12
Rassie kry beroerte op die rugbyveld Een van Ellisras Hoërskool (EHS) se rugby uitblinkers, Tiaan Geldenhuys (16), is verlede Woensdag in die hospitaal in Amsterdam, Nederland, opgeneem nadat hy 'n beroerte aanval tydens 'n rugbywedstryd gekry het. Tiaan is deel van die o/16-AVS (Verre Noord) span wat in Nederland getoer het. Na wat verneem word, is Tiaan ná die wedstryd van die veld af met vermoedelike harsingskudding en is hy in die Erasmus MC-hospitaal opgeneem. Volgens berigte is Tiaan behandel vir 'n beroerte en het hy skade aan die regterkant van sy liggaam. Hy sukkel ook met spraak. Tiaan se pa, Marius, wat tans in die Ooste (in Oman) werk, het regdeur die naweek gespartel om ‘n visum te probeer kry om na Tiaan toe te gaan. Volgens Steve Geldenhuys, Marius se broer, behoort die visum hierdie week toegestaan te word. Tiaan het Maandag toetse ondergaan om die oorsaak van die beroerte te probeer bepaal asook om uit te vind waarom sy spraak aangetas is. Intussen het 'n verpleegster van die hospitaal Sondag moeite gedoen om Tiaan na 'n restaurant sowat 400m van die hospitaal af te neem waar sy span gewag het om van hom afskeid te neem voordat hulle terugvlieg Suid- Afrika toe. Tiaan is 'n lid van EHS se rugbyspan wat die Beeld- trofee vir mediumskole gewen het. Volgens Steve, het vriende wat in Nederland woon Tiaan ondersteun en is hulle ook bereid om verblyf aan Marius te voorsien sodra hy land. Die Geldenhuys-famillie bedank graag vir Richard Holtkamp en sy mense vir al hul besoeke aan Tiaan en ook almal vir die ondersteuning en boodskappe wat die familie ontvang het. Bo: Tiaan was deel van die EHS o/16-span wat die Beeldtrofee vir mediumskole ontvang het. Links: Tiaan in aksie op die rugby veld (foto: Facebook). Onder: Die Verre Noord span neem afskeid van hul spanmaat voor hul vertrek terug na Suid-Afrika.

Nn19 12 web

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Limpopo-based newspaper for Lephalale & Mokopane.

Citation preview

Page 1: Nn19 12 web

Rassie kry beroerte op die rugbyveldEen van Ellisras Hoërskool (EHS) se rugby uitblinkers, Tiaan Geldenhuys (16), is verlede Woensdag in die hospitaal in Amsterdam, Nederland, opgeneem nadat hy 'n beroerte aanval tydens 'n rugbywedstryd gekry het.

Tiaan is deel van die o/16-AVS (Verre Noord) span wat in Nederland getoer het. Na wat verneem word, is Tiaan ná die wedstryd van die veld af met vermoedelike harsingskudding en is hy in die Erasmus MC-hospitaal opgeneem.

Volgens berigte is Tiaan behandel vir 'n beroerte en het hy skade aan die regterkant van sy liggaam. Hy sukkel ook met spraak.

Tiaan se pa, Marius, wat tans in die Ooste (in Oman) werk, het regdeur die naweek gespartel om ‘n visum te probeer kry om na Tiaan toe te gaan.

Volgens Steve Geldenhuys, Marius se broer, behoort die visum hierdie week toegestaan te word. Tiaan het Maandag toetse ondergaan om die oorsaak van die beroerte te probeer bepaal asook om uit te vind waarom sy spraak aangetas is.

Intussen het 'n verpleegster van die hospitaal Sondag moeite gedoen om Tiaan na 'n restaurant sowat 400m van die hospitaal af te neem waar sy span gewag het om van hom afskeid te neem voordat hulle terugvlieg Suid-Afrika toe.

Tiaan is 'n lid van EHS se rugbyspan wat die Beeld-trofee vir mediumskole gewen het.

Volgens Steve, het vriende wat in Nederland woon Tiaan ondersteun en is hulle ook bereid om verblyf aan Marius te voorsien sodra hy land.

Die Geldenhuys-famillie bedank graag vir Richard Holtkamp en sy mense vir al hul besoeke aan Tiaan en ook almal vir die ondersteuning en boodskappe wat die familie ontvang het.

Bo: Tiaan was deel van die EHS o/16-span wat die Beeldtrofee vir mediumskole ontvang het.

Links: Tiaan in aksie op die rugby veld (foto: Facebook).

Onder: Die Verre Noord span neem afskeid van hul spanmaat voor hul vertrek terug na Suid-Afrika.

