8
OMGEWINGSINVLOEDBEPALINGSPROSES: VOORGESTELDE WINDENERGIE-AANLEGTE (SUID & NOORD) OP DIE OOSTELIKE PLATO NABY DE AAR, NOORD-KAAP APRIL 2012 SUID: DOS VERWYSNR. 12/12/20/2463/1 / NEAS VERWYSNR. DEAT/EIA/0000577/2011 NOORD: DOS VERWYSNR. 12/12/20/2463/2 / NEAS VERWYSNR. DEAT/EIA/0000578/2011 UITVOERENDE OPSOMMING FINALE OMGEWINGSINVLOEDBEPALINGSVERSLAG Agtergrond Mulilo Renewable Energy (Edms) Bpk (Mulilo) beoog om twee 155-360 MW windenergie-aanlegte op die oostelike plato ongeveer 20 km oos van De Aar, Noord-Kaap op te rig. Aurecon South Africa (Edms) Bpk (Aurecon) is aangestel om die verlangde Omgewingsinvloedbepalingsproses (OIB) kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (WNOB) (Wet Nr. 107 van 1998), soos gewysig, namens Mulilo uit te voer. Die noordelike terrein is ongeveer 14 500 ha groot en bestaan uit 14 gedeeltes op ses plase, terwyl die suidelike terrein ongeveer 9 200 ha groot is en bestaan uit nege gedeeltes op vier plase (sien Figuur 1). Die verwante infrastruktuur sluit in transmissielyne wat by die bestaande netwerk sal aansluit, sowel as toegangspaaie en kabels tussen die turbines. Beoogde projek Mulilo het aanvanklik beoog om twee 150 – 200 MW windenergie-aanlegte op die Oostelike Plato ongeveer 20 km oos van De Aar, Noord-Kaap op te rig. Die twee beoogde windenergie-aanlegte sou op die noordelike en suidelike plato, ongeveer 20 km oos van die dorp De Aar, geplaas word. Ongeveer 145 windturbines sou moontlik op die noordelike gedeelte opgerig word, en 105 windturbines op die suidelike deel. Elke turbine sou 150 – 200 MW krag opwek. Die uitleg van die turbines soos in die oorspronklike voorstel is hersien en aangepas om te voldoen aan die deskundiges se aanbevelings, naamlik dat daar voorsiening gemaak moet word vir buffersones rondom sensitiewe gebiede en landskapseienskappe. Die hersiene uitleg vir die noordelike gedeelte maak nou voorsiening vir 144 windturbines met die potensiële vermoë om tussen 216 – 360 MW op te wek, terwyl 103 turbines op die suidelike gedeelte die potensiële vermoë het om 155 – 258 MW op te wek. Die elektrisiteit wat deur die twee voorgestelde projekte opgewek sal word, sal via vyf voorgestelde substasies na die nasionale netwerk geneem word; drie vyf van die voorgestelde substasies op die suidelike terrein en twee op die noordelike terrein. Die voorgestelde substasies sal aansluit by een van die drie bestaande transmissielyne wat oor die terrein na die Hydra substasie naby De Aar loop. Die beoogde terreine is in die Emthanjeni en Renosterberg Plaaslike Munisipaliteite (PM) in die Noord-Kaap geleë. Windturbines kan op ʼn horisontale of vertikale as roteer. Die turbines wat vir windplase of die kommersiële opwekking van elektrisiteit gebruik word, roteer gewoonlik op ’n horisontale as, het drie blaaie (lemme) en word deur rekenaar-beheerde motors in dieselfde rigting as die wind gedraai. Doel van hierdie dokument Hierdie dokument is ʼn opsomming van die Finale Omgewingsinvloedbepalingsverslag (FOIBV) vir die beoogde windenergie-aanlegte naby De Aar, Noord- Kaap. Dit gee ʼn kort agtergrond en oorsig van die beoogde projek, ʼn beskrywing van die proses van openbare deelname tot dusver, en ʼn lys van projek- alternatiewe en mootlike impakte wat beoordeel is Lees asb. hierdie Opsommende Dokument (en verkieslik die volledige FOIBV) deur, en dien u kommentaar op die voorgestelde projek teen 21 Mei 2012 in. Alle OIB- dokumente sal vanaf 30 April 2012 tot 21 Mei 2012. op Aurecon se webblad beskikbaar wees: (www.aurecongroup.com – verander die “Current Location” na “South Africa” en volg die “Public Participation”-skakel); asook by die munisipale kantore van die Emthanjeni (De Aar) plaaslike munisipaliteit en die Openbare Biblioteke in De Aar (Stasieweg) en Phillipstown (Kerkstraat). Kommentaar moet gestuur word aan: Aurecon Simon Clark of Louise Corbett Posbus 494, Kaapstad, 8000 Tel: 021 526 6034/6027 Faks: 021 526 9500 E-pos: [email protected]

