Upload
others
View
6
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Psalm 93
Die HERE regeer!
Februarie 2013
Ps-vooraf 29: 1, 5 (sittende)
Ontmoetingsdiens.
Votum.
“Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan
kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”
Amen
Seëngroet
Gemeente van ons Here Jesus:
“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,
en die Here Jesus Christus
deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”
Amen.
Lofprysing – Ps 47: 1, 3, 4
Geloofsbelydenis
Verootmoediging en Versoeningsdiens.
Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.
Psalm na die wet – Ps 90: 4, 5, 6
2
Gebed om skuldbelydenis en verligting.
3
Psalm na gebed – Ps 90: 7, 8, 9
Woorddiens.
Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Ps 93
Psalm as antwoord op die Woord
na verklaring en toepassing – Ps 46: 2, 3
Ons Fokus op die hele psalm
Skrifverklaring
Inleiding
Geliefdes by Ps 93 kom ons by ‘n groep Psalms
wat ons die koningspsalms kan noem.1
Opmerking
Hulle strek van Ps 93-99.
Ps 94 wyk effens af van die breë koning-tema.2
Maar vir die res is dit die groot saak in Ps 93-99.
Ons het hier te doen met koningspsalms.
En hierdie koningspsalms proklameer ‘n baie belangrike waarheid.
Die waarheid dat die HERE dat Jahwe Koning is
en absoluut soewerein oor alles regeer.3
Opmerking
En as die HERE wil
gaan ons deur die loop van die jaar by hierdie koningspsalms stilstaan
om meer te leer oor die HERE en sy soewereine Koningskap.
1 Vgl Waltke, An OT theology bl 886; Belcher, The Messiah and the Psalms, bl 47; Dillard&Longman, An Introduction of the OT, bl 224.
2 Vgl Kidner se Ps komm bl 337
3 Vgl Belcher, The Messiah and the Psalms, bl 47; Dillard&Longman, An Introduction of the OT, bl 224
4
Maar goed kom ons begin dan vandag by Ps 93
wat die wonder uit basuin:
“Die HERE is Koning” ... Of: ‘Die HERE regeer as Koning’.4
So vertel vers 1.
En dit gaan ook ons tema wees:
Die HERE regeer as Koning!
En dan vertel die res van Ps 93
dat die HERE as Koning soewerein regeer
• in die skepping en met sy skeppingsorde so vertel vers 1-2• in die geskiedenis en oënskynlike wanorde so vertel vers 3-4.• En hierdie regering word sigbaar in die gawe van Wet en Tempel
so leer ons uit vers 5.
**************
A. Die Tema
Maar voor dit kom ons staan net eers stil by die Tema self.
By die feit dat die HERE Koning is en soewerein regeer.
En vers 1 vertel daarvan as’it sê:
“Die HERE is Koning.” Of: ‘die HERE regeer as Koning’.
Verduidelik
En hierdie woorde praat van ‘n toestand
wat onveranderlik bestaan.5
Want as vers 1 sê: Die HERE is Koning dan beteken’it
• dat die HERE in die verlede as Koning geregeer het,
4 In die Qal het מלך die betekenis van ‘Hy regeer as Koning’ of ‘Hy is Koning’ of ‘Hy doen die werk van ‘n Koning’ (NIDOTTE vol 2 bl 957; TWOT vol 1 bl 507; Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 423).
5 die Qal perf ww is hier statief en het daarom ‘n hede betekenis (A Grammer of Biblical Hebrw bl 329,331). Die betekenis is dus nie: ‘die HERE was Koning nie’. Nee, dit is: ‘die HERE is nou in die hede Koning’ – so was dit gister en so sal dit more ook wees (BHNG bl 110).
5
• dat Hy nou in die hede as Koning regeer • en dat dit in die toekoms ook so sal wees.
Ja die HERE regeer ewig. Hy is die Een van Openb 1:8
“wat is en wat was en wat kom.”
**************
En as die HERE as Koning ewig regeer
dan regeer die HERE die absoluut soewerein.
Verduidelik
Daar’s maw niks bo die HERE nie.
Geen mens geen skepsel geen wet nie.
Nee! Die HERE is bo alles.
Hy is die wet en die enigste wetgewer.
Alle mag en gesag is in Hom en van-uit Hom.6
Wat Hy wil dit doen Hy.7 En niks keer Hom nie.