Page 2: Nn19 12 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 19 DECEMBER 20142

MOKOPANE - Northern News received two photographs in the last month of police vehicles parking in bays reserved for the dis-abled in Mokopane. When confronted, one of the police officers said that as a member of the police services they are allowed to park in the dedicated parking bays (according to an eye witness this particular officer returned minutes later with shopping bags in hand). Limpopo police spokesperson, Col. Ronel Otto, explained that police officials, as members of the public, must adhere to the rules and regulations of the Road Traffic Act with the exception of an emergency or life and death situation where officials must still respond with caution. "Police members are not allowed to park on disabled parking bays and an internal investigation will be done regarding this incident," she said and added that the SAPS would also intensify its internal education programme to inform and remind members that they are not allowed to park in bays reserved for disabled persons.

Police abuse disabled parking baysMartie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Vir die Correia gesin het hier-die Kersfees ’n tyd van rou geword na die onverwagte afsterwe van hulle 11-dae-oue babadogtertjie, Danelle (foto).

“Mamma, sussie is in Jesus se blomtuin,” het die 6-jarige Mikayla troosend aan haar ma, Lilanie, gesê na daar mooi aan haar verduidelik is dat haar nuwe sussie, Danelle, baie siek was en nou by Jesus is.

“Alles het so vinnig gebeur,” het ‘n verslae Lilanie verlede Woensdag aan Noordelike Nuus vertel waar sy op die rusbank in hulle woonstel in Gemsbokstraat gesit het. Mikayla gesels saam en verstaan mooi terwyl haar mamma vertel wat gebeur het.

Klein Danelle is op 18 November in die Voortrekker hospitaal in Mokopane gebore en is na vier dae ontslaan. Correia sê dit was vir

Baie mense gaan hierdie feesgety na areas reis waar malaria voorkom. Noordelike Nuus het by kenners gaan kers opsteek om seker te maak ons lesers weet hoe om hierdie siekte te voorkom.

Bepaal jou risikovlak: Die tyd van die jaar, hoe lank jy daar gaan wees, die aktiwiteite op jou beplannings-lysie en die oornagplek moet alles in ag geneem word voor jy besluit watter voorsorgmaatreëls om te neem.

Dit is belangrik om snags goed af-geskerm te wees van muskiete. As jy kamp is dit belangrik dat jou tent se gaasdeure en vensters deurentyd toe gehou word en dat daar geen gaatjies in die seil is nie.

In ‘n woonstel, chalet, hotelkamer of karavaan moet mens onder ‘n muskietnet slaap wat met insekdoder behandel is. Gaasskerms voor die vensters en deure help ook baie om muskiete uit die gebou te hou. Indien daar lugverkoeling is kan mens dit deur die nag laat loop - muskiete hou nie van koel vertrekke nie.

Gebruik ‘n muskietafweermiddel. Spuit dit in alle leef en slaapvertrekke - veral saans.

Moenie vergeet om anti-malaria tablette te neem nie. Lees die gebruiksaanwysings noukeurig en hou daarby. Baie mense maak die fout om te gou na hul terugkeer uit ma-lariagebiede op te hou om hul malariamid-dels te drink.

Indien jy enige griepsimptome ontwikkel binne die eerste ses maande nadat jy ‘n ma-lariagebied besoek het, is dit belangrik om jou dokter te vertel waar jy was en presies wanneer.

Hoewel malaria simptome gewoonlik binne een of twee weke na infeksie waarge-neem kan word, kan dit partykeer maande na infeksie eers uitbreek.

As jy alles reg doen is die risiko om malaria op te doen gering.

Vir meer inligting besoek - https://www.dred.com/how-to-prevent-malaria.html

Voorkom malaria hierdie feestyd

Gesin in rou gedompel na baba se dood

haar abnormaal dat haar baba so aanhou-dend slaap en toe sy vermoed die kind is in pyn het sy besluit om by haar huisdokter aan te klop vir hulp.

’n Algemene pyn- en krampmiddel is vir haar voorgeskryf, maar haar toestand het so versleg dat sy die volgende dag in die hospitaal opgeneem moes word. ’n Pedia-ter wat haar hiér ondersoek het, het haar na die gespesialiseerde pediatriese een-heid in die Mankweng Hospitaal verwys. Danelle is per helikopter daarheen geneem.

Nadat hulle vir drie nagte by dié hos-pitaal in hulle motor moes oornag, is die Correiras ingelig dat hul baba se toestand krities is. Klein Danelle is op 29 November dood aan wat dokters beskryf het as ’n bakteriële infeksie wat tot breinvliesont-steking gelei het.

Danelle is op 3 Desember vanuit die Evangelies Gereformeerde kerk begrawe. Die gesin het hul opregte dank uitgespreek teenoor El-Shaddai Begrafnisdienste wat die begrafnis geborg het. Hulle bedank ook vir Voortrekker Hospitaal sowel as Mank-weng Hospitaal vir die goeie diens wat tydens Danelle se opname gelewer is.

Page 3: Nn19 12 web

19 DESEMBER 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

Lephalale brandslagoffer sterk goed aan

“Wherever you are across Mogalakwena Municipal-ity, I extend to residents and visitors alike my best of wishes for the Festive Season. May you find your-self immersed in the best that the season has to offer, wrapped in peace, love, goodwill and happiness.

