7
Nommer 48. (/~ September 1956 _._--.--- DIE LIGDRAER TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELIKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA v WANT EK HET MY VOORCENEEM OM NIKS ONDER JULLE TE WEET NIE BEHALWE JESUS CHRISTUS EN HOM AS CEKRUISICDE 1 KOR.f •.•nl. Rig alle korrespondensieaan Redakteur, Micastraat 84, Proklamasieheuwel, Pretoria. ~ Telefoon 79-2964 CRAFT PRESS, PREToRIA e

TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELIKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 48.pdf · so in hulle woede voortgaan om mense vir die verdoemenis voor te bereL ••••• 3Jn,fflrmoriam Roelie Barnard

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELIKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 48.pdf · so in hulle woede voortgaan om mense vir die verdoemenis voor te bereL ••••• 3Jn,fflrmoriam Roelie Barnard

Nommer 48. (/~ September 1956_._--.---

DIE LIGDRAERTYDSKRIF VAN DIE

CHRISTELIKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA

vWANT EK HET MY VOORCENEEM OM NIKS ONDER

JULLE TE WEET NIE BEHALWE

JESUS CHRISTUS EN HOM AS CEKRUISICDE1 KOR.f •.•nl.

Rig alle korrespondensieaan Redakteur, Micastraat 84,Proklamasieheuwel, Pretoria. ~ Telefoon 79-2964

CRAFT PRESS, PREToRIA

e

Page 2: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELIKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 48.pdf · so in hulle woede voortgaan om mense vir die verdoemenis voor te bereL ••••• 3Jn,fflrmoriam Roelie Barnard

F. J. VISAGlE, Leraar.

ONS WORSTELSTRYD

{ •. ,." I ",'

:"Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maarteen die owerhede, teen die magte,' teen die wereldheersers vandie duisternisvanhierdie eeu, teen die base geeste in die lug."-- (Efes. 6: 12.) .... .... . .

Di.t is baie sek.er dat elke Christen·'n stryd het op die aardeen die apostels van die Here het daarmee te kampe gehad; ennet so sal elkeen van ons oak daarmee te doen kry, want dievyand salons nooit met rus laat nie. Onse Here Jesus het aanPetrus gese: "Simon, Simon. kyk die Satan het vurig begeer omjulle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jougeloaf nie ophou nie."

Ja. ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. want as ons dievyand kon sien, sou dit vlees en bloed gewees het, maar noukan ons horn nie sien nie. Die Satan kom partykeer in die ge­daante van 'n engel van die Iig, maar' sy werke is nie soos 'nengeI s'n nie. Hy is deur hoogheid uit die hemel gestoot en noukan hy Homself nie verneder nie. Nou wil hy net altyd vir diemens se: "Daardie hoogheid maak niks nie, solank as jy maarnet nie vloek of sonde doen nie"! Eindelik het hy die mens.,sohoog dat hy beter is as al die Christene op die aarde; daardiemens het ook nie 'n stryd op die aarde nie, want hy is so goedby homself, dat hy ook geen hulp van and er mense nodig het nie,en net wat die Satan se, dit doen hy.

Die Duiwel sal selfs nie se ons moet lieg of bedrieg, ofsteel nie, maar hy vestig net altyd ons oog en ons aandag opander men se, .om te sien hoe sleg hulle is, en eindelik is diebalk in ons eie oog so groat dat ons nie meer 'n fout by onsselfkan sien nie; ja, ons sien nie me er die nodigheid om so baiete bid en te we en nie, oak nie om so baie kerk toe te gaan nie.Daardie mense 'wat so baie foute maak moet maar kerk toe gaan,sodat hulle hul foute kan raaksien en hulle kan bekeer. So gaandie mens ingehaak met Satan voo:rt en al verder en verder wegvan die Here af, totdat die mens eindelik nie meer die lig vandie Here kan sien nie.

