60
S Q UARED 2 UP 2014 Desember Uitgawe 2 Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe www.up.ac.za Jong maanhaarjakkals op ’n termiethoop. (Foto: Philip Richardson) Lees artikel op bladsy 20. Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) is besig om vir homself die weg te baan om die toonaangewende navorsingsintensiewe wetenskapfakulteit op die op die kontinent van Afrika te word Die Fakulteit is daartoe verbind om navorsingsuitsette van uitsonderlike hoë gehalte te lewer en dit word bevestig deur die feit dat byna 40% van die Nasionale Navorsingstigting (NNS)-gegradeerde akademici van die Universitet van Pretoria uit hierdie Fakulteit kom. Daar was ’n aansienlike toename in die aantal navorsers wat internasionale erkenning ontvang het vir hul bydrae tot die wetenskap. Volgens die mees onlangse NNS-graderings het 151 navorsers in die Fakulteit graderings in die onderskeie kategorieë ontvang. Ses navorsers in die Fakulteit het tans A-graderings: Prof Nigel Bennett, prof Don Cowan, prof Robert (Bob) Millar, prof Brian Rand, prof Brenda Wingfield en prof Mike Wingfield. Prof Yves van de Peer, ’n Buitengewone Professor aan die Universiteit van Pretoria se Departement Genetika en wat nou saamwerk met die navorsers by UP se Navorsingsinstituut vir Genomika sal hierdie getal tot sewe laat styg wanneer sy A-gradering op 1 Januarie 2015 in werking tree. Prof Van de Peer is ’n toonaangewende akademikus vanaf die Universiteit van Ghent in België en een van die mees vooraanstaande bio-informatici ter wêreld. Toename in NNS-graderings in NLW ondersteun fokus op navorsings- intensiwiteit Navorsers in die Fakulteit het net so baie graderings in ander NNS- kategorieë behaal. Drie-en-dertig van die B-gegradeerde navorsers by die Universiteit is verbonde aan die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Daar is 82 (uit 168) C-gegradeerde navorsers in die Fakulteit, asook 28 Y-gegradeerde navorsers (Jong navorsers, 40 jaar of jonger). Hierdie jong navorsers maak byna 50% uit van die totale getal Y-gegradeerde navorsers by UP. Die Fakulteit kan ook met een P-gegradeerde (Jong navorsers jonger as 35 jaar) navorsers en twee L-gegradeerde navorsers (Navorsers, gewoonlik jonger as 55 jaar) spog. Nog ’n bewys dat die Fakulteit daarop ingestel is om sy navorsingsintensiteit verder te verbeter, is dat in terme van die ISI Web van Kennis se vakgebied-graderings wat prestasie op grond van die hoeveelheid en impak van navorsingsuitsette meet, het die Fakulteit uitsonderlik goed presteer op ’n hele aantal navorsingsterreine. Dit sluit onder meer Plant- en Dierwetenskappe, Omgewing en Ekologie, asook Landbou in. Volgens die 2014-statistieke is die Fakulteit 138/977 gelys op grond van vermeldings vir Plant– en Dierwetenskappe, 374/653 op grond van vermeldings vir Omgewing en Ekologie en 357/654 op grond van vermeldings in Landbouwetenskappe.

SQUARED2 UP - Higher Education | University of … Landbou in. Volgens die 2014-statistieke is die Fakulteit 138/977 gelys op grond van vermeldings vir Plant– en Dierwetenskappe,

Embed Size (px)

Citation preview

SQUARED2 UP

2014Desember

Uitgawe 2

Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

www.up.ac.za

Jong maanhaarjakkals op ’n termiethoop. (Foto: Philip Richardson) Lees artikel op bladsy 20.

Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) is besig om vir

homself die weg te baan om die toonaangewende navorsingsintensiewe

wetenskapfakulteit op die op die kontinent van Afrika te word

Die Fakulteit is daartoe verbind om navorsingsuitsette van uitsonderlike

hoë gehalte te lewer en dit word bevestig deur die feit dat byna 40% van

die Nasionale Navorsingstigting (NNS)-gegradeerde akademici van die

Universitet van Pretoria uit hierdie Fakulteit kom.

Daar was ’n aansienlike toename in die aantal navorsers wat

internasionale erkenning ontvang het vir hul bydrae tot die wetenskap.

Volgens die mees onlangse NNS-graderings het 151 navorsers in

die Fakulteit graderings in die onderskeie kategorieë ontvang. Ses

navorsers in die Fakulteit het tans A-graderings: Prof Nigel Bennett,

prof Don Cowan, prof Robert (Bob) Millar, prof Brian Rand, prof Brenda

Wingfield en prof Mike Wingfield. Prof Yves van de Peer, ’n Buitengewone

Professor aan die Universiteit van Pretoria se Departement Genetika en

wat nou saamwerk met die navorsers by UP se Navorsingsinstituut vir

Genomika sal hierdie getal tot sewe laat styg wanneer sy A-gradering op

1 Januarie 2015 in werking tree. Prof Van de Peer is ’n toonaangewende

akademikus vanaf die Universiteit van Ghent in België en een van die

mees vooraanstaande bio-informatici ter wêreld.

Toename in NNS-graderings in NLW ondersteun fokus op navorsings-intensiwiteit

Navorsers in die Fakulteit het net so baie graderings in ander NNS-

kategorieë behaal. Drie-en-dertig van die B-gegradeerde navorsers

by die Universiteit is verbonde aan die Fakulteit Natuur- en

Landbouwetenskappe. Daar is 82 (uit 168) C-gegradeerde navorsers

in die Fakulteit, asook 28 Y-gegradeerde navorsers (Jong navorsers,

40 jaar of jonger). Hierdie jong navorsers maak byna 50% uit van die

totale getal Y-gegradeerde navorsers by UP. Die Fakulteit kan ook

met een P-gegradeerde (Jong navorsers jonger as 35 jaar) navorsers

en twee L-gegradeerde navorsers (Navorsers, gewoonlik jonger as

55 jaar) spog.

Nog ’n bewys dat die Fakulteit daarop ingestel is om sy

navorsingsintensiteit verder te verbeter, is dat in terme van die ISI Web

van Kennis se vakgebied-graderings wat prestasie op grond van die

hoeveelheid en impak van navorsingsuitsette meet, het die Fakulteit

uitsonderlik goed presteer op ’n hele aantal navorsingsterreine. Dit

sluit onder meer Plant- en Dierwetenskappe, Omgewing en Ekologie,

asook Landbou in. Volgens die 2014-statistieke is die Fakulteit 138/977

gelys op grond van vermeldings vir Plant– en Dierwetenskappe,

374/653 op grond van vermeldings vir Omgewing en Ekologie en

357/654 op grond van vermeldings in Landbouwetenskappe.

BOODSKAP VAN DIE DEKAANB

oods

kap

van

die

Dek

aan

Redakteur

Martie Meyer

Redaksie:

Martie Meyer (Redakteur)

[email protected]

012 420 5498 (kantoor)

012 420 5895 (faks)

Kamer 8-9Landbouwetenskap GebouFakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Uitleg en Ontwerp:Kim Zimmerman

ReDzign

084 766 5656 or [email protected]

Taalversorging en vertaling:Melodie Veldhuizen

UP Taaleenheid

Stuur gerus kommentaar

en terugvoer oor die

fakulteitsnuusbrief en idees/

voorstelle vir artikels na

[email protected]

Die Fakuteit is nou ook op Facebook. Besoek asb die bladsy en “like” ons.

As een van die mees diverse wetenskapfakulteite in Suid-Afrika wil ons graag ons posisie as ’n eersteklas-navorsingsfasiliteit versterk en toekomstige sukses verseker deur ’n positiewe bydrae te lewer tot die bevrediging van plaaslike, nasionale en en internasionale behoeftes. Deur navorsing, asook deur die onderrig en leer wat binne die Fakulteit plaasvind, is dit ons doel om van die wêreld ’n beter plek te maak.

Die toenemende aantal personeellede met NNS-graderings in die Fakulteit steun ons fokus op navorsingsintensiteit en lewer bewys van ons verbondenheid tot die lewering van uitsette van ’n buitengewone hoë gehalte (lees meer hieroor op bladsy 1). Prof Yves Van de Peer, die mees onlangse ontvanger van ’n A-gradering deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS), is ’n vooraanstaande akademikus van die Universiteit van Gent in België en ’n wêreldleier op die gebied van bio-informatika (sien bladsy 4).

Die Internasionale Unie van Woudnavorsingsorganisasies (International Union of Forest Research Organizations) het op 10 Oktober 2014 die aansteling van prof Mike Wingfield as hul nuwe president aangekondig (sien bladsy 7), en prof Jan Verschoor het die Innovasiesentrum (Innovation Hub) se GAP Biosciences Biotech Fundi Lifetime Contribution Award vir 2014 ontvang (sien bladsy 16).

Prof Roumen Anguelov, Hoof van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde, het sy intreerede gelewer (sien bladsy 5) en die Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut se gesogte Chemiese Onderrig-toekenning vir 2014 is aan dr Patricia Forbes toegeken vir die ontwikkeling van ’n monteerstel vir ’n opvoedkundige spektrofotometer wat studente self teen ’n breukdeel van die koste van ’n kommersiële intreevlakspektrofotometer sal kan bou (sien bladsy 3).

In Augustus vanjaar was prof Don Cowan as mede-outeur van ‘n onlangse kommentaarartikel in die tydskrif, Nature, die toekoms van Antarktiese wetenskap (sien bladsy 19).

Samewerking is die sleutel tot geslaagde navorsing en navorsers van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand (IFNuW) het ’n mededingende toelaag ontvang van die Feed the Future Innovation Lab for Collaborative Research on Sorghum and Millet in ’n reeks projekte wat verteenwoordigend was van die beste idees en strategieë vir die hantering van die probleem ten opsigte van honger en wanvoeding in sommige van die wêreld se mees meedoënlose landboustreke wat uit lande wêreldwyd ontvang is (sien bladsy 29).

Die Fakulteit se bedrywighede is op mense toegespits en daar word voortdurend gesoek na geleenthede om navorsers en akademici wat hoë aansien geniet te werf en in diens te neem. Drie nuwe departementshoofde is ook aangestel, naamlik prof Annette Götz (Geologie), prof Paul Sumner (Geografie, Geoinformatika en Meteorologie) en prof Alet Erasmus (Verbruikerswetenskap). Lees meer hieroor op bladsy 40 tot 42.

Prof Brian Kobilka, ’n Nobelpryswenner, het die prestasies wat op die gebied van die wetenskap behaal is, geloof toe hy op 18 Julie 2014 as hoofspreker by die Mandela-dag Openbare Lesing opgetree het (sien bladsy 47).

Daar is nog talle ander uitstaande prestasies wat deur ons personeel, studente en geaffilieerdes behaal is, en ons is baie trots op hulle. Met hierdie nuusbrief is ons doel om sommige van dié prestasies in die kollig te plaas en ons hoop dat u dit sal geniet om meer te lees oor die jongste ontwikkelinge in ons Fakulteit.

As Waarnemende Dekaan wil ek graag my opregte dank uitspreek vir die geleentheid wat aan my gebied is om die Fakulteit tydelik te lei. Ek beskou dit as ’n groot eer. Hierdie Fakulteit is een van die beste wetenskapfakulteite in die land en ek is daarvan oortuig dat dit onder die nuwe leierskap sal groei en presteer. Die proses van die aanstelling van ’n nuwe dekaan is reeds in ’n gevorderde stadium en ’n aankondiging in dié verband sal in die volgende nuusbrief gedoen word.

Ons wens u net die beste toe vir die komende feesgety en vertrou dat u in 2015 verfris en uitgerus sal terugkeer.

Prof Brenda WingfieldWaarnemende Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Aan die voorpunt van die wetenskap

2 SQUARED2 UP

3 SQUARED2 UP

Is dit moontlik om net R600 pleks van R30 000 vir ’n spektrofotometer te betaal? Dit is wel nou moontlik danksy die vindingrykheid van dr Patricia Forbes van die Departement Chemie, wat ’n opvoedkundige spektrofotometer ontwikkel het wat met ’n boustel deur studente self gebou kan word vir ’n breukdeel van die koste van ’n kommersiële toetreevlakinstrument.

Dr Forbes is onlangs aangewys as die ontvanger van die gesogte Toekenning vir Chemie-opvoeding deur die Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut (South African Chemical Institute (SACI)) op grond van haar ontwikkeling in 2012 van hierdie spektrofotometer (genaamd SpecUP) in samewerking met ’n Chemiestudent in sy derde jaar, Johan Nöthling. ’n Spektrofotometer word gebruik vir die meting van die hoeveelheid lig van ’n bepaalde golflengte wat ’n chemiese stof absorbeer. Hierdie inligting kan gebruik word om die betrokke chemiese stof te identifiseer of om die konsentrasie daarvan te bepaal.

Dr Forbes verduidelik dat die SpecUP ’n praktiese instrument met bewegende dele is wat die studente help om te verstaan wat in die “swart kassie” van kommersiële instrumente gebeur en om te ontdek wat gebeur wanneer hulle komponente verstel, en dat dít ondersoekgebaseerde leer moontlik maak. Die lae koste van die SpecUP maak dit vir instellings moontlik om meer spektroskopietoerusting beskikbaar te hê, wat van belang is in ‘n ontwikkelende land waar die studentetal gewoonlik hoog en die hulpbronne skaars is.

Die projek is deur die Afrika-lasersentrum befonds, en die verspreiding van die SpecUP aan ander universiteite dwarsoor Afrika het in 2013 begin op ’n werkwinkel by die Universiteit van Pretoria wat deur akademici van vyf Afrika-lande bygewoon is.

Die SpecUP word wyd geloof as ’n ondersoekgebaseerde opvoedkundige instrument, en die ontwikkeling en implementering daarvan gaan van krag tot krag. Die impak van hierdie instrument as ’n opvoedkundige instrument blyk uit die gebruik daarvan in universiteite in Suid-Afrika (insluitende UP, waar die SpecUP in 2013 in die praktiese kursus van Analitiese Chemie III in gebruik geneem is), Lesotho, Namibië, Kenia en Tunisië. Die Hoof van die Departement Chemie, prof Egmont Rohwer, sê “die SpecUP is ’n wonderlike instrument om ons praktiese opleiding in chemie te verbeter, ideaal om fundamentele insig in instrumentale analitiese tegnieke te bevorder.” Dr Forbes voeg by, “spektroskopie is ’n integrerende deel van baie voorgraadse kursusse, op gebiede wat wissel van chemie tot farmasie en voedselwetenskap. Dit is verstommend dat die SpecUP so ’n impak het – daar is beslis ’n behoefte aan opvoedkundige instrumente in Afrika, hoewel selfs ’n onderwyser in Italië die SpecUP in haar klas gebruik!”

Dr Forbes ontvang SACI-toekenning vir opvoedkundige spektrofotometer

Dr Patricia Forbes

Dr Patricia Forbes met ’n paar Chemiestudente wat die SpecUP gebruik

’n Artikel oor die SpecUP-spektrofotometer is in 2014 in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Wetenskap [1] gepubliseer, en dr Forbes het op uitnodiging in 2013 ’n mondelinge aanbieding en videodemonstrasie oor die instrument gegee by die konferensie oor onderwys en onderrig in optika en fotonika in Portugal. Sy is genooi om in Maart 2014 ’n tweede SpecUP-werkwinkel in Tunisië te hou, en dit is deur ’n verskeidenheid akademici asook nagraadse en voorgraadse studente bygewoon.

Dr Forbes is genooi om in Maart 2015 na Tunisië terug te keer as een van die aanbieders van die “Verlig Afrika met Lasers, Optika en Vesels”-werkwinkel ter viering van die Internasionale Jaar van Lig (kyk http://www.light2015.org/Home/Event-Programme/2015/Workshop/Lighting-up-Africa-with-Lasers--Optics--and-Fibres.html). Sy is ook gekies as een van die wetenskaplikes wat in SPIE (die internasionale vereniging vir optika- en fotonika-tegnologie) se gepubliseerde beplanner Vroue in Optika sal verskyn.

Verwysing:[1] Patricia BC Forbes & Johan A Nöthling (2014). Shedding light on spectrophotometry: the SpecUP educational spectrophotometer. South African Journal of Science, 110(1/2):1-5. [Aanlyn] Beskikbaar by http://dx.doi.org/10.1590/sajs.2014/20130096

Ach

ieve

men

ts &

Aw

ards

4 SQUARED2 UP

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

Prof Yves Van de Peer, die Universiteit van Pretoria (UP) se mees onlangse ontvanger van ’n A-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS), is ’n vooraanstaande akademikus van die Universiteit van Gent in België en ’n wêreldleier op die gebied van bioïnformatika.

Sy navorsing op die gebied van genetika sluit plant-, dier-, mikrobiese en omgewingsgenomika in. Hy is verbonde aan die Departement Genetika in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en werk nou saam met die navorsers van UP se Genoomnavorsingsinstituut. Prof Van de Peer het ’n indrukwekkende verskeidenheid publikasies op sy kerfstok.

Nog ’n UP-navorser ontvang A-gradering van NNS

Prof Yves Van de Peer

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), met kantore geleë by die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Stellenbosch, en die Wes-Kaapse Departement van Landbou het onlangs ’n Inspirasietoekenning van Graan SA ontvang tydens die Graanvervaardiger van die Jaar-funksie.

Dit word toegeken aan individue of organisasies, as ’n blyk van waardering vir hul uitmuntende bydraes tot die graan-industrie. Hulle blink uit deur buitengewone resultate op hul onderskeie gebiede te behaal en deur die nywerheid te inspireer om meer mededingend te wees in hul verbintenis tot uitnemendheid.

Die BFAP het in 2004 tot stand gekom en bestaan uit 45 analitici en

BFAP ontvang Inspirasietoekenning vir Graanvervaardiger van die Jaar

Mnr Andries Theron, Visevoorsitter van die Organisasie vir Graanboere, Graan SA, wens prof Ferdi Meyer, Direkteur van BFAP geluk.

kundiges uit die openbare en privaatsektore wat hul kundigheid en navorsing saamgespan het om die voedsel- en dranksektore in Suid-Afrika te ondersteun in die neem van ingeligte besluite. Die BFAP is ’n waardevolle hulpbron vir die landbou-nywerheidskompleks deur toekomstige beleide en mark-scenario’s te analiseer en die impak daarvan op die winsgewendheid van die plaas en die besigheid te meet. Die BFAP is ook in vennootskap met verskeie internasionale organisasies en is deel van die nuut-gestigte Streeksnetwerk vir Landboubeleid Navorsingsinstitute (Regional Network of Agricultural Policy Research Institutes (ReNAPRI)) in Oos- en Suid- Afrika. Nasionale en multinasionale entiteite in die privaatsektor, asook alle sfere van die staat raadpleeg die Buro.

5 SQUARED2 UP

Wiskunde: ’n Analitiese- en Ontwikkelingsmetode was die titel van prof

Roumen Anguelov se inhuldigingstoespraak gedurende Julie hierdie

jaar. Prof Anguelov is in 2013 as die nuwe Hoof van die Departement

Wiskunde en Toegepaste Wiskunde in die Fakulteit Natuur- en

Landbouwetenskappe aangestel. Hy het ’n vurige belangstelling in

Dinamiese Stelsels, Wiskundige Modellering en Numeriese Analise.

As ’n navorser geniet hy aansienlike internasionale erkenning, soos

wat onderskryf word deur sy B3-gradering wat hy van die Nasionale

Navorsingstigting (NNS) ontvang het.

In sy toespraak het prof Anguelov geredeneer dat Wiskunde ’n wetenskap is wat onderliggend tot kennis is. In die hedendaagse wêreld het vordering van enige aard tipies ’n aansienlike wiskundige onderbou. Die filosofiese bespreking wat hierdie stelling ontlok het, moet nog (indien ooit) tot sekere gevolgtrekkings kom. Intussen raak Wiskunde een van die vernaamste ondersoekinstrumente in vele areas

Prof Roumen Anguelov lewer sy inhuldigingstoespraak

Van links: Prof Anton Ströh (Voormalige Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en tans Viserektor: Institusionele Beplanning), prof Roumen Anguelov en prof Themba Mosia (Viserektor: Studentesake en Koshuise).

van menslike aktiwiteit, byvoorbeeld Biologie, Finansies, Bemarking, Sportwetenskappe, Mediese Wetenskappe, Openbare Gesondheid, Ekonomie, Sielkunde en Musiek, om maar net ’n paar te noem, asook in die bekende “susterwetenskappe,” soos Fisika, Statistiek en Rekenaarwetenskap.”

Prof Anguelov het bygevoeg dat Wiskunde groei met die ontwikkeling

van nuwe konsepte en teorieë soos wat dit deur sodanige nuwe

aanwendings gemotiveer word. Hy het ook van sy persoonlike

ondervindings en bydraes in die drie areas van Wiskundige Fisika,

Wetenskaplike Berekening en Biowiskunde gedeel. Verder het hy

aangedui dat sy visie vir die Departement Wiskunde en Toegepaste

Wiskunde binne die konteks van die Universiteit se doelwitte val

en die behoeftes van ons samelewing aanspreek waar ’n gebrek

aan Wiskunde en Onderrig in Wiskunde bestaan en wat as groot

beperkinge op ontwikkeling erken word.

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

6 SQUARED2 UP

Prof Carl Z Roux (76), ’n emeritusprofessor van die Departement Genetika aan die Universiteit van Pretoria, het onlangs ’n goue medalje van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde (SASAS) ontvang ter erkenning van uitsonderlike diens gelewer ter bevordering van veekunde oor baie jare.

Prof Roux se werk oor die teoretiese basis van groei en doeltreffendheid, soos van toepassing op genetika, teeldoelwitte en voeding, is wyd bekend en word internasionaal aanvaar, en dit het daartoe bygedra dat hy beskou word as die doyen van Suid-Afrikaanse teoretiese bevolkingsgenetika en die fisiologiese basis daarvan.

Hy het die grade BSc(Agric) en MSc in Genetika aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en sy PhD in Diereteling en Statistiek aan die Iowa-staatsuniversiteit in 1969 voltooi onder professore Kempthorne en Hazel. Sy PhD-proefskrif het in 1974 gelei tot ’n artikel in Theoretical Population Biology, wat deur vooraanstaande navorsers op hierdie gebied bestempel is as ‘elegant’, ‘baie kragtig’ en ‘’n belangrike bydrae’ tot die veld van seleksie in die geval van baie gene loci. Hierdie werk het ook gelei tot uitnodigings as gesalarieerde navorsingsgenoot aan die Iowa-staatsuniversiteit.

Tydens prof Roux se navorsingswerk by die voormalige Navorsingsinstituut vir Vee- en Suiwelkunde van 1969 tot 1990 het hy na teoretiese werk oor dieregroei en -doeltreffendheid oorgeskakel,

SASAS bekroon prof Carl Roux met goue medalje

Prof Michiel Scholtz (President van SASAS) en prof Carl Z Roux by die amptelike toekenningsplegtigheid

wat baie toepaslik vir voedingskundige navorsing was. Ses PhD-proefskrifte en ses MSc-verhandelings asook talle publikasies deur kollegas het voortgevloei uit, of was gebaseer op, sy wiskundige beskrywing van groei en doeltreffendheid. Op grond daarvan het hy ook ‘n silwer medalje van SASAS in 1982 vir uitsonderlike verdienstelike en oorspronklike navorsing in Veekunde en SASAS se Presidentstoekenning vir Diens aan Veekunde in 2002 ontvang.

Van 1991 tot 2002 het hy as professor en van 2003 tot 2012 as buitengewone professor gedien en sedertdien is hy ’n senior navorsingsgenoot aan die Universiteit van Pretoria. Gedurende sy professorskap was hy promotor vir ses PhD-studente en studieleier vir 14 MSc-studente.

Tydens sy loopbaan is prof Roux na internasionale kongresse genooi, was hy lid van die Permanente Internasionale Komitee vir Kongresse oor Genetika Toegepas op Diereteling, lid van die redaksiekomitee van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Veekunde, resensent vir die Britse Animal Science joernaal, Europese Livestock Production Science joernaal, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Wetenskap en Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Plant en Grond.

Prof Roux was ’n lid van die Suid-Afrikaanse Statistiekvereniging, die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Genetika en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Planttelers, en hy is tans ’n erelid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde.

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

7 SQUARED2 UP

Die International Union of Forest Research Organizations (IUFRO) het die aanstelling van Prof Mike Wingfield as die organisasie se nuwe President op 10 Oktober 2014 aangekondig. Die Internasionale Raad van die IUFRO het hom verkies gedurende ’n vergadering by die 24ste Wêreldkongres van die IUFRO, wat plaasgevind het in Salt Lake City, Utah, die Verenigde State van Amerika. Mike Wingfield volg prof Niels Elers Koch op wat die IUFRO vir die afgelope vier jaar as die President gedien het. Hierdie is die enigste wêreldwye organisasie wat hom toewy aan navorsing op bosbou- en verwante wetenskappe.

“Ons was suksesvol daarmee om wêreldwye medewerking in bosbouwetenskap te verstewig, met die samewerking van ’n goed-funksionerende IUFRO-hoofkwartier, Raad en Bestuurskomitee. Ons het die eerste IUFRO-streekskonferensie ooit vir Afrika in 2012 in Kenia gehou en ’n ander IUFRO-streekskongres in Latyns-Amerika in 2013 in Costa Rica aangebied,” het Niels Elers Koch sommige van die IUFRO se belangrikste prestasies tydens sy Presidentskap opgesom. Hy het ook met tevredenheid daarop gewys dat samewerkingsbande met die International Forestry Students’ Association (IFSA), een van vele wêreldwye alliansies, verstewig is.

Prof Mike Wingfield, die IUFRO se inkomende President het gesê: “Soveel so as wat IUFRO my lewe so diep verryk het, net soveel is dit my wens dat dieselfde waar sal wees van spesifiek die vele jong bosbou-wetenskaplikes in die wêreld”. Hy het spesifiek die IUFRO se spesiale verhouding met IFSA uitgelig, asook sy verbintenis daartoe om hierdie band in die toekoms so aktief moontlik uit te bou. Verder het hy na die IUFRO se groot verantwoordelikheid verwys as die wêreldwye netwerk vir bosbounavorsing “om onaanvegbare en betroubare data te voorsien wat ter ondersteuning sal dien vir sommige van die mees belangrike besluite wat verband hou met ons brose en hoogs bedreigde wêreld.” Hy het bygevoeg dat die wêreld nooit vantevore het so swaar gesteun het op sy natuurlike hulpbronne en bosbou as die skakel tussen hierdie hulpbronne op elke moontlike manier as juis nou nie. Hy het die noodsaaklike rol van bosbou vir ’n volhoubare toekoms van ons planeet beklemtoon.

IUFRO huldig prof Mike Wingfield in as nuwe President

IUFRO se onmiddellike vorige President, Niels Elers Koch, Denemarke (links) saam met nuut- verkose IUFRO-president, Mike Wingfield, Suid-Afrika. (Foto deur Ramin Khorchidi/IUFRO).

Prof Wingfield, Professor en Stigtersdirekteur van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie Institute (FABI)) van die Universiteit van Pretoria was vir die afgelope meer 30 jaar betrokke by IUFRO-aktiwiteite. Hy het as Visepresident van die IUFRO gedien in die 2010-2014 termyn van die Raad. As navorser is hy in die breë geïnteresseerd in die gesondheid van bome en het ook navorsing onderneem op boomplae en patogene. Hy is ’n navorsingsgenoot by verskeie wetenskaplike verenigings, insluitende die Koninklike Vereniging van Suid-Afrika (Royal Society of South Africa) en die American Phytopathological Society. Hy het eredoktorsgrade ontvang van die University of British Colombia in Kanada en van die North Carolina State University en het ook in 2013 die hoogste wetenskaplike toekenning (Kwame Nkrumah Scientific Award) van die

Afrika-unie ontvang.