OMGEWINGSINVLOEDBEPALINGSPROSES: VOORGESTELDE … · 2018. 6. 12. · brief (wat op 15 Januarie 2012 gepos is) in kennis gestel van die beskikbaarheid van die FOBV. Die volledige

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • OMGEWINGSINVLOEDBEPALINGSPROSES: VOORGESTELDE WINDENERGIE-AANLEGTE (SUID & NOORD) OP

    DIE OOSTELIKE PLATO NABY DE AAR, NOORD-KAAP

    APRIL 2012

    SUID: DOS VERWYSNR. 12/12/20/2463/1 / NEAS VERWYSNR. DEAT/EIA/0000577/2011 NOORD: DOS VERWYSNR. 12/12/20/2463/2 / NEAS VERWYSNR.

    DEAT/EIA/0000578/2011

    UITVOERENDE OPSOMMING FINALE OMGEWINGSINVLOEDBEPALINGSVERSLAG

    Agtergrond

    Mulilo Renewable Energy (Edms) Bpk (Mulilo) beoog om twee 155-360 MW windenergie-aanlegte op die oostelike plato ongeveer 20 km oos van De Aar, Noord-Kaap op te rig. Aurecon South Africa (Edms) Bpk (Aurecon) is aangestel om die verlangde Omgewingsinvloedbepalingsproses (OIB) kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (WNOB) (Wet Nr. 107 van 1998), soos gewysig, namens Mulilo uit te voer. Die noordelike terrein is ongeveer 14 500 ha groot en bestaan uit 14 gedeeltes op ses plase, terwyl die suidelike terrein ongeveer 9 200 ha groot is en bestaan uit nege gedeeltes op vier plase (sien Figuur 1 ). Die verwante infrastruktuur sluit in transmissielyne wat by die bestaande netwerk sal aansluit, sowel as toegangspaaie en kabels tussen die turbines. Beoogde projek

    Mulilo het aanvanklik beoog om twee 150 – 200 MW windenergie-aanlegte op die Oostelike Plato ongeveer 20 km oos van De Aar, Noord-Kaap op te rig. Die twee beoogde windenergie-aanlegte sou op die noordelike en suidelike plato, ongeveer 20 km oos van die dorp De Aar, geplaas word. Ongeveer 145 windturbines sou moontlik op die noordelike gedeelte opgerig word, en 105 windturbines op die suidelike deel. Elke turbine sou 150 – 200 MW krag opwek. Die uitleg van die turbines soos in die oorspronklike voorstel is hersien en aangepas om te voldoen aan die deskundiges se aanbevelings, naamlik dat daar voorsiening gemaak moet word vir buffersones rondom sensitiewe gebiede en landskapseienskappe. Die hersiene uitleg vir die noordelike gedeelte maak nou voorsiening vir 144 windturbines met die potensiële vermoë om tussen 216 – 360 MW op te wek, terwyl 103 turbines op die suidelike gedeelte die potensiële vermoë het om 155 – 258 MW op te wek. Die elektrisiteit wat deur die twee voorgestelde projekte opgewek sal word, sal via vyf voorgestelde substasies na die nasionale netwerk geneem word; drie vyf van die voorgestelde substasies op die suidelike terrein en twee op die noordelike terrein. Die voorgestelde substasies sal aansluit by een van die drie bestaande transmissielyne wat oor die terrein na die Hydra substasie naby De Aar loop. Die beoogde terreine is in die Emthanjeni en Renosterberg Plaaslike Munisipaliteite (PM) in die Noord-Kaap geleë. Windturbines kan op ʼn horisontale of vertikale as roteer. Die turbines wat vir windplase of die kommersiële opwekking van elektrisiteit gebruik word, roteer gewoonlik op ’n horisontale as, het drie blaaie (lemme) en word deur rekenaar-beheerde motors in dieselfde rigting as die wind gedraai.