The downside of the priveledge of living in ‘the heart of the Bushveld’ is a high snake population. People often lack basic knowl-edge in identifying snake species correctly.

It is important to educate oneself on the most common snakes in the area.

Two snakes often mistaken for one an-other is the black mamba and the green olive grass snake.

The green olive grass snake looks like the black mamba. The belly is more of a yellowish colour. This snake does not have any venom and is therefore not a danger to humans.

The black mamba on the other hand has Nero Toxic venom and if a person is bitten he or she needs to get to a hospital within 20 minutes if the snake was more than one metre (or within an hour if it was less than one metre). The venom attacks the victim’s central nervous system and causes heart failure and the lungs to col-lapse.If a person gets bitten by a black mamba, CPR or oxygen must be administered in any way possible to help the victim sur-vive. This snake is grey of colour and is pitch black inside the mouth. It can reach a length of up to 4m. Information courtesy of Marius Koekemoer and Henko Janse van Rensburg of Lephalale Reptile Recue.

Identify the snakes in your area before you act

LEPHALALE - Johanko Barnard het brandwonde opgedoen nadat 'n petrolpyp van die minibussie waaraan hy en 'n vriend gewerk het gebars en aan die brand geslaan het. Hy is drie weke gelede in die Milpark Hospitaal oorgeplaas waar hy 'n oper-asie aan sy arm ondergaan het om die swelling af te bring. Hy het ook 'n veloorplanting gehad. Verlede Woensdag is Johanko nog met yspakke toegepak om sy koors te help breek. Volgens sy ma, Katryn, is die dokters tevrede met die veloorplanting. Die dokters glo dat alhoewel Johanko nag 'n lank tyd onder verdowing in die hospitaal sal moet bly, begin hy reeds meer op sy eie asem haal en sterk hy goed aan. "Die regteroor is nog baie bloederig - sy regterkant het meer as linkerkant gebrand," sê sy. "Sy gestel is sterk en hy word soms wakker en kyk stip vir my en dit gee my moed."

Christmas message Mogalakwena Mayor Malose Mabuela

I have always been aware of the mag-nificent community spirit here in the Mo-galakwena Municipality, and that has been reinforced many times in recent weeks.

Despite all the challenges we are en-countering in the municipality, last week we have been privileged to accept one major highlight, being the Unqualified Audit Opin-ion which in simple terms, is a Clean Audit Opinion. These achievements don’t happen by chance, it shows hard work, dedication and determination from our council, man-agement, officials, community and everyone from the top to the cleaners. The key is establishing strong partnerships between council and the community. 2015 will be a year of opportunities for Mogalakwena Mu-nicipality and I commit council to working with you to seize these opportunities.

Despite all the challenges and hurdles we encountered, our community has drawn together even closer and we have accom-plished more than ever before. I would like to thank every member of our community for your contribution in creating a lifestyle that is the envy of others. Mogalakwena is the best place to live, work and play.

May I ask you all to remember your neighbours at this time of year, especially the elderly and those who live alone. My best wishes go to those who are sick at home or in hospital this Christmas and I wish you a speedy recovery. From my fam-ily and the Mogalakwena Council and our dedicated staff, we wish you all the love and blessings of the season. May you and your family enjoy and have a safe and happy Christmas and new year. I look forward to serving you in 2015 and beyond.”

The scripture of John 3:16 reads “For God so loved the world that he gave his one and only Son, that whoever believes in him shall not perish but have eternal life.”

“Hobane Modimo o ratile lefase haka-kaa, oba a le nea Morwa wa gagwe yoo a tswetšwego a le noši; gore yo mongwe le yo mongwe yoo a dumelang go yena, a se ke a timela, a mpe a be le bophelo bjoo bo sa feleng.”

Page 4: Nn19 12 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 19 DECEMBER 20144

Om die kampvuur saam met Melt van der Spuy

Dit is een van daardie bitter warm somerdae wanneer mens net die heeldag koelte soek, toe Herman se bakkie voor die deur rem aanslaan. Al twee deure gaan oop en hy en Servaas klim uit.

Eintlik klim net hy uit. Servaas gly uit. Hy draai eers dwars op die sitplek soos iemand wat lam is, gooi sy lang bene by die deur uit en gly as’t ware op sy boude by die deur uit. Moet sy lengte wees wat hom so by ’n kar of bakkie se deur laat uitgly.

Terwyl die twee na my toe aankom won-der ek hoe die lange Servaas op ’n karavaan-bed pas. Ek sweer driekwart van hom hang of af of lê dwarsoor sy aller-saamslapende. Met hom en nog iemand oop een bed moet dit maar bars gaan om lekker te slaap. Seker ook die wat hy so in die nag in die kamp rondloop as hy kamp. Kan nie lekker slaap nie.

Op die stoep is dit einste Servaas wat net soos wat hy uit die bakkie uitgly, in die na-aste stoel ingly. Ook so half boude eerste met die bene wat volg.

