31
SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9 Akademie 10-13 Kultuur 14-15 Sport 16-22 Sosiaal 23-26 Durbie-ondersteunersdrag 27 Advertensies, skenkings, borgskappe 28-30 Kwartaalprogram en kontakbesonderhede 31 NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand is! www.durbanvillehs.co.za TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected] Belangrik: Moet asseblief nie “reply” op sms’e wat u van die skool ontvang nie. Kontak die persoon wat betrokke is vir die spesifieke kode. Dankie! Let wel: Die nuus in hierdie nuusbrief bevat alle nuus tot en met 8 Augustus. Enigiets wat daarna plaasgevind het, sal in die volgende nuusbrief dekking ontvang.

SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014

INHOUDSOPGAWE

Brief van die hoof 2-3

Interskole 2014 4-5

Chris Willemse Durbie Dash 6-9

Akademie 10-13

Kultuur 14-15

Sport 16-22

Sosiaal 23-26

Durbie-ondersteunersdrag 27

Advertensies, skenkings, borgskappe 28-30

Kwartaalprogram en kontakbesonderhede 31

NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE

Die skool waar elkeen iemand is!

www.durbanvillehs.co.za

TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected]

Belangrik: Moet asseblief nie

“reply” op sms’e wat u van die

skool ontvang nie. Kontak die

persoon wat betrokke is vir die

spesifieke kode. Dankie!

Let wel: Die nuus in hierdie nuusbrief bevat alle nuus tot en met 8 Augustus. Enigiets

wat daarna plaasgevind het, sal in die volgende nuusbrief dekking ontvang.

Page 2: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

BRIEF VAN DIE HOOF

Geagte Ouers

Die kwartaal is nou ook al ‘n entjie gevorder.

Die oueraande is goed bygewoon en ons maak reeds

weer reg vir die volgende reeks toetse en die graad 12’s

se September-eksamen. Die graad 12-leerders se

eksamenrooster vir September verskyn hierdie week.

Hou maar vir u ook ’n afskrif byderhand.

Ek wil net weer eens onderstreep dat akademiese sukses die gevolg is van harde werk. Daar is geen

kortpad nie. Ekstra klasse is goed, maar dit vervang nie ure voor die boeke nie. Maak seker dat u

kind genoeg tyd aan sy tuiswerk en hersiening bestee. ‘n Minimum van drie en ‘n half uur per dag is

nodig om suksesvol te wees. Hier teen die eindstreep se kant moet dit ook maar meer raak.

Onthou ook van die hulpklasse wat ons aanbied op Dinsdag- en Donderdagmiddae.

Baie geluk aan al die leerders wat die onderskeie top-tiene gehaal het. Die akademiese kompetisie is

straf en om die lys te haal, moet die leerders besonder hard werk.

Geluk ook aan almal wat hulle persoonlike prestasies verbeter het. Uiteindelik is die wenner die

leerder wat elke keer daarna streef om sy eie prestasie te verbeter en elke keer die dwarslat bietjie

hoër lig.

Me Claassen help ons die volgende paar maande in die wiskunde-departement. As gevolg van

verskeie faktore het die een klas te groot geraak en ons kon, met haar hulp, die klas aansienlik

kleiner maak.

Interskole is om die draai en oral oefen ons sportspanne weer hard om die beste moontlik op die

spesiale dag in ons winterprogram te wees.

Onthou die Opskop op 23 Augustus ( die Saterdag van Interskole). Vir kaartjies bel asseblief vir

Leonie Nel by 021 976 3188. Die winste van die dans gaan weer direk terug na die sportsoorte van

die skool.

Ons toneelgroep was al by drie kompetisies betrokke en is die week te sien by ons eie toneelfees.

By hierdie fees tree daar vanjaar 26 stukke op: 19 van hierdie stukke is nuwe tekste! Dit beloof dus

om regtig ‘n geleentheid te wees vir elke toneelliefhebber. Kaartjies is by die deure beskikbaar vanaf

17:30 elke aand.

Ons orkes is tydens die Kaapse Eisteddfod aangewys as die beste orkes en het Sondag by die

Pryswennerskonsert gespeel. Baie geluk aan elke orkeslid en natuurlik hulle energieke dirigent: me

Theron. Die orkes gaan tydens die Septembervakansie aan die S.A. Kampioenskappe in Gauteng

deelneem.

Baie dankie aan almal wat gereeld ons verskillende aktiwiteite ondersteun. Almal van ons waardeer

dit – u kind die meeste van almal.

Page 3: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

Ons wil langs en op die sportveld die waarde van goeie sportmanskap onderstreep. Ons wil u vra om

ons daarmee te help. Ons wil regtig as ’n skool bekend staan wat hard kompeteer, maar te alle tye

ons opponente, die wedstrydbeamptes en ons besoekers respekteer.

