14
1 SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou jare toe Geskiedenis is 'n ontsaglike vroeë waarskuwingstelsel Norman Cousins 'N KUNDIGE SE GIDS OOR COVID-19 RISIKO'S AFSTAND, DOSIS, VERSPREIDING Hierdie is punte uit 'n artikel geskryf deur Covid-19 akademici en mediese professionele lui en het op 26 Junie 2020 in die Maverick Citizen verskyn. Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge wat die grootste verskil kan maak aan die verslapping van die inperking en die heropening van Suid-Afrika met die minste risiko, of jy 'n huurmotor gebruik, sosialiseer, werk, oefen of 'n winkel bestuur. Die Corona-virus en die inperking het ons lewens onderstebo gedraai, en wisselende inligting het ons verder verwar. Jy mag wonder oor die rol van maskers, of jy jou kruideniersware moet afvee, en of die opheffing van die inperking beteken dat ons almal nou kan ontspan. Jy mag ook kommer hê oor hoe jy veilig werk toe kan reis, watter stappe om te neem wanneer jy jou besigheid heropen, of jy 'n godsdienstige byeenkoms kan bywoon, en wat jy vir jou ouma moet sê oor hoe om veilig te bly. Ons kan nie net deur regeringsbeleid gered word nie – die dinge wat ons almal kan doen, sal Suid-Afrikaners se lewens red. En daardie dinge is heel eenvoudig. Ons opsomming: Doen alles moontlik Buite (in die oopte). Maak Vensters oop. Dra Maskers. Handhaaf ten minste een meter Afstand (twee meter is beter) tussen mense Vermy Saamgedringde ruimtes. Maak Gou. Wat veroorsaak die probleem? Die manier waarop die virus versprei is wanneer ons hoes, nies, praat of bloot asemhaal, ons baie klein vogdruppeltjies in die lug versprei; hulle is asemhalingsdeeltjies. As iemand aangetas is, sal die lewendige virus in hierdie deeltjies teenwoordig wees. Hierdie deeltjies in ons asem kan taamlik ver (verskeie meters) versprei. As daar swak ventilasie en geen beweging van lug is nie, hang hulle in die lug rond. Hulle kan op oppervlaktes land (waar die virus vir 'n paar uur 'n paar ure kan oorleef), en as jy naby iemand is, kan hulle op jou oë, neus of mond beland. Die meeste mense wat aangetas is, het die virus gekry deur direkte kontak met 'n

SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

1

SAVA NUUSBRIEF

Nommer 162 Julie 2020

voeg lewe tot jou jare toe

Geskiedenis is 'n ontsaglike vroeë waarskuwingstelsel

Norman Cousins

'N KUNDIGE SE GIDS OOR COVID-19 RISIKO'S

AFSTAND, DOSIS, VERSPREIDING Hierdie is punte uit 'n artikel geskryf deur Covid-19 akademici en mediese professionele lui en het op 26 Junie 2020 in die Maverick Citizen verskyn. Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge wat die grootste verskil kan maak aan die verslapping van die inperking en die heropening van Suid-Afrika met die minste risiko, of jy 'n huurmotor gebruik, sosialiseer, werk, oefen of 'n winkel bestuur. Die Corona-virus en die inperking het ons lewens onderstebo gedraai, en wisselende inligting het ons verder verwar. Jy mag wonder oor die rol van maskers, of jy jou kruideniersware moet afvee, en of die opheffing van die inperking beteken dat ons almal nou kan ontspan. Jy mag ook kommer hê oor hoe jy veilig werk toe kan reis, watter stappe om te neem wanneer jy jou besigheid heropen, of jy 'n godsdienstige byeenkoms kan bywoon, en wat jy vir jou ouma moet sê oor hoe om veilig te bly. Ons kan nie net deur regeringsbeleid gered word nie – die dinge wat ons almal kan doen, sal Suid-Afrikaners se lewens red. En daardie dinge is heel eenvoudig. Ons opsomming: Doen alles moontlik Buite (in die oopte). Maak Vensters oop. Dra Maskers. Handhaaf ten minste een meter Afstand (twee meter is beter) tussen mense Vermy Saamgedringde ruimtes. Maak Gou.

Wat veroorsaak die probleem? Die manier waarop die virus versprei is wanneer ons hoes, nies, praat of bloot asemhaal, ons baie klein vogdruppeltjies in die lug versprei; hulle is asemhalingsdeeltjies. As iemand aangetas is, sal die lewendige virus in hierdie deeltjies teenwoordig wees. Hierdie deeltjies in ons asem kan taamlik ver (verskeie meters) versprei. As daar swak ventilasie en geen beweging van lug is nie, hang hulle in die lug rond. Hulle kan op oppervlaktes land (waar die virus vir 'n paar uur 'n paar ure kan oorleef), en as jy naby iemand is, kan hulle op jou oë, neus of mond beland. Die meeste mense wat aangetas is, het die virus gekry deur direkte kontak met 'n

