9
ONTWIKKELINGSASPEKTE VAN KERNMISSIELE LT T. VAN RENSBURG* The development of nuclear missiles with special reference to the Soviet Union and the USA is dealt with. Ballistic Missiles, Cruiser Missiles and the strategic implications of the development of the latter are analysed. The author then proceeds to discuss the development of the Neutron bomb and its application as well as the implications of its application. 1. Inleiding Op 6 en 9 Augustus 1945 is twee atoombomme vanuit Amerikaanse B-29 bomwerpers onder- skeidelik op twee Japanse stede neergelaat - die eerstes en enigstes wat tot dusver as oorlogswapentuig aangewend is. Dit Iy vandag geen twyfel dat bogenoemde gebeurtenisse 'n omwenteling in oorlogvoering meegebring en 'n nuwe era in internasionale verhoudinge ingelui het nie. Volskaaise oorlogsvoering en die aanwending van kernwapens is vandag nouliks denkbaar, maar hierdie wapentuig vervul tans 'n belangrike afskrikkingsfunksie in die verhoudings tussen die groot moondhede. Oorlogsvoorko- ming is in die verband van primere belang en is 'n doelwit wat aileen gehandhaaf kan word indien daar voortdurend gestreef word na strategiese kernparaatheid. In hoofsaak beteken dit dat die supermoondhede elk oor 'n eie kernvergeldings- vermoe moet beskik om in die geval van kernaggressie weerwraak te waarborg, soveel so, dat nie een van hulle kan bekostig om 'n kernkonflik deur 'n openingsaanval te inisieer nie. In kernstrategie is daar dus belangrike militer- tegnologiese ontwikkelinge ten opsigte van kernwapens en die aanwending daarvan, ten einde oor die vermoe van oorlewingspotensiaal ('second-strike' of 'strike-back capability') te beskik. Enkele ontwikkelingsaspekte van kern- missiele word in die lig van die voorafgaande vervolgens aan die orde gestel. 2. Interkontinentale ballistiese missiele Drie suksesvolle vuurpyllanserings deur die USSR in 1957 was die eerste aanduiding van die toetrede van interkontinentale ballistiese missiele (ICBM) tot die kerneeu. Op 3 Augustus 1957 is 'n Sowjet SS-6 ICBM vanaf sy lanseerbasis vir 'n paar duisend kilometer tot in sy teikengebied, die Siberiese yswoestyn, gevuur. Hierdie gebeurte- nis was aanvanklik met beperkte openbare belangstelling begroet, maar wye reaksie het gevolg nadat die USSR op 4 Oktober 1957 en 3 35 November 1957 onderskeidelik Sputnik 1 en Sputnik 2, die eerste aardsatelliete, in 'n wentelbaan om die aarde geplaas het.' Amerikaanse navorsing op hierdie terrein het gedurende Junie 1957 uitgeloop op 'n mislukte toetsvlug van die 4-A missiel, die eerste Atlas-missiel wat vir hierdie doeleindes ontwikkel is. Een minuut na lansering het hierdie Atlas- missiel heeltemal uitgebrand nadat dit mas- jienprobleme ondervind het. Op 25 September 1957 het 'n tweede AtIas-toets misluk en eers in November 1958 kon die VSA daarin slaag om 'n suksesvolle Atlas-Iansering te voltooi - een jaar na die Sputniksuksesse. 2 Die VSA was merkbaar onkant gevang deur die voorafgaande gebeurtenisse, veral gesien in die lig van sy onbevraagtekende tegnologiese supe- rioriteit sedert die begin van die kerneeu. Die werklike implikasies van die Sowjet-voorsprong was egter strategies van aard in soverre dit 'n kernvermoe vir 'n openingsaanval aan die USSR kon verseker. 3 Hierdie vermoe het egter nie gerealiseer nie, alhoewel die Amerikaners erg begaan was oor die sogenaamde 'missile gap', synde die numeriese agterstand in ballistiese missiele wat die VSA in die sestigerjare tegemoet sou gaan. Bogenoemde verwikkelinge het ook 'n rol gespeel in die 1960-presidentsverkiesing waartydens president Kennedy aan bewind gekom het en gedurende sy termYI1verseker het dat enige 'agterstand' wat moontlik mag bestaan, uitgewis word. 4 Die ontwikkeling van die interkontinentale ballis- tiese missiel was die vertrekpunt van verskeie belangrike missielontwikkelingsaspekte van die kerneeu. Dit het militer-tegnologies sowel as polities-strategies belangrike afmetings aange- neem en vind hedendaags vergestalting in die Amerikaanse Minuteman-reeks en die Russiese SS-reeks wat beide 'n trefafstand van 10 000 of meer kilometers kan behaal. 5 Ontwikkelingsas- pekte wat besonder dramatiese invloed op Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 12, Nr 1, 1982. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

ONTWIKKELINGSASPEKTE VAN KERNMISSIELE - … · hierdie tipe projektiele, terwyl die Poseidon C-3 missiel vir kernduikbote tussen tien en veertien ... Die MIRV-ontwikkeling het ook

  • Upload
    vankiet

  • View
    220

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ONTWIKKELINGSASPEKTE VAN KERNMISSIELE - … · hierdie tipe projektiele, terwyl die Poseidon C-3 missiel vir kernduikbote tussen tien en veertien ... Die MIRV-ontwikkeling het ook

ONTWIKKELINGSASPEKTE VANKERNMISSIELE

L T T. VAN RENSBURG*

The development of nuclear missiles with special reference to the Soviet Union and the USA isdealt with. Ballistic Missiles, Cruiser Missiles and the strategic implications of the developmentof the latter are analysed. The author then proceeds to discuss the development of the Neutronbomb and its application as well as the implications of its application.