Dan, wanneer die mens reeds so ver afgedwaal het, komdie mens eers agter dat dit die base geeste in die lug waswat al daardie mooi dinge voorgestel het en vir hulleself beterlaat voel het as al die and er men se, maar, helaas, dan isditreeds te laat. Daardie mens het saam met Satan so ver wegge­draai dat hy nou nie meer kans sien om terug te gaan nil. dieKruispad nie, nil. daardJe toestand van diep vernedering nie.Nou sien die mens liewer kans om maar verlore te gaan, wantdit is onmoontlik om so diep verneder te word; want wat sal aI,die mense se van my wat altyd so 'n goeie Christen was as eknou moet kom erken voor die Here en die mense dat ek ver­keerd is! Nee, daarvoor sien ek nie kans nie !

2

j:

J,

ri'I'

t,I

I:

11

1

As ons maar liewer elke dag ons eie ellende kan sien in diegenadelig van die Here en maar elke dag ons swakhede en ge­breke voor die Here erken en bely, dan sien ons nooit hoe goedons is nie, want die Here is so groot en so heilig; al bid onsookal 20 of 30 jaarof nog langer, moet ons nogtans erken dat by'n mens niks anders is as swakheid en tekortkominge nie. Danvoel ons om maar klein en nederig te wees in ons eie oe en ommaar elke dag soos die tollenaar genade te vra vir ons onsterflikesiele.

As daardie base geeste so optrek teen Gods kinders en hullekry ons so Iaag in die stof van die aarde, dan is hulle raadopwant van sulke slegte mense hou die duiwcl niks nie. So maakSatan men se, ja soms goeie mense, klaar om die hel vol tekry en daardie bose geeste is die kollektante van die verderf.wat baie mense se geld op dansbane, drinkpartye en in bioskoop­sale insamel om die helse werke voor te werk en om die mensso besig te hou, dat hy nooit sien hy gaan saam met die stroomnil.die hel toe nie.

Laat ons tog vir die Here nederige harte vra wat saam salbid en smeek, dat die Here tag die base magte sal afstoot watso in hulle woede voortgaan om mense vir die verdoemenis voorte bereL

•••••

3Jn ,fflrmoriamRoelie Barnard wat skielik oor­

lede is te Leeuwdoornsstad op 14Julie 1956 as gevolg van 'n bloed­klont op die hart, Hy was maarne,t 22 jaar oud.

"Salig is die vredemakers,want hulle sal kinders van Godgenoem word." (Matt. 5 : 9.)

Dit was vir ons hard om virRoelie op 14 Julie 1956 vir diedood af te gee. Van die oomblikaf dat hy die pyn gekry het wasdit omtrent 10 minute en toe washy weg. Daardie oomblikke hetek maar net vir die Here gesmeek

om genade om dit te kan verduur, want dit is vreeslik om 'ndierbare so skielik af te gee. Die een oomblik het hy nog gepraaten die volgende paar oomblikke was hy daar nie meer nie.

3

Cl

Page 3: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELIKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 48.pdf · so in hulle woede voortgaan om mense vir die verdoemenis voor te bereL ••••• 3Jn,fflrmoriam Roelie Barnard

or.

,I

By al die smart is ons nog baie dankbaar teenoor die Hereomdat Hy so in my hart gewerk het om saam met Roelie en sy.vroutjie te gaan, sodat ek die laaste paar oomblikke van sylewe nog by horn kon wees en hy in. my arms gesterf het.

Roelie is nou reeds twee maande dood, maar sy herinneringlewe in my hart. Nooit in sy lewe het ek ham kwaad of selfsontevrede gesien nie, selfs nie in sy kinderdae nie.

As ouers beween ons sy skielike heengaan, maar met dank­bare harte loof ons die Here vir 'n Godvresende kind wat ons'n voorbeeld gestel het deurdat hy hom altyd beywer het vir·liefde en· vrede. Ons se nie vaarwel nie maar tot weersiensRoelie.

Die bedroefde ouers,Annie en Roelf Barnard.

Lukie Herbst wat in 'n motor­fiets ongeluk die lewe gelaat hetop die pad tussen Klerksdorp enPotchefstroom op die middag van28 Julie 1956. Hy was maar 18jaar oud.

"En dink aan jou Skepper indie dae van jou jonkheid voordatdie ongelukkige dae kom en diejare aanbreek waarvan jy sal se:Ek het daar geen behae in nie."(Pred. 12: 1.)

