19
MASJIENGEWEERRONDTE Twee Entrepreneurs drie bonusvrae en antwoorde ELMAR CONRADIE CEO van Safair, die mees stiptelike lugrederye ter wêreld JANHENDRIK OOSTHUIZEN Besturende Direkteur van Etiket Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud bonusvrae en antwoorde UITGAWE 03

SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

MASJIENGEWEERRONDTETwee Entrepreneurs drie bonusvrae en antwoorde

ELMAR CONRADIECEO van Safair, die mees stiptelike lugrederye ter wêreld

JANHENDRIK OOSTHUIZENBesturende Direkteur van Etiket Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie

SONJA SMITHHoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het

Volle onderhoud bonusvrae en antwoorde

UITGAWE 03

Page 2: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Redakteursbrief

Laat die wiele rol, Klipkouers!

Eerstens, ’n voorspoedige 2018 vir jou en jou geliefdes!

Die kans om oor te begin maak ’n nuwe jaar altyd vir my spesiaal, ongeag ’n banksaldo wat al beter dae gesien het. Dis ’n geleentheid om weer te fokus op die dinge in my persoonlike lewe en in my besigheid wat ek afskeep, maar ook om te bou op die goeie gewoontes en uitslae van die vorige jaar. ’n Nuwe jaar verteenwoordig ook die begin van Klipkouers Potgooi – 18 Januarie was immers dié potgooi se tweede verjaarsdag!

Daarom wil ek sommer met die intrapslag vir jou dankie sê

vir al die getroue ondersteuning tot dusver. Jy gee my moed om te volhard in hierdie jong, opwindende en dikwels vreemde digitale medium. Ek het groot planne vir die jaar wat voorlê, so hou beslis die Klipkouers Potgooi dop!

Vanjaar is ook buitengewoon spesiaal vir my en my gesin aangesien ons in Februarie ná 14 jaar in die buiteland na Suid-Afrika terugkeer. Ons is baie opgewonde om weer in ons eie land tussen ons mense en ons kultuur te wees. Ek hoop dit gee ander Suid-Afrikaners hoop dat ons terugkeer ten spyte van ons land se uitdagings. Dis vir my ’n positiewe vooruitsig dat Suid-Afrika se uitdagings juis vernuwing en innovasie afdwing wat die land se ekonomie terselfdertyd versterk.

KLIPKOUERS UITGAWE 03

Terwyl ons, ons huis hier in Engeland oppak, het ek net weer besef hoe baie onnodige gemors mense opgaar. En hoe hierdie materiële dinge jou gedagtes en emosies oorneem. Hoe leër ons huis word, hoe ligter voel ek. Ek vermoed hierdie gevoel van verligting het ook te make met die feit dat ons heelwat items weggee. Dis immers lekkerder om te gee as om te ontvang. Dis ’n groot verrassing dat ek sover nog niks mis wat ons weggegee het nie!

Mag die nuwe jaar vir jou die geleentheid bied om jou huis en jou

kop bietjie goed skoon te skrop. Mag jy vanjaar ligter wees om vinniger te kan hardloop in die regte rigting.

www.klipkouers.com| 2 |

Page 3: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

InhoudKLIPKOUERS UITGAWE 03

04SONJA SMITHHoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het

Volle onderhoud bonusvrae en antwoorde

15MASJIENGEWEERRONDTE

TM & Kopiereg © 2018 deur Jacques Basson van Klipkouers.

Alle regte voorbehou.

Dit is onwettig om enige gedeelte van hierdie

digiTydskrif te reproduseer of te versend sonder

skriftelike toestemming van die Uitgewer.

15 Elmar Conradie CEO van Safair, die mees

stiptelike lugrederye ter wêreld

17 Janhendrik Oosthuizen Besturende Direkteur van Etiket Reklame

Agentskap en hulle unieke opleiding strategie

14DIT WAAROP JY FOKUS, WORD AL HOE GROTER

www.klipkouers.com| 3 |

Page 4: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Die Pretorianer Sonja Smith is geensins jou alledaagse sakevrou nie. Sy is die trotse eienaar van haar eie begrafnisonderneming, Sonja Smith-begrafnisgroep, wat in topgehalte doodsorg en alternatiewe roudienste spesialiseer.

