23
Vierde Sondag ná Epifanie – 3 Februarie 2019 – Psalm 71:1-6 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander Tekste................................................1 1.2 Fokusteks: Psalm 71:1-6.....................................4 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................6 1.4 Ekstra stof.................................................6 2 Erediens........................................................7 2.1 Tema........................................................7 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................7 2.3 Liturgie....................................................7 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................7 3.1 Rus.........................................................7 3.2 Liedere.....................................................8 4 God praat met ons en ons luister...............................14 4.1 Familie-oomblik............................................14 4.2 Preekriglyn................................................15 5 God stuur ons om te leef.......................................18 1 Oorsig Met sy roeping verklaar die Here dat Jeremia al van voor geboorte af gevorm, geken, gewy en as profeet aangestel is. In Psalm 71 getuig die digter dat die Here hom al van voor geboorte af help en beskerm (6). Hierdie gelowige getuig van die Here se nabyheid dwars deur sy lewe veral ook nou dat hy oud is.. 1.1 Ander Tekste Jeremia 1:4-10 1

Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

Vierde Sondag ná Epifanie – 3 Februarie 2019 – Psalm 71:1-61 Oorsig............................................................................................................................................1

1.1 Ander Tekste.........................................................................................................................1

1.2 Fokusteks: Psalm 71:1-6........................................................................................................4

1.3 Eksegetiese opmerkings........................................................................................................6

1.4 Ekstra stof.............................................................................................................................6

2 Erediens.........................................................................................................................................7

2.1 Tema.....................................................................................................................................7

2.2 PowerPoint agtergrond.........................................................................................................7

2.3 Liturgie..................................................................................................................................7

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................7

3.1 Rus........................................................................................................................................7

3.2 Liedere..................................................................................................................................8

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................14

4.1 Familie-oomblik...................................................................................................................14

4.2 Preekriglyn..........................................................................................................................15

5 God stuur ons om te leef.............................................................................................................18

1 OorsigMet sy roeping verklaar die Here dat Jeremia al van voor geboorte af gevorm, geken, gewy en as profeet aangestel is. In Psalm 71 getuig die digter dat die Here hom al van voor geboorte af help en beskerm (6). Hierdie gelowige getuig van die Here se nabyheid dwars deur sy lewe veral ook nou dat hy oud is..

1.1 Ander TeksteJeremia 1:4-10

4Die woord van die Here het tot my gekom:5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou

aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.6“Ag, Here my God,”het ek geantwoord,

“ek kan nie goed praat nie,ek is nog te jonk.”

7Toe sê die Here vir my:

1

Page 2: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie.Jy moet gaan na wie toe

Ek jou ook al stuur,en alles wat Ek jou beveel om te sê,

moet jy sê.8Moenie vir hulle bang wees nie,want Ek is by jou,

Ek sal jou red.Dit is wat die Here gesê het.

9Hy het sy hand uitgesteek,my mond aangeraak

en vir my gesê:Ek het nou my woorde

in jou mond gelê.10Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te

vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.

1 Korintiërs 13:1-13Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is:Al praat ek die tale van mense

en engele,maar ek het geen liefde nie,

het ek ’n stuk klinkende metaal,’n galmende simbaal geword.

2Al het ek die gawevan profesie

en ken ek al die geheimenisseen besit ek al die kennisen al het ek al die geloof

om berge te versit,maar ek het geen liefde nie,

dan is ek niks.3Al deel ek al wat ek het

aan ander uit,en al gee ek my liggaam prys

om my daarop te kan beroem,maar ek het geen liefde nie,

baat dit my niks.

4Die liefde is geduldig,die liefde is vriendelik;

dit is nie afgunstig nie,is nie grootpraterig nie,is nie verwaand nie.

5Dit handel nie onwelvoeglik nie,soek nie sy eie belang nie,is nie liggeraak nie,

hou nie boek van die kwaad nie.6Dit verbly hom nie oor onreg nie,maar verheug hom

oor die waarheid.

2

Page 3: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

7Dit bedek alles,glo alles,hoop alles,verdra alles.

8Die liefde vergaan nooit nie,maar die gawevan profesiesal verdwyn,die gaweom ongewone tale en klanke te gebruik,

sal ophou,en dié van kennis

sal uitgedien raak.9Want ons ken maar gedeeltelik,en ons profeteer

maar gedeeltelik,10maar wanneer die volledige kom,sal wat gedeeltelik is,

uitgedien wees.11Toe ek ’n kind was,het ek gepraat soos ’n kind,

gedink soos ’n kind,geredeneer soos ’n kind.