Dit was die skel geluid vandie telefoon op 'n plaas 30 my1anderkant Christian a, wat ons dievreeslike tyding gebring het van

die noodlottige ongeluk van ons seun Lukas. Daar was toe reedsnie meer hoop vir horn nie, volgens die stem oor die telefoon onsmeegedeel het. Nogtans is ons met hoop in ons harte daar weg;ons het gehoop dat ons liewe Here hom tog sal spaar dat ons tognet vir die laaste maal kon afskeid neem, maar die wil van dieHere was anders en dit was ons nie vergun om hom weer in dielewe te sien nie.

0, die smart was ondraaglik; die ou gesiggie was so ver­mink, daardie ou gesiggie wat vir elkeen 'n glimlag gehad het,die hande wat so baie vir sy moeder gewerk het was stil en ys­koud ! 0, die gemis in die huis en die wonde wat nie wil geneesnie!

Maar by dit alles is daar ook groot dankbaarheid in ons hartedat ons liewe Jesus ons kind salig gemaak het. 0, liewe jongB'roertjies en Sustertjies, ek wil net vandag vir julle se dat dit

4

tog so goed is om vroeg in julle lewe, julleself aan Jesus oorte gee. Daar is nie altyd tyd om, wanneer die dood kom, klaartE:maak nie. As my dierbare kind nie in sy gesonde dae gesorghet vir die dag van die dood nie, hoe vreeslik sou die ewigheidvir hom gewees het. Hy het nie eers tyd gehad om een sug hemel­waarts te stuur nie.

Hy het soveel keer geklae dat hy so verlate voel, as al syskoolmaats voetbal speel en hy nie; dan het ek horn maar metdie belofte getroos dat hy eendag sal verstaan en die dag was ooknie eers vex- nie. Ek dink hy voel nou baie dankbaar vir diebietjie smaad wat hy kon dra vir die Naam van ons Heer enMeester.

. Ons voel ook uit die diepte van ons harte dankbaar vir al

.die gebede van ons Leraar, Broers en Susters wat hulle opge­stuur het, nag en dag net voor sy dood. Die Gees het vooruitgewaarsku dat iemand moet gaan sterwe.

"Wie wen end onder leed en smaadDie korrels uitstrooi van die saad,Sal in die hooggehalmde graanEerlang verblyd die sekel slaan.Al wenend saai hy oor die akker.Maar vrolik word sy saaigraan wakkerEn eind'lik dra sy nyw're handDie volle gerwe van die land."

Dit was sy geliefde ou versie wat hy gesing of gefluit hetas hy besig was om aan te trek om kerk toe te gaan.

Die bedroefde ouers,Lilly en Lukas Herbst.

HAAR SON HET ONDERGEGAAN

"Haar son het ondergegaan terwyl dit nog dag was." ­(Jer. 15: 9.)

Sonskyn is een van die grootste seeninge wat God aan mens,dier en plante geskenk het; sonder sonskyn kan ons nouliks lewe.Hoe word daar nie deur duisende wat in pyn en smart hullenagte moet deurmaak, gewag vir die opgaande son nie? Wat'n verligting vir hulle wat die nag deur moet swoeg, wanneerdie daeraad die naderende sonstrale begin aankondig! Onmeet­baar is die waarde van die dag teen oar die nag. Ewe so hetGod aan elke mens die lewensson geskenk wat naas die sielseker die kosbaarste ding op aarde is. Hoe hunker almal nie nadie sonstrale van die lewe nie? Groot'is die weemoed dan ookwanneer die donker wolke van krankheid oor die lewe saampak.

5

•••

Page 4: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELIKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 48.pdf · so in hulle woede voortgaan om mense vir die verdoemenis voor te bereL ••••• 3Jn,fflrmoriam Roelie Barnard

','

Wonderlik het die Skepper gehandel toe Hy die dag geskephet om die mens in staat te stel om sy werk vir 'n lewensbestaante verrig. Elke uur van sonskyn is dan ook kosbaar en daarvan

, word die beste gebruik gemaak.