Geen Satan geen demoon geen mens nie!
Daarom dat ons verder aan in vers 1 hoor:
“(die HERE) is met hoogheid bekleed.
Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord.”
Verduidelik
En op hierdie pragtige digterlike manier
van om te praat van die HERE se koninklike ampsdrag
wys die Heilige Gees in vers 1 op twee eienskappe van die HERE
6 Om as Koning te heers beteken dat mag en gesag in die Koning setel en dat alles geskied volgens sy wil ... en dat Hy sy wil toepas en uitvoer (TWOT vol 1 bl 508).
7 Soos ons hoor in Ps 115:3 en Ps 135:6. Die HERE is die Een “wat alles werk volgens die raad van sy wil.” So leer Paulus ons in Efes 1:11.
6
waarmee Hy sy soewereine regering uitoefen.8
Ja die HERE het sterkte of mag.9
Juis daarom is Hy die God met hoogheid soos vers 1 vertel.
Verduidelik
Die HERE is soos ‘n almagtige tsunami-golf
wat in hoogheid oprys en oprys en net aanhou oprys.
En sy vyande onkeerbaar verwoes.10
**************
Ja die HERE is in hoogheid. Hy het mag in oneindigheid.
Daarom kan die HERE soewerein as Koning regeer.
Sy wil kan Hy laat geskied. Niks kan dit keer nie.
En onder hierdie werklikheid moet die mens buig.
Dis die waarheid wat Ps 93:1 proklameer.
Toepassing11
Maar deur die eeue haat die sondige mens hierdie waarheid.
Want van nature is ons besig
met daardie ou-ou sonde van Gen 3:5.
Daardie sonde van om-soos-God-te-wil-wees die grootste.
het in poëtiese boeke ‘n metaforiese of figuurlike betekenis wat kwaliteite/attribute met לבש 8spesifieke kleding beskryf (NIDOTTE vol 2 bl 757; TWOT vol 1 bl 469).
9 Wanneer die HERE Hom omgord met mag (עז), dan sê dit hoe die HERE as Koning regeer – dit is met mag (NIDOTTE vol 3 bl 373).
verwys na die HERE se oprysende mag – soos ‘n golf van die see – waarmee Hy in die גאות 10geskiedenis in die skepping oorwin oor sy vyande en sy volk verlos (NIDOTTE vol 1 bl 787; TWOT vol 1 bl 143). Moses vertel ons meer oor hierdie hoogheid van die HERE in sterkte en mag ... in Eks 15 net nadat die HERE die Rooisee gekloof het ... en Israel op droë grond daardeur gelei het ... en die hele Egiptiese weermag daarin verdrink het. Ja ... dis dan dat Moses in Eks 15:1 vertel van die HERE wat “hoog verhewe is. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.” En in Eks 15:7 sê Moses: “in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan ...” (Vgl NIDOTTE vol 1 bl 787; TWOT vol 1 bl 143)
11 Vgl Pink, The attrubutes of God, bl 35, 41
7
En dan haat ons die waarheid
dat die HERE soewerein as Koning oor alles regeer.
Ook oor my.
Voorbeelde12
• Ja ek sal God nog bewonder in sy skepping. • Ons hou ook baie van die HERE se genade onbeskryflik groot. • En die HERE se liefde daaroor kan ons baie praat en baie sing.
Maar van die soewereine God op sy ewige Koninklike troon
wat alles bepaal en regeer
en vir Moses in Eks 33:19 sê:
“Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees,
en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm”
en van Wie ons in Rom 9:18 hoor
dat “... Hy ... barmhartig is oor wie Hy wil
en Hy verhard wie Hy wil”
van so ‘n God wil die natuurlike-sondige-mens niks weet nie.
***************
Maar tog vir die HERE se ware uitverkore-gelowige-kerk
is hierdie waarheid ‘n wonderlike troos.13
Verduidelik
Want in Ps 93:1 hoor ons:
“Die HERE is Koning” ... Jahwe regeer soewerein!
Jahwe ... die onveranderlike God van die genade-verbond.14
12 Vgl Berkhof, Systematic theology, bl 175
13 Vgl Pink, The attrubutes of God, bl 41
14 Vgl Vos, Biblical theology, bl 118-119
8
Die God wat in Gen 3:15 dit beloof het.
