14
This report is also available in English. www.apl.co.za www.hyundaiworcester.co.za 209 Main Road Halfway House Strand, Western Cape www.cbagroup.co.za

This report is also available in English

  • Upload
    lediep

  • View
    278

  • Download
    34

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: This report is also available in English

This

rep

ort i

s al

so a

vaila

ble i

n En

glis

h.

209 Main Road Halfway House

Strand, Western Capewww.cbagroup.co.za www.apl.co.za

www.hyundaiworcester.co.za

209 Main Road Halfway House

Strand, Western Capewww.cbagroup.co.za

Page 2: This report is also available in English

VOORWOORDInhoud

Inhoud

2 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 32 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 3

Voorwoord 3Direksielede, Visie & Missie 4Organogram 5Opleiding: Kollege 6Besigheid-opleidingseenhede 10Sorg: Meervoudig gestremde volwassenes 12Sorg: Bejaardes 14GS: Steundienste 15De la Batskool 18Geestelike bediening 19Finansies 20Ontwikkeling 22Trusts | Donateurs 24Tydlyn vir geskiedenis 26Kommunikasie 27

Vriende van NID

In die 135ste bestaansjaar, 2016, het die Nasionale Instituut vir Dowes se dienste aan mense met ’n diversiteit van gehoorverlies, die stigtersvisie van die eerste vier hoofde van die I nstituut finaal gevestig.

Die hoofde se visie was om Dowes van die wieg tot die graf geestelik te bedien, op te voed, te onderrig, te ontwikkel en op te lei in beroepe om selfstandig en onafhanklik te kan leef en te versorg as bejaarde.

Met groot dank aan ons Hemelse Vader vir genade om die visie van dienste volhoubaar te maak. Sonder toegewysde personeel en NID se lojale ondersteuners sou dit nie moontlik gewees het nie. Ons EER die harde werk, passie en geloof van elke NID-personeellid ge-durende die afgelope jaar en oor dekades.

Lees nou verder in die Jaarverslag hoe die 135 jare van toewyding ’n werklikheid geword het.

Johan Rossouw Deon de VilliersVoorsitter Uitvoerende Direkteur

Links: Helen Keller

Inh

ou

d |

Vo

or

wo

or

d

Voorwoord

Diens aanander.

“”

Redakteur: Deon de VilliersRedaksie-koördineerder: Laurentia FourieGrafiese uitleg en ontwerp: Anja EsterhuizenTaalversorger: Petro ViljoenDrukker: FormsXpress Uitgewer: Nasionale Instituut vir Dowes

R e d a k s i ek o nt a k b es o n d e R h e d e

Tel: (+27) 023 342 5555Faks: (+27) 023 342 8866E-pos: [email protected]: S33°38’0.6”, E19°27’9.4”Adres: Nasionale Instituut vir Dowes De la Batweg 30 Posbus 941 Worcester 6849

Page 3: This report is also available in English

DIREKSIELEDE organogramDireksielede Visie & Missie

organogram

Die oor met golwe simboliseer die uitkringende effek van DOOFHEID op kommunikasie, sosiale lewe, loopbaan en werksomstandighede, verhoudings endiesmeer vir Dowes en persone met gehoorverlies. Die golwe na buitentoe is ’n beroep om uit te reik en te deel.

AH MinnaarOnder-

Voorsitter

P Jemane(Doof)

CV Schroeder

DP de VilliersUitvoerende

Direkteur(Gehoorverlies)

H van derMerwe

FK Krige

PJ Prins(Gehoorverlies)

M Smith(Doof)

N Venter

PA Cook

JC RossouwVoorsitter

(Gehoorverlies)

EW Klein-schmidt(Doof)

G Mji

NID DIREKSIE

W AT I S D I E B E T E K E N I S V A N N I D S E LO G O ?

DIT SIMBOLISEER OOK NID SE KERNWAARDES:

integriteit

eienaarskap

eenheid

bemagtiging

diversiteit

4 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 5

dIr

ek

sIe

le

de

| o

rg

an

og

ra

m

Page 4: This report is also available in English

OPLEI

op

le

IdIn

g

6 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 7

OPLEIDING

OPLEIDINGGedurende 2015 het NID-kollege sy naam verander na NID-opleiding met die doel om sy dienslewering te verbreed in lyn met NID se Visie en Missie. Die oorgangsproses het die volle integrasie van opleiding en besigheidseenhede, optimalisering van hulpbronne en uitbreiding van opleidingseenhede ingesluit.

NID-opleiding sal voortgaan op sy opleidingsreistog deur:• Die bevordering van toeganklikheid;• Wyer verskeidenheid programme en loopbaankeuses;• Bemagtiging vir suksesvolle integrasie in die werksplek;• Ondersoek van bekostigbare geleenthede soos afstandsonderrig om meer begunstigdes te bereik.• NID-opleiding sal voortgaan om die lewens van persone met gehoorverlies te verander, hulle te bemagtig en hul menseregte

te ondersteun sodat hulle suksesvolle burgers kan word wat die lewe waardeer en waardevolle lewens kan lei deur betaalde indiensneming.

“Praktyk is die moeilikste deel van leer en opleiding is die kern van transformasie.” – Ann Voskamp

Evashin NaidooEvashin is hardhorend met goeie verbale vaardighede. Hy het graad 10 by die Durbanse Skool vir Gehoorgestremdes voltooi. Evashin wou graag ’n sjef word en het in 2014 ingeskryf vir die Assistent-sjef program by NID-opleiding. Hy het sterk leierseienskappe getoon en het graag sy medestudente gehelp in die klas. Evashin het in 2015 die Professionele Kookkuns-program suksesvol voltooi en doen tans sy internskap by die Tsogo Sun Garden Court Marine Parade-hotel in Durban. Die hoofsjef en bestuur is so beïndruk met hom dat hulle reeds vir hom ’n voltydse posisie aangebied het!

Nonhle Helen DlaminiNonhle (hardhorend gebore) het die St. Martinskool vir Dowes in Port ­Shepstone­ bygewoon.­ In­ 2013­ het­ sy­ vir­ ’n­ Nasionale­ Sertifikaat­ in­ Meubelering (Vlak 3) by NID-opleiding ingeskryf. Nonhle was ’n uitstekende en­baie­toegewyde­student.­Sy­het­haar­sertifikaat­aan­die­einde­van­2014­ontvang en is aangestel as Assistent fasiliteerder vir dieselfde program in 2015. Sy is lief vir haar werk, geniet onderrig en om die studente te help is haar passie. Nonhle droom daarvan om eendag haar eie besigheid te begin waar sy ook ander kan bemagtig.

Ellen MansNá breinvliesontsteking as kind haar totale gehoorverlies veroorsaak het, het Ellen ’n kogliêre inplanting ontvang. Sy het spraak en taal ontwikkel en is in ’n hoofstroom skool geplaas, maar is later na die De la Batskool vir Dowes oorgeplaas. In 2014 het Ellen ingeskryf vir NID-opleiding se Skoonheidsterapie-program. Daardie jaar is Ellen gekroon as Mej NID-kollege, waarop sy aan die Mej Doof Suid Afrika-kompetisie deel-geneem het. Sy is as eerste prinses en Mej Fotogenies gekroon. Ellen het haar studies suksesvol voltooi en doen tans ’n internskap by die Laerskool Worcester-Oos.