Page 2: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

2

aangetaste persoon. Dit is ook moontlik, maar minder algemeen, dat ' mens aangetas kan word deur aan jou mond, neus of oë te raak wanneer jou hande die virus op hulle het omdat jy aan 'n oppervlak geraak het. Wat is die effek van hierdie drie dinge? Afstand: Hoe verder jy is van iemand wat aangetas is, hoe minder waarskynlik sal jy deur hulle aangesteek word of deeltjies inasem wat hulle uitgeasem het. Dosis: Om aangesteek te word, moet jy kontak hê met iemand met 'n minimum dosis, wat tyd en blootstelling aan mense met die virus neem. Hoe langer jy aan 'n aangetaste persoon blootgestel word, hoe meer mense jy aan blootgestel word, en hoe minder versperrings (soos gesigsmaskers), hoe meer waarskynlik sal jy aan die virus blootgestel word. Mense wat simptome het of op die punt staan om simptome te ontwikkel, insluitend ligte siekte, is in die algemeen meer aansteeklik – m.a.w. is in staat om groter dosisse van aansteeklike asemhalingsdeeltjies te produseer. Verspreiding: Omdat kleiner deeltjies in die lug rondhang, maak die beweging van lug regtig 'n groot verskil. Die deeltjies versprei gou as jy buite is, veral as daar 'n briesie of wind is. Ons weet ook dat sonlig die virus afbreek. Klein, ingeslote ruimtes met toe vensters is 'n hoë risiko, veral wanneer mense daar saamgedring is. Die bogenoemde drie dinge is in wisselwerking! As jy buite is, ten minste een meter (maar verkieslik twee) van ander af, vir minder as 10 minute, is jou risiko om aan te steek ongelooflik laag. Aan die ander kant, as jy saam met iemand met simptome in 'n kamer met toe vensters bly, verhoog jou risiko om die siekte te kry, of jy 'n gesigmasker dra of nie. Groot bekende uitbrekings het voorgekom by binnemuurse funksies in kerke, troues, musiekgeleenthede, restaurante en kroeë: plekke waar mense binnemuurs saamdrom, naby aan mekaar is en vir ure praat en sing. Besighede, fabrieke, werkers en families moet dringend aandag skenk aan die interaksie van hierdie drie dinge. Fisiese handhawing van afstand is baie effektief buitemuurs of vir kort ontmoetings (10 minute); wanneer jy in 'n geslote ruimte is, verminder die effektiwiteit daarvan dramaties. Maskers en twee met5er afstand is nie genoeg as jy heeldag in 'n ongeventileerde ruimte saam met mense is nie. Evalueer jou kantoor, plek van aanbidding, besigheid, beplande begrafnis of ander geleentheid in terme van die wisselwerking tussen hierdie drie dinge. Wat kan ons doen? Hierdie artikel sal dit alles verduidelik: https://www.dailymaverick.co.za/article/2020-06-26-distance-dose-dispersion-an-experts-guide-on-covid-19-risks-in-south-africa-and-how-to-manage-them/#gsc.tab=0

LEES

AMAZON KINDLE Baie mense het twee moeilikhede wanneer hulle ouer word: boeke is swaar, en lettertipes is klein. Dit is waar die rekenaar-eeu kan help. Vir die afgelope agt jaar het ek Amazon Kindle Paper-white gebruik, wat 'n verstelbare agtergrond-skermhelderheid het en wat meer as 'n rekenaarskerm soos papier lyk.

Page 3: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

3

Ek het deur lywige boekdele op my Kindle geploeg wat gewigtige sake oor die toestand van die planeer en die mensdom dek, daarom het ek een nag besluit dat 'n paar korter artikels, opstelle of stories welkome verligting van die probleme en onbekende dinge sou bring. Ek het my boekkaste sorgvuldig deurgelees en 'n boek van opstelle (essays) deur Paul Johnson gekies. Toe ek met die eerste artikel klaar was, het ek die boek eenkant gesit, my Kindle opgetel en die boek bestel. Sekondes later het my selfoon gepiep met die betaling van die bank, gevolg deur die boek op my Kindle 'n paar sekondes later. Wat 'n genotvolle verskil! Die volgende oggend het ek besluit om die Kindle en twee boeke fisies te vergelyk; To Hell with Picasso en Mantel se laaste boekdeel, The Mirror and the Light – wat my vrou in die bed kan lees, slegs in kort sessies as gevolg van sy gewig en die klein skrif. (Waarom publiseer hulle nie "bakstene" soos hierdie in meer volumes nie?) Kyk na die volgende vergelykings:

The Mirror and the Light

deur Hilary Mantel

To Hell with Picasso and other Essays

deur Paul Johnson Amazon Kindle

Lengte mm 224 240 173

Wydte mm 153 164 124

Dikte mm 55 35 9

Gewig 1,170g 630g 360g

Boeke 1 1 Nota

Woorde per bladsy 420 460 140

Lettertipe 1 1 Ses lettertipes

Lettertipe groottes 10.5 11 Agt lettergroottes

Nota: Afhangende van die model, tot 6,000 boeke. Sê vir jou kinders om te vergeet van al die ander items en vir jou 'n Kindle te gee (Dit is wat myne in 2012 gedoen het). Ray

VASVRA

WAT IS HIERDIE? 'N Opeenhoping van atome wat elektromagnetiese golwe, klankgolwe, hittegolwe en beweging kan waarneem. Dit draai in die rondte teen 1 000 myl per uur terwyl dit agtien myl per sekonde aflê. Antwoord aan die einde van die nuusbrief.

