13
TAALFOKUS: VOORNAAMWOORDE

TAALFOKUS: Voornaamwoorde

  • Upload
    rendor

  • View
    331

  • Download
    4

Embed Size (px)

DESCRIPTION

TAALFOKUS: Voornaamwoorde. Waarom gebruik ons voornaamwoorde?. Voornaamwoorde help jou om taal bondig, grammatikaal korrek en sonder onnodige herhaling te gebruik. Wat is ‘n voornaamwoord?. - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

TAALFOKUS: VOORNAAMWOORDE

Page 2: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

Waarom gebruik ons voornaamwoorde? Voornaamwoorde help jou om taal

bondig, grammatikaal korrek en sonder onnodige herhaling te gebruik.

Page 3: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

Wat is ‘n voornaamwoord? Die voornaamwoord (vnw.) tree meestal

as ‘n plaasvervanger op vir (in die plek van) selfstandige naamwoorde.

Page 4: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

Ons kry nege (9) groepe voornaamwoorde

Page 5: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

Persoonlike voornaamwoordPiet/Lina vind meer uit

oor omgewingsake Hy/Sy vind meer uit

oor omgewingsake. Ek wil met hom/haar

praat. Dit is duidelik dat

mariene besoedeling ‘n groot probleem is.

Ek wil nie met die motor ry nie, want hy besoedel die lug te veel. / Ek pas my motor op en was hom gereeld.

Page 6: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

Die besitlike voornaamwoord Dit dui besitting

aan. Dit is my/jou/sy/

haar/u/ons/julle/hulle plig om die omgewing te bewaar.

Die boeke is myne/joune/syne/hare/u s’n/ons s’n/julle s’n/hulle s’n.

Die spreker se toespraak was oortuigend.

Sy toespraak ...

Page 7: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

Die betreklike voornaamwoord Dit het betrekking op

(verwys na) ‘n s.nw. wat vroeër in die sin staan.

Dit tree dus op as ‘n verbindingswoord tussen sinne en bysinne.

Ons gebruik wat vir mense, diere en dinge.

Ons gebruik net wie vir mense saam met ‘n voorsetsel.

Page 8: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

Die vraende voornaamwoord Dit staan aan die begin

van ‘n vraagsin, soms saam met ‘n voorsetsel.

Toets: Jy moet ‘n s.nw. (of ander vnw.) as antwoord kan gee op die vraag.

Wie is verantwoordelik vir al die besoedeling?

Ons (vnw.) √ Mense (s.nw.) √ Waaroor handel die

toespraak? Oor seebesoedeling . (s.nw.)

√ Op wie is die toespraak

gerig? Op alle mense. Hoekom is daar soveel

besoedeling? Antwoord is nie ‘n s.nw./vnw.

nie. ×. Hoekom is wel ‘n vraagwoord, maar nie ‘n vraende voornaamwoord nie.

Page 9: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

die onpersoonlike voornaamwoord Net twee: dit, daar dit word gewoonlik

saam met natuurverskynsels gebruik

daar word dikwels aan die begin van ‘n sin in die lydende vorm gebruik.

Dit reën / storm / hael / sneeu.

Daar word dikwels rommel in die see gemors.

Page 10: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

die onbepaalde voornaamwoord Dit dui nie op

bepaalde (spesifieke) mense of dinge nie.

‘n Mens moet bewus wees van besoedeling.

Enigeen kan aan ‘n oplossing probeer dink.

Hulle/Die mense sê dis die regering se verantwoordelikheid.

Page 11: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

die wederkerende voornaamwoord Dit kom voor

wanneer die onderwerp en die voorwerp van die sin dieselfde mens, dier of ding is.

Die woord self word net saam met die wederkerende vnw. gebruik as daar onduidelikheid kan wees oor wie die voorwerp van die sin is.

Hy het hom lelik misgis.

Sy het haar verbeel sy hoor iets.

Page 12: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

die wederkerige voornaamwoord Waar die

handeling wederkerig is (wat ek aan jou doen, doen jy aan my).

Net twee:

Hulle moet mekaar help.

Hulle moet die een die ander help.

Page 13: TAALFOKUS: Voornaamwoorde

die aanwysende voornaamwoord Dit tree nie (soos

die ander vnwe.) in die plek van ‘n s.nw. nie,aar tree saam met ‘n s.nw. op waarna dit verwys.

In hierdie rivier is baie besoedeling.

Sulke nalatige optrede benadeel almal.

Dié studie wys dat dinge baie sleg gaan.