4
Nuusbrief 12 April 2019 1. Die naweek van 30 Maart 2019, het 12 van ons tweekamp atlete aan die Suid-Afrikaanse Tweekamp byeenkoms te Port Elizabeth deelgeneem. Die kompetisie was baie sterk gewees, maar ons atlete het vir geen ander atleet terug gestaan nie. Hulle het almal hulle persoonlike beste tye behaal en ons is super trots op elkeen. Uitslae was soos volg: Anné van Zyl (Dogters 9 jaar - 30ste uit 49 atlete); Alizmi van der Vyver (Dogters 9 jaar - 34ste uit 49 atlete); Anna-Mae van Zyl (Dogters 9 jaar - 36ste uit 49 atlete); Dieter Naudé (Seuns 11 jaar - 4de uit 85 atlete en mis die brons medalje met 2 punte); Christie Engelbrecht (Seuns 11 jaar - 13de uit 85 atlete maar weens ‘n tegniese fout moes hy eintlik 3de gewees het en mis hy sy silwermedalje met 1 punt); Hanru Nel (Seuns 11 jaar - 50ste uit 85 atlete); Carine Röntgen (Dogters 11 jaar - 36ste uit 90 atlete); Mia-Lize van der Vyver (Dogters 11 jaar - 56ste uit 90 atlete); Esti Mouton (Dogters 11 jaar - 59ste uit 90 atlete); Zian Naudé (Seuns 13 jaar - 20ste uit 56 atlete); André van Zyl (Seuns 13 jaar - 51ste uit 56 atlete); en Paul-Louis Röntgen (Seuns 13 jaar - 53ste uit 56 atlete). In die skole-kompetisie vaar Laerskool Olifantsvallei uitstekend en eindig ons 8ste van altesaam 20 skole. Die skole wat deelgeneem het, was Laerskool Paarl Gimnasium, Laerskool Oranje, Curro Nelspruit, Laerskool Jan van Riebeeck, Laerskool Durbanville, Mooirivier, Laerskool Messina, Laerskool Kathu, Laerskool Knysna, Laerskool Plettenbergbaai, Laerskool Witrivier, Laerskool Sunridge, Laerskool Kroonheuwel, Grey Kollege, Laer Meisieskool Paarl, Kenridge, Curro Langebaan, Welgemoed en Laerskool Bultfontein. ’n Opregte woord van dank aan die afrigters me Suzette van der Westhuizen en Petronel le Roux Burger vir al die ure se opofferings en moeite. Dankie aan elke ouer wat hulle kind/ers, die tweekamp en die skool so mooi ondersteun en baie dankie aan elke tweekamp-atleet wat toegewyd en passievol elke oefening en elke byeenkoms bygewoon het en hul bes gegee het. Dankie dat julle ons leer van uithouvermoë, uitstekende selfdissipline en goeie sportmangees! 2. Laerskool Olifantsvallei se Sportdag was ’n groot sukses en ons wil graag die volgende persone bedank: Elke leerder van LSO wat goeie sportmangees geopenbaar het; Elke ouer, oupa, ouma en vriende van ons skool vir hul ondersteuning; Die OOV-ouers, onder leiding van Hanli van Zyl en Tania van der Merwe; Die ouers wat by die Snoepie behulpsaam was; Die ouers wat ’n finansiële bydrae gemaak het sodat ons werkers kon betaal om te help in die Snoepie. Ons borge vir die geskenkpakke van al die afrigters - mnre. Erasmus van Zyl (wyne) en Jan Coetzer (lemoene). Baie geluk aan die volgende spanne met hul oorwinnings: Netbal - O/8A teen Piketberg (13 1), teen Vredenburg (13 0) en teen Calvinia (5 1); O/8B teen Vredendal (4 0); O/9A teen Vredenburg (8 1); O/9B teen Vredenburg se O/8A-span (5 - 1); O/10A teen Vredendal (9 8), teen Vredenburg (7 2) en teen Piketberg (8 1); O/11A teen Lutzville (6 4), teen Vredendal (9 5) en teen Calvinia (5 2);