Maar noudat ek ’n man is,is ek klaar met die dinge van ’n kind.

12Nou kyk ons nogin ’n dowwe spieël

en sien ’n raaiselagtige beeld,maar eendag sal ons alles sien

soos dit werklik is.Nou ken ek net gedeeltelik,maar eendag sal ek ten volle ken

soos God my ten volle ken.

13En nou:geloof, hoop en liefde bly,

hierdie drie.En die grootste hiervan isdie liefde!

Lukas 4:21-3021Toe begin Hy hulle toespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.”

22Almal het hulle instemming met Hom betuig en was verwonderd oor die aangename woorde uit sy mond. En hulle sê: “Is hy dan nie die seun van Josef nie?”

23Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou: ‘Geneesheer, genees jouself’ en vir My sê: ‘Ons het gehoor wat alles in Kapernaum gebeur het. Doen nou dieselfde dinge ook hier waar jy grootgeword het.’ 24Maar dit verseker Ek julle,” sê Hy verder, “geen profeet word in die plek waar hy grootgeword het, aanvaar nie. 25Ek sê vir julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in die tyd van Elia toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, sodat daar ’n groot hongersnood in die hele land gekom het. 26Tog is Elia nie na een van hulle toe

3

Page 4: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

gestuur nie, maar wel na ’n weduwee in Sarfat in die gebied van Sidon. 27En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Elisa. Tog is nie een van hulle genees nie, maar wel Naäman, die Siriër.”

28Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. 29Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. 30Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan.

1.2 Fokusteks: Psalm 71:1-6Nou dat ek oud geword het

71 By U, Here, skuil ek, laat my tog nooitteleurgestel staan nie!2Red my en bevry my, want U is getrou. Luister tog na my en help my!3Wees vir my 'n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vindwat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting.4My God, bevry myuit die hand van goddeloses, uit die greep van skurkeen verdrukkers,5want U, Here, U is my hoop,op U, Here, het ek van jongs afvertrou.6U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm. U loof ek gedurigdeur.7Ek is vir baie 'n wonder, want U is my veilige toevlug.8Ek besing u lof en u roemgedurigdeur.9Moet my tog nie verwerpnou dat ek oud geword het nie, moet my tog nie alleen laatnou dat my kragte ingegee het nie.10My vyande sweer saam teen my, dié wat my lewe soek, smee 'n komplot teen my.11Hulle sê: "God het hom alleen gelaat!Agtervolg hom en gryp hom, want daar is niemandom hom te red nie!"12Moet tog nie ver van my af bly nie,

4

Page 5: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

o God, kom my tog gou te hulp, my God!13Laat dié wat my vals beskuldig, self in die ellende belanden vernietig word. Laat oor dié wat my ondergang soek, net skande en mislukking kom.14Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof.15Sonder ophou sal ekvan u verlossingswerk, van u reddingsdade bly praat, want hulle is meer as wat ek kan tel.16Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God, die verlossingswerk watnet U kan doen.17U het my van jongs af onderrig, o God, en ek getuig nou nogvan u kragtige dade.18Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.19U verlossingswerk, o God, is oneindig groot;groot is die dinge wat U gedoen het!Wie is soos U, o God?20U het talle benoude ervaringeoor my gebring, maar elke keer weer my lewe gered, my elke keer weer weggerukuit die mag van die dood.21Herstel my tog in my eer, gee tog uitkoms!22Dan sal ek U met die harp loofvir u getrouheid, my God, saam met die lier sal ek sing tot u eer, Heilige van Israel.23Ek sal jubel as ek tot u eersing, omdat U my gered het.24Ek sal die hele dag deur praatvan u verlossingswerk,

5

Page 6: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

want dié wat my ondergang soek, staan teleurgestel in hulle verwagting;hulle beland self in die ellende.

1.3 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by www.bmedia.co.za. Megaande preek maak gebruik van materiaal uit Woord en Fees.

1.4 Ekstra stofPsalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie

Die Psalmis het die voordeel om God se betroubaarheid oor 'n baie lang tyd te kon ervaar. Dit bring 'n sekerheid en vertroue wat nie so maklik deur die negatiewe ervaringe van die lewe beïnvloed word nie. In enige geloofsgemeenskap moet dié ervarings, wat die toets van die tyd deurstaan het, gekoester word, ter wille van die behoud van só 'n gemeenskap. Ek onthou nog goed die getuienis van tannie Phoebe Kellerman, amper vyftig jaar my senior, uit my jong dae as predikant in Somerstrand ... en die rustigheid wat dit by my ingeboesem het.