Ons sien dan ook hoe besig die mense is; van die vroee moretot die aand gaan hy voort, dikwels met koorsagtige haas engejaagdheid, namate sy werk dit vereis. Almal weet en verstaan.dat die son sy vasgestelde tyd het en dan gaan hy onder. Wat sougebeur as die son om tien-uur in die more onverWags sou onder­gaan? Daar sal seker ellende op ellende 'fees en geen dagtaakvoltooi 'nie.

Jesus se: "Ek moet die :werke doen van Horn wat My ge-'. stuur het, solank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand

kan werk nie."· (Joh. 9: 4.) Vir elke mens is daar ook 'nlewens­dag geskenk om te werk vir die ewigheid. So roep die Bybelons toe: "maak jou klaar om jou God te ontmoet." (Amos 4: 12.)Om dit te doen het ons tyd nodig, maar. dit is baie ernstig engewigtig om te verstaan dat hier nie sprake is van 'n vasgesteldetyd nie; nee, al lewe die meeste mense asof hulle baie lank sallewe en oud sal word, tog het God ons lewensdae se grensegestel wat ons nie kan verbygaan nie (Job 14: 5). Daarom roepGod die mens toe :"Kom nou laat ons die saak uitmaak." (Jes.1: 18.)

Daar word nie altyd stiptelik gehoor gegee aan God se bevelenie en daarom moet God dikwels op aangrypende maniere metons as mense praat, sodat ons tot besinning kan kom en kan in­sien dat die son van ons lewensdag enige oomblik kan daal endan moet ons reeds klaar wees om God te ontmoet. Ons teks­vel'S is 'n rooilig op ons pad, ja, 'n ernstige waarskuwing watheen wys na iemand wie se son ondergegaan het toe dit nog dagwas. God het in die nabye verlede ook met ons gemeente hardgepraat; ja, 'n dubbele rooilig is plotseling opgehou met die heen­gaan van Roelie Barnard en Lukas Herbst (Jnr.) Fris en gesondop die voormiddag van sy lewe,terwyl Roelie Barnard saam metsy dierbares van Leeuwdoornstad af op reis was, het dit skielikbegin donker word en binne 'n paar minute was sy lewenssonreeds onder. Twee weke daarna, op pad na Potchefstroom vindons vir Lukie Herbst in die fleur van sy jare, toe die strale vansy lewensson nog skitter in die vroee more van die lewensdag,toe het plotseling die donkerwolke toegesak en sy son het onder­gegaan. Die vraag kom by ons op : Wat beteken die alles?

God het op 'n besondere wyse gepraat en nou weet ons datons son enige_oomblik kan ondergaan! Wat 'n voorreg om saammet die agterblywende bedroefdes te kan opkyk na die kruis vanGolgotha om Jesus die Son van Geregtigheid daar te aanskouen te weet dat Hy, die ewige Son, ons twee broertjies se lewensbestraal in die land waar nooit meer 'n son sal ondergaan nie en

6

fl

I~

nooit meer 'n nag sy verskyning sal maak nie, omdat ons weethulle het vroeg in hulle lewens Jesus verwelkom om die besteplek in hulle harte en lewens in te neem.

Iewers in die toekoms sal elkeen van ons se lewensson onder­gaan, miskien plotsE;)ling,miskien baie gou . . . . Sonder Jesussal dan 'n ewigheidsnag aanbreek wat afgryslik is. Terwyl tweejong lewens geoffer is om as 'n sieldeursoekende boodskap vanGod, ons almal en in 'n besonder 0ns jongmense dringend tewaarsku, laat ons ten alle koste antwoord gee, deur ons harteen lewens aan Jesus, die Lig van die wereld en Son van Gereg-tigheid 001' te gee vir tyd en vir ewigheid. .

S. P. Smit.

'N GETUIENIS

Graag wil ek deur middel van die Ligdraer vertel wat dieHere aan my gedoen het. Dit was lank gelede, maar koningDawid se ons moet geeneen van Sy weldade vergeet nie.

Toe my oudste dogter 17 jaar oud was, het sy so erg aanontsteking van haar blindederm gely dat sy flou geword het.Ek wou nie na 'n dokter toe gaan nie, want dit sou'n gewisseoperasie beteken het. Toe vra ek een aand vir ons Voorganger(oorlede oom Fanie Roos) om vir haar in die kerk te bid. Nadathy klaar gepreek het en ons gekniel het het hy gese die sus­tertjie kan vorentoe kom sodat vir haar gebid kan word. Ek hettoe saam met my dogter daar gaan kniel voor die preekstoel.