Internasionale Studente:

Zimbabwe 4.1%Botswana 5.7%Mauritius 0.8%Lesotho 0.8%Namibië 0.8%Mozambiek 0.8%Ghana 0.79%Zambië 0.79%

Suid-Afrikaanse Studente:

Wes-Kaap: 22.1%Noord-Kaap: 1.6%Gauteng: 13.1%Limpopo: 1.6%Oos-Kaap: 14.7%KZN: 22.9%Noordwes: 0%Vrystaat: 9.8%Mpumalanga: 0.8%

HOOFKAMPUS – Worcester125 Sertifikate: 98% OPLEIDINGSEENHEDE – Suid-Afrika25 Sertifikate: 92%

• NID-Opleiding is in 2015 geregistreer as ’n Onafhanklike Onderwysraad Sentrum.• NID-personeel neem deel aan twee loodsprogramme: Opleiers vir Dowes en Sorgpraktisyne.• Twee nuwe klaskamers is toegerus: Sorgpraktisyne en Sweisopleiding.• Studente en personeel woon noodhulp- en brandbestrydingsopleiding by.• NID-Opleiding verwelkom sy eerste internstudent van Elsenburg.• NID-Opleiding is in 2015 deur die FP & M SETA erken vir beste praktyk as vaardigheidsontwikkeling-verskaffer vir

die voorsiening van leerprogramme vir persone met gestremdhede vir sy Meubelvervaardiging: Houtwerk-program.

2015 DEMOGRAFIE VAN NID-OPLEIDING STUDENTE

STUDENTE SLAAGSYFER 2015

HOOGTEPUNTE VAN 2015

opleiding

40

5

15

37

3 5 41

32

18

40

2824

Aantal studente ingeskryf vir 2016

Page 5: This report is also available in English

WERKSPLASINGSTATISTIEK SOOS OP 31 MAART 2016

TOEKENNINGSEREMONIE NID-Opleiding het sy 8ste jaarlikse Toekenningseremonie saam met die Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede op 3 Desember 2015 gevier.

Spesiale toekennings sluit in:2015 Student van die Jaar: Modupi Miya (Professionele Kook-kuns)2015 Verteenwoordiger van die Jaar: Akanyang Golebamang (Landbou: Plantproduksie)

MNR & MEJ NID COLLEGEDie 7de jaarlikse Mnr en Mej NID College-skoonheidskompetisie is gedurende die Nasionale Week vir Dowes op 10 September 2015 gehou.

SPORTOns netbalspan het ’n silwer medalje by die 2016 SA Dowe Spele verower. OPLEI

NID Bedieningsopleiding is soos ’n klippie in die water wat wye rimpelings het. DCMA is bevoorreg om hierdie jaar honderde Dowes uit verskillende dele van Suider Afrika deur ons verskillende programme te kon bereik.

Voltyds: Twee studente begin met Cert IV in Biblical Ministry van Veritas College International (VCI) en een voltooi haar Diploma in Biblical Ministry (VCI). VCI opleiding is ook aangevul deur kursusse vir bedieningsvaardighede bv. Ervaringsleer. Deeltyds: Vir die eerste keer is sewe studente toegelaat om hul Cert IV in Biblical Ministry (VCI) deeltyds te doen. Opleiding geskied in die plaaslike gemeentes met behulp van opleiding-DVD’s en persoonlike begeleiding. Gemeenteleiers: 42 studente uit vier dorpe het Veritas College se module-opleiding ontvang. Die opleiding strek oor vier jaar. Die een groep uit Bellville het hulle Module 4 voltooi en werk nou as gemeente leiers in hulle plaaslike Dowe gemeente.

op

le

IdIn

g

NID-BEDIENINGSOPLEIDING (DCMA)

ANDER HOOGTEPUNTE 2015

• Deaf Ecumenical Forum (DEF): DCMA se personeel bied lesings aan by DEF om 49 Dowe gemeenteleiers van 11 verskillende geloofsgemeenskappe te bemagtig en te bemoedig.

• Mentorskap: Ds Jan Oberholzer besoek sestien dowe gemeenteleiers vir bemoediging, mentorskap en bedieningsbegeleiding

• Uitreik: Die span besoek ag Skole vir Dowes en vyf gemeentes vir Dowes in Swaziland, Mosambiek, Gauteng en Vrystaat om hulle met die Blye Boodskap te bemoedig.

Reuben Peter Wuni (Doof) arriveer in Maart 2015 in Worcester. Hy is die enigste Dowe evangelis in die Church of the Pentacost in Ghana waar hy reeds 5 gemeentes vir Dowes gestig het. Hy kon nêrens anders in Afrika teologiese opleiding ontvang nie. Sy kerk dra alle kostes, omdat hulle weet Dowes kan slegs effektief bedien word deur ander Dowes. Nege maande later keer ’n veranderde Reuben terug na Ghana. Hy het nie net kennis bygekry nie, maar het so as mens gegroei dat die kerk net daar besluit dat hy vir nog ’n jaar moet terugkom. Hulle woorde is: “DCMA is die beste – selfs beter as kolleges in Amerika! DCMA het Reuben se lewe verander.”

OPLEIDING

GEMEENSKAPSPROJEKTE

SUKSESVERHAAL

8 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 9

Worcester Hoofkampus

Vuleka Skool vir Dowes (KZN)

Durban Skool vir Gehoorgestremdes

(KZN)

MC Kharbai Skool vir Dowes (Gauteng)

Ekurhuleni Skool vir Dowes (Gauteng)

Noluthando Skool vir Dowes (Wes-Kaap)

Dominican Skool vir Dowes - Wittebome

(Wes-kaap)

Bedryfsopleiding en -konsultasie(Gauteng)

16; 15%

11; 10%

6; 6%

53; 49%

2; 2%

15; 14%4; 4%

Internasionale studente Nog nie geplaas nie

Studeer elders Studeer verder by NID

Geplaas in internskap In afwagting van internskap

In werksplek geplaas

Page 6: This report is also available in English

BESIGHEID-OPLEIDINGSEENHBESIGHEID-OPLEIDINGSEENHEDE

NID-Opleiding bied programme aan wat gerig is op loop-bane en indiensneembaarheid. Ons besigheid-opleidings-eenhede skep geleenthede vir studente om selfvertroue op te bou en praktiese vaardighede aan te leer onder die

waaksame toesig van besigheidseenheid-bestuurders met jarelange ondervinding. Díé opleidingsmodel verseker die hoogste standaarde en maksimale blootstelling aan ’n realistiese werksomgewing.

