14
Nuusbrief Desember 2013

Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

Nuusbrief

Desember 2013

Page 2: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

Voorsitters inset

Die fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig om dit uit te leef.

Met ons fotografie-jaar agter die rug sowel as die afsluitingsfunksie kan ons almal terugkyk op ‘n baie suksesvolle jaar vir Tafklub. Ek het skaamteloos die boodskap uitgedra dat ons die beste fotografieklub in die Wes-Kaap is, en is dankbaar en trots op elkeen se bydrae wat ons tot hierdie hoogtes gedra het. Ons lede kan dus met trots verwys na hul lidmaatskap van die beste fotografieklub in die Wes-Kaap.

Ons het die jaar vol energie afgesluit. Die lede en hul gades wat die afsluitingsfunksie bygewoon het was dit eens dat dit ‘n gepaste geleentheid was waarmee die lede beloon was vir goeie foto’s en goeie bydraes deur die afgelope jaar. Johan Beyers het skoonskip gemaak met sy foto’s in die Foto van die Jaar Kategorie. Hy het ook die Fotograaf van die Jaar kategorie gewen met Coreen Bester ‘n uitstekende tweede plek en Neels Beyers ‘n goeie derde plek. Neels het ons ook mooi vertel dat hy sy jonger broer alles van fotografie geleer het – iets wat hy werklik goed gedoen het. Die Nuweling van die jaar kategorie was die wenner Juan Venter met Christo La Grange tweede en Mary-Ann Sim derde. Dit was dan ook vir my ‘n groot voorreg en eer om die Voorsitterstoekenning aan Anlie Botha toe te ken. Haar bydrae tot die klub deur die jaar is ‘n groot faktor tot ons algehele sukses. Die keuse van die restaurant het ook baie goed ingepas met ons funksie. Die kos was uitstekend! Baie dankie aan Madelief en Judie vir die hantering van die funksie en die seleksie van die spyskaart namens ons lede.

Die 4de Tafklub Salon is wat die deelnemers aan betref afgehandel. Ons is egter steeds besig met die finale administrasie en die DVDs, sertifikate en medaljes word binnekort gepos.

Van die vrae wat opgekom het is die ontstaan van die gebruik van die term ‘Salon’ vir ‘n fotografiekompetisie. Volgens bronne verwys ‘n Salon na die byeenkoms van ‘n groep mense. Met moderne tegnologie kom ons nie meer fisies bymekaar nie, maar bring wel ons belange bymekaar vir beoordeling.

Tydens die afsluitingsfunksie is ons lede dan ook beloon met toekennings vir aanvaardings, meriete sertifikate en ook twee PSSA silwer medaljes. Baie geluk aan elkeen wat ‘n toekenning ontvang het.

Vir ons is 2014 weer ‘n jaar vol nuwe uitdagings. Heelwat nuwe onderwerpe is voorgestel deur die lede en wat in die finale seleksie is. Ons het ook spesifieke onderwerpe wat gekies is om die lede aan te moedig om ‘n voorraad op te bou vir komende salonne. Die

Page 3: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

strategiese veranderinge ‘n jaar terug het reeds vir die lede en die klub baie goeie resultate gelewer en sal voortgaan om goeie resultate te lewer.

Een van die uitdagings wat ons tans in die gesig staar is om ons Sanlam ledetal op te stoot om steeds die koppeling en ondersteuning van Sanlam te verseker. Dit is egter nie ‘n onoorkombare uitdaging nie en behoort vroeg volgende jaar belyn te wees. Vir die van julle wat kontak het met Sanlammers wat lede was moet hulle asb. aanmoedig om weer aan te sluit om hul fotografie verder uit te bou.

Vir die wat oor die Kerstyd iewers gaan rus – ry asb. veilig en geniet die rus. As julle in nuwe of vreemde plekke vakansie gaan hou – gryp elke geleentheid aan vir nuwe foto’s. As jy by ou bekende plekke gaan wees – skerp op en maak die goeie foto’s nog beter.

Van ons as gesin - ‘n Geseënde Kerstyd aan elkeen van julle. Alle voorspoed toegewens vir 2014. Maak dit nog ‘n jaar vol fotografie-energie.

Groete

Niël Goslett

Page 4: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

Okkasies

TAFKLUB – JAAREINDFUNKSIE - VILLA MARIA – 3 DESEMBER 2013

Verseker elke jaar die hoogtepunt!