Ek het my so klein gevbel, ja, ek het my so diep voor dieHere verneder en die Here gesmeek om gena de en om tag diekwaal uit my kind se liggaam weg te neem, en die Here het diegebede verhoor. Daardie dogter van my is noual 'n moeder van41 jaar en nog nooit het sy weer enige las van daardie kwaal.ondervind nie. Ek kan net se: God is goed, en ek sal Sy Naamgroot maak tot in alle ewigheid !

Maria Luus, Klerksdorp.

DIE STRYD OP AARDE

"Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslikenie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo jullekragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoekingook die uitkoms gee, sodat julle dit kan verda." (1 Kor. 10: 13.)

As die mens horn die dag aan Jesus gee, dan beteken dit dathy breek met die Satan en al die werke van Satan en die sonde.Dit volg dan ook dat Satan die mens se vyand word. Dit wil danse dat die mens elke dag in 'n geveg of geestelike stryd ge­wikkel sal wees, 'n str.yg waarin hy homself sal moet verdedigen teenstand bied sover dit in sy vermoe is. Ons lees in 2 Kor.

.7

••

Page 5: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELIKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 48.pdf · so in hulle woede voortgaan om mense vir die verdoemenis voor te bereL ••••• 3Jn,fflrmoriam Roelie Barnard

•. 10: 4: "want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maarkragtig deur God om vestings neerte werp." Ons sien dus datons 'n krygsman van Jesus teen die Satan word wanneer onsvir Jesus kies. As ons die kant van Jesus kies, moet ons aanSy kant stry ook teen Satan. Danweet Satan ook van daardieuur af dat ons kant gekies het en dat ons sy vyand is. Vandaardie uur af sal hy ons beveg sover as wat dit in sy krag is.

. .

Maar nou sien ons ook dat Jesus ons Hoofman en Leidsmanis en dat Hy ons help in ons stryd soos ons in OnS teksvers sien.Die oorwinning moet· ons s'n wees, anders kan ons geen loonmet Jesus in Sy hemel. Ons kan egter nie 'n oorwinning verwaggaan kry nie. Die loon wat ons gaan kry is die ewige lewe saamas ons nie stry nie. Die wat nie gestry het nie, sal nie gekroonword nie.

Ons kan ook nie stry sonder dat daar een is wat aanval nie,sonder dat daar 'nvyand is om teen te stry nie, en dit is dieSatan wat sal sorg dat ons altyd 'n stryd het. Die oorwinning ofneerlaag hang af van die stemming waarin ons stry en waarinons verkeer wanneer die aanvaller kom: die mens is moedig ofmoedeloos .. Jesus se ons moet nie moedeloos wees nie; Hyse:" .... hou goeie moed, Ek het die wereld oorwin." (Joh. 16: 33.)As Jesus die wereld dan reeds vir ons oorwin het, dan betekendit dat ons deur Hom die oorwinning behaal. Hy se oak: Ek geejulle mag oor al die krag van die vyand. Die versterking komvan Jesus teen die mag van die Satan, maar die krag is nienodig voor die stryd begin ·nie. Die mens vra krag voordat diestryd begin, hy wil dit gebruik voordat die stryd 'n aanvangneem in plaas dat ons op Jesus vertrou. Is dit nie vir ons genoegdat Jesus gese het: Ek gee julle krag oar die mag van die vyandnie? Of glo ons Ham nie op Sy Woord nie?

As ons vol geloof in Jesus en Sy getrouheid is, dan het onsreeds moed en vind ons alreeds dat ons baie beter teenstand kanbied as wanneer ons se : Ag, ek het al so baie probeer maar wordoorval! Moenie op u neerlae kyk nie. Sien op Jesus en op Sykrag. Die krag van Jesus moet oorwin en nie ons krag nie. Al watnodig is is: ons geloof in die krag van Jesus en ons eie wil endiepe begeerte om vir Jesus te leef en in Hom te sterf.

