21
1 TEENSPANNING MAGALIES AMATEUR RADIO KLUB November & Desember 2015

TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

1

TEENSPANNING MAGALIES AMATEUR RADIO KLUB

November & Desember

2015

Page 2: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

2

VOORSITTER : Thys Maree, ZS6MJM, 0825656087, [email protected]

ONDERVOORSITTER : Pieter Myburg, ZS6PAM, 0761407562, [email protected]

SEKRETARESSE : Irene Myburg, 0845440618, [email protected]

TESOURIER : Pieter Myburg, ZS6PAM, 0761407562, [email protected]

WEBMEESTER : Thys Maree, ZS6MJM, 082 565 6087. [email protected].

TEGNIESE KOÕRDINEERDER : Sam van Zyl, ZS6JZ, 082 447 2081. [email protected].

SOSIALE KOORDINEERDE : Pieter Fourie ,ZS6CN, 082 573 7045, [email protected]

BULLETIN KOÕRDINEERDER : Chris van Eden, ZS6CVE, 0828805265, [email protected]

REDAKTEUR : Pieter van der Walt ,ZS6BVT, 082 374 4374. [email protected].

ADDISIONELE LID : Andre Ferreira ,ZS6ANF, 082 418 9863 [email protected]

ADDISIONELE LID : Emile Venter ,ZS6V, 082 444 3004, [email protected]

KOMITEE :

Page 3: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

3

INDEKS

4 KLUBSAKE

5 LEWE IN OORVLOED

6 BELANGRIKE DATUM

7 AJV

8 6 METER HERHALER

13 VERSTERKER

16 GROND VSN STASIE

17 KLASIE EN OOM FANIE

20 FUDGE

Page 4: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

4

ROEPSEIN : ZS6MRK.

HERHALERS : 145.750MHz, 52.750MHz, 438.750MHz en 438.575MHz.

POSBUS : 13653, PRETORIA, 0135.

BANK : ABSA, TJEK REK. 060016020, TAK 335045.

WEBBLAD : http://zs6mrk.org.

E-POS : [email protected].

BULLETINS : SONDAE: 11:15 145.740 MHZ FM, 14.250 MHZ USB

7.063 MHZ LSB, ECHOLINK VIA ZS6FCS

WOENSDAE: 19:30 145.750 MHZ FM, 3.640 MHZ LSB

Bestel u nuwe klubhemp nou!

U kan ons nuwe klubhemp, nou by Louw, ZS6LME bestel. Die koste

beloop R200 per hemp. Die gewone groottes is beskibaar. Betaal u geld

in by MRK se bankrekening (soos onderaan die bladsy getoon) en gee

duidelik u naam, roepsein en grootte van die hemp. Stuur ook 'n epos na

[email protected] . Voorbeeld: Sou Louw 'n hemp bestel sal hy dit

soos volg toon op die betaling: "Louw ZS6LME 5XL". Myself, Thys, se

bestelling sal soos volg lyk: "Thys ZS6MJM Spring gou - die eerste klom-

pie is alreeds afgelewer.

Herhalertoon (CTCSS) Op 1 Desember 2012 is die 88,5Hz subtoon op die herhaler aangeskakel. Die toonbordjies verkoop soos soetkoek. Sou u die bordjie benodig doen

die betaling by ons bankrekening (hieronder) met roepsein en "toonbordjie" as verwysing en stuur 'n epos na ons e-posadres,

[email protected]. Vir klublede is die prys R50; vir nie-klublede is die prys R150 vir gemonteerde bordjies. Posgeld is R20 sou die bordjies per

pos versend moet word.

Page 5: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

5

Lewe in oorvloed

“Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” - Johannes 10:10.

Jare gelede het die dorp Carolina in die destydse Oos-Transvaal twee bronne van vars water gehad waarop die inwoners kon staatmaak. Die een was Boesmanspruit en die ander 'n fontein, naby die ou pastorie. Soms het dit gebeur dat die spruit se water baie min geword het, sodat die inwoners hul waterverbruik moes inkort. Maar die fontein het egter nooit opgedroog nie; dit vloei ewe sterk uit die rots, winter of somer.

Die spruit het water, maar die fontein het oorvloedige en standhoudende water.

Daar is kinders van die Here wat die inwonende Gees ondervind soos 'n sukkelende stroompie, wat hulle nie kan deurhelp in tye van krisis nie. Ander weer bewys dat hulle 'n fontein in hulle binneste het wat opspring tot in die ewige lewe (Joh 4 :14). Hulle het oorvloedige lewe. Hulle is vervul met die Heilige Gees. Dit kom nie net tot uiting in hul eie lewe nie, maar hul seën vloei oor na die hongerige en dorstige lewens rondom hulle.

