Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
BESOEK AAN HEFSIBA EN NKOMA
DOEL
Besoek Hefsiba Teologies Skool te Villa Ulongue, Mosambiek vir die jaarlikse Exco vergadering van Hefsiba en die legitimasie van finale jaar teologiese studente van die IRM.
Verder is besoek afgelê by Jannie Smit ʼn sendelingboer van Rawsonville en Nkoma sendingstasie in Malawi
TOERGROEP
Ds Carl Louwrens van Oostelike sinode, asook Dr Kobus Odendaal, dii Stephen Pedro en Jaco Botha van Wes Kaap sinode
PROGRAM 5 – 11 Desember 2019
Na ons aankoms in Lilongwe op Donderdag 5 Desember word Nkoma hospitaal en sendingstasie besoek. Ontmoetings is gereël met die superintendent van die hospitaal asook met enkele van die sendelinge en vrywilligers wat daar werksaam is.
Vrydag 6 Desember reis ons via Dedza na Villa Ulongwe, Mosambiek vir die vergadering van die Uitvoerende komitee van Hefsiba. Saterdag 7 Desember is ons teenwoordig by die finale ondersoek van studente wat aan die einde van 2019 afstudeer het en kuier by Jannie en Susan Smit, sendingboere 40 km suid van Ulongue
Sondag 8 Desember. Legitimasiediens van vyf studente van die IRM
Maandag 9 Desember besoek ons die Kungoni Centrum naby Mua waar die RKK sedert die begin van die vorige eeu werksaam is.
Dinsdag 10 Desember. Mvera, die eerste sendingstasie van die NG Kerk in Malawi wat in 1889 gestig is. Enkele kilometer van Mvera word die gedenkteken waar dr WH Murray die Bybel in Chichewa vertaal het besoek.
UITKOMS
Kontak met die IRM (en CCAP) herbevestig die vennootskappe en samewerking wat oor baie jare opgebou is binne die NG Kerk familie. Die waarde en behoud van die kollektiewe geheue binne ons kerkverband kan nie genoeg beklemtoon word nie. Die vriendelikheid waarmee ons telkens ontvang word bevestig die waardering vir die werk en omgee van die NG Kerk waarop daar steeds in die toekoms voortgebou moet word.