En daarom in die volheid van die tyd sy Seun stuur
om sy uitverkore-kerk van ons sondes te verlos.15
En ook die Gees van sy Seun stuur.16
En deur die Gees geloof in ons opwek17
• sodat ons vir Jesus kan aanneem en sy kinders kan word.18 • Sodat ons vir almagtige soewereine Koning Jahwe ... Vader ... kan
sê.
Terwyl ons weet
dat sy soewereine regering
alles vir ons ten goede sal laat mee werk.
*************
B. Die inhoud van Ps 93
Sodat ons dan met blydskap en gewilligheid
vanuit die res van Ps 93
meer wil leer oor ons soewereine God se Koningsheerskappy
• in die skepping en skeppingsorde• in die geskiedenis en oënskynlike wanorde• En hoe sy regering sigbaar word in die gawe van Wet en Tempel.
Opmerking
So kom ons fokus nou op hierdie drie waarhede
sodat ons meer kan leer
oor ons God en sy soewereine Koningsheerskappy.
1. En ons begin by die HERE se regering
in die skepping en met sy skeppingsorde.
15 Gal 4:4; Mat 1:21
16 Gal 4:6
17 2Kor 4:13
18 Joh 1:12-13
9
En hiervan vertel vers 1:
“Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed ...
Hy het Hom met sterkte gegord.
Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie.” 19
En in hierdie laaste woorde hoor ons
van die HERE se soewereine regering
in die skepping en met sy skeppingsorde.
Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie.
Verduidelik20
En nou’sie woordjie ook belangrik.
Dis’ie Hebreeuse woord אף.
En dis ‘n woord met baie sterk klem.
Dis asof die Heilige Gees vir ons met אף
met hierdie ook wil sê:
‘Die HERE is Koning En let nou goed op:
Onlosmaaklik verbind aan die HERE se soewereine regering
is dat die wêreld vasstaan, dit sal nie wankel nie.’
Gevolgtrek
So die wêreld wat onwankelbaar vasstaan
het net mooi alles te doen met:
‘die HERE regeer as soewereine Koning.’
19 Ek haal die ‘sodat’ uit. Omdat dit nie in die Hebreeuse teks staan nie. Vgl bv die Statevertaling: “Ook is de wereld bevestigd, zij zal niet wankelen.”
wys met klem vir my hier baie duidelik dat 1e-f by die voorafgaande hoort (1b-d) אף 20(BHNG bl 255). Dus: ‘a Die HERE heers as Koning, b Majesteit het Hy aangetrek, c die HERE het aangetrek, d met mag het Hy Homself omgord. e En iets wat net absoluut onlosmaaklik hiermee saam gaan is dat ...’ Dus, onlosmaaklik verbonde aan die HERE se Koningsheerskappy is dit wat genoem word in 1e-f .
10
Ja in sy soewereine regering
laat die HERE die wêreld onwankelbaar vasstaan.
‘n Onwankelbare wêreld is die wonderlike gevolg
van die HERE se soewereine almagtige regering.
***************
Maar wat het dit te doen met skepping en skeppingsorde?
Wel dit kom ons agter
wanneer ons let op die betekenis van die woorde:
‘vasstaan’ en ‘nie-wankel-nie’.
Verduidelik
Want in die Hebreeus het die woord ‘vasstaan’
ook die betekenis van ontstaan.21
So as vers 1 sê:
“Ook staan die wêreld vas ...”
dan beteken’it dat onlosmaaklik verbind
aan die HERE se soewereine regering
is ook die ontstaan van die wêreld
of die skepping van die wêreld.
Skrif met Skrif
En doen ons Skrif met Skrif vergelyking
sien ons’it so skitterend bv in Ps 104:6-9 wat vertel
dat in die skepping
“... die waters bo-oor die berge gestaan het (Gen 1:2).
Vir u dreiging het hulle gevlug,
vir die stem van u donder het hulle weggeskrik—
21 Ek het in ּו ן ּכ te doen met tot stand bringing en permanensie (NIDOTTE vol 2 bl 616, vol 4 bl 273; TWOT vol 1 bl 433). Dus, iets wat net absoluut onlosmaaklik verbonde is aan die heerskappy van die HERE is dat die תבל tot stand gekom het en dat dit stabiel en permanent is. Ja, met die HERE as Heerser ontstaan die תבל en staan die תבל vas.
