198
TEORIE KONSEPTE rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE

rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

  • Upload
    others

  • View
    29

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

TEORIE KONSEPTE

rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE

Page 2: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

II

KOPIEREG Die inligting in hierdie boekie moet aangevul word deur die handboek en die konsepte in die eksamenriglyne.

Alhoewel alle poging aangewend is om te verseker dat die inligting wat in hierdie werk gepubliseer word, akkuraat is, aanvaar

die ontwikkelaars geen verantwoordelikheid vir enige verlies of skade wat enige persoon ly as gevolg van die afhanklikheid van

die inligting daarin vervat nie.

Enige weglatings en foute moet aan [email protected] gerapporteer word.

ERKENNING Eerste uitgawe April 2018

Koördineerder, sameroeper, moderator, redakteur: Fotiene Avrakotos

Medewerkers

Amelia Herbst-Smit-Victory House, Annah Swethane-Esselen Park School of Excellence, Anna-Marie Snyman-Hoërskool Eldoraigne, Asma Moosa-Central Islamic School, Carika Kahl-Abbotts College Centurion, Carmenn Schutte-Midrand High School, Cheryl Holder-Hope School, Christel Venter-Allen Glen High School, Claire Smuts-Randburg High School, Cobus Matthee-Balmoral College, Daleen De Beer-Hoërskool Hercules, Edmund Amoako-Curro Academy Shoshanguve, Edwin Tepanyeka-Hoërskool Voortrekkerhoogte, Elmarie Labuschagne-General Smuts High School, Elmarie Rossouw-Muriel Brand School, Elme Ribeiro-Hoërskool Eldoraigne, Erin Adlam-Sutherland High School, Erline Jordaan-Destinata, Fayeez Rassack-Drakensberg Secondary School, Gaopalelwe Rantithong -Hillview Secondary School, Gretha van der Merwe-Afrikaans Hoër Meisies Pretoria, Hannetjie Furstenburg-Hoërskool Bastion, Jason Bosman-Sutherland High School, Jonathan Linde-Brandcliff House, Linda Jacobs-Afrikaans Hoër Germiston, Lizelle Doble-Hoërskool Oosterlig, Marissa Pretorius-Riverside High School, Mark van Tonder-Suiderlig High School, Marlize McKechnie-Sunward Park High School, Natalie Fisher-Bracken High School, Noelene du Toit-Northcliff High School, Retha van Niekerk-Benoni High School, Rina Troskie-Hoërskool Noordheuwel, Rose Krugess-Benoni High School, Sam Matiza-Radley Private School, Samantha Slatter-Sparrows Private School, Sebe Myeni-Brakpan High School, Stanley le Fleur-Hoërskool Silverton, Tanya du Toit-Ekurhuleni South District, Tanya Pretorius-Suncrest High School, Tapiwa Makamure-Curro Academy Shoshanguve, Telana Vorster-Hoërskool Voortrekker, Yolandi Engelbrecht -Tuine High School Gauteng provinsiale koördineerder en vakadviseurs

Page 3: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

III

INHOUDSOPGAWE

STELSELTEGNOLOGIEË 1

KONSEPTE VAN REKENARISERING 1 1. Kategorieë gebruikers: Persoonlike Rekenaargebruiker of Eindgebruiker 1 2. Kategorieë gebruikers: Klein Kantoor Tuis Kantoor – KKTK 3 3. Kategorieë gebruikers: Supergebruiker/Kraggebruiker 4 4. Kategorieë gebruikers: Mobiele Gebruiker 5 5. Intree-vlak rekenaars 6 6. Stoor (berging) 7

HARDEWARE 10 7. Biometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 12. Resolusie en beeldkwaliteit 19 13. Raakskerm 21 14. USB en Inprop-en-Speel ('Plug and Play') 23

SAGTEWARE 25 15. Dokumentbestuursagteware 25 16. E-pos sagteware 27 17. Gratissagteware ('Freeware') 30 18. Sleutelvaslegging ('Key logging') 31 19. Sleutelvasleggingssagteware 33 20. Lisensiëring en die lisensiëringsooreenkomste insluitend eindgebruiker, terreinlisensie en 'creative

commons' 35 21. OKH ('OCR') 36 22. Aanlyn-/Webtoepassings 38 23. Oopbronsagteware ('Open Source Software') (OSS) 40 24. Eiendomsregtelike-sagteware 41 25. Verwysings-/Opvoedkundige sagteware 42 26. Risiko tydens die gebruik van foutiewe sagteware 44 27. Deelware ('Shareware') 45 28. Weergawes (Opdateringssagteware), Regstellings en Dienspakkette 46 29. Stemherkenning ook genoem spraakherkenning 49 30. Webdeurblaaiers 50 31. Webgebaseerde toepassings teenoor geïnstalleerde toepassings 53

REKENAARBESTUUR 55 32. Rugsteun 55 33. Kasberging ('Caching') 56 34. Versoenbaarheidsprobleme ('Compatibility issues') 57 35. Defragmentasie, skyfskandering en skyfskoonmaak 59 36. Drywers 61 37. Multitaakverwerking 62 38. Skedulering 63 39. Sekuriteitskenmerke soos die beheer van spioenware, toegangsbeheer, advertensieware en netskans

('firewall') 64

Page 4: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

IV

40. Tussentydse databuffering ('Spooling') 66 41. Nutsprogram 68

TOEGANKLIKHEID 69 42. Toeganklikheid vir gestremdes 69 43. Sagteware vir fisiese gestremde mense 71

NETWERK TEGNOLOGIEË 72

1. Kabellose toegangspuntdekking 72 2. Breëband en Bandwydte 74 3. Kommunikasie toestelle: Slimfone en ander persoonlike mobiele toestelle 75 4. Data oordragspoed 76 5. Digitale kommunikasie 77 6. Ruitnetrekenarisering (Grid computing) 79 7. Internetdiensverskaffer (IDV), Internetdienste 80 8. Netwerk toestel: Modem, roeteerder en skakeltoestel ('switch') 81 9. Intydse boodskappe ('Real-Time messaging') – Kitsboodskappe (IM) en Klets ('Chat') 83 10. Tipes konneksies, bv. ADSL, draadlose tegnologie 85 11. Draadloos/kabelloos vs Gekabelde konneksies 92

INTERNET TEGNOLOGIEË 94

1. Blok van webtuistes 94 2. Blogs/Vlogs 96 3. Bluetooth 98 4. Boekmerk 99 5. Deurblaaier-inpropprogram 101 6. Limiet/Plafon ('CAP'), bondel 102 7. Kletskamers 103 8. Wolkverwerking 105 9. Aflaai/Oplaai (Download/Upload) 106 10. Lêerdeling 108 11. FTP (Lêeroordragprotokol) 110 12. Regerings-Internetdienste en inligting soos belastingopgawes, betaling van TV-lisensie en

verkiesingsinligting 112 13. GPS (Globale posisioneringstelsel) 114 14. Geskiedenis en Gunstelinge ('History' en 'Favourites') 116 15. Tuisblad instellings 118 16. Potgooi ('Podcast')/Videosending ('Vodcast') 120 17. Opwipvenster-blokker ('Pop-up blocker') 121 18. RSS Voere 122 19. Soekenjins 123 20. Sosiale netwerke 125 21. Videokonferensie 127 22. SoIP/VOIP (Stem-oor-internet-Protokol) 129 23. Wi-Fi-warmkolle ('hotspots') 131 24. Wiki's 132 25. Wi-Max 133

SOSIALE IMPLIKASIES 135

IMPAK OP DIE SAMELEWING 135 1. Toepaslike kommunikasie etiket 135

Page 5: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

V

2. Kunsmatige Intelligensie (AI) 136 3. Databeskerming 139 4. Verspreide rekenaarkrag 140 5. Invloed en gebruik van sosiale netwerke en tegnologie 142 6. Inligtingsoorlading 144 7. Sagtewarefoute 145 8. Telependel/Telewerk ('Telecommuting') 146

WETLIKE- ETIESE- EN SEKURITEITSKWESSIES 148 9. Advertensieware ('Adware') 148 10. Voorkom sekuriteitsbedreigings 149 11. Rekenaarmisdaad wat te doen het met hardeware, sagteware, inligting, identiteit, bandwydte diefstal

of diefstal van tyd en dienste 150 12. Kuber-/Rekenaarbedrog 152 13. Kuberaanvalle ('Cyber Attacks') 154 14. DDoS aanval (Distributed Denial-of-Service attack) 155 15. E-pos flousery ('E-mail spoofing') 156 16. Valse nuus ('Fake news') 157 17. Netskans ('Netskans') 159 18. Gekskeerdery ('Hoax') 161 19. Internet aanvalle (kuberaanvalle) 162 20. Internetverwante bedrog ('scams') 163 21. Kwaadwillige sagteware ('Malware') 164 22. Misbruik van persoonlike inligting 165 23. Skimkaping ('Pharming') 168 24. Uitvissing ('Phishing') 169 25. Opwipvensters ('Pop-ups') 170 26. Reg van toegang 172 27. Reg tot privaatheid 173 28. Beskerming teen kriminele, virusse en bedreigings 175 29. Sosiale manipuleringstoertjies 179 30. Gemorspos ('Spam') 180 31. Spioenware ('Spyware') 181 32. Oorneem van PC's, bv. botnets, bots, zombies 182 33. Trojaanse perd 184 34. Virusse 186 35. Wurms 188

GESONDHEIDS- EN ERGONOMIESE KWESSIES 189 36. Ergonomiese oorwegings 189 37. Gebruiker-gesentreerde ontwerp ('User-centred design (UCD)) 190

OMGEWINGSKWESSIES 191 38. Omgewingskwessies 191

INDEKS 192

Page 6: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

1 | B l a d s y

STELSELTEGNOLOGIEË

KONSEPTE VAN REKENARISERING

1. KATEGORIEË GEBRUIKERS: PERSOONLIKE REKENAARGEBRUIKER OF EINDGEBRUIKER Beskrywing – Wat dit is

Die gebruiker maak gebruik van 'n persoonlike rekenaar om take van 'n persoonlike aard, wat nie 'n groot hoeveelheid verwerkings-krag vereis nie, uit te voer. (Anon., 1999) Eindgebruikers beskik gewoonlik nie oor gevorderde rekenaarvaardighede nie en het net ten doel om spesifieke sagteware toepassings te gebruik. Eindgebruikers is mense wat rekenaartoestelle gebruik vir persoonlike doeleindes en maak dikwels gebruik van MS Office of mobiele toepassingsagteware.

Voordele Onderwys: Persoonlike rekenaartoestelle help met navorsing vir skool, werk of persoonlike behoeftes. o Persoonlike rekenaars by skole help studente om kennis te

verwerf. o By die werk kan gebruikers hulle dag-tot-dag take enige

tyd van die dag en van enige plek af, bestuur. o By die huis het persoonlike gebruikers die vermoë om take

te voltooi, te leer om rekenaartoepassings te gebruik en om kennis te verwerf deur die internet.

Vermaak: Toepassings soos Google Play, aanlynspeletjies, videos en musiek laat die persoonlike gebruiker toe om pret te hê en vermaak te word met behulp van hulle toestelle.

Kommunikasie: As gevolg van konvergensie word gebruikers in staat gestel om oproepe deur die internet te maak en te ontvang met behulp van toepassings soos WhatsApp en Skype. o Persoonlike rekenaartoestelle kan gesinchroniseer word

sodat dieselfde inligting op alle toestelle, bv. slimfoon, tablet en skootrekenaar gestoor kan word.

o Persoonlike gebruikers is ook in staat om via 'n internetverbinding direk toegang te kry tot e-posse, dokumente of video-gesprekke, of dit met ander te deel (Kirk, 2018).

Nadele Verbeterde kommunikasie: Die gebruiker kan oorval word deur e-posse, stemboodskappe of kitsboodskappe ('instant messages') as gevolg van konstante konneksie via mobiele toestelle. Dikwels word belangrike kommunikasie dan misgekyk.

Inligtingsoorlading ('Information overload'): Mobiele gebruikers het direkte toegang tot groot hoeveelhede inligting

Page 7: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

2 | B l a d s y

via mobiele toestelle, wat kan veroorsaak dat die gebruiker ly aan inligtingsoorlading of onakkurate inligting kry.

Gesondheidsrisiko's: Mobiele gebruikers kan ly aan RSI ('Repetitive Strain Injury'), karpale tonnelsindroom, seer gewrigte, nek- en rugpyn, stremming op die oë en hoofpyne as gevolg van langdurige gebruik van die toestel.

Verslawing: Speletjies ('Gaming'), verhoudings in die kuberruimte, aanlyn dobbel, pornografie en internetverslawing kan die gevolg wees van aanhoudende toegang tot die toestel (Kanobi, 2018).

Werkloosheid: Die toenemende gebruik van rekenaartoestelle het tot gevolg dat minder werknemers benodig word om sekere take te voltooi, aangesien die persoonlike gebruiker tussen die takke van die besigheid kan reis/pendel om hierdie take af te handel. In die verlede sou die takke verskillende individue gebruik het om dieselfde take te voltooi.

Verlies aan produktiwiteit: Konstante konnektiwiteit kan veroorsaak dat gebruikers meer op hulle toestelle fokus om bv. te sosialiseer in plaas daarvan om hulle aandag toe te spits op hulle dagtaak.

Verminderde datasekuriteit: As gevolg van wolkverwerking en wolkberging, is data meer geredelik beskikbaar en kan gevolglik makliker gesteel of gedupliseer word. (Khan, 2018)

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Onderwys: Baie skole het weg beweeg van die tradisionele handboek alleen en stel sodoende die leerders in staat om meer kennis op te doen via internettoegang en ander digitale hulpbronne.

Vermaak: Persoonlike gebruikers kan ook intyds TV kyk op hulle toestelle deur toepassings soos 'DSTV now'.

Kommunikasie: Persoonlike gebruikers het die vermoë om voortdurend te kommunikeer sonder om deur grense beïnvloed te word. Meeste van hierdie gebruikers se toestelle het een of ander kommunikatiewe konneksie, sodat e-posse, Skype, kitsboodskappe en selfs gewone telefoonoproepe kan plaasvind.(Kirk, 2018).

Page 8: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

3 | B l a d s y

2. KATEGORIEË GEBRUIKERS: KLEIN KANTOOR TUIS KANTOOR – KKTK Beskrywing – Wat dit is

KKTK/SOHO is die akroniem vir 'n 'Klein Kantoor Tuis Kantoor' ('Small Office Home Office')-gebruiker. Hierdie gebruikers sluit klein en medium tot groot organisasies wat vanuit 'n klein gebou of huis werk in en waar van een tot tien individue die besigheid bedryf. Hierdie soort gebruikers het toegeneem namate die gebruik van wolktoepassings, mobiele toestelle en telependel meer effektief aangewend word.(Ward, 2016).

Voordele Minder rondreis: KKTK-gebruikers werk meestal van hulle huise af.

Meer gesinstyd: Huiskantore stel die werknemer vry om meer dikwels aan persoonlike verpligtinge aandag te gee.

Verminder stres en afleiding: KKTK-werkers ervaar nie die konstante druk om tred te hou met kollegas nie en hulle aandag word ook nie deur baie mense wat in dieselfde kantoor werk afgelei nie.

Verhoogde gerief: Die werksomgewing maak voorsiening vir gemaklike kleredrag reëls en 'n meer ontspanne werksomgewing, bv. die werknemer kan slaapklere dra en na musiek luister gedurende werksure.

Onafhanklikheid: Aangesien meeste KKTK-gebruikers hulle eie baas is, kan hulle elke dag inrig en beplan volgens hulle eie behoeftes.

Verbeterde welstand: KKTK-gebruikers kan hulle werk/sosiale/persoonlike lewe balanseer soos dit hulle pas en sodoende 'n gesonde, gebalanseerde lewe lei. (Ward, 2016).

Nadele Gebrek aan werkverwante toewyding: KKTK gebruikers moet 'n baie sterk werksetiek kan handhaaf, aangesien daar van hulle verwag word om werksverwante take op hulle eie af te handel.

Geen vasgestelde werksure nie: Die buigsame aard van hierdie werksomgewing maak dit dikwels moeilik om 'n vasgestelde werkskedule te volg.

Baie afleiding: Gesins- en persoonlike lewe lei dikwels hierdie gebruikers se aandag van hulle werk af (Uwe, 2012).

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

KKTK gebruikers word saamgestel uit baie verskillende tipes gebruikers soos prokureurs, boekhouers, entrepreneurs, toeragente, verkoopsverteenwoordigers en konsultante vir groot besighede. Die aantal KKTK's is gedurig aan die toeneem, omdat baie organisasies die finansiële voordeel van telependelaars as werknemers besef. (Ward, 2016).

Page 9: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

4 | B l a d s y

3. KATEGORIEË GEBRUIKERS: SUPERGEBRUIKER/KRAGGEBRUIKER Beskrywing – Wat dit is

Supergebruikers staan ook bekend as kraggebruiker ('power users'). Hierdie gebruikers is tipies stelseladministrateurs in 'n rekenaarnetwerk. (Anon., 2018). Hierdie gebruikers vereis gespesialiseerde hardeware en sagteware wat nie algemeen deur eindgebruikers ('personal users') aangewend word nie. Nie alle kraggebruikers benodig egter uitgebreide tegniese kennis van die rekenaarstelsel of programmering nie, maar is meer aktief betrokke by die optimale benutting van die stelsel – baie keer omdat die sagteware wat hulle gebruik, sulke intensiewe stelselvereistes het. (Anon., 2018)

Voordele Stelselsekuriteit: Alle netwerkgebaseerde sekuriteitstelsels word deur die kraggebruiker/supergebruiker bestuur.

Stelselbestuur: Stelselbeleid word deur die administrateur opgestel en in stand gehou.

Opleiding: 'n Supergebruiker kan basiese opleiding in stelsel gebruik aanbied.

'Go-to IT': 'n Kraggebruiker kan hulp verleen met basiese IT-ondersteuning in 'n organisasie, bv. die opstel van Wi-Fi of 'n konneksie na 'n drukker. (McNeive, 2009)

Nadele Hoë sekuriteitsvlak

Nie maklik deur enige iemand gedoen nie

Vereis hooggekwalifiseerde arbeid

Benodig duur toestelle

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Super-/kraggebruikers is dikwels sagteware ontwerpers, netwerk administrateurs, grafiese ontwerpers, 'gamers', animeerders en klank ingenieurs ('audio mixers') wat toestelle met hoë verwerkingsvermoëns vereis. (Anon., 2018).

Page 10: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

5 | B l a d s y

4. KATEGORIEË GEBRUIKERS: MOBIELE GEBRUIKER Beskrywing – Wat dit is

Die mobiele gebruiker is enige iemand wat 'n mobiele toestel gebruik vir 'aan-die-beweeg'-toepassings. Hierdie gebruikers is in staat om enige plek toegang tot inligting te kry, solank daar internet toegang soos Wi-Fi, mobiele netwerke of 'hotspots' beskikbaar is.(Bucki, 2017).

Voordele Altyd-aan mobiele netwerke

Buigbaarheid ten opsigte van werkspasie

Verhoogde produktiwiteit

Maklike toegang tot dienste soos bankdienste

Konvergensie

Alles-in-een toestelle

Aanpassing om mobiele toepassings te gebruik, is nodig

internet via Wi-Fi en warmkol ('hotspot')

Wolkbergingsvermoëns (Anon., 2018)

Nadele Koste: Die nuutste tegnologie vereis baie groot finansiële uitgawes.

'Altyd-aan': Mag veroorsaak dat die gebruiker se aandag afgelei word van verantwoordelikhede by die werksplek en dat daardie take nie voltooi word nie

Wangebruik van hulpbronne: Omdat werknemers toegang het tot die maatskappy se netwerkverbindings, kan dit daartoe lei dat hierdie hulpbron vir persoonlike sake eerder as vir werk misbruik word.

Gedurige opleiding in tegnologie: Die altyd-veranderende tegnologie bring mee dat werknemers gedurig opgelei moet word om die nuutste weergawes van die tegnologie te kan gebruik.

Meer sekuriteit word benodig: Hoe meer persone op die netwerk is, hoe groter word die risiko dat die besigheid oop is vir sekuriteitsbedreigings soos inbrake ('hacking') en virusse. (Anon., 2018).

Nie ergonomies ontwerp: Gevolglike gesondheidsrisiko's soos RSI ('repetitive strain injury') en pyn in die gewrigte. (Anon., 2018).

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Mobiele gebruikers word gesien as enigeen wat mobiele toestelle soos skootrekenaars, slimfone, tablette en enige ander drabare rekenaartoestelle bv. Apple Watch, gebruik. Die mobiele toestel dui daarop dat die gebruiker in staat is om toegang tot data en inligting van enige plek, enige tyd kan verkry. Dus is 'inligting-aan-die-beweeg' moontlik.

Page 11: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

6 | B l a d s y

5. INTREE-VLAK REKENAARS Beskrywing – Wat dit is

Hierdie modelle is die goedkoopste om in hul reeks te koop, aangesien hulle redelik lae hardeware spesifikasies het.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die rekenaar het lae verwerkingskrag so dit word net gebruik vir basiese take.

Voordele

Nie duur om aan te skaf nie.

Het genoeg verwerkingskrag om die basiese take toe doen sonder om te hang.

Nadele

Lae verwerkingskrag.

Kort lewensduur.

Dit kom uit met 'n vooraf geïnstalleerde weergawe van die bedryfstelsel, as 'n professionele weergawe nodig is, moet dit gekoop word.

Sagteware is nie altyd saam geïnstalleer nie.

Beperkings

Die spesifikasies van hierdie stelsels verander oor tyd, dus sal 'n huidige top-vlak rekenaarstelsel oor 'n paar jaar as 'n intree-vlak stelsel beskou word.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Hierdie intreevlak-toestelle kan gebruik word vir basiese take in die alledaagse lewe. Hulle is goedkoop om te koop.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Kan gebruik word wanneer 'n nuwe vaardigheid op die rekenaar aangeleer word.

Kan gebruik word om basiese administratiewe take te doen.

Kan gebruik word om die internet deur te blaai.

Page 12: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

7 | B l a d s y

6. STOOR (BERGING) Beskrywing – Wat dit is

Stoor is 'n proses waardeur data op enige stoortoestel gestoor word. Stoor stel 'n rekenaar of toestel in staat om data, tydelik of permanent, te behou.

Kapasiteit Die kleinste stooreenheid is 'n greep ('byte'). 1024 B = 1 KB 1024 KB = 1 MB 1024 MB = 1 GB 1024 GB = 1 TB Hardeskyf: 250 GB – 12 TB Eksterne hardeskyf: 128 GB – 8 TB Flitsskyf: 1 GB – 256 GB CD: 700 MB DVD: 4.7 GB of dual-layered 8.5 GB Blu-ray: 25 GB of dual-layered 50 GB Geheuekaart: 1 GB – 256 GB

Onbestendigheid Die toestand wanneer stoor verlore raak wanneer elektrisiteit afgeskakel word.

Tipe stoor Primêre stoor of geheue: Die SVE kommunikeer direk met die primêre bergingsarea (ETG ('RAM')) om toegang tot data te verkry wat verwerk gaan word. Dit is onbestendige geheue (tydelik). Sekondêre stoor: Verwys na bestendige stoortoestelle, soos hardeskywe, optiese media, flitsskywe.

Stoortoestelle Hardeskyf (HDD) Die hardeskyf is die hoof, en gewoonlik die grootste data bergings hardewaretoestel in 'n rekenaar. Die bedryfstelsel, sagteware en baie ander lêers word op die hardeskyf gestoor. Eksterne hardeskywe 'n Eksterne hardeskyf is 'n draagbare stoortoestel wat deur middel van 'n USB of 'n FireWire-verbinding, of draadloos aan 'n rekenaar gekoppel kan word. Eksterne hardeskywe het hoë bergingsvermoëns en word dikwels gebruik om rekenaars te rugsteun of groot lêers te stoor. Flitsskywe 'n Flitsskyf is 'n klein draagbare stoortoestel wat, in teenstelling met 'n optiese skyf of 'n tradisionele hardeskyf, geen bewegende dele het nie. Flitsskywe koppel aan rekenaars en ander toestelle via USB. CDs/DVDs Om CD's (kompakskywe) en DVD's (digitale videoskywe) te gebruik is 'n relatief goedkoop manier om data te stoor.

Page 13: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

8 | B l a d s y

Blu-ray Blu-ray Disc (BD), is die naam van 'n optiese skyfieformaat wat meer as vyf keer die stoorkapasiteit van tradisionele DVD's bied. Hierdie formaat kan hoë-definisie video (HD) opneem, herskyf en terugspeel. Geheuekaarte (sien geheuekaarte) 'n Geheuekaart is 'n elektroniese flitsgeheue stoortoestel wat gebruik word vir die stoor van digitale inligting, veral in digitale kameras en selfone.

Voordele (Computers, part of your life - Grade 12)

Hardeskyf (HDD)

Groter kapasiteit as RAM

Goedkoper per GB as RAM

Stoor data en programme Eksterne hardeskywe

Groot kapasiteit – kan groter hoeveelhede data stoor as interne hardeskywe

Draagbaarheid – klein en maklik om rond te dra

Gebruiksgemak – kan in 'n USB-poort ingeprop word en gebruik word

Hoë spoed – vinniger as optiese media

Betroubaarheid – betroubaarder as optiese media Flitsskywe

Draagbaarheid

Vinnige datatoegang

Goedkoop

Groter kapasiteit as optiese media

Deur industrie as standaard gebruik

Betroubaarheid

Gebruiksgemak (in terme van die byvoeging en verwydering van lêers)

Geen behoefte aan 'n kragbron nie CDs/DVDs/Blu-ray

Goedkoop

Draagbaar

Die industrie gebruik optiese stoor as standaard

Beperkings (Computers, part of your life - Grade 12)

Hardeskyf (HDD)

Maklik om te beskadig

Vergelykend stadig – werk op magnetiese en meganiese basis Eksterne hardeskywe

Nie fisies so klein soos 'n flitsskyf nie

Net so kwesbaar soos hardeskywe en kan maklik beskadig word omdat dit meganies en magneties is

Page 14: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

9 | B l a d s y

Flitsskywe

Maklik om te verloor

Duurder per GB as hardeskywe

Laer kapasiteit as nuwe hardeskywe

'n Beperkte lewensduur in terme van hoeveel keer data op dit gestoor kan word

CDs/DVDs/Blu-ray

Stadig

Kan maklik beskadig

Relatiewe klein kapasiteit

Nie so maklik of intuïtief om na toe te skryf soos flitsskywe nie

Sommige rekenaars soos netboekrekenaars het nie ingeboude optiese skywe nie

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Magnetiese stoor gebruik magnetiese velde om op magnetiese media te skryf en is een van die mees algemene tipes stoor wat gebruik word met rekenaars en is die tegnologie wat baie rekenaar hardeskywe gebruik. Optiese stoor, wat lasers en lig gebruik vir die lees en skryf van data. Voorbeelde van stoortoestelle wat gebruik maak van optiese berging, CD's, DVD's, Blu-ray. Flitsgeheue het magnetiese media vervang omdat dit goedkoper word aangesien dit die meer doeltreffende en betroubare oplossing is. Voorbeelde van stoortoestelle wat gebruik maak van flitsgeheue, flitsskyf, geheuekaart, SSD. Wolkberging word meer gewild omdat mense hul data van meer as een toestel en meer as een plek kan bekom.

Page 15: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

10 | B l a d s y

HARDEWARE

7. BIOMETRIESE TOEVOER Beskrywing – Wat dit is

Dit is 'n verifikasie tegniek wat gebruik word om 'n meetbare fisiese eienskap van 'n persoon te gebruik vir toegang. Dit sluit in om 'n persoon se vingerafdrukke, stemherkenning, gesigherkenning of oogskanderings te gebruik vir unieke persoonlike identifikasie.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Sekuriteitstelsels en tydhoudingstelsels gebruik 'n persoon se unieke fisiese eienskappe bv. vingerafdrukke om te bepaal of dit die korrekte persoon is wat voorgegee word. Omdat dit unieke eienskappe van 'n persoon is, is dit 'n baie veiliger metode om egtheid van 'n persoon te bepaal. Die toestel skandeer die unieke eienskap van 'n persoon en vergelyk dit met die data in die databasis. Sodra identifikasie plaasvind, word die aksie wat versoek word, uitgevoer, bv. om 'n deur oop te maak.

Voordele Dit is baie minder waarskynlik dat 'n persoon die sekuriteit van 'n biometriese stelsel kan omseil, wat die stelsel veiliger maak.

Dit is baie makliker om 'n persoon 'n biometriese stelsel te leer omdat dit makliker is om 'n biologiese komponent van 'n persoon te skandeer.

Dit is 'n vorm van verifikasie wat nie verlore kan gaan of vergeet kan word nie.

Dit verminder bedryfskostes omdat dit nie nodig is om gedurig nuwe verifikasie sleutels, ens. te koop om werknemers toegang te gee nie. Sodra die aanvanklike koste aangegaan is om die stelsel op te stel, verminder uitgawes drasties.

Nadele Indien die attribute wat gebruik word van 'n persoon, nie werk nie of beskadig is, kan 'n biometriese stelsel nie korrek werk nie.

Indien die biometriese stelsel in 'n omgewing is wat 'n invloed het op die effektiwiteit van die stelsel, sal dit nie werk nie, bv. stemherkenning in 'n raserige plek.

Die aanvanklike koste vir so 'n stelsel is baie hoog en sal nie altyd finansieel voordelig wees vir alle maatskappye nie.

Indien die stelsel foutief is of van lyn af is, kan toegang nie plaasvind nie en dit verlaag produktiwiteit.

Beperkings Dit is duur om te onderhou.

As die biometrika wat gebruik word om toegang te kry, gekopieer word of ingedring word, kan dit nie so maklik vervang word, soos wat wagwoorde kan nie. Dit hou 'n ernstige

Page 16: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

11 | B l a d s y

risiko in ten opsigte van die veiligheid of sekuriteit van die toestel.

Jy benodig spesiale hardeware of sagteware om so 'n stelsel te implementeer.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Biometriese stelsels word gebruik om sekuriteit en veiligheid te verseker. In 'n wêreld waar sekuriteit stelsels baie maklik gekraak of gebreek kan word, is hierdie sisteem baie veiliger om te gebruik aangesien so 'n sisteem nie so maklik gekraak kan word nie of gekopieer kan word nie. So 'n stelsel word gebruik om die veiligheid van 'n besigheid se inligting of databasisse te verseker. Aangesien die biometrika van elke persoon uniek is aan hom, is so 'n stelsel veiliger.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Jy kan unieke biologiese kenmerke gebruik om te bewys dat jy die reg tot toegang het, soos byvoorbeeld vingerafdrukke, gesig herkenning, DNA, hand geometrie, iris herkenning.

Word meestal gebruik om sekuriteit te verseker, om toegang toe te laat, of om die regte persoon toegang te gee tot lêers en rekenaar hardeskywe.

Page 17: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

12 | B l a d s y

8. KONVERGENSIE Beskrywing – Wat dit is

Konvergensie is die kombinasie van twee of meer tegnologieë in 'n enkele toestel. Dis om een toestel te hê wat vele funksies kan verrig.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Wanneer jy jou slimfoon gebruik om foto's te neem, gebruik jy 'n toestel wat oorspronklik bedoel was om as telefoon te dien, om foto's te neem. Jy gebruik dus een toestel om die funksionaliteit van beide 'n foon en kamera te vervang.

Voordele

Dit is koste-effektief aangesien jy een toestel kan koop en gebruik vir baie funksies.

Dit is meer effektief aangesien jy nie nodig het om 'n klomp toestelle saam met jou te dra nie, aangesien jou een toestel baie take kan verrig.

Dis gerieflik aangesien dit baie minder moeite is om een toestel rond te dra en te bemeester.

Nadele Daar is 'n hoër risiko dat jy al jou data of inligting sal verloor. Aangesien jy nou slegs een toestel gebruik om baie funksies te verrig, is al die inligting wat aan hierdie funksies gekoppel is ook aan die enkele toestel gekoppel. Dus, indien die toestel breek of gesteel word, is al jou inligting wat nie gerugsteun is nie, ook tot niet.

Jy gaan minder geheue beskikbaar hê op jou toestel aangesien daardie een toestel vir al die funksies gebruik word.

Indien jou een konvergensie toestel breek of verlore gaan, verloor jy toegang tot 'n klomp toestelle tegelyk. Een toestel word gebruik om baie dinge te doen, dus mag jy nie die funksies van baie toestelle hê as jou een konvergente toestel breek nie en herstel moet word nie.

Beperkings Die bruikbaarheid van die tegnologie is beperk tot hoe op datum die toestel is wat gebruik word.

Die funksionaliteit van die verskillende komponente is beperk tot die beskikbaarheid van elke komponent binne-in die spesifieke toestel.

Die verskillende komponente kan nie individueel opgegradeer word nie aangesien hulle beperk is tot die toestel wat gebruik word.

Page 18: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

13 | B l a d s y

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Aangesien konvergente toestelle alreeds op 'n daaglikse basis gebruik word, word meeste mense daardeur beïnvloed asook enige voordeel of beperking wat hierdie toestelle mag bied. Meeste mense verkies om eerder 'n tablet of slimfoon te gebruik as kamera of GPS in plaas daarvan om elke individuele toestel aan te koop, vir 'n enkele doel.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

'n Slimfoon wat 'n kamera, mp3-speler, GPS-sisteem, speletjies, modem, radio ens. insluit.

'n Tablet wat 'n kamera, kantoorpakket, video speler, GPS sisteem, speletjies, sosiale media toepassing ens. bevat.

Slim televisies wat toegang tot die internet het en dus video op aanvraag toelaat.

Skootrekenaars is toestelle wat dokumente kan skep, die internet kan deurblaai, video-oproepe kan maak, ens.

Die vermoë van 'n voertuig om die skermkamera te gebruik om oproepe te maak en te navigeer.

Slim horlosies word gebruik om tyd te lees en fisiese aktiwiteite aan te teken.

Page 19: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

14 | B l a d s y

9. INTERAKTIEWE WITBORDE Beskrywing – Wat dit is

Dit is 'n interaktiewe vertoon toestel, in die vorm van 'n witbord, wat reageer deur gebruikers se toevoer deur direkte kontak of 'n witbord stilus pen te gebruik.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die interaktiewe witbord is gekoppel aan 'n rekenaar toestel en kan dan eerder werk as 'n witbord wat 'n foto deur 'n projektor wys, of dit kan werk as toestel wat toevoer kan ontvang. Met die regte sagteware kan die interaktiewe witbord 'n instrument van toegevoerde inligting word deur net aan die bord self te raak.

Voordele Interaktiewe witborde maak aanbiedings en lesse wat hulle gebruik meer interaktief vir die leerders. In plaas daarvan dat 'n les aangebied word van een rigting af, kan die leerders of die gehoor ook aan die les deelneem.

Aangesien die interaktiewe witbord toelaat vir meer as een bron van toevoer, kan dit makliker wees om sekere idees te deel met ander leerders van die groep.

Die aanbieding het, te danke aan die bord, meer gerieflik geword. Omdat die witbord aan 'n rekenaar gekoppel is, kan die aanbieder of die onderwyser media lêers soos videos, klanklêers, foto's, ens. gebruik om die les meer aangenaam te maak.

Nadele Gespesialiseerde sagteware word benodig om volle voordeel te trek uit die effektiwiteit van die interaktiewe witbord.

Onderwysers of ander gebruikers benodig addisionele opleiding om hulle op te lei om die witbord effektief te gebruik.

Dit is relatief duur om aan te koop en te onderhou in vergelyking met 'n gewone witbord.

Om lang rukke na die skerm van die interaktiewe witbord te staar, veral in swak lig, kan skadelik wees vir die kyker se oë.

Beperkings Die verkeerde beligting in die vertrek waar die witbord gebruik word, kan die effektiwiteit van die witbord benadeel as vertoningstoestel.

Dit is relatief duur om aan te koop en te onderhou in vergelyking met gewone witborde.

Indien die interaktiewe witbord nie gereeld gediens word nie, kan die toevoer eienskap dalk nie baie akkuraat wees nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Baie skole het reeds interaktiewe witborde geïmplimenteer wat onderrig en leer meer interaktief en effektief maak.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Interaktiewe witborde wat vir onderrig gebruik word i.p.v. die ou swartborde of gewone witborde.

Page 20: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

15 | B l a d s y

10. GEHEUEKAARTE Beskrywing – Wat dit is

'n Geheuekaart word gebruik as 'n primêre en draagbare flitsgeheue in selfone, kameras en ander draagbare en handtoestelle.

Verskillende tipes geheuekaarte

SD (Secure Digital) Geheuekaart: SD-kaarte is die mees algemene tipe geheuekaart. Dit is versoenbaar met die meeste digitale kameras. CompactFlash (CF) Geheuekaart: CompactFlash (CF)-kaarte bied baie hoë bergingskapasiteite en vinnige verwerkingstye. Mini SD Geheuekaart: Die MiniSD-kaart bied dieselfde voordele as die SD-kaart, maar is kleiner as die oorspronklike SD-kaart. Micro SD Geheuekaart: Micro SD-kaarte was aanvanklik 'n gewilde metode om beelde en dokumente op selfone te stoor. Dit is die kleinste kommersiële beskikbare geheuekaart. Multi Media Kaarte (MMC): Multi Media-kaarte het dieselfde fisiese voorkoms as Secure Digital-kaarte, maar net sonder die slot. Dit word as 'n alternatief vir SD-kaarte gebruik en sal binne in die meeste kameras pas, maar oordragkoers is laer.

Voordele • Geheuekaarte is betroubaar omdat hulle geen bewegende dele het nie.

• Geheuekaarte het 'n nie-onbestendige geheue wat die stabiliteit van die data op die kaart handhaaf. Die data op dit word nie bedreig deur die verlies van elektrisiteit nie.

• Geheuekaarte is baie draagbaar; dit kan in klein toestelle gebruik word.

• Geheuekaarte laat onmiddellike toegang toe. • Geheuekaarte kom in allerhande groottes en hulle het relatief

groot stoorplek. • Geheuekaarte gebruik min krag.

Page 21: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

16 | B l a d s y

Nadele • Geheuekaarte kan maklik breek, hulle kan verlore raak of misplaas word.

• Hulle kan geraak word deur elektroniese steurnisse. • Kraggebruikers benodig dalk meer stoorkapasiteit.

Beperkings • Stoorspasie is beperk. • Afhangende van waarvoor dit nodig is, kan alternatiewe

stoortoestelle oorweeg word.

Stoorkapasiteit

Page 22: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

17 | B l a d s y

11. POS – POINT OF SALE (VERKOOPSPUNTSTELSEL) Beskrywing – Wat dit is

'n Verkoopspuntstelsel is 'n kombinasie van sagteware en hardeware wat handelaars toelaat om transaksies uit te voer en belangrike dag-tot-dag besigheidsaktiwiteite te vereenvoudig. https://www.softwareadvice.com/resources/what-is-a-point-of-sale-system/

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Voor POS-stelsels sal die persoon wat die kasregister bedryf, die pryse van gekoopte items met die hand invoer deur middel van pryskaartjies. Hulle sal dan die geld neem, dit in die kasregisterlaai plaas en die kliënt 'n kwitansie oorhandig. In sommige gevalle sal die enigste rekord van die transaksie wat die onderneming sou hê, hul eie kopie van die kasregisterrol wees. Dit het meer gerekenariseer deur 'n POS-stelsel geword, 'n produk databasis word op die register, op 'n rekenaar of op 'n bediener gestoor. (Taylor) 'n Strepies-leser lees die kode op die produk, soek deur die databasis om die prys van die produk te vind en dit op die rekenaarskerm te vertoon. Al die items wat aangekoop word, sal op die rekenaarskerm vertoon word wat aan 'n kasregisterlaai geheg word, wat sal oopmaak om die betaling te ontvang. Transaksies sal elektronies gestoor word.

Komponente van 'n POS-stelsel

Die POS-stelsel self kan 'n kasregister wees wat gekoppel is aan 'n bediener of rekenaar, of selfs 'n iPad of ander tablet toestel gekoppel aan 'n wolkgebaseerde stelsel. 'n Kasregisterlaai word gebruik om die dag se rekeninge te stoor, saam met tjeks, geskenkbewyse en betalingstrokies 'n Kwitansiedrukker gebruik om kwitansies aan kliënte te gee.

Page 23: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

18 | B l a d s y

'n Strepieskodeleser word tipies gebruik in kleinhandel omgewings met baie verskillende produkte. 'n Kaartmasjien word gebruik om betalings met debiet- of kredietkaart te verwerk. (Taylor)

Voordele • Skandering is meer akkuraat en voorkom foute. • 'n Produk-, voorraad- of kliëntdatabasis is enige tyd beskikbaar. • POS-stelsels laat jou toe om verkope op te neem, voorraad te

bestuur en verkoopspatrone te ontleed. • Ou transaksies kan maklik opgeroep word. • Die diens wat verskaf word, is vinniger.

Nadele • As die netwerk nie beskikbaar is nie, kan die POS-stelsel nie werk nie.

• Dit is tydrowend om aanvanklik alle voorraad in te voer. • Handhawing van opdaterings oor pryse en promosies. • As die sagteware en die hardeware misluk, word transaksies nie

aangeteken nie. • Sekuriteitsrisiko - kliënte wat die PIN-nommers invoer, loop die

risiko om persoonlike inligting aan ander mense bekend te maak.

• Herstelwerk aan die stelsel kan duur wees.

