Upload
others
View
1
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies
Gemeenskapsadvertensies
Kleinadvertensies (Persoonlik)
Kleinadvertensies (Besigheid)
Geestelike Pitkos
Werksgeleenthede
Afrikaanse kerkdienste
Landswye dagboek
Riglyne vir adverteerders
Kanselleer intekening / Unsubscribe
19 Februarie 2020
Redakteursbrief
Soos wat ek voorspel het, was dinge lekker gejaagd en deurmekaar aan die einde van die jaar. Gevolglik spring hierdie
eerste uitgawe van die jaar laat weg – maar eerder laat as nooit, of hoe? Dit verhinder my egter nie om aan elke leser ‘n
baie voorspoedige 2020 toe te wens nie. Soos ‘n slim ou eendag gesê het: Mag jou beste dag van verlede jaar jou
slegste dag vanjaar wees. Ek het besef dat ek daardie een liefs nie moet gebruik wanneer ek met mense gesels nie, want
dit kom te maklik verkeerd uit as ‘n mens nie eers mooi dink voordat jy dit sê nie!
In hierdie uitgawe plaas ek die kollig op die allerverskriklike wegholbrande wat Australië die afgelope maande beleef het.
Ek was geskok oor die omvang, lewensverlies en skade. Lees gerus ‘n Suid-Afrikaanse egpaar se storie.
Ek filosofeer ook in my geselsrubriek OP MY VOORSTOEP ‘n bietjie oor die jaar wat voorlê vanuit ‘n meer persoonlike
perspektief, en iemand anders doen iets soortgelyks hier onder wanneer hy oor die ‘witbrood’ skryf:
‘n Leser, wat aan my bekend is maar anoniem wil bly, skryf die volgende:
“Die witbrood onder my arm”
Aan die einde van die jaar het ek my opname gedoen van al die suksesse en haakplekke van die jaar. Dis toe dat ek
besef dat die lewe in my nuwe land my ongelooflike geleenthede bied, en dat ek nie so moet kla nie. Ek het my kop
in skaamte laat sak omdat ek gewoonlik saam kla oor hoë belasting en brandstofpryse, en die foute van die regering.
Op 'n onlangse toer deur Europa het ek tot die besef gekom van al ons seëninge en weer besef dat ek in 'n land van
‘melk en heuning’ woon. Ek het bewus geword van skoon strate en ongeskonde geboue wat nie deur enige oorlog
ten gronde geskiet is nie. Ek het bewus geword van die baie ruimte wat die land aan my bied om die buitelug te
geniet, en dat ek enige tyd van die dag met vrymoedigheid kan gaan stap sonder enige gevaar.
Die heel belangrikste: waar ek woon, kan ek elke dag lug inasem wat seker van die suiwerste ter wereld is. Ek het
niks om oor te kla nie. Ek besef dat daar duisende mense regoor die wêreld is wat in lang rye sou staan om my plek
hier te kon inneem. Ek tel my seëninge nou een vir een.
Ek het tot die besef gekom - ek moet ophou kla met die witbrood onder my arm!
Philip Langenhoven
Redakteur (Skryf gerus aan my by www.brokkies.net/kontak )
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Algemene nuusbrokkies
“Ons was seker naief!” – slagoffer van Australië se wegholbrande vertel
“Bosbrande gebeur tog in digte bosse, in droë plantasies en verwaarloosde dorpserwe; sekerlik nie hier waar ons, omring
deur groen wingerde, woon nie”. Dít was die gedagtes wat deur Sunette en Jacob du Plessis se koppe geflits het toe die
verwoestende brande hul klein plaas in die Adelaide-omgewing bereik.
Die wegholbrande, moontlik die ergste in menseheugenis,
het nie net Australiërs stom en verslae gelaat nie maar ook
toekykers wêreldwyd wat nie kon glo wat hulle op
televisieskerms sien nie. Hoe kon so ‘n natuurramp vir so
lank aanhou en so ver buit beheer versprei?
Sunette vertel verder: “Die harde werklikheid het ons op ‘n
snikhete Vrydag in Desember getref. Dit was ‘n gewone
dag, indien ‘n mens die hittegolf wat die vorige drie dae
reeds oor ons gehang het, kon ignoreer. ‘n Totale verbod
op vuurmaak is verklaar en inwoners van Adelaide Hills is
aangesê om hul bosbrandplanne in werking te stel. Ten
spyte van die waarskuwings en enige voorbereidings wat
ons kon doen, het ‘n verwoestende brand by ons ontstaan.
“Min het ons geweet dat die vuur ongeveer vyftien kilometer
van ons af begin het. ‘n Yslike kolom rook het onheilspellend
nader en nader gekom namate ‘n verwoede wind dit in ons
rigting gedryf het. Glo my, ‘n angsgevoel het algaande by
ons posgevat, veral toe ons besef dat ons reg in die
stormvuur se pad was.
“Die brand by ons is veroorsaak deur ‘n boomtak wat
elektriese bedrading platgeval het, en ons kon niks daaraan
doen nie. Dit is moeilik om te beskryf hoe hulpeloos ‘n mens
voel wanneer jy deur so ‘n massiewe, verwoestende
natuurkrag gekonfronteer word.”
Sunette sê hul plasie is net buite Woodside, ‘n dorp nie ver
van Adelaide af nie, geleë. Hulle was nog altyd baie
gelukkig in hul nuwe tuiste, en het lief geword vir Australië.
Reg vir die skoonmaakproses. Sunette en Jacob
du Plessis nadat die vlammestryd gewen is.
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
‘n Terugblik na uitdagings op hul nuwe pad in Australië
“Ek kan nie help nie om eers ‘n bietjie te verpoos by die gedagte
dat ons negentien jaar gelede ons tuiste in Boksburg, Gauteng,
vir Australië verruil het. Wie sou toe kon dink dat ‘n verwoesten-
de vuur jare later ons so sou raak? Ons het toe sak en pak
hierheen verhuis - met al ons besittings, kinders en geloof.
“Dit was nie altyd ‘n gelyk pad nie, o nee; ons moes ‘n paar
opdraendes uit. My man is beproef met ‘n rugprobleem
waarvoor daar geen oplossing is nie, maar hy het hom nie
daardeur laat onderkry nie. ‘n Groot hartseer het ons egter
getref toe ons oudste en enigste seun in ‘n vliegongeluk gesterf
het. Onbeskryflike smart en pyn het deel van ons nuwe lewe
geword. Sy weduwee is terug na haar ouers in Suid-Afrika en
so is ons as’t ware van ons twee kleinkinders vervreem.
“Die aankoop van ons plasie was ‘n ligpunt, en so ook ons
tweede dogter se huwelik. Hierdie lig is egter gou weer verdof
toe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-
behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en
liefde uit alle oorde het ons ook deur hierdie drif gedra.
“Intussen het my suster en haar gesin ook ‘n aantal jare gelede
in Adelaide aangekom.
“Tien jaar gelede het ons vanuit Tea Tree Gully saam met ons
oudste dogter en haar man hier na ons plasie verhuis: ek en my
man om af te tree, en die kinders om met ‘n gesin en ‘n ‘hobby
farm’ te begin.
“Drie kleinkinders, sewentig stuks beeste, twintig skape, ‘n paar
hoenders, twee katte en ‘n paar byekorwe later, kan ek met
dankbaarheid verklaar dat ons hier wortel geskiet het,” sê
Sunette.
Terug by die brand
Sunette vertel verder: “Ons swaer het op die betrokke warm Vrydag by ons opgedaag om saam met twee buurmanne die
vuur te help bestry. Die rook, die reuk en die stof het ondraaglik geraak en toe ons die vlamme sien aankom, het ons
geweet dit is ernstig.
“Die CFS (Country Fire Service) kon ons nie bereik nie aangesien die paaie hierheen reeds te gevaarlik was en gevolglik
gesluit was. Ons was op ons eie aangewese!
“Dit was ‘n vreesaanjaende gesig: die vlamme wat alles voor die voet wegvreet, nie versadig raak nie, en soekend is na
die volgende boom of bos of grasveld om te verteer. Die groen wingerde kon die vlamme nie tem nie. Die uiters droë
veld en alles daarin, het gebrand. Honderd jaar oue bloekombome se dik stamme het begin brand net om later neer te
plof grond toe.