    Doel van hierdie dokument

    Hierdie dokument is ʼn opsomming van die Finale Omgewingsinvloedbepalingsverslag (FOIBV) vir die beoogde windenergie-aanlegte naby De Aar, Noord-Kaap. Dit gee ʼn kort agtergrond en oorsig van die beoogde projek, ʼn beskrywing van die proses van openbare deelname tot dusver, en ʼn lys van projek-alternatiewe en mootlike impakte wat beoordeel is Lees asb. hierdie Opsommende Dokument (en verkieslik die volledige FOIBV) deur, en dien u kommentaar op die voorgestelde projek teen 21 Mei 2012 in. Alle OIB-dokumente sal vanaf 30 April 2012 tot 21 Mei 2012. op Aurecon se webblad beskikbaar wees: (www.aurecongroup.com – verander die “Current Location” na “South Africa” en volg die “Public Participation”-skakel); asook by die munisipale kantore van die Emthanjeni (De Aar) plaaslike munisipaliteit en die Openbare Biblioteke in De Aar (Stasieweg) en Phillipstown (Kerkstraat). Kommentaar moet gestuur word aan: Aurecon Simon Clark of Louise Corbett Posbus 494, Kaapstad, 8000 Tel: 021 526 6034/6027 Faks: 021 526 9500 E-pos: [email protected]

  • 2

    Figuur 1: Hersiene uitleg, gedateer April 2012, v ir die voorgestelde windenergie-aanlegte (noord en suid)

  • 3

    Die windspoed by die punte beloop meer as 320 km/uur, is hoogs doeltreffend en het ʼn lae wringgolwing; wat bydra tot goeie betroubaarheid. Die blaaie is gewoonlik liggrys van kleur en kan 40 – 60 m lank wees. Die buisvormige staaltorings is 65 – 100 m hoog. Die blaaie roteer teen 15 omwentelings per minuut. Die ratkas word gewoonlik gebruik om die spoed van die kragopwekker te verhoog. Sommige modelle werk teen ʼn konstante spoed, maar meer krag kan opgewek word deur turbines met ʼn veranderlike spoed. Alle turbines word toegerus met beskermende eienskappe om skade tydens hoë windspoedtoestande te voorkom – dit beskik naamlik oor die vermoë om die blaaie na die wind toe te draai en dus die rotasie daarvan te staak, en ʼn gepaardgaande remstelsel.