Page 4: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

4

RIVIERE VAN DIE WÊRELD

WATER – The present Drie opeenvolgende VN sekretaris-generaals – Kofi Annan, Ban Ki-moon, en António Guterres – het openlik hulle kommer uitgespreek dat onvoldoende toegang tot water burgerlike onrus, massa migrasies en gewapende konflikte rondom die wêreld kon ontketen. Van besondere belang is gebiede waar bevolkings arm is en internasionale spanninge om ander redes reeds hoog is. Die baie maniere waarop mense riviere gebruik het in streke verskil en oor tyd verander. Nogtans het hulle belangrikheid vir ons aangehou omdat hulle ons van vyf wesenlike voordele voorsien: toegang, natuurlike kapitaal, grondgebied, welsyn, en 'n manier om mag te vertoon.

MENSLIKHEID

VERANDERENDE SEDES Iewers in sy dagboeke praat Wilfrid Scawen Blunt van die opvallende verdierliking in die Engelse gees wat ná die wreedaardige berowing en sluipmoord op die Suid-Afrikaanse Republieke na vore gekom het. Die helde wat die gepeupel ná Mafeking-dag gevolg het, was baie minderwaardiger as die helde wat hulle in die dae voor die oorlog gevolg het. Die Engelse heer het uit die openbare lewe begin verdwyn, en in sy plek het 'n opruierige skobbejak verskyn wat klaarblyklik identies met die professionele politikus was – die Lloyd-George-, Chamberlain-, F. E. Smith-, Isaacs-Reading-, Churchill-, Bottomley-, Northcliffe-tipe. Eger was dat ou ideale saam met ou helde gesterf het. Blunt sê dat persoonlike vryheid en strenge regsgeldigheid van die Engelse tafels van die Wet verdwyn het, en daar was 'n verskuiwing van die sosiale en politiese swaartepunt na 'n laer vlak. presies dieselfde effek is nou in die Verenigde State sigbaar. 1919 H.L. Mencken: Prejudices: The First, Second, and Third Series. Onbekend. Kindle-uitgawe.

LITERATUUR

Waarom ek van Engelse essayiste hou (Uit Engels vertaal: Lees asb. die oorspronklike om die Engelse idioom te waardeer)

Hy het sy lewe in die akademiese wêreld, bankwese, amptenary en sosialisme deurgebring, almal op sy eie bevorderlik vir 'n suur, vyandige lewensuitkyk, en in kombinasie vernietigend; miskien verduidelik dit dit.

Sy werk was om af te spring wanneer die koets gestop het, om te hardloop, die buitenste trappies te laat sak en dan die deur met 'n swierige swaai oop te maak ('n behoorlike koets het geen handvatsels aan die binnekant gehad nie omdat die adelstand nie gewoond was om deure vir hulself oop te maak nie).

Malcolm Muggeridge het my eenkeer wyse raad gegee: 'Soos wat jy ouer word, liewe jong man, probeer om met minder klaar te kom. Leer om sonder

Page 5: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

5

plesierighede en geriewe klaar te kom voordat hulle van jou weggeneem word.

Alle skaakspelle eindig in menseslagting of onvoorwaardelike oorgawe, of loop ná uitputting van uitgerekte loopgraaf-oorlogvoering uit op 'n woedende vrede (of 'gelykspel'), wat blote voorbereiding vir verdere vyandighede is.

Ons verwag egter van vermaaklikheidsmense om 'n bespotting van die huwelik te maak. Die gesamentlike aanslag op dié instelling wat onlangs deur die koninklike familie uitgevoer is, het meer skade gedoen en het baie meer skokkend gelyk.

Wie sou nie 'n pelgrim na hierdie Betowerende plek wees nie? Maar maak gou. Die tyd se gevleuelde strydwa, met sy verbruikersekonomie, is op pad.

Die Verenigde State, die wêreld se grootste ekonomie, het nou wat 'n permanente3 begrotingstekort en 'n strukturele handelswanbalans, beide van kolossale omvang, en word bestuur deur 'n administrasie wat hoofsaaklik oor velkleur en geslag bekommerd is.

To Hell with Picasso & Other Essays deur Paul Johnson

ONS VERANDERENDE WÊRELD

LANDE – Bevolking-veranderings Die meeste groot lande het vandag heterogene bevolkings met uiteenlopende voorkeure wat uitdagend is om te ondersteun. Om sy huidige grootte te behou, moet Irak die verskillende voorkeure van Sunni-Moslems, Shia-Moslems, en Koerde te bowe kom. Duitsland moet teenkanting van nasionaliste en liberale globaliste teen immigrante beheer. Amerika is die leier van talle ontevrede faksies, wat landelike konserwatiewes met stedelike liberaliste en kiesafdelings van verskillende sosio-ekonomiese status, geslag en ras kragte laat meet. Sulke lande oorleef teen 'n koste van huishoudelike wrewel en politieke dooiepunte. Vorige uiteenlopende nasies wat onder sulke druk gebreek het, sluit in die USSR, Tsjeggo-Slowakye, Die Verenigde Arabiese Republiek, en Joegoslawië. Die laat twintigste eeu was inderdaad 'n tyd van buitengewone politieke versplintering, toe die getal soewereine lande in die wêreld meer as verdubbel het. Hierdie politieke versplintering is deels deur toenemende demokratisering aangevuur, wat op sy beurt afskeidings vermeerder het. Eenvoudig gestel, het baie lande besluit om kleiner te word om aan landsburgers te gee wat hulle wou hê, selfs al sou dit die opoffering van ekonomiese en geopolitieke voordele van om groot te wees, beteken.