Wanneer die krisisse en verdriet hulle tref, beroof dit hulle nie van hul rus en vrede nie. As die dae donker word, groei hul kinderlike vertroue in hulle Here nog steeds. Wanneer die striemende slae van swaarkry op hul val, is hul soos 'n oliebron wat nog meer olie oplewer omdat die rotslae deur die dinamiet geskud word. So word hulle getuienis ook sterker en ryker.

'n Nimmereindigende stroom van gebed vloei uit hul hart. Lof spring as vanself op van hul lippe, soos die lied van die lewerikie wat die hoogtes opstyg. Vreugde is 'n tweede natuur; vertroue 'n natuurlike uitvloeisel en onselfsugtige diens 'n ongedwonge voorreg.

Hoe lyk ons lewens as kinders van God? Is dit soos 'n windpomp wat vasgeketting is en ondanks die rukwind net kla en kreun, maar geen water oplewer nie? Of is dit soos 'n standhoudende bron met oorvloedige lewegewende water?

Daarvoor het die Here Jesus gekom, sê Hy self, dat ons in Sy rykdomme mag deel; dat ons die Gees in Sy volheid mag geniet.

Page 6: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

6

Die naweek van 21 November gaan ons weer lekker by Kleinfontein

Vergader, die mense wat toegerus is vir kamp kan heerlik kom

saam kamp. Dit is regtig ʼn baie lekker kamp, met baie lekker skoon

geriewe. Ons gaan ook die naweek sommer verskeie projekte

aanpak om die kamp vir kompetisies voor te berei. Kleinfontein is

aangewys as ons offisiële kompetisie terrein en ons wil die terrein

sodanig met die goedkeuring van Kleinfontein se bestuur inrig

sodat ons met min moeite kan gaan kompetisie werk.

Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker

Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek.

Hierdie is die laaste keer wat ons saam gaan kuier in 2015 en dit sal

lekker wees om almal daar te sien sodat ons mekaar behoorlik kan

groet tot volgende jaar.

Al die besonderhede sal op ons bulletin wees.

Sien julle by Kleinfontein

Page 7: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

7

Ons AJV vir 2015 is by Das Hause in Pretoria op 12 September 2015 gehou.

Dit was ʼn baie lekker spoggerige geleentheid en ons het baie lekker

gekuier en geëet tot laat in die aand.

Kobus zs6kob het oudergewoonte gehelp met die verkies van die nuwe

komitee wat baie vlot verloop het. Daar is ook trofees en sertifikate aan ʼn

paar wenners oorhandig vir hul harde werk die afgelope jaar. Baie dankie

aan die ou komitee vir jul harde werk die afgelope jaar en baie geluk aan

die nuut verkose komitee en sterkte vir die jaar wat voorlê.

Page 8: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

8

DIE TNT/MRK 6m HERHALER Pieter van Wyk, ZS6PVW, met hulp deur George, ZS6NE. Ek ken ongelukkig nie al die geskiedenis van die 6m herhaler nie maar hier volg wat ek uit my geheue kan opdiep.

Ek weet dat wyle Ams, ZS6YV, ’n PYE herhaler omgebou het vanaf 70 MHz na 6m toe en volgens Johan, ZS6JPL, het George ook op 'n stadium aan die herhaler gewerk. Sover ek kan onthou, is dit 'n PYE T-100 sender en R-18 FM-ontvanger.

