22
Lukas 24:44-53 - Hemelvaart - 14 Mei 2015 1 Oorsig.......................................................... 1 1.1 Ander tekste..................................................1 1.2 Fokusteks: Lukas 24:44-53.....................................3 1.3 Eksegetiese opmerkings........................................4 1.4 Ekstra stof...................................................4 2 Erediens........................................................ 5 2.1 Tema..........................................................5 2.2 PowerPoint agtergrond.........................................5 2.3 Liturgie......................................................5 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................5 3.1 Rus...........................................................5 3.2 Liedere.......................................................6 4 God praat met ons en ons luister...............................11 4.1 Familie-oomblik..............................................11 4.2 Preekriglyn..................................................12 5 God stuur ons om te leef.......................................16 6 Volgende erediens.............................................. 17 1 Oorsig 1.1 Ander tekste Handelinge 1:1-11 1

preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

  • Upload
    vutruc

  • View
    242

  • Download
    9

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

Lukas 24:44-53 - Hemelvaart - 14 Mei 20151 Oorsig...............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste..............................................................................................................................1

1.2 Fokusteks: Lukas 24:44-53........................................................................................................3

1.3 Eksegetiese opmerkings............................................................................................................4

1.4 Ekstra stof.................................................................................................................................4

2 Erediens...........................................................................................................................................5

2.1 Tema.........................................................................................................................................5

2.2 PowerPoint agtergrond.............................................................................................................5

2.3 Liturgie......................................................................................................................................5

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus................................................................................................5

3.1 Rus............................................................................................................................................5

3.2 Liedere......................................................................................................................................6

4 God praat met ons en ons luister...................................................................................................11

4.1 Familie-oomblik.......................................................................................................................11

4.2 Preekriglyn..............................................................................................................................12

5 God stuur ons om te leef...............................................................................................................16

6 Volgende erediens.........................................................................................................................17

1 Oorsig

1.1 Ander teksteHandelinge 1:1-11

Die belofte van die Heilige Gees

1 My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af 2tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige

1

Page 2: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het. 3Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat. 4Terwyl Hy ’n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. 5Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”

6Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?”

7Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. 8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Jesus se hemelvaart

9Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ’n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. 10Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. 11Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

Psalm 47

God is bo almal verhewe

47 Vir die koorleier. Van die Koragiete.’n Psalm.2Al julle volke, klap julle hande;juig tot eer van God

met ’n jubelende stem,3want aan die Here, die Allerhoogste,

kom eerbied toe;Hy is die Groot Koning

oor die hele aarde:4Hy het volke aan ons onderwerpen nasies aan ons onderhorig gemaak;5Hy het ons besitting vir ons uitgekies,die pragtige land van Jakob,

wat Hy liefhet. Sela6God gaan op na sy tempel toe

onder gejubel,die Here gaan op

terwyl die ramshorings blaas.7Prys God, prys Hom met psalms,

2

Page 3: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

prys ons Koning,prys Hom met psalms!

8God is koning oor die hele aarde;sing vir Hom ’n lied.9God is koning oor die nasies,God is op sy heilige troon.10Die leiers uit elke volk

sal hulle verenig met die volkvan die God van Abraham.

Die heersers van die aardeis onderworpe aan God,Hy is bo almal verhewe.

Efesiërs 1:15-23

Paulus se gebed

15Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, 16hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, 17bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. 18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

1.2 Fokusteks: Lukas 24:44-53Daarna sê Hy vir hulle: "Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is." Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. Verder sê Hy vir hulle: "So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’ Julle is getuies van hierdie dinge. En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is." Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys.

3

Page 4: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

1.3 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar 2014-2015 bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by www.bmedia.co.za.

1.4 Ekstra stofLukas vertel die opstandingsverhaal in vier dele rondom die tema dat Jesus werklik opgestaan het:

Die leë graf – 24:1-12

Die Emmausgangers – 24:13-35

Jesus se verskyning aan die dissipels – 24:36-49

Jesus se hemelvaart – 24:50-53

24:1-12

Let op dat Lukas eers sterk klem lê op die leë graf wat deur die vroue en Petrus besoek is. Net soos dit vir hom belangrik was om Jesus se onskuld voor die verskillende howe in Jerusalem, die godsdienstige (Joodse Raad), die koninklike (Herodes) en die politieke (Pilatus) te beklemtoon, só beklemtoon hy die feitelikheid van die leë graf.