11
berge het opgerys, laagtes het weggesak—
na die plek wat U vir hulle reggemaak het.
‘n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie;
hulle mag die aarde nie weer oordek nie.”
Hoor u
hoe die HERE soewerein
koninklik
regerend
die wêreld skep?
**************
Ja die HERE regeer in die skepping van die wêreld.
Want Ps 93:1 sê:
“Ook staan die wêreld vas ...”
Maar nou sê vers 1 meer:
“Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie.”
... dit sal nie wankel nie.
Verduidelik22
En net hier hoor ons
dat die HERE nie net regeer in die skepping nie.
Nee die HERE regeer ook met sy skeppingsorde
wat Hy in die wêreld gee.
Ja die HERE gee orde.
Daarom staan die wêreld vas ... dit sal nie wankel nie.
22 Vgl Berkhof, Christus de zin der geschiedenis, bl 38
12
Skrif met Skrif23
En ons sien hierdie orde van die HERE so wonderlik
as ons deur Genesis 1-2 lees.
• Die HERE gee die orde van dag en nag. ‘n Werksdag en ‘n rus-nag.
• Die HERE gee die orde van droë-grond om op te leef En die see waar die visse in is.
• Die HERE gee sy natuurwette in die natuur.
• Die HERE gee tydsorde met son en maan
sodat daar maande en jare kan wees.
• Die HERE gee die werksweek-ordevan ses dae werk en een dag Sabbat.
• Die HERE gee die huwelik en die huweliksordewaar die man die liefdevolle hoof isen sy vrou as maat en hulp.
• Die HERE gee die orde van vrugbaar wees en kinders krysodat die HERE se uitverkorenes gebore kan word.
• Die HERE gee die orde van die mens wat as konings heers oor die aardemaar steeds onder die HERE as Opper-Koning staan.
• Die HERE gee die orde van die mens wat die wêreld moet uitbou opbou en bewaar tot eer van die HERE.24
Gevolgtrek
So sien u hoe die HERE regeer
23 Vgl Robertson, The Christ of the covenants, bl 67 vv
24 Vgl Berkhof, Systematic theology bl 175-176
13
in die skepping en met sy skeppingsorde?
Die HERE laat die wêreld ontstaan.
En dan laat die HERE die wêreld ook onwankelbaar vasstaan.
Want Hy gee sy skeppingsorde.
Ja ... “Die HERE is Koning ...
Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie.”
************
En dan sê vers 2:
“Vas staan u troon (of u soewereine regering25) van ouds af;
van ewigheid af is U.”
Verduidelik
En dit alles sê net weereens
dat skepping en skeppingsorde onlosmaaklik verbind is
aan die HERE se soewereine regering.
Want die HERE is ewig.
En sy regeer troon is ewig.
Dit was al daar voor die skepping.26
Dis wat vers 2 vir ons sê.
En juis daarom
25 Iemand wat op ‘n troon (כסא) sit is in ‘n posisie van eer en verhewenheid – 1Sam 2:8; Jes 22:23; Jer 17:12 (NIDOTTE vol 2 bl 672). Dis ‘n simbool van heersers-gesag/ Koningsheerskappy – 2Sam 3:10; 1Kon 1:13,30,35 (NIDOTTE vol 2 bl 672,673; Calvyn se Ps komm vol 4 bl 7; Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 425).
se ‘van lankal af’ kyk terug tot voor die skepping; dus, op ‘n tyd nog voor die heelal מאז 26geskep en stabiel gemaak is – vgl ook Spr 8:22 (TWOT vol 1 bl 27). עולם + מ ן het die betekenis van ‘vanaf die ou-ou tye’. Omdat dit hier ‘n predikaat by ‘die HERE’ is, is hierdie ‘vanaf die ou-ou tye’ ‘n verwysing na die ewigheid, nog voor die skepping (NIDOTTE vol 3 bl 346-347). Die HERE staan dus bo die tyd. Hy is Skepper van die tyd ... En daarom ewig (Reformation study Bible bl 820; Heyns, Dogmatiek, bl 62).