Naledi is Doof, kommunikeer hoofsaaklik deur gebare en het slegs Tswana en Engels as addisionele huistale. Ongeag ernstige uitdagings met kommunikasie in ’n hoofsaaklik Afrikaanse gemeenskap, is kliënte gaande oor Naledi en die professionele manier waarop sy uitstekende diens lewer. Sy het ’n getroue kliëntebasis, wat sy met passie dien. Naledi se toewyding aan haar werkgewer NID is uitsonderlik. Naledi is werklik ’n rolmodel vir ander Dowe én horende studente wat streef om so ’n uitstekende terapeut en werknemer te wees.

Danielia het in Julie 2014 by die Teetuin aangesluit as kelnerin. Sy het in 1998 haar skoollopbaan voltooi by Nuwe Hoop-sentrum vir ­Gehoorgestremdes­ en­ ­ kon­ van­ toe­ af­ net­ afloswerkies­ by­ fabrieke­en plase kry. Toe sy by NID begin werk het, was sy baie skaam en teruggetrokke maar het gou haar voete gevind en is nou ’n voorslag in die restaurant, gastehuis en in die kombuis. In Augustus 2015 het ons haar in die kombuis as assistent kok begin oplei. Sy het sonder twyfel die uitdaging aanvaar en doen baie goed. Niella, soos ons haar noem, is ’n baie betroubare, vriendelike en hulpvaardige werker. Sy sê sy is lief vir haar werk, kom goed oor die weg met almal, en het baie geleer vandat sy by die NID aangesluit het.

NALEDI DITHLOBOLO

DANIELIA TAYLOR

NID WASSERY

NID KWEKERY

NID TEETUIN

NID GASTEHUIS

NID BOUBLOKKE

NID SALON

NID HOUTWERK/SKRYNWERK/STOFFERING

10 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 11

Be

sIg

he

Ids

-o

pl

eId

Ing

se

en

he

de

OPLEI

Bemagtiging

Indiensneembaarheid

OndernemingVerry

king

Entrepreneurskap

Billik

heid

Page 7: This report is also available in English

sorg: Meervoudig gestremVolwasse Sorg se programme is gebaseer op 30 hoofaktiwiteite. Met die implementering van hierdie aktiwiteite is ’n magdom inligting, kennis, raad, opleiding en vaardighede uitgeruil. Interaksie het plaasgevind tussen 75 Dowe volwassenes met meervoudige gestremdhede en 39 personeel. Met al hierdie aksies was daar byna daagliks uitdagings, maar ook wonderlike hoogtepunte met merkwaardige prestasies en mylpale wat bereik is.

’n Groot uitdaging is steeds om die begrip by mense te ves-tig om in hierdie spesiale mense se menswaardigheid te glo en ook te belê. As gewone mense kan verstaan hoekom ’n verstandelik meervoudig-gestremde Dowe persoon so sp-esiaal is en dat hy/sy bo alle twyfel deel moet wees van ons toekomsplanne – dan is dít die rede waarom ons hier is . . .

Ivy is ’n 24-jarige Dowe van Zwelethemba wat sedert 2012 by NID -Volwassesorg inskakel. Oor die afgelope 4 jaar het Ivy­ ­haarself­ bewys­ as­ ’n­ flukse­jong dame wat vinnig nuwe vaardighede aanleer. Deur ons intervensie het sy waardevolle ervaring opgedoen in verskeie ­werkgebiede,­ ­insluitend­ Glassfit­en NID Wassery, en werk sy tans

by NID-Teetuin en Gastehuis as ’n algemene werker. Ivy het in 2015 ma geword en vervul haar nuwe rol as werkende ma met grasie! Dit is merkwaardig hoe Ivy, met genoegsame leiding en ondersteuning, ontluik het in ’n on-afhanklike en selfgeldende dame wat ’n betekenisvolle, waarde-volle en bydraende leefwyse handhaaf.

Fyta is ’n 52-jarige dame wat vir baie jare op ’n dagsorg basis by ons beskermde werkswinkels ingeskakel het. Hier het sy ervaring opgedoen in verskillende vaardigheidsgebiede. Sy het ook baie ondersteuning van ons mediese personeel benodig as gevolg van ’n ernstige mediese toestand. Dit het bygedra tot die handhawing van ’n gesonder leefstyl, maar omgewingsfaktore

by die huis het egter haar gesondheid belemmer. In 2013 is Fyta opgeneem as ’n inwoner en kon sy baat by die residensiële sorg -program en dienste. Sedertdien het­haar­gesondheid­floreer­en­het­die positiewe veranderinge ook oorgespoel na die ander areas van haar lewe. Fyta werk nou by NID Wassery en is ’n staatmaker met die werk wat sy verrig.

Dit is ’n wonderlike gevoel om te sien hoe ’n jong dame wat Doof is met intellektuele uitdagings, ontwikkel en haar plek volstaan in die samelewing! Rianne (27) is sedert 2011 ’n inwoner by NID Volwassesorg. Aanvanklik het sy in ons beskermde werkswinkels geleer om keramiek- en naaldwerkprodukte te maak. Sy het potensiaal getoon dat sy tot meer in staat is en is as ’n

algemene werker in die afdeling se kombuis geplaas. In 2014 het sy ingeskakel by ’n NID-gedrewe opleidingsprojek waardeur sy praktiese opleiding ontvang het om­in­’n­washuis­te­werk.­Na­afloop­van die projek is Rianne geplaas as ’n huishulp by ’n privaat woning in die ope arbeidsmark. Met genoegsame leiding en liefde glo ons dat daar nog baie goeie dinge vir Rianne in stoor is.

Om te kan beleef hoe ’n verstandelik gestremde persoon positiewe gedragsveranderinge toon, is emosionele WOW-oomblikke wat jou binneste eintlik wil laat ontplof van meevoering!

OM DIENSTE AAN 'N SPESIALE GROEP MENSE TE BLY LEWER!

IVY MADUMANE

FYTA NOVEMBER

RIANNE PRETORIUS

Saam salons wen!

““

SORG so

rg

: m

ee

rV

ou

dIg

ge

str

em

de

Vo

lw

as

se

ne

s

12 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 13

sorg: Meervoudig gestremde volwassenes

Page 8: This report is also available in English

SORG

sorg: Bejaardes

so

rg

: B

ej

aa

rd

es

sorg: Bejaardes

NID-Bejaardesorg het gedurende 2015 verskeie hoogtepunte en uitdagings beleef - die grootste daarvan was sekerlik die herstrukturering van die NID-Sorgafdeling. Verskeie aanpassings is binne die afdeling gemaak om volhoubaarheid aan te spreek en bestaande hulpbronne beter te benut om verdere kostebesparings te bewerkstellig.

Ons doel bly egter steeds om kwaliteit dienste te lewer in ’n tuiste-omgewing aan alle begunstigdes ten spyte van finansiële druk en die uitdagings wat inwoners, veral die met spesiale behoeftes, bied.

Die-Bejaardesorg-afdeling wil sy opregte dank uitspreek aan alle instansies en individue wat deurlopend skenkings van goedere gemaak het, asook aan alle vrywilligers en vriende van Rusoord (Bellville) en Shalom (Worcester) wat op ’n deurlopende basis ’n verskil gemaak het deur besoek af te lê.

