12
1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Die Kandelaar – 27 Oktober 2019 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Kerk Universitas-Wes Nedbank Reknr. 1187847283 Takkode: 198765 E-pos: [email protected] WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is. Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 / Frans Oosthuizen 082 859 2092 ROOIKERK-EREDIENSTE Sondagoggend 09:00 Frans Teks: 1 Petrus 2:1-10 Tema: Die Bybel is vir almal 09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug- Omgeegroepe Sondagaand 18:00 Frans Teks: Lukas 10:25-37 Tema: Daar is meer. Deurkollekte: Fonds vir Bybelgenootskap SA Volgende Sondag Oggend Hannes Aand Hannes Volgende jaar is die gemeente 50 jaar oud. Ons wil graag ‘n spesiale geleentheid van hierdie feesviering maak. Almal wat betrokke wil raak of vir ons kan help met stories, geskiedenis, ou foto’s, lidmate wat van die begin af en steeds in die gemeente is, kontak asseblief die kantoor. WELKOM Besoekers en nuwe lidmate kom ontmoet die Nuwe- lidmatespan ná die erediens by die Inligtingstoonbank.

ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die

Kan

del

aar

– 2

7 O

kto

ber

20

19

Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Bankbesonderhede: NG Kerk Universitas-Wes Nedbank Reknr. 1187847283 Takkode: 198765

E-pos: [email protected]

WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:

Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is.

Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 /

Frans Oosthuizen 082 859 2092

ROOIKERK-EREDIENSTE

Sondagoggend

09:00 Frans

Teks: 1 Petrus 2:1-10

Tema: Die Bybel is vir almal

09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk

10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe

Sondagaand

18:00 Frans

Teks: Lukas 10:25-37

Tema: Daar is meer.

Deurkollekte: Fonds vir Bybelgenootskap SA

Volgende Sondag

Oggend Hannes

Aand Hannes

Volgende jaar is die gemeente

50 jaar oud.

Ons wil graag ‘n spesiale geleentheid van hierdie

feesviering maak. Almal wat betrokke wil raak of vir ons kan help met stories,

geskiedenis, ou foto’s, lidmate wat van die begin

af en steeds in die gemeente is, kontak asseblief die kantoor.

WELKOM

Besoekers en nuwe lidmate kom ontmoet die Nuwe-

lidmatespan ná die erediens by die Inligtingstoonbank.

Page 2: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VERJAARDAE Baie geluk aan elkeen wat vandag of in die volgende week verjaar.

27 Okt Selma Jacobs Natascha Nieuwenhuizen 28 Okt Paul Els Kenneth Loock 29 Okt AJ Human Danie Jacobs Lisma Liebenberg Ria Oelofse Elize Sevenster 30 Okt Joané de Beer Maria Uys Nelie vd Merwe 31 Okt Anette J v Rensburg Sanita van Wyk 1 Nov Miguel Blignaut Erik Fick Leon Grove Annalize Nel 2 Nov Boet du Rand Karen Louw

LIEF EN LEED

Connie Bruwer is ontslaan en sterk tuis aan.

Ernst Reblin, ons koster, is weer in Rosepark hospitaal agv ‘n infeksie wat die uithaal van die pasaangeëer genoodsaak het . Baie sterkte aan hom en sy gesin.

Tannie Lorina Marais is ernstig siek. Sy is in die Onkologie afdeling in Rosepark

Ons bid vir elkeen wat siek is ʼn spoedige herstel toe en dat jy tydens jou siekwees, sterker sal

word en gou weer al jou energie sal terugkry.

NB: 10 NOVEMBER 2019

BIDDAG VIR REËN

SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings

vir die kook van sop, sal opreg waardeer word.

Gerda of Esmé kan

gekontak word.

KOFFIEKROEG-KERK:

Aangesien die bywoning heelwat

minder tydens die aanddienste en

veral in skoolvakansies is, beplan

ons om vanaf 1 Desember vanjaar

ons aanddienste in ‘n meer informele

styl te hou. Dit sal in die koffiekroeg

plaasvind en ook ‘n saamgesels-

karakter hê. Ons nooi almal om dit

asseblief by te woon en saam met

die Rooikerk-Striata familie te kom

kuier om die Woord.