1. Inleiding

Op 6 en 9 Augustus 1945 is twee atoombommevanuit Amerikaanse B-29 bomwerpers onder-skeidelik op twee Japanse stede neergelaat -die eerstes en enigstes wat tot dusver asoorlogswapentuig aangewend is. Dit Iy vandaggeen twyfel dat bogenoemde gebeurtenisse 'nomwenteling in oorlogvoering meegebring en 'nnuwe era in internasionale verhoudinge ingeluihet nie. Volskaaise oorlogsvoering en dieaanwending van kernwapens is vandag nouliksdenkbaar, maar hierdie wapentuig vervul tans 'nbelangrike afskrikkingsfunksie in die verhoudingstussen die groot moondhede. Oorlogsvoorko-ming is in die verband van primere belang en is 'ndoelwit wat aileen gehandhaaf kan word indiendaar voortdurend gestreef word na strategiesekernparaatheid. In hoofsaak beteken dit dat diesupermoondhede elk oor 'n eie kernvergeldings-vermoe moet beskik om in die geval vankernaggressie weerwraak te waarborg, soveel so,dat nie een van hulle kan bekostig om 'nkernkonflik deur 'n openingsaanval te inisieer nie.In kernstrategie is daar dus belangrike militer-tegnologiese ontwikkelinge ten opsigte vankernwapens en die aanwending daarvan, teneinde oor die vermoe van oorlewingspotensiaal('second-strike' of 'strike-back capability') tebeskik. Enkele ontwikkelingsaspekte van kern-missiele word in die lig van die voorafgaandevervolgens aan die orde gestel.

2. Interkontinentale ballistiese missiele

Drie suksesvolle vuurpyllanserings deur dieUSSR in 1957 was die eerste aanduiding van dietoetrede van interkontinentale ballistiese missiele(ICBM) tot die kerneeu. Op 3 Augustus 1957 is 'nSowjet SS-6 ICBM vanaf sy lanseerbasis vir 'npaar duisend kilometer tot in sy teikengebied, dieSiberiese yswoestyn, gevuur. Hierdie gebeurte-nis was aanvanklik met beperkte openbarebelangstelling begroet, maar wye reaksie hetgevolg nadat die USSR op 4 Oktober 1957 en 3

35

November 1957 onderskeidelik Sputnik 1 enSputnik 2, die eerste aardsatelliete, in 'nwentelbaan om die aarde geplaas het.'

Amerikaanse navorsing op hierdie terrein hetgedurende Junie 1957 uitgeloop op 'n misluktetoetsvlug van die 4-A missiel, die eersteAtlas-missiel wat vir hierdie doeleindes ontwikkelis. Een minuut na lansering het hierdie Atlas-missiel heeltemal uitgebrand nadat dit mas-jienprobleme ondervind het. Op 25 September1957 het 'n tweede AtIas-toets misluk en eers inNovember 1958 kon die VSA daarin slaag om 'nsuksesvolle Atlas-Iansering te voltooi - een jaarna die Sputniksuksesse.2

Die VSA was merkbaar onkant gevang deur dievoorafgaande gebeurtenisse, veral gesien in dielig van sy onbevraagtekende tegnologiese supe-rioriteit sedert die begin van die kerneeu. Diewerklike implikasies van die Sowjet-voorsprongwas egter strategies van aard in soverre dit 'nkernvermoe vir 'n openingsaanval aan die USSRkon verseker.3 Hierdie vermoe het egter niegerealiseer nie, alhoewel die Amerikaners ergbegaan was oor die sogenaamde 'missile gap',synde die numeriese agterstand in ballistiesemissiele wat die VSA in die sestigerjare tegemoetsou gaan. Bogenoemde verwikkelinge het ook 'nrol gespeel in die 1960-presidentsverkiesingwaartydens president Kennedy aan bewindgekom het en gedurende sy termYI1 verseker hetdat enige 'agterstand' wat moontlik mag bestaan,uitgewis word.4

Die ontwikkeling van die interkontinentale ballis-tiese missiel was die vertrekpunt van verskeiebelangrike missielontwikkelingsaspekte van diekerneeu. Dit het militer-tegnologies sowel aspolities-strategies belangrike afmetings aange-neem en vind hedendaags vergestalting in dieAmerikaanse Minuteman-reeks en die RussieseSS-reeks wat beide 'n trefafstand van 10 000 ofmeer kilometers kan behaal.5 Ontwikkelingsas-pekte wat besonder dramatiese invloed op

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 12, Nr 1, 1982. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

Page 2: ONTWIKKELINGSASPEKTE VAN KERNMISSIELE - … · hierdie tipe projektiele, terwyl die Poseidon C-3 missiel vir kernduikbote tussen tien en veertien ... Die MIRV-ontwikkeling het ook

kernwapentuig het, is die aanwending vanmeervoudige onafhanklike kernplofkoppe op eenenkele missiel, die ontwikkeling van die kruiser-missiel en die neutronplofkop waarmee missieleta,egerus kan word.

3. Meervoudige onafhanklike kernplof.koppe vir enkel missiele

3.1 Die ontwikkeling van die MIRV.konsep

Die Sowjet-Iansering van Sputnik 1 en dieontwikkeling wat daarop gevolg het, het aanlei-ding gegee tot 'n aansienlike mate van voor-uitgang in die Amerikaanse militer-industrielegemeenskap. In noue kompetisie met die USSRoor interkontinentaie ballistiese missiele enburgerlike sowel as militere ruimteprogramme(byvoorbeeld 'n bemande ruimtetuig), het tegno-logiese aspekte rondom strategiese kernmissiele'n bloeitydperk in die VSA beleef. In hierdieoplewing het die tegnologiese vermoe ommeervoudige onafhanklike kernplofkoppe virenkel missiele te vervaardig, beslag gekry.6

Gedurende 1961 en 1962 het die USSR verskeieaansprake gemaak ten opsigte van 'n projek-tielafweervermoe, soveel so dat premier Khrush-chev in J,ulie 1962 verklaar dat Sowjet-ABM ' ...could hit a fly in outer space'. In dieselfde jaar hetpresident Kennedy soos volg op hierdie bravadegereageer: 'He might hit a fly but whether hecould hit a thousand flies with decoys - you see,every missile that comes might have four or fivemissiles in it, or would appear to be missiles, andthe radar screen has to pick those out and hitthem going thousands of miles an hour and selectwhich one is the real missile and which are thedecoys'.?

