3
[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 3/05/2018 Brief: 14/18 Ek hoop almal het lekker uitgerus na die langnaweek en is weer vuur en vlam vir die res van die kwartaal. Dankie vir die ouers wat die oueraand bygewoon het. Kom ons maak ons akademie ‘n erns sodat ons kinders goed kan presteer. Welkom aan me Isabel Smit wat van Bloemfontein by ons aangesluit het. Ons glo sy gaan ‘n geseënde loopbaan by Kroonheuwel hê. Baie geluk aan Maans Crous wat die Noord-Vrystaat Hokkiespan gehaal het. Ons is baie trots op jou! Sterkte met ons dogters wat hulle eerste netbalwedstryde teen Fonteine, in Sasolburg gaan speel. Weet dit sal goed gaan. Ons is Vrydag en Saterdag die gasheerskool vir ‘n baie groot ATKV-Redenaarskompetisie. Dankie vir al die personeel wat werk en sterkte aan die kinders wat deelneem. Die kompetisie begin 12 uur, maar die skool sluit eers 13:00 vir die leerders. Die leerders kan 13:00 kom haal word op die rugbyveld, nie by skoolgebou nie. Vermy asseblief die hoofingang by Keeveystraat en gebruik hekke by tennisbane, anders gaan daar groot opeenhopings wees. Inskrywings vir Redenaars begin reeds om 12:00. Ons gaan ‘n kerkdiens op die rugbyveld hê vanaf 12:00 tot 13:00 deur Ds Llewellyn Ploos van Amstel gelei gaan word. Ek sal daarna die saaloorhandigings hanteer. Die leerders wat Saterdag by Noordskool aan die Tinktinkiedag deelneem moet hierdie geleentheid geniet. Ons is bewus daarvan dat daar ‘n botsing is op 12 Mei (Voortrekkers en Mini-sportdag by Parys). Dit is soms onvermydelik dat daar botsings van aktiwiteite gaan wees. Ongelukkig word datums nie altyd deur ons bepaal nie. U moet asseblief self die keuse uitoefen aan watter aktiwiteit u kind gaan deelneem. Ons sal u keuse respekteer, en dit bied ook vir ‘n ander leerder die geleentheid om deel te wees van ‘n span. Bespreek asseblief vroegtydig u keuse met die betrokke afrigter of organiseerder sodat ons kan beplan. BELANGRIK! WEENS BAIE SPORT- EN KULTUURAKTIWITEITE DEUR DIE KWARTAAL, VERSOEK ONS DAT OUERS ASSEBLIEF MOET SAAMWERK.ONS WIL SO MIN AS MOONTLIK AKADEMIESE TYD LAAT VERLORE GAAN. AS ‘N KIND BYVOORBEELD RUGBY OM 14:30 IN WELKOM OEFEN, KAN DIE KIND 13:15 DIE SKOOL VERLAAT. ONS MOET BEPLAN SODAT U KIND SO MIN AS MOONTLIK SKOOLTYD VERLOOR. AS EEN KIND MOET GAAN PROBEER SO VER MOONTLIK NIE AL DIE ANDER KINDERS SAAMNEEM NIE. 3 Mei DONDERDAG DAG 2 SENIOR KOOR OPTREDE BY BOMA SAAM MET ELVIS BLUE NETBAL: KPS/FONTEINE 4 Mei VRYDAG DAG 3 REDENAARS: ATKV LANDLOOP: LIGA 1 (RIEB.) HOKKIE/RUGBY: PROEWE 5 Mei SATERDAG REDENAARS: ATKV HOKKIE: NFS PROEWE 7 Mei MAANDAG DAG 4 RUGBY: GRIFFONS OEFENING 8 Mei DINSDAG DAG 5 RUGBY: KPS vs JORDANIA NETBAL: KPS vs PARYS (TUIS) o/10-o/13 9 MEI WOENSDAG DAG 6 OMGEE GROEP OM 7:15 ONS SKOOL SE TELKOMLYNE IS STEEDS BUITE WERKING ~ VIR DRINGENDE OPROEPE, IS OUERS WELKOM OM ONS TE SKAKEL BY 079 872 3960 MOEDERSDAG-VERKOPE 11 MEI 2018 GEDURENDE POUSE ONTHOU ‘N GELDJIE