Haar onderneming dien almal wat soek na iets anders - ’n omgewingsvriendelike begrafnis, ’n aandbegrafnis by kerslig of een wat voldoen aan persoonlike voorkeure tot in die fynste detail.

begrafnisondernemerSonja Smith

’n besonderse

ns is in gesprek met Sonja Smith, die eienaar

van Sonja Smith- begrafnisgroep, ’n begrafnisonderneming met verskeie takke in en om Pretoria. Sonja vertel wat haar onderneming anders maak, hoe problematies die begrafnisondernemings-bedryf in Suid Afrika is, en waarvoor sy haar beywer as sy nie by die werk is nie.

O

“ As die tannie wat oorlede is gehou het van tuinmaak, sal ek seker maak daar is ’n potplant, snoeiskêr en strooihoed in die kerk,” vertel Sonja.

| 4 | www.klipkouers.com

Page 5: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Hoewel Sonja in Pretoria gebore is, het sy haar skooljare in Nelspruit deurgebring. Ná matriek is sy na die Universiteit van Bloemfontein om haar opleiding in personeelbestuur te ontvang. Sy het uiteindelik by Standard Bank begin werk en later ’n bestuurder geword voor sy haar begrafnisonderneming begin het. Danksy haar toewyding is daar vandag ses takke van die Sonja Smith-begrafnisgroep regoor Pretoria, waarvan vier takke franchises is. Sy hoop om die besigheid te vergroot tot 35 takke landwyd.

“Dis nog ’n baie nuwe konsep in Suid-Afrika. Maar tog maak dit soveel sin wanneer iemand byvoorbeeld net drie maande oor het om te leef. Hou nou die begrafnis, dan kan die persoon dit bywoon en die huldeblyke van vriende en familie aanhoor. Gee vir hom blomme terwyl hy nog leef,” verduidelik sy.

“Dit maak soveel sin.”

Sonja bied ook begrafnisse aan ongebore babas wat op jonger as 26 weke oorlede is. Sulke babas word tans as mediese afval beskou, maar Sonja wil seker maak die ouers van so baba kry die kans om afskeid van hul ongebore kind te neem sou hulle wil.

Sy beywer haar tans om wetgewing rondom die status van ongebore babas te laat wysig.

Buiten dit is dié sakevrou ook ’n kampvegter vir die versorging van persone met dimensie en Alzheimer se siekte.

Om ’n begrafnisonderneming te bedryf sit nie in almal se

broek nie, maar Sonja voel dis haar roeping sedert sy in 1997 na ’n insetsel oor staatslykshuise op die aktualiteitsprogram Carte Blanche gekyk het.

“Ek was vasgenael voor die kassie,” vertel sy. “Dit was asof hierdie lig skielik in my kop aangegaan het. Ek moes net meer uitvind van hierdie bedryf. Daarom het ek toe ’n begrafnisondernemer besoek en gesê ‘wys my wat jy doen’. Ek dink nie dis iets wat die gewone man op straat sal doen nie. Maar ja, so het alles iewers ’n begin.”

Kliek hier om te luister.Episode 63: Sonja Smith

“ Ja, net 35,” sê sy beslis.

“ Ek wil hê dat mense moet weet elke Sonja Smith-begrafnisonderneming is deur my persoonlik goedgekeur.”

y bied ook lewende roudienste aan persone wat terminaalsiek is sodat geliefdes ’n kans het om behoorlik afskeid te neem.S

| 5 | www.klipkouers.com

Page 6: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Jacques het met Sonja gesels oor hoe sy

probleme by die werk uitstryk, waarom sy haar beywer vir diegene wat treur en Alzheimer se siekte het en watter professionele uitdagings sy moes oorbrug.

Vertel ons bietjie meer van jou onderneming en watter

dienste julle bied.Ons lewer ’n hele paar dienste. Eers die afhaal van die liggaam, want sodra iemand sterf moet iets met die liggaam gebeur.

In Engels praat hulle van die final disposition of the body. Dit beteken ons sal die liggaam versorg en in ons fasiliteit bewaar.

En ja, ons fasiliteite is baie mooi! Net nou die dag het ’n tannie aan my gesê: ‘My kind, dit voel of die oom in ’n gastehuis lê!’ Dit was ’n groot kompliment.

Ons sal ook al die nodige reëlings tref en voorstelle maak, want mens kan nie aan alles dink wanneer jy die dood van ’n geliefde probeer verwerk nie.

