9
Sadie-Saamtrek, 9-06-2018 (deur Johan Malherbe) 06:29, 12 Junie 2018, sopas opgestyg uit Kaapstad. Oppad na Maputo, via ORT Die nuwe Novare Matola Mall doen al besigheid sedert November 2017, maar die nuwe verkeerssein-interseksie op die (dubbelgemaakte) EN4 is nog steeds in aanbou. Christo Reeder (elektriese ingenieur) gaan saam op hierdie trip. Afgelope Saterdagoggend ry ek saam met my (tans) jongste skoonseun, JP de Klerk deur na Malmesbury. Saam met ons, is Japie Sadie, die gewese stoetbulteler. Hy vertel vir ons van sy ongeveer jaarlikse trip na Frankryk, Nederland, Duitsland ens. Om skoue by te woon, ten einde die beste saad te kan aankoop, vir telery in SA. Hy vertel nog baie ander interessante stories. Hy is opgewonde - ek ook. Ons is immers op pad na ‘n Sadie-byeenkoms, die eerste ooit - en ons (ek en Japie), is immers saam met oom James Sadie, die samestellers van die Sadie-Stamboom in SA. Ek het inderdaad 5 stelle van 2 x volumes (2 verskillende formate) van die Sadie-databasis, saamgebring wat vandag ge launch kan word. Die genealogie-gogga het die uwe jare gelede gebyt. Aanvanklik begin met die hulp van ‘n DOS- pakket. Deesdae gebruik beide ek en oom James die Legacy-sagteware. Japie werk met die hand. Besoek al wat argief, genealogie instituut, kerke (vir doopinligting), begraafplase ens. is. En hy bel elke Sadie in SA! En gee dan die inligting deur om ingevoer te word. Dis vir ons ‘n stokperdjie. Dis tydsaam. Dit gee my “sanity” midde die gejaagde lewe. Nie baie mense het begrip/noemens- waardige waardering vir die werk. Sondagoggend nog het my vriend, ds. Willem Venter, tydens ‘n spesiale besoek, aangedui dat HY ook die hobbie asook die sagteware het. Ek kon dus maklik met hom deel oor die einste afgelope Sadie-dag. En hy kon dit waardeer! Dit reën nog by die koshuis waar die dubbel-agteras-InterKaap bus, via Johanneman se pêl, Os, ons inwag. Maar eers registreer binne, en onbekendes ontmoet. Mense kom van ver ook, soos Pieter van Sandton, Fanie van Durban, en sy kinders vanaf Ellisras! Johann en Almia (vanaf Frankryk!), bring die plakkers met elk se naam daarop, om sake effe te vergemaklik. Daar is baie Johanne. Ek verander myne na Blokkies. Nadia bestel vir almal wegneemkoffies by hul vrinne Louis en Elmarie wat onlangs ‘n koffiewikkel in die hoofstraat oopgemaak het. Ons vertrek na Saldanha.

Sadie-Saamtrek, 9-06-2018sadie-james.co.za/sadiesaamtrek.pdf · van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander rus ook hier – James,

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Sadie-Saamtrek, 9-06-2018sadie-james.co.za/sadiesaamtrek.pdf · van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander rus ook hier – James,

Sadie-Saamtrek, 9-06-2018 (deur Johan Malherbe)

06:29, 12 Junie 2018, sopas opgestyg uit Kaapstad. Oppad na Maputo, via ORT

Die nuwe Novare Matola Mall doen al besigheid sedert November 2017, maar die nuwe

verkeerssein-interseksie op die (dubbelgemaakte) EN4 is nog steeds in aanbou. Christo Reeder

(elektriese ingenieur) gaan saam op hierdie trip.

Afgelope Saterdagoggend ry ek saam met my (tans) jongste skoonseun, JP de Klerk deur na

Malmesbury. Saam met ons, is Japie Sadie, die gewese stoetbulteler. Hy vertel vir ons van sy

ongeveer jaarlikse trip na Frankryk, Nederland, Duitsland ens. Om skoue by te woon, ten einde die

beste saad te kan aankoop, vir telery in SA. Hy vertel nog baie ander interessante stories. Hy is

opgewonde - ek ook. Ons is immers op pad na ‘n Sadie-byeenkoms, die eerste ooit - en ons (ek en

Japie), is immers saam met oom James Sadie, die samestellers van die Sadie-Stamboom in SA. Ek

het inderdaad 5 stelle van 2 x volumes (2 verskillende formate) van die Sadie-databasis,

saamgebring wat vandag ge launch kan word.

Die genealogie-gogga het die uwe jare gelede gebyt. Aanvanklik begin met die hulp van ‘n DOS-

pakket. Deesdae gebruik beide ek en oom James die Legacy-sagteware. Japie werk met die hand.