Page 3: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

FINANSIëLE STAND VAN DIE GEMEENTE VIR DIE TYDPERK: 1 MAART 2019 - 30 SEPTEMBER 2019 (Striata ingesluit)

Begroot vir die

jaar

Begroot tot op datum

Werklik tot op datum

Verskil tot op datum

INKOMSTE -2,894,028.73

-1,657,683.46 -1,539,431.14 -118,252.32

Min: UITGAWES 2,894,028.73 1,691,405.70 1,439,042.94 252,362.76

* Bedryfsuitgawes 920,602.70 537,018.24 393,679.14 143,339.10

* Gemeente Visie / Sending en Uitreikaksies

425,630.00 252,375.83 167,206.33 85,169.50

* Salarisse en Lone 1,547,796.03 902,011.63 878,157.47 23,854.16

(-Tekort) / Surplus 0.00 -33,722.24 100,388.20

September, Oktober en November se spesiale koevertinsameling gaan vir TIENDEMAAND-DANKOFFERS vir ons drie gestuurde

uitdagings.

Page 4: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

NUWE BANKBESONDERHEDE

Rekeningnaam: NG KERK UNIVERSITAS WES Bank: NEDBANK Rekeningnr: 1187847283 Takkode: 198765 Maak asb seker u gebruik die nuwe bankbesonderhede vir enige inbetalings

Indien jy nog nie die Kandelaar weekliks in

jou e-pos ontvang nie, of jou e-pos adres het dalk

verander, stuur asb ʼn e-pos aan

[email protected].

KLEUTERKERK

Al ons kleutermaatjies (ouderdom 2 tot 5 jaar), word uitgenooi om saam te kom kuier by ons eie Kleuterkerk. Nadat Hannes tydens die Erediens die kindermoment afgehandel het, kan die kleuters saam met Marietjie Daffue uit beweeg.

GEMEENTE-FOTO:

Ons wil graag ‘n gemeente-foto neem vir ons kalender van volgende jaar. Dit sal na afloop van die erdiens gebeur en die datum vir die groot geleentheid is:

Rooikerk: 3 November

Onthou jul mooiste glimlag (en “lipstiek”, “brilkriem”, “gel” of wat ookal nodig is…)

“Smile!!”

Page 5: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Gebedsbediening

“Geloof is vertroue in God en sy optrede in my lewe. Die heerlikste vrug van Chris-telike geloof is die sekerheid van God se lewende teenwoordigheid en die wete dat Hy jou onvoorwaardelik liefhet. Hiermee val alles wat in jou lewe gebeur, sinvol in sy regte plek en leef jy as oorwinnaar.”

Solly Ozrovech

Rooikerk-Dagboek Oktober en November 2019

27 Oktober 10de maand Dankofferinsameling

Hervormingsondag

1 November Diensgroepe se verslae moet ingedien wees.

3 November Nagmaal

10 November 19:15 Leiersbyeenkoms

17 November 09:00 Roepingsfees 18:00 Kerssangfees

24 November Leiersbevestiging

Preekwerkgroep - Maandae om 18:30. Spiritualiteitskursus I - Maandae om 17:30

Jakobregop- en Afrikanersaadjies:

Indien jy dalkies van bogenoemde blom-saad geoes het en vir Ernst kan skenk vir die Gedenktuin, sal dit baie waardeer word!

Page 6: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Taakspan: Vrouebediening NGKVS: ‘n Spesiale bederf-projek

Die nood is groot weens die erge droogtetoestande en verskeie aksies word reeds geloods en droogtehulp aangebied vir boere in hierdie gebiede. Die Taakspan: Vrouebediening van Sinode Vrystaat het ‘n inisiatief geloots om vir die boervroue in die Noord-Kaap bederf-skoenbokse op te maak om hulle ook spesiaal te laat voel. Hulle wil die vroue sodoende ondersteun en bederf, aangesien hulle eie welstand nie iets is wat meer aandag geniet nie. Die inhoud van ’n bederfpakkie vir ongeveer R250 moet binne in ’n skoenboks pas. Dit kan verskeie items insluit, waarvan die volgende goeie riglyne is:

Een of twee pare nuwe sokkies, lipstiffie, maskara, of ‘n mooi serpie

Hande/lyfroom, aanrol/deodorant

Haarsjampoe en opknapper, tissues, tandepasta, tandeborsel, Vaseline

Body wash, koekies seep, waslappe, skeermessies

Tydskrif, geestelike dagboek, penne en potlode Pleisters, Panado’s, watte

Jellie- of suiglekkers, suiker, tee en koffie (cuppuchino stokkies), koekies (moet net nie saam met seep verpak nie, draai afsonderlik toe)

Kombuisvadoek/afdroogdoek

Vuurhoutjies

Sit ook gerus ’n bemoedigende briefie daarby, met jou naam (as jy wil) én ’n teksvers en draai dit mooi toe. Sommige persone draai hul bokse met koerant- of bruinpapier toe en sit ‘n mooi strik om.

