Upload
others
View
5
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Praktiese teologiese perspektiewe vir die ontwikkeling van digitale
kommunikasie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Vrystaat.
deur
PETRUS FRANCOIS MARITZ
Praktiese teologiese perspektiewe vir die ontwikkeling van
digitale kommunikasie in die Nederduitse Gereformeerde
Kerk in die Vrystaat.
deur
Petrus Francois Maritz (B.Th) (BA Hons)
Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad
MAGISTER DIVINITATIS
In die
FAKULTEIT TEOLOGIE
DEPARTEMENT PRAKTIESE TEOLOGIE
aan die
UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT
September 2014
Studieleier: Prof. Jan-Albert van den Berg
1
Ek, Petrus Francois Maritz, verklaar dat die skripsie wat hierby vir die graad Magister Divinitatis aan die Fakulteit Teologie by die Universiteit van die Vrystaat deur my
ingedien word, my selfstandige werk is en nie voorheen deur my vir ’n graad aan ’n ander universiteit/fakulteit ingedien is nie.
2
Hierdie werk word opgedra aan:
My ouers.
3
INHOUDSOPGAWE
HOOFSTUK 1: INLEIDING
1.1 Navorsingsprobleem p 01
1.2 Besonderhede van die vooraf studie wat gedoen is p 02
1.3 Navorsingsmetodologie p 03
1.4 Prosedure p 04
1.5 Waarde van die studie p 04
1.6 Samevatting p 05
HOOFSTUK 2: DIE DESKRIPTIEF-EMPIRIESE TAAK
2.1 Inleiding p 06
2.2 Hoe lyk die Vrystaat? p 06
2.3 Definieer dit p 11
2.4 Kanale van kommunikasie p 12
2.5 Kommunikasie, maar digitaal p 12
2.6 ’n Generasie gevorm deur... p 14
2.7 Kind van haar tyd p 15
2.8 Samevatting p 16
HOOFSTUK 3: DIE INTERPRETERENDE TAAK
3.1 Inleiding p 18
3.2 Sosiale kapitaal p 18
3.3 Die inligting stad p 20
3.4 Sosiale strukture p 21
3.5 Sosiale netwerke op die internet p 22
3.6 Samevatting p 23
4
HOOFSTUK 4: DIE NORMATIEWE TAAK
4.1 Inleiding p 24
4.2 Trinity Cathedral p 24
4.3 ’n Etiek van (digitale) kommunikasie p 25
4.4 ’n Teologie van (digitale) kommunikasie p 28
4.5 ’n Goeie handeling van (digitale) kommunikasie p 31
4.6 Verskeie vorme van kommunikasie p 33
4.7 Integrasie van kommunikasie vorme p 43
4.8 Samevatting p 43
HOOFSTUK 5: DIE PRAGMATIESE TAAK
5.1 Inleiding p 45
5.2 Sosiale aspekte van kommunikasie p 45
5.3 Trappe van kommunikasie p 49
5.4 Die medium, die boodskap p 52
5.5 Samevatting p 53
HOOFSTUK 6: SAMEVATTING
6.1 Inleiding p 54
6.2 Die deskriptief-empiriese taak p 54
6.3 Die interpreterende taak p 55
6.4 Die normatiewe taak p 55
6.5 Die pragmatiese taak p 57
6.6 Samevatting p 57
BIBLIOGRAFIE p 58
OPSOMMING/ABSTRACT p 62
SLEUTELWOORDE/KEYWORDS p 63
1
HOOFSTUK 1: INLEIDING
1.1 Navorsingsprobleem
Met hierdie studies al daar gepoog word om die huidige kommunikasie beleid en
vorme van kommunikasie wat gebruik word in en deur die Nederduitse
Gereformeerde Kerk (NGK) in die Vrystaat te ondersoek. Die doel van die studie sal
wees om ‘n voorstel te bied wat behulpsaam en aanvullend sal wees tot die huidige
vorme van kommunikasie wat deur die NGK in die Vrystaat gebruik word. Huidige
vorme van kommunikasie in die Vrystaat deur die NGK is oorwegend staties in terme
van die digitale, en steen steeds sterk op skriftelike kommunikasie.
Tegnologie, veral kommunikasie tegnologie, verander teen ‘n geweldige spoed. Die
medium wat die boodskap oordra moet nie onderskat word nie, daarom is dit
noodsaaklik dat die NGK in die Vrystaat haar huidige vorme van kommunikasie
heroorweeg. Nuwe terreine van kommunikasie sal verken moet word om in ‘n
versnellende samelewing relevant te bly.
Verskillende vorme van kommunikasie wat tans in gebruik is sal ondersoek word.
Hierdie sluit in skriftelike skrywes, e-nuusbriewe, die amptelike webblad van die NGK
in die Vrystaat, verskeie Facebook bladsye met betrekking tot die Vrystaatse NGK, en
die afwesigheid van ‘n amptelike Twitter rekening in die naam van die Vrystaatse
NGK.
Op ‘n konseptuele vlak sal daar ondersoek word of daar ‘n verskil tussen die digitale
en die fisiese is. In hierdie soeke na, ‘n, of die, realiteit moet die ontologiese nie
verwar word met die epistemologiese nie. Die ontologiese vraag het te make met
wat is werklik, en die epistemologiese vraag te make met wat is die waarheid
(Woolley, 1992:5). Die waarheid, of die epistemologiese, is ‘n relatiewe vraag. Of
waarheid vir die post-moderne Christen ‘n relatiewe idee moet wees, is egter ‘n
ander vraag. Die epistemologiese vraag oor ‘n digitale wêreld en hoe so ‘n
werklikheid skakel met die post-moderne mens sal verder in hierdie studie
ondersoek word.
2
Indien daar wel ‘n verskil tussen die digitale en die fisiese na vore kom, sal daar
gekyk word hoe hierdie verskille in terme van kommunikasie aangespreek kan word.
Vanuit hierdie konseptuele vrae sal daar beweeg word na die meer pragmatiese, na
wat regtig nodig is vir kerklike kommunikasie in die Vrystaat. Wat die sosiologiese
profiel van die Vrystaatse NGK is sal ondersoek word om te bepaal watter vorme van
kommunikasie gepas sal wees vir watter generasie van lidmate. Die verskillende
vorme van kommunikasie, asook die verskillende vorme van digitale kommunikasie
sal ondersoek word om ‘n beter verstaan te kry van die medium wat die media sal
dra.
Vanuit die bogenoemde navorsing sal daar beweeg word na wat die beste wyses van
konteks spesifieke kommunikasie vir die NGK in die Vrystaat sal wees. Daar sal ook
ondermeer gefokus word oor hoe God die beste aan gemeentes, en die buite ‘n
formele kerklike denominasie, gekommunikeer kan word.
Die doel van hierdie studie sal uit die bogenoemde blyk om ‘n effektiewe
kommunikasiestelsel vir die NGK in die Vrystaat te skep. ‘n Kommunikasiestelsel wat
gebruikersvriendelik sal wees, om die meeste mense te kan bereik en te betrek by
die doen en late van die NGK in die Vrystaat.
1.2 Besonderhede van die vooraf studie wat gedoen is
In ‘n verkenning van navorsing wat op die terrein van kommunikasie in die
Vrystaatse NGK gedoen is, is daar weinige bronne opgespoor. Daar is geen
gepubliseerde bronne oor die kommunikasie van spesifiek die NGK in die Vrystaat
nie. Een bron wat wel ‘n bydrae maak tot die studieveld is DJ Louw se Die Stad In Die
Mens wat in 1980 gepubliseer is, waarin kortliks oor kerkwees en kommunikasie
gepraat (Louw, 1980:119). ‘n Ander bron is ‘n verhandeling ter vervulling van die
vereistes vir die graad M.A. in die Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte aan die
Universiteit van die Oranje-Vrystaat deur F.W. Gericke oor Die Ontwikkeling Van
Kommunikasie In Die Oranje-Vrystaat 1854-1886 wat in 1968 gepubliseer is (Gericke,
1968). Dit raak duidelik dat daar min oor kommunikasie in die Vrystaat geskryf is, en
veral min oor konteks spesifieke kommunikasie in die Vrystaatse NGK.
3
Wat digitale kommunikasie in die breë betref is daar egter ‘n vloedgolf van bronne
beskikbaar. Daar is groot hoeveelhede inligting oor die sosiale media fenomeen wat
die afgelope paar jaar eksponensieel gegroei het en steeds groei. Digitale
kommunikasie het ‘n enorme impak op elke vakdissipline gelaat.
1.3 Navorsingsmetodologie
Omdat hierdie studie in die veld van Praktiese Teologie val sal daar van Richard
Osmer se model gebruik gemaak word. Aan die hand van Osmer se model sal die
studie voortdurend getoets word om te sien of die studie nog prakties teologies op
koers is. (Osmer, 2008:4) vra vier praktiese vrae; die eerste vraag is die beskrywende
vraag (wat is aan die gebeur), die tweede die interpreterende vraag (hoekom is dit
aan die gebeur), die derde die normatiewe vraag (wat moet eintlik gebeur), en die
vierde en laaste vraag, die pragmatiese (hoe gaan dit gebeur). Aan die hand van
hierdie vier vrae sal die studie gestruktureer word.
Vir hierdie navorsing sal daar sterk gesteun word op ‘n verkennende literatuurstudie
bestaande uit resente navorsing wat oor die betrokke veld gepubliseer is. Daar sal
gebruik gemaak word van sosiale media, veral in die vorm van die sosiale media
platforms, Twitter en Facebook om tendense oor die gebruik van sosiale media bloot
te lê. In hierdie studie sal digitale vorme van kommunikasie sal voorkeur geniet bo
ander vorme van kommunikasie.
Daar sal eers ‘n deeglike literatuurstudie gedoen word om ‘n greep oor die skopus
van die studie te kry, van wat reeds in die Vrystaat gedoen is in terme van
kommunikasie, en veral digitale kommunikasie. Vanuit hierdie literêre
wegspringblokke sal beweeg word na die meer onbekende praktyk van digitale
kommunikasie. Die literêre en praktiese navorsing sal gekombineer word om nuwe
insigte aan die lig te bring.
4
1.4 Prosedure
Wat die prosedure van die navorsing betref is daar ‘n logiese orde aan die werk. Die
een kan nie sonder die ander geskied nie, elke hoofstuk is interafhanklik van die
volgende. Daarom is dit noodsaaklik om die navorsingsprobleem sistematies deur te
werk sodat daar nie omslagtig met inligting omgegaan word nie.
Die eerste gedeelte sal deskriptief empiries kyk na watter impak (digitale)
kommunikasie konteks spesifiek in die Vrystaat gehad het. ’n Analise van die konteks
sal statisties weergegee word om die sosiologiese verskynsels te ondersteun. Daar
sal ook gekyk word na die ondersteunende konseptuele vlak van die digitale. Hoe ’n
verskil in die digitale en die fisiese haarself manifesteer in die alledaagse lewe. Saam
sal die sosiologiese en konseptuele ’n raamwerk bied waaruit te werk gegaan sal
word. Vanuit die konseptuele sal beweeg word na die meer aktuele vraag wat vra
hoekom dit wat in die eerste gedeelte uitgewys is, aan die gebeur is. Daar sal
deurgaans wederkerig te werk gegaan word tussen internasionale en Vrystaatse
tendense. In hierdie tweede gedeelte sal daar ook meer spesifiek gekyk word na
hoekom sekere kommunikasie mediums bo ander in die Vrystaatse NGK verkies
word. In die derde gedeelte sal daar beweeg word na ‘n normgewende praktiese
teologiese voorstel oor perspektiewe van kommunikasie in die Vrystaatse NGK. In
hierdie derde beweging sal daar na die etiese en teologiese norme gekyk word,
asook wat goeie handeling vir die norm betref. Vierdens, sal daar gefokus word oor
hoe hierdie prakties teologiese voorstelle doeltreffend geïmplementeer kan word.
Laastens sal al die bogenoemde saamgevat word in lyn met Osmer se viervoudige
praktiese teologiese taak.
Uit die bogenoemde uitleg van die prosedure kan die orde van die studie afgelei
word.
1.5 Waarde van die studie
Hierdie studie word onderneem om te help om relevante en aktuele kommunikasie
perspektiewe vir die Vrystaatse NGK op te stel sodat daar effektief met en in die
kerk, en haar breër gemeenskap, gekommunikeer kan word. Sodat daar helder
gekommunikeer kan word, nie net tussen amptenare nie, maar ook tussen die kerk
5
en haar lidmate, en die breër Vrystaatse gemeenskap. As daar nie gekommunikeer
kan word nie, val die wese van kerkwees (koinonia) inderwaarheid deur die
kommunikatiewe krake omdat kerkwees juis in wese ‘n gemeenskaplike saak is, ‘n
gemeente is nie ‘n individu nie (van Zyl, 2014:elektroniese bron). Biologies stuur
verskillende liggaamsdele seine aan mekaar om te kan funksioneer, as liggaam van
Christus moet die kerk effektief kan kommunikeer om te bestaan.
1.6 Samevatting
Hierdie studie gaan ondersoek instel oor hoe daar effektief digitaal in die Vrystaatse
NGK gekommunikeer kan word. Hierdie ondersoek sal aan die hand van Osmer
2008:4 se vier prakties teologiese vrae geskied, naamlik die deskriptief-empiriese,
die interpreterende, die normatiewe en laastens die praagmatiese taak. ‘n
Verkennende literatuurstudie sal onderneem word, asook gebruik gemaak word van
enkele voorbeelde uit die praktyk. Vir so ‘n studie om waarde toe te voeg tot ‘n
gemeenskap is dit belangrik dat dit kontekstueel geskied, daarom die fokus in die
volgende hoofstuk op die deskriptief-empiriese waar die Vrystaat verken word.
6
HOOFSTUK 2: DIE DESKRIPTIEF-EMPIRIESE TAAK
2.1 Inleiding
In hierdie tweede hoofstuk sal daar na statistieke gekyk word om die konteks van
Suid-Afrika en meer spesifiek die Vrystaat bloot te lê. Vanuit die konteks analise sal
daar kortliks oor die heersende tydsgees (te) besin word. Ondersteunend tot die
bogenoemde konteks analise sal daar na die konseptuele motiveerders gekyk word.
Vanuit die konteks analise en die konseptuele motiveerders sal ’n raamwerk
saamgestel word waarbinne die argumente oor (digitale) kommunikasie gevoer sal
word.
2.2 Hoe lyk die Vrystaat?
Die Vrystaatse Sinode van die Nederduits-Gereformeerde Kerk (NGK) is in Suid-
Afrika, daarom is dit nodig om Suid-Afrika self te bestudeer in vergelyking met
globale tendense.
Elke NGK behoort tot ’n Ring, wat bestaan uit omliggende gemeentes wat mekaar
ondersteun. Hierdie Ring behoort tot ’n groter Streeksinode wat weer bestaan uit al
die Ringe van ’n bepaalde streek. Hierdie Streeksinode behoort weer tot die
Algemene Sinode wat die breedste vorm van gesag in die NGK is. Die woordjie
“breedste” word spesifiek gebruik omdat geen vergadering ’n hoër status as ’n
andere beklee nie. Elke vergadering, hetsy kerkraad, ring, streeksinode of Algemene
Sinode is geskoei op die anti-hiërargiese beginsels soos vervat in die NGK Kerkorde
van 2013. Hierdie beginsels is afgelei van die Sinode van Emden van 1571 en die
Disciplines Ecclesiastiques van die eerste Franse gereformeerde sinode, die Sinode
van Parys van 1559 het immers daarmee begin (Strauss, 2010:51). Elke vergadering
het volmag om die sake op die vergadering te hanteer, indien nie tot besluit gekom
kan word nie, mag dit na ’n meerdere vergadering verwys word. ’n Meerdere
vergadering het slegs te make met die sake van ’n mindere vergadering indien dit na
die meerdere vergadering verwys is. Hierdie anti-hiërargiese struktuur definieer die
struktuur van die NGK in Suid-Afrika.
7
Die navorsingsmaatskappy Ipsos het in 2012 (soos in 2008) weer die vraag gevra;
“Hoe lyk Suid-Afrika as dit ’n dorpie sou wees.” (Ipsos, 2012:elektroniese bron). Ipsos
het ’n verslag saamgestel kragtens vrae soos: “As Suid-Afrika ’n enkele dorpie was
met slegs 100 inwoners, hoe sal dit lyk? Hoe sou die mense wees en wat verwag
hulle van die lewe?
Die gemiddelde ouderdom van die mense in die dorpie sou 36.51 jaar wees, met
52% van die dorpie wat jonger of gelyk aan 34 jaar is. 52% van die dorpie sal
enkellopend wees en 32% getroud. Wat die dorpie se geestelike lewe aanbetref sal
57 van die 100 mense Christene wees, teenoor die 73 wat Christene was in 2008. Dit
beteken dat in ’n tydperk van 4 jaar het 21 mense hulself nie meer as Christene
beskou nie. Van die 57 Christene in die dorpie sal 43 Protestant wees en 14 Rooms-
Katoliek. Wat meubels, fasiliteite en toebehore in huishoudings betref sou 18 ’n
persoonlike rekenaar of skootrekenaar besit en 11 teenoor 2008 se 17 sou ’n landlyn
telefoon besit. Wat digitale kommunikasie in hierdie dorpie betref; 8 uit elke 10 sou
geen internet toegang hê nie, terwyl 6% in staat sou wees om die internet vanaf hul
werk te gebruik, 6% vanaf hul huise en 13% via hul selfoon. 83 teenoor 2008 se 80
sou ’n selfoon besit, huur of gebruik (Ipsos, 2012:elektroniese bron).