Ons is tans besig met ’n verfprogram by die skool. Ons gaan die volgende klompie maande die skool

se buitekant mooi maak en dan die binnekant takel.

Ons is ook in die proses om ’n nuwe bussie aan te koop om die een wat al uit die negentigs dateer te

vervang. Ek sal later verder daaroor berig.

Ek wil u herinner aan die Durbie Dash op 25 Oktober. Dit gaan werklik iets besonders wees. Indien u

wil deelneem of betrokke raak, skakel vir Leonie Nel by 021 976 3188. Al die wins wat ons maak,

gaan terug na die leerders.

Voorspoed tot volgende keer.

G.L. Germishuys

Page 4: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

INTERSKOLE 2014

Soos Meneer Germishuys in sy brief gesê het, lê Interskole 2014 voor. Dis ‘n baie opwindende tyd vir

die leerders en daar word behoorlik gees gebou in die skool.

Hierdie jaar kan leerders ‘n sonbril in HSD se kleure aanskaf teen R90 ‘n bril. Bestelvorms is pouses

beskikbaar in Me Elaine Kok se klaskamer. Kontant moet saam met die bestelvorm ingehandig word

en bestellings kan net tot Vrydag 15 Augustus geplaas word. Daar is een weergawe vir leerders en ‘n

ander een vir ouers, onderwysers en ondersteuners.

LET WEL: Leerders mag hierdie bril slegs met sportbyeenkomste dra en nie as skooldrag nie.

Hier is Rian Laubscher en Shay Burger (hoofdirigente tydens interskole) met die leerders se bril:

Hier is Me Maria Rademann met die ouers, onderwysers en ondersteuners se bril:

Die brille word verskaf deur OPTIKA Paarl, Geregistreerde Oogkundiges.

Sien ook die volgende bladsy vir die geleenthede wat tydens die Interskolenaweek by die skool

aangebied word: Rocking the Durbies (spesifiek vir oudleerders) en die Interskole-opskop (vir

enigeen bo 18).

Page 5: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

INTERSKOLE 2014

Page 6: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

CWC Durbie Dash: Ons herinner u

Ons herinner u graag aan die Chris Willemse Durbie Dash wat op 25 Oktober plaasvind. Dit is op

24 Julie amptelik bekendgestel tydens ’n funksie by Diemersdal Wynlandgoed. Dit is onder meer

bygewoon deur die oud-Springbokrugbyspeler Marius Joubert, wat saam met nog ’n oud-

Springbokrugbyspeler, De Wet Barry, aan die wedren gaan deelneem. Die projekleier van die

prettrap, Dr Neil van Tonder, het almal welkom geheet waarna hy die voorsitter van die skool se

beheerliggaam, Mnr Deon Fabel, aan die woord gestel het. Hy het alle betrokkenes, in besonder die

eregaste en borge, bedank. Gaste kon ook die twee fietse (een padfiets en een bergfiets) besigtig

wat maar net twee van die meer as R100 000 se pryse is wat op die spel is in die gelukstrekking wat

na afloop van die prettrap gaan plaasvind. [Foto’s op volgende bladsy]

As daar enige ouer is wat graag betrokke wil raak by die prettrap, laat weet ons gerus! Ons kan altyd

doen met nog hande. Kontak asb die bemarkingskantoor by 021 976 3188.

Page 7: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

CWC Durbie Dash: Skryf betyds in!

LET WEL: As jy voor die einde van Augustus inskryf vir die CWC Durbie Dash, staan jy ‘n kans om ‘n

GRATIS inskrywing vir Ride the Rhino te wen! Dit is ‘n “Black Rhino Solo Full Package” wat verblyf,

etes en vervoer van jou toerusting insluit – ter waarde van R3 800. Almal wat voor einde Augustus

inskryf, se name gaan deel wees van ‘n gelukstrekking. Skryf dus so gou as moontlik in sodat jy nie

hierdie kans misloop nie!

Page 8: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

CWC Durbie Dash: Bekendstellingsfunksie

Page 9: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

CWC DURBIE DASH: Die Durbie Bash!

Soos reeds berig, gaan die Chris Willemse Durbie Dash

allerhande ekstra aktiwiteite bevat om dit vir vriende en

familie ook ’n aangename ervaring te maak.

Paul Bothner Musiek bied onder meer die Durbie Bash

aan – ’n geleentheid waartydens hoërskool-“bands”

hul vernuf op ’n verhoog kan kom toon met

professionele klanktoerusting en gekwalifiseerder

klankingenieurs. Hier is Mnr. Carel van Heerden,

Direkteur Kleinhandel van Paul Bothner, en Me. Leonie Nel

van HSD se bemarkingskantoor tydens die

bekendstellingsgeleentheid by HSD op 4 Augustus.

Moedig gerus u kinders aan om hieraan deel te neem

as hulle dalk in ’n “band” speel.