ONS SKOOL SE TELKOMLYNE IS STEEDS BUITE ...Ek moet na kinders se probleme oplet, nes ‘n SIELKUNDIGE. Ek moet pleisters plak, nes ‘n VERPLEEGSTER. Ek moet geld insamel en boekhou

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ONS SKOOL SE TELKOMLYNE IS STEEDS BUITE ...Ek moet na kinders se probleme oplet, nes ‘n SIELKUNDIGE. Ek moet pleisters plak, nes ‘n VERPLEEGSTER. Ek moet geld insamel en boekhou

[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 3/05/2018 Brief: 14/18

BELANGRIKE DATUMS

Ek hoop almal het lekker uitgerus na die langnaweek en is weer vuur en vlam vir die res van die kwartaal. Dankie

vir die ouers wat die oueraand bygewoon het. Kom ons maak ons akademie ‘n erns sodat ons kinders goed kan

presteer. Welkom aan me Isabel Smit wat van Bloemfontein by ons aangesluit het. Ons glo sy gaan ‘n geseënde

loopbaan by Kroonheuwel hê.

Baie geluk aan Maans Crous wat die Noord-Vrystaat Hokkiespan gehaal het. Ons is baie trots op jou! Sterkte met

ons dogters wat hulle eerste netbalwedstryde teen Fonteine, in Sasolburg gaan speel. Weet dit sal goed gaan.

Ons is Vrydag en Saterdag die gasheerskool vir ‘n baie groot ATKV-Redenaarskompetisie. Dankie vir al die

personeel wat werk en sterkte aan die kinders wat deelneem. Die kompetisie begin 12 uur, maar die skool sluit eers

13:00 vir die leerders. Die leerders kan 13:00 kom haal word op die rugbyveld, nie by skoolgebou nie. Vermy

asseblief die hoofingang by Keeveystraat en gebruik hekke by tennisbane, anders gaan daar groot opeenhopings

wees. Inskrywings vir Redenaars begin reeds om 12:00. Ons gaan ‘n kerkdiens op die rugbyveld hê vanaf 12:00

tot 13:00 deur Ds Llewellyn Ploos van Amstel gelei gaan word. Ek sal daarna die saaloorhandigings hanteer.

Die leerders wat Saterdag by Noordskool aan die Tinktinkiedag deelneem moet hierdie geleentheid geniet. Ons is

bewus daarvan dat daar ‘n botsing is op 12 Mei (Voortrekkers en Mini-sportdag by Parys). Dit is soms onvermydelik

dat daar botsings van aktiwiteite gaan wees. Ongelukkig word datums nie altyd deur ons bepaal nie. U moet

asseblief self die keuse uitoefen aan watter aktiwiteit u kind gaan deelneem. Ons sal u keuse respekteer, en dit bied

ook vir ‘n ander leerder die geleentheid om deel te wees van ‘n span. Bespreek asseblief vroegtydig u keuse met

die betrokke afrigter of organiseerder sodat ons kan beplan.

BELANGRIK! WEENS BAIE SPORT- EN KULTUURAKTIWITEITE DEUR DIE KWARTAAL, VERSOEK ONS DAT OUERS ASSEBLIEF MOET SAAMWERK.ONS WIL SO MIN AS MOONTLIK AKADEMIESE TYD LAAT VERLORE GAAN. AS ‘N KIND BYVOORBEELD RUGBY OM 14:30 IN WELKOM OEFEN, KAN DIE KIND 13:15 DIE SKOOL VERLAAT. ONS MOET BEPLAN SODAT U KIND SO MIN AS MOONTLIK SKOOLTYD VERLOOR. AS EEN KIND MOET GAAN PROBEER SO VER MOONTLIK NIE AL DIE ANDER KINDERS SAAMNEEM NIE.