Beperkings • Betroubaarheid van internet toegang. • Werknemers moet opgelei word om die stelsel te gebruik word.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Inligting wat uit 'n POS-stelsel ingesamel kan word, sluit in produkbeskrywings, produkpryse, verkoopsneigings, voorraadvlakke, prestasie van kassiere, ens.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Restaurant POS-stelsel Kleinhandel POS-stelsel Salon POS-stelsel Klein besigheid POS-stelsel

Page 24: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

19 | B l a d s y

12. RESOLUSIE EN BEELDKWALITEIT Beskrywing – Wat dit is

Resolusie verwys na die aantal pixels waaruit 'n prent gemaak is. Beeldkwaliteit is die besonderhede waaruit 'n beeld gemaak is.

Eenvoudige verduideliking van hoe beeld resolusie werk

Resolusie meet nie die grootte van die pixels nie, maar slegs die aantal pixels waaruit 'n prent gemaak word. Pixels per duim (PPI) ('pixels per inch') dui op die grootte van die pixels en die aantal pixels wat in een duim pas. Hoe meer pixels in een duim pas, hoe beter die beeldkwaliteit. Hoër resolusie beteken dat meer pixels per duim (PPI), lei tot meer pixel inligting en skep 'n hoë gehalte, skerp beeld. Prente met laer resolusie bevat minder pixels, en as die paar pixels te groot is (gewoonlik wanneer 'n prentjie gestrek word), vertoon dit nie duidelik nie.

Eenvoudige verduideliking van hoe skerm en drukker resolusie werk

Die gehalte van monitors en drukkers word aangedui deur die resolusie: Monitors. 'n Klein monitor kan 'n resolusie van 640 x 480 hê, wat beteken dat daar 640 pixels horisontaal oor die skerm en 480 pixels vertikaal is. Sommige ander algemene skermresolusies is 800 x 600, 1,024 x 768 en 1,280 x 1,024. Hoe hoër die resolusie, hoe meer kan op die skerm vertoon word. Drukkers. Drukker resolusie meet hoe fyn 'n drukker kan druk. Hierdie meting staan bekend as dots per duim ('dots per inch'), of "dpi". Hoe groter die dpi, hoe beter die beeld duidelikheid. Skandeerder resolusie word ook gemeet in dpi.

Voordele van hoë resolusie

Groter prentgrootte.

Beter kwaliteit beelde geneem in min lig.

Beter wegsnyopsies.

Beter teksidentifikasie.

Duideliker en skerper prente.

Nadele van hoë resolusie Groot lêergroottes as gevolg van meer detail in beelde, wat die behoefte aan meer berging tot gevolg het.

Hoër resolusie beperk die kamera se raamkoerse ('frame rates') en buffer.

Page 25: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

20 | B l a d s y

Hoë resolusie kameras benodig hoë kwaliteit lense en optika ('optics').

Beperkings By skandering moet die oorspronklike dokument duidelik wees.

Hardeware moet in staat wees om hoë resolusie vas te lê.

Het groter lense nodig vir duidelike beelde.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Gedetailleerde beelde word in 'n professionele omgewing vir baie redes benodig, hoë resolusie beelde laat die besonderhede duidelik en sigbaar wees en sal beter doeltreffendheid moontlik maak.

Sosiale media-platforms laat hoëresolusie-beelde toe, en hierdie beelde sal meer aandag trek, aangesien hulle uitstekende besonderhede sal hê.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

'n Fotograaf kan skerper, helderder beelde met volledige besonderhede vasvang vir verskeie scenario's, soos landskappe, troues en konserte.

'n Beeld met hoë besonderhede kan met hoë resolusie geskandeer word en dan omskep word na teks vir redigering met behulp van OCR-tegnologie.

Page 26: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

21 | B l a d s y

13. RAAKSKERM Beskrywing – Wat dit is

'n Raakskerm is beide 'n invoer toestel wat die gebruiker toelaat om toegang tot 'n toestel te verkry met behulp van eenvoudige of multi-raak gebare, die skerm van die toestelle met vingerpunte of 'n stilus raak, wat die gebruiker in staat stel om sekere take net so goed soos 'n afvoertoestel te verrig, sekere inligting of data te vertoon.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die gebruiker gebruik sy of haar vingers (of 'n spesiale stilus) om die skerm van die toestel aan te raak. Die raakskerm laat die gebruiker toe om sekere instruksies aan die toestel te gee deur die instruksies direk op die skerm in te voer. Dit werk as 'n baie effektiewe toevoer toestel, en werk ook effektief as 'n afvoer toestel, aangesien die toestel jou terugvoer terug op die skerm gee, en met die gebruiker kommunikeer.

Voordele Aangesien die skerm ook die toevoertoestel is, is dit onnodig om ander toestelle te kry wat help met invoer, soos sleutelborde of muise. Dit maak dit koste effektief.

Aangesien die raakskerm 'n multi-raakfunksie het, is dit moontlik vir die gebruiker om 'n wye verskeidenheid funksies in te voer, soos rotasie of zoom.

Die gebruik van die raakskerm is intuïtief, aangesien die gebruiker net aan die toestel hoef te raak vir dit om te werk.

Baie min tot geen opleiding word benodig vir die gebruik van 'n raakskerm nie.

Aangesien die toestel vertoon en toevoer kombineer, is die gebruik van so 'n toestel baie meer aanpasbaar vir die behoeftes van die gebruiker.

Daar is 'n baie kleiner risiko dat die toestel so vuil sal word soos wat sekere toestelle, soos sleutelborde en muise, soms kan.

Nadele Die toestel kan wel vuil word as die skerm te veel in kontak kom met vuil hande of vuil vingers. Hierdie kan die afvoer op die skerm baie onduidelik maak.

Krake en krapmerke op die skerm kan die effektiwiteit en die sensitiwiteit van die skerm negatief beïnvloed.

Aangesien sommige raakskerms klein is, maak dit die knoppies wat op die skerm vertoon soms ook kleiner, wat die invoer van data en inligting baie oneffektief maak vir groter individue.

'n Raakskerm is moeilik vir iemand wat verswakte sig het of vir blinde persone, aangesien dit geen fisiese reaksie deur die skerm verskaf nie.

Page 27: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

22 | B l a d s y

Beperkings Aangesien die invoer en uitvoer geïntegreer word deur die skerm, word die grootte van die skerm se vertoning kleiner of verminder, as die sleutelbord gebruik moet word.

Nie alle raakskerms het dieselfde sensitiwiteitsvlakke nie, wat sommige funksies soos drag and drop moeiliker maak.

Wanneer jy aan die raakskerm raak, blok jy 'n sekere gedeelte van die uitstalling, wat sekere aksies en dade moeiliker kan maak, as die afvoer van die skerm nodig is om die funksie uit te voer.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Meeste van al die toestelle wat vandag gebruik word het raakskerms te danke aan die feit dat raakskerms koste-effektief is om te implementeer. Jy kry 'n raakskerm op jou slimfoon, tablet en selfs ander daaglikse toestelle soos 'n mikrogolfoond of wasmasjien.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Jou slimfoon skerm.

Jou tablet skerm.

Jou slimhorlosie skerm.

Sekere rekenaar skerms.

Page 28: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

23 | B l a d s y

14. USB EN INPROP-EN-SPEEL ('PLUG AND PLAY')

Beskrywing – Wat dit is

USB: Universele Serie Bus: Standaard poort wat algemeen gebruik word om randtoestelle aan die rekenaar te koppel. Inprop-en-speel: Tegnologieë wat ons toelaat om eenvoudig 'n nuwe hardeware toestel aan die rekenaar te koppel en dan opgestel word om outomaties te werk.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die USB verbindings laat jou toe om toestelle soos 'n sleutelbord, muis, drukker, ens. maklik en vinnig te koppel. Die bedryfstelsel ondersteun die USB sodat drywers vinnig en maklik geïnstalleer kan word. Inprop en speel beteken dat jy 'n toestel of 'n kaart in jou rekenaar kan sit en dit word outomaties herken en gekonfigureer om op jou stelsel te werk.

Voordele USB o Betroubaar. o Self-aangedrewe. o In staat om te konnekteer, sowel as om die konneksie te

verbreek terwyl die toestel aan is. o Word deur inprop en speel ondersteun. o Enige toestel wat 'n USB-poort het, kan gebruik word.

Inprop en speel o Meer mobiel. o Laat inprop en speel versoenbaarheid toe. o Maklik om te gebruik.

Nadele USB: Dit het beperkte vermoë en algehele werkverrigting. Data oordrag is nie so vinnig soos sekere ander stelsels nie.

Inprop en speel: Sekuriteit kan 'n probleem wees – gedeelde lêers en lêergidse kan aan eksterne partye d.m.v. die internet beskikbaar gestel word, dus word derde party sekuriteitssagteware benodig om dit te blokkeer.

Beperkings Beperkte lengte van USB-kabels is 5 meter.

Elke USB toestel kan nie meer as 5 'nodus' tussen dit en die rekenaar hê nie. 'n 'Nodus' is 'n spil ('hub') of skakeltoestel ('switch') wat ander toestelle toelaat om aan die USB-netwerk te konnekteer.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Die USB en inprop en speel tegnologie maak die lewens van die alledaagse gebruiker makliker deur hulle toe te laat om enige toestel wat inprop en speel versoenbaar is in die USB poort te prop en dit sal werk sonder om self deur die installasie proses te gaan.

Page 29: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

24 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Voorbeelde van USB-toestelle:

Eksterne hardeskyf

Sleutelbord

Mikrofoon

Muis

Drukker

Joystick

Skandeerder

Slimfoon

Webkamera Voorbeelde van Inprop en speel toestelle:

Sleutelbord

Muis

Page 30: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

25 | B l a d s y

SAGTEWARE

15. DOKUMENTBESTUURSAGTEWARE Beskrywing – Wat dit is

Dokumentbestuur is die gebruik van 'n rekenaarstelsel en sagteware om elektroniese dokumente en elektroniese beelde van inligting op papier, wat deur 'n skandeerder geskandeer is, te stoor, te bestuur en op te spoor.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Dokumente kan elektronies of op papier gestoor word. Baie dokumente is in elektroniese formaat beskikbaar. Daarom is dit meer doeltreffend om dokumente elektronies te stoor. Dokumente op papier word deur 'n skandeerder geskandeer in enige van die volgende formate, PDF, TIF, JPEG en PNG.

PDF ('Portable Document Format') 'n PDF-lêer is een van die mees gebruikte lêertipes. Hierdie tipe lêer is ideaal vir dokumente met teks, vorms en prente en ook woorde. Sekere programme gebruik OCR-tegnologie om die karakters in die dokument soekbaar en redigeerbaar te maak.

JPG of JPEG ('Joint Photographic Experts Group') JPEGs is ideaal vir beelde, want hulle kan baie groot lêers klein saampers.

PNG ('Portable Network Graphics') PNG-lêers is meestal vir digitale beelde en dit gebruik dokumentsaampersing, maar nie so baie soos JPEG's nie.

TIF or TIFF ('Tagged Image File Format') TIFs is ideaal vir lêers wat jy nie wil saampers nie, want jy wil elke stukkie van die data in jou dokument hê.

Voordele Verminderde stoorplek – nie nodig vir kaste nie.

Verbeterde sekuriteit – alle dokumente kan veilig met wagwoorde gestoor word.

Makliker herwinning – as 'n elektroniese lêerstelsel logies georganiseer is, is herwinning van dokumente makliker.

Beter samewerking – dokumente kan per e-pos aan baie ontvangers gestuur word.

Beter rugsteun – rugsteun kan aanlyn en aflyn gemaak word.

Page 31: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

26 | B l a d s y

Weergawe – vorige weergawes is makliker beskikbaar.

Papierlose kantoor – hoef nie harde kopieë te hê nie.

Toegang tot dokumente is oral beskikbaar.

Nadele Te afhanklik van tegnologie.

Kan RSI en ander gesondheidskwessies veroorsaak.

Sekuriteit kan in gevaar gestel word omdat baie mense toegang tot dokumente het.

As daar geen rugsteun gemaak word nie, kan die verlies groot wees.

Opdatering van hardeware en sagteware is nodig.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Dokumentbestuurstelsels word meer gereeld gebruik om die bestuur van dokumente te vereenvoudig.

Voorbeelde van dokumentbestuurstelsels: UnForm ContractZen PandaDoc

Page 32: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

27 | B l a d s y

16. E-POS SAGTEWARE Beskrywing – Wat dit is

E-pos (elektroniese pos)-sagteware is sagteware wat op jou rekenaar of slimtoestel afgelaai word. Dit laat jou toe om e-posse te skep, stuur, ontvang en organiseer. Aanlyn e-pos dienste, naamlik webgebaseerde pos ('webmail'), het eienskappe en funksies om e-pos te bestuur, wat soortgelyk is aan tafelrekenaar se e-possagteware, maar op die internet.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Kliëntgebaseerde e-pos

Die afsender skep 'n e-pos deur gebruik te maak van die e-pos program op die rekenaar.

Wanneer die gebruiker die boodskap stuur, word die e-posteks en aanhangsels op die SMTP ('Simple Mail Transfer Protocol')-bediener as uitgaande pos gelaai.

Alle boodskappe wat gestuur word, wag in die uitgaande-pos- tou, terwyl die SMTP-bediener met die DNS-bediener kommunikeer, om te bepaal waar die ontvanger se e-posbediener is. (DNS – 'Domain Name Server' – soos 'n telefoonboek vir domeinname en bediener IP-adresse). Sodra die SMTP-bediener uitgevind het waar die ontvanger se e-posbediener geleë is, sal dit die boodskap en aanhangsels aanstuur.

Indien die ontvanger se bediener nie gevind kan word nie, sal die afsender 'n boodskap in sy inkomende poshokkie ontvang dat die versending van die e-pos misluk het.

Die volgende keer wat die ontvanger op die 'Send & Receive' -knoppie klik, sal sy e-poskliënt alle nuwe boodskappe vanaf sy eie e-posbediener aflaai. (Group, 2010)

Webgebaseerde e-pos Om webgebaseerde e-pos ('webmail') te gebruik, het jy nie enige e-possagteware nodig nie – slegs 'n rekenaar wat gekonnekteer is aan die internet en 'n webblaaier. Webgebaseerde e-posrekeninge is gewoonlik gratis. Jy moet slegs registreer vir die e-posdiens. Jy ontvang dan 'n gebruikersnaam, wagwoord en 'n persoonlike posbus. Elke keer wanneer jy e-posse wil stuur of ontvang, moet jy by die webposbediener aanteken. Jy kan ook jou web-gebaseerde e-posadres op 'n e-posprogram op jou rekenaar opstel. Om dit te kan doen, sal jy ook die inkomende (POP) en uitgaande (SMTP) instellings nodig hê. Sommige IDVs voorsien aan die gebruikers 'n e-posrekening en 'n posbus.

Voordele Kliëntgebaseerde e-pos

Jou e-pos is op jou rekenaar, so dit is heeltyd beskikbaar.

Geen internet is nodig om ou e-posse te kry nie.

Bykomende funksies is beskikbaar.

Page 33: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

28 | B l a d s y

Webgebaseerde e-pos

Alle e-posse word op 'n bediener gestoor, wat as rugsteun dien.

Daar is enige plek, met internettoegang, toegang tot die e-posse.

Geen spesifieke instellings moet op jou rekenaar gestel word nie, jy moet slegs op die webwerf inteken.

Bykomende funksies word outomaties op jou webpos bygevoeg, dis nie nodig om dit op te dateer nie.

Nadele Kliëntgebaseerde e-pos

Die spasie vir e-pos word deur die hardeskyfspasie beperk.

Indien 'n POP3-diens gebruik word, is die e-pos slegs op jou rekenaar beskikbaar as jy die e-pos afgelaai het.

Sinkronisering kan lank vat.

Opdaterings moet geïnstalleer word. Webgebaseerde e-pos

Indien daar nie internettoegang is nie, het jy nie toegang tot jou e-pos nie.

'n Beperkte hoeveelheid stoorspasie is beskikbaar.

Toegang tot die e-pos is moeilik indien die internetkonneksie stadig is.

Indien die webgebaseerde e-posdiensverskaffer van lyn af is, sal jy nie toegang tot jou e-pos kry nie.

E-pos kommunikasie etiket

Voeg 'n onderwerplyn in.

Voeg jou naam of handtekening by.

Gebruik 'n professionele manier van groet, soos 'Liewe' of 'Goeiedag'.

Maak seker dat jou e-pos goeie taalgebruik en geen spelfoute het nie.

Antwoord hoflik op enige e-pos ontvang.

Moenie vulgêre taal gebruik nie.

Moenie aanhangsels stuur wat te groot is nie (nie groter as 2 MB nie). Indien jy 'n groot aanhangsel moet stuur, waarsku die ontvanger.

Maak seker dat jou e-pos nie enige virusse bevat nie.

Moenie vertroulike inligting stuur nie.

Vermy die gebruik van sms-taal en/of jargon of 'slang'.

Wees versigtig om 'reply all' te gebruik.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

E-pos-toeps word vooraf op slimtoestelle gelaai. Hierdie programme kan opgestel word om e-pos te ontvang en enige tyd te stuur terwyl internet beskikbaar is.

E-posse is een van die beste kommunikasiemetodes in die tegnologiese era.

Page 34: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

29 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Kliëntgebaseerde e-pos

Microsoft Outlook

Windows Live Mail

Outlook Express

Gmail App Webgebaseerde e-pos

Yahoo! Mail

Gmail

Hotmail

AOL Mail

Page 35: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

30 | B l a d s y

17. GRATISSAGTEWARE ('FREEWARE') Beskrywing – Wat dit is

Gratissagteware is sagteware wat gratis versprei word. Dit kom normaalweg sonder enige waarborg. Daar is nogsteeds kopiereg, alhoewel dit gratis is. Enigeen kan die sagteware gratis vanaf die internet aflaai. https://www.youtube.com/watch?v=G3d5vMAEEd0 https://www.youtube.com/watch?v=1xZYTyaqbpU https://www.youtube.com/watch?v=BPOhHoaFc_s

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Gratissagteware is klein nutssagteware, MAAR sommige van dit kan volledige werkende sagteware wees, byvoorbeeld Adobe Acrobat Reader. Gratissagteware kan vrylik vanaf die internet afgelaai word. Gratissagteware kan vrylik onder mense gedeel word.

Voordele Die sagteware is gratis.

Die sagteware is maklik beskikbaar, jy benodig net 'n internetkonneksie.

Sagteware sal sonder opgraderings werk.

Nadele • Miskien nie so gebruikersvriendelik as kommersiële weergawes nie.

• Kom nie met uitgebreide ondersteuning nie. • Kan nie enige van hierdie sagteware wysig nie.

Kan geen gratis sagteware verkoop nie.

Beperkings Daar is nie gratis sagteware beskikbaar vir alle kommersiële sagteware nie.

Die gratis sagteware kan belangrike funksies ontbreek.

Geen opgradering of byvoeging van beskikbare funksies nie.

Dit is nie so stabiel of betroubaar as kommersiële sagteware nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Die feit dat die sagteware gratis is, help om die gaping tussen mense wat sagteware kan bekostig en diegene wat dit nie kan bekostig nie, te oorbrug.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Sagteware soos Adobe Acrobat Reader maak dit maklik vir mense om dokumente sonder enige bekommernisse te stuur en die ontvanger kan die dokument oopmaak. Adobe sal enige pdf-dokument lees.

7Zip is saampersingsagteware.

Page 36: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

31 | B l a d s y

18. SLEUTELVASLEGGING ('KEY LOGGING') Beskrywing – Wat dit is

Die gebruik van 'n rekenaarprogram om elke sleutel wat deur 'n rekenaargebruiker gedruk is, op te neem, veral om bedrieglike toegang tot wagwoorde en ander vertroulike inligting te verkry.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die meeste sleutelvasleggers op gemiddelde rekenaars kom as kwaadwillige sagteware voor. As jou rekenaar in gevaar kom, kan die kwaadwillige sagteware 'n sleutel logger of funksie insluit as 'n Trojan wat die sleutel logger saam met ander skadelike sagteware aflaai. Die meeste bronne definieer 'n sleutelvaslegger as 'n sagteware program wat ontwerp is om geheime te monitor en aan te teken en die sleutels wat op die sleutelbord gedruk is vas te lê.

Voordele Ouer beheer: ouers kan dophou wat hul kinders op die internet doen, en kan kies om in kennis gestel te word as daar pogings is om toegang tot webwerwe met skadelike of andersins onvanpaste inhoud te verkry.

Korporatiewe sekuriteit: hou die gebruik van rekenaars vir nie-werkverwante doeleindes dop, of gebruik van werkstasies na-ure.

Korporatiewe sekuriteit: kan ook gebruik word om die insette van sleutelwoorde en frases wat verband hou met kommersiële inligting op te spoor wat die maatskappy kan beskadig indien dit openbaar gemaak word.

Ander sekuriteit: die gebruik van 'n sleutelvaslegger se rekords om voorvalle wat verband hou met die gebruik van persoonlike rekenaars te analiseer en op te spoor.

Nadele Kan gebruik word om wagwoorde en ander vertroulike inligting wat via die sleutelbord ingevoer is, te onderskep.

PIN-kodes en rekeningnommers kan verkry word.

Beperkings Geskep met die idee om dit wettig te gebruik, maar in die meeste gevalle word dit gebruik in onwettige aktiwiteite.

Werknemers kan hul werkgewers dagvaar indien hulle nie bewus gemaak word van sleutelvaslegging wat gebruik word nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Kubermisdadigers kan konfidensiële data in die hande kry, en geld van die gebruiker se rekening oorplaas.

Kubermisdadigers kan wagwoorde vir die speletjies rekeninge kry.

Sleutelvasleggers kan gebruik word in industriële en politieke toesig.

Page 37: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

32 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

• OTM-sleutelpanele • Hou rekord van enige wagwoorde wat deur gebruikers op die

toestel ingevoer is. • Neem gereelde skermkopieë van die toestel. • Teken die URL's aan wat via webblaaiers besoek is. • Teken 'n lys aan van die programme wat deur gebruikers op die

toestel gebruik word. • Teken rekords aan van alle kitsboodskap (IM) sessies. • Neem kopieë van gestuurde e-posse op.

Stuur outomaties die verslae wat as log gestoor is en e-pos dit na 'n spesifieke plek.

Page 38: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

33 | B l a d s y

19. SLEUTELVASLEGGINGSSAGTEWARE Beskrywing – Wat dit is

'n Sleutelvaslegger is 'n tipe waarnemingssagteware wat, sodra dit op die stelsel geïnstalleer is, elke sleutel aksie op die sleutelbord kan dophou. Hierdie rekord word in 'n geënkripteerde lêer gestoor.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Sleutelvasleggingsagteware werk verskuil in die agtergrond. Dit neem outomaties alle sleutel aksies wat op die sleutelbord ingetik word op.

Voordele Jy kan kyk wie spandeer hulle tyd by die werk op dinge wat verband hou met die werk self en wie nie.

Etiese krakery: Die sagteware word gebruik om swakpunte op jou rekenaar te identifiseer. As jy sagteware gebruik om dit te doen, kan privaatheid op jou eie rekenaar bevorder word.

Nadele Wanneer sleutelvasleggingssagteware geïnstalleer word, kan vertroue deur jou werknemers in jou besigheid verloor word.

Om wagwoorde van sosiale media te stoor is oneties.

Sleutelvasleggingssagteware kan sonder jou kennis op die volgende maniere geïnstalleer word:

- 'n Persoon wat jy ken kan dit dalk op jou rekenaar installeer terwyl jy nie kyk nie.

- 'n Skadelike USB-toestel kan dalk gebruik word.

- Wanneer krake ('cracks') en sleutelgenereerders vanaf die internet afgelaai word, kan die lêers daar skadelike virusse of sleutelvasleggingssagteware voorkom.

- Deur installering van speletjies of sagteware van onbekende verskaffers.

- Deur die aflaai en installering van sagteware van onbekende 'Torrents'.

- Wanneer webtuistes, wat 'n deurblaaier se kwesbaarheid misbruik, besoek word, kan dit skadelik wees indien dit nie 'n opgedateerde deurblaaier is nie, of verouderde inpropprogramme in 'n blaaier bevat, of jou bedryfstelsel is nie op datum met die nuutste regstellings nie.

Page 39: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

34 | B l a d s y

Beperkings Kan nie effektief gebruik word wanneer 'n 'on screen' sleutelbord gebruik word nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Sleutelvasleggers kan gevaarlik wees wanneer jy 'n aanlyn besigheid bedryf omdat iemand jou webtuiste van lyn af kan dwing en skadelike kodes kan installeer wat jou bediener kan beskadig.

Sleutelvasleggingssagteware kan handig in 'n besigheid gebruik word om seker te maak dat werknemers besig is om te werk en nie tyd mors nie.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Sagteware word installeer om dop te hou waarmee jy jou by die werk besig hou.

Sleutelvasleggingssagteware kan op jou kind se selfoon, tablet geïnstalleer word om hul veiligheid te verseker.

Page 40: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

35 | B l a d s y

20. LISENSIËRING EN DIE LISENSIËRINGSOOREENKOMSTE INSLUITEND EINDGEBRUIKER,

TERREINLISENSIE EN 'CREATIVE COMMONS' Beskrywing – Wat dit is

'n Lisensiëringsooreenkoms is die wettige ooreenkomste tussen twee partye, ook bekend as die lisensieërder en die koper. Die koper het die reg om die sagteware te gebruik. Die lisensie definieer hoe die sagteware mag en nie gebruik mag word nie. Eindgebruikerlisensie (EULA) – 'n Eindgebruiker lisensie ooreenkoms (EULA) is die wettige kontrak tussen die sagteware skrywer of publiseerder en die gebruiker van die sagteware. Die gebruiker betaal vir die gebruik van die sagteware en belowe aan die skrywer/publiseerder om al die reëls na te kom soos dit gestipuleer is in die EULA. Terreinlisensie – is 'n tipe sagtewarelisensie wat die gebruiker toelaat om 'n sagteware pakket op meer as een rekenaar gelyktydig te installeer. Afhangende van hoeveel aan die skrywer/publiseerder betaal is, kan die lisensie onbeperk wees of net 'n sekere hoeveelheid gebruikers hê. 'Creative commons' – 'n 'creative commons'-lisensie is een van die vele publieke kopiereg lisensies wat die gebruiker in staat stel om kopieregte werk te versprei. 'n 'Creative commons'-lisensie word gebruik wanneer die outeur vir die publiek die reg wil gee om sy werk te deel, te gebruik en daarop te bou.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

'n Gebruiker of maatskappy koop 'n lisensie en kan dit gebruik solank hul die reëls van die lisensie-ooreenkomste waartoe hul ingestem het, nakom.

Voordele Die sagteware ontwikkelaar beskerm homself teen potensiële regsprobleme.

Sagteware met 'creative commons' kan vrylik versprei word en kan verander word volgens die gebruiker se behoeftes.

Om roofkopiëring te vermy.

Kostebesparend vir maatskappye wat terreinlisensies gebruik.

Terreinlisensies laat toe dat sagteware op 'n onbeperkte hoeveelheid rekenaars geïnstalleer word.

Nadele Kan dit slegs gebruik waarvoor dit bedoel is.

Terreinlisensies kan beperk word tot 'n sekere fisiese ligging afhangend van wat in die ooreenkoms gestipuleer is.

Kan duur wees.

Sagteware met 'creative commons' kan baie data vat om af te laai.

Beperkings Beperk die gebruikers met die aantal installasies wat toegelaat word.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Maatskappy koste word drasties verminder met terreinlisensies.

Sagteware eienaars word beskerm teen roofkopiëring.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Windows

Office

Eiendomsregtelike sagteware

Page 41: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

36 | B l a d s y

21. OKH ('OCR') Beskrywing – Wat dit is

OKH (optiese karakterherkenning) is wanneer 'n rekenaar gedrukte of geskrewe teks karakters herken.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

OKH behels die fotoskandering van teks, karakter-tot-karakter, die analisering van die geskandeerde prent en die vertaling van die karakter prent in karakter kodes, soos bv. ASCII.

Voordele Gereeld beskikbaar: Deur die inligting van dokumente deur OKH te skandeer, kan die data beskikbaar gestel word in 'n klomp verskillende plekke. 'n Mens kan dit op 'n USB dryf ronddra en die nodige inligting met 'n paar klikke bekom.

Meer bergingspasie: Hoe kleiner die dokument, hoe kleiner is die spasie. OKH skep kleiner dokumente.

Doeltreffende bestuur: Met die OKH-tegniek kan die bestuur van vertroulike dokumente makliker en moeiteloos wees, omdat alles outomaties word.

Sekuriteit: Die steel van data is nie maklik wanneer dokumente ingeskandeer is en veilig in digitale formaat gestoor is nie. Verder kan die toegang ook beperk word om die misbruik van dokumente te vermy.

Nadele Beperkte dokumente: OKH werk die beste met goeie kwaliteit getikte dokumente. Handgeskrewe dokumente kan nie maklik deur OKH-sagteware gelees word nie. OKH sukkel met dokumente wat beide prente en teks bevat. Sigblaaie sal ook meer foute produseer.

Akkuraatheid: Geen OKH-sagteware is honderd persent akkuraat nie. Die hoeveelheid foute hang van die kwaliteit en die tipe dokument af, asook die font wat gebruik is. Foute wat plaasvind tydens OKH sluit die volgende in: Letters word mis gelees; daar word gespring oor letters wat onleesbaar is; of die teks van aangrensende kolomme of prentbyskrifte word gemeng. Indien hoë akkuraatheid vereis word – soos wanneer 'n digitale boek na elektroniese formaat omskep word – sal die skoonmaak van die elektroniese teks benodig word.

Regstellings: OKH sukkel om te onderskei tussen karakters soos die nommer nul (0) en die hoofletter 'O'. Om die probleem op te los kan 'n spesiale OKH font gebruik word om bv. 'n nul uit te skryf.

Addisionele werk: Selfs as die geskandeerde prent van die oorspronklike dokument hoë-kwaliteit is, moet addisionele stappe plaasvind om die OKH teks skoon te maak. Dit is harde werk om die foute wat deur die OKH geskep is, reg te maak.

Beperkings OKH-sagteware is nuttig om geskandeerde prente of hand geskrewe dokumente na soekbare elektroniese teks te omskep, maar dit het nadele wat beperkings kan veroorsaak.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Om 'n dokument te skandeer voorsien jou nie van die tipe digitale dokument wat dadelik redigeerbaar in 'n woordverwerker is nie.

Page 42: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

37 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Die vermoë om veranderinge aan enige geskandeerde dokument of prent te maak.

Page 43: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

38 | B l a d s y

22. AANLYN-/WEBTOEPASSINGS Beskrywing – Wat dit is

Aanlyntoepassings is sagteware, soos bv. 'Paint' of 'Word' wat jy op jou rekenaar gebruik, maar wat aanlyn uitgevoer word. Anders as lessenaartoepassings, wat deur jou bedryfstelsel moet gaan, word toegang tot aanlyntoepassings bekom deur 'n webblaaier.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

'n Webtoepassing of web toep het 'n kliënte afdeling sowel as 'n bediener afdeling waar 'n kliënt 'n diens deur die webblaaier aanvra. Sodra die versoek plaasgevind het, reageer die bediener op die kliënt. Algemene webtoepassings sluit in webpos, aanlyn inkopiedienste, aanlynveilings, wikis en intydse kommunikasie.

Voordele Web toepassings werk in die agtergrond, ten spyte van die bedryfstelsel of toestel, vir so lank as wat die webblaaier toeganklik is.

Alle gebruikers gebruik dieselfde weergawes, en skakel aanpasbaarheidsprobleme uit.

Spasie word gespaar omdat die toepassings nie op die hardeskyf gestoor word nie.

Dit verminder die kans van sagteware diefstal.

Koste word bespaar vir beide die gebruiker en die besigheid, omdat minder hulp en diens verleen moet word deur die besigheid en die gebruiker het minder vereistes vir sy/haar rekenaar.

Dit is nie nodig om die toepassing aan te koop nie, maar lisensiëring is nog steeds nodig.

Data is beskikbaar op enige plek waar internet beskikbaar is.

Nadele Internet afhanklikheid – Indien daar geen internetkonneksie is nie of slegte sein in die omgewing is, kan geen toegang tot webtoepassings verkry word nie.

Sekuriteit – Data is minder veilig wanneer dit in die 'wolk' is, omdat mense reg oor die wêreld toegang tot dieselfde bediener het.

Verminderde spoed – 'n Webtoepassing sal moontlik stadiger uitgevoer word as wanneer dit vanaf jou rekenaar gedoen word.

Webblaaier bystand – Die webtoepassing kan dalk nie deur jou webblaaier ondersteun word nie en moet aanpas om verskillende skermgroottes te hanteer.

Koste – 'n Fooi mag dalk betaal moet word om die sagteware te gebruik.

Beperkte funksionaliteit – Die aanlyn weergawe van programme het soms minder funksies as die ‘desktop’ (geïnstalleerde) weergawe bv. Word Online het nie Mail Merge nie.

Page 44: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

39 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

'Google Docs' word gebruik om dokumente te skep. 'Office 365' het aanlyn weergawes van die Office programme wat vanaf enige toestel met 'n internet konneksie gebruik kan word 'Pixlr' is 'n webtoepassing vir foto redigering. 'Netflix' (video op aanvraag) laat gebruikers toe om hul gunsteling sepies en flieks te kyk wanneer hulle wil. 'Dropbox' laat gebruikers toe om dokumente te stoor en met ander gebruikers te deel

.

Page 45: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

40 | B l a d s y

23. OOPBRONSAGTEWARE ('OPEN SOURCE SOFTWARE') (OSS) Beskrywing – Wat dit is

Oopbronsagteware is sagteware wat saam met die bronkode kom en verander kan word. Dit is die grootste voorbeeld van samewerkende programmering ('collaborative programming'), aangesien enige persoon veranderinge kan maak en dit dan op die internet plaas sodat mense dit kan gebruik. Gratis oopbronsagteware (FOSS) word voorsien saam met die bronkode, maar daar is geen koste aan verbonde nie. https://www.youtube.com/watch?v=a8fHgx9mE5U

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Dit is baie soos gratissagteware. Die enigste verskil is dat die bronkode ook beskikbaar is en deur enigiemand gewysig kan word, mits hulle dit as oopbronsagteware vervang en nie geld daaruit maak nie.

Voordele Minder hardeware koste omdat dit baie minder hulpbronne gebruik, soos krag, hardeskyfspasie en geheue.

Hoë kwaliteit goed ontwerpte sagteware.

Oopbronsagteware kan aangepas word.

Eenvoudige lisensiebestuur, aangesien jy dit kan laai op soveel toestelle as wat jy benodig sonder enige opsporing en tel van lisensies.

Baie ondersteuning – die oopbron-aanlyn gemeenskap is groot en bied meestal gratis ondersteuning.

Nadele Kan moeilik vir ongeskoolde gebruikers wees om te gebruik.

Die meeste mense is bekend met eiendomsagteware en vind oopbronsagteware intimiderend.

In sommige gevalle is die hardeware dalk nie versoenbaar met oopbronsagteware nie en sal jy addisionele drywers benodig.

Beperkings Ontwikkelaars moet bereid wees om die sagteware sonder enige betaling by te dra en te verbeter. Dit kan tot gevolg hê dat sagteware nie op dieselfde standaard as dieselfde soortgelyke sagteware-eweknie is nie.

Daar kan dalk verborge kostes wees waarvoor jy nie bewus was nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Die blote feit dat sagteware vrylik beskikbaar is, is 'n groot voordeel, maar die aanbeweeg na oopbronsagteware is nie so maklik nie, aangesien mense verkies om te werk met sagteware wat vir hulle bekend is.

Gratissagteware en oopbronsagteware val nou in dieselfde kategorie genaamd 'Free and Open-Software'.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

WordPress word gebruik om funksionele webwerwe en mobiele toepassings te skep.

Ubuntu is een van die gewildste oopbronbedryfstelsels.

Firefox is 'n deurblaaier.

Page 46: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

41 | B l a d s y

24. EIENDOMSREGTELIKE-SAGTEWARE Beskrywing – Wat dit is

Eiendomsregtelike sagteware is enige sagteware wat kopiereg bevat en wat beperkinge het op sekere gebruike, verspreiding of verandering wat afgedwing word deur die uitgewer of ontwikkelaar. Eiendomsregtelike sagteware word besit deur die eienaar/skepper en word gebruik deur eindgebruikers of organisasies onder ooreengekome omstandighede. Eiendomsregtelike-sagteware word gewoonlik betaal.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Moet gekoop/afgelaai word vanaf 'n gelisensieerde verkoper en wat dan op die gebruiker se rekenaar geïnstalleer moet word. Die gebruiker moet saamstem met al die terme en voorwaardes voordat die installasie van die program kan plaasvind. Die gebruiker het nie toegang tot die bronkode nie.

Voordele Daar is ondersteuning vir die wie sukkel met installasie, ens.

Foute en regstellings word reggemaak deur die span wat die program ontwikkel.

Nadele Die gebruiker kan nie veranderinge maak aan die sagteware nie, aangesien die gebruiker nie die bronkode het nie.

Gebruikers moet dalk betaal vir nuwe funksies of opdaterings.

Aanvanklike koste en opstel kan duur wees.

Sekuriteitsprobleme kan tyd vat om reggemaak te word.

Beperkings Gebruiker mag dalk beperk word in terme van keuses. Bv. Microsoft of Apple vir bedryfstelsels.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Duurder as oopbronsagteware. Sommige mense verkies oopbronsagteware want dit is verniet.

Eiendomsregtelike sagteware mag meer funksies bevat en kan meer ondersteuning verskaf as oopbronsagteware.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Windows

Office

Page 47: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

42 | B l a d s y

25. VERWYSINGS-/OPVOEDKUNDIGE SAGTEWARE Beskrywing – Wat dit is

Opvoedkundige-sagteware voorsien oefeninge in 'n spesifieke vak en word gewoonlik geklassifiseer volgens graad-, ouderdom- of spesifieke vak (byvoorbeeld wiskunde, wetenskap, geskiedenis en geografie). Verwysingsagteware is baie soortgelyk aan opvoedkundige sagteware, maar dit bevat inligting oor 'n verskeidenheid vakke. Dit is gewoonlik gegroepeer volgens vakke. Opvoedkundige- en verwysingsagteware is beskikbaar as eiendomsregtelik-, deelware- en gratisware-sagteware pakkette wat van die internet afgelaai kan word. Verwysingsagteware raak verouderd, aangesien inligting gratis van die internet afgelaai kan word.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Verwysingsagteware bestaan uit 'n groot databasis van inligting en 'n gebruikerskoppelvlak, wat soekfunksies vir maklike toegang tot die inligting voorsien. Opvoedkundige-sagteware voorsien spesifieke inligting vir 'n sekere ouderdomsgroep. Opvoedkundige-sagteware verskaf onderrig in 'n spesifieke vak en werk ook as 'n digitale verwysingsgids vir die betrokke vak.

Voordele Studente beheer hulle eie leerervaring, die spoed waarteen hulle leer en hoe hulle hulself uitdaag.

Rekenaars help studente om al hulle sintuie te gebruik om inligting te verkry.

Studente leer deur die skep en gebruik van praktiese kennis.

Rekenaars help om studente 'n positiewe houding teenoor tegnologie te laat ontwikkel.

Rekenaars is dra daartoe by om studente se fundamentele vaardighede te ontwikkel (d.w.s. letters, getalle, kleure, vorms, ritme, oorsaak en gevolg, probleemoplossing, prosedurele denke, kreatiwiteit).

Rekenaars is regtig voordelig vir studente wat spraak-, gehoor- of motoriese-beperkings het omdat dit optree soos 'n geduldige opvoeder wat die student in staat stel om op sy eie tempo te leer.

Opvoedkundige-sagteware kan onderrig- en studietyd van onderwysers en leerders spaar.

Nadele Sagteware moet met oorleg gekies word om te verseker dat dit die kind se aandag hou en terselfdertyd ook opvoed.

Sommige sagteware wys nie duidelik dat dit geen opvoedkundige waarde het nie.

Dit is skaars om 'n skool te vind wat genoeg rekenaars vir elke student het.

Dit is moeilik om 'n student se aandag te kry wanneer hulle op die rekenaar besig is.

Page 48: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

43 | B l a d s y

Spierbeserings en visieprobleme kan ontstaan wanneer studente te veel tyd op die rekenaar spandeer. (wahmbrenda, n.d.)

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Die meeste sagteware kan deesdae op slimfone gebruik word, dus het skoolkinders direkte toegang tot inligting.

Wanneer dit in die klas gebruik word, maak onderwysers hulself relevant vir hulle studente. Vandag se generasie leerders raak meer betrokke as IKT gebruik word, want dit is waaraan hulle gewoond is.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Rapid Typing Tutor

Google Earth

Compu-Read

Geogebra

Mathematica

Yousician

Scratch

Page 49: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

44 | B l a d s y

26. RISIKO TYDENS DIE GEBRUIK VAN FOUTIEWE SAGTEWARE Beskrywing – Wat dit is

Foutiewe sagteware is wanneer sagteware 'n sekere programfout tydens die installering- of uitvoerproses veroorsaak. Die ontwerp van die sagteware is foutief en dit kan wees a.g.v. foutiewe programmering van die sagteware. Hierdie sagteware kan 'n foutiewe of onverwagte uitkoms lewer en kan lei tot die beskadiging van jou rekenaar.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Wanneer 'n program foutief is, sal dit nie behoorlik op die toestel geïnstalleer kan word nie. Jy kan 'n oplossing op die internet probeer kry, maar die raad wat gegee word mag dalk meer probleme veroorsaak. Dit kan voorstel dat jy sekere lêers moet aflaai of skrap, en dit kan lei tot nog probleme.