Die twee engele bevestig Sy opstanding en noem Hom die Lewende. En let veral op dat hulle die opstanding verbind aan Sy eie woorde. Die opstanding kom dus soos Hyself dit vele kere vir hulle herhaal het, hoewel hulle dit moeilik kon glo.

24:13-35

Die Emmausgangers se ervaring met Jesus op die pad – het ons hart nie warm geword nie – noop hulle om Hom in te nooi, al weet hulle nog nie dat dit Hy is nie. Met die seënbede en die breek van die brood gaan hulle oë egter oop en sien hulle wie Hy werklik is.

Let op dat dit juis hulle gasvryheid is wat hulle hierdie openbaring laat ervaar. Daarsonder sou hulle dit moontlik gemis het! Weereens is dit vir Lukas baie belangrik om die verband tussen die gebeure van die opstanding en die Skrifwoord te trek, want dit is ’n geweldige bevestiging van geloof, veral vir dié wat nie die voorreg gehad het om Hom te sien nie.

Hulle kan natuurlik nie alles vir hulleself hou nie, en gaan vertel vir die ander tot almal se groot blydskap.

24:36-49

Maar die verhaal oor Jesus se verskyning word opgevolg deur ’n egte ervaring daarvan deur die dissipels. En saam met die vredegroet bevestig Hy sy werklike opstanding deur hulle uit te nooi om aan Hom te vat en saam met hulle te eet.

Weereens trek Jesus die verband met die Skrifte (wet van Moses, profete, psalms) waarin ’n geweldige boodskap vir ons sit – ons kan die Skrif glo, ook oor ander dinge. Want, dit is net mense wat dít glo, wat dit ook sal gaan vertel vir ander, soos Hy inderdaad die opdrag gee. Daarvoor het

4

Page 5: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

hulle egter die Heilige Gees nodig, van wie se uitstorting die volgende deel van sy boek ons sal vertel: Handelinge.

24:50-53

Jesus lei die dissipels uit die stad uit – 40 dae na sy opstanding (Hand 1:3) – en word in die hemel opgeneem. Hulle gaan vol blydskap terug in afwagting van die uitstorting van die Heilige Gees. Soos Lukas die evangelie in die tempel begin het, so eindig hy dit met die dissipels wat God in die tempel prys.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondDie agtergrond is hierdie pragtige wolkformasie in die Clarens omgewing. Met vergunning van Rethie van Niekerk en geredigeer met Picasa III.

2.3 LiturgieRUSToetrede Lied 425 vers 2 of Flam 124 Votum Psalm 47SeëngroetLofsang Lied 427 of VONKK 96 of Flam 21 HOORGebed Efesiërs 1:15-23 en Lied 436 Skriflesing Lukas 24:44-53Familie-oomblikPreekLEEFVoorbidding Lied 267:1-2 of VONKK 159 of Flam 92 Slotsang Lied 486 of VONKK 158 of Flam 387 SeënRespons Lied 425 vers 1 se eerste strofe: Kyk die Heer het opgevaar. Halleluja!

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetredeLied 425 vers 2 Kyk die Heer het opgevaar ofFlam 124 Agnus Dei http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F124

VotumPsalm 47

5

Page 6: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

Seëngroet

LofsangLied 427 Alle volke, loof die koning!VONKK 96 Wees Bly En Loof Die Heer http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0096Flam 21 In die hemel is die Heer http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F021

3.2 LiedereF124. Agnus Dei(RUBRIEK: Flam – lof en verwondering) Teks en musiek: Michael W Smith © 1990 Milene Music (met toestemming gebruik deur FMU)

Halleluja, hallelujawant die Heer God almagtig regeer.Halleluja, hallelujawant die Heer God almagtig regeer.Halleluja.Heilig, heiligis U Heer God almagtigwaardig is die Lam,waardig is die Lam,U is heilig, heilig.Is U Heer God almagtigwaardig is die Lam,waardig is die Lam.Amen.

VONKK 96 Wees Bly En Loof Die Heer

1. Wees bly en loof die Heer –jou Koning wat regeer!Kom bring Hom dank en eer.Kom buig jou voor Hom neer.Verhef jou stem en sing nou saam!Wees bly en prys die Heer se Naam!

2. Die Heer het opgevaar,sit aan Gods regterhand.Kyk, Hy regeer vandaaren hou sy kerk in stand.Verhef jou stem en sing nou saam!Wees bly en prys die Heer se Naam!