Herman daarenteen gaan sit ordentlik op die stoel. Maar as hy eers sy sit in ’n stoel gekry het, vat dit ’n bom of twee om hom sommer weer daar uit te kry. Hy staan nie sommer net op nie.

Kersfees – die mooiste, mooiste tydServaas kom eerste met sy soort wysheid

vorendag: “Weet julle wat, sou dit nie vir arme Josef en Maria baie gemakliker gewees het as hulle destyds ’n karavaan gehad het nie. Dink net,” hy skuif half regop toe die ‘briljante;’ opmerking van hom eintlik by hom posvat, “die twee kon rustig die pad gevat het Betlehem toe en dan was hulle slaapplek ook sommer byderhand.”

Ek kyk na Herman en hy kyk na my. Ons weet, Servaas is vandag weer by slim verby. Dis Herman wat eerste reageer: “Ja en met wat sou hulle daai karavaan getrek het?”

Servaas is egter baie slim: “Met daai ein-ste donkie waarop sy gery het”. Net die ged-agte daaraan laat ons lag. Stel jou voor – ’n Jurgens Penta met ’n donkie vooraan!Servaas se verbeelding hardloop nou weg: “Ja en dan hoef hulle nie eers petrol in te gooi nie, net so gerf of twee gras en donkie se kind pluk daai karavaantjie tot binne-in Betlehem. Ek meen, hulle moes nie bang gewees het om iets soos ’n karavaan te gebruik, sou dit daai tyd bestaan het nie, mens moet nooit bang wees om iets nuuts te probeer nie. Onthou amateurs het die ark gebou en ingenieurs die Titanic!”

Herman draai sy kop na Servaas toe: “Seg jy met ’n mond vol tanne”. Ek sien ek

moet Servaas se teuels intrek.“Dis oor die naderende Kersfees wat jy

so vol slimpraatjies is. Sê nou dit was omge-keerd - Josef en Maria met die Jurgens en jy vandag met die donkie. Hoe sou jy jou lang lyf op daai donkie gekry het?”

Servaas se oë vonkel: “Nee, daaroor praat ons mos nie”.

Ek kon dit gedink het: “Donkie of karavaan, ons mag nie vergeet wat-ter grootse gebeurtenis is die geboorte van Jesus nie. Geseënde Kersfees en ’n kampvolle 2015 vir julle.” Servaas spring Herman voor: “Baie dankie en skryf sommer daar ons al drie sê ’n ge-seënde Kersfees en blink nuwe jaar aan al die lesers.”

Herman kry toe darem die laaste woord in: “Amen”.

Woorde uit die Waterberge met Carina Stander

Die laaste ruk voel dit vir my asof al wat leef en beef praat oor die gaafste plek vir kits-emigrasie. Kanada? Australië? Amerika? Singapoer?

Onlangs het die visumkoors my ook oor-val - die drang om ‘n agterdeur, ‘n sleutelgat na ‘n ander land te vind. Net vir ingeval… Want al is ek skaamteloos lief vir my land, al het ek grootgeword in die allermooiste Bosveld en al woon ek tans in ‘n paradyslike kuswoud, is ek ook nie besimpeld patrio-ties nie. Tog kon nie eers Malema Dilemma se rampokkerpraatjies my visumkoors so laat styg soos anderdag se besoek aan Port Elizabeth se eers befaamde pofadders en pik-kewyne nie.

In “Op pad in Suid-Afrika” (’n reisboek wat in 1997 gepubliseer is) pronk Port Elizabeth met sy Bayworld wat honderd jaar

Visumkoors... en waarom ek hier woongelede deur F.W. Fitzsimons gestig is - ‘n slangpark met ‘n duisend spesies waarvan sommiges gereeld vir serum gemelk is. Met ons besoek was daar slegs vyftien slange by die park, dalk minder…

Op dieselfde perseel is die oseanarium waar ‘n skool stompneusdolfyne eens op ‘n tyd die wonderbaarlikste toertjies uitgevoer het – toe ons daar was, was die dolfyne glo weggestuur na Hong Kong om te gaan broei. Glo verkoop omdat die een of ander fliereflui-ter die beskikbare R500 000 verduister het, skinder ‘n inwoner. Glo opgekap vir sushi.

Glo wat jy wil, sug ek, maar die swembad is vrot van die alge, die pawiljoen leeg en die pikkewyne wat onder ‘n hondehok saambo-ndel, lyk bipolêr. En die Tropiese Huis wat ‘n paar jaar gelede nog die ene eksotiese plante en voëls was? Dié is nou ‘n konferensie-

sentrum… Toegegee, die lewensgroot dino-sourus wat grom en beweeg is oulik en die seeleeu klap mooi hande. Dit alles saam is nie slegte waarde teen R40 per kaartjie nie. Maar dat Bayworld tot so onlangs as 2006 in Getaway se deksels netjiese “1001 Moet-sien-plekke in Suider Afrika” gelys is, laat my visumkoors styg.