14
omdat die HERE ‘n ewige Koning is
kon die HERE as soewereine almagtige Koning regerend skep
en ‘n skeppingsorde gee
sodat alles onwankelbaar vasstaan.
Toepassing
Is is’it nie wonderlik nie geliefdes! Dit is!
Dit is die rede
waarom ons God aanbid en verheerlik en gedien moet word.
En laat ons dit dan tog doen!
Ja die HERE is ewig Koning.
“Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie.”
Ja Jahwe regeer in die skepping en in skeppingsorde.
En dis so wonderlik goed.
Oorgang
Maar nie vir almal nie.
Nie vir’ie goddeloses die natuurlike sondige wêreld-mens
in opstand teen die HERE die chaosmagte nie.
Hulle haat die HERE.
Hulle haat sy soewereine regering.
Hulle haat sy skeppingsorde.
Deur die geskiedenis is hulle daarop uit
om die HERE se skeppingsorde
15
om te keer en in wanorde te verander.27
2. En dit bring die tweede punt
wat gaan oor die HERE se soewereine regering
in die geskiedenis en oënskynlike wanorde.
En van die oënskynlike wanorde hoor ons as vers 3 sê:
“Die riviere, o HERE, het verhef,
die riviere het hulle gebruis verhef;
die riviere verhef hulle geraas!”
En as vers 4 praat
van “die gebruis van groot, geweldige waters,
van die golwe van die see”.
Verduidelik28
En wat ons dadelik hier moet raaksien
is hoe Ps 93:3-4 verskil
van wat ons netnou in Ps 104:6-9 gehoor het.
Ja die HERE as ewige Koning
het soewerein regerend in die skepping die waters laat “vlug.
(En) vir die stem van (die HERE se) donder het hulle weggeskrik ...”
In sy skeppingsorde het die HERE “‘n Grens ... gestel
waar hulle nie oor mag gaan nie ...”
27 In 3a-b staan אׂשא אׂשא in die Qal perf. In 3c staan נ ?in Qal imperf. Wat moet ek hiermee maak נDit kan wees dat die Psalm-digter wys op ‘n toestand/handeling in die verlede en in die toekoms (BHNG bl 109-112; Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 426). Dit kan wees dat die Psalm-digter wys op ‘n toestand/handeling in die verlede begin het (BHNG bl 109-110) en wat in die hede voortduur (BHNG bl 112) – vgl ook K&D se Ps komm bl 76; so ook OAV, ESV, State vertaling. Ek kies vir laas genoemde.
28 Vgl Berkhof, Christus de zin der geschiedenis, bl 38
16
Maar nou in vers 3-4 van Ps 93
is daar riviere wat hulle verhef
en die gebruis van groot, geweldige waters,
van die golwe van die see is in opstand teen die HERE se
skeppingsorde.
Riviere en groot geweldige waters bedreig die ordelike lewensruimte
wat die HERE regerend geskep het.
Hulle wil die HERE se skeppingsorde om keer.
************
Verduidelik29
En nou kan ons hierdie riviere en waters en branders
gewoon letterlik verstaan.
Dink maar bv aan Mark 4:37
waar die dissipels en Jesus op die vissers-skuit is
en die groot en geweldige golwe dan dreig
om die vissers-skuit te laat sink.
Ja daardie geweldige lewensbedreigende golwe
is nie deel van die HERE se goeie skeppingsorde nie.
Dit dreig om wanorde te veroorsaak.30
************
Maar dis beslis nie die enigste betekenis
wat hierdie riviere en waters en branders in Ps 93:3-4 het nie.
Verduidelik
En hoekom sê ons so?
Wel omdat die Skrif-self dit wys.
29 Vgl Boice se Ps komm vol 2 bl 764; Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 426.
30 Vgl Edwards se Mark komm bl 150.
17
Wanneer ons Skrif met Skrif vergelyk sien ons
dat vers 3 se riviere baie maal ‘n simbool is
van volke en kulture in opstand teen die HERE.31
Bewys
In Jes 8:7 bv hoor ons
van “die sterk en magtige waters van die Eufraat(rivier)
die (godelose) koning van Assur ...
en hy sal bo al sy beddings styg en gaan oor al sy walle.”
En in Jer 46:8 hoor ons:
“Egipte rys op soos die Nyl en sy waters klots soos strome;
en hy sê:
Ek sal optrek, die aarde oordek,
ek wil die stad verwoes en die wat daarin woon.”