Nuusbrief 12 April 2019 - Laerskool Olifantsvallei · 2019. 4. 18. · Nuusbrief 12 April 2019 1. Die naweek van 30 Maart 2019, het 12 van ons tweekamp atlete aan die Suid-Afrikaanse

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Nuusbrief 12 April 2019

    1. Die naweek van 30 Maart 2019, het 12 van ons tweekamp atlete aan die Suid-Afrikaanse Tweekamp byeenkoms te Port Elizabeth deelgeneem. Die kompetisie was baie sterk gewees, maar ons atlete het vir geen ander atleet terug gestaan nie. Hulle het almal hulle persoonlike beste tye behaal en ons is super trots op elkeen.

    Uitslae was soos volg: Anné van Zyl (Dogters 9 jaar - 30ste uit 49 atlete); Alizmi van der Vyver (Dogters 9 jaar - 34ste uit 49 atlete); Anna-Mae van Zyl (Dogters 9 jaar - 36ste uit 49 atlete); Dieter Naudé (Seuns 11 jaar - 4de uit 85 atlete en mis die brons medalje met 2 punte); Christie Engelbrecht (Seuns 11 jaar - 13de uit 85 atlete maar weens ‘n tegniese fout moes hy eintlik 3de gewees het en mis hy sy silwermedalje met 1 punt); Hanru Nel (Seuns 11 jaar - 50ste uit 85 atlete); Carine Röntgen (Dogters 11 jaar - 36ste uit 90 atlete); Mia-Lize van der Vyver (Dogters 11 jaar - 56ste uit 90 atlete); Esti Mouton (Dogters 11 jaar - 59ste uit 90 atlete); Zian Naudé (Seuns 13 jaar - 20ste uit 56 atlete); André van Zyl (Seuns 13 jaar - 51ste uit 56 atlete); en Paul-Louis Röntgen (Seuns 13 jaar - 53ste uit 56 atlete).

    In die skole-kompetisie vaar Laerskool Olifantsvallei uitstekend en eindig ons 8ste van altesaam 20 skole. Die skole wat deelgeneem het, was Laerskool Paarl Gimnasium, Laerskool Oranje, Curro Nelspruit, Laerskool Jan van Riebeeck, Laerskool Durbanville, Mooirivier, Laerskool Messina, Laerskool Kathu, Laerskool Knysna, Laerskool Plettenbergbaai, Laerskool Witrivier, Laerskool Sunridge, Laerskool Kroonheuwel, Grey Kollege, Laer Meisieskool Paarl, Kenridge, Curro Langebaan, Welgemoed en Laerskool Bultfontein.

    ’n Opregte woord van dank aan die afrigters me Suzette van der Westhuizen en Petronel le Roux Burger vir al die ure se opofferings en moeite. Dankie aan elke ouer wat hulle kind/ers, die tweekamp en die skool so mooi ondersteun en baie dankie aan elke tweekamp-atleet wat toegewyd en passievol elke oefening en elke byeenkoms bygewoon het en hul bes gegee het. Dankie dat julle ons leer van uithouvermoë, uitstekende selfdissipline en goeie sportmangees!

    2. Laerskool Olifantsvallei se Sportdag was ’n groot sukses en ons wil graag die volgende persone

    bedank:

    Elke leerder van LSO wat goeie sportmangees geopenbaar het;

    Elke ouer, oupa, ouma en vriende van ons skool vir hul ondersteuning;

    Die OOV-ouers, onder leiding van Hanli van Zyl en Tania van der Merwe;

    Die ouers wat by die Snoepie behulpsaam was;

    Die ouers wat ’n finansiële bydrae gemaak het sodat ons werkers kon betaal om te help in die Snoepie.

    Ons borge vir die geskenkpakke van al die afrigters - mnre. Erasmus van Zyl (wyne) en Jan Coetzer (lemoene).