Drie van die sentrale metafore wat die Psalmis gebruik om dié Godsbeeld mee uit te druk, is dié van 'n rots (vers 3) 'n vesting (vers 3) en 'n veilige toevlug (vers 7) wat verband hou met die gebruik in antieke tye om asiel te soek in 'n heiligdom (Eks 21:13). God is as't ware die veilige ruimte waar van die aanslae van die lewe geskuil kan word.

Die Psalm kan in drie dele opgedeel word wat losweg met verlede, hede en toekoms verband hou:

Wees vir my 'n rots om na toe te vlug, soos altyd in die verlede – vers 2-8. Hy kan dit vra, want die Here is sy vertroue van jongs af (vers 5). Trouens hy is vir ander 'n wonder (vers 7) weens God se sorg vir hom. God se sorg aan hom funksioneer as 'n teken van God se ingrype. Hy is daarom as sodanig eintlik 'n wonder, 'n teken van God self. Let egter op dat hy nie uiteindelik op sy eie vertroue of God se wonderwerke staatmaak vir sy behoud nie. "U is" nie net, "my hulp van my geboorte af" nie, maar, "reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm." (vers 6). God se genade in die verlede is die grond van sy bestaan, die rede vir sy vertroue, die motivering om op God te bly staatmaak.

Moet my tog nie in die hede verwerp nou dat ek oud geword het nie – vers 9-17. Die Psalmis baseer sy gebed vir hulp in die hede op die feit dat God hom nog nooit in die steek gelaat het nie. Veral sy tanende kragte en ouerwordende gestalte moet tog nie in die pad staan van God se hulp nie, veral nie omdat dit nou deur sy vyande misbruik word om hom te na te kom en komplotte teen hom te sweer. Sy gebed is dat dié wat sy ondergang soek, eerder in die skande en mislukking kom. Sonder ophou sal hy dan van God se reddingsdade bly praat en as 'n teken van God se teenwoordigheid op aarde bly funksioneer.

Moet my tog nie alleen laat nie, ter wille van die geslagte wat kom in die toekoms – vers 17-24. Hy herhaal sy gebed dat sy oudheid en grysheid nie teen hom sal tel nie, maar gee hier 'n ander motivering daarvoor. Dít is, dat die geslagte wat nog kom, sy kleinkinders bv., 'n lewende getuie van God se verlossingswerk in die toekoms sal kan sien en saam met hom kan sê: "Wie is soos U, o God?" (vers 19). Vers 20 is baie spesiaal vir my: "U het talle benoude ervaringe oor my gebring, maar elke keer weer my lewe gered." Dit stem ooreen met Paulus se gedagte in Romeine 2:9: "Lyding en benoudheid bring Hy oor die lewe van elke mens wat

6

Page 7: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

kwaad doen, in die eerste plek oor dié van die Jood, maar ook oor dié van die nie-Jood." Gelukkig staan daar darem in vers 10-11 die volgende: "Ewige heerlikheid, eer en vrede skenk Hy aan elkeen wat goeddoen, in die eerste plek aan die Jood, maar ook aan die nie-Jood. God trek immers niemand voor nie." Daarom bid die Psalmis vir uitkoms, sodat hy kan voortgaan om te sing tot God se eer en die hele dag deur te praat van Sy verlossingswerk.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0

Die foto van die kombers-fort is deur Phil Steffek, ook flickr.com CC BY-NC-ND 2.0

2.3 LiturgieRUSToetrede Flam 53 of Vonkk 53 of Psalm 71Votum Psalm 71:1-3SeëngroetLofsang Flam 300 of Flam 381 of Vonkk 230 of Lied 277 Verootmoediging 1 Korintiërs 13:1-13Toewyding / Geloofsbelydenis Flam 155 of Vonkk 71 of Lied 501 HOORGebedSkriflesing Psalm 71:1-6Familie-oomblik Flam 102 kan hier gesing wordPreekLEEFGebedDankofferSlotsang Flam 102 of Vonkk 123 of Lied 470 SeënRespons Een van die Amen-liedere

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetredeFlam 53 Mag Elke Woord Wat Uit My Mond Kom http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f053/ ofVonkk 53 Skuil By Die Vader http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00053/ ofPsalm 71

VotumPsalm 71:1-3By U, Here, skuil ek, laat my tog nooit

7

Page 8: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

teleurgestel staan nie!2Red my en bevry my, want U is getrou. Luister tog na my en help my!3Wees vir my 'n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vindwat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting.