Vanuit die bogenoemde statistieke is dit duidelik dat Suid-Afrika ’n relatiewe jong
land is waar die gemiddelde ouderdom 37 jaar is en 52% van die landsburgers 34 jaar
en jonger is. Hieruit kan afgelei word dat die afname in landlyn telefone en die
toename in selfone moontlik te make het met die ouderdom peil van die land. Wat
ook insiggewend is, is dat Suid-Afrikaners verkies om die internet vanaf hul selfone
te gebruik.
Dit is belangrik om die skuiwe van die internet te verstaan om ook die skuiwe van
kommunikasie te verstaan. Veral omdat daar oor perspektiewe van digitale
kommunikasie navorsing gedoen word. Om die verskille tussen die verskillende
vorme van die internet uit te wys is dit gepas om na Heather Mansfield se Social
Media for Social Good (Mansfield, 2012:xiii) te verwys. In die inleiding van haar boek
verduidelik sy dat web 1.0 te make het met die statiese web. Hierdie statiese web
word gekarakteriseer deur van een tot baie uit te saai, ’n voorbeeld hiervan sluit in
webtuistes en e-nuusbriewe. Web 2.0 word geken as die sosiale web. Hierdie sosiale
8
web is ’n uitvloeisel van die statiese web in die sin dat die verskillende internet
verbruikers nou met mekaar begin gesels oor die internet, voorbeelde hiervan is
sosiale netwerk webtuistes en Blogs. Web 3.0 is dit wat die magte van die vorige
twee vorme van die web kombineer en die verbruiker in staat stel om dit alles
mobiel te geniet. Hierdie derde vorm van die web sluit ook die internet-van-dinge in,
dit is die verbruiker wat deur die internet met huishoudelike toestelle kan
kommunikeer en so byvoorbeeld ’n geyser of ligte aan en afskakel vanaf ’n afstand
weg van die persoon se huis. Web 3.0 staan ook bekend as die mobiele web.
Slimfone is besig om ’n beduidende rol te speel in hierdie vorm van die web.
Webtuistes en sosiale media kan al meer mobiel geniet word, wat die verbruiker in
staat stel om enige tyd en plek in pas met die internet te wees. Suid-Afrika is egter
nog in haar kinderskoene wat web 3.0 aanbetref, veral in die vorm van die internet-
van-dinge waar nog net ’n baie klein persentasie van die land sulke gerief reeds
geniet.
Heidi Campbell skryf in haar When Religion Meets New Media (Campbell, 2010:9)
dat “new media is that generation of media which emerges on the contemporary
landscape and offers new opportunities for social interaction, information sharing,
and mediated communication.” Lev Manovich beskryf new media vêrder in Campbell
en argumenteer dat new media uit twee vlakke van verstaan bestaan; die eerste is
die gerekenariseerde vlak wat te make het met die tegniese struktuur van die media
en die tweede is ’n kulturele komponent wat suggereer dat die karakter van new
media sekere vorme van interaksie aanmoedig (Campbell, 2010:10).
Soos die mens besig is om kultureel by die internet aan te pas, is die internet besig
om werklik orals beskikbaar te raak deur ’n skootrekenaar, ’n tablet, of ’n slimfoon
en die opsies hou aan met groei. Wat uniek is aan die verhaal van Suid-Afrika
rakende haar vinnige aanneming van die mobiele internet is dat die land vir lank
onder die monopolie van die maatskappy Telkom die landlyn diensverskaffer gebuk
gegaan het. Hierdie monopolie het veroorsaak dat internet toegang baie duur was.
Mobiele netwerke soos Vodacom, MTN en CellC het gemaak dat internet toegang
meer bekostigbaar en toeganklik vir Suid-Afrikaners geraak het. Die totale
hoeveelheid van mobiele internet gebruikers het die van landlyn internet gebruikers
9
verbygesteek in Suid-Afrika gedurende 2007. In 2012 was daar 1,1 miljoen landlyn
gebruikers (Union, 2012:elektroniese bron) en 12,7 miljoen mobiele gebruikers
(Union, 2012:elektroniese bron) van breëband internet.
As daar na die Pondering Panda Youth Report 2014 navorsingsverslag (Panda,
2014:elektroniese bron) gekyk word na wat jongmense vir ontspanning doen, sal
daar gesien word dat 60% van jongmense vir ontspanning hulle tyd op sosiale
netwerke spandeer en 25% die internet besoek. Hierdie feite beteken dat jongmense
meer tyd alleen spandeer en ten spyte daarvan beteken dit egter nie dat hulle
minder sosialiseer nie. Die medium van kommunikeer het slegs verander van ’n
gesig-tot-gesig gesprek na ’n aanlyn gesprek, wat die jeug van Suid-Afrika deel maak
van die internet-generasie.
Met hierdie insigte as agtergrond is dit nou gepas om na die Vrystaat provinsie te
beweeg en na statistieke te kyk rakende kommunikasie. As daar na Cencus 2011
gekyk word dan sal daar gesien word dat die totale bevolking van Suid-Afrika 51,7
miljoen is, waar dit in 1996, 40,5 miljoen was. Die totale bevolking van die Vrystaat is
2 745 590 mense, dit is 5,3% van die totale bevolking. Sensus 2011 wys ook vir ons
dat die gemiddelde ouderdom van die Vrystaat 26 jaar is, wat beteken dat die
gemiddelde Vrystater in 1988 gebore is en het dus saam met die internet
grootgeword. Hierdie internet-generasie soos Pondering Panda hulle noem se liefde
vir tegnologie is te blyke in die onderstaande tabel.
Sien volgende bladsy.
10
Wat hier gesien word, is dat die gebruik van selfone, rekenaars en televisies
merkbaar toegeneem het vanaf 2001 na 2011. Die afname in landlyn telefoon is
reeds bespreek i.t.v. die monopolistiese magte en daarom is dit te verstane. Wat wel
interessant is, is die afname in radio gebruik waarna dit in 2007 toegeneem het
vanaf 2001. In die afname in radio gebruik kan daar moontlik ’n korrelasie gevind
word in die toename in selfoon gebruik, want ’n selfoon beskik oor tegnologie om
musiek te stoor en te speel.
Die bogenoemde statistieke wys dat Suid-Afrika, parallel met wêreldwye tendense,
al meer na die digitale en mobiele neig. Op elke vlak van die samelewing neem die
omarming van die die mobiele (breëband) internet toe. Dit is veral sigbaar in Suid-
Afrika, in vergelyking met Westerse lande, omdat duur landlyn (breëband) internet
aan die orde van die dag is. Waar slegs 14,5% van die bevolking landlyn telefone het,
het ’n kontrasterende 88,9% van die bevolking toegang tot selfone volgens Sensus
2011. In ag genome die spoed waarteen tegnologie verander en verbeter is hierdie
persentasie waarskynlik vandag nog meer, wat meer mense toegang tot die wêreld
wye web gee via hulle slimfone. Toby Shapshak, ’n Suid-Afrikaner en die redakteur
van Stuff Magazine (Shapshak, 2014:elektroniese bron) noem in ’n toespraak by ’n
wêreldbekende TED (Technology, Education and Design) konferensie dat “The gold
of today is mobile, and mobile is the enabler that makes all possible.”
11
2.3 Definieer dit
As die woord ‘digitaal’ gehoor word, word daar dadelik gedink aan rekenaar stelsels
wat seine stuur sonder dat dit gesien word. Wat in hierdie studie verstaan moet
word onder die term ‘digitaal’ is hierdie onsigbare seine en meer. As Google (Anon.,
2014:elektroniese bron) gevra word om die woord te definieer dan word verskeie
definisies gegee. Almal van hierdie definisies deel egter die abstrakte semantiese
veld (Nida, et al. 1991:75), behalwe een en dit is die een waarvan die woord in die
15de eeu afgelei was. Die definisies is soos volg:
(Of signals or data) expressed as series of the digits 0 and 1, typically
represented by values of a physical quantity such as voltage or
magnetic polarization.
Relating to, using, or storing data or information in the vorm of
digital signals.
Involving or relating to the use of computer technology.
(Of a clock or watch) showing the time by means of displayed digits
rather than hands or a pointer.
Relating to a vinger of fingers.
Wat interessant is, is dat die woord digitaal so gepas van die Latynse woord digitus
afgelei is. Digitus wat digitalis geword het en vandaar ons hedendaagse woord,
‘digitaal’. Digitus wat oorspronklik afgelei is van die woord vinger(s), is so gepas
aangesien meeste van dit wat vandag as digitaal beskou word, deur die toetsbord vir
die rekenaar/sleutelbord waaraan sleutels gehang word (waar die vingers gebruik
word) ingevoer word. Met die invoer aksie skakel dit wat ingevoer word uiteraard
om in seine van 0 en 1, wat weer deur middel van programmering beelde en klank
op ’n skerm vertoon.
Wat die fisiese betref verwys dit na alles wat nie deur die digitale gemedieer word
nie. Wat ook op sy beurt vir ons wil sê dat die digitale ’n medium op die meeste is.
Dit is dus onwaarskynlik dat die digitale sonder die fisiese kan bestaan, aangesien die
fisiese spreekwoordelik lewe (deur die vingers) gee aan die digitale.
12
2.4 Kanale van kommunikasie
As daar oor kommunikasie gepraat word, is daar verskillende kanale van
kommunikasie (Nida, et al., 1994:84). Een van die belangrikste kanale van
kommunikasie is die chemiese kanaal, ’n kanaal wat meermale geïgnoreer word.
Chemiese kommunikasie vind vir mense deur hormone plaas en vir insekte deur
feromone. Die kanaal van gehoor is ook ’n belangrike vorm van kommunikasie vir die
lewende wêreld. Aanraking is nog ’n kanaal van kommunikasie. Reuke kan ook ’n
vorm van kommunikasie wees, waar mense selfs voorstel dat daar ’n taal van
parfuum is. Eksperimente met voëls wil voorstel dat daar selfs ’n elektromagnetiese
kanaal van kommunikasie tussen voëls met mekaar is. Die belangrikste kanaal van
kommunikasie en ook die een wat intensief in hierdie studie ondersoek word, is die
van spraak. Spesifiek spraak omdat dit grondliggend is vir die geskrewe
kommunikasie. Spraak is egter nie die enigste bousteen vir geskrewe kommunikasie
nie, sonder die kanaal van sig sou dit onmoontlik gewees het.
Vanuit die bogenoemde definisies oor die digitale, die fisiese en wat verskillende
kanale van kommunikasie behels kan daar met oortuiging afgelei word dat digitale
kommunikasie van sig en spraak as kanale van kommunikasie afhanklik is. Daar kan
ook afgelei word dat die digitale as medium onmoontlik die volheid van fisiese
kommunikasie kan weergee, omdat dit feitlik nie daartoe in staat is om menslik
sintuiglik te wees nie. Daar kan egter ook geargumenteer word dat nie enige
enkelvoudige kanaal kommunikasie selfstandig kan weergee nie. Daarom kan daar
afgelei word dat digitale kommunikasie gevolglik dieselfde rol as ’n tradisionele
kanaal van kommunikasie speel.
2.5 Kommunikasie, maar digitaal
Ten spyte van die onvolledige kommunikasie wat die digitale medium bied, is dit
steeds ’n vorm van kommunikasie waar daar voorheen geen kommunikasie was nie.
Turkle skryf in haar boek Alone Together (Turkle, 2011:18) dat teen die 1990’s het
die rekenaar ’n weg geword wat mense in staat gestel het om parallelle digitale
lewens te lei. Teen die middel van die 1990’s het die rekenaar tegnologie so
ontwikkel dat toegang tot die digitale netwerk nie meer ’n eindbestemming vereis
13
het nie. Met rekenaarprogramme kon die individu sigself in staat stel om die internet
te lees en te besoek. Met dit as agtergrond het die internet mobiel geraak en vandag
dra elkeen dit mobiel en gerieflik saam. Die internet, inligting en so ook vriende, is
konstant digitaal teenwoordig. Met die bogenoemde ingedagte is dit merkbaar hoe
digitale kommunikasie moontlikhede ontsluit het wat voorheen as towerkuns
beskou sou word.
’n Digitale kultuur is dus aan die groei en dit het implikasies vir die ganse mensdom.
Nie net oor hoe daar gekommunikeer word nie, maar ook oor hoe daar geleef en
geleer word. Lewe is primêr sosiaal en hoe die sosiale lewe op die internet geleef
word, is belangrik. Vanuit die mobiele internet is Twitter gebore, ’n platform wat die
geleentheid bied om oomblikke aanlyn te plaas soos dit gebeur. ’n Voorbeeld van so
’n oomblik aanlyn word geïllustreer deur Sohaib Athar (@ReallyVirtual) wanneer hy
reeds tien ure voordat enige offisiële nuusberigte verskyn het, ’n tweet die lug laat
sien het oor ’n ongewone helikopter wat bo-oor Abbottabad vlieg (O’Dell,
2011:elektroniese bron). Hierdie wys ons dat Twitter op ’n vinnige intydse (realtime)
wyse nuus kan oordra en gesprek toelaat oor kontinente wat vir die wêreld sigbaar
is. Met uitdrukkings van die self in ’n bepaalde omgewing op ’n bepaalde tydstip is
die individu onmiddellik deel van ’n internasionale digitale gemeenskap.
Twitter wat ’n uiters gewilde digitale kommunikasiemedium is, het in 2006 ontstaan
(van Dijk, 2012:334) en het in April 2010 reeds 105,779,710 geregistreerde
gebruikers gehad. Om dit in perspektief te stel, volgens Sensus 2011 bestaan Suid-
Afrika uit 51,7 miljoen mense, Twitter het in 2010 uit 105,7 miljoen geregistreerde
gebruikers bestaan. Dit wil sê dat die Twitter gemeenskap in 2010 reeds meer as
dubbeld so groot was soos die hele Suid-Afrika in 2011. Via digitale toestelle kan
Twitter gebruikers boodskappe van 140 karakters met hulle volgelinge (followers)
deel. Teen ’n tempo van meer as 300,000 nuwe gebruikers wat daagliks aansluit en
180 miljoen unieke maandelikse besoekers wat sowat 55 miljoen tweets per dag
versend, is Twitter met 175 werknemers ’n beduidende rolspeler in die digitale
wêreld (Joubert, 2010:49).
14
2.6 ’n Generasie gevorm deur...
Tegnologie en spesifiek mobiele tegnologie moet nie ligtelik opgeneem word nie. Die
gereedskap wat gebruik word vorm die verbruiker (Turkle, 2011:16) en vandag word
gereedskap al meer tegnologies en mobiel. Elwell (2011:11) noem ook dat hierdie
verskynsel teenwoordig is in die gebruik van die internet tot die iPad. Dat hierdie
tegnologiese uitvindsels nie kulturele artefakte is nie, maar uitvindsels is wat ’n
samelewing vorm. Die gebruik van tegnologiese uitvindsels beïnvloed die manier hoe
die mens die wêreld op ’n diepte vlak ervaar en verstaan. Elwell (2011:10) voer
vêrder aan dat vanweë die geweldige impak van die digitale op die mens se bestaan,
maak dit ’n essensiële deel uit van die mens se religieuse lewe.
Tegnologiese gereedskap het kinders begin vorm en hulle het begin vra hoe die lewe
sou wees as rekenaars lewendig sou wees. Die vraag oor ’n lewendige digitale wese
kan moontlik afkomstig wees vanuit gedagtes oor die internet wat oor kollektiewe
inligting beskik en op ’n manier passief met die mens hierdie inligting kommunikeer.
Deur hierdie verwronge beeld van kommunikasie, of eerder digitale dialoog, het
kinders biologiese eienskappe aan dinge begin heg wat feitlik glad nie biologies is
nie, maar tegnologies. Wat ook opmerklik is aan hierdie vraagstelling van kinders, is
of daar enigsins na die emosionele van die biologiese gekyk word? Indien nie,
hoekom word die emosionele deur kinders wat in ’n tegnologiese omgewing
grootword afgeskeep, of dalk onkonvensioneel benader? Hoe daar oor verhoudings
gedink word, hetsy fisies of digitaal, is hoe daar gedink word oor wat ons vir mekaar
beteken. Daarom is dit belangrik om te besin oor watter rol tegnologie in die lewe
van die mens speel. Hoe moet daardie rol verstaan word, as iets aktief of passief,
lewendig of dood, of as iets heeltemal ambivalent met vele kante wat in verskillende
scenario’s verskillend te voorskyn kom?
Hierdie digitale gesprek tussen individu en die netwerk speel natuurlik nie in isolasie
af nie, dit is net so deel van die geskiedenis soos die brief, radiotelegrafie en
telefoon, alles tegnologie wat as kommentaar op die heersende tydsgees gesien kan
word. Die brief was vir lank die heersende vorm van kommunikasie oor afstande, dit
was formeel, konfidensieel, geseël en ’n tydsame manier van kommunikeer. Briewe
is gewissel oor komplekse politiese agendas en ook oor geheime resepte. Briewe is
15
persoonlike een tot een kommunikasie. Radiotelegrafie was die volgende medium
van kommunikasie, dit was in staat om vinnig oor groot afstande seine te stuur wat
in ’n boodskap omgeskakel kon word. Dit was minder persoonlik as die brief, minder
formeel, minder konfidensieel, maar baie meer kompleks as die brief. Die telefoon is
een van die uitvindsels wat die kommunikasie gapings wat kon ontstaan tussen
partye drasties verminder het. Met die telefoon is mens in staat om onmiddellik,
wêreldwyd, in verbinding met iemand te tree. Die telefoon laat toe dat klank
hoorbaar is tussen beide partye wat kommunikasie aansienlik vergemaklik van die
brief en die radiotelegraaf. Vandag is die internet al die bogenoemde en nog meer,
daagliks word daar nuwe maniere van kommunikeer via die internet bygevoeg.