So, waarom emigreer ek nie? Want ek sal te veel verlang. Verlang na skemertyd in die Bosveld en donderstorms in die Drakensberg; na die geur van fynbos op Tafelberg na die reën; na Karoo-lamstjoppies en waterblom-bredie in die Boland; na stalletjies by kun-stefees waar kralewerk, sari’s en velskoene verkwansel word; na sing in kerke, by rugby-wedstryde en in busse; na vetkoek en melk-tert; na geelhout-bosreuse in die Tsitikamma en kremetartbome in die Waterberg; my ma

se maroelajellie; na mense wat rommel kan omskep in Kersfeesengeltjies en deurmatte en draadfietse.

Want ná alles is ek in Suid-Afrika vir die mense. Ook mý mense wat grap en huil en troos en bid en stry en skep in my taal. En ek is hier vir die ruimte – die ewige gebergtes. Wie kan die berge plat maak? Wie kan die mense stom maak? So lank ons hardop lag en roep, sal die kranse antwoord gee.

Page 5: Nn19 12 web

19 DESEMBER 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

LEPHALALE - Dit is daardie tyd van die jaar dat die Kruger-gesin van Lephalale hulle asems begin ophou. Want sien, Oujaarsaand kruip stadig maar seker nader. ‘n Dag op die kalender wat hulle eerder wil vergeet, selfs uitvee as hulle kon. Daar sal nie op 31 Desember vuur-werke, sjampanje of ‘n groot partytjie by die Krugers se huis wees nie. Dis nie ‘n dag wat hulle sommer wil vier nie, want saam met Oujaarsaand kom traumatiese herin-neringe wat moeilik stil gemaak word.

Dit sal hierdie Oujaarsaand drie jaar wees sedert Erwin en Anice Kruger se blondekop dogtertjie, Isabella (Pippie), toe net twee-jaar oud, in ‘n fratsongeluk erg verbrand het. Dokters het gesê dat sy die derde graadse brandwonde, oor meer as 80% van haar lyfie, nie kan oorleef nie. Van regoor SA, en selfs in die buiteland, het mense begin bid vir ‘n wonderwerk - en dit gekry. Van-dag is Pippie vir só baie mense ‘n bewys dat God gebede verhoor. Pippie se verhaal het sedert daardie traumatiese aand wêreldwyd bekend geword en steeds lees mense met groot belangstelling en empatie die verhaal van Pippie in die boek wat oor haar stryd om oorlewing geskryf is.

Waar ookal sy gaan word mense geinspireer deur haar en haar familie se innerlike krag. Mense wil weet: Hoe gaan ‘n mens aan met jou lewe, hoe bou jy aan jou gesin, hoe kom jy lewendig anderkant uit?

Dit was juis met hierdie vrae wat Erwin en Anice die afgelope paar jare moes worstel. Dit het jare se harde werk, terapie en versorging geneem om te kom waar hulle

Pippie - drie jaar latervandag is. En Anice sal gou erken dat dit Pippie is wat hulle inspireer om aan te gaan.

Vandag is sy ‘n vyf-jarige kleuter met die waagmoed van tien dapper soldate. Hoewel sy nie self kan staan of loop nie, skort daar met haar wil en vreugde niks nie. Stadig maar seker is sy besig om te leer kruip en as jy haar vang dat sy om rol om te kom waar sy wil wees, lag sy uit haar magie uit. Wanneer sy daardie nuwe paar skoene aan het, lig sy haar beentjie op sodat jy dit tog net moet raaks-ien. Daar is altyd n glimlag vir enige een wat na haar kant toe kyk. Met haar fluister woordjies kan sy menigte om haar pinkie draai. Maar Pippie is op haar gelukkigste by die huis met Pappa, Mamma en boetie Arno om haar. En as jy dan nog die rolprent As jy Sing vir haar aansit is als reg met die wêreld.

Dit is genade en ‘n hand van bo wat hierdie gesin van dag tot dag dra en gemaak het dat hulle te midde van groot aanslae op hulle menswees en ongegronde aantuigings in die media, kon staande bly. “Dis net die Here wat ‘n mens deur so iets kan dra,” vertel Anice.

Hulle sal self erken dat hulle sku geword het vir die me-dia, en ook nie so maklik meer vertrou nie. Tog is hulle opge-wonde oor die pad vorentoe en hul lewe in Lephalale.

Intussen word Pippie by die dag mooier. ‘n Mens kyk sommer gou verby die letsels en sien die mensie wat so baie lief kan hê, en met alles tevrede is.

Die Krugers hou nou wel nie feesvieringe vir die Oujaar nie, maar daar is baie om te vier in die lewe van klein Pip-pie.

MOKOPANE - Inwoners van Kerkstraat, Chroomstraat en Koperstraat het saam met raadslid, Korny Dekker, besluit om werk te maak van die vullissake wat op die sypaadjies ophoop terwyl munisipale dienste deur ANC struwelinge tot stilsdand gedwing is. Een inwoner het sy private vragmotor beskikbaar gestel en ander het kontant bygedra. Dekker het die gemeenskap en Fanie Kemp in besonder vir hul samewerking bedank.