Seëngroet

LofsangFlam 300 Altyd Daar, U Is Altyd Daar (Rots van die Eeue) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f300/ ofFlam 381 Ek Roep Na Hom In My Benoudheid (Psalm 18) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f381/ ofVonkk 230 By die Heer vind ek rus (Psalm 62) http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00230/ ofLied 277 U wat van ouds af ons behoed

Verootmoediging1 Korintiërs 13:1-13

Toewyding / GeloofsbelydenisFlam 155 U is die lewende God (Lewende God) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f155/ ofVonkk 71 Groot Is U Trou, O Heer http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00071/ ofLied 501 Ek het, toe wilde storms gewoed het

3.2 LiedereF53. Mag Elke Woord Wat Uit My Mond Kom (RUBRIEK: Flam – Gebed / Votum)Teks en musiek: Ioannis Dekas© 2000 MAR Gospel Music Publishers(Opgeneem op Nuwe Lied, vol 4 en FLAM, vol 1)

Mag elke woord wat uit my mond kom wees soos heuningen mag gedagtes uit my hart wees soos die môredou.Elk’ onuitgesproke woord en elke saak wat ek bedink,mag dit aangenaam en sinvol wees voor u aangesig o Heer.

Want U’s my God, U’s my Redder,U’s my vrede.U’s die rots waarop ek bou en waar ek skuiling vind.U is my kompas, u Woord gee rigting wanneer ek verlore raak.Daarom is dit my gebed dat wat ek dink of wat ek praatwelbehaaglik voor U aangesig sal wees.

VONKK 53 Skuil By Die Vader

8

Page 9: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

Teks: Pieter Malherbe 2006/2009 © Melodie: VADERLIEFDE – Pieter Malherbe 2006 ©Orrelbegeleiding: Albert Troskie 2009 (Pro Deo) Klavierbegeleiding: Anton Esterhuyse 2009 © 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) RUBRIEK: Kontemporêr - Geloof en Vertroue

Skuil by die Vader, Hy is genadig.Daar’s niemand soos Hy nie, Hy’s altyd getrou.Hy is vol deernis,Hy ken jou onrus.Sy liefde beskerm jou,Hy’s altyd getrou.Refrein:O Vader, ons aanbid U,voor U kom kniel ons neer.O Vader, ons aanbid U,ons kom vrymoedig weer,want U’s die Een by wie ek veilig skuil.Ja, U’s die Een by wie ek veilig skuil.

Skuil by die Vader,Hy trek jou nader.Hy gee jou genade,Hy’s altyd by jou.Hy sal vergewe,Hy gee jou lewe.Hy hoor jou gebede,jy kan Hom vertrou.Refrein:O Vader, ons aanbid U,voor U kom kniel ons neer.O Vader, ons aanbid U,ons kom vrymoedig weer,want U’s die Een by wie ek veilig skuil.Ja, U’s die Een by wie ek veilig skuil.

F300. Altyd Daar, U Is Altyd Daar (Rots van die Eeue)(RUBRIEK: Kersflam – Geloof en Vertroue)Teks en musiek: Stass van Veuren© 2009 MAR Gospel Music Publishers(Opgeneem op Onbeskaamd 2)

9

Page 10: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

1. Altyd daar, U is altyd daar.Altyd daar, U is altyd daar.Wie kan U ewenaar, o Heer?Wie kan U ewenaar, o Heer?

Refrein:U’s die rots, Rots van die eeue. (x2)

2. Altyd waar, u woord bly altyd waar.En U is wie U sê U is.Wie kan U ewenaar, o Heer?Wie kan U ewenaar, o Heer?Refrein:

Brug:U’s die rots wat ewig staanen dis U by wie ek veilig voel. (x4)

F381. Ek Roep Na Hom In My Benoudheid (Psalm 18)(RUBRIEK: Geloof en Vertroue)Teks: TT Cloete Kopiereg: © NG Kerk Uitgewers (Psalm 18)Musiek: Louis Brittz © Urial(Ps 18)

Ek roep na Hom in my benoudheid.In sy paleis het Hy gehoor.Die aarde het geskud en bewe,die Here het dit uit die hemel laat dreun.

Die Here is my rots, my skuilplek,my Redder en my God, die rots by wie ek skuilmy skild, my sterk Verlosser enmy veilige vesting. (x3)

Met sy hulp loop ek ’n oormag storm.Met my God spring ek oor ’n muur.Hy maak my voete soos die van ’n ribbokop hoë plekke laat Hy my veilig loop.

Brug:Ek loof Hom wat my rots is,ek prys die God wat my gered het.

