8
Uit die HEV-kantoor Die afgelope maand was ’n stil maand in die HEV-kantoor, aangesien die jaar se aktiwiteite eers op 15 Januarie begin het. Ons beplan om die sorgsentrumdienste uit te brei en na deeglike inspeksie deur die Departement van Maat- skaplike Ontwikkeling, het hulle bevestig dat ons fasiliteit grootliks voldoen aan die vereistes om vir bejaardesorgdienste, in terme van die wet, te registreer en so ’n diens aan te bied. Voordat ons pasiënte kan opneem, moet ons ook registreer by die Departement van Gesondheid. Ons gaan dus voort om ook hiervoor geëvalueer te word. Ons sal nou ondersoek instel na die beskikbaarheid van diensverskaffers en die koste daaraan verbonde. Die groot nuus van die maand is dat die ontwikkelaar (MST) die finale planne van die klubhuissaal, soos goedgekeur deur hul direksie, gestuur het. Die saal is 16.2 x 10.5 m groot en sal na berekening 148 stoele vir vergaderings kan akkommodeer, of 116 stoele by 4-sitplek-tafels. Die kombuis is 20 m² groot. Die plan van die saal verskyn op bl. 7. Die verloop van gebeure tot konstruksie is soos volg: 1. Goedkeuring deur MST-direksie van die finale plan – 18/02/2019; 2. Indiening van plan by die Stadsraad en die begin van die tenderproses – 11/03/2019; 3. Oopmaak van tenders – 27/03/2019; 4. Aanstelling van ’n kontrakteur – 29/03/2019; 5. Sooispitplegtigheid en kontrakteur vestig die terrein – 03/04/2019. Reserveer assebief die datum vir die sooispit- plegtigheid. Frikkie, Angus en Roelf STERRELIG Nuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging BELA BELA SHOP 37, BELA MALL OLD PRETORIA ROAD 014 013 0456 10% DISCOUNT FOR PENSIONERS “…en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter” – D.J. Opperman Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief: Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk Donateurs MAART 2019 JAARGANG 1 UITGAWE 5

Sterrelig Maart 2019 Web9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/03/sterrelig-maart-2019-web-1.… · Rouel Beukes gesels met: Quartus en Martie Hattingh Quartus, vertel vir ons jou geskiedenis

  • Upload
    others

  • View
    14

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Sterrelig Maart 2019 Web9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/03/sterrelig-maart-2019-web-1.… · Rouel Beukes gesels met: Quartus en Martie Hattingh Quartus, vertel vir ons jou geskiedenis

Uit die HEV-kantoorDie afgelope maand was ’n stil maand in die HEV-kantoor, aangesien die jaar se aktiwiteite eers op 15 Januarie begin het.

Ons beplan om die sorgsentrumdienste uit te brei en na deeglike inspeksie deur die Departement van Maat- skaplike Ontwikkeling, het hulle bevestig dat ons fasiliteit grootliks voldoen aan die vereistes om vir bejaardesorgdienste, in terme van die wet, te registreer en so ’n diens aan te bied. Voordat ons pasiënte kan opneem, moet ons ook registreer by die Departement van Gesondheid. Ons gaan dus voort om ook hiervoor geëvalueer te word. Ons sal nou ondersoek instel na die beskikbaarheid van diensverskaffers en die koste daaraan verbonde.

Die groot nuus van die maand is dat die ontwikkelaar (MST) die finale planne van die klubhuissaal, soos goedgekeur deur hul direksie, gestuur het. Die saal is 16.2 x 10.5 m groot en sal na berekening 148 stoele vir vergaderings kan akkommodeer, of 116 stoele by 4-sitplek-tafels. Die kombuis is 20 m² groot. Die plan van die saal verskyn op bl. 7.

Die verloop van gebeure tot konstruksie is soos volg:

1. Goedkeuring deur MST-direksie van die finale plan – 18/02/2019;

2. Indiening van plan by die Stadsraad en die begin van die tenderproses – 11/03/2019;

3. Oopmaak van tenders – 27/03/2019;

4. Aanstelling van ’n kontrakteur – 29/03/2019;

5. Sooispitplegtigheid en kontrakteur vestig die terrein – 03/04/2019.

Reserveer assebief die datum vir die sooispit- plegtigheid.