Teen die agtergrond van die voorafgaande het dieVSA in 1964 die eerste missiel met meervoudigekernplofkoppe (Polaris A-3) operasioneel ontplooiin die Polaris-tipe duikboot. Hierdie missiel hetdrie onafhanklike kernplofkoppe gedra wat mega-nies ontkoppel kon word sodat dit dieselfdeteiken in 'n driehoekverband kon tref. Hierdiewapentuig was egter slegs 'n interim-ontwikkeling aangesien navorsing toegespits wasop enkel meervoudige onafhanklik-doelwitgerigteprojektiele ('multiple independently-targeted re-entry vehicle' - MIRV) waarmee verskillendeteikens getref kon word. Op 16 Augustus 1968 isdie eerste toetsvlugte met MIRV-toegerustemissiele vir beide die Minuteman III en Poseidononderneem, en gedurende 1970 en 1971 is

36

MIRV-missiele ontplooi in bogenoemde verband.Die Minuteman III was toegerus met drie vanhierdie tipe projektiele, terwyl die Poseidon C-3missiel vir kernduikbote tussen tien en veertiensoortgelyke projektiele kon dra.8

Verskeie redes word vir die motive ring van dieMIRV-tegnologie aangevoer soos byvoorbeelddie volgende: reaksie op Sowjet ABM-verwikkelinge (projektielafweervermoe); as diemees ekonomiese teenvoeter vir opponerendeteikenveelvuldigheid; die momentum van mis-sieltegnologie; en die mees effektiewe wyse, metinbegrip van die koste-faktor, om 'n afskrikkings-vermoe te handhaaf sonder om 'n getalsvermeer-dering van uiters duur missiele tot gevolg te he. Indie bree kan egter aangeneem word dat 'nverskeidenheid faktore die ontwikkeling van dieMIRV-tegnQlogie gerugsteun l1et, soos Green-wood tereg opmerk: 'In short, technology,strategy, politics and organisational factors wereall woven together in an intricate, unique andchanging fabric. Untill 1968 the main strands alltended in the same direction, carrying MIRVprograms forward'.9

3.2 Die MIRV.tegnoiogie

Die MIRV-tegnologie stel een enkele missiel instaat om verskeie kernprojektiele (kernplofkoppe)op verskillende teikens te rig, of om dieselfdeteiken langs verskillende bane te bereik. Hierdietegnologiese vermoe word vervolgens saaklikuiteengesit:

Die finale fase van die missiel wat deur dievoorafgaande vuurpylfases die ruimte in gelan-seer is, staan bekend as die 'Post Boost ControlSystem' (PBCS), of 'bus' in algemene terme, enbestaan uit die verskillende kernprojektiele('re-entry vehicles') en die beheer- en ge-leidingstelsel ('guidance and control system').Hierdie finale draerbus is in staat om sy snelheid,wentelbaan en eie orientasie na gelang van dievereiste te verander by wyse van miniatuurvuurpylmotore ('small vernier rockets'). Wanneerhierdie draerbus in sy beplande wentelbaangemaneuvreer is, soos in ooreenstemming metdie teiken wat dit ten doel het, kan die eersteprojektiel vrygelaat word. Die projektiele beskiknie oor 'n eie aandrywingsvermoe nie, maar 'val'of 'stuur' in ooreenstemming met die rigting endie baan waarin dit vrygelaat word. Wanneer dievrylating van die eerste projektiel voltooi is,verander die draerbus sy baan, snelheid en/oforientasie ten einde in posisie gestel te word virdie vrylating van die tweede projektiel en die

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 12, Nr 1, 1982. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

Page 3: ONTWIKKELINGSASPEKTE VAN KERNMISSIELE - … · hierdie tipe projektiele, terwyl die Poseidon C-3 missiel vir kernduikbote tussen tien en veertien ... Die MIRV-ontwikkeling het ook

peiling van die volgende teiken. Hierdie prosesduur voort tot al die projektiele wat deur diedraerbus gedra word, vrygelaat is.lO

Die draerbus kan ook met fopmeganismestoegerus word in die plek van sommigeprojektiele om die opponent se projektielaf-weerstelsel te fnuik of uit te put, en om sodoendedie teikengerigte projektiele se vermoe om hulteikens te bereik, te verhoog. Die kompaktedraerbus moet in terme van gewig en groottebeperk word om by die oorhoofse missielontwerpin te pas. In hierdie verband is aansienlikevooruitgang gemaak ten opsigte van die kernplof-koppe se elektroniese samestelling en dieverhouding tussen hulle gewig en plofkrag('yield-to-weight ratio'). Die beheer- en ge-leidingstelsel moet voorts toegerus wees met 'nrekenaarvermoe om byvoorbeeld teikendata testoor, om elke projektiel se 'Iansering' te verwerken om stabiele (gebalanseerde) voortgang teverseker met die vrylating van elke projektiel. DieMIRV-tegnologie hou ten slotte ook verband metdie verhouding tussen die volgende aspekte: dieaantal plofkoppe; die plofkrag per plofkop; dieverspreiding van teikens; totale reikvermoe; endeurdringingsvermoe.11

3.3 MIRV en 'n kernvergeldingsvermoe

Die ontwikkeling van MIRV-toegeruste kernmis-siele het 'n besliste uitwerking gehad opkernvergeldingsvermoens. Die MIRV-tegnologiehet die deurdringingsvermoe van kernmissieledrasties verhoog. As gevolg van die vermeerde-ring in kernplofkoppe waarmee meer teikensvernietig kan word, sowel as die akkuraat-heidsverbetering van die teikengerigte projek-tiele, het 'n MIRV-tipe kernwapen uitgekristalli-seer as 'n baie effektiewe wapen teen diekernopponent se strategiese grondmagte. Juishierdie aspekte het die kwesbaarheid van statiesesilogebergte kernmissiele uitgelig en die belang-rikheid beklemtoon van die ontplooiing vankernmissiele in mobiele/bergingstelsels, sowelas in kernduikbote.12

Die MIRV-ontwikkeling het ook strategie in diebree be'invloed. Tammen toon aan hoedat MIRVin sy vroee fase geen doeltreffende 'harde-teikenvernietigingsvermoe' opgelewer het nie, maarwei later as gevolg van tegnologiese verbeteringtot 'n besliste vermoe in hierdie verbanduitgekristalliseer het.13 MIRV het die geloofwaar-digheid van die Amerikaanse kernafskrikkings-vermoe sowel as die algemene vertroue van dieAmerikaanse volk versterk. Daar bestaan ten

37

slotte meningsverskil of die MIRV-ontwikkelingstabiliserend ingewerk het op tussenstaatliketerreurewewig, terwyl dit ook probleme kanoplewer ten opsigte van die wapenwedloop enwapenkontrole.14