“Ek was so dankbaar dat ons spannetjie daarin geslaag het om die brand van ons huis af weg te hou! Dit was betreklik
maklik om vlamme in die kortgevrete gras van die weiveld naby die huis dood te slaan en dood te spuit – nogal met
gewone tuinslange. Aan die ander twee kante van die huis het ‘n besproeide groen weiveld en ‘n groot groen grasperk
die huis teen die vuur beveilig.
“Uitgeputte, swartbesmeerde mense wat na gebrande gras ruik, het die aand dankbaar in die stort gestaan om die dag se
angs en sweet af te was.
“Die skade was groot maar herstelbaar. Al die draadheinings was plat. Die hooiskuur met hooi, implemente en
gereedskap is vernietig. Kilometers se besproeiingspype het gesmelt. Ons kon slegs een byekorf red (wat is soeter as
Sunette en Jacob du Plessis glimlag darem nog.
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
heuning?) Dit was hartseer om te sien hoeveel van die groot
bome gebrand het; vier-en-twintig dae na die brand was hier
bome wat steeds gesmeul het.
“Toe alles verby is en die vlamme hulself uiteindelik
uitgewoed het, het dit maar bra lelik om ons gelyk. Die eens
pragtige heuwels, lappe groen wingerde en kronkelende
paaie is swart verbrand. Ons was groter skade gespaar, as
in ag geneem word dat tagtig plaashuise in ons omgewing
tot op die grond afgebrand het. Die reuk van as en roet het
nog vir lank in die lug gehang. Maar uiteindelik het die mooi
begin om te voorskyn te kom.
“Wat ons altyd sal bybly, is hoe oorweldigend die hulp en
bystand van die breër gemeenskap was. Skenkings het
vanuit alle oorde gekom en die opruimingswerk het
onmiddelik begin. Die goedheid en omgee van onbekende
mense stel nooit teleur nie en gee ‘n mens moed om die dag
van more met geloof en blydskap aan te pak.” ◼
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Geselsrubriek: Op my voorstoep – Deur Philip Langenhoven
Ek wil dankbaar oukant toe staan
Nadat die son op die oujaar se gejaag gesak het, het ek tydens die Desember-wegbreek oor ’n paar dieper dinge besin.
Dit het my opeens getref dat ons gesin nou reeds twintig jaar lank buite Suid-Afrika woon. Een van die dae sal ek kan sê
dat ek nog nooit langer in een stad of plek gewoon het as waar ons tans woon nie – ek verwys nou na myself en vroulief,
want die kinders is lankal nie meer kinders nie en hulle woon oral oor die land.
Ek het myself oorreed om liefs nie my besinning vanuit ’n glas-is-half-leeg perspektief te doen en te fokus op die lewe wat
so vinnig einde se kant toe snel nie. Vanuit ’n glas-is-half-vol perspektief het ek aan al ons goeie lewenservarings gedink,
asook aan wat nog voorlê. Ek het toe besluit om my dankbaarheid te hernu.
Ek is dankbaar vir die lewe wat ons Hemelse Vader vir ons gegee het – en ek erken ruiterlik dat ek my dankbaarheid nie
genoeg toon nie. Te midde van siektes, kwale en beproewings wat deur soveel ander mense baie meer intens ervaar
word, het ons jaar na jaar die wonderlike geskenk van lewe ontvang. Ek voel jammer vir al die kere dat ek hierdie gawe
as vanselfsprekend aanvaar het.
Ek is dankbaar vir die geleentheid wat ons gehad het om ’n nuwe toekoms elders op God’s aarde uit te beitel. Ek het nog
altyd ’n waardering vir my herkoms en vir die eerste veertig jaar se vorming – ja, letterlik en figuurlik! - van my lewe in my
geboorteland, Suid-Afrika. Ek en vroulief het baie familie daar, en ons begin so stadig maar seker aanvaar dat hulle nie
by ons gaan aansluit nie...
Ek is dankbaar dat ons kinders hier in ’n veilige, vrye omgewing kon grootword - al moes ons, net soos ander om ons,
deur die aanslae worstel wat in die hedendaagse vrye westerse wêreld die mensdom se idee van vryheid en waardes
inkleur. En die verweer sal seker voortduur, want die enigste perfekte gemeenskap wag ons eers na hierdie lewe in.
Ek is dankbaar dat ons ons gesondheid behou het om ons eerste dogter te kon sien trou. Skoonseun is seker al moeg vir
my ’pa-grap’ dat ek dankbaar is dat ons dogter “die goeie buitelander” raakgetrou het! Of hy my wrange Suid-Afrikaanse
sin vir humor al verstaan, weet ek nie, maar hy lag beleefd saam.
Ek is dankbaar dat ons die aankoms van ons eerste kleinkind hier op ‘nuwe’ bodem kon beleef; asook die tweede een
wat baie onlangs nuus gemaak het toe sy in die vroeë oggendure van Nuwejaarsdag die eerste baba van die dekade was
om in daardie provinsie gebore te word.
En was dit nou nie vir jou spannend nie! Sy het besluit om ’n maand te vroeg haar opwagting te maak en op Oujaarsaand
besluit dis nou tyd. Ons het middernagtelik gewonder of die mediese fasiliteite in hul tuisdorp geskik was vir so ’n
premature geboorte, maar die hoop het nie beskaam nie. Ons wonderlike ‘nuwe land’ se gesondheidstelsel het
reggestaan. ’n Helikopter het hulle met ’n middernagtelike vlug na die naaste stad geneem en ons eerste kleindogter is
enkele ure later gebore. Ons is dankbaar dat alles so goed afgeloop het, en vir die land se veilige net wat gehelp het.
Ons is dankbaar vir al ons kinders en dat hulle hul lewens in die nuweland onder veilige, geleentheidskeppende, menslike
omstandighede kan leef. Dit is tog waarop ons gehoop het tydens ons immigrasie: om vir almal van ons ’n billike kans te
bied om die lewe voluit te kan lewe.
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Dit laat my gedagtes aanbeweeg na die miljoene in Suider-Afrika en oral oor die wêreld wat nie dieselfde positiewe
ervarings en voorregte ervaar nie. Soveel mense voer ’n hand-tot-mond bestaan en soveel beleef lyding van die een of
ander aard. My hart wil soms vir hulle breek.
Daarom is ek baie dankbaar vir alles. My hoop en bede is dat ons as gesin – met al ons toevoegings – sal besef hoeveel
voorregte ons gehad het en steeds het. Ek hoop dat ek en almal van hulle dankbaar en beskeie sal bly. Niks hiervan is
deur eie krag of pogings verdien nie.
Ek hoop dat ons die Gewer van lewe en goeie seëninge altyd sal erken en eer, en Hom dankbaar sal bly. Ek hoop ons
sal daarvan in woord en daad uitdeel deur diensbaar te wees.
Ek hoop om meer dankbaar oukant toe te staan. ◼
‘n Kort-kykie na verlede jaar se Aus-Brokkies nuus
Brokkies bestaan al vir 20 jaar, en vir die grootste deel daarvan was dit die mondstuk van Die Afrikaanse Klub van Nieu-
Seeland. Toe die klub 'n klompie jare gelede besluit om halt te roep, wou hulle die suksesresep van Brokkies laat
voortgaan en het hulle die eienaarskap daarvan geprivatiseer. Lees meer oor hierdie geskiedenis by www.brokkies.net. ‘n
Goeie vier jaar gelede het die konsep na Australië uitgebrei, en het hierdie Aus-Brokkies ontstaan.
Die Brokkies-publikasies (Aus-Brokkies en Kiwi-Brokkies) bied aan lesers leesstof in ons moedertaal, Afrikaans. Dit vertel
nuwe of hardebaard immigrante se stories en bied die geleentheid dat mense mekaar van hul sake-ondernemings,
gemeenskapsgroepe en inisiatiewe kan inlig. Aus-Brokkies groei nog en lesers word uitgenooi om betrokke te raak.
Hier is ‘n oorsig van wat verlede jaar in Aus-Brokkies was (ou uitgawes by www.brokkies.net/uitgawes) en skryf in:
Januarie 2019 • JC Ryan – ofte wel Leon Mostert – het ‘n bobaas-skrywer op Amazon geword, met tienduisende boekverkope.
