4
Palmsondag Die laaste Sondag voor Goeie Vrydag staan bekend as Palmsondag. Hierdie dag lei die “Groot Lydensweek” in – die week waarin Jesus se laaste dae voor Sy kruisiging herdenk word. in Sagaria 9:9 vind ons die volgende profesie: Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie. Die profesie word vervul, soos wat pragtig in onder andere Matteus 21: 1 tot 11 vir ons vertel word: Jesus stuur sy dissipels naby Jerusalem vooruit met die opdrag om die donkie en vul wat hulle in die dorpie voor hulle sal vind, na hom toe te bring. So gevra, so gedaan en Jesus ry Jerusalem binne op die rug van die donkie. Die skare langs die pad gooi hul klere oop op die grond en breek takke van die palmbome (Joh 12:13) af en sit dit voor hom neer. Dit doen hulle terwyl hulle uitroep en lofsange sing. Wanneer ons die verhaal van die intog in Jerusalem weer lees, is daar enkele sake wat opval: Die geleende donkie herinner ons dat Jesus se koningskap anders is – dat dit nie was wat mense verwag het nie. Dit help ons besef dat Jesus die kruispad stap. En, soos Sadhu Sundar Singh vir ons sê: As ons nie die kruis van die Heer dra nie, sal ons die kruis van die wêreld met al die aardse dinge moet dra. Die wat die kruis van die Heer dra weet uit ervaring dat hierdie kruis hulle dra en veilig by hulle bestemming sal bring. Die kruis van die wêreld, daarenteen, trek ons af en lei tot vernietiging. Watter kruis dra jy? Word stil en dink. Dis met hierdie gesindheid van selfondersoek dat NT Wright skryf: Terwyl ons saam met Jesus in Jerusalem aankom, moet ons op ‘n dringende vraag antwoord. Reis ons saam met Jesus met die hoop dat Hy sommige van ons eie verwagtinge en ambisies sal vervul? Is ons gereed om nie net ons klere op die pad voor Hom te gooi nie, maar ook om Hom te volg wanneer moeilikheid, kontroversie, verhoor en dood volg? Ons sien vandag die heerlikheid van die Man op die geleende donkie. Agter hierdie man aan neem ons ons kruis op en volg Hom na. ISSUE 02 | MAART 2018 In die voetspore van Jesus 1

Palmsondag - nhkbergsig.co.zanhkbergsig.co.za/index_htm_files/2018_02.pdf · groot wat in ‘n oogwink haar lewe verander. Dis nie maklik om so uitgelewer te wees aan die onsekerheid

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Palmsondag - nhkbergsig.co.zanhkbergsig.co.za/index_htm_files/2018_02.pdf · groot wat in ‘n oogwink haar lewe verander. Dis nie maklik om so uitgelewer te wees aan die onsekerheid

PalmsondagDie laaste Sondag voor Goeie Vrydag staan bekend as Palmsondag. Hierdie dag lei die “Groot Lydensweek” in – die week waarin Jesus se laaste dae voor Sy kruisiging herdenk word.

in Sagaria 9:9 vind ons die volgende profesie:Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie.

Die profesie word vervul, soos wat pragtig in onder andere Matteus 21: 1 tot 11 vir ons vertel word: Jesus stuur sy dissipels naby Jerusalem vooruit met die opdrag om die donkie en vul wat hulle in die dorpie voor hulle sal vind, na hom toe te bring. So gevra, so gedaan en Jesus ry Jerusalem binne op die rug van die donkie. Die skare langs die pad gooi hul klere oop op die grond en breek takke van die palmbome (Joh 12:13) af en sit dit voor hom neer. Dit doen hulle terwyl hulle uitroep en lofsange sing.

Wanneer ons die verhaal van die intog in Jerusalem weer lees, is daar enkele sake wat opval: Die geleende donkie herinner ons dat Jesus se koningskap anders is – dat dit nie was wat mense verwag het nie. Dit help ons besef dat Jesus die kruispad stap. En, soos Sadhu Sundar Singh vir ons sê: As ons nie die kruis van die Heer dra nie, sal ons die kruis van die wêreld met al die aardse dinge moet dra. Die wat die kruis van die Heer dra weet uit ervaring dat hierdie kruis hulle dra en veilig by hulle bestemming sal bring. Die kruis van die wêreld, daarenteen, trek ons af en lei tot vernietiging. Watter kruis dra jy? Word stil en dink.

Dis met hierdie gesindheid van selfondersoek dat NT Wright skryf: Terwyl ons saam met Jesus in Jerusalem aankom, moet ons op ‘n dringende vraag antwoord. Reis ons saam met Jesus met die hoop dat Hy sommige van ons eie verwagtinge en ambisies sal vervul? Is ons gereed om nie net ons klere op die pad voor Hom te gooi nie, maar ook om Hom te volg wanneer moeilikheid, kontroversie, verhoor en dood volg? Ons sien vandag die heerlikheid van die Man op die geleende donkie. Agter hierdie man aan neem ons ons kruis op en volg Hom na.