4. Die kruisermissiel

4.1 Die ontwikkeling van die kruisermissiel

Die ontwikkeling van eksakte geleide-tipe wa-pentuig ('precision guided munitions') vindwaarskynlik die beste motive ring in die woordevan Ashmore: 'It has always been a temptation todream of beating one's enemies, easily andspectacularly, following some scientific break-through, some technical leap forward of decisiveimpact'.15

Die eerste aanduidings van eksakte geleide-tipewapentuig in die vorm van onbemande selfaan-gedrewe geleide toerusting, kan reeds nagespeurword in Amerikaanse navorsing gedurende diedertigerjare. Hierdie navorsing het onder anderedie ontwikkeling van vliegtuig-Iandingsisteme bywyse van instrumente en 'n televisie-geleidingseenheid ingesluit. Die kruisermissielontwikkelingskonsep het egter eers stimulusverkry gedurende die Tweede Wereldoorlog metdie aanwending van die Duitse V-1, of soge-naamde 'buzz bomb', wat 'n straalaangedrewemissiel was met 'n plofkop wat etlike honderdemyle gelanseer kon word, alhoewel sonder enigeakkuraatheid. Gedurende 1946 het die Ameri-kaanse Vloot onderneem om op hierdie Duitse-model voort te bou ten einde 'n duikbootgelanseerde missielvermoe te ontwikkel in diegedaante van Regulus I. Tot en met 1958, toe diekollig van missielnavorsing verskuif het na dieontwikkeling van die ICBM, het verskeie Ameri-kaanse kruisermissiele reeds die lig gesien(onder andere Navaho, Snark, Mace, Hounddogand Regulus II). Hierdie missiele was egtergekortwiek deur aspekte soos swaar plofkoppe,oneffektiewe aandrywing- en geleidingsisteme,onakkuraatheid en kwesbaarheid.16

Die suksesvolle taktiese aanwending van geleidemissiele gedurende die Vietnam-oorlog aan dieeinde van die sestigerjare en die ontwikkeling vansoortgelyke wapentuig sedert daardie tydperk,het hernude' belangstelling in hierdie veldontketen. Gedurende 1972 het die VSA 'nontwikkelingsprogram vir 'sea launched cruisemissiles' (SLCM) van stapel gestuur wat beslaggekry het in die Tomahawk-kruisermissiel. In

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 12, Nr 1, 1982. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

Page 4: ONTWIKKELINGSASPEKTE VAN KERNMISSIELE - … · hierdie tipe projektiele, terwyl die Poseidon C-3 missiel vir kernduikbote tussen tien en veertien ... Die MIRV-ontwikkeling het ook

""

Die Tomahawk-kruisermissiel kan vanaf 'n verskeiden-heid van platforms lanseer word. Hier word dit op 'n VSA

Vloot A-6 Intrudar-vliegtuig gelaai.

1974 het die ontwikkeling van 'n strategiese'air-launched cruise missile' (ALCM) 'n aanvanggeneem ten einde die potensiele aanwending vandie kruisermissiel-tegnologie verder te eks-ploiteer. Op 13 Februarie 1976 is die eerstetoetsvlug van die duikboot-gelanseerde kruiser-missiel onderneem en met die aanvang van dietagtigerjare was die kruisermissiel reeds vanaf 'nverskeidenheid lanseerplatforms getoets, soosdie duikboot, bomwerper, voertuig en skepe.17

4.2 Die kruisermissiel.tegnologie

Die kruisermissiel word soos volg deur Tsipisgedefinieer: 'A cruise missile can be defined as adispensable, pilotless, self-guided, continuouslypowered, air-breathing warhead - deliveryvehicle that flies just like an airplane, supportedby aerodynamic surfaces' .18 Die vernaamstedoelwit met hierdie tipe wapentuig is om teverseker dat elke 'skoot wat gevuur word' dietei ken tref.19

Die hedendaagse kruisermissiel is 'n omvattendetegnologiese verbetering op al sy voorgangers.Die vernaamste verbeterings Ie opgesluit in sy

38

mikro-elektroniese apparaat waardeur geleidingvir akkuraatheid bewerkstellig word en dieeffektiewe aandrywing deur turbine-tipe enjins.Vanwee die kruisermissiel se vermoe om baielaag oor die aardoppervlak te stuur (rofweg 20 mbokant die see, 50 m bokant die landskap en 100m bokant berge) is dit baie moeilik opspoorbaardeur radarstelsels. Die enig~te nadeel van diekruisermissiel is gelee in die feit dat indien Jiteers deur opponerende teenmaatreels opge-spoor is, dit 'n onvermoe het om daarop tereageer vir eie oorlewing. Die probleme verbondeaan die opsoor van kruisermissiele is egter 'nuiters ingewikkelde aangeleentheid waarop daarnog geen doeltreffende antwoord bestaan nie.20

Die kruisermissiel het sy lang reikafstand (onge-veer 2 000 seemyle) te danke aan die liggewigturbine-tipe enjins waarmee dit toegerus word,naamlik die waaier- en straalturbine ('turbofan' en'turbojet'). Die waaierturbine enjin, alhoewelduurder as die straalturbine, is spesiaal ontwerpvir subsoniese spoed, langafstande en 'ndravermoe vir kernplofkoppe, terwyl dit ook meerbrandstofbesparend is en 'n laer temperatuur metbetrekking tot uitlaatgasse oplewer. Die hoe

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 12, Nr 1, 1982. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

Page 5: ONTWIKKELINGSASPEKTE VAN KERNMISSIELE - … · hierdie tipe projektiele, terwyl die Poseidon C-3 missiel vir kernduikbote tussen tien en veertien ... Die MIRV-ontwikkeling het ook

temperature van uitlaatgasse verdorsaak 'ninfrarooi 'opspoorbaarheid' wat sover as moontlikbeperk moet word. Die groote van die waaiertur-bine is ongeveer 75 senti meter in lengte.21