Frikkie, Angus en Roelf

STERRELIGNuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging

BELA BELASHOP 37, BELA MALL

OLD PRETORIA ROAD014 013 0456

10% DISCOUNT FORPENSIONERS

“…en mag die Suiderkruis en Negesterre

witter as die stedeligte in jou siel bly skitter”

– D.J. Opperman

Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief:

Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk

Donateurs

MAART 2019JAARGANG 1UITGAWE 5

Page 2: Sterrelig Maart 2019 Web9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/03/sterrelig-maart-2019-web-1.… · Rouel Beukes gesels met: Quartus en Martie Hattingh Quartus, vertel vir ons jou geskiedenis

Elkeen het hul eie peuselhappies en drinkgoed gebring, en die wat wou dans, het dit uitgekap op die dansvloer. Die ander wat wou dans maar nie kon nie, het lekker gekuier. Dit was ’n fees en beslis nie die laaste een nie. Wag tot ons ons eie saal het! Ons het ook ’n uitstekende lyndansvertoning gehad. ’n Paar van die dames wat getrou, weekliks hulle passies oefen – Annette, Marita, Estelle, Mary-Ann en Trish – het vir ’n puik vertoning gesorg.

2Maart 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 5

ValentynsdansAs julle dink ons klomp by Negester Klein-Kariba kan nie Valentynsdans hou nie, maak julle ’n groot fout. Dankie Angus vir die lekker musiek en Erika en haar helpers van Njalastraat, vir ’n pragtig opgemaakte saal.

WebtuisteDaar is ver gevorder met die ontwikkeling van ’n HEV-webtuiste vir die inwoners van Negester. Die doel van die webtuiste is om ’n enkele bron te skep wat maklik toeganklik is vir elke inwoner deur middel van ’n rekenaar of ’n slimfoon. Dit sal dus nie nodig wees om inligting aangaande Negester elders te gaan soek nie.

Die webtuiste sal alle inligting met betrekking tot huishoudelike Negester-sake bevat, insluitend beleids- dokumente, prosedures, reëls en regulasies. Belange- groepe en hul aktiwiteite, interessante gebeurtenisse en alles wat ’n nuwe intrekker moet weet ten opsigte van water, krag, toegangsbeheer, ens. sal daar beskikbaar wees. Dit sal ook as databank dien vir foto’s wat deur inwoners geneem word. Indien julle enige interessante foto’s van Negester en sy mense het, stuur dit gerus of bring dit vir my op ’n geheuestokkie. Ek benodig veral foto’s van Negester se begindae.

Artikels oor diere, plante, voëls, goggas, ens. van die omgewing en die geskiedenis van die area, is baie welkom en sal waardeer word. Sodra die webtuiste gereed is, sal ’n inligtingsessie gehou word om aan almal te verduidelik hoe dit werk.

Angus

BoombrokkiesBy Negester groei ’n paar bome wat nie groen blare het nie. Die vaalboom (Terminalia sericea) wat oral op die landgoed groei, is die bekendste. By die minighol�aan groei heelwat basboontjies (Elephantor-rhiza burkei) wat hier by Negester besonder groot word. Op dieselfde kliprandjie kry ons ook die interessante stamvrug (Englerophytum magalismontanum), met sy plat blare en vrugte direk op die stam. Ons het ook heelwat blou ghwarries (Euclea crispa), wat graag op klipperige plekke groei. Dit is seker waarom hierdie Breëblaar Bosveldstreek waar ons woon, so mooi is. Daar is soveel verskillende plante en bome!

Leonore Visagie

HORNBILL PRIVATE LODGE –MABALINGWE

(20% afslag aan Negester-inwoners)

Vir besprekings, tariewe, foto’s en besonderhede kontact Charles by 084 467 7777 of

[email protected]

Die opening van die jukskeibane het plaasgevind op 9 Februarie en is waargeneem deur die president

van Jukskei Suid-Afrika, Nico Nel.

Ons wil ook dankie sê vir Wim de Wet vir die beskik-baarstelling van die Klein-Kariba gholflapa.

Page 3: Sterrelig Maart 2019 Web9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/03/sterrelig-maart-2019-web-1.… · Rouel Beukes gesels met: Quartus en Martie Hattingh Quartus, vertel vir ons jou geskiedenis

Rouel Beukes gesels met: Quartus en Martie HattinghQuartus, vertel vir ons jou geskiedenis.