“Ek woon nou drie jaar in Shalom. My familie kom kuier gereeld vir my en bring vir my eetgoed. Dit is lekker om hier te bly, want ek het baie vriende en gesels graag met almal. Ek het geleer om nie kwaad te word as iemand dalk lelik praat met my nie. Dis baie gerieflik hier, want met my rolstoel kan ek orals gaan waar ek wil. Daar is mense wat altyd vir ons lekker eetgoed bring.” – Danie Uys (65 jaar- Doof)

“Ek woon by Rusoord vanaf 2011 en is baie gelukkig om ’n kamer te kan deel saam met my ander Dowe vriende. Ek kon nog nooit vir my familie gaan kuier het nie en hulle het nog nooit vir my kom besoek in al die jare nie. Ek is baie gelukkig by Rusoord, want hulle sorg vir my en die personeel gee baie aandag en liefde vir my. Die Rusoord personeel en inwoners is nou soos my eie familie. Ek weet nie wat ek sou gedoen het as daar nie so ’n plek soos Rusoord gewees het nie.” – Winston Robinson (Inwoner by Rusoord)

“Ek en my vrou het begin 2014 in Shalom ingetrek. Sy is ’n maand later oorlede. Die mense by Shalom het my baie ondersteun en baie gehelp deur die moeilike tyd. Iets wat ek hier geleer het, is ‘Geduld is die moeder van wy sheid’. Hier moet ’n mens baie geduldig wees. Ek is baie dankbaar om hier te bly waar almal vir mekaar omgee.” Johan van Eck (83 jaar- Gehoorverlies)

DANKIE AAN ONS GEREELDE BORGE:

Bokomo, Albany Bakeries, EPM, EasiGas, Woolworths, Spar Kuilsrivier, Spar Wes-Kaap, Supa Oils, Coram Deo Gemeente, Tygerberg Rotariërs, Malan & Heloïse Hugo, SAPD Bellville, ER24, M-Kem apteek, De la Bat Gemeente

(Worcester), Elma, Hester, Susan Conradie en span.

14 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 15

Page 9: This report is also available in English

Steundienste

STEUN

Steundienste

NID-OS, in samewerking met die Wes-Kaapse PanSALB-kantoor, bied basiese opleiding aan frontliniepersoneel van die departement korrektiewe dienste in die Wes-Kaap. Dowe gevangenes word nie dieselfde geleentheid vir rehabilitasie gebied nie weens gebrek aan Doof-toeganklike kommunikasie.

Deur die vennootskap tussen NID en PanSALB word hierdie tekortkoming aangespreek. SAGT-opleiding word ook aan personeel wat spesifiek met persone met gehoorgestremdhede werk, insluitend onderwysers, maatskaplike werkers en verpleërs, aangebied.

Die eerste digitale SAGT woordeboek, wat deur NID OS geloots is, is ’n baanbreker-inisiatief. Die SAGT woordeboek sal gebruikers in staat stel om verskillende SAGT gebare op te soek, te sien hoe dit in ’n SAGT sin met SAGT grammatika verskyn en die ooreenstemmende Engelse

woord met Engelse grammatika te sien. Die woordeboek sal skoolgaande Dowe kinders, SAGT-tolke, ouers van Dowe kinders sowel as horendes wat belangstel om SAGT aan te leer, baat.

TOEGANG TOT INLIGTING EN KOMMUNIKASIE

SUID-AFRIKAANSE GEBARETAAL (SAGT) OPLEIDING

SUID-AFRIKAANSE GEBARETAAL (SAGT) WOORDEBOEK

SAGT OPLEIDINGSMATERIAAL

16 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 17

st

eu

nd

Ien

st

e

Toegang tot inligting en kommunikasie is noodsaaklik vir persone met gehoorverlies. Daarom lewer NID-OS dienste wat persone met gehoorverlies bemagtig om dieselfde toe-gang tot inligting en kommunikasie as horendes te hê. Ons holistiese benadering tot die voorsiening van gelyke toegang

tot kommunikasie en inligting word bereik deur tegnologie met multimedia-gebruike, spraakverbeteringstoestelle en ander vorms van ondersteuning soos maatskaplike dienste, kognitiewe mediasie en die sosiale kompetensie opleidingsprogram.

DOOF-TOEGANKLIKE PRODUKTE

Die verandering van ons naam in 2015 van NID-Akademie na NID-Ondersteningsdienste (NID OS) plaas die klem op ons fokus – die lewering van multi-dissiplinêre steundienste aan persone met gehoorverlies. Met verskeie hulpbronne tot ons beskikking, ondersteun ons begunstigdes deur ’n sistematiese, holistiese benadering wat fokus daarop om hindernisse tot toegang en deelname te verwyder en volhoubare integrasie tot gemeenskapslewe te ondersteun. Deur samewerking op nasionale en internasionale vlak, spreek ons uitdagings van volhoubaarheid, befondsing en die regte van persone met gestremdhede aan.

Page 10: This report is also available in English

Geestelike be

sk

oo

l &

ge

es

te

lIk

e B

ed

Ien

Ing

GEES

Morné Williams - graad 8Met serebraalgestremdheid hervat Morné in 2013 sy skoolloopbaan in ‘n oorbruggingsklas. Hy skakel in by graad 4 vir Afrikaans en Wiskunde. Ander vakke is stelselmatig ingelyf tot volle inskakeling by graad 5. Hy vind dit moeilik om sy tas, skootrekenaar en an-der benodigdhede te dra, maar ‘n sleeptas help om alles bymekaar te hou. Skryfwerk en notas neem is moeilik. ‘n Skootrekenaar vergemaklik dié take. ‘n Assistent help met tikwerk tydens toetse en eksamen. Spierbeheerontwikkeling word toenemend verbeter. Sy selfvertroue en funksionering vorder uitstekend.

Ciara van Rooyen °- graad 1Ciara is Doof en een uit 500 000 mense wat met ‘n seldsame velkondisie, Epidermolysis bullosa (EB) of “butterfly disease” gebore is. Sy het net twee lae vel in plaas van sewe. Haar vel is baie broos en geringe aanraking veroorsaak blase en infeksie. Sy het ook inwendig blase wat eet- en slukfunksies bemoeilik. Die potloodgreep veroorsaak wrywing en kneusing. ‘n Tikprogram en rekenaar ondersteun haar geletterdheid. ‘n Stootwaentjie en wieletjiestoel vermy blasé aan haar voete. Sonder hysbakfasiliteit moet perso-neel haar daagliks met die trappe op dra. Sy is ‘n skrander vegtertjie en oorkom hindernisse met Gebaretaal.

“Ek is ’n lidmaat van die NG Kerk Worcester De la Bat. My eerste kennismaking met my kerk sal nie as ‘eerste klas’ bestempel kan word nie. Eerstens, ek was Doof. Tweedens, ek het absoluut niks van gebare geweet nie. Derdens: Ek was vreemd. Ek het net een persoon in die hele gemeente geken. Totdat ek die dominee ontmoet het, toe was dit 2 persone!