• Ons lees verrassende inligting oor hoe dokters teen genadedood of geassisteerde selfmoord gekant is.
Februarie 2019 • Nuwe wetenskaplike inligting word bespreek rondom die vraag of Alzheimers al die tyd ‘n tipe 3 diabetes is.
• Ontnugterende inligting oor hoe genadedood of geassisteerde selfmoord alreeds skeefloop waar dit wettig is.
• In die rubriek ‘En daar was Lig’, word gevra of robotte ‘regte’ behoort te verkry.
Maart 2019 • Rita van der Walt skryf haar negende boek. Sy het voorheen onder die naam Rita Landman gepubliseer.
• Ons is saam met Suid-Afrika bly oor die middeloor-oorplanting in Pretoria wat die wêreld se eerste was.
April 2019 • Twee mense vertel van hul skrikwekkende ervaring in Suid-Afrika en hoe dit tot gebalanseerde insig gelei het.
• Hoe ‘seksie’ is die Aussie-aksent? Jy mag verbaas wees…
• Die val van huispryse word voorspel om vir die hele jaar te volhard.
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Mei 2019 • “Ons gaan Australië toe, Oom!” Hoe traumaties mense in Suid-Afrika die duisende emigrante se verlies ervaar.
• Ons onthou Justus Tshungu, die eerste swart omroeper wat in Afrikaans uitgesaai het, wat oorlede is.
• Chris Barnard se 50-jaar oue hartklep van 1969 werk steeds!
• Oom Herrie sê in die rubriek ‘Oom Herrie se Kerrie’ dat tiksters medaljes verdien.
• In ‘Pitkos’ skryf ds Gawie Cloete dat godsdiens gevaarlik kan wees!
Junie 2019 • Met hul ‘Potential Profiling’ help Martin Hefer en Natasja de Wet jongmense hul ideale loopbaan ontdek.
• Bekende Afrikaanse akteur Paul Eilers sterf
• Suid-Afrika se Spekboom is ‘n ‘wonderplant’ wat meer koolstofdioksied uit die lug verwyder as die Amasone.
• Waarskuwing: Lief vir jou lemoenpampoentjies? Oppas vir die ontploffing as jy dit in die mikrogolf kook!
Julie 2019 • SILWER is nie die Diamonds se gunsteling kleur nie – Australië se netbaltrots wat die gunsteling vir goud was.
• Ontmoet vir Karla Pretorius – ‘Speler van die Wêreldbekertoernooi’ – asook vir Phumza Maweni.
• WêRELDKAMPIOEN! Die Springbokke breek uiteindelik die droogte.
• In sy geselsrubriek vertel Loeloeraai tong in die kies hoe hy vir sy treinpendel-ervarings gebrei is.
• Daar is groot hartseer omdat daar slegs een olifant in die Knysna-bos oor is.
• VERSTIKKING – wat om te doen, ook as jy alleen is
Augustus 2019 • “Wag laat ek eers weer ‘n kiekie neem…” - Christina Vermeulen (Tina) van Perth vertel haar storie en deel foto’s.
• Laat feesviering: Die Bokke het uiteindelik die droogte gebreek!
• Netwerk24 word 5 jaar oud…en hoe om die voorreg te behou.
• Dít is wat met jou liggaam gebeur as jy te lank sit.
• In die rubriek ‘En daar was Lig’ word gekyk hoeveel Genesis se ‘soorte’ verander kan word.
September 2019 • Vroue van invloed…weerskante van die Tasman. ‘n Ma van Nieu-Seeland en dogter van Australië se prestasie.
• In ‘Op my voorstoep’ mymer die redakteur oor hoe moeilik dit is om iets weg te gooi: ‘Africana tot die bitter einde!’
• Die rubriek ‘En daar was lig’ kyk hoe argeologie die Bybel se historiese aansprake bevestig.
• Oktobermaand in Wes-Australië – ‘n leser deel haar foto’s en ‘n pragtige klassieke gedig.
• ‘n Vierdag- of vyfdag werkweek: watter een verkies jy?
• Die Blikore se onlangse prestasie word (‘n bietjie laat) gevier.
Desember 2019 • OP MY VOORSTOEP: Viva Bokke! ‘n Agterna-kykie na hul wêreldkroon se impak.
• Hoe om 20 dae van verlof in 2020 in tot 55 dae se vakansie om te tower
• Gevaarlike swam in Aus ontdek wat jou brein kan krimp!
• Ai tog, die kantoortaal darem…dis te veel vir vlees en bloed.
• OOM HERRIE SE KERRIE: Destyds se rygoed.
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
‘n Kontantlose samelewing: Hoe voel jy? (Deel 1)
Dit lyk of kopers van dienste en produkte al meer kontant systap en met digitale metodes betaal. Natuurlik is dit wat jy
doen wanneer jy iets aanlyn koop – en sulke transaksies neem volgens statistiek met rasse skrede toe. Maar wat van die
gebruik van kontant in ‘n persoon-tot-persoon situasie? Dit neem skynbaar ook af, maar sal kontant ooit werklik verdwyn?
Hoewel harde kontant nog deeglik deel van die lewe uitmaak, begin mense al meer van ‘n kontantlose samelewing praat.
Kom ons kyk ‘n bietjie wat Australiese waarnemers daaroor te sê het. Hierdie is Deel I in ons kykie hierna.
Investor Daily vra die vraag: “Is ‘n kontantlose samelewing die moeite werd?” Hul antwoord begin dan met: “Namate
Australië sy onvermydelike momentum na ‘n kontantlose samelewing voortsit, moet ons die nadele in gedagte hou.”
Hulle skryf voorts dat die land reeds vir ‘n paar dekades ‘slegs ‘n paar jaar van ‘n kontantlose samelewing af’ is – maar
dat dit kom. Wetgewing tans voor die Senaat het ten doel om kontanttransaksies van hoër as $10,000 te verban in ‘n
poging om ‘n ‘swart ekonomie’ te verhinder. Dit is dus nie moeilik nie om te aanvaar dat kontant uiteindelik sal verdwyn.
‘n Gewaande voordeel van ‘n kontantlose samelewing is dat dit misdaad sal verminder, met die logika dat indien daar
minder kontant is om te steel, word minder gesteel. Geldwassery sal ook moeiliker wees, omdat elke transaksie op die
een of ander manier geregistreer (ge-‘log’) word.
‘n Kontantlose samelewing kom egter met ‘n paar negatiewe implikasies wat moontlik die positiewes oorskadu.
Namate betalings aanlyn beweeg, groei die voorkoms van identiteitsdiefstal, rekening-oorname, bedrieglike transaksies
en databreuke – alles as gevolg van die hoër volumes kontantlose transaksies en meer punte van blootstelling vir die
algemene gebruiker. Kuberkrakers en ander kriminele het nou nuwe maniere om toegang tot mense se rekenings te kry,
en om potensieel sintetiese rekeninge op te stel om meer gesofistikeerde geldwassery-aktiwiteite te fasiliteer.
En dit is slegs die risiko wat deur kuberkrakers verteenwoordig word. Volgens die Britse ‘toegang tot kontant verslag’, kan
‘n kontantlose samelewing die risiko van finansiële misbruik verhoog. Veral senior-burgers wat digitale tegnologie nie so
goed verstaan nie, sal kwesbaar wees. Paartjies met gekombineerde bankrekeninge is ook onder risiko – geld kan
gemonitor en beheer word deur een persoon. Hierdie bekommernisse sal in ‘n kontantlose samelewing baie erger wees.
Dan praat ‘n mens nie eens nie van die feit dat digitale stelsels op net die beste digitale infrastruktuur staatmaak; iets wat
Australië nie tans baie van het nie, aldus die artikel. ‘n Soliede infrastruktuur moet die land beveilig teen kuber-aanvalle,
wat deur ander lande uitgevoer kan word met die doel om ‘n land se hele finansiële stelsel te vernietig. Wanneer ‘n mens
daardie moontlikheid in oënskou neem, lyk ‘n bietjie geldwassery nie so sleg nie.
‘n Kontantlose samelewing kan dinge ook vir werkers en die mees kwesbares in die samelewing erger maak.
‘Kontantloosheid’ is slegs ‘n kort stappie weg van ‘kassierloosheid’. Ons kan met ‘n ontploffing van werkloosheid sit.
