (soos dit ongelukkig nie in sy beskouing voorkom nie) die saak of
sake buite die taalteken waarop die teken as geheel noodwendig betrekking het (vgl. Müller
1987: 3–4).Thomas Hookway (1998) se verduideliking van die onverdeelbare verhoudingsgeaardheid van die
teken in die aanlyn Routledge Encyclopedia of Philosophy laat blyk dat hy wel die belangrike rol
van die interpretant in Peirce se tekenopvatting, wat hy as interpretasie vertolk, begryp:
A name which denotes an object or a sentence stands for a state of affairs by virtue of being
interpreted in subsequent thought, speech or action as doing so. The interpretant, which is
itself a sign with the same object, thus mediates between the original sign and its object. ...
Unless the sign has the capacity to produce such interpretant thoughts (the meaning of which
in turn depends upon how they are interpreted) it would have no significance.
Volgens Hookway is dit die interpretant wat deur ’n proses van abduksie tekens met die sake
(‘objectives’) waarna hulle verwys in verband bring. Ook in sy verstaan van Peirce se triadiese
tekenopvatting kom betekenis na vore uit die interpreterende/bemiddelende rol van die interpre-
tant: die interpretant (wat dan weer self ook ’n teken met dieselfde objek is) bemiddel tussen die
oorspronklike teken en die objek; en die ‘betekenis(volheid)’ (‘significance’) wat ’n teken kan
aanneem, is afhanklik van die vermoë van die teken om so ’n denkinhoud (‘interpretant thoughts’)
op te roep. En omdat denke in die Peirciaanse skema as ’n verdere teken optree, word die
inhoud/betekenis van ’n gedagte of ’n ander verstandsgebeurtenis deur die interpretasie en ontwik-
keling van die inhoud in daaropvolgende denke bepaal, wat die moontlikheid van voortdurende
semiose inhou, ’n verleidelike en kreatiewe konsep, soos dit veral in die poststrukturalistiese en
postmodernistiese kontekste blyk, maar een wat soos dit dáár dikwels gemanipuleer word nie altyd
met die werklikhede van kommunikasie rekening hou nie.
Die interpretasies hierbo is egter nie hoe Bernard (2006: 370) die teken verstaan nie; vir hom is
die aspektiese verteenwoordiging van die representamen in denke sonder meer gelyk aan beteke-nis soos blyk uit sy verduideliking dat die representamen die oordraagbare materiële substraat is,
die objek dít wat deur die teken verteenwoordig word en die interpretant die betekenis van die
teken wat terselfdertyd ’n verdere teken is wat verstaan moet word.
Vergelyk ’n mens die twee verduidelikings hierbo met Müller se taalopvatting wat ek hieronder
bespreek, wil dit lyk of Peirce se tekenopvatting wat vir verskillende soorte tekens, nie net menslike
taal nie, voorsiening maak nie fyn genoeg ingestem is om reg te laat geskied aan ’n beskrywing
van die komplekse singewende en sinmakende prosesse wat in en deur menslike taal voltrek (kan)
word nie. Dit lyk ook of vertolkers en toepassers van Peirce se insigte op taalverskynsels dikwels
uit die oog verloor dat die basiese doel van taalgebruik, ook (en veral) van taalgebruik in reflek-
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Johl376
siewe en/of kreatiewe kontekste, kommunikasie is waarby semantiese en pragmatiese prosesse
van sender- én ontvangerkant inbegrepe is.
Soms egter is ’n vertolking ’n onnodige verskraling van Peirce se opvatting, soos die volgende
stelwyse van twee medewerkers aan die IRP, Christina Ljungberg en Elzbieta Tabakowska, in die
inleiding tot die jongste simposiumbundel van die ikonisiteitnavorsingsprojek, Insistent Images(2007: 4), waarmee vroeë insigte, soos byvoorbeeld dié van Werner Wolf (2001; vgl. o.m. 326) in
die tweede bundel en Tabakowska se eie in die voorlaaste bundel (2005) , waarskynlik onbedoeld,
ongedaan gemaak word):
Let us quickly recapitulate CS Peirce’s classification of the relations between a sign and its
referent or object. A sign always refers to an object which can both be ‘real’ or imaginary
(which means that it can also be a mere thought) and, in so doing, produces or generates a
new sign.
Die doel van semiose in Peirciaanse terme is nie bloot die assosiasie van teken en objek in ’n
betekenis óf van tekendraer en betekenis om na ’n objek te verwys soos hierbo te kenne gegee
word nie. In ’n realistiese taal- of tekenopvatting, wat as teenvoeter vir die Saussuriaanse tekenop-
vatting moet dien ten einde reg te laat geskied aan die verskynsel van ikonisiteit, moet die
oriënterende vertrekpunt wees die interpreterende gebruik in kommunikasie van ’n teken deur ’n
interpretant (’n taalgebruiker in ’n bepaalde konteks) om, teen die agtergrond van die objek/saakbinne tersake verwysingsraamwerk(e), ’n begrip van ’n gestelde werklikheid buite die taalteken te
vorm of oor te dra. Dít, kortliks, is die standpunt van HCT Müller waarop ek hieronder uitbrei;
terselfdertyd is dit ’n vertrekpunt wat, indien dit reg van die begin af in die IRP toegepas is, navors-
ing oor ikonisiteit ook in hierdie konteks sterker sou kon fokus2.