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Die Potgietersrus Diens-sentrum vir Bejaardes se jare-lange wens vir betrouebare wiele is verlede week deur Mercurius Motors Polokwane vervul.

’n Splinternuwe luukse Sprinter mini-bussie het Woensdagoggend by die ingang van die dienssentrum ingery en Japie Brits, takbestuurder van Mercurius Motors het die sleutels daarvan aan die sentrum se bestuur-der Estelle Hartzenberg oorhandig.

“Dit is voorwaar ‘n groot kerspresent” het Hartzenberg baie opgewonde gesê terwyl

Gratis wiele vir ‘n jaarBrits aan haar verduidelik dat die minibus aan die dienssentrum geborg word vir een volle jaar. Die handelaar onderneem ook om binne dié tydperk die nodige dienste en die lisensiekostes van die voertuig te behartig en verskaf die bussie aan die sentrum teen ’n spesiale verlaagde prys na die vertrykingstyd-perk van die borgskap.

Ander borge is ook by die borgskap van die minibus betrokke. Hulle is Bustruck, El-bar Properties en Cartreck Polokwane. Hart-zenberg het almal hartlik bedank en gesê dat dié inisiatief hoog op prys gestel word.

Japie Brits, takbestuurder van Mercurius Motors oorhandig die sleutels van ’n splinternuwe Sprinter minibus aan Estelle Hartzenberg, bestuurder van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes. Die fraai omgeskakelde minibus is ’n jaar lange borgskap.

Inwoners doen munisipaliteit se werk

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Motoriste en inwoners sê vandat munisi-pale dienste gestaak is, lyk dit asof mense hulle nie steur aan munisipale regulasies nie.

Só het ’n massiewe onthaal tent Vrydagoggend sy skielike verskyning gemaak op die hoek van Dudu Madisha rylaan en Wildebees straat in Mokopane. Die pad was gesluit en die tent is in die middel van die straat op die

Roubeklaers versper pad

ryvlak opgeslaan. ’n Verkeersbeampte wat gaan ondersoek instel het, is meegedeel dat roubeklaers hiervoor verantwoordelik is. Sy aandrang op die verwydering daarvan was

vergeefs. Mokopane se verkeershoof het aan Noordelike Nuus gesê hy is onbewus van enige toestemming aansoek en het gesê die aksie is onwettig.

Page 6: Nn19 12 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 19 DECEMBER 20146

Page 7: Nn19 12 web

19 DESEMBER 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Page 8: Nn19 12 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 19 DECEMBER 20148

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Drie skenkings aan die Suid-Af-rikaanse Vroue Federasie (SAVF) verlede week, het omstandighede vir minder bevoorregte fami-lies meer draaglik gemaak oor die kersgety.

Anglo Platinum Myn het ’n indrukwekkende R10 000 aan die organisasie geskenk. Kruid-eniersware is met hierdie geld aangekoop en so is

Groot verligting vir minder bevoorregtes

daar na 45 families uitgereik.Twee meubelgroepe, Morkels en Bradlows,

het ook hulle deel vir die gemeenskap gedoen deur tien gesinne in die dorp en in uitbreiding 17 te voorsien van ’n geriefliker slaapplek. Tien dubbelbeddens is geskenk.

Die SAVF is baie dankbaar teenoor dié barmhartige Samaritane vir hulle onbaatsugtige bydraes.

Regs: SAVF verteenwoordigers en Minash van Staden, ’n behoeftige van die dorp is in hulle skik oor die kruideniersware wat moontlik gemaak is deur Anglo Platinum Myn se kontant skenking.

Bo: Die SAVF skud hande met Morkels en Bradlows se bestuurders om dankie te sê vir hulle skenking aan minderbevoor-regte families. Van links, Carike Jordaan, student maatskaplike werker SAVF Mokopane, Teretha Jannasch, maatskap-like werker en bestuurder van die SAVF Mokopane, Ben Kruger van Morkels, Dennis Smit van Bradlows, Khomotso Papo, vrywillige maatskaplike werker en Jela Kekana, maatskaplike werker.

Awareness campaign LEPHALALE - An awareness campaign was in December to educate the com-munity on being more vigilant during this festive season. Police members gave short speeches to random people that passed by at various shopping centers in Lephalale. Right is Captain Theuns Haabroek talking to Lephalale FM's Andy- N and Nkele Sebata.