In vergelyking met die interkontinentale ball is-tiese missiel wat slegs die eerste vyf minute vandie ongeveer twintig minute wat dit hom souneem om 5 000 km af te Ie, gelei word, sal dit diekruisermissiel ongeveer ses ure neem omdieselfde afstand met voortdurende geleiding tevoltooi. Uit die voorafgaande is dit duidelik dat tenspyte van sy 'reistyd' die sukses van diekruisermissiel ongetwyfeld op sy geleidingsver-moe berus. In eenvoudige terme berus hierdiegeleiding op beskikbare gerekenariseerde datavan die terrein en die teiken, die verwerking envergelyking van die terrein waaroor beweeg worden die aanpassing van afwykings van diebeplande roete waarlangs die vlug plaasvind. Diekruisermissiel kan vir akkurate geleiding onder-steun word deur terrein/kontoer- en area-korrelasie tegnieke ('terrain-contour-matchingtechnique' of TERCOM, en die 'area-correlationtechnique'), sowel as die aardplasing-satellietstelsel ('global-positioning-satellite tech-

nique'). Akkuraatheid kan op bogenoemde wysebewerkstellig word tot 'n CEP (straalfout) vanminder as twaalf meter.22

Die langafstand strategiese kruisermissiel dra 'nW-80 kernplofkop met 'n deursnee van ongeveer26 senti meter en 'n plofkrag van 200 tot 250kiloton TNT. Benewens bogenoemde kompakt-heid kan die totale lengte van die kruisermissielwissel van ongeveer 3,85 meter tot 6,25 meter,met 'n deursnee van 50 senti meter of minder. Diekruisermissiel se kostevergelyking met die vandie Minuteman (ICBM) is ongeveer 1 : 3 (rofweg10 miljoen tot 32 miljoen 1976 Amerikaansedollars vir 'n tien jaar 'life-cycle-cost'), en behoortnog beter te vergelyk met die nuwe MXICBM-stelsel. Koste effektiwiteit van die kruiser-missiel toon 'n verdere verbetering indien faktoresoos kwesbaarheid, akkuraatheid, deurdringings-vermoe en lansering ingereken word. Vanwee sykompakte samestelling beskik die kruisermissieloor 'n verskeidenheid bestaande lanseerplat-forms waarby dit aangepas kan word. Hierdielanseerplatforms sluit die volgende in: strategiesebomwerpers (B-52 en B-1) en verskeie aange-paste vliegtuie soos byvoorbeeld die Boeing 747,

AGM - 86B (ALCM) Aerodinamiese mode lie word op dievlerk piloon van 'n Boeing B-52G Bomwerper gelaai.

39

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 12, Nr 1, 1982. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

Page 6: ONTWIKKELINGSASPEKTE VAN KERNMISSIELE - … · hierdie tipe projektiele, terwyl die Poseidon C-3 missiel vir kernduikbote tussen tien en veertien ... Die MIRV-ontwikkeling het ook

Lockheed C-5A en DC-10; kernduikbote enoppervlakte skepe) en mobiele platforms opland.23

4.3 Strategiese betekenis van die kruisermissiel

Die kruisermissiel het besliste strategiese voor-dele in terme van algemene oorlewingspotensi-aal, alhoewel daar ook enkele beperkendeaspekte aan hierdie wapen gekoppel is. Onderdie vernaamste implikasies van hierdie wapentuigtel sy akkuraatheid, waar die identifisering van 'nteiken gelykstaande aan die vernietiging daarvangereken kan word, en die 'harde teiken'-vernietigingsvermoe wat uit die voorafgaandespruit. Die kruisermissiellewer ernstige problemevir enige deurbrake wat ten opsigte vanprojektielafweervermoens behaal is, en sal tot tyden wyl hierdie situasie verander, as 'n relatiefonkwesbare wapentuig bestempel kan word. Invergelyking met die ICBM is die kruisermissielvanwee sy laer spoed en beperkte reaksievermoe'n minder effektiewe wapen, maar indien faktoresoos sy akkuraatheid, grootte en aanwendbaar-heid vanaf verskillende platforms, sowel askoste-effektiwiteit in berekening gebring word,word sy algemene doeltreffendheid aansienlikverhoog.24

Die kruisermissiel kan 'n merkbare verbeteringmet betrekking tot die strategiese lugvermoe van'n kernmoondheid tot gevolg he en daardeur eenvan die belangrike bene van die strategiesekerntriade (ICBM, bomwerpers, kernduikbote)versterk. Vanwee die kruisermissiel se reikver-moe (ongeveer 2 000 kilometer) kan strategiesebomwerpers brandstofhervulling in die lug vermyen hoef dit nie die vyandelike lugruim binne tedring om teikens te vernietig en daardeur sy eiekwesbaarheid te verhoog nie. Hierbenewens kandie kruisermissiel se lanseerplatform in die lugtussen verskillende bomwerpers eh andervliegtuie wissel sodat dit oor 'n buigsameaanwendingsvermoe beskik. Ter see is diekruisermissiel 'n strategiese reserwe en aanvul-lend tot die bestaande ontplooiing van ballistiesemissiele op kernduikbote.25

Die gaping tussen die interkontinentale ballistiesemissiel en die kortafstand offensiewe missiel('short range attack missile' - SRAM) word deurdie kruisermissiel gevul. Die kruisermissielversterk hierdeur nie aileen 'n strategiesekernvermoe nie, maar bied ook moontlikhede opdie terrein van taktiese kernwapentuig enkonvensionele vermoens. Pfaltzgraff merk in

40

hierdie verband juis op dat namate die grenstussen strategiese- en taktiese kernwapensvernou, dit die einde kan beteken van die totdusver streng bilaterale Sowjet-Amerikaanseforums vir die oorweging van strategiese kernwa-penaangeleenthede.26 Die implikasie van boge-noemde aangeleentheid verhoog volgens dievoorstanders van wapenkontrole en ontwapeningdie moontlikheid van verdere verspreiding vankernwapens, aangesien die grootste struikelblokvir potensiele kernmoondhede, naamlik 'n be-troubare afleweringsvermoe, oorbrug word deurdie lanseermoontlikhede van kruisermissiele.27Motiverings ten opsigte van wapenkontrole enargumente oor die strategiese relevansie van diekruisermissiel, sowel as die moontlikheid vandeurbrake in lugverdediging, word as die ver-naamste besware teen die ontplooiing van hierdiewapentuig voorgehou.28

Die eksakte geleiding en die vernietigingsvermoevan die kruisermissiel, deur sy verskillendetreffende tegnologiese eienskappe meegebring,lewer ten slotte 'n ander belangrike gevolgtrek-king wat saamgevat kan word in die woorde vanDigby: ' ... the technology for precision deliveryhas come at just the time when Western strategyis turning towards the threat of carefully controlledcombat - both in regional and in intercontinentalconflict - as a more credible deterrent than thethreat of unrestrained response' .29