Page 10: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

AKADEMIE: Algemene Kennis Olimpiade

61 Durbies het deelgeneem aan die ABSA Algemene Kennis Olimpiade.

Die Top-19 kandidate van ons skool is:

1. Matthys Carstens – Graad 9

2. Nel Ehlers – Graad 12

3. Janke Tolmay – Graad 12

4. Karl-Heinz Hellmann – Graad 10

5. Landolph Schütz – Graad 10

6. Elmien Viljoen – Graad 11

7. Werner Meyer – Graad 8

8. Johan Slabbert – Graad 11

9. Barend Erlank – Graad 12

10. Juan Barnard – Graad 8

11. Amber Aucamp – Graad 12

Baie geluk aan Matthys Carstens wat aangewys is as die toppresteerder van al die Graad 9’s in die

Wes-Kaap.

AKADEMIE: Leerders gesels weer op RSG

‘n Groep van HSD se leerders het onlangs weer op RSG se program Befonk gaan gesels. Hier is hulle

saam met die omroeper, Kailin Daniels. Agter, vlnr: Nicola Robinson, Mieke Verster, Marné du

Plessis, Andries Meyer, Marcé du Toit en Wilma Wessels. Voor: Louw Redelinghuys, Adriaan de

Lange en Mia Germishuys.

Page 11: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

AKADEMIE: LO-hempies

Die nuwe LO-hempie kos R150 en is

beskikbaar by klerewinkel.

Hierdie hempie is van ‘n duursame

materiaal en vervang die T-hemp

wat nie meer aan die nuwe

LO-kurrikulumbehoeftes voldoen nie.

Die hempies sal vanaf 2015 verpligtend

wees vir almal, behalwe die huidige graad 11's.