Müller se realistiese taalopvatting is eksplisiet geformuleer as basis vir sy ondersoek na
taalmimesis, spesifiek twee verskyningsvorme daarvan, naamlik klankbeelding en metaforiek —
wat min of meer dieselfde terrein dek as waarmee die IRP oorspronklik gemoeid was, sonder
egter, soos hierbo aangetoon, ’n eksplisiet uitgespelde taalopvatting om die navorsing te rig. Ek glo
dat Müller se opvatting hierdie leemte kan help vul, beginnende by ’n duidelike standpunt oor die
verhouding taal/teks en werklikheid.
Die teoretiese spilpunt van navorsing oor ikonisiteit sentreer in die problematiek van die
verhouding taal/teks en werklikheid soos wat dit byvoorbeeld in die konsep van mimesis na vore
kom. Müller (1987: vi–xi) se proefskrif (soos die gepubliseerde weergawe, Teks en Taalmimesis,
Müller, 1989) knoop in hierdie verband by twee studies oor die stilistiese bestudering van die
literatuur (in 1986 gepubliseer onder redaksie van Theo d’Haen, met die titel Linguistics and thestudy of literature) aan. Die eerste aanknoping is Verdonk se formulering van die mimetiese
vraagstuk: ‘the perennial problem of formal mimesis: does linguistic form imitate or enact content?’;
die tweede is Carter se hantering van die problematiek taal en werklikheid én taalkunswerk en
buitetekstuele wêreld. Belangrike grondliggende probleme wat met hierdie aanknopingspunte aan
die orde gestel word, is (i) die metodologie waarop die wetenskaplike ondersoek van die
verskynsel van taalmimesis berus en (ii) die spesifieke taalopvatting wat die metodologie moet
onderlê, want hoewel die (formalistiese) teorie van vooropstelling (foregrounding) byvoorbeeld
kriteria kan verskaf vir die lokalisering van linguistiese/formele stylmerkers soos afwyking van die
normale gebruik, patroon- en klosvorming, is dit duidelik dat die stilistiek as sodanig nie ’n
teoretiese raamwerk vir ’n objektiewe mimetiese interpretasie van die literêre effek van die
gereleveerde linguistiese elemente kan bied nie (wat juis een van die probleme van die IRP is soos
dit hierbo blyk).
Metodologies baseer Müller (1987: vii) sy studie op die veronderstelling dat daar ‘’n ontologiese
domein van die intersubjektiewe bestaan’ waar die ‘bevestiging van ... ’n ‘subjektiewe’ appèl van ’n
teksfaktor deur ’n ander individu ... (die) appèl ... objektief in intersubjektiewe opsig’ maak.
Wat die problematiese verhouding taal, teks en buitetalige werklikheid betref, is sy standpunt
met die oog op die hantering van ikonisiteit uitgesproke realisties- of referensieel-georiënteerd:
volgens hom kan literatuurstudie, kontra die Saussuriaans-geïnspireerde opvatting, ‘nooit die
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2007, 25(3): 369–383 377
bestaan van ’n buite-talige werklikheid ontken nie, want dit is in stryd met die basiese feite van taal
en taalgebruik’ (vgl. Müller, 1987: ix). Maar ‘(e)wemin as wat taal ’n ‘immanent’ geslote ruimte is,
val enige buite-tekstuele werklikheid sonder meer met ’n hele pakkaas betekenisvolheid met die
deur in hierdie huis’. Van Rensburg (1975b: 14) het reeds in sy opstel in Die kunswerk as taal te
kenne gegee het dat die teenstelling tussen tekstueel en kontekstueel ‘in die grond ’n valse’
teenstelling is — dat die literêre navorser gedurig moet vra ‘wat sê die teks (dit is die taal) aan
wêreld uit’, maar dit was Müller (1987: x) wat in sy proefskrif die problematiek sistematies
aangepak het in antwoord op vraagstukke soos (i) die ontologiese status van taal as betekenis-
gewende medium, (ii) die verhouding tussen taal en ’n buitetalige werklikheid, (iii) die sogenaamde
‘arbitrêrheid’ van die teken en (iv) taal en taalgebruik as simboliserende ‘representasie’. Hiermee
het hy onder meer kwessies aan die orde gestel wat die IRP ruim ’n dekade en meer later weer as
vernuwende insigte sou opper. So maak die New IRP se web-beskrywing daarop aanspraak dat
navorsing oor ikonisiteit in die twintigste eeu, teenstrydig met De Saussure se aansprake rakende
die arbitrêrheid van taaltekens, daarop dui dat taal grondliggend nie-arbitrêr is:
Contrary to the Saussurean idea that language is fundamentally if not exclusively arbitrary (or
in semiotic terms, ‘symbolic’), considerable linguistic research in the twentieth century has
shown that iconicity operates at every level of language (phonology, morphology, syntax) and
in practically every known language. Recent (sic, RJ) literary criticism has confirmed that
iconicity is also pervasive in the literary text, from its prosody and rhyme, its lineation,
stanzaic ordering, its textual and narrative structure to its typographic layout on the page.