Die 24ste Wêreldkongres van die IUFRO, getiteld “Sustaining Forests, Sustaining People: The Role of Research” (http://iufro2014.com/), was daarop gemik om die wetenskaplike kundigheid en aktiwiteite ten toon te stel om die huidige bosbounavorsing betreffende die reeks volhoubaarheidsuitdagings en -geleenthede die hoof te kan bied. Die Konferensie het op 11 Oktober in Salt Lake City, Utah, Verenigde State ten einde geloop. Dit was deur die International Union of Forest Research Organizations (IUFRO) gereël en deur die US Department of Agriculture Forest Service, in samewerking met die National Association of University Forest Resources Programs (NAUFRP), die Society of American Foresters (SAF), en die Canadian Institute of

Forestry (CIF/IFC) aangebied.

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

8 SQUARED2 UP

Dr Johan van Zyl, voormalige Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria en voormalige Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is in Oktober as die Sunday Times-sakeleier van die jaar aangewys. Hierdie toekenning is ’n gesogte akkolade waarmee ontvangers vereer word op grond van ’n stemming deur bestuurslede van die 100 topmaatskappye van die voorafgaande jaar.

By ontvangs van die toekenning het dr Van Zyl, wat tans die groepshoof- uitvoerende beampte van Sanlam is, sy waardering soos volg uitgespreek: ‘Dit is ’n groot eer om hierdie toekenning te ontvang, veral omdat dit gebaseer is op ’n stemming deur eweknieë. In die sakewêreld gaan dit om mense en die span, en dit is waarskynlik juis die geval in versekering waar ’n mens nie ’n tasbare produk nie maar ’n belofte verkoop. Hierdie belofte is so betroubaar soos die mense wat dit maak.’

Dr Johan van Zyl is in 1996 tot Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria verkies en het hierdie pos tot 2001 beklee toe hy as hoof-uitvoerende beampte van Santam Beperk aangestel is.

Voormalige Dekaan en Rektor aangewys as Sunday Times-sakeleier van die jaar

Dina Coertzen, ‘n PhD-student in die Departement Biochemie, het onlangs die eerste prys gewen (toekenning vir die vir die mees verdienstelike plakkaat) by die 24ste Kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Biochemie en Molekulêre Biologie (SASBMB).

Die plakkaat se titel was ‘Novel S-adenosylmethionine decarboxylase inhibitors as potent antiproliferative agents against Plasmodium falciparum’. Dina is deel van die Malariaparasiet- Molekulêre Laboratorium (M2PL) onder toesig van prof LynMarie Birkholtz (DST/NRF Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel oor Volhoubare Malariabeheer) en haar werk maak deel uit van die UP-sentrum vir Volhoubare Malariabeheer. Dina was die voorsitter van die sentrum se studenteforum.

Tydens haar PhD-studie het sy die unieke strukturele eienskappe van die AdoMetDC proteïen in P. Falciparum-malariaparasiete ontdek. Haar werk het die eerste funksionele indeksering van die kernstruktuur van hierdie proteïen moontlik gemaak en die potensiaal van AdoMetDC as ʼn medisinale teiken blootgelê. Ontginning van hierdie strukturele en funksionele eienskappe het die kandidaat in staat gestel om ʼn hoogs aktiewe samestelling te identifiseer wat P. falciparum AdoMetDC spesifiek teiken. Die verbinding van hierdie samestelling met ʼn nuwe nanovektor-gebaseerde afleweringstelsel het die krag van die nuwe samestelling teen P. Falciparum- parasiete aansienlik verbeter en kan moontlik lei tot die ontwikkeling van hierdie nanogeneesmiddel as ʼn terapeutiese strategie.

Nagraadse Biochemie-student wen eerste prys by SASBMB

Dina Coertzen

Hy het in 1979 sy loopbaan as ‘n navorser in landbou-ekonomie by die Departement van Landbou en in 1980 word hy bevorder tot senior navorser. Hy fokus in hierdie stadium veral op navorsing oor die winsgewendheid van graanboerdery in Suid-Afrika. In 1983 is hy as lektor in die Departement Landbou-ekonomie aan UP aangestel en in 1989 ontvang hy sy professorskap. In 1991 word hy aangestel as Dekaan van die Fakulteit Landbouwetenskappe en in 1994 as Dekaan van die Fakulteit Biologiese- en Landbouwetenskappe. Hy beklee die posisie tot in 1996.

Dr Van Zyl dien steeds as ’n raadslid van die Universiteit. In 2003 is hy tot groepshoof- uitvoerende beampte van Sanlam bevorder, maar hy beoog om in 2015 plek te maak vir die huidige hoof-uitvoerende beampte van Santam, Ian Kirk.

Dr Johan van Zyl

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

9 SQUARED2 UP

Nasionale Navorsingstigting vereer twee professore vir hul A-graderingsProf Brenda Wingfield, die Waarnemende Dekaan van die

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en prof Mike

Wingfield, verbonde aan die Universiteit se Instituut vir Bosbou-

en Landboubiotegnologie (FABI) is albei deur die Nasionale

Navorsingstigting (NNS) vir hul A-graderings vereer.

Prof Brenda Wingfield is gekies om op die Raad van die Suid-

Afrikaanse Akademie vir Wetenskap (ASSAf) vir die 2012 tot

2016-siklus te dien. Sy is ook die sekretaris-generaal van die

Internasionale Vereniging vir Plantpatologie (International Society

for Plant Pathology (ISPP)). Daarbenewens het sy meer as 300

eweknie-geëvalueerde artikels gepubliseer. Prof Wingfield

is een van die Navorsingsleiers van die Departement van

Wetenskap en Tegnologie/Nasionale Navorsingsting (DWT)/

NNS se Sentrum vir Uitnemendheid in Boomgesondheid-

biotegnologie, gewese Voorsitter van die Nasionale Wetenskap

en Tegnologie-forum (NWTF) en voormalige Visevoorsitter van

die Raad van Trustees van PlantBio, een van die nasionale

biotegnologie-innovasiesentra.

Haar navorsingsbelangstellings sluit swamagtige populasie-

genetika en swamagtige filogenetika in. Bykomend tot

haar internasionaal-erkende navorsingsprogram oor die

molekulêre filogenie en taksonomie van boompatogeen-

swamme, is sy tans ook besig om ’n swamgenoomprogram

te ontwikkel.

Prof Mike Wingfield het vir langer as dertig jaar navorsing

onderneem oor boomplae en -patogene, spesifiek betreffende

hul beweging wêreldwyd. Sy navorsing op hierdie gebied, wat

gereeld aangehaal word en in baie verskillende lande in die

wêreld onderneem word, het aanleiding gegee tot die ontdekking

van sommige van die belangrikste patogene by bome wat vir

kommersiële doeleindes in plantasies aangeplant word.

Gegrond op sy navorsingsreputasie was hy ’n langtermyn-

raadgewer vir talle bosboumaatskappye wêreldwyd. Een van

sy belangrikste bydraes tot bosbou was die rol wat hy vertolk

het as ’n raadgewer vir meer as 50 PhD-studente, van wie vele

wêreldwyd senior posisies beklee.

Prof Mike Wingfield het wyd gepubliseer oor die onderwerp van

boomgesondheid – in meer as 600 navorsingsverslae, vyf boeke

en talle toonaangewende aanbiedings wêreldwyd, waarheen

hy uitgenooi is. Hy dien in vele posisies van hoë aansien en

het talle toekennings en erkennings ontvang vir sy bydrae tot

onderrig, navorsing en die nywerheid, in Suid-Afrika en elders

in die wêreld. Hy is ook verkies as die volgende President van

die Internasionale Unie van Bosbounavorsingsorganisasies

(International Union of Forestry Research Organisations) en is die

eerste persoon van Afrika wat ooit tot hierdie gesaghebbende

posisie verkies is. Die vyfjaar-termyn strek vanaf Oktober 2014

tot Oktober 2019.

Prof Brenda Wingfield en haar eggenoot, prof Mike Wingfield, ontvang erkenning van die NNS ontvang vir hul A-graderings.

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

10 SQUARED2 UP

Twee vroue wat tans besig is met hulle doktorale studies in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het vroeër vanjaar navorsingsbeurse ter waarde van R40 000 elk by die 2014 Vroue In Wetenskap Toekenningsgeleentheid (“Women in Science Awards”) (WISA) van die Departement Wetenskap en Tegnologie ontvang. Die toekennings is tydens ’n gala-geleentheid wat gedurende Augustus in Johannesburg aangebied is, aan hulle oorhandig.

Die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) bied jaarliks hierdie toekennings aan ten einde uitnemende vroue-wetenskaplikes en navorsers te vereer en om terselfdertyd jonger vroue aan te moedig om in hulle voetspore te volg.

Lungile Sitole studeer tans biochemie en is ’n lid van ’n navorsingsgroep wat werk aan die ontdekking en ontwikkeling van unieke merkers wat gebruik kan word om te monitor hoe MIV in pasiënte vorder en hoe hulle op behandeling reageer. Cynthia Joan Henley-Smith is ’n botanis wat ondersoek instel na die potensiële gebruik van inheemse plante ten einde medisinale produkte te herwin, spesifiek vir orale versorging.

Lungile het in 2007 ’n BSc-graad in Chemie (Magna Cum Laude) van die Jackson State University, Jackson Mississippi (VSA) ontvang. Sy het die Research Initiative for Scientific Enhancement (RISE) se befondsing vir navorsing, toegeken aan voorgraadse studente ontvang en is ook ’n plek toegeken op die President en die Dekaan se merietelyste in 2005, 2006 en 2007. In 2007 ontvang sy die Louis Stokes Mississippi Alliance for Minority Participation (LSMAMP) se Bridge to the Doctorate fellowship-toekenning uit erkenning vir haar akademiese uitnemendheid. Hierna voltooi sy haar MSc (Cum Laude) in Organiese Chemie by dieselfde instelling in 2009. Tydens haar studiejare onderneem Lungile navorsing by verskillende instellings, wat onder

Twee vroue-wetenskaplikes ontvang erkenning by WISA

andere die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), Adcock Ingram Pharmaceuties en Indiana University-Bloomington (VSA) insluit.

Lungile is tans ’n PhD-student in die Departement Biochemie, met prof Debra Meyer as haar studieleier. Haar navorsingsbelangstelling is geleë in armoede-verwante siektes, spesifiek MIV/VIGS. Hulle navorsingsgroep het ’n unieke benadering tot MIV-navorsing en opvoeding, wat multidissiplinêre samewerking behels. Sitole se projek behels die gebruik van bioanalitiese en biofisiese tegnieke vir die ontdekking en identifikasie van disgereguleerde metabolites in MIV-infeksies. Die potensiële uitkomste van hierdie navorsing is die ontdekking en ontwikkeling van unieke merkers wat as indikatore kan dien vir hoe MIV vorder en hoe daar op behandeling reageer word. Lungile het ’n oorsig en ’n navorsingsartikel in internasionale eweknie-geëvalueerde vaktydskrifte gepubliseer.

Cynthia Joan Henley-Smith behaal haar BSc (honneurs- en meestersgrade) met onderskeiding) in Medisinale Plantkunde aan die Universiteit van Pretoria. Terselfdertyd voltooi sy ook ’n tweejaar-diploma in Kosmetiese Wetenskap. Sy is tans besig met haar doktorale studies in die Departement Plantkunde, wat handel oor die inheemse Suid-Afrikaanse plant Heteropyxis natalensis, se biologiese aktiwiteit teen orale patogene. Haar navorsing behels die gebruik van ’n unieke voorspellende metode. Sy werk ook as ’n deeltydse dosent in Plantwetenskappe en Mikrobiologie by die Midrand Graduate Institute.

Gedurende haar studies het sy ’n unieke metode ontwikkel om die anti-aantrekkingseffek van plante op bakterieë te bepaal, deur die gebruikmaking van ’n skandeer-elektronmikroskoop. Sy was onlangs suksesvol in die ontwikkeling en toetsing van ’n unieke benadering om die invloed van veelvuldige komponente op mikrobiese inhibering te voorspel deur die gebruikmaking van ’n logistieke responsmodel.

Lungile SitoleCynthia Joan Henley-Smith (Foto: Maja Sakkers)

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

11 SQUARED2 UP

Dr Patrick Njage van die Departement Voedselwetenskap en postdoktorale genoot van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid by UP, is die ontvanger van die 2014 Jong Wetenskaplike-toekenning van die Internasionale Unie vir Voedselwetenskap en -tegnologie (International Union of Food Science and Technologies (IUFoST)). Hy en sewe ander voortreflike jong voedselwetenskaplikes van oor die wêreld heen het dié toekenning ontvang tydens die IUFoST se sewentiende Wêreldkongres oor Voedselwetenskap en -tegnologie (Wêreldvoedselkongres) wat gedurende Augustus in Montreal, Kanada gehou is.

Die IUFoST is ’n lidlandorganisasie wat ten doel het om die rol van voedselwetenskap en -tegnologie in die beveiliging van wêreldvoedselvoorsiening en die uitwissing van wêreldhongersnood te versterk. Die ontvangers van hierdie toekenning is almal jonger as 35 jaar en word as toekomstige leiers op die gebied van voedselwetenskapnavorsing beskou. By hierdie jaar se Wêreldvoedselkongres het die jong wetenskaplikes die geleentheid gehad om hul navorsing vir ’n internasionale gehoor aan te bied en om tydens ’n reeks werkwinkels as mentors vir ander wetenskaplikes op te tree, onder meer oor leierskapsaangeleenthede en loopbaanontwikkeling.

Die IUFoST het erkenning aan Njage gegee vir sy navorsing oor die onderwerp ‘Quantitative risk of antimicrobial resistant gene transfer from bacteria in vegetables to the human colon using in vitro models’ wat hy onder toesig van prof Elna Buys gedoen het. Eenvoudiger gestel: Njage het modelle van ingewande gebruik om die rol van besproeiingswater in die oordrag van weerstandige E. coli na blaarslaai en die uitwerking daarvan op die mens se ingewande te ondersoek. Anti-mikrobiese middels (algemeen as antibiotika bekend) wat in medisyne vir mense en dierevoedselprodukte voorkom, word gebruik om bakteriese infeksies te beveg, maar sommige bakterieë bou weerstandgene teen hierdie antibiotiese middels op. Hierdie antibiotiese weerstand lei daartoe dat antibiotiese middels nie die gewenste uitwerking op bakterieë het nie. Alhoewel sekere nuwe generasie antibiotikums doeltreffend in die behandeling van weerstandige E. coli gebruik is, veroorsaak spesifieke bakteriële ensieme ongelukkig dat hierdie antibiotikums nie werk nie.

Wat Njage se studie uitsonderlik maak, is sy ondersoek na die teenwoordigheid van hierdie bakteriële ensieme in bakterieë wat groente besmet. Min navorsers het al voorheen hierdie aspek ondersoek. In sy studie het hy bevind dat E. coli in blaarslaai die potensiaal toon om as instandhoudings- en oordragsagent van weerstandgene vir potensiële intra- en ekstra-intestinale patogeniese E. coli op te tree. Hierdie navorsing is belangrik omdat baie van die groentesoorte wat moontlike draers is, rou geëet word en sommige van

Voedselwetenskaplike ontvang Internasionale Toekenning vir Leierskap

hierdie soorte E. coli tot diarree, bloedarmoede, nierversaking en selfs die dood van mense kan lei. Ander soorte kan urienwegontsteking en ander infeksies veroorsaak.

Njage is bevrees dat as pogings nie aangewend word om die instandhouding en oordrag van weerstandgene teen sodanige E. coli te stop nie, ons weer in ’n pre-antibiotikum-era kan terugval, wat daartoe sal lei dat patogeniese siektes baie sterftes sal veroorsaak. Die ontdekking van nuwer generasies anti-mikrobes teen sodanige E. coli blyk ’n minder volhoubare oplossing te wees, aangesien verskeie groot farmaseutiese maatskappye nie meer op die gebied van anti-bakteriese en anti-swamterapie werk nie en daar gevolglik minder wetenskaplike kundigheid vir die ontdekking en ontwikkeling van anti-mikrobes beskikbaar is. Njage se ware leierseienskappe kom na vore wanneer hy hom op die owerhede beroep om die nodige stappe te doen, soos om fondse beskikbaar te stel vir navorsing oor maniere waarop die vermeerdering van weerstandgene bekamp kan word en om bewustheid van die noodsaaklikheid van waterhigiëne te kweek.

Njage beplan om sy navorsing by UP se Departement Voedselwetenskap voort te sit deur wiskunde aan te wend om risikomodellering uit te voer, ten einde die uitwerking van antibiotika op gene te voorspel, wat ’n tegniek is waarin hy opleiding aan die Universiteit van Ghent in België ontvang het.

Hy beoog ook om sy eie navorsingsgroep op die been te bring om navorsing oor ’n tema op die gebied van mikrobiologie en biotegnologie te doen. Hoewel hy reeds dwarsoor die wêreld gewerk het, sê Njage dat dit vir hom ’n eer sal wees om sy werk aan UP voort te sit, aangesien dit ’n instelling is wat navorsing moontlik maak. Hy tree tans as studieleier vir verskeie nagraadse tesisse by UP en ander universiteite in en buite Suid-Afrika op en gee in dié hoedanigheid raad en leiding aan individue wat beoog om ’n beroep in voedselwetenskap te volg.

Dr Patrick Njage

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

12 SQUARED2 UP

Dr Steven Hussey, ’n postdoktorale medenavorser by die Departement Genetika en die Instituut vir Bosbou en Landboubiotegnologie (FABI) het onlangs ’n Biotegnologie Fundi-studentetoekenning ontvang vir sy PhD-navorsing.

Die Gautengse Departement Landbou en Landelike ontwikkeling (GDARD), in vennootskap met The Innovation Hub, het as gasheer opgetree vir die Jaarlikse Biotegnologie Funditoekenningsgeleentheid, waartydens erkenning gegee is aan die biotegnologie-gemeenskap van Gauteng. Die toekenningsgeleentheid het verskeie rolspelers en aandeelhouers op die gebied van biotegnologie byeengebring, met die uitsluitlike doel om erkenning te gee aan prestasies en uitnemendheid in hierdie sektor.

Dr Hussey het ’n Biotegnologie Fundi-trofee ontvang wat wêreldwyd erkenning geniet, asook ’n sertifikaat, ’n kontantprys ter waarde van R5 000, kursusbywoning en opleiding by DNAbiotech, ter waarde van R10 000. Die prys sluit ook ’n vlug na Saskatoon, Kanada in, waar hy die Internasionale Konferensie vir Landboubiowetenskappe bygewoon het.

Hy het onlangs sy PhD-navorsing in die Departement Genetika voltooi en het in September vanjaar sy graad ontvang. As ’n Mandela Rhodes Beurshouer, was hy regdeur sy voor- en nagraadse studies in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, die top-student en het al sy voorgraadse kursusse en nagraadse programme met onderskeidings geslaag (baie hiervan met ’n gemiddeld van hoër as 90%). Hy het ook die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Genetika se Hofmeyr-Van Schaikprys vir die beste vierdejaarstudent in Genetika ontvang. Sy PhD-navorsing het aanleiding gegee tot die publikasie van drie eweknie-geëvalueerde artikels (waarvan een as mede-outeur van ’n artikel wat in die

Top nagraadse student wen Biotegnologie Funditoekenning

Dr Steven Hussey

vaktydskrif, Nature, gepubliseer is) en ook twee manuskripte wat aan vaktydskrifte met hoë aansien voorgelê is.

Sy PhD-navorsingsresultate is by vyf internasionale plant- en boombiotegnologie-konferensies aangebied. Dr Hussey se PhD-navorsing, wat gesamentlik deur Sappi en Mondi befonds is, het sterk gefokus op biotegnologiese benaderings tot die manipulering van die houtagtige biomassa-kenmerke van pulp, papier en chemiese selluloseproduksie in Eucalyptus-bome (bloekombome). Hy het die gene-teikens van ’n transkripsiefaktor wat met sellulose-biosintese gedurende veselagtige sekondêre selwandvorming verband hou, gedeeltelik geïdentifiseer. Hy het ook aangedui dat hierdie oormatige uitdrukking die veselselwandeienskappe van Eucalyptus-bome verander. Hierdie geen kan potensieel aangewend word in houtagtige biomassa-biotegnologie en dit word tans in transgeniese populierbome getoets. Die enorme skaal waarteen die Eucalyptus-bome aangeplant word en die belangrikheid daarvan vir die toekoms van die Suid-Afrikaanse bio-ekonomie maak hierdie PhD-bevindings hoogs relevant tot die Biotegnologie-sektor. Dr Hussey was ook op die voorpunt betreffende die toepassing van toonaangewende genomie-tegnologie (ChIP-seq) in Eucalyptus-bome wat in die veld groei.

Uit die groep van 10 UP-studente wat in 2013 GDARD-beurse ontvang het, het Drew Behrens, ook van FABI, die toekenning as die beste student ontvang. Drew is tans besig met sy BSc Honneursgraad in die FMG-groep.

In 2013 het prof Dave Berger en dr Eschar Misrachi, beide verbonde aan die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, die toe-kennings vir Vaardigheidsontwikkeling en Topstudent onderskeidelik, verower.

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

13 SQUARED2 UP

Die Universiteit van Pretoria (UP) het met die eerste prys weggestap vir die beste uitstalling in die Universiteite-kategorie by die jaarlikse Sasol Techno X-loopbaanuitstalling wat in Augustus by die Sasol ChemCity Eco-industriële park in Sasolburg gehou is. Vanjaar se tema het gehandel oor die denkers van vandag wat die toekoms van môre gaan uitmaak (‘Today’s minds, tomorrow’s future’).

Die jaarlikse Sasol Techno X – tans in sy veertiende bestaansjaar – het ten doel om die vele fasette van die tegnologie bekend te stel en om leerders aan te moedig om die wye reeks opwindende dissiplines en loopbaankeuses wat wiskunde, wetenskap en tegnologie bied, te ondersoek. Hierdie loopbaanuitstalling is een van die grootste loopbaanvoorligtingsuitstallings van hierdie aard in die land. Dit lok elke jaar meer as 24 000 besoekers uit sewe provinsies, en onder hulle is graad 7- tot 12-leerders van meer as 300 skole. Sestien tersiêre onderwys- en opleidingsinstellings en meer as dertig sakeondernemings en organisasies het opwindende uitstallings, werkwinkels, praatjies en wetenskapvertonings aangebied om besoekers van loopbaankeuses bewus te maak en leerders aan te moedig om akademiese kwalifikasies in wetenskap en tegnologie te verwerf en om hul droomloopbane op hierdie gebiede te volg.

Sci-Enza en JuniorTukkie het die Universiteit by hierdie gesogte ekspo verteenwoordig. Hul uitstalling, ’n groentetuin in ’n uitstaltent, het die kombinasie van twee temas verteenwoordig: die tema van Sasol Techno X en die subtema ‘Plant vandag om mense vir ’n beter môre te bemagtig’ wat deur die VN afgekondig is as 2014 se tema vir die Internasionale Jaar van Familielandbou. Met vyf ton grond, ongeveer

UP wen eerste prys vir beste uitstalling by Sasol Techno X

Mnr Petrus Lombard help met die voorbereiding van die TUKS-gemeenskapstuin by die Sasol Techno X-loopbaanekspo

Graad 7- tot 12-leerders ondersoek verskeie interaktiewe ‘wetenskaptuin’-uitstallings om meganiese, wiskundige en wetenskaplike beginsels te ontdek

3 000 saailinge en ’n paar bome en blomme, het met mnr Petrus Lombard, mev Rudi Horak en die Sci-Enza-assistente ’n ongelooflike ‘TUKS-gemeenskapstuin’ in ’n tent geskep. Die doel van die uitstalling was nie bloot om loopbane wat met landbouwetenskappe verband hou te bevorder nie, maar ook om die skakeling aan te dui tussen al die fakulteite wat met voedselproduksie, voedselsekuriteit, wetgewing en die ekonomie verband hou. Mnre Petrus Lombard, Juan Thomaïdes en George Dywili van die JuniorTukkie-kantoor was byderhand om enige vrae oor UP se toelatingsvereistes, studiegebiede en studente-aansoeke te beantwoord, en promosiepamflette en fakulteitbrosjures is ook beskikbaar gestel.

Sci-Enza het ’n paar prettige interaktiewe ‘wetenskaptuine’ uitgestal waar besoekers meganiese, wiskundige en wetenskaplike beginsels kon ontdek. Die Sci-Enza-span het in die loop van die week 46 wetenskapvertonings en 33 werkwinkels aangebied. Die tuine het ’n unieke en ontspanne atmosfeer geskep wat baie belangstelling onder besoekers van alle ouderdomme ontlok het.

Die beste deel van die uitstalling was waarskynlik die feit dat al die groenteplantjies aan die tydelike werkers by die ekspo geskenk is. Verder is die twee vertikale platformtuine aan die Hoërskool Sasolburg geskenk.

Ons bedank graag SASOL vir hul borgskap van R20 000, Sakata-saad vir die skenking van 3 000 groenteplantjies, pakkies saad en werkwinkelgeriewe, die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe vir sy borgskap en die kantoor van dr Pieter Clase vir die geldelike bydrae wat hierdie uitstalling moontlik gemaak het.

Die uitgelate Sci-Enza-span ontvang die eerste prys vir die beste uitstalling by die Sasol Techno X-loopbaanekspo

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

14 SQUARED2 UP

Dubbele taksonomie-aanstellings op internasionale kommissies vir twee UP- mikrobioloë

Prof Fanus Venter en Dr Wilhelm de Beer

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

SQUARED2 UP 15

Twee personeellede verbonde aan die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie en navorsers verbonde aan FABI, is onlangs gekies om op die internasionale liggame wat bakteriële en swam-taksonomie beheer, te dien. Prof Fanus Venter, Hoof van die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie is tot die Uitvoerende Raad van die Internasionale Komitee vir die Sistematiek van Prokariote (International Committee on Systematics of Prokaryotes (ICSP)) verkies, terwyl dr Wilhelm de Beer tot die Internasionale Kommissie vir die Taksonomie van Fungi (International Commission on the Taxonomy of Fungi (ICTF)) verkies is. Hulle is tans die enigste Suid-Afrikaners wat op hierdie komitees dien.

Prof Venter is tydens die onlangse Internasionale Vergadering van Mikrobiologiese Verenigings (International Meeting of Microbiological Societies (IUMS)), wat in Montreal, Kanada gehou is, tot die ICSP verkies. Die ICSP bestaan uit nege raadslede en lei en rig hoofsaaklik die sistematika van prokariote. Hierdie komitee hou onder andere toesig oor die vakterme vir die prokariote, bepaal die reëls waarvolgens die prokariote benoem word en is verantwoordelik vir die hersiening van die Bakteriologiese Kode. Hulle bestuur ook die implementering van hierdie Kode, bepaal watter name geldig is(of as geldig gepubliseer kan word) en hou toesig oor die publikasie van die International Journal of Systematic and Evolutionary Microbiology. Om geldig verklaar te word moet alle nuwe name en kombinasies daarvan in hierdie vaktydskrif verskyn. Sedert die stigting van die ICSP in 1939 is dit die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaner op die Uitvoerende Raad dien.