Met hierdie kort opsomming van ’n paar herkenbare mediums van kommunikasie
oor die jare is dit merkbaar dat kommunikasie se spoed vermeerder het en dit ook
gemakliker geraak het om te kommunikeer. Hierdie alles het ’n uitwerking op die
persoon, soos reeds genoem, dat die verkose gereedskap die mens onvermydelik
vorm.
Met hierdie vormende aspek van tegnologie kan daar gesê word dat elke tydsgees
geneig is om ’n sekere vorm van kommunikasie te verkies en so die karakter van die
tydsgees en die medium van kommunikasie te weerspieël. Wat opgelet moet word
in die wêreldwye gebruik van die internet is dat die samelewing ambivalente
intellektuele en morele komplikasies ervaar. Hierdie komplikasies spruit moontlik uit
die paradoks van individualiteit in uniformiteit.
2.7 Kind van haar tyd
Die modernisme het ontstaan deur mense te behandel op ’n ontkoppelde manier,
wat Taylor noem “disengagement” (Taylor, 1989:115). Hierdie ontkoppeling beteken
dat mense mekaar gebruik as instrumente om die eie, individuele, wil te verwesenlik
en in geen manier integraal deel te maak van die self nie. Die modernisme vra egter
van die mens om sosiaal homogeen te verkeer. Die paradoks kom na vore wanneer
hierdie modernistiese homogeniteit gekonfronteer word met die individualisme van
die postmodernisme.
16
Die postmodernisme vra weer dat elke mens outonoom is en self bepaal wat heers
en nie gebuk gaan onder ’n uniforme sisteem nie. Hierdie interne konflik is wat die
internet-generasie gedeeltelik kenmerk. Dit word sigbaar in die hipster beweging
waar individualiteit in ’n uniforme sisteem nagejaag word. Hipsters sal nooit sê dat
hulle hipsters is nie, want hulle is hulle eie self op hulle eie manier, maar die
buitestander sal met gemak ’n hipster kan identifiseer, want die hipster wat ’n
individuele styl probeer uitdruk in die naam van individualiteit konformeer tot die
uniformiteit van individualiteit (Galamba, 2013:elektroniese bron).
Vanuit die bogenoemde is dit duidelik dat die internet-generasie ’n ambivalente
generasie is, wat moeilik peilbaar is en tog aan sigbare sosiale strukture behoort. Dit
is ook duidelik, wat die internet-generasie merkbaar anders maak as hul
voorgangers, is dat tyd en ruimte so te sê geen rol in hul lewens speel nie, omdat
mobiele digitale tegnologie tyd en ruimte transendeer. Met mobiele digitale
kommunikasie, in vorme van skootrekenaars, tablette, slimfone en selfone is hierdie
generasie konstant, orals waar selfoon sein is, met mekaar in verbinding.
2.8 Samevatting
Hoe die Vrystaat in Suid-Afrika demografies uiteengesit is, het ’n merkbare invloed
op die manier van hoe daar gekommunikeer word. Dit is ook duidelik dat ’n jonger
geslag, die sogenaamde internet-generasie, makliker die digitale kant van
kommunikasie tegemoetgaan. Digitale kommunikasie is ’n nuwe kanaal van
kommunikasie van spoed en wat ruimte transendeer. Die digitale aard van die
kommunikasie toestelle wat gebruik word beïnvloed ook die verbruiker op so ’n
manier dat leefstyle by die tegnologie aangepas word soos wat die tegnologie
innovering beleef en die lewe vergemaklik. Die digitale kanaal van kommunikasie
wat die mens in staat stel om met spoed ruimte te transendeer en so ’n nuwe
leefstyl te leef, veroorsaak ook dat die mens ambivalensie in die sig staar vanweë die
lokale wat al meer vermeng met die globale.
Digitaal is daar dus besig om ’n nuwe wêreld te ontstaan, ’n wêreld waar die fisiese
met die digitale, waar die lokale met die globale, waar die ek met die ons besig is om
17
te vermeng. Nuwe sosiale strukture is besig om vorm aan te neem vanweë die
digitale aard van die nuwe wêreld.
18
HOOFSTUK 3: DIE INTERPRETERENDE TAAK
3.1 Inleiding
In hierdie hoofstuk wat die tweede beweging in Osmer (Osmer, 2008) se viervoudige
benadering is tot praktiese teologie sal die sosiale situasie van die mens interpreteer
word en met wysheid onderskei word. Sosiale kapitaal sal aan die begin van die
hoofstuk aangespreek word aangesien dit die fondasie van ’n gesonde gemeenskap
vorm. Die res van die hoofstuk sal spruit uit die fondasie van die sosiale kapitaal met
die stad wat as digitale stad herdefinieer word. In hierdie digitale stad is daar sekere
sosiale strukture wat verstaan moet word. Laastens sal die hoofstuk afgesluit word
met die impak van sosiale netwerke op die internet.
3.2 Sosiale kapitaal
Vir ’n postmoderne samelewing is sosiale status belangrik, sosiale aspekte van die
internet word op die voorgrond gestel deur sosiale media voor te hou in vorme van
Facebook en Twitter en nog vele ander. Om in vandag se samelewing sosiaal te
verkeer is belangrik, in die fisiese sowel as in die digitale ruimtes. Om die waarde van
die sosiale komponent van die lewe, fisies en digitaal, uit te lig sal dit voordelig wees
om vir ’n wyle by die konsep van sosiale kapitaal stil te staan.
Gemeenskappe regoor die wêreld maak op intra- (verhoudings binne ’n huishouding
of uitgebreide familie) en inter-verhoudings (verhoudings tussen gemeenskappe)
staat, om fees te vier tydens seremonies en te troos tydens slegte insidente soos die
verlies van lewe. Coleman definieer sosiale kapitaal as ’n eienskap van ’n struktuur
waarin ’n persoon ingebed is; en dat sosiale kapitaal slegs bestaan wanneer dit
gedeel word (Coleman, 1990:302). Vir Robert Putnum word sosiale kapitaal sigbaar
in die volhoubaarheid van die gemeenskap deur sterk netwerke te skep (Putnum,
1995:200). Putnum druk homself verder uit wanneer hy sê:
Whereas physical capital refers to physical objects and human capital
refers to the properties of individuals, social capital refers to
connections among individuals – social networks and the norms of
reciprocity and trustworthiness that arise from them. In that sense
19
social capital is closely related to what some have called ‘civic virtue’.
The difference is that ‘social capital’ calls attention to the fact that
civic virtue is most powerful when embedded in a sense network of
reciprocal social relations. A society of many virtuous but isolated
individuals is not necessarily rich in social capital (Putnum, 2000:19).
Intra- en inter-verhoudings speel ’n belangrike rol in sosiale netwerke, hierdie
netwerke word gebruik om verhoudings in stand te hou en om nuwe netwerke
tussen organisasies te vestig. Sosiale kapitaal word deur die gemeenskap besit, waar
fisiese kapitaal gewoonlik in private besit is. Lin (2001) en Portes (1998:24)
argumenteer dat sosiale kapitaal na hulpbronne, soos inligting, idees en
ondersteuning verwys, wat individue kan bekom deur middel van hul verhoudings
met mekaar. Dus ’n gemeenskaplike hulpbron wat die gemeenskap ondersteun
teenoor ’n hulpbron wat in privaat besit slegs die individu bevoordeel. Sosiale
kapitaal word verkry deur deurlopende dialoog oor die verskeie faktore wat die
gemeenskap affekteer.
As daar op vertroue, uitruiling van inligting en sosiale kohesie gesteun word sal ’n
gemeenskap se sosiale kapitaal vermeerder wat langlewendheid vir die gemeenskap
verseker. ’n Gemeenskap wat ryk is aan sosiale kapitaal sal oor die vermoëns beskik
om invloed uit te oefen en om veerkragtig voort te bestaan. Wat ’n indringende
vraag aan ’n gemeenskap sal wees, is of die gemeenskap die ontwrigtinge van ’n
kontemporêre sosiale lewe, op die self en die gemeenskap, sal kan weerstaan.
Sosiale kapitaal versterk ’n gemeenskap geweldig en maak ook dat ’n gemeenskap
kan voortbestaan te midde van veranderende kontekste. Die internet kan in hierdie
opsig ’n groot bydrae lewer om ’n gemeenskap te versterk. Maatskappy soos
Facebook en Twitter het egter ’n ryker definisie tot wat sosiale netwerke is,
bygevoeg. Deur middel van sosiale netwerke op die internet kan gemeenskappe
heeltemal digitaal bestaan. Sosiale kapitaal kan deur middel van die internet gebou
word oor tradisionele grense. Dr. Carin van Schalkwyk, leraar van NGK Philippolis,
noem dat deur die stigting van ’n gemeentelike Facebook-blad mense van oor die
wêreld heen begin belangstelling toon in die doen en late van die gemeente (van
Schalkwyk, 2014:persoonlike onderhoud). Dat mense selfs van vêraf, in ander dorpe,
20
vra om hul lidmaatskapsbewys na die gemeente oor te plaas. Via Facebook voel
hierdie mense meer deel van die gemeente in Philippolis as hul plaaslike NGK. Die
gemeentelike Facebook-blad het daartoe gelei dat die NGK Philippolis bydraes
ontvang vanuit oorde wat nie tot die tradisionele gebied van die gemeente behoort
nie.
Die bogenoemde gevallestudie toon aan dat sosiale kapitaal as’t ware ’n
gemeenskap onderhou en ondersteun en selfs na fisiese kapitaal kan lei. Sosiale
kapitaal is die kapitaal waarin die kerk onderhandel en mee woeker. As die internet
deur middel van sosiale netwerke die kerk kan help om op vinniger maniere ’n
gemeenskap te onderhou en te ondersteun soveel beter. Die internet het ’n plek
geraak wat deur mense bewoon word wat hulle geloof daarheen oorgedra het en
met die gevolg dat daar ’n magdom digitale tempels, aanlyn gebedskapelle,
religieuse forums en inligtingsportale ontstaan het wat die mens in staat stel om
aanlyn aan ’n geloofsnetwerk te behoort (Campbell, 2010:21). Tog, hoe die persoon
kies om haar geloofslewe op die internet uit te leef word vooraf deur die
gemeenskap se gedeelde waardes geïnformeer (Campbell, 2010:21).
3.3 Die inligting stad
Die kombinasie van nuwe informasie en die herstrukturering van wat as die
tradisionele gemeente (grense) gesien word, het die gevolg dat stede (sowel as die
plattelandse dorpe) aan die verander is. Hierdie verandering in sosiale dinamika
maak dat die gemeenskap moet aanpas om sodoende veerkragtig in ’n
veranderende konteks te bly. Informasie word nie meer uitsluitlik fisies tussen
mense uitgeruil nie, maar al meer deur middel van verskeie toestelle wat persone in
staat stel om vanuit verskillende fisiese ruimtes te kommunikeer. Soos in die geval
van die gemeente in Philippolis word ruimte minder gedeel en informasie meer.
Ruimte is nie meer die primêre faktor wat gemeenskap bevorder nie, maar eerder
informasie. Daarom praat Castells van die ‘informational city’ wanneer hy verwys na
kontekste wat vanweë nuwe tegnologie aan die verander is (Castells, 1989:23).
Informasie wat fisies gedeel word deur middel van briewe, gesprekke en handgebare
raak al meer ondergeskik aan informasie wat digitaal gekommunikeer word. Digitale
21
kommunikasie raak die voorkeur medium van kommunikeer omdat dit onmiddellik
en onpersoonlike kommunikasie is. Hoe so ’n onmiddellike onpersoonlike manier
van kommunikasie ’n positiewe bydrae tot die sosiale kapitaal van ’n gemeenskap
kan maak sal later in diepte bespreek word. Tans moet daar slegs kennis geneem
word dat kommunikasie wat op ’n onmiddellike en onpersoonlike wyse geskied,
voorrang geniet bo fisiese vorme van kommunikasie.
’n Verandering in konteks gebeur egter nie vanself nie. Volgens Schon, et al.,
(1997:27) is hierdie veranderinge gegrond in magtige prosesse van ekonomiese
globalisering en kapitalistiese herstrukturering wat die potensiaal van nuwe
inligtingstegnologie tot voordeel gebruik en sodoende die sosiale trajek van
inligtingstegnologie kondisioneer. Dus is ’n veranderende stad grotendeels al meer
’n plurale stad, waar die fisiese ruimtes bewoon word, maar ook waar digitale
ruimtes geskep word. ’n Stad waar daar gewaak moet word teen individualisering
vanweë die gemak en onpersoonlike aard wat die internet meebring, om sodoende
sosiale kapitaal in die gemeenskap te behou. ’n Gemeente in so ’n veranderende
stad moet dus deel in die sosiale trajek van die inligtingstegnologie om nie ’n mono
bestaan te voer nie, maar pluraal te bestaan, omdat ’n gemeente die mens in haar
volheid (pluraliteit) moet bereik, wat die fisiese sowel die digitale self insluit.
Wat ’n risiko sal wees is wanneer ’n gemeenskap in hul huidige omstandighede
gemaklik raak. As dit sou gebeur sou dit beteken dat so ’n gemeenskap moontlik kan
stagneer en nie hul veranderende konteks in ag neem nie. Daar moet altyd onthou
word dat die mag van tegnologie steeds afhanklik is van die tegnologie van mag
(Schon, et al., 1997:39), wat beteken dat die menslike handeling altyd bo tegnologie
verhewe sal wees.
3.4 Sosiale strukture
Om die mens en haar gedrag te verstaan binne ’n sosiale struktuur is dit gepas om
die ‘sosiale netwerk teorie’ (Sayre & King, 2010:301) gevolglik te bespreek om beter
te verstaan hoe mense tot mekaar in relasie staan. Netwerke is ’n bekende konsep in
vandag se wêreld. Netwerke kan op ’n samestelling van televisie kanale, kantoor
telefoon sisteme, of selfs dit wat besigheidsmense oor middagete doen toegepas
22
word. Een-en-twintigste-eeuse tegnologie het die proses om sosialisering, beide
persoonlik en aanlyn, te analiseer deur sosiale netwerke gefasiliteer. Sosiale netwerk
analise (SNA) is die kartering en afmeting van verhoudings wat bestaan tussen
mense, groepe, organisasies, rekenaars, webtuistes en ander informasie of kennis
genererende entiteite (Sayre & King, 2010:302). Om netwerke en die deelnemers
daarin te verstaan word daar gebruik gemaak van SNA om die posisie van die
deelnemer tot die netwerk te meet en sodoende word antwoorde op vrae soos volg
beantwoord;
o Wie is die leiers, die brûe, die geïsoleerde?
o Waar is die algemene netwerk en wie is die rolspelers?
o Wie is in die kern van die netwerk?
o Wie is op die periferie?
3.5 Sosiale netwerke op die internet
Met die begin van webtuistes soos MySpace en Facebook het mense begin om deur
middel van hierdie webtuistes met mekaar in verbinding te tree. Verbindings is die
sleutel tot aanlyn sosiale netwerke, mense is lojaal teenoor dit waaraan hulle
verbind is en dit wat voordele aan hulle verskaf. Mense wyk nie af van beproefde
bande wat hulle vertrou nie. Om met dit wat vertrou word in verbinding te tree bring
’n gevoel van samehorigheid en warmte in ’n virtuele gemeenskap, wat besoek word
via die rekenaar skerm. Mense wil deel wees van ’n gemeenskap wat voordele aan
lede verskaf. Religieuse boodskappe is ’n fundamentele vorm van kulturele
kommunikasie en kulturele kohesie vir die afgelope tweeduisend jaar (Nash,
2002:276). Digitale sosiale netwerke het verhoudings tussen mense en dinge
eksplisiet publiek gemaak om sodoende die fundamentele religieuse sosiale
tendense te gebruik om kontakte in staat te stel om via rekenaarprogramme en
selfoon toepassings met mekaar in verbinding te bly.
Deur sosiale netwerke te stig en uit te bou in ’n sosiale bewussyn word daar
sodoende gebou aan sosiale kapitaal (Sayre & King, 2010:303). Sodra die persoon of
die gemeenskap begin beskik oor sosiale kapitaal sal sy of hulle dit kan gebruik om
weer die grootte van die netwerk te verbreed. Die grootte van die sosiale netwerk
23
en die gewig van die sosiale kapitaal is direk eweredig aan mekaar. Sodra daar na
sosiale kapitaal deur middel van die internet gekyk word sal daar gelet word dat die
groeikoers van netwerke eksponensieel vermeerder, net soos met tradisionele
vorme van sosiale netwerke, maar dat die groei baie vinniger plaasvind omdat die
aard van die internet vinniger is as konvensionele mediums van kommunikasie.
Schon, et al., (1997:28) noem dit uitdruklik wanneer hulle sê dat “...the power of new
information technologies...enhances and deepens features present in the social
structure an din power relationships...The promise of information technology may
lead to a different, more humane city, in the framework of the new and more
intelligent society.”