Voordele As jy vir sagteware betaal het, en jy ervaar probleme daarmee, kan jy die ontwikkelaars kontak en hulle kan jy help om die probleem op te los.

Nadele Jou rekenaar kan 'n virus opdoen.

Die sagteware gaan nie korrek werk nie of slegs beperkte gebruik toelaat.

Die sagteware kan onbruikbaar raak.

Opdaterings (om foute reg te maak) is nie altyd beskikbaar op die tyd wat jy die sagteware wil gebruik nie.

Sekuriteitskwessies kan ook ontstaan wanneer jy foutiewe sagteware gebruik – dit is dalk so opgestel om te 'kyk' wat jy op jou rekenaar doen en dan jou persoonlike inligting steel.

Beperkings Met die beskikbaarheid van sagteware op die internet, is dit moeilik om 'n suksesvolle oplossing te kry. Sommige mense verkies om gratis sagteware te gebruik, selfs al het dit foute, om geld te spaar of hulle wil nie die ontwikkelaars ondersteun nie.

Roofkopiëring van sagteware is ook 'n probleem. Dit word onwettig versprei en veroorsaak dat die maatskappy wat die program geskryf het, geld verloor. Dit is onwettig.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

'n Beta weergawe van 'n program is wanneer ontwikkelaars 'n program vrystel nog voordat dit in die finale stadium van ontwikkeling is. Die program kan programfoute bevat en daarom kan die publiek die program gebruik en terugvoering gee oor dit foute wat hulle teëkom. Op hierdie manier kan die ontwikkelaars al die foute in die sagteware regmaak voordat hulle die finale weergawe vrystel.

Page 50: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

45 | B l a d s y

27. DEELWARE ('SHAREWARE') Beskrywing – Wat dit is

Deelware, ook bekend as 'probeer voordat jy koop' is enige sagteware wat jy vir 'n proefperiode kan gebruik. As jy van die sagteware hou, kan jy die volledige weergawe koop. Die ontwikkelaars moedig jou aan om hierdie sagteware te deel en afskrifte te maak sodat mense dit kan toets en koop dit as hulle dit wil hê. Die sagteware is gewoonlik beskikbaar vir 'n beperkte tyd of beperk funksies totdat jy die volle sagteware koop. https://www.youtube.com/watch?v=tNuDxYHQRs8 https://www.youtube.com/watch?v=BPOhHoaFc_s

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Deelware kan vrylik afgelaai en gedeel word. As jy wil, kan jy die volledige weergawe koop, of nie, dan verwyder jy dit net.

Voordele Jy kan die sagteware toets voordat jy geld daarin belê, veral as jy nie seker is wat jy wil hê nie.

Persoonlike na-verkope diens aangesien hierdie maatskappye gewoonlik kleiner is. Interaksie is gewoonlik met die ontwikkelaar self, aangesien hulle wil help om die produk beter te maak.

Kostes is normaalweg minder as vir sagteware wat verkoop word (soos eiedomsregtelike sagteware). Laer bedryfskoste (vir die maatskappy) beteken dat deelware-outeurs die gebruikers minder kan laat betaal.

Deelware lêers word op baie groter skaal vir virusse getoets, wat verseker dat die gebruiker 'n goeie gehalte sagteware vry van enige virusse kry.

Deelware is maklik op die internet beskikbaar.

Nadele Die sagteware kan nie verander word nie.

Dit is nie 'n volledige weergawe van die sagteware nie, werk met beperkte funksies.

Proeftydperk vir gebruik.

Sommige van die sagteware word nie gereeld opgedateer nie.

Beperkings • Dit is nie 'n volledige weergawe van die sagteware nie. • Proeftydperk vir gebruik.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

As jy nie seker is van die sagteware wat aan jou behoeftes sal voldoen nie, sal deelware jou antwoord wees, aangesien jy verskillende tipes kan toets en net die een wat aan jou behoeftes voldoen, koop.

Deelware is ook goedkoper om te koop.

Deelware kan versprei word met rekenaartydskrifte – dit stel almal bekend aan nuwe deelware.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

• WinZip is saampersingsdeelware. • Office 365 is 'n kantoorpakket wat jy kan probeer voordat jy

koop. • AVG is 'n anti-virus deelware.

Page 51: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

46 | B l a d s y

28. WEERGAWES (OPDATERINGSSAGTEWARE), REGSTELLINGS EN DIENSPAKKETTE Beskrywing – Wat dit is

Sagteware weergawes verwys na die veranderinge in 'n sagteware produk. Soos wat die skeppers hul sagteware verbeter en opdateer, word verskillende weergawes van die produk vir gebruikers vrygestel. 'n Sagteware weergawe kan 'n weergawe naam of weergawe nommer wees soos wat dit ontwikkel en vrygestel word. Die herkenning van 'n weergawe kan 'n woord, nommer of datum wees, bv. 7, 8, 8.1, 10 of 'Lollipop', 'Marshmallow' of 2010, 2013, 2016. 'n Regstelling ('Patch'), wat somtyds 'n 'fix' genoem word, is 'n gedeelte van sagteware wat gebruik word om 'n spesifieke probleem op te los. Die fout word gewoonlik 'n 'bug' genoem en kom voor in die bedryfstelsel of sagteware. (Fisher, 2018). Regstellings is gewoonlik tydelike oplossings totdat die volle, nuwe weergawe van sagteware vrygestel word. 'n Dienspakket ('Service Pack' (SP)), is 'n reeks vrystellings, ook regstellings, vir foute of opdaterings vir die bedryfstelsel of ander sagteware. Regstellings word vrygestel voordat die groter dienspakket vrygestel word, maar 'n dienspakket bevat baie regstellings en benodig net 'n enkele installasie.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Weergawe: Nie alleenlik verwys die weergawe nommers dat aan 'n produk verander of verbeter is nie, maar wys ook die volgende:

Volgorde van vrystelling

Aantal veranderinge

Datum van vrystelling

Elke ontwikkelaar het hul eie manier waarop hulle nommeringstelsel werk vir elke nuwe vrystelling.

Page 52: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

47 | B l a d s y

Regstellings: Groot sagteware verskaffers sal gereelde herstellings, regstellings vrystel. Dit kan gewoonlik vanaf die internet afgelaai word wat dan spesifieke probleme in die sagteware herstel. Hierdie vrystellings wat afgelaai kan word kan wissel van klein ('n paar KB) tot baie groot veranderinge (honderde MB of meer). Die lêergrootte en tyd wat dit neem om afgelaai en geïnstalleer te word, hang af waarvoor die herstelling is en hoeveel herstellings ('fixes') gemaak moet word. (Fisher, 2018) 'n Dienspakket: Meeste van die tyd dui die tipe sagteware of die bedryfstelsel aan watter dienspakket gebruik word deur die aantal dienspakkette wat vrygestel is. Bv. die eerste dienspakket word gewoonlik SP1 genoem, en die daaropvolgendes hulle eie nommers soos SP2 en SP5. Meeste van die tyd (maar nie altyd nie) sal sagteware en bedryf-stelsel dienspakkette vrystel wat gratis is – d.m.v. 'n handleiding vanaf die ontwikkelaar se webtuiste of deur outomatiese opdateringsfunksies in die sagteware/oopbronsagteware. Dienspakkette word gewoonlik geskeduleerd vrygestel, soos elke jaar of elke tweede of derde jaar. Alhoewel dienspakkette 'n hele paar opdaterings in een pakket vrystel, hoef jy nie self elke opdatering op jou eie te doen nie. Dit werk so dat nadat jy die oorspronklike pakket afgelaai het, sal al die nuwe herstellings of vrystellings outomaties gedoen word of jy het net nodig om deur eenvoudige verdere instruksies te klik vir installasie. (Fisher, What is a service pack, 2017).

Voordele van opgraderingssagteware, installering van regstellings en dienspakkette

Sekuriteit is beter.

Nuwe funksies word ingesluit.

Indien sagteware gereeld opgedateer word, sal die werkverrigting van die rekenaar vinniger wees.

Kliëntediens kan verskaf word en ou weergawes se kliëntediens word gestaak.

Opgradering is gratis.

Foute word herstel.

Probleme wat in die toekoms dalk sou plaasvind word reggemaak.

Sekuriteitsgapings in die sagteware waarby kuberkrakers kon inbreek, word reggemaak.

Nadele van opgraderingssagteware, installering van

Jy mag dalk nie van die nuwe eienskappe hou nie.

Probleme kan voorkom in hierdie of ander sagteware.

Soms moet daarvoor betaal word.

Page 53: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

48 | B l a d s y

regstellings en dienspakkette

Foute kan voorkom wat kan keer dat jy vorige datalêers kan gebruik.

Dit mag tyd neem om die nuwe funksies van die sagteware aan te leer.

Sagteware mag onbetroubaar wees.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Windows: Windows 8, Windows 10 Android: Lollipop, Marshmallow iOS: iOs 11.2.6, 11.3 Dienspakket: SP1, SP2 Office: Office 2016, Office 2016

Page 54: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

49 | B l a d s y

29. STEMHERKENNING OOK GENOEM SPRAAKHERKENNING Beskrywing – Wat dit is

Stemherkenning is die omskakeling van spraak na teks. Die woorde wat jy sê word omgeskakel na teks wat die rekenaar kan gebruik.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die rekenaar het 'n woordeboek wat gebruik word vir sekere woorde in sekere tale (Engels, Frans, Duits, ens.). Die woorde het ook maniere van uitspraak vir spesifieke, problematiese woorde. Die rekenaar kan drie verskillende weergawes van dieselfde woord hoor, vanaf drie verskillende mense en dit sal nog steeds herken en gebruik word as dieselfde woord en die rekenaar kan dit gebruik. Toepassings wat afhanklik is van die spreker het te doen met die outomatiese stemherkenning van 'n enkele persoon of spreker. Toepassings wat onafhanklik is van die spreker het ontwikkelde stelsels wat enigiemand se stem kan herken.

Voordele Dit kan 'n handtoestel wees met 'n diktasiestelsel wat rondgedra kan word deur dokters of prokureurs wat mediese rekords van pasiënte kan stoor of wat gebruik kan word terwyl die persoon met kliënte praat.

Dit kan gebruik word om oproepe na een van jou gestoorde kontakte te maak, om deur jou musiekbiblioteek te soek vir 'n liedjie deur net te praat, te tweet of om selfs aanlyn banktransaksies te doen.

Nadele Toepassings wat afhanklik is van die spreker moet opgestel word om die gebruiker se stem te herken.

Toepassings wat onafhanklik is van die spreker moet deur 'n spesialis opgestel word.

Beperkings Wanneer jy jou slimfoon gebruik om vir 'n restaurant op Google Maps te soek, is die stemherkenning toepassing eintlik op die wolkbedieners en nie self op die slimfoon nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Stemherkenning is 'n alternatiewe metode om data in te voer buiten die sleutelbord. Jy praat met die rekenaar en die rekenaar wys die woorde op die skerm. Die sagteware is ontwikkel as 'n vinnige metode van skryf op die rekenaar wat gestremde persone help, veral vir die wat nie kan skryf nie, of vir wie skryf moeilik, pynlik of onmoontlik is.

Stemherkenningssagtware kan diegene help wat probleme het met spelling, soos die met disleksie, want stemherkenningssagteware vertoon die meeste van die tyd die korrekte spelling op die skerm.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Daar is ʼn hele paar stemherkenningssagteware pakkette wat bestaan. o Nuance o Loquendo o Telisma o LumenVox o Microsoft het stemverwerkingsvermoëns en Google het

ook stemherkenning moontlik gemaak.

Page 55: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

50 | B l a d s y

30. WEBDEURBLAAIERS

Beskrywing – Wat dit is

'n Webdeurblaaier is sagteware wat gebruik word om inligting wat op die wêreldwye web beskikbaar is, oop te maak, te vertoon en daardeur te navigeer/blaai. Dit sluit webbladsye, grafiese beelde (prente), video en ander lêers in. (Wikipeadia, 2018)

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

'n Webdeurblaaier maak gebruik van 'n tipe 'push-pull'-tegnologie, omdat die gebruiker inligting via die webbediener aanvra en die bediener dan die inligting na die deurblaaier terugstuur, om op 'n toestel wat aan die internet gekoppel is, te vertoon. (Anonymous, 2006)

Voordele Webdeurblaaiers verskaf die volgende voordele aan gebruikers: Mozilla Firefox

Firefox word beskou as 'maklik om te gebruik' met sy minimalistiese koppelvlak

Beskik oor 'n groot biblioteek van ekstra fasiliteite ('add-ons')

Bied private soek/deurblaai ('browsing') Opera

Gebruik nie baie geheue nie

E-pos en RSS is ingesluit in die deurblaaier

Laai vinniger op 'n stadige netwerkkonneksie

Bied private soek/deurblaai ('browsing') Google Chrome

Vinniger prestasie

Versoenbaar met 'n groot uitbreidingsbiblioteek

Uitstekende HTML5 ondersteuning

Ingeboude Flash Player en PDF-leser

Bied private deurblaai ('browsing'), genaamd 'Incognito mode' internet Explorer

Die Windows-bedryfstelsel kom met Internet Explorer reeds geïnstalleer

Grafiese beelde ('images') laai vinniger

Mees algemeen gebruikte webdeurblaaier

Internet Explorer het 'n goed-ontwerpte raakskerm koppelvlak

Bied private deurblaai ('browsing') deur 'n 'InPrivate' blaaiervenster

Page 56: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

51 | B l a d s y

Microsoft Edge

Mens kan notas op webblaaie wat oopgemaak is byvoeg

'n Leeslys is bygevoeg

'n Persoonlike assistent, 'Cortana', vorm deel van die deurblaaier

Bied private deurblaai ('browsing') deur 'n 'InPrivate' blaaiervenster

Safari

Bladsye word vinnig afgelaai

Beste deurblaaier vir Mac-gebruikers

Maak voorsiening vir boekmerke en RSS-voere

Bied private deurblaai ('browsing') (Lubis, 2012)

Nadele en Beperkings Mozilla Firefox

Gebruik meer geheue as ander deurblaaiers

Nie geskik vir mobiele gebruikers nie

Gebrek aan prestasie op swakker hardeware Opera

Sommige webtuistes is nie met hierdie deurblaaier aanpasbaar nie

Opdatering impliseer dat die toepassing van vooraf afgelaai moet word

Google Chrome

Hoe meer 'tabs' oop is, hoe stadiger word die deurblaaier, omdat al hoe meer geheue gebruik word

Dis moeilik om die deurblaaier te konfigureer Internet Explorer

Stadiger reaksietyd

Soms is Windows ondersteuning min

Installering van 'add-ons' kan stadig wees

Microsoft Edge

Soortgelyke gebruikerskoppelvlak as Internet Explorer

Versoenbaarheidsfoute

Geen deurblaaier uitbreidings of byvoegings ('add-ons') beskikbaar nie

Safari

Slegs volledig aanpasbaar met Apple toestelle

Bied sedert 2013 geen ondersteuning nie (Anon., 2017)

Page 57: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

52 | B l a d s y

Relevansie en impak op persoonlike lewe

Die gebruik van webblaaiers het 'n daaglikse aktiwiteit geword om inligting van die Internet te verkry. Deurblaaiers stel mens in staat om maklik en effektief take soos vertaling van inhoud, te doen. Deurblaaiers bied nie net toegang tot 'n groot hoeveelheid inligting nie, maar ook vinniger toegang tot sosiale media. (Anon., 2015)

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Webdeurblaaiers word deur gebruikers aangewend om inligting op die internet te soek en om multimedia-aktiwiteite soos video-konferensies uit te voer (Beal, 2018).

Page 58: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

53 | B l a d s y

31. WEBGEBASEERDE TOEPASSINGS TEENOOR GEÏNSTALLEERDE TOEPASSINGS Beskrywing – Wat dit is

Webgebaseerde Toepassings

Ook bekend as web toeps.

Sagteware wat gekry kan word deur 'n webblaaier wat aan die internet gekoppel is.

Soms geken as wolkware.

Mag gebruik word om die Intranet van 'n lokale skool of besigheid te bestuur.

Geïnstalleerd

Sagteware wat op jou toestel geïnstalleer moet word voordat jy dit kan gebruik. Staan ook bekend as die 'desktop' weergawe.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Webgebaseerd

Toepassing werk in 'n webblaaier.

Die sagteware word na die gebruiker se werkstasie afgelewer.

Dokumente wat gemaak is deur die gebruik van webgebaseerde sagteware word aanlyn gestoor (in die wolk).

Webgebaseerde sagteware kan verniet wees of 'n sekere koste daaraan verbonde hê.

Daar is webtuistes wat alternatiewe sagteware verniet versprei in plaas van gelisensieerde (eiendomsregtelike) sagteware. Jy kan, byvoorbeeld, 'Google Docs' of 'ThinkFree' gebruik in plaas van 'Microsoft Office' waarvoor jy moet betaal.

Geïnstalleerd

Lessenaar sagteware kan gekoop word op 'n CD of kan vanaf die internet afgelaai word.

Sodra die sagteware op jou plaaslike toestel geïnstalleer word, kan jy dit gebruik.

Voordele Webgebaseerd

Op enige plek beskikbaar wat 'n internet konneksie het.

Geen sagteware installasie word benodig.

Die verkoper is verantwoordelik vir die rugsteun van data.

Outomatiese opdatering van sagteware.

Sentralisering van die stoor van data (gewoonlik nie op 'n webtuiste nie).

Word op 'n veilige plek, soos veilige bedieners, gestoor, waar die nuutste regstellings en antivirusdefinisies daarop toegepas word.

Geïnstalleerd

Jy verloor nooit toegang tot jou gestoorde data nie.

Geen internet konneksie word benodig om toegang tot jou werk te kry nie.

Vinniger toegang tot data as wat jy dit sou kry deur jou internetkonneksie.

Page 59: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

54 | B l a d s y

Die sagteware kan opgestel word soos jy dit verkies.

Jy besit en beheer jou eie data.

Is goedkoper oor die lang termyn.

Het die volle weergawe van die program in teenstelling met die webgebaseerde weergawe wat nie al die funksionaliteit bevat nie.

Nadele Webgebaseerd

Jy kan nie dringende data kry as jou ISP onbeskikbaar is of foutief is nie.

Toegang tot data is stadiger omdat dit via 'n internet konnek-sie toegang kry, en nie op jou lokale toestel gestoor is nie.

Iemand anders stoor en beheer jou data.

Duurder oor die lang termyn, a.g.v. inteken kostes.

Beperkte weergawe van die program wat nie al die funksies van die geïnstalleerde weergawe bevat nie.

Geïnstalleerd

Sagteware moet op elke rekenaar geïnstalleer word.

Tegniese kennis word benodig om die sagteware te installeer, op te stel en om dit op te dateer.

Jy moet jou eie rugsteun skep.

Beperkings Webgebaseerd

Jy benodig 'n internetkonneksie om toegang tot jou inligting te verkry.

Geïnstalleerd

Jy moet die eiendomsregtelike sagteware koop voordat jy dit kan installeer en gebruik.

Jy benodig tegniese vaardighede om die sagteware te installeer, op te dateer en om die toepassing tot die sagteware te verseker.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Webgebaseerd

Dit is maklik vir maatskappye om 'n besigheid te kry om as gasheer van hierdie web toepassings op te tree.

Gerieflik vir mense wat mobiele toestelle het.

Jy het toegang tot jou toep, ten spyte van watter bedryfstelsel jy het.

Geïnstalleerd

Toeps werk vinniger as hulle op jou eie toestelle geïnstalleer is.

Geen internet konneksie word benodig nie.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Webgebaseerd

Google Docs, Google Sheets, Google Slides.

Geïnstalleerd

Eiendomsregtelike sagteware (Gelisensieërde sagteware waarvoor jy kan betaal).

Microsoft Office Suite 2013, Office Suite 2016.

Page 60: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

55 | B l a d s y

REKENAARBESTUUR

32. RUGSTEUN Beskrywing – Wat dit is

Die proses van rugsteun is die kopiëring van rekenaardata sodat dit gestoor kan word en gebruik word om die oorspronklike data te vervang, sou dit verlore raak.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Tipes 1. Volle rugsteun – 'n kopie van al die data en gestoor op 'n

eksterne toestel. 2. Aangevul – slegs die nuwe lêers wat geskep is of verander is

sedert die laaste rugsteun, word gekopieer. 3. Differensieel – al die lêers wat geskep of verander is sedert die

oorspronklike (eerste) rugsteun, word gekopieer – dit neem langer as aangevulde rugsteun.

Rugsteun intervalle verskil volgens elke individu/maatskappy se behoeftes. Bv.

- Vol daagliks - Vol weekliks + differensieel daagliks - Vol weekliks + aangevul daagliks - Vol maandeliks + vol weekliks + aangevul daagliks

Voordele Data is beskikbaar sou 'n rekenaar breek/virus kry/gesteel word/lêer per ongeluk verwyder is.

Sekuriteit – data is gestoor op 'n ander plek as die rekenaar/toestel wat gebruik word.

Nadele Gebruik stoor spasie op ander toestelle/media.

Rugsteun wat met die hand gedoen moet word vat baie tyd.

Mense is te lui om data gereeld te rugsteun.

Beperkings Enige lêers wat gemaak is na die laaste rugsteun sal nie beskikbaar wees op die rugsteun nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Tyd en hulpbronne word nie gemors om weer al die dokumente/data te skep sou die data verlore gaan/foutief raak nie.

Afhangende van die grootte van die rugsteun kan verskillende stoormedia gebruik word om die data te stoor bv. Vir 1 TB, kan 'n eksterne hardeskyf gebruik word.

Wolkberging het gewoonlik 'n beperkte hoeveelheid stoorspasie, dus sal die grootte van die rugsteun nagegaan moet word voor die rugsteun kan plaasvind.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

DVD/CD

Flitsskyf

Eksterne hardeskyf

Bediener

Aanlyn/wolkberging

Page 61: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

56 | B l a d s y

33. KASBERGING ('CACHING') Beskrywing – Wat dit is

Kasberging is die tydelike berging van data en instruksies wat waarskynlik volgende verwerk sal word.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Dit verbeter die werkverrigting van die rekenaar, aangesien dit die data uit die vinniger kasgeheue haal en nie uit die stadiger berging nie. Skyfkasberging – die program wat vroeër oopgemaak is, bly in die kasgeheue en wanneer jy dit weer oopmaak, laai dit baie vinniger. Webkasberging – webbladsye wat voorheen besoek is, bly in die kasgeheue en word vanuit die kasgeheue gelaai.

Voordele Kasgeheue is nader aan die SVE en word dus vinniger as die hoofgeheue bereik.

Dit stoor die program wat in 'n kort tydjie uitgevoer kan word.

Stoor data vir tydelike gebruik.

Verwerking lyk vinniger.

Nadele As die rekenaar afgeskakel is, word die kasgeheue skoongemaak.

Page 62: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

57 | B l a d s y

34. VERSOENBAARHEIDSPROBLEME ('COMPATIBILITY ISSUES') Beskrywing – Wat dit is

Versoenbaarheid is die vermoë van jou sagteware om met die hardeware en die sagteware wat op jou rekenaar en op ander rekenaars geïnstalleer is te werk.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Versoenbaarheid kan in drie kategorieë opgedeel word: Versoenbaarheid met die bedryfstelsel

Meeste sagteware is geskep om met 'n spesifieke stel bedryfstelsels te werk – soos die Microsoft reeks, die Apple reeks of die Android reeks. Saam met dit sal jy vind dat sagteware ook die 'minimum' weergawe benodig om te werk. Bv. 'n program sal op Windows Vista en enige hoër sagteware na Vista werk, maar geen ouer weergawe soos Windows XP nie.

Versoenbaarheid tussen weergawes van dieselfde toepassing

Meeste sagteware is afwaarts versoenbaar dus kan hul lêers gebruik wat in ouer weergawes geskep is maar die sagteware is nie altyd opwaarts versoenbaar nie, wat beteken dat dit nie lêers wat in nuwer weergawes geskep is kan oopmaak nie.

Versoenbaarheid tussen die moederbord en die hardeware

As jy nuwe hardeware wil gebruik, moet die moederbord die poort bevat wat die hardeware gebruik vir dit om versoenbaar te wees.

Voordele om versoenbare sagteware te gebruik

Meeste sagteware is afwaarts versoenbaar so dit kan lêers gebruik wat in ouer weergawes geskep is.

Lêers kan gedeel word met gebruikers in verskillende plekke sonder die vrees dat hul nie die lêers sal kan lees nie.

As 'n netwerk versoenbare sagteware gebruik, is onderhoudingskostes laer.

Opleiding is minder vir gebruikers met versoenbare sagteware.

Nadele As 'n lêer tussen twee toestelle wat nie versoenbare sagteware het nie, gedeel word, sal die lêer nie gelees kan word nie.

Beperkings Om lêers met iemand anders te deel kan problematies wees.

Dokumente moet in 'compatibility mode' gestoor word vir dit om in ouer weergawes oop te maak.

Sekere eienskappe kan dalk nie in ouer weergawes beskikbaar wees nie, dus moet hierdie eienskappe van die lêer verwyder word.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

As die gebruiker nie spesiale aandag aan die tipe sagteware wat hul koop en die vereistes om die sagteware te bedryf nie gee, kan die gebruiker dalk glad nie die sagteware gebruik nie.

Om lêers met iemand anders te deel kan 'n probleem wees, want die ontvanger kan dalk nie die lêer oopmaak nie as gevolg van die sagteware weergawe waarin daardie lêer geskep was en die weergawe waarmee dit oopgemaak word.

Page 63: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

58 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Bedryfstelsels: Windows XP 'ouer weergawe' Windows 10 'nuwer weergawe'.

Microsoft Office 2003 'ouer weergawe' Microsoft Office 2016 'nuwer weergawe'.

Page 64: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

59 | B l a d s y

35. DEFRAGMENTASIE, SKYFSKANDERING EN SKYFSKOONMAAK Beskrywing – Wat dit is

Defragmentasie, skyf skandering en skyfskoonmaak is deel van die bedryfstelsel se nutsprogrammatuur.

Defragmentasie: Defragmentasie is die proses wat die hoeveelheid fragmentasie in die sisteem probeer verminder (In rekenaarstoor, is fragmentasie wanneer stoorspasie ondoeltreffend gebruik word, wat die verrigting van die rekenaar beperk).

Skyfskandering: Dit is ʼn nutsprogram wat gebruik kan word in enige bedryfstelsel. Dit word gebruik om foutiewe lêers op te spoor en om dit reg te maak. Dit word ook gebruik om foute op jou skyf te vind sodat dit die werkverrigting van jou rekenaar sal verbeter.

Skyfskoonmaak: Dit is 'n nutsprogram wat in die bedryfstelsel voorkom en dit word gebruik om die stoorspasie op jou rekenaar skoon te maak deur tydelike lêers wat vanaf die internet afgelaai is of wat deur Windows geskep is, te verwyder. Dit kan ook sagteware uitvee wat jy lanklaas of nie gereeld gebruik nie. Dit vee ook lêers uit wat in die 'recycle bin' is.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Defragmentasie Soos jy jou rekenaar gebruik en soos jy toepassings op jou rekenaar installeer/uitvee of jy lêers op jou rekenaar uitvee, sal dele van jou lêers op verskillende plekke op jou skyf gestoor word. Die skyfdefragmenteerder skuif hierdie lêerdele langs mekaar op die skyf.

Skyfskandering Skyfskandering is 'n nutsprogram en dit maak die foute wat jou programme keer om behoorlik te werk, reg en raak ontslae van tydelike lêers. Alle toepassings moet toe wees voordat die skandering kan plaasvind en jy mag nie op jou rekenaar werk terwyl daar vir foute gesoek word nie.

Skyfskoonmaak Hierdie nutsprogram soek en analiseer die harde skyf vir lêers wat nie meer gebruik word nie, voordat die lêers analiseer en laastens uitvee.

Voordele Defragmentasie o Verhoogde spoed (verbeterde stelsel verrigting).

Skyfskandering o Maak skywe en foute reg.

Skyfskoonmaak o Meer skyfspasie. o Om jou skyf gereeldelik skoon te maak verseker dat jou

stelsel vry is van skadelike lêers wat jou private inligting kan versprei.

Page 65: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

60 | B l a d s y

Nadele Defragmentasie o Die proses vat tyd. o Verminder toegang tot die hardeskyf terwyl die proses aan

die gang is.

Beperkings Jy behoort nie jou toestel te gebruik terwyl die nutsprogramme besig is nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Hierdie nutsprogramme laat die gebruiker toe om basiese onderhoud op hul toestelle te doen.

Page 66: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

61 | B l a d s y

36. DRYWERS Beskrywing – Wat dit is

'n Drywer is 'n program wat die kommunikasie tussen 'n toestel en die bedryfstelsel beheer. Toestelle sluit drukkers, digitale kameras, skandeerders en eksterne hardeskywe in.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die bedryfstelsel kry toegang tot die toestel en die drywer is die kommunikasie tussen die toestel en die bedryfstelsel. Die drywer van daardie toestel voer die funksies uit wat die gebruiker nodig het.

Inprop-en-speel ('Plug & Play') is 'n term wat gebruik word as die bedryfstyl die drywer van 'n toestel outomaties installeer en die toestel dan onmiddellik beskikbaar is vir gebruik. Warminpropbaar ('Hot swappable') beteken dat 'n toestel ingeprop kan word en onmiddellik gebruik kan word, sonder om die rekenaar af te sit.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Algemene foutopsporing Herinstalleer die drywer as die toestel nie met die bedryfstelsel wil kommunikeer nie.

Dateer die drywer vir die nuutste funksies en eienskappe op.

Maak seker dat die hardeware toestel versoenbaar ('compatible') met die bedryfstelsel is.

Laai die drywers van die internet af.

Page 67: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

62 | B l a d s y

37. MULTITAAKVERWERKING Beskrywing – Wat dit is

Multitaakverwerking is die verwerkingstegniek waar die bedryfstelsel meer as een taak (proses of program) gelyktydig op 'n enkele verwerker uitvoer.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Multitaakverwerking is die vermoë van die bedryfstelsel om die aandag van die SVE tussen verskillende take teen so 'n spoed te skakel dat dit voorkom asof al die take gelyktydig uitgevoer word. Voorbeelde van bedryfstelsels wat multitaakverwerking ondersteun: Windows 7/8/10, Linux, Mac OS, Android, en iOS.

Voordele Verskeie toepassings kan oopgemaak word en take kan gelyktydig uitgevoer word.

Take kan meer effektief beheer word en produktiwiteit kan vermeerder.

Die SVE word meeste van die tyd gebruik en is nooit ledig nie.

Die stelsel kom vinnig voor soos wat al die take parallel werk.

Die reaksietyd is korter.

Nadele Om boek te hou van al die take/prosesse, kan somtyds moeilik wees om te hanteer.

As gevolg van baie take wat uitgevoer word, moet lang prosesse somtyds lank wag om uitgevoer te word.

Multitaakverwerking kan tyd mors omdat jy moet oorskakel van taak na taak.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Die vermoë van 'n rekenaar om 'n woordverwerker, sigblad, e-pos, webblaaier, Windows media Player te kan gebruik en om dieselfde tyd kan druk is 'n voorbeeld van multitaakverwerking.

As jou slimfoon musiek speel, boodskappe ontvang, opdatering doen en deur die internet blaai is dit 'n voorbeeld van multitaakverwerking.

Page 68: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

63 | B l a d s y

38. SKEDULERING Beskrywing – Wat dit is

'n Skeduleerder besluit watter programme in die stelsel kan in kom om verwerk te word. 'n Taak skeduleerder word gebruik om die algemene take wat jou rekenaar uitvoer outomaties te beheer en te skep op die tyd wat jy spesifiseer. Daar is ander skeduleerders soos 'n SVE skeduleerder.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Hierdie nutsprogram laat die rekenaar toe om outomaties take op 'n spesifieke tyd te doen. Bv.: Windows doen outomaties gereelde skyfdefragmentasie or skyfskoonmaak solank as wat die tyd vir dit om te gebeur, gestel is.

Voordele Die rekenaar kan outomaties die sagteware laat werk sonder dat jy dit met die hand hoef te doen.

Die volgorde waarin die sagteware uitgevoer moet word kan bepaal word op grond van hoe belangrik die take is of die grootte van die lêer.

Nadele Dit kan die rekenaar stadiger maak as baie programme gestel is om uit te voer op dieselfde tyd terwyl die gebruiker besig is met die rekenaar.

Aangesien dit nie op die skerm vertoon dat die sagteware uitvoer nie, kan die gebruiker verward wees oor hoekom die musiek toepassing speel al het hy dit nie oopgemaak nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Die rekenaar kan take doen sonder dat jy fisies daar is, wat beteken dat dit jou tyd bespaar en jy kan ander take doen.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Jy kan toegang kry tot die taak skeduleerder deur die woord 'scheduler' in te tik by die 'start screen' en kliek dan op 'schedule task' of jy kan na Control Panel – System and security – Administrative tools – Task scheduler afhangend van die bedryfstelsel gaan.

Page 69: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

64 | B l a d s y

39. SEKURITEITSKENMERKE SOOS DIE BEHEER VAN SPIOENWARE, TOEGANGSBEHEER,

ADVERTENSIEWARE EN NETSKANS ('FIREWALL') Beskrywing – Wat dit is

Rekenaar sekuriteit verwys na die beskerming van die gebruiker se data teen toegang daarvan of inmenging deur ongemagtigde gebruikers. Hierdie sekuriteit word aangebied deur die bedryfstelsel.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Toegangsbeheer Toegang tot jou rekenaarstelsel of jou data kan beheer word deur die volgende:

Wat jy weet, byvoorbeeld – jou gebruikersnaam en jou wagwoord.

Wat jy besit/wat jy het, byvoorbeeld – toegangskaarte.

Wie jy is, byvoorbeeld – biometrika.

'n Kombinasie van twee of al die bogenoemde, byvoorbeeld – ʼn debiet- of kredietkaart is 'n kombinasie van wat jy besit ('n fisiese kaart) en wat jy weet (jou PIN).

Sekuriteitskenmerke in die bedryfstelsel

Egtheid verklaring – dit vra vir jou gebruikersnaam en wagwoord.

Bevestiging vir die installering of verwydering van 'n sekere lêer.

Sekuriteitswaarskuwing van jou sekuriteitsentrum – byvoorbeeld, wanneer jy 'n boodskap kry wat jou waarsku dat jou antivirus sagteware verval het.

Lêertoestemming – stel die lêer se lees-alleen funksie of verwyder almal van die verstek toegang het tot die lêer.

Oudit spoor – om op datum te bly met wie toegang gehad het tot die rekenaar en wie die rekenaar gebruik het op 'n sekere tyd sodat aanspreeklikheid toegepas kan word. 'n Oudit spoor help die gebruiker om te weet wat op die rekenaar gebeur het.

Netskans – die muur tussen die rekenaar en die internet. Bedryfstelsels kom met 'n ingeboude netskans wat die bronne of programme beheer wat tussen die rekenaar en die internet oorgedra word.

Sekuriteitsentrums Bedryfstelsels soos Windows het sekuriteitsentrum nutsprogramme/gereedskap wat die gebruiker toelaat om te verseker dat hulle rekenaar gesond is. Die sekuriteitsentrum, indien dit reg opgestel word, kan waarskuwings en leiding aan 'n gebruiker verskaf om met sy of haar rekenaar te help. Byvoorbeeld, die sekuriteitsentrum kan 'n waarskuwing uitstuur indien daar geen anti-virussagteware op jou rekenaar is nie.

Page 70: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

65 | B l a d s y

Kenmerke kan op die sekuriteitsentrum of op die bedryfstelsel gevind word om instellings te kry vir die volgende:

netskans ('firewall')

outomatiese opdaterings

'Windows Defender'

Anti-kwaadwillige sagteware (virusse en spioenware)

Voordele Virus en bedreiging beskerming. Monitor bedreigings aan jou toestel, skanderings op jou rekenaar word uitgeoefen en word opgedateer om die nuutste bedreigings uit te ken.

Toestel verrigting en 'gesondheid'. Jy kan na 'n toestel se werkverrigting kyk, jou toestel skoon hou en dit opgedateerd hou met die nuutste weergawe van Windows.

Netskans en netwerkbeskerming. Jy kan die netskans se stellings beheer. Jy kan ook jou netwerk en internet-konneksie monitor.

Toep en webblaaier beheer. Dit help jou om jou toestel te beskerm teen moontlike gevaarlike toeps, lêers, webtuistes en afgelaaide lêers. Laat jou ook toe om jou sekuriteitsinstellings op te stel en aan te pas tot jou eie voorkeur.

Familie opsies. Laat jou toe om jou kinders se aanlyn bedrywighede te monitor, sowel as om die toestelle in jou huis te monitor. (Windows, 2017)

Dit kom gratis saam met 'n Windows bedryfstelsel.

Nadele Indien jy ekstra funksies soek, sal jy derde-party sagteware moet koop.

Jou skandering spoed kan die werkverrigting van jou rekenaar beïnvloed.

Nie alle bedreigings sal noodwendig 'gesien' word nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Page 71: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

66 | B l a d s y

40. TUSSENTYDSE DATABUFFERING ('SPOOLING') Beskrywing – Wat dit is

Tussentydse databuffering is 'n proses om dokumente te stoor wat gestuur is vir drukwerk op die skyf totdat die drukker gereed is om dit te druk. 'n Tussentydse databuffer is 'n spasie op die hardeskyf deur die bedryfstelsel om drukwerk te stoor.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Drukkers het 'n beperkte hoeveelheid geheue. Met tussentydse databuffering kan rekenaars die volgende taak na die drukker stuur sonder om te wag vir die huidige dokument om klaar te maak. Drukwerk word na die tussentydse databuffer gestuur en dan stuur die tussentydse databuffer die drukwerk een op 'n slag na die drukker in die volgorde waarin dit ontvang is (dit skep 'n drukker wagtydperk ('printer queue')). Terwyl dokumente in die ry wag om gedruk te word, kan jy voortgaan om ander dinge op die rekenaar te doen, omdat die tussentydse databuffering drukwerk op die agtergrond skeduleer.

Voordele Bevorder multiverwerking – nie nodig vir 'n rekenaar om te wag vir 'n stadiger drukker nie. Sodra die dokument is gestuur vir tussentydse databuffering, gebruik die dokument wat besig is om te druk nie meer die rekenaarhulpbronne nie. Dus is rekenaar vry om aan ander programme aandag te gee.

Laat drukwerk toe om doeltreffend bestuur te word – terwyl dokumente in lyn in die tussentydse databuffer/drukker wagtydperk staan, kan hulle geplaas, gekanselleer of hoër of laer in lyn toegeken word

Skep geleentheid om foute effektief te korrigeer. As 'n groot dokument per ongeluk na die drukker gestuur word, kan jy die druk via die tussentydse databuffer kanselleer sonder om die rekenaar te herlaai of die drukker te herlaai of baie papier te mors.

Nadele • Vereis groter hoeveelhede skyfspasie. • Verhoog skyf verkeer.

Nie prakties vir intydse omgewing nie, want resultate word later vervaardig. (Shah)

Beperkings Geen herdruk opsie is beskikbaar nie.

Geen drukbevestiging.

Page 72: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

67 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Page 73: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

68 | B l a d s y

41. NUTSPROGRAM Beskrywing – Wat dit is

Nutsprogramme help met die bestuur, beheer en instandhouding van rekenaar hulpbronne. Hierdie programme is ontwerp om spesifieke funksies te verrig – soos die rugsteun van data.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Nutsprogramme se doel is om 'n spesifieke taak beter op die toestel te maak. Dit help die gebruiker om met die sisteem te kommunikeer. Nutsprogramme word gewoonlik by die bedryfstelsel ingesluit, maar dit is ook moontlik om spesifieke programme apart aan te koop.

Tipes/voorbeelde van nutsprogramme

Rugsteun: maak kopieë van data lêers vir herstel in die geval van data verlies. Saampersing: krimp die lêers sodat dit minder spasie op die hardeskyf vat. Skyfskandeerder: skandeer die hardeskyf vir enige probleme. Anti-virussagteware: skandeer die stelsel vir virusse op die hardeskyf. Stelsel herstel: skep 'n herstelput ingeval die rekenaar herstel moet word. Skyfskoonmaak: verwyder onnodige lêers, soos tydelike lêers of ou inligting van die sisteem. Skyfdefragmentering: herorganiseer die lêers op die hardeskyf sodat die bedryfstelsel vinniger toegang tot die data kry. Formatering: laat die gebruiker toe om lêers by te voeg, te verander en te verwyder van stoortoestelle af.

Voordele Omdat dit in die bedryfstelsel ingesluit word, hoef gebruikers dit nie apart aan te koop nie.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Skyf (defragmentering; skyfskoonmaak);

Lêer bestuurder ('File manager');

'Image viewer';

Soek nutsprogram ('Search utility');

Antivirussagteware;

Rugsteun/herstel nutsprogramme ('restore utility').