5. Die neutronplofkop vir kernmissiele

5.1 Die ontwikkeling en die effek van die neutron-bom

Die moontlikheid van die ontwikkeling van 'nbestralingstipe wapen ('enhanced-radiation wea-pon') het ontstaan na die vervaardiging van diewaterstofbom in die laat veertigerjare. DieLawrence Livermore Laboratory in Amerika hetgedurende die vyftigerjare spesifiek in hierdieverband navorsing gedoen, en in 1963 is dieeerste 'neutronbom' ondergronds te Nevadagetoets. Projekte vir (lie vervaardiging van dieneutronbom was hierna toegespits op spesifieketaktiese ontwikkeling en het ook ter sprakegekom by die vervaardiging van projektielafweer-wapens, waar 'n wapen vereis is wat inkomendemissiele op kort afstand kan vernietig sonder omskade aan stede te berokken.30

Die belangstelling met betrekking tot taktiesekernwapentuig, veral vanwee NAVO se verant-woordelikheid in Europa, het die gedagte van dieneutronbom al hoe meer op die voorgrond

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 12, Nr 1, 1982. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

Page 7: ONTWIKKELINGSASPEKTE VAN KERNMISSIELE - … · hierdie tipe projektiele, terwyl die Poseidon C-3 missiel vir kernduikbote tussen tien en veertien ... Die MIRV-ontwikkeling het ook

geplaas. Daar was spesifieke behoefte aan 'nwapen waarmee Wes-Europese lande beskermkon word teen 'n konvensionele aanval deur dieWarskou-verdragslande, sonder dat eie magte ofgrondgebied skade berokken sou word. Diedebat oor konvensionele- en kerntaktiese ver-moens in Wes-Europa het in 1976 uitgeloop opdie bekragtiging deur president Ford vir dieontwikkeling van neutronplofkoppe vir die Lance-missiel en spesifieke artillerie wapentuig. In weseword die ontplooiing van die neutronbom inWes-Europa gemotiveer deur die ondersteuningwat dit sou verleen aan die afskrikkingstrategietussen die Weste en die Ooste.31

Die neutronplofkop is 'n verhoogde-bestralingswapen met 'n beperkte verwoestings-vermoe ('reduced blast and heat weapon') wattydens ontploffing vinnig-bewegende neutronevrystel wat mense binne die bereik daarvan dood.Skade word nie noodwendig aan geboue ofbyvoorbeeld tenks aangerig nie, alhoewel diepersoneel daarbinne gedood kan word - daarword soms hierna verwys as 'n 'skoon' waterstof-bom. Die oenskynlike effek ten gunste van diemateriele wat hierdeur verkry word, laat Sommerdie volgende opmerk: 'With this bomb man hasbanished himself from the centre of things to theperimeter. Material has now taken over the centralposition' .32

Die open bare reaksie oor die effek van dieneutronbom is wyd en uiteenlopend. Aan die eenkant word hierdie wapen gesien in die tradisionelebenadering dat oorlogswapentuig nog altyddaarop gemik was om die vyand te dood, en datdie neutronbom hierbenewens 'minder afgryslik'is as ander verwoestingswapentuig. Aan dieander kant word die neutronbom bestempel as'super-kapitalisties' of 'kannibalisties' en geoor-deel in dieselfde kategorie as biologiese- enchemiese oorlogvoering. Kensketsend van diepropaganda-teenstand in Wes-Europa oor dieontplooiing van sodanige wapentuig, en diebesluitnemingsonus wat in hierdie verband op die.skouers van oud-president Carter gerus het, isdie onderskrif by 'n spotprent in die WashingtonPost: 'It's the Cartron bomb - it knocks downsupporters without damaging opponents' .33

5.2 Die aanwending en implikasies van dieneutronbom

Die neutronbom is primer bedoel as defensiewewapentuig in 'n taktiese aanwendingsrol. Dieaanwending daarvan teen 'n konsentrasie vanvyandelike magte in aanmars - veral die in

41

gepantserde kolonne - sonder om skade teberokken aan uitrusting, installasies en bevol-kingskonsentrasies, word as een van die belang-rikste funksies van die neutronbom beskou. Diebekendste voorbeeld in hierdie verband is dieverwysing na NAVO-teenoptrede in die geval van'n konvensionele inval vanuit Rusland op Wes-Europa - optrede wat veral belangrik kan weesindien NAVO-magte nie in staat sou wees om so'n inval konvensioneel af te weer nie.34

Verskeie argumente en besware is teen dievoorgestelde aanwendingsrol van die neutron-bom geopper en kan uiteindelik terug herlei wordna die algemene dilemma rondom die aanwen-ding van taktiese kernwapentuig. Die risikobestaan dat die aanwending van die neutronbomin konvensionele konflikte die moontlikheid vankerneskalasie kan verhoog. Hierbenewens is daargeen duidelikheid oor die newe-effekte wat kanontstaan as gevolg van die aanwending vanhierdie wapentuig nie. In sekere gevalle word ditbereken dat persone wat aan 'n neutron-aanvalonderworpe was nog etlike ure daarna kan blyleef, en met die besef dat die dood weldra salintree, kan dit 'n verbete en morbiede oorlog-stemming skep.35

Die aanwending van die neutronbom in suiwertaktiese- en konvensionele verband kan niegereken word as 'n metode waarop die verloopvan 'n 'kernkonflik' moontlik veilig beperk enbeheer kan word nie. Die neutronbom moetgereken word as 'n kernwapen en dat syaanwending moontlik kan lei tot kernkonfrontasie.In hierdie konteks vervul dit sy funksie primer asafskrikkingswapen en moet die strategiese- enpolitieke implikasies daarvan deeglik verrekenword, sodat dit nie aangewend sal word, in diewaarskuwing van Sommer uitgedruk, ' ... (in)making an atomic war without tears possible' .36

Die aanwending van die neutronplofkop tesamemet strategiese kernmissiele het opmerklik uitersbeperkte aandag geniet in vergelyking met dietaktiese aanwending daarvan, alhoewel dit oor 'npotensiele strategiese aanwendingsvermoe be-skik. Die neutronbom beskik oor 'n uitstekendedeurdringingsvermoe in die geval van aanwen-ding teen passiewe beskermingsmaatreels indigbevolkte stedelike gebiede van die kernoppo-nent (Sowjet passiewe burgerlike beskermingoortref soortgelyke maatreels in die Weste byverre). Die aflewering van neutronplofkoppe deurkruisermissiele word verder gereken as een vandie potensiele opsies wat in 'n strategieseaanwendingsrol verreken kan word. Die kruiser-