VONKK 230 By die Heer vind ek rus (Psalm 62)

10

Page 11: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

Psalm 62Teks: Driekie Jankowitz 2009 (Pro Deo); gewysig VONKK-Werkgroep 2012Melodie: DRIEKIE – Anton Esterhuyse 2012 ©Orrelbegeleiding: Anton Esterhuyse 2012 ©© 2012 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)RUBRIEK: Meditatief – Geloof en Vertroue / Lyding en Nood

Keervers:By die Heer vind ek rus,Hy’s my rots en my redding.Net by Hom staan ek sterk,Hy’s my veilige vesting.

1. Net God kan help en red in nood,alleen sý krag sal my behou.Stort al jul sorge uit voor Hom,Hy sal sy kinders veilig hou.Keervers:By die Heer vind ek rus,Hy’s my rots en my redding.Net by Hom staan ek sterk,Hy’s my veilige vesting.

2. Op mense kan jy min vertrou,geweld en rykdom kom tot niks.Die mag behoort aan God alleen;net Hy, die Here, kan beskik.Keervers:By die Heer vind ek rus,Hy’s my rots en my redding.Net by Hom staan ek sterk,Hy’s my veilige vesting.

F155. U is die lewende God (Lewende God)(RUBRIEK: Flam – Verwondering / Geloofsbelydenis)Teks en musiek: Hannes Bosman© Hannes Bosman

U is die lewende God, die groot EK ISU, die Ewige Rots, ’n kragtige skans!U is die Here HERE, ons BanierU, ’n sierlike kroon, ’n pragtige krans!

Vader van hemelse lig, die Erekoning, geweldig is Hy.

11

Page 12: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

God van glorie, die hemele singwant ewig duur u heerskappy!Meesterbouer van die hemelse leërdie sterke Redder wat mense bevry!Die God wat sien, U sien ook vir my.

VONKK 71 Groot Is U Trou, O HeerTeks: Great is Thy faihfulness – Thomas O Chisholm 1923; Driekie Jankowitz 2008 (Pro Deo)Melodie: FAITHFULNESS – William Marion Runyan 1923© Teks en Musiek: © 1923, hernu. 1951 en in hierdie vertaling © 2009 Hope Publishing Company, Carol Stream, IL 60188, USA (admin CopyCare South Africa). Alle regte voorbehou.. Met toestemming gebruik.For permission to use this hymn, contact www.hopepublishing.com RUBRIEK: Klassiek – Lofprysing / Geloof en Vertroue

1. Groot is u trou, o Heer, my God en Vader:rotsvas u woorde en blywend u Gees.U trou wyk nooit en u goedheid duur ewig –U wat vir altyd dieselfde sal wees.RefreinGroot is u trou, o Heer, groot is u trou, o Heer! Daagliks sien ek u genade ontvou.U hand versorg my in nood en in lyding.Ek staan verstom voor u liefde en trou.

2. Somer en winter, en lente en oestyd,son, maan en sterre in stralende baan,sing juigend saam oor die Skepper se grootheid,loof God se trou waardeur alles bestaan.RefreinGroot is u trou, o Heer, groot is u trou, o Heer! Daagliks sien ek u genade ontvou.U hand versorg my in nood en in lyding.Ek staan verstom voor u liefde en trou.

3. Sondevergifnis en blywende vrede,u liefdestrou wat vertroos en my lei,krag vir vandag en ‘n hoopvolle môre:Duisende seëninge gee U vir my. RefreinGroot is u trou, o Heer, groot is u trou, o Heer! Daagliks sien ek u genade ontvou.U hand versorg my in nood en in lyding.Ek staan verstom voor u liefde en trou.

12

Page 13: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

F102. Ek Is Veilig(RUBRIEK: Flammikidz – Geloof en vertroue)Teks en musiek: Soekie Rautenbach© 1997 Brettian Productions(Opgeneem op Issie Waarheid)

Refrein:Ek is veilig, veilig in die Here.Ek is veilig, veilig in die Here.As ek bang is in gevaarweet ek God is altyd daar.Ek is veilig, veilig in die Heer.

Ek is veilig, veilig in die Here.Ek is veilig, veilig in die Here.As dit donker is om myweet ek God is naby my.Ek is veilig, veilig in die Heer.

1. Die Here is ’n rots en ’n skild vir my’n huis en ’n skuilplek waar ek veilig kan bly.Hy’s ’n muur van vuur en ’n toring wat staanen ’n eng’le-mag wat rondom my ’n laer opslaan.