Ook mense wat nie geredelik toegang tot banke het nie, of verkies om nie banke te gebruik nie, is kwesbaar. Sulke
mense sal nie in ‘n kontantlose samelewing so goed kan funksioneer as wat hulle in ‘n kontantgebaseerde samelewing
doen nie. Dit is ‘n kernprobleem vanuit ‘n gemeenskapsperspektief beskou.
‘n Kontantlose samelewing lyk aantreklik, maar die meer onsigbare risiko’s mag nie deur Australië geïgnoreer word nie.
[DEEL 2 volg in die volgende uitgawe. Indien jy ‘n opinie hieroor het, skryf aan [email protected] (Tik ‘Geld’ by die ‘Subject’)
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Rubriek: ‘En daar was lig’ – Deur Philip Langenhoven
Waarom het God sonde in die wêreld toegelaat? Hierdie rubriek bied inligting wat nie algemeen bekend is nie: argumente en getuienis dat die Bybel op sigwaarde geneem en vertrou kan word as werklike geskiedenis wat deur sowat 40 skrywers oor 1,600 jaar in ‘n ongelooflike eenheid saamgevat is, en gevolglik ook geheel en al relevant is vir die vraagstukke van die huidige tydvak en die grondslag van alle antwoorde bied.
Shaun Doyle beantwoord ‘n gewilde vraag: Waarom het God sonde in die wêreld toegelaat?
Mense lei dikwels die vraag in met ‘n ander een: “As vrye wil in die Hemel bestaan, maar sonder
sonde, waarom het God nie so ‘n wêreld geskep nie, eerder as ‘n wêreld met vrye wil en sonde
wat naas mekaar bestaan? Kon God aan ons ‘n vrye wil gegee het sonder om aan ons die
neiging tot sondigheid te gee?
Ons kan van drie dinge seker wees, ongeag die antwoord wat volg: (a) Die kwaad bestaan; (2)
God is moreel perfek; en (3) God het die wêreld geskep en onderhou dit. Die eerste een is
ooglopend want ons sien die kwaad oral. Maar, die eerste stelling bied ook getuienis vir die
tweede een. Indien die kwaad bestaan, dan bestaan objektiewe moraliteit. Slegs ‘n moreel
perfekte God kan egter objektiewe moraliteit daarstel. Daarom bestaan ‘n moreel perfekte God.
En ons kan goeie argumente aanbied vir die derde stelling. Die Bybel sê dat God die wêreld gemaak het (kyk Gen 1:1, Ps
102:25, Joh 1:1-3). Die Bybel verskaf ook sterk getuienis dat God ook die wêreld onderhou (Ps 104, Matt 10:29–30, Kol
1:17, Heb 1:3). Die kwaad is ook nie getuienis teen God nie; dit is getuienis in ‘n uitgangspunt VIR God.
Die enigste vraag is dan of die Bybel en Jesus ‘n sterk genoeg saak uitmaak dat God die wêreld onderhou. Jesus verskaf
nie net getuienis vir God se omgee en onderhoud van die wêreld nie, maar ook vir die waarheid van die Bybel (sien Jesus
oor die onfeilbaarheid van die Skrif), wat bepaal dat God die wêreld onderhou: Matt 10:29–30). As God soewerein en
goed is, terwyl die kwaad bestaan, is die vraag dus nie ‘n goeie rede om in God te twyfel nie.
Kon God ‘n sondevrye wêreld met vrye skepsels geskep het?
God kon dit nie gedoen het nie. En suggereer daardie wete dat God minder as perfek magtig is? Nêrens sê die Bybel dat
dit vir God onmoontlik sal wees om so ‘n wêreld te skep nie, maar as vrye skepsels in enige scenario sonde sal pleeg,
dan is ‘n wêreld van vrye skepsels waar niemand ooit sondig nie, eenvoudig nie moontlik nie.
Ons moet onthou dat ons nie God se redes verstaan nie – ‘n volledige uiteensetting oor ‘waarom bestaan kwaad’ behoort
aan die ‘geheime’ dinge wat aan God behoort (Deut. 29:29, en soos Job uiteindelik geleer het in Job 42). Die tweede
opsie is dat God dalk ‘n wêreld kon geskep het wat sonder sondige skepsels is. Indien dit waar is, waarom het Hy nie?
Ons kan ook gedagtes aanbied oor waarom God ‘n wêreld sonder sonde verkies het. Eerstens, het Jesus nodig gehad
om te sterf in ‘n wêreld sonder sonde? Logiesgewys nie, maar dink hieroor: in ‘n sondelose wêreld, sou God die diepte
van Sy liefde en genade teenoor ons kon betoon, soos Hy deur Jesus se dood vir ons gedoen het? (Romeine 5:8,10). Ek
kan nie aan ‘n beter toonbeeld van liefde en genade dink as God wat Sy Seun stuur om vir sy vyande te sterf nie. En
sonder vyande (dus ‘sondaars’) is daar niemand aan wie hierdie liefde betoon kan word nie. Aan die ander kant, elke
vertoning van liefde wat God in ‘n sondelose wêreld kan doen, kan Hy ook in die Nuwe Wêreld in die toekoms doen.
In ‘n sondelose wêreld kan mense die destruktiwiteit van sonde slegs teoreties ken. Om die kontras te ervaar, bring groter
begrip en waardering vir die kontras met God se goedheid, en ‘n beter ervaring van Hom in die ewigheid sonder sonde.
Mens kan nou wonder: “Wat van die veroordeelde sondaars? Hul ervaring van die ewigheid sal sekerlik nie aangenaam
wees nie!” Dit is waar. Maar, benadruk dit nie nog meer die waarde van God se goedheid nie? Die slaapkamerlig skyn
ewe helder bedags as snags, maar is makliker om snags te sien. Net so het God nie die teenwoordigheid van sonde
nodig om goed te wees nie. Die teenwoordigheid van sonde maak dit makliker om te sien hoe goed Hy is op maniere wat
die afwesigheid van sonde nie sal kan doen nie. Die hel sal staan soos die nag teenoor God se morele lig.
Laastens: deur sonde en lyding voor die ewigheid te ervaar, maak dat die regverdiges God se goedheid en ewigheid
beter reflekteer. Talle Bybelse redes vir lyding is aan hierdie idee onderworpe. Is daar ‘n beter manier om getrouheid te
leer as om versoeking in die gesig te staar en dan weg te loop? Is daar ‘n beter manier om empatie te leer as om die
lyding te beleef wat ‘n ander beleef? Sonde het lyding daargestel, en lyding kan ons beter voorberei om ander te dien.
Self die Seun van God het Homself nie bo die uitlewing van hierdie beginsel gestel nie (Mark 10:45, Hebr 5:8–9). Daarom
moet ons daardie voorbeeld reflekteer (Phil 2:3–8, Hebr 12:1–4). ◼
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Oom Herrie se Kerrie – Deur Herman Toerien
Gemmerbier oor Kerstyd (‘n terugblik)
Oom Herrie was besonder bevoorreg om van kleintyd af Kersfees tydens ’n
Kersvakansie by die see te kan beleef. Daar was uitsonderings, soos die jaar toe
die gesin die Kers- en wintervakansiebestemmings omgeruil het, en ‘n fees van ’n
Kersfees op ouma Meyer se plaas Merino in die hartjie van die Vrystaat gehou is.
Daar is die sink-rondawel, wat as ramhok vir al die broers en nefies gedien het, se
kerse bedags in die opstal se diepvries gaan bêre. Het dit bedags in die rondawel
vergete gebly, was daar die aand net so ‘n lang stuk pap was wat gelyk met die
grond oor die tafelblad asof papgedruk lê. Sy blus, by wyse van spreke uit.
Maar gewoonlik het ons reguit afgesit na De Bakke, waar ouma en haar kinders
saam ‘n kothuisie besit het. Soos die kinders se gesinne uitgebrei het, het dit meet
en pas begin kos om ons almal fatsoenlik te onderdak.
