8
Uitgawe 8/2013 10 Maart 2013 NG KERK MIEDERPARK IEDERARK BANKBESONDER- HEDE: NG Kerk Mieder- park, ABSA Tjekrek 680 590 591 , Potchefstroom NG Kerk Miederpark Sending, ABSA Tjek- rek 405 41 9146, Potchefstroom Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] Sluit by ons aan op Wat gebeur DV die volgende week….…… Sondag 10 Maart 40 dae doelgerigte liefde ErediensSondagskool Gr 1-6 Kruislig Koffiediens - Tienerdiens Gr 7-11 09:15 17:30 Maandag 11 Maart 40 dae doelgerigte liefde Dinsdag 12 Maart 40 dae doelgerigte liefde Finansiële Vergadering 17:30 Woensdag 13 Maart 40 dae doelgerigte liefde Sending Bestuurvergadering 18:00 Donderdag 14 Maart 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 15 Maart Liefdesfees Potjiekos & Vleisverkoping Anale van ‘n Windgat vertoning Saterdag 16 Maart 40 dae doelgerigte liefde Manne Bid-uur 07:00

NG KERK MIEDERPARK ERARK Maart.pdf · Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-diens. Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te

  • Upload
    others

  • View
    16

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NG KERK MIEDERPARK ERARK Maart.pdf · Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-diens. Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te

Uitgawe 8/2013

10 Maart 2013

NG KERK MIEDERPARK

IEDERARK

BANKBESONDER-

HEDE:

NG Kerk Mieder-

park, ABSA Tjekrek

680 590 591 ,

Potchefstroom

NG Kerk Miederpark

Sending, ABSA Tjek-

rek 405 41 9146,

Potchefstroom

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers

(018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926

082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093

Kerkkantoor

Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900

Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za

Epos [email protected]

Sendingkantoor [email protected]

Jeugkantoor [email protected]

Sluit by ons aan op

Wat gebeur DV die volgende week….……

Sondag 10 Maart 40 dae doelgerigte liefde Erediens—Sondagskool Gr 1-6 Kruislig Koffiediens - Tienerdiens Gr 7-11

09:15 17:30

Maandag 11 Maart 40 dae doelgerigte liefde

Dinsdag 12 Maart 40 dae doelgerigte liefde Finansiële Vergadering

17:30

Woensdag 13 Maart 40 dae doelgerigte liefde Sending Bestuurvergadering

18:00

Donderdag 14 Maart 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie

09:30

Vrydag 15 Maart Liefdesfees Potjiekos & Vleisverkoping Anale van ‘n Windgat vertoning

Saterdag 16 Maart 40 dae doelgerigte liefde Manne Bid-uur

07:00

Page 2: NG KERK MIEDERPARK ERARK Maart.pdf · Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-diens. Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te

B L A D S Y 2 I E D E R A R K

Wanneer lidmate van die gemeente op-

geneem word in Potch Medi Kliniek, moet

hulle asseblief by opname duidelik meld

dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-

park is. Dit maak dit vir die leraars mak-

liker om hulle tydens die weeklikse hospi-

taalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op

te spoor.

Ho spi ta a l o pna mes “MOEDERSKAMER”

Het u ‘n baba of ‘n kleuter wat nog nie heeltemal

“kerk-mak” is nie? Maak dan gerus gebruik van die

konsistorie gedurende die erediens. Daar is luidspre-

kers sowel as ‘n kindervriendelike speelhoekie. Wan-

neer die erediens-personeel 09:15 die konsistorie ver-

laat om in die kerk in te beweeg, word die vertrek

beskikbaar vir gesinne met klein kindertjies wat nie

die erediens wil versteur nie, maar tog deel van die

formeler opset wil wees. Ons kinders is vir ons kos-

baar, ons wil hulle graag só infaseer en lief maak vir

die aanbiddingsruimte.

HOSPITAAL SENDING—Petro Zaayman

Dank saam met my die Here:

Vir almal wat vir Hospitaal Sending bid. Want sonder gebede kan die werk nie gedoen word nie.

“Verder, broers, bid vir ons, sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en oral in ere gehou mag word soos by julle (2 Tess.3:1). “

Wanneer jy vir sending, sendelinge en ongelowiges bid, bevorder jy die verspreiding van die evangelie.

Bid vir die baie pasiënte wat werkloos is en bydra tot moedeloosheid en uitsigloosheid.