Page 74: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

69 | B l a d s y

TOEGANKLIKHEID

42. TOEGANKLIKHEID VIR GESTREMDES Beskrywing – Wat dit is

Toeganklikheid verwys na die ontwerp van produkte en omgewings vir mense met gestremdhede. Toeganklikheid beskryf dikwels hardeware en sagteware wat ontwerp is om diegene wat gestremdhede ervaar, te help.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Hardeware Toeganklikheidshardeware kan verwys na 'n aangepaste rekenaarstelsel wat vir 'n spesifieke persoon ontwerp is of net 'n bykomstigheid wat 'n persoon met 'n rekenaar help. Voorbeelde van toeganklikheidsbykomstighede sluit in sleutelborde met groot letters op die sleutels, 'n groot muis en raakbal ('track ball'), wat met slegs 'n klein hoeveelheid krag geaktiveer kan word. Hierdie en ander toestelle maak dit moontlik maak vir gebruikers met gestremdhede om rekenaars te gebruik. Sagteware Moderne bedryfstelsels sluit standaard toeganklikheidsopsies in wat rekenaars makliker maak om te gebruik sonder die nodige hardeware. Byvoorbeeld, Windows bied vertonwysigings opsies, soos vergroting en omkeer kleure ('inverting colours'), wat die wat moeilik sien, help. Teks-na-spraak kan ook aangeskakel word om hoorbare beskrywings van voorwerpe en teks op die skerm te gee. Diktaat kan gebruik word om algemene take met vokale opdragte uit te voer.

Voordele Die vermoë om op eie tempo te werk.

Word ingesluit in die werksmag.

Nadele Die meerderheid hulpmiddels is baie duur.

Om die tegnologie behoorlik te kan gebruik, moet opleiding gegee word, wat baie tydrowend is.

Tegnologie kan nooit ten volle vertrou word nie.

Tipes gestremdhede en hul hulptoestelle

Blind of gesiggestremd (gebruik klank)

Skermvergrootglas ('magnifier')

Braille sleutelborde en -drukkers

Skermlees sagteware (e.g. Jaws)

Teks na spraak sagteware

Optiese karakterherkenningsssagteware

In zoom Doof (gebruik aanraking en visie)

Visuele waarskuwingssagteware (bv. knipperende raam)

Geslote onderskrif (stuur oudio-inligting in visuele vorm)

Fisiek gestremd

Raakbal muis ('track ball mouse')

Page 75: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

70 | B l a d s y

Groot sleutelbord

Oog beheerde muis

Suig en blaas ('Sip and puff') tegnologie (SNP)

Oog beheerde kopstuk

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Bedryfstelsel toeganklikheid Bedryfstelsels het baie ingeboude toeganklikheidsfunksies wat nuttig is vir individue wat sukkel om te tik of 'n muis te gebruik, blind is of lae visie het, of wat doof of hardhorend is.

Webtoeganklikheid Webwerwe moet só ontwerp word dat gestremde gebruikers toegang tot die web kan hê. Deurblaaiers het sekere toeganklikheidsinstellings.

Page 76: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

71 | B l a d s y

43. SAGTEWARE VIR FISIESE GESTREMDE MENSE Beskrywing – Wat dit is

Vir meeste van ons is dit nogal eenvoudig om net voor 'n rekenaar te sit om te werk of te speel. Maar, vir blindes, die wat verlam is of fisies gestremde mense, kan dit nogal frustrerend wees om 'n rekenaar te gebruik. Met 'n nuwe generasie van toerusting, toestelle, toerusting en sagteware word dit vir gestremde mense al hoe makliker.

Basiese verduideliking van hoe dit werk

Die PC is 'n rekenaartoestel wat 'n verskeidenheid maniere van invoer en uitvoer kan aanvaar. Die rekenaar gee nie om dat jy die wyser met jou voete of oë beheer en nie met 'n normale muis of sleutelbord nie.

Voordele 'n Blinde rekenmeester kan skerm-lees sagteware gebruik wat die data op die sigblad hardop lees.

'n Verlamde programmeerder kan kode op sy rekenaar skryf deur die rekenaar te beheer met klein, subtiele bewegings op sy of haar nekspiere.

Nadele Sekere sagteware moet baie spesifiek gekies word om te verseker dat dit nie net 'n kind is wie se aandag jy moet hou nie, maar ook die dat die kind moet leer.

Spier- of skeletbeserings sowel as sigprobleme kan ontstaan as gevolg van studente wat te veel tyd voor die rekenaar spandeer.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Dit gee die leerder meer selfvertroue.

Studente kan hul potensiaal beter bereik.

Dit maak die leerders meer onafhanklik.

Dit maak die kurrikulum vir almal beskikbaar.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Page 77: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

72 | B l a d s y

NETWERK TEGNOLOGIEË

1. KABELLOSE TOEGANGSPUNTDEKKING Beskrywing – Wat dit is

'n Kabellose toegangspunt stuur en ontvang draadlose verkeer na en van nabygeleë draadlose kliënte. Die toegangspunt kan 'n roeteerder insluit wat die toegangspunt sal toelaat om die internet konneksie met die gekoppelde draadlose kliënte te deel. Vir dekking deur toegangspunte moet spoed, area gedek en aantal toestelle wat op enige gegewe tydstip verbind is, oorweeg word.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Kabellose toegangspunte het 'n spesifiek 802.11 standaard. Verskillende standaarde van Wi-Fi (802.11) – die twee nuutste standaarde is:

802.11n – die meeste toestelle tans in Suid-Afrika gebruik dit o Dek die grootste area (laer frekwensie)

802.11ac – nuwer standaard (hoër frekwensie) o Vinniger met die beperkte dekking binnehuis, maar groot

dekking buite

Laer frekwensies, soos 2,4 GHz, kan soliede voorwerpe beter as

hoër frekwensies binnedring. Dit beteken dat met 2,4 GHz, data verder kan reis. 'n Hoër frekwensie, soos 5 GHz, kan egter jou data vinniger oordra, alhoewel dit nie 'n baie ver reeks het nie.

Wat om te oorweeg tydens kabellose kommunikasie

Afstand van die toring

Die krag van jou draadlose sein sal afhang van jou afstand van die toring.

Fisiese hindernisse • Seinsterkte kan deur voorwerpe tussen jou toestel en die toring

geraak word.

Byvoorbeeld:

Bome, heuwels, valleie, geboue en mure kan swak verbindings veroorsaak

• Dekking binne sal wissel van dekking buite.

Page 78: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

73 | B l a d s y

Aantal gebruikers op die netwerk

Jou draadlose verbinding kan stadig of swak wees as daar baie mense is wat die netwerk gebruik. Byvoorbeeld, die draadlose netwerk kan tot by die maksimum gebruik word by groot geleenthede en gewilde oorde.

Fisiese skade aan die toring

Draadlose diens kan verander as 'n toring beskadig is. Byvoorbeeld: Om vesel te sny kan 'n sellulêre onderbreking veroorsaak omdat die toring kommunikasie verloor het

'n Wind storm kan toerusting op 'n toring beskadig. (SaskTel, 2017)

Voordele Met Wi-Fi kan mobiele toestelle vinnig verbind word en bly mobiel en verbind sonder enige vereiste kabels.

Nadele Sekuriteit – moeiliker om toegang tot netwerk te beheer.

Wi-Fi is baie vatbaar vir inmenging (Wi-Fi gebruik radiogolwe om 'n sein te stuur, maar val dikwels saam met ander radiogolwe op soortgelyke frekwensies).

Beperkings Die plasing van toegangspunte is belangrik om die seinsterkte te maksimaliseer

Draadlose radiogolwe word beïnvloed deur: o Absorpsie vind plaas wanneer die radiogolwe nie 'n

spesifieke materiaal kan deurdring nie o Diffraksieverlies word veroorsaak deur die sein wat

deur 'n materiaal beweeg, maar die sein word erg geraak

o Refleksie word veroorsaak deur die sein wat in materiaal soos glas, witborde en plastiek weerkaats

Die grootste wanopvatting is dat Wi-Fi dieselfde is as die internet, dit is NIE. Die toegangspunt moet ook 'n roeteerder wees, anders sal jy Wi-Fi hê, maar nie internet nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Ons gebruik Wi-Fi vir kommunikasie (E-pos/WhatsApp), vermaak (stroming/speletjies) en sosiale media/nuus.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Wi-Fi gebruike behalwe die koppel aan die internet:

Gebruik slimfoon as afstandbeheerder met behulp van 'n program en Wi-Fi.

Draadloos druk vanaf slimfoon na 'n drukker.

Stroom na enige toestel in jou huis vanaf die tuismedia-toestel.

Stroom klank na enige luidsprekers in die huis.

Draadlose oordrag van foto's op kamera na enige toestel.

Page 79: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

74 | B l a d s y

2. BREËBAND EN BANDWYDTE Beskrywing – Wat dit is

Breëband - 'n Hoëspoed-, hoëbandwydte-verbinding met die Internet. Dit verwys gewoonlik na hoëspoed internettoegang wat altyd aan is en vinniger is as die tradisionele inbel-toegang. Bandwydte – Totale hoeveelheid data wat binne 'n gegewe tydperk van een punt na 'n ander oorgedra kan word.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Breëband – Inbel en breëband kan dieselfde telefoonlyn gebruik, maar breëband gebruik dit baie meer doeltreffend. As die oproep slegs een stem of datasein op een kanaal stuur, verdeel breëband die lyn in verskeie kanale, wat elkeen parallel kan stuur. Bandwydte – Meer bandwydte beteken dat jy meer data gelyktydig sal ontvang. Jou data word net vinniger aan jou oorgedra omdat meer data gelyktydig gestuur kan word. (bv. per sekonde).

Voordele Breëband-internettoegang stel ons in verbinding met die internet terwyl die telefoonlyn gebruik word.

Konneksiespoed is tot 100 keer vinniger as inbelverbinding.

Dit is gerieflik omdat die internetverbinding altyd aan is.

Nadele Nie alle telefoondrade is toegerus vir DSL-dienste nie. Mag nie beskikbaar wees in landelike of afgeleë gebiede nie.

Hoër sekuriteitsrisiko as inbelverbinding. 'n Persoonlike 'firewall' is nodig om jou rekenaar te beskerm.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Tuisvermaak en -konnektiwiteit (Kyk na 'n resep, die nuutste voorraadinligting, videoklets, fliek of musiek, speel interaktiewe speletjies ens.)

Werk van enige plek af (maak dit moontlik vir professionele persone om van die huis af te werk)

Afstandsonderrig (kolleges, volwasse-onderwysprogramme ens.)

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

• Webbladsye, e-pos toegang, boodskappe ens. • Verbeterde toegang tot klankmateriaal (musiek en

internetradio) en video. • Netwerkrugsteun en berging.

Page 80: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

75 | B l a d s y

3. KOMMUNIKASIE TOESTELLE: SLIMFONE EN ANDER PERSOONLIKE MOBIELE TOESTELLE Beskrywing – Wat dit is

Mobiele toestelle: 'n Mobiele toestel is die draagbare toestel wat klein genoeg is om in jou hand te pas. Sekere mobiele toestelle is net so kragtig soos tafelrekenaars en skootrekenaars. Bv. slimfone, slimhorlosies, tablette, draagbare musiekspelers, ens.

Slimfone: 'n Mobiele foon wat baie van die funksies van 'n rekenaar het, het gewoonlik 'n raakskerm, internettoegang, en 'n bedryfstelsel wat toepassings kan aflaai en uitvoer.

Voordele Kommunikasie kan enige tyd, enige plek gedoen word.

Toegang tot die internet en sosiale media.

Maklik om inligting in die hande te kry d.m.v. internet.

Navigasie vind plaas.

Kan foto's neem.

Battery hou lank.

Enige toepassing kan afgelaai word vir die gebruiker se behoeftes, bv. bank.

Konvergensie, baie funksies word ingesluit.

Draagbaar en kan enige plek rondgedra word.

Nadele Data toevoer is stadiger.

Omdat dit klein is kan dit verlore raak of gesteel word

Sekuriteitsbedreiging (alles is aan die internet gekonnekteer, dus is identiteitsdiefstal makliker).

Kleiner skerms maak dit moeiliker om te sien.

As dit lank gebruik word, hou die battery nie meer so lank nie.

Beperkings Al die nuwe tegnologie en toestelle is duur en vir party mense is dit onmoontlik om te koop

Wanneer dit by werk kom, kan jy nie al jou werk doen op mobiele toestelle nie

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Mobiele toestelle kan gebruik word as onderwys instrumente in skole.

Konstante kontak met familie en vriende.

Toeps kan help met vervoer, rekeninge betaal, navigasie, afsprake maak, ens.

Mobiele toestelle kan help met daaglikse organisasie, alarms, kalenders, ens.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Slimhorlosies

Tablette

Page 81: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

76 | B l a d s y

4. DATA OORDRAGSPOED Beskrywing – Wat dit is

Data oordragspoed verwys na die spoed waarteen data van een toestel na die ander oorgedra kan word.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Data kan oorgedra word oor 'n verskeidenheid van kommunikasie mediums (bv. koperdraad, optiese vesel, draadloos, satelliet ens.)

Die spoed waarteen die data oorgedra word tussen twee punte word gemeet in megabits per sekonde en gigabits per sekonde vir vinnige konneksies.

Vergelykings van oordragspoed: o ADSL: tot 15 Mbps o 3G: tot 21 Mbps o 4G/LTE: tot 50 Mbps o Vesel: tot 105 Mbps o Gigabit Vesel: tot 1000 Mbps (1 gigabit per sekonde)

Voordele 'n Hoër spoed van data oordrag beteken:

Goeie instroming van hoë-definisie media.

Baie mense kan gelyktydig gekonnekteer wees sonder dat dit stadig word (lagging).

Wolkberging en sinkronisering sal vinniger geskied.

Nadele Dit kan duur wees om te installeer en die hoë-spoed data konneksie te onderhou.

Data limiete kan vinnig opgebruik word.

Beperkings Hoë-spoed data netwerke is beperk tot stedelike gebiede.

Netwerke kan oorlaai word, wat die oordragspoed verlaag.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Toepassings dateer vinniger op wanneer hul hoë-spoed netwerke soos optiese vesel en LTE gebruik.

'Gamers' verkies hoë-spoed netwerke wanneer hul aanlyn speel.

Toets jou eie netwerk spoed op http://www.speedtest.net/.

Page 82: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

77 | B l a d s y

5. DIGITALE KOMMUNIKASIE Beskrywing – Wat dit is

Digitale kommunikasie is die elektroniese oordrag van inligting wat digitaal gemaak is deur 'n verskeidenheid toestelle soos slimfone, tablette en skootrekenaars.

Voordele Digitale kommunikasie dra by tot omgewingsbewuste rekenaargebruik en die beskerming van die omgewing. Dit dra ook by tot koste besparing want papier en ink word nie gemors nie.

Lêers word elektronies gestoor op verskeie stoormedia vir gebruik op 'n latere stadium.

Mense kan wêreldwyd met mekaar saamwerk en kommunikasie-, grafika-, interaktiewe sagteware, ens. kan gedeel word.

Boodskappe kan op enige tyd en op enige plek gelees word en kommunikasie is baie goedkoper.

Digitale kommunikasie stel fasiliteite soos video konferensies in staat om te werk. Dit kan geld en tyd spaar.

Dit kan maklik wees om data van een toepassing tot 'n ander een oor te dra. Soos om teks uit 'n e-pos te kopieer na 'n ander dokument.

Hoë-spoed rekenaars en kragtige sagteware hulpmiddels is beskikbaar. Dit maak die ontwikkeling van digitale kommunikasie makliker.

Internet toegang is omtrent orals beskikbaar. Die samevoeging van digitale kommunikasiestelsels met die internet het dit moontlik gemaak vir nuwe toepassings om te ontwikkel.

Nadele Sommige mense kan digitale kommunikasie misbruik om kwaadwillige sagteware of gekskeerdery boodskappe te versprei.

• Digitale kommunikasie toerusting soos selfoon- en mikrogolftorings kan dalk nie behoorlik by die omgewing of natuur inpas nie of kan dalk nie aangenaam wees om na te kyk nie.

• Baie mense kan nie rekenaars gebruik nie, en kan dus nie die volle voordeel van digitale kommunikasie geniet nie.

• Sommige mense kan verslaaf raak aan sekere digitale aktiwiteite, wat kan lei tot sosiale onttrekking van groepe en anti-sosiale gedrag.

• Sommige mense sal vind dat hulle nie tyd het om sosiale aktiwiteite te geniet nie omdat digitale kommunikasie hulle lewens oorgeneem het in die vorm van sosiale netwerke op mobiele toestelle of e-posse.

• Daar is geen waarborg dat privaatheid behou sal word veral met e-pos boodskappe, wanneer digitale kommunikasie gebruik word nie.

Kuberboelies kan jou affekteer deur digitale kommunikasies.

Page 83: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

78 | B l a d s y

Beperkings Elektromagnetiese velde en radioseine kan inmeng met draadlose kommunikasie.

Groot bandwydte is nodig vir data oordrag. Indien die gebruiker nie die regte hoeveelheid bandwydte gebruik vir die sekere data tipe wat hy of sy wil oordra nie, kan dit moontlik wees dat die data nie suksesvol oorgedra word nie.

Te veel boodskappe op dieselfde tyd kan veroorsaak dat bedieners ophou werk.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Mense spandeer die meeste van hulle tyd op digitale toestelle en op die internet. Verskeie toestelle soos hierbo gesien word gebruik om toegang tot die internet te kry.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Digitale stelsels wat ons daagliks gebruik, soos selfone, televisies, radio en selfs die internet. DVDs, MP3s en digitale kameras word elke dag gebruik.

Page 84: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

79 | B l a d s y

6. RUITNETREKENARISERING ('GRID COMPUTING') Beskrywing – Wat dit is

Ruitnetrekenarisering (Grid computing) gebruik hulpbronne van verskillende rekenaars op verskillende plekke om 'n spesifieke taak te voltooi, in plaas van die gebruik van bronne vir een enkele rekenaar. Dit is 'n diens vir die deel van rekenaarkrag en die stoor van data oor die internet.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Rekenaarkrag vanaf verskillende rekenaars word gebruik om 'n gemeenskaplike doel te bereik. Hierdie rekenaars word gebruik wanneer hulle nie in gebruik is nie. Elke rekenaar voer 'n spesifieke funksie uit. Die ruit ('grid') word gewoonlik deur 'n kragtige bediener beheer. Die bediener beheer verskeie ander rekenaars wat ruitnetsagteware bevat en verskeie sagtewarepakkette wat op die rekenaars geïnstalleer is.

Voordele Meer doeltreffende gebruik van ongebruikte hulpbronne.

Beter gereguleer – as een rekenaar misluk, word sy funksie deur 'n ander oorgeneem.

Beleide word deur ruitnetsagteware beheer.

Opgradering kan gedoen word sonder dat daar algehele werk stilstand hoef te wees, aangesien die funksie van een rekenaar deur 'n ander oorgeneem kan word.

Werk kan in kleiner eenhede verdeel word.

Nadele Het 'n vinnige internetverbinding nodig.

Toepassings moet dalk verander word.

Lisensiëring kan die gebruik oor bedieners verhoed.

'n Taak word nie voltooi voordat al die kleiner take ingedien en afgehandel is nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Weervoorspelling

Aardbewing-simulasie

Page 85: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

80 | B l a d s y

7. INTERNETDIENSVERSKAFFER (IDV), INTERNETDIENSTE Beskrywing – Wat dit is

'n IDV ('ISP') is 'n maatskappy wat 'n permanente, vinnige verbinding met die internet het. Hierdie maatskappy voorsien individue en besighede met toegang tot die internet en sy dienste, vir 'n maandelikse fooi. Dit is die middelweg tussen 'n gebruiker en die internet. (Jacobs , et al., 2013)

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

As jy 1 GB bandwydte (data) by 'n ISP koop, huur jy hulle internetverbinding en mag slegs 1 GB bandwydte gebruik, met ander woorde hulle gee jou 1 GB-cap. Alle IDV's het verskillende pakkette en hierdie pakkette verskil en dit hang af van die gebruiker se behoefte en die vlak van dienste wat benodig word. (Reference for Business, 2018)

Voordele Geen bykomende koste indien kabels gesteel word nie.

Die gebruiker hoef nie enige onderhoud te doen nie.

Daar is gereelde ondersteuning vir jou internet.

Die gebruiker hoef nie enige installasies te doen nie.

Nadele Kan nie jou eie lyn bestuur nie.

As jy jou CAP of lynspoed wil verander, moet jy fisies na die winkel gaan.

Nie alle voorstede word deur die IDV gedek nie.

Beperkings Nie alle gebiede het internetdekking nie, veral landelike gebiede het nie weens die gebrek aan infrastruktuur.

Jou internet konneksie spoed is beperk tot die area se dekking van die IDV.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Niemand kan met die internet verbind word sonder 'n IDV nie.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Suid_Afrikaanse IDV-maatskappye sluit in MWEB, Telkom SA, MTN, Internet Solutions, Vodacom, 8ta, Cell C, VOX telekom.

Page 86: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

81 | B l a d s y

8. NETWERK TOESTEL: MODEM, ROETEERDER EN SKAKELTOESTEL ('SWITCH') Beskrywing – Wat dit is

Modem – 'n Modem is 'n hardewaretoestel wat 'n rekenaar toelaat om data oor 'n telefoonlyn-, kabel- of satellietkonneksie te stuur en te ontvang. 'n ADSL-modem is 'n toestel wat data oor analoog (telefoon) lyne stuur en ontvang. Skakeltoestel ('switch') – 'n Skakeltoestel is 'n toestel wat enige toestel aan 'n netwerk koppel. Roeteerder – 'n Roeteerder is 'n toestel wat netwerke aan ander netwerke draadloos of deur kabels koppel. Moderne roeteerders het ingeboude skakeltoestelle wat 'n rekenaar in staat stel om aan die roeteerder te koppel en dan met ander netwerke te kommunikeer.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Modem – 'n Modem word gebruik om digitale data oor 'n telefoonlyn te stuur. Die versendmodem moduleer die data na 'n sein wat versoenbaar met die telefoonlyn is, en die ontvangende modem demoduleer die sein terug na digitale data. Draadlose modems omskep digitale data in radioseine en terug. Skakeltoestel ('switch') – Skakeltoestelle laat verskillende toestelle op 'n netwerk toe om te kommunikeer. Roeteerder – Roeteerders laat verskillende netwerke toe om te kommunikeer. 'n Roeteerder verbind ook netwerk rekenaars aan die internet, sodat verskeie gebruikers 'n internetverbinding kan deel. 'n Roeteerder dien as 'n sender. Dit kies die beste roete vir inligting om te reis, sodat dit so effektief as moontlik oorgedra word. (Cisco, 2017)

Voordele (A)DSL Modems

Alhoewel (A)DSL modem dienste 'n telefoonlyn benodig, kan intekenaars steeds die telefoon gebruik terwyl hulle aanlyn is.

Konneksiespoed is beter as dié van inbel ('dial-up'). Skakeltoestel ('switch')

Daar is 'n laer werkslading op individuele rekenaars.

Page 87: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

82 | B l a d s y

Verhoogde netwerkprestasie. Roeteerder

Roeteerders kan verskillende netwerkargitektuur, soos Ethernet, verbind.

Roeteerders kan die beste pad oor gekoppelde netwerke kies.

Roeteerders verminder netwerkverkeer.

Nadele (A)DSL Modems

Hoër koste.

Modem dienste is nog steeds nie beskikbaar in baie afgeleë en landelike gebiede nie.

Skakeltoestel ('switch')

Dit is aansienlik duurder.

Netwerkprobleme kan moeilik wees om deur 'n skakeltoestel op te spoor.

Roeteerder

Komplekse opstelling.

Minder sekuriteit.

Page 88: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

83 | B l a d s y

9. INTYDSE BOODSKAPPE ('REAL-TIME MESSAGING') – KITSBOODSKAPPE (IM) EN KLETS

('CHAT') Beskrywing – Wat dit is

Kitsboodskappe (IM) is die intydse ('real-time') deel of uitruil van teksgebaseerde boodskappe via 'n internetkonneksie en 'n kitsboodskap toepassing. Baie individue verkies om kitsboodskappe te gebruik, eerder as dienste soos e-pos, omdat daar onmiddellike terugvoer is. Ook omdat mens kan sien wanneer 'n kitsboodskap afgelewer en gelees is.(Davis, 2018)

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Algemene kitsboodskap toepassings werk op die basis dat die gebruiker oor internet konnektiwiteit beskik en dan met behulp van die toepassing met ander gebruikers, wat dieselfde toepassing het (bekend as 'n 'buddy list'), kommunikeer. Hierdie 'vriendelyste' word tipies opgestel met behulp van die kontaklys op die gebruiker se toestel. Wanneer die gebruiker hom-/haarself op die toepassing registreer, word hulle gevra om hulle gebruik van die toepassing aan ander gebruikers sigbaar te maak, om sodoende hulle 'vriendelys' te vergroot. (Davis, 2018). Meeste kitsboodskap toepassings soos WhatsApp en WeChat het die vermoë om video-oproepe en stem notas te maak, foto's te neem en dokumente te deel tesame met die standaard getikte boodskap.

Voordele Koste besparings: Kitsboodskap gebruikers kan internasionaal kommunikeer sonder om die hoë fooie wat met internasionale foonoproepe geassosieer word, te betaal.

Kits kommunikasie: Gebruikers kan direk kommunikeer, sonder om bv. te wag vir 'n bediener om die kommunikasie af te lewer. Verder is dit moontlik om met 'n toepassing soos WhatsApp, te sien of die boodskap afgelewer en gelees is.

Gemaklik: Kitsboodskap toepassings kan aan verskeie toestelle gekoppel word. Sodoende stel dit gebruikers in staat om aan te gaan met rekenaarverwante take en terselfdertyd aandag te gee aan die boodskap, op dieselfde toestel. (Root, 2018).

Nadele Virusse/'hacking': internet gebaseerde intydse boodskappe of kitsboodskappe loop gevaar om deur derdepartye onderskep te word of deur virusse besmet te word tydens versending. Gebruikers kan per abuis dokumente wat 'n virus bevat aan ander gebruikers stuur met behulp van kitsboodskapdienste.

Misverstand: IM boodskappe word dikwels misverstaan as gevolg van foutiewe emosionele konneksies wat aan die boodskap geheg word. Anders as by gewone fisiese-/foon oproepe, kan gebruikers mekaar nie sien of hoor nie.

Misdaad: Die ontvanger van die IM is nooit volkome seker of die boodskap van die persoon kom wat hulle glo dit gestuur

Page 89: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

84 | B l a d s y

het nie. IM het al tot verskeie vorme van misdaad gelei, bv. identiteitsdiefstal, data diefstal, ontvoering en mensehandel.

Wangebruik en afleiding: IM in die werkplek kan daartoe lei dat werknemers hulpbronne misbruik om persoonlike besigheid te doen of selfs daartoe lei dat hulle nie hulle werk behoorlik afhandel nie. (Woodart, 2011).

Beperkings Netwerk: IM kan slegs plaasvind as al die partye betrokke in die kommunikasie, toegang het tot 'n werkende netwerkkonneksie soos 3G en 4G.

Gereelde opdaterings: Meeste IM platforms moet gereeld opgedateer word. In sommige gevalle sal die boodskap nie afgelewer word as die toepassing nie opgedateer is nie.(Anon., 2001)

Relevansie en impak op persoonlike lewe

Tans word IM ook in die onderwys geïnkorporeer, aangesien onderwysers en skole daarvan gebruik maak om met mekaar te kommunikeer oor skoolverwante aangeleenthede en om bronne soos vraestelle en handboeke te deel.(Bakker, 2016). IM het veroorsaak dat gebruikers hulleself blootstel aan verskeie misdade en aanlyn gevare. Een manier om e-pos/-boodskappe te vermy, is om die betrokke kontak by die gebruiker se 'block list' te voeg. Sodoende sal dit verhoed dat boodskappe van daardie versender by die ontvanger afgelewer word.

IM bevorder anti-sosiale gedrag, omdat baie gebruikers eerder 'n IM sal stuur as om die moeite te doen om tyd te maak om van aangesig tot aangesig met die ander persoon te praat.(Anon., 2001).

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Messenger WhatsApp Messenger WeChat Snapchat Telegram Google Hangouts

Page 90: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

85 | B l a d s y

10. TIPES KONNEKSIES, BV. ADSL, DRAADLOSE TEGNOLOGIE Beskrywing – Wat dit is

Die internet is 'n rekenaarnetwerk wat oor die hele wêreld strek en bestaan uit rekenaar netwerke en konneksies. Vir rekenaars om te kan kommunikeer, is 'n netwerkverbinding nodig.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Netwerkverbindings word uit telefoonlyne, ondersese kabels, mikrogolf en satelliet gemaak. 'n Konneksie word deur 'n Internet Diensverskaffer (ISP) verskaf.

Tipe internet konneksies

Kabel Internet konneksies word deur kabels verskaf. Koaksiaal (dieselfde as deur TV gebruik), optiese veselkabels (elektriese seine word omskep na lig), Ethernet-kabel (gebruik om aan 'n netwerk te koppel). Spoed wissel van 512 Kbps tot 20 Mbps. Vesel ('Fibre') Vesel gebruik veseloptiese kabels. Hierdie kabels behels klein buise wat aan die binnekant weerspieël. Hulle dra inligting oor deur ligstrale deur die buise te stuur. Toerusting aan die ontvang kant kan dan die flitse as data interpreteer. Spoed wissel van 32 Mbps tot 1 Gbps. Vesel na die Huis ('Fibre to the Home') beteken die hele lyn is vesel van die verskaffer al die pad tot in jou gebou. Al wat jy moet doen, is om die regte toerusting in jou telefoonaansluiting te installeer en jou roeteerder in te prop. DSL

Page 91: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

86 | B l a d s y

Dit is 'n permanente internet konneksie wat altyd 'aan' is. Dit gebruik twee lyne sodat jou foon gebruik kan word terwyl jou rekenaar gekoppel is. DSL gebruik 'n roeteerder om data te vervoer en die omvang van die verbindingsspoed, afhangende van die diens wat aangebied word, is tussen 128 Kbps en 8 Mbps. Daar is TWEE tipes DSL konneksies:

ADSL Met ADSL is die aflaaispoed vinniger as oplaaispoed, omdat die gewone gebruiker meer dikwels lêers aflaai as lêers oplaai..

SDSL Oplaai- en aflaaispoed is dieselfde.

Draadloos Draadloos of Wi-Fi gebruik nie telefoonlyne of kabels om aan die internet te koppel nie. Draadlose Internetdiensverskaffers (WISP) stuur radioseine na 'n toring. Dit kan deur verskeie torings gaan voordat dit 'n huis se ontvanger bereik. Daar moet lyn van sig ('line of sight') wees. Spoed wissel van 5 Mbps tot 20 Mbps.

Satelliet Satelliet toegang tot die internet via 'n satelliet, 'n satellietskottel by 'n huis en 'n modem. Dit word deur 'n satelliet breëband verskaffer aangebied. Satelliet internet spoed wissel vanaf 1 Mbps tot 15 Mbps. Sellulêr Sellulêre tegnologie bied draadlose internettoegang deur selfone. Die spoed wissel afhangend van die verskaffer, maar die algemeenste is 3G en 4G (wat ingesluit is in LTE) spoed.

Page 92: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

87 | B l a d s y

Selfone het 'n ingeboude antenna wat digitale inligting stuur en ontvang vanaf selfoontorings d.m.v. radiogolwe. Mobiele fone konnekteer met 'n selfoontoring en i.p.v. konneksie met ander fone, konnekteer dit met die Internet en kan data ontvang of herroep.

Voordele Kabel

Sekuriteit: Omdat gekabelde netwerke deur fisiese drade gekonnekteer word, is dit baie moeiliker om in te dring sonder toestemming.

Betroubaarheid: Gekabelde netwerke het 'n betroubare, konstante oplaai- en aflaaispoed wat nie maklik beïnvloed word deur die omgewing nie.

Maklik om te gebruik: Om 'n Ethernet kabel in 'n skootrekenaar of drukker te prop kan maklik toegang tot die netwerk verkry en gekonnekteer word.

Afstand: 'n 'Ethernet'-kabel kan tot 100 meter strek sonder om kwaliteit te verloor.

Vesel ('Fibre')

Uiters hoë bandwydte: Die aantal data wat veselkabels kan oordra in tyd is baie meer as by koperkabels.

Groter afstand: Die afstand van seine is baie verder as vir koperkabels.

Lae sekuriteitsrisiko: Data en seine word d.m.v. lig oorgedra in veselkabels. Daar is geen manier om die data wat oorgedra word deur te 'luister' na die elektromagnetiese energie 'lek' deur die kabel, wat die absolute sekuriteit van inligting verseker.

Liggewig: Veselkabels word van glas of plastiek gemaak en is baie dunner as koperkabels. Dus is dit baie lig en makliker om te installeer.

ADSL

Kan telefoonoproepe maak terwyl op die internet besig is, stem en data werk deur aparte bande.

Gebruik 'n bestaande infrastruktuur (basiese telefoonnetwerk). Dit is voordelig omdat dit nie nodig is om ekstra kostes aan te gaan vir die installering nie.

ADSL gebruikers het permanente Internet toegang.

Vinnige konneksie spoed. Draadloos

Beweegbaarheid: Jy kan konneksie vanaf enige plek kry.

Opstelling: Geen kabels word benodig nie, dit spaar koste.

Aanpasbaarheid: Vinnig en maklik om tydelik of permanent op te stel.

Veranderbaar: Kan uitgebrei word.

Page 93: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

88 | B l a d s y

Mobiele toegang: Kan die netwerk bereik terwyl jy beweeg. Satelliet

Wêreldwye dekking: Bereikbaar op enige plek op aarde. Die wye dekking maak hoë-spoed internetkonneksie maklik en vinnig moontlik.

Hoë spoed toegang: Satelliet gebruikers word verseker van vinnige oplaai- en aflaaispoed.

Koste effektief: 'n Satelliet konneksie kan geïnstalleer word binne 'n paar dae en bied vinnige konneksie. Dit sal baie kostes bespaar.

Afhanklike afstand: Die eindgebruiker se plekke is aan die internet verbind solank as wat die satelliet 'line of sight' is.

Sellulêr

Die gebruiker het nie 'n rekenaar of skootrekenaar met internet nodig nie, slegs 'n mobiele toestel wat internet konneksie het.

Lêers kan maklik afgelaai word op 'n foon. Musiek kan aanlyn afgelaai word, speletjies kan gespeel word op 'n foon wat internet het. E-pos kan gelees word en gestuur word enige tyd, enige plek.

Nadele Kabel

Opstelling: Kabels moet opgestel word vanaf die roeteerder na elke vertrek in die gebou.

Koste: Installasiekoste is baie duur.

Beweeglikheid: Konneksie kan nie sonder 'n konneksiepunt gedoen word nie, dus moet dit net uitgetrek en na 'n volgende vertrek oorgeplaas en in die poort ingeprop word.

Vesel ('Fibre')

Breekbaarheid: Veselkabels word van glas gemaak, dus is dit makliker breekbaar as elektriese kabels.

Moeilik om te installeer: Dit is nie maklik om veselkabels aanmekaar te las nie. As dit gebuig word, kan dit breek.

Verswakking: Soos die afstand vir oordrag langer word, kan lig verswak.

Koste is hoër as koperkabels: Installering van veselkabels is steeds relatief duurder as koperkabels.

ADSL

Konneksie word beperk deur die hoeveelheid kabels wat gebruik word tussen die modem en die naaste telefoonkonneksie.

ADSL konneksie verswak wanneer vanaf verskeie punte afgelaai word.

Dienste is nie orals beskikbaar nie.

Page 94: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

89 | B l a d s y

Draadloos

Spoed: Stadiger as met kabels.

Afstand: Word beïnvloed deur verskillende mediums.

Sein onderbreking: Sein reis beste deur oop spasies. Dit kan egter deur mure, glas, water, ens. affekteer word.

Sekuriteit: Indien die sekuriteit nie goed is nie, kan enigiemand toegang tot die netwerk kry en inligting steel.

Ongemagtigde toegang

Data in gedrang bring: Die verkryging en teistering van data kan maklik deur enigeen gedoen word wat die nodige hardeware en/of sagteware gereedskap en kennis het.

Satelliet

Regverdige toegangsbeleid: Die hoeveelheid toeganklikheid wat 'n gebruiker het gedurende spesifieke tye, is beperk. Wanneer die toegangstyd oorskry word kan die toegang vir 'n spesifieke tyd beperk word.

Weer: Die weer kan 'n negatiewe invloed op satelietgebruikers hê. Wanneer dit reën, winderig is, bewolk is of selfs sneeu, kan die satelliet sein verlore gaan wat gebruikers sonder toegang laat. Gebruikers moet ook 'n goeie sig van die satelliet hê om 'n goeie sein te hê.

Laer spoed gedurende spitstye: Die stroming van videos of flieks kan stadiger wees gedurende spitstye.

Plasing van die ontvanger: Die plasing van die toestel kan nie deur bome geblok word nie – daar moet oop spasie wees vir 'n goeie opvangs.

Sellulêr

Die internet opvangs by mobiele fone is nie so vinnig nie en kan in sekere areas 'n probleem wees.

Terwyl daar besig is om af te laai kan swak konneksie veroorsaak dat die aflaai proses baie stadig geskied of glad nie kan plaasvind nie.

Jy moet ekstra betaal vir mobiele internet buiten lugtyd.

Beperkings Kabel

Die gekabelde netwerke wat optiese veselkabels gebruik word blootgestel aan beskadiging deur bv. muise of visse (indien dit onder water aangelê is).

Waar kabels aangelê word, is daar gewoonlik ook geen toegang beskikbaar nie, bv. 'n tuin, 'n park of naby 'n swembad.

Netwerke kan nie aangelê word in areas waar dit moeilik is om kabels te dra nie. In sulke areas word duur, kabellose konneksies benodig.

Benodig gespesialiseerde arbeid om die installasie te behartig.

Page 95: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

90 | B l a d s y

Vesel ('Fibre')

Buitenshuise vesel moet beskerm word.

Vesel is 'n klein en kompakte kabel. Dit het 'n risiko om gesny of beskadig te word tydens installasie of konstruksie.

Diere kan veselkabels beskadig. ADSL

'AM' radioseine kan inmeng met DSL seinkwaliteit, wat data vermindering tot gevolg het.

Gekruisde lyne kan plaasvind wanneer daar 'n seininmenging plaasvind tussen kanale.

Draadloos

Draadlose seine kan beïnvloed word deur mure, gate en selfs mense.

Die sterkte van die draadlose seine hang af van die omgewing – of dit naby of ver is van die infrastruktuur van die seine.

Ander elektroniese toestelle, frekwensie, hoogte van die grond af, ens. kan steurnis veroorsaak.

Indien jou kabellose internet konneksie nie goeie sekuriteit het nie, kan enige ongemagtigde gebruiker toegang kry tot belangrike inligting en die sein misbruik.

Soos wat koordlose tegnologie verbeter, behoort die gebruiker ook gedurig hul kennis te verbreed om koordlose tegnologie te gebruik.

Satelliet

Herstelwerk neem lank.

Vertragings kan voorkom a.g.v. die lang afstand waaroor die satelliet die sein moet stuur.

Die sein is nie altyd betroubaar nie. Sellulêr

Netwerk opeenhoping.

Geen data – sommige toepassings werk nie met geen internet konneksie nie.

Internet gebruik maak dit moeilik om jou foon teen virusse te beskerm. moontlikheid van virusse wat die foon kan beïnvloed.

Ongelukke kan plaasvind omdat mense se aandag afgelei word omdat hulle gedurig op hul fone is.

Invloed op individue Mense kan van verskillende dele van die wêreld kommunikeer.

Werk, besigheid, ens. vind globaal plaas.

Dit is moeilik om inligtingsverspreiding te beheer of te beperk.

Telekommunikasie is moontlik.

Sommige mense lei aan inligtingsoorlading.

Page 96: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

91 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Sosiaal – Mense kommunikeer met enigeen regoor die wêreld deur MySpace, Twitter, Facebook ens.

Inligting – Inligting is beskikbaar vanaf die internet (Google) op enige plek waar internet beskikbaar is, in plaas daarvan om na 'n biblioteek te gaan.

Navigasie – Waze, Google Maps en Foursquare is voorbeelde van navigasie programme wat vir jou kan aandui waar jy is en waarheen jy gaan.

Page 97: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

92 | B l a d s y

11. DRAADLOOS/KABELLOOS VS GEKABELDE KONNEKSIES Beskrywing – Wat dit is

'n Draadlose konneksie laat toestelle toe om met mekaar te kommunikeer sonder dat drade nodig is. 'n Gekabelde konneksie laat toestelle toe om met mekaar te kommunikeer met die gebruik van drade. Hierdie drade kan gedraaidepaar kabels, koaksiale kabels of veseloptiese kabels wees.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Draadloos: Sender en ontvangers word aan beide kante van die draadlose sisteem gevind, en maak gebruik van 'n antenna. By die sender word elektriese seine uitgestuur deur die antenna om elektromagnetiese golwe te vorm wat deur die ontvanger aan die ander kant van die stelsel ontvang kan word. Gekabelde: Toestelle wat verbind is aan mekaar deur kabels. Data word deur kabels uitgestuur.

Voordele

Draadloos

Gebruikers kan gerieflik binne die area van die netwerk beweeg.

Jy hoef nie kabels te lê of om hierdie kabels deur die mure te sit nie. Installasie is dus maklik en goedkoper.

Draadlose netwerke kan 'n groot hoeveelheid gebruikers hanteer want hulle word nie beperk deur, byvoorbeeld, 'n sekere hoeveelheid konneksie poorte nie.

Die onmiddellike oorstuur van inligting is baie meer gerieflik. Gekabelde

Rekenaars kan bygevoeg of onttrek word van die netwerk soos nodig. Bronne, soos hoë kwaliteit laser drukkers, kan gedeel word in die netwerk om kostes te bespaar.

Die betroubaarheid van die stelsel word verbeter want sisteem foute kan beperk word tot een toestel.

Vinniger oordrag spoed oor die algemeen.

Kleiner kans van onderbreking.

Sekuriteit is beter want 'n rekenaar se data kan net bereik word deur die kabels.