Prof Venter se hoof-navorsingsbelangstellings sluit bakteriële evolusie, sistematiek en diversiteit in. Hy stel in besonder belang in hoe kennis van hierdie aspekte betreffende bakteriologie toegepas kan word om spesifieke navorsingsvrae te beantwoord wat verband hou met die funksionering van bakterieë en bakteriële gemeenskappe in verskillende omgewings. Gedurende die afgelope paar jaar het sy navorsingsgroep hoofsaaklik op die gebruik van molekulêre, opeenvolgings- en genomiese benaderings gefokus in die beantwoording van hierdie vrae. Die twee hoof-fokusareas is bakterieë wat verband hou met plante en bakterieë wat in water-omgewings voorkom.

Dr De Beer is tydens die onlangse Internasionale Mikologiese Kongres (International Mycological Congress (IMC)) in Bangkok, Thailand tot die ICTF verkies Die verantwoordelikheid van die ICTF is om die wetenskap van fungus-taksonomie te bevorder en te lei. Dit handel onder die beskerming van die Internasionale Unie van Mikrobiologiese Wetenskappe (International Union of Microbiological Sciences (IUMS)) en die Internasionale Mikologiese Vereniging (International Mycological Association (IMA)) (waarvan dr De Beer ook ’n raadslid is). Die aktiwiteite van die ICTF is in ooreenstemming met die Vaktaalkomitee vir Fungi. Dr De Beer dien ook op die Spesiale Subkomitee vir die bestuur van hierdie Kode met betrekking tot Fungi. Laasgenoemde subkomitee gee leiding betreffende vaktermkwessies oor fungi en bedien die redaksionele komitee van die Internasionale Kode van Vakterminologie vir Alge, Fungi en Plante (International Code of Nomenclature for Algae, Fungi, and Plants (ICN)) met raad betreffende kwessies wat met fungi verband hou.

Dr De Beer se navorsing fokus op plant en menslike swampatogene behorende tot die Ophiostomatales en Microascales (Ascomycetes). Hierdie klasse sluit spesies van welbekende genusse, soos die Ophiostoma, Leptographium, Sporothrix, en Ceratocystis in. Hoewel sy hooffokus is om die taksonomie op alle vlakke in hierdie groepe te ontleed, het hy ook ’n besondere belangstelling in fungus-insek simbiose, die bydrae van hierdie fungi tot die ontstaan van siektes by bome en mense en tot die verswakking van hout. Dr De Beer is onlangs meegedeel dat hy tydens die 2014-graderingsiklus ’n B2-gradering van die NRF ontvang het.

An article on the taxonomy of a a fungal tree pathogen, Grosmannia serpens, written as part of the PhD thesis of Tuan Duong, a student of Dr de Beer, was featured as the cover story for the American journal Mycologia. In this article they showed with DNA sequence data of five gene regions that that what was once considered a single fungal species, actually consists of five different species.

Genome comparison of P. ananatis with the genomes of several closely related member of the family Enterobacteriaceae.

Albei hierdie navorsers is van mening dat, hoewel sommige mense taksonomie as ’n oudmodiese wetenskap beskou, dit tans meer opwindend as voorheen is om op die gebied van mikrobiese taksonomie te werk. “Gedurende die afgelope 20 jaar het die teenwoordigheid van DNA-opeenvolgings, en meer onlangs, omgewings- en heel genoomopeenvolgings ’n hele omwenteling veroorsaak in ons begrip van die evolusionêre verwantskappe tussen fungus- en bakteriespesies. Dit het tot ’n groot mate ons vermoë verbeter om ingewikkelde taksonomiese vrae op te los, aldus prof Venter. Dr De Beer is van mening dat “die belangrikste uitdagings wat hierdie twee kommissies in die gesig staar is om te verseker dat die reëls wat die taksonomie van hierdie organismes reguleer, in pas bly met die DNA-revolusie, omdat die toepassing van verouderde reëls op moderne konsepte is soos om nuwe wyn in ou wynsakke te gooi,” verduidelik hy.

Ten slotte reken hulle dat taksonomie die grondslag vorm vir bykans elke gebied van biologiese navorsing en in besonder die van akkurate diagnostiek. Die spesienaam van ’n mikrobiese patogeen of simbiose by ’n boom, ’n dier of ’n mens, is die sleutel tot alle inligting omtrent daardie organisme. Hulle reken dat dit hul taak is om te verseker dat die mees toepaslike genus- en spesiename in die wetenskaplike literatuur gebruik word.

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s Toekennings & Prestasies

16 SQUARED2 UP

Prof Jan Verschoor, ’n welbekende navorser in Biochemie, het onlangs die Biotech Kundige-toekenning vir Lewenslange Presteerders 2014 ontvang, geskenk deur die Innovation Hub se GAP Biosciences.

Hy het hierdie toekenning ontvang vir sy bydraes oor die afgelope 30 jaar op die gebied van Biochemie. Hierdie bydraes sluit die volgende in: Prof Verschoor was die eerste persoon wat die tegnologie vir monokloniese teenliggaamproduksie in Suid-Afrika in 1983 gevestig het. Hy was ook in 1997 verantwoordelik vir die aanwending van monoklonale teenliggaampies in die ontwikkeling van ’n nuwe inentingsmiddel teen Infektiewe Coryza vir hoenders. Prof Verschoor het ’n nuwe beginsel ontwikkel vir die diagnose van menslike Tuberkulose, wat in 2005 gepatenteer is. Verder het hy ook in 2014 ’n bydrae gelewer tot die daarstelling van die maatskappy “MARTI TB Diagnostics”, wat vanuit die Universiteit van Pretoria tot volle wasdom ontwikkel het en verantwoordelik is vir die ontwikkeling van die Tuberkulose diagnostiese apparaat vir kommersiële gebruik. Hy het ook die eerste prys in die kompetisie van die Innovation Hub se GAP Biosciences 2013 Business Plan verower. Al hierdie prestasies is moontlik gemaak deur ’n groot getal van briljante studente wat onder die leiding van prof Verschoor studeer het en later mede-outeurs, pryswenners, mede-uitvinders en projek koördineerders in biotegnologie geword het.

Prof Verschoor was die Hoof van die Departement Biochemie vanaf 2003 tot en met 2011. Sy verantwoordelikheid was om die navorsing van die Departement te fokus op die diagnose, voorkoming en genesing van mens- en dierverwante aansteeklike siektes, en dit was veral gemik op die groot drie armoede-verwante aansteeklike siektes van Afrika, naamlik VIGS, TB en Malaria. Prof Debra Meyer se aanstelling as welbekende MIV-spesialisnavorser het die hoogtepunt voorsien tot die bogenoemde ideaal. Prof Verschoor se Tuberkulose-navorsingspan het vyf internasionale patente ontwikkel betreffende innoverende TB diagnostiek en terapie sedert 1995.

Biotech Lewenslange Kundige-toekenning aan prof Jan Verschoor opgedra

Prof Jan Verschoor

Tydens die onlangse Konferensie van die Nasionale Vereniging vir Skoon Lug wat gedurende Oktober in Umhlanga gehou is, is die prys vir die Beste Wetenskaplike Referaat aan dr Patricia Forbes oorhandig.

Die titel van dr Forbes se referaat is ‘Air-dispersion modelling: A South African pesticide validation case study’. Haar mede-outeurs was haar MSc-student, Sifiso Nsibande en medewerkers van die WNNR (dr James Dabrowski) en die Landbounavorsingsraad (Etienne van der Walt en Annette Venter). Sifiso Nsibande het vroeër ook twee studentetoekennings ontvang nadat hy aspekte van sy navorsing by die onlangse Analiktika-konferensie aangebied het.

In hul navorsing, wat onderneem is om die geldigheid van ’n model vir die voorspelling van die verspreiding van insekdoders wat gespuit word te toets, het die span die aktiewe bestanddeel as ’n opspoorder gebruik. Dit was die eerste keer dat dit in Suid-Afrika gedoen is. Konsentrasies van insekdoders in die lug is bepaal deur monsters te neem tot op ’n afstand van 400 m vanaf die land waar dit gespuit is, wat dit moontlik gemaak het om die gebruik van die model (AGDISP vanuit die VSA) tot op groter afstande as wat vroeër die geval was, te bekragtig. Belangrike faktore met betrekking tot die minimalisering van die verspreiding van spuitstowwe wat deur die navorsing aan die lig gekom het, kan boere help om uitgawes verbonde aan die aanwending van spuitstowwe buite die beoogde gebied te besnoei en ook om omgewingsbesmetting te voorkom.

Akademikus van Departe-ment Chemie wen prys

Dr Patricia Forbes

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

17 SQUARED2 UP

Me Victoria Rautenbach, ’n PhD-student in Geoïnformatika in die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie het die SABS se Jong Standaarde Professionele-toekenning vir 2014 ontvang.

Hierdie toekenning is vroeg in Oktober vanjaar tydens die SABS Kwaliteittoekennings-galadinee in die Sandton-konferensiesentrum oorhandig. Met hierdie toekenning vereer die SABS (www.sabs.co.za) ’n uitsonderlike bydrae tot die Standaarde-ontwikkelingsgilde. Die ontwikkeling, instandhouding en bevordering van Suid-Afrikaanse standaarde deur die Standaarde-afdeling van die SABS lewer ’n belangrike bydrae tot die hantering van die sosio-ekonomiese ontwikkelingsprioriteite van die land.

Op die ouderdom van 26 jaar beklee Victoria alreeds ’n leierskaprol in ISO/TC 211, Geographic Information/Geomatics, en is ’n aktiewe deelnemer in die plaaslike spieëlkomitee, SABS/TC 211, Geographic Information. Sy is die Suid-Afrikaanse kundige wat genomineer is om by verskeie projekte betrokke te wees, insluitend die hersiening van ISO 19103, Geographic information – Conceptual Schema Language, en ISO 19119, Geographic information – Services, en het Suid-Afrika ook al op verskeie redaksionele komitees verteenwoordig, insluitend

PhD-student ontvang SABS Jong Standaarde Professionele-toekenning

Victoria Rautenbach (regs) ontvang die toekkening by me Jodi Scholtz van SABS

ISO 19101-1, Geographic information – Reference model – Part 1: Fundamentals, ISO 19150-1, Geographic information – Ontology – Part 1: Fundamentals, en ISO 19154, Geographic information – Ubiquitous public access – Reference model.

Victoria se belangrikste bydrae tot ISO/TC 211 is op die gebied van uitreik-atiwiteite. Sy is al verskeie jare lank die aanlyn-verteenwoordiger vir ISO/TC 211, waar sy op aanlynnavrae op hul Facebook-blad reageer en ook op Twitter die wêreld inlig oor ISO/TC 211 se werk. Sy is tans die Voorsitter van die Raadgewende Groep oor Uitreik en het ’n eerste ‘Standaarde in Aksie’-werkswinkel gereël tydens die ISO/TC 211 se voltallige sitting-week in Berlyn, Duitsland, gedurende Junie 2014.

Victoria is tans besig met haar PhD in Geoïnformatika, met die onderwerp ‘Driedimensionele geovisualiserings’. Haar promotors is prof Serena Coetzee van die Sentrum vir Geoïnformatikawetewetenskappe by UP en dr Arzu Çöltekin van die Universiteit van Zürich. In 2013 het sy haar MSc in Geoïnformatika verwerf. Sy het ook ’n BSc(Hons) Geoinformatika- en ’n BSc Rekenaarwetenskap-graad verwerf.

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

18 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

‘Kies ’n beroep waarvan jy baie hou en jy sal nooit in jou lewe hoef te werk nie,’ het Confucius gesê. Dit lyk inderdaad of prof Johann Kirsten, Hoof van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling en die man wie se blink idee dit was om Gesertifiseerde Karoolam te registreer, dié wyse raad gevolg het. Wat aanvanklik tydens sy studieverlof as ’n interessante departementele navorsingsprojek met internasionale medewerking begin het, het gelei tot interdissiplinêre navorsing wat oor die hele UP-kampus versprei is en die land aan die gons het.

Prof Kirsten se belangstelling is geprikkel toe hy opgemerk het hoe die gewildheid van produkte met ’n streekidentiteit oor die afgelope twee dekades geweldig toegeneem het nadat die WGO se Ooreenkoms ten opsigte van Handelsverwante Aspekte van Immateriële Goederereg (TRIPS) geografiese indikasies (GI’s) as ’n besliste vorm van immateriële goederereg erken het. Bekende GI’s sluit Champagne, Parma-ham en Roquefort-kaas in.

Cerkia Bramley, ’n gekwalifiseerde prokureur en landbou-ekonoom, het haar meestersgraad onder leiding van prof Kirsten voltooi en hom daarna bygestaan met ’n multinasionale projek oor GI’s, met die klem op suider-Afrikaanse GI’s soos rooibos- en heuningbostee, Karoolam, Kalahari-spanspeksaad en karakoelpels (Namibië).

Prof Kirsten het in die Kaapprovinsie grootgeword en die Karoolam en die immateriële goedereg wat aan die naam en kultuur van hierdie bepaalde streek gekoppel word, lê hom na aan die hart. Hy verduidelik dat, wat Karoolam betref, die bepaalde streek en die plante wat die diere vreet ’n baie spesifieke smaak aan hul vleis gee. Die Karoo is ’n unieke streek wat dele van die Suid-Vrystaat en die Oos-, Noord- en Wes-Kaap insluit. ’Dit gaan om die klimaat, die plek, die proses en die mense,’ beklemtoon prof Kirsten.

Cerkia Bramley, Estelle Biénabe en prof Kirsten was die redakteurs van ’n boek getitel Developing geographical indications in the South, wat ’n uitvloeisel van hierdie navorsing was.

Hoe om van jou stokperdjie ’n wetenskap te maak

Nadat hy die potensiaal van Karoolam

besef het, het prof Kirsten ook begryp

dat dit noodsaaklik was om dié naam tot

die voordeel van die streek en sy mense

te beskerm en het hy met verskillende

rolspelers en staatsdepartemente begin

saamwerk. Aangesien die boere aansienlike

belangstelling getoon het in die Karoolam as

’n produk van waarde, is sensoriese aspekte

van die vleis deeglik ondersoek – veral die

baie spesifieke smaak wat veroorsaak word

deur die Karoobossies wat die diere vreet.

Prof Hettie Schönfeldt, ’n kundige op die

gebied van vleiswetenskap, het betrokke

geraak om met die belangrike wetenskaplike

aspekte van vleis te help.

Die Noord-Kaapse regering het ook hul

deel gedoen deur befondsing vir die

ontwikkeling van ’n sertifiseringsmerk

beskikbaar te stel. Prof Kirsten het die

Karoo-ontwikkelingstiging (KOS) gestig as ’n

gemeenskapsuitreikingsprojek, maar ook

om die gebruik van die naam ‘Karoolam’ te

beskerm en te wettig. KOS is tans die eienaar

van die sertifiseringsmerk, wat ’n belangrike rol

speel in die beskerming van die wyer belange

van die Karoo en wat rolspelers ook help met

Prof Johann Kirsten

die kommersialiseringsproses van die Karoo Vleis van Oorsprong-sertifiseringskema.

By die Universiteit van Pretoria het hierdie projek ontwikkel en uitgebrei tot interdissiplinêre navorsing. Vier meestersgrade wat oor verskillende aspekte van die GI van Karoolam handel is reeds voltooi en twee studente in die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling is tans besig met verwante PhD-grade. Vier meestergraadstudente in verbruikerswetenskap het ook reeds hul navorsing oor verwante aspekte voltooi, en in die Departement Vee- en Wildkunde word tans navorsing gedoen oor die aminosure en die plante wat Karoolammers vreet. Ander navorsing wat uit die Karoolaminisiatief voortgevloei het, stel ondersoek in na die sensoriese/aroma-aspekte (voedselwetenskap), en navorsers in die Departement Chemie probeer bepaal hoe die lamsvleis uit die Karoo verskil van dié uit ander streke, byvoorbeeld die Kalahari, waar die weiding hoofsaaklik uit gras bestaan. Om dit te doen, maak hulle gebruik van gesofistikeerde toerusting en tegnieke soos omvattende gaschromatografie en vlugtyd-

massaspektrometrie.

19 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Prof Don Cowan, Direkteur van die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika asook die Genomika Navorsingsinstituut, is een van die mede-outeurs van ’n onlangse kommentaarartikel in die tydskrif Nature (7 Augustus 2014) betreffende die toekoms van Antarktiese wetenskap.

Antarktiese navorsing voorsien nuwe kennis wat van wêreldwye belang is en wat die potensiaal het om hoëvlak besluitnemers se denkrigtings heeltemal te laat verander. Vir hierdie rede benodig Antarktiese navorsing volhoubare en stabiele befondsing om langtermynstudies moontlik te maak; om toegang te bekom tot die hele gebied dwarsdeur die jaar; nuwe tegnologieë om ’n wye reeks van groot en diverse databasisse te bekom en te bestuur; beter beskerming van die streek se brose omgewing; internasionale samewerking en vennootskappe en beter kommunikasie tussen wetenskaplikes, beleidmakers en die publiek.

Hierdie is sekere van die sleutelbevindings van ’n wêreldwye Antarktiese Vooruitskouingswerkswinkel waaraan 75 van die wêreld se voorste poolwetenskaplikes en besluitnemers gedurende April 2014 deelgeneem het. Hulle het die mees kritiese risiko’s en Antarktiese navorsingsvrae geïdentifiseer wat dringend aangespreek moet word. Hulle het ook ’n padkaart vir toekomstige Antarktiese navorsing opgestel. Hulle doen spesifiek ’n beroep vir meer intensiewe navorsing oor Antarktika se klimaat, oseane, biodiversiteit en geologiese geskiedenis.

Nuwe prioriteite vir Antarktiese Wetenskap

“Antarktika is nie net ’n verafgeleë kontinent wat ons met veiligheid kan ignoreer nie” het prof Cowan verduidelik. “Hierdie kontinent en sy omringende seë beheer baie van die wêreld se klimaat en vir hierdie rede dit vir ons van kardinale belang om te wete te kom hoedat wêreldwye klimaatverandering Antarktika beïnvloed en hoedat verandering in Antarktika die res van planeet Aarde en almal van ons beïnvloed.”

Cowan het bygevoeg dat “Ons het eens gedink dat Antarktika ’n kontinent was wat in tyd gevries was, maar ons weet nou dat die kontinent voortdurend dramaties verander. Die kontinent se gletsers is besig om te smelt en die ysplaat verskuif, In ’n verwarmende wêreld, kan hierdie prosesse drasties versnel, wat reuse hoeveelhede vars water in die suidelike oseane sal vrylaat. Behalwe stygende seevlakke wat vernietigende gevolge gedurende die volgende eeu op kusgemeenskappe sal meebring, is ’n meer onmiddellike bekommernis die effek wat die Antarktiese smeltende ys op die oseane se ‘vervoerbande’ – die oppervlak en diep strome wat voedingstowwe en hitte rondom die wêreld dra – sal hê, en wat groot ’n groot rol op wêreldwye klimaat speel.”

Antarktika is ook een van ons planeet se laaste groot wildernisareas en die word toenemend bedreig, daarom die oproep vir verbeterde omgewingsbeskermingsmaatreëls. Bykomend tot ’n groter aantal wetenskaplikes wat die kontinent besoek, het toeristegetalle oor die afgelope dekade verdriedubbel tot ongeveer 34 000 per jaar. Ander bedreigings is afkomstig van toenemende visvang en eksplorasie vir olie, gas en minerale. Wetenskaplikes is daarom in ’n wedloop teen tyd gewikkel om die kontinent se biodiversiteit te dokumenteer en om sy unieke ekosisteme en die impak van ons toenemende afhanklikheid daarvan te begryp.

SQUARED2 UP 20

Hierdie vooruitskouende oefening identifiseer die nodigheid vir Antarktiese navorsers om hulle wetenskapskommunikasievaardighede en -pogings op skerp. Die oefening wys uit dat Antarktiese navorsers harder sal moet werk sodat die res van die wêreld hulle werk as meer betekenisvol en relevant sal beskou. Hulle sal moet leer hoe om stories te vertel wat mense se aandag sal vasvang en wat mense sal help om te begryp hoe hierdie unieke kontinent ons daaglikse lewens beïnvloed en hoedat ons almal ’n rol speel wat druk op Antarktika plas; maar hoe ons ook deel van die oplossing kan wees wat die toekoms bewaar.

Die padkaart dui die groot uitdagings aan waarmee Antarktiese navorsers te kampe het. Fluktuasies in befondsing, begrotingonsekerhede en onderbrekings in veldwerk het veroorsaak dat oponthoude in veldwerk voorkom en dat dit selfs uitgestel word. Dit het aanleiding gegee tot onvervangbare gapings in langtermyn wetenskaplike studies. Wetenskaplikes stem saam dat ’n toekomstige sleuteldoelwit van Antarktiese navorsing behoort te wees om “wetenskaplike kennis te maksimaliseer, terwyl die menslike voetspoor geminimaliseer word”. Daar bestaan ook kommer oor die volgende geslag Antarktiese navorsers, aangesien die onsekerhede en lang periodes van isolasie wat deel van die werk in Antarktika is, veroorsaak het dat baie wetenskaplikes in die jongste tyd die navorsingsveld verlaat het. Dit maak dit moeilik om jong navorsers te werf.

Die outeurs van hierdie Nature kommentaar doen ’n beroep vir ’n hernude verbintenis tot die gees van samewerking soos wat dit verklaar was deur die stigtersnasies van die Antarktiese Verdrag meer as 50 jaar gelede (Suid-Afrika was ’n stigterslid). Dit sou insluit wyer internasionale vennootskappe; beter samewerking om wetenskap en infrastruktuur te befonds en verbeterde kennisuitruiling. Hulle kom tot die gevolgtrekking dat die suidelike pool gemeenskap moet gesamentlik optree indien hulle sommige van hierdie dringende kwessies wat die samelewing bedreig, wil aanspreek.

Navorsing

Prof Don Cowan met ‘n draagbare Antarktika laboratorium

Antarktiese FeiteAntarktika verteenwoordig 10% van die wêreld se oppervlakte, meer as 90% van die aarde se ys en 70% van die aarde se vars water.  

Die Antarktiese ysplaat bevat ongeveer 26.5 miljoen km3 ys wat vir duidende jare stabiel was, maar dit smelt nou vinniger as ooit. Indien dit heeltemal sou smelt sou wêreldwye seevlak met tiendes van meter styg (http://nsidc.org/cryosphere/quickfacts/icesheets.html).

Die kontinent het amper 18 000 km kuslyn en is die enigste oseaan wat die planeet omring.

21 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Wat het maanhaarjakkalse (ook bekend as erdwolwe) en walvisse

met mekaar gemeen? Albei is kieskeurige eters, soveel so dat

hulle oor en oor dieselfde voedingstowwe eet. Soos wat die geval

met sommige walvisse en plankton is, net so sal maanhaarjakkalse

eerder minder eet as om sy spyskaart af te wissel en enigiets anders

as hul gunstelingtermiete te eet.

Dit is een van die bevindinge van die maanhaarjakkalsnavorser,

dr Low de Vries van die Universiteit van Pretoria se Soogdier-

navorsingsinstituut, nadat hy ses jaar lank hierdie kleinste lid van

die familie Hyaenidae bestudeer het. Terselfdertyd het hy die mees

omvattende studie tot dusver gedoen oor die eetgewoontes van

die maanhaarjakkals en hoe dié dier sy tuis- en voedingsgebied met

ander van dieselfde spesie deel.

Dr De Vries het in September vanjaar sy doktoraat in Dierkunde aan

die Universiteit van Pretoria verwerf. Hy kon egter nie die plegtigheid

bywoon nie, aangesien hy sy langgekoesterde droom verwesenlik

deur ’n jaar saam met Suid-Afrika se jaarlikse navorsingspan op

Marion-eiland deur te bring. Tans samel hy in op hierdie sub-

Antarktiese eiland data in oor die ekologie en bevolkingsdinamiek

van see-olifante, twee spesies pelsrobbe en moordwalvisse.

Wat sy PhD-navorsing betref, het dr De Vries ’n hele paar koue

Hoe meer termiete, hoe gelukkiger is die maanhaarjakkalse

nagte en warm dae op die Benfontein-natuurreservaat naby

Kimberley in die Noord-Kaap deurgebring, om òf termiete en miere

in vanggate te vang, òf die mis van die maanhaarjakkals te versamel

vir latere diepgaande ondersoek in die Universiteit van Pretoria

se laboratorium. Terselfdertyd het hy ook ’n nuwe metode vir die

deeglike ondersoek van mis ontwikkel.

Termiete is nie baie voedsaam nie, en in die kouer maande is hulle

relatief onaktief. Volgens dr De Vries is die maanhaarjakkals dus

teoreties gesproke ’n dier wat te groot is om slegs van termiete te

leef. Sy bevinding is egter dat die groot getalle termiete baie aspekte

van die dier se ekologie voorskryf. Hy sê verder dat min ander

soogdiere se dieet so hoogs gespesialiseerd en selektief soos dié van

die maanhaarjakkals is.’

De Vries is die eerste navorser wat uitgewys het dat maanhaarjakkalse

tog af en toe aan ’n skerpioen sal knibbel. Hy bevestig ook dat hierdie

skaam dier sal waag om ’n groot tipe spinnekop, genaamd die solifugid

of kameelspinnekop. Sy bevinding is egter dat maanhaarjakkalse

steeds feitlik geheel en al op termiete (Trinervitermes trinervoides) as

voedsel staatmaak. Hulle skakel nie sommer oor na ’n ander prooi

nie, selfs nie wanneer termiete skaars is nie.

‘In teenstelling met wat voorheen aanvaar is, kan maanhaarjakkalse,

Volwasse maanhaarjakkals (Foto: dr Low de Vries)

SQUARED2 UP 22

Navorsing

Jong maanhaarjakkals op ’n termiethoop. (Foto: Philip Richardson)

Dr Low de Vries (Foto: Fred Dalerum)

as hulle wil, ’n baie groter verskeidenheid prooisoorte verorber,’

verduidelik hy. ’Maar in plaas daarvan om in droër maande wanneer

daar minder termiete is, meer prooisoorte by hul dieet in te sluit,

verlaag hulle hul metaboliese tempo en kan hulle tot 20% van hul

liggaamsmassa afskud.’

Maanhaarjakkalse kom slegs voor waar daar ook termiete is.

‘Die algemene omvang van ’n maanhaarjakkals se tuisgebied is

inderwaarheid groter as wat verwag kan word van ’n dier van sy

grootte, moontlik om te verseker dat sy beskikbare voedselbron

voldoende is, of om voldoende paringsgeleenthede te verseker,’

mymer hy.

De Vries sê dat ’n dier se tuisgebied kleiner blyk te wees, hoe meer

termiethope daar is, ongeag die grootte van die hope in die gebied.

‘Die tuisgebied van die maanhaarjakkals sal regoor Suid-Afrika wissel

en hang af van hoe volop die termiete is,’ sê dr De Vries. Hy het ook

bevind het dat die maanhaarjakkals goeie buurmanskap beoefen

en toelaat dat tuisgebiede oorvleuel. Mannetjies is ook geneig om

hul lêplek te deel. Dit is teenstrydig met die bevindings van vorige

navorsing in die 1980’s, naamlik dat maanhaarjakkalse redelik

aggressief teenoor bure van naasliggende tuisgebiede kan optree.

Deur sy navorsing het dr De Vries ook ’n interessante ontdekking

gemaak oor die insekte, spinnekoppe en skerpioene wat in droë

gebiede leef. Hy het vasgestel dat temperatuur, eerder as reënval,

’n groter invloed het op hoe volop hulle is en hoeveel verskillende

spesies voorkom – heeltemal in teenstelling met wat in ’n habitat

soos ’n woud die geval is. Dié bevinding is van belang as in ag geneem

word dat diere soos die maanhaarjakkals, erdvark, bakoorjakkals en

witkwasmuishond feitlik geheel en al op sulke geleedpotiges vir hul

hoofmaaltyd staatmaak, en in die lig daarvan dat die droë dele van

Suid-Afrika waarskynlik weens aardverwarming hoër temperature

en droër weersomstandighede te wagte kan wees.