AKADEMIE: Junie se A-kandidate

GRAAD 8

POSISIE LEERDER PERSENTASIE

1 Alexa le Roux 93,3

2 Alexi du Preez 91,3

3 Anja Faulhammer 89,9

4 Anri Engelbrecht 89,7

5 Anri Klopper 89,4

6 Manja Strever 89,2

7 Juan Barnard 88,3

Lerie Tredoux 88,3

8 Silke Hellmann 88,0

9 René Jooste 87,7

10 Ebenice van der Merwe 87,6

11 Louis Fourie 87,5

12 Danelle van Hoogstraten 87,4

13 Benjamin Smuts 87,0

14 Tania Coetsee 85,7

15 Kobus Jordaan 85,6

Niel Theron 85,6

16 Jacus Horne 85,3

17 Nell Bezuidenhout 85,2

18 Kara Brink 84,3

Hentie van der Merwe 84,3

19 Saskia Swart 83,3

Neil van Eeden 83,3

20 Cara van der Westhuizen 82,8

21 Lourens Loubser 82,7

22 Chris Louw 82,6

23 Chené Bosch 82,3

24 Wehann Landsberg 82,2

25 Heyneke Niehaus 82,1

26 Reinhard Hols 81,4

27 Marco Nothnagel 80,4

28 Louisa Roux 80,2

Page 12: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

AKADEMIE: Junie se A-kandidate

GRAAD 9

POSISIE LEERDER PERSENTASIE

1 Matthys Carstens 96,6

2 Anneke Visser 94,0

3 Marinel Wegman 91,4

4 Jean Aucamp 90,8

5 Mikaila Karsten 89,7

6 Phillip Swart 89,3

7 Jansie Slabbert 89,0

8 Mieke Verster 88,8

9 Daneel Wasserfall 88,1

10 Nicole Snyman 87,4

11 Lalande Esterhuysen 86,5

12 Ernst Smit 86,2

13 Shannon-Lee van Eyssen 85,7

14 Claudia Justus 85,0

15 Lorin Blaauw 84,2

16 Mari van Niekerk 83,6

17 Nicole Steyn 83,2

18 Genna van der Merwe 82,7

19 Kobus Maree 82,4

20 Andrea Muller 81,6

Carla Saayman 81,6

21 Irvin Swart 81,3

22 Tayla Nel 80,2

GRAAD 10

POSISIE LEERDER PERSENTASIE

1 MJé Boshoff 91,8

2 Lizel Zwarts 89,1

3 Karl-Heinz Hellmann 88,5

4 Annerie van der Merwe 88,4

5 Anja du Toit 87,5

6 Duo Lureman 87,2

7 Megan Coetzee 87,1

8 Izelle Viljoen 87,0

9 Cornel Meyer 86,2

10 Nienke Geldenhuys 86,0

11 Jason van der Walt 85,1

12 Ettiene Hoffman 84,7

Mia Germishuys 84,7

13 Huibri Smith 84,3

14 Cinaé Swart 84,2

15 Freddie van der Merwe 83,5

Liesl Lamprecht 83,5

16 Ruben van der Merwe 81,8

18 Bertmari Kraay 81,2

Page 13: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

AKADEMIE: Junie se A-kandidate

GRAAD 11

POSISIE LEERDER PERSENTASIE

1 Elsa Mijburgh 92,8

2 Dominique Rocher 92,7

3 Gitte ter Borg 91,9

4 Jo Havenga 90,3

5 Christel Kruger 88,0

6 Marli Branders 87,8

7 Wilma Wessels 86,8

8 Louis Smit 86,0

9 Joganan Geldenhuys 85,4

10 Anri van Niekerk 85,2

11 Nadia Brunner 84,2

12 Jean-Mari du Plessis 84,1

Carla van Eeden 84,1

Marlize ter Borg 84,1

Megan van der Merwe 84,1

13 Leandri du Toit 84,0

14 Elmien Viljoen 83,7

15 Cara van der Vyver 83,5

16 Hendrik la Cock 82,4

17 Carla Jonck 82,0

20 Rumay Strauss 80,2

21 Erik Knoetze 80,1

GRAAD 12

POSISIE LEERDER PERSENTASIE

1 Marna Louwrens 90,9

2 Pascal Rocher 90,6

3 Estée van Tonder 90,4

4 Marné du Plessis 89,4

5 Nel Ehlers 89,3

6 Rian Laubscher 88,6

7 Celine Jansen van Rensburg 88,0

8 Janke Tolmay 87,9

9 Louwrens Roux 86,3

Bianca Strauss 86,3

10 Madri Maree 85,4

11 Nika Brand 85,0

12 Nicole Lamprecht 84,0

13 Stephan van der Vyver 83,2

14 Samantha van Straaten 82,0

15 Wilmarie Visser 81,8

16 Nicola Calitz 81,7

17 Tahlia van der Merwe 81,5

18 Mikal Aylward 81,2

19 Michelle Franken 81,0

20 Julia Lamprecht 80,1

21 Judith Stopforth 80,0

Page 14: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

KULTUUR: Orkes

Veels geluk aan die blaasorkes wat gedurende die vakansie gehoor het dat hulle aangewys is as die

Beste Senior Groep by die Kaapstad Eisteddfod. Hulle is uitgenooi om tydens die

Pryswennerskonsert in Wynberg op te tree.

KULTUUR: HSD Toneelfees

Een van die hoogtepunte op die skole-kultuurkalender is Hoërskool Durbanville se jaarlikse

skoletoneelfees, wat vanjaar van 11 – 16 Augustus in die skool se ouditorium plaasvind.

Hierdie fees is in sy negende jaar en het vanjaar ‘n rekordgetal van 26 produksies gelok. Die beste

van die Wes-Kaap se tienertoneel word hier aangebied.

Die gehalte van tienertoneel in die Wes-Kaap is algemeen bekend; daarom dat dramaturge,

choreograwe, akteurs en regisseurs uit die professionele wêreld al meer betrokke raak om

tienertoneel veel meer as net ‘n “skoolkonsert” te maak.

Onder die deelnemers is ‘n skool uit Bloemfontein, ‘n Xhosa-produksie wat die wenner van die Buya-

fees was, verskeie Engelse skole, asook die wenners van die Tygerberg Internasionale Eisteddfod, die

Logan Tienertoneelfees, die Klein Libertas Tienertoneelfees en die Namakwaland Skoletoneelfees.

Skole wat die afgelope klompie jaar wenners was van die ATKV Nasionale Tienertoneelkompetisie

neem ook deel.

UKUSELA EKAPA (Slurp Kaapstad op / Drink Cape Town in) is een van die amptelike “World Design

Capital 2014”-projekte onder leiding van die wêreldbekende keramiekkunstenaar Hennie Meyer en

argitek Janine de Waal. Lees gerus meer oor hierdie wonderlike projek by www.ekuselaekapa.co.za.

Tydens elkeen van die 6 aande van die toneelfees sal die publiek die geleentheid hê om hul

handdruk te “squeeze” in ‘n “ikomityi”, ‘n beker om uit te drink. Slegs ongeveer 24 mense sal elke

aand kan kom “squeeze”. Dit is gratis, maar Ukusela Ekapa gaan deelnemers die geleentheid gee om

in ruil vir ‘n “squeeze” ‘n vrywillige bydrae ten bate van HS Durbanville se toneelvereniging te maak.

Elke “squeezer” ontvang ‘n sleutelhouertjie. Elke Ikomityi wat so vervaardig word, sal op 14

November deel wees van ‘n massa-uitstalling van 10 000 “ikomityi’s”. Daar kan u dan u

sleutelhouertjie inruil vir ‘n “ikomityi” van iemand wat “gesqueeze” het, en so vorm daar ‘n

simboliese band van eenheid en saamstaan via die kunste.

Die optredes begin elke aand stiptelik om 17:30.

Toegang is slegs R30 vir volwassenes en R15 vir studente, pensionarisse en kinders.