Page 9: Nn19 12 web

19 DESEMBER 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 9

Enquiries: Mr. LF Mpebe, Tel no: 015 491 8581 / 071 405 9478

WATERBERG TVET COLLEGE (LIMPOPO PROVINCE) INVITES QUALIFIED AND EXPERIENCED CANDIDATES TO APPLY FOR THE FOLLOWING POSTS TO BE FILLED ACCORDING TO THE FET ACT NO.16 OF 2006 (as amended in 2012)

REF: WTVETC 2014/22 DEPUTY MANAGER: REPORTING AND EXPENDITURE

CENTRAL OFFICESALARY LEVEL 9 (R 270 804 pa)

Requirements:B.Com Accounting or equivalent * 5 years' experience as an Accountant or similar role, of which two (2 yrs) to be at Supervisory or Managerial level * Exposure/practical application of Generally Recognized Accounting Practice (GRAP) * Competency in Pastel Evolution will be an added advantage * Valid drivers licence.Duties and Responsibilities:Monthly financial and management reporting * Manage the distribution of financial reports * Manage month and year end procedures * Compile budget and review on monthly, quarterly and annual basis * Review and maintain records * Reviewing accounting entries on the general ledger on monthly basis and recommend adjustment where necessary* Manage and review stock distribution and order levels monthly * Assist with actual/plan variance analysis on a monthly basis. * Assist in the preparation of annual financial statements. * Review and authorization of general ledger reconciliations. * Managing and maintaining assets records.* Maintain internal controls and compliance with company policies. * Adhoc work as and when requested. Liaise with Internal and External Auditors and assist in responding to queries.

REF: WTVETC 2014/23 OCCUPATIONAL HEALTH AND SAFETY OFFICER

CENTRAL OFFICE Salary Level 8 (R 227 802 pa)

Requirements:REQV 13 or equivalent Diploma in OHS *At least three years practical experience in the Occupational Health and Safety * Communication and report writing skills * Computer Literate * Knowledge of Occupational Health and Safety Act and other related legislation *Valid driver's license * Knowledge of the FET sector * Knowledge in OHS audit and inspection * First Aid Skills.Duties and Responsibilities:Develops the College OHS Policy and procedures that is in compliance with the relevant National Legislation and update this Policy on an annual basis * Work towards the accreditation for all College workshops. * Ensures the maintenance and updating of all relevant OHS records on a monthly basis on the Information Management System * In addition assist the College with the development of the EAP (Employee Assistance Programme).

LECTURERSNCV

R150,375 (per annum) plus benefitsSITE: Business Studies Centre (Mahwelereng)REF: WTVETC 2014/24 - Marketing and Contact Centre OperationsREF: WTVETC 2014/25 - English/CommunicationREF: WTVETC 2014/26 - English and Office PracticeREF: WTVETC 2014/27 - Primary Health (nursing qualification is a requirement plus 37% in lieu of benefits)SITE: IT and Computer Science Centre (Mahwelereng)REF: WTVETC 2014/28 - TourismREF: WTVETC 2014/29 - Mathematics/Maths LiteracyRequirements:REQV 13 qualification majoring in the post you applied for * Teaching qualification * Recognised teaching qualification and 2 years' experience be an added advantage * SACE Registration.

LECTURERSREPORT 191 - NATED

COLLEGE PAIDRemuneration/Claims: Negotiable

SITE: Business Studies Centre (Mahwelereng)The services of Lecturers/Facilitators to offer Report 191 is maximized in ensuring that our Communities benefit from the tested service rendition offered. Requirements:REQV 13 qualification majoring in the post you applied for * Recognised teaching qualification and 2 years' experience be an added advantage * SACE Registration * 2014 Results of the programmes taught at respective College/School.Each subject group will be taught 5 hours per week during afternoonsREF: WTVETC 2014/30 - N4 BM (Management Communication): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/31 - N4 BM Computer Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/32 - N4 BM Computer Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/33 - N4 BM (Entrepreneurship): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/34 - N4 BM (Entrepreneurship): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/35 - N4 BM (Financial Accounting): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/36 - N4 BM (Management Communication): 2 Groups

REF: WTVETC 2014/37 - N4 MA (Communication): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/38 - N4 MA (Communication): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/39 - N4 MA (Computer Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/40 - N4 MA (Computer Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/10 - N4 MA (Information Processing): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/42 - N4 MA (Information Processing): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/43 - N4 MA (Intro Information Processing): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/44 - N4 MA (Intro Information Processing):

2 GroupsREF: WTVETC 2014/45 - N4 MA (Office Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/46 - N4 MA (Office Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/47 - N5 BM (Computer Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/48 - N5 BM (Entrepreneurship): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/49 - N5 BM (Sales Management): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/50 - N5 BM (Sales Management): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/51 - N5 MA (Information Processing): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/52 - N5 MA (Office Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/53 - N5 MA (Office Practice): 1 GroupREF: WTVETC 2014/54 - N6 BM (Computer Practice): 1 GroupREF: WTVETC 2014/55 - N6 BM (Computer Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/56 - N6 BM (Computerised Financial Systems): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/57 - N6 BM (Computerised Financial Systems): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/58 - N6 BM (Entrepreneurship): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/59 - N6 BM (Entrepreneurship): 1 GroupREF: WTVETC 2014/60 - N6 BM (Financial Accounting): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/61 - N6 MA (Computer Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/62 - N6 MA (Computer Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/63 - N6 MA (N5 Public Relations): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/64 - N6 MA (Office Practice): 2 GroupsREF: WTVETC 2014/65 - N6 MA (Office Practice): 2 GroupsSITE: Engineering and Skills Training Centre (Lebowakgomo)REF: WTVETC 2014/66 - N1 - N3 (Mathematics)REF: WTVETC 2014/67 - N1 - N3 (Engineering Science)REF: WTVETC 2014/68 - N1 - N3 (Engineering Drawing)REF: WTVETC 2014/69 - N1 - N3 (Motor Trade Theory)REF: WTVETC 2014/70 - N1 - N3 (Diesel Trade Theory)