    Baie geluk aan die volgende spanne met hul oorwinnings: Netbal - O/8A teen Piketberg (13 – 1), teen Vredenburg (13 – 0) en teen Calvinia (5 – 1); O/8B teen Vredendal (4 – 0); O/9A teen Vredenburg (8 – 1); O/9B teen Vredenburg se O/8A-span (5 - 1); O/10A teen Vredendal (9 – 8), teen Vredenburg (7 – 2) en teen Piketberg (8 – 1); O/11A teen Lutzville (6 – 4), teen Vredendal (9 – 5) en teen Calvinia (5 – 2);

  • O/11B teen Piketberg O/10A (2 – 0); O/12A teen Calvinia (6 – 5); en O/13 teen Calvinia (8 – 6). Rugby - O/7 teen Calvinia A (20 – 5), teen Calvinia B (25 – 0) en teen Vredendal A (15 – 5); O/8 teen Vredenburg (gelykop) en teen Vredendal (20 – 10); O/9 teen Piketberg (10 – 5); O/11 teen Calvinia (14 – 7); en O/13 teen Vredenburg (24 – 12), teen Calvinia (14 – 7) en teen Wolseley (24 – 7).

    3. Op Maandag, 8 April 2019, het ons O/13-rugbyspan, tuis kragte teen Jan Cilliers gemeet. Hierdie

    span het die Goue Leeus Laerskole Premierliga in Gauteng gewen. Ons manne het glad nie vir hulle teruggestaan nie en ons stap weg met ’n oorwinning van 24 - 19. Baie geluk! Ons is regtig trots op ons O/13-span.

    4. Baie geluk aan Gelermoré Baron en Preston van Rooy wat aan die Platteland rugbyproewe

    deelgeneem het en wat deur is na die Wes-Boland rugbyproewe, wat op 3 en 4 Mei 2019 plaasvind. 5. Op Maandag, 1 April 2019, het van ons tennisspelers aan die eerste ronde van die Weskus-proewe,

    deelgeneem. Ons spelers het baie goed gevaar en sal aan die volgende proewe op Maandag, 10 Junie 2019, deelneem. Neem asseblief kennis dat die Wilson-toernooi te Ceres plaasvind en dat inskrywings op 22 April 2019, sluit. Tennis-oefeninge vir ons eerste en tweede tennisspanne vind op Woensdae vanaf 16h30 tot 17h30 plaas.

    6. Baie sterkte aan Jodan Januarie en Carine Röntgen wat op Woensdag, 17 April 2019, aan die eerste ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie te Laerskool Brackenfell, gaan deelneem. Ons is baie trots op hierdie twee leerders wat hard oefen aan lang toesprake. Hou ons skool se naam hoog!

    7. Ons jaarlikse Eisteddfod vind op Vrydag, 26 April 2019, plaas. Die leerders en hul onderwysers is

    besig om hulself gereed te maak daarvoor. Ons wil graag vroegtydig vra dat so veel as moontlik ouers asseblief by ons Snoepie behulpsaam sal wees, aangesien dit die heeldag oop gaan wees.

    8. Baie welkom aan ons proefstudente: Erica van Molendorf, Zandte Tities, Marsé Calitz, Melissa Dry

    en Marlize Fransman. Ons hoop hulle geniet die onderwysondervinding. 9. Dit is vir ons ’n voorreg om aan u LSO se Top 5-leerders van Graad 4 – 7, voor te stel:

    Graad 4 –

    Agter (v.l.n.r.):

    Dieter Naudé,

    Carine Röntgen en

    Charl Marais

    Voor (v.l.n.r.):

    Carli van der Merwe

    en Liani Nieuwoudt

  • Graad 5 –

    Agter (v.l.n.r.): Zabonique

    Andrews, Milla van Niekerk

    en Mienke Ellis

    Voor (v.l.n.r.): Hanru Nel en

    Anneri Smit

    Graad 6 –

    Agter (v.l.n.r.): Christie

    Engelbrecht, Paul-Louis

    Röntgen en Mariska Naudé

    Voor (v.l.n.r.):