Besoek al wat argief, genealogie instituut, kerke (vir doopinligting), begraafplase ens. is. En hy bel

elke Sadie in SA! En gee dan die inligting deur om ingevoer te word. Dis vir ons ‘n stokperdjie. Dis

tydsaam. Dit gee my “sanity” midde die gejaagde lewe. Nie baie mense het begrip/noemens-

waardige waardering vir die werk. Sondagoggend nog het my vriend, ds. Willem Venter, tydens ‘n

spesiale besoek, aangedui dat HY ook die hobbie asook die sagteware het. Ek kon dus maklik met

hom deel oor die einste afgelope Sadie-dag. En hy kon dit waardeer!

Dit reën nog by die koshuis waar die dubbel-agteras-InterKaap bus, via Johanneman se pêl, Os, ons

inwag. Maar eers registreer binne, en onbekendes ontmoet. Mense kom van ver ook, soos Pieter

van Sandton, Fanie van Durban, en sy kinders vanaf Ellisras! Johann en Almia (vanaf Frankryk!),

bring die plakkers met elk se naam daarop, om sake effe te vergemaklik. Daar is baie Johanne. Ek

verander myne na Blokkies. Nadia bestel vir almal wegneemkoffies by hul vrinne Louis en Elmarie

wat onlangs ‘n koffiewikkel in die hoofstraat oopgemaak het. Ons vertrek na Saldanha.

Page 2: Sadie-Saamtrek, 9-06-2018sadie-james.co.za/sadiesaamtrek.pdf · van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander rus ook hier – James,

Groot was die teleurstelling toe die bus nie ‘n PA sisteem het. Dit sou net meer sinvol gewees het,

om Japie se geboorteplaas, Rondevlei, op linkerhand, aan almal uit te wys. Sig na buite nog moeilik

met die reën op die groot ruite. Maar Japie kom staan voor in die bus en verduidelik met trots van

sy grootwordblyplek en ander Sadies wat daar in die omtrek geboer het.

Ek het voor die tyd beplan om by almal gedurende die busrit/tte uit te kom. Dit realiseer glad nie.

Uitvoering van my voorneme was onprakties. Spandeer omtrent die hele pad na Saldanha, oorkant

die gang by Pieter die Sandton-SimKaart-entrepreneur. Interessante man. Probeer mense ophef

d.m.v. kommunikasie. Hy snap dat God uiteindelik die StamVader van alle stambome is! Ons ruil

lewenswyshede uit.

Japie, 1944 en Pieter, 1967

Page 3: Sadie-Saamtrek, 9-06-2018sadie-james.co.za/sadiesaamtrek.pdf · van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander rus ook hier – James,

In Saldanha, stop die bus by Oorlogsvlei waar Johann Sadie (Malmesbury), se oupa Johnnie destyds

geboer het.

Johan, Wilhelm, James, Johann

James, Johann

Johann (jnr), Wilhelm, David, Johann, Wilhelm

Juanita, Awie, Japie, James, Chris

Page 4: Sadie-Saamtrek, 9-06-2018sadie-james.co.za/sadiesaamtrek.pdf · van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander rus ook hier – James,

Pieter bid later, saam met Japie, almal in handevashouketting-kring by die grafte in klein

begraafplasie, binne die Militêre Akedemie se sekuriteitsarea - spesiale moment! Daar waar oom

James, vertel van sy grootwordjare, en swem in die see, en sy pa wat die padmakers destyds gestop

het toe hul agterkom die straat gaan deur die begraafplaas gebou word. Vanwaar ons neffens die

begraafplaas met die grote bus gestop het, is dit so duidelik, hoe die padroete toe inderdaad die

begraafplasie gerespekteer het. Straat stop aan die een kant, en gaan weer voort aan die ander kant

van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander

rus ook hier – James, Awie, Johann & Wilhelm se oupa-grootjie. Dankie, Nadia (Malherbe) Sadie wat

tussen die huistrekkery, nog die individuele sekuriteitsvorms sorgvuldig (laat) invul, sodat ons

pynloos die sekuriteitsarea kon betree.

Page 5: Sadie-Saamtrek, 9-06-2018sadie-james.co.za/sadiesaamtrek.pdf · van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander rus ook hier – James,

Ruk die pilot my nou wakker uit ‘n diep slaap. Net om te vertel dat die daalproses, na ORT gaan

begin! Jip, lekker slapie inge sneak! Dis nodig op die kere wat jou wekker om 04:10 afgaan, om

betyds by die lughawe te wees.

Die David-en-Nadia span het nog die afgelope Vrydag hul jongste wyne bekendgestel. Dit moes by

die halfklaar Bill & Co-venue wees! Blykbaar 80 mense d.m.v. 3 x langtafels ingepas by pas

(half)omskepte geboue te Hillstraat, Malmesbury.