3 Mei

DONDERDAG

DAG 2

SENIOR KOOR

OPTREDE BY

BOMA SAAM

MET ELVIS BLUE

NETBAL:

KPS/FONTEINE

4 Mei

VRYDAG

DAG 3

REDENAARS:

ATKV

LANDLOOP:

LIGA 1 (RIEB.)

HOKKIE/RUGBY:

PROEWE

5 Mei

SATERDAG

REDENAARS:

ATKV

HOKKIE:

NFS PROEWE

7 Mei

MAANDAG

DAG 4

RUGBY:

GRIFFONS

OEFENING

8 Mei

DINSDAG

DAG 5

RUGBY:

KPS vs

JORDANIA

NETBAL:

KPS vs PARYS (TUIS) o/10-o/13

9 MEI

WOENSDAG

DAG 6

OMGEE GROEP

OM 7:15

ONS SKOOL SE TELKOMLYNE IS STEEDS BUITE

WERKING ~ VIR DRINGENDE OPROEPE,

IS OUERS WELKOM OM ONS TE SKAKEL

BY 079 872 3960

MOEDERSDAG-VERKOPE

11 MEI 2018

GEDURENDE POUSE

ONTHOU ‘N GELDJIE

Page 2: ONS SKOOL SE TELKOMLYNE IS STEEDS BUITE ...Ek moet na kinders se probleme oplet, nes ‘n SIELKUNDIGE. Ek moet pleisters plak, nes ‘n VERPLEEGSTER. Ek moet geld insamel en boekhou

[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 3/05/2018 Brief: 14/18

12 Mei 2018 Pikkewynedag (Parys)

o/6- & o/7-span

9 Junie 2018 Nelsdrif Sportdag o/6- & o/7-span

SUPER 8 UITSLAE ~ o/11A SUPER 8 KAMPIOENE ~ o/13A Silwer Medalje ~ o/9A Derde Plek

Baie geluk aan die volgende seuns wat in die voorlopige Griffons-spanne ingesluit is: Jesse Jordaan o/13A Hencoe Kriek o/13B CJ Taljaard & Jordan Smit o/13C Cecil Parsons o/12A Ethan van Wyk o/12B

Page 3: ONS SKOOL SE TELKOMLYNE IS STEEDS BUITE ...Ek moet na kinders se probleme oplet, nes ‘n SIELKUNDIGE. Ek moet pleisters plak, nes ‘n VERPLEEGSTER. Ek moet geld insamel en boekhou

[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 3/05/2018 Brief: 14/18

DENNEKAR RESIES 2018

Hierdie fondsinsameling is gereël om pret vir die kinders te

wees.

Die tyd wat jy met jou kinders spandeer is kosbaar, hulle

koester dit en dit vorm hulle karakter.

Gebruik juis hierdie bou van die karretjie om kwaliteit tyd saam

jou kind te spandeer.

Vir die wat toegang tot die internet het gaan kyk gerus wat die

bou van so karretjie saam jou kind vir hulle beteken by

https://youtu.be/E6FQGIj-030

Hierdie seun was die wenner van die nasionale kompetisie van

Amerika en hy sê dat die lekkerste van die kompetisie was die

tyd wat hy saam sy pa spandeer het.

Ondersteun asb ons borge indien julle skuurpapier, sagies, verf

en spuitverf benodig.

Daar is nog ‘n maand oor voor die resies en verdere reëlings sal

in die nuusbrief verskyn.

Vir enige navrae oor die projek skakel ons gerus Lauwrens

(0833877339), Amanda (0844797812) of Helena (0827876052).