‘Maanhaarjakkalse en ander insekvretende diere staar dalk ’n

afname in die beskikbaarheid van voedsel in die gesig weens

klimaatsverandering, en dit kan hul verspreiding en oorlewing

beïnvloed,’ voorspel dr De Vries.

23 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Mense groet mekaar op hul name. Bottelneusdolfyne doen baie dieselfde – hulle fluit net hul eie deuntjie. ’n Onlangse studie het aan die lig gebring dat Afrika se Bottelneusdolfyne in hul natuurlike omgewing unieke fluite gebruik om met mekaar te kommunikeer.

Navorsing oor die akoestiese kommunikasie van dolfyne in die natuur is nie so algemeen nie en tot op hede was dit nie duidelik of die Afrika Bottelneusdolfyne ’n soortgelyke kommunikasiestelsel gebruik as dolfyne in ander omgewings, al dan nie.

Dr Tess Gridley (UP-postdoktorale navorsingsgenoot) en dr Simon Elwen (UP-navorsingsgenoot) verbonde aan die Universiteit se Soogdiernavorsingsinstituut (SNI) het navorsing op walvisse en dolfyne in Namibië uitgevoer en die Namibiese Dolfynprojek bestuur. Hulle het sedert 2009 die fassinerende lewens van ’n klein groepie Bottelneusdolfyne in Walvisbaai aan die sentraal-Namibiese kus bestudeer.

Volgens dr Gridley belig die navorsing, wat onlangs gepubliseer is, van die eerste uitslae van hierdie studie. Dit toon aan dat individuele dolfyne geneig is om unieke kenmerkende fluite regdeur hul lewe te gebruik, waarskynlik om in kontak te bly en met mekaar te kommunikeer.

Sy sê verder dat dit die eerste keer is dat kenmerkende fluite by enige groep van hierdie spesie wat in Afrika-waters woon, geïdentifiseer is. Dit is ook die tweede groep van hierdie spesie in hul natuurlike omgewing waar die eienskappe van die kenmerkende fluite tot in die fynste besonderhede beskryf word, aldus dr Gridley.

Dolfyne fluit hul eie deuntjie

Foto: Dr Simon Elwen

Die navorsingresultate is vervat in die magister-tesis van hul student, me Hannah Kriesell, wat vroeër vanjaar haar graad aan die Universiteit van Goettingen in Duitsland behaal het.

Opnames van langer as 79 uur, versamel oor ’n tydperk van vier jaar, in die teenwoordigheid van dolfyne is gebruik om ’n katalogus van 28 kenmerkende fluite saam te stel – ongeveer ’n kwart van die dolfynbevolking van Namibië. Daar is ook bewyse gevind van ’n tweestemmige fluit-produksie (dink net as jy twee verskillende deuntjies tegelyk kan fluit). Volgens dr Gridley kom tweestemmige stemproduksie by sommige voëlspesies voor en dit kan moontlik ’n manier wees om die roep na mekaar meer ingewikkeld te maak – ’n goeie ding as jy ’n werklik unieke kenmerkende roep wil hê.

Die studie dui ook aan dat daar ’n toename was in die aantal verskillende kenmerkende fluite wat opgeneem is, wanneer die groepe groter was en daar kalfies in die groep was – wat te wagte kan wees indien die kenmerkende fluite gebruik word om met mekaar te kommunikeer en om te help om kontak tussen die diere te handhaaf, veral tussen die dolfynma’s en hul kalfies.

Die uitslae van hierdie navorsing is belangrik vir toekomstige bestudering van die wyse waarop klank gebruik word en om te bepaal of menslike aktiwiteite die kommunikasie van ons walvis- en dolfynbevolkings beïnvloed. Dit is veral belangrik in Walvisbaai waar die impak van menslike aktiwiteite die klein groepie Bottelneusdolfyn bedreig. Navorsers van die Soogdiernavorsingsinstituut se Namibiese Dolfynprojek hoop om die veranderinge in dolfyngedrag wat verband hou met sodanige moontlike stresfaktore te monitor.

23 SQUARED2 UP

24 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

’n Enkele vyandige skepseltjie is besig om verwoesting onder beeste in al die belangrikste veeproduksieprovinsies van Suid-Afrika te saai. Dr Christine Maritz-Olivier van die Departement Genetika is die leier van ’n groep nagraadse studente wat sukses behaal met die vind van ’n oplossing vir die verligting, en hopelik die uitroei, van die huidige beesbosluisprobleem. Hul werk sluit ’n diens aan boere in betreffende die keuse van dipstowwe waarteen daar nog nie weerstand op hul plase nog opgebou is nie, asook oor inentingsontwikkeling teen die parasiet. Gesamentlik blyk dit ’n kragtige wapen te wees waarmee hierdie parasiet nie rekening kan hou nie. Dié diens strek nie net tot die boer se voordeel nie, maar verryk ook die groep se navorsingsdata.

Voorheen was die beesbosluis, Rhipicephalus microplus se teenwoordigheid in die grootste deel van Afrika redelik beperk, maar dit is met die invoer van beeste in Suid-Afrika ingebring. Hierdie parasietplaag besmet nie net gebiede wat voorheen nie geraak is nie, maar verplaas nou die minder aggressiewe endemiese bosluisspesie in groot gedeeltes van oostelike en suidelike Afrika. Daarbenewens dra dit dodelike siektes, soos rooiwater en galsiekte oor, wat ’n direkte bedreiging vir boere se bestaan inhou en ook ’n indirekte invloed op die Suid-Afrikaanse ekonomie het. Die

Navorsing oor bosluise hou groot voordele in

Dr Christine Maritz-Olivier

doeltreffende beheer van hierdie bosluis, asook die siektes wat dit oordra, word erg bemoeilik omdat dit vinnig weerstand teen chemiese dipstowwe opbou. Dr Maritz-Olivier noem dat boere dikwels nie die doeltreffendste dipchemikalieë koop nie, maar eerder dié wat goedkoper en minder doeltreffend is.

Dr Maritz-Olivier se span doen DNS-analises van bosluismonsters wat na die genetiese laboratorium by UP gestuur word, en bepaal op hierdie manier wetenskaplik die DNS-reekse weerstandige gene. Dit is dan moontlik om vas te stel watter dipstowwe nie gebruik moet word nie. Deur die insluiting van bykomende DNS-toetse bestudeer hulle die genetiese diversiteit van hierdie bosluissoort, wat dan ook tot die ontwikkeling van hul inentingstrategie bydra, aangesien hulle die entstof kan aanpas om doeltreffend te wees teen die spesies wat die meeste in Suider-Afrika voorkom. Die entstof wat reeds deur die UP-span ontwikkel is, lewer positiewe resultate – dit het die getal bosluise op beeste met minstens twee derdes laat afneem. Tans word die entstof verbeter, sodat dit ook die biovermoë van bosluiseiertjies inperk, wat beteken dat die klein bosluisies wat uitbroei nie sterk genoeg is om die beeste weer te besmet nie.

Lande oor die hele wêreld heen, wat grootliks

van beesboerdery afhanklik is, en dit geld vir die meeste Afrika-lande, het ’n dringende behoefte aan ’n oplossing om R. microplus te beveg, en in hierdie verband gee die UP-navorsingspan die toon aan. Hul navorsing is die eerste wat nuwe genetiese merkers ontwikkel wat spesifiek die genetiese diversiteit van die spesie ondersoek. Wat internasionale navorsing betref, is dit van waarde, aangesien al die soorte van hierdie spesie nog nie bekend is nie. Die span, in samewerking met die wêreldwye dieregesondheidmaatskappy Zoetis, het ’n akarisied-(mytdoder-)diagnostiese toets gepatenteer en stel dit tans aan verbruikers bekend.

Dit is verblydend dat departemente van verskillende fakulteite by UP, wat navorsing betref, saamwerk in die strewe na beter kruisgrensresultate. Dr Maritz-Olivier se groep het ook kragte saamgespan met twee departemente van die Fakulteit Veeartsenykunde om seker te maak dat die vyfjaardoelwit bereik word om ’n hele pyplyn daar te stel vir die produksie van veeartsenykundige entstof, ten einde vernietigende bosluisspesies soos hierdie, en die verwante siektes wat deur bosluise versprei word, te beveg. Deur interdissiplinêre navorsing word ’n grondige begrip van die vektor, sy oorgedraagde siektes en die verskillende behandelings ’n werklikheid.

25 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Suid-Afrika is ’n vrugbare land, en daarom ontstaan die vraag waarom ons tot dusver nie in staat was om ons bevolking op ’n doeltreffende manier te voed nie. Volgens mnr Shaun Berry van BASF-Becker Underwood, ’n maatskappy wat in vennootskap met die Universiteit van Pretoria (UP) en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye by ’n gesamentlike navorsingstoekenning betrokke is, word daar tans nie genoeg navorsing gedoen om nuwe tegnologie vir Suid-Afrikaanse boere te ontwikkel nie.

Ten einde die situasie te verlig, het die maatskappy ’n bedrag van $200 000 oor ’n tydperk van vier jaar (vanaf 2013) ter ondersteuning van UP-studente se navorsingstoekenningsprojekte in landbouwetenskappe bewillig. Hierdie toekennings dra by om ’n netwerk van gekwalifiseerde personeel vir die registrasie van landbouprodukte te ontwikkel.

Tydens die bekendstelling van die program in 2013 het Daniel Krohn, leier in wêreldwye volhoubaarheid by Becker Underwood, gesê: ‘Ons het bykans ’n jaar lank ondersoek ingestel na beleggingsgeleenthede in opvoedkundige stelsels in die gemeenskappe waar ons werksaam is, en het die geleentheid raakgesien om in ’n vennootskap met UP te tree en om op dié manier aandag aan die vaardigheidstekort in die Suid-Afrikaanse landboumark te gee. Ons is oortuig daarvan dat ons belegging ’n jonger geslag opgeleide, navorsingsgedrewe landbouleiers sal oplewer, wat noodsaaklik is indien die land op wêreldvlak mededingend wil wees.’

Die program is aangevoor deur Becker Underwood, wat sedertdien deur BASF verkry is, ’n chemiese maatskappy met ’n portefeulje wat strek van chemikalieë, plastiekprodukte, prestasieprodukte en gewasbeskermingsprodukte tot olie en gas. Hierdie verkryging het geensins die navorsingstoekenningsprogram beïnvloed nie en dit maak steeds deel uit van die maatskappy se inisiatief vir volhoubare ondernemings (die maatskappy se Sustainable Ventures Initiative) – ’n program wat op die belegging van hulpmiddele in volhoubare ontwikkelingsgeleenthede gemik is.

By ’n geleentheid wat onlangs deur die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid gereël is, kon ’n paar van die studente wat voordeel uit die toekenningsprogram trek, verteenwoordigers van Becker Underwood, BASF en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye op hoogte bring van die vordering wat hulle tot dusver met hul navorsingsprojekte gemaak het.

Die projekte wat tans onderneem word, sluit die volgende in:Me Makgolane, ’n MSc-student in Plantpatologie aan UP, ondersoek die gekombineerde gebruik van plantgroei-bevorderende risobakterieë en swamdoders met gebruikmaking van koring- en fusarium-wortelvrot as ’n modelstelsel.

Me Motileng, wat tans met ’n MSc in Entomologie besig is, evalueer die moontlike gebruik van botaniese essensiële olies in die bestuur van die mieliekewer en die groter graanboorwurm.

Mnr Mutengwe, ’n PhD-student in Gewasbeskerming, is besig met ’n risiko-analise van die maksimum residu limiet vir vars vrugte en blaargroente in die plaaslike varsprodukte- en kleinhandelmark in Suid-Afrika.

Nuwe generasie navorsingsgedrewe leiers in landbou

Me Mahlangu is tans besig met ’n MSc-graad in Veeartsenykunde, wat die ondersoek van Suid-Afrikaanse plante vir aktiwiteit teen salmonellose behels.

Die studente doen almal waardevolle navorsing op die gebied van landbou en voeding, en vir sommige van hulle is dit finansieel baie moeilik. Ten einde die vordering van die program te dokumenteer, het die maatskappy ook ’n video-opname (‘Getting there, Social Ventures Program’) gemaak, wat onderhoude met ’n paar van die deelnemende studente en hul families insluit. Die onderhoude is in hul tuisdorpe gevoer.

Peter Innes, wat ten tye van die aanvang van die projek die Hoofuitvoerendebeampte van Becker Underwood was, het destyds gesê: ‘Ons het die wonderlike geleentheid om die talent van mense te ontwikkel wat deur hul deelname aan die gesamentlike program ’n positiewe invloed op Suid-Afrika kan hê. Ons het die geleentheid om aan die wêreld te toon dat vennootskappe soos hierdie met UP en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye moontlik is en positiewe resultate tot die voordeel van ’n breër gemeenskap kan oplewer.’

As die gehalte van die navorsing deur die UP-studente wat deel van hierdie program is ’n aanduiding is van die gehalte van die beroepslui wat ons in die toekoms in Suid-Afrika se landbousektor te wagte kan wees, kan ons uitsien na wesenlike vooruitgang op hierdie gebied in ons land.

Volgens prof Lise Korsten, programorganiseerder by die UP se Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid, beplan die Universiteit om hierdie vennootskappe uit te brei om seker te maak dat die regering voldoende bekwame personeel het om ’n lewensvatbare en sterk landbousektor te ondersteun. ’n Nuwe kapasiteitbouprogram vir sanitêre en fito-sanitêre dienste word ook ontwikkel, en daarbenewens is ’n laboratoriumakkreditasieprogram vir akademici onlangs by UP van stapel gestuur.

Prof Lise Korsten

26 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Klimaatsverandering en toekomstige voedsel ... ’n Onlangse PhD-gegradueerde van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe se fokus was op hoe klimaatsverandering tamatieboere in Limpopo sal beïnvloed.

Die Limpopo Provinsie produseer 66% van die totale jaarlikse tamatie-tonnemaat wat in Suid-Afrika gekweek word. Die provinsie word ook geag spesifiek kwesbaar te wees vir die impak van klimaatsverandering, gedeeltelik omdat dit blootgestel is aan buitengewone weerstoestande. ’n Nuwe studie demonstreer die omvang waartoe huidige klimaatsverandering-scenarios moontlik ’n impak op tamatieproduksie sal hê en stel moontlike metodes aan boere voor om die impak daarvan te beperk.

Vir sy doktorale tesis het Freddy Milambo Tshiala van die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie by die Universiteit van Pretoria begin deur te bepaal hoe klimaatsverandering die verspreiding van ’n tamatieplaag – ’n spesie van die blaarvretervlieg – in die Limpopo Provinsie sal beïnvloed. Tshiala het van verskillende populasie-parameters en temperatuurveranderlikes oor verskillende klimaatperiodes gebruik gemaak ten einde sy data te kan prosesseer. Hy het in fyn besonderhede ’n analise van seisoenale tendense in minimum en maksimum temperature, sowel as die daaglikse temperatuurwisseling oor die Limpopo Provinsie vir die periode 1950-1999 gemaak.

Daaglikse data vanaf 30 opnamestasies is gebruik om die tendense te analiseer. Gedurende die 50 jaar-periode was daar ’n algehele toename van 0.12°C per dekade in die gemiddelde jaarlikse temperatuur vir die 30 opnamestasies. ’n Oneweredige patroon van temperatuurverandering

Limpopo se tamatie-kwekers moet klimaatverandering in die oë staar

Beeldkrediet: Ajith_chatie at Flickr onder ’n Creative Commons license

Freddy Milambo Tshiala

was ooglopend waarneembaar oor die verskillende opnamestasies. Die seisoenale tendense toon ’n wisseling in gemiddelde temperatuurtoenames van omtrent 0.18°C per dekade in die winter en 0.09ºC per dekade in die somer. Die betekenisvolheid van hierdie werk lê in die koppeling van temperature met die hidrologiese siklus.

Die langtermyn temperatuurwisseling is voorgestel deur die liniêre tendense in die datarekords te verreken. Alhoewel die wisseling van temperatuurtendense ’n ruimtelike afhanklikheid blootlê, is die tendense ongetwyfeld eg en die waarskuwing is ernstig genoeg om ’n betekenisvolle impak op die hidrologie en ekosisteem van die streek te hê.

In hierdie studie is dit gedemonstreer dat gereelde blootstelling aan droogtes veroorsaak dat landbouproduksie uit ekwilibrium raak met seisoenale toestande. Daarom word dit aanbeveel, veral vir die meeste kleinboere, dat hulle hul grondverbruik by klimaatwisseling moet aanpas. Ten einde tamatieopbrengste te handhaaf of te verhoog, gegewe die voortdurende tendense van klimaatsverandering, behoort studies onderneem te word om sodoende huidige opbrengsdrumpels te bepaal, en om in die toekoms behulpsaam te wees met die selektering van toepaslike aanpassingstrategieë en om tamatie-aanplantingsisteme te ondersteun.

In hierdie navorsing was temperatuur die klimaatsfaktor wat bestudeer is om die impak van klimaatwisseling op tamatieproduksie in die Limpopo Provinsie te bepaal. Die aanbeveling aan toekomstige navorsers sou wees om die omvang van die navorsing uit te brei deur ander faktore soos byvoorbeeld reënval, humiditeit of waterdamp by te voeg.

Volgens die Intergovernmental Panel on Climate Change (IPCC) sal Afrika die swaarste deur klimaatsverandering getref word, want groot areas kan getref word deur verminderde opbrengste van meer as 50% teen die jaar 2020, omdat die klimaat warmer en droër word. Dit sal voedselsekerheid en die lewensmiddele van mense in die meeste dele van Afrika bedreig.

27 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Afrika-perdesiekte (APS) is endemies in Afrika en het tot gevolg gehad dat daar jare lank ’n verbod op die uitvoer van lewende perde na onbesmette lande was. Dié siekte affekteer alle perderasse, muile en donkies, en het ’n baie hoë sterftesyfer.

Die virus wat die siekte by perde veroorsaak, word deur baie klein muggies versprei, wat van bloed leef en aan die genus Culicoides behoort. Die spesie wat meesal in Gauteng voorkom, is Culicoides imicola, terwyl Culicoides bolitinos meer volop is in koeler gebiede, soos dele van die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Navorsing wat deur die Universiteit van Pretoria (UP) se Departement Dierkunde en Entomologie, in samewerking met die Landbounavorsingsraad (LNR) en die Veeartsenykundige Instituut by Onderstepoort onderneem is, het bevind dat die oorvloedige voorkoms van hierdie twee spesies muggies in die onderskeie gebiede ten minste gedeeltelik aan die verskil in hul vermoë om koue temperature te weerstaan, toegeskryf kan word.

In 1997 is ’n gebied waarin APS beheer word, asook ’n klein vrysone, is die Wes-Kaap tot stand gebring om dit moontlik te maak om perde na lande in die Europese Unie (EU) uit te voer. Hierdie handel is egter reeds verskeie kere onderbreek as gevolg van die voorkoms van APS in die beheerde gebied (maar nooit in die vrysone nie). Aangesien APS in Suid-Afrika seisoenaal endemies is – dws dit kom hoofsaaklik tydens die warm reënseisoen voor wanneer muggies volop is, en verdwyn na die eerste rypneerslag (wat die muggies laat vrek) – maak dit sin om te aanvaar dat temperatuur ’n faktor kan wees in die lewensiklus van die organismes wat die virus van een besmette dier na ʼn ander oordra. Arné Verhoef, ’n nagraadse student by UP, het navorsing gedoen oor die uitwerking van temperatuur op die vektore wat die APS-virus versprei – in dié geval muggies van die twee spesies C. imicola en C. bolitinos. Die studie is onder leiding van dr Gert Venter, ’n Buitengewone Professor in die Departement Veterinêre Tropiese Siektes, en dr Chris Weldon, ’n dosent in die Departement Dierkunde en Entomologie by UP, onderneem. Die bevindinge van die studie is in die opetoegangvaktydskrif Parasites and Vectors gepubliseer.

Navorsing oor invloed van temperatuur op vektore van perdesiekte gedoen

Afrika-perdesiekte word deur baie klein klein muggies versprei wat van bloed leef en aan die genus Culicoides, behoort (Foto: Dr Chris Weldon)

’n PhD graad in Wiskunde is aan Dr Madelein Basson, ’n junior dosent in die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde toegeken gedurende die September gradeplegtighede. Sy het haar graad in minder as drie jaar voltooi. Dr Basson het ’n ekonomiese klas vlugkaartjie ontvang om enige konferensie van haar keuse by te woon.

Dr Basson het in 2005 haar studies aan die Universiteit van Pretoria begin, waar sy ’n BSc cum laude in Toegepaste Wiskunde ontvang het. Hierna het ’n BSc(Hons) in Toegepaste Wiskunde en later ’n MSc cum laude in Toegepaste Wiskunde gevolg. Sy het in 2012 vir haar PhD in Wiskunde geregistreer en het dit vroeg in 2014 voltooi.

Sy het ook by die Gesamentlike Kongres van

PhD word aan junior dosent toegeken

Dr Madelein Basson en haar studieleier, prof Van Rensburg

In bogenoemde artikel het die navorsers gerapporteer dat volwasse C. imicola hul vermoë om te beweeg onder koue toestande verloor, wat veroorsaak dat groot getalle vrek. In die geval van C. bolitinos is dieselfde resultaat gevind, maar dié spesie het teen baie laer temperature gevrek as wat die geval was met C. imicola. Die navorsers het tot hul verbasing gevind dat sommige volwasse C. bolitinos teen ’n temperatuur van so laag as -6 C kan oorleef, terwyl C. imicola by dieselfde temperatuur heeltemal uitgesterf het. Daar is verder bevind dat die twee spesies se vermoë om in warm toestande te oorleef, ’n taamlike sterk ooreenkoms toon.

Verdere navorsing moet nog gedoen word oor die omgewingsveranderlikes wat die oorvloedige voorkoms van vektore van die APS-virus beïnvloed, maar op grond van die resultate van hierdie studie wil dit voorkom of die verspreiding en voorkomsdigtheid van C. imicola moontlik deur hul betreklik lae weerstand teen laer temperature beperk word. Die resultate ten opsigte van C. bolitinos dui daarop dat hulle meer weerstandig is teen uiterste temperatuurveranderinge. Dit het aanleiding gegee tot die hipotese dat die termiese biologie van ander stadiums in hul lewensiklus moontlik die omvang van hul voorkoms kan bepaal. Die meer volledige inligting oor die uitwerking van temperatuur op die lewensiklus van hierdie muggies kan navorsers help om meer realistiese risikokaarte vir APS in Suid-Afrika te skep. Sodoende word lig gewerp op die uitwerking van klimaatverandering op die teenwoordigheid en verspreiding van hierdie en ander virussiektes.

Lees die volledige artikel in die vaktydskrif Parasites and Vectors.

die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse Wiskunde Verenigings in 2011 die eerste plek in ’n kompetisie behaal vir die beste voorlegging deur ’n meestersgraad-student.

In haar tesis getiteld “Error analysis for Galerkin finite element approximations of general second order hyperbolic equations” het sy ’n algemene konvergensie teorie vir ’n klas van probleme daargestel waarna verwys word as tweede-orde hiperboliese vergelykings. Dit sluit die komplekse stelsels van gedeeltelik-differensiële vergelykings in wat voorkom wanneer strukture wat uit elastiese dele bestaan, begin om te vibreer.

Twee artikels is al oor haar navorsing gepubliseer, en dele daarvan is op nasionale en internasionale konferensies voorgedra.

28 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Chemoterapie en bestraling wat tans in die stryd teen kanker gebruik word, val nie net kankerselle aan nie, maar ook normale selle, en dit lei tot newe-effekte vir die pasiënte wat behandel word. UP se wonderpaartjie, professors Annie en Fourie Joubert, het in 2005 besluit om hul kundigheid in onderskeidelik biochemie en bioïnformatika saam in te span in die strewe om ’n nuwe kankerteenmiddel wat net kankerselle aanval, te ontwikkel. Saam met hul nagraadse studente, en met samewerking op nasionale en internasionale vlak, het hulle tot dusver resultate verkry wat groot belofte vir die ontwikkeling van ’n kankerteenmiddel inhou.

Bors- en servikale kanker kom baie algemeen in Suid-Afrika voor. Fourie en Annie se navorsing is hoofsaaklik toegespits op die middele wat die groei van hierdie kankerselle teiken sonder om normale selle te beskadig. Ten einde die vermeerdering van kankerselle te stop, moet die komponente wat aktief betrokke is tydens seldeling, bestudeer word. ’n Spesifieke deel van die sel wat as die mikrotubule bekend staan, speel ’n belangrike rol tydens mitose. Daarom is dit belangrik om die dinamika van kankerselmikrotubules te ontwrig ten einde selgroei te onderdruk of te stop. ’n Middel wat nie net mikrotubule-dinamika ontwrig nie, maar ook met die vorming van nuwe bloedvate inmeng (angiogenese), sal ’n bykomende voordeel vir navorsing oor kankerterapie inhou. Sonder angiogenese word die toegang van voedingstowwe na selle belemmer, baie soos wanneer ’n plant se wortels afgesny word, en dit veroorsaak dat selle doodgaan.

As Direkteur van die Sentrum vir Bioïnformatika en Rekenaarbiologie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het prof Fourie Joubert sy kennis van rekenaarmetodes gebruik om, met die oog op die

UP se wonderpaartjie takel kanker

Professors Annie en Fourie Joubert

ontwikkeling van nuwe kankerteenmiddels, op ’n beter manier vas te stel hoe selle op verskeie chemiese verbindings sal reageer. André Stander, ’n PhD-student wat onder prof Joubert studeer, het antimitotiese agente in silico ontwerp deur van bioïnformatika-sagteware gebruik te maak. Hierdie studie het tot die ontwerp van nuwe verbindings gelei wat moontlike teenkankerkenmerke toon. Die chemiese sintese van die middele is deur iThemba Pharmaceuticals Edms (Bpk) uitgevoer.

Prof Annie Joubert van die Departement Fisiologie (Fakulteit Gesondheidswetenskappe) het met die ondersteuning van haar navorsingsmedewerkers en nagraadse studente hierdie studie verder gevoer. Hulle doen tans in vitro sellulêre en molekulêre studies om die moontlike teenkankerdoeltreffendheid van hierdie nuut-ontwerpte verbindings te bepaal in soverre dit bors- en servikale kankerselle aangaan. Een van haar PhD-studente, Joji Theron, was onlangs in Grenoble, Frankryk, om toetse te doen om die teenkankerdoeltreffendheid van sommige van hierdie verbindings te bepaal. Die navorsingsprojek het reeds suksesvol gevorder tot op die punt waar die effek van die middele op mensbloedselle geassesseer word. Die verdere kliniese ondersoek van teenkankerdoeltreffendheid vereis in vivo-studies met die gebruikmaking van muismodelle, en daar sal na verwagting in 2015 in samewerking met navorsers by Onderstepoort aandag hieraan gegee word. Verskillende kankermerkers sal gemeet word en die moontlike afname in tumorgrootte sal geassesseer word, ten einde die doeltreffendheidsvlakke van hierdie middele te bepaal.

Kanker is ’n niediskriminerende siekte, maar danksy die toegewydheid van professors Annie en Fourie Joubert is ons bemoedig en hoopvol wat die toekoms van kankerteenmiddelnavorsing betref.