Nadele

Draadloos

Ekstra kostes en toerusting word benodig om die stelsel op te stel.

Dit kan soms moeilik wees om 'n draadlose netwerk op te stel as die persoon wie dit opstel nie ervare is met rekenaars nie.

Die oordragspoed wissel afhangende van hoe ver jy van die netwerk af geleë is.

Draadlose konneksies kan versper word deur huishoudelike voorwerpe (inmenging).

Draadlose netwerke is oor die algemeen nie so veilig nie. Daar kan probleme wees met mense wat jou bandwydte steel, indien die netwerk nie beskerm word deur 'n wagwoord nie.

Page 98: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

93 | B l a d s y

Inligting is ook nie so veilig in so 'n netwerk nie en kan maklik gekaap word.

Nie alle toestelle het draadlose vermoëns nie. Gekabelde

Gebruikers word beperk deur die posisie van die kabels en/of hoe dit aan die poort verbind is.

Dit kan moeilik en duur wees om so 'n stelsel of netwerk op te stel.

Kabels kan onnet wees.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Voorbeelde van draadlose kommunikasie:

Jy kan jou slimfoon stel sodat dit jou hek kan oopmaak.

Dokumente na jou drukker stuur deur enige rekenaar of slimfoon.

Kennisgewings vanaf jou foon deurstuur na jou rekenaar toe.

Na films kyk vanaf enige TV in jou huis.

Lêers met enige rekenaar naby jou deel.

Foto's kabelloos vanaf jou digitale kamera aanstuur.

Musiek, foto's of enige ander lêers met jou foon sinkroniseer sonder die gebruik van 'n USB skyf.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Draadloos

Bluetooth, infrared

3G, 4G, LTE Gekabelde

Drukker wat verbind is aan 'n netwerk skakeltoestel via 'n kabel

ADSL

Page 99: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

94 | B l a d s y

INTERNET TEGNOLOGIEË

1. BLOK VAN WEBTUISTES Beskrywing – Wat dit is

Blok van webtuistes is 'n proses waardeur 'n netskans of 'n internet proxy gebruikers verhinder om toegang tot sekere netwerkhulpbronne, soos sekere webwerwe of FTP-bedieners te kry. (Hitachi ID Systems, 2018) 'n Webfilter is 'n program wat 'n webblad wat inkom evalueer om te bepaal watter webwerwe vertoon moet word. Die filter kontroleer die oorsprong of inhoud van 'n webblad teen 'n stel reëls wat deur die maatskappy of persoon wat die webfilter geïnstalleer het, verskaf. (Rouse, n.d.)

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Internet filters vir die blok van sekere webwerwe kan op baie verskillende vlakke gedoen word. Dit hang alles af van die deurblaaier wat jy gebruik en die doel om die webwerf te blok. Maatskappye of individuele gebruikers blok bladsye van webwerwe wat waarskynlik twyfelagtige advertensies, pornografiese inhoud, spyware, virusse, ens. bevat.

Voordele Produktiwiteit: Deur gebruik te maak van filterprogrammatuur in besigheid, verseker werkgewers dat die werker nie tyd mors met persoonlike sake en sosiale netwerk nie.

Kletskamers: Voogde sluit webwerwe soos kletskamers uit, sodat hul kinders nie hul tyd in onvanpaste webwerwe mors nie.

Lêerdeling: Mense gebruik internet-filtersagteware om hul eie lêers soos video en beelde uit onwettige handel te hou en om rowery te probeer stop.

Buigsaamheid: As 'n webwerf per ongeluk geblok is, kan 'n gebruiker die instellings verander om sulke webwerwe te blokkeer.

Veiligheid: Help ouers om hul kinders teen verbode materiaal te beskerm en dat hulle die inhoud kan beperk waaraan hul kinders blootgestel word.

Sekuriteit: Om kliënte se inligting weg te hou sodat dit nie in die verkeerde hande te val nie en om inligting van werknemers uit te lek.

Webgebaseerde bedreigings: Aktiveer goeie internet navigasie deur potensiële hoë risiko webwerwe te blok.

Privaatheid: Om identiteitsdiefstal te voorkom en jou persoonlike inligting te beskerm.

Nadele Verkeerde werwe geblok: Soms kan sommige internetfilters 'n verkeerde webwerf blok, gebaseer op spesifieke reëls. Veilige webwerwe kan geblok word net omdat hulle een onvanpas sleutelwoord bevat.

Page 100: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

95 | B l a d s y

Sekere webwerwe wat nie geblok word nie: Soms is sommige van die internetfilterss baie ledig. Daar is geen waarborg dat internetfilters alle onvanpaste inhoud sal blok nie.

Nie-verbode webwerwe: Filters blok soms webwerwe wat geen bedreiging vir die werkplek hou nie.

Aantal webwerwe: Webwerwe word teen 'n vinnige tempo geskep en dit is byna onmoontlik vir filters om al die inligting wat nodig is om internet inhoud te filter, op te slaan en op datum te hou.

Werknemers se alternatiewe: Die filter van webwerwe is nie 'n definitiewe blok van die webwerf nie, daar is maniere om dit te omseil en die werknemers sal hul bes probeer om om die filter te werk en toegang tot die webwerwe kry.

Toevallige toegang: Werknemers kan 'n fout maak wanneer hulle die URL invoer of dit kan na 'n ander aangestuur word en die filters kan dit optel en die werknemer in die moeilikheid laat beland.

Beperkings Die aantal webwerwe wat gefilter word hang af van die deurblaaier of die sagteware wat die gebruiker gebruik.

Filter-sagteware kan slegs die onwettige gebruik van rekenaars verminder of beperk, maar stop nie heeltemal nie.

Die webwerwe word gemeet aan 'n sekere stel filterreëls, maar die reëls kan nooit absoluut wees nie weens die tempo waarteen webwerwe geskep word.

Redes waarom iemand 'n webwerf blok of filters vir die deurblaaier byvoeg

Om uitvissing van webwerwe te voorkom.

Om te verhoed dat gemorspos jou rekenaar met advertensieware en opwipvensters bombardeer.

Vir ouers om filters by te voeg by die inhoud wat hul kinders kyk.

Om te verseker dat werkers nie hul kantoorhulpbronne misbruik vir persoonlike gebruik nie.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Die meeste antivirusprogramme gebruik sagteware-filters om onveilige webwerwe te blok om veilige aanlyn-inkopies en 'n virus- en gemorspos-vrye, blaai-ervaring te verseker.

Page 101: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

96 | B l a d s y

2. BLOGS/VLOGS Beskrywing – Wat dit is

Blog: 'Blog' is die verkorte weergawe van die term 'weblog', wat gebruik word om 'n webtuiste te beskryf wat deurlopende rekord van inligting onderhou en wys. 'n Blog is 'n joernaaltipe webtuiste wat die funksies het van 'n dagboek of 'n joernaal en wat skakels het na artikels op ander webtuistes. Dit word gewoonlik voorgestel as 'n lys van inskrywings, aangebied in omgedraaide chronologiese volgorde. Vlog: A vlog (of video blog) is 'n blog wat videos bevat. Die klein, maar nog steeds groeiende, segment van die 'blogosphere', word toegewy aan vlogs en word soms die vlogosphere genoem.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Vir beide blogging en vlogging moet jy inhoud of videos skep of vind (skrif of video inhoud) wat aanloklik is vir die gehoor, en hierdie inhoud op die regte webtuistes plaas. Jy moet jou inhoud en video blog bemark. Om toeskouers vir jou blog/volg te kry, sal jy vir die wêreld moet wys dat dit bestaan. Jy kan dit doen deur middel van blog samevoegings webwerwe en soekenjins. Jy moet 'n blog of vlog gasheerwebtuiste kry waar jy jou inhoud kan plaas. Dit kan verniet wees, of dit kan geld kos.

Voordele Jouself uitdruk en jou passies deel.

Jou kennis deel.

Jou skryfvaardighede verfyn.

Nuwe goed leer.

'n Professionele netwerk opbou.

Meer blootstelling kry.

Vermeerder soekenjin verkeer.

Jy kan werk soos jy wil. Jy kan jou werk doen soos jy wil teen enige tyd.

Indien jy produkte of dienste verkoop, kan jy dit enige tyd vir jou kliënte beskikbaar stel.

Jy kan jou eie inkomste bepaal. Soos jy tyd daaraan spandeer en terwyl jy werk, kan jy soveel verdien soos wat jy wil.

Nadele As jy van plan is om jou besigheid op te skaal of jou eie handelsmerk te ontwikkel, sal jy teleurgesteld wees wanneer jy gratis blogs soos Wordpress en Blogger gebruik.

Dit is nog steeds gevaarlik om persoonlike inligting aanlyn te deel.

Sekere blogs moet privaat gehou word of logins vereis as gevolg van sensitiewe inhoud.

Om iemand te vra of te onderrig om 'n blog/vlogs te skep, sal nie tot baie interessante gebruik lei nie. Blogs/Vlogs praat nie; mense doen sodra hulle oefening het in die taal of styl van die gesprek wat nodig is vir die blog vlog.

Page 102: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

97 | B l a d s y

Beperkings Blogs en vlogs ontwerp word om na die volgende onderwerp te beweeg, kan dit 'n verdere bespreking oor die daaropvolgende onderwerpe beperk.

Jy moet ook bewus wees van die feit dat wanneer jy jou blog op 'n gratis blog webtuiste hou, besit jy nie jou blog nie. Een slegte keuse kan lei tot die besigheid wat jou blog besit, soos Google, daarvan kan ontslae raak, met jou hele besigheid wat verwyder kan word.

Blogs en vlogs het nie noodwendig die nodige inpropprogramme wat die funksionaliteit van jou webtuiste kan verbeter nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Bloggers en vloggers speel 'n belangrike rol in terme van die skep en deel van opinies en inligting in vandag se wêreld.

Blogs en vlogs het belangrike gereedskap vir besighede en bemarking geword, want dit kan groot gehore bereik.

Dit kan ook die deursigtigheid in kommunikasie tussen jou en jou kliënte verbeter.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Wordpress

Blogger

Weebly

Wix

Page 103: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

98 | B l a d s y

3. BLUETOOTH Beskrywing – Wat dit is

Bluetooth is 'n koordlose tegnologie wat toestelle toelaat om te kommunikeer, of data oor te stuur oor 'n kort afstand.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

'n Bluetooth-toestel werk deur radiogolwe in plaas van drade te gebruik.

Voordele

Word wyd gebruik.

Eenvoudige gebruik. Die funksie is eenvoudig om te gebruik. Jy hoef nie veel van tegnologie te weet om Bluetooth te gebruik nie.

Verniet.

Draadloos: Jy hoef nie bekommerd te wees om die regte plek te vind om die ekstra lang koord te koppel nie.

Jy is in beheer. Alhoewel jy data oor jou selfone kan uitruil, het jy steeds die vermoë om jou inligting privaat te hou.

Nadele

Battery dreineer.

Swak sekuriteit.

Stadige data-oordrag.

Beperkings

Afstandsbeperking: Die meeste Bluetooth-toestelle, veral dié wat op battery krag werk, is Klas 2 Bluetooth-toestelle. Klas 2 toestelle het 'n reeks van ongeveer 10 meter, of ongeveer 30 voet.

Inmenging: Die Bluetooth-sein is ontwerp om sy frekwensie baie keer per sekonde te verander om hierdie inmenging te verminder, maar as genoeg toestelle probeer om dieselfde klein bandwydte te gebruik, is inmenging onvermydelik.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Met die nuwe Bluetooth-toestelle kan elke beweging, wat ons deur middel van toestelle soos fiksheidshorlosies en slim horlosies maak, dopgehou hou.

Hierdie draadlose standaard kan dalk nie so goed verstaan word as Wi-Fi, 3G of LTE nie.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Draadlose muis

Draadlose sleutelbord

Draadlose oorfone

Draadlose sprekers

Handvry-stelle in karre

Page 104: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

99 | B l a d s y

4. BOEKMERK Beskrywing – Wat dit is

'n Boekmerk is 'n gestoorde kortpad wat jou webblaaier na 'n spesifieke webblad, dokument of lêer stuur. Dit stoor die titel, adres en ikoon van die relevante webblad. Daar word ook soms daarna verwys as 'Starred' of 'Favourites', afhangende van watter webblaaier jy gebruik.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Meeste webblaaiers verskaf ook 'n boekmerk funksie. 'n Web-boekmerk word geskep deur die gekose webblad oop te maak, en dan die webblaaier se boekmerk opsielys te kies. Webblaaiers verskaf gewoonlik vouer opsies vir verwante boekmerke. Byvoorbeeld, jy kan webblaaie wat jy gereeld besoek wat oor aandele en finansiële advies handel in 'n boekmerk subvouer groepeer vir maklike verwysing. Verder kan jy ook 'n versameling boekmerke op 'n derdeparty webtuiste stoor sodat jy op enige plek op die internet toegang daartoe kan kry. Jy kan dan ook jou boekmerke met ander deel.

Voordele Deur boekmerke te stoor kan jy maklik toegang tot jou gunsteling webtuistes op die internet bekom.

Indien jy aan 'social bookmarking' deelneem, kan jy selfs jou boekmerke met jou vriende deel.

Google Bookmarks is 'n boekmerk versameling wat aanlyn deur Google geberg word, en toegang kan deur enige webblaaier, benewens Google Chrome, verkry word.

Beperkings Boekmerke merk slegs die boonste vlak bladsye van 'n webtuiste. 'n Gebruiker kan dus nie enige van die webblaaie wat binne 'n raam vertoon word boekmerk nie.

Anders as met Google Bookmarks, kan toegang tot Google Chrome boekmerke slegs deur Google Chrome bekom word.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Dit spaar ons tyd omdat ons nie die hele adres van ons gunsteling webtuistes wat ons gereeld besoek hoef te onthou of in te tik nie.

Jy kan selfs bladsye wat jy minder gereeld besoek, maar steeds graag wil hou vir toekomstige verwysing boekmerk.

Page 105: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

100 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Page 106: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

101 | B l a d s y

5. DEURBLAAIER-INPROPPROGRAM Beskrywing – Wat dit is

'n Inpropprogram is 'n byvoeging vir 'n program en voeg funksionaliteit by die program. Met 'n deurblaaier-inpropprogram kan jy na musiek luister en animasies, video's en ander multimedia-effekte in jou webblaaier sien. (TechTerms, 2018) Voorbeelde van invoegtoepassings is Adobe Flash, Macromedia Flash, Apple QuickTime, Microsoft Silverlight, Windows Media Player en Adobe Shockwave Player.

Voordele Verbeterde funksionaliteit sonder om enige bykomende sagteware te koop.

Gee gebruikers maklike aanpasbaarheid.

Betaalde inpropprogramme sluit dikwels 'n tipe ondersteuning of installasie by indien nodig.

Nadele Nie alle programme gebruik dieselfde inpropprogramme nie.

Dit is moeilik om ondersteuning vir 'n nie-funksionele inpropprogram te vind.

As daar 'n opdatering vir die inpropprogramme geïnstalleer is, kan dit jou personalisering van die sagteware deurmekaar maak.

Een inpropprogram word deur baie gebruikers gebruik, wat kan lei tot 'n sekuriteitsprobleem, omdat sommige gebruikers kwaadwillige neigings het wanneer dit kom by sagteware. (BLUEPRINT, n.d.)

Beperkings Sommige inpropprogramme word vir spesifieke programme geskep.

Inpropprogramme word iets spesifiek geskep, dit beperk die gebruik daarvan beperk.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Sommige webwerwe kan nie sonder 'n inpropprogram funksioneer nie, die inpropprogramme vorm 'n integrale deel van sekere webwerwe. Byvoorbeeld interaktiewe kaarte, inhoudskywe, kontakvorms en ander dinamiese of interaktiewe inhoud op 'n bladsy.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Byvoorbeeld, 'n Photoshop-inpropprogram (soos Eye Candy) kan ekstra filters byvoeg wat jy kan gebruik om beelde te manipuleer. Deurblaaier-inpropprogramme is 'n maklike manier om die vermoëns van die program uit te brei.

Page 107: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

102 | B l a d s y

6. LIMIET/PLAFON ('CAP'), BONDEL Beskrywing – Wat dit is

'n Limiet/Plafon/CAP is die limiet wat die Internetdiensverskaffer stel vir kliënte om die hoeveelheid data wat hul kan gebruik oor 'n sekere periode teen 'n sekere spoed (bandwydte) teen 'n spesifieke prys.

'n Bondel is die spesifieke hoeveelheid data wat gekoop is by die Internetdiensverskaffer, wat dalk mag verval na 'n sekere tyd.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Sodra die limiet bereik is (of as die databondel opgebruik is), sal die Internetdiensverskaffer ophou om internet toegang te verskaf.

Voordele Gebruiker betaal slegs vir data wat eintlik gebruik word.

Dis makliker om te begroot vir die presiese hoeveelheid bruikbare data vir elke maand.

Groter databondels is gewoonlik goedkoper per megabite as kleiner bondels.

Nadele Dis duur om 'n 'top-up' databondel te koop sodra die limiet bereik is, of as die databondel opgeraak het.

Oordragspoed kan drasties verminder word as die data limiet bereik is.

Hoë data limiete of onbeperkte data konneksies kan duur wees.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Instroming van hoë-definisie media of gereelde aflaai/oplaai van data beteken dat die data limiet vinnig opgebruik kan word.

Slimfoontoepassings gebruik groot hoeveelhede data en kan vinnig jou limiet opgebruik.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

As jy 1 GB data vir R149 koop, sal internettoegang stop sodra die 1 GB opgebruik is.

'n Klein besigheid kan byvoorbeeld 'n 50 GB per maand limiet op hul optiese vesel internet lyn hê. Sodra 50 GB opgebruik is, sal hul vir die res van die maand nie internet toegang hê nie.

Page 108: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

103 | B l a d s y

7. KLETSKAMERS Beskrywing – Wat dit is

'n Kletskamer is 'n webtuiste of deel van 'n aanlyndiens wat aanlyn virtuele spasie skep vir gebruikers met 'n gedeelde belangstelling om intyds/regstreeks te kommunikeer.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Gebruikers kommunikeer deur die internet met mekaar deur gebruik te maak van teks of grafika en klank. Meeste kletskamers het reëls wat die gebruiker moet nakom en dus sal 'n kletskamer 'n moderator nodig hê. Sekere kletskamer vereis 'n gebruikersnaam en wagwoord wat privaatheid tussen gebruikers toelaat.

Voordele Skep 'n platform om nuwe mense te ontmoet en met verskillende mense te sosialiseer.

Laat jou toe om jou opinies te deel en ander se opinie te hoor.

Kan intyds kommunikeer.

Kan lêers aanheg.

In 'n besigheidsorganisasie o Skep 'n veilige plek vir werknemers in 'n maatskappy om te

sake te bespreek. o Kan konferensies met kliënte hê. o Kliënte ondersteuning: 'n manier om dadelik antwoorde vir

kliënte te verskaf. o Afstandsonderrig: goedkoper en makliker om datums te

skeduleer om mense op te lei.

Nadele Kan nie toegang kry sonder internet konneksie nie.

Kan verslawend wees en jou baie tyd laat mors of anti-sosiale gedrag veroorsaak.

Mense maak asof hul iemand anders is aanlyn en mense kan slagoffers wees van pedofiele.

Jy kan aanlyn gedreig word deur kuberboelies.

Kommunikasie struikelblokke: opmerkings kan misinterpreteer word.

Beperkings Sonder 'n internet konneksie kan jy nie klets nie.

Private kletskamers vereis gebruikersname en wagwoorde.

Gevare van kletskamers Predatore gebruik kletskamers om vriende te word met ander kinders en hul te laat dink hul is ook kinders, sodoende kan hul die kinders oorreed om in persoon te ontmoet.

Boelies gebruik kletskamers om slagoffers te kry en hul te boelie en skadelike goed te sê.

Kletskamers kan as 'n skakel gebruik word vir pornografie.

Mense kan dalk persoonlike inligting deel wat kan lei tot identiteits-diefstal.

Hoe om veilig in kletskamers te bly

Moet nooit persoonlike inligting uitgee nie.

Moet nie jou foto stuur na enigiemand nie of prentjies sonder die eienaar se toegang nie.

Moenie aanhegsels van enigiemand oop maak nie.

Bly in publieke kletkamers.

Moet nooit alleen wees as jy iemand in die regte lewe ontmoet nie.

Page 109: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

104 | B l a d s y

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Mense kan dadelik inligting verkry aangesien hul 'n platform het om met 'n organisasie te praat.

Veroorsaak minder kostes en spaar geld vir vervoer. Jy hoef nie na 'n sekere plek te gaan om toegang tot 'n kletskamer te kry nie.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Twitch: 'n Plek vir video 'gamers' om te ontmoet en te gesels.

Badoo: Om nuwe vriende te maak.

Rawr: Laat jou toe om te gesels via 'n 3D-avatar op 'n mobiele toestel.

ICQ: 'n Platform om nuwe vriende te maak.

Page 110: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

105 | B l a d s y

8. WOLKVERWERKING Beskrywing – Wat dit is

Wolkverwerking is die gebruik van stoor, sagteware en ander hulpmiddels van afgeleë bedieners op 'n netwerk deur die internet.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Wolkverwerking bied gebruikers en besighede toegang tot digitale hulpbronne oor die internet enige plek in die wêreld. Die mees algemene voorbeeld van so hulpbron is 'n web-gebaseerde e-pos adres soos Yahoo! of Gmail. Wanneer 'n gebruiker toegang kry tot die e-pos adres moet die gebruiker aanteken na 'n afgeleë bediener (soos Gmail) om toegang tot e-posse en lêers op die bediener te kry.

Voordele Toeganklikheid: Jy kan toegang kry tot jou dokumente van enige toestel enige plek solank daar 'n internet konneksie is.

Koste besparing: Dit is nie nodig om sagteware te installeer nie aangesien dit aanlyn beskikbaar is.

Stoorspasie: Dit is nie nodig om jou toestel se stoorspasie te gebruik nie, want jy sal die aanlyn fasiliteite vir stoor gebruik.

Rugsteun: wolkverwerking dien as 'n rugsteun vir data en inligting.

Nadele Sekuriteit: Die inligting word op bedieners gestoor wat vir baie ander mense in die wêreld toeganklik is.

Privaatheid: Daar is 'n risiko dat ongemagtigde persone toegang tor jou inligting kan kry.

Af-tyd ('Downtime'): Daar is 'n moontlikheid dat the wolkdiensverskaffer kan faal om 'n diens aan hul gebruikers te verskaf.

Internettoegang: As daar nie internet toegang is nie, kan gebruikers nie toegang na die bediener kry nie.

Data koste: Aangesien data gebruik word vir oplaai, aflaai en gebruik, sal die data koste hoër wees.

Beperkings Data gebruik: Gebruikers het data vir die aflaai/oplaai van lêers of toegang tot aanlyn sagteware nodig.

Beperkte beheer: 'n Gebruiker het beperkte beheer oor die bediener waar inligting gestoor word.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Verwys na: https://www.youtube.com/watch?v=q2irjDC415I

Page 111: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

106 | B l a d s y

9. AFLAAI/OPLAAI (DOWNLOAD/UPLOAD) Beskrywing – Wat dit is

Aflaai is die oordrag van 'n lêer van een rekenaarstelsel na 'n ander. Vanuit die oogpunt van die internetgebruiker kan 'n lêer afgelaai deur dit van 'n ander rekenaar (of vanaf 'n webblad op 'n ander rekenaar) te versoek en dit te ontvang. Oplaai is die proses om digitale lêers soos foto's of dokumente van jou rekenaar te verskuif en op 'n sentrale bediener te plaas sodat iemand anders toegang daartoe kan verkry of na 'n webwerf sodat ander dit kan sien.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Aflaai is 'n proses wat jou toelaat om toegang tot 'n kopie van sekere lêers (wat in die bediener opgelaai is) op jou hardeskyf te plaas. Die kliënt versoek toegang tot die lêer, en die bediener stuur 'n afskrif aan die kliënt. Oplaaispoed is oor die algemeen baie stadiger as aflaaispoed. Die rede hiervoor is dat mense oor die algemeen veel meer aflaai as oplaai (die meeste lêers is op internetbedieners), en sodoende word aflaai deur Internetdiensverskaffers (ISP's) voorrang gegee.

Voordele: Aflaai As jy vir sagteware betaal, kan jy dadelik toegang hê om dit te kan aflaai.

Jy kan enige tyd musiek, video's ens. aflaai en jy kry dit (byna) dadelik.

Voordele: Oplaai Lêers kan per e-pos aan verskeie ontvangers gestuur word, in plaas daarvan om dit individueel deur die poskantoor te stuur.

Goedkoop manier om lêers oor te dra.

Relatief vinnige metode om lêers te oordra.

Nadele: Aflaai As jy sagteware aflaai, kan daar 'n moontlikheid bestaan dat die sagteware 'n virus bevat wat daaraan gekoppel is

Jy kan die risiko loop om opwipvensters ('pop-ups') te ontvang wat nie gepas is nie.

Page 112: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

107 | B l a d s y

Nadele: Oplaai Nie geskik vir groot lêers nie – Limiet op MAKSIMUM grootte van aanhangsels

Beperkings op die aantal ontvangers wat jy gelyktydig 'n e-pos boodskap voor kan stuur, as 'n manier om gemorspos (spam) te voorkom.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Ongemagtigde aflaai het 'n negatiewe impak op bv. musiekverkope, flieks ens.

Lêerdeling verhoog kopieregkwessies en het tot baie regsgedinge gelei.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Elke keer as jy 'n webblad op die internet besoek, laai jy die inligting op die bladsy, insluitend enige prente, af na jou rekenaar. Die term aflaai word dikwels geassosieer met prente, liedjies, video's en programme.

As jy iets op die Internet wil deel of 'n persoonlike webblad het, sal jy die lêers oplaai na 'n rekenaar of bediener wat aan die internet gekoppel is. FTP is die mees algemene metode om lêers op te laai.

Page 113: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

108 | B l a d s y

10. LÊERDELING Beskrywing – Wat dit is

Lêerdeling, ook na verwys as lêeruitruiling, is die toegang of deel van lêers deur een of meer gebruikers.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Lêerdeling word op 'n netwerk uitgevoer as 'n maklike en vinnige manier om data oor te dra. Byvoorbeeld, 'n gebruiker kan 'n instruksie dokument op sy rekenaar deel wat deur 'n netwerk verbind is, sodat alle ander werknemers toegang tot die dokument kan kry.

Voordele

Gerief: Lêerdeling maak die taak om die inligting te kry maklik, gerieflik en vinnig.

Verminder koste. Aangesien die organisasie nie by die fisiese gebou wat die lêers stoor, deel en onderhou hoef te wees nie, word die geld wat gebruik sou word om die gebou in stand te hou, gespaar

Verminderde stoorplek: Lêerdeling verminder die hoeveelheid stoorplek wat 'n besigheid moet hê om plek te kry vir al die lêers wat dit benodig.

Verbeterde data-integriteit: Die toegang van die lêers via 'n lêerdeling en veral wanneer al die nodige voorsorgmaatreëls getref word, verbeter die betroubaarheid van die data.

Nadele

Verhoogde onsekerheid: Lêerdeling maak voorsiening vir sekuriteitsbreuk. Dit kan in die vorm van ongemagtigde toegang (inbraak), wurms, virusse en uitvissing wees.

Plagiaat/Oortreding van Kopieregte: Dit is die praktyk om ander mense se idees op te neem en dit as jou eie te gebruik.

Verlies van privaatheid: Lêerdeling kan lei tot die verhoogde verlies aan privaatheid van individue of die maatskappy. Lêers kan maklik deur 'n derde party verkry word. Hierdie inligting kan op 'n later stadium teen die maatskappy gebruik word.

Beperkings

Die aantal items wat opgelaai/afgelaai kan word.

Die grootte van die lêer wat opgelaai/afgelaai kan word.

Karakterlimiet vir lêers en vir 'n lêergids.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Lêerdeelprogramme word in die alledaagse lewe gebruik om video's, liedjies en prente te stuur en te ontvang

Page 114: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

109 | B l a d s y

Dit word ook gebruik om lêers van die internet af te laai via programme soos BitTorrent, uTorrent en FrostWire.

Geld word bestee aan data, dus mors meer geld as wat verwag word.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Share It

BitTorrent

uTorrent

FrostWire

Xender

Page 115: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

110 | B l a d s y

11. FTP (LÊEROORDRAGPROTOKOL)

Beskrywing – Wat dit is

FTP is kort vir File Transfer Protocol. 'n Protokol is 'n stel reëls wat netwerkrekenaars gebruik om met mekaar te kommunikeer. FTP is die taal wat rekenaars op 'n TCP/IP-netwerk (soos die internet) gebruik om lêers na en van mekaar oor te dra (PSTATZ, 2010).

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Jy gebruik 'n FTP-kliënt (sagteware) om by 'n FTP-bediener aan te meld, deur die bediener se lêergidsstruktuur te navigeer en lêers te deel (PSTATZ, 2010).

Voordele Geen beperkings op die grootte van lêers nie.

Goeie sekuriteit (gebruik van gebruikersnaam en wagwoord).

Tyd van oordrag kan geskeduleer word (vir wanneer die netwerk minder besig is).

Kan vinniger wees (veral vir groter lêers).

Nadele/ Beperkings

Word gereeld gebruik om geroofde inhoud te deel.

Die gemiddelde gebruiker weet nie hoe om FTP te gebruik nie.

FTP-oordragte word nie geënkripteer nie en kan sodoende onderskep word (FTPS spreek hierdie probleem aan). (Pot, 2016)

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Groot lêers kan elektronies aan 'n ander persoon gestuur word, aangesien die grootte nie beperk is soos met e-pos nie. FTP-oordragte is nie geënkripteer nie, so dit is relatief maklik om lêers te onderskep vir enigiemand wat in staat is om pakkies te snuffel (packet sniffing). Om hierdie rede gebruik baie mense eerder FTPS. Dit werk in wese op dieselfde manier as FTP, maar enkripteer alles, wat beteken dat lêers nie maklik onderskep kan word nie. (Pot, 2016).

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Voorbeeld FTP-kliënt: FileZilla. 'n Webblaaier kan ook gebruik word om lêers van 'n FTP-bediener af te laai (PSTATZ, 2010). Baie publieke bedieners op die internet laat gebruikers toe om in te teken en lêers af te laai via FTP deur anoniem te verbind. Dit is 'n baie algemene praktyk in die wêreld van oopbron- en vrylik verspreide sagteware (PSTATZ, 2010). FTP is, vir webontwikkelaars, 'n manier om inligting te verskuif vanaf die rekenaar waarop jy werk, na die bediener waar 'n webtuiste gehuisves word. As jy byvoorbeeld WordPress op 'n webbediener wil installeer, sal jy FTP nodig hê om die lêers te kopieer (Pot, 2016).

Page 116: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

111 | B l a d s y

Dit word ook soms gebruik as 'n manier om lêers te deel. Een persoon kan 'n lêer na 'n FTP-bediener oplaai en dan 'n skakel daarheen met 'n ander persoon deel. Hierdie gebruik het minder algemeen geword met wolkdienste wat deesdae makliker is om te gebruik, maar sommige mense verkies om hul lêers op 'n tuisbediener te huisves en gebruik FTP om dit te aktiveer (Pot, 2016).

Page 117: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

112 | B l a d s y

12. REGERINGS-INTERNETDIENSTE EN INLIGTING SOOS BELASTINGOPGAWES, BETALING

VAN TV-LISENSIE EN VERKIESINGSINLIGTING Beskrywing – Wat dit is

Regerings van lande bied aanlyndienste aan burgers. Dit verbeter die dienste wat regerings aan burgers bied. Die doel van e-Government is om regeringsdienste meer toeganklik aanlyn te maak, die koste van toegang tot daardie dienste te verminder, administratiewe prosesse te stroomlyn, om responstyd te verbeter, en aanspreeklikheid en reaksie te versterk. (Sita, 2017)

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Sommige van hierdie internetdienste sluit in: • Belastingopgawes kan ingevul en ingedien word. • Televisielisensie kan hernu word. • Verkiesingsinligting is beskikbaar. • Inligting oor onderwys is beskikbaar op die Departement van

Basiese Onderwys se webwerf. • Bankdienste kan aanlyn gedoen word. • Matriekuitslae word beskikbaar gestel.

Voordele • Kommunikasie tussen regering en burgers is makliker en vinniger.

• Burgers kan toegang tot hierdie dienste kry oral waar toegang tot die internet beskikbaar is.

• Hoef nie in toue te staan nie. • Onmiddellike terugvoer word verskaf. • Inligting is op datum. (Computers, Part of your life, 2015)

Verbetering van groen rekenarisering.

Nadele • Baie mense besit nie rekenaars nie en kan dit nie gebruik nie. • Meer data word gebruik. • Nie noodwendig veiliger nie, as gevolg van baie virusse wat

deur die internet versprei kan word. • Afhanklik van internet toegang.

Page 118: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

113 | B l a d s y

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

• Vir baie mense is dit meer gerieflik om toegang tot dienste op die internet te kry.

• Die Digitale Kloof (die verskil tussen mense wat maklike toegang tot die internet het en diegene wat nie het nie) raak meer opvallend.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

SARS e-filing

SABC TV Licences

Page 119: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

114 | B l a d s y

13. GPS (GLOBALE POSISIONERINGSTELSEL) Beskrywing – Wat dit is

GPS is 'n toestel wat in staat is om inligting van GPS satelliete te ontvang en dan die toestel se geografiese posisie te bereken. Met behulp van geskikte sagteware kan die toestel die posisie op 'n kaart vertoon, en dit kan ook aanwysings gee.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

GPS is 'n stelsel. Dit bestaan uit drie dele: satelliete, grondstasies en ontvangers. Elke satelliet stuur 'n sein na 'n grondstasie sodat GPS-toestelle die presiese ligging van die satelliet kan dekodeer en bereken. GPS-ontvangers gebruik hierdie inligting om 'n gebruiker se presiese ligging te bereken.

Voordele Die voordeligste kenmerk van hierdie stelsel is die 100% dekking van die planeet.

GPS word vir navigasie gebruik, aangesien dit rigting aanwys om jou bestemming te bereik.

Afhangende van watter toestel jy gebruik, kan jou GPS weer- en verkeerswaarskuwings verskaf. Hierdie waarskuwings stel jou in kennis van ongunstige weer of verkeerstoestande.

As gevolg van die lae koste, is dit baie maklik om in ander tegnologieë soos slimfone te integreer.

Die stelsel word gereeld opgedateer. 'n GPS kan gebruik word om kaarte van geografiese gebiede te

skep.

Page 120: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

115 | B l a d s y

Nadele Met verloop van tyd verander padname en nuwe paaie verskyn. As gevolg hiervan kan jou GPS verkeerde aanwysings verskaf.

'n Slimfoon-navigasiestelsel werk net waar jy kabellose of sellulêre diens het.

As jy 'n GPS op 'n battery-aangedrewe toestel gebruik, kan daar 'n battery-faling wees en moet jy dalk van 'n eksterne kragbron gebruik maak.

Soms is die GPS-seine nie akkuraat nie as gevolg van inmenging van bv. geboue en bome.

Beperkings Instellingsfoute kan lei tot aanwysings wat nie aan die gebruiker se behoeftes voldoen nie.

Die grootste oorsaak van foute in die gebruik van GPS is toevoerfoute. Dit is baie maklik om twee getalle om te ruil.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

GPS-sensors kan op voorwerpe geplaas word om dit op te spoor. Dit is nuttig vir die bestuur van vlootvoertuie, eksperimente en die opspoor van vermiste persone. Die perdewedrenindustrie gebruik GPS-sensors om reële tyd data tydens wedrenne te lewer.

Die vermoë om spesifieke koördinate van 'n afgeleë plek in te stel, help om burgers in oorlogstye veiliger te hou, aangesien waarskuwings uitgereik kan word om gebiede te ontruim.

Soldate kan gevaarlike situasies vermy met voorgestelde roetes en kaarte van gespesifiseerde plekke.

Solank as wat 'n vermiste persoon se mobiele toestel aangeskakel is en die GPS is aangeskakel, kan wetstoepassers die toestel 'ping' om 'n algemene liggings te verkry.

Opgedateerde GPS-stelsels is in staat om 'n bestuurder akkuraat op 'n veilige roete te navigeer, sonder om paaie te wys wat nie bestaan nie of onvoltooide paaie. (Agrawal, 2017)

Page 121: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

116 | B l a d s y

14. GESKIEDENIS EN GUNSTELINGE ('HISTORY' EN 'FAVOURITES') Beskrywing – Wat dit is

In rekenaars is die web snuffel geskiedenis ('web browsing history') 'n lys van webblaaie wat 'n gebruiker onlangs besoek het. Dit sluit ook geassosieerde data soos bv. die webblad se titel en tyd van besoek in. Omdat sommige webblaaiers webtuistes wat gereeld besoek word as gunstelinge merk en stoor, word die terme 'bookmarks' en 'favourites' gereeld as sinonieme vir mekaar gebruik. Gunstelinge ('Favourites') word ook in ander toepassings behalwe webblaaiers gebruik. Bv. media spelers wat baie keer 'n gunstelinge lys insluit, wat gebruikers toelaat om verwysings na gunsteling oudio- en videolêers in 'n enkele plek te stoor. Windows het ook 'n 'Favourites' vouer, wat gebruik word om webblaaie en lêers wat gereeld gebruik word in 'n plek te stoor waar die gebruiker maklik en vinnig toegang daartoe kan kry. Jy kan meestal 'n 'Favourites' vouer identifiseer deur 'n ster of hart ikoon wat daarby vertoon word. Meeste toepassings laat jou toe om eenvoudig items na die gunstelinge vouer te trek wat dit dan outomaties by jou gunstelinge voeg. Die doel van die gunstelinge vouer is altyd om maklike toegang tot items te bied wat gereeld gebruik word.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Elke keer wat jy die internet besoek, stoor jou webblaaier 'n kopie van elke bladsy wat jy besoek. Of jy nou Chrome, Firefox, Safari of 'n ander webblaaier gebruik – die webblaaier hou tred van waar jy was en watter bladsye jy besoek het. Op alle webblaaiers is 'Geskiedenis' ('History') een van die aftrekkieslys opsies aan die bokant van die webblad, tesame met ander opsies soos File, Edit, View, ens. Die History funksie hou tred van waar jy op die internet rondblaai solank as wat jy aanlyn is.

Voordele Ontwerpers van webblaaiers het agtergekom dat mense 'n manier nodig het om te weet watter webblaaie hulle het oor 'n lang tydperk besoek. Jou webblaaier kan ook gestel word om kortpaaie te vertoon na die webblaaie wat jy onlangs besoek het wanneer jy 'n nuwe blad oopmaak.

Page 122: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

117 | B l a d s y

Nadele Dit kan jou reg na privaatheid skend wanneer iemand toegang tot jou rekenaar verkry en spesifiek (of per ongeluk) na jou webblaai geskiedenis kyk.

Beperkings Jy kan kies om deur die web te blaai op 'n privaat of incognito wyse, maar dit is nooit regtig anoniem nie. Bladsye wat jy in incognito modus besigtig sal nie in jou webblaaier se geskiedenis, of in jou soek geskiedenis of tussen die 'cookie' lêers gestoor word nadat jy die webblaaier toemaak nie.

Jy is egter nie onsigbaar nie. Jy kan nie die incognito wyse gebruik om jou blaai geskiedenis van jou werkgewer of Internet Diensverskaffer te weerhou nie.

Daar is twee tipes privaatheid om te oorweeg: plaaslike privaatheid en aanlyn privaatheid. Slegs jou plaaslike privaatheid (met ander woorde wat mense kan sien waar jy deur die web blaai) word deur incognito modus geaffekteer. Jou aanlyn privaatheid word glad nie deur incognito modus geaffekteer nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Jy kan kies om jou webblaaier se geskiedenis uit te vee of om privaat te blaai, maar jy mag dalk sukkel om weer 'n seker webblad op te spoor. Dit kan jou dalk vir 'n baie lang tyd pla wanneer jy daai EEN SPESIFIEKE sjokolade koek resep soek wat jy die vorige dag gesien het, en wat na die beste sjokolade koek ooit gelyk het. Baie sterkte om dit tussen die ander 10,300,000 resepte vir sjokolade koek op die internet te vind.

Page 123: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

118 | B l a d s y

15. TUISBLAD INSTELLINGS Beskrywing – Wat dit is

Tuisblad kan verwys na die tuisblad van 'n webtuiste, of die tuisblad van jou webblaaier. Die hoofbladsy van 'n webtuiste word gewoonlik die tuisblad genoem. Hierdie bladsy vertoon gewoonlik skakels na kategorieë wat deel uitmaak van die webtuiste as geheel. Hierdie tuisblad gee die gebruiker 'n anker om na terug te keer en waarvandaan jy die webtuiste kan verken. Vir 'n internet gebruiker is die tuisblad die eerste blad wat in die webblaaier vertoon word wanneer die webblaaier program (soos bv. Google Chrome of Firefox) oopgemaak word. Die webblaaier word gewoonlik vooraf gestel sodat die vervaardiger daarvan se webblad as die tuisblad vertoon word. Jy kan dit egter stel om op enige webblad van jou keuse oop te maak. Wanneer jy jou webblaaier se tuisblad instellings verander, sal jy waarskynlik moet kies watter webtuiste jy wil kies om op te land wanneer jy jou webblaaier oopmaak. Jy kan ook kies om jou webblaaier oop te maak by die laaste webblad wat jy besoek het.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Voordele Jy kan jou webblaaier stel om by jou voorkeure te pas.