Datums kan ek nie presies onthou nie, maar ek dink dit was 1993/1994 wat ek betrokke geraak het met Gys Rietveld, ZS6GYS, en ons het in daardie tyd die herhaler in werking gestel by Kameeldrift Wes. Ons het die herhaler op 2 antennas gehad, die ontvangs antenna was ‘n endgevoerde halfgolf op die ou herhalerhuisie, en die send antenna was ‘n gemodifiseerde 5/8 ZS Electroniques 66-88 MHz antenna wat deur wyle Egbert, ZS6AZG, omskep is in ‘n 5/8 vir 6m. Die herhaler se sender het klaarblyklik die ontvanger beïnvloed en Gys het ‘n plaat tussen hulle geplaas, wat bietjie gehelp het. Ons het by die destydse Tak Verwoerdburg twee filters te lene gekry. Hierdie filters was in vierkantige geut afvoerpype ingebou. Dit het darem die “desencing” probleem in ‘n mate opgelos. Gert Coetzee, ZR6AAB, nou ZS6GSC, het aan die destydse TNT ‘n stel helikse filters of kanne geskenk, wat hy by ‘n skrootwerf bekom het. Hierdie helikse filters was deur die destydse Spoorwegpolisie gebruik. Frans Durand, ZS6FDR nou ZS4FD, het die kanne aangepas sodat dit op die 6m herhaler se frekwensie kan werk. Daar is 4 kanne vir ontvangs en 4 vir uitsending. Dit is te Kameeldrift-Wes geïnstalleer, en van toe af werk die herhaler op slegs een antenna, die 5/8 vertikaal. Die herhaler het goed gewerk en ons het wyd en syd gunstige rapporte gekry. Die eerste amateurs wat kontak op die 6m herhaler gemaak het was wyle Willie, ZR6ARF (later ZS6WO), Pieter, ZS6PVW en Gys, ZS6GYS. Mettertyd het meer amateurs bygekom en saamgespeel. Onder andere George, ZS6NE, wyle Jody, ZS6BLW, wyle Marius, ZR6YY, wyle Egbert, ZS6AZG, Malcolm, ZR6MDK, nou ZS4SM, Pieter, ZR6PTR en Johan ZR6ANF nou ZS6JPL. Die eerste kontakte deur Pieter, ZS6PVW, en Willie, ZR6ARF, was eintlik maar primitief. Alhoewel Willie ‘n Yaesu FT-690R en Gys ‘n Icom IC-726 gehad het, het die eerste kontakte geskied deur met C-42 ex-militêre send-ontvangers uit te saai na die herhaler toe, en dan met B-47 ex-militêre send-ontvangers te ontvang aangesien die herhaler se “Split” 1,6 MHz was, en die ex-militêre radio's nie fasiliteite gehad het om “split” frekwensies te kon doen nie. Die 6m herhaler kon dieper penetreer in kolle waar die 2m herhaler “dooie kolle” gehad het, soos byvoorbeeld in Staatsartillerieweg verby die Technikon na DF Malan rylaan toe, tot by PPC sementfabriek, asook Christina De Witrylaan daar by Fonteinedal verby.

Page 9: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

9

Op ‘n stadium is die herhaler afgeskakel, vir watter rede en op watter datum dit geskied het, kan ek nie onthou nie. Ek kon wel 'n pakket radio berig opspoor waarin ek die wêreld se 6m entoesiaste in kennis gestel het dat die 6m herhaler weer "QRV after a few years of being out of order". Die beriggie wat sê dat die herhaler weer aangeskakel is nadat vir geruime afgeskakel was, is gedateer die 14de Februarie 2001. Ek dink dit was omtrent die tyd toe Frans ZS6FDR vir ons die kanne gebring het wat hy gemodifiseer het vir die klub, en dat nadat dit geïnstalleer was, die herhaler weer aangeskakel is. Op Maandag die 16de April 2001 om 15:00 UTC, tydens ‘n TEP-opening, was daar 'n QSO gevoer deur Malcolm, ZR6MDK, met Marzio, I5MXX. Marzio het vanaf Italië CQ op die 6m herhaler geroep. Oukêrel Malcolm het eers gedink dat dit iemand is wat gekskeer, maar hy het toe 'n vinnige QSO met Marzio gevoer, voordat die band weer toegemaak en Marzio se sein weer in die niet verdwyn het. Ongelukkig was ons pret gedoem op ‘n stadium. Die SAUK/Sentech het ‘n radiostasie by hul sender, op ‘n frekwensie van 92,4 MHz bygevoeg. Ons het agtergekom sodra ons op die 6m herhaler praat, dan word die 2m herhaler geaktiveer om uit te saai. Na toetse en eksperimente is daar vasgestel dat 52,750 MHz, wat die 6m herhaler se uitsetfrekwensie is, plus 92,4 gelyk is aan 145,150 MHz, wat die 2m herhaler se insetfrekwensie is. Die eksterne mengproduk het die steurings veroorsaak. Op die 31ste Mei 2001 word die herhaler vir ‘n onbepaalde tyd afgeskakel. (Ek wonder of die hedendaagse 88,5 Hz sub hoorbare toon dalk die probleem destyds sou oplos?)