Page 15: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

KULTUUR: Toneel

HSD SE EIE PRODUKSIES

MORSIG TOE DANS DIE POPPE

Vlnr: Jumaine Hansen en Estée van Tonder Vlnr: Andries Meyer, Marlenke Scholtz, Louise Koen,

Izelle Viljoen, Larissa van der Westhuizen en

Daniel Vente

Page 16: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SPORT: Fietsry

Baie geluk aan Johan van Dyk wat op 31 Mei die 8ste posisie behaal het in die Junior-afdeling by die

WP Bergfietskampioenskappe.

Baie geluk aan die volgende leerders wat by die Burger Bergfiets-uitdaging in Stellenbosch presteer het:

Miré Herbst (1ste junior dogter en algeheel 28ste)

Morne Greeff (4de junior seun en algeheel 10de) (Totale deelnemers in die 30km: 884)

By die Spur MTB:

Ruhan Grobler (5de en 10de plekke behaal)

Jacques le Grange (7de plek)

Wian Botma (12de en 8ste plekke behaal)

Miré Herbst (2de plek in beide byeenkomste)

Morné Greeff (19de en 17de plek)

Drievan die leerders wat aan die Spur MTB-byeenkoms deelgeneem het, vlnr:

Miré Herbst, Wian Botma en Ruhan Grobler

Page 17: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SPORT: Hokkie

UITSLAE

DOGTERSHOKKIE: vs Despatch

30 Junie 2014

o.19B verloor 0 – 1

DOGTERSHOKKIE: vs JG Meiring

Donderdag 24 Julie

o.19 B Gelykop 1 – 1

DOGTERSHOKKIE:

Vrydag 1 en Saterdag 2 Augustus

o.19 A vs Edgemead gelykop 2 – 2

o.19 B vs Edgemead wen 1 – 0

o.19 C vs Bosmansdam A gelykop 0 – 0

o.19 D vs Bosmansdam wen 1 – 0

o.16 A vs Edgemead wen 3 – 0

o.16 B vs Edgemead wen 2 – 0

o.16 C vs Bosmansdam gelykop 0 – 0

o.14 A vs Edgemead wen 5 – 0

o.14 B vs Edgemead verloor 1 – 4

SEUNSHOKKIE: vs Fairbairn Kollege

Saterdag 2 Augustus

o.19 A gelykop 1 – 1

o.19 B verloor 1 – 2

o.16 A verloor 0 – 3

o.16 B gelykop 1 – 1

o.14 A verloor 0 – 2

o.19 B vs Table View (24/08) 2 – 1 (wen)

Dogters: O/14 Noordsone (George) Vier van ons O/14-dogters het gedurende die vakansie aan die byeenkoms deelgeneem. Die WP-Noordsonespan het 9de uit 16 deelnemende spanne geïndig.

Anje Smith

Carissa Cronje

Danelle Kritzinger

Michaela Schonegevel Dogters: WP O/16B Toernooi (Pietermaritzburg) Shannon Steyn het gedurende die vakansie aan hierdie byeenkoms deelgeneem. Hulle het 2 wedstryde gewen, 1 gelykop gespeel en 3 verloor. Shannon het tydens twee wedstryde ‘n “p-flick”-doel aangeteken.

Page 18: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SPORT: Hokkie (vervolg)

Dogters: WP O/19B Toernooi Marné du Plessis het ons in hierdie toernooi verteenwoordig. Hulle het naelskraap in die finaal verloor, 2 – 1, en eindig dus 2de. Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders! Almal het hulself goed van hul taak gekwyt. O/14-Hokkie: Kenmekaar

Die O/14-seuns en -dogters het op Vrydagaand 1 Augustus ‘n kenmekaar-aand gehou saam met hul

ouers, onderwysers en afrigters en spelers. (Sien foto’s op volgende bladsy.)

Christa Coetsee en Mercia Horne (die O/14-dogters en -seuns se verteenwoordigers op die OOK)het

dit gereël en HSD Hokkie wil baie dankie sê aan hulle twee!

Die O/16-ouers het pannekoeke en boereworsrolleverkoop en dit was heerlik – alles het uitverkoop

en die hokkiefonds het nog ‘n hupstoot gekry.Hier het Lizchen Swart en Ilet Bettings (die O/16-

dogters en -seuns se verteenwoordigers op die OOK) voorgevat. Dankie vir hul entoesiasme.

Die OOK van Hokkie wil graag die ouers wat elke Saterdag getrou in ons buitelugsnoepie diens doen

bedank, en veral vir Magdalena Knoetze wat ongelooflike lang ure agter die skerms insit en vroeg

soggens opslaan en later weer afslaan!Dit is ware dienende leierskap.

Hokkie het nog baie advertensiespasie rondom die astro, asook aan die buitekant van die astro – u is

is welkom om vir Marius Naudeby 082 882 8202 of [email protected] te skakel as u belangstel of

meer inligting verlang.