Bid dat die Here self harte van pasiënte sal voorberei en ontvanklik maak vir die Woord van die Here en dat dit nie net gehoor sal word nie maar ook geleef sal word as hulle be-ter of gesond is.

MALAWI SENDING—Pieter

Baie dankie Here—

Dat Pieter ’n baie geseende tyd hier gehad het. Hy se baie dankie aan almal vir julle getroue gebede, en hulp.

Dat dit so goed gegaan het by sy huis, en almal wat ’n taak gehad het om te doen dit so getrou gedoen het.

Dat sy groepie op hul eie aangegaan het met hul bybestudie.

Bid asb:

Vir Pieter se terugreis.

Dat ons Vader vooruit sal gaan en die paaie, grensposte vir hom gelyk sal maak. En dat Hy Sy hand oor Pieter en sy voertuig sal hou.

Page 3: NG KERK MIEDERPARK ERARK Maart.pdf · Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-diens. Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te

B L A D S Y 3 U I T G A W E 8 / 2 0 1 3

OUDIO-VERSTERKING

Hoor u sleg tydens die erediens?

Maak dan gerus gebruik van die

derde en vierde bank voor links in

die kerk. Daar is proppe waar u u

eie oorfone kan inprop om beter

te hoor. Of alternatiewelik kan u

voor die erediens by die koster in

die konsistorie ‘n stel oorfone van

die kerk leen om net na die diens

weer terug te gee.

Graad 1-6 kom dieselfde tyd as die erediens in die kerk bymekaar vir die Kinderkerk.

Daarna word in die graadgroepe verdeel.

Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-

diens.

Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te leer wat dit beteken om prak-

ties dissipel vir Jesus te wees, het ons die volgende byeenkomste in die week:

Gr 1-3 Maandae 16:30—17:00 ; Gr 4-6 Dinsdae 16:30—17:00; Gr 7-9 Woensdae

17:00—17:30; Gr 10-11 Donderdae 17:00—17:30

Lees die Iederark in

volkleur op die web!!

ngkmiederpark.co.za

WINSKOOP VLEIS!!

Vir die goedkoopste en varsste vleis in die dorp

moet jy nie die 15e Maart misloop nie!

Ons gaan 2 beeste slag en daar sal maalvleis,

wors, kookvleis en steaks te koop wees tydens

die potjiekos-ete.

Pryse sal later bekend gemaak word.

Page 4: NG KERK MIEDERPARK ERARK Maart.pdf · Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-diens. Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te

B L A D S Y 4 U I T G A W E 8 / 2 0 1 3

Lofberg, Fochville bied die “Father & Sons”-konferensie aan op 26—28 April.

Sprekers soos Jannie de Beer, Jacques Gombault en Danie Botha gaan optree.

Lofsang word gelei deur Danie Botha en Arno Claassen.

GEMEENTEBASAAR 4 MEI 2013

Ons gaan weer tuisgemaakte mosterd verkoop. Kan u dalk help met leë Purity botteltjies (100g en

200g) en/of leë Marmite, Bovril of Oxo botteltjies (125g en 250g)?

Lewer dit asseblief by die Kerkkantoor af of by Dassie Lombaard te Uitsigstraat 28—tel 0845004828 /

0182932437.

Groot waardering!!

Page 5: NG KERK MIEDERPARK ERARK Maart.pdf · Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-diens. Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te

B L A D S Y 5 U I T G A W E 8 / 2 0 1 3

Die afgelope week is dit weer in die nuus dat ‘n groep uitgewekenes uit die Demokratiese Repu-bliek van die Kongo in Pretoria teregstaan omdat hulle ‘n staatsgreep in die DRK beplan het. Eint-lik raak dit ons nie direk wat in daardie land gebeur nie en die mediadekking is min. Hoewel ons niks van daardie groep af weet nie, het ‘n mens tog ‘n mate van simpatie met hulle, omdat hulle waarskynlik ‘n staatsgreep gesien het as die enigste oplossing vir hulle land se probleme:

Kan ons onsself in hulle situasie indink? Dit is ‘n land waarin bendeleiers die minerale vir hulleself opeis en alle teenstand eenvoudig soos diere afmaai. Die geweld wat ons land die afgelope weke geruk het, het in groot dele van daardie land, veral in die mineraalryke oostelike dele, ‘n lewens-wyse geword. Die gevolg is dat al meer mense na die stede toe vlug waar daar ook nie werk is nie, maar hulle veiliger voel.