2. Die Heer is soos ’n hen wat haar kuikens toevousoos ’n arend wat sy vlerke vir sy kleintjies oopvou.Die Here is ’n held; ’n redder is Hyas ek Sy Naam aanroep, dan beskerm Hy my.

Refrein:

VONKK 123 Wees Stil En WeetTeks: Stille, mein Wille! – Katharina von Schlegel (gebore 1697); Be still my soul – Jane Borthwich 1814-1897; Jacques Louw 2010 ©Musiek: FINLANDIA – Jean Sibelius 1899 (1865 -1957)© Teks: 2010 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)© Musiek: Openbare besitRUBRIEK: Klassiek – Lyding en Nood / Sterwe en Begrafnis

1. Wees stil en weet: Die Here God regeer.Kom bring na Hom jou hartseer en jou pyn.God sal voorsien; in donker tyd van seersal sy genade helder oor jou skyn.Wees stil en weet: Die Here God regeer.Net Hy genees ons hart se diepste seer.

13

Page 14: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

2. Wees stil en weet: Die Heer is altyd daar.In smart en eensaamheid is Hý by jou.Sy Heil’ge Gees sal jou getrou bewaaren met sy troos en liefde jou omvou.Wees stil en weet: Die Heer is altyd daar.Hy sorg vir jou in hartseer* en gevaar.

3. Wees stil en weet: As storms om jou woed,is Hy die rots waarop jy vas kan bou.Vertrou op Hom; in voor- en teëspoedkan jy jou lewe aan Hom toevertrou.Wees stil en weet: Die Here is jou krag.Hy gee jou moed en hoop vir elke dag.

4. Wees stil en weet: Jou God is in beheer.Niks sal jou ooit kan ruk uit God se hand.Geen siekte, swaarkry wat jy mag ontbeer,sal jou kan skei van God se liefdesband.Wees stil en weet: Jou God is in beheer.Niks kan sy liefde vir sy kinders keer.

* kan met siekte/lyding/swaarkry vervang word

4 God praat met ons en ons luisterGebed

SkriflesingPsalm 71:1-6

Familie-oomblik

Preek

4.1 Familie-oomblikBou vooraf ‘n fort van komberse en laat die kinders saam met jou in die fort sit terwyl julle gesels. Of, as jy nie kans sien vir die fort nie, vra wie van hulle soms kombers forte in hul huise bou, hoe die forte lyk, hoe hulle dit bou, ens.

Verduidelik dat die skrywer van die Psalm bang was. Daarom bid hy dat God vir hom ‘n plek sal wees waar hy veilig voel, soos ‘n rots waaragter hy kan wegkruip. Gesels oor nog plekke waar ‘n mens veilig voel, bv in jou ma se arms.

Wys almal op die manier waarop die skrywer van die Psalm skuif: eers vra hy God om vir hom ‘n veilige plek te wees, dan begin hy bely dat God vir hom ‘n veilige plek is.

Ons kan ook op die manier vir God vra om vir ons ‘n veilige plek te wees – en vir God dankie sê en vertrou, omdat hy vir ons daardie veilige plek is.

14

Page 15: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

Julle sou Flam 102 ook hier kon sing.

4.2 PreekriglynDie Psalms is ʼn besondere boek van geloof. Die Suid-Afrikaanse teoloog Jasper Burden skryf:

Die meeste van ons geniet die psalms omdat hulle ons eie swaarkry en geluk so presies verwoord. Die Psalmboek was deur die eeue 'n troosboek vir gelowiges. Daar is geen enkele emosie wat nie in hierdie Bybelboek weerspieël word nie. Dit is 'n boek vir mense, gelowige mense, maar ook vir twyfelaars. Hierdie boek spreek my met my eie probleme en vreugdes aan. Die digters gaan ons voor om God te prys, maar ook om by Hom te kla.

In die Psalms gaan dit oor die woorde op die lippe van die gelowige wat bewustelik in God se teenwoordigheid leef. Dit gaan nie maar oor mene wat "oor" God praat nie. Dit gaan oor gelowiges wat met geloofsvertroue "met" God praat. Die bidder praat en leef "voor" die aangesig van God.

In baie van die Bybelboeke word in die derde persoon oor God gepraat. Die psalms herinner die gelowige dat God nie maar tevrede is dat hulle net tweedehands of indirek deur bemiddeling van tussengangers met Hom leef nie. Inteendeel, God wil hê hulle moet doelbewus voor sy aangesig (Coram Deo) leef. Dus, met God self.