Ons skakel al die nodige kerkmense: die dominee, die koster, die orrelis. Ons reël ook dat daar blomme en eetgoed is.

Ons bied ook besigtigings. Ek is ten gunste daarvan. Hoewel, as die oorledene se liggaam grusaam vermink is, gaan ons niemand daaraan blootstel nie. In so geval sal ek net ’n hand wys. Dis belangrik vir die familie om die geliefde se hand te sien; dis wanneer die realiteit inskop en die ontkenning agtergelaat word.

Jy bring bietjie kleur na ’n roudiens; dis byna ’n viering

van die persoon se lewe, né?Beslis. Ek het een aand ’n aandbegrafnis in een van die mooiste kapelle gehou. Toe die kis uiteindelik ná die diens in die lykswa vertrek, het al die roubeklaers ’n glasie vonkelwyn op die oorlede geklink en gesê: ‘Cheers, John!’

Dis nogals fantasties. Veral op só ’n aand met al die kerse en koormusiek. Ek hou altyd die mense dop en dan sien ek hoe ’n tannie aan haar man stamp en sê: ‘Liefie, ek wil ook eendag só begrawe word.’

| 6 | www.klipkouers.com

Page 7: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

oorspronklik wil wees, moet jy gereed wees dat mense jou gaan na-aap.

Ek wil glo dat ek ’n oor die jare ’n bydrae gelewer het om die standaard van die industrie te verhef.

Is die bedryf baie mededingend?

Dis ’n probleem dat die bedryf nie gereguleer word nie, want nou kan elke Jan Rap en sy maat ’n winkel aanmekaar klap en dit ’n begrafnisonderneming noem.

Maar só persoon bêre sommer die liggaam in die hospitaal se yskas tot die dag van die begrafnis en leen ’n voertuig om dit na die roudiens te vervoer. Dit veroorsaak ’n groot probleem omdat dit nie gereguleer word nie.

Watter ander bedrywe of verskaffers het ’n groot

impak op jou sukses tot dusver?Ons maak baie staat op die verskaffers van blomme, verversings en musiek. As een van dié verskaffers opmors is jou goeie naam op die spel.

Personeel is ook ’n groot uitdaging. Diegene wat knap is wil dikwels nie met liggame werk nie, en die wat wel bereid is om met liggame te werk, is nie so goed nie.

Is begrafnisonderneming ’n baie gespesialiseerde beroep?

Ongelukkig kan mens nie in Suid-Afrika as ’n professionele begrafnisondernemer opgelei word nie. Dis baie hartseer, want dis eintlik ’n baie gespesialiseerde beroep - soos die morticians in Amerika.

Eerstens moet jy die hart hê om hierdie tipe werk te kan doen en dan ook die nodige waagmoed. Jy moet letterlik stukkende mense weer aanmekaar sit.

Hoe hanteer jy dit om kostes met families te bespreek?

Geld is ’n moeilike ding as dit kom by hartseer. Vir my is dit baie moeilik om met ’n familie oor geld te praat, maar ongelukkig is hierdie ’n besigheid en om die diens te kan lewer moet ek my personeel en verskaffers kan betaal.

Brei bietjie uit oor die bedryf.Dis maar ’n mannewêreld en ’n

mafiabedryf. Mense sal mekaar verraai waar hulle kan en jy het nie eintlik enige vriende binne die bedryf nie. Dis maar baie alleen.

Tog is dit ’n groeiende bedryf? Waarom dan

dié vyandigheid?Ek kan nie vir jou sê wat die rede is nie. Dit was nog altyd ’n baie konserwatiewe bedryf. Die dood is swart, wit en grys. Daar was nog nooit kleur nie.

Ek voel ek kan myself gelukwens, want wonder bo wonder het al meer mense my manier van dinge doen begin naboots. Hulle sê mos as jy

| 7 | www.klipkouers.com

Page 8: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Wat is op die oomblik ’n groot struikelblok vir jou?

Ek sou sê die feit dat stelsels nog nie elektronies is nie. En dat die bedryf nie gereguleer word nie.

Ek is ook tans besig om uit te brei na ’n franchise-model. Ons het reeds ses takke waarvan vier franchises is. Ek sou graag ’n nasionale handelsmerk wil word met 35 takke regoor Suid-Afrika.