Die mens sal nou vir homself se: Waarom vir jouself dielewe so moeilik maak met stryd; geniet Hewers die lewe sonderstryd! Maar die loon van die sonde is die dood; die mens gaannie net sterf en dan is dit klaar nie, maar dan wag die ewigeverlorendheid. Die dood van die ware stryder vir Jesus, vir dieregverdige, is geen dood nie, maar is net 'n oorgang uit hierdielewe in die ewige saligelewe. Paulus se: "Dood, waar is jouangel? Doderyk, waar is jou oorwinning?"

Pieter van Rensburg, Klerksdorp.8

~I,I

DIT IS TYD

want dit is tyd om die Here te soek." (Hosea 10: 12.)Baie mense besef nie wat die waarde van tyd is nie en daar­

om word soveel waardevolle tyd nutteloos deurgebring, tydwaarna mense met brandendeharte eendag terug sal verlang.Wanneer mense voortgaan om die tyd op ligsinnige wyse deur tebring met sinsgenot en wereldplesier dan hoor ons dikwels hoe.verontskuldigend gese word dat daardie wyse man, Salomo, gesehet dat daar tyd is vir alles. Duarby word dan, volgens hulle op­vatting, bedoel dat daar tyd is vir dans, vir bioskoop, vir drink­part ye en alle ander vorms van wereldplesier insluitende daar­die dodelike hedendaagse afgod sport.

As ons egter sorgvuldig let op die uiteensetting wat Salomogee van wat hy gedoel (Prediker 3 : 1-8) dan sien ons duidelik dathy nooit wereldplesier en ander sondes in gedagte gehad het nie.Wanneer hy in vers 4 se daar is ,,'n tyd om te ween en 'n tydom te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rondte spring" dan bedoel hy seker nie dat die mens in ydelheid moetlag of rondspring nie ! Watter mens wat tot die besef gekom hetdat hy op pad na die ewige verdoemenis is, het nog nie ondervind"ween" en "weeklaag" is maar net die uitvloeisel van 'n siel watin 'n verlore toestand is nie? En as daardie siel deur Gods genadeby die Kruis gaan neerkniel en vergifnis van sonde en vrede.

. vreugde en blydskap ondervind het, watter siel kan dan andersas om van hemelse blydskap te lag en van vreugde rond te spring?As ons duarby oplet wat Sulomo in vers 6 se, dun kan daar geentwyfel bestaan dat hy nooit aan ligsinnigheid gedink het nie.Hy se : daar is ,,'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore te gaan."

. 'n Blik op die m~nssemassas van hierdie wereld laat onsgeen onsekerheid met betrekking tot waaraan tyd, al hulle tydbestee word nie. Ons kyk na die man wat dag vir dag, van diemore tot die aand swoeg en horn afsloof, baie keer op Sondae ook,en ons se : maar dit is 'n verstandige en hardwerkende man, hysal moet vooruit gaan in die lewe ! Maar is hy verstandig? Onsbeskou daardie man van naderby en wat sien ons? Hy is so uit­geput van die gedurige lang ure wat hy werk dat hy die moretot die laaste oomblik bly le; en wanneer hy op die laaste oom­blik opspring is daar geen tyd om te bid, geen tyd om aan sy sielte dink nie. Die hele dag word so hard gewerk en vanaand komhy tuis, uitgeput en weer is hy te moeg om te dink aan sy sie)en as hy nog probeer bid raak hy aan die slaap voordat hy weetwat hy doen ! So gaan die dae, die weke, die maande en die jareverby. Is hy verstandig? "Maar God het aan hom gese: Joudwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis, en wat jygereed gemaak het, wie s'n sal dit wees?" (Matt. 12: 20.)

Die jong meisie bestee ure op 'n dag om haarself aantreklikt"?-maak vir die jongmans; sy wend middels aan (die poeierkwas,

9

,.