Gevolglik raak dit in die stede soos Kinshasa en Lubumbashi al moeiliker om te oorleef weens die geweldige ooreising van alle infrastruktuur. Die verkeer is ‘n absolute nagmerrie, wa-ter word al skaarser en die toevoer geskied om die beurt – armer dele kry ‘n paar uur per week water. Elektrisiteit is baie meer af as aan, wat veroorsaak dat internet- en selfoon-netwerke maar baie onbetroubaar is. Ek het drie weke gesukkel om met Wycliffe kontak te maak. Toe ek uiteindelik deurkom na hom toe, het hy die situasie verduidelik. Hy het toe vir my ‘n nuwe nommer gegee van ‘n netwerk van Zambië wat meer betroubaar is, en re-delike dekking in die Lubumbashi omgewing het.

Ons bid daarom hierdie week vir ons opleiding in die DRK. Bid asb vir

die Veritas-opleiding wat ten spyte van die omstandighede voortgaan;

Die leier van die werk, Rev. Wycliffe, en sy gesin, wat onder baie moeilike omstandighede moet oorleef;

sy veiligheid, veral omdat hy onder baie moeilike toestande op gevaarlike paaie moet reis;

al die fasiliteerders wat besig is met opleiding;

Die regering van die land – veral dat die korrupsie stopgesit sal word.

Baie dankie dat ons kan reken op julle getroue voorbidding,

VERITAS SENDING

DS DAWIE EN NAOMI

POTJIEKOS

Ons kort nog 5 mense wat kan help om ‘n potjie te maak! Kontak ds Willem asb. as jy kan help!

Ons kort dringend donasies vir groente of vleis vir die potjies. As jy nie ‘n potjie kan maak nie, maar bestanddele kan skenk om die laste te help ligter maak, kontak asb vir ds Willem.

Bid asb. saam met ons vir die baie mense wat betrokke is by die reël van die feesgeleentheid (Kaartjie verkopers, potmakers, organiseerders ens.) Bid dat dit ‘n geseënde basaar fondsinsameling sal wees en dat almal hul gate uit sal geniet!

Page 6: NG KERK MIEDERPARK ERARK Maart.pdf · Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-diens. Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te

B L A D S Y 6 U I T G A W E 8 / 2 0 1 3

FACEBOOK

Ons is op soek na iemand wat

baie bedrewe is op Facebook.

Die persoon kan jonk of oud

wees, solank hy/sy net ons FB

blad aan die gang kan hou asb.

Kontak ds Willem as jy en FB

onafskeidbaar is!!

Anale van ʼn windgat: 15 Maart in Miederpark.

Ons kom nou nader aan die groot FEES van lekker eet, kuier en lag. Ons mik om 800 mense byeen te bring vir ‘n fantastiese ontspanningsgeleentheid! (Ag en het ons dit nie almal nodig nie!) Op 15 Maart word die toneelstuk “Anale van ‘n Windgat” by NG Miederpark opgevoer. Neels Claasen gaan die skitterende toneelstuk opvoer (‘n toneel wat by Aardklop uitverkoop het en waarvan kaartjies by daardie geleentheid by die R100 per sitplek gekos het!). Die geleentheid is oop vir die publiek, so nooi ook jou fa-milie en vriende!

D ie Malawi uitreik vind plaas op 4-14 Julie 2013. Ons gaan vir Pieter ondersteun. Ons

ry deur Zimbabwe en Mosambiek. Jy slaap by Tete op die walle van die magtige Zambezi (800m breed).Jy gaan kans kry om langs die Malawi meer te ontspan saam met Pieter en ook een nag daar oorslaap. Jy gaan die kultuur van Malawi beleef en in Pieter se vil-lage werk. ʼn Onvergeetlike ervaring. Bid asb. hieroor en beplan om saam te gaan. Daar is nog plek. Kontak ds Willem of Ettienne sel 0833604701

K noop jou das en skryf in jou dagboek: 7 April Sondagoggend 9:15 en die mid-dag (geen aanddiens), kom gesels Dr. Gerhard du Toit (van Kanada) met ons oor gebed en ʼn nuwe toewyding aan God. Die volgende aand 8 April sluit hy

die af met sy laaste lering.