Gevolgtrek
So beslis word goddelose volke en kulture
soos die Assiriërs en die Egiptenare vergelyk met riviere.
Die Eufraat en die Nyl.
*************
En kom ons by vers 4 se “gebruis van groot, geweldige waters,
(en) die golwe van die see” sien ons dit weer.
Die res van die Skrif wys
dat dit ‘n simbool is van goddelose volke
‘n goddelose wêreldmensdom en goddelose wêreldmaghebbers
31 In die Psalms word נהר – rivier – figuurlik gebruik. נהרות is dus heel waarskynlik ‘n simbool vir iets anders (TWOT vol 2 bl 560; NIDOTTE vol 3 bl 46). נהרות word baie maal gebruik as metafore vir die Egiptiese en Mesopotamiese kulture/volke, en baie maal alle heidense volke, in opstand teen die HERE en vyandiggesind teen sy volk (NIDOTTE vol 4 bl 1152; Berkhof, Christus de zin der geschiedenis bl 38; K&D se Ps komm bl 75-76; Boice se Ps komm vol 2 bl 764-765).
18
wat uit hierdie goddelose mensdom voortkom.32
Bewys/Openbaringshistories
In Jes 17:12 praat die HERE oor goddelose volke.33
En dan praat Hy van “die gebruis van baie volke
soos die gebruis van die see, so bruis hulle!
En die gedruis van nasies
soos die gedruis van geweldige waters,
so maak hulle gedruis!”
In Jes 57:20 sê die HERE:
“die goddelose is soos ‘n onstuimige see.”
In Jer 6:23 praat die HERE weereens oor ‘n goddelose volk.34
En dan sê die HERE:
“Boog en lans hanteer hulle;
hulle is wreed en sonder barmhartigheid;
hulle stem bruis soos die see ...”
Kom ons in die NT
is die apostel Johannes in Openb 17:1 aan die woord
en dan praat hy “van die groot hoer
(wat ‘n simbool is van ‘n goddelose wêreld-kultuur35)
wat op die baie waters sit” wat hy in ‘n gesig gesien het.
En in Openb 17:15 praat ‘n engel met die apostel
בׁשברי־ים 32 is die massiewe golwe en branders van die see wat mens heeltemal oorweldig. Dit מkan ‘n letterlike (Jona 2:4) of figuurlike betekenis hê (NIDOTTE vol 4 bl 39). ים by בׁשברי־ים מwys ook op die opstandige ‘geraas’ van volke teen die HERE (NIDOTTE vol 2 bl 464-465, 932).
33 Vgl Reformation study Bible bl 975
34 Jer 6:22
35 Vgl Reformation study Bible bl 1865.
19
en dan sê die engel:
“Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit,
is volke en menigtes en nasies en tale.”
**************
En dis hierdie riviere hierdie magtige waters hierdie branders van
die see
wat simbolies is van die goddelose wêreld-mensdom
wat deur die eeue in opstand is teen die HERE
en die HERE se soewereine regering
en die HERE se skeppingsorde.
Maak toepassing uit Peter Jones se boek capturing the pagan mind –
hfst 1-4.
Hulle wil dit omkeer in wanorde.
Ja “Die riviere, o HERE, het verhef,
die riviere het hulle gebruis verhef;
die riviere verhef hulle geraas!” So sê Ps 93:3 dit.
**************
Maar weet u:
Binne in hierdie opstand.
Binne in hierdie veragting
van die HERE en sy soewereine regering.
Binne in hierdie veragting
van die HERE en sy skeppingsorde.
Binne in hierdie oënskynlike wanorde
regeer die HERE in almag.
Bewys
Want vers 4 sê:
“Meer as die gebruis van groot, geweldige waters,
van die golwe van die see, 20
is die HERE geweldig in die hoogte!”
Daarom dat die apostel Johannes een maal ‘n gesig kon hê
oor die HERE se soewereine oorwinnende regering
oor hierdie chaos-magte.36
En toe in Openb 21:1 kon skryf:
“En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien ...
en die see was daar nie meer nie.”
Wat ‘n wonder geliefdes!
Wat ‘n wonder hierdie waarheid
van die-HERE-is-Koning soewerein in almag vir ewig oorwinnend.