3.6 Samevatting
In hierdie interpreterende hoofstuk was daar dus met wysheid onderskei dat sosiale
kapitaal nodig is vir ’n gemeenskap om te floreer. Dat sosiale kapitaal ook kan lei tot
fisiese kapitaal. Dat die oorgang van die fisiese na die digitale besig is om plaas te
vind, soos wat fisiese ruimtes in stede geskep word om te sosialiseer, so word daar
ook ruimte vir sosialisering op die internet geskep. In hierdie digitale ruimtes skakel
mense met mekaar en leer mekaar te ken en deur hierdie skakeling word ook sosiale
kapitaal gebou. Elke samelewing bestaan uit sosiale strukture en deur middel van
SNA is dit moontlik om hierdie strukture te analiseer. Deur ’n deeglike analise van
die gemeenskap se sosiale strukture kan afleidings gemaak word van wie
sleutelpersone tot ’n gemeenskap is, waar die gemeenskap se sterkpunte, asook
swakpunte, lê. Sosiale kapitaal, ruimtes en strukture is alles teenwoordig in die
digitale wêreld wat as die internet geken word. Die internet (digitale) moet dus
gebruik word om ook invloed op die fisiese wêreld uit te oefen.
24
HOOFSTUK 4: DIE NORMATIEWE TAAK
4.1 Inleiding
In hierdie hoofstuk sal die derde beweging van Osmer se benadering tot die
praktiese teologie behandel word naamlik die normatiewe. Osmer vrae hoofsaaklik
drie normatiewe vra aan ‘n situasie, naamlik die etiese, die teologiese, en die goeie
handeling, en dit is wat hier sal gebeur (Osmer, 2008:161). Wat in gedagte gehou
moet word is die voorafgaande hoofstukke wat die deskriptief-empiriese behandel
het asook die interpreterende handeling. Vanuit hierdie inligting sal die drie
normatiewe vrae, naamlik die etiese, die teologiese, en dit wat goeie handeling
veronderstel gevra word. Kommunikasie geskied al vir millennia, maar is aan die
verander, hoe en of ‘n nuwe norm moet geskied sal in hierdie hoofstuk behandel
word.
4.2 Trinity Cathedral
Trinity Cathedral bedien ‘n diverse groep mense in die Cleveland area, en hulle
aanlyn teenwoordigheid help om hulle lidmaatskap in die gemeente uit te bou.
Tracey Lind, dekaan van Trinity Cathedral, vertel dat hulle probeer om progressiewe
gelowiges wat bekommerd oor die stad is, en wat intensioneel inklusief, divers en
betrokke by die gemeenskap wil wees in te sluit. Hulle probeer intensioneel om die
twintigers en dertigers na die gemeente te lok, maar daar is ook plek vir die met leë-
nes-sindroom, en vir die wat al gevorderd in jare is. Hulle is op rasse vlak divers. Lind
sien elkeen van hierdie groepe mense as markte wanneer sy inligting skep om op
hulle gemeente se webtuiste te plaas (Scott, 2013:48).
Om ‘n aanlyn teenwoordigheid te begin en te onderhou vir ‘n gemeente wat ‘n
tekort het aan hulpbronne is groot moeite. Maar om mense deur ‘n Blog, ‘n potgooi,
die sosiale netwerke, ‘n epos nuusbrief te bereik is noodsaaklik, gegewe die
veranderende maniere wat mense tot hul gemeentes en gemeenskap verbind voel.
Lind vertel verder dat toe sy in 2000 by die gemeente gekom het, daar slegs een
rekenaar in die gemeente was wat omtrent glad nie gebruik was nie. Deel van
hierdie dilemma was dat die gemeente nie geld in kommunikasie belê het nie. In
daardie opsig moes die gemeente ‘n groot verandering in visie ondergaan. Sy noem
25
dat haar kommunikasie bestuurder net so waardevol soos die predikant is. En dit
eintlik moeilik is om sulke veranderinge in visie vir gemeentes en kerkrade te
verduidelik. Dit sal egter net meer en meer belangrik vir gemeentes raak om te
verstaan dat om te oorleef en vanuit ‘n gestuurde ingesteldheid te funksioneer,
moet die gemeente floreer in die era van sosiale netwerke, met die gereedskap van
haar tyd (Scott, 2013:48).
4.3 ‘n Etiek van (digitale) kommunikasie
Wanneer daar oor etiek gepraat word kan dit kontroversieel raak oor wat die regte
handeling vir die regte situasie is. Vir Aristoteles gaan etiek oor wat is waar oor dit
wat mooi en regverdig is. Hy begin sy Nikomaanse Etiek ook deur vas te stel dat alle
mense min of meer neig na die goeie lewe en vanuit daardie staanspoor beweeg hy
na hoër redenasies oor die menslike lewe (Aristotle, -322:1838).
Omdat hierdie studie hoofsaaklik oor kommunikasie handel sal dit gepas wees om
die morele deugde van Aristoteles te bespreek, wat sy derde en vierde boek van tien
in sy Nikomaanse Etiek beslaan. In hierdie twee boeke hanteer Aristoteles tien
morele deugde waarvan slegs twee hier hanteer sal word. Hierdie twee deugde het
te make met moed en waarheid. Hierdie twee deugde word spesifiek gekies omdat
dit in lyn met kommunikasie ‘n aanspraak maak op die profetiese stem van die NGK.
Hoe behoort die kerk om te gaan om as dapper gesien te word in ‘n gemeenskap wat
al meer polities korrek probeer funksioneer? Hoe moet die kerk die waarheid praat
wanneer sy moet soveel sensitiewe inligting van mense se binnekamers te doen het?
En hoe moet hierdie twee deugde, moed en waarheid, saam ‘n bydrae maak tot die
etiese handeling van die kerk?
Moed is vir Aristoteles die middeweg tussen vrees en oordrewe selfvertroue.
Aristoteles noem dat ‘n dapper man selfs met tye vrees sal ervaar vir dit wat
niemand vreesagtig sien nie, maar hy sal sy vrees verduur en met selfvertroue op ‘n
rasionele manier optree, vir dit wat mooi is, want dit is waarna die deugde strewe.
Aristoteles noem ook dat mense met oordrewe selfvertroue, wat oorhaastig optree,
gewoonlik ‘n lafaard is wat ‘n dapper masker opsit. Aristoteles pas die deugde van
moed toe op vyf situasies. Die moed van ‘n soldaat vir sy landsburgers. Mense wat
26
ervare is in ‘n tiepe gevaarlike omstandigheid. Die gees van woede wat soms soos
moed lyk. Die afwesigheid van vrees. Mense wat vreesloos uit onkunde optree
(Aristotle, -322:1869).
Met die bogenoemde kan daar afgelei word dat Aristoteles omvattend na die
situasie wat moed betref gekyk het. As dit op ‘n etiek van kommunikasie toegepas
moet word kan daar gesê word dat daar met moed gehandel moet word wanneer
daar gekommunikeer moet word. Dat die kommunikeerder die moed moet hê om te
sê wat gesê moet word, sodat die boodskap duidelik aan die betrokke partye
gekommunikeer kan word. Onderskeidingsvermoë sal ook aan die dag gelê moet
word om die regte kanaal van kommunikasie te kies om die boodskap oor te dra.
Wanneer ‘n ongemaklike boodskap oorgedra moet word sal dit byvoorbeeld beter
wees om die boodskap direk in persoon oor te dra as om vanuit vrees vir die
onbekende eerder ‘n brief of epos aan die persoon te rig om die ongemaklikheid van
die onmiddellikheid te kan vermy. Veral as ‘n gesprek op die gemeente se Facebook
blad sou plaasvind en mense mekaar vyandig begin hanteer sal dit van ‘n moderator
onderskeidingsvermoë vrae om die situasie reg te hanteer omdat dit publiek is, en
ook gemeentelede. Word daar slegs stilte gehandhaaf deur ‘n internet moderator in
so ‘n situasie, word sekere persone se opinies verwyder, of word die hele gesprek
verwyder. Dit sal moed vra, die moed van ‘n soldaat vir sy landsburgers, van so ‘n
internet moderator om reg op te tree in tye van ‘n spreekwoordelike digitale oorlog.
Waarheid is ook ‘n belangrike deugde wanneer daar oor kommunikasie gepraat
word. Vir Aristoteles gaan die waarheidsdeugde oor die middeweg tussen ‘n
oordrewe weergawe van sake en ‘n totale verkleining. Iemand wie volgens
Aristoteles die deug van waarheid personifieer is iemand wat die waarheid sal praat
al hang niks daarvan af nie. Iemand wat nie oneerlik sal optree al staar ‘n groot
skande haar in die gesig nie. Aristoteles gaan ook verder deur te sê dat die oordrewe
meer blaam sal dra as die verkleining van die waarheid. Veral waar dit gaan oor sake
waar geld betrokke is, is die waarheidsdeug vir Aristoteles belangrik (Aristotle, -
322:Boek4).
As daar van kommunikasie en die waarheid gepraat word is dit voor die hand liggend
hoekom die waarheid belangrik is, want sonder die waarheid kan daar nie
27
gekommunikeer word nie. As daar met valshede gekommunikeer word, word daar
eerder gemanipuleer as gekommunikeer. Waarheid is belangrik vir kommunikasie.
Daarom is dit ook belangrik om te kyk na die twee verdraaiings van die waarheid
waarvan Aristoteles praat. In die eersgenoemde waar die waarheid opgeblaas word
en iets voorstel wat dit inderwaarheid nie is nie. In die tweede geval waar die
waarheid verkleineer word. Beide die vergroting en verkleinering van die waarheid
kan ‘n wanpersepsie voorstel van dit wat gekommunikeer word en so kommunikasie
tussen partye bemoeilik en self verbreek.
As Trinity Cathedral teen hierdie twee deugde gemeet moet word kan gevra word
hoe Lind met dapperheid die gemeente se huidige kommunikasie beleid uitgedaag
het? Hoe hulle van ‘n kantoor waar slegs een rekenaar, omtrent glad nie in gebruik
nie, na die gemeente wat die digitale kommunikasiestelsels heelhartig omarm het
deur te Blog, met potgooi, sosiale netwerke en epos nuusbriewe. Sy noem
byvoorbeeld dat haar kommunikasie bestuurder net so belangrik soos die predikant
geraak het. Dit vra dus ook moed van die predikant om nie bedreig te voel deur
iemand wat die gemeente as’t ware deur kommunikasie beheer nie. Sy noem ook
dat dit moeilik is om verandering vir kerkrade te verduidelik. Daar kan dus gewonder
word oor met hoeveel waarheid sy na die kerkraad toe gegaan het oor die
veranderinge wat moes plaasvind in terme van kommunikasie. Daarom word daar
ook van ‘n gemeente gevra om eerlik te wees met hulself en eerlik te kyk na die
konteks waarin hulle hulself bevind en nie hul oë toe te maak vir die veranderinge
om hulle nie. Hulle moet met eerlikheid intern omgaan om weer met eerlikheid na
buite te leef. Wat gesê word, en hoe dit gesê word, deur ‘n gemeente spreek van die
integriteit en eerlikheid waarmee die gemeente handel met haarself en die om haar.
Dennis Hollinger skryf in sy boek Choosing the Good:
Though a worldview provides the immediate foundation for any
ethics, Christians will insist that there is something more. The
ultimate foundation is the Triune God. Our worldview as believers is
not rooted in or derived from human experience or natural
sentiments; rather, it is rooted in ultimate reality and made known
through the self-disclosure of God in the written Word, the Bible, and
28
the incarnate Word, Christ. From devine revelation it is clear that
what ultimately determines the good in human life is God (Hollinger,
2002:64).
Geoffrey Bromiley stel voor dat Christians should think of God as the ground of
ethics, the norm of ethics, and the power for ethical living (Bromiley, 1982:186-190).
Met die bogenoemde aanhaling van Hollinger en die wysheid van Bromiley is dit
duidelik dat daar nie slegs deur die gesigspunt van Aristoteles na die etiek gekyk kan
word nie. Daar kan wel ooreengestem word dat van die waardes en norme wat
Aristoteles in sy deugde etiek uitlig met betrekking tot moed en waarheid raakpunte
het met die Christelike tradisie. Al het dit in skriftelike vorm bestaan nog voor die
Bybel soos wat ons dit vandag ken, wat in die vyfde eeu na Christus gekanoniseer
was. Daarom is dit van belang om ook gebruik te maak van teologiese beginsels
wanneer daar oor nuwe norme vir kommunikasie besin word.
4.4 ‘n Teologie van (digitale) kommunikasie
Kommunikasie moet duidelik en eerlik geskied met moed soos reeds in die
bogenoemde gedeelte vermeld is. Moses het op die berg Sinaiberg die tien gebooie
van die Here God ontvang, waarvan die eerste vier gebooie oor die verhouding
tussen God en mens handel, en die vyfde tot tiende oor die mens en sy medemens
handel. Die negende gebod lui “Jy mag nie vals getuienis teen ‘n ander gee nie.” (Eks
20:16). Vraag 112 van Sondag 43 van die Heidelbergse Kategismus vra: Wat eis die
negende gebod? Die antwoord lui:
Ek mag teen niemand valse getuienis aflê, niemand se woorde
verdraai, nie ‘n kwaadsteker of lasteraar wees nie, niemand
onverhoord en ligtelik help veroordeel nie. Alle vorme van lieg en
bedrieg moet ek as die duiwel se eie werke vermy as ek nie die sware
toorn van God oor my wil bring nie. In regsake en in alle ander
handelinge moet ek die waarheid liefhê, en opreg wees in wat ek sê
en bely. My naaste se eer en goeie naam moet ek na my vermoë
verdedig en bevorder. (Bpk, 2008:71)
29
Met hierdie antwoord wat dateer uit 1563 as verduideliking vir die veel ouer
negende gebod kan sekere afleidings gemaak word in verband met kommunikasie.
Daar moet nie vals gekommunikeer word nie. Daar moet nie so gekommunikeer
word dat ‘n persoon se saak onverhoord laat gaan word nie. Daar moet dus altyd
duidelik en in die oopte gekommunikeer word sodat ‘n persoon nie ligtelik
veroordeel word sonder dat alle kante van ‘n saak verhoor is nie. Dit is laastens ook
belangrik dat die naaste se eer en goeie naam altyd hoog geag sal word, en dat dit
selfs bevorder moet word.
Hier kan die Heidelbergse Kategismus wat in 1563 geskryf is, vandag dien as ‘n
handleiding vir kommunikasie. Dat waar daar gekommunikeer word, so
gekommunikeer word dat dit in ooreenstemming met die volle trekking van die
negende gebod sal wees. Dat daar nie ligtelik met informasie omgegaan sal word
nie, maar die volle gewig van elke woord besef sal word. Dat daardie besef so van
waarde sal wees dat dit altyd bydrae tot die goeie naam en uitbreiding van die goeie
naam van ‘n persoon. As ‘n persoon in die liggaam van Christus ‘n goeie naam het,
het Christus per implikasie ‘n goeie naam, asook die inverse. So dra die wyse van
kommunikasie by tot die beeld van God.
Die geloofsbelydenis van Nicea bevat die bekende woorde, “…Ons glo aan een
heilige, algemene kerk…” (Bpk, 2008:119). Vir baie Christene is die leer oor die kerk,
of ekklesiologie, een van die minder interessante en meer irriterende onderwerpe
van die Christelike teologie. “Jesus ja, maar nee vir die kerk.” som die woede en
frustrasie in vandag se diskussies oor die kerk goed op. Die kerk is egter nie ‘n
toevallige tot God se doeleindes nie. Die doel waarmee die aarde geskep en verlos is,
is vir diep en blywende gemeenskap tussen God en natuur, ‘n versoening, ‘n vryheid
gebaseer op die genade van God. Daarom is gemeenskaplikheid ‘n belangrike deel
van bestaan, daarom kan die kerk se funksie nie sonder oordenking van die hand
gewys word met die stelling: “Jesus ja, maar nee vir die kerk.”
Wat maak dat die kerk en haar funksie vandag verkeerd verstaan word is omdat dit
as geïndividualiseerd, geprivatiseerd, geburokratiseerd en as kosmetiese
Christenskap gesien word. Ware verstaan van kerk wat as interafhanklike leef,
geopenbaar in basiese Christen geloof, is wat weer op die voorgrond moet tree
30
(Migliore, 2004:251). Migliore noem dat die kerk geroep word om as gemeenskap te
funksioneer, nie vanuit humanitêre beginsels nie, maar omdat God primêr trinitaries
is:
If the life of God is understood as the eternal communion of Father,
Son, and Spirit; if the divine life is envisioned as a dynamic movement
of giving and receiving of love that is appropriately described as a
mutual “indwelling”; if the creation and redemption of the world by
the triune God are understood as free gifts that open to creatures
new life in communion with God and each other; if being in Christ is a
participation in the life of God through Christ in the Spirit, then it is
entirely fitting to describe the nature of the church as essentially the
beginning of new life in communion. Human life comes to completion
by participation in and reflection of the triune love of God. (Migliore,
2004:263)
In die bogenoemde aanhaling maak Migliore dit duidelik dat die nuwe lewe in
gemeenskap met God begin deur die kerk. Die kerk is die plek waar gemeenskap
geskep en gekultiveer moet word. Tog, as daar oor kerk gedink word, moet daar nie
gedink word aan ‘n gebou nie. Mense kom nie na ‘n kerk toe omdat dit ‘n mooi
gebou is nie, maar hulle kom kerk toe vanweë nie mense wat daar bymekaarkom.
Mense kom kerk toe om verhoudings te bou, en versterk, en saam met die mense
wat hulle daar ontmoet groei hulle op reis saam met God. As daar oor die kerk
gedink word, moet daar eerder in terme van die liggaam van Christus gedink word.
Coen Slabbert skryf in eKerk se leier nuusbrief van Julie 2014 oor die kerk wat aan
die verander is:
Verhoudings is in die nuwe wêreld wat ruimte/plek in die ou wêreld
was. In die ou wêreld is mense dikwels gebore in dieselfde huis
waarin hulle later afgetree het. Daarom het gemeentes ’n hoë
waarde aan hulle kerkgeboue geheg — sommige het selfs die gebou
aanbid! Daardie wêreld is verby. Tydens hulle lewens woon mense in
verskillende stede en verander ’n paar keer van werk. As hulle aan
“kerk” dink, dink hulle beslis nie aan ’n gebou nie. Niemand kom kerk
31
toe as gevolg van ’n gebou nie; geboue trek nie meer mense nie.