Page 19: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SPORT: Hokkie (vervolg)

Page 20: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SPORT: Netbal

UITSLAE

vs Bellville

Saterdag 2 Augustus

o.19 A verloor 23 – 33

o.19 B verloor 16 – 22

o.19 C verloor 9 – 20

o.17 A verloor 11 – 26

o.17 B verloor 7 – 26

o.16 A verloor 16 – 18

o.16 B wen 11 – 9

o.16 C verloor 8 – 19

o.15 A verloor 17 – 19

o.15 B verloor 5 – 17

o.15 C verloor 4 – 26

o.14 A wen 20 – 19

o.14 B wen 14 – 11

o.14 C verloor 1 – 20

Baie geluk aan ons Wes-Kaap Netbalspeelsters wat in hul onderskeie ouderdomsgroepe aan die SA’s

deelgeneem en presteer het:

O/14

Cara van der Westhuizen (kapt.)

Gillian Fortuin (onder-kapt.)

Span: Silwer medalje

O/16

Huibri Smith

Span: 8ste plek

O/18

Brunick Bezuidenhout

Span: 4de plek

Baie geluk, ons is trots op julle!

Page 21: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SPORT: Rugby

UITSLAE

17 en 19 Julie 2014

o.19 A vs Pates Grammar wen 16 – 15

o.19 A vs Royl Grammar wen 59 – 0

vs Glentaff (Wallis)

Donderdag 24 Julie

o.16 A Wen 28 – 0

vs Glentaff (Wallis)

Donderdag 24 Julie

o.16 A Wen 28 – 0

vs Bellville

Saterdag 2 Augustus

o.19 A Wen 22 – 21

o.19 B verloor 6 – 15

o.19 C verloor 8 – 19

o.16 A wen 32 – 3

o.16 B verloor 3 – 10

o.15 A verloor 5 – 13

o.15 B wen 19 – 17

o.14 A wen 24 – 7

o.14 B wen 22 – 0

SPORT: Landloop

Die volgende leerders het op 6 Augustus aan die Noorsone-kampioenskappe deelgeneem en as volg

presteer:

Bertmari Kraay Jansie Slabbert Dominique Rocher Lambert Brink

4de 7de 10de 19de

Die WP-byeenkoms vind op 16 Augustus by CPUT plaas.

Page 22: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SPORT: Skaak

UITSLAE

Noordelike Top-Skole

Saterdag 2 Augustus

O/15A Eindig 3de

2 gewen, 2 gelykop, 1 verloor

SPORT: Gholf

UITSLAE

1ste span vs Brackenfell wen 4.5 – 1.5

2de span vs Bellville verloor 0 – 6

Baie geluk aan Willie van Ieperen wat op 10 Julie in Stellenbosch aan die Boland Ope deelgeneem

het en ‘n 2de plek behaal het.

Op 14 – 15 Julie het hy aan die Boland Junior Kampioenskappe deelgeneem en ‘n 9de plek behaal.

Welgedaan, Willie.

SPORT: Hip Hop

Die volgende leerders het van 27 tot 29 Junie aan die South African Fitness Sport Aerobics and Hip

Hop Championships in Kaapstad deelgeneem. Hulle het Wes-Kaap-kleure in Hip Hop verwerf:

Nicola Justus

Claudia Justus

Nina Hancke

Anri Engelbreght

Alexa le Roux

Lenke Tredoux

Lerie Tredoux

Carla Saayman

Rene Jooste

René Jooste het as deel van die groep Urban Concept in die Junior Afdeling [12-18 jaar] meegeding.

Hulle span is na afloop van die kompetisie as die algehele wenners aangewys. Daar was 16 spanne

wat in hierdie afdeling meegeding het.

Sy kwalifiseer vir Proteakleure en gaan Suid-Afrika en SASAFF vanaf 21 tot 25 Oktober 2014 by die

FFISAF Internasionale Wêreldkampioenskappe in Praag verteenwoordig.

Baie geluk aan elkeen van hierdie meisies, en baie voorspoed vir jou, René!

Page 23: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SOSIAAL: Lucky Lucy Foundation

Op 5 Augustus het HSD weer ‘n skenking aan die Lucky Lucy Foundation oorhandig, asook ‘n

hawelose babahondjie. Hier is die verteenwoordiger van die organisasie saam met Me. Melanie Nell

en Me. Suzaan Minnie.

SOSIAAL: Miles for Smiles – Bloedskenk

HSD skenk elke kwartaal bloed deur middel van die WP-Bloedoortappingsdienste en op 29 Julie het

hulle weer so gemaak. ‘n Rekord van 94 punte bloed is geskenk. Hier staan Jessé Cupido Esteé van

Tonder by terwyl sy skenk. Hulle is toevallig vanjaar se eerste prins en prinses van vanjaar se Mnr &

Me Durbie.