Improvisasie was aan die orde van die dag. Daar was nie muurproppe nie, so om ‘n kraginstrument soos ‘n boor te
gebruik, is die muurprop met ‘n affêretjie vervang wat in die plek van ‘n gloeilamp in die kabel ingeskroef het. Kleintyd, so
verneem ek, was ek amper bokveld toe oor daai kontrêpsie. Ek het naamlik ‘n spyker wat tog so netjies gepas het, in een
van die gaatjies gaan indruk. Gelukkig het Eskom destyds nie landswyd krag verskaf nie, want dan was die hele land se
krag seker uitgeskop. Soos dit was, net die Bakke s’n is afgeskop, met die moontlikheid dat Mosselbaai en omstreke s’n
ook uit was. Volgens die dokter was ek gelukkig dat ek in daai stadium op ‘n bokvelletjie gestaan het.
Nie alles het met krag gewerk nie, soos die paraffien-yskassie. Dit het my dronk geslaan hoe iets wat met ‘n vlammetjie
werk, iets kon koudmaak. Maar dankbaar dit kon, veral die gemmerbier. Want ouma en tannie SC het lank voor die
vakansie aanbreek, begin gemmerbier maak. Hulle het dit in sulke groot glaskanne gebêre, met opgeswelde rosyntjies
wat bleeklyf bo dryf om die skerpheid op te slurp. En daai gemmerbier was onoortreflik lekker. Kyk, as ‘n man darem so
pootuit met die branders gespook by die huis kom, dan het so ‘n lekker groot glas gemmerbier darem voortreflik
gesmaak. Die een groot kan na die ander het die onderspit begin delf.
Maar soos die vakansie vorder, so is daar naderhand kwotas ingestel. Ons het gedink dis om dit vir die hele vakansie te
laat hou, maar later het ons uitgevind daai bleek opgeswelde rosyne doen meer as net die skerpheid opsuig. Dit gis, en
hoe sou dit nou lyk as die kinders hoederkop buite rondslinger. Veral as dit tyd raak om die openbare longdrop te gaan
opsoek, so ‘n 100 meter van die huis af. En ‘n kind wat geolie is, kan juis so maklik ‘n ongeluk by ‘n longdrop oorkom.
Hier na die einde van die vakansie toe is die kwota skaars ‘n sopie, soos dit wat die oumense saans uit sulke piepklein
glasies drink en daarna stoom het om amper die hele nag deur vrolik te kuier. Dan verdwyn die opgekroptheid oor die
duidelike oorbewoning en daarom gereelde, by wyse van spreke, op mekaar se tone-trappery.
Oukersaand was daar egter altoos gesorg vir ‘n redelike kwota gemmerbier. Kyk, dan is al wat kind is vreeslik bly oor die
geskenke wat Kersvader bring, al is dit by wyse van spreke nou ook ‘n stewige bottel kasterolie. Want kyk, dis ook mos
net ‘n seunskind wat, net voor hy die eerste keer skool toe gaan, bly is oor skoolgoed wat hy vir Kersfees kry, skoolklere
ingesluit. Daarna het hy uitgevind die grootmense het altyd kluitjies gebak oor hoe lekker skoolgaan is. Dis eintlik mos
onoortreflik sleg, veral as ‘n mens ‘n kwaai juffrou het.
Maar met ‘n stywe dop gemmerbier onder die blad is mens vreeslik bly oor die nuwe kryte en ‘n uitveër. Of die
skoolskoene. Al sukkel mens dan ook al taamlik om gepraat te kry en vir Kersvader behoorlik dankie te sê.
So ‘n dag of wat voor die lang pad huis toe is die gemmerbier op. Ook maar goed, want dit proe al amper so skerp en
sleg soos winkelgemmerbier. Dis maar ‘n weemoedige tyd; selfs Neels die donkie wat die waentjie sleep om die vullis te
kom oplaai, voel dit aan. Kort-kort balk hy te vreeslik weemoedig daar vanuit sy kampie anderkant die spoorlyn. Dit breek
‘n mens se hart as die donkie so verskriklik hartseer klink, en dan begin die &*&^se skool ook nog oormôre. En die
gemmerbier is op. ◼
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Geestelike Pitkos
Terug na bo...
Wat daarvan as ons nie vervolging ervaar nie?
Omdat ‘n Christen in Jesus glo, blyk vervolging onvermydelik te wees. Hoewel sommige tekse in die Bybel dit mag laat
klink dat dit net sekere mense is wat sal ly vir hulle geloof, is daar ook die gedeeltes wat vir ons sê dat dit iets is wat elke
Christen kan verwag. Een so gedeelte is Johannes 15:20-21 waar Jesus sê: “Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is
nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte
geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en
hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.”
En dan is daar die bekende agtste ‘saligspreking’ wat lees: “Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. (Matt 5:10)
Dietrich Bonhoeffer, wat in die Tweede Wêreldoorlog in die tronk terreggestel is omdat hy sy geloof in Jesus geleef het en
nie na die pype van Hitler wou dans nie, het gesê: “Suffering is the badge of true discipleship. The disciple is not above
his master…if we refuse to take up our cross and submit to suffering and rejection at the hands of men, we forfeit our
fellowship with Christ and have ceased to follow Him.”
Miskien sou jy vra: Wat daarvan as ons nie vervolging ervaar nie? Ons is dalk bereid om vervolging te ervaar, maar ons
bevind ons nie in ‘n situasie van vervolging nie. Is dit enigsins moontlik dat so iets kan gebeur? Is die geskiedenis nie dalk
net vir ons goed deurdat ons leef in ‘n tyd en plek waar die gesindheid teenoor die evangelie nie so negatief is nie? Of
bluf ons onsself as ons so oor die saak dink?
Dis ‘n moeilike vraag. Aan die een kant is dit so dat die Evangelie nie van ons vra om tot elke prys lyding en vervolging te
soek totdat ons dit kry nie. Die Bybel ken ook so iets soos “voorspoed-dae” (Prediker 7:14) Aan die ander kant is dit nie
so maklik om van een van die saligsprekinge te sê dat dit dalk kan, maar nie hoef, deel te wees van ‘n mens se geloof
nie. As van al die ander saligsprekinge geld dat hulle nie losgemaak en uitgehaal kan word uit die geheel nie, is dit dalk
nie reg om skielik van die agtste saligspreking ‘n uitsondering te maak nie. As ons afhanklik van God moet wees, ook
sagmoedig en barmhartig en rein van hart sowel as vredemakers, dan sal ons sekerlik ook vervolg kan word.
Dit is ‘n netelige kwessie. Ons sal goed doen om maar voortdurend ook rekening te hou met die moontlikheid dat ons nie
vervolg word nie, omdat ons dissipelskap nie van die aard en kwaliteit is wat regtig die ryk van die bose bedreig nie.
Kom ons maak seker dat ons Jesus werklik toegewyd volg. En as die vervolging kom, dan is ons ook daaroor bly
(1 Petrus 4:13), want hierdie lewe is nie al wat daar is nie.
Ds Gawie Cloete Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australie – Bunbury Gemeente (E-pos: [email protected])
(Soos in sy ‘Gedagte’ uitgegee en goedgunstiglik tot Brokkies se beskikking gestel.)
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Vir nuwe lesers: So lyk en werk Aus-Brokkies…
Ter wille van die talle nuwe intekenaars wat die afgelope maande by Aus-Brokkies se adreslys gevoeg is, die volgende
agtergrond: Brokkies was vir bykans 16 jaar ‘n huishoudelike naam onder Suid-Afrikaanse en Namibiese immigrante in
Nieu-Seeland, en nou bestaan hierdie eweknie in Australië vir die afgelope paar jaar. Brokkies het dus in twee nuusblaaie
vertak: Kiwi-Brokkies en hierdie Aus-Brokkies. Lees Brokkies se geskiedenis.
Die advertensie-afdeling het al ‘n klompie adverteerders bygekry, maar daar is nog baie oop spasies. Mense wat
kleinsake in Australië bedryf en wat graag hierdie blad met ‘n borg-advertensie (teen ‘n baie billike tarief) wil ondersteun,
kan op die Bokkies-webwerf gaan lees hoe advertering werk en voorbeelde van advertensies sien.
Bemark jou gemeenskapsgeleentheid Aus-Brokkies bied die geleentheid om jou kerk- of gemeenskapsaak se spesiale geleenthede in meer diepte bekend te
stel en dit versterk jou promosies op Facebook. Afrikaanse kerke kan hul gereelde dienste GRATIS adverteer. Kyk
‘Afrikaanse Kerkdienste’ elders. Afrikaanse radiostasies, taalklasse en sosiale geleenthede soos potjiekos, braaivleise
en musiekaande kan ook gratis geadverteer word. Ook ‘Aussie-gerigte’ geleenthede waarby SA immigrante betrokke is.