    OIB-proses

    Die Regulasies vir ʼn Omgewingsinvloedbepaling (OIB) (Regulasies 544, 545 en 546) wat kragtens die WNOB afgekondig is, identifiseer sekere aktiwiteite wat ʼn “betekenisvolle nadelige invloed op die omgewing mag hê”. Hierdie gelyste aktiwiteite vereis ʼn omgewingsmagtiging van die bevoegde omgewingsowerheid vir energie-aansoeke, naamlik die Departement van Omgewingsake (DOS), voordat daar met die projek begin mag word. Hierdie voorgestelde projek het ʼn aantal aktiwiteite tot gevolg wat in die WNOB gelys word as aktiwiteite wat ʼn omgewingsmagtiging vanaf die DOS vereis, in ooreenstemming met die OIB-proses soos uiteengesit in Regulasie 543 van die WNOB. Die beoogde windenergie-aanlegte het die volgende gelyste aktiwiteite kragtens die WNOB tot gevolg (GK Nr. 544: Aktiwiteite Nr. 10 & 11; GK Nr. 545: Aktiwiteit Nr. 1 en GK Nr. 546: Aktiwiteit Nr. 14). As gevolg hiervan moet ʼn magtiging via die OIB-proses (GK Nr. R543 van 18 Junie 2010) bekom word (neem kennis dat die twee aparte prosesse in een OIBV beoordeel sal word). Aurecon is aangestel om die nodige omgewingsmagtigingproses namens Mulilo uit te voer. Die OIB-proses bestaan uit ʼn Aanvanklike Aansoekfase, ʼn Omvangbepalingsfase en ʼn OIB-fase. Die doel van die Aanvanklike Aansoekfase is om die projek van stapel te stuur by wyse van die indiening van die nodige departementele aansoekvorms. Die doel van die Omvangbepalingsfase is om moontlike positiewe en negatiewe omgewingsimpakte (beide maatskaplik en biofisies) wat die beoogde projek tot gevolg mag hê te identifiseer en te beskryf, en om te bepaal watter haalbare alternatiewe meer omvattend in die OIB-fase ondersoek sal word. Die doel van die OIB-fase, die huidige fase, is om daardie alternatiewe en impakte wat in die Omvangbepalingsverslag geïdentifiseer is, deeglik te ondersoek en te beoordeel, en voorstelle te maak wat die negatiewe impakte kan versag. Die OIBV is ook die grondslag vir ingeligte besluitneming deur die applikant (om te bepaal watter alternatiewe mee voortgegaan kan word), en deur die DOS (om die omgewingsaanvaarbaarheid van die applikant se voorkeuropsie te bepaal). Hierdie opsomming kan nie die omvattende OIBV vervang nie, en is dus slegs ʼn oorsig van die inligting in die verslag.

    Hoe jy betrokke kan raak

    Openbare deelname is ʼn sleutelkomponent van hierdie OIB-proses en sal op verskeie stadiums van die projek plaasvind Die hoofdoel van die openbare deelname tydens die Omvangbepalingsfase was om B&GPe in te lig oor die inhoud van die Konsep Omvangbepalingsverslag (KOBV), om aan te dui hoe hulle kommentaar tot op datum in die verslag opgeneem is, en om bykomende kwessies te identifiseer/ kommentaar te bekom. Die volgende stappe was deel van die Omvangbepalingsfase:

    • Beskikbaarstelling van die Konsep Omvangbepalingsverslag (KOBV) by die munisipale kantore van die Emthanjeni PM (De Aar); die Openbare Biblioteke te De Aar en Philipstown; en op Aurecon se webblad vanaf 8 November 2011. Alle geregistreerde B&GPe is op 8 November 2011 per brief en/of e-pos in kennis gestel dat die KOBV beskikbaar is, en na ʼn openbare vergadering uitgenooi. ʼn Afskrif van die Uitvoerende Opsomming van die KOBV (in Engels en Afrikaans) was by die brief ingesluit.

  • 4

    • Advertensies in ʼn plaaslike koerant, die Echo, en ʼn streekskoerant, Die Volksblad, waarin die breër publiek in kennis gestel is van die aanvang van die OIB en hulle uitgenooi is om vanaf 4 November 2011 as B&GPe te registreer;

    • Terrein-kennisgewings is op 8 November 2011 op die grense van die plase waarop die projek beoog word, aangebring om die breër publiek van die voorgestelde projekte in kennis te stel en hulle uit te nooi om as B&GPe te registreer;

    • ʼn Openbare vergadering is op Woensdag, 30 November 2011, vanaf 16h00-18h00 in die Stadsaal van De Aar (ook bekend as die Gemeenskapsaal) gehou om die bevindinge van die KOBV oor te dra en te bespreek. Die notule van die vergadering is gestuur aan almal wat teenwoordig was;

    • I B&GPe het 40 dae, tot 5 Januarie 2012 tyd gehad om skriftelik op die KOBV kommentaar te lewer. As gevolg van ʼn probleem met die pos is hierdie tydperk tot 9 Januarie 2012 verleng. Alle kommentaar is tydens die samestelling van die finale verslag in ag geneem; en alle kommentaar, tesame met die projekspan en applikant se antwoorde daarop, is in die finale verslag ingesluit.