Nadele Wanneer jy aanteken vir jou internet rekening, kan jou webblaaier jou voorkeure vir bv. taal ens. onthou.

Page 124: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

119 | B l a d s y

Beperkings Jy kan ook uitbreidings ('extentions') by jou webblaaier voeg om van aanlyn dienste gebruik te maak om jou tuisblad verder te aan te pas.

Page 125: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

120 | B l a d s y

16. POTGOOI ('PODCAST')/VIDEOSENDING ('VODCAST') Beskrywing – Wat dit is

Potgooi: 'n Potgooi is 'n oudioleêr wat geskep en oor die internet gelewer word in digitale formaat en ontwerp is om op rekenaars gespeel te word of mobiele digitale oudiospelers – bv. iPod. Videosending: 'n Videosending is 'n potgooi met video by in plaas van slegs oudio.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Potgooi en videosendings is digitale oudio- en videolêers wat die gebruiker kan aflaai en na luister. Dit is gewoonlik beskikbaar op subskripsie sodat nuwe episodes outomaties op die gebruiker se rekenaar, mobiele toepassing, of draagbare mediaspeler afgelaai word via web sindikasie.

Voordele

Potgooi maak inligting persoonlik.

Potgooi en videosendings is gerieflik en maklik om te gebruik.

Potgooi en videosendings is tyd-effektiewe vorme van kommunikasie.

Potgooi en videosendings is 'n 'op-aanvraag' tegnologie.

Nadele Mense met stadige internet konneksie kan dit moeilik vind om oudio lêers af te laai, afhangend van die lêerformaat van die potgooi, kan dit dalk nie gespeel word op alle media toestelle nie.

Die gebruik van potgooi en videosendings by die werk of skool kan persoonlike produktiwiteit beïnvloed.

Beperkings Sekere gemeenskappe en mense kan dalk nie toegang hê tot tegnologie om potgooi en videosendings te geniet nie.

In onderwys en ander omgewings, kan dit tyd vat om die potgooi en videosending se inligting te verifieer voor dit gepubliseer word.

Die oudio en videoformaat is nie altyd maklik om te deel nie.

Alhoewel daar baie soekenjins is wat inligting soek, is dit nie moontlik om na spesifieke inhoud in 'n potgooi of videosending te soek nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Potgooi en videosendings is 'n waardevolle instrument om vir studente nuwe inligting te leer. Dit het dus 'n impak op studente se leer as 'n nuwe en nuttige hulpmiddel om leer te aan te help.

Dit is 'n praktiese manier om inligting met tegnologie te deel.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Onderwysers versprei oudio (potgooi) en video (lesse) op 'n weeklikse basis na hul studente.

iTunes podcast – iTunes Chart South Africa.

Successful Dropout Podcast – fokus op die jong individue/entrepreneurs regoor die wêreld wat suksesvol is in hul veld van besigheid is en dit doen SONDER 'n universiteisgraad.

Page 126: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

121 | B l a d s y

17. OPWIPVENSTER-BLOKKER ('POP-UP BLOCKER') Beskrywing – Wat dit is

'n Opwipvenster-blokker verhoed vensters om op deurblaaiers te verskyn.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Webtuistes adverteer produkte terwyl jy op jou slimfoon of webblaaier besig is.

Voordele Geen ongewenste advertensies wat verskyn nie.

Beskerm jou rekenaar teen virusse.

Jy kan kies watter opwipvensters jy wil sien.

Nadele Jy mag dalk nie deur jou webbladsy kan beweeg of aan beweeg na 'n volgende webbladsy as die webbladsy opwipvensters gebruik word om vorentoe of agtertoe te beweeg nie.

Vermindering van aanlyn bemarking deur winkels.

'n Persoon blaai net op 'n webblaaier deur dit wat hulle ken en sien.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Pop-Up Stopper

Pop-Up Defender

Pop-Up Zapper

Page 127: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

122 | B l a d s y

18. RSS VOERE Beskrywing – Wat dit is

RSS staan vir Real Simple Syndication en dit gee gebruikers toegang tot opdaterings van aanlyninhoud. Dit is eenvoudige tekslêers wat opgedateerde inligting oor verskeie onderwerpe bevat.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Jy kan RSS-lesers aflaai. Hierdie lesers dateer outomaties op en die nuwe inhoud verskyn op jou blaaier. Gebruikers kan besluit watter webwerwe opdaterings moet stuur.

Voordele Spaar tyd aangesien gebruiker vinnig kan skandeer sonder om die webwerf te besoek.

Dateer outomaties op.

Dit is maklik om te kanselleer ('unsubscribe').

Goeie alternatief vir sosiale media as jy net opdaterings wil hê sonder 'n sosiale media rekening.

Nadele Inhoud kan maklik gekopieer word.

Moeilik om intekenaars op RSS-voere op te spoor.

Grafieke en foto's verskyn nie op RSS-voere nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Deesdae word RSS-voere op 'n ander manier gedeel, deur middel van sosiale media.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

CNN

BBC news

Sports Illustrated

Page 128: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

123 | B l a d s y

19. SOEKENJINS Beskrywing – Wat dit is

'n Soekenjin is 'n webwerf wat jou toelaat om sleutelwoorde of 'n frase in te tik en dan deur die internet soek na webwerwe wat die sleutelwoorde of frase bevat. 'n Lys van webwerwe word dan aan die gebruiker teruggestuur.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

'n Soekenjin skep 'n indeks van webblaaie met behulp van 'n program genaamd 'web crawler'. Dit deursoek die web outomaties en stoor inligting oor die bladsye wat dit besoek het. Elke keer wat die 'web crawler' 'n webblad besoek, maak dit 'n kopie daarvan en voeg die blad se URL by 'n indeks. Sodra dit gedoen is, volg die 'web crawler ' alle skakels op daardie blad, en herhaal die proses van kopiëring, indeksering en volg dan weer die volgende skakels op. Deur aan te hou met hierdie proses, bou dit 'n reuse indekslys van baie webblaaie op. (BBC, 2018) Die inligting wat die 'web crawler' versamel, word dan deur die soekenjins gebruik. Dit word die soekenjin se indekslys. Elke webblad wat deur die soekenjin voorgestel word, was voorheen besoek deur 'n 'web crawler'. Soekenjins sorteer resultate om die webblaaie te vertoon wat hulle dink die nuttigste blaaie is. Vir die soekenjin sal dit voorkom dat 'n webblad meer sinvol is, afhangende van die hoeveelheid treffers ('hits') wat 'n webblad kry.

Voordele 'n Soekenjin doen soektogte teen 'n hoë spoed.

Die soekresultate voorsien 'n groot verskeidenheid inligting.

Jy kan die soektog verfyn deur gebruik te maak van gevorderde soekopsies.

Soekenjinresultate voorsien teks, klank en video.

Kennis word deur soekenjins verkry.

Mense raak meer produktief omdat inligting oor enige iets geredelik beskikbaar is.

Nadele Indien die soektogte nie spesifiek is nie, kan inligtingoorlading plaasvind.

Mense raak verslaaf aan die soekenjin, en memoriseer nie meer feite nie.

Resultate wat verskaf word se kwaliteit word nie geëvalueer nie.

Resultate word nie gesorteer volgens orde of toepaslikheid nie, maar eerder volgens die orde van die indekse.

Beperkings Resultate kan onakkuraat wees.

Die soekenjinranglys is dikwels onakkuraat.

Page 129: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

124 | B l a d s y

Hoe om effektiewe soektogte uit te voer

Gebruik spesifieke sleutelwoorde.

Gebruik die 'OR'-, 'AND'-, 'NOT'-operators om te soek.

Laat irrelevante woorde soos die, en, waar, wat, uit.

Gebruik sinonieme indien die soektog nie suksesvol is nie

Soek vir soortgelyke woord deur die ~ operator te gebruik, bv. oud~.

Gebruik presiese frases

Gebruik gevorderde soekopsies of soekenjins bv. Lêertipes

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Page 130: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

125 | B l a d s y

20. SOSIALE NETWERKE Beskrywing – Wat dit is

Die praktyk waar jou besigheid en/of sosiale kontakte uitgebrei word deur sosiale netwerke.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Sosiale netwerke genereer aanlyn gemeenskappe wat mense kan help om kontak met mekaar te maak wat hulle sosiaal of professioneel sal bevorder.

Voordele Sosiale netwerke laat wêreldwye konnektiwiteit toe. Of jy met iemand in die kamer langsaan wil praat of met iemand in 'n ander deel van die wêreld, maak sosiale netwerke dit moontlik.

Dit bring mense wat dieselfde belangstellings het nader aan mekaar. Groepe word deur mense met dieselfde belangstellings gevorm en dit maak dit makliker om idees uit te ruil.

Sosiale netwerke maak dit makliker om inligting effektief te deel.

Dit is 'n goedkoop vorm van bemarking. Omdat dit so maklik is om kontakte by te voeg op sosiale netwerke, word bemarking baie maklik gedoen. 'n Advertensie wat op 'n sosiale netwerk geplaas word, kan binne minute versprei word sonder addisionele onkoste.

Nuus word gedeel en versprei teen 'n vinnige spoed. 'n Nuus blog kan baie makliker gedeel en versprei word as gedrukte media en omdat meer mense sosiale media tuistes besoek as 'n TV, is dit 'n meer effektiewe manier om te versprei.

Nadele Omdat interaksie op sosiale media indirek plaasvind, maak dit kuberboelie baie makliker.

Kinders van alle ouderdomme word blootgestel aan sosiale media en omdat dit soms moeilik om die presiese ouderdom van die persoon te bepaal, kan hulle geteister word deur kuber boelies en kuber kriminele.

Omdat mense soms al hulle persoonlike inligting op sosiale media plaas, is daar 'n groter risiko van bedrog en identiteitsdiefstal.

Mense mors soms hul tyd op sosiale media wanneer hulle meer produktiewe werk kon gedoen het. Baie besighede mors produktiwiteit omdat mense hul tyd spandeer op tuistes soos Facebook, Twitter en Pinterest gedurende werksure.

Privaatheid is nie langer edel nie. Persoonlike foto's, belangstellings, oorwinnings en selfs teleurstellings word geplaas vir almal om te sien.

Beperkings Omdat mens op sosiale media net lees wat ander vir jou voorsit, sal jy nooit weet of dit wel die waarheid is nie.

Die inligting op sosiale media sal nooit ten volle veilig wees nie omdat aanlyn data beskikbaar is vir kriminele.

Page 131: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

126 | B l a d s y

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Omdat ons in 'n tegnologies ontwikkelde wêreld bly, vorm sosiale netwerke deel van ons daaglikse lewens wat ons nie kan ignoreer nie. Om weg te bly van sosiale media, word jy nie noodwendig beskerm nie, omdat ander namens jou iets kan plaas. Jy kan bloot die gebruik daarvan beheer en monitor deur dit tot jou voordeel te gebruik en om weg te bly van dit wat jou kan beskadig.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Facebook

Twitter

WeChat

Instagram

Snapchat

Pinterest

YouTube

LinkedIn

Skype

Tumblr

Messenger

Google+

Page 132: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

127 | B l a d s y

21. VIDEOKONFERENSIE Beskrywing – Wat dit is

'n Aanlyn-vergadering (of 'n vergadering oor afstand) wat tussen twee of meer partye plaasvind, waar elke deelnemer 'n beeld van die ander kan sien en waar beide partye met mekaar kan praat en na die ander deelnemers luister. Elke deelnemer moet 'n webkamera, 'n mikrofoon en luidsprekers hê wat aan hulle gekoppel is asook die nodige sagteware bv. Skype.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

As jy voor 'n monitor sit in 'n videokonferensie en jy kommunikeer deur die skerm, gaan jou video en klank in analoogvorm in die sagteware in. Dit word dan omgeskakel na digitale vorm. Wanneer die digitale boodskap by die ontvanger daarvan (die persoon met wie jy praat) uitkom, word die boodskap weer na analoogvorm omgesit en deur die ontvangers, luidsprekers en skerm gesien. Video konferensie maak gebruik van VoIP.

Voordele Mense met wie jy kommunikeer is sigbaar.

Baie mense kan aan 'n videokonferensie gelyktydig deelneem.

Goedkoper as gewone telefoonoproepe of reis na 'n vergadering.

Nadele Jy benodig 'n vinnige internetverbinding.

Jy gebruik baie data (cap) veral as jy video gebruik.

Beperkings Dit is steeds 'n onvolmaakte plaasvervanger vir aangesig-tot-aangesig-kommunikasie.

Daar is 'n kort tydsverloop tussen praat en die ontvang van 'n antwoord, wat die natuurlike vloei van 'n gesprek kan ontwrig.

Page 133: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

128 | B l a d s y

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Impak op onderwys: Videokonferensie bied aan studente die geleentheid om te leer deur deel te neem aan 'n tweerigting-kommunikasieplatform.

Impak op werknemers: Videokonferensies help om werknemers se uitbranding te verminder, aangesien werknemers nie hoef te reis om die betrokke pligte te verrig nie.

Impak op kommunikasie: Dit kan jou kommunikasie verpersoonlik deur die koudheid van e-pos te elimineer en die dikwels verkeerde vertolkings van direkte boodskappe uit te skakel.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

'n Menslike hulpbronbeampte kan met 'n werksoeker 'n onderhoud voer.

Personeel- of raadsvergaderings wat gereeld op verskeie plekke uitgevoer word, kan baat vind by die gebruik van 'n videokonferensie.

Page 134: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

129 | B l a d s y

22. SOIP/VOIP (STEM-OOR-INTERNET-PROTOKOL)

Beskrywing - Wat dit is? VoIP (Voice over IP) is die oordrag van stem- en multimedia-inhoud oor Internetprotokol (IP) netwerke (Rouse, 2017). Dit laat jou toe om telefoon (stem) oproepe oor rekenaarnetwerke soos die internet te maak.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

VoIP verander klank in data pakkette, stuur hulle oor 'n internet Protokol netwerk en verander hulle terug in klank aan die ander kant van die verbinding. VoIP kan gebruik word op toegewyde VoIP-fone (telefoonstelle wat net 'n internetverbinding nodig het - nie 'n PC/toestel nie) of VoIP-toepassings (bekend as 'n sagtefoon-program) wat op rekenaars en mobiele toestelle gebruik word (Rouse, 2017). Om 'n VoIP-oproep te maak, benodig jy 'n stabiele internetverbinding en 'n toestel met 'n mikrofoon. As jy video ook wil oordra, is 'n webcam nodig.

Voordele Laer koste as 'n telefoonoproep/Koste is dieselfde ongeag die afstand.

Kan gebruik word op 'n wye verskeidenheid toestelle/VoIP-geskikte toestelle is makliker beskikbaar.

Video kan tydens die oproep gebruik word/Fasiliteer videokonferensies/Bespaar reiskoste.

Bykomende funksionaliteit van sagteware, bv. lêerdeling, kitsboodskappe, skerm-deel-vermoë van Skype.

Nie nodig om bekommerd te wees oor diensverskaffers/SIM-kaarte tussen verskillende lande en kontinente nie.

Nadele/Beperkings Internet konneksie is nodig (alhoewel die sagteware en die werklike oproep gratis is, is daar nog steeds datakoste betrokke).

Beide gebruikers moet dieselfde sagteware gebruik.

Oproepkwaliteit is afhanklik van die internet konneksiespoed.

Kan baie data gebruik (veral as video gebruik word).

Probleemoplossing Die klankgehalte van 'n VoIP-oproep kan verbeter word deur die beperking van die bandwydte gebruik van alle ander programme en toestelle op die konneksie (maak seker dat niks anders op die agtergrond afgelaai word nie).

Video kan ook gedeaktiveer word om die oproepkwaliteit te verbeter.

Gebruik die toetsoproepdiens om te toets of jou luidsprekers en mikrofoon werk voordat jy bel. (Skype-spesifiek)

As die ander kant jou nie kan hoor nie, maak seker dat die korrekte opnametoestel gekies en aangeskakel is (bv. gebruik van die korrekte mikrofoon – ingebou op 'n

Page 135: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

130 | B l a d s y

skootrekenaar/alleenstaande mikrofoon/op 'n kopstuk/in 'n webkamera ingebou).

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Baie groot maatskappye gebruik VoIP om hul maandelikse telefoonrekening te verminder.

Individue gebruik dit om met familie en vriende wêreldwyd in kontak te bly.

Deelnemers aan rekenaarspeletjies (Gamers) gebruik dit om te klets – om strategieë te bepaal en in kontak te bly terwyl hulle aanlyn in spanne speel.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Skype, WhatsApp-oproep, Hangouts, Viber, TeamSpeak, Discord.

Page 136: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

131 | B l a d s y

23. WI-FI-WARMKOLLE ('HOTSPOTS') Beskrywing – Wat dit is

'n Wi-Fi warmkol is 'n spesifieke area waar jy draadloos aan 'n netwerk kan konnekteer en internet toegang kan bekom.

Baie besighede offer Wi-Fi warmkolle om meer kliënte te lok.

Wi-Fi warmkolle kom reg oor die wêreld voor in bv. restaurante, winkelsentrums, lughawens, binne treine, hotelle en ander publieke areas.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Meeste mobiele toestelle sal jou laat weet as 'n beskikbare warmkol naby is.

Wi-fi warmkolle word geskep deur WLAN draadlose roeteerders, wat toegangspunte genoem word.

Gebruikers moet gewoonlik eers inteken of betaal voor hul die netwerk kan gebruik.

Sodra jy gekonnekteer is, sal jy internettoegang hê solank jy binne die opvangsarea is.

Party warmkolle is oop om te gebruik (geen sekuriteitskode), vir ander kort jy eers 'n sekuriteitskode om toegang te kry.

Voordele Baie warmkolle is verniet.

Dit kan draadloos konnekteer.

Jy kan in oorsese lande internet toegang kry sonder om 'n simkaart te hê.

Gerieflike internet toegang.

Nadele Stadiger as gekabelde netwerke.

Swak seinsterkte/beperkte reikwydte.

Kuberkriminele kan toegang kry tot toestelle en hardeware wat aan die warmkol gekonnekteer is.

In sekere gevalle is 'n limiet van toepassing.

Beperkings

Wi-fi warmkolle toegangspunte het 'n reikwydte van ongeveer 20 meter. Dit kan wel vermeerder word met 'range extenders' of 'boosters'.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Dit het baie makliker geword om gekonnekteer te bly terwyl jy inkopies doen of deur wêreld reis, alles te danke aan die beskikbaarheid van Wi-Fi warmkolle oor die wêreld.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

'n Hotel kan gaste verniet Wi-Fi in hul kamers aanbied as 'n ekstra luuksheid.

Jy kan jou skootrekenaar gebruik om e-posse te lees by 'n koffiewinkel deur hul warmkol te gebruik.

Page 137: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

132 | B l a d s y

24. WIKI'S Beskrywing – Wat dit is

'n Webtuiste of databasis wat deur 'n gemeenskap van gebruikers geskep is, wat enigiemand toelaat om aan die inhoud te verander of by te voeg.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

As jy op 'n wiki webblad is, kan jy lees wat ander mense geskryf het en deur die 'edit' knoppie te klik, kan jy aan die inhoud verander en

by sit. Baie wiki's werk in die vorm van vraag-en-antwoord – jy kan jou vraag oplaai en mense kan jou antwoord deur daarop kommentaar te lewer – baie soos sosiale netwerke.

Voordele Laat mense met soortgelyke belangstellings toe om inligting te deel.

Verskeidenheid van onderwerpe kom voor.

Maklik om toegang te verkry, te gebruik en by te voeg.

Inligting is op datum en huidig.

Maklik om jou eie wiki te skep.

Nadele Enigiemand kan 'n bydrae lewer so die inligting is soms onakkuraat.

Internet toegang is nodig om dit te gebruik.

Niemand verifieer die akkuraatheid van die inligting nie.

Enigiemand kan inligting van 'n wiki verwyder.

Taalstruikelblokke kan lei tot misinterpretasie of inkorrekte terminologie.

Beperkings Die inligting is nie altyd betroubaar nie.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Kan inligting verkry oor bykans enige onderwerp.

Vinnige en maklike navorsing.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Wikipedia – aanlyn ensiklopedie

WikiTravel – toergids vir hotelle, reisdestinasies ens.

WikiHow – gee oplossings vir daaglikse probleme

WikiBooks – versameling van gebruikers-geredigeerde, oop-inhoud handboeke en gidse

CookBookWiki – resepte- en kookverwant

Interessante geskiedenis Ward Cunningham het die eerste wiki op 25 Maart 1995 geskep en WikiWIkiWeb genoem wat sagteware-ontwerp-patrone bespreek het.

Page 138: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

133 | B l a d s y

25. WI-MAX Beskrywing – Wat dit is

Wi-Max is 'n draadlose kommunikasie netwerk wat gebruik word vir lang afstand netwerke. Dit is toepaslik vir mobiele en vaste konneksies. Dit is baie soortgelyk aan die standaarde vir Wi-Fi, maar kan groter afstande bereik. 'n Wi-Max netwerk kan so ver soos 50 km strek.

Basiese verduideliking van hoe dit werk

'n Wi-Max -toring is soortgelyk aan 'n selfoon toring. Die ontvanger en lugdraad kan in 'n laptop ingebou word, soortgelyk aan hoe dit werk vir Wi-Fi vandag.

Voordele Enkele stasies kan honderde gebruikers bedien.

Nuwe gebruikers kan baie vinniger bygevoeg word as in gekabelde netwerke.

Dit kan 'n spoed van 10 Mbps bereik by afstande so ver weg soos 10 kilometer weg.

Dit kan baie hoë spoed data oordrag oor lang afstande ondersteun.

Dit word beskou as 'n goedkoper alternatief teenoor die breëband, gekabelde tegnologie.

'n Hoër spoed kan bereik word.

Nadele 'Line of site' word benodig vir langer of verder konneksies.

Weer en klimaat omstandighede kan verantwoordelik wees vir seinonderbrekings.

Die grootste nadeel van Wi-Max is die installasie en uitvoer kostes. Te danke aan die swaar en groot strukture, insluitend die toring, lugdrade, ens. is die kostes vir die opstelling van die Wi-Max netwerk ontsettend duur.

Ander kabellose toerusting kan 'n onderbreking veroorsaak.

WiMAX benodig baie sterk elektriese tegnologie om te werk, en benodig dus baie sterk elektriese ondersteuning.

Groot installasie en operasionele kostes word benodig vir Wi-Max.

Page 139: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

134 | B l a d s y

Beperkings Indien die gebruikers besig is om te beweeg, bv. as hulle bestuur, kan dit die aflaai spoed van Wi-Max baie negatief affekteer.

Bandwydte word gedeel tussen gebruikers van 'n sekere reeks. Indien daar te veel gebruikers is, sal hulle 'n laer aanlyn spoed hê.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

In vergelyking met gekabelde netwerke, satelliet netwerke en veseloptiese netwerke is WiMAX se spoed baie stadiger.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Daar is twee tipes: o Vasstaande Wi-Max o Mobiele Wi-Max

Page 140: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

135 | B l a d s y

SOSIALE IMPLIKASIES

IMPAK OP DIE SAMELEWING

1. TOEPASLIKE KOMMUNIKASIE ETIKET Beskrywing – Wat dit is

Toepaslike kommunikasie etiket is die manier hoe jy kommunikeer. In besigheid sal jy meer professioneel moet wees. In persoonlike kommunikasie moet jy ook van sekere maniere gebruik maak, bv. moet nie ongeskik wees nie. In e-pos is daar ook sekere reëls om te volg in geskrewe kommunikasie

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Reëls word gevolg tydens digitale kommunikasie 'n Paar reëls van etiket: E-pos

Moet nie gemorspos aanstuur nie.

Kommunikasie moet nie spelfoute en grammatika foute in hê nie.

Gebruik hoofletters en kleinletters soos toepaslik bv. moenie alles in hoofletters tik nie.

Maak seker dat die dokumente wat jy deur e-pos aanstuur nie virusse bevat nie.

Moet nie te groot aanhangsels aanstuur nie.

Pasop wie gekopieer word.

Maak seker die onderwerplyn is gepas.

Hou die formatering professioneel.

Sosiale media

Moet nie onbekende afkortings gebruik nie.

Moet nie opdaterings elke minuut op sosiale media plaas nie.

Hou persoonlike netwerke en professionele netwerk apart.

Moet nie ongeskikte kommentaar op sosiale media plaas nie.

Hou private inligting privaat.

Voordele Kommunikasie word meer effektief.

Kommunikasie word konstruktief en vriendelik.

Om etiket te gebruik, verbeter jou reputasie.

Nadele As iemand nie etiket gebruik nie, kan dit 'n negatiewe impak op die reputasie van 'n persoon hê.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Respek en vertroue word gewen deur ander mense as jy die korrekte etiket gebruik.

Page 141: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

136 | B l a d s y

2. KUNSMATIGE INTELLIGENSIE (AI) Beskrywing – Wat dit is

Kunsmatige Intelligensie (AI) is die ontwikkeling van rekenaarstelsels wat take kan verrig wat normaalweg menslike intelligensie vereis, soos visuele persepsie, spraakherkenning, besluitneming en vertaling tussen tale.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

AI is 'n ingewikkelde wetenskap waarin rekenaars geprogrammeer word om: • patrone te herken en wiskundige analise van • inligting wat versamel is van verskeie sensors of • herkenning van patrone in groot data • en neem dan gepaste optrede soos om te beplan, te leer, te

redeneer, probleme op te los en selfbewus te wees. AI word geklassifiseer volgens verskillende vlakke: Sterk vs Swak Sterk kunsmatige intelligensie is die ware nabootsing van hoe mense dink. Swak kunsmatige intelligensie probeer om stelsels te bou wat mense naboots, maar kan nie soos mense dink nie. Smal vs Algemeen Smal kunsmatige intelligensie is ontwerp om net spesifieke take uit te voer. Algemene kunsmatige intelligensie is ontwerp om te redeneer. Die veld van AI sluit in: • Robotika • Beheerstelsels • Skedulering • Data-ontginning • Logistiek • Spraakherkenning • Biometrie

Voordele Masjiene kan berekeninge met groter akkuraatheid doen en spoed in toepassings waar akkuraatheid baie belangrik is.

• Masjiene kan in gevaarlike omgewings soos die buitenste ruimte en die oseaanvloer werk verrig.

• Masjiene word nie moeg van herhalende, vervelige werk nie. • Masjiene het nie breek nodig nie en verdien nie 'n salaris nie. • Masjiene kan voorspel wat 'n gebruiker sal vra, soek en doen en

kan dus as assistent optree.

Page 142: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

137 | B l a d s y

Nadele Die skepping en implementering van AI is duur.

Masjiene het nie emosies, morele waardes of menslike deernis nie.

Masjiene het nie kreatiwiteit en verbeelding nie. Grootskaalse vervanging van mense met masjiene kan lei tot 'n hoër werkloosheidsyfer.

Mense kan te afhanklik van AI word.

Is dit eties korrek om intelligensie in menslike robots te herskep?

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

IoT (Internet van Dinge) en huistoestelle wat jou gedragspatrone sal leer en jou behoeftes sal voorspel.

• Robots kan die manier waarop ons na ouer en verswakte mense omsien, verander.

• Presisie medisyne sal die benadering vir siektebehandeling en -voorkoming verander en sal individuele variasie in gene, omgewing en leefstyl van elke persoon in ag neem.

• Met die kombinasie van AI, IoT, bestuurderlose motors en ander tegnologieë, sal ons in slim stede woon wat ons behoeftes kan voorspel.

• Self-bestuur voertuie en vervoer rekenarisering sal die aantal motoreienaars verminder, verkeersopeenhopings verminder en parkeerareas verminder.

• AI sal die onderwysstelsel verander om aan elke individu se behoeftes te voldoen.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

• Gmail gebruik 'n program genaamd Boomerang wat jou in staat stel om te beheer wanneer e-posse gestuur en ontvang word om tydverskille in ag te neem.

• Die opgeleide professionele persone van Brain.fm gebruik AI om musiek te skryf wat die luisteraar in 'n spesifieke slaaptoestand sal plaas.

• Spotify het hul Discover Weekly snitlys vrygestel wat aanbevelings met diep leer meng. Deur te ontleed wat jy voorheen geluister het, bied Discover Weekly jou 'n persoonlike snitlys vol musiek wat jy moontlik sal geniet.

• Clarke.ai is 'n AI bot wat in jou konferensies inskakel, oplet, aantekeninge neem en dit na jou toe e-pos.

• Apple se Siri, Google Now, Amazon se Alexa en Microsoft se Cortana is digitale assistente wat gebruikers help om verskillende take te verrig, soos skedulering, soek op die web en die stuur van opdragte na 'n ander program.

• Videospelkarakters wat jou gedrag leer, reageer op stimuli en reageer op onvoorspelbare maniere.

• Voorspelling van aanlyn aankope voordat hulle gemaak word soos deur Amazon en Target gebruik.

• Groot finansiële instellings gebruik AI om bedrog op te spoor.

Page 143: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

138 | B l a d s y

Figure A: https://blogs.technet.com/b/nzedu/archive/2013/01/07/collaboration-and-the-role-of-technology-in-the-21st-century-classroom.aspx

Figure B: https://www.cnbc.com/2017/02/17/lawyers-could-be-replaced-by-artificial-intelligence.html

Page 144: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

139 | B l a d s y

3. DATABESKERMING Beskrywing – Wat dit is

Databeskerming is die proses om data te beskerm sodat dit nie beskadig of verloor word nie. Dit is daarop gemik om 'n balans tussen individuele privaatheid regte te vind, terwyl dit steeds toelaat dat data vir besigheidsdoeleindes gebruik word.

Fisiese beskerming van data

• Beheer toegang tot fisiese data deur biometriese toevoer. • Hou rekenaars met private inligting in veilige kamers

toegesluit. • Skakel rekenaars af wanneer dit nie gebruik word nie. • Maak rugsteun aflyn en stoor dit op 'n ander plek. • Moenie draagbare bergingsmedia laat rondlê nie.

Beskerming van data deur sagteware

• Voeg gebruikersname met wagwoorde. • Beheer internettoegang. • Moenie onwettige draadlose toegang tot 'n rekenaar toelaat

nie. • Enkripteer data. • Maak wolkrugsteun. • Rugsteun gereeld. • Beskerm dokumente met wagwoorde. • Maak draadlose oordrag veilig. • Beskerm data teen virusse.

Beskerming van dokumente

• Voeg wagwoorde by lêers. • Beperk die redigering van dokumente. • Beskerm selle, werkboeke en werkblaaie.

Voordele • As die rekenaar met 'n virus besmet raak, word geen data verloor nie.

• Geen losprys hoef betaal te word indien data gesluit is nie. • Waardevolle inligting is veilig.

Nadele • Mag geld kos. • Dataherwinning kan tyd neem. • Mag baie stoorspasie benodig.

Page 145: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

140 | B l a d s y

4. VERSPREIDE REKENAARKRAG Beskrywing – Wat dit is

Verspreide rekenaarkrag gebruik 'n netwerk van baie rekenaars, wat elk 'n gedeelte van 'n algehele taak doen, om 'n resultaat baie vinniger te bereik as met 'n enkele rekenaar. Verspreide rekenaars is rekenaars ver van mekaar, wat elkeen 'n rol speel in die oplos van 'n probleem of inligting verwerking. Verspreide rekenaarkrag kan oral gevind word: Intranet, internet of mobiele rekenaars (skootrekenaars, slimfone, slimhorlosies). Dit sluit hardeware en sagteware stelsels in, wat meer as een verwerking/stoor bevat en gelyktydig hardloop. Ruitrekenarisering is 'n voorbeeld van verspreide rekenaarkrag.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

As 'n rekenaar nie kragtig genoeg is om 'n groot taak te verwerk nie, word die verwerking van die taak verdeel tussen baie rekenaars, byvoorbeeld duisende rekenaars wat aan die internet gekoppel is. Elke rekenaar doen 'n gedeelte van die verwerking. Die gekombineerde verwerkingskrag laat die verwerking van die taak toe sonder om duur toerusting te koop. In verspreide rekenaarkrag word die rekenaars gekoppel aan 'n netwerk en hulpbronne word bestuur deur die enkele rekenaar. Anders as ruitrekenarisering, waar die rekenaar se hulpbronne deur 'n kragtige bediener beheer word.

Voordele Deel van hulpbronne (bespaar tyd en energie).

Kombinasie van goedkoop verwerkers is dikwels meer koste-effektief as een duur vinnige stelsel.

Nadele Veelvoudige punte van mislukkings: die mislukking van een of meer deelnemende rekenaars kan tot 'n ramp lei.

•Sekuriteitskwessies – baie rekenaars sal toegang tot die data hê.

Beperkings Baie verskillende rekenaars wat saamwerk is moeilik om te bestuur, veral as hulle nie dieselfde sagteware gebruik nie.

Verskillende verwerkingsped kan tot 'n bottelnek lei, aangesien alle rekenaars moet wag vir die stadigste rekenaar.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Die meeste rekenaars spandeer baie tyd in 'downtime', wat beteken dat hulle nie so effektief gebruik word as wat hulle kan wees nie. Deur gebruik te maak van 'n verspreide rekenaarstelsel netwerk, sal hulle daardie tyd vat en dit weer nuttig maak deur groot take toe te ken wat 'n rekenaar baie ure of dae kan neem en die taak oornag voltooi. Dit sal 'n positiewe impak op ons lewens hê, aangesien die groot hoeveelheid beskikbare data nuttige inligting word sonder dat daar ekstra hulpbronne benodig word.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Ruitrekenarisering en wolkberging is vorms van verspreide rekenaarkrag.

Seti@Home https://setiathome.berkeley.edu/ SETI@home is 'n wetenskaplike eksperiment, gebaseer op UC Berkeley, wat gebruik maak van internet-gekoppelde rekenaars in die Soek vir Buitenaardse Intelligensie (SETI). Jy

Page 146: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

141 | B l a d s y

kan deelneem deur 'n gratis program te beheer wat radio teleskoop data aflaai en analiseer.

PrimeGrid http://www.primegrid.com/ PrimeGrid se primêre doelwit is om wiskunde te bevorder deur alle rekenaargebruikers in staat te stel om hul stelsel se verwerkende krag by te dra vir 'n primêre doelwit. Deur eenvoudig BOINC te laai en te installeer en aan te pas by die PrimeGrid-projek, kan deelnemers kies uit 'n verskeidenheid priemvorms vir soek.

Page 147: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

142 | B l a d s y

5. INVLOED EN GEBRUIK VAN SOSIALE NETWERKE EN TEGNOLOGIE Beskrywing – Wat dit is

Sosiale media is die gebruik van webtuistes of toepassings om met ander te kommunikeer of mense op te spoor wat dieselfde belangstellings het as jy.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die mees basiese eienskap van sosiale netwerke is die vermoë om 'n persoonlike profiel op te stel en met ander te deel. So 'n profiel bevat gewoonlik 'n foto, sommige persoonlike inligting (naam, ouderdom, geslag, adres) en spasie vir jou gunsteling liedjies, boeke, Tv-programme, flieks, stokperdjies, webtuistes, ens.

Voordele Mense bou sosiale bande op met die buitewêreld wat rondom hulle draai.

Mense neem ook deel aan gesprekke waar hulle hulle opinies kan lig oor sosiale kwessies.

Mense bly in verbinding met familie en vriende.

Daar word voorsiening gemaak vir professionele en akademiese sosiale netwerke om te netwerk met gelykes.

Koste vir kommunikasie is drasties verlaag.

Nadele Sosiale tuistes kan veroorsaak dat werkers en studente meer dikwels belangstelling toon in hul vriende en wat hul op sosiale media plaas, in plaas daarvan om te werk of studeer.

Mense kan verslaaf raak aan sosiale netwerke en hul eie persoonlike en professionele lewens verwaarloos.

Iemand kan in jou profiel inbreek ('hack').

Kuberkrakers kan jou teister deur valse profiele op te stel.

Kinders kan selfs, a.g.v. kuberteistering wat plaasvind, selfmoord pleeg.

Sosiale media kan veroorsaak dat mense dikwels nie kan onderskei tussen egte verhoudings in die werklikheid en gemaklike verhoudings wat deur sosiale media geskep word nie.

Onvanpaste foto's wat dalk opgelaai word kan veroorsaak dat werknemers benadeel word indien werkgewers 'n agtergrond studie doen oor 'n persoon nie.

Beperkings Mense is dikwels nie so versigtig op sosiale media as wat hulle in die werklikheid is.

Boodskappe is permanent.

Alhoewel gebruikers kan beheer wie hulle boodskappe kan sien, is dit soms moeilik om totaal en al te beheer.

Page 148: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

143 | B l a d s y

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Sosiale media het die manier wat mense kommunikeer beïnvloed. In baie gevalle is hierdie 'n positiewe bydrae, maar daar is ook heelwat negatiewe bydraes. Dit sluit die volgende in:

Negatiewe invloed op persoonlike kommunikasie.

Mense raak verslaaf aan sosiale media.

Mense raak verward tussen julle sosiale media lewe en die werklikheid.

Negatiewe gesondheidseffekte a.g.v. lang ure op sosiale media.

Bevorder swak taalgebruik en spelling.

Leuens kan versprei word.

Kinders word blootgestel aan aanlyn jagters.

'n Kultuur word geskep waar mense (sonder om te dink) uitlatings kan maak, wat groot skade kan aanrig aan iemand se reputasie.

Produktiwiteit kan afneem omdat mense eerder tyd spandeer op sosiale netwerke in plaas daarvan om te werk.

Inligting wat uitgedeel word, verhoog die risiko van identiteitsdiefstal.

Kuberteistering kan plaasvind.

Hoe om veilig op sosiale netwerke te wees

Gebruik altyd maksimum privaatinstellings.

Wees versigtig wat jy op sosiale netwerke deel.

Verminder die tyd wat aan sosiale netwerke spandeer word.

Monitor kinders se sosiale netwerkgebruik sowel as hulle vriende op sosiale netwerke.

Maak reëls oor sosiale netwerke en hou daarby.

Lei medegebruikers op oor die gevaar wat voorkom by sosiale netwerke.

Moenie vreemdelinge as vriende aanvaar nie.

Onthou altyd dat 'Facebook' nie volle realiteit is nie.

Bou aanlyn netwerke op met mense wat jy ook van aangesig tot aangesig sien. (Reed)

Effek van sosiale media in die praktyk

https://www.youtube.com/watch?v=HffWFd_6bJ0 https://www.youtube.com/watch?v=yrln8nyVBLU https://www.youtube.com/watch?v=KRsix3bi0jU https://www.youtube.com/watch?v=0EFHbruKEmw https://www.youtube.com/watch?v=mmf5OJ6KM9Q

Page 149: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

144 | B l a d s y

6. INLIGTINGSOORLADING Beskrywing – Wat dit is

Stres word ervaar deur meer inligting te ontvang as wat hanteer kan word (of wat verstaanbaar en geabsorbeer kan word in die beskikbare tyd) en pogings om dit te hanteer. Inligtingsoorlading gebeur in 'n situasie waar jy te veel inligting op 'n slag ontvang en nie duidelik daaroor kan dink nie.

Voordele Die internet maak navorsing maklik – ons het 'n wêreld van inligting op die punte van ons vingers.

Honderde artikels/blogs/boeke is beskikbaar oor 'n enkele onderwerp.

Mense is in kontak met wêreldnuus, nuwe tendense, politiek, weer en soveel meer.

Nadele Inligtingoorlading kan afleidend wees. Byvoorbeeld, e-pos spam kan onbeheerbaar word.

Sosiale media het gelei tot sosiale inligtingsoorlading.

Dag-tot-dag aktiwiteite word toenemend onderbreek deur 'n oorlading van inligting.

Produktiwiteit word verminder as gevolg van die poging om inligting oorlading te beheer.

Oorkoming van inligtingsoorlading

Wees seker van die soort inligting wat jy soek.

Vind bronne wat betroubaar is en soek inligting by hulle.

Moenie onnodige inligting stuur nie.

Raak ontslae van papier.

Word georganiseer.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Die gebruik van soekenjins soos Google help 'n gebruiker om baie inligting oor bykans enige onderwerp te vind. Inligting wat gevind word, is egter nie altyd betroubaar nie, aangesien daar nie 'n verpligte akkuraatheidskontrole is voordat dit gepubliseer word nie.

Mense moet dit wat hulle lees dubbel kontroleer en dit neem meer data en meer tyd in beslag.

Mense is geneig om die inligting in te neem wat hulle interessant vind, dit verskeie kere met vriende/familie aanlyn te deel, wat veroorsaak dat dit vinniger versprei. Dit skep goedkoop, gewilde inligting.

Page 150: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

145 | B l a d s y

7. SAGTEWAREFOUTE Beskrywing – Wat dit is

'n Sagtewarefout is 'n tekortkoming of mislukking in 'n sagtewareprogram wat veroorsaak dat die sagteware 'n foutiewe of onverwagte resultaat lewer of onbepland optree.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

'n Fout word nie veroorsaak deur eksterne inmenging soos kwaadwillige sagteware nie. Dit is eerder as gevolg van 'n programmeringsfout in die bronkode. 'n Sagtewareprogram wanfunksioneer slegs wanneer baie foute tegelyk die prestasie beïnvloed.

Voordele

• Om foute in sagteware te kry verbeter doeltreffendheid. • Om foute te identifiseer voordat die sagteware in werking is,

kan die risiko van mislukking verminder. • Sekere sagteware is nie altyd versoenbaar met ander

sagteware nie. Om foute te vind en reg te stel, verbeter die versoenbaarheid.

• Gebruikers is gelukkiger wanneer foute opgelos word en is meer geneig om die sagteware te gebruik.