Mense kom na ’n spesifieke gemeente oor die verhoudings wat hulle
daar met mense bou (Slabbert, 2014:elektroniese bron).
As die bogenoemde weer teen Trinity Cathedral gemeet word kan daar op teologie
gronde gesê word dat Trinity Cathedral moontlik nog in ‘n ou paradigma van wat
kerk is bestaan. Hulle gebruik hulle kommunikasie mediums wat digitale
kommunikasie insluit om mense na die kerk as gebou te lok. Lind sien elke
portuurgroep as ‘n mark om te lok deur inligting op die gemeente se webtuiste te
plaas. Dit is goed dat Trinity Cathedral gebruik maak van digitale kommunikasie om
mense na die kerk as gebou te lok, want daar sal hulle definitief met die Woord
bedien word, maar wat van die persoon wat nie by die kerk as gebou, weens
verskeie redes, kan uitkom nie? Hoekom gebruik Lind nie die gemeente se webtuiste
as ‘n kerk op sigself nie, ‘n digitale kerk as’t ware? Dit is wat Carin van Schalkwyk op
‘n manier reg gekry het deur interaktief met mense te kommunikeer via die
gemeente se Facebook blad.
As daar teologies oor ‘n ekklesiologie in ‘n veranderende tydsgees gedink word, kan
die digitale nie agter gelaat word nie. Ekklesiologies kan die gemeenskap van die
heiliges, om gebruik te maak van die Apostoliese Geloofsbelydenis se terminologie,
ook op die internet uitgeleef word. Gemeenskap hoef nie net in die fisiese plaas te
vind nie. Digitale sosiale netwerke het die moontlikheid daar gestel om juis in te
skakel by ‘n gemeenskap wat nie ruimtelik toeganklik is nie.
4.5 ‘n Goeie handeling van (digitale) kommunikasie
Goeie handeling gaan daaroor om norme vanaf handeling in die verlede af te lei,
deur verskillende vorme van handeling te analiseer (Osmer, 2008:161).
Kommunikasie geskied op verskeie maniere, soos reeds vermeld, waarvan die
belangrikste vir hierdie studie die kanaal van sig en spraak is (Nida, et al., 1991:84).
In die sig en spraak kanale van kommunikasie kan dit verder verdeel word, naamlik
in die fisiese en die meganiese (alles wat nie fisies is nie) kanaal van kommunikasie
(The Communication Toolbox, 2014:elektroniese bron).
32
4.5.1 Fisies
Wat met fisiese kommunikasie bedoel word is al die vorme van kommunikasie waar
die persoon wat praat, gesien en gehoor kan word, deur ‘n fisiese skare.
Liggaamstaal en atmosfeer is belangrike elemente wat deel vorm van die fisiese
kanaal van kommunikasie. Dialoog is egter nie inherent tot fisiese kommunikasie nie,
fisiese kommunikasie kan ook in monoloog geskied. ‘n Standbeeld sal byvoorbeeld ‘n
fisiese vorm van kommunikasie wees wat behoort tot die monologiese. Sekere
situasies vereis egter ‘n fisiese, eerder as ‘n meganiese, vorm van kommunikasie. Dit
is veral die geval wanneer belangrike boodskappe oorgedra moet word, soos die
herstrukturering van ‘n maatskappy, of die afskaffing van poste. Sodra ‘n boodskap
as belangrik beskou word, verwag die ontvanger om dit in ‘n fisiese vorm te ontvang
(The Communication Toolbox, 2014).
Fisiese media veronderstel die volgende vorme van kommunikasie: groot
vergaderings, weeklikse vergaderings, persoonlike vergaderings, video konferensies
en ook mondelinge kommunikasie.
4.5.2 Meganies
Meganiese kommunikasie as die tweede tipe kommunikasie kan verstaan word as
geskrewe sowel as digitale kommunikasie. Meganiese kommunikasie kan gebruik
word om ‘n argief van boodskappe te vorm om die groter prentjie en dieper kennis
te bied. Meganiese kommunikasie kan geweldig vinnig geskied. Wat tiperend van
meganiese kommunikasie is, is omdat dit meestal kommunikasie is waar die een
persoon van die ander in ‘n fisiese vorm geskei is, word dit altyd deur die ontvanger
op ‘n bepaalde manier deur ‘n bepaalde bril geïnterpreteer (The Communication
Toolbox, 2014). Ironie of humor word selde goed deur meganiese kanale oorgedra.
Meganiese kommunikasie veronderstel die volgende vorme van kommunikasie;
epos, weeklikse briewe of nuusbriewe, persoonlike briewe, ‘n aanplakbord, die
internet, tydskrifte of artikels, SMS, asook digitale sosiale media.
33
4.5.3 Stoot en trek
Die bogenoemde vorme van kommunikasie kan oor verdeel word in stoot of trek
kanale. Stoot kanale word egter as meer betroubaar gesien, omdat dit teenoor die
trek kanaal, as ‘n meer aktiewe kanaal van kommunikasie beskou word.
Stoot kanale is daardie kanale waar die sender die boodskap na die ontvanger stoot,
wat beteken dat die sender in beheer van die kommunikasie is. Voorbeelde van
stoot kanale is: epos, nuusbriewe, tydskrifte, vergaderings, telefoonoproepe en SMS.
Trek kanale is waar die ontvanger die boodskap as’t ware van die sender trek. Dit is
in die ontvanger se hande wanneer sy die boodskap wil ontvang. Voorbeelde van
trek kanale is: die internet, aanplakborde, nuusbriewe, tydskrifte, en die digitale
sosiale media.
4.6 Verskeie vorme van kommunikasie
In hierdie afdeling sal verskeie vorme van kommunikasie kortliks bespreek word om
‘n beter verstaan van elke vorm van kommunikasie te kry. Voordele sowel as
potensiële nadele van elke vorm van kommunikasie sal bespreek word, om
sodoende die beste handeling na vore te bring. Soos in die bogenoemde bespreking
sal elke vorm van kommunikasie gevolglik geklassifiseer word in die fisiese of
meganiese kanaal van kommunikasie.
4.6.1 Fisiese vorme van kommunikasie
4.6.1.1 Groot vergaderings
Onder groot vergaderings val enige iets vanaf ‘n kerkraadsvergadering tot by ‘n
Algemene Sinodale vergadering. Hierdie vergaderings geskied nie dikwels nie, en is
ook van groot belang. Die vergadering is groot omdat dit fisies groot is met baie
mense wat fisies die vergadering bywoon. Die vergaderings word ook as groot
beskou omdat dit oor belangrike sake handel waaroor daar gewoonlik
eenstemmigheid gekry moet word.
34
4.6.1.2 Weeklikse vergaderings
Weeklikse vergaderings sal vergaderings insluit soos ‘n kantoor vergadering tussen ‘n
gemeentebestuurder en die personeel wat verantwoordelik is om die gemeente in
stand te hou. Nog ‘n voorbeeld van ‘n weeklikse vergadering kan ‘n kern-
bestuurspanvergadering wees, waar leraar(s), leier ouderling, leier diaken en skriba
bymekaarkom om situasies te bespreek wat vinnig hanteer moet word voordat daar
‘n kerkraadsvergadering is. Hierdie tipe vergaderings is vinnig van aard om
operasionele redes, en om te verseker dat gemeentelike strukture doeltreffend
funksioneer.
4.6.1.3 Persoonlike vergaderings
Persoonlike vergaderings vind plaas op ‘n een tot een basis of tussen persone wat
vertroulik met mekaar wil praat. Hierdie tipe vergadering vind nie op ‘n gereelde
basis plaas nie, maar handel gewoonlik oor sensitiewe inligting wat bespreek moet
word.
4.6.1.4 Video konferensies
Video konferensies kan met huidige tegnologie maklik en vinnig gereël word sonder
om reiskoste vir die onderneming aan te gaan. Die rekenaarprogram, sowel as
slimfoon toepassing, Skype, word vir hierdie doeleindes by meeste instansies
onomwonde aanvaar. Hierdie program laat toe dat mense vanuit verskillende dele
van die wêreld met mekaar kan kommunikeer in beeld en klank. Die mense wat via
hierdie program kommunikeer kan mekaar sien en hoor. Dit laat toe dat liggaamstaal
saam met die boodskap geïnterpreteer kan word wat deel maak van fisiese
kommunikasie. Die persone met wie gekommunikeer word is net nie in dieselfde
vertrek nie. Scott (2013:313) noem dat video konferensie-fasiliteite selfs gebruik kan
word om onderhoude te voer. Hierdie onderhoude hoef nie eens vanaf ‘n rekenaar
te geskied nie, aangesien daar ook op meeste slimfone met Skype gekommunikeer
kan word. Skype dien as ‘n gratis telefoon asook ‘n videofoon deur dit wat
gekommunikeer word deur kanale van die internet te stuur, eerder as deur
telefoonlyne. Waar kritiese besluite, oor ‘n afstand, vinnig, van aangesig tot aangesig
geneem moet word bied Skype die diens (White, 2012:177).
35
4.6.1.5 Mondelinge kommunikasie
Mondelinge kommunikasie is een van die oudste vorme van kommunikasie wat
steeds vandag effektief gebruik word. Mondelinge kommunikasie is die
kommunikasie waar twee persone met mekaar in gesprek tree oor ‘n belangrike
saak. Met mondelinge kommunikasie kan die persoon in haar totaliteit gelees word
om sodoende ‘n geheelbeeld van die boodskap te interpreteer en te ontvang.
4.6.2 Meganiese vorme van kommunikasie
4.6.2.1 Telefoon en selfoon oproepe
Telefoon en/of selfoon oproepe maak dat klank tussen mense oorgedra kan word
oor groot afstande. Dit stel persone in staat om ‘n saak te bespreek of reëlings te tref
oor ‘n afstand sonder om in mekaar se teenwoordigheid te wees. Hierdie manier van
kommunikasie kan ook, soos video, gebruik word om konferensies te hou waar ‘n
aantal mense op dieselfde gesprek ingeskakel is, maar dit moet sonder die fisiese
element geskied waar die individu nie gesien kan word nie. Oproepe van klank kan
ook via die internet geskied wat aansienlik goedkoper is vir maatskappye as die
konvensionele telefoonlyne wat gebruik word.
4.6.2.2 SMS
Cor Stutterheim noem in Tagg:
It started as a message service, allowing operators to inform all their
own customers about things such as problems with the network.
When we created SMS (Short Message Service) it was not really
meant to communicate from consumer to consumer and certainly not
meant to become the main channel which the younger generation
would use to communicate with each other. (Tagg, 2012:1)
Volwassenes in die Verenigde State stuur en ontvang nou meer SMS’e as wat hulle
oproepe op hul selfone maak en ontvang. ‘n Gemiddelde tiener in Amerika stuur
amper 4000 SMS’e per maand. Op globale skaal sal die aantal SMS’e wat maandeliks
gestuur word binnekort die 10 triljoen merk oorskry. As dit vergelyk word met die 1
36
triljoen van 2008, is dit duidelik dat SMS ten spyte van allerhande nuwe vorme van
kommunikasie teen ‘n geweldige spoed groei (Mansfield, 2012:218).
Tot onlangs was SMS gebruik as ‘n medium van kommunikasie tussen individue op
hul selfone. SMS se 20 jaar herdenking was in 2012 gevier, vanwaar die eerste SMS
in 1992 op die Vodafone netwerk gestuur is. Vanaf 1992 is triljoene SMS’e gestuur,
en met onlangse innovering in uitsending boodskapdiens of groepsboodskapdiens,
sal die aantal SMS’e wat gestuur word eksponensieel toeneem teen ‘n tempo wat
selfs moeilik is om wiskundig te bepaal (Mansfield, 2012:219).
Groepsboodskapsdiens stel nie-winsgewende organisasies, of besighede in staat om
SMS’e aan groot groepe mense te stuur. Volgens Mansfield word
groepsboodskapsdiens in nie-winsgewende organisasies primêr gebruik om
indringende nuus, oproepe tot donasies, en werksposisies aan mense oor te dra
(Mansfield, 2012:219). Die oorgrote meerderheid van die bogenoemde organisasies
maak egter nie van ‘n groepsboodskapsdiens vir kommunikasie en fondsinsamelings
doeleindes gebruik nie. Hierdie diens het aansienlik goedkoper geraak, en kan
vandag enige plek in die wêreld via die internet bereik word. ‘n Webtuiste soos
BulkSMS (Anon., 2014:elektroniese bron) bied die diens selfs teen ‘n verlaagde tarief
vir nie-winsgewende organisasies.
4.6.2.3 Elektroniese pos (epos)
Die groei en populariteit van epos het voordele vir gemeentes met tyd gebring. Epos
word nie slegs as ‘n manier van kommunikasie gebruik nie, maar ook as ‘n manier
om besigheid te doen (Whelan, 2000:23). Deur epos te gebruik kan verhoudings op
‘n koste effektiewe manier gebou en onderhou word (Groves, 2009:1). Met
gemeentes wat onder meer en meer finansiële druk geplaas word bied epos ‘n goeie
alternatiewe manier om met lidmate te kommunikeer.
4.6.2.4 Briewe
Briewe naas mondelinge kommunikasie is deel van die ouer vorme van
kommunikasie. Briewe maak dit moontlik dat iemand vir ‘n persoon of organisasie
per hand kan skryf. ‘n Brief word dus in enkelvoud geproduseer, anders as epos wat
37
vrylik gedupliseer kan word. ‘n Brief is ‘n meer persoonlike vorm van kommunikasie
aangesien dit meer tydsaam is en langer, as epos, neem om geskryf en ontvang te
word. Die persoonlike aard van ‘n brief hang ook nou saam met ‘n nostalgie wat
terug gryp na die oue, of dalk eerder die fisiese vorm van die brief, waar digitale
vorme van kommunikasie minder fisies van aard is.
4.6.2.5 Tydskrifte
Tydskrifte is ‘n vorm van kommunikasie wat ‘n groot groep mense bereik. Dit is
helder en beeldryk wat ‘n groot hoeveelheid inligting oor verskeie onderwerpe
deurgee in ‘n bepaalde tema. ‘n Tydskrif word gewoonlik gekoop, wat ‘n bepaalde
waarde aan die inligting heg. ‘n Voorbeeld van ‘n tydskrif in kerklike kringe sal wees
die tydskrif, Lig, wat deur BybelMedia versprei word. Onder tydskrifte kan ons ook
koerante insluit wat baie raakpunte met tydskrifte het, behalwe dat dit goedkoper is,
en ook op ‘n meer gereelde basis verskyn. ‘n Voorbeeld van ‘n kerk koerant sal
Kerkbode wees. Die Kerkbode is die amptelike orgaan van die NGK wat in 1849 deur
dr. Abraham Faure as De Gereformeerde Kerkbode opgerig is. Later het dit as De
Kerkbode en Die Kerkbode bekendgestaan, maar in 2004 is die “die” in die titel laat
vaar. Die blad verskyn elke twee weke. In 2009 skakel die blad oor na ‘n formaat wat
meer aan ‘n tydskrif as koerant herinner, maar dit dra steeds al die kerk se amptelike
berigte asook die meeste betrekkings in die NGK en word versprei in meer as 1100
gemeentes. Dit is die oudste blad van sy soort in Suid-Afrika.
Al die bogenoemde eienskappe van tydskrifte en koerante kan ook toegepas word
op digitale weergawes van tydskrifte, asook koerante. Dit is dalk net makliker om die
tydskrif of koerant in digitale vorm beskikbaar te hê as die fisiese weergawe van
dieselfde publikasie.
4.6.2.6 Aanplakbord
‘n Aanplakbord is ‘n baie goeie vorm van kommunikasie in die sin dat dit dinamies en
interaktief is. ‘n Aanplakbord skep die ruimte waar kennisgewings geplaas kan word,
asook waar geadverteer kan word. Op ‘n aanplakbord kan daar ook vorms geplaas
word om in te vul indien die persoon in die betrokke inligting belangstel en meer
daarvan wil ontvang. So kan ‘n aanplakbord ‘n weg na meer wees met die leser in
38
beheer van wat aanvaar word of nie, ‘n ware ‘trek’ medium. ‘n Aanplakbord kan selfs
ook ‘n plek raak waar gesprekke aangeknoop kan word oor onderwerpe op die bord
en wat kan lei tot verdere idees. Vanweë die aanplakbord se fisikaliteit,
interaktiwiteit en dinamiese aard kan ‘n aanplakbord baie voordelig vir enige
organisasie se interne sowel as eksterne kommunikasie wees.
4.6.2.7 Die internet
4.6.2.7.1 “Casting”
Party mense verkies om eerder te luister of te kyk as om ‘n teks deur te lees,
daarvoor is pod- en vod- casting daar. Podcast is ‘n generiese term en nie afgelei van
die Apple iPod nie; ‘pod’ staan vir ‘playable on demand’. Podcasting is ‘n manier om
klank opnames oor die internet te versprei. Al kan Podcasts gespeel word deur enige
standaard musiek program of toepassing, maak die gebruik van gespesialiseerde
Podcast programmatuur dit soveel beter vanuit ‘n inligtings perspektief. Sodra
Podcast sagteware gebruik word, soos iTunes, kan daar op Podcasts ingeteken word
en dit kan op ‘n gereelde basis ontvang word (Newson et al., 2009:91). Podcasts
word verkry deur die klankbaan van die internet af te laai. Dit sal as ‘n klank leër op
jou elektroniese toestel gestoor word, om te luister wanneer en waar dit verlang
word. Podcasting het die potensiaal om ‘n belangrike vorm van kommunikasie te
raak. Die geskrewe woord is ‘n vorm van kommunikasie, en vir ‘n groot groep mense
is dit nie hul voorkeur vorm van kommunikeer nie. Om na iemand te luister hoe ‘n
konsep of saak verduidelik word kan baie meer effektief as ‘n geskrewe
verduideliking wees. Mense verkies klank, daarom ook die populariteit van audio
boeke.