Watter persoonlikheids-eienskappe dra by

tot jou sukses?Dis dalk nie almal goeie eienskappe nie! Ek is ’n workaholic wat min slaap. My brein skakel glad nie af nie en dis eintlik baie sleg. Hoewel as hierdie bedryf eers in jou bloed is, is dit ’n heeltemal ander wêreld waarin jy beweeg.

Ek is ook baie lief vir nuus en inligting; ek het ’n hunkering na kennis. Ek omring myself ook met mense wat my opbeur en ’n positiewe ingesteldheid het.

Voel jy jy het ’n ander perspektief oor die

dood aangesien jy so nou daarmee werk?Al wat ek regtig kan sê is dat die lewe kort is. Die dood maak nie ’n afspraak nie. Daar

is ’n slagspreuk opgeplak in ons lykshuis wat lui: ‘Those who died this morning had plans for tonight, those who died tonight had plans for tomorrow’.

Ons besef hoe kortstondig die lewe is. Jy het net vandag - of jy nou ’n bedelaar of ’n minister is. Hier gaan almal op dieselfde rak lê.

Dis vir my regtig swaar as kinders doodgaan. Ons probeer om nie voor kliënte te huil nie, maar wanneer hulle hier uitstap, begin die trane loop oor die ongelooflike tragiese omstandighede.

Watter persoon, dood of lewendig, is vir jou ’n

inspirasie, en hoekom? Sonder twyfel ons vorige openbare beskermer Thuli Madonsela. Ek het al die respek in die wêreld vir haar oor die menseregtekwessies waarvoor sy staan en die verskil wat sy in Suid-Afrika maak. Ek wens ek kon haar as president van die land verkies.

“Ons besef hoe kortstondig die

lewe is. Jy het net vandag - of jy nou ’n bedelaar of ’n minister is.”

| 8 | www.klipkouers.com

Page 9: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Jy is passievol om die siening te verander dat ongebore

fetusse as mediese afval beskou word. Vertel ons bietjie meer hieroor.Dis nou al minstens dertien jaar sedert ek die oproep gekry het om ’n drieling by ’n privaathospitaal te gaan haal wat op twintig weke doodgebore is.

Toe ek by die hospitaal aankom en na die drieling vra, antwoord die verpleegsters: ‘Jammer, hulle is nie meer hier nie’. Ek kon nie verstaan waarom nie. ‘Julle het my dan gebel; hier is ek nou,’ sê ek oorbluf. ‘Waar is hulle?’

‘Hulle is weg,’ kom die antwoord.

Dis toe dat ek besef wetgewing bepaal dat ’n miskraam voor 26 weke as nie-lewensvatbaar beskou word. Hierdie fetusse word outomaties

as mediese afval beskou. Jy mag nie kies om hulle te begrawe nie. Jy het nie daardie reg nie.

Ek was briesend kwaad. ‘Hier lê ’n hartseer mamma,’ sê ek hardop. ‘Al wat sy wil doen is om ’n laaste eer aan haar drieling te betoon; sy wil afskeid neem sodat sy ook kan genees.’

Uiteindelik moes ek en die eenheidsbestuurder in haar motor klim en na die ongebore fetusse gaan soek. Ons het die drie babatjies by die verbrandingsoond opgespoor. Gelukkig kon ons toe ’n pragtige begrafnis vir hulle hou. Die gebeurtenis het vir jare by my gespook.

Ek weet dit is nie reg nie. Ek het geweldig baie navorsing gedoen oor wat die praktyk in ander lande is.

En toe het my dogter ’n miskraam gehad en ek staan aan die ander kant van die tafel en weet nie wat om vir my eie kind te sê nie. ‘Somebody said somebody should do something about this and then I realised I’m that somebody,’ het ek eindelik besef.

Hoe word die kwessie in ander lande hanteer?

Die Wêreldgesondheidsorganisasie stel die wêreldwye riglyne. Volgens hulle is die ouderdom van gestasie tussen 22 en 28 weke, maar elke land het sy eie afsnyouderdom. In Suid-Afrika is dit 26 weke.

Jy kan Suid-Afrika nie werklik vergelyk met ’n Eerstewêreldland nie; dis baie duur om vroeggebore babatjies wat minder as 500 gram weeg in die hoësorgeenheid aan die lewe te hou. Veral in afgeleë gebiede.