Villa Maria was ‘n uitstekende keuse vir die eindjaarfunksie. Daar het sommer van die begin af ‘n lekker

gesellige atmosfeer geheers tussen ons lede. Die reëlings was uitstekend en die kos was uit die boonste

rakke.

Baie geluk aan ons lede met hulle besonderse toekennings!

Nuweling van die jaar: Juan Venter

2de Christo la Grange

3de Mary-Ann Sim

Foto van die jaar: 1ste, 2de en 3de plek (wat ‘n besonderse prestasie) Johan Beyers

Fotograaf van die jaar: 1ste Johan Beyers

2de Coreen Bester

3de Neels Beyers

Die 4de Tafklub salon was baie suksesvol en het sommer baie aanvaardings en toekennings vir ons klub

besorg met 2 baie spesiale toekennings nl: Silwer medaljes vir Anlie Botha en Riaan van den Berg. Sowaar

baie besonderse prestasies (geen wonder Tafklub is die beste klub in die Weskaap nie).

Baie dankie aan Niel en sy bestuurspan vir hulle uitstekende en wonderlike bydrae tot die sukses van

Tafklub. Mag daar volgende jaar nog meer nuwe toekennings en verrassings wees.

Groete

Coreen

Page 5: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

Foto’s ook deur Corene Bester

Page 6: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

TAFKLUB SALON 2013

Die 4de TAF digitale salon het vooraf groot vrae wakker gemaak – die span wat die salon moes hanteer het nie een geweet wat dit behels nie, sommige van hulle het nog nooit eers vir ‘n salon ingeskryf nie. Maar die salon is in die bed en almal stem saam dat dit toe nie SOOO erg was nie. Baie dankie aan die span wat die salon hanteer het: Niël, Anlie, Cornelius, Madelief, Judy en Juan (AV).

So ‘n salon word aangebied grotendeels vir die geld wat dit vir die klub kan inbring, en hierdie een het sy deel gedoen. Ons het die begrote bruto inkomste so net-net oorskrei met die 2747 inskrywings, en die wins wat die klub gemaak het was ook net-net meer as wat ons voor begroot het.

Aan die fotografie kant het TAFklub baie goed gedoen in die salon met ons 2 PSSA medaljes, 8 merietes en 59 aanvaardings! Definitief die klub met die beste uitslae in die salon. (En Niël sou nou hier ingevoeg het: ons IS immers die beste klub in die Weskaap!)

Almal wat meriete sertifikate moet kry en /of dvd’s bestel het, dit sal binnekort in julle posbus wees!

Tot volgende keer...

Anlie

Klub PSSASilwer TAFmedalje Meriete Aanvaarding

Tafelberg Fotografieklub 2 8 59

Bloemfontein Kameraklub 2 5 38

Independent 8 34

AFO Photography Club 1 1 4 28

Magalies Foto Fun Club 1 3 27

Vanderbijlpark Fotografiese

Vereniging 1 2 26

Hoeveld Fotografie Klub 4 23

Laeveld Fotografiese Klub 3 21

Vir die wat wonder wat behels dit om ‘n salon aan t e bied, die proses is iets in dier voege:

Vooraf moet die kategorieë bepaal word, drie beoordelaars vir elke kategorie gekry word en die dokument met die

reëls opgestel word. Dit alles moet aan die PSSA voorgelê word vir goedkeuring.

Die inskrywings word op Photovault gedoen, min of meer soos vir ons klub kompetisies. Wanneer die inskrywings

gesluit het moet die foto’s en tellingblaaie (scoresheets) afgelaai word en bymekaar gesit word per kategorie. Daar

word vir elke beoordelaar ‘n stokkie gestuur met sy kategorie se foto’s en tellingblad. Hy het dan ‘n paar dae om

punte (uit 15) aan al die foto’s toe te ken en sy tellingblad terug te stuur per epos.

Page 7: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

Die 3 beoordelaars se punte word dan bymekaar gesit en ‘n totale punt (uit 45) aan ‘n foto toegeken. Om te bepaal

watter foto’s aanvaardings kry, word uitgewerk watter punte verteenwoordig die boonste 20 – 30 % van die totale

groep. Hieronder is die opsomming van die punte vir die Wildlife kategorie. Daar kan jy sien was 23.42% van die

foto’s wat 33 en hoër gekry het, en dit is toe besluit op as die afsnypunt vir ‘n aanvaarding. Van daardie foto’s kry die

boonste ±10% ‘n meriete sertifikaat – in hierdie geval al die foto’s met ‘n totale punt van 37 en hoër. Die manier hoe

dit bepaal word is net ‘n manier om die beste foto’s uit te soek en erkenning aan te gee. Die 5-10 foto’s met die

hoogste punte in elke kategorie word dan weer aan die beoordelaars gestuur om ‘n volgorde te kry. Dit kan nodig

wees om ‘n paar keer terug te gaan na die beoordelaars totdat ‘n wenner en naaswenner bepaal is. Die PSSA gee die

riglyne vir hierdie hele proses, en die resultate word aan hulle voorgelê vir goedkeuring.