(http://home.hum.uva.nl/iconicity/iconicity/research.html)
Müller het egter selfs voor sy proefskrif, in referate voor die Suid-Afrikaanse Vereniging van die
Algemene Literatuurwetenskap in die vroeë tagtigerjare (verwerk opgeneem in die eerste hoofstuk
van die proefskrif), grondige kritiek op die taalopvattings van onder meer De Saussure en Jacques
Derrida gelewer, maar op ’n manier wat die geldigheid van die bogenoemde teenstelling tussen
arbitrêr en nie-arbitrêr betwis3. Müller se uiteensetting van die realistiese taalopvatting is in die
geheel ’n argument teen ’n radikaal-relativistiese taalopvatting van mense soos De Saussure en
Derrida. Teenoor hierdie soort radikale relativisme of konseptualisme wat ‘verklaar dat al ons
waarnemings en denkonderskeidings volkome deur die taal bepaal word, dat ons geen buitetalige
werklikheid kan onderskei nie, en dat elke taal ’n heel eie organisasie van menslike ervaring
verteenwoordig’ (Müller, 1987: 9), stel hy homself uitgesproke op die standpunt van ’n nie-radikale
relativisme wat enersyds erken dat die wyses waarop ons dink en ervaar deur ons taalkategorieë
beïnvloed kan word, maar wat, aan die ander kant, ook aanvaar dat ons denk- en ervaringspro-
sesse, wat betreklik onafhanklik van die taal bestaan, op hulle beurt weer die taal kan beïnvloed
(Müller, 1987: 10).
Teen hierdie agtergrond is sy standpunt dat literêre teorie op ’n omvattende begrip van taal in al
die bestaansfases daarvan behoort te berus: van (i) die taalsistematiek, (ii) die verwerwing van taal
deur die individu tot (iii) die ‘ingerigtheid’ van taal om ’n werklikheid tot stand te bring ‘wat deur
taalgebruikers gedeel word in wedersydse begrip’ en 4) die interpretasie van die gebruikte taal in
kommunikasie (Müller, 1987: 1) — ’n taalmodel dus wat uitgesproke op ’n referensiële opvatting
van taal gegrond is: ‘Taaltekens ... is noodwendig referensieel’, sê hy (1987: 9). Maar terselfdertyd
ook ’n literêre model wat grondig in ’n kennis van taal in al die geledinge daarvan geanker is.
Taalsistematies beskou, stel die taalsisteem van elke taalgebruiker potensiële gebruiksmiddele
aan daardie gebruiker beskikbaar, dit wil sê leksikale items wat tot verskillende grammatiese
kategorieë behoort, met semantiese kenmerke (betekenisonderskeidings of kennisfasette) wat
daaraan bepaalde toepassingsmoontlikhede verleen. Gevolglik is die betekenis van ’n woord nie
bloot ’n konsep of gedagte soos meermale in die IRP aanvaar word nie, maar ’n pragmatiesehandelingsmiddel of gebruiksgedagte (vgl. Müller, 1987: 3–4).
In taalgebruik tree die sisteemmiddele in gebruik, word die betekeniskenmerke of onderskei-
dings van woorde toegepas om, saaklik en funksioneel, denkend te handel oor sake in die
werklikheid, waaronder taal sélf (Müller, 1987: 5 e.v). Onder saaklik word verstaan ‘benoeming’,
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Johl378
met ander woorde ‘betekenistoepassing, saakverwysing of denotering’, en ‘betekening’, dit wil sê
‘betekenis-hê of konnotering’ (Müller, 1987: 6–7). Onder funksioneel word begryp dít wat Reichling
beskryf het as die gebruik van woorde as strukturerende ervaringsmomente, wat, omdat daardie
momente van woorde-in-gebruik afhanklik is, ’n kontekstuele verskynsel is (in Müller, 1987: 7). Alle
aspekte van ’n teks is terselfdertyd sisteem- én gebruikseenhede; dog taaluitinge is nie bloot
verlengstukke van die taalsistematiek nie. Soos Müller (1987: 16) dit stel: ‘Vanaf die eenfoneem-
uitroep as sin, vanaf die eenwoordsin, deur alle meerwoordgehele heen tot by ’n lang teks, is die
taaluiting iets nuuts.’ In die gebruik van taal word, danksy die referensialiteit van taaltekens,’n
werklikheid gestel, wat in die woorde van Müller (1987: 16–17) ‘aangelê’ is op die versoening van
semantiese en pragmatiese aspekte ‘wat tydens en na die komunikasie-handeling in die
wedersydse begrip van die spreker en hoorder voltrek (moet) word’.