Nadele • Kan sagteware foutief maak. • Kan probleme met versoenbaarheid veroorsaak. • Rampe en sterftes kan veroorsaak word deur foute in

sagteware.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

• Sagteware ontwikkelaars stel 'n beta weergawe van sagteware vry sodat mense dit kan toets voordat dit vrygestel word. Sagteware foute word dan reggemaak voordat die amptelike sagteware vrygestel word.

• Fouttoets ('Bug testing') sagteware kan gebruik word om sagteware foute te vind.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Die Year 2000 bug, of Y2K Bug of Millennium Bug, was 'n koderingsprobleem rekenaarprobleme veroorsaak het.

Die Pentium-skyfie se wiskundefout (1993): Intel se bekende Pentium-skyfie was redelik sleg met wiskunde. Die werklike foute wat dit gemaak het, was redelik klein (buite die agtste desimale punt) en beperk tot sekere soorte delingsprobleme.

'n Rekenaarprogrammeringsfout het die vroeë vrylating van 23 gevangenes veroorsaak deur tronkstraf vir Michigan-staatsgevangenes te verminder.

Page 151: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

146 | B l a d s y

8. TELEPENDEL/TELEWERK ('TELECOMMUTING') Beskrywing – Wat dit is

Telependel (ook bekend as 'werk vanaf die huis' of e-pendel) is 'n werksooreenkoms waarvolgens die werknemer van buite die kantoor werk, dikwels vanaf sy huis of 'n plek naby die huis. (Koffiewinkels, biblioteke en verskeie ander plekke word hierby ingesluit.)

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

In plaas daarvan om na die kantoor te reis, 'reis' die werknemer via telekommunikasie tegnologie en bewerkstellig kontak met medewerkers en werkgewers deur bv. telefoonoproepe en e-pos. Die werknemer sal soms wel die kantoor besoek vir bv. vergaderings, maar met soveel opsies vir afstandskonferensies, mag dit dalk nie nodig wees vir hom om fisies in die kantoor teenwoordig te wees nie.

Voordele Voordele vir die werknemer

Hoër produktiwiteit Mense wat van die huis af werk, is dikwels meer produktief, want daar is nie die steurings in 'n kantoorspasie wat jou aandag kan aflei nie en jy verloor nie tyd om daarheen te reis nie.

Geen reis/verkeer Telependel kan jou enige iets van minute tot ure per dag bespaar, wat jy eerder kan bestee aan dinge waarvan jy hou om te doen, soos slaap, tyd met jou familie deurbring, stap met die hond of enige ander aktiwiteit waarvoor jy graag meer tyd wou hê.

Verhoogde onafhanklikheid Telependel laat 'n werker groter vryheid ten opsigte van sy/haar werksure en werksplek toe. Dis egter essensieel van belang om 'n groter mate van selfbeheer en self-dissipline toe te pas, ten einde 'n produktiewe telependelaar te wees.

Verhoogde besparings Meeste mense wat van die huis af werk het min behoefte aan professionele klere, wat 'n groot besparing per jaar kan meebring.

Groter buigsaamheid Dit gee die werknemer meer buigsaamheid om 'n balans tussen werk en persoonlike verantwoordelikhede te vind. As jy in die middel van die dag kruideniersware moet gaan koop, is jy vry om dit te doen. Of jy in die oggend meer produktief is, of dalk 'n naguil is, jy kan jou werksure daarvolgens aanpas.

Minder siek dae Wanneer jy in 'n kantoor werk, word jy blootgestel aan baie mense se kieme, maar as jy van die huis af werk, is jy minder blootgestel en bly jy dus gesonder. Dis baie makliker om na jouself om te sien terwyl jy siek is en steeds bietjie werk gedoen te kry wanneer jy tuis bly, wat beteken dat jy waarskynlik minder siek dae af sal hê.

Page 152: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

147 | B l a d s y

Voordele vir werkgewers

Mense wat toegelaat word om te telependel is dikwels meer produktief, wat tot voordeel van die maatskappy strek.

Telependelaars is geneig om gelukkiger in hulle werk te wees en sal waarskynlik langer by die maatskappy bly werk.

Telependel spaar maatskappye baie geld, omdat daar minder kantoor uitgawes is.

Nadele Mens moet uiters selfgemotiveerd wees, anders kan jy maklik konsentrasie verloor.

Jy moet 'n produktiewe plek soek om te werk, soos 'n tuiskantoor of koffiewinkel.

Sommige mense ervaar dat hulle geïsoleerd voel as hulle vanaf die huis werk, omdat jy nie tussen jou kollegas is nie.

Daar bestaan 'n verhoogde risiko van verlies aan netwerk privaatheid en -sekuriteit. Privaatheid en sekuriteit kan in die slag bly wanneer werknemers oor 'n afstand toegang kry tot dokumente op die maatskappy se interne netwerk.

Beperkings Internet toegang sal beskikbaar moet wees.

Page 153: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

148 | B l a d s y

WETLIKE- ETIESE- EN SEKURITEITSKWESSIES

9. ADVERTENSIEWARE ('ADWARE') Beskrywing – Wat dit is

Advertensieware is versteek in sagteware wat gratis afgelaai kan word, maar dit vertoon outomaties advertensies deur baniere en opwipvensters terwyl die gebruiker aanlyn is.

Eenvoudige beskrywing van hoe dit werk

Advertensieware hou aan om advertensies te vertoon terwyl die program werk. Dis nie noodwendig malware nie, aangesien die advertensies nie kwaadwillig is nie.

Somtyds kan die advertensieware opwip terwyl die gebruiker deur die internet blaai. Hierdie vensters kan onder die deurblaaier versteek word.

Voordele van advertensieware

Maatskappye hoef nie 'n klomp geld aan tradisionele bemarking te spandeer nie; hulle adverteer deur advertensieware te gebruik.

Spyware kan gekoppel word aan advertensieware om die gebruiker by te staan wanneer daar gesoek word na spesifieke produkte.

Relevansie en impak op persoonlike lewe

Advertensieware is meer lastig as gevaarlik.

Advertensieblokkeringsagteware kan die totale aantal advertensies verminder.

Gratis mobiele toepassings bevat dikwels advertensieware. Hierdie toepassings gebruik baie data en batterykrag.

Advertensieware kan die rekenaar stadiger maak.

Voorkomende maatreëls

Moenie op skakels in opwip vensters klik nie.

Moenie onnodige gratis programmatuur aflaai nie.

Verander die deurblaaier se verstellings om nie outomatiese aflaai van sagteware toe te laat nie.

Moenie onbekende webtuistes besoek nie.

Prentjie se URL: https://guides.wikinut. com/img/1_ vt_q.kw0izmr6u/ Advertensieware

Page 154: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

149 | B l a d s y

10. VOORKOM SEKURITEITSBEDREIGINGS Beskrywing – Wat dit is

Daar is intensionele bedreigings en nie-intensionele bedreigings. Nie-intensionele bedreigings word beskou as menslike foute, omgewingsrampe en rekenaarfoute. Die meeste mense sal nie met opset skade berokken nie. Intensionele bedreigings verwys na doelbewuste optrede wat diefstal of skade aan rekenaar hulpbronne, toerusting en data tot gevolg het. Meeste intensionele bedreigings kan beskou word as rekenaarmisdaad.

Voorbeelde van die impak op ons alledaagse lewe

Intensionele bedreigings sluit in virusse, uitvissing ('phishing'), inbraak ('hacking'), 'denial of service'-aanvalle (DOS), data- en identiteitsdiefstal en vernietiging/beskadiging van rekenaar hulpbronne.

Beskerming teen sekuriteitsbedreigings

Hierdie bedreigings dwing maatskappye en besighede om veiligheidsmaatreëls in plek te sit.

Bestuur van bedreigings netskans – swartlyste vir IP adresse en URL'e keuring/sifting van roeteerders – e-pos ondersoeke, lêer sifting, beskerming teen uitvissingsbedrog

Enkripsie is 'n manier om data te beveilig deurdat dit deur middel van wiskundige algoritmes omgeskakel word na onverstaanbare kode voordat dit versend word.

Anti-kwaadwillige sagteware toeps voorsien beskerming teen kwaadwillige sagteware ('malware').

Verseker dat die netwerkkonneksie slegs beskikbaar is vir persone vir wie dit bedoel is.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

'Cracker' is 'n term wat gebruik word om iemand te beskryf wat sekuriteitskodes doelbewus oortree met die doel om in iemand anders se rekenaar of netwerk in te breek vir kwaadwillige redes. 'n 'Hacker' is eintlik 'n term wat gebruik word om 'n programmeerder met gevorderde kennis van rekenaars en netwerke, te beskryf. 'n 'Hacker' vind swakhede in 'n rekenaar of rekenaar netwerk, met die doel om dit te verbeter en reg te stel.

Verwysings www.itscolumn.com/2012/06/how-to-avoid-security-threats/ www.tomsitpro.com/articles/threat_management-it_security-netskans-it_certification-network_security,2-477.html

Page 155: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

150 | B l a d s y

11. REKENAARMISDAAD WAT TE DOEN HET MET HARDEWARE, SAGTEWARE, INLIGTING,

IDENTITEIT, BANDWYDTE DIEFSTAL OF DIEFSTAL VAN TYD EN DIENSTE Beskrywing – Wat dit is

Rekenaarmisdaad: Enige misdaad wat te doen het met rekenaars/rekenaarstelsels of tegnologie.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Rekenaar misdaad wat te doen het met: Hardeware:

Diefstal van rekenaarhardeware. Sagteware:

Die misbruik van sagteware om inligting te steel.

Beskadiging van rekenaar inligting.

Om ongemagtigde toegang tot rekenaars/stelsels te verkry. Inligting:

Om inligting sonder toestemming te gebruik.

Om toegang tot persoonlike, ongemagtigde inligting te verkry.

Om inligting te versprei sonder toestemming.

Om data te verander of te manipuleer sonder toestemming. Identiteit:

Die misbruik van persoonlike inligting. Bandwydte diefstal:

Bandwydte verwys na die hoeveelheid data wat oorgedra kan word na 'n gebruiker se rekenaar. Wanneer jy op 'n webbladsy rondblaai, word die webtuiste se bandwydte gebruik om die lêers te bekom.

'Hotlinking' is direkte skakel na 'n webtuiste se lêers (grafika, video's, ens.). 'n Voorbeeld wat gebruik kan word is om 'n <img> 'tag' te gebruik om 'n 'jpg' prent te vertoon wat eintlik op 'n ander webbladsy verskyn.

Diefstal van tyd en dienste:

Om 'n werknemer se rekenaartegnologie te gebruik vir persoonlike werk of ontspanning.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Diefstal van hardeware:

Mense word makliker blootgestel aan toestelle wat maklik is om te steel, bv. slimfone en tablette.

Mense moet 'n klomp geld spandeer om gesteelde tegnologie te vervang.

Skole se rekenaarsentrums word geteiken vir diefstal. Sagteware:

Mense word blootgestel aan kuberaanvalle as gevolg van skadelike sagteware en virusse wat rekenaars teister.

Page 156: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

151 | B l a d s y

Mense word mislei deur vals advertensies en misleidende inligting.

Mense kan teikens word van uitvissing, gemorspos, kuberkrakery en skadelike sagteware.

Mense se persoonlike inligting kan blootgestel word.

Bandwydte diefstal:

Mense se intellektuele eiendom of werk kan blootgestel word aan roofkopiëring.

Diefstal van tyd en diens:

Mense se bronne, soos die internet, kan misbruik word vir 'n ander doel as waarvoor dit oorspronklik bedoel was.

Mense kan groot hoeveelheid kostes verloor as gevolg van hoë data kostes of die onvermoë om hul hulpbronne te gebruik as gevolg van 'n ander gebruiker se misbruik.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Slimfone, skootrekenaars, en ander draagbare toestelle het 'n hoër risiko om gesteel te word.

Rekenaartoestelle word blootgestel om deur gevaarlike sagteware geïnfiltreer te word.

Privaatheid is in gevaar a.g.v. kameras en wolkberging wat teikens word van kuberkrakers.

Sleutelvasleggingssagteware kan 'n persoon se toevoer dophou en dan toegang kry tot gebruikersname en wagwoorde.

Spioenware is sagteware wat daarop uit is om inligting van 'n persoon, sonder sy kennisname, in te samel.

'Torrents' en pyplynwerking ('streaming') van toestelle soos 'n 'KODI box' ('n toestel wat TV's in 'android' toestelle verander) gebruik bandwydte en kan dan die internet baie stadig maak.

'Torrent' aflaai sagteware en webtuistes soos 'PirateBay', laai soms roofkopieë sonder toestemming af.

Page 157: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

152 | B l a d s y

12. KUBER-/REKENAARBEDROG Beskrywing – Wat dit is

Rekenaarbedrog maak gebruik van 'n rekenaar om toegang te verkry tot iets wat privaat is.

Eenvoudige beskrywing van hoe dit werk

Soorte rekenaarbedrog verskil. Eenvoudige soorte bedrog mag die volgende insluit:

Stuur van 'hoax' e-posse (bedrogboodskappe) met die doel om iemand bang te maak.

Om iemand se rekenaar onwettig te gebruik of om te maak of jy iemand anders is op die internet.

Om gebruik te maak van spioenware om inligting oor iemand anders te versamel.

Meer ernstige rekenaarbedrog sluit in swendelary, inbreek ('hacking'), identiteitsdiefstal en breek van sekuriteitskodes. Selfs die gebruik van iemand anders se rekenaar om 'hoaxes' te skep en te gebruik om iemand anders te boelie.

Relevansie en impak op persoonlike lewe

Identiteitsdiefstal van gebruikers wat dit nie verwag nie

Inbraak op iemand se privaatheid

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Verskeie soorte rekenaarbedrog:

E-pos spoofing: Maak gebruik van 'n sender se e-posadres om voor te gee dat die e-pos van 'n wettige bron kom om die ontvanger te flous deur hom te laat dink dat die e-pos deur 'n wettige sender gestuur is.

Uitvissingswendelary ('Uitvissing scams'): Bedrieërs probeer om inligting soos gebruikersname, wagwoorde en kredietkaart besonderhede te verkry deur middel van elektroniese kommunikasie, deur hulleself te vermom as iemand wat vertrou kan word.

Malware: (Malicious Software) is sagteware wat ontwerp is om die rekenaar te ontwrig, sensitiewe inligting te versamel of ongemagtigde toegang tot rekenaarstelsels te verkry.

Spioenware: 'n Tipe skadelike sagteware wat op rekenaars geïnstalleer is en wat inligting versamel oor gebruikers sonder dat hulle daarvan bewus is.

Keyloggers: Hou boek van die sleutels wat gedruk word op 'n sleutelbord met die doel om sensitiewe inligting te versamel.

Page 158: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

153 | B l a d s y

Maniere om jouself te beskerm

Moet nooit persoonlike inligting aan iemand bekend maak waarvan jy nog nooit gehoor het nie, bv. volle name, adres, foonnommer, bankbesonderhede, identiteitsnommer.

Individue behoort nooit aandag te skenk aan vinnig-ryk-word-skemas nie.

E-pos gebruikers behoort nooit e-posse van vreemdelinge oop te maak nie.

Installeer anti-virus en anti-spam sagteware.

Mense behoort nooit aanhangsels af te laai van iemand wat jy nie ken nie.

Kinders behoort ingelig te word aangaande veilige kommunikasie oor die internet om hulle te beskerm teen oortreders.

Mens moet nooit wagwoorde op jou rekenaar te stoor nie.

Moenie algemene wagwoorde gebruik soos kinders se name, verjaardae of ander woorde wat maklik geraai kan word nie.

Moet nooit 'n wagwoord vir iemand anders gee nie.

Verwysings www.legal-dictionary.thefreedictionary.com/Computer+fraud www.smallbusiness.chron.com/types-computer-fraud-crime-78730.html www.computerhope.com/jargon/s/spoof.htm

Page 159: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

154 | B l a d s y

13. KUBERAANVALLE ('CYBER ATTACKS') Beskrywing – Wat dit is

'n Kuberaanval is doelbewuste uitbuiting van rekenaarstelsels en netwerke. Kuberaanvalle gebruik kwaadwillige kode om rekenaarkode, logika of data te verander, wat lei tot ontwrigtende gevolge wat data kan manipuleer en kan lei tot kubermisdade, soos inligting en identiteitsdiefstal.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Kuberaanvalle kan in twee breë tipes verdeel word: aanvalle waar die doel is om die teikenrekenaar af te skakel of dit aflyn te kry, of aanvalle waar die doel is om toegang tot die data van die teikenrekenaar te verkry en dalk adminregte op dit te kry.

Voorbeelde van kuberaanvalle

• Gemorspos • Uitvissing e-posse • Virusse • Trojaanse perde • Spyware • Malware • Ransomware • Rootkits • Wagwoord dekripsie • Denial-of-Service (DoS) aanval

Page 160: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

155 | B l a d s y

14. DDOS AANVAL (DISTRIBUTED DENIAL-OF-SERVICE ATTACK) Beskrywing – Wat is 'n DDoS aanval

DDoS aanval is 'n kuberaanval waar die aanvaller probeer om 'n rekenaar (gewoonlik die bediener) ontoeganklik vir die gebruiker te maak deur van die dienste te ontwrig. 'n Aanvaller skep 'n netwerk van rekenaars en sorg dat die rekenaars 'n spesifieke bediener of webtuiste aanhoudelik kontak. Dit veroorsaak 'n opbou van verkeer wat die webtuiste of bediener baie stadig maak of selfs heeltemal laat afsit.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

'n DDoS aanval sal poog om 'n webtuiste of aanlyndienste ontoeganklik te maak deur onnodige verkeer op te bou sodat die webtuiste ineenstort of die aanlyndienste nie meer beskikbaar is nie. 'n Aanvaller gebruik baie besmette rekenaars (zombies) om 'n botnet te skep. Die aanvaller kan dan die botnet beheer en bestuur om te doen wat hy wil hê.

Simptome van 'n DDoS aanval

Gewoonlik stadige netwerkdiens

Onbeskikbaarheid van sekere webtuistes

Onvermoë om toegang tot webtuistes te kry

Meer spam e-posse word ontvang

Moontlike afskakeling van 'n internet konneksie

Langdurige ontoeganklikheid na die internet

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Verwys na: https://www.digitalattackmap.com/understanding-ddos/

Page 161: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

156 | B l a d s y

15. E-POS FLOUSERY ('E-MAIL SPOOFING') Beskrywing – Wat dit is

E-pos flousery is die vervalsing van 'n e-pos opskrif sodat die boodskap blyk te wees van iemand of iewers anders as die werklike bron. E-pos flousery is 'n taktiek wat gebruik word in uitvissing- en gemorspos-veldtogte omdat mense meer geneig is om 'n e-pos oop te maak wanneer hulle dink dit is deur 'n wettige bron gestuur.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die woord 'spoof' beteken 'vervals'. 'n Vervalste e-pos is wanneer die persoon wat die e-pos stuur doelbewus dele van die e-pos verander sodat dit lyk asof dit deur iemand anders geskryf is. Die sender se naam/adres en die inhoud van die boodskap is gewoonlik geformateer om te lyk asof dit uit 'n wettige bron verskyn, asof die e-pos van 'n bank of 'n koerant of wettige maatskappy afkomstig is. In baie gevalle is die gespoofed-e-pos deel van 'n uitvissings ('phishing') aanval. Oneerlike gebruikers sal verskillende afdelings van 'n e-pos verander om die sender te vermom as iemand anders. Voorbeelde van eienskappe wat verander word: 1. FROM naam/adres 2. REPLY-TO naam/adres 3. RETURN-PATH-adres 4. BRON IP-adres

Hoe om 'n e-flousery te identifiseer

Moenie die naam wat vertoon word vertrou nie

Beweeg jou muis oor enige skakels in die liggaam van die e-pos. As die skakeladres vreemd lyk, moenie daarop klik nie

Kyk vir spelfoute

Moenie persoonlike inligting gee nie

Moenie op aanhangsels klik nie

Moenie die boskrif ('header') van e-pos adres vertrou nie

Page 162: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

157 | B l a d s y

16. VALSE NUUS ('FAKE NEWS') Beskrywing – Wat dit is

Valse nuus kan gedefinieer word as: Valse nuusberigte wat vermom word as ware nuusstories, maar dis eintlik vervals en kan nie geverifieer word deur feite, bronne en aanhalings nie. Dit word geskep met die doel om die leser te mislei en die reputasie van 'n publieke figuur, ondernemings of instellings skade aan te doen. Valse nuus word versprei via tradisionele nuus en sosiale media.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Vals nuus is deel van die groter prentjie van misinformasie en disinformasie.

Misinformasie is vals of onakkurate inligting wat per ongeluk geskep of versprei is – die doel is nie om skade aan te rig nie.

Disinformasie is valse inligting wat aspris geskep en versprei is om die publieke opinie te beïnvloed en die waarheid te verdraai.

Vals nuus kan gebruik word vir:

Om inkomste in te win deur o aandag te trek saam met advertering of o 'clickbait' (iemand wat aandag trek en besoekers

aanmoedig om op die skakel te kliek)

aantal lesers te laat toeneem

vermaak te skep deur grapmakers

om politieke propaganda en agendas te versprei

om 'n emosionele reaksie uit lesers te kry Vals nuus word gegenereer deur

Onetiese en onopgeleide joernaliste

Aanlyn-rekenaarbots

Mense wat inligting versprei sonder om 'n bron te gee Valse nuus het bekendheid verwerf as gevolg van:

hoe maklik en vinnig dit is om inhoud te kopieer en aanlyn te deel op

o sosiale media webtuistes o blogs en o ander sosiale media toepassings

deur mobiele tegnologie soos slimfone en tablette. Hoe kan ek vals nuus herken?

Verifieer die inhoud deur dit te kruisverwys met: o Betroubare nuus webtuistes o Die aanhalings en verwysings gegee o Feit verifiëringswebtuistes soos snopes.com

Verifieer die bron, die titel en die inhoud

Was die artikel geskryf deur 'n betroubare outeur?

Page 163: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

158 | B l a d s y

Slegte grammatika en spelling beteken gewoonlik dis vals nuus

Bevooroordeelde inhoud wat emosionele reaksies veroorsaak

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Ons bly in 'n tegnologiese era waar ons gebombardeer word met 'n oorvloed van inligting. Tydens ons daaglikse lewens moet ons duisende besluite neem oor die kos wat ons eet, die klere wat ons dra (en ook die maatskappye wat ons besluit om te ondersteun), die plekke waar ons bly, na watter skool ons ons kinders stuur ens. Om goeie en werkbare besluite te neem wat ons daaglikse aksies en die kwaliteit van ons toekoms sal bepaal, moet ons kan onderskei tussen relevante en irrelevante inligting wat beïnvloed kan word deur vals nuus. Jy kan die verspreiding van vals nuus stop deur

die betrokke inligting te evalueer, voor jy dit aanlyn deel

rapportering van verkeerde inligting na die bestuur van die sosiale webtuiste/blog

nie betrokke te raak by 'n vals nuus-kommunikasie nie

Voorbeelde van vals nuus op Snopes.com

Figure B: Example of fake news regarding M Trump

Figure C: Example of Fake news regarding Facebook

Figure D: Claire Wardle of FirstDraftNews.com has created this image to help distinguish mis- and disinformation.

Page 164: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

159 | B l a d s y

17. NETSKANS ('NETSKANS') Beskrywing – Wat dit is

'n Netskans is 'n sekuriteitsmaatreël wat beskerming bied of waghou teen ongemagtigde inkomende of uitgaande toegang tot 'n rekenaar of rekenaarnetwerk.

'n Netskans kan sagteware, apparatuur, of 'n kombinasie van beide wees, om beheer uit te oefen oor die datavloei tussen netwerke van verskillende vertrouensvlakke deur data toe te laat of te verbied.

Eenvoudige beskrywing van hoe dit werk

'n Netskans is 'n program of hardeware toestel wat inligting wat vanaf die internetkonneksie in jou netwerk inkom, filtreer.

'n Netskans laat verkeer toe of blok dit na aanleiding van sekere reëls.

'n Netskans monitor deurlopend alle inkomende en uitgaande verkeer. Indien 'n inkomende pakkie data deur die filters gemerk is, word dit deurgang geweier.

Sonder 'n netskans sou die konneksie na die internet oop gewees het sodat enige inbreker ('hacker') toegang kon verkry tot 'n rekenaar in die netwerk (Wi-Fi of kabel).

Hardeware netskans: o Die Roeteerder tree op as 'n hardeware netskans

(vir alleenstaande toestelle) o Die Proxy tree op as 'n hardeware netskans

(netwerk toestelle)

Sagteware netskans o Spesifieke sagteware wat ontwerp is om

netwerkverkeer te filtreer.

Voordele 'n Netskans blok gevaarlike datapakkies en laat dit nie toe om plekke te bereik waar dit skade kan aanrig nie.

Voorsien funksies wat dit moontlik maak om inkomende e-posse te skandeer en sekere domeine te blok terwyl dit ander toelaat om deur te gaan na die posbus ('inbox').

Jy kan die vlak van internetsekuriteit op die ingeboude fasiliteit van die roeteerder opstel.

Nadele 'n Netskans mag spesifieke toepassings permanente toegang tot 'n netwerk verbied en URL'e toelaat of blokkeer om te laai.

'n Sagteware netskans kan die spoed van die rekenaar verminder, aangesien dit elke datapakkie moet evalueer.

Dit mag moeilik wees om 'n netskans in stand te hou.

Beperkings 'n Netskans kan nie virus aanvalle voorkom nie, maar dit kan virusse keer om inligting vanaf 'n geïnfekteerde rekenaar uit te stuur.

Page 165: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

160 | B l a d s y

Netskanss kan nie 'n wagwoordbeleid afdwing of die misbruik van wagwoorde voorkom nie.

Netskanss is oneffektief teen sekuriteitsrisiko's soos sosiale manipulasie.

'n Netskans kan nie keer dat gebruikers of aanvallers met modems vanuit of na die netwerk skakel/bel nie en sodoende die netskans en sy beskermingsmaatreëls heeltemal omseil nie.

Netskanss kan nie interne gebruikers keer om toegang te verkry tot webtuistes met kwaadwillige kode nie.

Netskanss kan jou nie beskerm as jou sekuriteitsbeleid te slap is nie.

Relevansie en impak op persoonlike lewe

Moniteer verkeer

Blokkeer Trojaanse perde ('Trojans')

Stop inbrekers ('hackers')

Stop Keyloggers

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

E-pos netskanss Netwerk netskanss

Verwysing: www.compukiss.com/tutorials/netskanss-explained www.lifewire.com/definition-of-netskans-817568 www.wisegeek.com/what-is-an-email-netskans.htm www.itstillworks.com/benefits-netskans-security-3806.html

Page 166: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

161 | B l a d s y

18. GEKSKEERDERY ('HOAX') Beskrywing – Wat dit is

'n Rekenaar gekskeerdery ('hoax') is 'n bedrieglike boodskap wat die ontvangers waarsku van 'n nie-bestaande rekenaarvirus. Die boodskap is gewoonlik 'n ketting-e-pos wat die ontvangers beveel om dit aan almal te stuur wat hulle ken.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die meeste hoaxes is sensasioneel van aard en word maklik geïdentifiseer deur die feit dat hulle daarop dui dat die virus byna onmoontlike dinge sal doen, soos om die rekenaar van die ontvanger op te blaas en dit aan die brand te steek, of minder sensasioneel, alles op die gebruiker se rekenaar verwyder. Dit sluit dikwels valse aankondigings in wat beweer dat dit van betroubare rekenaarorganisasies saam met die media. Hierdie valse bronne word aangehaal om meer geloofwaardigheid te gee. Tipies gebruik die waarskuwings emosionele taal, dui die dringende aard van die bedreiging aan en moedig lesers aan om die boodskap so gou as moontlik aan ander mense te stuur.

Nadele

• Gekskeerdery ('hoaxes') is gewoonlik skadeloos en bereik niks meer as om mense te irriteer wat dit as 'n hoax identifiseer en tyd mors van mense wat die boodskap aanstuur.

Page 167: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

162 | B l a d s y

19. INTERNET AANVALLE (KUBERAANVALLE) Beskrywing – Wat dit is

'n Internetaanval val 'n rekenaar vanaf enige plek op die internet aan. Kubermisdadigers gebruik kwaadwillige kode om rekenaarkode te verander sodat 'n rekenaar ontwrig word, om data in gevaar te stel en te lei tot kubermisdade, soos inligting- en identiteitsdiefstal.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Kuberaanvalle is aanvalle wat hoofsaaklik via die internet uitgevoer word. Die doel is om die rekenaar te deaktiveer, te dwing om van lyn te gaan of toegang tot die rekenaar se data- en administrateurregte te kry.

Nadele Identiteitsdiefstal

Kwaadwillige sagteware, skimkaping, uitvissing, spamming, flousery, spioenware, Trojaanse perde en virusse

'Denial-of-service' en verspreide 'denial-of-service' aanvalle

Toegangsbreuk

Wagwoord snuffel

Stelsel infiltrasie

Intellektuele eiendom diefstal of ongemagtigde toegang

Beperkings Maniere om aan te val het meer gesofistikeerd geword, wat dit

moeilik maak om dit op te spoor.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Besighede kliënte en geld verloor.

Verlies van intellektuele eiendom.

Databreuk.

Wolkdata word gesteel.

Diefstal van persoonlike inligting.

Kubersluipery ('Cyberstalking') en kuberboelie vermeerder.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

WannaCry het besmette rekenaars oorgeneem en die inhoud van hul hardeskywe geënkripteer, en het dan 'n betaling in Bitcoin geëis om dit te ontsyfer.

'n Massiewe kuberkraking van Yahoo se e-posstelsel in 2013, het eers in Oktober 2017 duidelik geword, en alle Yahoo-e-posadresse is geraak. Gesteelde inligting het wagwoorde ingesluit en gerugsteunde e-pos adresse.

Page 168: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

163 | B l a d s y

20. INTERNETVERWANTE BEDROG ('SCAMS') Beskrywing – Wat dit is

Internet-bedrog is oneerlike skemas wat probeer om voordeel uit niksvermoedende mense te trek om 'n voordeel soos geld, of toegang tot persoonlike besonderhede met behulp van internetdienste te kry en is meestal of heeltemal gebaseer op die gebruik van die internet.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Swendelaars kan vir jou 'n e-pos stuur wat lyk of dit van 'n betroubare instelling soos jou bank af kom. Jy word dan gevra om te klik op 'n skakel in die e-pos of op die aanhangsel wat 'n valse webwerf oopmaak wat presies soos die regte een lyk. Of hulle gebruik boodskappe op slimfone in plaas van e-posse. Die boodskap is gewoonlik oor iets dringend, byvoorbeeld, jou kredietkaart is gesteel en beveel jou om na 'n sekere webwerf te gaan of om 'n foonnommer te skakel om jou rekeninginligting te verifieer.

Nadele Identiteitsdiefstal

Gelddiefstal

Steel persoonlike besonderhede

Datadiefstal van data

Hoe om internetbedrog te voorkom

Verifieer die sender van 'n e-pos/Moenie verdagte e-posse oopmaak nie

Gaan die veiligheid van die webtuistes na

Wees skepties oor gratis aanbiedinge

Verander wagwoorde gereeld

Hou jou blaaier en bedryfstelsel opgedateer

Dateer altyd antivirusprogrammatuur en antispywareprogramme op

Moenie persoonlike inligting aan enigiemand wat jy nie ken nie gee nie

Installeer slegs programme vanaf 'n betroubare bron

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Internetbedrog wissel van e-pos spam en uitvissingsboodskappe tot aanlyn-bedrog. Daar is verskillende soorte bedrog wat deur misdadigers gepleeg word, en sommige sluit in: onverwagte prysbedrog geldbedrog de-posito-terugbetaling bedrog ontmoetingsbedrog ('dating scams') dreigemente werk bedrog identiteitsdiefstal vals nuusbedrog vinnige geldmaak bedrog (ekonomiese bedrog) SMS-bedrog ('smishing')

Page 169: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

164 | B l a d s y

21. KWAADWILLIGE SAGTEWARE ('MALWARE') Beskrywing – Wat dit is

Malware is sagteware wat met kwaadwillige intensie geskryf is en wat sonder die gebruiker se wete uitgevoer word.

Eenvoudige beskrywing van hoe dit werk

Dit is geskep is om die normale funksionering van die rekenaar te ontwrig. Voorbeelde sluit in afkoopsagteware, virusse, spioensagteware en sleutelvasleggers.

Nadele

Sommige programme sal nie werk nie.

Ontwrig aktiwiteite.

Steel sensitiewe inligting.

Laat ongemagtigde toegang tot die stelsel toe.

Stadiger rekenaar- of verbindingssnelhede.

Skep probleme of ontwrig netwerkverbinding.

Veroorsaak dikwels vries van rekenaar of ineenstorting.

Skep ongewenste opwipvenseters.

Herlei webblaaier soektogte.

Verander rekenaarinstellings.

Relevansie en impak op persoonlike lewe

Uitwerking van kwaadwillige sagteware:

Finansiële implikasies: Programmatuur moet aangekoop word om die gebruiker teen kwaadwillige sagteware te beskerm. Afkoopsagteware het 'n negatiewe impak aangesien toegang tot data slegs verkry kan word nadat 'n losprys betaal is.

Verlies aan produktiwiteit: Wanneer 'n rekenaar besmet is, word tyd gemors om te probeer om daarvan ontslae te raak. Daardie tyd kon beter bestee gewees het om werk te voltooi.

Persoonlike implikasies: Geaffekteerde gebruikers hou op om op IKT te vertrou. Die lewe word gekompliseer, omdat soveel wagwoorde onthou moet word. Tyd gaan verlore wanneer mens deur gemorspos moet werk om te sien wat is belangrik en wat nie of om identiteitsdiefstal uit te sorteer.

Voorkomende maatreëls Installeer anti-kwaadwillige- of anti-virus sagteware.

Skandeer e-posse vir kwaadwillige sagteware.

Hou anti-kwaadwillige sagteware of anti-virus sagteware opgedateer.

Gebruik sterk wagwoorde.

Moenie op onbekende skakels klik nie.

Wees versigtig om oop Wi-Fi te gebruik.

Hou persoonlike inligting veilig.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Identiteitsdiefstal

Kredietkaart diefstal

Afkoopsagteware

Vasleggers

Pretjie se URL:

https://antivirus.comodo. com/blog/computer-safety/shadowpad-malware-strikes-netsarang-products/

Page 170: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

165 | B l a d s y

22. MISBRUIK VAN PERSOONLIKE INLIGTING Beskrywing – Wat dit is

Die inbreek op privaatheid wat die volgende insluit:

Bekom van persoonlike data

Verspreiding van persoonlike data

Dit kan persoonlike of koöperatiewe misbruik wees van persoonlike inligting.

Die misbruik van persoonlike inligting maak jou kwesbaar vir diefstal, 'spam', identiteitsdiefstal, kuber boelie.

Persoonlike inligting sluit die volgende in:

Name en vanne

Adres

Verhoudingstatus

Salaris

Bankstate

Kontak besonderhede

Webblaai neigings en geskiedenis

Rekeninge/versekering/beleggings

Gebruikersname en wagwoorde

Foto's

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Persoonlike inligting is waardevol vir maatskappye en individue a.g.v. die volgende redes: Misdaad sluit die volgende in:

Afloerdery ('Stalking')

Identiteitsdiefstal

Diefstal – om van bankrekeninge te steel

Verspreiding van persoonlike inligting na ander individue of maatskappye

Om valse nuus te skep Afloerdery ('Stalking'): Mense word agtervolg wanneer hulle adresse uitgegee word. Beroemde persone word veral hieraan blootgestel. Om tuis- en werksadresse uit te gee word mense blootgestel aan misdadigers wat hul emosionele of fisies skade wil aandoen. Identiteitsdiefstal: Mense gee voor wie hulle nie werklik is nie Hulle doen dit om toegang tot persoonlike inligting te bekom. Om rekeninge oop te maak of te gebruik in 'n ander persoon se naam. Diefstal: Persoonlike inligting soos wagwoorde en gebruikersname word gebruik om toegang te kry tot rekeninge om kooptransaksies of oordrag van geld toe te pas.

Page 171: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

166 | B l a d s y

Verspreiding van persoonlike inligting: Maatskappye word daarvan beskuldig dat hul persoonlike inligting aan ander maatskappye verkoop. Dit is 'n probleem omdat ons hierdie maatskappye vertrou, maar nou maak hul geld uit ons persoonlike inligting en ons word blootgestel aan onwelkome advertensies en diefstal, ens. Die skep van valse inligting: 'n Persoon se inligting kan manipuleer word deur hulself of deur 'n ander persoon of maatskappy. Mense verander soms persoonlike inligting om hulself te bevoordeel of hul geskiedenis te verander deur bv. vals universiteitsgrade of werksondervinding te verdraai. Voorbeelde van mense of maatskappye wat valse inligting verskaf: Mense bevoordeel hulself bo ander vir persoonlike gewin bv. om 'n werk te kry of 'n ander persoon sleg te laat lyk. Maatskappye benadeel mense soms deur hul 'n hoër risiko geval te maak om premies op versekering te verhoog.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Mense wat die slagoffer is daarvan dat hul persoonlike inligting misbruik word, word teikens van bv. diefstal, bedrog ('fraud') of gemorspos. Sommige ekstreme gevalle veroorsaak die volgende:

Mense verloor alle besittings

Mense het 'n kriminele rekord teen hulle

Mense word misbruik/mishandel

Mense verloor hul privaatheid

Mense word blootgestel aan diefstal

Mense word blootgestel aan bedrog ('fraud')

Vermy om 'n teiken van misbruik van persoonlike inligting te word

Moenie persoonlike inligting soos rekeningnommers, oor die telefoon, deur die pos of oor die internet, uitgee nie, tensy jy die persoon ken.

Beskerm jou Pin en wagwoord. Vermy dit om té maklike wagwoorde te gebruik, soos name en vanne.

Beskerm sensitiewe inligting op jou rekenaar.

Bedien die internet 'incognito'.

Moenie op onbekende skakels kliek nie.

Page 172: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

167 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Om data in die hande te kry word al hoe meer algemeen oor die jare. Dit word deur kuberkrakers gedoen wat swakhede in sekuriteit stelsels soek en dan die inligting versprei om geld daaruit te maak. Besighede verkoop inligting aan ander besighede, sonder toestemming. Mense wat persoonlike inligting van ander se bankstate of persoonlike dokumente, steel en dit dan teen daardie persoon gebruik.

Page 173: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

168 | B l a d s y

23. SKIMKAPING ('PHARMING') Beskrywing – Wat dit is

Skimkaping is 'n kul-praktyk waarin kwaadwillige kode op 'n persoonlike rekenaar of bediener geïnstalleer word, misleiding van gebruikers na valse webwerwe sonder hulle medewete of toestemming.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die aanvaller gebruik verskeie maniere om skimkaping aanvalle uit te voer. Een van die gewildste maniere is om die gasheerlêer te wysig. Die kaper kaap jou rekenaar en neem jou na 'n vervalste webwerf. Jou webblaaier kan die wettige URL vertoon, maar jy sal nie op die wettige bediener wees nie. Dit is in die meeste gevalle 'n bladsy wat identies aan dié van jou bank, finansiële instelling of aanlyn-inkopie webwerwe soos eBay, of Amazon lyk. Hier soek die aanvaller jou vertroulike inligting soos kredietkaartnommers, rekeningwagwoorde, ens.

Hoe om uitvissing-aanvalle te voorkom

• Gebruik 'n betroubare, wettige Internetdiensverskaffer • Installeer 'n antivirusprogram • Hou die rekenaar opgedateer • Maak dubbel seker van die spelling van 'n webwerf • Gaan die 'HTTP'-adres na • Soek die slot ('PadLock') • Kyk na die URL

Page 174: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

169 | B l a d s y

24. UITVISSING ('PHISHING') Beskrywing – Wat dit is

'n Soort aanlyn identiteitsdiefstal. Dit gebruik e-pos en valse webwerwe wat ontwerp is om jou persoonlike data of inligting, soos kredietkaartnommers, wagwoorde, rekeningdata of ander inligting te steel.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Uitvissing is 'n vorm van sosiale ingenieurswese wat poog om sensitiewe inligting te steel. 'n Aanvaller skep 'n valse webblad of e-pos wat presies dieselfde as die oorspronklik lyk en vra dan 'n gebruiker om persoonlike inligting in te tik.

Nadele • Uitvissers kan die data gebruik om toegang tot 'n slagoffer se rekening te verkry en geld te onttrek

• Identiteitsdiefstal

Hoe om uitvissing-aanvalle te voorkom

• Moet nooit jou wagwoord of persoonlike inligting uitgee nie • Gebruik anti-uitwissingsnutsbalkies ('toolbars') • Gebruik 'n netskans ('firewall') • Bevestig die sekuriteit van die webtuistes

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Soms is phishing-e-posse openlik kwaadwillig, maar ander kere is dit redelik oortuigend. Dit is belangrik om die konteks van die e-pos in gedagte te hou. As jy nie gevra het om by 'n projek gevoeg te word nie, behoort jy nie 'n e-pos te ontvang nie.

Page 175: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

170 | B l a d s y

25. OPWIPVENSTERS ('POP-UPS') Beskrywing – Wat dit is

Opwipvensters is klein vensters wat outomaties sonder jou toestemming verskyn terwyl jy op die internet is. Hulle wissel in grootte, maar bedek gewoonlik nie die hele skerm nie.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

'n Opwipvenster is 'n GUI vertoonarea wat skielik op die voorgrond van 'n deurblaaier venster verskyn terwyl 'n gebruiker op die internet is. Opwip advertensies is vorms van aanlynadvertensie op die internet. 'n Variasie van die opwipvenster is 'n wip-ondervenster ('pop under') advertensie waar 'n nuwe deurblaaier venster onder die aktiewe venster oopmaak. Dit onderbreek die gebruiker nie dadelik nie, maar sal vertoon wanneer die gebruiker die boonste venster sluit. Dit maak dit moeiliker om te bepaal watter webwerf die opwipvenster geskep het.