ISSUE 02 | MAART 2018

In die voetspore van Jesus

1

Page 2: Palmsondag - nhkbergsig.co.zanhkbergsig.co.za/index_htm_files/2018_02.pdf · groot wat in ‘n oogwink haar lewe verander. Dis nie maklik om so uitgelewer te wees aan die onsekerheid

Ontmoet Angelique (Angie) Seymour

Die naam Angelique Seymour word dikwels in die kerk genoem onder diegene wat ons gebede besonder nodig het. Maar wie is Angie Seymore?Angelique is gebore op 3 Februarie 1999. Sy was een van ‘n identiese tweeling, maar haar sussie is op 16 Desember 1998 oorlede, waarna sy en haar ma, Santjie, in Kalafong-hospitaal opgeneem is. Hierdie was hul huis totdat Angelique twee maande later op 32 weke gebore is. Sy het 1,5kg by geboorte geweeg en het haar stryd om oorlewing voortgesit – dit was al ‘n stryd om dit net tot hier te maak. Alles genade van Bo!

Angelique is gebore sonder niere en die dokters het nie enige hoop gehad nie. Santjie het ‘n massiewe bloedklont in haar long ontwikkel en is na die destydse HF Verwoerd Hospitaal se Intensiewe Sorgeenheid oorgeplaas. Sy het medikasie ontvang wat veroorsaak het dat sy Angelique nie langer kon voed nie. Soos ons Vader bo voorsien, het Angelique ‘n nefie gehad van 1 week oud. Hy was weer groot en gesond en dit het baie goed met hom gegaan. Angelique het die moedersmelk meer nodig gehad as hy op daardie stadium. Moedersmelk is baie belangrik vir ‘n baba wat reeds alles het wat teen haar werk om net daardie bietjie hulp in die geveg van oorlewing te kry. Medikasie in oorvloed en kos deur ‘n buis in haar neus was haar manier van lewe.

Die eerste jaar van Angelique se lewe was ‘n konstante beweging tussen die huis en die hopitaal. Uiteindelik, in 2000, het sy genoeg geweeg om met dialiese te begin en het die groot stryd teen kieme afgeskop. Sy het nou ‘n oop kanaal vir kieme in haar buik gehad na die direkte lyn inplanting. Santjie moes drie-uurliks die uittap van die ou vloeistof en dan weer die intap van nuwe vloeistof onder baie kliniese kondisies doen. Daar was soms gevalle van infeksies en siekte.

GEBEURE02 MaartVleisbestellings sluit

04 MaartDoop

07 & 08 MaartVleis verwerking

09 & 10 MaartHengelkompetisie

20 MaartFinkom19:00

30 MaartGoeie Vrydag Erediens09:00

Vleisbestellings sluit

In die voetspore van Jesus

2

Page 3: Palmsondag - nhkbergsig.co.zanhkbergsig.co.za/index_htm_files/2018_02.pdf · groot wat in ‘n oogwink haar lewe verander. Dis nie maklik om so uitgelewer te wees aan die onsekerheid

Angelique het geveg om oorlewing en in 2002 skenk Santjie ‘n nier vir oorplanting. Alles het baie goed verloop en Angelique het baie minder medikasie nodig gehad. Sy is ‘n ligstraal en inspirasie vir baie. Sy het haar siek dae, maar oor die algemeen het sy ‘n normale kinderlewe gehad. Sy gaan elke maand hospital toe vir bloedtoetse om haar tellings te monitor en medikasie aan te pas. Dit was die wipplank van haar lewe. Deur baie goeie sorg en baie gebede en genade van God het daardie nier bo alle verwagting tot in 2013 gehou. Daar ontstaan baie komplikasies - soveel so dat die nier in Oktober 2015 verwyder is. Angelique se lewe was in groter gevaar met die nier as daarsonder.

Vanaf 2013 het Angelique ‘n rits gesondheidsprobleme beleef - haar galblaas is verwyder, sy het ‘n maagseer operasie ondergaan en daar is verskeie obstruksies uit haar dikderm verwyder. Angelique was ‘n paar keer baie kritiek in die hospital waar slegs die Here se genade en baie gebede van mense wat ons nie eers ken nie, haar laat oorleef het. Daar was self ‘n berig in die Beeld genaamd “Al wat ek vra is gebede vir Angelique” Soveel mense het op Facebook gedeel in haar tragedie. Gelukkig is Angelique ‘n vegter en moed opgee is nie ‘n opsie nie. Haar bloed groep is nie verniet B+ nie!