    • Die Finale Omvangbepalingsverslag (FOBV) is op dieselfde plekke as die KOBV tot en met 7 Februarie 2012 vir oorsig en kommentaar beskikbaar gestel. Alle geregistreerde B&GPe is per brief (wat op 15 Januarie 2012 gepos is) in kennis gestel van die beskikbaarheid van die FOBV. Die volledige reeks moontlike omgewingsimpakte en haalbare projek-alternatiewe, asook hoe hierdie alternatiewe geïdentifiseer is, is in die FOBV uiteengesit. Ook ingesluit was die Studieplan vir die OIB waarin die voorgestelde benadering van die huidige OIB-fase uiteengesit is, tesame met die nodige spesialisstudies wat onderneem moes word;

    • Die FOBV en gepaardgaande Studieplan vir die OIB is op 13 Januarie 2012 by die DOS ingedien en op 21 Februarie 2012 aanvaar.

    • Die Konsep OIBV is op 1 Maart 2012 by die DOS ingedien. Alle skriftelike kommentaar op die Konsep OIBV FOBV is in ingesluit as ʼn bylae tot die Finale OIBV. Alle kwessies wat skriftelik aangemeld is, is in ʼn Kommentaar- en Antwoordverslag (K&AV3) opgesom, tesame met die projekspan se antwoorde daarop, en ingesluit as ‘n bylae Bylae C van die Finale OIBV. Die doel van die huidige OIB-fase is om geregistreerde B&GPe oor die Finale OIBV in te lig. Hierdie fase bestaan uit die:

    • Finalisering van die OIBV deur die insluiting van alle openbare kommentaar in ʼn Kommentaar- en Antwoordblad wat by die verslag ingesluit is;

    • Indiening van die Finale OIBV by die DOS vir besluitneming. • Beskikbaarstelling van die Finale OIBV by die munisipale kantore van die Emthanjeni PM (De

    Aar); die Openbare Biblioteke te De Aar (Stasieweg) en Philipstown (Kerkstraat); en op Aurecon se webblad (www.aurecongroup.com ; verander “Current Location” na “South Africa” en volg die “Public Participation”-skakel) vanaf 30 April 2012 tot 21 Mei 2012. Neem kennis dat kommentaar wat nou ontvang word nie beantwoord sal word nie, maar direk aan die DOS vir oorweging deurgestuur sal word.

    Nadat ʼn Omgewingsmagtiging uitgereik is sal die DOS se besluit per brief aan alle geregistreerde B&GPe oorgedra word, waarna die appeltydperk begin en enige belanghebbende party die geleentheid het om, kragtens die WNOB, by die Minister van Omgewingsake teen die besluit te appelleer.

    Projek-a lternat iewe

    Die volgende haalbare alternatiewe is vir verdere ondersoek in die Omgewingsinvloedbepalingsverslag (OIB-verslag) geïdentifiseer:

    • Alternatiewe plasings: o Een plek vir elke beoogde windenergie-aanleg;

    • Alternatiewe aktiwiteite: o Opwekking van windenergie by wyse van windturbines; en o “No-go” alternatief – geen windenergie nie.

    • Alternatiewe terreinuitlegte: o Een alternatiewe uitleg per terrein; o Vier alternatiewe substasies vir die noordelike terrein; en o Vyf alternatiewe substasies vir die suidelike terrein.

  • 5

    • Alternatiewe tegnologieë: o Turbines met ʼn toringhoogte van 65 m en blaaie wat 40 m lank is; en o Turbines met ʼn toringhoogte van 100 m en blaaie wat 60 m lank is.