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 12, Nr 1, 1982. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

Page 8: ONTWIKKELINGSASPEKTE VAN KERNMISSIELE - … · hierdie tipe projektiele, terwyl die Poseidon C-3 missiel vir kernduikbote tussen tien en veertien ... Die MIRV-ontwikkeling het ook

missiel sal sodanige plofkop akkuraat op spesi-fieke stedelike teikens kan aflewer. Hierbene-wens is die kruisermissiel vanwee sy beperktereaksievermoe 'n vergeldingswapen en kan dieaanwending van die neutronbom in hierdieverband dus teruggehou word tot die gebruikdaarvan 'geregverdig' sou wees. Die aanwendingvan die neutronplofkop tesame met strategiesekernmissiele moet dus geevalueer word in diebree kernstrategiese raamwerk van oorlewings-potensiaal en 'n strategie van afskrikking, sowelas by die verrekening van besware daarteen endie implikasies daarvan op wapenkontrole.37

6. Slot

Verskeie ontwikkelingsaspekte van kernmissiele ,waarvan maar slegs enkeles in die voorafgaandegedeeltes uitgelig is, dui daarop dat die tagtigerja-re gekenmerk gaan word deur belangrikemiliter-tegnologiese verwikkelinge in kernstrate-gie. In hierdie verband is dit nie net diewapenwedloop wat die internasionale kerndebatoorheers nie, maar ook die vermoe van diesuperkernmoondhede om kernkonflik te vermy,deur onder andere geloofwaardige opponerendekernvergeldingsvermoens in stand te hou. Inhierdie toestand van delikate tussenstaatliketerreurewewig speel militer-tegnologiese verwik-kelinge 'n baie belangrike rol, soos Kissingeraandui: 'The penalty for miscalculation in thetechnical field is obvious and demonstrable. Thepenalty for falling behind in the field of strategicdoctrine, though catastrophic, is not immediatelydiscernible. Mastering the technical problems isso difficult that it leaves little time for consideringthe strategic implications of the new technol-ogy'.38 Strategiese kernparaatheid is gevolglik 'nsleutelvereiste vir die magsbalans tussen dieWeste en die Ooste.

Lt T. van Rensburg, MA het sy graad aan die begin van 1981 met lofaan die Universiteit van die OVS behaal.

Voetnotas:

1. Vgl. Polmar, N., Strategic Weapons: An Introduction. NationalStrategy Information Centre, New York, 1975, pp. 36-37; Beard,E., Developing the ICBM. A Study in Bureaucratic Politics,Columbia University Press, New York, 1976, pp. 208-209.

2. Vgl. lac cit. Die VSA kon egter eers in 1964 daarin slaag om diedravermoe van die Sputnik 3 wat in Mei 1958 gelanseer is, teewenaar.

3. Beard skryf soos volg hieroor, op. cit., pp. 6-7: "The Sputniklaunch, and the ICBM capability it demonstrated, were of

42

enormous symbolic importarce. American international prestigeand American domestic selfperception and self-confidence werestrongly shaken. Although tre change may have been primarilysymbolic, something had been significantly altered. The UnitedStates was no longer seen, by other nations or by its own citizens,in quite the same light. In an area of great potential significance, theUnited States was suddenly and demonstrably second. In additionone of the strongest fears underlying much of the 'missile gap'scare was that the Soviet Union might be able. by taking advantageof its development lead, to gain a first-strike capability against theUnited States that could not be answered.'

4. Vgl. Ibid., pp. 1-13. Beard skryf oor die uitwissing vanbogenoemde 'agterstand' da, die Kennedy Administrasie 'under-took the largest and fastest peacetime military buildup in thehistory of the United States'.

5. Vgl. The Missile Tables, in Defense and Foreign Affairs, Vol. VIII,NO.3, 1980, p. 30. Die bree stand van sake tov verskillendemissiele kan geraadpleeg word in Taylor. M. J. H., Taylor, J. W. R.,Missiles of the World, Ian Allan Ltd., London, 1976.

6. Vgl. Greenwood, T., Making the MIRV: A Study of DefenceDecision Making, Ballinger Publishing Co .. Cambridge, 1975, pp.3-4.

7. Aangehaal in Tammen, R. L., MIRV and the Arms Race. AnInterpretation of Defence Strategy, Praeger Publishers, New York,1973, p. 72.

8. Vgl. Polmar, N., op. cit., pp. 61-63; Greenwood, T., Making theMIRV ... , pp. 4-11.

9. Greenwood, T., Making the MIRV ... , p. 81 (vgl. verder pp.142-143). Vgl. ook Tammen, R L., op. cit.. pp. 97-107.

10. Vgl. Greenwood, T., Making the MIRV ... ,pp. 2-3, 167-169; York,H. F., Multiple-Warhead Missiles, in Scientific American, Vol. 229,NO.5, November 1973, pp. 18-19.

11. Vgl. lac. cit.12. Vgl. York, H. F., op. cit., pp. 24-25; Polmar, N.. op. cit., pp. 64-66.

Vgl. ook die kwesbaarheid van silogebergte kernmissiele die bydravan Gray, C. S., The Strategic Forces Triad: End of the Road. inForeign Affairs, Vol. 56, NO.4, Julie 1978, pp. 771-789.

13. Vgl. Tammen, R. L., op. cit .. pp. 111-126. Tammen verduidelikhlerdie verbetering en verandering soos volg: "this transitionsupplies direct evidence of the influence of changing technologyon military strategy. It illustrates how a discredited strategyremained alive. even though officially rejected, until changingtechnological condition provided a suitable base for its resurrec-tion".

14. Vgl. Ibid., pp. 131-136; Potter, W. C, Coping with MIRV in a MAOWorld. in The Journal of Conflict Resolution, Vol. 22, NO.4,Desember 1978, pp. 599-624.

15. Ashmore, E. B., Guided Missiles. Fiction and Reality, in NATO'sFifteen Nations, Vol. 17, NO.1, Februarie/Maart 1972, p. 54.