Die resultate word per epos aan elke deelnemer gestuur, en ‘n sigblad met die merietes en aanvaardings word aan die

PSSA gestuur vir publisering op die webblad. Die medalje wenners word ook in die volgende uitgawe van Image

publiseer. Elke persoon wat ‘n medalje of meriete ontvang het, kry ‘n sertifikaat (en die medalje) in die pos.

Daar word AV’s gemaak van al die foto’s wat aanvaardings of hoër gekry het. Die AV’s saam met die uitslae word op

‘n dvd geskryf en dit word dan gepos aan die mense wat bestel het.

Data

33 37

TOTALE PUNT

Aantal

per Punt Lopende Totaal % Aanv COMs

43 1 0.15% 1 1

42 1 0.29% 1 1

41 1 0.44% 1 1

40 2 0.74% 2 2

39 2 1.03% 2 2

38 2 1.33% 2 2

37 10 2.80% 10 10

36 24 6.33% 24

35 27 10.31% 27

34 35 15.46% 35

33 54 23.42% 54

32 50 30.78%

31 78 42.27% 159 19

30 82 54.34% 23.42% 11.95%

29 70 64.65%

28 61 73.64%

27 56 81.89%

26 38 87.48%

25 41 93.52%

24 26 97.35%

23 7 98.38%

21 1 98.53%

0 10 100.00%

Grand Total 679

Page 8: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

Gedeelde nuus

Melinda Els het hierdie brokkie nuus met ons gedeel!

From: The Sunflower Fund [mailto:[email protected]]

Sent: 13 December 2013 08:57 AM

To: [email protected]

Subject: Final Winners - Photos for Hope Competition

Dear Melinda

Here are our top 3 winners and winners who’s photographs will be printed onto our weekly inspirational calendar. Thank you all for supporting this very worthy cause and submitting your wonderful photographs. Top 10 photographs can be viewed on our website by following the link: http://www.sunflowerfund.org.za/index.php/2011-10-06-10-45-21/event-publicity

CONGRATULATIONS TO OUR 3 TOP WINNERS WHO HAVE ENTER ED INTO THE SUNFLOWER FUNDS PHOTOS FOR HOPE COMPETITION IN CONJUNCTION WITH NIKON IN SOUTH AFRICA. YOU WILL EACH BE RECEIVING A NIKO N CAMERA SPONSORED BY NIKON.

First Prize goes to: Daniel Barclay who wins a D5200 + 18-140mm Nikon Camera.

Second Prize goes to: Estelle Coetzee who wins a D3100 twinkit Nikon Camera.

Third Prize goes to: Dianne Christie who wins a D3100 twinkit Nikon Camera.

Fourth Place: Ben Myburgh - Boy looking at football post

Fifth Place: Carolina Koornhof - Outstretched arms

Sixth Place: Michael Schaapherder - The sorrow of an old man

Seventh Place: Melinda Els - His and Hers

Eighth Place: Estelle Coetzee - Luca the Brave

Ninth Place: Sam Schroder - Mother, Father and Child

Tenth Place: Steve Brien - Drops on a Leaf

The seven runners up will be receiving a Certificate of Recognition from The Sunflower Fund.

Additional 42 photographs to appear in the calendar (include):

Melinda Els (Beautiful Dunes)

Riaan van den Berg (Kingfishers)

Page 9: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

Verjaarsdae

n Baie hartlike geluk aan die LAAANG lys van verjaarsdag vriende vir die maande Nov tot Jan.

Coetzee Nicoleen Nov 2

Malan Madelief Nov 4

Venter Juan Nov 10

Haylett Wayne Nov 14

Botha Anlie Nov 18

Van Jaarsveld Elke Nov 20

Visser Mariana Des 15

La Grange Christo Des 22

Laubscher Hermien Des 24

Rossouw Nico Jan 1

Stofberg Theunis Jan 7

Hugo Georgine Jan 10

Louw Eugene Jan 16

Hugo Francois Jan 17

Fouché Celia Jan 18

Atterbury Charlene Jan 20

Bester Coreen Jan 27

Mag julle volgende lewensjaar een van geluk, liefde , vreugde en vrede wees!!