3. Van God se regterhandregeer die Heer met mag.Voor Hom sal elke knie

6

Page 7: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

moet buig met groot ontsag.Verhef jou stem en sing nou saam!Wees bly en prys die Heer se Naam!

4. Wees bly en hoop op Hom –Hy kom vir seker weer.Dié Regter wat sal kom,is ook ons Redder, Heer.Verhef jou stem en sing nou saam!Wees bly en prys die Heer se Naam!

Teks: Rejoice, the Lord is King! – Charles Wesley (1707-1788); Afrikaanse teks: Jacques Louw 2009 ©Musiek: GOPSAL – George Frideric Handel (1685-1759) Kantoryverwerking: George Frideric Handel (1685-1759)© Teks: 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: Openbare besit RUBRIEK: Klassiek – Lofprysing / Hemelvaart

F21. In Die Hemel Is Die Heer(RUBRIEK: Kruisfuur – Lof / Verwondering) Teks en musiek: Tom Hiemstra Teks: (strofes 3,4 onbekend)© 2001 MAR Gospel Music Publishers (vers 1 en 2 opgeneem op Louis Brittz se CD Ons Koning kom weer)

1. In die hemel is die Heeren sy glans is soos kristal.Hy’s die Heilige van Goden Hy heers oor die heelal.

Refrein: Daar is mag in sy Woord!Soos die waters druis sy stem.Soos die son op die see se blou,so die rykdom van sy trou.Want aan U is die mag en die heerlikheid en krag.En aan U is die eer en die lof, want U regeer.

2. Miljoene in gereedheid,is die eng’le om sy troon.Verbysterend sy sieraad en die weelde van sy kroon.

Refrein:

3. Drie maal heilig is die Heer,Hy wat was en is en kom.Hy’s die Alfa en Omega,almagtig en verhewe.

7

Page 8: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

Refrein:

4. Aan Hom wat op die troon sit,en aan die Lam,die heerlikheid en lofvan nou af en vir ewig.

Refrein:

VONKK 159 Heer. Ons Dink Aan Afrika (PLEA FROM AFRICA) 1. Heer, ons dink aan Afrika,land van helder son.Soveel mense wat hier woon,wag op God se Woord –mense smagtend in hul noodna die God van hoop.Hoor ons smeekgebed, o Heer,Vader wat regeer.

Refrein:Bring die liefde van ons Heerna die mense wat hier woon.Seën Afrika!Laat ons saam in vrede woon.

2. Heer, ons bid vir Afrika,waar U ook regeer.Raak die harde harte aanom tot U te keer.Laat u koninkryk hier komen u wil geskied.Hoor ons pleit vir Afrika,Vader, as ons vra.

Refrein:Bring die liefde van ons Heerna die mense wat hier woon.Seën Afrika!Laat ons saam in vrede woon.

Give a thought to Africa‘neath the burning sun.There are hosts of weary hearts

8

Page 9: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

waiting to be won.Many lives have passed away;and in many homesthere are voices crying nowto the living God.

Refrain:Tell the love of Jesusby her hills and waters.God bless Africaand her sons and daughters.

Breath a prayer for Africa.God, the father’s lovecan reach down and bless all hearts,from His heav’n above.And when lips are moved by grace,they so sweetly sing;Pray for peace in Africafrom our living God.

Refrain:Tell the love of Jesusby her hills and waters.God bless Africaand her sons and daughters.

Teks: Give a thought to Africa – a Glasgow Lady; Afrikaanse weergawe: Jacques Louw 2011 ©Melodie: PLEA FROM AFRICA – John Knox Bokwe (1855-1922) Orrelbegeleiding: VONKK Werkgroep 2011Klavierbegeleiding: Tradisioneel Kantoryverwerking: Onbekend © Afrikaanse teks en orrelbegeleiding: 2011 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)© Engelse teks, melodie en klavierbegeleiding: Openbare besit RUBRIEK: Tradisioneel – Gebed / Barmhartigheid en Getuienis

F92. Seën ons Here God, Seën Afrika (Seëngebed)(RUBRIEK: Flam – Gebed Oorspronlike titel: Nkosi Sikelel'i Afrika Teks en musiek: Enoch Sontonga; verwerk deur Jan HoogendykAfrikaanse vertaling: Onbekend © Publieke Domein

Seën ons, Here God, seën Afrika.Laat haar klag tot in die hemel reik.Hoor ons as ons in gebede vra,seën ons in Afrika,kinders van Afrika.