Nadat die herhaler afgeskakel is, was die 5/8 antenna verwyder deur Weon ZS6LKF om voorsiening te maak vir ‘n skelm toets met ‘n geskenkte 4-stapel dipool (Danny ZS6AW) vir die 2m herhaler. (‘n Stoere voorsitter wou niks weet dat die 4-stapel dipool wat deur Gys aan die kant van die hoof toring geplaas was, geskuif moet word nie). Pieter ZS6PVW hou ‘n wakende ogie van onder af. Johan, ZR6ANF nou ZS6JPL, wat ‘n staanplek beskikbaar gehad het by ‘n TPA herhalerperseel, waar die destydse Wachthuis Reserwe Radio se 2m herhaler en TNT se 70cm herhaler was, het aangebied om die 6m herhaler daar te huisves. Hierdie herhalerperseel is geleë te Waverleykop, bokant die klipgroef op die Magaliesbergreeks.

Page 10: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

10

‘n Nuuskierige spioenasie span, bestaande uit George, ZS6NE, Johan, ZS6JPL, Sam, ZR6SVZ nou ZS6JZ, Pieter, ZS6PVW, Marius, ZR6YY en AJ (roepsein onbekend) het die perseel gaan inspekteer.

George ZS6NE en die res van die span bekyk en bevoel die plek om te sien of dit reg sal wees om die herhaler hier te kan huisves. Op die 9de Augustus 2001 is die herhaler na Waverleykop verskuif. Hierdie werkspan het bestaan uit Johan, ZS6JPL, Pieter, ZS6PVW, Weon, ZS6LKF, Paul, ZR6NC nou ZS6PR, Frits, ZS6ASF, Jannie, ZR6PHD, wyle Marius, ZR6YY, wyle Jan, ZR6BKL, wyle Johan, ZR6AAC en sy seun Zander. Johan, ZS6JPL, en Weon, ZS6LKF, het die mas geklim om die antenna te monteer. Die antenna was ‘n vertikale halfgolfdipool wat deur Pieter, ZS6PVW, vervaardig en op ‘n hoogte van 20m teen die mas op gemonteer is.

Johan ZS6JPL, Marius ZR6YY, Pieter ZS6PVW en Jan ZR6BKL in ernstige bespreking oor wie wat en hoe moet doen te Kameeldrift Wes tydens die herhaler verskuiwing. Op die foto regs is Johan ZS6JPL besig om die mas uit te klim te Waverleykop om die 6m dipool antenna te monteer.

Johan ZS6JPL en Weon ZS6LKF besig om die dipool te monteer. Op die foto regs is die “kanne” en die herhaler soos dit reeds geplaas was in die herhaler vertrek/kamer.

Page 11: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

11

As gevolg van politieke woelinge in die komitee en klub, het die komitee van die dag daarop aangedring dat die herhaler verwyder moes word van die perseel, aangesien Johan, ZS6JPL, bedank het as klublid en die voorsitter homself nie kon vereenselwig daarmee dat ‘n nie-klublid ‘n herhaler kan huisves nie. Van hier was die herhaler vir ‘n tydperk by Pieter, ZS6PVW, se QTH in Danville in Pretoria-Wes. Die 438,750 MHz herhaler was ook vir ‘n toets tydperk by Pieter se huis, aangesien daar steurings ondervind was te Kameeldrift-Wes en die 438.575 MHz herhaler daar geaktiveer was. Dit was ongeveer einde 2003 begin 2004. Weereens het politieke woelinge veroorsaak dat Pieter, ZS6PVW, uit die komitee en klub bedank het, en die herhaler is toe geskuif na Japie, ZR6JN, se QTH te 22ste laan in Waverley.

Die 70cm herhaler in Lizette ZS6LZT se kamer en gekoppel aan ‘n tuisgeboude ZS6PVW 4-stapel dipool antenna.

Die “kanne” en 6m herhaler in Pieter ZS6PVW se motorhuis gekoppel aan ‘n 5/8 antenna.

Gedurende Augustus 2005 nadat ‘n nuwe komitee tydens die AJV verkies is, is daar besluit om die 6m herhaler na Waverleykop terug te skuif, asook om die 70cm herhaler op 438,750 MHz ook daar by te voeg. Op die 6de Augustus is die herhaler na Waverleykop teruggeskuif. Die werkspan het bestaan uit Johan, ZS6JPL, Pieter, ZS6PVW, Japie, ZR6JN, Marco, ZR6JMN, Jaco, ZR6JLL, Pine, ZS6OB, en Craig, ZS6RH. Marco en Craig was die masklimmers en het die antenna op 30m opgesit, inplaasvan van 20m soos die vorige keer.

Page 12: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

12

Pine ZS6OB, Craig ZS6RH, Marco ZR6JMN, Jaco ZR6JLL en Pieter ZS6PVW bespreek eers die werking van die 6m dipool voordat dit opgesit word. Op die foto regs is die 70cm dipool vir die 438.750 MHz herhaler.