Ek is in 1940 in Kroonstad gebore. My pa was ’n boer en ek het daar skoolgegaan tot st. 7. Na my pa se afsterwe is ons Vredefort toe, waar ek my hoërskoolloopbaan voltooi het. Ek is na matriek vlootgimnasium toe. Ek het daarna ’n landboudiploma op Potchefstroom verwerf. Na my studies is ek terug na Kroonstad. Ek was sonder ’n sent in my sak en moes gaan geld leen by die Landbank om implemente te koop. Ek het toe begin boer en dit is waar ek vir Martie by die KJV ontmoet het. Na 5 jaar se opsittery is ons in 1968 getroud.

Hoe lank het jy toe geboer?

My hele lewe lank.

En jy Martie, jou verhaal?

Ek is in 1945 in Johannesburg gebore. Na my groot- wordjare in Marble Hall en Groblersdal, het ek in Kroonstad geëindig waar ek ook gematrikuleer het. Daar het ek sekretariële werk gedoen. Ek het vir Quartus ontmoet en twee jaar na ons troue het ons Natal toe verhuis, na ’n plaas tussen Ladysmith en Weenen, waar ons 46 jaar lank geboer het.

Was jy toe ’n sogenaamde “lazy housewife”?

Ha ha ha!! Nee, ek wens ek kon dit sê. Ons het drie dogters en ’n seun. Net om hulle groot te kry, was ’n voltydse werk. Ek het vir 29 jaar vir die plaaslike gemeente orrel gespeel en was baie betrokke by die gemeente- en skoolaktiwiteite. Dit was op Colenso. Ek het ook vir 22 jaar die kinders koshuis toe aangery op Ladysmith. Dit was goeie jare.

Waarmee het julle geboer?

Ons het met beeste en groente onder besproeiing geboer. Later jare het ons die plaas omskep in ’n wildsplaas en ’n fabriek begin wat aartappelsakkies

vervaardig het. Grondeise het ons gedwing om die plaas op te gee en die fabriek het verskuif na Ladysmith waar ons seun die besigheid tans bestuur. Ons het nog steeds ’n aandeel in die besigheid.

En toe eindig julle op Negester. Hoe het dit gebeur?

Ons wou graag nader aan die dogters kom, almal binne bereik van Negester. Ons skoonseun het Negester aan ons voorgestel. Ons het kom kyk en het onmiddellik gehou van wat ons sien. Die Bosveld, natuur en omgewing was maar die aantrekkingskrag.

Hoe hou julle julself besig?

Met so min as moontlik (ons lag lekker). Nee Rouel, ons is baie lief vir kampeer en rondry en as ons ’n kans kry, dan doen ons dit. Ons lees ook graag.

Julle is beide nog relatief gesond. Wat is julle geheim vir jul jeugdigheid?

’n Mens moet altyd positief wees, spesifiek oor die lewe. Ons het in ons jonger dae baie tennis gespeel en het van kindsbeen af ’n gesonde lewensstyl gehandhaaf. Ons is ook baie bevoorreg om goeie gene in die familie te hê.

Quartus is nie ’n algemene naam nie. Waar kom dit vandaan?

Dit is ’n noemnaam. Ek is Christiaan Albertus gedoop, maar is toe al die vierde kind in die familie met dié name. Dit is óók die vierde geslag en my ouers het besluit om my Quartus te noem. Anders was ek net maar nog ’n Tiaan of Christie, of so iets.

Is julle gelukkig hier op Negester?

Man, ons is die gelukkigste mense op aarde. Ons borrel oor van vreugde. Ons het ’n tydjie gelede ons vyftigste huweliksherdenking gevier en die lewe hier op Negester is net ’n fees!