    Geïdenti f iseerde impakte

    Die OIBV bevat ʼn omvattende beoordeling van die moontlike omgewingsimpakte wat die voorgestelde windenergie-aanleg tot gevolg kan hê – soos geïdentifiseer deur die OIB-span en B&GPe. Die volgende spesialisstudies is deur onderstaande deskundiges uitgevoer om meer omvattende inligting te bekom oor daardie omgewingsimpakte wat moontlik die meeste kommer wek, en waaroor daar nie genoeg inligting beskikbaar is nie, naamlik:

    • Ekologiese beoordeling: Dr. David Hoare van David Hoare Consulting; • Beoordeling van Avifauna: Dr. Doug Harebottle, private konsultant; • Bepaling van vlermuise: Mnr. Werner Marais van Animalia Zoological and Ecological

    Consultation;

    • Bepaling van impak op Erfenishulpbronne: Mnr. Jayson Orton van ACO Associates (kultuurerfenis en argeologie), en Dr. John Almond van Natura Viva (paleontologie);

    • Beoordeling van visuele impak: Mev Karen Hansen, private konsultant; • Beoordeling van geraas-impak: Mnr. Morne de Jager van M2 Environmental Connections; • Beoordeling van akwatiese ekologie: Mev Toni Belcher, private konsultant; en • Landboukundige beoordeling: Mnr. Kurt Barichievy van SiVEST.

    Die betekenisvolheid van die moontlike omgewingsimpakte (biofisies en sosio-ekonomies) wat die voorgestelde projek tot gevolg mag hê, is in Tabel 1 opgesom. Wat Tabel 1 betref is die mees betekenisvolle (hoog (-) ) impak tydens die bedryfsfase op die biofisiese en sosio-ekonomiese omgewing (sonder mitigasie) die moontlike invloed van die voorgestelde windenergie-aanleg op vlermuise, avifauna en visuele estetika. Die betekenisvolheid van die impak op vlermuise en avifauna sal met die toepassing van mitigasie-maatreëls na laag-medium (-) en medium (-) afneem. Die impak op visuele estetika bly egter dieselfde. Daar moet kennis geneem word dat opwekking van energie drie moontlike positiewe impakte teweeg kan bring, naamlik wat kragopwekking betref, wat klimaatsverandering betref, en wat die plaaslike ekonomie (werkskepping) en maatskaplike toestande betref. Hierdie impakte is laag-medium (+) betekenisvol – met en sonder mitigasiemaatreëls. Die mees betekenisvolle impakte tydens die konstruksiefase is dié wat op erfenis en argeologie betrekking het; die betekenisvolheid hiervan word vir beide die noordelike en suidelike projekte (onderskeidelik met en sonder mitigasie) as medium-hoog (-) en laag (-) geag. As gevolg van die kort tydsduur (ongeveer 18 maande) en die gelokaliseerde omvang daarvan, word daar gereken dat die oorblywende negatiewe impakte van die konstruksiefase nie ʼn beduidende impak op die omgewing sal hê nie. Die oorblywende konstruksie-impakte word, sonder mitigasiemaatreëls, as baie laag tot medium (-) beskou. Met die implementering van die aanbevole OM-program sal die betekenisvolheid van die impakte tydens die konstruksiefase waarskynlik na baie laag tot laag (-) afneem. Daar moet kennis geneem word dat daar ʼn potensiële positiewe impak op die plaaslike ekonomie (werksgeleenthede) en maatskaplike toestande sal wees, wat (met of sonder mitigasiemaatreëls) medium (+) betekenisvol is.