Craig ZS6RH en Marco ZR6JMN op die mas om die antenna te monteer. Foto regs, die werkspan van die dag. Pieter ZS6PVW, Marco ZR6JMN, Johan ZS6JPL, Jaco ZR6JLL, Japie ZR6JN en hurkende Craig ZS6RH met junior. TPA het vir Johan ZS6JPL in kennis gestel dat die mas waarop die 6m antenna is, gesloop sou word a.g.v. verswakking veroorsaak deur roes en dat die antenna verskuif moet word. Op die 6de Januarie 2007 is dit gedoen, die werkspan het bestaan uit Johan ZS6JPL, Pieter ZS6PVW, Magda ZS6MVW, Lizette ZS6LZT en Suzette ZS6SZT. Beide die 6m en 70cm dipoolantennas is toe verskuif na die toring wat feitlik teen die herhalerhuis geleë is.

Johan ZS6JPL teen die toring om die antenna te monteer ná dit verwyder is vanaf die ou mas. Op die foto regs die 6m dipool en klein, maar tog sigbaar bietjie hoër op, die 70cm dipool.

Gedurende 2009 is die 6m dipool vervang deur ‘n gevoude dipool van RFI en die 70cm dipool met ‘n 2-stapel dipool, ook van RFI. Die herhaler is steeds funksioneel, en ons sou graag meer aktiwiteit op die herhaler wil hoor. Onthou, dit is steeds die enigste, volwaardige werkende 6m

Page 13: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

13

Adding a linear amplifier? Think Twice! How much will it increase your signal?

Will adding a linear amplifier to my ham station make my signal "louder"?

How is this related to the S meter reading on the other guys radio?

In order to understand how much difference and amplifier (linear), as used in amateur

radio, would make if added to your transmitter on the air, we have to understand what a "dB" is and how they change S meter readings.

------------------------

The decibel (dB)

First a couple of definitions of "dB":

Simple definition:A dB is unit used to measure the power of a signal, such as an

electrical signal or sound, relative to some reference level. An increase of ten decibels in the power of a signal is equivalent to increasing its power by a factor of ten. As a measure of sound intensity, a zero-decibel (0 dB), reference is considered to be the lowest level audible to the human ear; the speaking voice of most people ranges from 45 to 75 decibels. Another good definition:dB....A term representing the ratio of two quantities.

For our purposes of this article, one ratio being the sound level that is measured and the other ratio being a reference sound level corresponding approximately to the faintest sounds detectable by the human ear. The greater the sound level measured in dB, the louder is the sound. Generally, a change of 2dB is just perceptible, 5dB is clearly heard and audible, and 10dB "appears" twice as loud. All based on good hearing of the human ear. The reverse is also true with the above numbers. A 10dB change lower in power would be 1/2 as "loud" as it was before the change was made. But....it is difficult for the human ear to tell just how loud "twice as loud" is...you do notice a change, but just how much change....how can your ears "measure" that change...it is a relative value based on your hearing.

Page 14: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

14

Example: You are wanting to add a 500 watt linear to your 100 watt radio. How much "dB" difference will that make? Place 100 in the first "Before" window. Then place 500 in the second window...click Calculate = 6.98070 dB difference, (almost 7dB), or a little over 1 S unit. The "QRP" Example: Place 5 in the upper Before window, then place 500 in the lower After window. Click "Calculate' for your answer! 20 dB.....now thats a huge increase from your tiny signal and when using about 6dB per S unit on the other guy's S meter...thats about 3 S units on his S meter plus "some pocket change left over"! Now let's go "illegal" for a moment with another example!

Let us assume that your running a kilowatt all the time and still not getting the signal reports that you want. You decide to shell out those really big bucks for a 5 kilowatt linear added to your 100 watt radio! By using the calculator above, you will find that the change in db "power" will be only 6.98 dB difference.....now was all that money worth getting slammed by the FCC for just another 1 S unit on the other guy who may not have a calibrated S meter....maybe for you, but not for me!

Summary

In many cases, with poor band conditions, high noise levels and heavy interference, etc, and if your signal is just above the noise level at say S 3 as an example, then by adding another 10 db to what you are already using (100 watts) you would gain just a little over 1 1/2 S units and be "heard" (seen on the S meter), at about S4 to 5 or said another way.....a little above the noise level if all the variables involved did not change. Your signal will be stronger on the S meter but you may or may not be "heard" better than before! The signal level above the noise level is what counts. If your signal is still down in the other guy's noise level, you still can't be heard. Good "copy" of your signal depends on the communications quality (clarity of your voice audio) and whether or not it punches through the noise and overrides it.