3Maart 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 5

Quartus en Martie Hattingh

MERANTI FLY SCREEN SPECIALISTS

Ons vervaardig meranti voor- en agterdeure asook half-deure om insekte, bobbejane en slange uit u woning te hou. ’n 10% korting word aan Negester inwoners toegestaan. Kontak Charles of Alfred by [email protected] of 084 467 7777 of Alfred, 076 884 5321 vir ’n kwotasie. (Niebindend)

Page 4: Sterrelig Maart 2019 Web9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/03/sterrelig-maart-2019-web-1.… · Rouel Beukes gesels met: Quartus en Martie Hattingh Quartus, vertel vir ons jou geskiedenis

OnderdorpstraatbraaiDit was uit pure jaloesie dat ons aan die onderste gedeelte van Negester ons eie straatbraai begin het. Met afguns moes ons toekyk hoe strate kuier en braai. Ons het notas by huise afgelewer (het nog nie almal se telefoonnommers gehad nie) en baie inwoners het nog nie permanent hierheen verhuis nie. Ons het besluit op Donderdag 20/9/2018 by Appeldraai en gehoop op ’n goeie opkoms. Ongelukkig breek daar toe in die omgewing veldbrande uit wat aangevuur is deur ’n sterk wind en ons moes desnoods ons braai afstel. Maar daar en dan word besluit om dit die volgende aand te maak.

Die opkoms was wonderlik en ons het besluit om elke maand op die laaste Donderdag van die maand, ’n straatbraai te hou en beurte te maak om die reëlings te koördineer. Sedertdien het ons al ons vierde braai by Janfrederikstraat gehou en ons gaan van krag tot krag soos huise voltooi word. Daar is ook besluit om ons braai voortaan by die boma aan te bied. Ons volgende braai sal DV Donderdag 28 Februarie plaasvind. Goeie vriende, lekker kos, baie lag en ’n fees van ’n tyd. Kan die lewe regtig lekkerder wees?

Taalliggie: Om die knoop deur te hakWat gebeur as twee mense trou? Hulle knoop die huweliks- band, maar hulle haak nie die knoop deur nie. Die idioom “om die knoop deur te hak” het ’n paar interessanthede. Een is die “hak” (met net een ‘a’) en die ander is die betekenis. Die antieke koning Gordius van Frigië het sy wa met ’n ingewikkelde knoop in die tou vasgemaak, en toe gesê die persoon wat die wa kan loskry, sal onderkoning word en mag met sy dogter trou. Baie het probeer, maar niemand kon die tou loskry nie. Alexander die Grote het die spulletjie so gekyk en toe met een kragtige swaardhou die knoop en die tou deurgehak (nie deurgehaak nie). Dus, die idioom om “die Gordiaanse knoop deur te hak” beteken om ’n probleem vining en dramaties op te los. En dit geld nie vir ’n huweliksbevestiging nie, of hoe?

Henk Kruger

4

Voël van die maandDie Bosveld visvanger is ’n somerbesoeker aan die bosveld. Hulle arriveer elke jaar teen die middel van November en vertrek weer teen die middel van April. Sodra hulle arriveer, begin hulle nesmaak en broei. Daar is meer as een so ’n broeipaar op Negester teenwoordig en ek is bewus van minstens twee kleintjies wat grootgemaak is.

In Nylstroom is ’n broeipaar wat vir 7 agtereen- volgende jare in dieselfde nes gebroei het. Hulle is ’n jaar of twee gelede gevang en met opspoor- eenhede toegerus. Die mannetjie oorwinter elke jaar in Suid-Soedan en die wyfietjie 500 km verder wes in die Sentraal-Afrikaanse Repub- liek. Alhoewel hulle visvangers genoem word, vang hulle nie eintlik vis nie, maar eet insekte, paddas, geitjies, akkedisse en selfs klein voëltjies. Dit is maklik om hulle uit te ken aan hulle bekke wat rooi bo en swart onder is.

Jan van Biljon

SpeletjiesSpeletjies is op Vrydag 15 Februarie by die HEV-raadsaal gehou. Daar is nuwe speletjies gespeel wat die opsies soveel groter maak. Die spelers het ook die nuwe tafels en stoele wat vir dié doel aangekoop is, ingewy en ons sê dankie aan die HEV wat die aankope behartig het.

Ons hoop om meer inwoners by die vol- gende geleentheid daar te sien.

Maart 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 5

Foto deur Jan van Biljon in die Kruger WildtuinBosveld visvanger | Woodland kingfisher

Halcyon senegalensis

Are you looking for reliable 24/7 IT support? Then Afri Computers is here for you! We have the perfect solu�on to meet all your IT needs. Don’t wait days or weeks for a technician to come to you. Contact us today to get IT support on demand.

Our remote assistance package includes:

» 24/7 remote assistance via TeamViewer

» One remote systems clean-up to ensure your computer is in �p-top shape

» One free email address on the @africomputers domain

Pricing op�ons:» Month-to-month R75 per month» Six-months upfront: Only R415» Twelve-months upfront: R825 (get one months’ support for free!)