Page 10: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

My uitgangspunt in die hofgeding is die menseregtekwessie. Volgens my is die feit dat jy nie self kan besluit oor jou ongebore baba se lyfie nie, ’n gruwelike skending van jou basiese reg as mens. Ook op jou reg tot privaatheid, gelykheid en waardigheid.

Watter skade gaan dit iemand berokken? Jy kry ’n wetlike en ’n mediese definisie. Jy sê tog nie jy verwag ’n fetus as jy reeds 26 weke swanger is nie! Jy praat van dag een af van jou baba.

En in vandag se tyd met gevorderde 3D-sonars kan jy al vroeg visualiseer hoe jou babatjie gaan

lyk. Dis ’n onerkende verlies, ’n miskraam. Dit word net so onder die mat gevee. Niemand het al ooit hiervoor opgestaan nie, niemand nie. Dis tyd.

Wat is die volgende stap?Ons wag nou vir die adjunk-

regterpresident om ’n regter vir ons saak aan te wys. Ek hoop dat ons saak binne die eerste kwartaal van volgende jaar in die spesiale hof aangehoor gaan word.

Ons wag nou al agt jaar.

| 10 | www.klipkouers.com

Page 11: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Jy het al op verskeie televisieprogramme oor jou

dimensieprojek gesels. Vertel ons meer daarvan.Aan die begin het ek als self gedoen. Ek moes drie, soms vier keer ’n nag uitgaan om mense te gaan haal wat gesterf het. Tog was dit elke keer vir my angswekkend as ek by ’n eenheid vir Alzheimer se siekte kom.

Gewoonlik as ons iemand in die hoësorgeenheid of by ’n hospice of aftreeoord gaan haal maak ons die gordyne en die deur toe sodat ander mense nie sien hier het pas iemand gesterf nie.

Maar wanneer ons by eenhede vir Alzheimer se siekte kom, dan is dit byna asof die personeel vir jou sê ‘gaan aan, moenie bekommerd wees nie; hulle registreer niks’.

Ek het gedink hierdie arme mense sit net en wag om dood te gaan. Daar moet iets wees wat ek kan doen om hul kwaliteit van lewe te verbeter.

Dis hoe ek my eerste “vroetel-voorskoot”-projek begin het en aan ’n eenheid vir Alzheimer se siekte begin skenk het. Dis gegrond op outistiese kinders se voorskote en sluit verskillende teksture in soos ’n ritssluiter, knope, ’n fototjie, skoenveters ensomeer. So stimuleer jy al die sintuie.

Daarna is ek Nederland toe om te gaan kyk na die konsep van ’n Snoezelen-kamer. Is dit nou nie fantasties nie! De Hogeweyk is ’n sentrum vir pasiënte met Alzheimer se siekte in die dorpie Weesp aan die buitewyke van Amsterdam. Almal wat daar bly lewe asof hulle normaal is.

Ek het toe so ’n multisensoriese kamer begin gegrond op wat ek by De Hogeweyk gesien het. Ek het byvoorbeeld kamers ingerig met hoekies met outydse klere, hoede, handsakke, skoene ensovoorts. En dis ongelooflik! ’n Eenvoudige ding soos ’n sandput kan ’n reuseverskil maak.

Daar was ’n man wat vir vyf jaar nie

gepraat het nie en toe hy sy hand die eerste keer in die sand druk, toe sê hy dadelik ‘see’.

| 11 | www.klipkouers.com

Page 12: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Wat is die belangrikste besigheidsles wat jy al

geleer het?Wat Vince Lombardi gesê het: ‘Perfection is not attainable, but if we chase perfection, we can catch excellence’. Dís waarna ek streef.

Wat is jou belangrikste persoonlike doelwit

vir 2018?Om Suid-Afrika se landswette te wysig sodat wanneer ’n ouer ’n ongebore babatjie verloor, hulle die reg sal hê om te besluit wat met daardie lyfie gebeur ongeag die stadium van swangerskap.

Dit sal my persoonlike doelwit en hopenlik my nalantenskap wees.

Watter raad sal jy aan jou jonger self gee?

As ’n 55-jarige ouma met drie kleinkinders spot ek dikwels en sê: ‘As ek geweet het hoeveel pret kleinkinders is, het ek hulle wraggies eerste gehad.’