Ja hierom moet ons Hom aanbid!
Hierom moet ons Hom loof en prys!
3. En dan moet ons lof nog hoër rys
as vers 5 wys
hoe hierdie oorwinnende soewereine regering van die HERE
in die geskiedenis tussen al wanorde sigbaar word
in die HERE se gawe van sy Wet en sy Tempel.
Dis ons derde punt.
I Ja in die geskiedenis in hierdie oënskynlike wanorde
word die HERE se regering skitterend sigbaar.
En vers 5 vertel meer hieroor as’it sê:
“U getuienisse is baie betroubaar.”
36 Vgl Prof Jorrie se klas aantekeninge oor Openbaring.
21
Verduidelik
Nou die getuienisse van die HERE is die HERE se wette
wat Hy vir sy kerk gee.37
Bewys
En dat vers 5 se getuienisse die HERE se wette is
leer ons bv uit Ps 19:8 en Ps 119:14 en vers 88 en vers 129.
En in Eks 31:18 hoor ons
van “die twee tafels van die Getuienis ... tafels van klip,
beskrywe met die vinger van God.” 38
So dis duidelik.
Die getuienisse van vers 5 is die HERE se wette.
**************
En hierdie wette van die HERE is baie betroubaar.
Vertel vers 5.
Ons kan ook sê:
dis baie vas baie seker dit verander nie.39
Verduidelik/Toepassing
En weet u:
So met die HERE se gawe van sy wette aan sy kerk
word die ware gelowige-kerk die plek
waar die werklikheid
van die HERE se soewereine regering deur sy wet skitter.
37 In die Psalms het עדתיך veral die betekenis van ‘die wette van U’ wat Israel moet uitleef – bv Ps 19:8; 119:14, 88, 129, 157 (NIDOTTE vol 3 bl 329; Boice se Ps komm vol 2 bl 765).
38 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 329; TWOT vol 2 bl 649
39 Die basiese betekenis van אמ ן is vastheid en sekerheid (TWOT vol 1 bl 51). Die Nifal van אמ ן het dan die betekenis van stabiel/ betroubaar (TWOT vol 1 bl 52).
22
Met die HERE se wette in ons
word die ware gelowige-kerk die plek
waar mense weer leef
soos die HERE dit in sy skeppingsorde bedoel het.
Want die HERE se wet
bring ons weer by sy skeppingsorde uit.
Ja met die HERE se wette in ons
word die ware gelowige-kerk in ‘n wêreld vol wanorde
‘n getuie van die HERE se goeie regering en skeppingsorde.
*************
II Maar dis’ie al wat vers 5 sê nie.
Want vers 5 praat verder Dit sê:
“U getuienisse is baie betroubaar.
Heiligheid pas by u huis (of Tempel) ...”
En nou’sit in hierdie laaste woorde
dat die Evangelie in die HERE se soewereine regering skitter.
Want as ons hoor van die HERE se gawe van sy Tempel,
dan hoor ons ook van die HERE se Koninkryk wat kom.
Opmerking
• Ja die HERE regeer nie net soewerein in die skepping en sy skeppingsorde nie.
• Die HERE regeer ook nie net in die geskiedenis en die oënskynlike wanorde nie.
• Die HERE se soewereine regering word nie net sigbaar in die ware gelowige-kerk met die HERE se wet by hulle nie.
Nee! Die HERE se soewereine regering
23
word ‘n skitterende werklikheid
wanneer die HERE sy ewige regering
sy soewereine heerskappy
ons kan ook sê: sy Koninkryk
in hierdie wêreld vol opstand en wanorde laat kom.
En in die OT sien ons dit by die Tempel.40
Verduidelik
Want in die OT is die Tempel is ‘n simbool
van die HERE se teenwoordigheid41
• in die geskiedenis • en in hierdie wêreld van oënskynlike wanorde.
Ja die Tempel van Ps 93:5 wys daar in die OT:
Die Koning is hier Hy het gekom!
Hy het sy regering sy heerskappy sy koninkryk laat kom.
**************
Toepassing
Sien u die wonder geliefdes?
Die riviere die waters die magte van chaos
het nie die laaste sê nie.
Nee! Die Een met die laaste sê
is die HERE geweldig in die hoogte
wat sy soewereine koninkryk in die wêreld laat kom.