G aan op ʼn Lesotho Uitreik 21-24 Maart saam met ons sendeling egpaar MC en Lezelle Coetzee (van World Outreach). Kontak hulle by sel 083 462 2224. Jy gaan hoog in die berge ry en ook die Katse dam sien en die Lesotho kultuur beleef. ʼn Praktiese uitreik waar jy ʼn verskil kan maak!

Page 7: NG KERK MIEDERPARK ERARK Maart.pdf · Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-diens. Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te

Kommentaar of nuus: [email protected] of 0791349256

B L A D S Y 7 U I T G A W E 8 / 2 0 1 3

VYFHOEK-ONDER-DIE-BOME

Bied aan: “Ta Mossie se show”

Op Saterdag 16 Maart 2013

Vyfhoek onder die bome is ‘n inisiatief van die vroue van NG Kerk Potchefstroom-Vyfhoek, geleë in nuwe Bailliepark, in dieselfde straat as ES le Grange.

Dit beloof om ‘n baie lekker informele kuier onder die bome te wees, tesame met die reuk van braaivleis en dan die heel beste van alles, die kunstenaars.

Gedurende Aardklop 2012 het daar ‘n heel buitegewone nuwe produksie op die planke gekom, wat groot gehore getrek het, en dit is dan hierdie unieke groep wat hier by ons gaan optree.

Die kunstenaars van “Ta Mossie” laat ou volkstreffers herleef, tesame met musiek, en dit is vir seker ‘n sukses resep.

Wie hou nou nie daarvan om saam te sing as dit ‘n lekker opgewekte deuntjie is nie, en op die manier word die jonger geslag blootgestel aan al die liedjies waar-mee ons groot geword het.

Oud is nie noodwendig outyds nie en by hierdie vertonings is kisklere nie nodig nie en kappies opsioneel.

Die vertoning begin 16:00 waarna die braaivleis geniet

word.

ONS NOOI JULLE HARTLIK, KOM KUIER SAAM!

Kontak die kantoor by tel 018 290 5988 gedurende kantoorure (i.e. Ma – Vry 08:00 tot 13:30)

Ons benodig wol asb! ‘n

Gemeentelid wil truitjies vir

sending en die basaar brei

met ‘n breimasjien, maar sy

benodig wol. Laai dit by

Kerkkantoor af asb en merk

dit breiprojek.

Page 8: NG KERK MIEDERPARK ERARK Maart.pdf · Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-diens. Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te

DANK EN WAARDERING

Aan almal wat, en nog steeds, vir ons bid, sms’e stuur, telefoon oproepe maak en

persoonlike woorde van troos bring, ‘n baie groot en opregte word van dank en

waardering na die afsterwe van ons skoonseun.

Met God se hnulp en troos en u ondersteuning sal die son weer skyn in ons le-

wens.

Liefdegroete

Rita, Nielen en Carine-marie

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE

Dit was vir my persoonlik weer ‘n belewenis van alle vroue en ‘n pragtige byeenkoms Donderdag aand in

die AGS Kerk te Maherrystraat.

Die spreker was LUTITIA ELLIOT en die onderwerp was “Om uit te reik na jou naaste”.

Girls High se koor van meer as 60 lede het deelgeneem en Die Miederpark Koordansers onder Ansie

Haarhoff het hulself onderskei. Geluk Ansie—ek was só trots op julle. Dit was soooo mooi!! Ek is mos so

“konserterig” - ek lief sulke optredes tot eer van ons Skepper—altyd!

Ek plaas een van my gediggies oor bg onderwerp:

VOORWOORDBEDE:-

AAN DIE LESER (MATT. 25:31-45)

Here, gee dat elkeen sal verstaan

Wat die doel is van sy bestaan -

‘n Beker koue water

‘n Bordjie kos -

‘n Besoekie in die tronk

‘n Bietjie omgee-liefde

Aan die naaste

Dit sal die toets wees vir ons:

- Die allerlaaste!

Elkeen kan dié liefde uitstort

En só gods hemelliefling word!

“Want sover julle dit gedoen het aan ‘n

geringe broeder van My—het jul dit

ook gedoen aan MY …

Moenie wat nie—geleenthede gaan verby—

Die kerk is die liggaam van Christus wat dien

En werkers in die kerk—sal die Koning sien!

Marietjie Labuschagne