29 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Professors John Taylor, Riëtte de Kock en Gyebi Duodo, almal navorsingsgenote van die Universiteit van Pretoria (UP) se Institusionele Navorsingstema vir Voedsel, Voeding en Gesondheid, en verbonde aan die Departement Voedselwetenskap, het ’n mededingende toekenning ontvang in ’n reeks projekte wat die beste idees en strategieë verteenwoordig wat wêreldwyd gegenereer is om oplossings te vind vir die probleem van honger en wanvoeding in sommige van die wêreld se mees meedoënlose landboustreke.

Die internasionale samewerkende projekte wat gekies is, en wat deur die Feed the Future Innovation Lab for Collaborative Research on Sorghum and Millet befonds word, beoog om deur die verbetering van produksie en waardetoegevoegde produkontwikkeling ’n bydrae te lewer om ’n groter mate van voedselsekerheid, huishoudelike aanpas-baarheid en privaatsektorgroei in Etiopië, Senegal en Nigerië te verseker.

Na afloop van ’n streng mededingende keuringsproses wat aanbevelings deur die Laboratorium se eksterne adviesraad en dosyne ad hoc-beoordeelaars ingesluit het, is slegs tien van die 58 voorstelle wat ontvang is uiteindelik gekies. UP was die enigste Suid-Afrikaanse universiteit wat gekies is om saam te werk.

UP gaan saamwerk aan projek om honger en wanvoeding die hoof te bied

‘Hierdie projekte verteenwoordig die beste idees en strategieë wat van regoor die hele wêreld ontvang is om die probleem van honger en wanvoeding in sommige van die mees problematiese landboustreke op aarde die hoof te bied. Die proses sal geduld, harde werk en toewyding verg, en ons het ’n fantastiese span saamgestel om oplossings vir hierdie probleme te probeer vind,’ het Timothy Dalton, Direkteur van die Laboratorium en ook medeprofessor in Landbou-ekonomie aan die Kansas State University, gesê.

Die projek waaraan UP met die Texas A&M University in die VSA en Etiopië se Hawassa Universiteit sal saamwerk, sal fokus op ‘Die ontwikkeling van uitmuntende funksionaliteit op die gebied van sorghum vir gebruik as ’n voedingsbron ten einde die sorghum-waardeketting in Etiopië te verbeter’. Professor Joseph Awika van die Texas A&M University, wat reeds voorheen met sorghum-navorsers van UP se Departement Voedselwetenskappe saamgewerk het, sal die hoofnavorser vir die projek wees. ’n Bedrag van $809 941 is vir hierdie projek bewillig.

Die Feed the Future Innovation Lab for Collaborative Research in Sorghum and Millet is ’n konsortium van vooraanstaande

Prof John Taylor Prof Riette de Kock Prof Gyebi Duodu

navorsers wie se doelwit dit is om die

gehardheid van sorghum en pêrelmanna en

dié gewasse se vermoë om by die halfdor

klimate van Oos- en Wes-Afrika, veral Etiopië,

Senegal en Nigerië, aan te pas en te verbeter.

Die Laboratorium, wat in Julie 2013 by

die Kansas State University op die been

gebring is, dra by wyse van tegnologieë en

kennis by tot die aanpassing, gehardheid

en groter winsgewendheid van sorghum-

en manna-gebaseerde produksiestelsels en

waardekettings. Dit word gesteun deur ’n

bydrae deur die United States Agency for

International Development (USAID) as deel

van Feed the Future, die VSA-regering se

wêreldwye inisiatief om honger te bekamp

en voedselsekerheid te verseker (www.

feedthefuture.gov).

Die Laboratorium vorm ’n skakel tussen

universiteite en navorsingsorganisasies in die

VSA en ander lande in ’n gesamentlike poging

om menslike en institusionele kapasiteit in

Etiopië, Nigerië en Senegal te bou en te sorg

dat sorghum en pêrelmanna die gewasse

van die toekoms word. Verdere inligting oor

die Sorghum and Millet Innovation Lab is

beskikbaar by http://www.k-state.edu/smil

30 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) van die Universiteit van Pretoria (UP) is die dryfkrag agter ’n belangrike inisiatief wat ten doel het om die toereikendheid van voedsel, betreffende kwantiteit en kwaliteit, wat vir die Suid-Afrikaanse publiek beskikbaar is, te verseker.

Die huidige gebrek aan bewyse rakende voedselveiligheidstandaarde in Suid-Afrika het prof Lise Korsten, verbonde aan die IFNuW aangespoor om aandag te skenk aan die behoefte aan deeglike en akkurate meting en beoordeling van voedselveiligheidstandaarde op alle vlakke van die voedselvoorsieningsketting. UP-navorsers betrokke by die breë domein van voedselsekerheid het ’n paneel saam met kundiges van die IFNuW gevorm om kennis uit te ruil en landwye veranderings te bespreek.

Die IFNuW erken die belangrikheid van geakkrediteerde geriewe en stelsels in die voedselbedryf vir die verskaffing van toereikende voedselveiligheidstandaarde en het daarom in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel (SANAS) getree. As ’n navorsings- en opleidingsfasiliteit moet die IFNuW mense aan die akkreditasielandskap bekendstel en die belangrikheid van laboratoriumakkreditasie en goeie laboratoriumpraktyk beklemtoon.

Danksy hierdie vennootskap is ’n inisiatief vir die ontwikkeling van kapasiteit in voed-selveiligheid en laboratoriumakkreditasie van stapel gestuur, en SANAS ken nou beurse toe aan UP-studente en bied ook mentorskapprogramme aan. Hierdie programme sluit in opleiding in wat verband hou met gehalte-infrastruktuur en internasionale akkreditasieliggame en verskaf ook blootstelling aan loopbane in laboratoriumakkreditasie, soos byvoorbeeld assessors en tegniese kundiges. Twee UP-honneursstudente, Ntombifuthi Tina Nkosi (op die gebied van Mediese Fisika) en Sphumelele Felicity Mkhize (op die gebied van Plantpatologie) het SANAS-beurse vir 2014 ontvang.

Die Instituut hoop dat ’n akkreditasie-raamwerk by alle akademiese instellings geïmple-menteer sal word en dat hul nie-geakkrediteerde laboratoriums daarby sal inskakel. Indien instellings kennis dra van die akkreditasieraamwerk, sal dit hulle in staat stel om goeie laboratoriumpraktyke

IFNuW voer nasionale akkreditasie-inisiatief aan en baan weg vir loopbane vir studente

te implementeer (soos om te verseker dat omgewingstoestande geskik is en dat toerusting geskik, gekalibreer en in stand gehou is), al is hulle laboratoriums nie geakkrediteer nie. Dit sal help om goed-opgeleide en doeltreffende persone op te lewer wat beheer sal kan uitoefen. Met 11 laboratoriums in verskillende fakulteite wat deur SANAS geakkrediteer is, gee UP die toon aan onder tersiêre instellings en stel sodoende ’n goeie voorbeeld.

Hierdie inisiatief is nie net tot voordeel van die inwoners van Suid-Afrika nie, maar kan ook as ’n model dien vir ander lande op die vasteland, wat belegging in die vermoë van jongmense betref, veral met die oog op loopbaankeuses (wat strek vanaf produksie tot beleidmaking) op die unieke gebied van voedselsekerheid.

Die dryfkrag agter hierdie inisiatief en vennootskap, prof Lise Korsten, was al by

Prof Lise Korsten (IFNuW)

Prof Sheryl Hendriks (Direkteur: IFNuW)

drie geleenthede die ontvanger van UP se Toekenning vir Uitnemende Prestasie, en het ook twee keer spesiale erkenning van SANAS ontvang vir haar beduidende bydrae tot die verbetering en bevordering van SANAS-akkreditasie.

Sy het voorheen op die raad van die Nasionale Laboratoriumvereniging, die Naoes-innovasieprogram (Post-harvest In-novation Programme) van die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Uitvoerdersforum vir Varsprodukte gedien. Prof Korsten is ’n lid van die Spesialis Tegniese Komitee van SANAS. Sy is ’n professor in die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en staan aan die hoof van die IFNuW se program, “Versekering van veiliger voedsel deur doeltreffende beheer en regulering”. Prof Korsten is ook aangewys as lid van die Internasionale Vereniging vir Plantpatologie (ISPP) en is die voorsitter van die Taakmag vir Wêreldwye Voedselsekuriteit (Global Food Security Task Force).

Die Suid-Afrikaanse regering verleen erkenning aan SANAS as die enigste nasionale liggaam vir die akkreditering van laboratoriums, sertifiseringsliggame, inspeksieliggame, skemaverskaffers vir bekwaamheidstoetsing, asook toetsfasiliteite vir goeie laboratoriumpraktyk, en het die opdrag om toe te sien dat alle verwante take met bekwaamheid en ooreenkomstig die Wet op Akkreditasie vir Konformiteitassessering, Kalibrering en Goeie Laboratoriumpraktyk, 2006 (Wet 19 van 2006) (Accreditation for Conformity Assessment, Calibration and Good Laboratory Practice Act) uitgevoer word.[1]

[1] http://home.sanas.co.za/ 

31 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Nuwe navorsing gelei deur Queen’s University, Belfast, Noord Ierland, wat ondersoek ingestel het na die wyse waarop jagluiperds hulle energie verbrand beweer dat menslike aktiwiteit, eerder as groter jagdiere, hulle mag dwing om meer energie te moet verbruik en dat dit gevolglik die oorsaak van die afname van hulle getalle mag wees.

Die Universiteit van Pretoria se soogdier-deskundige en navorsingshoof prof Nigel Bennet is die mede-outeur van ’n onlangse artikel wat handel oor die energiekheid van die jagluiperd se jagtegnieke. Die hoofskrywer, dr Mike Scantlebury, verbonde aan Queen’s University, was ’n postdoktorale studiegenoot by UP voordat hy na Belfast verhuis het.

Die wilde jagluiperdgetalle het tot minder as 10 000 gedaal vanaf ’n aanvanklike syfer van 100 000 ’n eeu gelede. Konvensionele wysheid wou dit hê dat groter jagdiere die beskikbare voedselbronne monopoliseer soos wat hulle habitat beperk word. Tradisionele denke wou dit hê dat jagluiperds nie meer voldoende toegang het tot hulle prooi om aan hul enorme energiebehoeftes te voldoen wanneer hulle super-vinnig agter hul prooi aanhardloop nie.

Maar, in die eerste studie van sy soort, wat vandag in die internasionale vaktydskrif, Science, gepubliseer is, kom akademici van Queen’s University, ander universiteite en bewaringsinstellings tot die verassende ontdekking dat jagluiperds oor die algemeen nie noemenswaardig meer energie verbruik as ander soogdiere van dieselfde grootte nie.

Die wetenskaplikes het ook ontdek dat wanneer jagluiperds op soek is na hul prooi, hulle meer energie verbrand as wat hulle verbrand wanneer hulle op skouspelagtige wyse agter hul prooi aanhardloop met die doel om te jag. Dus, in gevalle waar hulle prooi verminder het, of herversprei is a.g.v. menslike impak, word hul vermoë om hulle energiebegroting te balanseer, erg ingeperk.

Die hoofnavorser, dr Michael Scantlebury van Queen’s School of Biological Sciences het gesê

Nuwe navorsing beweer dat mense te blameer is vir vermindering van jagluiperds

Prof Nigel Bennett

SQUARED2 UP 32

Navorsing

dat hulle 19 vrylopende jagluiperds, individueel vir twee weke lank, dwarsoor twee gebiede in Suider Afrika bestudeer het; een is geleë in die Kalahari-woestyn en die een is geleë in ’n natter gebied. Voordat hulle die jagluiperds deurlopend agtervolg het, is die diere met swaarwater ingespuit. Hulle ontlasting is gereeld bymekaar gemaak. Hieruit kon bepaal word hoeveel van hierdie swaarwater hulle daagliks uitskei en so kon die jagluiperds energieverbruik bereken word.

Wat hulle bevind het, was dat die katte se energieverbruik nie wesenlik verskil van ander soogdiere van dieselfde grootte nie – jagluiperds mag wel Ferrari’s wees maar die meeste van die tyd ry hulle stadig. Wat die navorsing aandui is dat hulle energieverbruik hoofsaaklik plaasvind wanneer hulle rondbeweeg, eerder as wanneer hulle hul prooi vang. As ’n mens jouself sou kon indink hoe dit moet voel om dag in en dag uit op en af teen hoë sandduine te loop sonder enige water om te drink, dan sal jy begin om te voel hoe uitdagend hierdie katte se daaglikse lewe moet wees en tog bly hulle verstommend aangepas met ’n uitsonderlike uithouvermoë.

Volgens dr Scantlebury kan hulle ander spesies, soos leeus en hiënas wat hulle prooi afneem, weerstaan. Die realiteit mag egter wees dat menslike aktiwiteit – byvoorbeeld die oprigting van heinings wat hulle vrye beweging inperk of die oormatige jag van hulle prooi – jagluiperds dwing om langer afstande af te lê en dat juis dit, meer as enige ander faktor, hulle energiebegroting benadeel. Hulle navorsing, wat die resultaat van tien jaar se ondersoeke is, stel ernstige vrae rondom die vorige aannames betreffende die faktore wat populasie-volhoubaarheid van groot jagdiere bepaal wat deur uitwissing bedreig word.

Medenavorser, dr Nikki Marks, ook verbonde aan Queen’s University het gesê dat navorsing van hierdie aard hulle help om hul begrip van die uitdagings wat jagluiperds in die gesig staar, te verbeter, soos wat hulle poog om te oorleef. Dit help ook om toekomstige besluite betreffende bewaringstrategieë vir jagluiperds en ander bedreigde diere toe te lig.

Mede-outeur van die manuskrip, dr John Wilson van die North Carolina State University het gesê dat ons al te dikwels ons leeus en hiënas blameer vir die vermindering van jagluiperd-populasies, terwyl dit, om die waarheid te sê, waarskynlik die mens is wat die vermindering van hul getalle veroorsaak. Hy sê dat ’n mens jouself moet indink in hoe moeilik dit moet wees vir ’n klein katjie om sy ma verder en verder deur die woestyn te volg op soek na kos, terwyl sy self moet veg om aan die lewe te bly.

’n Ander sleutellid van die navorsingspan, dr

Gus Mills van The Lewis Foundation het gesê dat na ongeveer ses jaar se bestudering van hierdie diere in die Kalahari ’n mens ’n goeie eerstehandse begrip kry van die uitdagings wat hulle in die oë moet staar ten einde te kan oorleef, selfs sonder die nadelige impak van menslike aktiwiteit.

Die Queen’s-geleide navorsing is in same-werking met Oxford University, Swansea University, Ohio State University, North Carolina State University, die University of Aberdeen, die Universiteit van Pretoria, die Chinese Akademie van Wetenskap, The Lewis Foundation (South Africa), die South African Wildlife Research Expedition en die Zoological Society of London, onderneem. Dit is deur toekennings van die Natural Environment Research Council (NERC) end die Royal Society ondersteun.

Verkry toegang tot die artikel via http://www.sciencemag.org/content/346/6205/79 Hierdie artikel fokus op die manier waarop jagluiperds hulle energie verbruik en

beweer dat dit menslike aktiwiteit is wat

hulle dwing om meer energie te verbruik

en dat dit gevolglik die hoofoorsaak van

die vermindering van hul getalle is. Die

wetenskaplikes het ontdek dat jagluiperds

meer energie verbruik wanneer hulle vir

kos soek, as wat hulle verbruik wanneer

hulle hul prooi vang. Waar hulle prooi

verminder of herversprei is a.g.v. menslike

aktiwiteit, word hulle vermoë om hulle

energiebegroting te balanseer, gevolglik

ernstig ingeperk. Die navorsingspan het 19

vrylopende jagluiperds in twee gebiede in

Suid-Afrika bestudeer. ’n Mediaverklaring

van die Queen’s University in Belfast verskaf

meer inligting oor hoe die wetenskaplikes

die jagluiperds se energieverbruik bereken

het en wat hulle bevind het. Dit kan op

http://www.qub.ac.uk/home/ceao/News/

Title,468006,en.html besigtig word. Die

National Geographic tydskrif se verslag is

beskikbaar by http://bit.ly/1sgejQ3 (Foto:

Gus Mills)

33 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Die koerant, Mail & Guardian (M&G) is besig met ʼn ses maande-lange projek, genaamd Science Voices, wat ten doel het om nagraadse studente te help om hul akademiese skryfwerk in taal aan te bied wat verstaanbaar is en ook deur die breë publiek geniet kan word. Nagraadse studente het hul artikels aan M&G voorgelê en die beste artikels is daaruit gekies en gepubliseer. Twee PhD-kandidate en ʼn MSc-kandidaat van UP se Institusionele Navorsingstema (INT) oor Voedsel, Voeding en Gesondheid is vir hierdie toonaangewende profielbylae van M&G gekies.

Nokuthula Vilakati het ʼn INT-beurs vir haar PhD-studies, terwyl Nicolette Hall en Petrie Jansen van Vuuren aan projekte werk wat finansieel gesteun word deur die INT se strategiese befondsing. Hulle keuring deur M&G getuig van die INT se sukses met die uitbreiding van UP se betrokkenheid by uitnemende navorsing wat gerig is op nasionale prioriteite op die terreine van voedselsekerheid en gesondheid.

Nicolette Hall is besig met haar haar PhD-studies aan die Departement Vee- en Wildkunde. Haar navorsing oor Suid-Afrikaanse lewende hawe betwis die algemene persepsie dat die eet van groot hoeveelhede vleis ʼn negatiewe effek op gesondheid het en dat ʼn hoë vleisinname verantwoordelik is vir klimaatsverandering. Hall se navorsing belig ook die positiewe rol wat lewende hawe in die Suid-Afrikaanse ekonomie speel.

Omdat Suid-Afrikaanse boere voorkeur gee aan beesrasse soos die Nguni, Afrikaner en Bonsmara, wat goed by Suid-Afrikaanse omstandighede aangepas is, is daar ʼn laer impak op die omgewing, vanweë voedingsdoeltreffendheid. Verder wys Hall se navorsing uit dat rooivleis ʼn veel laer vetinhoud het as wat aanvanklik vermoed is. ʼn Rooivleisdieet verminder ook voedings- en mineraaltekorte, soos byvoorbeeld ʼn ystertekort, aangesien rooivleis ryk is aan yster, vitamiene A en proteïene.

Afgesien van die voedingsvoordele wys Hall se navorsing ook op die bydrae wat die produksie van lewende hawe tot die ekonomie lewer, veral ten opsigte van werkverskaffing en ʼn bydrae tot voedselvoorsiening en ekonomiese groei in die hele streek.

Nokuthula Vilakati se navorsing is ook op voedsel gerig. Sy spits haar toe op die globale kwessie van voedseltekorte en ʼn gebrek aan diversiteit in die dieet, wat lei tot wanvoeding in proteïenenergie onder talle jong kinders in ontwikkelende nasies.

Vilakati sê dié probleem die stryd aan deur die formulering van ʼn goedkoop kitsklaar meelsamestelling. Die meel word vervaardig uit plantaardige voedselsoorte, verkry uit plaaslik beskikbare inheemse grane soos sorghum en akkerbone. Die voedingswaarde van die meel is soortgelyk aan dié van nie-inheemse geriefskosse soos mielie- en soja-kitsmeel. Vilakati se kitsmeel bevat 60% meer proteïene as gewone sorghum en akkerbone en met nagenoeg 15 gram proteïene per 100 gram meel voldoen dit aan die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglyne vir voorafverpakte voedsel-formules.

Mail and Guardian kies UP wetenskaplikes as stemme van wetenskap

Mnr Petrie Jansen van Vuuren

As hierdie taankleurige meel, verpak in enkelporsie-sakkies, met warm melk of water gemeng word, verskaf dit aan kinders tussen twee en vyf jaar oud genoegsame energie en voedingstowwe vir hul aanbevole daaglikse dieetvereistes. Vilakati glo dat die meel goed deur plaaslike gemeenskappe aanvaar sal word, omdat dit dieselfde kleur as die sorghum en akkerbone het.

Die gebruik van inheemse graansoorte in die vervaardiging van kitsklaar kos maak dit vir mense in plattelandse gemeenskappe toeganklik. Die voedingswaarde van sulke kos stem verder ooreen met dié van kossoorte wat in ontwikkelde gemeenskappe vervaardig en genuttig word. Bowendien sal plattelandse mense meer geneig wees om ʼn produk te nuttig wat hulle reeds ken. Toekomstige navorsing sal die bekostigbare ontwikkeling van hierdie tegnologie vir kleinskaalse boere op die platteland ondersoek. Vilakati ontvang finansiële steun van die IFNuW-fonds vir die befondsing van haar studies.

SQUARED2 UP 34Me Nokuthula VilakatiMe Nicolette Hall

Navorsing

Die diversiteit van die wetenskap word geïllustreer met ʼn artikel waarin Petrie Jansen van Vuuren ʼn totaal ander tema uitlig. Sy vernuwende navorsing ondersoek die effek van die narkotikum Zolpidem op pasiënte met breinskade. Hy gebruik ʼn breinskanderingsmetode, bekend as SPECT (Single Photon Emission Computed Tomography) wat breinfunksie op ʼn unieke manier weergee deur die bloedtoevoer te meet.

Volgens Jansen van Vuuren is Zolpidem aanvanklik as ʼn slaappil vir gesonde individue ontwikkel. Wanneer dit aan mense met breinskade toegedien word, “… vind daar in 5-6% van gevalle ʼn wonderbaarlike verandering plaas. Dit is dikwels iets gerings soos ʼn verbetering van spraak, of minder spierspasmas, of ’n verbeterde loophouding. In meer ernstige gevalle ontwaak mense uit ʼn vegetatiewe toestand en herwin hul bewussyn nadat hulle maande of selfs jare lank geen response getoon het nie.”

Die studie wil die verandering in bloedtoevoer na die brein by mense wat op die middel reageer en dié wat nie reageer nie, voor en na die Zolpidem-toediening navors. In ʼn unieke bydrae tot die wetenskap wil dit die effek van Zolpidem op bloedtoevoer kwantifiseer met behulp van die prosessering van die SPECT-data. Hierdie studie is op die voorpunt van navorsing, want die effek van Zolpidem op bloedtoevoer deur die brein by menslike individue is nog nooit vantevore gekwantifiseer nie. Die bevindings kan reuse-voordele vir die neurologiese wetenskap inhou.

In daaropvolgende navorsing sal Jansen van Vuuren se studie ondersoek instel na verbande tussen veranderde bloedtoevoer en die omvang van die klinies waarneembare respons. Pasiëntstate sal ook gebruik word om te bepaal watter tipes breinskade die waarskynlikste sal baat by Zolpidem.

Hierdie artikels, wat in M&G gepubliseer is, is op die internet beskikbaar: Nicolette Hall se artikel, “Meatless Mondays might be harmful in SA”: http://mg.co.za/article/2014-08-18-meatless-mondays-might-be-harmful-in-sa

Nokuthula Vilakati se artikel, “A new ready-to-eat twist on old grains”: http://mg.co.za/article/2014-08-15-a-new-ready-to-eat-twist-on-old-grains

Petrie Jansen van Vuuren se artikel, “The sleeping pill that wakes up damaged brains”: http://mg.co.za/article/2014-08-18-the-sleeping-pill-that-wakes-up-damaged-brains

35 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Navorsers van die Universiteit van Pretoria (UP) se Soogdier-

navorsingsinstituut het deur letselpatrone in fyn besonderhede te

bestudeer, die geheimenisse van die migrasies en broeigebiede

van die boggelrugwalvis aan die weskus van Afrika ontrafel. Hulle

onlangse artikel (sien meer besonderhede hieronder) in die Journal

of Mammology verduidelik hoe hulle hierdie patrone op die liggame

van die boggelrugwalvisse gebruik om die migrasieroetes tussen

die voedingsgebiede in die poolstreke en die warmer water van die

voortplantingsgebiede te bepaal.

Volgens dr Simon Elwen, UP-navorsingsgenoot het walvisgetalle

drasties toegeneem sedert die jag van walvisse beëindig is. Hy

verduidelik dat om vas te stel waar baie van hierdie walvisgroepe,

insluitende die aan die weskus van Afrika hulle bevind op hul

migrasieroetes en in hul voortplantingsgebiede, steeds ’n raaisel is.

Medeskrywer, dr Tess Gridley, ’n postdoktorale navorsingsgenoot

by UP sê dat deur na die letsels te kyk wat cookie cutter-haaie en

moordwalvisse op walvisse laat en die aantal bytmerke en letsels

op walvisse met die bekende verspreiding van hierdie roofdiere te

vergelyk, kan ’n mens ’n beter idee kry van die omgewing waar die

walvisse beweeg het voordat hulle die kus bereik het en ook ’n beter

idee kry van waar hulle hul bevind het.

Bytplekke en littekens help navorsers om walvismigrasies te ontrafel

(Heidi Etter - Namibian Dolphin Project)

Sy sê verder dat hulle redelik seker is dat cookie cutter-haaie, wat besonder grusaam lyk en ’n stel vlymskerp tande het waarmee hulle skywe vleis uitkrap, verkies om in warmer en matiger water te bly en die vlakker, kouer water van die Benguela ekosisteem verkies wat kenmerkend is van die weskus van Suid-Afrika en Namibië. In teenstelling hiermee kom moordwalvisse wat gereeld boggelrugwalvisse, veral kalfies, aanval en doodmaak, regoor die hele woongebied van die boggelrugwalvis voor. Daarom, as foto’s van walvisse baie vars cookie cutter-haaibyte vertoon, is dit redelik seker dat hulle onlangs deur die warm water langs die kus beweeg het en so pas eers die kus bereik het.

Deur hierdie bewysstukke te gebruik was dit vir dr Elwen en kollegas moontlik om vas te stel dat boggelrugwalvisse wat gedurende die wintermaande in die water aan die Namibiese kus opgemerk is, baie vars bytplekke van cookie cutter-walvisse gehad het, wat daarop dui dat hulle onlangs die Namibiese kus bereik het, direk vanaf die warmer water aan die kus van die Benguela. In teenstelling hiermee het boggelrugwalvisse wat deur medenavorser, dr Jaco Barendse, langs die westelike kus van Suid-Afrika gefotografeer is as deel van ’n voortgesette bestudering van boggelrugwalvisse wat gedurende die somermaande wei, geen vars bytmerke gehad nie, wat daarop dui dat hulle lank genoeg deur die koue Benguela migreer sodat die bytplekke kon genees. Dr Barendse is ’n postdoktorale navorsingsgenoot by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en SA Nasionale Parke.

SQUARED2 UP 36

Navorsing

(Simon Elwen - Namibian Dolphin Project)

(Tess Gridley - Namibian Dolphin Project)

Dr Elwen voeg by dat foto-identifikasie van letsels en die kleuring van stertvinne lank reeds gebruik word om individuele walvisse te identifiseer en na die bewegings en bevolkingsgrootte te kyk. Hy noem dat hulle in hierdie navorsing fotografiese data gebruik het om vas te stel waar die diere hul kon bevind het voordat hulle ons kus bereik het.

Dr Elwen verduidelik dat hulle katalogusse van individuele walvisse in die verskillende areas wat bestudeer is, met mekaar vergelyk het en geen ooreenkomste tussen die bevolkings in westelike Suid-Afrika, Namibië en Gaboen kon sien nie. Die Namibiese katalogus is egter baie kleiner, omdat baie minder diere daar waargeneem is. Hy sê dat hulle reken

hierdie diere kan nie in Walvisbaai of aan die Namibiese kus voortplant nie (soos wat vroeër te kenne gegee is), maar eerder voortbeweeg op hul migrasie noordwaarts.