Die verrekening van die onderskeid tussen én samekoms van (i) die sistematiese en die
gebruiksmatige aspekte van taal en (ii) die saaklike en funksionele, oftewel die referensiële en
pragmatiese aspekte van taalgebruik binne die konteks van ’n stelling oor/van ’n werklikheid, met
die implikasies wat dit vir die lokalisering van ikonisiteit inhou, kan bepaalde dissiplinêre teenstry-
dighede wat uit IRP-beskrywings van die verskynsel vanuit die taalkunde en letterkunde
onderskeidelik blyk en uiteindelik deur Paul Bouissac (2005; 2007) aan die orde gestel word, help
opklaar. Müller (1987: 14–15) verlaat hom op Geoffrey Leech se uiteensetting in Principles ofPragmatics vir ’n verduideliking van die wyse waarop die bogenoemde twee aspekte mekaar
aanvul: semantiese representasie moet van pragmatiese interpretasie onderskei word. Dit
beteken dat terwyl die semantiek grammaties (‘rule-governed’) is, is die pragmatiek retories
(beginselgedrewe); terwyl grammatiese reëls konvensioneel is, word die pragmatiese beginsels
deur gespreksdoelwitte gerig (waarby Müller retoriese, insluitend artistieke doelwitte, insluit).
Pragmatiek skakel die grammatiese betekenis (‘sense’) van ’n uiting met sy illokusionêre/
pragmatiese krag. Müller maak twee belangrike punte oor die werklikheid waarna woorde verwys.
Eerstens: die taaluiting stel ’n (moontlike) wêreld/werklikheid wat, eenmaal gestel, ‘op watter
gewone, ongewone of absurde wyse dit ook al in ons ervaring gegee is’, buite die taal lê (Müller,
1987: 13). Tweedens: omdat aangeleenthede soos waarheid, fantasie en fiktiwiteit volgens Müller
(1987: 13–14) op dié buitetalige werklikheid betrekking het, is hulle streng gesproke nie meer ’n
taalaangeleentheid nie én behoort hulle dáárom nie in die formele linguistiek ingedra te word nie
— hoewel die vraag na die verhoudings tussen verwysingsraamwerke natuurlik wel vir die taalge-
bruikskunde van belang is:
... die gestelde werklikheid kan, in ontologiese opsig, heel verskillende synswyses aanneem.
Waarheid of valsheid, sin of onsin, feitelikheid of fiktiwiteit is, streng gesproke, geen taalaan-
geleentheid nie, en dis jammer dat vraagstellings in verband hiermee dikwels in die formele
semantiek en grammatika ingesleep word
Taalgebruik as sodanig maak geen onderskeid tussen die ‘moontlike wêrelde waarin die
sake bestaan waarna verwys word nie. Dit is daarom onjuis om te beweer dat bv. vampiere,
drake, eenhorings, ens. net in woorde bestaan ... Daadwerklike eksistensie is nie die
uitgangspunt van taal en taalgebruik nie: ’n teks stel met sy werklikheidstelling sake in een of
ander ‘moontlike wêreld’, en die sinvolle integrering al dan nie van hierdie werklikheid in die
sfeer van ons normale wêreldbeeld is ’n bepaalde aspek van ons interpretasie (my beklem-
toning, RJ) van die uiting.
In die taalgebruiksituasie is twee aspekte ter sake, te wete die sender-ontvangersituasie én die
verwysingsraamwerk. Laasgenoemde behels al die relevante kennis wat sender en ontvanger
moet deel, beginnende by ’n kennis van die taal tot hulle kennis van mekaar en van die situasie
waarin hulle hulle bevind en dit wat reeds bespreek is — alles, met ander woorde, wat deel is van
die ‘veld van pragmatiese of ‘ensiklopediese’ kennis waarvan enige aspek deur ’n taaluiting
relevant gemaak kan word’ (Müller, 1987: 18). Kennis van ’n verwysingsraamwerk, met al die
toepaslike begripskaders, is egter alleen nie voldoende vir die verstaan van ’n taaluiting nie: soos
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2007, 25(3): 369–383 379
Müller (1987: 19) dit stel, ‘selfs nie ’n enkele woord (is) resloos vanuit ’n kennis van die teks se
situasie en verwysingsraamwerk bepaalbaar en verklaarbaar ... nie’:
... in die ontstaan van ‘nuwe kennis’ — tydens die kommunikasie-proses én t.o.v. die
voltooide produk daarvan — is die teks met sy werklikheidstelling die bepalende en
deurslaggewende faktor wat voorafgaande relevansies van kennis in die een of ander opsig
verander (of, ten minste, probeer verander).