  • 6

    Geen Mit Met Mit Geen Mit Met Mit

    IMPAKTE TYDENS DIE BEDRYFSFASE

    1.1Impak op ekologie: Voorkeur-uitleg L-M VL-M L-M VL-M

    1.2“No-go”- alternatief L L L L

    2Impak op voëls M-H M M-H M

    3Impak op vlermuise M L-M M L-M

    4Impak op klimaatsverandering L+ L+ L+ L+

    5Visuele estetika H H H H

    6Impak op varswater L VL L VL

    7Impak op kragopwekking L+ L+ L+ L+

    8M+ M+ M+ M+

    9Impak van geraas L VL L VL

    10Impak op landbougrond VL VL VL VL

    IMPAKTE TYDENS KONSTRUKSIEFASE

    11L-M L L-M L

    12Sedimentasie en erosie M VL M VL

    13.1Impak op erfenishulpbronne: Argeologie M-H L M-H L

    13.2Paleontologie L VL L VL

    13.3Kulturele erfenis M-H L M-H L

    14Visuele estetika M L-M M L-M

    15M+ M+ M+ M+

    16Impak op vervoer L L L L

    17Geraasbesoedeling VL VL VL VL

    18L L L L

    19Impak van stof L VL L VL

    Berging van gevaarhoudende stowwe op terrein

    IMPAK

    Voorkeuruitleg: suidelike terrein

    Voorkeuruitleg: noordelike terrein

    Impak op plaaslike ekonomie (werkskepping) en maatskaplike toestande

    Impakte op flora, avifauna, fauna en vlermuise

    Impak op plaaslike ekonomie (werkskepping) en maatskaplike toestande

    Tabel 1: Opsomming van die betekenisvolheid van die moontlike impakte verbonde aan die voorgestelde ontwikkeling

    Sleutel:

    H Hoog Betekenisvol VL Baie Laag Betekenisvol

    M-H Medium tot Hoog Betekenisvol N Neutral Betekenisvol

    M Medium Betekenisvol H+ Hoog positief Betekenisvol

    L-M Laag tot Medium Betekenisvol M+ Medium positief Betekenisvol

    VL-M Baie Laag tot Medium Betekenisvol L+ Laag positief Betekenisvol

    L Laag Betekenisvol

    VL-L Baie Laag tot Laag Betekenisvol

  • 7

    Wanneer die voorgestelde projek en die “geen ontwikkeling”-alternatief met mekaar vergelyk word, is dit duidelik dat die “geen ontwikkeling”-alternatief slegs een betekenisvolle negatiewe impak (laag (-) ) op die biofisiese en sosio-ekonomiese omgewing het (botaniese impak), terwyl die impakte van die voorgestelde windenergie-aanleg (met mitigasie) op die omgewing laag tot medium (+) en laag tot hoog (-) is. As gevolg van die positiewe impakte word die negatiewe impakte van die voorgestelde projek word vanuit ʼn omgewingsoogpunt as aanvaarbaar beskou. Daar is ook gekyk na die moontlike kumulatiewe impak van die twee voorgestelde projekte, sowel as enige ander voorgestelde hernubare energie-aanlegte, waar toepaslik. Die betekenisvolheid hiervan word, sonder mitigasie, as laag tot hoog (-) en laag tot medium (+) beskou. Met die toepassing van mitigasiemaatreëls op die twee voorgestelde projekte (sowel as vir enige ander voorgestelde projekte in die gebied), sal hierdie kumulatiewe impakte afneem – en word hulle dus as aanvaarbaar beskou. Daar moet egter kennis geneem word dat die kumulatiewe impakte nie in ʼn projek-spesifieke OIB beoordeel kan word nie, veral omdat nie alle voorgestelde projekte in die omgewing goedgekeur of opgerig mag word nie. Die DOS, of soortgelyke liggaam, moet dus hierdie aspek strategies beoordeel. Wat die verskil in die betekenisvolheid van die moontlike impakte op die haalbare alternatiewe betref (alternatiewe verspreidingsmetodes, substasies en turbines ingesluit), word hulle almal as gelykwaardig beskou, en is daar dus geen betekenisvolle verskil nie. Daar word dus aanbeveel dat Mulilo sy voorkeuropsie op grond van tegniese en finansiële oorwegings bepaal.