Page 6: Sadie-Saamtrek, 9-06-2018sadie-james.co.za/sadiesaamtrek.pdf · van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander rus ook hier – James,

Dis tans nog 3 erwe wat oupa Bill destyds aangeskaf het, maar wat die afgelope seker 10 jaar,

dormant staan. Dit, kon 2 van die Malmesbury Sadiebroers nie duld. Hul neul al geruime tyd by hul

pa, Johann die CA dat die plek tog nou moet herontwikkel. Senior is konserwatief en soek

ordentlike besigheidsplan, voordat hy instem. (Moet aanvaar dat hy intussen sy blessing gegee het).

Die Hillstraat-aansig sal steeds die 6 x skakelhuisies met verandahs wys, maar agter dit is daar geen

meer teken van residensiële besetting. Nee, eerder restaurant-sitplek, wynproetoonbank,

ordentlike kombuis, speelplek vir kinders binne en buite, 16 grade instapkoelkas vir wyne, kaas,

vleis ens., verkoopsplek vir varsprodukte soos free range hoenders, eiers, spesiaalverboude

groente, die groentetuin self, en op met die 1:12 rolstoelvriendelike helling tot bo by die parkeer-

area met toegang op Pleinstraat.

Saterdagaand kuier die Sadies weer in die halfklaar fasiliteit. Eers laken-grootskerm rugby (met

sowaar ‘n wen teen Engeland)! Daarna ‘n paar “toesprake”, oorhandigings, bedankings, selfs ‘n paar

live songs, jeerlike David en Nadia wyne, en natuurlik die kos.

Vanaf Saldanha, neem die bus die 38 volwassennes na !Khwa ttu, aan die Kaapse kant van die

Darling-kruising met die Weskuspad, sowat 2km binnelands. Pragtige uitsig, op Tafelberg, asook

die see na Yzerfontein/Langebaan se kant. Michael verduidelik die werk wat hul daar doen, die

opvoeding tov Khoi-geskiedenis, die museum met historiese implimente asook die R10 miljoen se

opleiding-sentrum met die “duine”dak en die asemrowende uitsig.

Page 7: Sadie-Saamtrek, 9-06-2018sadie-james.co.za/sadiesaamtrek.pdf · van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander rus ook hier – James,

Die drinkgoed, butternut sop en brownie was aangenaam, voordat die vierwielsleepwa agter die

John Deere ons 1,5km vandaar neem na die windpomp neffens die geploegde land waar Johan

Michiel Sadie-stamvader homself destyds gevestig het. Grootwater.

Vandag is daar net stukkies porselein wat deur die muise na die oppervlakte gebring word.

By hierdie geskiedkundige Sadie-baken word daar ‘n boom geplant en neem die uwe die spanfoto

hieronder.

Agter:

Pops (Gezina Johanna) eggenote van Johan Michiel (Paarl); Awie se dogter, Laurika met Awie se vrou, Anita skuins voor haar; Ronel, suster van Johan & Albrecht – mooi toespraak oor Albrecht se common

wealth kampioen-seun; Wilhelm argitek, (Worcester) agter; Hester (Bosman) Sadie – Johan van Eversdal se eggenote; Die mooie Almia (Wentzel) agter haar rugbyspelerman (gasheer) Johann; Johan Marais agter; Juanita (Sadie) Malherbe; Jolanda, 1985; Janine, 1991 (Fanie se 2 x skoondogters); Chris, 1982 (van Fanie); Awie; Fanie, 1954; James (83 jarige indoena); Christiaan Paul, 1964 (James se seun) verskuil agter; Stephan, 1984 (Fanie se seun); Albrecht, Paarl (wynkenner, pa van common wealth kampioen); Johann & Carlene (Oupa Bill se seun, Malmesbury); Johan (Albrecht se broer); Pieter Jacobus, 1967 (entrepreneur van Sandton) en voor hom; Leana (Sadie) Fourie, landmeter se dogter, langs haar; Antoine Fourie haar eggenoot; Johan van Eversdal (landmeter se broer); Lettie (Bosman) Sadie, Wilhelm argitek se vrou

Voor:

Die heer, Japie van De la Haye; weer Johanneman (rugbyspeler); Johan Michiel (Paarl) wyl hy vertel wie die beste rugbyspeler (langs hom), en wie die swakste rugbyspeler (hyself), in die groep is!!; Klein Klara, 2016 van Wilhelm (pienk boots, deur die blare); Klein Luka, 2013 van Wilhelm (CA); Klein Wilhelm, 2013 van David en Nadia; Klein Malan, 2015 van David en Nadia; Nadia (Malherbe – mooi né) Sadie en; David, 1984 (wynmaker); Wilhelm, 1983 (CA)

Page 8: Sadie-Saamtrek, 9-06-2018sadie-james.co.za/sadiesaamtrek.pdf · van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander rus ook hier – James,

Albrecht se seun, Christian. Voorbeeld vir ons almal!