4.6.2.7.2 “Streaming”
Streaming is baie dieselfde as casting, die beskikbaarheid daarvan verskil net.
Streaming is slegs ‘lewendig’ beskikbaar, waar casting gestoor kan word (Newson et
al. 2009:91). Streaming kan in beide klank en video geskied. ‘n Ouer vorm van
Streaming wat reeds deur baie gemeentes gebruik word is om ‘n erediens na ‘n
ouetehuis uit te saai deur middel van ‘n telefoonlyn. Streaming geskied egter deur
die internet, daarom is dit ook goedkoper om te onderhou as om op ‘n weeklikse
39
basis ‘n uur lange telefoonoproep te maak. Klank en video kan ook gelyk gestream
word vir elkeen se voorkeur van medium. Streaming video oor die internet is baie
dieselfde as om ‘n televisie program op jou televisie te kyk op ‘n bepaalde tyd.
Streaming-video vra teenwoordigheid voor ‘n digitale toestel, hetsy rekenaar,
skootrekenaar, iPad, tablet of selfs selfoon. Streaming deur die internet maak dat
iemand die erediens kan volg waar ook al die persoon in die wêreld is, solank daar
toegang tot die internet is.
4.6.2.7.3 Sosiale media
Wat is sosiale media? Die term sosiale media het ‘n sambreel tem geraak wat
daagliks vergroot. Met die begin van Friendster in 2002 en LinkedIn en Myspace
daarna in 2003 was daar besig om ‘n fundamentele skuif in hoe mense die internet
gebruik plaas te vind. Die web het begin om van ‘n statiese na ‘n sosiale vorm te
verander. In 2004 het Flickr gekom, en kort daarna in 2005 YouTube, hierdie twee
webtuistes het vir altyd die manier van hoe foto’s en videos gedeel word verander
(Mansfield, 2012:46).
Vandag word daar steeds geleer en verbeter met elke status update, tweet en check-
in. Gelukkig word foute vinnig deur friends, followers en fans vergewe, en word
opvolgers meer en meer met likes en retweets beloon. Die sosiale web is meer
gemaklik in styl en toon, ook meer persoonlik van aard om op die persoonlike
manier mense by mekaar te bring. Wanneer die sosiale web met die kennis en krag
van die statiese web gekombineer word kan die internet met meer mag vir ‘n goeie
samelewing ingespan word.
Om aan te sluit by Castells se information city (Castells, 1989) noem Scott (Scott,
2013:54-55) ook dat hy daarvan hou om van die internet as ‘n stad te dink, en dat dit
help om sin te maak van elke aspek van die internet en hoe daardie aspekte met
mekaar verband hou. Scott (2013:54-55) noem dat korporatiewe webtuistes is soos
winkels in die hoofstraat. Craigslist (OLX of Gumtree) is soos die plakbord by die
ingang van die hoek winkeltjie. eBay, is ‘n garage sale. Amazon, is soos ‘n groot
kettingwinkel waar almal gereed is om jou raad te gee. Hoofstroom media
webtuistes soos New York Times is soos die koerant van die stad. Chatrooms en
40
forums is soos die kroeë en koffiewinkels van die aanlyn wêreld. Daar is selfs die
spreekwoordelike verkeerde-kant-van-die-treinspoor plekke, die web se volwasse-
vermaak en spam.
4.6.2.7.3.1 Blogging
Blog is ‘n term wat afgelei word van ‘web log’. ‘n Blog is ‘n webtuiste waar inligting
in datum volgorde vertoon word, met die mees resente inligting bo aan die bladsy
(Newson et al., 2009:4).
Die rede waarom daar die analogie met ‘n log of joernaal gemaak word, word meer
duidelik wanneer daar na ‘n Blog gekyk word. Wanneer ‘n Blog oopgemaak word sal
verskeie insetsels in datum volgorde gesien word. Van die mees resente insetsel kan
geblaai word tot by die heel eerste insetsel van die Blog. Op so ‘n manier is dit
duidelik om te sien hoe aktief die spesifieke Blog is, en ook hoe dit dag tot dag groei.
‘n Persoon wat aan ‘n Blog werk word ‘n Blogger genoem. Artikels wat op ‘n Blog,
deur die Blogger geplaas word, word Blog posts, of posts genoem. Wanneer daar
deur ‘n Blogger op ‘n gereelde basis insetsels op die Blog gelaai word, word dit
Blogging genoem.
4.6.2.7.3.2 Facebook
Facebook is ‘n sosiale netwerk. As ‘n webtuiste met sterkpunte wat bestaan uit ‘n
skoon, en eenvoudige koppelvlak, met slegs minimale advertensies wat op die
verbruiker inbraak maak. Dit was begin met die primêre doel om mense met mekaar
te verbind –nuwe vriende, ou vriende, familie lede, en werk kollegas (The Social
Network, 2010). Die stigters van Facebook is steeds getrou aan daardie beginsels en
estetiese aspekte vanaf 2004, tot waar dit vandag die wêreld se grootste aanlyn
sosiale netwerk is (Mansfield, 2012:72).
Op ‘n daaglikse basis tree miljoene mense met mekaar via Facebook in verbinding
om foto’s, video’s, nuus en persoonlike inligting met mekaar te deel. Vir die
meerderheid van die Millenial generasie is om op sosiale netwerke in te teken ‘n
daaglikse roetine (Mansfield, 2012:72). Hulle het min of geen ongemak daarmee om
stories of beelde van hul daaglikse lewe deur status updates op Facebook met hulle
41
vriende te deel nie. Oor die laaste paar jaar het Facebook meer en meer deel geraak
van mense se aanlyn lewens, mense van alle ouderdomme, rasse en sosio-
ekonomiese agtergronde.
4.6.2.7.3.4 Twitter
Die ontploffing van mikro-Blogging deur tweets het kommunikasie op die internet vir
altyd verander. Mense wat jonk is, asook mense wat lief is vir tegnologie, sê dat
progressie in verband met hoe daar oor die internet gekommunikeer word nie
gestop kan word nie. So wat is Twitter? Huberman, Romero en Wu beskryf Twitter as
volg;
Twitter.com is a online social network used by millions of people
around the world to stay connected to their friends, family members
and coworkers through their computers and mobile phones. The
interface allows users to post short messages (up to 140 characters)
that can be read by any other Twitter user. Users declare the people
they are interested in following, in which case they get notified when
that person has posted a new message. A user who is being followed
by another user does not necessarily have to reciprocate by following
them back, which makes the links of the Twitter social network
directed. (Huberman et al., 2008:2-3)
Twitter vorm dus deel van die sosiale netwerke, asook deel van die mikro-Blogging
platforms, vanweë die beperking tot slegs 140 karakters per tweet.
4.6.2.7.3.5 YouTube
YouTube, wat in 2005 begin het, en tans deur Google besit word, is die wêreld se
gewildste, en mees besoekte, aanlyn video gemeenskap. Op ‘n daaglikse basis word
daar meer as drie biljoen videos op YouTube gekyk. Om ‘n ander perspektief te stel,
daar word elke minuut, 48 uur se nuwe video op YouTube gelaai deur mense van reg
oor die wêreld (Mansfield, 2012:121). Anders as ander aanlyn gemeenskappe, is
YouTube se verbruikers baie divers in ouderdom, ras, klas en ligging.
42
4.6.2.7.3.6 LinkedIn
LinkedIn is ‘n sosiale netwerk vir professionele mense. Dit is in 2003 begin en groei
steeds elke jaar met verbruikers van reg oor die wêreld. Tans het LinkedIn meer as
100 miljoen verbruikers in 200 lande. Anders as Facebook word baie min persoonlike
inligting op LinkedIn gedeel. LinkedIn is primêr daar om professionele konneksies aan
te knoop en so ‘n professionele netwerk op te bou.
4.6.2.7.3.7 MXit
In die aanhaling wat volg lig Agnes Chigona and Wallace Chigona een van die
belangrikste redes uit hoekom die jonger generasies nie meer gebruik maak van
tradisionele vorme van kommunikasie nie;
MXit is a synchronous communication tool that works for mobile
devices such as cellphones and smartphones. Unlike SMS, MXit uses
Internet protocol to exchange messages. MXit users can chat either in
chatrooms or on a one to one basis with contacts who have been
added to one’s contact list; there is virtually no limit to the number of
contacts one may have. Contacts are added at the discretion of the
users. To add a person to the contact list the initiator sends an
invitation and the other party must accept the invitation. To
participate in a chatroom, one needs to subscribe to the chatroom
and there is a fee involved. Chatrooms are often centred on a theme
(eg teens) or around a geographical location (eg Cape Town). Users in
chatrooms often use pseudonyms and the phone numbers of the
guests are not displayed. A recently added mode of chatting on MXit
is known as multiMix. In Multimix a user may invite friends to chat
together; the friends do not necessarily have to be on each others’
contact list. One of the factors that has been attributed to the fast
growth of MXit is the cost. Unlike sending SMSs, MXit is charged
based on the data which is transferred. A MXit message may cost the
sender around two South African cents compared to 70 South African
cents for an SMS message (Chigona & Chigona, 2008:43-44).
43
Die rede is koste. Waar ‘n SMS 70 sent kos, kos ‘n boodskap wat via die internet
geskied 2 sent, dit is ‘n besparing van 3500%. Koste is een van die grootste
motiveerders wanneer dit by die omarming van nuwe tegnologie kom, veral in lande
waar daar ‘n tekort is.
4.7 Integrasie van kommunikasie vorme
Met die bogenoemde verduideliking van wat goeie handeling veronderstel, hetsy
fisies of meganiese kommunikasie, kan daar na die pragmatiese taak beweeg word,
waar verskeie van die bogenoemde vorme van kommunikasie geïntegreer kan word.
‘n Integrasie van kommunikasie sal moet steun op die sterkpunte van elke vorm van
kommunikasie en die swakpunte van die een vorm sal deur die sterkpunte van die
ander vorme moet aangespreek word. Sodoende sal ‘n omvattende sisteem geskep
word waar effektief gekommunikeer kan word.
So ‘n integrasie vra dat daar holisties met alle vorme van kommunikasie omgegaan
sal word om ‘n model as riglyn te vorm. ‘n Geïntegreerde kommunikasie model kan
die weg baan vir sinodes, ringe, gemeentes en leraars om effektief te kan
kommunikeer. Effektiewe kommunikasie het die potensiaal vir deursigtigheid op
administratiewe front, asook die potensiaal om leraars meer in voeling met lidmate
te plaas. Goeie kommunikasie wek vertroue, en as gemeenskap wat werk met
sosiale kapitaal wat gegrond is in vertroue, is kommunikasie ‘n baie belangrike deel
van gemeenskap.
4.8 Samevatting
As daar dus normatief gedink moet word oor kommunikasie in die NGK van die
Vrystaat is dit van belang dat die drie benaderinge tot normatiwiteit in gedagte
gehou moet word.
Eerstens in die etiese aspekte moet daar onthou word om met moed te
kommunikeer. Dat dit moed sal vra om moeilike boodskappe in druk situasies oor te
dra, en om dit so deur die regte kanale van kommunikasie te laat geskied. Wat
oorgedra word, deur watter kanaal ook al, moet altyd van die waarheid getuig en so
44
deursigtig moontlik geskied. As die kerk in gemeenskap mag ons nie inligting vir
mense wegsteek, hetsy deur gebrekkige kommunikasie of miskommunikasie nie.
Tweedens moet die teologiese aspekte wat bydrae tot die normatiewe nie
agtergelaat word nie. Dat wat verkondig en gekommunikeer word nooit in stryd met
die Skrif self sal wees nie, dat daar nooit valshede afgelê sal word nie. Ook dat daar
in die digitale era onthou sal word dat ‘n digitale gemeenskap van God net soveel
bestaansreg het soos ‘n fisiese gemeenskap van God. Of ‘n individu haarself digitaal
of fisies in die geloof uitleef behoort sy steeds aan die liggaam van Christus en moet
ook so hanteer word. Daarom is die digitale sosiale netwerke net so belangrik soos
die fisiese kerkgebou vir lof en aanbidding
Derdens is hoe daar gehandel gaan word om die normatiewe tot uitvoering te bring
van belang. Met al die verskillende vorme van kommunikasie, wat die fisiese sowel
die meganiese insluit, is dit belangrik om ‘n regte manier van kommunikeer te
ontwikkel. Dit moet ook in gedagte gehou word dat elke konteks verskil van mekaar
en daar nie op slegs een manier gekommunikeer word nie. Generasies en
toeganklikheid tot verskillende vorme van kommunikasie moet in ag geneem word
wanneer daar inligting tussen twee partye gedeel word.
45
HOOFSTUK 5: DIE PRAGMATIESE TAAK
5.1 Inleiding
In hierdie afdeling sal Osmer (2008:175) se vierde praktiese teologiese taak behandel
word, naamlik die pragmatiese. Eerstens sal daar na onlangse statistieke gekyk word
oor die gebruik van kommunikasie in die Vrystaatse NGK. Tweedens sal die
verskillende vorme van kommunikasie, soos in die normatiewe taak uiteengesit,
geïntegreer word tot ‘n bruikbare riglyn oor hoe om te kommunikeer in ‘n spesifieke
situasie of konteks. Laastens sal gekyk word na hoe daar in ‘n veranderende konteks
in ‘n gemeente of gemeenskap gekommunikeer kan word.
5.2 Sosiale aspekte van kommunikasie
Aangesien kommunikasie ‘n inherente sosiale dimensie het, is dit belangrik om te
onthou dat kommunikasie altyd met mense te doen het. Of dit gaan oor mense wat
‘n boodskap wil oordra en of dit gaan oor mense wat ‘n boodskap ontvang, iewers in
die proses van kommunikeer sal daar meer as een mens betrokke wees, wat
kommunikasie inherent ‘n sosiale handeling maak. As daar gevra word oor hoe gaan
effektief gekommunikeer word, moet daar dus terug gekeer word na die sosiale
strukture. Melding is gemaak van sosiale netwerk analise wat voorstel dat ‘n
kartering van belangrike rolspelers, en hulle verhoudings, in die netwerk met mekaar
gemaak word. Daardeur sal gesien word wie die leiers is en wat impliseer wie die
inisiatief sal moet neem om te kommunikeer. Ook sal die geïsoleerde geïdentifiseer
kan word wat sal impliseer na wie gekommunikeer moet word. Dus sal ‘n sosiale
netwerk analise ‘n belangrike rol speel in die begin fase van kommunikasie, ten
einde ‘n basis grond te vestig van waar verder beweeg kan word.
Sodra die grondgebied afgebaken is kan daar begin word om aan die “inligting-stad”
te bou. Hierdie stad van inligting hoef nie so seer soos voorheen genoem net op
meganiese vorme van kommunikasie te fokus nie, maar kan ook die fisiese vorme
van kommunikasie insluit. Solank dit goed bestuur word ondersteun diversiteit die
“inligting-stad” se effektiwiteit.
46
Onlangse navorsing wat gedoen is by die spesiale sinodesitting van die NGK van die
Vrystaat help ons om hierdie “stad” te karteer. Onderskeiding is gemaak tussen ses
ouderdomsgroepe sodat die voorkeur van kommunikasie vir elke ouderdomsgroep
gekarteer kon word. Daar is ook onderskeid tussen kerkraadslede en leraars gemaak.
Daar is in totaal 139 kerkraadslede en 126 leraars se inligting ingewin ten opsigte van
hul voorkeure van kommunikasie.
Die ses verskillende ouderdomsgroepe is as volg; 18-30, 31-40, 41-50, 51-60, 61-70
en 70+. Daar is eerstens aan die individue gevra of hulle ‘n selfoon, rekenaar,
skootrekenaar of tablet/iPad besit. ‘n Volgende stel vrae het gevra of hulle ‘n epos
adres, ‘n Facebook rekening, ‘n Twitter rekening, of enige ander vorm van sosiale
media (wat Google+, Instagram, en LinkedIn insluit) besit. Hierdie twee vrae is
opgevolg deur te vra wat is hulle voorkeur vorm van kommunikeer, die opsies
waarvan gekies kon word was; om ‘n oproep te maak of ontvang, ‘n brief, ‘n epos, ‘n
SMS, ‘n WhatsApp boodskap, ‘n Facebook boodskap, ‘n Twitter boodskap, of enige
ander vorm van sosiale media. Laastens is die deelnemers ook gevra of hulle graag
sou wou leer hoe om hulle gemeentes te bedien en of bemark deur sosiale media.