Na die erediens het ek nie veel meer geweet, as toe ek ingegaan het nie. Dominee het met sy stem en gebare gepreek. Ek was te Doof om te hoor, en te dom om gebare te verstaan. Was hartseer ook, wil kerk toe kom maar ek verstaan niks. Na kerk het baie kom kennis maak.

Ek was verbaas. Hoekom was almal so vriendelik? Ek het gedink hulle is dan Doof en sal met lang gesigte en stilte rondloop.

Nou na 32 jaar weet ek Worcester de la Bat het vriendelike en dankbare mense. Hul aanvaar hul gebrek en dit sit hulle nie af nie.

Die jaar 1994 was ’n baie gelukkige jaar. Ons het ons eerste kerkgebou gekry! Dit is ingewy op 3 Desember 1994 sonder 1c skuld. Hoe so? Die gemeente het dit self gebou. Wanneer daar nie geld was, het ons so te sê op ’n bidstaking gegaan.

Ons het elke Sondag eredienste, wat goed bygewoon word. Het, nes ander gemeentes week van gebed en pinksterdienste. Ons het ook jaarliks dankfees. Ander horende gemeentes van die ring ondersteun ons, want ons gemeente het min Dowe volwasse mense. Die Gemeente bestaan uit leerders van De la Batskool, Studente selfs van Afrika (NID Opleiding), DCMA studente wat opgelei word om Dowe Predikante en Pastore te word. Ons is trots om te sê ons het al 13 opgeleides die wêreld ingestuur.

’n Ander deel van ons Gemeente is Lewensruimte vir Volwasse Dowes. Hierdie eenheid beskik oor beskermde werkswinkels waar Dowe persone met een of meer gestremdhede werksaam is. Ons het ook ’n Huis vir bejaardes.

Dit is waarom ons vandag trotse lidmate is van Worcester De la Bat, want . . .

Ons is God se familie en ons taal is LIEFDE!”

Die Gemeente is ’n tuiste wat, in samewerking met ander rolspelers, kleuters, jongmense, werkende mense, bejaardes en mense met gestremdhede vanuit al die gemeenskappe in Suid-Afrika begelei om in verhouding met die Here te leef. Dowes van diverse tale en kulture (van Suid-Afrika en Afrika) ontvang, ontmoet en verhoudings bou op so manier dat elkeen toegerus sal wees om as God se geskenk te leef.

NID bied steeds ondersteuning vir een van die oudste skole vir Dowes in Suid-Afrika. Hierdie vennootskap strek al 135 jaar.

• wissel tussen 3 en 21 jaar• is Doof of het gehoorverlies• se diversiteit wissel van multi-gestremdheid tot

begaafdheid

• Voorskoolse- en skoolgereedheidsprogramme• Formele skoolonderrig in grade R – 12 volgens

Nasionale Kurrikulumverklaring

• Gasvryheidstudies• Kantoorpraktyk• N3 vakke• Instandhouding

ONS LEERDERS

DIE DE LA BAT-GEMEENTE UIT DIE OOGPUNT VAN WYLE DEBBIE NEUSCH (1944-2016)

AKADEMIESE PROGAM

VAARDIGHEIDSOPLEIDING

SPESIALE VERMELDING

18 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 19

de la batskoDe la batskool Geestelike Bediening

Page 11: This report is also available in English

FIn

an

sIe

s

finansies

Opleiding46%

Logistiek & Toekennings

25%

Sorg19%

Ontwikkeling5%

Geїntegreerde Steundienste

5%

UITGAWES

finansies

20 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 21

Afdeling Inkomste Uitgawes Netto % van Inkomste

% van Uitgawe

NID ONTWIKKELINGSDIENSTE R 30 918 414 R 2 388 909 R 28 529 505 63% 5%

Fondswerwing 11 481 401

Nasionale Vaardigheidsfonds 19 437 013

MAATSKAPLIKE ONTWIKKELING SUBSIDIES 2 069 125 R 2 069 125 4%

Dowe Volwasse Sorg 1 791 124

Dowe Bejaarde Sorg: Bellville 173 425

Geïntegreerde Steundienste: Maatskaplike Werker 104 576

NID GEïNTEGREERDE STEUNDIENSTE R 188 843 R2 464 503 - R 2 275 660 6%

NID OPLEIDINGSDIENSTE R8 024 499 R20 166 653 - R 12 142 154 16% 45%

NASIONALE OPLEIDING 4 675 849 16 657 558 -11 981 709

Beroepsopleiding 4 276 301 14 992 039 -10 715 738

Dowe Leraars Opleiding & Gemeenskapsontwikkeling 399 548 1 665 519 -1 265 971

BESIGHEIDS- & OPLEIDINGSEENHEDE 3 348 650 3 509 095 -160 445

Kwekery 979 172 1 000 226 -21 054

Teetuin 792 211 777 373 14 838

Skoonheidsalon 200 399 218 941 -18 542

Wassery 539 467 637 612 -98 145

Gastehuis 94 575 109 548 -14 973

Boublokke 742 826 765 395 -22 569

NID SORGDIENSTE R 3 834 186 R 8 250 492 -R 4 416 306 8% 19%

VOLWASSE SORG 2 104 862 5 181 527 -3 076 635

Meervoudige Gestremdhede 1 608 874 4 317 980 -2 709 106

Werksterapie 496 018 863 547 -367 529

BEJAARDE SORG 1 654 127 2 993 804 -1 339 677

Bellville 830 923 1 737 197 -906 274

Worcester 823 204 1 256 607 -433 403

DOOFBLINDES 75 167 75 161 6

NID LOGISTIEKE DIENSTE R 4 375 577 R 10 924 681 - R 6 549 104 9% 25%

Administrasie & Bestuur 563 702 3 957 587 -3 393 885

Rente & Finansieringskoste 396 069 6 602 389 467

Terrein 135 529 1 055 478 -919 949

Geboue Verhurings & Onderhoud 3 280 277 5 905 014 -2 624 737

BILLIKE WAARDE AANPASSING VAN BELEGGINGS 16 162

KONTANT TOEKENINGS: GEMEENTES & DE LA BAT SKOOL - 364 333

BRUTO INKOMSTE R 49 410 644

BRUTO UITGAWES R 44 575 733

NETTO INKOMSTE VOOR OORDRAGTE R 4 834 911

Oordrag aan Voorwaardelike Projekte & Fondse R 4 386 193

NETTO INKOMSTE VOOR BEWEGING IN OPGEHOOPTE RESERWERS R 448 718

Plus: Oordrag vanaf Reserwes R 34 748

NETTO INKOMSTE R 483 466

Min: Kapitale Aankope R 2 140 053

NETTO INKOMSTE NA KAPITALE AANKOPE R -1 656 587

-

10 000 000

20 000 000

30 000 000

40 000 000

50 000 000

60 000 000

70 000 000

2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016

INKOMSTE / UITGAWES

Inkomste Uitgawes

NSF Projek40%

Fondswerwing23%

Opleiding16%

Logistiek 9%

Sorg8%

Maatskaplike Ontwikkeling

Subsidies4%

INKOMSTE

NSF Projek Fondswerwing Opleiding Logistiek Sorg Maatskaplike Ontwikkeling Subsidies