Ondersteuningsklas-groete

EK IS NET ‘N ONDERWYSER Op papier staan ek werk agt uur per dag. Van 7 tot 3. Ek moet klasse vol kinders onderrig. Wiskunde. Sommer net somme maak. Ek moet hul werk nasien en seker maak hul vorder en verstaan en word slimmer. Ek het drie betaalde vakansies elke jaar. Die lewe is ‘n lied! OP PAPIER.

Soos met alle beroepe is daar mos maar ‘n verskil tussen die teorie en die praktyk. Verstaan my nie verkeerd nie, ek is mal oor skoolgee. Ek put vreugde en genot uit elke dag. Om voor in die klas te staan en liggies in kinders se oë te sien aangaan, is vervullend en wonderlik. Om handgeskrewe briefies van waardering te ontvang, laat my glimlag. Die geld is nie vrot waar ek myself bevind nie. Die werksomstandighede allesbehalwe sleg. So ek kla nie. Ek weet dat dinge in Suid-Afrika nie so salig en wonderlik is nie. Onderwysers word maar karig betaal en baie van hul geld gaan terug na die kinders in die klas toe. Met die goue lepel van geen belasting en gratis verblyf, gaan ek dis niks oor die finansiële kwellinge kwytraak nie. Ek is tevrede om net ‘n onderwyser te wees, want eintlik is ek soveel meer:

Ek moet na kinders se probleme oplet, nes ‘n SIELKUNDIGE.

Ek moet pleisters plak, nes ‘n VERPLEEGSTER. Ek moet geld insamel en boekhou daarvan, nes ‘n

REKENMEESTER. Ek moet seker maak ek gee nie onwettige drukkies

of briewe uit nie, nes ‘n PROKUREUR. Ek moet seker maak al my elektroniese data is op

datum en ek moet die virus op die rekenaar probeer uitwis, nes ‘n REKENAARTEGNIKUS.

Ek moet kinders met leerprobleme akkommodeer, nes ‘n ARBEIDSTERAPEUT.

Ek moet kinders wat swak sig het, voor in die klas laat sit en seker maak hulle kan sien, nes ‘n OOGARTS.

Ek moet na hartseer verhale oor liefdesprobleme luister, nes ‘n VRIENDIN.

Ek moet seker maak dat alle administrasie gedoen word, nes ‘n KLERK.

Ek moet seker maak die regte boodkappe van die regte ouers, kom by die regte afrigters en onderwysers uit, nes ‘n SEKRETARESSE.

Ek moet my klasse interessant hou, nes ‘n DRAMATURG.

Ek moet lesplanne en opstelle kan uitlê, nes ‘n SKRYWER.

Ek moet atlete en swemmers en redenaars kan help, nes ‘n AFRIGTER.

Ek moet geestelik sterk kan wees, nes ‘n DOMINEE. Ek moet tafels en stoele kan skuif om die klein

spasies optimaal te kan benut, nes ‘n INGENIEUR. Ek moet dissipline kan toepas en maniere leer, nes

‘n OUER. Ek moet krane op die speelgrond kan toedraai, nes

‘n LOODGIETER. Ek moet kospakkies en sportsakke wat verlore raak

aandra, nes ‘n KOERIER. Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps

en studente almal tevrede hou, nes ‘n POLITIKUS. Ek moet briefies van ouers, leerlinge en mede-

onderwysers ontsyfer, nes ‘n VERTALER. Ek moet vraestelle aantreklik laat lyk en sketse op

werkkaarte teken, nes ‘n GRAFIESE ONTWERPER. Ek moet my klas mooi maak en laat voldoen aan al

die vereistes vir positiewe leeromgewing, nes ‘n BINNENSHUISEVERSIERDER.

Ek moet netjies en professioneel aantrek, nes ‘n VOORKOMSKONSULTANT.

Ek moet keer dat kinders agter die pawiljoene vry, skelm in die badkamer rook of die verkeerde trui aantrek, nes ‘n POLISIEMAN.

Maar op papier, is en bly ek maar ...NET ‘N ONDERWYSER!