Aus-Brokkies benodig jou stories of storiewenke! Watter soort stories word benodig? Mense se prestasies, interessante stokperdjies, belangstelling, aktiwiteite, of hul eie
skryfwerk is goeie materiaal. Dit kan gaan oor mense se deelname op werk-, studie-, sport-, kultuur-, sake-, kerklike of
sosiale gebied. As jy voel jy skryf nie te lekker nie, gee net die inligting deur en ons doen die res! Lees net eers ons
riglyne vir plasing van artikels by www.brokkies.net/bydraes.
Outentiek Australië…
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Vertel ons van mense se prestasies of belangstellings
Ken jy ‘n mede-immigrant vanuit SA of Namibië wat ‘n prestasie behaal het of ‘n interessante
werk, belangstelling of stokperdjie het? Of dalk het hulle iets baie interessant beleef. Onthou,
Aus-Brokkies soek altyd sulke stories om gereeld sy Afrikaanse lekker met almal te deel.
Jy kan help deur stories self te skryf; ons sal dit redigeer indien nodig. Of, jy kan net die
agtergrond deurgee met die persoon se kontakinligting sodat ek dit met hulle kan opneem. Kyk
by www.brokkies.net hoe dit werk by 'Bydraes'.
Gee jy jou Brokkies aan vir iemand?
Hier’s ‘n spesiale versoek aan alle intekenaars...
Talle lesers van die vorige Brokkies het hul kopie van die e-pos wat Brokkies se jongste uitgawe bekend stel, aan familie
en vriende elders aangestuur. Dit is goed dat hierdie proesel Afrikaans so versprei word, maar mense kan ons baie help
om ‘n beter gevoel te kry vir die werklike aantal lesers wat Brokkies weekliks bykry.
Daar is derduisende gesinne wat op Kiwi-Brokkies ingeteken is en Aus-Brokkies se adreslys groei reeds sterk. Daar is
ook talle ander, ook buite Australasië, wat dit onregstreeks ontvang. Hiermee ‘n versoek dat jy liewer hierdie skakel aan
hulle stuur sodat hulle self kan inskryf.
Kom gesels saam op Facebook in Afrikaans
Het jy al op Facebook die onlangs hernude groep ‘Afrikaans in Australia’ raakgeloop? Indien nie, maak gerus daar
‘n draai en gesels lekker met ander lede. Nooi ook jou vriende uit om by die groep aan te sluit.
Besoek ‘Afrikaans in Australia’ op Facebook
Die Brokkies-webwerf bied alles wat jy nodig het
Of jy wil inteken op Aus-Brokkies, vir die redakteur wil skryf, stories wil aanbied,‘n advertensie wil bestel of hernu, of
jou adres wil verander - alles word deur die Brokkies-webwerf gedoen. Alle uitgawes van Brokkies word op die
webwerf gehuisves vir mense wat iets soek wat in ‘n vorige uitgawe verskyn het.
Besoek Brokkies se Facebook-bladsy Brokkies het sy eie Facebook-bladsy. Die adres is https://www.facebook.com/Brokkies.Net Help ons asseblief deur
die nuwe webwerf se skakel (www.brokkies.net) aan vriende en familie te stuur. Onthou om te ‘like’ as jy dit ‘like’!
Kommunikeer so met Aus-Brokkies Vir Advertensie-riglyne, om 'n brief of ander bydrae in te stuur, om iemand in te teken of jou adres te verander, besoek www.brokkies.net. Die webwerf bevat skakels waardeur al bogenoemde funksies verrig kan word. Om op te hou om Aus-Brokkies te ontvang, besoek http://brokkies.net/skryf-in en versoek dat jou e-posadres verwyder word.
Aanspreeklikheid en Regte (Lees volledige Gebruiksvoorwaardes en Privaatheidsbeleid by brokkies.net - heel onder aan tuisblad) • Die redakteur van Aus-Brokkies aanvaar nie aanspreeklikheid vir die korrektheid, wettigheid of algemeen aanvaarbaarheid van enige nuus-of
algemene item nie. Dieselfde geld ook vir enige geplaasde advertensie of advertensie-artikel se inhoud of die belofte van ‘n produk of diens se gehalte wat in advertensies vermeld word. Enige probleme met advertensies se inhoud, dienslewering of produkgehalte moet regstreeks met die adverteerder opgeneem word, en die redakteur raak nie by daardie proses betrokke nie.
• Die redakteur behou die reg voor om enige voorgelegde bydrae (nuus of advertensie) van die hand te wys en nie te publiseer nie, sonder verstrekking van redes. Dit sluit in die reg om te enige tyd korrespondensie oor diesulke situasies eensydig te beeïndig.
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Gemeenskapsadvertensies
Terug na bo...
Trinity Uniting Church in the City (Perth) verwelkom SAnrs in die middestad
Ons kerk is geleë in die hart van Perth se middestad. Trinity gemeente het ten doel om alle Suid-Afrikaanse immigrante
te help integreer in ‘n multikulturele Australiese samelewing. Ons wil vir almal ‘n geestelike tuiste en ‘n familiegevoel
skep, waar nuwe mense ontmoet kan word.
Ons wil ook met die Evangelie ‘n verskil maak hier in die vreemde. Ons werk daarom ook nou saam met ander kerklike
denominasies soos die Katolieke Kerk, Anglikane, Baptise en Charismatiese kerke in die stad.
Ons kom weekliks byeen vir eredienste. Die laaste Sondag van die maand kom ons om 8.30vm byeen vir ‘n meer
klassieke Afrikaanse erediens. Alle preke is eietyds en sterk Woordgerig.
Ons ontvang almal graag met ope arms. Kom raak deel van ons gemeente en ontmoet mense van ander agtergronde.
Adres: 72 St Georges Tce, Perth
Kontak: Dr Herman Nienaber, 0403 219 737, [email protected]
Beplan jy emigrasie? Wonder jy wat dit kos om in Australië te woon?
As deel van mense se voorbereiding om te emigreer, vra hulle gereeld vrae rondom die tipiese lewenskostes in Australië.
Mense help graag op sosiale media, maar die prentjie is nooit volledig nie want dit is ‘n moeilike vraag om te beantwoord.
Hierdie webwerf by mag van groot hulp wees indien jy lewenskostes in verskillende stede met mekaar wil vergelyk.
Die Strandloper – Jou HARTKLOP in Afrikaans
Die Strandloper saai weekliks uit vanuit Geelong, Victoria. Ons 2 uur lange program
is vol pret en alles wat lekker is.
Ons luister elke week na nuwe en ou musiek vir jonk en oud, en ons gesels gereeld
met kunstenaars vanuit Suid Afrika en bespreek alledaagse dinge.
Wanneer Woensdae van 8nm tot 10nm (AEST)
Waar: In Victoria op 94.7 FM,
Internet www.947thepulse.com of via die Tunein App op jou slimfoon
http://tun.in/seUCT
‘Like’ DIE STRANDLOPER op Facebook en bly so op die hoogte: https://www.facebook.com/947strandloper/
Stuur jou versoeke of gesels lekker saam tydens ons program op Whatsapp 0408 555 667 of op ons Facebook blad
Epos: [email protected]
Afrikaans Sonder Grense (ASG) – Vars uit Australië!
Afrikaans Sonder Grense (ASG) is 'n 2 uur lange Afrikaanse musiek radioprogram wat
weekliks lewendig uitgesaai word uit Bundaberg, Queensland in Australie.
Wanneer : Elke Donderdag 6-8 nm (Queensland-tyd)
Waar: Via Internet by www.coralcoastradio.net.au en op radio in en om Bundaberg op 94.7 Fm.
Hoofsaaklik Afrikaanse musiek vir jonk en oud, nuusgebeure, humor en onderhoude met besoekende kunstenaars. Van tyd tot tyd kry
ons interessante Suid Afrikaners wat vir ons kom kuier in die ateljee.
'Like' ons op Facebook by Afrikaans Sonder Grense met Rochelle en word so deel van ons Afrikaanse musiekfamilie in Australië.
As jy jou e-pos met ons deel, ontvang jy altyd 'n briefie van wat in die program gaan gebeur.