Page 6: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

6

ENGELS

VSA VS VK Soos Williams gedemonstreer het, het Webster beter gewerk as wat hy geweet het. Sy Amerikaanse woordeboek was nie net deeglik Amerikaans nie; dit het enige van die huidige woordeboeke van Engels oortref, soveel so dat dit vir 'n goeie aantal jare "'n soort myn vir Britse leksikografie gebly het om te ontgin". The American Language / A Preliminary Inquiry into the Development of English in the United States – H. L. Mencken, 1921 Het Webster se woordeboek die Britte beskaamd gemaak dat hulle die OED begin het? Webster's Dictionary Eerste uitgawe 1828 Tweede uitgawe 1841 Onverkorte Uitgawe 1864 FIRST EDITION OF THE OXFORD ENGLISH DICTIONARY, MURRAY, James A.H., [redakteur]. A New English Dictionary on Historical Principles. Oxford: Die Clarendon Drukkery, 1888-1928. Eerste uitgawe, met die eerste volume gepubliseer in 1888, en voltooi in twaalf volumes in 1926.

KOOKKUNS – 1660

PANNEKOEKE Ray en ek het nou die dag 'n National Geographic-program gekyk, en deel daarvan het 'n bouvallige kasteel in Soleby, Leicestershire, Engeland, vertoon. Melding is gemaak van "The Accomplisht Cook" – ene Robert May, wat op groot skaal vir die aristokrasie gekook het. Blykbaar het hy in drie verskillend kastele gewerk, waarvan hierdie een was, en in 1660 het hy sy resepteboek gepubliseer: The Accomplisht Cook or The Art and Mystery of Cookery. Ray het dit ge-Google en gevind dat die boek op die Gutenberg-webtuiste beskikbaar is. Dit is geheel en al fassinerend om te lees, veral die hoeveelhede kos wat voorberei is, en die manier waarop die resepte geskryf is. Hier is die skakel vir inligting as jy belangstel: https://en.wikipedia.org/wiki/The_Accomplisht_Cook Wat my oog gevang het en gemaak het dat ek dit met julle wou deel, was sy resep vir die (dit is presies soos dit in sy kookboek voorkom):

Most Delicious Pancakes. Take 3 pints of cream, a quart of flour, eight eggs, three nutmegs, a spoonful of salt and two pound of clarified butter, the nutmegs being beaten, strain them with the cream, flour and salt, fry them into pancakes and serve them with fine sugar … or

otherways. Waarlik 'n heerlike manier om 'n paar van ons inperking-winterdae te verwyl! Hy is ook bekend as die eerste persoon wat aartappels en kalkoen van Amerika bekendgestel het – so vertel die boek my. Julie

Page 7: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

7

EEN VIR DIE WYSNEUSE

MEESTER VAN ALLE MEESTERS

'N Meisie het eenkeer na die kermis toe gegaan om haarself as 'n diensmeisie uit te huur. Uiteindelik het 'n koddige ou man haar in diens geneem en haar na sy huis geneem. Toe sy daar kom, het hy vir haar gesê dat hy haar iets wou leer, omdat hy in sy huis sy eie name vir goed het. Hy het vir haar gevra: "Wat sal jy my noem?"

"Meester of meneer, of wat ook al u behaag, meneer," het sy gesê. Hy het gesê: "Jy moet my 'meester van alle meesters' noem. En wat sou jy dit

noem?" en na sy bed gewys. "Bed of rusbank of wat ook al u behaag, meneer." "Nee, dit is my 'eendemossel'. En wat noem jy hierdie?" het hy gevra en na sy

kardoesbroek gewys. "Kortbroek of broek of wat ook al u behaag, meneer." "Jy moet dit 'ontstekingspatroon en klappers' noem. En wat sou jy haar

noem?" en hy wys na die kat. "Kat of katjie, of wat ook al u behaag, meneer." "Jy moet haar 'witgesig simminy' noem. En nou hierdie," en hy wys na die

vuur, "wat sou jy dit noem?" "Vuur of vlam, of wat ook al u behaag, meneer." "Jy moet dit 'warm haantjie' noem, en wat hierdie?" gaan hy voort en wys na

die water. "Water of nat, of wat ook al u behaag, meneer." "Nee, die naam daarvan is 'pondalorum'. En wat noem jy al hierdie?" en hy

wys na die huis. "Huis of kothuis, of wat ook al u behaag, meneer." "Jy moet dit 'hoë hoed berg' noem." Dieselfde nag maak die diensmeisie haar meester verskrik wakker en sê:

"Meester van alle meesters, klim uit u eendemossel en trek u ontstekingspatroon en klappers aan. Want witgesig simminy het 'n vonk warm haantjie op haar stert gekry, en tensy u pandalorum kry, sal hoë hoed berg in warm haantjie wees." ... Dis al. Die Gutenberg EBoek- projek van ENGLISH FAIRY TALES, deur Anoniem AANTEKENINGE EN VERWYSINGS Bron. Die storie is bedoel as 'n spotskrif oor wysneusigheid, en is so oud in Italië as Straparola (sestiende eeu). In passievolle Sisilië het 'n vrou wat haar man se wysneusigheid verfoei het, die huis aan die brand gesteek en haar man in hierdie onverstaanbare brabbeltaal oor die feit ingelig. Hy, wat sy eie bargoens nie verstaan nie, word 'n slagoffer van die vlamme, en sy trou met die dienskneg wat die boodskap geneem het.

Page 8: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

8

KLIMAAT

BOME In onlangse dekades het jaarringe van bome na vore gekom as een van die mees presiese en onthullende van alle paleoklimatologiese aanduiders. In elke groeiseisoen voeg 'n boom 'n buitenste laag kambium by sy kern van dooie hout. hoeveel bygevoeg word, is 'n funksie van hitte- en reëntoestande. Die presiese wydte van die ring en sy mikroskopiese struktuur gee 'n baie duidelike prentjie van die weer gedurende 'n tydperk van 'n paar warm maande, soos 'n poskaart uit 'n afgeleë somer. Anders as koolstof14-datering, wat slegs 'n tydreeks bied, wys jaarringe van bome die toestande vir 'n presiese jaar noukeurig aan, selfs die begin en die einde van die seisoen. Kruisverwysing met bekende gebeure het gehelp om 'n ontbrekende klimaat-element by die geskiedenis te voeg. Boomkronologie het ook gehelp om merkwaardighede soos 'n afname in Karibiese seerowery in die 17e eeu ('n stortvloed orkane), opstande in Ptolemeïese Egipte (droogte) die Ottomaanse krisis van die vroeë 17e eeu, en die opkoms en ondergang van die Maja-, Mongoolse en Uyghur-ryke te verklaar. Toe Stradivari se beroemde Messias-viool 'n paar jaar gelede as 'n namaaksel beskou is, het 'n ontleding van die ringe in die hout daarvan die egtheid daarvan bevestig. Die studie van geskiedkundige klimaatverandering het egter die meeste uit hierdie bosagtige hoek van die wetenskaplike wêreld gebaat. Deur veelvuldige kerne van bome in 'n gebied en in veelvuldige gebiede te gebruik, kan 'n omvattende prentjie van wyer klimaatwisseling saamgestel word. Wêreldtemperature, wat binne 'n gegewe reeks vir 1 000 jaar of so skommel, het in die 20e eeu buite daardie reeks begin styg om in 1998 hemelhoog te reik – en daardie jaar is nou slegs die tiende warmste. Sy eindig met 'n manifes vir bome, en die donker storie wat hulle vertel: van ons spesie se byl-gedrewe mars deur die afgelope paar millenniums. Met die uitwissing van woude vir landbou, die gebruik van hout om mee te bou, as brandstof om oonde warm te maak en metale te smelt, of om die rompe van bote te vorm om oseane oor te steek en meer woude uit te wis, is ons wat ons is as gevolg van bome – en hulle afwesigheid is die sekerste stempel van ons immer uitbreidende teenwoordigheid. Seldsame kortstondige verskynsels in die rekord van wouduitdunning val dikwels saam met menslike pandemies. Tree Story: The History of the World Written in Rings deur Valerie Trouet NS Hierdie stuk het die volgende reaksie van Mike Job ontlok: My vader sou die verwysing na bome waardeer het. Ek het 'huis toe' gegaan om my vader en moeder te besoek 'n ruk nadat ek van Rhodesië af teruggekeer het en hulle 'n 4-akker kleinhoewe in Hill Crest, Natal, gekoop het. Dit was meestal heuwelland, met 'n egte moeras in die middel. 'n Moeras wat my vader gedreineer en dieper gedreg het met 'n dregstelsel bestaande uit 'n kruiwa met rieme wat heen en weer daaroor getrek is deur 'n kabelstelsel aangedryf deur 'n VW-masjien gemonteer op 'n

Page 9: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

9

beton voetstuk. Dit het steeds 'n mensehand benodig om die kruiwa op sy pad heen en weer te beheer – en om die masjien in trurat te sit. Die mens was Pa, byna 80, tot by sy heupe in die modder en riete en stoeiend met die kruiwa met elke deurkruising van die stroombedding. "Waar's Pa?" het ek gevra. "Iewers daar onder," het my stiefmoeder gesê, wuiwend na die kleinhoewe met 'n hand wat deur werk grof gemaak is. En hy was, sittend in die lap bloekombome – met sy arm om 'n boom. "Wat doen Pa?" het ek gevra. "Sit maar net hier. By my boom," het hy geantwoord, sonder enige teken van kommer dat dit vir 'n stadsjapie soos ek snaaks mag lyk. En dit is hoe ek hom onthou. Hy was die man wat 'n 40-voet gat gegrou het op soek na water, in die sand by Scottburgh. Opklim teen die tou, trek die emmer op om dit leeg te maak, af met die tou om die proses te herhaal, oor en oor en oor.