Page 24: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SOSIAAL: Miles for Smiles – Pantoffels

Op Vrydag 1 Augustus kon leerders R2 betaal om in hul pantoffels skool toe te kom! Hierdie geld

gaan vir die SR se Miles for Smiles-projek.

Page 25: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SOSIAAL: Netbal ondersteun Pink Drive

Na aanleiding van die feit dat die 9de Augustus Vrouedag is, het Hoërskool Durbanville op

6 Augustus twee werknemers van die Pink Drive by die skool ontvang wat tydens

Lewensoriënteringsperiodes met leerders kom gesels het oor borskankerbewusmaking.

Terselfdertyd is die skool se netbalspanne besig om pienk materiaal bymekaar te maak wat hulle ook

ter ondersteuning van borskankerbewusmaking om die stamme van bome by die skool draai.

Hier is die O/19A- en O/19B-netbalspanne saam met Me. Debbie Goodall en Suster Maudi Nel van

Pink Drive. Me. Goodall is ’n mammograaf en Suster Nel ’n geregistreerde verpleegster.

Heel agter: Leandri du Toit, Shay Burger, Rumay Strauss, Carlea Roux en Michelle du Toit

Middel: Nicole Lamprecht, Madri Maree, Tammy-Lee Jonathan, Marna Louwrens, Me. Anni Stoffberg

(Netbal-organiseerder van HSD), Carla Loubser, Tahlia van der Merwe en Brunick Bezuidenhout

Voor: Jacqueline Truter, Elana Kemp, Me. Debbie Goodall (Pink Drive), Suster Maudi Nel (Pink Drive)

en Me. Suzanne Minnie (Vakhoof: Lewensoriëntering)

Page 26: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

SOSIAAL: Besoek aan Engeland

’n Trotse ambassadeur vir SA – Tamarin Valentine voor die Suid-Afrikaanse Ambassade in Londen

Op 25 Junie is daar berig oor Tamarin Valentine (Graad 11) wat saam met Me Gina Mantel- Böhr na

Engeland gereis het tydens die gebruiklike Graad 11-toer. Op 19 Julie het hulle in SA geland na drie

weke se reis van ’n leeftyd. Vir Tamarin was die London Eye asook Buckingham Palace en die

“changing of the guards” een van talle hoogtepunte. Sy som die ervaring met een woord op:

“Ongelooflik.” Ander hoogtepunte was hul besoek aan die London Museum, die diens wat hulle in St

Paul’s Cathedral bygewoon het en ’n piekniek in Green Park (met eetgoedjies van Sainsbury’s). Sy

was bevoorreg om beide die stad én die platteland te sien, en verder het sy ook die geleentheid

gehad om Wallis toe te gaan waar die besoek aan die Cardiff Castle een van die hoogtepunte vir haar

was. Volgens Me Mantel- Böhr was Tamarin deurentyd ’n ware ambassadeur vir Hoërskool

Durbanville én Suid-Afrika. Met haar terugkoms is sy met ’n banier by die huis terugverwelkom, en

haar ouers het op dieselfde dag ’n braai gehou om vir almal wat gehelp het om Tamarin se droom te

verwesenlik, dankie te sê. Voorwaar ’n ervaring wat haar lewe verander het.

Page 27: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

DURBIE-ONDERSTEUNERSDRAG

Bestel so gou as

moontlik!

Wagtydperk: 5

werksweke

Page 28: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe

BORGSKAP BENODIG

Die ouers wat in die verlede die top-10 van elke graad se medaljes geborg het met die oog op die

prysuitdeling aan die einde van die jaar, se kinders is nie meer op skool nie. As daar ‘n ouer is wat

bereid is om dit vanjaar vir ons te borg, is u welkom om met Mnr. Jacobus Wessels kontak te maak.

Die waarde daarvan is ongeveer R1 000. Baie dankie by voorbaat!

Vleispakke van Voorsorg Vleis beskikbaar @ R42 per pak.

Daar is slegs ’n beperkte hoeveelheid beskikbaar en dit sal baie vinnig verkoop! Dis lamsvleis wat uit Boesmanland kom. Dit het klaar sout én speserye en bevat geen MSG nie.

Navrae: Leonie Nel 021 976 3188 / 079 499 544 / [email protected]

Page 29: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe

33° 52' 1.92" S, 18° 38' 38.44" E

Career – GPS

Career Guidance through Psychometric Services

Verdwaal as dit kom by jou kind se toekomsplanne?

Wens jy kon ‘n GPS inspan?

Vind die weg tussen al jou kind se beroepsmoontlikhede met

Career – GPS

Wie of wat is “Career GPS” ?

Kwaliteit en holistiese psigometriese dienste wat bekostigbaar, gerieflik,

relevant en effektief is ten einde die kliënt te bemagtig om ‘n beter

ingeligde beroepsbesluit en/of vakkeuse te maak.