. i

Page 6: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELIKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 48.pdf · so in hulle woede voortgaan om mense vir die verdoemenis voor te bereL ••••• 3Jn,fflrmoriam Roelie Barnard

(

die lipstiffie, ens.) ommeer aandag te trek, en sy slaag daarin,maar wie se aandag word getrek? Op hierdie wyse bereik diegodvresende jong dogter nooit wat sy miskien beoog het nie; nee,sy slaag alleen daarin om ongelowiges te trek en daardeur maaksy haar eie stryd om God te behaag deur haar lewe, dubbelmoeilik en dikwels heeltemal onmoontlik! Om tyd te vind omcp daardie wyse te bestee is dit dikwels nodig om die bidureop te offer, om van die huis van die Here weg te bly. Is dit ver­standig? Jesus se: "Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wiesy lewe haat in hierdie wereld, sal dit bewaar vir die ewigelewe." (Joh, 12: 25.) .

Salomo se: daar is ,,'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore.te laat gaan"; maar wanneer is dit tyd om die Here te soek? Dieprofeet se: "Soek die Here terwyl Hy :(logte vinde is, roep Hamaan terwyl Hy naby is." (Jes. 55: 6.) Die mens wat nie op dieregte tyd, terwyl die Here nog te vinde is, soek nie, is reeds besigom sy eie siel verlore te laat gaan! Maar wanneer is die Herenog te vinde, en wanneer is Hy naby? Die Heilige Gees se:"Vandag as julle Sy stem hoor, verhard julle harte nie!" Opdaardie oomblik wanneer die Heilige Gees hier binne in ons hartesaggies dog dringend roep, dan is Hy reeds baie naby om ons tered, so naby as wat Hy ooit sal kom; nader as diedeur van onshart kan Hy nie kom nie, tensy ons die deur van ons harte oop­maak en Hom inlaat in ons hart en lewe ! En dan het ons reedsdie Here gevind, met Sy blydskap en vrede !

Ons teksvers se: "dit is tyd om die Here te soek," maar ~msvra: vir wie is dit tyd om die Here te soek? Hulle wat nog niedie Here gevind het nie, hulle wat nog nie die Here gesoekhet nie! Wat die mens nie besef nie is dat die Here en Sy Geesdeur die eeue heen soek om te red hulle wat verlore gaan. Dievuilste sondanr, elkeen wat van sy of haar lewe 'n mislukkinggemaak het, vir hulle wat in hierdie lewe met hulleself raadopis: vir hulle almal se die Here in groot liefde: "Kom na Mytoe almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee .. ,vir julle siele." (Matt. 11: 28-29.) En wie van ons kan se: ekhet nog ~lOoitdie sagte Pleitstem in my binneste gewaar nie?Soms was ons nog besig om ons kosbare tyd te verkwis daar opdie dansbaan, in die bioskoopsaal, op die drinkparty, of langs dievoetbalveld en toe het ons onrustig geword. Die Stem het virons gese : As jy nou op hierdie plek sterwe, waar sal jy aanland?Hoeveel keer kom die mens na 'n aand van uitspattige tydver­kwisting in wereldplesier tuis om te vind dat nie alleen daardiesagte Stem ons onrustig maak nie, maar die jongman of jongdog­ter kom tuis, miskien laat in die nag en vind die lig in moederse kamer nog steeds brand; die oortuiging kom by ons dat vader

. en moeder die hele nag besig was om vir ons te bid! Dit is TYDOM DIE HERE TE SOEK!

10

;~j

!.(

i

-(

1

I,1JII

I

I{

II,i,

I,.

I.'IId

11

r

Maar oak vir hulle wat reeds die Here gevind het, is dittyd om die Here te soek ! Want daar is 'n nader plekkie vir elkemens op die aarde. Ons kan nooit te naby aan die Here lewe nie;en hoe nader ons aan Hom lewe, hoe meer besef ons ons eiehulpeloosheid en diepe afhanklikheid van Ham. Die Psalmdigterse: "Vra na die Here en Systerkte; soek Sy aangesig altyddeur."(Ps. 105: 4.) Sonder die Jig van Sy aangesig en die sterkte vanSy gees kan die beste mens op aarde nie een enkele tree gaansander om te val nie. Daarom gaan Sy boodskap uit oor die heleaarde, na die ganse mensdom : DIT IS TYD OM DIE HERE TESOEK!