NID INKOMSTESTAAT: 1 APRIL 2015 TOT 31 MAART 2016

Page 12: This report is also available in English

“Maatskappye soos ons moet terugploeg in die gemeenskap. Die fondse vanaf die regering en ander instansies word al hoe minder omdat daar al hoe meer behoeftes is waarin hulle moet voorsien. As maatskappye saamstaan om die NID te help dan weet ons dat die gehoorgestremde gemeenskap voorberei word vir die werksplek en goed versorg word wanneer hulle aftree. Die NID is uniek in die sin dat hulle vir alle ouderdom mense opvoed, oplei en versorg. Die professionaliteit en entoesiasme waarmee personeel van die NID hierdie taak aanpak is aansteeklik. Ons kon nie anders as om só ’n instansie te ondersteun nie. Die ligging van die NID is ook van so ’n aard dat dit op ons dorp is en dit maak interaksie baie makliker. Die wêreld van die gehoorgestremde is nie maklik nie. Dit bly aan die verbeter deur middel van tegnologie, maar daar is nog baie hindernisse om ‘normaal’ te funksioneer in die werksomgewing.” – Jacques Matthee, APL Cartons (Pty) Ltd

omGEE

ontwikkeling

Vir elke uitdaging wat ons in die 2015 – 2016 finansiële jaar – die afgelope 135 jaar – beleef het, was daar ’n hele paar geleenthede, hoogtepunte, wonderwerke.Die vereistes van fondswerwing sit nie in almal se broek nie, veral nie wanneer die dienste van ’n organisasie so uiteenlopend en omvattend is soos by NID nie. Ons is besig om ’n spesialis-span vir die toekoms te bou, en by tye was ons onderbeman. Dit het egter nie die toegewyde personeel gekeer nie. Inteendeel, die span het ’n 40,13% groei in vergelyking met die vorige jaar opgelewer met beperkte hulpbronne en mannekrag. Daarvoor is ons ontsaglik dankbaar teenoor ons getroue donateurs sowel as diegene wat in 2015-2016 vir die eerste keer gegee het, en ons Hemelse Vader as ons Voorsiener. Sonder die ruimhartige ondersteuning van individue, maatskappye van verskillende groottes, die kerklike sektor, skole, trusts en stigtings, sou ons nie enige groei kon toon nie. Sonder ons vriende en vennote sou ons nie die opleiding-, sorg- en steundienste kon lewer waarmee ons persone met gehoorverlies se lewensgehalte verbeter nie. Ons salueer elkeen van ons vennote in die werk wat ons saam doen.

ontwikkeling

“Die FW de Klerk Stigting ondersteun organisasies wat lewensveranderende hulp en ondersteuning aan kinders en jong mense met gestremdhede voorsien. Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is een so ‘n organisasie. Hulle het ‘n uitstekende rekord in die bemagtiging en opleiding van jong Dowe persone, soos getuig deur die gedetailleerde voorleggings en terugvoerverslae deur die loop van ons jarelange vennootskap. Ons hoop om voort te gaan om die NID te ondersteun in hul pogings om te verseker dat Dowe persone bemagtig word om so volledig moontlik deel te neem aan alle fasette van ons samelewing en hulle in staat stel om al die regte wat die Grondwet waar-borg te geniet.” – Megan Dick, FW de Klerk Stigting

“Ek glo dit is baie belangrik om mense in nood te help en probeer altyd ’n blywende verskil in iemand anders se lewe maak. Hardloop is my passie en ek het besluit dat dit tyd is dat ek my passie gebruik om ander mense te help. Familie, vriende en kollegas het hulle harte en beursies oopgemaak en my projek ondersteun. Met hulle ondersteuning het ek nie net my eie persoonlike doel bereik nie, maar ook weereens besef hoe lonend dit is om ’n verskil te maak in iemand anders se lewe. Dit was ’n absolute groot voorreg om deel te wees van die *OMTOM Run for the Deaf-projek. Onthou, die lewe is so kort, moenie jou geleentheid mis om ’n verskil te maak nie. Vind jou passie, raak betrokke en maak ’n verskil!” – Lehandrie Freeman (NID Hardloop vir Dowes-deelnemer).

*OMTOM - Old Mutual Two Oceans-maratonDANKIE AAN ELKEEN WAT 'N BYDRAE GEMAAK HET!

22 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 23

’n Held is iemand wat optree, iemand wat van homself gee vir

die onthalwe van ander. Ons helde is ons donateurs, wat die moeilike

moontlik maak..- N C Roelofse (Hoof-ontwikkelingsbeampte)

on

tw

Ikk

el

Ing

Page 13: This report is also available in English

skenkings & Bemarkings

skenkings & bemarkingSKOLE

Besige KaboutersCamp’s Bay PrimaryCannons Creek Independent SchoolDanie Ackermann PrimêrGordonsbaai PrimêrHerzlia HighlandsHillcrest PrimaryHoërskool HexvalleiHoërskool SwellendamHTS DrostdyJohan Graham PrimaryKleingetrein DagsorgLaerskool AF LouwLaerskool AristeaLaerskool BastionLaerskool Bellville-NoordLaerskool BrackenfellLaerskool BredasdorpLaerskool BreerivierLaerskool CourtraiLaerskool De KuilenLaerskool de TygerLaerskool de Villiers GraaffLaerskool DrakensteinLaerskool GerickeLaerskool HugenoteLaerskool Jan van RiebeeckLaerskool KenridgeLaerskool MontaguLaerskool MonumentparkLaerskool TotiusLaerskool WolseleyLa Rochelle Primêre SkoolOp die Voorpos - UpingtonPaarlzicht PrimaryPinehurst Primary SchoolSimond PrivaatskoolSomerset-Wes PrimerSt Alban’s PrimaryTamboerskloof PrimaryWitzenberg PrimêrWorcester Pre-PrimêrWorcester VoorbereidingskoolYoung Eagles Christian Academy

Ons eer hierdie besonder spesiale vriende se nage dagtenis van wie se afsterwe ons verneem het in die afgelope jaar.