Hou u hand, o Heer, oor Afrika.Lei ons tot by eenheid en begrip.Hoor ons as ons U om vrede vra,seën ons in Afrika,

9

Page 10: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

kinders van Afrika.

Daal neer, o Gees, Heilige Gees.Daal neer, o Gees, Heilige Gees.Kom woon in ons,lei ons, O Heilige Gees.

Seën ons, Here God, seën Afrika.Neem dan nou die boosheid van ons weg.Maak ons van ons sonde ewig vry,seën ons in Afrika,kinders van Afrika.

Daal neer, o Gees, Heilige Gees.Daal neer, o Gees, Heilige Gees.Kom woon in ons,lei ons, O Heilige Gees.

VONKK 158 Ons Wy Onsself Aan Christus Toe

1. Ons wy onsself aan Christus toe,aan Hom, ons Redder, Heer. Laat Hy ons lof en eer ontvang,die Koning wat regeer.Hy het ons met sy bloed gekoopen maak van ons sy kerk.Ons wil Hom met ons gawes dien, met blydskap vir Hom werk.

2. Sy liefde, so oneindig groot,laat ons eerbiedig juig.Dit dring ons na die wêreld toe,waar ons sal moet getuig.Laat ons, gehoorsaam aan sy Woord,ook dáár betrokke raak,met omgee en deur diensbaarheid,sy liefde sigbaar maak.

3. Kom open U ons oë, Heer,vir ander in hul nood.Maak ons, soos U, barmhartig, Heer,waar mense vra om brood.Maar laat ons tog dié nood besef,

10

Page 11: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

wat in hul harte leef.Deur U alleen, die Middelaar,word sondeskuld vergeef.

Teks: Jacques Louw 2011 © Melodie: ELLACOMBE – Wurtemberg 1784; Mainz 1833 Orrelbegeleiding: Tradisioneel© Teks: 2011 VONKK Uitgewers (admin BybelMedia) © Musiek: Openbare besitRUBRIEK: Klassiek – Liefde, Dankbaarheid en Diens / Barmhartigheid en Getuienis

F387. Hier Is U Kerk (Laat Ons Dien Met Ons Lewe)

(RUBRIEK: Flam – Kerk en Koninkryk; Getuienis ) Teks: Neil Büchner en Jandré Viljoen Musiek: Neil Büchner© Flam Musiek-Uitgewers

Hier is u kerk, U stel ons aan.Ons is gekies, U gee ons u guns.Laat u Gees oor ons elkeen kom.Maak, Heer, u wil deur ons bekendnet soos dit is, dat mense dit ken.Laat u Gees oor ons elkeen kom.

Refrein:Laat ons dien met ons lewewaar ons is u liefde bring.Elke mens sien as u tempeldeur genade, u goedheid bewyswaar U kerk van u liefde getuig.

Hier is u kerk,(ons is gekies)hier is u kerk.(ons is gekies)hier is u kerk.

4 God praat met ons en ons luisterGebed Efesiërs 1:15-23Lied 436 Herskep, o Gees, laat leef, o Gees

SkriflesingLukas 24:44-53

4.1 Familie-oomblikJy kan maklik die konsep van ‘n aflos-resies gebruik om die Hemelvaart en die Kerk se taak te verduidelik. Met sy hemelvaart het Jesus het vir ons – sy kinders/Kerk – ‘n opdrag gegee. Ons moet vir mense vertel van Jesus. Dis soos ‘n aflosstokkie wat Jesus aangegee het – met een groot verskil: ons hardloop nie op ons eie nie! Die Gees help ons, sodat ons kan doen wat Jesus gesê het.

11

Page 12: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

Jy kan pyp of hout gebruik om aflosstokkies te maak. Dié kan jy óf aan die einde óf hier vir die hele gemeente uitdeel. Gee dit eers vir die kinders aan en laat hulle dit vir die gemeente aangee. Laat hulle dit elke keer aangee met die woorde: “Jesus stuur jou”.

As jy pyp gebruik en dit aan die begin van die diens uitdeel, kan jy vir kinders vra om ’n gebed te skryf en dit in die pypies te sit.