In die psalms speel die erediens en liturgie) 'n groot rol. Die erediens of byeenkoms van gelowiges is 'n soeke na verstaan, na die geestelike lewe en omgang met die Here, na die regte beoefening van die geloof voor God se aangesig. In die gebede, lofliedere, trane, of klaagliedere wat so kenmerkend van die Palms is, word die gelowige op ʼn diep en innige wyse betrek by verandering en verstaan. Nie net van hul eie aanvegting of seëninge nie, maar ook van gehoorsaamheid aan die God wat hul nooit alleen laat nie. Die Psalms gaan deurgaans om 'n persoonlike gesprek, 'n eksistensiële "ontmoeting" met die God wat luister, saamvoel en antwoord.

Ons eie ervaring

Psalm 71 herinner ons aan ons eie ervarings van soeke, pyn, swaarkry en verwerping, maar ook dié van vreugde en lof wat in die taal van die psalm opgesluit is.

Luister weer na hierdie kragtige woorde:

1 By U, Here, skuil ek, laat my tog nooitteleurgestel staan nie!2 Red my en bevry my, want U is getrou. Luister tog na my en help my!3 Wees vir my 'n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vindwat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting.4 My God, bevry myuit die hand van goddeloses, uit die greep van skurkeen verdrukkers,5 want U, Here, U is my hoop,op U, Here, het ek van jongs af

15

Page 16: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

vertrou.6 U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm. U loof ek gedurigdeur.

Wanneer mens hierdie woorde hoor, kom die situasie van so baie mense wat skreeu en dors na reg, geregtigheid en bevryding by mens op.

Ons land se misdaadlandskap van fisieke geweld, plaasmoorde, korrupsie, finansiële uitbuiting, huisinbraak, gesinsgeweld, transito rooftogte en voertuigkapings versterk ons gebede en geroep om reg en regverdiging.

Voor jou geestesoog sien mens Naka Drotske se foto in die koerant waar hy veg om sy lewe nadat wrede aanvallers hom byna doodgeskiet het. Jy herleef die toneel van ʼn jong man wat ʼn kind beweerdelik verkrag in ʼn restaurant in Pretoria. Die vriendelike glimlag van ʼn jong meisietjie wat deur haar kêrel vermoor is, kom in jou gedagtes op. Jy herroep die soveelste plaasmoord, sommer nog in vanoggend se koerant.

Hierdie gebed roep tot God dat God sal red en uitkoms sal bied. Dit soek troos in God se reg en geregtigheid.

ʼn Behoefte aan veiligheid

Veral senior burgers op plase en in huise op die dorp se noodkrete kom net soos die digter s'n op uit 'n behoefte om veilig te wees, om teen die aanslae van goddeloses en geweldenaars beskerm te word; dat God se reg en geregtigheid sal intree wanneer hulle benadeel en seergemaak word.

Voeg hierby nog die vrees van verwerping deur hulle kinders en geliefdes. Vroue word geterroriseer deur die wrede oorheersing van manlike aggressie, asook patriargale mag en moet vanweë verwerpingsangs koes vir vuishoue tydens gewelddadige fisieke aanrandings. En ook die pyn wat hulle deurmaak weens verbale aanrandings.

Hierdie Psalm roep egter nie net na God nie, maar vind ook rus in God.

Drie bewegings

Teoloog Walter Brueggeman sê die Psalms verteenwoordig drie bewegings:

Oriëntasie: ons is veilig by God, die lewe is geborge by Hom

Disoriëntasie: Ons lewe val uitmekaar deur krisisse, geloofsvrae, onbeantwoorde worsteling – dit word telkens aangrypend in die Psalms vertolk, asook

Heroriëntasie: Na stryd en aanvegting vind ons nuwe rus by God.

Hierdie drie bewegings is ook op ons lewens van toepssing. Psaml 71 help ons daarmee wanneer ons bedreig voel. Ons fases van

veilige oriëntasie (vreedsame, liefdevolle bestaan) in die verlede,

die disoriëntasie van hulle omstandighede (geweldskultuur, ontoereikenheid van die regstelsel om hulle te beskerm) en

die hunkering na heroriëntasie (God se wonders is tog weer hier, daar is hoop)

16

Page 17: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

lê vlak in ons eie gemoed.

God is in ons almal se herinneringe en ervarings van gister en eergister nog altyd die betroubare Helper, die liefdevolle Verlosser en regverdige Redder. Die Here se redding was vir ons nie maar net hoorsê nie.

Jan Woest som ons teks op deur te sê:

Ervaring (in die sin van konkrete lewensondervinding oor tyd heen en nie as emosionele gemoedsaandoening nie) voed vertroue. Ervaring uit die verlede gee aan die bidder die vertroue om in die hede antwoorde vir lewensituasies en –omstandighede by God en sy geregtigheid te soek.