Hy het die laaste sê.
Dis absoluut wonderlik!
40 Vgl Belcher, The Messiah and the Psalms, bl 49.
41 Sy huis geheilig deur Homself word ook die simbool van die HERE se teenwoordigheid by sy volk – Eks 29:45; 25:8 (Waltke, An OT theology bl 458-459).
24
En nou gaan hierdie wonder nog verder.
Want in die volheid van die tyd
word vers 5 se Tempel-simboliek ‘n werklikheid
in die koms van die Messias.
Verduidelik42
Want Jesus die Messias die Christus is die ware Tempel.
Want Jesus is nie net ‘n simbool
van die HERE se teenwoordigheid nie.
Nee! Hy is Emanuel sê Mat 1:23
wat as’it vertaal word beteken:
‘God met ons’.
Ja Jesus die Messias is Jahwe in die vlees.
In Jesus woon die volheid van die Godheid liggaamlik.
So leer Paulus in Kol 2:9.43
************
Openbaringshistories44
Ja Jesus bring die HERE
se absolute soewereine regering verlossend oorwinnend
binne in hierdie wêreld in.
Hy is die oorwinnaar
oor Ps 93:3-4 se riviere en waters en die branders.
Hy is die oorwinnaar oor die magte van chaos
42 Vgl Vos, Biblical theology bl 154-155
43 Vgl ook Joh 2:19-22
44 Vgl ook: “Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.” Sê die apostel in 1Joh 3:8. En in Joh. 16:33 sê Jesus self: “Ek het die wêreld oorwin.”
25
wat die HERE en sy skeppingsorde haat
en daarteen in opstand is.
Ja dis deur Jesus die Christus
dat Johannes in Openb 21:1 kan skryf:
“en die see was daar nie meer nie.”
Dis deur Hom dat ons in Ps 93:1 kan sing:
“Ook staan die wêreld vas, dit sal nie wankel nie”
tot in ewigheid nie!
Slot
Geliefdes die HERE is Koning! Soewerein almagtig ewig.
Dis die boodskap van die Koningspsalms in Ps 93-99.
In Ps 93 leer ons daarby
dat die HERE absoluut soewerein regeer ...
• In die skepping en met sy skeppingsorde• In die geskiedenis en oënskynlike wanorde• En dit word skitterend Evangelies sigbaar
in die HERE se gawe van sy Wet en sy Tempel.
In die gawe van Jesus die Christus die Ware Tempel
wat Ps 93:3-4 se riviere en waters die magte van chaos
die magte van ‘n goddelose wêreld-mensdom
soewerein regerend oorwin.
Prys daarom vir Jahwe die soewereine Koning tot in ewigheid!
************
Selfondersoek
Maar weet u:
Hierdie waarheid wat ons moet laat loof en prys
konfronteer ook baie ernstig. 26
Dit konfronteer my en u
met daardie eerste Koningswoord van die HERE na die sondeval.
Daardie woord van Gen 3:9
toe die HERE vir mens gesê het: “Waar is jy?”
Aan wie se kant is jy?
Is ons by die Koning? Of is ons by die chaos-magte?
**************
As ons by die HERE is
• waaragtig in nederigheid en sondebesef • met die gebed dat die HERE ons genadig sal wees
Ja as ons by die HERE is
• en daagliks stry met ons sonde• en wil lewe onder die HERE se wet.
Onthou: Dan’sit nie ek nie.
Dan’sit alles die HERE
wat in soewereiniteit “genadig (is) vir wie (Hy) genadig wil wees,
en (Hom) ontferm oor wie (Hy Hom) wil ontferm.”
Antwoorddiens
Amen.
Psalm as antwoord op die Woord – Ps 46: 2, 3
Gebed
27
Kom ons vier nou die nagmaal van ons Here
Ons sing Ps 23:3 by bereiding van die tafel.
Barmhartigheidsdiens
Psalm tydens kollekte : Ps 104: 4, 5, 6, 12, 14, 15, 19 (sittende)
Slotpsalm : Ps 45: 1, 2, 5, 6
Wegstuurseën.
Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.
“Die genade van die Here Jesus Christus
en die liefde van God
en die gemeenskap van die Heilige Gees
sy met julle almal!
Amen.
28