4.2 Preekriglyn'n Klein dissipelkring het die Here Jesus sien opvaar na die hemel.

Tog het die Christelike geloof gegroei tot die mees wyd verspreide godsdiens in die geskiedenis. Teen die jaar 2000 was Christengelowiges die meerderheid van die bevolking in tweederdes van die wêreld se byna 240 lande.

In die jaar 1900 was daar 555 miljoen gelowiges, oftewel 32.2 persent van die wêreld se bevolking, terwyl dit tot 1.9 biljoen aangegroei het in 2000, 31% van die wêreld se bevolking. In Afrika was daar in 1900 sowat tien miljoen Christene. Teen 200 was daar meer as 300 miljoen Christene in Afrika.

Wêreldwyd is Christene versprei deur 33 820 denominasies of eiesoortige organisasies. Teen 2000 was sowat 386 miljoen gelowiges in onafhanklike kerke. Naas die historiese Katolieke, Ortodokse, Anglikaanse of Protestantse kerke, het die aantal Christene wat aan "ander geloofsgroepe" behoort viervoudig toegeneem sedert 1970. Groot groei het in die Pentakostalistiese en Charismatiese groepe voorgekom.

Islam is die tweede grootste wêreldgodsdiens. Teen 2000 was 19.6% van mense Moslems.

Volgens die bekende Pew Navorsingsentrum was 31.5% van die wêreld se bevolking in 2012 Christene, 23.2% Moslem. Hindoes beloop 15%, Boeddhisme 7.1%, die Jode 0.2%, met die balans wat uit verskeie ander groepe soos nie-geaffilieerde groepe, volksgodsdienste e.s.m. bestaan.

Jesus se opdrag

Jesus se eerste dissipels het inderdaad sy opdrag in Lukas 24:48 ernstig geneem: "Julle is getuies van hierdie dinge." Hulle het wêreldwyd gaan getuig. Bogenoemde statistiek vertel van die getuienis van gelowiges en die wyse waarop God dit geseën het.

Die eerste Christene se getuienis is opgevolg deur geslagte van gelowiges wat bly getuig het. Gelowiges het hulself gesien as God se getuies teenoor hulle kinders, hulle bure, hulle woonbuurte, stede, lande, en tot in die uithoeke van die wêreld.

Op hierdie manier het miljoene van God se groot dade gehoor, en hul lewens aan Jesus toevertrou.

Toegerus met krag van bo

12

Page 13: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

Hierdie getuienistaak is uitgevoer nadat die eerste dissipels toegerus is met die gawe wat die Vader gestuur het, die Heilige Gees. Soos Jesus beveel het, het die dissipels in Jerusalem gebly totdat hulle toegerus is met krag van bo (49).

Dit is die Heilige Gees wat hul getuienis bekragtig en beseël het, en dit deur die eeue gedra en effektief gemaak het.

Hemelvaart skep 'n nuwe bedeling

Ons teks is 'n onderdeel van Lukas 24, die laaste hoofstuk in die Lukasevangelie. Daar is vier episodes in hierdie hoofstuk:

Verse 1-12: Die wonderbaarlike ontdekking van die leë graf. Die vroue hoor Jesus is uit die dood opgewek. Soos Hy vroeër geleer het, moes die Seun van die mens uitgelewer word, gekruisig word, en uit die dood opstaan.

Verse 24-35: Jesus ontmoet twee verwarde en moedelose reisigers op pad na Emmaus, sonder dat hulle Hom herken. Hy lê die Skrifte vir hulle uit wat getuig oor wat die afgelope dae in Jerusalem moes gebeur. Wanneer hulle Hom innooi om by hulle oor te bly, word Hy aan hulle bekend by die breek van die brood.

Verse 36-49: Jesus verskyn aan die dissipels, wys hulle sy wonde, en eet saam met hulle. Hy verduidelik dat sy sterwe en opstanding die vervulling van die Skrifte is, open hulle oë om die Skrifte te verstaan, en gee hulle die opdrag om te getuig van sy sterwe en opstanding.

Verse 50-53: Jesus word in die hemel opgeneem, terwyl Hy sy dissipels seën. Hulle aanbid Hom, en keer terug na Jerusalem om te wag op die gawe wat die Vader sou stuur. Hulle prys God die hele tyd in die tempel.

Betekenisvol genoeg word die wonderlike opstandingsgebeure afgesluit met Jesus wat na die hemel opgeneem word. Die feit dat Hy uit die gesig verdwyn, skep nuwe ruimte vir die dissipels om hulle opdrag uit te voer. Die verantwoordelikheid om getuies te wees van wat God doen, gaan nou oor op hulle.