TEGNOLOGIE

DIE REDE WAAROM ZOOM-OPROEPE JOU ENERGIE DREINEER Sedert die Covid-19-pandemie toegeslaan het, was ons meer as ooit tevore op video-oproepe – en baie vind dit uitputtend. Gianpiero Petriglieri, 'n medeprofessor by Insead, wat volhoubare leer en ontwikkeling in die werkplek verken, en Marissa Shuffler, 'n medeprofessor aan Clemson Universiteit, wat welsyn in die werkplek en effektiwiteit van spanwerk bestudeer, het soos volg kommentaar gelewer. Om op 'n video-oproep te wees vereis meer fokus as 'n geselsie van aangesig tot aangesig, sê Petriglieri. Video-geselsies beteken dat ons harder moet werk om nie-verbale wenke soos gesigsuitdrukkings, die toon en toonhoogte van die stem, en liggaamstaal te prosesseer; meer aandag hieraan verbruik baie energie. "Ons verstande is saam wanneer ons liggame voel ons is nie. Daardie strydigheid, wat veroorsaak dat mense teenstrydige gevoelens het, is uitputtend. Jy kan nie natuurlik in die gesprek ontspan nie," sê hy. Stilte is nog 'n uitdaging, sê hy. "Stilte skep 'n natuurlike ritme in 'n werklike gesprek. Wanneer dit egter in 'n video-oproep gebeur, word jy angstig oor die tegnologie." Dit maak mense ook ongemaklik. 'n Studie deur Duitse akademici in 2014 het getoon dat vertragings op foon- of vergaderingstelsels ons siening van mense negatief vorm: selfs vertragings van 1.2 sekondes het gemaak dat mense die reageerder as minder vriendelik of gefokus beskou het. 'n Bykomende faktor, sê Shuffler, is dat wanneer ons op kamera is, ons baie bewus is dat ons dopgehou word. "Wanneer jy in 'n videovergadering is, weet jy almal kyk na jou; jy is op die verhoog, daarom kom daar sosiale druk en die gevoel asof jy moet presteer. Om performatief te wees, is senutergend en baie stresvol." Dit is ook baie moeilik vir mense om nie na hulle eie gesig op die skerm te kyk of nie bewus te wees van hoe hulle voor die kamera optree nie. https://www.bbc.com/worklife/article/20200421-why-zoom-video-chats-are-so-exhausting

Page 10: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

10

SAVA-DIENSTE

COVID-19: IS JY VOORBEREID? As deel van die kwesbaarste en mees blootgestelde groep mense in terme van die Covid-19-pandemie, rig ons ons beste gedagtes en wense tot ons SAV-lede en wil julle graag motiveer om veilig te bly en in hierdie tyd by die huis te bly. In tye soos hierdie kan ons as mense onsself dikwels toelaat om deur vrees gedryf te word in plaas daarvan om helderdenkend te bly en onsself ingelig en gemotiveerd te hou. Soos die lewe, is denke oor ons eie sterflikheid en die dood ‘n werklikheid. Baie van ons verkies om hierdie feite te ignoreer, maar wanneer ons tyd kom om hierdie wêreld te verlaat, moet ons ons planne in orde hê. Het jy gedink aan wat met jou gesin sal gebeur? Het jy gedink aan die onmiddellike geleenthede wat georganiseer sal moet word en fondse wat noodsaaklik vir jou gedenkdiens en/of begrafnis is? Daar is ook die wetlike en maatskaplike beleidstukke en regulasies waaraan voldoen moet word – alles hiervan word ‘n groot las vir jou bedroefde gesinslede wanneer jy sterf. SAVA het ‘n spesiale produk ontwerp met inagneming van al die bogenoemde terwyl ‘n versigtig saamgestelde produk ontwerp is, bedoel om al die behoeftes wat in hierdie moeilike tyd na vore kom, te ondervang. Het jy geweet dat met die SAVA Bystand Voordeleplan jy 100% seker kan maak dat jy in geval van dood nie jou geliefdes sonder verantwoordelike finansiële beplanning sal laat nie? Die Bystand Voordeleplan enigiemand tussen 50- en 84-jarige ouderdom vir so min as R55 pm vir R10 000 dek. Vir meer inligting, gaan na https://bit.ly/saarpfuneral. Laat ons u skakel en u ouderdomsverwante voordele met u bespreek. Dit sal aan u die geleentheid gee om ‘n ingeligte besluit te neem. Wil u hê ons moet u terugskakel? WhatsApp ons by: 0649005976 of e-pos ons by [email protected]. BLITSOPNAME Die banier van ons webtuiste bevat 'n item Julie Opname (July Survey). Dit vra die volgende:

Wat is die drie hoofdinge waarop SAVA in belang van sy lede behoort te konsentreer?