Alle toetse word deur HPCSA geregistreerde en geakkrediteerde

professionele persone uitgevoer. Toetse is gestandaardiseer en relevant

binne die Suid-Afrikaanse konteks.

Die volgende areas word gedek:

Aanleg, Persoonlikheidsvoorkeur, Belangstelling en Waardes.

Ons kombineer hierdie toetse met ‘n onmisbare individuele

beroepsgesprek en “coaching” sessie.

Bevindinge en aanbevelings word ook in ‘n assesseringsverslag

uiteengesit.

‘n Omvattende benadering met meer bevredigende resultate.

Wanneer vind die assesserings plaas?

Saterdag 28 Junie 2014 @ 08:00 – 15:00

Saterdag 26 Julie 2014 @ 08:00 – 15:00

Saterdag 23 Augustus 2014 @ 08:00 – 15:00

Wat kos dit?

R1650 per leerder - EFT; Kredietkaart en Debietkaart fasiliteite beskikbaar.

Kontak ons vir meer besonderhede.

Jeanne-Marié de Villiers Yvette van Zyl Educational Psychologist Registered Councellor and Career Coach

PS 0109525 PRC 0004367

082 859 2281 084 989 1210

[email protected] [email protected]

C GPS

Page 30: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe

Kontak asb. die bemarkingskantoor indien u in die nuusbrief wil adverteer

REKLAMEMATERIAAL: VRYWARING

Let asb. op dat Hoërskool Durbanville nie

verantwoordelik gehou kan word vir die inhoud van

advertensies van ‘n derde party wat hul dienste en /

of produkte in die aanlyn-nuusbrief adverteer nie;

ook nie vir die geloofwaardigheid en / of korrektheid

van die geadverteerde diens en / of produk nie.

Die derde party adverteer sy / haar diens en / of

produk op eie risiko op die voorwaardes soos vervat

in die oorspronklike ooreenkoms en enige verbruiker

wat gebruik maak van die geadverteerde diens en /

of produk, doen dit op eie risiko.

Page 31: SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9

KWARTAALPROGRAM (3) EN KONTAKBESONDERHEDE

JULIE Ma 21 Skool open

Di-Wo 22-23 Wintersportgroepfoto’s

Vr 25 Kunsuitstappie Graad 11, Rapporte beskikbaar

Sa 26 Sportdag vs Worcester Gimnasium (tuis)

Ma-Vr 28 Jul-1 Aug SR Smile week

Di 29 Bloedskenk

Wo 30 Oueraande Graad 8 en 12

Do-So 31 Jul-3 Aug Toneelfees Springbok

AUGUSTUS

Vr 1 Netbal: SASN Top Schools (Boksburg), Clanwilliam-toernooi Rekenaarolimpiade: Programmering

Di-So 5-9 Fraserburg & Klein Libertas Toneelfeeste

Wo 6 Oueraand Graad 9, 10 en 11

Sa 9 Vrouedag

Ma-Sa 11-16 HSD Toneelfees

Wo 13 Wiskundige Geletterdheid Olimpiade

Ma 18 Interskole Landloop, Tygerberg Eisteddfod (Orkes)

Wo 20 Interskole: Gholf, Skaak & Debat, Personeelfunksie en Algemene Kennis Vasvra

Do 21 Interskole SR-funksie

Vr-So 22-24 CSV Kringleierskamp

Vr 22 Rocking the Durbies-funksie (vir oud-Durbies)

Sa 23 Interskole: Rugby, Netbal, Hokkie

Sa 23 Interskole-opskop (slegs volwassenes)

Ma-Sa 25-30 ATKV Tienertoneel Wes-Kaap

Wo 27 Wiskunde Olimpiade Graad 8 en 9

Sa 30 Rugby: Die Burger-kompetisie

SEPTEMBER

Sa 6 O/14, O/15 en O/16 7’s

So 7 Kamerkonsert uitreik

Ma 8 Graad 12-eksamen begin

Di 9 Junior Afrikaanse Olimpiade

Wo 10 Algemene Kennis Olimpiade

Sa 13 Netbal: WP Hoërskole Finaal

Di 16 JNA-toetse (Gr. 9) begin

Wo 24 Erfenisdag

Sa 27 35ste Blaasorkes-reünie

OKTOBER

Wo 1 Matriekafskeid (Eureka)

Vr-Di 3-7 Krieket: O/19 (HS Punt) Toer

Vr-Ma 3-6 Orkes SA’s (Secunda)

Vr 3 Algemene Kennis Kompetisie: Intern

Vr 3 Skool sluit, Rapporte beskikbaar

Ma-Sa 6-11 ATKV Tienertoneel Finaal

KONTAKBESONDERHEDE

Tel / Faks: 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f)

Algemeen: [email protected] Bemarking: [email protected]

Sport: [email protected] Alumni / Oudleerders: [email protected]

Kultuur: [email protected] Borge: [email protected]

Boekekamer: [email protected] Klerewinkel: [email protected]