Met die hemelvaart word die era van die kerk se getuienis en die bemagtiging van die Heilige Gees nou 'n werklikheid. Ons het die opdrag om in die Naam van Jesus die goeie nuus van bekering tot vergifnis van sonde te verkondig, aan al die nasies.

Hierdie verhaal word in die boek Handelinge vertel. Terwyl Jesus aan die regterhand van die Vader sit, en duidelik by die voortgang van die evangelie betrokke is, val die kollig op Jesus se dissipels. Hulle bedien, toegerus deur die Heilige Gees. Ons leef in die era van die Gees en die kerk.

Getuies

Die apostels is die getuies van wat God in Jesus Christus gedoen het (48). Die kerk leef uit hierdie getuienis en sit dit geslag vir geslag voort.

Wat moet ʼn goeie, betroubare getuie doen? Hy of sy moet kan instaan vir die waarheid oor ʼn saak en nie van blote hoorsê getuig, of getuienis fabriseer of aanpas nie. ʼn Getuie se integriteit moet bo

13

Page 14: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

verdenking wees en hy of sy moet die getuienis nugter en oorwoë stel. 'n Getuie behoort hom- of haarself nie te laat mislei of intimideer nie. So moet die getuies van Jesus Christus getuig, destyds in die Lukasverhaal en nou ook.

Die kerk (ons!) identiteit en roeping is dat ons getuig oor die Een aan Wie ons behoort. Daarmee is ons taak omskryf en begrens. Dit is wat net die kerk kan doen.

Dis belangrik, want dit beteken dat die kerk véél meer is as bloot:

'n sentrum vir morele vorming of verbetering

die beskermer van 'n paar beskaafde waardes

'n terapeutiese sentrum waar mense se nood verlig word

'n klub waar vriende en gelyksoortige mense ontmoet.

Die kerk is die gemeenskap van getuies van dié Here wat nou aan die regterhand van God sit, Jesus die Koning.

Inhoud van die getuienis

Die inhoud van ons getuienis – wat oor Jesus handel – word in ons teks helder deur Jesus self omskryf:

'Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.' Julle is getuies van hierdie dinge. (46-48)

Jesus se lyding en sterwe, asook sy opstanding is die kerngebeure waaroor Jesus se dissipels moet getuig. Hierdie gebeure moet wêreldwyd bekendgemaak word. Bekering tot vergifnis van sonde in die Naam van Christus aan al die nasies, van Jerusalem af verder, verkondig word.

Bekering is 'n sleutelbegrip in die evangelie. Jesus begin sy bediening, volgens die Markusevangelie, met die woorde: "... die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie" (Markus 1:15). Bekeer is om af te sien van jou ou weë. Dit is om God se koningskap te erken, en jou lewe onder nuwe bevel te plaas. Bekering sluit sondebelydenis en vergifnis van sonde in, maar is ook 'n radikale koerswysiging in jou lewe. Dit is om voor Jesus as Here te buig en Hom te dien.

Hierdie boodskap word "in sy Naam" (47) verkondig. Dit beteken dat die getuies as verteenwoordigers van Jesus optree. Jesus self borg en bewerk die inhoud van die boodskap.

Die Skrif

Jesus gaan uit sy pad om vir die dissipels te verduidelik dat sy lyding en opstanding volgens die Skrif plaasvind:

"Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is." Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. (44)

14

Page 15: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

Verder sê Hy vir hulle:

"So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word ...."

Opvallend genoeg, spandeer die opgestane Jesus in Lukas 24 baie tyd daaraan om die Skrifte vir sy volgelinge uit te lê en hulle verstand te open om dit te verstaan. Ons sien dit duidelik in sy gesprek met die dissipels.

Vroeër in hoofstuk 24, onderweg na Emmaus, begin Jesus "by Moses en al die profete" en lê "al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het" vir die Emmausgangers uit (27). Wanneer hulle oë later by die breek van die brood oopgaan en hulle Jesus herken, sê hulle: "Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?" (32)

Dit is duidelik dat mens nie op eie houtjie, en uit eie vernuf, die Skrifte ken en reg kan uitlê nie. Jou oë en verstand moet (deur God) geopen word om handelinge van God, waarvan die Skrif getuig, as God se verlossingsplan te kan eien en te glo. Op hierdie manier word die Skrifinhoud deel van jou wese en die sterwe en opstanding van Jesus 'n persoonlike belewenis.