Neem 'n oomblik om dit in te vul, omdat dit ons help om dienste te lewer wat aan julle behoeftes voldoen. Ons sal nog twee in Augustus en September hê. Klik asseblief op Survey op www.saarp.net – as jy nie die weergawe sien wat Survey bevat nie, doen ‘n CTRL/F5. Dankie. Gaan asb. na www.saarp.net en klik op die ‘Benefits’-skakel om ons reeks dienste vir lede te sien:

Page 11: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

11

SAVA-VAKANSIEKLUB

Die volgende is voorbeelde van buiteseisoenvakansies met korting wat ons vakansieklub vir julle en julle gesinne aanbied. Om te bespreek, skakel Renske by 021 592 1279 of stuur vir haar ʼn e-pos by [email protected]

OORD AREA DATUM EENHEID PRYS

TABLEVIEW CABANAS BLOUBERG 2-6 NOV 1 S/KAMER R1610

DRAKENSBERG SUN DRAKENSBERG 9-13 NOV 1 S/KAMER R3622

DIKHOLOLO BRITS 12-16 OKT STUDIO R1207

FORMOSA BAY PLETTENBERG BAY 2-6 NOV 1 S/KAMER R1207

CAYLEY LODGE DRAKENSBERG 7-11 SEP 1 S/KAMER R1610

ROYAL ATLANTIC SEA POINT 9-13 NOV 1 S/KAMER R1610

ROYAL ATLANTIC SEA POINT 9-13 NOV 1 S/KAMER R1610

HAZYVIEW CABANAS HAZYVIEW 19-23 OKT 3 S/KAMER R2012

HAZYVIEW CABANAS HAZYVIEW 19-23 OKT 3 S/KAMER R2012

MARGATE BEACH CLUB MARGATE 9-13 NOV 1 S/KAMER R1610

MARGATE BEACH CLUB MARGATE 9-13 NOV 1 S/KAMER R1610

WATERBERG GAME PARK LIMPOPO 2-6 NOV 1 S/KAMER R1610

WATERBERG GAME PARK LIMPOPO 2-6 NOV 1 S/KAMER R1610

NOTA 1: Die bogenoemde pryse sluit 15% BTW in. NOTA 2: Die prys is vir die hele tydperk. NOTA 3: Alle kansellasies moet 7 weke voor die aankomsdatum gemaak word. BETALING: Wanneer Renske jou bespreking BEVESTIG het, sal sy 'n faktuur uitreik wat SAVA se bankbesonderhede bevat. Wanneer jy die verlangde bedrag in SAVA se bankrekening inbetaal het, stuur asseblief bewys van betaling deur een van die volgende te gebruik:

Faks: 021 592 1284 E-pos: [email protected]

En onthou om jou ID-nommer en naam aan te haal.

Ons het die afgelope tyd vele versoeke ontvang vir nuwe besprekings en baie daarvan is reeds afgehandel.

Met die nuwe verandering van “leisure travel” weens die pandemie, sal ons al die besprekings hou, maar nog nie die fakture uitstuur nie.

Ons wil eers verseker weet dat dit wel moontlik is, anders moet daar weer terugbetalings vir alle gelde gemaak word.

Moet asb GEEN betalings maak voordat jy nie jou faktuur ontvang het nie.

MOENIE ENIGIETS BETAAL VOORDAT JY DIE BEVESTIGING VAN DIE BESPREKING EN DIE FAKTUUR ONTVANG HET NIE.

Page 12: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

12

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

SAVA, sy verskaffers, uitgewer, drukker en bydraers het geen bedoeling om spesifieke mediese of ander advies te voorsien nie, maar mag lesers eerder voorsien van inligting ingevolge sy regte onder die Konstitusie van Suid-Afrika. Inligting wat hier verskaf word, is nie 'n plaasvervanger vir professionele advies van enige aard nie, meer spesifiek mediese advies, sorg, diagnose of behandeling. Dit is ook nie ontwerp om enige mediese praktyk of behandeling, program of produk wat in die redaksionele inhoud van die Bulletin of webtuiste of soortgelyke platform geadverteer of genoem word, te bevorder of te onderskryf nie. Bykomend en soortgelyk bied SAVA nie professionele advies op enige terrein aan nie, insluitende maar nie beperk nie tot regsake en finansies. In alle gevalle, sou lesers advies benodig, behoort hulle 'n behoorlik geakkrediteerde en gekwalifiseerde spesialis op die terrein te raadpleeg.

ALLEDAAGSHEDE

BROKKIES

Wene se Sirkel is permanent onder beleg van die 21e eeu se dodelikste virus, massa-toerisme.

Twee eeue van industrialisasie, bevolkingsgroei en koorsagtige ekonomiese aktiwiteit het vir ons besoedelde mere, riviere en oseane, toksiese afval, gronderosie, ontbossing, uitwissing van plant- en dierspesies, en aardverwarming nagelaat. Wanneer ons om ons kyk, kan ons die moeilikheid sien waarin ons is, en kan ons die bedreigings vir ons oorbevolkte wêreld en ons oormatig ingewikkelde en daarom toenemende kwesbare gemeenskap en lewenswyse sien. En nou sit ons met ons neuse vas teen die feit dat die georganiseerde gemeenskap inderdaad 'n brose samestelling is.