Skryf vir Rochelle by [email protected]
Die e-pos in die ateljee tydens ASG is: [email protected] (stuur ons jou versoeke!)
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
australia.gov.au webwerf vir al jou inligtingsbehoeftes Australië se regering het 'n baie bruikbare inligtingswebwerf genaamd australia.gov.au. Dit vat al die staatsdepartemente se inligting
ie publiek in een webwerf saam. Hoewel jy 'n soektog deur die soekfunksie kan doen, word die volgende temas aangebied waaronder
'n mens na inligting kan soek:
• Voordele en betalings
• Omgewing
• IT en Kommunikasie
• Openbare veiligheid en die Reg
• Besigheid en Industrie
• Familie en Gemeenskap
• Werk en Werkplek
• Sekuriteit en Verdediging
• Kultuur en Kuns
• Gesondheid
• Geld en Belasting
• Vervoer en Streke
• Opvoeding en Opleiding
• Immigrasie en Visas
• Paspoorte en Reis
• A-Z van regeringsdienste
Besoek australia.gov.au
Wil jy in Gemeenskapsadvertensies adverteer? Hierdie spasie is hoofsaaklik bedoel vir Suid-Afrikaners in Australië wat hul steungroepe, sosiale groepe, klubs of Afrikaanse kerke se
spesiale geleenthede wil adverteer of bevorder. Of die funksie of projek op mede-immigrante gerig is, of ook op die breër Aussie-
gemeenskap, maak nie saak nie. Solank daar ‘n Suid-Afrikaanse konneksie is (bv omdat ‘n SAner dit vir ‘n breër gemeenskapsgroep
reël, of omdat dit op SAners gemik is) kan advertensies hier geplaas word. Dit is GRATIS om hier te adverteer. Al wat benodig word,
is die Wat (paragraaf of twee), Wanneer, Waar, Koste, Kontakbesonderhede. Besoek www.brokkies.net/adverteer
Kleinadvertensies (Persoonlik)
Terug na bo...
Wil jy jou motor of kajak verkoop, ‘n ou meubelstuk verkwansel, boeke weggee, of benodig jy ‘n geleentheid om ‘n paar
items in iemand anders se vraghouer vanuit Suid-Afrika na Australië te laat kom? Dit is maar enkele voorbeelde van die
soort advertensie wat vir bostaande Persoonlik adertensie-kategorie bedoel is. En dit is GRATIS!
Lees meer by www.brokkies.net/adverteer
Kleinadvertensies (Besigheid)
Terug na bo...
Klik op die besigheidstipe van jou keuse:
Algemeen Eiendomme te huur of te koop Professionele dienste Versekering
Akkommodasie / Tydelike verblyf Finansiële dienste Rekenaardienste SA-produkte
Ambagsmanne / Kontrakteurs Motors Skoonheid & Gesondheid
Algemeen
Terug na besigheidstipes...
1. Eksklusiewe Juwele! Ontwerp en vervaardig volgens jou smaak Ons ontwerp en vervaardig bekostigbare, eksklusiewe juwele soos verloof- en trouringe, oorbelle, hangertjies,
armbande en mansjuwele. Ons ontwerp dit volgens jou persoonlike smaak en voorkeur.
Kontak ons vandag vir 'n gratis konsultasie om jou behoeftes te bepaal.
Liana Coetsee | [email protected] | www.thediamondtree.com.au | +61 04 280 75775
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
2. Strykwerk gedoen vir jou – Mindarie / Clarkson en omgewing Strykwerk gedoen in 'n rook- en dierevrye huis, in Mindarie, Clarkson en omgewing.
Volwassenes se items: $2.00 per item Kinders (7-10 jaar): $1.50 per 2 items
Kinders (0-6 jaar): $1.50 per 3 items Skooluniforms: $1.50 per uniform
Ook beddegoed, tafeldoeke ens. Alle pryse beskikbaar op ons Facebook-bladsy
Yolandi van der Merwe, Ironmate Ironing Services, tel 0452484677, e-posadres: [email protected]
3. Hannie’s Sewing - Naaldwerk professioneel gedoen! Naaldwerk en herstelwerk professioneel en netjiese gedoen. Diploma in naaldwerk, klere-ontwerp,
patroonmanipulasies en ‘taillering’. Industriële masjien vir netjiese afwerking. Rookvrye en troeteldiervrye huis.
In Butler, Quinns Rocks, Clarkson omgewing.
Skakel vir Hannie asseblief vir ‘n afspraak en kwotasie +61 0435123365. (Het ‘n ABN nommer.)
4. Geleentheid om groente te produseer By die Lifestyle Centre in Samford / Brisbane is daar 2.5 akker met waterregte beskikbaar vir die regte persoon teen
minimale teenprestasie. Die ideale persoon moet belangstel in plaaslike voedselproduksie (‘local food growing’) met
minimale tot geen gebruik van chemiese gifstowwe. ‘n Vraag na die produk bestaan reeds.
Registreer jou belangstelling by [email protected]
5. ‘Fingerboards R’us maak ou herinneringe weer werklikheid Vingerbord ... Vingerbakatel ... Flicker-bord ☆ Uitmuntende kwaliteitborde en diens ☆ Kan jy nog onthou? Het jy
goeie kinderdae-herinneringe rondom die gesins-gunsteling? Jy kan een by jou deur afgelewer kry; bel nou vir ‘n
kwotasie! Puik vir interaksie tussen oud en jonk! Hoor weer jou gesin lag en gesels rondom die gewilde spel!
Kontak Zenobia Pretorius | 04 669 07699 | E-pos: [email protected] | www.fingerboardgame.com
Akkommodasie / Tydelike verblyf
Terug na besigheidstipes...
Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer
Ambagsmense / Kontrakteurs
Terug na besigheidstipes...
Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer
Eiendomme te huur of te koop
Terug na besigheidstipes...
Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Finansiële dienste
Terug na besigheidstipes...
1. Bookkeeping services / Boekhoudienste Ek help enige kleinsake-onderneming om die weeklikse of maandelike finansiële sleurwerk vining en effektief af te
handel. My dienste sluit in: Inlees van data, finansiële varslagdoening, payroll, voorbereiding van BAS.
Ek is geleë in Redlands, Queensland
Sarah Baumbach | Kalos Bookkeeping | Tel: 0490 315 723 | E-pos: [email protected]
2. Is jy bekommerd oor jou geld wat nog in SA is? Rand Rescue is ‘n plaaslike maatskappy wat Suid Afrikaners voorsien van praktiese en koste-effektiewe maniere om
hulle Rande te “Rescue”! Ons spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele
en erfgeld. Ons doen ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank en kan jou help met jou SARS belasting
uitklarings. Kontak Reeva Cutting: 02 9098 0380 / 0448 609 061 / www.randrescue.com of Henrico +64 21 2655 066
3. Huislenings – die makliker uitweg Gideon Kirsten van Loan Market onderhandel met banke namens jou vir jou huislening, besigheidslening, herfinansiering,
ens. Hy lewer professionele advies, bied jou keuses aan en hy lewer ‘n persoonlike diens.
Skakel 0411 236 620 | vonkpos [email protected] | ( Australian Credit License # 390222).
Motors
Terug na besigheidstipes...
Besit jy ‘n motorwerktuigkundige besigheid? Hierdie ruimte is GRATIS beskikbaar. Meer by www.brokkies.net/adverteer
Professionele dienste
Terug na besigheidstipes...
1. Leiding met Loopbaan-, Studie- en Vakkeuses Potential Profiling help jou kind ‘n loopbaan kies wat sy/haar brein se natuurlike denkvoorkeure pas. Verhoed
teleurstelling, frustrasie, tydmors, demotivering, konflik, onderprestasie en studieskuld-las eie aan verkeerde
beroepskeuses. Vir ‘n unieke loopbaanleidings-diens, skryf vir Martin Hefer by [email protected]
2. Oorweeg jy om na Nieu-Seeland te verhuis? Indien jy oorweeg om Australië vir Nieu-Seeland te verruil, kontak ons gerus vir bystand en advies. Ons netwerk kom een
keer per maand in Auckland bymekaar om nuwe immigrante by te staan met advies en netwerkgeleenthede.