47
KR, 18-30 Totaal KR, 31-40 Totaal KR, 41-50 Totaal KR, 51-60 Totaal KR, 61-70 Totaal KR, 70+ Totaal Groot Totaal Groot Totaal
Selfoon 3 100% 3 100% 19 100% 31 100% 48 100% 35 100% 139 100%
Rekenaar 1 33% 2 66% 12 63% 18 58% 22 45% 18 51% 73 52%
Skootrekenaar 2 66% 3 100% 12 63% 17 54% 29 60% 11 31% 74 53%
Tablet/iPad 0 0% 0 0% 4 21% 5 16% 6 12% 3 8% 15 10%
Epos 3 100% 3 100% 18 94% 27 87% 39 81% 24 68% 114 82%
Facebook 2 66% 3 100% 11 57% 12 41% 12 25% 7 20% 47 33%
Twitter 0 0% 2 66% 2 10% 3 9% 3 6% 0 0% 10 7%
Ander 1 33% 2 66% 7 36% 1 3% 1 2% 2 5% 14 10%
Oproep 1 33% 1 33% 12 63% 17 54% 28 58% 25 71% 84 60%
Brief 0 0% 0 0% 2 10% 7 22% 12 25% 12 34% 33 23%
Epos 2 66% 2 66% 17 89% 21 67% 30 62% 21 60% 93 66%
SMS 1 33% 2 66% 9 47% 14 48% 20 41% 15 42% 61 43%
WhatsApp 2 66% 1 33% 7 36% 3 9% 10 20% 7 20% 30 21%
Facebook 0 0% 0 0% 3 15% 2 6% 2 4% 2 5% 9 6%
Twitter 0 0% 0 0% 2 10% 0 0% 0 0% 0 0% 2 1%
Ander 0 0% 0 0% 0 0% 0 0% 0 0% 0 0% 0 0%
Wil jy leer? 3 100% 1 33% 16 84% 17 54% 25 52% 15 42% 77 55%
Wat die kerkraadslede betref het almal toegang tot ‘n selfoon, maar slegs 43%
verkies om via SMS te kommunikeer, en nog minder met 21% kies om via WhatsApp
te kommunikeer. Hier moet ook in ag geneem word dat 82% van die respondente bo
die ouderdom van 50 jaar is. Wat uitstaan is dat tot op ouderdom 40 jaar, verkies
niemand om met ‘n brief te kommunikeer nie. Vanaf 41 jaar neem die briefwisseling
egter toe met van 10%, na 22%, na 25% tot by 34% wat duidelik tekenend aan die
generasie se voorkeur is. Wat egter nog meer insiggewend is, ten spyte van ‘n
voorkeur in kommunikasie per brief is epos op elke ouderdom verkies bo brief,
behalwe by die ouderdom 70+. As daar na die groot totaal gekyk word verkies 23%
van kerkraadslede kommunikasie per brief, maar kies 66% van kerkraadslede eerder
epos bo brief. Van hierdie 139 kerkraadslede het 82% ‘n epos adres, 33% ‘n
Facebook rekening, en slegs 7% ‘n Twitter rekening. 60% Van kerkraadslede verkies
om ‘n oproep te maak of te ontvang. Met die vraag of hulle as kerkraadslede wil leer
hoe hulle die gemeente kan bemark of bedien via sosiale media het slegs 55%
positief reageer.
48
DS, 18-30 Totaal DS, 31-40 Totaal DS, 41-50 Totaal DS, 51-60 Totaal DS, 61-70 Totaal DS, 70+ Totaal Groot Totaal
Selfoon 12 100% 11 100% 31 100% 52 100% 19 100% 1 100% 126 100%
Rekenaar 6 50% 7 63% 23 74% 34 65% 12 63% 0 0% 82 65%
Skootrekenaar 8 60% 10 90% 28 87% 36 69% 15 78% 1 100% 98 77%
Tablet/iPad 5 41% 6 54% 13 41% 13 25% 2 10% 0 0% 39 30%
Epos 12 100% 11 100% 31 100% 52 100% 19 100% 1 100% 126 100%
Facebook 12 100% 9 81% 23 74% 29 55% 11 57% 0 0% 84 66%
Twitter 7 58% 7 63% 10 32% 9 17% 0 0% 0 0% 33 26%
Ander 5 41% 4 36% 15 48% 23 44% 4 21% 0 0% 51 40%
Oproep 6 50% 5 45% 13 41% 30 57% 12 63% 1 100% 67 53%
Brief 0 0% 0 0% 3 9% 6 11% 5 26% 0 0% 14 11%
Epos 11 91% 10 90% 28 87% 45 86% 17 89% 1 100% 112 88%
SMS 8 60% 8 72% 22 70% 30 57% 13 68% 1 100% 80 63%
WhatsApp 5 41% 7 63% 16 51% 23 44% 8 42% 0 0% 58 46%
Facebook 3 25% 3 27% 8 25% 6 11% 3 15% 0 0% 23 18%
Twitter 1 8% 3 27% 0 0% 0 0% 0 0% 0 0% 4 3%
Ander 1 8% 1 9% 0 0% 3 5% 1 5% 0 0% 6 4%
Wil jy leer? 9 75% 6 54% 25 80% 37 71% 14 73% 1 100% 92 73%
Wat die leraars betref het almal ook toegang tot ‘n selfoon, en verkies 63% om via
SMS te kommunikeer, en 46% via WhatsApp. Dit beteken leraars verkies om 20%
meer via SMS te kommunikeer as hul kerkraadslede, en 25% meer via WhatsApp as
hul kerkraadslede. Elkeen van die 126 leraars besit ook ‘n epos adres, en 88% verkies
om via epos te kommunikeer, waar slegs 11% verkies om via ‘n brief te
kommunikeer. Dit is ‘n 67% verkil in voorkeur van kommunikeer, waar kerkraadslede
op dieselfde punt 43% verskil. Van die 126 leraars het 100% ‘n epos adres, 66% ‘n
Facebook rekening, en 26% ‘n Twitter rekening. 53% van leraars verkies om ‘n
oproep te maak of te ontvang. Dit beteken dat leraars 7% minder oproepe wil maak
of ontvang as hulle kerkraadslede. 73% van leraars het positief reageer met die vraag
of hulle sou belangstel om sosiale media te gebruik om hulle gemeentes te bemark
of te bedien.
Met die bogenoemde statistieke raak dit duidelik dat die era van kommunikeer via
briewe aan die verbygaan is. Dat almal selfone het en oproepe nog redelik deel van
die daaglikse vorme van kommunikasie is met 60% by kerkraadslede en 53% by
leraars. Wat ‘n merkbare skuif in kommunikasie is, is dat mense al meer verkies om
nie via ‘n oproep te kommunikeer nie, en eerder ‘n epos, SMS of WhatsApp verkies.
Met onderskeidelik 66% onder kerkraadslede en 88% onder leraars wat epos
kommunikasie betref is dit merkbaar meer as oproepe. Wat die sosiale media soos
Facebook en Twitter betref is dit ook aan die toeneem. In die 18-30 groep het 100%
van leraars Facebook, en 58% Twitter, rekeninge. In die 31-40 groep het 81% van
49
leraars Facebook, en 63% Twitter, rekeninge. Wat uitlig dat sosiale media toeneem
in gebruik en ook besig is om die “stad” te verander en nuwe maniere van
kommunikeer te infaseer.
Uit die bogenoemde kan ook geneem word dat selfone en epos ‘n baie goeie
aflewerings medium van inligting kan wees. Dat briewe heelwat minder gelees word,
en dit ook die maniere moet verander hoe gemeentes bemarking en afkondigings in
gemeentes doen. Omdat almal selfone het, en slimfone al meer na vore tree
(Goldstuck, 2014:elektroniese bron) kan SMS steeds ‘n goeie aflewerings metode
wees met ‘n skakel na ‘n webblad wat besoek kan word vir die nodige inligting. Op
dieselfde manier kan epos gebruik word, as aflewerings metode van inligting. Die
sosiale media is egter die antwoord na die “inligting-stad” waar mense interaktief
met mekaar kan kommunikeer en so ‘n gemeenskap vorm rondom ‘n gedeelde
behoefte of doel. Sosiale media kommunikeer ook heelwat vinniger soos reeds
genoem in die voorafgaande hoofstukke. Daarom vir ‘n liggaam van Christus om
digitaal te funksioneer, sal vra dat daar met moed en waarheid gekyk word na hoe
die sosiale media voordelig gebruik kan word.
5.3 Trappe van kommunikasie
Hoe daar gekommunikeer word, word meestal bepaal deur wat met die
kommunikasie bereik wil word. Daarom, om die regte manier van kommunikeer te
kan voorstel moet daar eers vasgestel word wat wil met ‘n boodskap bereik word.
Watter effek word verlang nadat ‘n boodskap oorgedra is? Meer kennis oor ‘n
onderwerp, ‘n beter begrip of meer motivering en betrokkenheid, of moet die
boodskap tot ‘n aksie of gedragsverandering lei? Dit is alles faktore wat oorweeg
moet word voordat daar gekyk kan word na hoe daar gekommunikeer gaan word.
Die webtuiste CommunicationToolbox stel die volgende trappe van kommunikasie
voor wanneer daar moet vasgestel word oor hoe om te kommunikeer (The
Communication Toolbox, 2014).
50
Hierdie trappe van kommunikasie lê drie verskillende effekte voor wat
onderskeidelik; mense wil uitsluit, kennis wil oordra, en mense wil betrek deur
eienaarskap. So kan gesien word dat deur geen inligting met mense te deel, of glad
nie te kommunikeer nie, mense uitgesluit word. So word gesien dat deur niks te
kommunikeer nie, daar ook ‘n sekere boodskap oorgedra word. Om mense te laat
verstaan en kennis oor te dra is meestal eenrigting-kommunikasie waar gesprek nie
soseer deel vorm nie. Die laaste effek is waar mense by die gesprek betrek word,
waar hulle betrokke raak en eienaarskap van ‘n projek neem. In die derde effek is die
plek waar dialoog plaasvind.
Die eerste effek kan vergelyk word met letterlik waar daar nie gekommunikeer word
nie en so word mense uitgesluit. Die tweede effek kan vergelyk word met gedrukte
of elektroniese media, of selfs ‘n preek deur die leraar met die doel dat die
ontvanger van die boodskap ‘n beter verstaan sal ontwikkel van dit wat
gekommunikeer word. Die derde effek kan met ‘n dialoog of sosiale media vergelyk
word, waar verskillende partye deelneem aan ‘n gesprek. Die derde effek betrek
individue deur deelname aan gesprekke en projekte, en met deelname ontstaan
eienaarskap.
Weereens kan hierdie kommunikasie beide fisies en meganies geskied, elkeen met
haar voor en nadele as medium. So is die ‘trappe van kommunikasie’ ‘n waardevolle
E F F E K : S L U I T M E N S E E N G E R U G T E U I T
E F F E K : V E R S T A A N E N O O R D R A G V A N K E N N I S
E F F E K : B E T R E K E N N E E M E I E N A A R S K A P
TRAPPE VAN KOMMUNIKASIE
51
hulpmiddel om te besluit watter kanale van kommunikasie gebruik moet word
wanneer ‘n verkose effek bereik wil word. Wanneer ‘n breër kriterium egter gesoek
word, om uit te wys watter vorm van kommunikasie gunstig sal wees, kan daar ook
na die boodskap self in plaas van die effek van die boodskap gekyk word. Elke
boodskap voldoen inherent aan ‘n sekere waarde wat ‘n sekere kommunikasie styl
vereis. Daarom is dit net so belangrik om na die boodskap, as die boodskap se effek,
te kyk. Die volgende tabel kan as riglyn dien.
Boodskap Voorbeeld Medium
Sosiale aangeleenthede Die klimaat, samewerking en
sielkundige sake.
Gedruk of elektronies.
Sielkundige sake moet
individueel of in
groepbesprekings hanteer
word.
Operasionele kommunikasie Wie doen wat, wanneer en
hoe.
Gedruk of elektronies, een
tot een met individue of met
die betrokke by die
aangeleentheid.
Terugvoer Prestasies, lof en kritiek. Een tot een met individue.
Lof en kritiek kan in
groepsverband
gekommunikeer word.
Nuus Aanstellings, gebeure en
projekte.
Gedruk of elektronies.
Inligting wat goed
uiteengesit is om te kan
opvolg.
Finansies Vooruitskattings, resultate
en finansiële nuus.
Gedruk of elektronies.
Inligting wat goed
uiteengesit is om te kan
opvolg. Belangrik om te
vereenvoudig en te
illustreer.
Strategiese kommunikasie Visie, doelwitte, strategie en
veranderinge in die
organisasie.
Dialoog in vergaderings, met
gedrukte of elektroniese
inligting as agtergrond en
voorbereiding.
Waardes Waardes, bestuursfilosofie,
personeel filosofie, riglyne
en prosedures.
Dialoog in vergaderings, met
gedrukte of elektroniese
inligting as agtergrond en
voorbereiding.
52
Die bogenoemde tabel dien as riglyn om te bepaal watter inligting hoe en waar
oorgedra behoort te word sodat dit die beste ontvang en geïnterpreteer word. Die
bogenoemde twee tabelle kan saam dien om te help bepaal watter inligting hoe,
waar en met watter effek sal plaasvind.
5.4 Die medium, die boodskap
Die manier van kommunikeer is partymaal net so belangrik as die boodskap self,
soos Marshall McLuhan tereg vir ons uitwys wanneer hy opmerk dat die medium self
die boodskap is (McLuhan, 1964:7). Die medium raak die boodskap omdat die
medium ‘n uitvloeisel van die persoon self is, voer McLuhan aan, en omdat die
boodskap van die persoon kom word die boodskap en die medium op dieselfde vlak
geplaas en so vermeng medium en boodskap saam tot ‘n nuwe boodskap.
Die NGK prys haarself nog altyd dat sy goeie teologiese opleiding aan haar studente
bied en ook so vereis dat Woordverkondiging in gemeentes op goeie teologiese
gronde berus. Dus kan daar met sekerheid gesê word dat die NGK nie ligtelik met die
Skrif omgaan nie. Hierdie goeie gehalte teologie wat in die NGK beoefen word moet
egter oorgedra word aan die lidmate. Lidmate moet kan verstaan wat die leraar
verkondig. Lidmate moet tuis voel in ‘n gemeente waar goeie teologiese
beredenering hoog op die prys gestel word.
Die medium is die antwoord wanneer daar oor verstaan van teologie, van gemak in
gemeentes, gepraat word. As gemeentes wil floreer in ‘n veranderende konteks sal
die gemeentes ook moet verander saam met die konteks. Dit beteken egter nie dat
die goeie teologie afgewater moet word om by ‘n groeiende sekulêre samelewing
aan te pas nie, dit beteken dat die medium oor hoe daar gekommunikeer word met
hierdie veranderende samelewing sal moet verander.
53
Mark Scott, besturende direkteur van ABC, het onlangs ’n praatjie aan Queensland
University of Technology se joernalistiek, media en kommunikasie studente gegee,
hy noem:
Last week, and every other, we presented Australian conversations
and stories that informed and enriched the lives of Australians and
Australian life. But to keep doing this, we will have to change. We
must acknowledge how much the world has been altered by digital
media, and how rapidly and urgently we need to change to deal with
this. Changes that might have taken ten years in the analog age now
take place within the space of one (Bodey, 2014:elektroniese bron).
Scott besef dat digitale media selfs ’n televisiestasie se manier van doen dwing om te
verander. As NGK behoort die kerk Suid-Afrikaners se lewens te beïnvloed. En om die
woorde van Scott te gebruik, as die NGK dit wil aanhou doen, sal sy moet verander.
Sy sal moet besef dat haar konteks deur die digitale media verander is en sy sal
spoedig daarby moet aanpas om relevant te bly.
5.5 Samevatting
Vanuit die Vrystaatse statistieke is dit duidelik dat telefoonoproepe in die afname is
reg oor die spektrum. Wat ook duidelik is, is dat al meer mense verkies om via epos
of SMS te kommunikeer. Wanneer daar gekommunikeer word moet die verlangde
effek van die kommunikasie in ag geneem word om te bepaal hoe daar
gekommunikeer word. Daar is ook verskillende trappe van kommunikasie van waar
individue heeltemal uitgesluit kan word tot waar hulle eienaarskap van ‘n projek
neem. Kommunikasie is ‘n belangrike deel van kerkwees, asook kerkwees in die
“inligting-stad”, want kerkwees is om deel van die liggaam van Christus te wees, en
die liggaam van Christus is nie beperk tot slegs die fisiese ruimtes nie.
54
HOOFSTUK 6: SAMEVATTING
6.1 Inleiding
In hierdie hoofstuk sal Osmer (Osmer, 2008) se viervoudige prakties teologiese taak
saamgevat word en so ook dien as ‘n samevatting van die doelwit oor die
ontwikkeling van digitale kommunikasie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk van
die Vrystaat. Eerstens sal die deskriptief-empiriese taak behandel word, tweedens
die interpreterende taak, derdens die normatiewe taak en laastens die pragmatiese
taak. As eenheid dien hierdie vier prakties teologiese take ter ondersteuning van die
doelwit.
6.2 Die deskriptief-empiriese taak
As daar na die statistieke van Ipsos (Ipsos, 2012:elektroniese bron) gekyk word sal
gesien word dat die Vrystaat se gemiddelde ouderdom 36.51 jaar is, dat daar ’n 38%
toename was in besit van rekenaars of skootrekenaars tussen 2008 en 2012, dat
daar ’n 4% toename was in besit van ’n selfoon tussen 2008 en 2012. Hierdie dui
daarop dat tegnologie vinnig in die Vrystaat omhels word. Daarmee saam moet
onthou word dat 56% van leraars in die Vrystaat tussen die ouderdom van 50 jaar en
70 jaar is en dat 71% van daardie 56% van leraars bereid is om te leer van digitale
kommunikasie.
Die Nederduits-Gereformeerde Kerk (NGK) is besig om ’n stadium in te gaan waar al
meer mense deur hul tegnologie gevorm word, bewustelik en onbewustelik. Die
tegnologie wat gebruik word om die alledaagse lewe moontlik te maak en te
vergemaklik raak tegnologie waarop afhanklik geraak word. Saam met tegnologie
wat vorm gee aan ’n generasie staar die mens ook al meer postmoderne denke in die
oë en kan dit nie geïgnoreer word nie.