If your audio in the other guy's receiver is muffled due to a poor quality mic, improper mic techniques or audio settings on your transmitter, then adding more power, and changing nothing else, only makes the unreadable muffled signal stronger, not more intelligible. So it doesn't matter the distance of the receiver, they could be in Punta Cana or Cancun Mexico, it'll still be muffled.

Your goal is to strike a happy medium between intelligibility and signal strength using only the amount of power needed to establish the communications as per FCC rules. All that is required by the station on the other end is to be able to understand you clearly. If you have to continually repeat your call sign...you are not being clearly understood! Ham radio is NOT intended to be broadcast band FM quality! If the band is "dead", then no amount of power, legal or not will help you!

Page 15: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

15

Depending on the "calibration" of the S meter many times a station's audio (voice) can be heard well and 100% understandable even though he is "burried" in the noise and the S meter is reading S1 to S3 or not moving at all. The important "parts" of his voice, that part needed for communications, is still getting through. It all depends on the intelligibility of his particular voice and the audio circuits of his transmitter. All of this article is assuming that you have a "perfect" antenna system with no losses and mother nature is at her finest with excellent band conditions! It also assumes that the AGC (Automatic Gain Control) of the station on the other end is turned OFF. Leaving the AGC on, in most receivers, will tend to make all audio sound at the same level...noise and all. Remember that you have changed nothing in your antenna system. So you can not add any

gain it may have...your strictly changing one thing....the power output of your station.

I hope this has helped you in some way to understand the relationship between adding more power to your station or...NOT...You have to compare the difference in dB "gain" and how it is "heard" on the other station vs the expense of more power and hope for the best on the other end of your signal on the air! Adding an additional amount of power to your signal, (within your license privileges), may help you.......or not........mother nature and your audio

quality if using voice modulation will decide!

Page 16: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

16

Practical, Economical, and Good Grounding For the Ham Radio Station

by N6JSX

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- ---

"A good ground is one of the most essential parts of a solid HAM station." There are various reasons for this statement. First and foremost is for the safety of your family, home, and HAM equipment. Lightening NOT ONLY KILLS radios but can start house fires! A protruding antenna or tower into the atmosphere dramatically increases your odds of a lightening strike. Statistically however, most lightening damage comes from the AC power and telephone lines running into your home.

An understated fact of significance to HAM Radio is that a good ground WILL increase receiver sensitivity and transmit propagation. I've, personally, observed a decrease in surrounding ambient noise levels, from as much as S9 to S4 drop, on 75/40 meters when I shifted from a "cold water iron pipe 12 AWG wire ground" to a RF ground system stated in this paper. HF antenna(s) work BEST when they work against a "proper" counter-poise ground reference.

RF grounding is as mis-understood and as difficult to understand as "impedance." Both are very real, hard to measure, and cannot tangibly be seen in operation. The term that is used in RF grounding is "skin effect." In a ground system the vast majority of electrons run along the "outer most surface or skin of the conductor. A good RF ground has the least amount of resistance to electrons being conducted to ground via the most amount of conducting surface area (skin) that is practical. The goal of a good RF ground system is to obtain as "little" resistance as possible between the "antenna/tower-to-ground" and the "radio-to-ground". Thus the more conductive surface area the larger the path for electrons to earth ground. You could argue that multi-stranded cable/wires have more overall wire surface area but the touch areas of the wires negated skin effect conductance. Do not confuse current carrying capability with grounding skin affect they are two very different elements of

electrical conductivity.

A typical laboratory/aerospace test system ground measures <12 ohms from "Unit-Under-Test to earth ground". A very very GOOD cold water iron pipe ground may measure as little as 35 ohms and that's if the water pipes are NOT PVC. [BEWARE --most new home construction use PVC pipes for water and sewage. Even in older homes the water service provider should have installed more than a 5' section of plastic pipe between the water mains and your home water line feeder -- this is to

eliminate electrolysis/galvanic action within the piping system.]

Making a ground measurement is very difficult and most HAM's do not have a Megger(TM) generator type instrument to conduct a valid resistance measurement. This

Page 17: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

17

Klasie en oom Fanie

Pieter zs6bvt

Dit is vroeg Saterdag oggend en oom Fanie sit op die stoep met sy eerste koppie

Koffie. Oom Fanie kyk oor die werf heen en hoop dat dit vandag nie weer so warm

gaan word nie. Die afgelope tyd was dit baie warm en alles is besig om te verdor van

die droogte. Oom Fanie begin hardop bid en vra vir verlossing van hierdie droogte

wat die land tans ondervind. Nadat hy amen gesê het kry so ʼn lekker gevoel hier

diep binne in hom en weet hy dat sy gebed aangehoor is en dat die reën op pad is.