Daarom ook dat die gawe wat die Vader beloof het, die Heilige Gees, gestuur word om die getuienis oor Jesus oop te sluit en toe te lig in mense se lewens.

Ons getuienis oor Jesus is dus nie ons eie spitsvondigheid nie. Die inhoud daarvan word bepaal deur die Skrif se getuienis oor Jesus. Waar die dissipels destyds nog net die Ou Testament gehad het, het ons vandag ook die Nuwe Testament, wat die betekenisvolle werk van God in Jesus aan ons bekendstel. Ons hou die boodskap van die Skrif lewend deur van Jesus te getuig.

Lofprysing

Die dissipels aanbid Jesus terwyl Hy van hulle weggaan en in die hemel opgeneem word. Hulle doen dit met die verrassende insig en ervaring wat hulle van God se genade verkry het. Hulle is onder die indruk van die betekenisvolle taak wat aan hulle opgedra is.

Hulle gaan na Jerusalem toe terug:

Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys (53).

Hiermee verwoord Lukas die lewenshouding wat by Jesus se volgelinge pas. Ons kan en moet dit ook doen. Vandag, waar ons Jesus se hemelvaart gedenk, staan ons opnuut verstom voor God se groot genade. Ons deel in die bekering en vergifnis van sonde waarvan in Jesus se Naam getuig word. Ons dra die boodskap verder. Daarom is ons ook 'n gemeenskap van lof en dankbaarheid vir die groot genade wat ons ontvang het.

Ons leef en getuig blymoedig in die bedeling van die Heilige Gees en die kerk.

5 God stuur ons om te leefGebed

15

Page 16: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

Hierdie is ‘n goeie geleentheid om geleentheid te gee vir gebed. Jy kan óf geleentheid gee vir voorbiddingsgebede, of verwerk die volgende:

Jesus gee ons die opdrag om vergifnis en bekering te verkondig. Dit doen ons nie uit eie krag nie, maar in afhanklikheid van die Gees. Daarom gaan ons vanaand die nood van ons wêreld na God bring en bid vir bekering.

Voorganger (V): In alle plekke van konflik …Gemeente (G): Laat u koninkryk kom.Oomblik stilteV: Te midde van die onderlinge onverdraagsaamheid in ons land...G: Laat u koninkryk kom.Oomblik stilteV: Te midde van die xenofobie in ons land...G: Laat u koninkryk kom.Oomblik stilteV: In al die plekke waar mense onlangs ter wille van hul geloof vermoor is...G: Laat u koninkryk kom.Oomblik stilteV: In die hart van elke slagoffer van haat en geweld …G: Laat u koninkryk kom.Oomblik stilteV: In die hart van elke geweldenaar …G: Laat u koninkryk kom.Oomblik stilteV: In die lewe van elkeen wat honger ly of dakloos is …G: Laat u koninkryk kom.Oomblik stilteV: Vir die mense van Nepal...G: Laat u koninkryk kom.Oomblik stilteV: In ons gemeente en kerkverband...G: Laat u koninkryk kom.Oomblik stilteV: Here, hoor ons wanneer ons bid[sonder aankondiging] Lied 267:1-2 ofVONKK 159 Heer. Ons Dink Aan Afrika (PLEA FROM AFRICA) http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0159 ofFlam 92 Seën ons Here God, Seën Afrika (Seëngebed) http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F092

SlotsangLied 486 Bring aan die volke die boodskap of

16

Page 17: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/... · Web viewFlam 124 Agnus Dei Votum Psalm 47 Seëngroet Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die koning!

VONKK 158 Ons Wy Onsself Aan Christus Toe http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0158 ofFlam 387 Hier Is U Kerk (Laat Ons Dien Met Ons Lewe) http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F387

SeënVoorganger: Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal getuies van die Here wees tot in die uithoeke van die wêreld. Amen

ResponsLied 425 vers 1 se eerste strofe: Kyk die Heer het opgevaar. Halleluja!

6 Volgende erediens1 Johannes 5:9-13

Liturgie en Familie-oomblik: Rethie van Niekerk

Powerpoint: Wicus Wait

Preekriglyn: Danie Mouton

Proses en ekstra stof: Chris van Wyk

17