Kliek hier om te luister.Episode 63: Sonja Smith

| 12 | www.klipkouers.com

Page 13: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Dis belangrik vir enige entrepreneur om te weet om

meer as net hul dagtaak te doen. Soos die projek met pasiënte met Alzheimer se siekte en jou pogings om die land se wette te wysig. Sulke hartsake gee jou kredietwaardigheid eerder as wat jy bloot net ’n onderneming bedryf.Ek is ’n baie sterk ondersteuner van die idee dat jy moet teruggee aan die gemeenskap. Dis vir my baie belangrik om ’n wesenlike verskil te maak.

Sonja, dit was heerlik om met jou te gesels. Ons het

minder swart en grys nodig.Ag, baie dankie Ek wil amper sê dis ’n voorreg dat jy al die pad van Engeland af gekom het om met my te gesels. Baie dankie. Jy is ’n Klipkouer van formaat.

sonjasmith-funerals.co.za

| 13 | www.klipkouers.com

Page 14: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Dit waarop jy fokus, word al hoe GROTER

Bloemfontein was nog altyd vir my ’n spesiale plek.

My peetouers het vir baie jare daar gebly en so het ons gereeld gaan kuier. Ook ses jaar op Kovsiekampus waartydens dit pret was om gereeld potplante permanent te verskuif. (party mense sou dit steel noem) of om dameskoshuise te “raid” en te “be-sing””. O ja, wie kan nie aan kampussekuriteit (Parkers) dink sonder om te glimlag nie. Jy al ooit gewonder waar ek die eerste keer “laat die wiele rol!” gehoor het?!!

it was veral spesiaal om vir my kinders, Christian en Alivia, die Vrouemonument te kon wys tydens ons SA besoek in Oktober. Sekerlik een van die donkerste

episodes in die Afrikanersage. Veral my seun se opmerking na die tyd “dit was lekker, maar hartseer” het boekdele gespreek.

Ek is opnuut herinner dat jy kan kies waarop jy fokus. En nog belangriker: dit waarop jy fokus, word al hoe groter. Dis ook een van die redes hoekom

ek nie te veel nuus kyk of koerant lees nie. Ek weet daar is baie moeilike uitdagings in SA en ek steek nie vir een sekonde my kop in die sand of rek my bek met breinlose kommentaar nie. Dit is immers hoekom ek Klipkouers-podsend begin het. ’n Bietjie medisyne vir die pyn.

Maar hier is ’n paar goeie goed wat ek gedurende ons besoek weer opgelet het en waarop ek kies om te fokus. Ook van die redes wat ons terugbring SA toe na 14 jaar in Ingilsland: » Die gasvryheid en openheid van die

mense om my » ’n Massiewe blou lug en warm weer » Heerlike boerekos » ’n Plek waar Jesus Christus nie ’n

vloekwoord is nie » Wêreldklas Afrikaanse skole » Kaalvoet loop » Braai – oral en altyd

Laat jou fokuspunte jou glimlag?

D

Page 15: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

ns gesels met Elmar Conradie, uitvoer-ende hoof, oor Safair se ingewikkelde suksesresep, sy doelwitte vir 2018 en watter raad hy aan sy jonger self sou gee.

vir die nuwe jaar asook watter eienskappe hom bygestaan het op sy pad na sukses.

Watter rolspelers help om ’n lugdiens

suksesvol te maak?Vanaf die oomblik dat jy jou kaartjie bespreek tot jy op die vliegtuig klim is daar reeds verskeie rolspelers betrokke. Daar is jou IT-span, wat help met die tegniese versorging van die webtuiste; die agentskappe wat die verhuring van motors hanteer en die personeel wat die vliegtuie met brandstof hervul. As enigeen van hulle agter skedule is, veroorsaak dit dat die vlug laat vertrek.

Dan is daar ook die personeel op die grond wat die bagasie in die vliegtuig laai, maar nie voor ’n sekuriteitsbeampte elke stuk bagasie eers skandeer het nie. Soms raak ’n stuk bagasie tydens hierdie stap weg en dan veroorsaak dit ook ’n vertraging.