Die gedreun van Klasie se motorfiets laat hom omkyk en hy sien hoe Klasie in ʼn

reuse stofwolk na die huis toe aangery kom. Die stof vou om Klasie toe hy stilhou en

oom Fanie kan vir Klasie beswaarlik in die stof sien. Klasie klim van die motorfiets af

en stof homself af terwyl hy aangeloop kom. Klasie en oom Fanie groet mekaar

voordat hulle op die stoep gaan sit. Klasie begin sommer dadelik kla oor die droogte

en vertel dat die hele land onder droogte gebuk gaan. Oom Fanie knik sy kop en sê

met ʼn vreedsame glimlag om sy mond dat die reën op pad is en dat dit die einde van

droogte sal wees.

Kom sit sê oom Fanie en die twee gaan sit op die stoep in

die oggend son. JY weet Klasie sê oom Fanie, Ek weet nie

wat in die spul studente ingevaar het nie, alles word

verhoog, dit is mos hoe dit werk, nou staan en steek hulle

die hele wêreld aan die brand

omdat daar ʼn verhoging in klasgelde is, wat is nou die

verskil tussen klasgelde, brandstof, brood en water en

ligte. Dit is nou geleerde mense wat so dink. Ag man ek

voel so sleg dat die bokke verloor het, die swart span was

beter as ons, ek het dit met ʼn swaar hart aanvaar, maar

wat verwag ons, ons kon nie eers met Japan afreken nie. Jy weet Klasie die jaar is

verby, my ou varkies is nou net die regte gewig vir ʼn lekker Kersfees spitbraai, ek kyk

maar anderpad wanneer die vragmotor hulle kom laai vir die slagpale sê oom Fanie

Page 18: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

18

Daardie vliegtuig is nog steeds soek, ek sit baie dae hier op die stoep en wonder wat

van die vliegtuig geword het, ek wonder of ons ooit die waarheid gaan hoor. Man

maar daardie ouens met die rooi oorpakke gee almal baie moeilikheid, dit lyk nie vir

my of hulle oor enigiets tevrede is nie, hulle geniet dit regtig baie om te stap en te

sing vir watter rede ook al, plaas dat hulle gaan werk en van die straat afbly, hulle

begin my nou verveel met hulle “we demand” en kommentaar oor Afrikaans.

Was dit in die woestyn ook so warm, verander Klasie die onderwerp. Dit was

verskriklik warm in die woestyn antwoord oom Fanie, ons het net met kortbroeke

geloop en het net ons oorlogsdrag aangetrek wanneer ons oorlog gemaak het. Jy

weet Klasie dit was so warm daar in die woestyn dat ons sommer so in die buitelig

op ʼn tenk of enige metaal deel van ʼn voertuig kos gemaak het. Die Duitsers en

Italianers kon glad nie in die hitte regkom nie, dit is hoekom Generaal Monti altyd in

die warmste tyd van dag aangeval het. Ons het gereeld op die warmste tyd van die

dag wanneer almal lê en slaap by die Duitse kampe ingesluip en hulle water

gedokter.

Jy weet Klasie ons het nie baie geveg nie, ons het mekaar maar die meeste van die

tyd dopgehou om te sien wat wie beplan. Ons het regtig baie tyd op hande gehad

om die kamp te herstel of vir wat ook al. Ek was baie lief daarvoor om myself in die

kamp se radiokamer besig te hou. So sit ek weer eendag daar en luister na die BBC

en hoor toe die korporaal vir die sersant se dat die radio nie genoeg krag uitsit nie

en dat hy ʼn sterker radio moet bestel. Ek besluit toe net daar en dan dat ons ʼn RF

versterker vir die kamp moet bou.

Jy weet Klasie dit was nou makliker gesê as gedaan, ek het ʼn transformator, buise

diodes, spoele en nog ʼn hele klomp goed benodig. Ek begin rondkrap en glo dit nou

as jy wil, ek kry ʼn splinternuwe hoog spanning transformator in die onderdele

stoor. Ek kon nie ʼn groot sterk buis kry nie en gebruik toe maar die buise wat

beskikbaar was, ek sit 1500 van hulle in parallel. Die versterker was so ʼn bietjie

groter as wat beplan was, en ek bou dit toe maar in ʼn staal houer in wat ons gebruik

het om die Spitfires in weg te steek. Die kamp se bystand kragopwekker het die krag

verskaf.