Voordele Sommige opwipvensters is nodig vir sekere webwerwe om behoorlik te funksioneer. Hierdie webwerwe sal egter nie die huidige bladsy ontwrig om die opwipvenster te vertoon nie. Hierdie opwipvenster kan byvoorbeeld nodig wees om hulp te gee wanneer jy 'n vorm op 'n webblad invul.

Dit eis aandag van gebruikers en die maatskappy kry onmiddellike terugvoer van die gebruiker.

Maatskappye gebruik dit vir advertensies en verbruikers is voortdurend bewus van nuwe aanbiedinge.

Nadele Dit is afleidend en irriterend.

Dit vertraag laaityd.

Dit gebruik bandwydte.

Dit kan bedrog advertensies wees.

Hulle dwing gebruikers om aksie te neem en kan dus gebruikers keer om na 'n ander webblad aan te beweeg.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Die meeste gebruikers van webwerwe ervaar aanhoudend ongewenste opwip-advertensies. Gewoonlik reageer gebruikers deur die 'close' of 'cancel' eienskappe van die venster te gebruik.

Skrywers van opwip-advertensies weet dat mense so sal reageer en daarom skep hulle skermknoppies wat lyk soos 'close' of 'cancel'. As die gebruiker op hierdie knoppies klik, volg 'n onverwagte aksie, soos die aflaai van 'n ongewenste lêer of die opening van 'n nuwe opwipvenster. Dit staan bekend as 'valse knoppies'.

Sekere soorte afgelaaide lêers soos sommige beelde en gratis musiek kan opwipvenster veroorsaak en moet nie vertrou word nie.

Page 176: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

171 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Opwip-advertensies kan 'n bedreiging vorm omdat dit 'n bedrogspul kan wees, byvoorbeeld 'n geskenkkaartaanbod van 'n sekere maatskappy of pryse aan kliënte van bekende maatskappye, kan inderdaad 'n bedrogspul wees om jou persoonlike inligting te kry.

Page 177: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

172 | B l a d s y

26. REG VAN TOEGANG Beskrywing – Wat dit is

Die reg van toegang behels meer as net die reg om 'n rekenaar en die internet te gebruik. Dit behels die reg tot inligting, musiek, sosiale netwerktuistes en webtuistes.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Maatskappye sal jou verwys na 'n 'inteken-' of 'registrasie-blad' waar jy 'n rekening moet skep of inteken by 'n bestaande rekening voordat jy toegang tot die webtuiste sal kry.

Voordele Maatskappye kan tred hou met wie op hulle webtuiste is.

Die inligting en voorkoms van die webtuiste kan opgestel word volgens die gebruiker se voorkeur en wat hulle wil sien.

Jy skep 'n gebruikersnaam/bynaam wat jy gaan gebruik om jouself te identifiseer, sodat jy jou privaatheid kan beskerm.

Nadele Enigiemand kan 'n rekening skep, sonder dat die gegewe inligting geverifieer moet word.

Mense kan meer as een profiel skep en elke keer as iemand anders inteken.

Webtuistes soos torrents maak dit vir mense maklik om lêers, soos musiek/flieks/boeke/reekse op te laai (seeders) en dan kan ander mense (leaches) dit gaan aflaai sonder dat hulle 'n geregistreerde rekening/profiel het.

Beperkings Maatskappye maak seker dat slegs geregistreerde werknemers/gebruikers/studente die webtuiste kan gebruik. Die maatskappy sal kode op die webtuiste sit om te verseker dat dit geverifieerde gebruikers is wat toegang tot die webtuiste kry.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Baie mense het 'n Facebook-rekening en moet inteken voordat hulle toegang het tot hul profiel.

Sommige skole het 'n domein waar slegs die leerders en onderwysers tot die inligting wat daarop gestoor is toegang het. Hierdie domein bevat inligting oor die skool, skoolvakke en hulpbronne.

Professionele mense kan ook registreer op sekere webtuistes waar hulle hulpbronne en gereedskap kan kry om in hul professie te gebruik.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

'n Regeringswebtuiste wat 'geheime' inligting bevat sal net toeganklik wees vir werknemers.

Slegs geregistreerde studente sal toegang hê tot biblioteek-hulpbronne en gepubliseerde artikels wat op die domein gelaai is wat deur die universiteit geskep is.

As jy op 'n sekere webtuiste geregistreer is, sal net jy toegang hê tot die produkte/dienste op die webtuiste.

Page 178: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

173 | B l a d s y

27. REG TOT PRIVAATHEID Beskrywing – Wat dit is

Die reg tot digitale privaatheid stel dat niemand blootgestel sal word aan enige vorm van inmenging met sy/haar familie, tuiste of enige vorm van kommunikasie nie. Dit is ook teen die wet vir iemand om jou reputasie aan te val, want jy het die reg om beskerm te word teen kuberaanvalle. Jy het die reg om:

Enige persoonlike inligting oor jou en jou familie privaat te hou.

Instellings op toepassings aan te pas dat sosiale webtuistes jou persoonlike inligting beskerm.

Enige inligting te weerhou van enige iemand wat jy voel jou inligting kan gebruik om kwaad te doen.

Te kies wie dokumente/foto's van jou en jou familie wat jy op die internet gelaai het, te besigtig of te lees.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Wanneer jy inteken vir kompetisies of op 'n webtuiste registreer, kan jy sekere inligting oor jouself weerhou. Indien jy die nie bron vertrou nie, moet jy nie jou inligting vir hulle gee nie. Jy kan 'n e-posadres skep wat jy nie gebruik vir jou bank- en persoonlike sake nie, en daardie adres verskaf as jy registreer, sodat hulle jou kan kontak.

Voordele Mense word aangemoedig om hul gedagtes te spreek op forums, groepe en webtuistes waar hulle gesprekke kan lewer oor sekere onderwerpe.

Dit moedig innoverende denke aan en nuwe idees kan gevorm word deur dit wat op die internet gesien word.

Dit is makliker om mense te ignoreer of op te hou 'volg' wat negatief is.

Nadele Inligting wat vanaf die internet verkry word, moet met ander bronne vergelyk word om geverifieer te word, veral as die inligting in 'n artikel/navorsing gebruik word. Nie alles op die internet is geloofwaardig nie – enige iemand kan 'n artikel skryf en op die internet plaas.

Mense neem die identiteit van ander mense aan. Hulle vat onbeskermde persoonlike inligting en gebruik dit om misdaad te pleeg.

Beperkings Inligting kan lek as maatskappye nie jou persoonlike inligting, wat jy op die internet plaas, beskerm nie. Wanneer inligting uitgelek word, kan die maatskappy se reputasie daaronder ly, aangesien dit hulle verantwoordelikheid is om jou inligting te beskerm.

Page 179: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

174 | B l a d s y

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Sommige mense plaas inligting van ander mense op sosiale netwerktuistes sonder hulle toestemming. Toestemming moet altyd eers gegee word.

Dit verskaf 'n platform vir mense met slegte bedoelings om slagoffers te boelie. Kommentaar word gelos op wat mense sê, vir die eenvoudige rede dat die boelie agter 'n rekenaarskerm kan wegkruip.

Advertensies in opwipvensters oor sekere produkte waarin jy belangstel is nie toevallig nie. Sommige maatskappye plaas koekies op hulle webtuistes en 'kyk' na wat jy kyk – sodoende stuur hulle vir jou advertensies oor goed waarin jy belangstel.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Internet privaatheid kan opgestel word in enige toepassing wat jy gebruik. Facebook is 'n gewilde sosiale netwerktuiste waar die beskerming van inligting die hoof prioriteit is. Jy kan kies wie na jou profiel kyk.

Banke en ander finansiële instansies moet sorg dat hul kliënte se privaatheid ten alle tye beskerm word. Ook jou persoonlike inligting of jou bankbesonderhede.

Webtuistes waar jy produkte/dienste kan koop het ook 'n verantwoordelikheid om seker te maak dat jou privaatheid beskerm moet word. Dit strek vanaf jou identiteit wanneer jy produkte koop, tot om seker te maak dit is veilig om hulle met jou bankkaartbesonderhede te verskaf.

https://www.geneva-academy.ch/joomlatools-files/docman-files/ReportThe%20Right%20to%20Privacy%20in%20the%20Digital%20Age.pdf https://brandongaille.com/12-Internet-privacy-pros-and-cons/

Page 180: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

175 | B l a d s y

28. BESKERMING TEEN KRIMINELE, VIRUSSE EN BEDREIGINGS Beskrywing – Wat dit is

Beskerm rekenaars en kommunikasie vir verskillende aspekte: Teen kriminele en bedreigings: Identifikasie en toegang Enkripsie Beskerming van sagteware en data Teen virusse: Anti-virus sagteware Anti-spioenware sagteware Netskans

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

TEEN BEDREIGINGS Identifikasie en toegang Rekenaars verifieer jou identiteit deur te bepaal:

Wat jy het: o Krediet-, debiet- en kontantkaarte het magnetiese

ingeboude rekenaarskyfies wat jou aan die masjien identifiseer, hul mag jou dalk vra om jou handtekening te verskaf.

o Rekenaarlokale mag deur sekuriteitswagte beskerm word. o Hou 'n slot aan jou persoonlike rekenaars.

Wat jy weet: o Die gebruik van 'n PIN (Persoonlike Identifikasie Nommer). o Die gebruik van wagwoorde. o Die gebruik van 'n digitale handtekening.

Wie jy is: o Biometriese toestelle herken vingerafdrukke (elektronies),

stemme, irispatrone, lippe, jou hele gesig.

Enkripsie

Die skommeling van data sodat dit nie gebruik kan word sonder die enkripsiesleutel nie.

Gebruik enkripsie programme soos PGP (pretty good privacy).

Nuttig in sekere ondernemings waar geheime gehou moet word, bv. weermag ens.

Beskerming van sagteware en data

Beheer toegang o Toegang tot aanlyn lêers is beperk tot slegs die wat werklik

toegang mag kry. Bv. sekere ondernemings het 'n kontrolelys wat aanteken wie het toegang tot data gekry en wie probeer om toegang tot data te kry.

Oudit kontrole o Baie netwerke het oudit kontroles wat kyk watter

programme en watter bedieners gebruik is, watter lêers

Page 181: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

176 | B l a d s y

oopgemaak is. Dit hou rekord van hoe 'n transaksie hanteer is vanaf toevoer tot afvoer.

TEEN KRIMINELE

Gebruik goeie anti-virus en anti-spioenware en maak seker 'n netskans is aktief Maak altyd seker dat jou netskans instellings aktief is. Verder, installeer anti-virus en anti-spioenware wat jou rekenaar sal beskerm teen verskeie vorme van skadelike programmatuur, virusse, Trojaanse perde en ander programme wat gebruik word om jou persoonlike informasie in die hande te kry.

Maak seker jy gebruik sterk wagwoorde en goeie wagwoord riglyne ] Verander jou persoonlike wagwoorde een of twee keer 'n maand en sodoende verminder jy die kans vir kubermisdaad om plaas te vind.

Hou sagteware op datum

Beheer sosiale media instellings (privaatheid instellings) Maak seker dat jou sosiale media profiele (bv. Facebook, Instagram, Twitter, Youtube) op privaat gestel is. Ondersoek jou sekuriteit instellings. Wees versigtig oor watter inligting jy aanlyn plaas. Sodra iets op die internet is, is dit moeilik om weer af te kry.

Veilige tuisnetwerke (Wi-Fi) Wees bewus van wat jy doen wanneer jy van publieke Wi-Fi hotspots gebruik maak. Terwyl hierdie hotspots gerieflik is, is hul ver van veilig af. Moet nie finansiële of werkstransaksies op hierdie netwerke doen nie.

Beskerm jou data – enkripsie Soms los ons ons mobiele toestelle onbewaak. Deur die ingeboude sekuriteit eienskappe te aktiveer, kan jy ongemagtigde toegang tot jou persoonlike inligting vermy. Moet nooit wagwoorde, PIN-nommers of selfs jou eie adres op jou mobiele toestelle stoor nie. Beskerm jou data, gebruik enkripsie vir sensitiewe lêers soos finansiële rekords, belasting, ens., maak gereeld gebruik van rugsteune vir jou belangrike data en stoor dit in 'n aparte veilige plek.

Wees bewus van die nuutste bedrog Dink altyd voor jy op 'n onbekende lêer kliek. Moet nie verplig voel om op enige e-posse te reageer nie. Kyk eers na die bron van die boodskap. As jy twyfel, verifieer die bron. Moet nooit op e-posse reageer wat vra om jou persoonlike inligting te verifieer nie of jou vra om jou gebruiker ID of wagwoord te bevestig nie.

Beskerm jou identiteit Wees versigtig wanneer jy persoonlike inligting uitgee soos jou naam, adres, foon nommer en finansiële inligting op die internet. Maak seker dat die webtuiste veilig is of verseker dat

Page 182: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

177 | B l a d s y

privaatheidsinstellings aangesit is, veral wanneer jy aanlyn inkopies doen.

Toepaslikheid en impak op persoonlike lewens

Kubermisdaad is baie algemeen in vandag se lewe aangesien dit 'n maklike manier is om te steel en moeilik is om 'n spesifieke persoon op te spoor. Baie mense kan aan finansiële verlies asook persoonlike verlies lei as gevolg van identiteitsdiefstal ens. waar hul reputasies ruïneer word. Kriminele kan werknemers, buite gebruikers, kuberkrakers en professionele kriminele wees.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Misdaad wat rekenaars en kommunikasie gebruik

Diefstal van hardeware, om 'n toestel uit 'n rekenaarwinkel uit te steel, om 'n skootrekenaar of telefoon uit iemand se kar te steel ens.

Diefstal van sagteware: om iemand se skywe met sagteware op te steel, kopieer van programme ens.

Diefstal tydens werkstyd: om jou werknemers se rekenaar te gebruik om speletjies te speel, om in sellulêre netwerke in te breek en verniet te bel.

Diefstal van inligting: om persoonlike informasie te steel en dit te verkoop, om krediet te steel vir inligting.

Rekenaar kriminele

Werknemers

Gebruik IT vir persoonlik wins, of steel hardeware/inligting om dit te verkoop

Bedrog: behels kredietkaarte, telekommunikasie, werknemers wat rekenaars gebruik vir persoonlike doeleindes, ongemagtigde toegang tot private lêers en onwettige kopiëring van lêers met kopiereg op dit.

Buite gebruikers

Verskaffers en kliënte kan toegang tot 'n maatskappy se inligting kry en dit gebruik om misdaad te pleeg.

Kuberkrakers ('Hackers' en 'Crackers')

Kuberkrakers breek in rekenaars en telekommunikasie in vir die uitdaging maar rig geen skade aan nie.

'Crackers' breek in sisteme in maar doen so vir skadelike doeleindes (finansieel, vernietig data, kopieer sagteware).

Wurms en virusse

'n Wurm is 'n program wat homself herhaaldelik kopieer in die geheue of stoorspasie totdat daar geen spasie oor is nie.

'n Virus is 'n program wat homself heg aan rekenaars en vernietig of korrup data.

Virusse kan versprei deur

E-pos, internet, flitsskywe, geheuekaarte en

Netwerke Tipe virusse

'Boot sector' virus Vervang die 'aansit instruksies' met sy eie instruksies wat die virus in staat stel om alle lêers te infekteer.

Page 183: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

178 | B l a d s y

Lêer virus Heg homself aan uitvoerbare lêers.

'Polymorfiese' virus, kan verander en vorm verander. Trojaanse perd ('Trojan horse'): Sit onwettig, vernietigende instruksie in die middel van 'n program. Logiese bomme ('Logic bombs'): Gestel om af te gaan op 'n sekere datum en tyd.

Page 184: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

179 | B l a d s y

29. SOSIALE MANIPULERINGSTOERTJIES Beskrywing – Wat dit is

Sosiale manipulering bedrieg mense om hulle vertroulike inligting uit te gee. Misdadigers probeer om jou te bedrieg sodat hulle jou wagwoorde of bankinligting kan kry, of toegang tot jou rekenaar te kry om kwaadwillige sagteware in die geheim te installeer, wat hulle toegang gee tot jou wagwoorde, bankinligting en beheer oor jou rekenaar. Die persoon wat die bedrog pleeg, word 'n sosiale ingenieur genoem.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Gebruikers word gewoonlik deur die volgende maniere geteiken:

Op telefone gee misdadigers voor dat hulle werknemers van 'n organisasie soos 'n bank is en nadat hulle deur die tipiese vrae en stellings gegaan het om die potensiële slagoffer se vertroue te wen, sal hulle dan vra vir inteken besonderhede en wagwoorde.

Uitvissing ('Phishing') is die algemeenste bedrogtegniek op die internet. Gebruikers onthul data omdat hulle dink hulle is op 'n betroubare webwerf.

E-posse het aanhangsels van mense wat aan die slagoffer bekend is. Kwaadwillige sagteware word gebruik om gebruikers se adresboeke aan te val en e-posse te stuur met die aanvaller se lêer wat aan al hul kontakte geheg is.

Hoe om nie 'n slagoffer van sosiale manipulasie te word nie

Moet nooit jou wagwoorde of inteken besonderhede aan enigiemand gee nie.

Wanneer jy jou besonderhede op 'n webwerf insleutel, maak seker dat die webwerf veilig is.

Moenie vreemde lêers of aanhangsels oopmaak nie, al kom hulle van iemand af wat jy ken.

Moenie dieselfde gebruikersnaam en wagwoorde gebruik nie.

Gebruik twee-faktor-verifikasie.

Tipes sosiale manipulasie toertjies

Uitvissing (aanvallers mislei mense deur bv. e-posse, valse webwerwe om persoonlike inligting te verskaf)

'Tailgating' (ook bekend as 'piggybacking', behels 'n aanvaller wat toegang tot 'n geslote plek wil hê n nie die korrekte verifikasie het nie)

'Watering hole' (sit kwaadwillige kode in openbare webbladsye van 'n webwerf wat die gebruikers besoek in)

'Baiting' (fokus op mense se nuuskierigheid waar hulle iets belowe word in ruil vir die verskaffing van persoonlike inligting)

'Pretexting' (aanvallers skep 'n valse identiteit en gebruik dit om die ontvangs van inligting te manipuleer)

Hoe om sosiale manipulasie toertjies te herken

Valse uitvissing e-posse met spelfoute.

Ontvang e-posse van onbekende ontvangers wat aandui dat jy dringend moet reageer.

Mense wat jou volg om jou te help om geld te trek.

Sosiale manipuleerders vermom bedrog om soos bekende of betroubare bronne voor te kom.

Page 185: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

180 | B l a d s y

30. GEMORSPOS ('SPAM') Beskrywing –wat dit is

Spam is elektroniese gemorspos of junk nuusgroep plasings. Sommige mense definieer spam selfs meer algemeen as enige ongevraagde e-pos. Spam is gewoonlik e-pos wat advertensies vir 'n produk na 'n poslys of nuusgroep stuur.

Voordele Voordelig vir bemarking met advertensies vir sekere maatskappye

Nadele Dit is irriterend

Dit vul jou e-pos spasie op

Hoe om spam te voorkom • Installeer anti-spam sagteware

Page 186: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

181 | B l a d s y

31. SPIOENWARE ('SPYWARE') Beskrywing – Wat dit is

Enige tegniek of programmatuur wat probeer monitor en dophou wat jy jou op jou rekenaar doen en dit na 'n derdeparty stuur.

Eenvoudige beskrywing van hoe dit werk

Spyware is sagteware wat sonder sy medewete op 'n gebruiker se rekenaar geïnstalleer is en dan inligting versamel en na die ontwerper van die spioenware stuur. Dit kan vir 'n kwaadwillige doel of vir 'n wettige rede wees. Byvoorbeeld: spioenware teken inligting oor websoektogte aan en voorsien dan opsies gebaseer op vorige websoektogte. Op hierdie manier word die gebruiker dus bygestaan in sy websoektogte. Keyloggers is in staat om die sleutels wat die gebruiker op die sleutelbord druk, te onthou en sodoende gebruikersname en wagwoorde te ontbloot. Spyware word ook gebruik om 'n gebruiker se internetgebaseerde aktiwiteite te monitor en dan gebruikersprofiele aan bemarkingsmaatskappye te verkoop.

Nadele Spyware kan die rekenaar stadig maak.

Dit kan langer neem vir die rekenaar om te laai.

Sommige programme op jou rekenaar sal nie korrek funksioneer nie en kan selfs korrup raak.

Relevansie en impak op persoonlike lewe

As gebruikersname en wagwoorde bekend gemaak word, kan aanlyn bankdienste en sekuriteit in gevaar gestel word.

Die kanse dat jou rekenaar deur 'n virus aangeval kan word, is groter.

Voorkomende maatreëls

Installeer anti-spyware sagteware.

Wees versigtig wanneer jy op die internet is.

Moenie op vreemde opwipvensters klik nie.

Hou die bedryfstelsel opgedateer.

Maak seker dat die nuutste 'patches' op programmatuur geïnstalleer is.

Skakel die 'firewall' aan.

Prentjie se URL: https://www.scnsoft. com/blog/chasing-spyware-siem-apt

Page 187: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

182 | B l a d s y

32. OORNEEM VAN PC'S, BV. BOTNETS, BOTS, ZOMBIES Beskrywing – Wat dit is

'n Botnet is 'n groep rekenaars wat op 'n gekoördineerde wyse vir kwaadwillige doeleindes verbind word. Elke rekenaar in 'n botnet word 'n bot genoem. Hierdie bots, wat deur 'n derde party beheer word en gebruik word om kwaadwillige sagteware ('malware') of spam oor te dra, of om aanvalle te loods, vorm 'n netwerk van geïnfiltreerde rekenaars,. 'n Zombie is 'n rekenaar wat deur 'n kuberkraker geïnfiltreer is. 'n Botnet kan ook as 'n zombie-weermag bekend staan.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Bots word gebruik om beheer oor rekenaars te neem. Sodra baie rekenaars deur bots beheer is, word hulle botnets, of 'n botnetwerk, genoem. Die rekenaars wat beheer word, word zombies genoem.

Voordele Bots is goed om herhalende take uit te voer.

Nadele Slegte bots voer kwaadwillige take uit, sodat iemand wat bv. jou rekenaar oor 'n afstand kan oorneem. Hierdie masjien word nou 'n zombie genoem.

Bots versamel persoonlike inligting.

Bots loods DDoS-aanvalle.

Hoe om te weet of 'n rekenaar deur bots besmet is

Internettoegang is stadig.

Die rekenaar faal vir geen spesifieke rede nie.

Die waaier werk sonder ophou, selfs wanneer die rekenaar nie werk nie.

Die rekenaar neem 'n lang tyd om af te skakel, of word nie reg afgeskakel nie.

Opwipvensters en advertensies verskyn selfs wanneer jy nie 'n webblaaier gebruik nie.

Vriende en familie ontvang e-posse wat jy nie gestuur het nie.

Rekenaarprogramme werk stadig.

Instellings het verander, en kan nie terug verander word nie.

Page 188: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

183 | B l a d s y

Hoe om rekenaars teen bots te beskerm

Installeer 'n netskans ('firewall') om kwaadwillige aanvalle te blok en hou dit aangeskakel.

Gebruik 'n wagwoord wat getalle en simbole bevat.

Moet nooit dieselfde wagwoord vir verskillende programme gebruik nie.

Installeer anti-malware sagteware.

Maak seker dat die sagteware op datum is en moet nooit stelsel opdaterings ignoreer nie.

Vermy die gebruik van eksterne skywe op 'n besmette rekenaar.

https://us.norton.com/Internetsecurity-malware-what-are-bots.html https://www.techopedia.com/definition/384/botnet

Page 189: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

184 | B l a d s y

33. TROJAANSE PERD Beskrywing – Wat dit is

'n Trojaanse perd is skadelike sagteware wat homself versteek binne ander sagteware. Dit gaan 'n rekenaar binne deur 'n wettige program soos 'n 'screensaver'. Dan word kodes in die bedryfstelsel gesit wat 'n kuberkraker toelaat om toegang tot die rekenaar te verkry. Dit word versprei deur virusse, wurms of afgelaaide sagteware. Dit is 'n vorm van sosiale manipulering.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die gebruiker ontvang 'n e-pos met 'n aanhangsel. Die aanhangsel lyk onskadelik en in baie gevalle na 'n bruikbare toepassing. Sodra die gebruiker die aanhangsel oopmaak en die onskadelike toepassing op sy rekenaar installeer, word skadelike sagteware op die gebruiker se hardeskyf geïnstalleer. Sodra die sagteware geïnstalleer is, beskadig die program ander lêers op die stelsel en word werkvermoë verminder. Daar kan selfs belangrike inligting vanaf die gebruiker se rekenaar oor die internet na die ontwikkelaar van die Trojaanse perd gestuur word. Die ontwikkelaar kan dan die rekenaar beheer, jou stelsel se werkverrigting verlaag of die rekenaar laat intuimel. 'n Trojaanse perd kan egter nie homself reproduseer soos by virusse en wurms die geval is nie.

Skadelikheid en ander gebruike

Sodra die gebruiker die toepassing installeer het, verkry die Trojaanse perd toegang tot inligting op die gebruiker se rekenaar toestel.

Sommige Trojaanse perde word ontwerp om meer irriterend te wees as skadelik (bv. om die tuisblad te verander deur onnodige ikone daarop te voeg).

Dit kan ernstige skade aanrig deur lêers te verwyder of inligting op stelsels te vernietig.

Trojaanse perde is ook bekend daarvoor dat dit 'n agterdeur oopmaak op jou rekenaar wat skadelike sagteware toegang gee tot jou toestel wat persoonlike inligting in gevaar stel.

Beperkings Die Trojaanse perd word alleenlik geaktiveer wanneer die toepassing oopgemaak en deur die gebruiker geïnstalleer word.

Impak op die gemeenskap Afkoopsagteware aanvalle word soms uitgevoer deur die Trojaanse perde.

Hoe om 'n Trojaanse perd te ontduik

Hou altyd jou rugsteun van data op datum.

Moenie sommer enige e-pos oopmaak nie, al word dit van 'n vriend ontvang.

Moenie enige sagteware oopmaak of op jou rekenaar installeer, indien jy nie die bron van die skakel ten volle vertrou nie.

Wees versigtig vir versteekte skakels.

Moenie instellings op jou rekenaar maak wat outomatiese opdatering kan doen nie.

Gradeer gereeld jou anti-virus en anti-spioenware op jou rekenaar op.

Page 190: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

185 | B l a d s y

Installeer die nuutste herstellings ('patches') wat beskikbaar is vir jou bedryfstelsel.

Skandeer CD's, DVD's of enige ander eksterne stoortoestelle voordat dit gebruik word.

Wanneer enige sagteware vanaf die internet afgelaai word moet dit eers skandeer word.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Agterdeur ('Backdoor') 'n Agterdeur Trojaan verskaf skadelike gebruikers beheer oor die geïnfiltreerde rekenaar. Agterdeur Trojaanse perde word gebruik om 'n botnet te vorm wat vir kriminele gebruike aangewend kan word. 'Exploit' 'Exploits' is sagteware wat data of 'n kode bevat wat voordeel trek om kwesbaarheid binne toepassingssagteware wat op jou rekenaar voorkom te beïnvloed. 'Rootkit' 'Rootkits' se hoofdoel is om te keer dat skadelike sagteware opgespoor kan word. 'Trojan-DDoS' Hierdie sagteware loots 'n 'DoS' ('Denial of Service') aanval teen geteikende webtuistes. Deur 'n klomp data vanaf jou rekenaar en ander rekenaars wat ook aangeval is, uit te stuur na geteikende webtuistes toe, veroorsaak dit 'n 'denial of service' aanval. (Afkoopsagteware) Trojan-Ransom Hierdie tipe Trojaanse perd verander aan die data op jou rekenaar, sodat die oorspronklike data nie langer gebruik kan word nie. Hierdie krimineel sal alleenlik jou rekenaar se werkverrigting regstel, of jou data vrystel, indien 'n afkoopbedrag betaal is soos versoek.

Page 191: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

186 | B l a d s y

34. VIRUSSE Beskrywing – Wat dit is

'n Rekenaarvirus is 'n soort kwaadwillige sagtewareprogram ('malware') wat van een rekenaar na 'n ander versprei en inmeng met die rekenaar se werking. 'n Rekenaarvirus kan data op 'n rekenaar beskadig of verwyder, 'n e-posprogram gebruik om die virus na ander rekenaars te versprei, of selfs alles op die hardeskyf verwyder.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

'n Virus is 'n klein stukkie sagteware wat homself vasheg op werklike programme. Byvoorbeeld, 'n virus kan homself heg aan 'n program soos 'n sigblad. Elke keer as die sigblad oopmaak, aktiveer die virus ook, en dit het die kans om te reproduseer (deur aan ander programme te heg) of wanorde te skep. Dit vereis 'n aksie van die gebruiker, bv. klik op 'n lêer.

Voordele

'n Virus kan 'n manier wees vir 'n hacker of programmeerder om sy vermoë te wys

Nadele

• Korrupte lêers • Hack lêers • Genereer onstabiliteit in prestasie • Mag hardeware beskadig – hardeskyf, ens. • Verwyder belangrike lêers • Verlies van die funksionaliteit van sagteware

As 'n virus jou rekenaar besmet, sal dit jou stelsel laat verander sodat jy nie meer toegang tot sekere funksies kan hê nie.

• Uitbuiting Sommige rekenaarvirusse word geskep deur internet-misdadigers wat geld uit mense wil maak. Die virus kan boodskappe vertoon waarin aangedui word dat daar 'n probleem met die rekenaar is, en stel voor dat dit reggestel kan word deur 'n betaling aan 'n herstelmaatskappy te lewer.

Hoe om virusse te voorkom

Installeer anti-virus sagteware

Hou jou antivirusprogram op datum

Skandeer gereeld met jou anti-virus sagteware

Moenie 'n e-pos aanhangsel oopmaak van iemand wat jy nie ken nie

Moenie op 'n skakel in 'n ongewenste e-pos klik nie

Skandeer aanhangsels voordat jy dit oopmaak

Moenie persoonlike inligting uitgee nie

Simptome van 'n rekenaar wat met 'n virus besmet is

Hardeware probleme

Rekenaar vries

Stadige verwerking

Stadige aanskakel

Lêers raak weg of word weggesteek

Disks is nie toeganklik nie

Ongewone boodskappe

Page 192: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

187 | B l a d s y

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Kwaadwillige sagteware, wurms, trojaanse perde en rekenaarvirusse is aan die toeneem soos wat kuberkrakers en identiteitsdiewe, nuwe maniere soek om inligting te steel wat gebruik kan word om bankrekeninge te plunder.

Page 193: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

188 | B l a d s y

35. WURMS Beskrywing – Wat dit is

'n Rekenaarwurm is 'n selfstandige malware-rekenaarprogram wat homself dupliseer om te versprei na ander rekenaars of deur 'n netwerk.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Rekenaarwurms is selfdupliserende programme wat voordeel trek uit sekuriteitsgate in netwerkhardeware en -sagteware. Die wurm misbruik hierdie kwesbaarhede outomaties, en daarom is dit nie nodig vir 'n gebruiker om 'n aksie uit te voer om besmet te word nie.

Nadele

• 'n Wurm veroorsaak verskillende tipe skade op 'n rekenaarstelsel

Hoe om wurms te voorkom

Hou die rekenaars se bedryfstelsel en sagteware op datum. Hierdie opdaterings bevat dikwels sekuriteitsregstellings wat ontwerp is om rekenaars te beskerm teen nuut ontdekte wurms.

Moet nie e-posse oopmaak wat jy nie herken of verwag nie.

Moenie aanhangsels oopmaak nie en moenie op skakels van onbetroubare bronne klik nie.

Stel 'n firewall op en gebruik antivirussagteware om verder van rekenaarwurms beskerm te werk. Sagteware-firewalls sal die rekenaar beskerm teen ongemagtigde toegang.

Simptome van 'n rekenaar wat met 'n wurm besmet is

Stadige rekenaarprestasie

Vries

Programme word outomaties oopgemaak en uitgevoer

Onreëlmatige webblaaierprestasie

Ongewone rekenaargedrag (boodskappe, beelde, klanke, ens.)

Firewall waarskuwings

Lêers raak weg/word geredigeer

Bedryfstelselfoute en stelselfoutboodskappe

E-posse gestuur na kontakte sonder die gebruiker se kennis

Page 194: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

189 | B l a d s y

GESONDHEIDS- EN ERGONOMIESE KWESSIES

36. ERGONOMIESE OORWEGINGS Beskrywing – Wat dit is

Ergonomie verwys na die studie en ontwerp van die werkplek, vir die gemak en veiligheid van mense in hul werksomgewing.

Voordele Verhoogde produktiwiteit.

Minder mediese koste as gevolg van minder beserings.

Minder afwesighede.

Voorkomende aksies Sit korrek.

Maak seker dat die tafel/stoel se hoogte 'n gemaklike hoogte is.

Die beligting moet korrek wees.

Daar behoort behoorlike ventilasie in die kamer te wees.

Die monitor moet die korrekte hoogte en afstand wees.

Doen gereelde oog-oefeninge.

Vat gereelde breuke.

Voorbeelde van tegnologie in die praktyk

Ergonomiese toerusting kan insluit:

stoele wat die rug ondersteun

lessenaars met verskillende hoogtes

monitors wat gestel kan word

muise wat gewrigte ondersteun

sleutelborde wat spasie het vir die arm om daarop te rus

Page 195: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

190 | B l a d s y

37. GEBRUIKER-GESENTREERDE ONTWERP ('USER-CENTRED DESIGN (UCD)) Beskrywing – Wat dit is

UCD is 'n manier van rekenaarsagteware ontwerp en fokus op die gebruiker se spesifieke behoeftes en vereistes.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Die hele proses werk rondom die eindgebruiker – wat hulle wil hê die sagteware moet doen, wat hul vlak van kennis/spesialiteit is, watse take hul uitvoer en wat die eindproduk/eindresultaat behoort te wees.

Voordele Programmeerders verstaan beter wat die eindproduk behoort te kan doen.

Laat toe dat produkte vinniger getoets kan word en om foute reg te maak.

Finale produk is meer effektief en gebruikersvriendelik.

Kan die behoeftes van gebruikers beter bevredig.

Nadele Dit kan duur wees

Moeilik om sekere prosesse in kode om te skep.

Produk vat meer tyd om te ontwikkel.

Voorbeelde van die tegnologie in die praktyk

Sagteware wat geskep word om maatskappye se spesifieke behoeftes na te kom bv. produksie, vervaardiging, versekering, fabrieke, versekering, farmaseuties ens.

Page 196: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

191 | B l a d s y

OMGEWINGSKWESSIES

38. OMGEWINGSKWESSIES Beskrywing – Wat dit is

Die omgewing word negatief beïnvloed deur die produksie, gebruik en weggooi van digitale toestelle en rekenaartoestelle.

Eenvoudige verduideliking van hoe dit werk

Elektroniese afval word gegenereer deurdat dit die omgewing op verskillende negatiewe maniere beïnvloed. Hierdie elektroniese afval bevat giftige chemiese gasse soos lood, suur, ens. wat soms op ashope gegooi word. Elektrisiteit wat gegenereer en gebruik word in die vervaardigingsproses laat groot hoeveelheid gasse in die lug vry.

Maniere om die omgewing te beskerm

Gebruik meer energie besparingstoerusting.

Bespaar energie deur energie besparingstoerusting te gebruik.

Word papierloos.

Herwin ou rekenaar toerusting.

Sit rekenaars wat nie gebruik word nie, af.

Gebruik meer energie-besparende vertoontoerusting.

Moedig telekommunikasie aan.

Voordele om groen rekenariseringsgebruik aan te moedig

Laer energie gebruik veroorsaak minder giftige gasse wat vrygestel word.

Bewaring van hulpbronne, beteken dat minder energie gebruik word om toerusting te vervaardig, gebruik en van ontslae te raak.

Die besparing van energie en bronne bespaar ook koste.

Page 197: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

192 | B l a d s y

INDEKS

A

Aanlyn-/Webtoepassings, 38

Advertensieware, 148

Aflaai, 106

Afloerdery, 165

B

Bandwydte, 74

beeldkwaliteit, 19

Beskerming teen kriminele, virusse en bedreigings, 175

Biometriese toevoer, 10

Blogs, 96

Blok van webtuistes, 94

Bluetooth, 98

Blu-ray, 8

Boekmerk, 99

bondel, 102

botnets, 182

bots, 182

Breëband, 74

C

CAP, 102

CDs/DVDs, 7

Creative commons, 35

D

Data oordragspoed, 76

Databeskerming, 139

DDoS aanval, 155

Deelware, 45

Defragmentasie, 59

Deurblaaier-inpropprogram, 101

Dienspakkette', 46

Digitale kommunikasie, 77

Dokumentbestuursagteware, 25

Draadloos, 86

Draadlose konneksie, 92

Drywers, 61

DSL, 85

E

Eiendomsregtelike-sagteware, 41

Eindgebruikerlisensie, 35

Eksterne hardeskywe, 7

E-pos flousery, 156

E-pos sagteware, 27

Ergonomiese oorwegings, 189

F

Flitsgeheue, 9

Flitsskywe, 7

foutiewe sagteware, 44

FTP, 110

G

Gebruiker-gesentreerde ontwerp, 190

Geheuekaarte, 8, 15

geïnstalleerde toepassings, 53

Gekabelde konneksie, 92

Gekskeerdery, 161

Gemorspos, 180

Geskiedenis, 116

GPS, 114

Gratissagteware, 30

Gunstelinge, 116

H

Hardeskyf (HDD, 7

I

Identiteitsdiefstal, 165

Inligtingsoorlading, 144

Inprop-en-Speel, 23

Interaktiewe witborde, 14

Internet aanvalle, 162

Internetdienste, 80

Internetdiensverskaffer, 80

Internetverwante bedrog, 163

Intree-vlak rekenaars, 6

Invloed en gebruik van sosiale netwerke en tegnologie,

142

K

Kabel, 85

Kabellose toegangspuntdekking, 72

Kasberging, 56

Kitsboodskappe, 83

Klein Kantoor Tuis Kantoor, 3

Klets, 83

Kletskamers, 103

Kliëntgebaseerde e-pos, 27

kommunikasie etiket, 135

Kommunikasie toestelle, 75

Konvergensie, 12

Kuber-/Rekenaarbedrog, 152

Kuberaanvalle, 154

Kunsmatige Intelligensie, 136

Kwaadwillige sagteware, 164

Page 198: rEKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIEBiometriese toevoer 10 8. Konvergensie 12 9. Interaktiewe witborde 14 10. Geheuekaarte 15 11. POS – Point of Sale (Verkoopspuntstelsel) 17 ... Die gebruiker

193 | B l a d s y

L

Lêerdeling, 108

M

Magnetiese stoor, 9

Misbruik van persoonlike inligting, 165

Mobiele Gebruiker, 5

Modem, 81

Multitaakverwerking, 62

N

Netskans, 159

Nutsprogram, 68

O

OKH ('OCR'), 36

Omgewingskwessies, 191

Oopbronsagteware, 40

Oplaai, 106

Optiese stoor, 9

Opwipvenster-blokker, 121

Opwipvensters, 170

P

Persoonlike Rekenaargebruiker, 1

POS, 17

Potgooi, 120

PPI, 19

R

Raakskerm, 21

Reg tot privaatheid, 173

Reg van toegang, 172

Regerings-Internetdienste, 112

Regstellings, 46

Rekenaarmisdaad, 150

Resolusie, 19

roeteerder, 81

RSS Voere, 122

Rugsteun, 55

Ruitnetrekenarisering, 79

S

Sagteware vir fisiese gestremde mense, 71

Sagtewarefoute, 145

Satelliet, 86

Sekuriteitsentrums, 64

Sekuriteitskenmerke, 64

Sellulêr, 86

skakeltoestel, 81

Skedulering, 63

Skimkaping, 168

skyfskandering, 59

skyfskoonmaak, 59

Sleutelvaslegging, 31

Sleutelvasleggingssagteware, 33

Soekenjins, 123

Sosiale manipuleringstoertjies, 179

Sosiale netwerke, 125

Spioenware, 181

Stemherkenning, 49

Stoor, 7

Supergebruiker/Kraggebruiker, 4

T

Telependel, 146

Telewerk, 146

Terreinlisensie, 35

Tipes konneksies, 85

toegangsbeheer, 64

Toeganklikheid, 69

Trojaanse perd, 184

Tuisblad instellings, 118

Tussentydse databuffering, 66

U

Uitvissing, 169

USB, 23

V

Valse nuus, 157

Versoenbaarheidsprobleme, 57

Verspreide rekenaarkrag, 140

Verwysings-/Opvoedkundige sagteware, 42

Vesel, 85

Videokonferensie, 127

Videosending, 120

Virusse, 186

Vlogs, 96

VOIP, 129

Voorkom sekuriteitsbedreigings, 149

W

Warminpropbaar, 61

Webdeurblaaiers, 50

Webgebaseerde e-pos, 27

Webgebaseerde toepassings, 53

Weergawes, 46

Wi-Fi-warmkolle, 131

Wiki's, 132

Wi-Max, 133

Wolkberging, 9

Wolkverwerking, 105

Wurms, 188

Z

zombies, 182