Wat is 'n fanatikus? Dit is 'n persoon wat in sy kop plek vir slegs een idee op 'n slag het.

Lewendige video het die potensiaal om geneeskunde, bankwese, onderwys en plaaslike demokrasie te verryk. Waar die ontwrigtende krag daarvan die verskriklikste moet wees is by hoër opvoeding, wat toegelaat is om tot 'n eiendom-, administrasie- en akkommodasie-besigheid te degenereer. Insake VK-universiteite.

NATUUR

Page 13: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

13

Die natuur soek altyd 'n balans, en ek wonder of die bakterieë wat immuniteit teen antibiotika ontwikkel, asook die verskyning van venyniger virusse nie die terugbaklei daarvan is nie. Ek het vir 'n plaaslike boer – nou 82 – gevra waarom dit lyk of 'n besondere plant besig is om te versprei in die 14 jaar wat ons in die Riebeeckvallei woon. Hy het geantwoord dat die chemiese middel wat gebruik word om dit dood te maak, dit nou voed. Die plant het aangepas om 'n gif as voedsel te gebruik. AANHALING Die grootste pynstiller, slaapmiddel, stimulant, kalmeermiddel, dwelmmiddel, en tot 'n mate selfs antibiotikum – kortliks, die naaste ding aan 'n opregte alheilmiddel – bekend aan die mediese wetenskap, is werk. – Thomas Szasz, skrywer, professor in psigiatrie (15 Apr. 1920-2012) STOF TOT NADENKE Selfs meer betreurenswaardig was die weiering (deur President Woodrow Wilson) van die Amerikaners om toe te stem tot die Japannese aandrang op erkenning van rassegelykheid. A general outline of the treaties of 1919 and 1920. The Outline of History: Being a Plain History of Life and Mankind (H. G. Wells) GLIMLAG – WYSE RAAD VAN DIE VSA Geen verpleeginrigting vir my nie. Ek gaan by 'n Holiday Inn inboek. Met die gemiddelde koste van sorg by 'n verpleeginrigting op $275.00 per dag, is daar 'n beter weg wanneer ons oud en te swak word.

Ek het reeds besprekings by die Holiday Inn nagegaan. Vir 'n gekombineerde korting op langtermyn-verblyf en as senior, is dit $79.00 per nag. Ontbyt is ingesluit, en sommige het skemerkelk-ure in die middag.

Daar is $196.00 per dag vier middagete en aandete in enige restaurant van ons keuse, of kamerdiens, wasgoed, fooitjies en spesiale TV-rolprente oor.

Plus, hulle voorsien 'n spa, swembad, oefenkamer, sitkamer, was-en-droog-masjien, ens. Die meeste het gratis tandepasta en skeermesse, en almal het gratis sjampoe en seep. Teen $10 se fooitjies per dag sal jy die ganse personeel laat skarrel om jou te help.

Hulle behandel jou soos 'n klant nie soos 'n pasiënt nie

Daar is 'n stadbus-stop voor, en senior ry gratis. Die gebrek-bus sal jou ook oplaai (as jy 'n ordentlike mank loop kan naboots).

Om ander lekker mense te ontmoet, laat kom 'n kerkbus op Sondae.

Vir 'n verandering van toneel, neem die lughawe-pendelbus en eet by een van die lekker restaurante daar.

Dit neem maande om in ordentlike versorgingstehuise te kom. Die Holiday Inn sal vandag jou bespreking neem.

En jy gaan nie vir ewig in een plek gestrand wees nie – jy kan van Inn tot Inn beweeg, of selfs van stad tot stad.

Page 14: SAVA NUUSBRIEF Nommer 162 Julie 2020 voeg lewe tot jou ... · Lees dit asseblief. Om vensters oop te maak is een van jou beste verdedigings teen die virus. Verstaan die drie dinge

14

TV stukkend? Gloeilampe wat vervang moet word? Nodig dat 'n matras vervang word? Geen probleem nie. Hulle maak alles reg en maak verskoning vir die ongerief.

Die Inn het 'n nagsekuriteit-persoon en daaglikse kamerdiens. Die diensmeisie kyk om te sien of jy oukei is. Indien nie, sal hulle 'n ambulans bel . . . of die begrafnisondernemer. As jy val en 'n heup breek, sal Medicare vir die heup betaal, en Holiday Inn sal jou vir die res van jou lewe na 'n woonstel opgradeer.

En geen bekommernisse oor besoeke van familie nie. Hulle sal altyd bly wees om jou te vind, en waarskynlik vir 'n mini-vakansie van 'n paar dae inboek. Die kleinkinders kan die swembad gebruik. Vir wat meer kan ek vra?

Daarom, wanneer ek daardie goue ouderdom bereik, sal ek dit met 'n glimlag in die oë kyk.

ANTWOORD OP VASVRA

Jy, op die aarde, wat rondom die son wentel. Ray Hattingh NS Dit is belangrik om te besef dat wanneer ook al jy mag aan politici of burokrate gee, dit gebruik sal word vir wat hulle wil hê, nie vir wat jy wil nie.

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

voeg lewe tot jou jare toe