Bederf-bokse of pakkies moet die Sinodale Kantoor vóór Vrydag 15 November 2019 bereik, waarna dit betyds vir Kersfees na dorpe in die Noord-Kaap versprei sal word. Dit kan by Thea Bosman by die Sinodale Kantoor in Bloemfontein, te Van Heerdenweg 20, Wilgehof, besorg word - die kantoor is langs Engo (Westerbloem, ens) se hoofingang geleë, k/u Ma-Vr 08:00-16:00). Vir meer inligting, kontak gerus vir Béneli Pretorius (voorsitter Vrouebediening), op 082 648 0653, of stuur e-pos aan [email protected]

Jy kan dit ook by Striata of die Rooikerk afgee.

Page 7: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Streek Latyns-Amerika

Leier President Enrique Pena Nieto Bevolking 130 759 000

Christen 96% Meederheidsgeloof Christen (Rooms-Katoliek)

Regering Federale Republiek Ranglysposisie 39

Punte 61 Vorige Ranglysposisie 39

Vorige Punte 59 Georganiseerde misdaad en korrupsie speel ʼn groot rol in die vervolging van Christene in Mexiko. Kriminele bendes en inheemse gemeenskappe is verantwoordelik vir aanvalle, boetes, isolering en die gevangeneskap van gelowiges. In sommige gevalle, binne inheemse gemeenskappe, word Christene weerhou van basiese maatskaplike dienste insluitend water, elektrisiteit en onderrig. Om uitgesproke te wees teen die dwelmhandel kan teistering en selfs die dood beteken.

Bid: Vir krag en waagmoed vir kerkleiers wat dikwels uitgesonder word vir aanvalle en vervolging.

#39 Mexico

Page 8: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

SELFDE GESLAG VERHOUDING EN DIE ALGEMENE SINODE 2019

By die Algemene Sinode sitting van 2019 is besluit dat elke gemeen-te self kan besin oor selfde geslag verhoudings. Die Rooikerk en Stri-ata het reeds in 2016-2017 ‘n taakspan bymekaargeroep om daaroor leiding te kry. Die taakspan het dit deuglik ondersoek en ‘n verslag opgestel. Hieronder volg die aanbeveling uit die verslag wat deur die leiersraad goedgekeur is. Die volledige verslag is by die kerkkantoor beskikbaar.

AANBEVELING

Die taakspan is van mening dat konsensus oor hierdie saak nie mak-lik bereik gaan word nie. Die emosies betrokke by die verskillende opinies het die potensiaal om enige geloofsgemeenskap baie skade aan te doen.

Die kosbare lesse wat die Here ons binne die taakspan geleer het, was dat ons nie al die antwoorde het nie, dat ons radikaal van me-kaar verskil, maar dat ons liefde vir God ons verenig tot ʼn veilige ruimte waarin ons mekaar leer respekteer en liefhê ten spyte van radikale verskille. Om deel te wees van die taakspan was ʼn besonde-re ervaring met indiensopleiding van die uitlewing van God se liefde teenoor mekaar.

Die taakspan beveel die volgende aan:

Dat die gemeentelede van NG Gemeente Universitas-Wes en Stri-ata vashou aan die waardes van die gemeente, met die klem op die volgende:

Skep veilige vertrouensruimtes vir alle lidmate ongeag ras, ge-slag, seksuele oriëntasie of gestremdheid.

Aanvaar alle mense as God se geskenke ongeag ras, geslag, sek-suele oriëntasie of gestremdheid.

Beoefen Godsvrae.

Ontwikkel ʼn luisterkultuur wat vanuit ʼn gesindheid van “ek weet nie alles nie” na ander mense se seerkry verhale kan luister son-der veroordeling.

Page 9: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Aanvaar alle lidmate as deelnemers aan die geloofsreis ongeag ras, geslag seksuele oriëntasie of gestremdheid.

Koester ʼn Koningkryksvisie wat groter is as ras, geslag, seksuele oriëntasie of gestremdheid

Dat die leiersraad sterk en daadwerklike leiding sal gee sodat alle mense welkom sal voel in die veilige ruimte van ʼn gemeente waarin God se liefde die kern is

Dat daar ernstige gesprek geleenthede geskep moet word om te besin wat verantwoordelike skrifinterpretasie behels en wat skrif-gesag beteken.