In ’n opstel in die derde simposiumbundel, voer Jørgen Dines Johansen (2003) ’n konsep in wat
oënskynlik grotendeels ongemerk aan die IRP verbygegaan het: hy praat naamlik van drie maniere
om ’n literêre teks te ‘ikoniseer’, te wete, wat hy noem, deur ‘imaginization’, ‘diagrammatization’ en
‘allegorization’ en kom tot die gevolgtrekking dat die leesproses gelykstaan aan ikonisering. Wat
nie in die opstel direk uitgespel word nie, maar wel ’n implikasie is, is dat ikonisiteit in die interpre-
tasie van ’n teks gerealiseer word. Hiervoor bied Müller se taalopvatting die breë teoretiese
grondslag. Interpretasie, sê hy, geskied aan die hand van ’n voortdurende wisselwerking tussen die
‘bepalings van die taalmomente en die buitetaalse kennis wat hierdie bepalings spesifiseer’ wat
uiteindelik uitloop op ’n begrip — ’n minder of meer geslaagde sintese van die talige en buitetalige
(Müller, 1987: 20). ’n Onderskeid word dus getref tussen die proses en die produk van interpre-
tasie.
Voorts kan ’n leser nog gevolgtrekkings uit sy of haar begrip maak deur verdere implikasies wat
uit die begrip voortvloei te snap (Müller, 1987: 21). Müller (1987: 21) argumenteer dus, soos hierbo
ook aangedui is, dat die begrip van ’n leser of hoorder wat uit die interpretasieproses spruit nie
meer ’n taalgegewe is nie en sê:
Ek onderskei die ... dinge, want in baie taalkundige en literêre beskouings word die inhoud
van woorde en sinne, die werklikheidstelling, die interpretasieproses, die begrip van
tematiese samehange, en dikwels ook nog afleidings en toepassings wat ’n begrip tot gevolg
mag hê, álles saamgebring onder die koepel van ‘betekenis’ — ‘meaning’ en ‘meanings’.
Heelwat ‘betekenis’ van sogenaamde indirekte taalhandelinge ... is bv. nie deel van die
werklikheidstelling en direkte interpretasie van taalgebruik nie, maar afleidings uit die feit dát
’n werklikheidstelling reeds t.o.v. ’n sekere begripskader ‘geplaas’ is. M.a.w. dis afleidings uit
’n reeds geïnterpreteerde uiting, en as sodanig nie meer ’n betekenis- of taalverskynsel nie.
As sodanig is die standpunt hierbo ’n veel meer genuanseerde opvatting van betekenisgewing as
wat steeds uit selfs resente opmerkings oor semiose, soos dié van Ljungberg en Tabakowska
hierbo, blyk. Dit is duidelik dat Müller hom met sy taalbeskouing van die begin af op die perspektief
van die taalgebruiker en van taal as ’n gebruiksmiddel oriënteer en nie op ’n abstrak-reflekterende
ondersoekperspektief nie.
Voorts, en dit is ook in teenstelling met die resepsie-estetiese opvatting dat lesers ’n/die teks in
die interpretasieproses produseer, argumenteer Müller (1987: 27) dat wat geproduseer word ’n
interpretasie is, een wat minder of meer toereikend, goed of sleg kan wees, ’n standpunt wat
eweneens belangrike implikasies het vir beskouings oor die totstandkoming van ikonisiteit.
Hiermee sluit Müller ook aan by Paul Ricoeur wat glo dat om ’n teks te verstaan, behels om die
beweging te volg van betekenis (‘sense’) na verwysing/referensie, van wát die teks sê na waaróór
dit praat. En waaróór die teks praat is ’n moontlike wêreld en ’n moontlike manier waarop individue
hulself daarin kan oriënteer. Die dimensies van hierdie moontlike wêreld, sê Ricoeur, word deur die
teks sélf oopgemaak en onthul: ‘The sense of a text is not behind the text, but in front of it. It is not
something hidden, but something disclosed. What has to be understood is not the initial situation of
discourse, but what points towards a possible world. ... Understanding ... seeks to grasp the world-
propositions opened up by the reference of the text’ (in Müller, 1987: 28).
Só ’n realistiese taalopvatting van taal, wat rekenskap van alle fasette daarvan probeer gee,
kan ’n bruikbare grondslag vorm om onsekerheid binne die IRP oor of ikonisiteit taalsistematies óf
taalgebruiksmatig (d.i. grammatikaal of pragmaties) gelokaliseer is óf interpretatief gerealiseer
word, produktief te fokus.