Digitaal is daar dus besig om ’n nuwe wêreld te ontstaan, ’n wêreld waar die fisiese
met die digitale, waar die lokale met die globale, waar die ek met die ons besig is om
te vermeng. Nuwe sosiale strukture is besig om vorm aan te neem vanweë die
digitale aard van die nuwe wêreld.
55
6.3 Die interpreterende taak
Sosiale status speel ’n belangrike rol in hoe ’n persoon haarself definieer in relasie
tot ander. Hierdie sosiale status word deur digitale ruimtes soos Facebook en Twitter
op die voorgrond gestel. Om sosiaal goed aangepas te wees is voordelig vir die
individu omdat sy haar sosiale posisie sal kan gebruik om sekere voordele te geniet.
Sosiale kapitaal is daardie konneksies tussen persone wat vertroue onder mekaar
skep. Met sosiale kapitaal kan ’n gemeenskap veerkragtig wees deurdat die
gemeenskap op mekaar kan staatmaak en in tye van interne of eksterne nood
mekaar kan ondersteun. Sosiale kapitaal kan ’n gemeenskap onderhou en selfs tot
fisiese kapitaal lei. Sosiale kapitaal is die kapitaal waarin die kerk onderhandel en
mee woeker. Die internet, deur middel van sosiale netwerke, kan die kerk help om
op vinniger maniere ’n gemeenskap te onderhou en te ondersteun.
Castells (1989:23) praat van die ‘inligting-stad’ wanneer hy verwys na kontekste wat
vanweë nuwe tegnologie aan die verander is. Met digitale kommunikasie wat die
voorkeur vorm van kommunikasie raak is daar inderwaarheid ’n ‘inligting-stad’ besig
om te ontstaan in die nuwe digitale wêreld. Hierdie ‘inligting-stad’ wat op die
internet ontstaan kan analiseer word om bepaalde sosiale strukture bloot te lê. Met
die sosiale strukture blootgelê kan gemeentes gebruik maak van daardie strukture in
die ‘inligting-stad’ om so sosiale kapitaal te genereer.
Sosiale kapitaal, ruimtes en strukture, is teenwoordig in die digitale wêreld wat as
die internet bekend staan. Die internet (digitale) moet dus gebruik word om ook
invloed op die fisiese wêreld uit te oefen.
6.4 Die normatiewe taak
Die normatiewe taak bestaan uit drie bewegings wat Osmer (2008:161) afsonderlik
behandel binne die normatiewe taak. Hierdie drie gedeeltes is onderskeidelik die
etiese, teologiese en wat goeie handeling betref. Hierdie drie bewegings raak die
norme aan waarteen nuwe optrede prakties teologies geweeg moet word om as die
nuwe norm aanvaar te word. Daar moet onthou word dat wanneer daar oor
kommunikasie gepraat word, daar as’t ware oor die kwaliteit van ’n boodskap
gepraat word.
56
Wanneer die kwaliteit van ’n boodskap teenoor etiese norme geweeg word, is dit
belangrik dat ’n boodskap met moed oorgedra word. Dat die boodskap nie verdoesel
of verduister sal word as die inhoud van boodskap sensitief is nie. Om ’n boodskap
effektief oor te dra vra moed, om op die regte tyd en plek die regte woorde te
spreek. Hierdie boodskap moet ook met eerlikheid oorgedra word. Veral wat
Woordverkondiging betref moet die boodskap getrou aan die Skrif wees sonder om
die skerp kant van die boodskap stomp te maak omdat die ontvangers van die
boodskap ongemaklik gaan wees. As kommunikasie oneerlik is rig dit skade aan,
oneerlike kommunikasie breek bande en maak die sosiale netwerk broos wat per
implikasie sosiale kapitaal verminder. Daarom is dit van uiterste belang dat alle
kommunikasie eerlik geskied omdat ’n gemeenskap se welstand daarvan afhanklik is.
Teologies help die Heidelbergse Kategismus ook om die norm te bepaal wanneer
daar nagedink word oor hoe gekommunikeer moet word. Vraag 112 van Sondag 43
brei uit op wat die negende gebod van die mens eis. Dat geen valse getuienis afgelê
mag word nie, dat woorde nie verdraai mag word nie, dat daar ’n liefde vir die
waarheid moet wees en dat alle kommunikasie altyd opreg moet wees. Dit sluit ook
met ’n verdere opdrag af dat die eer en goeie naam van naastes verdedig en
bevorder moet word. Dit is die effek van die waarheid, dat dit ’n gemeenskap kan
verdedig en bevorder. Vêrder op teologiese gronde kan daar melding gemaak word
vir die ‘inligting-stad’, dat die ‘inligting-stad’ nie ondergeskik is aan ’n fisiese stad of
dorp nie. Die liggaam van Christus is nie beperk tot die fisiese ruimte nie en kan ook
op ’n digitale manier uitgeleef word. Wanneer die liggaam van Christus op ’n digitale
manier funksioneer kan dit sosiale kapitaal genereer wat op haar beurt weer
omgeskakel kan word in fisiese kapitaal soos in die geval van NGK Philippolis.
As verskillende vorme van handeling geanaliseer moet word kan daar genoem word
dat kommunikasie op verskeie maniere geskied, waarvan die belangrikste vir hierdie
studie die kanale van sig en spraak is. Die sig en spraak kanale van kommunikasie kan
verder verdeel word, naamlik in die fisiese en die meganiese, wat alles insluit wat nie
fisies is nie. Voorbeelde van fisiese vorme van kommunikasie sluit in; groot
vergaderings, weeklikse vergaderings, persoonlike vergaderings, video konferensies
en mondelinge kommunikasie. Voorbeelde van meganiese vorme van kommunikasie
57
sluit in; ’n telefoon of selfoon oproep, SMS, Epos, briewe, tydskrifte, aanplakborde
en die internet. Om ’n norm te skep uit die handeling van hierdie vorme van
kommunikasie is dit belangrik om die bogenoemde vorme van kommunikasie te
integreer tot ’n holistiese sisteem, sodoende sal ’n omvattende sisteem geskep word
waar effektief gekommunikeer kan word.
6.5 Die pragmatiese taak
Daar moet onthou word dat kommunikasie inherent ’n sosiale handeling is, daarom
is dit belangrik om konteks spesifiek om te gaan wanneer daar na riglyne gesoek
word om effektief te kommunikeer. In die nuwe digitale wêreld waarin geleef word
word konteks nie noodwendig deur omgewing bepaal nie, maar meer deur gedeelde
belange. Daarom is dit belangrik om die teikengroep te analiseer en te verstaan
watter vorm van kommunikasie pas by die groep, eerder as om te kommunikeer met
die voorveronderstelling dat die groep verkies om met die voor veronderstelde vorm
van kommunikasie te kommunikeer.
Verskillende vorme van kommunikasie het verskillende effekte, daarom is dit
belangrik om die effek van die boodskap ingedagte te hou wanneer daar op ’n
sekere wyse gekommunikeer word. Om uit te wys watter vorm van kommunikasie
gunstig sal wees, kan daar ook na die boodskap self inplaas van die effek van die
boodskap gekyk word. Elke boodskap voldoen inherent aan ’n sekere waarde wat
gekoppel kan word aan ’n sekere styl van kommunikeer. Daarom is dit net so
belangrik om na die boodskap, as die effek van die boodskap, te kyk wanneer daar
gekommunikeer word.
6.6 Samevatting
Die manier van kommunikeer is net so belangrik soos die boodskap self (McLuhan,
1964), daarom as gemeentes wil floreer in ’n veranderende konteks is dit belangrik
dat hulle manier van kommunikeer aanpas by die veranderende konteks. Die NGK
het die kans om mense se lewens positief te beïnvloed. As sy daardie kans wil behou
in ’n veranderende konteks sal sy moet verander. Sy sal moet besef dat haar konteks
deur die digitale media verander is en sy sal spoedig daarby moet aanpas om
relevant te bly.
58
BIBLIOGRAFIE
Anon., 2014. BulkSMS. [Online]
Available at: www.bulksms.2way.co.za
[Accessed 8 August 2014].
Anon., 2014. Google. [Online]
Available at: www.google.co.za
[Accessed 19 March 2014].
Aristotle, -322. The Nicomachean Ethics. In: The Complete Aristotle. Adelaide: University of
Adelaide.
Bodey, M., 2014. Mark Scott foreshadows major changes to ABC services. [Online]
Available at: http://www.theaustralian.com.au/media/mark-scott-foreshadows-major-
changes-to-abc-services/story-e6frg996-
1227025385731?nk=ec61cff5d530650b1ebbcee51182e43d
[Accessed 15 August 2014].
Bpk, L. V. (., 2008. Ons Glo... Die drie formuliere van eenheid en ekumeniese belydenisse. 4th
ed. Wellington: Lux Verbi.BM.
Bromiley, G., 1982. Ethics and Dogmatics. Grand Rapids: Eerdmans.
Campbell, H. A., 2010. When Religion Meets New Media. New York: Routledge.
Castells, M., 1989. The Information City: Information Technology, Economic Restructuring,
and the Urban-Regional Process. Oxford: Blackwell.
Chigona, A. & Chigona, W., 2008. MXit it up in the media: media discourse analysis on a
mobile instant messaging system. The Southern African Journal of Information and
Communication, Issue 9, pp. 42-57.
Coleman, J., 1990. Foundations of Social Theory. Cambridge: Belknap Press of Harvard.
Elwell, J., 2011. Crises of Transcendence: A Theology of Digital Art and Culture. Lanham:
Lexington Books.
Galamba, L., 2013. The Hipster Paradox. [Online]
Available at: http://sites.psu.edu/rclgalamba/2013/01/31/the-hipster-paradox/
[Accessed 27 March 2014].
Gericke, F., 1968. Die ontwikkeling van kommunikasie in die Oranje-Vrystaat, 1854-1886.
Bloemfontein: Universiteit van die Oranje-Vrystaat.
Goldstuck, A., 2014. Massive increase in SA smartphone purchases. [Online]
Available at: http://mg.co.za/article/2014-07-29-smartphone-uptake-in-south-africa-rising-
dramatically
[Accessed 29 July 2014].
Groves, E., 2009. The Constant Contact Guide to Email Marketing. Hoboken: John Wiley &
Sons, Inc..
59
Hollinger, D. P., 2002. Choosing the Good: Christian Ethics in a Complex World. Grand Rapids:
Baker Academic.
Huberman, B. A., Romero, D. M. & Wu, F., 2008. Social networks that matter: Twitter under
the microscope. pp. 1-9.
Ipsos, H. o. R., 2012. If South Africa were a single village. [Online]
Available at: http://www.moneyweb.co.za/moneyweb-soapbox/if-south-africa-were-a-
single-village
[Accessed 20 March 2014].
Joubert, S. J., 2010. Annus Virtualis: Enkele uitdagings wat die virtuele era van Web 2.0 aan
relevante kerklike bedieninge stel. Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, 51(3&4),
pp. 48-60.
Lin, N., 2001. Social capital: A Theory of Social. New York: Cambridge University Press.
Louw, D., 1980. Die stad in die mens. Pretoria: N.G. Kerk Boekhandel Transvaal.
Mansfield, H., 2012. Social Media for Social Good. New York: McGrawHill.
McLuhan, M., 1964. Understanding Media, The Extensions of Man. London: Routledge &
Kegan Paul Ltd.
Migliore, D. L., 2004. Faith Seeking Understanding: An Introduction to Christian Theology.
2nd ed. Grand Rapids: Eerdmans Publishing Company.
Nash, D., 2002. Practising Religion in the Age of the Media. New York: Columbia University
Press.
Newson, A., Houghton, D. & Patten, J., 2009. Blogging and other Social Media. Burlington:
Gower.
Nida, E. A., Louw, J. P., Snyman, A. H. & Cronje, J. v. W., 1991. Style and Discourse. 2nd ed.
Cape Town: Bible Society of South Africa.
Osmer, R. R., 2008. Practical Theology, an introduction. Michigan: Eerdmans.
Pondering Panda, 2014. Pondering Panda. [Online]
Available at: http://ponderingpanda.com/youth_report
[Accessed 20 March 2014].
Portes , A., 1998. Social capital: ‘its origins and applications in contemporary sociology'.
Annual Review of Sociology, pp. 1-24.
Putnum, R., 2000. Bowling Alone. The collapse and revival of American community. New
York: Simon & Schuster.
Putnum, R. D., 1995. Bowling Alone: America's Declining Social Capital. Journal of
Democracy, 6(1), pp. 65-78.
Sayre, S. & King, C., 2010. Entertainment and Society: Influences, Impacts, and Innovations.
2nd ed. New York: Routledge.
Schon, D. A., Sanyal, B. & Mitchell, W. J. eds., 1997. High Technology and Low-Income
Communities. Cambridge: MIT Press.
60
Scott, D. M., 2013. The New Rules of Marketing & PR. 4th ed. Hoboken: John Wiley & Sons,
Inc..
Shapshak, T., 2014. TED. [Online]
Available at:
http://www.ted.com/talks/toby_shapshak_you_don_t_need_an_app_for_that/transcript
[Accessed 21 March 2014].
Slabbert, C., 2014. Leier Nuus, s.l.: e-Kerk.
Statistics South Africa, 2011. Census 2011. [Online]
Available at: https://www.statssa.gov.za/Census2011/default.asp
[Accessed 15 August 2014].
Strauss, P. J., 2010. Kerk en orde vandag: Met die klem op die NG Kerk. Bloemfontein: Sun
Media.
Tagg, C., 2012. Discourse of Text Messaging: Analysis of SMS Communication. New York:
Continuum International Publishing Group.
Taylor, C., 1989. Sources of the Self. The Making of the Modern Identity. Cambridge:
Cambridge University Press.
The Communication Toolbox, 2014. Types of Communication Medium. [Online]
Available at:
http://www.communicationtoolbox.com/types_of_communication_medium.html
[Accessed 24 June 2014].
The Social Network. 2010. [Film] Directed by David Fincher. United States of America:
Columbia Pictures in association with Relativity Media.
Turkle, S., 2011. Alone together: why we expect more from technology and less from each
other. New York: Basic Books.
Union, I. T., 2012. Active mobile-broadband subscriptions per 100 inhabitants 2012. [Online]
Available at: http://www.itu.int/ITU-D/ICTEYE/Reporting/DynamicReportWizard.aspx
[Accessed 28 March 2014].
Union, I. T., 2012. Fixed (wired)-broadband subscriptions per 100 inhabitants 2012. [Online]
Available at: http://www.itu.int/ITU-D/ICTEYE/Reporting/DynamicReportWizard.aspx
[Accessed 28 March 2014].
van Dijk, J., 2012. Tracing Twitter: The Riseof a Microblogging platforrm. International
Journal of Media andCultural Politics, 7(3), pp. 333-348.
van Schalkwyk, C., 2014. Gemeentelike Kommunikasie [Interview] (30 Mei 2014).
van Zyl, H. C., 2014. Sigbaar deel van Christus. [Online]
Available at: http://www.volksblad.com/opinie/2014-03-16-sigbaar-deel-van-christus
[Accessed 29 March 2014].
Whelan, J., 2000. E-mail @ Work, get moving with digital communication. London: Jonathan
Whelan.
61
White, C. M., 2012. Social Media, Crisis Communication, and Emergency Management. Boca
Raton: Taylor & Francis Group, LLC.
Woolley, B., 1992. Virtual Worlds. London: Penguin Books.
62
OPSOMMING
In hierdie navorsing word ‘n prakties teologiese verkenning onderneem om die
ontwikkeling van ‘n digitale kommunikasie strategie in die Nederduitse
Gereformeerde Kerk van die Vrystaat na te vors. Ondersoek word ook ingestel na die
beduidende impak wat dit nie net op die Vrystaatse samelewing het nie, maar veral
ook in die besonder op enige geloofsgemeenskap. Die navorsing word gerig aan die
hand van die Amerikaanse praktiese teoloog Rick Osmer se 4-vraag metodologiese
navraag. In die eerste plek word daar gevra na ‘n deskriptief-empiriese moment
waarin die sosiale media, omgewing en die impak daarvan op kerklike identiteit
verken word. In die tweede vraag word ondersoek ingestel na moontlike
verstaanslense vir die betrokke gebeure. Derdens word die normatiewe dimensie
van ‘n prakties teologiese ondersoek beskryf met laastens die pragmatiese vraag na
‘n strategiese betrokkenheid by die betrokke praxis. Aan die hand van ‘n
verkennende literatuurstudie tesame met voorbeelde vanuit die praktyk word
voorlopige perspektiewe oor digitale kommunikasie vir die kerklike- en gemeentelike
praktyd gebied.
ABSTRACT In this research a practical theological exploration will be undertaken to research the
development of a digital communication strategy in the Dutch Reformed Church of
the Free State. Research will be conducted into the significant impact not only on the
Free State society, but especially in any particular faith community. The research is
focused on the basis of the American practical theologian Rick Osmer's four-question
methodological inquiry. In the first place, asking for a descriptive-empirical moment
in which the social media environment and its impact on religious identity are
explored. In the second question an investigation into possible perspectives of
understanding for the relevant events. Thirdly, the normative dimension of a
practical theological investigation and finally describe the pragmatic demand for a
strategic engagement with the relevant praxis. On the basis of an exploratory
literature study together with examples from practice, preliminary perspectives will
be given on digital communication for congregational practice.
63
SLEUTELWOORDE Praktiese Teologie
Sosiale Media
Kommunikasie
Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK)
Vrystaat
Geloofsgemeenskap
KEYWORDS Practical Theology
Social Media
Communication
Dutch Reformed Church (DRC)
Free State
Faith Community