Ek spot al lank dat MY “Sadie Stamboomdinge” Bundel, ‘n outomaties doktoraal tot gevolg kan hê!

Ha-Ha. Baie dankies langs die pad, hou mens aan die gang. Het my vroutjie belowe dat ek vir die

volgende 6 maande ‘n stamboom sabatical sal hê.......

Hiermee, dan my dank aan die Sadies, dat ek en familie, kon deel hê aan die afgelope naweek se

gebeurtenis. Watter voorreg! Mag jul van krag tot krag gaan! En mag Bill & Co ‘n sukses wees ter

nagedagtenis aan oupa Bill, en mag die David-en-Nadia wyne voortgaan met die nasionale asook

internasionale sukses tot nou, en mag jul, Pieter Sadie se verwysing na die Groot StamVader, altyd

voor oë hou!!!

Miskien moet ons weer kennis neem van die volgende aanhaling (deur onbekende) wyl ons met

stamboomdinge besig is:

“Ons leer wat ons weet, maar ons herproduseer wat ons is.” Jou kinders kan dalk

soms dit wat jy sê betwyfel, maar hulle glo altyd dit wat jy doen. “Jou voorbeeld het

(altyd) ‘n groter impak as al jou vermanings.”

Andries Vermeulen (grapjas) wat BAIE moeilike grootwordjare binne en buite die kinderhuis

trotseer het,en vandag nie skaam is om sy geloof te bely, het die volgende te sê:

“Dis maklik om jou verlede te blameer, maar moet nooit vergeet dat JY die argitek is

van jou toekoms.”

Page 9: Sadie-Saamtrek, 9-06-2018sadie-james.co.za/sadiesaamtrek.pdf · van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander rus ook hier – James,

From: Johan Malherbe [mailto:[email protected]]

Sent: Thursday, 05 July 2018 9:55 PM

To: 'James Sadie'

Subject: RE: Sadie-saamtrek

James, dankie. Plaas met graagte op jou web site. Wag net eers vir volgende version. Een spelfout en

een datumfout reeds opgetel. Wil darem eers aanpas. Iets wat jy dalk wil korrigeer, of byvoeg? ‘n

Byvoeging sal veral kleur verleen! Groetnis, Blokkies

From: James Sadie [mailto:[email protected]]

Sent: Thursday, 05 July 2018 3:33 PM

To: 'Johan Malherbe'

Subject: RE: Sadie-saamtrek

Baie dankie vir hierdie pragtige stukkie werk.. Ek het reeds gewonder of ek nie iets hieroor moet skryf

op my webwerf nie. Nou kom hierdie pragtige beskrywing van die saamtrek uit jou pen. Kan ek dit maar

op my webwerf plaas? Daar mag dalk mense wees wat nie op jy adreslys is nie wat dit daar kan lees.

Geniet jou ruskansie. Ek gaan miskien volgende week Bay West sentrum besoek, dan stuur ek ’n paar

foto’s. Groete. James

From: Albrecht Sadie [mailto:[email protected]]

Sent: Thursday, 05 July 2018 1:48 PM

To: Johan Malherbe

Subject: Re: Sadie-saamtrek

nogmaals baie dankie Johan - dis puik!!! Sadies love jou! jy het darem my lewe baie verryk vandat ek jou

ontmoet het - en toe is jy nog ‘n akteur en sanger van formaat ook - man van talle talente.

From: Johan Marais [mailto:[email protected]]

Sent: Thursday, 05 July 2018 12:32 PM

To: 'Johan Malherbe'

Subject: RE: Sadie-saamtrek

Baie dankie Johan weereens vir al jou insette. Het jou terugvoering baie geniet. Johan Marais

From: Pieter Sadie [mailto:[email protected]]

Sent: Thursday, 05 July 2018 9:21 AM

To: Johan Malherbe

Subject: Re: Sadie-saamtrek

Dankie Johan!! Mooi dag daar en hoop om spoedig weer te sien! Groete, Pieter J Sadie

From: Johann Sadie [mailto:[email protected]]

Sent: Wednesday, 04 July 2018 11:12 PM

To: blokkies malherbe

Subject: Re: Sadie-saamtrek

Naand swaer en het ek nie genoeg woorde om dankie te sê nogmaals vir jou insette en passie met die

Sadie stamboom nie!! Groete, Johann

From: Johan Sadie [mailto:[email protected]] Sent: Friday, 22 June 2018 9:25 AM

To: Johan Malherbe

Subject: RE: Sadie-saamtrek

Importance: High

More Blokkies. Dankie vir ‘n woes lekker naweek en jou insette. Johan Sadie