Thinus PretoriusMobile: 083-299-8138Email: [email protected]: www.africomputers.co.za

REMOTE SUPPORT

E-MAIL HOSTING

WEB DESIGN

WEB HOSTING

Page 5: Sterrelig Maart 2019 Web9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/03/sterrelig-maart-2019-web-1.… · Rouel Beukes gesels met: Quartus en Martie Hattingh Quartus, vertel vir ons jou geskiedenis

OmgewingsflitsEtiekportefeulje

Na bespreking is daar besluit om die portefeulje vakant te laat en dit eerder ’n gesamentlike taak te maak vir almal in die belangegroep. Die stilte, rustigheid en atmosfeer eie aan Negester, veral teen laatmiddag, wanneer die bouspanne vertrek het, en oor naweke, is vir die inwoners ’n uiters aangename ervaring. Om laatmiddag op die stoep te sit en alles om ons waar te neem, is ’n wonderlike ervaring en voorreg.

Die atmosfeer van ’n plek word goed gedefinieer in Engels naamlik:

Sense of place: often used in relation to those characteristics that make a place special or unique, as well as to those that foster a sense of authentic human attachment and belonging... the atmosphere of a place.

Of, soos op die webwerf bemark word:

“...waar die Suiderkruis witter as die stedeligte in jou siel bly skitter.”

Wanneer dit kom by rus en vrede, kan min dinge kers vashou by die Bosveld se rustigheid en oop stiltes. In plaas van ’n wekker, kan jy wakker word met die geroep van die bospatrys of die piet-my-vrou.

Dit kan dus gestel word dat die atmosfeer van ’n plek, ’n kwaliteitervaring tot gevolg sal hê. Dit het baie te doen met sintuiglike ervaring. Die atmosfeer van Negester moet sover moontlik behoue bly.

Merk van bome

Johan Heydenrych het reeds begin met die merk van bome op Negester en hy is goed aan die gang. Die Negesterboomlys sal aangepas word soos dit vorder. Privaateienaars kan plaatjies by Johan bestel teen R10.00 per plaatjie.

Laning bome

Na bespreking word besluit om die voorstel aan die HEV te herroep en om nie met die aanplant van die laning koraalbome voort te gaan nie. Die redes is, onder andere:

a. Koraalbome is groot bome wat wyd en hoog groei en die spasie tussen die heining en die pad is te smal. Daar is dus geen waarborg dat die bome aan die doel sal beantwoord nie.

b. Die moedergesteentes is vlak en sal die bome benadeel.

c. Instandhouding, watervoorsiening, ens, kan in die toekoms problematies wees.

d. Sou die bome egter slaag in die doel en werklik groot word, kan dit ook ’n sekuriteitrisiko inhou vir “draad-springers”.

Voëllys

Groot dank aan Jan van Biljon vir sy werk in die verband. Die lys staan reeds op 148-spesies en die lys sal binnekort op die webwerf geplaas word.

Praatjies en omgewinguitstappies

Inwoners is welkom om voorstelle te maak i.v.m. uitstappies, bv. voëlkyk, geologie, goggas, plantegroei en enige ander interessanthede.

Genl.maj Jooste van SANParke se praatjie i.v.m. renosterstropery in die Kruger Wildtuin is geskeduleer vir 12 Maart 2019 om 16h00 by die boma en sal informeel van aard wees. Daar sal voldoende geleen- theid vir vrae en antwoorde wees. Hou asb die datum oop. Meer inligting sal nader aan die tyd verskaf word.

5Maart 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 5

NuusbriefplasingsOns doen ’n beroep op alle belangstellendes, asook die organiseerders van die verskillende belangegroepe, om ons op hoogte te hou van die aktiwiteite, sodat dit geplaas kan word in die nuusbrief en kalender. Berigte en foto’s oor aktiwiteite wat plaasgevind het, is ook welkom. E-pos dit aan [email protected]. Bydraes moet asb. voor of op die 20ste van elke maand ge-e-pos word vir die volgende maandse plasing.

