5
Oop Zoom Vergadering met die Gemeente – Dinsdag 14 Julie 2020 Teenwoordig: Chris Joubert, Danie du Toit, Schalk de Klerk, ds Johan Avenant, Corlea Futcher, Liesl Swarts, Elmarie Carstens, Jaco en Zurita Pretorius, Anneke Oosthuizen Ds Johan heet almal welkom en vra vir almal hoe dit gaan. Hy stel ook die Visiebestuur aan almal voor. Ds Johan open met gebed. Doel van die Vergadering: 1. Taakspan terugvoer rondom die COVID-19 reëlings. 2. Finansies tydens die inperking. 3. Projekte tydens die inperking. 4. Omgee tydens COVID-19 1. Taakspan terugvoer rondom die COVID-19 reëlings – Schalk de Klerk Daar is ‘n taakspan wat bymekaar gekom het en daar was ‘n paar dinge waarna gekyk is. Ons as gemeente moet voldoen aan die COVID-19 regulasies en daar was 3 dinge waarna gekyk is: 1) Die kantoor en die personeel wat elke dag daar werk en die besoekers wat in die kantoor kom, dat daar voldoen word aan die regulasies. Dat daar aangeteken word en temperatuur gemeet word en die sanitasie en dat alles daar in plek is. 2) Die Eredienste moet ook aan al die regulasies van byeenkomste van nie meer as 50 persone voldoen en daarna is ook gekyk. Die kentekens is opgesit en die sanitasie daar rondom is in plek gestel. Die regering verwag dat die draaipunt/keerpunt gaan eers einde Augustus wees, maar ons vermoed dat dit veel eerder einde September sal wees. Om hierdie rede is daar besluit om nie die oggend dienste tans te hervat nie ter wille van ons eie mense se gesondheid wat ook ‘n hoë risiko is. Maar intussentyd is daar gesorg dat die saal voldoen aan

NG The Reeds  · Web view2020. 7. 20. · Inkomste:Die kollekte en dankoffers wat nie tans tydens die dienste ingeneem kan word nie, word nou uitgekanselleer deur die elektroniese

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NG The Reeds  · Web view2020. 7. 20. · Inkomste:Die kollekte en dankoffers wat nie tans tydens die dienste ingeneem kan word nie, word nou uitgekanselleer deur die elektroniese

Oop Zoom Vergadering met die Gemeente – Dinsdag 14 Julie 2020

Teenwoordig: Chris Joubert, Danie du Toit, Schalk de Klerk, ds Johan Avenant, Corlea Futcher, Liesl Swarts, Elmarie Carstens, Jaco en Zurita Pretorius, Anneke Oosthuizen

Ds Johan heet almal welkom en vra vir almal hoe dit gaan. Hy stel ook die Visiebestuur aan almal voor.

Ds Johan open met gebed.

Doel van die Vergadering: 1. Taakspan terugvoer rondom die COVID-19 reëlings.2. Finansies tydens die inperking.3. Projekte tydens die inperking.4. Omgee tydens COVID-19

1. Taakspan terugvoer rondom die COVID-19 reëlings – Schalk de Klerk

Daar is ‘n taakspan wat bymekaar gekom het en daar was ‘n paar dinge waarna gekyk is.Ons as gemeente moet voldoen aan die COVID-19 regulasies en daar was 3 dinge waarna gekyk is:1) Die kantoor en die personeel wat elke dag daar werk en die besoekers wat in die kantoor kom, dat daar voldoen word aan die regulasies. Dat daar aangeteken word en temperatuur gemeet word en die sanitasie en dat alles daar in plek is.2) Die Eredienste moet ook aan al die regulasies van byeenkomste van nie meer as 50 persone voldoen en daarna is ook gekyk. Die kentekens is opgesit en die sanitasie daar rondom is in plek gestel. Die regering verwag dat die draaipunt/keerpunt gaan eers einde Augustus wees, maar ons vermoed dat dit veel eerder einde September sal wees. Om hierdie rede is daar besluit om nie die oggend dienste tans te hervat nie ter wille van ons eie mense se gesondheid wat ook ‘n hoë risiko is. Maar intussentyd is daar gesorg dat die saal voldoen aan al die vereistes in terme van die hoeveelheid stoele wat daar is en as ons nou met die dienste weer begin met die skoonmaak voor en na die dienste, dat al die kentekens opgesit is en dat daar hand saniteerder beskikbaar sal wees. Daar sal ook besprekingslyste wees waar gemeentelede hulle bespreking kan maak vir die diens asook inteken lyste vir die betrokke Sondag se diens sodat daar bevestig kan word dat die getalle onder 50 gehou was (Dit is met die oog op eksterne oudit).Die Jeugdienste is hervat van Sondag 12 Julie af omrede die jongmense nie so hoë risiko inhou nie. Daar is op ‘n proefbasis begin met hierdie dienste in die lapa en afgelope Sondag se getal was 24 gewees. Dit het alles baie goed afgeloop.Schalk is aangewys as voldoenings beampte van ons gemeete om toe te sien dat al die regulasies gevolg en uitgevoer word.

Page 2: NG The Reeds  · Web view2020. 7. 20. · Inkomste:Die kollekte en dankoffers wat nie tans tydens die dienste ingeneem kan word nie, word nou uitgekanselleer deur die elektroniese

2. Finansies – Danie du Toit

Dit is tans ‘n baie moeilike tyd in ons land en met ons mense maar as ons so kyk na ons finansies in die gemeente is ons baie dankbaar want ons is nog geseënd. Ons is onder druk, maar op hierdie stadium hou ons nog kop bo water.