    Grayleigh Syster

    en Gilberto Nqubelani

    Graad 7 –

    Agter (v.l.n.r.):Christiaan

    Coetzer en Zian Naudé

    Afwesig: Nica Boersma

    Voor (v.l.n.r.):

    Janno Nieuwoudt, André

    van Zyl en De Wet Herbst

  • 10. Die Finbond Kunssentrum vir die Jeug in Clanwilliam loods weer vanjaar ’n kompetisie vir alle leerders van die Kring 4. Elke kategorie is spesifiek ontwerp vir 'n spesifieke ouderdomsgroep. Kategorie A: Leerders in Graad 8 tot 12 / Kategorie B: Leerders in Graad 4 tot 7 / Kategorie C: Leerders in Graad 1 tot 3. Enige medium kan gebruik word en dit moet op A3-grootte papier gedoen word. In ooreenstemming met die viering van 'n verjaarsdag, sal die tema een van feestelikheid en vrolikheid wees wat op baie verskillende maniere uitgedruk kan word. Die idee is dat leerders hul verbeelding vrye teuels moet gee oor hoe hulle hierdie groot geleentheid wil vier en dit dan visueel uitbeeld. Dit kan 'n groot fees, 'n straat karnaval met vlotte, groepe soos die Kaapse Klopse of narre wat optree, wees. Koeke, ballonne, kostuums en nog baie meer kan uitgebeeld word. Die belangrikste is dat dit kuns is wat pure blydskap en geluk uitdruk. Die sluitingsdatum het geskuif na 23 April 2019 sodat leerders gedurende Paasnaweek tyd het om kunswerke klaar te maak.

    11. Enige leerder is welkom om in te skryf vir die Wes-Boland Eisteddfod. Neem asseblief kennis dat inskrywings op Donderdag, 18 April 2019, sluit. Die vorms is by mev. Elzette Hamman beskikbaar.

    12. Ons is baie trots op drie van ons drama-klub leerders - Nica Boersma, Cayron Oerson en Mariska Naudé wat gekies is om aan die Wupperthal: Healing and Rebuilding Easter Benefit –konsert, deel te neem. Dit vind op Saterdag, 20 April 2019, te Augsburg Landbougimnasium se sportgronde plaas.

    13. Ons skakel geleidelik oor na wintersdrag en op Maandag, 29 April 2019, moet alle leerders egter in die volledige wintersdrag geklee wees. Ons ondervind egter steeds probleme met klere wat nie gemerk is nie. Neem asseblief kennis dat, indien verlore klere nie duidelik gemerk is nie, dit in die klerebank geplaas sal word waar dit teruggekoop kan word. U samewerking in verband hiermee sal waardeer word.

    SEUNS-SKOOLDRAG DOGTERS-SKOOLDRAG

    Wit kraaghemp (langmou) / Navy Sweetpak- baadjie/ Grys langbroek / Navy langmou trui of moulose trui en swart skoolskoene met grys sokkies.

    Wit kraaghemp (langmou) / Navy Sweetpak- baadjie / Grys langbroek / Navy rompie / Navy langmou trui of moulose trui / Swart skoolskoene met swart kouse.

    14. ‘n Opregte woord van dank aan me. Martha Geldenhuys van die Ebenhaeser Kinderbediening wat die afgelope week tyd aan ons leerders afgestaan het. Ons ondervind dat ons leerders ‘n groot behoefte hieraan het en glo dat haar tydjie hier by ons ewigheidswaarde sal hê.

    15. Neem asseblief kennis dat die skool op die volgende dae gesluit sal wees: Vrydag – 19 April 2019 (Goeie Vrydag) / Maandag – 22 April 2019 (Gesinsdag) / Woensdag – 1 Mei 2019 (Werkersdag) / 8 Mei 2019 (Stemdag).

    Vriendelike groete

    ............................. J. HAMMAN SKOOLHOOF