15
Romeine 15:4 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.

Romeine 15:4

  • Upload
    mac

  • View
    50

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe , sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê. Romeine 15:4. A. Salwing - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Romeine 15:4

Romeine 15:4

Want alles wat tevore geskrywe is,is tot ons lering tevore geskrywe,

sodat ons deur lydsaamheiden bemoediging van die Skrifte

hoop kan hê.

Page 2: Romeine 15:4
Page 3: Romeine 15:4

1 Samuel 9:27 - 10:1

A. Salwing

Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan - en hy het verder gegaan - maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor. En Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het Jahwe jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie?

Page 4: Romeine 15:4

1 Samuel 10:2-6

B. Drie tekens•Die esels is gevind. Jou vader is besorg en vra: Wat kan ek vir my seun doen?•En hulle sal jou twee brode gee; dit moet jy aanneem.•Die Gees van Jahwe sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ’n ander mens verander word.

Page 5: Romeine 15:4

1 Samuel 10:7-8

C. Wat om te doen

En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou.En jy moet voor my uit na Gilgal afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers te offer, om dankoffers te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen.

Page 6: Romeine 15:4

1 Samuel 10:9

D. Kern (hart) van die storie

En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom.

Page 7: Romeine 15:4

’n Ander hart5 Mei 2013

Page 8: Romeine 15:4

Vrae

•Kan so ’n verandering ongedaan gemaak word?•Hoekom is die regte hart nodig?•Hoe bewaar ek my hart?•Kan iemand self sy hart verander?

Page 9: Romeine 15:4

1 Samuel 28:5-7 Toe Saul die leër van die Filistyne sien, het hy bevrees geword, en sy hart het baie gebewe. En Saul het Jahwe geraadpleeg, maar Jahwe het hom nie geantwoord nie - nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie. En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ’n vrou wat ’n dodebesweerster is, dat ek … haar raadpleeg.

1 Konings 11:4 En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan...

Page 10: Romeine 15:4

Spreuke 4:21 ... bewaar [my woorde] binne-in jou hart. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ’n genesing vir hulle hele liggaam. Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Jakobus 5:8 ... versterk julle harte, want die wederkoms van die Heer is naby.

Hebreërs 3:12 Sorg ... dat daar nie miskien in een van julle ’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.

Page 11: Romeine 15:4

Esegiël 36:25-27 Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip [harde hart] uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste [die sagte hart] gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.

Page 12: Romeine 15:4

Jeremia 17:7-10 Geseënd is die man wat op Jahwe vertrou... Want hy sal wees soos ’n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ’n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie. Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Ek, Jahwe, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.

Page 13: Romeine 15:4

Filippense 4:6-7 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God [dus: vertrou op Jahwe]. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne [“minds”] bewaar in Die Gesalfde Jahsua.

Page 14: Romeine 15:4

Psalm 51:12 Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees.

Psalm 119:36 Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.

Psa 139:23-14 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

Page 15: Romeine 15:4

Amen