Na die nier verwyder is in 2015 begin die soek na ‘n nuwe nier. ‘n Familievriend het aangebied en met die toetse begin. Intussen is die daaglikse lewe van Angelique baie medikasie en gebede. Daar kon nie onmiddellik begin word met bloeddialiese nie aangesien Angelique te swak was vir die operasie en alles vol komplikasies was. Gelukkig is sy nou op bloed dialiese. Alles het aangedui dat hy vir haar ‘n nier kon skenk. Na nog heelwat mediese terugslae het die dokters by Johannesburg Algemene Hospitaal in Desember 2016 besluit dat die oorplanting se tyd naby was. Laaste toetse moes gedoen word. Middel Maart 2017 gebeur dit wat niemand aan wou dink - Angelique word opgeneem in die hospitaal met suiker op 1, die dokters kon dit nie verstaan, na vele behandeling is dit weer terug na ”normaal”. Ongelukkig onttrek die skenker. Ons moes weer

In die voetspore van Jesus

3

PROJEKTE

BOEREWORSPlaas asseblief bestellings vir maalvleis en boerewors by Maarten Olivier.

Wors is R70 p/kgMaalvleis is R75 p/kg

Maarten Olivier: 083 204 3839

BROOD OP DIE WATERPROJEKBaie dankie aan almal wat gereeld ‘n bydrae tot die projek maak.Indien jy graag ‘n verskil in iemand se lewe wil maak, neem ‘n sakkie in die voorportaal en bring dit wat daarin gevra word, vir ons terug.

Enige nie-bederfbare voedsel, toiletware en skoonmaak middels.

Elmarie Gous: 082 377 0747

CHARCOAL‘n Nuwe en beter charcoal is nou beskikbaar teen R25.00 per sakkie.

Vir meer mesonderhede en bestelling kontak gerus vir:

Jack van der Schyff:072 468 7839

Page 4: Palmsondag - nhkbergsig.co.zanhkbergsig.co.za/index_htm_files/2018_02.pdf · groot wat in ‘n oogwink haar lewe verander. Dis nie maklik om so uitgelewer te wees aan die onsekerheid

begin soek. Die laaste plek wat verwag is, op Facebook, kry ons mense wat wil help. Vreemdelinge wat net haar lewensstorie volg en foto’s sien, maar vir haar ‘n nier wil gee. Een dame het vir al die toetse gegaan in 2017 en alles het positief terug gekom dat sy kan skenk, maar Januarie 2018 het sy besluit om te onttrek weens persoonlike redes. Angelique is weer plat geslaan.

Sy is gereeld in die hospitaal vir verskillende nierverwante probleme. Sy kon dus ook nie haar skool jaar in 2017 voltooi nie. Beplanning vir die toekoms is op die oomblik baie moeilik aangesien sy nie weet wat op haar wag nie.

Op die stadium bestaan Angelique se lewe uit reg eet, wat beteken geen sout ens, basies kan sy net suurlemoensap en knoffel gebruik om haar kos geur te gee. Sy mag ongeveer 250ml vloeistof per dag inneem en dit sluit die vloeistof in wat in haar voedsel is of gebruik is tydens voorbereiding. Tans is sy 3 keer per week vir ongeveer 4 ure op n slag aan die dialiese masjien gekoppel en baie dankbaar dat dit haar vir nou aan die lewe hou. Sy gaan na Johannesburg Algemene Hospitaal vir al haar behandelinge en medikasie. Die liggaam word moeg en die siel uitgeput.

Daar is nog so baie om te vertel oor Angelique. Klein gebeure, sowel as groot wat in ‘n oogwink haar lewe verander. Dis nie maklik om so uitgelewer te wees aan die onsekerheid van wat môre bring nie.

Hierdie is ‘n baie kort opgesomde weergawe van die daaglikse geveg van ‘n pragtige lewenslustige meisie van 19 jaar oud, wat niks anders ken as om te baklei vir oorlewing nie

Daar is nie genoeg woorde om dankie te se vir al die gebede. Mense wat haar nog net op ‘n foto gesien het en daarvan gelees het.

(Die biografie is vir ons geskryf deur Arnel Mulder – Angelique se tannie)

KONTAK BESONDERHEDE:

Gemeente E-pos adres:[email protected]

Kantoor Ure:Woensdae en Vrydae: 08:00 - 13:00

Indien U enige bydrae het vir die Bergsig Lantern, e-pos dit gerus na die gemeente se e-pos adres: [email protected].

PREDIKANT: DS. FREDDIE NORTJE (O743087332)

SKRIBA: ROSA VAN STADEN (0827592720)

VOORSITTER OUDERLINGE: DS.F.NORTJE (0743087332)

VOORSITTER DIAKENS: ROSA VAN STADEN (0827592720)

ORRELIS: WERNER KRUGER (0846273821)

KOSTER: ELMARIE GOUS (0823770747)

SEKRETARïELE BEAMPTE: WILMA GENIS (012-3796877)

In die voetspore van Jesus

4