Hierdie laekoste metode van data-insameling bied waardevolle insig om te help om walvisgroepe te bestuur en hierdie inligting is reeds aan die Wetenskaplike Komitee van die Internasionale Walvisvangskommissie (International Whaling Commission) gegee. Die volgende stap is om genetiese vingerafdrukke te gebruik om ondersoek in te stel na die verwantskap tussen boggelrugwalvisse wat in Namibië voorkom en dié wat in ander areas in die omgewing van die Afrika-kuslyn voorkom.

SQUARED2 UP 36

37 SQUARED2 UP

Nav

orsi

ng

Saadwetenskapnavorsing, soos saadgesondheidstoetse, algemene saad-patologie, saadgroeikrag en saadontkieming, soos bepaal deur die reëls van die Internasionale Saadtoetsingvereniging (International Seed Testing Association (ISTA)) word voortdurend deur die Saadwetenskapgroep van UP uitgevoer.

Die Saadwetenskapgroep word deur prof Terry Aveling van die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie gelei en is deel van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie. Die navorsingspan het onlangs na die nuut-opgeknapte Phytotron C-gebou op die gronde van die Universiteit se Proefplaas, wat met twee groot laboratoria en instapgroeikamers toegerus is, verskuif .

Prof Aveling was vir baie jare lank betrokke by ISTA en was ondervoorsitter van die ISTA-saadbergingskomitee (ISTA Seed Storage Committee) (2001-2007), voorsitter van die Saadgesondheidskomitee vir die tydperke 2007-2010 en 2010-2013 en is tans ondervoorsitter van hierdie komitee (2013-2016). Die span is ook betrokke by die evaluering van die industrie (byvoorbeeld Syngenta, Bayer en BASF), en die ontwikkeling van nuwe omgewingsvolhoubare saadbehandelings. Die navorsing fokus op grane, kruie en groente. Van die navorsing maak deel uit van ’n EU FP7-projek, genaamd TESTA. Prof Aveling is die leier van een van die sewe werkspakette.

Benewens die span se samewerking binne die EU-projek handhaaf hulle ook sterk bande met die Universiteit van lmeria, Spanje en die Poznan Universiteit van Lewenswetenskappe, Poland. Prof Aveling is in 2013 as voorsitter van die Komitee vir Saadpatologie van die Internasionale Vereniging vir Plantpatologie (International Society of Plant Pathology (ISPP)) verkies en beklee steeds die posisie.

Saadwetenskapnavorsing by UP

Lede van die Saadwetenskapgroep tydens hul bywoning van ’n internasionale simposium in Edinburgh, Skotland vroeër vanjaar.

38 SQUARED2 UP

Aan

stel

lings

Prof Brenda Wingfield is as die Waarne-mende Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangestel vanaf 15 Augustus 2014. Sy volg in die voetspore van prof Anton Ströh wat dié pos vir tien jaar beklee het. Hy is nou die Viserektor: Institusionele Beplanning by die Universiteit.

Sy is sedert 2009 die Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en is ’n navorser van internasionale faam.

Prof Brenda Wingfield neem waar as Dekaan

Prof Brenda Wingfield

Sy het ’n A-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang met ingang van 2014 en is die eerste vrou in die Fakulteit wat hierdie gradering ontvang het.

“In hierdie Fakulteit verskuif ons voortdurend die grense van kennis en ontwikkel nuwe tegnologie, wat die Fakulteit sal help om in pas te bly met die uitdagings van ’n immer veranderende wêreld. As Waarnemende Dekaan stel ek my ook ten doel om die ervaring van die nagraadse studente te

verbreed en om hul loopbane te ondersteun, in besonder dié van die jong akademici in wetenskap.

“Ek wil ook gegradueerdes uitnooi om deel te word van die opwindende wêreld van navorsing, deur in te skryf vir nagraadse studies by die Fakulteit. Daar is wonderlike geleenthede in institute en sentra van wêreldgehalte, soos die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie, die Soogdiernavorsingsinstituut, die Navorsings-instituut vir Genomie, die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid en die Navorsingseenheid vir Bewaringsekologie.”

Prof Wingfield is ook verkies tot die Raad van die Akademie van Wetenskappe van Suid-Afrika (ASSAf) vir die siklus van 2012 tot 2016. Sy is die sekretaris-generaal van die International Society for Plant Pathology (ISPP).

Sy het reeds meer as 300 eweknie-beoordeelde artikels gepubliseer. Prof Wingfield is een van die Navorsingsleiers van die Departement van Wetenskap en Tegnologie/Nasionale Navorsingstigting (DWT)/NNS) se Sentrum vir Uitnemendheid in Boomgesondheid-biotegnologie, voormalige Voorsitter van die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF) en ’n voormalige Visevoorsitter van die Raad van Trustees van PlantBio, een van die nasionale biotegnologie ontwikkelingsentrums.

Prof Wingfield het ook vanjaar ʼn NSTF-BHP Billiton-toekenning verower in die kategorie vir ’n uitstaande bydrae tot wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie (WITI) deur navorsingskapasiteit wat oor die afgelope vyf tot tien jaar ontwikkel is, ’n toekenning wat deur Eskom geborg word.

Sy was in 2007 die ontvanger van die Departement van Waterwese en Bosbou se Toekenning, Vroue in Water, Sanitasie, en Bosbounavorsing, in 2008 die ontvanger van die DWT se Toekenning, Vrou van Uitnemendheid in Wetenskap en in 2009 wenner van die Afrika-unie se Vrou in Wetenskap Streekstoekenning (Suidelike streek). Voor hierdie toekenning was sy vier maal erken as ’n Uitmuntende Akademiese Presteerder. In 2012 het sy die Kanselierstoekenning vir Navorsing ontvang.

39 SQUARED2 UP

Prof Andrew McKechnie is vanaf 15 Augustus 2014 as die Waarnemende Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangestel. Hy neem waar in die posisie terwyl prof Brenda Wingfield ageer as Dekaan.

Hy is ’n Professor in die Departement Dierkunde en Entomologie aan die Universiteit van Pretoria (UP). Hy het in 2002 sy PhD aan die Universiteit van Natal verwerf, waar sy nagraadse navorsingsfokus op die ekologie en evolusie van heterotermie in Suider-Afrikaanse voëls was. Na die voltooiing van sy PhD het hy twee jaar lank as ’n postdoktorale navorsingsgenoot by die Universiteit van New Mexiko deurgebring, voordat hy in 2004 na Suid-Afrika teruggekeer het om ’n pos by die Universiteit van die Witwatersrand te beklee. Hy is vroeg in 2008 by UP aangestel. Hy is ook ’n kern-spanlid van die DWT/NNS se Sentrum vir Uitnemendheid by die Percy FitzPatrick Instituut vir Afrika Ornitologie aan die Universiteit van Kaapstad.

Prof McKechnie se navorsing handel oor die ekologiese en evolusionêre fisiologie van voëls en soogdiere. Sy navorsing het gelei tot 52 publikasies in eweknie-geëvalueerde vaktydskrifte, insluitende artikels en verslae in Ecology, Functional Ecology, Proceedings of the Royal Society B, Biology Letters en Journal of Biological Rhythms.

Hy het verskeie navorsingstoekennings ontvang, naamlik die Friedel Sellschop-toekenning vir belowende jong navorsers (Wits Universiteit), ’n Presidentstoekenning (Nasionale Navorsingstigting), Uitmuntende Jong Navorser-toekenning (UP) en Uitmuntende Akademiese Presteerder-toekenning (UP). In 2011 is hy verkies as stigterslid van die Suid-Afrika Jong Akademie vir Wetenskap. Hy is tans mederedakteur vir twee vaktydskrifte, naamlik Climate Change Responses en Emu – Austral Ornithology, en dien op die adviesraad van die Journal of Comparative Physiology B.

“As Waarnemende Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies is my rol om die navorsingsomgewing te bevorder waar die Fakulteit se navorsers op nasionale en internasionale vlakke kan uitblink. Deur die voorsiening van ondersteuning wat ons navorsers en nagraadse studente benodig om huidige navorsing in die veranderende befondsingsomgewing voort te sit, beoog ek om te verseker dat die Fakulteit in die toekoms steeds die eerste keuse as akademiese tuiste vir nagraadse studente sal wees wat die beste moontlike akademiese opleiding verlang,” verduidelik prof McKechnie.

Waarnemende Adjunkdekaan vir Navorsing en Nagraadse Studies aangestel

Prof Andrew McKechnie

Aan

stel

lings

40 SQUARED2 UP

“Die nuwe navorsings- en onderrigfokus op Energiehulpbronne by die Universiteit van Pretoria sal die energievereistes van die land aanspreek, aangesien Suid-Afrika se volhoubare ekonomiese en menslikekapitaalgroei baie afhanklik is van die toekomstige ontginning van sy fossiel-energiebronne.” Hierdie sentiment is presies in pas met die visie van prof Annette E. Götz, Professor in Sedimentologie en Energiehulpbronne en die nuut-aangestelde Hoof van die Departement Geologie.

Prof Götz het ’n MSc-graad (1992) en ’n PhD-graad (1995) aan die Darmstadt Universiteit van Tegnologie (TU Darmstadt), Duitsland, behaal, waarvan beide toegespits is op koolstofsedimentologie en mikropaleontologie. Voordat sy in 2012 by Rhodes Universiteit aangestel is as sedimentoloog in die Departement Geologie was sy medeprofessor by TU Darmstadt, waar haar navorsing energieverwant was, met spesifieke klem op geotermiese energie. Vanaf 2007 tot 2008 het sy ook die pos beklee as Besturende Direkteur van die TU Darmstadt se Energiesentrum en vanaf 2009 tot 2010 was sy evalueerder vir die Ministerie van Wetenskap en Hoëronderwys, Duitsland.

Haar navorsing fokus op die ontginning van steenkool en waterkoolstof – konvensionele en onkonvensionele bronne van sedimentêre komme in Europa, China, die Midde-Ooste, Mexiko, Australië, Nigerië en Suidelike Afrika. Sy is die Hoof en Wetenskaplike Projekbestuurder van die Karoo Navorsings-inisiatief (KARIN), geïnkorporeer by die nuut-gestigte NNS-DWT Sentrum van Uitnemendheid vir Geïntegreerde Mineraal- en energiehulpbronanalise (NRF-DST Centre of Excellence for Integrated Mineral and Energy Resource Analysis (CIMERA)) wat gesamentlik deur die Universiteite van Johannesburg en die Witwatersrand bedryf word. Die doel van KARIN is om alle aspekte van die onkonvensionele koolwaterstofpotensiaal in die Karoo-kom te ontgin deur ondersoek in te stel na die sedimentêre omgewings waarbinne die potensiële bronrotse gevorm het, en hulle termiese en strukturele geskiedenis ná die tyd. Voorts beskou KARIN ook die huidige fisiese aard van die potensiële bronrotse en doen ’n omgewingsanalise wat inligting sal verskaf vir toekomstige ontdekkingsinisiatiewe. KARIN se doel is verder om Suid-Afrikaanse nagraadse

Nuwe Hoof van Geologie sal haar toespits op land se energievereistes

Prof Annette E. Götz

studente met die nodige hoëvlak vaardighede toe te rus sodat hulle verdere navorsing kan doen en loopbane kan betree in die area van koolwaterstofverkenning en -ontginning.

Die land was vir langer as ’n eeu byna uitsluitlik afhanklik van die steenkool van die Karoo-kom vir die bevrediging van sy kragbehoeftes. Die land het geen bekende ontginbare reserwes van petroleum nie en bitter min natuurlike gas. Dus is dit duidelik dat daar ’n behoefte bestaan vir die beter begrip van ons landelike en seewaartse sedimentêre kom-neerslae en hulle verbandhoudende energie hulpbronne. Die kundigheid van prof Götz sal UP in staat stel om die ideale toestande te skep om behulpsaam te wees in die

ontwikkeling van graduandi vir internasionale petroleum- en gasmaatskappye, wat in hierdie streek en dwarsoor die kontinent werk. Gevolglik voorsien die nuwe fokus area ’n mylpaal geleentheid vir UP om toekomstige mannekragbehoeftes in die energiesektor aan te spreek, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook streeksgewys.

Prof Götz volg prof Pat Eriksson op wat aan die einde van 2013 afgetree het, nadat hy sewe jaar as die Hoof van die Departement gedien het, met meer as dertig jaar as ’n bekende akademikus in Geologie. Prof Louis van Rooy het in die interim periode as Hoof van die Departement waargeneem.

Aan

stel

lings

41 SQUARED2 UP

Prof Alet Erasmus is gereed vir nuwe uitdagings

Prof Alet Erasmus

Prof Elmarie de Klerk

“Gryp die uitdagings van die oomblik aan, veral om die vermoë van die Departement te vergroot betreffende studentegetalle en navorsingsuitsette”. Prof Alet Erasmus is vanaf 1 November 2014 aangestel as Hoof van die Departement Verbruikerswetenskap.

Prof Erasmus het verduidelik dat sy wil verseker dat elke individu in die Departe-ment, of dit nou ’n student, of ’n akademikus, of ’n persoon in ’n ondersteunende of administratiewe hoedanigheid is, gewaardeerd voel en die waardevolle rol verstaan wat hulle in die toekoms van die Departement speel.

Sy beskik oor ’n NNS C2 gradering as navorser. Haar navorsingsonderwerpe sluit in sake soos huishoudelike skuld; die verbruiker se vermoë om nuwe tegnologieë onder die knie te kry; die verbruiker se persepsie van wat dienskwaliteit van geselekteerde kleinhandelaars mag beteken; globale verwarming en volhoubaar-heidskwessies, asook probleme wat met ’n lae geletterdheidsvlak verband hou.

In 2013 het die navorsing wat sy en ’n kollega in samewerking met ’n internasionale kundige van die Duale Hochschule Baden-Württemberg in Duitsland onderneem het, gesorg dat hulle die Elsevier-toekenning vir die

mees innoverende navorsing by die EIRASS- konferensie in Philadelphia, VSA gewen het. Op twee geleenthede, vir die periodes 2008 tot 2010 en 2011 tot 2012 het prof Erasmus die plaaslike toekenning ontvang vir die beste navorsingsartikel gepubliseer in die Journal of Family Ecology and Consumer Sciences.

Prof Erasmus dien op die redaksies van die International Journal of Consumer Studies (IJCS) en die Journal of Family Ecology and Consumer Sciences (JFECS) en evalueer op ’n gereelde basis artikels vir verskeie top-internasionale vaktydskrifte. Sy het ook al as ’n gasredakteur opgetree vir ’n spesiale uitgawe van IJCS in 2012. Sy dien ook op die evalueringspaneel van die NNS vir die jaarlikse aansoeke vir Thuthuka.

Tot op datum het vier-en-twintig meestersgraad-studente hulle studies met haar as studieleier voltooi; vir ses van die studente het sy as mede-studieleier opgetree. Sy het ook al met die Noordwes Universiteit saamgewerk. Drie PhD-studente het al hulle grade onder haar promotorskap voltooi. Tans studeer vier PhD en agt meestersgraad studente onder haar leiding. Die resultate van hierdie navorsingsprojekte en haar persoonlike navorsing het al sedert 1985 in 56 geakkrediteerde vaktydskrifte verskyn, waarvan 40 sedert 2000 gepubliseer is.

Prof Erasmus volg prof Elmarie de Klerk op wat vanaf 2000 tot op hede die Hoof van die Departement was.

Aan

stel

lings

42 SQUARED2 UP

Prof Paul Sumner, ’n gesoute geograaf en navorser is aangestel as die nuwe Hoof van die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie met ingang van 1 November 2014.

Prof Sumner het sy MSc (Geografie) en ’n HDE aan die Universiteit van Natal in 1995, en ’n PhD (Geografie) aan die Universiteit van Pretoria (UP) in 2003 behaal. Sy intense belangstelling in geomorfologie, in die aardwetenskap geografie was prof Sumner se vroeëre navorsing gefokus op die paleo-geomorfologie van die hoë Drakensbergreeks en die kontoervormingsprosesse van die koue sub-Antarktiese Marion Eiland. Latere werk het ingesluit bydraes tot die gebruik van rotsverwering beginsels op rotskuns agteruitgang in suidelike Afrika. Tans het sy navorsing na ’n meer gematigde klimaat verskuif – dit wentel om erosieverskynsels, spesifiek reënval erosie eienskappe op Mauritius en die klein eilandjie genaamd Round Island. Hy het as toesighouer vir 15 doktorale en meestersgraad-studente opgetree en ongeveer 50 publikasies oor hierdie diverse fisiese geografie onderwerpe die lig laat sien.

Prof Paul Sumner nuwe Hoof van die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie

Prof Paul Sumner

Prof Hannes Rautenbach

Hy beskik oor ’n NNS C2 gradering as navorser en was ook in 2005 as ’n UP Buitengewone Jong Navorser erken.

As ’n geograaf erken Prof Sumner die diversiteit en sterk punte van die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie (GGM). Hierdie drie vakgebiede voorsien die sleutelfokus vir onderrigprogramme wat insluit die PLATO geakkrediteerde geoinfomatika programme, meteorologie opleiding vir die weerdiens asook geografie en die interdissiplinêre omgewingswetenskap programme.

Op ’n nagraadse vlak handhaaf die Departement sterk programbande met die UP se Sentrum vir Omgewingstudies. Hierdie opleidingsprogramme voorsien toenemend aktiewe nagraadse navorsingsaktiwiteite wat prof Sumner in die toekoms graag sou wou uitbou. Die Departement tel tans onder die top 150 op sy vakgebied volgens die “QS” graderings en met volgehoue opbou van die navorsingsprofiel is GGM goed geposisioneer om hierdie gradering binne die volgende paar jaar te verbeter.

Prof Sumner is ’n redaksie lid van die internasionale vaktydskrif Geosciences, ’n publikasie van Scientific & Academic Publishing, USA, mederedakteur van die internasionale vaktydskrif, Geografiska Annaler Series: A Physical Geography, in Swede, se spesiale uitgawe oor suidelike Afrika se Geomorfologie, 2013, uitgawe 4 en mederedakteur van die plaaslike Suid-Afrikaanse Geographical Journal (Jan 2007-Des 2011), lid van hierdie vaktydskrif se redakteursadviesraad vanaf 2012 tot op hede en vaktydskrifonderwerpredakteur (Geografie) van die University of Mauritius se Research Journal: Science and Technology, Julie 2006-2010.

Prof Hannes Rautenbach tree na agt jaar af as die Hoof van die Departement. Hy was vanaf 2006 tot op hede die Hoof van GGM en was terselfdertyd Waarnemende Direkteur van UP se Waterinstituut, vanaf 2010 tot 2013 en is aangestel as Direkteur van die Instituut, vanaf 2013 tot 2017. Van nou af sal prof Rautenbach fokus op die ontwikkeling van ’n nuwe laboratorium vir Atmosferiese Studies (LAS), in samewerking met Eskom, Sasol, en die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD). Hy het in 1999 sy PhD in Meteorologie aan UP voltooi en beskik tans oor ’n C2-gradering as

wetenskaplike.

Aan

stel

lings

43 SQUARED2 UP

Prof Michael Somers, ʼn ekspert op Afrika-roofdiere, veral die Afrika-wildehond, is as die nuwe Direkteur van die Sentrum vir Wildlewebestuur (SWB) in die Fakulteit aangestel. Hy volg prof Wouter van Hoven op.

Prof Somers het wye belangstellings en het al aspekte van die ekologie van die otter, meerkat, hiëna, tierboskat, jagluiperd en ʼn aantal ander taksa, insluitend spinnekoppe, insekte en krappe, nagevors. Hy is spesifiek geïnteresseerd in die herinvoering van groot roofdiere en het as redakteur van twee boeke oor die onderwerp opgetree (Hayward & Somers, 2009, Reintroduction of top-order predators, uitgegee deur Wiley-Blackwell, en Somers & Hayward, 2012, Fencing for conservation, uitgegee deur Springer). Baie van die werk is in KwaZulu-Natal gedoen, maar ʼn student het ook met navorsing in Botswana, Mosambiek en Zambië gehelp. Prof Somers stel ook belang in indringerbiologie, ʼn vakgebied wat sekere ooreenkomste met invoeringsbiologie het en is ʼn Sleutelspanlid van die DWT-NNS se Sentrum vir Uitnemendheid vir Indringerbiologie. Hy is ook lid van UP se Soogdiernavorsingsinstituut (SNI). Prof Somers het sy PhD in Dierkunde in 2001 aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.

As Direkteur van die SWB wil hy ʼn student-gesentreerde benadering tot opleiding in die Sentrum implementeer. “Daardeur streef

Nuwe Direkteur vir Sentrum vir Wildlewebestuur aangestel

Prof Michael Somers

ons daarna om ons studente in staat te stel om die Sentrum vir Wildlewebestuur te verlaat toegerus met die gees, instelling en prosesvaardighede wat hulle nodig het om leiers in die wildlewe-industrie te wees. Dit word moontlik gemaak deur die uitstekende personeel van die SWB; ons het reeds begin om [die benadering te implementeer] en sal voortgaan daarmee. Verder wil ons die SWB navorsing-gerig maak, meer publiseer en die impak van ons publikasies verhoog. Ons doen dit deur ons navorsingsvennote in getal en kapasiteit uit te brei, studente-‘vakleerlinge’ aan te stel en ons samewerking met die MNI en ander liggame in Suider-Afrika en in die buiteland uit te brei. Ons voer tans besprekings met instansies in Namibië en Botswana met die oog daarop om ons en hul kapasiteite uit te brei. Die wildlewe-industrie het gegroei en groei steeds vinnig in sowel die privaat- as die staatsgedrewe sektor. Die SWB het ʼn geleentheid om hierby te baat, hiermee saam te groei en ook daartoe by te dra,” het prof Somers verduidelik.

Prof Somers het as hoofredakteur, mederedakteur of gasredakteur op die redaksierade van talle plaaslike en internasionale vaktydskrifte oor wilddiewe gedien, insluitend die South African Journal of Wildlife Research, Small Carnivore Conservation, PloS ONE, Koedoe, PeerJ en Journal of Mammalian Biology.

Professor Mapundi Banda is onlangs as Volle Professor in Wiskunde in die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangestel.

Voor hierdie aanstelling was hy ’n professor by die Universiteit van Stellenbosch. Hy het sy PhD-studies by die Darmstadt Universiteit van Tegnologie, Duitsland voltooi. Hy het twee meestersgrade verwerf, naamlik ’n MSc in Rekenaarwetenskap by die Imperial College, University of London en ’n MSc Nywerheidswiskunde by die Universiteit van Kaiserslautern, Duitsland.

Professor Banda beskik tans oor ’n NNS-gradering van C1. Sy navorsingsbelangstellings sluit die analitiese oordrag van kinetiese modelle (Boltzmann-Tipe modelle) na kontinuumvloei-modelle in die klein Mach of Knudsen nommer limiet. Die numeriese oordrag word behaal deur die aanwending van metodes van asimptotiese analise soos multiskaal metodes, asook idees van ontspanningsisteme van die bewaringswette.

Prof Mapundi Banda aangestel in die Departement Wiskunde

Prof Mapundi Banda

Aan

stel

lings

44 SQUARED2 UP

In M

emor

iam

Dit is aangekondig dat Emeritus Professor Leon Visser, voormalige professor in Biochemie op 26 September 2014, na ’n kort siekbed oorlede is.

Hy was ’n voormalige Hoof van die Departement Biochemie aan die Universiteit van Pretoria, vanaf 1983 tot 1997 en het aan die einde van 1998 afgetree. Hy was ’n Senior navorser by die WNNR en het ongeveer agt jaar lank navorsing gedoen oor slanggiwwe, voor sy aanstelling by die Universiteit van Pretoria. Sy aanvanklike BSc (Agric) en MSc (Agric) grade in Biochemie is beide met lof verwerf aan die Universiteit van Pretoria, onderskeidelik in 1959 en 1963. Daarna was hy ’n dosent in Biochemie aan die Universiteit van Natal, Pietermaritzburg vanaf 1963 tot 1974. Gedurende hierdie tyd ontvang hy ʼn beurs vir sy PhD studies in Biochemie aan die Harvard Medical School, Boston, Massachusetts wat hy in 1969 voltooi en in 1974 was hy ʼn besoekende dosent aan die Duke en Harvard Universiteite in die VSA. Visser se belangstellingsveld in navorsing het hoofsaaklik gewentel om die biofisiese eienskappe van proteïene en immunologie, soos bevestig word deur sy talle publikasies in internasionale vaktydskrifte en bydraes tot konferensies oor ’n hele aantal dekades heen.

Voormalige Hoof van Departement Biochemie oorlede

Van links: Wyle Prof Leon Visser, prof Danie Strydom en prof Braam Louw (Departement Biochemie).

Hy het vir etlike jare opgetree as navorsingsadviseur vir die Natalse Instituut vir Immunologie en het ʼn leidende rol gespeel in die Suid-Afrikaanse Biochemiese Vereniging (nou SASBMB) as komiteelid, sekretaris en ook as kongres-organiseerder. Hy was passievol oor die ontwikkeling van studente tot volwaardige navorsers en akademici en talle van sy voormalige studente is verbonde aan Universiteite, plaaslik en in die buiteland.

Prof Visser was ook ’n lid van die paneel wat MLB 111 as ’n kursus ontwikkel het wat gesamentlik aangebied word deur die departe-mente Biochemie, Mikrobiologie en Plantpatologie, Genetika, Plantkunde en Dierkunde en ’n verpligte kursus is vir al die eerstejaar biologiese studente in die Fakulteit Natuur en Landbouwetenskappe. Hy het ook ’n leidende rol gespeel in die verskuiwing van die Departement Biochemie van die Ou Landbougebou na die Nuwe Landbougebou in 1995. Hy was van jongsaf ’n leiersfiguur en was onder andere in sy studentejare voorsitter van Kollege Huis (nou Klubsaal) (1956-58) en die Sentrale Joolkomitee (1959).

Hy laat sy huweliksmaat, Ebbie, en hul twee kinders en kleinkinders

agter.

45 SQUARED2 UP

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

Prof Coleen Vogel, ’n kundige op die gebied van klimaatverandering by die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie het onlangs die Universiteit van Pretoria by twee internasionale werkswinkels verteenwoordig. .

Die eerste vergadering is deur verskeie gashere georganiseer, insluitend die Afrika-sentrum vir Strategiese Studies en die Omgewingsverandering en-sekerheidsprogram. Die WNNR in Pretoria het ook ’n belangrike rol vervul as gasheer en fasiliteerder.

Gegewe klimaatstres en klimaatveranderings, tis die beveiliging van water in Afrika tydens die vergaderings bespreek. Voor die vergadering is ’n navorsingsverslag voorberei, gevolg deur ’n aanbieding, as deel van ’n paneelbespreking by die Woodrow Wilson Sentrum. Prof Vogel was ’n lid van die paneel by die Woodrow Wilson Sentrum Afrika-program werkswinkel wat in Augustus 2014 aangebied is en het

Klimaatverandering en stres by internasionale werkswinkels bespreek

Prof Coleen Vogel

Prof John Taylor van die Departement Voedselwetenskap en Navorsingstemaleier vir Funksionele Biomolekules en Voedsel by die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid het onlangs ’n volsittinglesing by die Wêreldkongres oor Voedselwetenskap en -tegnologie (World Food Science and Technology Congress) van die Internasionale Unie vir Voedselwetenskap en -tegnologie (International Union for Food Science and Technology) (IUFoST), in Montreal, Kanada, gelewer.