Besoek ons webtuiste by www.networkfinancialservices.co.nz of kontak Eugene by
[email protected] of +64 22 276 0082
3. Regsadvies vir Suid-Afrikaanse Aussies – MiGrate Lawyers Met kantore in beide Suid-Afrika en Australië, en Afrikaanssprekende prokureurs wat steeds in beide lande op die rol
is, kan ons help met alles van huiskoop (in Queensland), visas, boedelbeplanning, oprigting van maatskappye en trusts
en testamente wat oor beide jurisdiksies sal strek - veral as jy nog belange in Suid-Afrika het.
Alex Pretorius | Tel 07 4154 5500 | E-pos: [email protected] | Web: www.migratelawyers.com
Tipiese adverteerders in bogaande seksie sluit ook in prokureurs, dokters, tandartse, immigrasie-adviseurs, ens. Jy kan
tans gratis adverteer. Besoek www.brokkies.net vir meer inligting.
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Rekenaardienste
Terug na besigheidstipes...
Of jy rekenaars herstel, bou of verkoop – of dienste soos programmering of webontwerp doen, hierdie afdeling is vir jou.
Jy kan tans gratis in hierdie advertensieruimte adverteer met geen verpligting later nie. Kyk www.brokkies.net/adverteer
Skoonheid & Gesondheid
Terug na besigheidstipes...
1. SOLAL* nou in Australië beskikbaar! SOLAL is ‘n uitgebreide verskeidenheid van gesondheid- en welstandprodukte met innoverende en doeltreffende
voedingsaanvullings wat geformuleer is om jou te help om die onderliggende oorsake van gesondheidsprobleme meer
natuurlik aan te spreek.
Kontak ons per epos by [email protected] of KOOP AANLYN by www.theskinworx.com
Versekering
Terug na besigheidstipes...
1. Is jy nuut in Australië? Ons help nuwe immigrante oor die laaste 15 jaar met hulle:
• Lewensversekering
• Pensioenfondse (Superannuation)
• Aftreebeplanning
Kontak ons vir vriendelike en professionele dienste.
Marius De Lange | Nautilus Financial Planning | Tel 04 025 77 374 | E-pos [email protected]
SA-produkte
Terug na besigheidstipes...
1. Biltong en boerewors – nou ook AANLYN beskikbaar! Mis jy jou biltong, boerewors, droë wors, Ouma-beskuit, Beacon-lekkergoed, Pronutro of ‘kriem soda’?
Snuffel dan na hartelus deur ons nuwe aanlynwinkel vir lekkernye wat uit Suid-Afrika ingevoer is. Ons het ook ‘n wye
reeks nie-kos produkte soos potjies, braairoosters, braaitange en vele meer…
BILTONG & BOEREWORS | Tel 028 678 6014 | E-pos [email protected] | www.biltongandboerewors.com.au
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
Werksgeleenthede
Terug na bo...
Geleentheid om groente te produseer By die Lifestyle Centre in Samford / Brisbane is daar 2.5 akker met waterregte beskikbaar vir die regte persoon teen
minimale teenprestasie. Die ideale persoon moet belangstel in plaaslike voedselproduksie (‘local food growing’) met
minimale tot geen gebruik van chemiese gifstowwe. ‘n Vraag na die produk bestaan reeds.
Registreer jou belangstelling by [email protected]
_______________________________________________________________________________________________
Hierdie ruimte is beskikbaar vir advertensies van vakatures; en in die meeste gevalle word hulle GRATIS geplaas
om ons immigrantegemeenskap te ondersteun.
Doen navraag by die redakteur by www.brokkies.net deur die skakel 'Kontak' en hy sal meer riglyne verskaf.
________________________________________________________________________________________________
Afrikaanse kerkdienste
Terug na bo...
Afrikaanse kerkdienste in Australië
Terug na bo...
1. BUNBURY – Gereformeerde Evangeliese Kerk Eredienste elke Sondag om 9vm in Afrikaans.
Adres: RSL Saal, 19 Spencer straat, Bunbury.
Kontak ds Gawie Cloete by 0420481965 of 08-97951125 vir meer inligting.
2. PERTH - Eredienste in Suide van Perth op 3 plekke: Deo Gloria Community Church
Afrikaanse diens in Leeming
Ons het elke Sondag om 9vm ’n diens in Afrikaans by Livingston Seventh Day Adventist Church, Nicholson Rd, Canning
Vale, waar ds Gerhard Bredenkamp die voltydse leraar is.
Daar is ook in een van die ander lokale ‘n erediens vir Engelssprekendes om 9vm elke Sondag. Ds Dirk de Swardt bied
die dienste aan. Dirk is ook die voltydse leraar vir ons hoërskooljeug en jong werkendes.
Afrikaanse diens in Secret Harbour
Terselfdertyd vergader ons elke Sondag om 9vm ook in Afrikaans te Secret Harbour Community Centre, Oasis Drive,
Secret Harbour, waar ds Peet Grobbelaar die voltydse leraar is.
Engelse diens in Mandurah
Vir Suid-Afrikaners en ander Engelssprekendes wat dalk in Engels bedien wil word, het ons ’n gemeente in Mandurah,
wat op Sondag om 9.30vm te Foundation Christian College, Multi-Purpose Hall Valentine Drive, Greenfields
bymekaarkom. Ds Johan de Swardt is die voltydse leraar.
Besoek ons webwerf by www.deogloria.org.au of volg ons direkte uitsendings by http://deogloria.sermon.net/main
Kontak ds Peet by 0415 680 930, ds Gerhard by 0450 467 557 of ds Johan by 0417 981 614 of ds Dirk by 0481 331
138 veral vir jeug-verwante aangeleenthede.
3. WES-AUSTRALIë – Eredienste op die PLATTELAND van WA: Outreach WA in samewerking met die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië
Eredienste word gereeld op rotasiebasis in Afrikaans gehou by die volgende dorpe: Esperance, Albany, Katanning,
Brookton, Northam en Hyden. Daar word gewoonlik na die diens saam ge-eet en gekuier.
Vir meer inligting en ook vir die reël van ‘n pastorale besoek, kontak ds Gawie van der Merwe (woonagtig in Perth) op
selfoon 0415846599 of e-pos na [email protected]
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020
4. WES-AUSTRALIë - Eredienste op Geraldton: Living Word (GEKA) Elke Sondag om 9vm in die SDA Kerk, 8 Milford Street, Geraldton. Die leraar is dr Tienie Bekker. Na die diens word daar
lekker saamgekuier oor ‘n koppie koffie/tee. (Indien Engelse mense in die erediens is, vind die diens in Engels plaas.)
Skakel Tienie by 0458 976 007 of e-pos na [email protected] meer inligting of besoek ons webwerf:
http://www.livingwordgeraldton.com.au/
5. PERTH - Lux Mundi Gereformeerde Evangeliese Kerk Sondae om 9.vm te Mater Dei College, 107 Treetop Ave, Edgewater.
Elke Sondag word 'n Afrikaanse en 'n Engelse erediens in verskillende lokale aangebied.
Kontakpersone:
Vir die Afrikaanse bediening: Ds James Walters, 0424824897 / [email protected]
Vir die Engelse bediening: Ds Wayne Becker 0430782377 / [email protected]
Vir algemene inligting, kontak gerus die kerkkantoor by [email protected]
Landswye dagboek
Terug na bo...
Dagboek: Melbourne
Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/melbourne-inner-city vir aktiwiteite.
Dagboek: PERTH
Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/perth vir aktiwiteite.
Dagboek: Sydney
Besoek http://www.sydney.com/nz/events vir aktiwiteite.
Dagboek: Canberra
Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/canberra vir aktiwiteite.
Dagboek: Brisbane
Besoek http://www.queensland.com/en-AU vir aktiwiteite.
Dagboek: Adelaide
Besoek http://goo.gl/SkxjJ7 vir aktiwiteite.
Laat weet maar van ander stede of dorpe se ‘event’ inligting, by [email protected]
Riglyne vir adverteerders
Terug na bo...
Lees Aus-Brokkies se advertensieriglyne by www.brokkies.net/adverteer,
Kanselleer intekening / UNSUBSCRIBE
Terug na bo...
Om Aus-Brokkies te kanselleer, doen dit by http://brokkies.net/skryf-in of doen dit vanuit jou weeklikse subskripsie e-pos.
To unsubscribe email [email protected] with subject ‘Unsubscribe'. Provide your old email address in the body.