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Johl380
SlotDie doel met hierdie artikel was tweeledig. In die eerste plek het ek saaklik probeer aantoon dat
bepaalde aansprake van die (New) IRP oor (i) die leidende rol wat van die linguistiek in navorsing
oor ikonisiteit en (ii) van die IRP self in die bevordering van die samewerking tussen taal- en
letterkunde rondom navorsing oor die verskynsel gekwalifiseer moet word deur die doelstellings en
bevindings van ’n navorsingsprojek oor dieselfde onderwerp wat in die sewentigerjare in Suid-
Afrika van stapel gestuur is en tot meerdere publikasies gelei het. In die tweede plek, in die lig van
die belangrikheid van ’n deeglik gemotiveerde taalopvatting om navorsing oor ikonisiteit in ’n taal-
en literêre konteks te rig, het ek op bepaalde gebreke in die vertrekpunte van die IRP gewys en
probeer aantoon hoe die talige fundering van HCT Müller se taalmimetiese navorsing hierdie
gaping kan help oorbrug. Gesien die voortgesette relevansie van Müller se navorsing is dit
noodsaaklik dat sy insigte oor ikonisiteit (opnuut) onder die aandag van ’n breër navorsingsge-
meenskap gebring moet word.
SummaryContemporary research on iconicity for the past ten years or so has been focused significantly in
the activities of the Amsterdam-based Iconicity Research Project (IRP). In 2007 the sixth
symposium of this project was held in South Africa and at the same time the fifth symposium
proceedings were published. However, what is perhaps less known in the context of the interna-
tional cooperation of the project is the South African, specifically Afrikaans, theoretical contribution
to the field of research on iconicity. In this article I want to draw attention to this particular contribu-
tion and at the same time throw light on certain dilemmas in IRP research that have become more
evident over time from the contributions to the symposium proceedings of the IRP.
Issues I shall discuss relate to different views on the relative contributions of linguistic and
literary studies respectively to a better understanding of the phenomenon of iconicity, as well as
different perspectives on the role of the IRP in the promotion of the cooperation between these two
disciplines with a view to an integrated description and understanding of the phenomenon.
The IRP made it clear from the start that (i) it has been the task of the ACLC project to unify
linguistic and literary studies regarding research on iconicity and (ii) that it is the discipline of
linguistics that steers the understanding and description of the phenomenon of iconicity. These
claims, however, seems exaggerated in view of a collection of essays in the context of Afrikaans
linguistic and literary studies, Die kunswerk as taal, under the editorship of FIJ van Rensburg
(1975a). Well-documented studies since the inception of the Department of Afrikaans and Dutch at
the former Rand Afrikaans University in the 1970s, thus long before the start of the (Amsterdam-
Zürich) Iconicity Research Project, show that research at certain South African universities prior to
the IRP has been directed at (i) drawing the disciplines of linguistics and literature closer through
interdisciplinary research; (ii) that this research was modelled internationally; (iii) that the branch of
this research that dealt specifically with, inter alia, sound symbolism and expressivity and, in
general, language-based mimesis (iconicity) in literature had already demarcated the field in which
the IRP started research only in the late nineties; and (iv) that this research also took into account
insights from semiotics and other theoretical approaches.
Claims at the inception of the IRP that, historically considered, guidance for research on iconic-
ity emanated from linguistics, cause researchers to expect that all research in the field associated
with the IRP is underpinned by a strong realistic-oriented theory of language that may serve to
counteract the hegemony of the Saussurian view of the arbitrariness of the linguistic sign.
Originally this was one of the declared objectives of the IRP (cf Nänny & Fischer, 2001: 1).
However, the editors of the second symposium proceedings also admitted early on that although
the symposia were informed by semiotics, linguistics and literary theory, the aim of the project was
not primarily theoretical (Nänny & Fischer, 2001: 1). To a great extent it was left to Winfried Nöth
(2001: 17–28; in the first essay of the second symposium proceedings, entitled ‘Semiotic founda-
tions of iconicity in language and literature’) to orient the project on CS Peirce’s sign typology.
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2007, 25(3): 369–383 381
What appears to be lacking in the foundational phase of the IRP is an explicit and critical
orientation on Peirce’s sign theory from which direction for application of the typologies to an
analysis of linguistic and literary iconicity/iconisation might have been derived. Such a theoretical
foundation seems all the more necessary in light of the fact that there is no agreement on Peirce’s
views of the tripartite composite sign.
Analysing linguistically oriented expositions by interpreters of Peirce against the backdrop of
HCT Müller’s theory of language, makes it clear that Peirce’s generalised sign theory has as yet
not been tuned finely enough to allow for nuanced descriptions of the complex significations that
can be effected in and by human language. It also appears that applications of Peirce’s insights to
linguistic phenomena often lose sight of the fact that the main purpose of language usage (also
language usage in reflexive and/or creative contexts) is communicative, which entails that semantic
and pragmatic processes from both sender and receiver’s side should be given account of.