Hy is ook ’n Medenavorser by die Internas-ionale Akademie vir Voedselwetenskap en -tegnologie (International Academy of Food Science and Technology). Die onderwerp van die lesing was ’Developments in improving the quality of gluten-free bread made from non-wheat cereals through modification of their starch and protein properties’.

Volgens prof Taylor is daar dwingende redes vir die ontwikkeling van tegnologie om brood van hoogstaande gehalte uit

Prof John Taylor lewer volsittinglesing by IUFoST-kongress

Prof John Taylor

Earth. Ander vennote wat teenwoordig was, sluit verteenwoordigers van die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies, die International Livestock Research Institute en die International Food Policy Research Institute in. Hierdie vergadering is byeengeroep om ondersoek in te stel na die waarde van die Staatsbestuur en Organisasies vir Klimaatverandering-weerstandige Voedsel. Die vergadering is in Brussel, België gehou

insette gelewer oor waterveiligheid. Ander afgevaardigdes van die paneelbesprekinngs wat in Washington gehou is, het onder andere die uitvoerende sekretaris van die Lake Chad Basin-kommissie, die Global Water Partnership en sekretaris van AMCOW en UNEP ingesluit.

Die titel van die paneel waarvan prof Vogel deel was, was: “Pre-empting environmental and human security crisis in Africa: science-based planning for climate variability threats”. Meer inligting hierdie geleentheid kan by http://www.newsecuritybeat.org/2014/09/scarcity-coleen-vogel-reframing-water-security/ en by https://www.flickr.com/photos/africa_center/sets/72157646612382976/ gevind word.

Die tweede vergadering is gereël deur die CGIAR (’n wêreldwye vennootskap wat organisasies saamsnoer wat betrokke is by navorsing) en die CGIAR se Klimaatverandering-, Landbou- en Voedselsekerheidprogram, asook Future

niekoringgewasse te vervaardig. Baie mense ly aan abdominale siektes, onverdraagsaamheid vir koringagtige grane, of allergieë vir koring. In Afrika het snelle verstedeliking aanleiding gegee tot ’n groot aanvraag vir die gerief van brood. As gevolg van ongunstige klimaatstoestande kan koring egter nie oor groot gebiede verbou word nie. Glutenvrye brood, wat tans hoofsaaklik van stysels en hidrokolloïed (hidrolymstof) vervaardig word, is, hoewel tegnies suksesvol, slegs ’n tussentydse oplossing. Die voedingkundige gehalte daarvan is swak en dit is te duur om as stapelvoedsel in ontwikkelende lande te dien.

Hy het gesê dat voortgesette navorsing by verskeie sentra die moontlikheid van ’n veranderlike aangedui het wat wetenskaplikes in staat sal stel om ’n pan-tipe brood uit graangewasse soos mielies en sorghum te vervaardig. Die sleutel is die wysiging van die meelstysel en prolamien-proteïne. Natuurlike suurdeeggisting kan die funksionaliteit van stysel verbeter, wat dit in staat stel om die

deursurende koolstofdioksied beter te behou. Die vorming van ’n koringagtige deeg uit nie-koring proteïne word as die ‘Heilige Graal’ van glutenvrye brode beskou. Die genetiese wysiging van die prolamien, asook die chemiese wysiging daarvan kan die eienskappe van seïen van die mielies en die kafirien van sorghum verander sodat dit visko-elastiese (klewerig-elastiese) kenmerke, soortgelyk aan die van gluten vertoon. Die sukses van hierdie navorsing sal help om koringverwante siektes in Afrika, en ook wêreldwyd, te verminder.

46 SQUARED2 UP

Sensoriesevoedselwetenskap ’n kruisdissiplinêre navorsingsgebied wat fokus op die situasies waarin mense voedselprodukte gebruik. Die ontwikkeling van veilige, bekostigbare, voedsame produkte wat aan die voedselvoorkeure van verbruikers voldoen, vereis ’n kundige oorweging van die sensoriese eienskappe van sulke produkte en ’n begrip van die dryfvere vir voedselkeuse.

Prof Riëtte de Kock van die Departement Voedselwetenskap het in Augustus ’n volsittinglesing, getitel ‘Sensory food science research that resonates in Africa’’, gelewer by die Internasionale Unie vir Voedselwetenskap en -tegnologie (International Union for Food Science and Technology) (IUFoST) se Wêreldkongres oor Voedselwetenskap en -tegnologie (World Food Science and Technology Congress) in Montreal, Kanada. In die lesing het prof de Kock verduidelik waarom sensoriesevoedselwetenskap baie belangrik is vir voedselsekerheid en ekonomiese ontwikkeling in die ontwikkelende wêreld, veral in Afrika.

Volgens prof De Kock is ’n bekende feit dat verbruikers ’n groot verskeidenheid voedsel verwag wat veilig en aangenaam is om te eet, en wat voedsaam en deurgaans van goeie gehalte is. Mits die voedsel veilig is, is ’n aangename eet-ervaring gewoonlik die belangrikste faktor wat verbruikers se keuse van voedsel sal bepaal. Dit

Navorsing oor sensoriesevoedselwetenskap weerklink in Afrika

Prof Riëtte de Kock

geld veral in ontwikkelde, hoërinkomstestreke van die wêreld. In die groeiende, meer verstedelikte lae-inkomsteverbruikersmarkte in ontwikkelende streke van Afrika bied die verwagtinge van verbruikers egter ’n uitdaging vir die landbou en voedselbemarkingstelsels. Dit bied ook geweldige ekonomiese potensiaal vir voedselbedrywe en gee aanleiding tot ’n dringende behoefte aan innoverende voedselwetenskapnavorsing, asook ondernemingsgees om die produksie en benutting van plaaslik-relevante en onderbenutte voedselbronne te verhoog.

Insig in tradisionele prosesseermetodes, tesame met omvattende fisies-chemiese, mikrobiologiese en beskrywende sensoriese profielsamestelling van produkte, is die eerste stappe tot die kommersialisering van egte en aanvaarbare Afrika-voedselprodukte.

Prof De Kock se sensoriesewetenskapnavorsing fokus op die belangrikheid van die ontwikkeling van voedselproduksie om in die behoeftes van ’n groeiende en meer verstedelikte Afrika-bevolking wat in ’n oorgangsproses is, te voorsien. Verder fokus sy ook op die verkenning van die ongelooflike rykdom van sensoriese ervarings in voedsel van Afrika se biodiverse voedselbronne, asook op die aanpassing van die sensoriese eienskappe van voedselsoorte om dit nie net voedingkundig toereikend te maak nie, maar ook

aantreklik en smaaklik.

BIOMATH-koffie, ’n inisiatief van die SARChl-leerstoel in Wiskundige Modelle in Bioingenieurswese en Biowetenskappe (M3B2), is ’n informele weeklikse interdissiplinêre navorsingsvergadering waartydens wiskundiges, bioloë en hul nagraadse studente idees uitruil. Die vergaderings vind elke Dinsdag in die Ou Plantkundegebou by die Universiteit van Pretoria plaas.

Vroeg in Oktober 2014 het prof Jean Lubuma (voorsitter van SARChI M3B2) ’n afvaardiging van 17 lede van die BIOMATH-koffiegroep gelei op ’n besoek aan die Nasionale Dieretuin in Pretoria wat deur dié organisasie se dr Helene Brettschneider gekoördineer is. Die interessante program het ’n toer deur die Nasionale Dieretuin se fasiliteite (onder andere die Biologiese Data- en Monsterbank vir die Sentrum vir Bewaringswetenskap en die Sentrum vir Wildgesondheid) ingesluit, asook kort aanbiedinge oor navorsing. Die aanvoorwerk is gedoen vir samewerking tussen UP en die Nasionale Dieretuin oor onderwerpe wat wissel van beestuberkulose in ’n mens-buffel-bevolking tot siekte-epidemies soos die huidige Ebola-epidemie in Wes-Afrika. Dit het ook aan die lig gekom dat die wetenskaplike navorsing oor wild wat by die Nasionale Dieretuin gedoen word werklike data kan verskaf wat noodsaaklik is vir die geldigverklaring van wiskundige modelle.

Nasionale Dieretuin bied gulde geleentheid vir navorsing in Wiskundige Biologie

Prof Jean Lubuma (tweede van links) met die afvaardiging wat die Nasionale Dieretuin in Pretoria besoek het

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

47 SQUARED2 UP

‘Wetenskaplikes is mal oor hulle werk en elke dag bestaan die moontlikheid dat hulle iets nuuts en opwindends kan ontdek,’ het prof Martin C Michel gesê tydens die verwelkoming van die gaste by die Mandeladag Openbare Lesing op 18 Julie 2014.

Prof Michel, Globale Hoof van Produk en Pyplyn Wetenskaplike Ondersteuning by Boehringer Ingelheim, het die gasspreker, prof Brian Kobilka, Nobelprys-laureaat en ’n Amerikaanse fisioloog, aan die woord gestel.

Die onderwerp van prof Kobilka se lesing was Challenges in drug discovery for G-protein coupled receptors.

Volgens prof Kobilka kommunikeer selle met mekaar in die liggaam deur die produksie van molekules wat reseptore op die teikensel aktiveer. Die grootste familie reseptore word G-proteïenreseptore gekoppel aan reseptore (GPGR’e) genoem omdat hulle deur G-proteïene sein. GPGR’e bemiddel ’n fantastiese bestek van seine van fotone van lig (vir visie) en bespeur breinsenders, hormone en selfs klein ione soos kalsium. Ongeveer die helfte van al die beskikbare behandelingsmiddels vir siektes teiken GPGR’e, maar dit is net ongeveer 10% van alle GPGR’e, en daar is dus verstommende moontlikhede om baie meer siektes deur GPGR-geteikende middels te behandel.

Prof Kobilka is tans ’n professor in die departemente Molekulêre en Sellulêre Fisiologie by Stanford-universiteit se mediese skool. Hy is ook die medestigter van ConfometRx, ʼn biotegnologiemaatskappy wat op G-proteïengekoppelde reseptore fokus. Hy is in 2011 aangewys as ’n lid van die National Academy of Sciences.

Hy is ’n baanbreker in die bepaling van die strukture van GPGR’e, wat help om te verstaan hoe GPGR’e werk, en in die poging om nuwe middels teen baie siektes te ontwikkel, insluitende hartsiekte, vetsug, diabetes, hoë bloeddruk en baie kankers. Een van die GPGR-teikens is MIV/Vigs omdat hierdie GPGR deur die virus gebruik word om menslike selle binne te dring.

Ter erkenning van prof Kobilka se bydrae tot begrip van die struktuur van GPGR’e en hul werkingsmeganisme het hy in 2012 die Nobelprys vir Chemie ontvang.

Nobelprys-laureaat vier wetenskap op Mandeladag

Van links: Prof Robert Millar (Direkteur: Soogdiernavorsingsinstuut), prof Stephanie Burton (Viserektor: Navorsing en Nagraadse Studies), prof Brian Kobilka en prof Anton Ströh (Voormalige Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, nou Viserektor: Institusionele Beplanning).

Prof Brian Kobilka

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

48 SQUARED2 UP

Die eerste DuPont-planteteeltsimposium wat op die Afrika-vasteland gehou is, is onlangs deur die Instituut vir Genoomnavorsing (IGN) aan die Universiteit van Pretoria (UP) aangebied. ’n Span bestaande uit nagraadse studente (Ronishree Mangwanda, Erik Visser, Jonathan Botha, Ncobile Kunene en Miekie Haasbroek) van die Departement Plantkunde, die Departement Genetika, die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (IBLB) en die Instituut vir Genoomnavorsing (IGN) het die uitdaging aanvaar om die simposium te reël.

Die tema, ‘Die genomika van gewasse en patogene vir molekulêre teelt’ is gekies om die belangrikheid van genomika in die molekulêre teelt van gewasse te beklemtoon en die kundigheid op hierdie gebied aan UP op die voorgrond te stel.

Die doelwit van die reeks DuPont-simposiums oor planteteelt is om dialoog en samewerking in hierdie veld te stimuleer. Die eerste simposium het in 2008 in die VSA plaasgevind, en geleenthede is vanjaar ook vir die eerste keer in China, Indië en Afrika gehou. DuPont het ’n begroting tot die span UP-studente se beskikking gestel met die opdrag om al die reëlings vir die simposium te tref, ingesluit die keuse en aanbiedings van sprekers, webwerfontwerp en logistiek. Die webwerf vir die simposium (www.dupontafricapbs2014.co.za) is ontwerp, die program is deur ’n selfoontoepassing beskikbaar gestel, en die aanbiedings is intyds deur ’n Webinar tot die publiek se beskikking gestel.

Die simposium is deur prof Anton Ströh, Viserektor: Institusionele Beplanning, UP, geopen. Internasionale hoofsprekers was dr Geoff Graham, Visepresident: Hybrid Crop Product Development, DuPont Pioneer; dr Peter Freymark: Navorsingskoördineerder vir Afrika, DuPont Pioneer; prof Yves van de Peer: Departement Plantstelselbiologie, Vlaamse Instituut vir Biotegnologie, Gent-universiteit, België (en die houer van ’n mede-aanstelling aan IGN, UP); en prof Brian Steffenson:

UP-studente reël eerste DuPont-simposium oor planteteelt in Afrika

Lieberman-Okinow-gesubsideerde Leerstoel in Graansiekteweerstand, Departement Plantpatologie, Universiteit van Minnesota, VSA. Plaaslike hoofsprekers was dr Rikus Kloppers: PANNAR SEED; dr Renée Prins: Direkteur, CenGen (Edms) Bpk (’n maatskappy in molekulêreteeltdiens); en prof Dave Berger: Departement Plantkunde en IBLB, UP. Verskeie nagraadse UP-studente het die program afgerond met praatjies en plakkate oor hul navorsing.

Die simposium het planttelers, regeringsamptenare, navorsers, studente en akademici byeen gebring vir ’n bespreking van die impak van genoomnavorsing op planteteelt. Plaaslike en internasionale gaste het die studentereëlingskomitee groot lof toegeswaai vir hul spanwerk en die doeltreffende wyse waarop hulle ’n uitstekende simposium gereël het. Dit dien ter bevestiging van die hoë gehalte van nagraadse opleiding aan UP waartydens studente ook aangemoedig word om sogenaamde ‘sagte vaardighede’ te ontwikkel wat allerbelangrik in die hedendaagse werksomgewing is.

Dr Freymark het hom soos volg oor die simposium se studentereëlingskomitee uitgelaat: ‘Die reëling van die geleentheid was goed en sprekers van hoë kaliber het opgetree. Dit is bemoedigend om te sien dat die volgende generasie betrokke raak by die oplossing van die grootste voedselsekuriteituitdaging vir die generasie van môre – die voed van nege biljoen mense.’

Die aanbied van die eerste DuPont-planteteeltsimposium in Afrika spruit voort uit die jarelange en voortgesette samewerking oor gewasgenomika en plantpatologie tussen prof Dave Berger en ander aan UP en dr Rikus Kloppers van PANNAR SEED (nou deel van DuPont). Samesprekings met DuPont gaan voort met die oog op die uitbou van dié vennootskap deur middel van simposiums en gesamentlike navorsingsinisiatiewe wat aandag gee aan die uitdagings van voedselsekuriteit op die Afrika-vasteland.

Prof Anton Ströh, Viserektor: Institusionele Beplanning (links) het die simposium amptelik geopen.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

49 SQUARED2 UP

Poeierskurf, wat deur die plasmodioforied Spongospora subterranea f.sp. subterranea, veroorsaak word, is ’n ekonomies belangrike aartappelsiekte van wêreldwye omvang, wat deur grond en moere oorgedra word. Hierdie patogeen veroorsaak wortelgalle, wat die opname van water en voedingstowwe belemmer. Dit veroorsaak verder ook letsels aan die aartappel wat die verwerping van moerbesendings en prosesseringsaartappels, en die afgradering van vars aartappels tot gevolg het.

Die Tweede Internasionale Werkswinkel oor Poeierskurf is onlangs in Pretoria aangebied, met prof Jacquie van der Waals van die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie as gasheer. Daar is betreklik min navorsers wat navorsing oor hierdie siekte doen, moontlik vanweë die uitdagings verbonde aan die hantering van ’n obligate parasiet.

Gereelde werkswinkels oor Poeierskurf is daargestel om navorsers te help om bande te smee, kennis te deel en navorsingsbehoeftes te bepaal. Die eerste werkswinkel van hierdie aard is tien jaar vroeër in die VSA aangebied, met Europese Werkswinkels oor poeierskurf wat onderskeidelik in 2007 en 2011 in Switserland aangebied is.

Die onlangse werkswinkel in Suid-Afrika is deur 17 navorsers en studente van Australië, Frankryk, Duitsland, Nieu Zeeland, Skotland, Suid-Afrika, Switserland en Zimbabwe bygewoon. Die klein, informele groep was bevorderlik vir die uitruil van idees en in-diepte besprekings. Op een van die dae gedurende die werkswinkel is ’n uitstappie na die aartappelverbouingstreek van die Loskopvallei onderneem. Al die afgevaardigdes was behoorlik beïndruk deur die omvang en organisering van landbou in die gebied.

UP gasheer vir Internasionale Werkswinkel oor Poeierskurf

Voorbeeld van Poeierskurf op aartappels

Prof Jacquie van der Waals (links agter) saam met afgevaardigdes tydens die Tweede Internasionale Werkswinkel oor Poeierskurf

Uittreksels uit die werkswinkel kan by prof Van der Waals verkry word by: [email protected]

ebeu

re e

n Ko

nfer

ensi

es

50 SQUARED2 UP

Die Universiteit van Pretoria (UP) het onlangs as gasheer opgetree vir die jaarlikse Nasionale Kongres van die Noordelike Tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekundiges (SANAS). Die tema van die kongres was ‘Die rol van veekundiges in toekomstige voedselsekerheid’.

Die aanbiedinge, wat oor nuwe navorsing op die gebied van veekunde en landbou gehandel het, is deur afgevaardigdes uit verskeie lande bygewoon. Die volle oggendsessies is deur die hoofsprekers aangebied, terwyl drie middagsessies wat gelyktydig gehou is op die onderskeie dissiplines toegespits was. Noemenswaardige sprekers het dr Ken McGuffey, dr Frédérique Chaucheyras-Durand, prof Don Cowan en prof Celia Abolnik ingesluit.

Sosiale gesellighede aan die einde van elke dag se verrigtinge het aan afgevaardigdes geleentheid gebied om mekaar te ontmoet en lekker te gesels. Op Sondag is die heel eerste studentevasvra ooit, geborg deur die tydskrif Veeplaas, gehou. Spanne van die universiteite van Pretoria,

UP tree op as gasheer vir SANAS se jaarlikse Nasionale Kongres

Die reëlingskomitee van SANAS se Noordelike Tak

Landbou-ekonome van oor die hele Suid-Afrika en sy buurlande het buite Oos-Londen in die Oos-Kaap byeengekom om die 52ste Konferensie van die Landbou-ekonomievereniging van Suid-Afrika (AEASA) by te woon wat vanaf 28 September tot 1 Oktober 2014 gehou. Die konferensie is bygewoon deur 238 afgevaardigdes en die Universiteit van Pretoria (UP) se Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling (LEVLO) was goed verteenwoordig.

LEVLO het ’n werkwinkel gereël om Suid-Afrika se grondhervormingsbeleid te bespreek. Die sleutelaanbieders was prof Johann Kirsten, prof Charles Machete, dr Ward Anseew (almal van UP) en dr Dirk Troskie (van die Departement van Landbou, Wes-Kaap). Prof Hans Binswanger-Mkhize was een van die hoofsprekers tydens die konferensie en sy referaat oor grondhervorming in Suid-Afrika het die gehoor tot nadenke gestem. Prof Charles Machete was die hoofspreker tydens die hoofsessie en sy aanbieding het gehandel oor die stand van die landbou in Suid-Afrika na 20 jaar van demokrasie.

Lede van LEVLO was ook verantwoordelik vir een derde (11 uit 36) van die referate wat tydens die konferensie aangebied is, en van hulle was onder diegene wat tydens die toekenningseremonie vir hul bydraes beloon is. Tracy Davids se bydrae getitel ‘Playing chicken: the players, rules and future of South African broiler production’ is as die beste meestersgraadskripsie aangewys. Karlien van Zyl, Hester Vermeulen en Johann Kirsten se referaat, ‘Determining South African consumers’ willingness to pay for certified Karoo lamb: an application of an experimental auction’ het ’n prys ontvang in die kategorie vir die beste referaat wat in 2013/14 in Agrekon gepubliseer is.

In die kategorie vir die beste referaatbydrae het Tinashe Kapuya, ’n PhD-student, saam met Wandile Sihlobo die tweede prys verower met die referaat getitel ‘South African maize exports: a strategic export market analysis model approach’.

UP-akademici ontvang toekennings by AEASA-konferensie

Stellenbosch en Fort Hare asook die Instituut vir Landbounavorsing het teen mekaar meegeding en die vraesteller, mnr Paul Bevan, het die gehoor met sy spitsvondighede vermaak. ‘The Dominant Alleles’, een van die twee UP-spanne, was die algehele wenners.

Maandagaand het die afgevaardigdes ’n braai by die Voortrekkermonument-amfiteater bygewoon en kon hulle gesellig saam verkeer. Tydens die galadinee wat Dinsdagaand gehou is, is verskeie pryse aan nywerhede wat beduidende bydraes op die gebied van veekunde gemaak het, oorhandig. Prof Carl Roux het die SANAS se goue medalje vir sy bydrae op dié gebied ontvang. Woensdag het die besoekende afgevaardigdes ’n spesiale toer meegemaak en onder andere by die Fakulteit Veeartsenykunde by Onderstepoort en die LNI-Biotech-platform besoek afgelê.

Die afgevaardigdes het almal saamgestem dat vanjaar se baie geslaagde kongres uiters leersaam was en dat hulle dit terdeë geniet het. Die Noordelike Tak van SANAS kan met reg trots wees op hul kongres.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

51 SQUARED2 UP

Twee afgevaardigdes van die Universiteit van Pretoria (UP) was die enigste verteenwoordigers uit Afrika wat die tweejaarlikse Stede op Vulkane (‘Cities on Volcanoes’)-konferensie, wat in September vanjaar in Indonesië gehou is, bygewoon het. Die konferensie is gereël deur die International Association of Volcanology and Chemistry of the Earth’s Interior (IAVCEI).

Dr Nils Lenhardt en sy PhD-kandidaat, Gert-Jan Peeters van die Departement Geologie, het ’n aanbieding gedoen oor hul navorsing met betrekking tot die aktiewe Rungwe Vulkaniese Provinsie in Tanzanië. Hul bywoning van die konferensie is moontlik gemaak deur hoogs gewaardeerde reistoelae wat van die IAVCEI en die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by UP ontvang is. Dr Lenhardt was een van die sameroepers van die sessie wat gehandel het oor ons begrip van die vorige en toekomstige gedrag van vulkane en hoe geologie, geskiedenis en argeologie kan saamspan om die assessering van gevaar te verbeter (‘Understanding the past and future behaviour of volcanoes: combining geology, history and archeology to improve hazard assessment’). Die ander sameroepers het navorsers van die Universiteit van Oxford, Arrhus-universiteit, die Institut de Physique du Globe de Paris en Geologiese Opnames in Brittanje en die VSA ingesluit. Die konferensie was oor die algemeen baie geslaagd en het daartoe bygedra dat UP sy internasionale aansien onder lede van die

Twee vulkaankundiges woon konferensie in Indonesië by

A) Die verrigtinge is deur amptenare van die IAVCEI geopen B) Mnr Gert-Jan Peeters voor sy plakkaataanbieding C) Die konferensielokaal op die kampus van die Gadjah Mada-universiteit in Djakarta, Indonesië

Foto’s: Nils Lenhardt

vulkanologiese gemeenskap kon verhoog.

Vulkanologie, wat die eienskappe van vulkane bestudeer, is van belang vir beide navorsers en beleidbepalers. Dit is egter ’n feit dat baie ontwikkelende lande waar aktiewe vulkane aangetref word (onder andere Afrika met sy 150 Holosene vulkane) nie oor die nodige tegnologieë vir behoorlike navorsing beskik nie. Die tweejaarlikse Stede op Vulkane-konferensies speel dus ’n belangrike rol in die toenemende samewerking tussen lande in hul pogings om vulkanologie en die minimalisering van die rampspoedige gevolge van uitbarstings te verbeter.

Vanjaar se konferensie is aan die voet van die aktiewe vulkaan Merapi gehou. Die tema was: ’n Lewe in harmonie met vulkane: bou ’n brug tussen die wil van die natuur en die samelewing (‘Living in harmony with volcanoes: bridging the will of nature to society’). Die konferensie is bygewoon deur 485 wetenskaplikes uit 39 lande wat byeengekom het om navorsing en tegnologie met betrekking tot vulkane en die versagting van die gevolge van natuurrampe te bespreek. Altesaam 42 sessies oor aktuele onderwerpe, 10 werkwinkels en nege veldbesoeke aan verskillende vulkane is aangebied. Daar was ook geleenthede vir die uitruil van idees tussen konferensiegangers, gemeenskappe en politici.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

52 SQUARED2 UP

Stud

ente

Rone de Klerk, tans ’n MSc-student in die Departement Vee- en Wildkunde, is die derde student uit hierdie Departement aan wie die Koos van der Merwe / Veevoervervaardigersvereniging (AFMA)-prys in drie agtereenvolgende jare toegeken is.

Hierdie prys gedenk wyle dr Koos van der Merwe se bydrae tot die veevoerbedryf in Suid-Afrika en word gereserveer vir studente wat alreeds vir nagraadse studie in Veevoeding ingeskryf het. Dit word jaarliks toegeken aan die finalejaarstudent wat die hoogste punt in Veevoeding behaal het.

Die wenner ontvang ’n sertifikaat en ’n kontantprys en word ook die geleentheid gebied om sy/haar meestersgraadnavorsing tydens die jaarlikse AFMA-simposium aan te bied. Rone het haar navorsing getitel ‘The effect of exogenous protease enzymes on performance and gut health in the grower pig’ in Oktober aangebied.

Elna Swart het die prys in 2012/2013 gewen, en in 2011/2012 was An Jacques die wenner.

Student in Veekunde wen gesogte prys

Rone de Klerk

Die Universiteit van Pretoria (UP) het ’n trotse tradisie om op te tree as een van die hoofborge van Eskom se jaarlikse Ekspo vir Jong Wetenskaplikes, waartydens die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe beurse aan uitstaande kandidate in Graad 11 en 12 toeken.

Vanjaar het twee Graad 11-leerders UP-beurse ontvang. In die kategorie Mikrobiologie en Chemie het Bernard Smit, ’n leerder van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria, ’n beurs ontvang vir sy projek getitel ‘Magnetotaktiese bakterieë met ’n Faraday-toepassing’, en in die kategorie Landbouwetenskappe het die projek ‘Wurmtee: ’n ekologiese oplossing vir landboukundige probleme’ ’n beurs vir Avuyile Mabangatha van Oos-Londen verseker. Die beurse ter waarde van R25 000 elk sal die koste van dié twee leerders se eerste studiejaar in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe in 2016 dek.

Die nasionale eindronde van Eskom se Ekspo vir Jong Wetenskaplikes verskaf aan jongmense met blink idees ’n unieke geleentheid om hul navorsing en vindingrykheid op die gebied van wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, wiskunde en innovasie (‘science, technology, engineering, mathematics and innovation’ − STEMI) ten toon te stel. Hierdie inisiatief het ten doel om akademiese uitmuntendheid in STEMI-onderrig aan te moedig. Suid-Afrika se intelligentste en belowendste jong wetenskapliks word elke jaar byeengebring om hul prestasies te vier en hulle aan te moedig om hul belangstelling in wetenskap en tegnologie verder te ontwikkel.