Mense lewe vir baie jare op die aarde en dink nooit aanq;ie. Here nie en soek hom nooit nie en tog verwag die meestq meX!-se.

om salig aan die einde van hulle lewe te kom. In tusSen gaan\die kosbare tyd verby, vir EWIG VERBY, OOK DIE TXJ.?rOM'DIE HERE TE SOEK! Eenmaal sal mense in die vlamme van dieverderf soek en smag na die tyd wat verby is, die tyd wat. Godhulle gegee het om die Here te soek, maar dan sal dit' nelaasreeds vir ewig te laat wees! DIT IS NOU DIE TYD OM..DIEHERE TE SOEK !J. uc.

P. J. Pretorius, Pretoria.

SPESIALE D1ENSTEKlerksdorp

Vanaf Maandag 17 Desember 1956 tot en met 24 Desember1956: More- en aanddiens.

Sondag 23 Desember 1956: Nagmaaldiens.Dinsdag 25.Desember 1956: More-, doop- en aanddiens.Woensdag 26 Desember 1956: More-, Herdenkings- en aand-

diens.

MY VERJAARSDAG EN GEBED

Die volgende persone verlang voorbidd{ng elke dag, maarin besonder op hulle geboortedag soos hieronder aangedui:

1 Okt. : Nellie Visser, Pokwani.2 Okt.: Drieka Pretorius, Klerksdorp.3 Okt. : Abraham Labuschagne, Klerksdorp.

Gesiena Burger, Ottosdal.Jannie Visser, Pokwani.

4 Okt.: Millie le Grange, Klerksdorp.Thys Roos, Klerksdorp.

7 Okt.: J. B. Robinson (Jnr.), Pretoria.10 Okt.: Martjie Pretorius, Pretoria.

11

c

"

Page 7: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELIKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 48.pdf · so in hulle woede voortgaan om mense vir die verdoemenis voor te bereL ••••• 3Jn,fflrmoriam Roelie Barnard

~

"'::"'.:;, 15 Dkt.; Awie Labuschagne, Trichardt.16 Dkt. : Bettie Swart, Klerksdorp.

Bettie Wessels, Pretoria~17 Dkt.; Cornelus Swart, Klerksdorp.22 Dkt. : Sarel Smit (Jnr.), Klerksdorp.23 Okt. : Thea Kriel, Pretoria.30 Okt. : Koos Pretorius, Pretoria. ,1 Nov. : Martie Kriel, Pretoria.2 Nov. : Louis Randles, Klerksdorp.3 Nov. : Jannie Stehlik, Pretoria.5 Nov.: Japie van Niekerk, Edenburg, O.V.S.

12 Nov. : Willie Strydom (Jnr.), Klerksdorp.t~;' Klassiena Strydom, Klerksdorp.

'.av.: Martin Spies, Klerksdorp~

-.l'l"""" ~!!.;' P. J. Rossouw (Jnr.), Klerksdorp.,tfJh.( ....~ .. ~~'v.; Jo?a~nes Strydom, Rivonia, Johannesburg.$h;~~5.{</.: . N"ov.: Tneme Labuschagne, Klerksdorp.

·~·..ta'mov. : Annetjie Pretorius, Pretoria.".{?!1fJ";..'~i Katie Spies, Koster.~~~,2~Nov. : Ronnie Geldenhuys, Klerksdorp., ;,;,\r3~Des.; Sally Herhodlt, Pokwani.

4 Des. : J annie Ebershon, Klerksdorp.Ria Ebershon, Klerksdorp.

5 Des. : Andre Spies, Klerksdorp.7 Des. : J oey Fourie, Pretoria.

Danie Coetzer, Klerksdorp.10 Des. : Frieda Fourie, Pretoria.13 Des. : Betsie Spies, KlerksdQrp.15 Des.; Annemarie Spies, Laersdrif.17 Des. : Addie Labuschagne, Klerksdorp.21 Des. : Fanie Strydom, Vryburg. .23 Des. : Andries le Grange (Jnr.), Klerksdorp.27 Des.: Ben Alberts, Vanderbijlpark. '29 Des.; Bennie Swarts (C. seun), Klerksdorp.30 Des. : Pieter Herbst, Klerksdorp.

Kobus Visagie, Klerksdorp.31 Des. ; Pieter Pretorius, Klerksdorp.

Alie Spies, Laersdrif.

12