Müller, on the other hand, explicitly formulated a realistic-oriented language view as a basis for his
investigation of language-based mimesis, focussing on two forms which also kept the IRP occupied,
namely sound-based expressivity and symbolism, and metaphor. In his addressing of iconicity or
linguistic mimesis, Müller accounts for the complex relationship between language, text and an extra-
linguistic reality with an expressly referentially oriented view of language. Altogether, his exposition of
a realistic language view mounts a convincing argument against the radical-relativistic language view
of theorists like De Saussure and Derrida. Against this background his viewpoint is that all literary
theory should be based on a comprehensive understanding of language in all its phases of existence,
taking into account (i) language systematic issues, (ii) language acquisition, (iii) the ‘fit(ted)ness’ of
language to effect a reality that language users may share in an understanding of a communication
and (iv) the interpretation of the language used in communication.
In the localisation of iconicity, differentiation between (i) systematic aspects and the usage of
language and (ii) between the referential and pragmatic aspects of language usage in the
statement of (a) reality, may help resolve discipline-related contradictions that appear from IRP
descriptions of the phenomenon, a point eventually raised by Paul Bouissac (2005; 2007), one of
the contributors to the project. A realistically based comprehensive language view may prove useful
to productively focus uncertainty in the IRP as to whether language-based iconicity should be
localised systematically, functionally (i.e. in grammar or pragmatics) or interpretively.
Notas1 Dié artikel benut moontlikhede wat ’n gelukkige sameloop van omstandighede bied: eerstens is
verskeie lede van die departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg betrokke by
die ACLC-ikonisiteitnavorsingsprojek; tweedens sluit die ikonisiteitnavorsingsprojek se strewe na
interdissiplinêre samewerking tussen taal– en letterkunde aan by die besondere navors-
ingsingesteldheid van die gehuldigde in hierdie uitgawe, Willem Botha. Willem Botha, weet ek,
het waardering vir akademiese navorsingsvelde wat die grotendeels kunsmatige skeiding tussen
die konvensionele terreine van die taalkunde en die letterkunde probeer aftakel. Hy het immers
sy akademiese spore verdien in ’n departement wat deur die eerste twee hoogleraars (FIJ van
Rensburg en FF Odendal) gekonseptualiseer is as inkubator om die raakpunte tussen die twee
dissiplines navorsingsmatig te ontgin, en heelparty van die studieleiding waarby hy in sy
akademiese loopbaan betrokke was, was in samewerking met lettterkundiges met die oog
daarop om met insigte uit die taalkunde die letterkunde te help ontsluit. Ook sy eie referate en
artikels op die terrein van die kognitiewe linguistiek word meermale met verwysing na literêre
tekste toegelig. ’n Derde rede vir die artikel, en die een wat hier akademies relevant is, is dat ’n
vorige lid van die departement Afrikaans, HCT Müller (oorl. 1994), hom met navorsing op
dieselfde terrein — met wat hy taalmimesis genoem het — besig gehou het.2 Hierop kom ek in ’n volgende artikel terug.3 Dat Müller se insigte nie spoedig ’n wyer inslag in die Suid-Afrikaanse konteks gevind het nie, kan
deels gewyt word aan die ban waarin literatuurwetenskaplikes en literatore destyds onder die
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Johl382
hegemoniese invloed van die poststrukturalisme en die dekonstruksie verkeer het; dat sy insigte
nie die internasionale gehoor bereik het wat hulle verdien nie, is sekerlik ook te wyte aan die
marginalisering van Afrikaanse letterkundige navorsers voor 1994, maar ook aan sy vroeë dood.
’n Mens hoop op ’n vertaling van die gepubliseerde weergawe van Müller se proefskrif, Teks enTaalmimesis, onder meer sodat sy argumente teen die taal- en teksopvattings van De Saussure,
Derrida en Stanley Fish, maar ook sy insigte oor taalmimesis aan ’n groter/nuwe navorsingsge-
meenskap bekendgestel kan word.
Verwysings
Bernard J. 2006. Sign Theories. In: Brown K (ed). Encyclopedia of Language and Linguistics (2nd
edn). Amsterdam: Elsevier, pp 365–374.
Bouissac P. 2005. Iconicity or iconization? Probing the dynamic interface between language and
perception. In: Maeder C, Fischer O & Herlofsky WJ (eds). Outside-In — Inside-out. Iconicity inLanguage and Literature 4. Amsterdam: John Benjamins, pp 15–38.
Bouissac P. 2007. Putting grammaticalization to the iconicity test. In: Tabakowska E, Ljungberg C
& Fischer O (eds). Insistent Images. Iconicity in Language and Literature 5. Amsterdam: John
Benjamins, pp 17–35.
Brown K. (ed). 2006. Encyclopedia of Language and Linguistics (2nd edn). Amsterdam: Elsevier.