Daar is natuurlik ook die instandhoudingswerk wat elke vliegtuig moet ondergaan. In die

Elmar Conradie is die uitvoerende hoof van Safair -

die moedermaatskappy van een van Suid-Afrika se suksesvolste laekostelugdienste FlySafair.

Dié lugdiens is in 2017 aangewys as die mees stiptelike lugdiens ter wêreld. Die lugdiens is deur OAG, ’n lugvaartintelligensiespesialis, aangewys as die lugdiens wat die voorafgaande jaar die meeste betyds was.

Flysafair het ’n jaarlikse stipteliksheidsprestasie (OTP) van 95,94% behaal. Dit was ook een van net drie lugdienste ter wêreld wat ’n vyfstergradering ontvang het.

Jacques gesels met Elmar oor watter rolspelers die sukses van ’n lugdiens kan beïnvloed, sy vooruitsig

MASJIENGEWEERRONDTE

Elmar ConradieUITVOERENDE HOOF VAN SAFAIR

www.flysafair.co.za

O

| 15 | www.klipkouers.com

Page 16: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Watter raad sal jy aan jou jonger self gee?

Ek is nie seker of ek vir myself vir raad sou gevra het nie, maar as ek nou raad kan uitdeel sal ek vir myself sê om nie so haastig te wees nie.

Ek was verskriklik ongeduldig toe ek jonk was. Ek kon nie wag om die leer van die lewe tot bo te klim nie. As ek egter nou na my lewe terugkyk, het alles wat ek gedoen het uiteindelik bymekaar gekom.

As jy jonk is, is jy nie altyd vreeslik opgewonde oor die werk wat jy doen nie, maar tog doen jy dit. Jare later kom jy agter dat daardie stukkie inligting of daardie ding wat jy gedoen het nou van waarde is.

Soos wat dinge bymekaarkom besef jy waarom jou lewe sulke draaie moes loop: om jou te bring tot waar jy vandag is met die kennis wat jy nou het en met alles wat jy nou kan doen.

So, ek dink ek sou vir my jonger self gesê het om net ’n bietjie geloof te hê en te vertrou dat alles sal uitwerk.

As jy elke dag net daarop fokus om jou beste te doen, sal alles wat jy aanpak uiteindelik die moeite werd wees.

geval van FlySafair maak ons van ’n interne span gebruik, maar baie lugdienste gebruik ’n derdeparty.

Jou bemanning is as’t ware ook ’n belangrike rolspeler. Ons het vroeër ook gesels oor lugverkeerbeamptes. So ja, daar is geweldig baie individue wat ’n beduidende invloed op die sukses van ’n lugdiens kan uitoefen.

Wat is jou belangrikste persoonlike doelwit

vir die jaar?Ons het vroeër bietjie gesels oor my drie kinders. Dis uitdagend om ’n gesonde balans tussen jou persoonlike en professionele lewe te handhaaf. Een van my grootste doelwitte vir die komende jaar is om seker te maak ek spandeer genoeg tyd saam met my familie.

Watter eienskappe dra by tot jou sukses?

Ek is verskriklik ingestel op detail. Ek spandeer baie tyd en aandag aan klein detail-dingetjies. Dis wel soms ’n slegte ding. Dit sluk my partykeer in tot op die punt dat my kollegas na my draai en sê: ‘Luister hier, jy is die uitvoerende hoof, jy moenie hierby betrokke wees nie’. Ek dink wel die feit dat ek altyd alles volledig probeer verstaan en by die fynere details betrokke raak het my tot dusver gehelp.

Kliek hier om te luister.Episode 56 (Deel 1): Elmar Conradie

| 16 | www.klipkouers.com

Page 17: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Janhendrik Oosthuizen is die besturende direkteur van Etiket,

’n reklameagentskap wat al talle toekennings ontvang het en wat verskeie groot kliënte het. Van Etiket se kliënte sluit Samsung, Media24 en FNB in.

Jacques gesels met Janhendrik oor sy gunsteling-tegnologie, belowende industrieë en eienskappe waaroor ’n entrepreneur moet beskik.

Wat is die een stukkie raad wat jy aan jou jonger self

sal gee? Moet nooit bang wees nie; volg jou hart en dit waaroor jy passievol is. Ek dink die stukkie raad van ‘ons is altyd meer spyt oor die dinge wat ons nie gedoen het nie as die dinge wat ons wel gedoen het’ is so waar.