16. Vgl. Pfaltzgraff, R. L., Davis, J. K., The Cruise MiSSile: BargainingChip or Defense Bargain?, hoofstuk 1, in NATO's Fifteen Nations.Vol. 22, NO.3, Junie/Julie 1977, pp. 30-31.

17. Vgl. Ibid., p. 31; Digby, J. F.. Precision Guided Weapons, inAdelphi Papers, No. 118, Summer 1975, pp. 1-4; Tsipis, K., CruiseMissiles, in Scientific American, Vol. 236, NO.2, Februarie 1977, p.22; Buchanan, L. F., Cruise Missiles Takes Shape, in Defense andForeign Affairs, Vol. VII, NO.2, 1980, pp. 30-31.

18. Tsipis, K., Cruise Missiles. .. p. 20.19. Vgl. Marriot, J., Precision Guided Munitions, in NATO's Fifteen

Nations, Vol. 22, NO.5, Oktober/November 1977, pp. 115-121;Ashmore, E. B., op. cit., pp. 54-55. Vgl. ook Digby, J. F., op. cit., p.4: "Accuracy is no longer a strong function of range, and if a targetcan be acquired it can usually be hit. For many targets, hitting isequivalent to destroying."

20. Vgl. Pfaltzgraff, R. L., Davis. J. K., op. cit., pp. 31-32; Tsipis, K.,Cruise Missiles ... , pp. :~1-23.

21. Vgl. loc. cit.22. Vgl. Tsipis, K., Cruise Missiles ... , pp. 20-24; en Pfaltzgraff, R. L.,

Davis, J. K., op. cit., pp. 32-33.23. Vgl. Tsipis. K., Cruise Missiles .... pp. 23-25; Pfaltzgraff, R. L.

Davis, J. K., op. cit., pp. 33-38, 42; Ball, D., The Costs of theCruise Missile, in Survival, Vol. XX, NO.6. November/Desember1978, pp. 242-247

24. Vgl. Pfaltzgraff, R. L., Davis, J. K., op. cit., pp. 38-43; Tsipis, K.,Cruise Missiles ... , pp. 27.28. Vgl. ook Digby, J. F., op. cit., pp.4-6 oor die toekomsmoo.1t1lkhede van eksakte geleide-tipewapentuig.

25. Vgl. Pfaltzgraff. R. L., Davis, J. K., op. Cit., pp. 38.43.26. Vgl. Pfaltzgraff, R. L., The Evolution of Strategic Weapons Policies,

in RUSI and Brassey's, Weapons Technology, Brassey'sPublishers, London, Tweede Uitgawe, 1978, pp. 25-29.

27. Vgl. Vershbow, A. R., The Cruise Missile: The End of ArmsControl?, in Foreign Affairs, Vol. 55, NO.1, Oktober 1976, pp.141-142. Vgl. ook Pfaltzgraff, R. L., Davis, J. K., The CruiseMissile: Bargaining Chip or Defense Bargam?, hoofstuk 2, in

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 12, Nr 1, 1982. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

Page 9: ONTWIKKELINGSASPEKTE VAN KERNMISSIELE - … · hierdie tipe projektiele, terwyl die Poseidon C-3 missiel vir kernduikbote tussen tien en veertien ... Die MIRV-ontwikkeling het ook

NATO's Fifteen Nations, Vol. 22, NO.4, Augustus/September1977, pp. 26-23 oor die moontlikhede van die ontplooiing van diekruisermissiel in NAVO verband.

28. Vgl. Tsipis, K., Cruise Missiles ... , pp. 27-29; Gray, C. S., Who'sAfraid ofthe Cruise Missile?, in ORBIS, Vol. 21, NO.3, Fall 1977,pp. 517-531.

29. Digby, J. F., op. cit., p. 11,30. Vgl. Kaplan, F. M., Enhanced-Radiation Weapons, in Scientific

American, Vol. 238, NO.5, Mei 1978, pp. 44-46; Sommer, T., TheNeutron Bomb: Nuclear War Without Tears?, in Survival, Vol. XIX,NO.6, November/Desember 1977, pp. 263-264; Kistiakowsky, G"The Folly of the Neutron Bomb, in The Bulletin of the AtomicScientists, Vol. 35, NO.7, September 1978, p. 25.

31. Vgl. Sommer, T., op. cit., p. 264; en Kistiakowsky, G., op. cit., pp.25-26,

32. Sommer, T., op. cit., p. 264. Vgl. Kaplan, F. M., op. cit., pp. 46-49;Cohen, S. T., Enhanced Radiation Warheads: Setting the RecordStraight, in Strategic Review, Vol. VI, NO.1, Winter 1978, pp. 9-17vir verdere detail oor die effek van die neutronplofkop,

33. Aangehaal en ge'illustreer in die artikel Furor Over the Neutron

43

Bomb, in Newsweek, Vol. 91, No. 16, 17 April 1978, p. 17, Vgl.verder oor bg. reaksie Cohen, S.T., op. cit., pp. 9-10; Carr, B., TheNeutron Bomb: Proceed but with Caution, in NATO's FifteenNations, Vol. 22, NO.6, Desember 1977 - Januarie 1978, pp.50-54.

34. Vgl. Carr, B., op cit., pp. 50-51; Kaplan, F. M., op. cit., pp. 47-48;Black, E. F., Cohen, S, T., The Neutron Bomb and the Defence ofNATO, in Military Review, Vol. LVIII, NO.5, Mei 1978, pp. 53-61.

35. Vgl. Kaplan, F. M., op. cit., pp. 49-50; Snow, D. M., StrategicImplications of Enhanced Radiation Weapons. A PreliminaryAnalysis, in Air University Review, Vol. XXX, NO.5, Julie/Augustus1979, pp. 7-8.

36. Sommer, T., op, cit., p. 266. Vgl. oak Carr, B., op. cit., p. 54;Kaplan, F. M., op. cit., pp. 50-51.

37. Vgl. Snow, D. M" op. cit., pp. 8-15. Snow sluit sy bespreking soosvolg af: "Regardless of the conclusions regarding strategicimplications of enhanced-radiation warheads, the technology isavailable, and the options need to be analysed.

38. Kissinger, H. A., Nuclear Weapons and Foreign Policy, Harper andBrothers, New York, 1957, p. 18.

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 12, Nr 1, 1982. http://scientiamilitaria.journals.ac.za