Mej CM RousseauMe HD De WittMnr JJS CilliersMev SCE ArcherMnr PP RobbertseMnr GJ RossouwMev J HeydenrychMnr JJW Truter

Me HH HerholdtMnr JD WeijsMev J Van NiekerkMev JS BotmaMnr PJ NelMev CIM CoetzeeMev LA PegelMe CG BurgerMev SJ MattheeMev F EsterhuyseDs JM CronjeMnr JH Van WykMej MD ViljoenMnr RG JefferyMnr PA JudelsohnMe MJ GerberMnr JB DirkerMev SS Keller

BEMAKINGS

Boedel Wyle JF Jordaan Boedel Wyle HAMS Engelbrecht Boedel Wyle PP Oosthuizen Boedel Wyle JM van den Berg Boedel Wyle JA Fox Boedel Wyle CB Ritter Boedel Wyle M P Prinsloo Boedel Wyle MM van der Merwe Boedel Wyle L Creighton Boedel Wyle LL Tomlinson Boedel Wyle AJ KennedyBoedel Wyle NJ du ToitBoedel Wyle D de LangeBoedel Wyle SJ MattheeBoedel Wyle AL Roux

TRUSTS EN STIGTINGS Absa/Barclays AJ Heyns Charitable TrustAnglo American Chairman’s Fund Charl van der Merwe Trust Christiaan Schoeman Trust CHT Pepler TrustDie Erwee TrustDie Human Trust Die Rupert Onderwysstigting Dr Marie Luttig Trust Faan Smit FondsFW de Klerk Stigting Hennie Bosman TrustHet Jan Marais Nasionale FondsHM Evertsen Trust Jeanette Luttig Scholarship TrustJHB Armstrong Will Trust

L.W. Hiemstra Trust Lambrechts SCA TrustNational Lottery Commission National Skills Fund Nedbank Private Wealth Philip Schock Foundation PJ Davidtz Will TrustPW Greyling TrustRooney Family Trust SJ Oosthuizen TrustSolomon Ruben & Ann Winer Education Trust The Ackerman Family TrustThe Albert & Yvonne Lund Chari-table Trust The Graham Beck Development TrustThe Hermann Ohlthaver TrustThe Lily Ashton Charitable Trust The Norman Wevell TrustThe Olive Purcell Charitable Trust The R.B Hagart Trust The Ralph Herriman TrustThe Robert Niven Trust W Currey Trust Wiehahn Foundation

KERKE

Kollektes en Donasies

Gemeentes van:NG Kerk Wes-en Suid-KaaplandNG Kerk Oos-KaaplandNG Kerk Noord-KaaplandNG Kerk Kwazulu-NatalNG Kerk VrystaatNG Kerk Wes-Transvaal

Afrikaanse Protestante Kerk – TygerbergBellville Metodiste KerkBrackenfell Metodiste KerkCape Peninsula Reformed ChurchGereformeerde Kerk TrinitasJunior KJA NamakwalandNederduits Hervormde Kerk Swellendam

NG Kerk Vrouedienste Organisasies en Klubs

CBMC Suid-AfrikaLady Michaelis CommunityLangeberg LaslappiegildeLions Klub MoorreesburgdagLions Klub SwellendamNederduitsch Hervormde Sus-

tersverenigingVLV Robertson

Ander bronne van inkomste:

Aanbiedings en praatjiesBesoekersgroepeSkenkings en borgskappeGemeenskapsprojekteKollekteblikkies en –boksiesPoswerwingSpesiale geleenthede en projekte:• Fietsteleton• Loslitdag• Marathontoer• Payroll Giving• MySchool MyVillage My

Planet• Run for the Deaf• Fondsinsamelingsdans

BYDRAES VAN INDIVIDUE GROTER AS R2000 IS GELYS

Mev H A AmbergMnr F BarnardDr S BassonMnr en mev R A BernardoMe M BingleMnr A H BishopMnr J J BisschoffMev A J BlackburnDr J BlomerusMnr H O BoshoffMnr A L BosmanMnr M A BrandMnr F BrandMnr A W BrownMev L M BrownMev C M BruwerMnr P C CalitzMnr E CardosoMnr en mev F J J CarstensMev M CoetzeeMnr en mev M J R CoetzeeMev M CoetzeeMnr en mev FVDM CoetzeeDr M CoetzerMnr J H CollettMej E M ConradieMnr M ConradieMev C M De KockMev J F De KockMev J S De la BatMnr H S De ManielleMev A M E De VilliersMnr E De VriesMnr J C De WaalMnr N H De Wet HELD24 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 25

sk

en

kIn

gs

| B

em

ar

kIn

gs

Mnr C De WittMnr J G Du PlessisMej J E Du PlessisMnr en mev P S Du PlessisMev A B Du ToitMej E R Du ToitMnr C W ErasmusMnr F S FerreiraRegter H C J FlemmingMnr A B GeldenhuysMnr en mev M L GeldenhuysMev A L GeldenhuysMej M A GorvenMnr L P GreenMnr en mev G R GrobbelaarMnr A J HanekomMnr en mev A HavengaMnr en mev G R HitgeMnr I B HoltzhausenMe M HomanMej M C HoughDs R P HoughMnr C JansenMnr en mev P J JansenMnr J Jansen van RensburgMnr R Jansen van RensburgMnr M JohannesMnr A S JordaanMnr P R JordaanMev R JordaanMev C R E JoubertMnr en mev J P JoubertDr R JoubertMnr J P KokMej H KotzeMnr J H G KuhnMnr J F LabuschagneMev H LauterbachMnr P C Le RouxMnr P LourensDr N LouwDr M J LouwMnr en mev J P LouwMnr P B MalherbeMnr A P MatthysMnr W R MeiringMnr A M MeyerDr en mev S J MinnaarMev R MostertDr L MostertMej A C MyburghMnr H NaudeMev M C NelMnr P NelMe R NieuwoudtMnr R NortjeMev P OberemMnr F H OlivierMnr G C OlivierDr A OppermanMnr G A Ottermann

Mnr JH PienaarMnr W PreissMnr G J PreissMev S PreissMnr en mev H B PurenMnr G RabieMnr T ReitzMnr J C Reynolds JnrMnr en mev K W RobbertseMnr J M RobertsonMev C RobertsonMnr A RosenbergMe E RossouwMnr L J RossouwMnr en mev P J A RossouwMnr A RossouwMej E RouxDs D J J ScheepersDs I SkinnerMnr W J SmalbergerMnr D G H SmitMnr N F S SmitMnr AW SmutsMev B SnymanMnr J H SohngeMnr A SteenkampMnr H SteenkampMev S StemmetMnre D A SteynMnr K StraussMnr P J StrydomMnr en mev E StrydomMnr L StrydomMnr J A SwanepoelMev M S B SwartMnr PJ TaljaardMev C TaylorMnr E TerblancheMev M TerblancheMnr J G TerblancheMnr en mev J P ToerienMnr en mev G TonitzMe L N UithalerMnr B UngererMev C J Van Buren ScheleMnr B E Van den BergMev E M Van der MerweKol D C Van der MerweMnr en mev V Z Van der MerweMev A Van der MerweMnr H J S Van der MerweMnr en mev P C N Van der MerweMnr F J Van EedenMnr P Van HeerdenMev C M P Van JaarsveldMnr en mev W A Van NiekerkMnr L Van RooyenMnr P C Van WykMnr en mev J L Van WykMnr D C Van Zyl