REMEDIAL FACILITATORSCOLLEGE PAID

Remuneration/Claims: NegotiableREF: WTVETC 2014/71 - IT and Computer Science Centre (Mahwelereng)REF: WTVETC 2014/72 - Business Studies Centre (Mahwelereng)REF: WTVETC 2014/73 - Engineering and Skills Training Centre (Lebowakgomo)Requirements:Retired Mathematics teachers or graduates majored in the following programmes: Maths and Maths Literacy OR English/Communication * Good Communication/Facilitation Skills * Tutoring experience will be an added advantage.

PLEASE NOTE THE FOLLOWING:Applicants should ensure that they meet the requirements of the post they apply for * The above mentioned applications should be submitted on a Z83 form obtainable from all Public Service Departments, accompanied by a detailed CV and certified copies of all qualifications and ID * Applicants must use the reference number allocated to the post. * Faxed or e-mailed applications will not be considered. * Communication will only be entered into with short-listed candidates and the successful applicant. * If you have not heard from the College within two months of the closing date, you should consider your application as unsuccessful. It is the intension to promote representivity in the College through the filling of this position. The candidature of applicants from designated groups especially in respect of people with disability will receive preference. The College reserves the right not to make appointment(s) to the advertised post(s).

CLOSING DATE FOR SUBMISSIONS: 8 January 2015 at 14:00

APPLICATIONS SHOULD BE FORWARDED TO:POSTAL ADDRESS: The Principal, Waterberg FET College, Postnet

Suite #59, Private Bag X 2449, MOKOPANE, 0600 OR

HAND DELIVERY: The Principal, Waterberg FET College, C/o Totuis and Hooge Streets (entrance in Hooge street), MOKOPANE, 0601

Page 10: Nn19 12 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 19 DECEMBER 201410

Page 11: Nn19 12 web

19 DESEMBER 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

Page 12: Nn19 12 web

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

U

With all the festivities in the air, mo-torists people should remember the

importance of a safe journey to their holi-day destinations.

Families want to spend Christmas together and this may sometimes lead to drivers rushing at the last minute to reach their destinations in time. Arrive Alive refreshed the memories of drivers on their website with some handy tips on travel-ling during the ‘silly season.’

•Obey the rules of the road and carry your driver’s license with you.

•Plan the route to your holiday desti-nation and give yourself enough time to reach the destination.

•Use a GPS navigation tool or a road atlas to plan your trip in advance.

•For peace of mind, try to stick to major routes or toll roads - If you are go-ing to travel on the back road’s identify the towns along the route and what the distance is between them.

•Do not get stranded without fuel – Always plan ahead where you will re-fuel.

•Plan rest stops along the way and if you are travelling with children it is a great way to let them know when and where you will be stopping.

•Always ensure that a friend or family

Be safe during your festive journeymember, who is not travelling with you, is aware of the route that you are planning to travel. Ideally you should also update them on your progress of the journey and let them know when you have reached your destination safely.

•Try to avoid driving after dark.•Expect others not to be as

obedient to the law as yourself.

Vehicle ‘Fitness’•Make sure that your vehicle is

in a roadworthy condition before departure.

•All lights and indicators, windscreen wipers, brakes, steering, exhaust system and tyers should be carefully examined for faults.

•Take your vehicle for a full check before embarking on your holiday travels!

•Do not overload your vehicle.

Avoiding Criminals on the road:•Remain alert to any areas that might

present a threat of criminal activity such as hijackings and smash-and-grab.

•Always place your valuables in the boot of your car and never leave items such as cell phones and wallets in open sight, unattended, or on the seat of a car.

Northern News

wishes all our

readers a blessed and safe

Christmas season.

Ouetehuis sê baie dankieMartie Pretorius ([email protected])

Mariaan van Tonder, bestuurder van die Piet Potgieter Monument Ouetehuis, het van oor tot oor geglimlag oor die goeie reaksie ten opsigte van die Kersfees wenslys wat verlede week in Noordelike Nuus verskyn het.

“Daar is nie ’n enkele bejaarde wat nie gekry het wat sy of hy vir Kers-fees wou gehad het nie”, het Van Tonder dankbaar gesê.

Kersvader het Woens-dag laatmiddag by die outehuis opgedaag met ’n groot sak geskenke en self die uitdeelwerk gedoen.

Die Kosmos afdeling se bejaardes wat afhan-klik is van intensiewe versorging is eerste met presente besaai. Groot glimlagte en selfs trane is gestort uit dankbaarheid dat hulle nie oor Kerstyd vergete is nie.