Page 10: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

Tips en truuks

Bietjie agterstallige raad - onthou om die vakansie solank te begin fotos neem vir die temas vir die jaar!

Hulle is :

18 Februarie - Adrenalien/Adrenalin (Your photo must clearly depict a situation that is associated

with adrenalin, for example an extreme sport, a scary moment, etc.)

18 Maart - Scapes (Land)scape is a term that covers the depiction of scenery such as

mountains, valleys, trees, rivers, forests, sea, cities etc. Where the main subject is a

wide view with its elements arranged into a coherent composition. A horizon often

(but not necessarily) forms part of a “scape”. Scapes may be natural or man-made.

22 April - Straatfotografie/Street photography (Streetphotography capture un-posed

moments and interpret life around the photographer. The photograph must be a

true reflection of reality.)

20 Mei - Smal velddiepte/Shallow depth of field (At least some small part of the photo

needs to be in focus, while at least some part must be out of focus.)

17 Junie - Monochrome (A black and white image fitting from the very dark grey (black) to

the very clear grey (white) is a monochrome work with the various shades of grey.

A black and white work toned entirely in a single colour will remain a monochrome

work able to stand in the black and white category.)

22 Julie - Laat die lig in/Let the light in

19 Augustus - Wildlewe/Wildlife

16 September - ’n Nuwe begin/New Beginnings

21 Oktober - Magiese kleure/Magic Colours

18 November - Driehoeke/Triangles

Die ander se volledige beskrywings sal later volg.

En vir die beginners, as jou fotos nie met die eerste oogopslag lyk soos Johan of Neels Beyers of Coreen

Bester of Melinda Els sin nie, onthou van die ander lede is altyd bereid om te help met raad en praktiese

bystand oor hoe om dit na die tyd bietjie op te kikker.

Page 11: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

Oktober se kompetisie uitslae lyk soos volg:

Print vas : Moya pier

Juan Venter

Print oop : Gordonsbaai

Neels Beyers

Digitaal Vas : Droogte (Meriete)

Hannelore Seifart

Droogte is die algehele wenner!

Digitaal oop : Bear charge (Meriete)

Johan Beyers

Page 12: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

November se kompetisie wenners is:

Prints Vas : Mike the car guard

Derick Nel

Prints Ope : Harmonie

Neels Beyers

Digitaal Vas : Wit duine

Anlie Botha

Wit duine is die algehele wenner!

Digitaal Ope : Verlorenvlei

Neels Beyers

Geen meriete fotos vir November nie.

Page 13: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

Die salon uitslae vir Oktober en November is soos volg:

Nasionale salonne

Naam Aanvaardings Meriete Beoordelaars

keuse

Runner up

medalje

PSSA silwer

medalje Celia Fouché 44 5

Christo Giliomee 19 4 1 1

Christo la Grange

Deon Kotze 1

Derick Nel 3 1

Heinrich Sauer 1

Hestie das Neves 1

Izelda du Toit 2

Juan Venter 13

Luki van Niekerk 7

Manie Wessels 14 2 1

Marleen la Grange 1

Melinda Els

Neels Beyers 30 4 1

Riaan van den Berg 45 7 1

Internasionale salonne

Naam Aanvaardings Meriete Beoordelaars

keuse

Runner up

medalje

PSSA silwer

medalje Neels Beyers 1

Sterstatus vorderings

Christo (Oktober) en Marlene (November) le Grange word altwee ‘n 3-ster.

Christo Giliomee word ‘n 4-ster.

Baie geluk met julle prestasies.

Page 14: Nuusbrief Desember 2013tafklub.co.za/images/Nuusbriewe/Nuusbrief_201312.pdfDie fotografie-energie is nie net in enkele persone nie – die hele klub is vol fotografie-energie en besig

En onthou al die fotos en uitslae is ook op ons webblad beskikbaar.

“Mag jou foto’s hierdie vakansie almal in fokus wees, jou braaihout droog, die skoonfamilie gaaf, en mag daai garage-pie jou nie sooibrand gee nie. En mag jou reise in 2014 interessant wees en die pad jou veilig terugbring huis toe.”

WEG Desember

DIE EINDE