    Gevolgtrekk ings en aanbevelings

    Die voorgestelde projek het streeksimpakte (beide biofisies en sosio-ekonomies) tot gevolg wat die gebied nadelig kan raak. Die betekenisvolheid van hierdie impakte, sonder mitigasie , word van hoë of lae (-) betekenisvolheid beskou. Die toepassing van die aanbevole mitigasiemaatreëls sal egter die betekenisvolheid van die negatiewe impakte tot ʼn minimum beperk, sodat die betekenisvolheid van alle impakte behalwe een (visueel) as medium of laer (-) geag word. Die voorgestelde projek het ook ʼn positiewe invloed op die opwekking van elektrisiteit, die plaaslike ekonomie (werkskepping), klimaatsverandering en maatskaplike toestande – die betekenisvolheid daarvan word laag (+) tot medium (+) geag. Op grond van bogenoemde is die Omgewingsbeoordelingspraktisyn van mening dat die aansoek vir die voorgestelde windenergie-aanleg en verwante infrastruktuur, insluitende alle alternatiewe, gemagtig kan word omdat die voordele die negatiewe omgewingsimpakte by verre oortref. Soos in hierdie verslag uiteengesit kan die betekenisvolheid van die negatiewe impakte met doeltreffende en toepaslike mitigasie verlaag word deur die implementering van ʼn Lewensiklus Omgewingsbestuursprogram (OB-program). Indien die aansoek goedgekeur word, moet die implementering van so ʼn OB-program as ʼn voorwaarde vir die goedkeuring gestipuleer word. Wat die alternatiewe betref (alternatiewe turbines ingesluit) is daar geen verskil in die betekenisvolheid van die alternatiewe nie. Vanuit ʼn omgewingsoogpunt is daar dus geen voorkeur vir enige alternatief nie.

    Volgende stappe

    Die Finale OIBV is voltooi na die insluiting van B&GPe se kommentaar en ʼn brief van Mulilo waarin hulle aandui watter mitigasiemaatreëls toegepas sal word, asook watter alternatiewe hulle verkies. Die Finale OIBV is beskikbaar gestel by die munisipale kantore van die Emthanjeni PM (De Aar); die Openbare Biblioteke te De Aar (Stasieweg) en Philipstown (Kerkstraat); en op Aurecon se webblad (www.aurecongroup.com ; verander “Current Location” na “South Africa” en volg die “Public Participation”-skakel. Alle geregistreerde B&GPe is per brief in kennis gestel van die beskikbaarheid van die Finale OIBV, tesame met ʼn afskrif van die Finale OIBV se Uitvoerende Opsomming. Die publiek kan tot en met 21 Mei 2012 hulle skriftelike kommentaar op die Finale OIBV by Aurecon indien. Alle kommentaar wat tydens die kommentaartydperk vir die Finale OIBV ontvang word, sal direk aan die DOS deurgestuur word. Die Finale OIBV sal dan vir oorsig en besluitneming by onderskeidelik by die Noord-Kaapse DOS&NB en die DOS ingedien word. Sodra die DOS die Finale OIBV deurgegaan het, sal hulle bepaal of die OIB-proses aan die wetlike verpligtinge voldoen het, en of daar genoeg inligting is om ʼn ingeligte besluit te kan neem. Indien alle

  • 8

    vereistes nagekom is, sal hulle besluit oor die omgewingsaanvaarbaarheid van die voorgestelde projek. Hierdie besluit sal in ʼn Omgewingsmagtiging vervat word waarin die detail van die besluit, die redes daarvoor en enige ander voorwaardes uiteengesit is. Nadat die omgewingsmagtiging uitgereik is, sal die DOS se besluit per brief aan alle geregistreerde B&GPe oorgedra word. Dit word gevolg deur ʼn appelproses waartydens en enige party die geleentheid het om, in terme van die WNOB, by die Minister van Omgewingsake teen die besluit te appelleer.

    Kantoor vir Openbare Deelname Aurecon

    Simon Clark / Louise Corbett Tel: (021) 526 6034

    Faks: (021) 526 9500

    E-pos: [email protected]

    Posbus 494 Kaapstad 8000

    Lys van Afkortings B&GP Belanghebbende en Geaffekteerde Party DOS Departement van Omgewingsake FOBV Finale Omvangbepalingsverslag Ha Hektaar Km Kilometer KOBV Konsep Omvangbepalingsverslag Kv Kilovolt MW Megawatt OB-program Omgewingsbestuursprogram OIB Omgewingsinvloedbepaling OIBV Omgewingsinvloedbepalingsverslag WNOB Wet op Nasionale Omgewingsbestuur