D’Haen T. (ed). 1986. Linguistics and the Study of Literature. Amsterdam: Rodopi.
Haiman J. 1980. The Iconicity of Grammar: Isomorphism and Motivation. Language. 56(3):
515–540.
Hellinga WG & Van der Merwe Scholtz H. 1955. Kreatiewe analise van taalgebruik. Pretoria: Van
Schaik.
Hookway C. 1998. Peirce, Charles Sanders. In: Craig E (ed). Routledge Encyclopedia of Philo-sophy. Londen: Routledge. Available at: http://0-www.rep.routledge.com.raulib.rau.ac.za:80/
article/DC059SECT8 [accessed 16 April 2007].
Jakobson R. 1965. Quest of the Essence of Language. Diogenes 51(Herfs): 21–37.
Jakobson R. 1971. Selected writings Vol. 2. Den Haag: Mouton.
Johansen JD. 2003. Iconizing literature. In: Müller W & Fischer O (eds). 2003. From Sign toSigning. Iconicity in Language and Literature 3. Amsterdam: Benjamins, pp 379–210.
Ljungberg C & Tabakowska E. 2007. Introduction: Insistent Images. In: Tabakowska E, Ljungberg
C & Fischer O (eds). Insistent Images. Iconicity in Language and Literature 5. Amsterdam:
John Benjamins, pp 1–14.
Maeder C, Fischer O & Herlofsky WJ. 2005. Outside-In — Inside-out. Iconicity in Language andLiterature 4. Amsterdam: John Benjamins.
Müller HCT. 1975. Klankekspressie: ’n voorstudie. In: Van Rensburg FIJ (ed). Die Kunswerk asTaal. Kaapstad: Tafelberg, pp 69–96.
Müller HCT. 1987. Taalteken, teks en taalmimesis, met besondere verwysing na mimetiesefunksies in poësietekste. Proefskrif. Johannesburg: Randse Afrikaanse Universiteit.
Müller HCT. 1989. Teks en Taalmimesis. Johannesburg: Perskor.
Nänny M. 1986. Iconicity in literature. Word and Image 2(3): 199–208.
Nänny M & Fischer O. (eds). 1999. Form miming meaning. Iconicity in language and literature.Amsterdam: John Benjamins.
Nänny M & Fischer O. 2001. Introduction. In: Fischer O & Nänny M (eds). The motivated sign.
Amsterdam: John Benjamins, pp 1–14.
Müller W & Fischer O. (eds). 2003. From Sign to Signing. Iconicity in Language and Literature 3.
Amsterdam: Benjamins.
Nöth W. 2001. Semiotic foundations of iconicity in language and literature. In: Fischer O & Nänny
M (eds). The motivated sign. Amsterdam: John Benjamins, pp 17–28
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4
Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2007, 25(3): 369–383 383
Peirce CS. 1932. Collected Writings Vol. 2. Elements of Logic. Cambridge: Harvard University
Press.
Tabakowska E. 2005. Iconicity as a function of point of view. In: Maeder C, Fischer O & Herlofsky
WJ (eds) Outside-In — Inside-out. Iconicity in Language and Literature 4. Amsterdam: John
Benjamins, pp 375–388.
Tabakowska E, Ljungberg C & Fischer O. (eds). 2007. Insistent Images. Iconicity in Languageand Literature 5. Amsterdam: John Benjamins.
Van der Merwe CN. 1975. ‘Die ‘werklikheid’ van die kunswerk’. In: Van Rensburg FIJ (ed). DieKunswerk as Taal. Kaapstad: Tafelberg, pp 148–160.
Van Rensburg FIJ. 1967. Taalkundige raakpunte van die literatuurstudie. Taalfasette 3: 34–52.
Van Rensburg FIJ. 1956. Stilistiek en taalwetenskap. Tydskrif vir Letterkunde 6(2): 19–28.
Van Rensburg FIJ. (ed). 1975a. Die Kunswerk as Taal. Kaapstad: Tafelberg.
Van Rensburg FIJ. 1975b. Die literêre kunswerk as taalkunswerk. In: Van Rensburg FIJ (ed). DieKunswerk as Taal. Kaapstad: Tafelberg, pp 1–14.
Van Wyk EB. 1975. ‘Die taalkundige grondslae van versvorm in die Bantoetale.’ In: Van Rensburg
FIJ (ed). Die Kunswerk as Taal. Kaapstad: Tafelberg, pp 15–33.
Wolf W. 2001. The emergence of experiential iconicity and spatial perspective in landscape
descriptions in English fiction. In: Fischer O & Nänny M (eds). The motivated sign. Amsterdam:
John Benjamins, pp 23–35.
Dow
nloa
ded
by [
Lau
rent
ian
Uni
vers
ity]
at 0
1:54
10
Oct
ober
201
4