Danie gee terugvoer oor die volgende informasie:

Page 3: NG The Reeds  · Web view2020. 7. 20. · Inkomste:Die kollekte en dankoffers wat nie tans tydens die dienste ingeneem kan word nie, word nou uitgekanselleer deur die elektroniese

Inkomste:Die kollekte en dankoffers wat nie tans tydens die dienste ingeneem kan word nie, word nou uitgekanselleer deur die elektroniese kollekte/dankoffers wat inbetaal word. Ons is baie dankbaar hiervoor. Alhoewel dit nie presies is wat ons op ‘n Sondag ontvang nie, help dit ons beslis.Ons Gemeente se inkomste is af omrede die debietorders afgeneem het weens ons land (gemeentelede) se finansiële krisis wat tans beleef word. Ons vra dat mense, indien moontlik, in plaas van direkte oorplasings, eerder sal kyk om ‘n debietorders te teken. Dit maak die gemeente se beplanning rondom finansies soveel makliker.Die Projekte het baie afgeneem (ongeveer R 13 000) as ons kyk na die jaar-tot-jaar vergelyking. Daar sal gekyk moet word na altenatiewe fondsinsamelings om dit weer te laat optel.

Uitgawes:Ten spyte van die land se finansies, kon ons as gemeente nog met die inkomste wat ons ontvang het, by al ons verantwoordelikhede uitkom.Ons het ‘n onverwagte SARS aanslag van om en by R 27 000 ontvang.Ons jaarlikse versekeringspremie het in Junie afgegaan – R 18 000. (Voorsiening is hiervoor gemaak)Die ander uitgawe was die blinders. (Voorsiening is hiervoor gemaak)Ons is tans bo ons begroting (veral met die onverwagse uitgawes van SARS en al die COVID maatreëls en nog ander) en ons sal moet kyk hoe ons dit kan afbring sodat ons uitgawes nie ons inkomste oorskry nie.

3. Projekte:Ons het nog ‘n paar projekte in die pyplyn vir die jaar. Ons sal moet anders dink oor hoe ons die projekte kan laat werk binne die beperkende regulasies. Indien jy voel jy kan help met idees rondom fondsinsamelings sowel as ons basaar in September, kontak vir Janice Horn (Projekte Voorsitter).

4. Omgee tydens COVID-19Ons moet saamstaan tydens Covid-19. Hierdie tyd vra van ons nuwe maniere van leef.Die mense met wie ons in aanraking is wat swaar trek, hetsy dit finansieel is of omrede hulle onder isolasie moet leef, moet ons help. As jy nie self kan voorsien nie, kan daar in kontak getree word met ds Johan, sodat ons saam kan hande vat om die mense te help. Ons probeer ‘n sisteem in plek stel in die gemeente en in ns ring, dat ons werklik kan help en saamstaan in hierdie tyd. Dit gaan van ons vra om onsself bloot te stel (natuurlik binne verantwoordelike grense) aan dinge, maar deur hierdie saamstaan gaan daar ‘n stuk oorlewing en betekenis in ons geloof kom. Dit is wat kerkwees anders maak.

Page 4: NG The Reeds  · Web view2020. 7. 20. · Inkomste:Die kollekte en dankoffers wat nie tans tydens die dienste ingeneem kan word nie, word nou uitgekanselleer deur die elektroniese

Daar is baie mense wat nou werksverliese beleef. Kom deel met ds Johan sodat ons dit kan deel sover as moontlik. Indien jy weet van werksgeleenthede, kom in kontak met ds Johan sodat hierdie mense gehelp kan word.

Vrae van die Gemeente:Jaco: Watse SARS aanslag het die gemeente gekry? Was dit VAT? Is die gemeente onderhewig aan VAT?Danie: Die kerk is onderhewig aan belasting – personeel se inkomstebelasting word van hulle salarisse verhaal en moet oorbetaal word. Die kerk is belasbaar op sekere inkomstes, maar is vrygestel tot op ‘n sekere bedrag (wat ons tot op hede nog nie oorskry het nie). Ons was dus as gemeente nog nooit die tweede belasting verskuldig nie. Die aanslag wat ons ontvang het, het gekom omdat beweer word dat die gemeente oor etlike jare heen nie die inkomstebelasting van die personeel op die regte tyd oorbetaal het nie. Die aanslag bestaan dus hoofsaakik uit boetes.

Ds Johan vermeld dat ons boekhouer ons gevra het om navraag te doen hieroor by SARS, omdat hy iets vermoed. Ons het die navraag gedoen (April 2019) en kon aanvanklik geen uitstaande bedrag op ons state kry nie. In Junie 2019 het ons amptelik met SARS gekommunikeer oor ons navraag. Daar is in Julie 2019 wel ‘n navraag by ons gedoen, waarop teruggereageer het. Daar was intussen geen kommunikasie van SARS met ons nie. Die volgende oomblik kry ons net ‘n aftrekking van ons gemeente se rekening. Ons het toe met hulle ‘n dispuut verklaar en ook ‘n saaknommer ontvang. Ons wag dus nou vir hulle, sodat hierdie proses aangespreek kan word.

Slotopmerkings:

Ds Johan bring onder almal se aandag dat ons moet besef dat, wat ons in die wêreld en in Suid Afrika tans beleef met die COVID-19, iets groots is wat deur die geskiedenis slegs elke 100 jaar beleef word. Dit word met die Tweede Wêreld Oorlog asook die Spaanse Griep epidemie in 1917-1920 vergelyk, waar daar tussen 100 000 en 300 000 mense net in Suid Afrika oorlede is. Die toekoms is rerig onseker en daarom is saamstaan so belangrik.

Ds Johan bedank almal vir hulle tyd en noem dat die vorm van kommunikasie met die gemeente beplan word om elke 2 weke plaas te vind.