Die jonger geslag

Ons teks praat nie net met ouer persone nie. Ook die jonger geslag word aangemoedig om hierdie gebed in hulle bange node en pyn te bid. Vir alle ouderdomme is die uitinge, "Here, Here, my vertroue van my jeug af" (5) en "ek was vir baie soos 'n wonder" (7) aktueel.

Die woorde van verse 5 en 6 spreek ons kinders en jeug aan:

Op U, Here, het ek van jongs afvertrou.U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm. U loof ek gedurigdeur.

Hierdie psalmdigter vertel biddend dat hy 'n magdom ervarings van God se wonders en redding uit nood het omdat hierdie ervaring reeds in sy jeugtyd begin het! Sy geloofspad met God het nie eers in hoë ouderdom begin nie.

Die waarde van ervaring uit die jeugjare word geillustreer deur Jürgen Moltmann se lewensverhaal. In die boek Experiences of God vertel hierdie Duitse Sistematiese Teoloog op aangrypende wyse hoe die psalms, veral die klaagpsalms, sy lewe verander het en hom tot aanneming van Jesus Christus gebring het.

Dit was terwyl hy as jong krygsgevangene tydens die Tweede Wêreldoorlog in 'n kamp in België aangehou is. Die oomblik toe sy hoop aan skerwe was en sy sinservaring van die lewe totaal in duie gestort het, het 'n kapelaan vir hom 'n Nuwe Testament gegee.

Die Nuwe Testament, so vertel Moltmann, het op daardie stadium nie veel vir sy hopelose situasie in die kamp gesê nie, maar gelukkig was daar agter in die Bybeltjie ook die psalms. Hy het dit angstig begin lees op soek na 'n antwoord vir hom uit sy diepe nood en angs. Toe hy by Psalm 39 kom, het die eerste skynsels van die evangelie begin deurbreek. Sy belewing was dat God wat kon verstaan dat mense soms voel soos hy tóé gevoel het, die moeite van 'n nadere ondersoek werd was.

Moltmann sou later bely: "I didn't find Christ, he found me." Na die oorlog het hy by 'n Christen Studente Organisasie gaan aansluit. Op die ouderdom van 22 jaar, het hy in 1948 sy teologiese studies begin. Sy boek Theology of Hope is dus ervaring van hoop wat alreeds in sy jeugjare begin het.

Onderlinge bystand

17

Page 18: Preekriglyne – vir eredienste€¦  · Web viewDie foto van ‘n rots fort in Altiplano, Argentinië, is deur Rod Waddington by flickr.com CC BY-SA 2.0. Die foto van die kombers-fort

Ons gebed om God se redding onderstreep ook ons verantwoorelikheid as God se kerk. Lidmate het ʼn wedersydse verpligting of koinonia om mekaar by te staan sodat sosiale geregtigheid kan geskied. Psalm 71 beklemtoon ook ons plig tot verbondenheid tot sorg, omgee en liefde; ons plig om te staan waar God in sy geregtigheid en reg staan.

Een van die Gereformeerde belydenisskrifte (Belydenis van Belhar) sê juis:

Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; . . . dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg; . . . Dat Hy dié wat bedruk is ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad vir die goddelose versper; . . . dat Hy sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek; . . . Dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding moet bystaan, wat onder andere inhou dat die kerk sal getuig en stry teen enige vorm van ongeregtigheid sodat die reg aanrol soos watergolwe en die geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.

Bidders

Die primêre oproep van Psalm 71 is om die gemeente tot bidders op te roep, wat soos die digter vooruitskouend beloof en roem dat hulle God sal loof en prys omdat hulle glo en oortuig is Hy sal redding bring. Met musiekinstrumente moet ons voortydig die wonders wat sal kom nou al besing! Nou reeds die nuwe dagbreek, die troos en vreugde, die nuwe toekoms hoopvol vier! Want dit gaan verseker kom. Ons moet net biddend wag. En dit sal kom as seën, as geskenk.

Dit waarborg dié Here wat 'n pad in die see gemaak het. Hy gáán iets nuuts vir jou skep. Hy gaan jou verras.

5 God stuur ons om te leefGebed

Dankoffer

SlotsangFlam 102 Ek is veilig http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f102/ ofVonkk 123 Wees stil en weet http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00123/ of Lied 470 U, Here, is ons koning

Seën

ResponsEen van die Amen-liedere

Liturgie, familie-oomblik en Powerpoint: Rethie van Niekerk

Preek: Danie Mouton

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

18