Klasie en oom Fanie vervolg

Pieter zs6bvt

Page 19: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

19

Klasie en oom Fanie vervolg

Pieter zs6bvt

Baie van die kundige manskappe het handbygesit om die monster van ʼn versterker

aan die werk te kry. Die dag toe ons die filamente van die buise aanskakel moes ons

inderhaas ʼn vliegtuig enjin so monteer dat hy die wind oor die versterker blaas om

hom koud te hou. So het ons aangesukkel tot die dag dat ons die versterker kan

toets. Alles is stap vir stap aangeskakel en ingestem, die strome lyk reg die antenna

is gekoppel en ons was gereed om uit te saai. Die radio operateur gee ʼn roep om te

hoor of ons nou gehoor kan word in Kaïro, hy roep en los die knoppie, die operateur

in Kaïro kom dadelik terug en vra of ons nou in Kaïro kamp so duidelik en sterk is die

sein, Alles werk baie mooi, tot die kampkommandant het ʼn tevrede glimlag onder sy

baard. Ek sien dadelik dat die versterker baie warm word, soveel so dat die kante van

die staalkas ligrooi begin gloei, ek reageer onmiddellik en draai die vliegtuig enjin vol

oop sodat hy die versterker goed kan koudwaai. Jy weet Klasie, ons is nog besig om

ons handewerk te aanskou toe die staalkas skielik in die lug in opvlieg, soos die

vliegtuig enjin alles in die lug optrek. Ek sien hoe die staalkas opgaan, aan die staalkas

hang die weermag se radio, aan die radio hang die operateur en roep vir Kaïro vir

hulp. So vlieg die spul daar weg oor die woestyn

sand teen ʼn baie hoe spoed, die vliegtuig enjin, die

versterker, die weermag radio met die radio

operateur laaste. EK moet se Klasie dit het nogal

snaaks gelyk toe die spul oor die kamp vlieg met

almal op die grond wat rondhardloop soos

kakkerlakke wat wegkruip plek soek . Ek en ʼn paar manskappe spring toe vinnig in ʼn

Jeep en jaag agterna om die operateur te red wat gelukkig nie baie ver op die sand te

lande gekom het. Ons het die volgende dag op die Duitse nuus gehoor dat ons nou

kwansuis ʼn geheime wapen het wat hulle kamp in ʼn oogwink verwoes het, hierdie

wapen het ʼn propeller wat elektronies beheer word en wat alles uitmekaar slaan. Die

nuusleser het ook gesê dat die wapen baie ingewikkeld is en glad nie nagemaak sal

kan word nie. Dit was nou ʼn jammerte dat ons versterker weggevlieg het, ons moes

toe maar klaarkom met wat ons het.

Klasie groet vinnig, klim op sy motorfiets en lag kliphard in sy helm terwyl hy wegry.

Page 20: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

20

EAT SUM MORE FUDGE EAT SUM MOR FUDGE Vinnig en maklik, Eat Sum Mor Fudge vierkante. Hierdie heerlike versnaperinge is maklik maar absoluut smaaklik. ‘n Definitiewe gunsteling vir enige ouderdom BESTANDELE: 1 x 200 g pakkie Bakers EAT-SUM-MOR beskuitjies 250 ml gesmelte botter 5 ml vanieljegeursel 500 g gesifte versiersuiker 5 ml koffiepoeier 45 ml kakaopoeier 1 geklitste eier ekstra versiersuiker METODE: Breek of sny die Bakers EAT-SUM-MOR beskuitjies in growwe stukke. Voeg die gesmelte botter, vanielje, versiersuiker, koffiepoeier, kakaopoeier en eier by en meng goed. Skep die mengsel in ’n gesmeerde 20 cm-vierkantige bak en maak die bokant gelyk. Verkoel en sny dan in blokke.

Page 21: TEENSPANNING Nov Des.pdf · Kom asb die naweek na Kleinfontein toe waar ons weereens lekker Gaan kuier, braai en gesels voordat die einde van jaar aanbreek. Hierdie is die laaste

21

Hierdie is die laaste Teenspanning vir 2015 en ek

hoop julle het 2015 net so geniet soos ek.

Baie dankie Pieter ZS6PVW vir jou uitstekende

artikel oor ons 6 meter herhaler

Moet asb nie die Kleinfontein uitstappie misloop

nie, groete vir eers tot volgende jaar

Geseënde Kersfees en ʼn voorspoedige nuwe jaar

Pieter zs6bvt