Page 6: Sterrelig Maart 2019 Web9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/03/sterrelig-maart-2019-web-1.… · Rouel Beukes gesels met: Quartus en Martie Hattingh Quartus, vertel vir ons jou geskiedenis

6

Veiligheid- en SekuriteitskomiteeDie veiligheids- en sekuriteitsbelangegroep het die nuwe jaar op ’n rustige noot binnegegaan. Geen voor- valle het tydens die vakansieseisoen plaasgevind nie en ons wil inwoners bedank vir hulle samewerking. Samesprekings met die buurtwag is nog aan die gang en ’n opvolgvergadering word beplan. U word weer eens vriendelik uitgenooi om enige veiligheids- en sekuriteits -aangeleenthede vroegtydig onder ons aandag te bring:

Ben 071 203 1414Neville 073 711 6989

Veiligheidswenk: Wees te alle tye behoedsaam wanneer u bestuur, veral wanneer u stilhou. Hou al die spieëltjies dop vir enige verdagte optredes en hou ’n veilige afstand tussen u en die voertuig voor u, sodat u ’n uitkomkans het wanneer dinge skeefloop.

Maart 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 5

Belangegroepestruktuur

SOSIAAL

SameroeperDerek Grobler

BiblioteekRiana Viljoen

LyndansAnnette Swart

KampeerklubDawid Appel

SpeletjiesRassie Erasmus

Sosiale funksiesAnnemie Erasmus

SaamsingMari Hoogenboezem

HandwerkRita Coetzee

SwemoefeningeMa tot Vry, 14h00Negesterswembad

LyndansMa & Do, 15h30Huis nr. 8

HandwerkDi, 09h00 – 12h00HEV-raadsaal

BiblioteekDi & Do, 14h00Versorgingseenheid

Vroue BybelstudieDo, 09h00 – 10h00HEV-raadsaal

FietsryDaagliks, 06h45Huis nr. 222

JukskeiDaagliks 07h00

GolfDi & Do, 07h00Koro Creek

AKTIWITEITE

ONDERSTEUNING

SameroeperVakant

Lief en LeedAnnetjie Meets

Maatskaplike DiensAnnetjie Moore

Geestelike Ondersteuning Herklaas Viljoen

OMGEWING

SameroeperArrie Schreiber

VoëlklubJan de Beer

PlanteJohan Heydenrych

DiereLood Grobler

TerreinJan van Biljon

FINANSIES

SameroeperVakant

FondsinsamelVakant

SPORT

SameroeperTino Erasmus

GholfCoenie Louw

TennisHannes Adendorff

RolbalHerklaas Viljoen

FietsryMarius Blom

WateroefeningeTino Erasmus

JukskeiFlip Snyders

HengelRassie Erasmus

KOMMUNIKASIE

SameroeperAngus Hughes

NuusbriefHenk Hoogenboezem

Page 7: Sterrelig Maart 2019 Web9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/03/sterrelig-maart-2019-web-1.… · Rouel Beukes gesels met: Quartus en Martie Hattingh Quartus, vertel vir ons jou geskiedenis

7Maart 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 5

Klubhuissaalplan

FASE 3: KONSEPTUEEL

Page 8: Sterrelig Maart 2019 Web9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/03/sterrelig-maart-2019-web-1.… · Rouel Beukes gesels met: Quartus en Martie Hattingh Quartus, vertel vir ons jou geskiedenis

8

SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

MAART 201921

7 8 943 5 6

14 15 161110 12 13

21 22 23

29 30

1817 19 20

282524 26 27

AswoensdagNGK WarmbadMoedergemeente

16h00Genl.maj J. Jooste.Negesterboma

Menseregtedag

Bloedskenk 13h00 – 18h30NGK Warmbad-Wes

Basaar (Bosveldfees)Herv. Kerk Warmbad

Basaar (Bosveldfees)Herv. Kerk Warmbad

07h00Manneontb.Wêreldbiddag vir mansNGK WarmbadMoedergemeente

Wêreldbiddagvir vroueNGK Warmbad-Wes

NoodnommersRudi J v Vuuren 082 333 9635(Slange)Hoo�ek 072 213 2225

Ambulans 086 0112 911Medwell 072 312 3499Sekuriteit 060 751 8490

Hansie BoshoffSel: 082 419 4642E-pos: [email protected]

Carin BoshoffSel: 071 612 9129E-pos: [email protected]

KantoorSel: 076 791 3083E-pos: [email protected]

Maart 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 5

31