Dat die gemeente ook blootgestel moet word aan die verskillende verhale en perspektiewe aangaande homoseksualiteit.

Die Kerkkantoor beskik oor ʼn

ou fotostaatmasjien.

Jy kan ʼn aanbod maak.

doen dit asb skriftelik en gee

af by die Kerkkantoor.

Page 10: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Vandag: 27 Oktober 2019

Vanoggend se erediens word gelei ds. Jacques Van Zyl

Die wonder van gebed

Ons gebede word nie net beantwoord as ons kry wat ons gevra het nie, maar ook as ons uitgedaag word om te wees wat ons kan wees. Morris Alders

Al kry ons nie alles wat ons wil hê nie, kan ons steeds dankbaar wees dat ons nie alles kry wat ons verdien nie. Anoniem

Bid asseblief vir Grace Serfontein en Lorina Marais

Progam vir die week

Dinsdag: Bybelstudie 10:00 in die saal. Almal is welkom. Kom ervaar God se teenwoordigheid wanneer ons na God en mekaar

luister. God werk met ons uit Johannes 4. Moet dit nie mis nie!

“As dit nie vir die Here was nie!/?“

Page 11: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

11 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

GELUK MET JOU VERJAARSDAG

By ’n huweliksherdenking sê ons dankie vir die lewensmaat waarmee die Here ons geseën het. Wanneer ’n baba gedoop word dink ons terug aan God se trou. God is die God van geslagte wat homself onvoorwaardelik aan ons verbind. Hy is die God van die verbond! Met ‘’n verjaarsdag vier ons fees en herdenk ons ‘’n baie spesiale dag. ‘’n Dag waarop die Almagtige die wêreld geseën het toe ‘’n nuwe fase in Sy plan vir die wêreld in werking getree het. Ja, met jou geboorte het God die trajek van die wêreld verander! Jou hierwees is ʼn stuk bederf. Deur jou aan ons te leen het God ons geseën. Jou gesin, die geloofsgemeenskap waaraan jy deel het, vriende, die omgewing waarin jy geleef en gewerk het, Striata, personeel, versorgers ens, ens, ens …. Niks sou dieselfde gewees het sonder jou nie! Jy is, was en sal deel wees van God se reddingsplan vir hierdie wêreld! Kom ons dank die Here en vier saam fees! Mooi jaar vir jou in God se liefdevolle teenwoordigheid.

27 Oktober Sannie Oosthuizen 28 Oktober Ann Delaharp 29 Oktober Annatjie Jordaan 30 Oktober Cora Ludick 2 November Breggie de Lange

Lees ook op bl 2 (Rooikerk se aanddiens

vanaf Desember) en die finansies word op

bl 3 bespreek.

Page 12: ROOIKERK-EREDIENSTE 2019 WELKOMrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Kandelaar-27-Oktober-20… · BIDDAG VIR REËN SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die kook van sop,

12 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Paar los gedagtes rondom die tema

Kyk na die aarde om van dankbaarheid te leer: die werk en aandag wat die mens daaraan bestee, word altyd met tienvoudige dankbaarheid in vrug terugbetaal. Jim Braude

Dankbaarheid is iets waarvan niemand te veel kan gee nie. AJ Cronin 1896-1981

Ek herinner myself elke dag daaraan dat my lewe en werk berus op die arbeid van ander mense, die wat nou lewe en die wat reeds gesterf het, en dat ek my daarom moet inspan om iets aan die wêreld terug te gee in dieselfde maat waarin aan my gegee is. Ek probeer ook onthou dat ek nog steeds elke dag nuwe seëninge ontvang. Albert Einstein 1879-1955

Mag ons leer om dankbaar te wees vir wat ons het, voordat die tyd ons dwing om dankie te sê vir wat ons gehad het. William Law 1688-1761

Niemand is te groot om dankie te sê nie, maar party is te klein. Laurence Peter

Dankbaarheid is grond waarin trots nie maklik groei nie. Arthur M Ramsey

Ek het geleer om nie net voor etes die seën te vra nie, maar ook voor ʼn musiekvertoning of toneelstuk, voor ek ʼn boek begin lees, voor ek iets skilder, of sport doen, of gaan stap, dans of speel, en veral voordat ek my pen in die ink doop om iets te skrywe. GK

Chesterton 1874-1936