Mnr G J Van ZylMnr en mev J A A Van ZylMev A M Van ZylMnr K Van ZylMev V Verloren van ThemaatMnr P C VermeulenDs H J VermeulenMev L C Von WiellighMnr C VorsterMnr N H WaltonMnr F H S WeilbachMnr H C WerthMnr B J WesselsMnr en mev J WieseMnr J C YsselMe I Zöllner

MAATSKAPPYE / KLEINSAKE

A C SecurityAH Marais Seuns (Edms) BpkAlbany Bakeries BellvilleAll Engineering Services CCAlpha Civil (Edms) BpkAnalytical and Diagnostic Prod-ucts CCAnton Conradie Vervoer BKAPL Cartons (Pty) LtdBanks DealersBed KingBelgium CampusBextrans (Pty) LtdBJP Supplies CCBolus DistributionBrandwacht BesproeiingBreërivier KoeriersBultfontein MakelaarsCape Precious Metals (Pty) LtdCape Town Flight CentreCBA WinelandsCBMC GroepChocolate TimeClaytile (Pty) LtdClub MykonosD C RenovatorsDe-White Industries (Pty) LtdDie Eigelaar GroepEasigas (Pty) LtdEPM Fowler’s GrillGeneral Reinsurance Africa LtdGlenmor Soap (Pty) LtdGoudini BrandblussersGroot Constantia EstateGRW Engineering WorksH A Enco ReparasiesHagglunds Drives SA (Pty) LtdHickman, Van Eeden & PhillipsHydraquipHyundai WorcesterInvasset Compliance (Pty) Ltd

JASP BeleggingsKnock-D Trade 37 CCLanseria International Airport (Pty) LtdMike Fourie & Sons TransportM-Kem - 24 Hour - Med CityNational Edging (Pty) LtdOhlhorst Africa (PTY) LTDOlympic-Flair (Pty) LtdOudewagendrift BoerderyOverhex Wines International - PersoneelbydraesPaint SpotPallet Supply Company Cape (Pty) LtdPenny Pinchers Worcester - Per-soneelbydraesPepkorPrima Groep - PersoneelbydraesPrima Verhuring (Edms) BpkProcess Automation (Pty) Ltd Professional Shopfitters CCQuenvest Worcester (Pty) LtdReichmans CapitalRenault South AfricaRocomamasS N Pool Edms BpkSalon Annique BeautiQSoy Lights (Pty) Ltd. Support-a-PaedicSwartkops Seesout (Pty) LtdThe Graham Beck FoundationThe Primal PantryTheo Stergianos Properties (Pty)Timber Trading CCTithing TrustTrappers WorcesterVan Huyssteens Commercial AttorneysVan Zyl Chem (Edms) BpkVertiscapes cc T/A Habitat Ma-ture Tree NurseryVitria Glass Products (Pty) LtdWerksmans AttorneysWimpy Mountain MillWispeco (Pty) LtdWorcester BakwerkeWorcester Renault

Page 14: This report is also available in English

1881 – Stigting van Het Doofstommen en Blinden Instituut met Jan de la Bat as hoof. 1884/1885 – Eerste voorsiening vir ambagsopleiding gemaak: opleiding in skoenmakery, tuiemakery en skrynwerk vir seuns, kleremakery, naald-en breiwerk vir dogters.1905 – Die skole vir blindes en dowes word geskei; bestuur bly dieselfde.1927 – Ds. Gawie de la Bat word die tweede hoof van die Instituut. 1928 – Die staat neem finansiële verantwoordelikheid vir die skool oor; huisvesting en versorging bly die verantwoordelikheid van die Instituut.1930 – Die hoeksteen vir die nuwe geboue op die huidige kampus word gelê.1932 –Die skool op die nuwe terrein word ingewy en Skool vir Dowes word op die gewel aangebring.1937 – Die Jan de la Bat-skoolsaal word ingewy.1949 – Dowes en blindes word in twee afsonderlike skole gehuisves. 1951 – Helen Keller besoek die Instituut.1954 – Mnr. J.L. Badenhorst word derde hoof van die Instituut.1957 – Die Gawie de la Bat-kleuterskool word ingewy.1976 –De la Bat-gemeente vir Dowes word in Bellville gestig. JH Hamilton word vierde hoof.1978 – ’n Nuwe afdeling, onder leiding van mnr Ernest Kleinschmidt, Nasorg vir Dowes, begin binne die Instituut funksioneer en werkswinkels vir meervoudig gestremde Dowes word in gebruik geneem.1979 – Die kerkgebou van die De la Bat-gemeente in Bellville word ingewy.1980 – ’n Koshuis vir dertig meervoudig gestremde Dowes word op die terrein betrek.1981 – Eeufeesvierings. Die skool se naam word verander tot die De la Bat-skool.1986 – Die kwekery kom tot stand. 1987 – Die Worcester De la Bat-gemeente word gestig.1989 – Ds. At Smit word as hoof by Nasorg aangestel, die beplanning vir die minidorpie vir meervoudig gestremde Dowes begin.1993 – Die teetuin kom tot stand. Mnr. E. van Vuuren word die eerste toegewysde skoolhoof by De la Bat.1994 – Lewensruimte as minidorp vir meervoudig gestremde Dowes word in gebruik geneem.1994 – Rusoord vir bejaarde Dowes maak op Bellville sy deure oop; in 2007 neem die NID die bestuursfunksie oor.1995 – Die kerkgebou op die kampus word ingewy.2001 – Die NID Kollege, toe bekend as die DCSA, word as beroepsopleidingseenheid geopen. 2004 – Die Afrikakongres vir Geestesgesondheid en Doofheid word deur die Instituut aangebied.2005 – Die Wêreldkongres vir Geestesgesondheid en Doofheid word deur die Instituut aangebied.2006 – Die Deaf Christian Ministry Africa (DCMA) kom tot stand binne die Instituut.2006 – DeafNET met sy Kennissentrum begin funksioneer as outonome organisasie op die kampus.2006 – Die skoonheidsalon maak oop. 2007 – Die Bybel vir Dowes verskyn.2007 – Die Bambanini-kleuterskool word begin; in 2009 as Bambanani geprivatiseer.2008 – Die Instituut vir Dowes verander sy naam na Die Nasionale Instituut vir Dowes. Mnr. Philip Cook word as tweede toegewysde skoolhoof by De la Bat aangestel.2009 – Shalom Bejaardesorg open. 2010 – Die eerste Dowe pastoor word ingeseën. Helen Zille open die nuwe geboue van die NID Kollege.2011 – Die eerste beroepsopleiding diplomas in 130 jaar word by die NID Kollege toegeken.2012 – Die NID Akademie vir steundienste aan Dowes maak sy deure oop.2012 – Die NID wassery kom tot stand.2014 – Die gastehuis op die kampus word geopen.2016 – NID vier sy 135ste bestaansjaar!

135 jaar v135 jaar van dienste

26 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 Nasionale Instituut vir Dowes ° Jaarverslag 2016 27 ty

dl

yn

VIr

ge

sk

Ien

de

nIs

| k

om

mu

nIk

as

Ie