Ek dink so baie geleenthede word gemis omdat ons nooit die vooruitstrewende denke of waagmoed gehad het om dit ten volle na te streef nie.

Doen daarom wat jy wil en moet doen. Moenie terugstaan vir enigiets nie.

Watter eienskappe dra by tot jou sukses?

Ek dink passie en toewyding is van die belangrikste eienskappe waaroor ’n entrepreneur moet beskik. Om ’n onderneming te bestuur is ontsettend harde werk.

Dit verg baie van ’n persoon. As jy nie totaal en al passievol is oor wat jy doen nie, sal die druk vinnig die oorhand kry.

Ek dink passie is die brandstof wat enige entrepreneur aan die gang hou; mens moet dit nooit verloor nie.

Janhendrik OosthuizenBESTURENDE DIREKTEUR VAN ETIKET

MASJIENGEWEERRONDTE

www.etiket.agency

ie besturende direkteur van Etiket, Janhendrik Oosthuizen, gesels oor sy siening van wat die grootste gapings in die Suid-Afrikaanse mark is, watter

tegnologie hom deesdae beïndruk en watter raad hy aan sy jonger self sou gee.

D

| 17 | www.klipkouers.com

Page 18: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Kliek hier om te luister.Episode 65: Janhendrik Oosthuizen

te bied. Daarom dink ek ’n app soos Flipboard is absoluut briljant.

Dis basies ’n platform waarop jy jou eie voorkeure kan bepaal. Die platform versamel dan die stories wat jy wil lees sonder dat jy daarvoor hoef te soek.

Ek is gek ook apps soos Flipboard wat stories saamvoeg.

Wat presies is Flipboard?Die app kyk na ’n verskeidenheid

bronne, insluitend nuusblaaie, sosiale media en bedryfspesifieke publikasies. Jy stel jou nuusstroom op volgens jou belangstellings.

Ek stel belang in kreatiwiteit sowel as internasionale en plaaslike nuus. Ek stel ook belang in besigheidsontwikkeling, besigheidsprosesse en dies meer.

So jy kies die kanale waar jy wil hê Flipboard moet soek vir jou na inligting. Die app spoor die stories namens jou op en voeg dit saam in dieselfde formaat as ’n tydskrif. Jou tydskrif wys dan basies net die stories waarin jy belangstel

Watter ander ondernemings of industrieë is vir jou

interessant of ongewoon?Ek dink ons het dit nou begin weggee toe ek van Sum of 21 Academy begin praat het. Ek stel baie belang in opleiding en sien geweldig baie geleenthede daarvoor in die Suid-Afrikaanse sakeomgewing.

Suid Afrika as ’n geheel, insluitend sy kreatiewe bedryf, benodig geweldig baie vaardighede. Die land sit werklik met ’n groot strukturele werkloosheidsprobleem.

Ons mense is of nie reg opgelei nie, of hul opleiding is nie in die regte beroepe nie. Dit moet aangespreek word.

Dis juis hierdie bedryf waarop ons by Etiket gefokus het toe ons Sum of 21 Academy totstand gebring het.

Ons voel ons kan werklik ’n verskil maak in die ontwikkeling van kreatiewe talent. Die toekoms van enige opleidingsentrum in Suid-Afrika is reusagtig. Daar is ontsettend baie werk wat in opleiding gedoen moet word om die land se ekonomiese haalbaarheid te versterk en Suid-Afrika ekonomies suksesvol te maak.

Watter tegnologie, hetsy ’n app of programmatuur,

beïndruk jou tans?Ek word baie beïndruk deur tegnologie wat help om die regte inligting in ’n maklike formaat aan

| 18 | www.klipkouers.com

Page 19: SONJA SMITH - Klipkouers€¦ · Reklame Agentskap en hulle unieke opleiding strategie SONJA SMITH Hoe sy vrou-alleen nuwe lewe in ’n moeilike industrie ingeblaas het Volle onderhoud

Bly op hoogte van Klipkouers se doen en late!

TM & Kopiereg © 2018 deur Jacques Basson van Klipkouers. Alle regte voorbehou.Dit is onwettig om enige gedeelte van hierdie digiTydskrif te reproduseer of te versend sonder

skriftelike toestemming van die Uitgewer.

Vir meer inligting, besoek gerus die Klipkouers webwerf by www.klipkouers.com