UP ken beurse toe om wetenskap te bevorder

Bernard Smit

Avuyile Mabangatha

53 SQUARED2 UP

Dierkundestudent ook ’n kranige hengelaar

Amanda Adlam

Stud

ente

Alhoewel Amanda Adlam, ’n finalejaarstudent in Dierkunde, graag met diere werk, is hengel haar passie.

Amanda is in Bulawayo, Zimbabwe gebore en het daar gewoon totdat sy in 2011 na Pretoria verhuis het om ’n BSc (Dierkunde)-graadkursus in die Fakulteit Natuur- en Landbouweten-skappe te volg. Sy vang reeds van jongs af vis, maar haar internasionale beroep as ’n hengelaar het eers in 2006 begin toe sy Zimbabwe as ’n lid van die junior oewerhengelspan verteenwoordig het. Sedertdien het sy aan sewe hengeltoernooie deelgeneem en het sy in beide die junior en die senior oewerhengelafdelings vir dames, asook in senior boothengel, provinsiale en nasionale (Zimbabwiese) kleure verwerf. Die grootste eer wat ’n hengelaar te beurt kan val, is om Drienasies Sone 6 (Tri-nations Zone 6)-kleure te verwerf, en Amanda het dit alreeds drie keer reggekry! Tydens vanjaar se Drienasieshengeltoernooi, wat by die Hardapdam in Namibië gehou is, het sy die bronsmedalje gewen nadat sy op die eerste dag vierde, op die tweede dag tweede, en op die derde dag eerste geëindig het. Sy is ook die eerste senior Zimbabwiese vrou wat daarin kon slaag om ’n individuele plasing te verkry.

Deon de Jager, ’n tweedejaar-meesterstudent in Biotegnologie, was die wenner van een van vyf plakkaatpryse vir jong wetenskaplikes wat in September 2014 tydens die 10de Internasionale Kongres oor Ekstremofiele in St Petersburg, Rusland toegeken is. Benewens ’n sertifikaat en medalje het hy ook ’n kontantbedrag van die Internasionale Vereniging oor Ekstremofiele ontvang.

Die mede-outeurs van sy plakkaat, getitel ‘Ontdekking van Metagenomiese Geen’ (‘Metagenomic Gene Discovery’), was prof Don Cowan (studieleier) en dr René Sutherland (medestudieleier). Deon doen tans in die Departement Genetika by die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika (SMEG) navorsing vir sy meestersgraad.

Deon se navorsing is toegespits op die identifisering van nuwe gene wat betrokke is by die strestoleransie van mikro-organismes in die grond van die Namib, wat vereis het dat hy ’n funksionele sifting moes doen van ’n metagenomiese biblioteek (of omgewings-DNS-biblioteek) wat deur dr Sutherland uit hierdie omgewing in E.coli opgestel is. Mikro-organismes wat in warm woestyngrond oorleef, het aangepas by uiterste omgewingstoestande soos hoë temperature, uitdroging (of lae beskikbaarheid van water), toenemende UV-bestraling en oksidatiewe stres as gevolg van uitdroging.

Verskeie klone wat weerstandig is teen verhoogde vlakke van natriumchloried (NaCl) in die groeimedia, het probeer om die lae beskikbaarheid van water in die grond van die Namib te simuleer en

MSc-student wen internasionale prys met sy plakkaat

is op grond van die metagenomiese biblioteek geïdentifiseer. Die metagenomiese DNS van dié klone is by die Ioon-Torrent-fasiliteit by die Universiteit van Pretoria in volgorde geplaas en individuele gene wat potensieel vir die oordrag van soutverdraagsaamheid verantwoordelik kan wees, is verder ondersoek.

Omgewingsmikrobiese gemeenskappe, veral uit uiterste omgewings, verteenwoordig ’n onontginde bron vir die identifisering van nuwe gene en die geënkodeerde proteïene/ensieme wat by stresverdraagsaamheid betrokke is en wat op die gebiede van industriële biotegnologie, geneeskunde, landbou en ander kommersiële ondernemings toegepas kan word.

Deon de Jager

54 SQUARED2 UP

Stud

ente

’n Global Connections and Exchange: My Community, our Earth (MyCOE) Youth TechCamp is gedurende Julie by die Sentrum vir Geoinligtingswetenskap van die Universiteit van Pretoria (UP) aangebied. Die doel van die program is om geleenthede vir die jeug te skep om meer omtrent aanlyn-geotegnologieë te leer en hoe om hierdie tegnologieë in die diens van hulle gemeenskappe aan te wend. Terselfdertyd is ’n beter begrip van verskillende plekke in die wêreld en verskillende kulture aangemoedig. Die MyCOE TechCamps word gereël deur die Association of American Geographers (AAG) met finansiële ondersteuning van die VSA se Department of State Bureau of Educational and Cultural Affairs, meer spesifiek hul Youth Programs Division. In 2014, is MyCOE Youth TechCamps in Suid-Afrika, Bolivië en Panama gehou.

Hierdie 2014 MyCOE Youth TechCamp in Suid-Afrika was meer as slegs ’n tegniese ondervinding vir die leerders en fasiliteerders: dit het jonk en oud, persone van verskillende agtergronde, kulture en kontinente byeengebring. Sewe-en-dertig leerders het die kamp bygewoon: tien leerders het vanaf die VSA gevlieg om by plaaslike hoërskoolleerders, afkomstig vanuit drie verskillende provinsies in Suid-Afrika, aan te sluit. Hulle was almal tussen die ouderdomme van 15 en 18 jaar oud. Die meeste van die leerders het geografie as ’n vak op skool en hulle is deur middel van ’n mededingende aansoekproses gekies. Leerders vanuit beide lande was afkomstig van ’n verskeidenheid van agtergronde: privaat- en openbare skole, landelike en stedelike gebiede, asook bevoorregte en minderbevoorregte skole. Sommige was rekenaargeletterd en het selfs GIW-toekennings gewen, terwyl ander skaars ooit aan ’n rekenaar geraak het. Die hoofdoel met die integrasie van hierdie leerders was om vaardighede en kulturele uitruiling aan te wakker.

Die TechCamp het leerders aan verskeie loopbaan geleenthede in Geografiese Inligtingwetenskap (GIW) blootgestel. Die tien dae het praktiese sessies in rekenaarlaboratoriums, uitstappies na Freedom Park, die Wieg van die Mensdom en Dinokeng ingesluit. Inspirerende praatjies

Praktiese inspirasie vir leerders om loopbaan in Geografiese Inligtingwetenskap te oorweeg

is deur die wel-bekende omgewingswetenskaplike, prof Coleen Vogel van die UP, en die geoloog en speleoloog, Roger Ellis gelewer. Leerders het in groepe gewerk om ’n projek te voltooi wat geotegnologieë aanwend om ’n oplossing te vind vir ’n reële ruimtelike beplanningsprobleme wat verband hou met waterbronnebestuur, klimaatverandering, besoedeling, dolomiet en sinkgate in die Centurionmeer-area. Hulle het Gautengse datastelle, soos satellietbeelde, ’n Digitale Hoogtemodel (DHM), straatnetwerke en geologiese data gebruik. Sodoende het hulle basiese GIW-vaardighede, soos digitalisering, ruimtelike analise en kartering bekom deur gebruikmaking van QGIS en ESRI Story Maps.

Die plaaslike organiseerders, EIS-Africa en AfriSpatial het kragte saamgespan met die Sentrum vir Geoïnligtingwetenskap en JuniorTukkies by UP, ten einde die week ’n onvergeetlike ondervinding te maak. AfriSpatial het die tegniese en opvoedkundige program vir die week gereël. UP Nagraadse Geoïnformatika-studente van UP het tegniese GIW-bystand in die UP Goldfields-rekenaarlaboratorium voorsien en het ook as gedurende die week as begeleiers vir die leerders opgetree. JuniorTukkie het die logistiek voorsien om seker te maak dat die leerders goed uitgerus was, dat hulle vervoer gehad het en dat hulle Suid-Afrikaanse gasvryheid beleef het. Verteenwoordigers van EIS-Africa, AAG en die VSA Departement van Buitelandse Sake het elke dan en wan gedurende die week by die program aangesluit en het aan die einde van die program, tydens die afsluitingseremonie, aan elke leerder ’n sertifikaat van suksesvolle voltooiing oorhandig.

EIS-Africa, AfriSpatial en die UP se Sentrum vir Geoïnligtingwetenskap is gretig om voort te bou op die sukses van die 2014 GCE MyCoE Techcamp deur in 2015 ’n soortgelyke geleentheid aan te bied. Organisasies wat gretig is om deel te neem of om deelnemers van benadeelde gemeenskappe te borg om in 2015 ’n kamp by te woon kan Sives Govender [email protected], Bridget Fleming [email protected] of Serena Coetzee

[email protected] kontak vir meer inligting.

Leerders spog met die sertifikate wat hulle tydens die afsluitingseremonie van die 2014 “GCE MyCOE TechCamp” van die “Deputy Chief of Mission” van die

VSA Ambassade, me Virginia Palmer, ontvang het.

55 SQUARED2 UP

Stud

ente

Die Nagraadse Studentevereniging vir Natuur- en Landbouwetenskappe, ook bekend as PSANA, het in September ’n potjiekosgeselligheid gehou waarby baie van die Fakulteit se diverse departemente goed verteenwoordig was. Nagraadse studente in Biochemie, Fisika, Genetika, Geografie, Geoinformatika en Meteorologie, Chemie, Voedselwetenskap, Verbruikerswetenskap, Plantkunde, Plantpatologie, Plantproduksie en Grondkunde, Dierkunde, Mikrobiologie, Statistiek en Wiskunde het saam ’n feestelike namiddag geniet – ten spyte van die wanopvatting dat departement huiwerig is om buite hul ‘gemaksones’ te beweeg.

PhD-, MSc- en honneursstudente het met geesdrif in ’n ‘Ultimate Frisbee’-spel meegeding – wat tot baie grappies en vrolikheid gelei het. Vir van die ander was dit ’n volmaakte geleentheid om na baie lang ure van navorsing heerlik om ’n vuur te ontspan en te gesels.

Jeandré Johnson, ’n student van die Departement Voedselwetenskap, het saam met ’n paar ander vier smaaklike potjies voorberei wat verseker het dat daar iets vir elke smaak sou wees. Die vegetariërs is nie afgeskeep nie, aangesien ’n geurige botterskorsie- en eiervrugpotjie spesiaal vir hulle voorberei is. Vir dié wat ’n ligter dog vullende vleisopsie verkies het, was daar ’n keuse tussen ’n gedroogde appelkoos en kerrie-hoenderpot of een met spinasie, kaas en hoender. Laastens was daar vir die tradisionaliste, dws die rooivleisliefhebbers, ’n oorspronklike potjie met gesmoorde biefstuk wat met cabernet sauvignon deurweek was.

Die geleentheid is terdeë geniet deur almal wat dit bygewoon het – soveel so dat daar tot

laataand saamgekuier is terwyl talle nuwe vriendskapsbande gesmee is.

Nagraadse studente breek deur grense

Studente in Veekunde wat by die kleinveeafdeling van die Proefplaas betrokke is, het onlangs ’n uitstappie na die pre-primêre afdeling van die Skool vir Leerders met Serebrale Verlamming in Pretoria gereël. Die skool maak voorsiening vir die behoeftes van kinders met die verskillende grade van verstandelike en liggaamlike gestremdheid wat gewoonlik as gevolg van skade aan die sentrale senustelsel voorkom.

Tydens die besoek aan die skool is ’n ooi en haar week-oue lammetjies, asook enkele hanslammertjies en bokkies na die skool geneem vir ’n praktiese ‘wys-en-vertel’-ervaring. Gedurende die weke wat die besoek voorafgegaan het, het die leerders geleer van die verskillende soorte vee en die produkte wat hulle vir menslike gebruik verskaf, soos byvoorbeeld skaapwol wat gespin en geweef word om materiaal vir kleding te vervaardig. Die ‘wys-en-vertel’-sessie was die praktiese deel van die lesse.

Proefplaas hou ‘wys-en-vertel’-dag by Skool vir Leerders met Serebrale Verlamming

Carla Rittonori, ’n MSc-student van die Departement Vee- en Wildkunde, hou ’n lammetjie vas sodat die kinders hom kan streel

Kinders wat gretig is om die diere aan te raak drom saam om die hok waarin die ooi, haar lammetjies en ’n paar bokkies is

Vir baie van die leerders was dit ’n uiters emosionele ondervinding om aan ’n lewende dier te raak. Alhoewel party van hulle sonder huiwering nadergestaan het om die ooi en die lammetjies te streel, het ander heelwat aanmoediging nodig gehad. Die kinders het ook ’n geleentheid gekry om die lammetjies en bokkies met bottels te voed en sommige van hulle kon skaars hul opgewondenheid beteuel. Teen die einde van die oggend het elke kind ’n beurt gehad om een van die diere te streel, al het dit soms heelwat oorreding geverg. Van die kinders se ouers was teenwoordig, maar dié wat nie daar kon wees nie kon darem ook in hul kinders se vreugde deel, aangesien die onderwysers foto’s geneem het om die spesiale oomblikke tussen die kinders en die diere vas te vang. Daar is besluit dat die uitstappie na die skool ’n jaarlikse instelling sal word en ons hoop om op dié wyse ’n bydrae te maak tot die leerders se emosionele ontwikkeling.

56 SQUARED2 UP

Stud

ente

Die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde by die Universiteit van Pretoria (UP) geniet sterk en vrugbare samewerking met die Bulgaarse Akademie vir Wetenskappe (BAW). UP-professore Roumen Anguelov en Jean Lubuma reël reeds baie jare lank die Internasionale Konferensie oor Wiskundige Metodes en Modelle op die gebied van die Biowetenskappe (BIOMATH) en die Skool vir Jong Wetenskaplikes in Sofia, Bulgarye in samewerking met professore S Markov en S Pesheva (BAW).

Volgens ’n artikel getitel ‘Biology + Maths = LIFE’, wat in die Bulgaarse nuusblad Azbuki gepubliseer is, word deelname tradisioneel deur wetenskaplikes uit die RSA en die VSA oorheers. Die 2014-geleentheid was geen uitsondering nie, en Suid-Afrika se ambassadeur in Bulgarye, me Vanessa Calvert, het selfs tydens die openingseremonie ’n toespraak gelewer. BIOMATH 2014 is deur ’n groot afvaardiging van die UP Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde bygewoon en me Claire Duffourd en mnr Yibeltal Terefe, twee van ons PhD-studente wat aanbiedings gedoen het, was onder die drie toppresteerders en het toekennings ontvang.

Studente word beloon by BIOMATH 2014

Die UP-afvaardiging by BIOMATH 2014

Drie nagraadse Analitiese Chemie-studente van die Universiteit van Pretoria het pryse vir hulle voorleggings by die Analitika 2014 Konferensie gewen. Die Konferensie is gedurende September by Khaya iBhubesi in Parys (Vrystaat) aangebied.

Sifiso Nsibande, ’n MSc-student, met studieleier dr Patricia Forbes, het die toekenning gewen vir die Beste Studenteplakkaat op die gebied van massa spektrometrie, en ook die Beste Mondelinge-toekenning op die gebied van chromatografie.

Eve Kroukamp, ’n PhD-student, ook met dr Patricia Forbes as studieleier, het die tweede prys gewen vir haar plakkaat op die gebied van massa spektrometrie, en Wonder Nxumalo, ’n MSc-student met dr Yvette Naude as studieleier, het ’n tweede prys onvang vir sy plakkaat op die gebied van chromatografie.

Nagraadse Chemie studente wen toekennings

Studente by die prysuitdelingseremonie met dr Patricia Forbes (heel links) en dr Yvette Naudé (heel regs)

57 SQUARED2 UP

Stud

ente

Cara Slabbert, ’n PhD student met dr Melanie Rademeyer as studieleier, het die derde prys in die Chemie-sessie van die jaarlikse Studentesimposium ontvang wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK), wat op 7 November by die Florida-kampus van Unisa aangebied is. Sy het dit ontvang vir haar mondelinge voordrag, getiteld “Vele fasette van kwik(II) in eendimensionele haliedgebrugde polimere van d10 metaalkatione met N-bensopiridien en -pirasien tipe ligande”.

Nagraadse Chemie-student wen SAAWK-prys

Die heel eerste Studentegroep (‘Student Chapter’) van die Vereniging vir Industriële en Toegepaste Wiskunde (SIAM) in Suid-Afrika is aan die Universiteit van Pretoria (UP) toegeken.

Sedert die stigting van SIAM in 1952 het dié vereniging deur publikasies, navorsing en gemeenskapsdiens bekendheid verwerf as ’n internasionale kampvegter vir innovasie en uitnemendheid. SIAM publiseer tans 16 van die vooraanstaande ISI-vaktydskrifte.

In 1979 is die Studentegroepe van SIAM bekendgestel deur ’n verskeidenheid aktiwiteite en inisiatiewe wat bedoel was

Tuks spog met eerste SIAM-studentegroep in Suid-Afrika

Prof Jean Lubuma, die huidige Fakulteitsadviseur van die SIAM-groep by die Universiteit van Pretoria en studentebeamptes me Claire Dufourd (President), mnr Zakaria Ali (Visepresident), mnr Usman Danbaba (Sekretaris) en mnr Gray Manicom (Tesourier)

om studente, veral nagraadse studente, se belangstelling in toegepaste wiskunde en berekeningswetenskap aan te wakker. Tans het SIAM 141 Studentegroepe wêreldwyd.

Die SIAM-groep by UP beplan om studente meer bewus te maak van die uiterste belang van die wiskundige wetenskappe vir die land se ontwikkeling, en van die feit dat al die vaardighede in die Suid-Afrikaanse lys van skaars vaardighede op wiskunde berus. Hulle wil ook belangstelling in wiskunde aanwakker deur aan studente geleenthede te bied om hul idees en geesdrif met medestudente en akademici uit toepaslike departemente by UP te deel. Daarbenewens

beoog hulle om beroepsgeleenthede binne en buite ons landsgrense te ondersoek, kontakte op te bou en lonende samewerking te inisieer.

Onder die voordele wat studente geniet is die volgende: hulle kom in aanmerking vir gratis studentelidmaatskap van SIAM; kan sertifikate ontvang wat uitstaande diens aan die groep erken; finansiële bystand vir die groep se aktiwiteite; en deelname aan SIAM se jaarlikse byeenkomste.

Besoek die volgende webwerf vir meer inligting: http://www.siam.org/students/chapters/current/upretoria.php

Cara Slabbert (regs)

58 SQUARED2 UP

Stud

ente

’n Nuwe groep van 50 graad 10-leerders, bekend as Groep Q, het die afgelope winter by UP se wetenskapfamilie (UP with Science) aangesluit.

Die leerders en hul ouers is deur prof Brenda Wingfield in die Sci-Enza-ouditorium verwelkom. Na middagete is die leerders na UP se Proefplaas geneem, waar mnr Roelf Coetzer hulle na die suiwelplaas vergesel het om hulle ’n idee te gee van sommige van die bedrywighede wat met skaap- en bokboerdery gepaard gaan. Hulle het ook eerstehandse ervaring van die klassifisering van wol opgedoen. Daarna het dr Diana Marais van die Departement Plantproduksie en Grondkunde hulle voorgestel aan die familie Brassicaceae (die verskillende koolvariëteite) en die maniere waarop hulle gekweek word. Hulle het ook ’n vinnige draai by die Departement Plantkunde gemaak, waar mnr Daniel Bilankulu hulle vertel het van die grootste broodboomversameling in die suidelike halfrond wat by die Universiteit gehuisves word.

Gedurende die res van die Winterweek het die groep die verskillende departemente in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe besoek. Maandagoggend het hulle ’n interessante lesing deur prof Jan Verschoor van die Departement Biochemie bygewoon, en in die namiddag het hulle die Departement Dierkunde en Entomologie besoek, waar hulle ingelig is oor die navorsing wat op Marion-eiland onderneem word. Dinsdag was dit die Departement Fisika se beurt. Hier het mnr Johan Janse van Rensburg en sy span hulle meer van lig geleer en vir hulle gewys het hoe om ’n spektroskoop te bou. Die hoogtepunt van die dag was egter toe hulle hul eie stikstof-kitsroomys kon maak! Woensdag het ’n besoek aan die Departement Chemie gevolg en om die leerders te beïndruk het mnr AJ van Rensburg en sy medestudente vir hulle geleer hoe om aspirien te sintetiseer en gedemonstreer hoe verskillende metaalsoute met verskillende kleure vlamme brand. Hulle het ook materiaal gekleur en met chromatografie geëksperimenteer om vas te stel watter kleursamestellings in verskillende kleurstowwe vir lekkergoed gebruik word.

Donderdag was daar ’n uitstappie na die Tswaing-krater saam met dr Miranda Deutschländer van die Departement Plantkunde en mnr Victor Tibane van die

UP with Science se nuwe wetenskap-leerders word bederf tydens Winterweek

Departement Geologie. Daar het hulle meer uitgevind oor die geologie van die gebied en die plantegroei in dié ou krater, wat deur ’n meteoriet veroorsaak is. Die laaste dag is by die Departement Voedselwetenskap deurgebring, waar hulle kon sien hoe melk vanaf die Proefplaas gepasteuriseer word en ook toegelaat is om hul eie warm sjokoladedrankie te maak. In die namiddag het hulle ’n idee gekry van wat in Graad 11 op hulle wag toe die huidige groep Graad 11-leerders die resultate van hul navorsingsprojekte gedemonstreer het.

Die groep het ook besoek afgelê by In2Foods, waar Ria Odendaal en haar span vir hulle gewys het watter verskillende hidroponiese stelsels (waterkweekstelsels) vir die kweek van slaai gebruik word, asook hoe verskeie slaaie voorberei en vooraf verpak word. Middagete was ’n piekniek op die plaas, waarna die leerders teruggeneem is na die Hatfieldkampus om die namiddag saam met Melissa van der Merwe en haar span by die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling deur te bring. Daar het hulle soveel pret gehad dat hulle amper vergeet het om huis toe te gaan!

Mnr Daniel Bilankulu vertel die leerders meer van die UP wat die grootste broodboomversameling in die suidelike halfrond het

Leerders het ook die geleentheid gekry om Universiteit se proefplaas te besoek en meer te leer oor skaap- en bokboerdery

59 SQUARED2 UP

Stud

ente

Studente van die Departement

Landbou-ekonomie, Voorligting en

Landelike Ontwikkeling het aan ʼn

kompetisie deelgeneem wat deur

Agbiz (‘Agribusiness Chamber’) tydens

hul onlangse kongres aangebied is. Die

Agbiz-gevallekompetisie vir Studente

het aan 16 uitblinker-studente van

groot universiteite in Suid-Afrika

die geleentheid gebied om mee te

ding in die analise van ʼn werklike

gevallestudie en in die ontwikkeling

van strategiese aanbevelings om

sleutelaspekte van die geval aan te

spreek. Hier is die kommentaar van ʼn

paar studente oor die ervaring:

UP-studente blink uit in Agbiz-kompetisie

Beste spanwerk

Naaswenners

Uitstaande individuele studente

Wenspan

“Die kompetisie het vir my die geleentheid gebied om dit wat ek in die lesingsaal geleer het, prakties toe te pas en ek het dit insiggewend gevind.” Ikageng Maluleke (een van die wenners van die toekenning vir die beste spanwerk).

“My deelname aan die kompetisie het my gehelp om ‘buite die boks’ te dink en om van die vaardighede wat ek geleer het, te gebruik .” Etienne Kruger (lid van die span wat tweede gekom het).

“Die kompetisie het vir my ʼn goeie grondslag in openbare redevoering gelê .” Ayanda Demana (leier van die algehele wenspan).

Die wenspan het uit Ayanda Demana,

Scelo Mshengu, Christian Schlotveldt

en Manfred Venter bestaan. Die span

wat die tweede plek behaal het, het uit

Etienne Kruger, Lindelani Makhuvhu,

Karabo Motau en Jan-Hendrick

Strauss bestaan. Die span van Ikageng

Maluleke, Lunga Njara, Johann

Boonzaaier en Herman Lombard het

die toekenning vir die beste spanwerk

losgeslaan.

Die vier individuele studente wat die

beste in die kompetisie gevaar het,

was Manfred Venter, Ayanda Demana,

Stuart Knott en Karabo Motau.

60 SQUARED2 UP

Stud

ente

Terwyl daar verwag word dat die Radioastronomieobservatorium by Hartebeeshoek (HartRAO) se maanlaserpeilingsteleskoop (MLP-teleskoop) / ‘lunar laser ranging telescope (LLR telescope)’ eers in ongeveer 2016 in werking gestel sal word, het ’n groep nagraadse studente by verskillende Suid-Afrikaanse universiteite alreeds as deel van hul studie begin om aan verskillende stadiums van die massiewe MLP-projek saam te werk. Onder die toesig van prof Ludwig Combrink is veral mnr Philemon Tsela, ’n lid van die akademiese personeel van die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie en ook ’n PhD-kandidaat, verantwoordelik vir die ontwikkeling van ’n intydse hittemoniteringstelsel vir die MLP. Die belangrike medewerkers aan die MLP-projek sluit NASA/VSA, OCA/Frankryk en NRF/SA in.

Gedurende die afgelope 40 jaar het hoek-kubus-retroreflektors (HKR’s) ‘corner cube retroreflectors (CCRs)’ wat van tyd tot tyd op die maanoppervlakte geplaas is, gelei het tot die ontwikkeling van die MLP-tegniek wat uiters akkurate metings van die afstand tussen die aarde en die maan verskaf. Die plasings van HKR’s op die maan is gedoen deur die bemande Apollo-sendings 11, 14 en 15, asook deur die eerste en tweede onbemande Sowjet Rover Lunakhod-sending. Hierdie optiese trukaatsers bestaan uit weerkaatsende prisma-sye wat invallende laserstrale terugweerkaats in hul oorspronklike rigtings en aldus die enigste metode bied waardeur die afstand tussen die aarde en die maan met behulp van die laserpeiltegniek / ‘laser ranging technique’ gemeet kan word.

Die akkurate metings van die afstand tussen die aarde en die maan wat deur die MLP verskaf word, bied potensieel meer omvattende oplossings vir akkurate toetsings van Einstein se teorie met betrekking tot algemene relatiwiteit, gravitomagnetisme, geodetiese presessie en ander geparametriseerde na-Newtonse toetse. Tans is al vier die MLP-stasies vir gereelde data-inwinning wat in verskillende wêrelddele gebruik word in die Noordelike Halfrond (hulle is McDonald in die VSA, die Observatoire de la Côte d’Azur (OCA) in Frankryk, Apollo in die VSA and Matera in Italië). Die MLP-teleskoop wat by HartRAO/Suid-Afrika ontwikkel word, sal ’n nuwe toevoeging tot die lys aktiewe LLR-stasies wees en sal dus ’n bydrae lewer tot die inwinning van globale laserpeilingsdata.

UP-student betrokke by ontwikkeling van intydse termiese moniteringstelsel vir SA se eerste MLP-teleskoop

Mnr Philemon Tsela by die optiese ondersteuningstelsel van die MLP-teleskoop by HartRAO

’n Werklike voorstelling van die uitwendige metaalstruktuur van die MLP-teleskoop by HartRAO

Prof Ludwig Combrinck, Mededirekteur van HartRAO en buitengewone professor by UP, by die voorkant van die optiese ondersteuningstruktuur van die MLP-teleskoop by HartRAO