Upload
others
View
5
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Wat gebeur DV hierdie week….……
6 Maart 2016
Iederark
Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926
082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected]
Sondag 6 Maart
Gebedskrygers Erediens
Sondagskool Gr 1-6 Koffiediens Tienerdiens
07:30 09:15
17:30
Maandag 7 Maart
Gebedskrygers
06:30
Dinsdag 8 Maart
Gebedskrygers FK Vergadering
06:30 17:30
Woensdag 9 Maart
Gebedskrygers
06:30
Donderdag 10 Maart
Gebedskrygers 06:30
Vrydag 11 Maart
Gebedskrygers
06:30
Gebedskrygers Manne biduur
06:30 07:00
Saterdag 12 Maart
Uitgawe 8/2016
Uitgawe 8/2016 Bladsy 2
SENDING GEBEDSVERSOEKE
HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is die Gideons by die Hospitaal om van bed tot bed die siekes te ondersteun en Bybels uit te deel. Bid asb vir hulle. Bid asb vir: Al die personeel werksaam by
Potch Hospitaal. Mense wat werkloos is en ver-
breekte verhoudings het en wat dink om ’n einde aan hul lewe te maak gaan ’n einde van hul probleem wees.
Bid asb vir iemand met longkanker wat pyn en benoudheid verduur.
BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda) Ons dank die Here vir ‘n geseënde tyd saam met familie en vriende in Suid- Afrika. Bid vir veilige reis terug na Bot-
swana. Ons het so baie reën nodig in SA en
Botswana. Bid vir leiding sodat ons altyd binne
die wil van die Here sal bly.
VERTIAS SENDING (Ds Dawie en Naomi de Wet) Verlede week het ons vertel van Jean-Blaise wat beplan om terug te gaan na Pointe Noire en uit-genooi is om in Junie daar te gaan opleiding gee. Ons kan die Here dank dat ons reeds R6 000 vir sy vliegkaartjie ontvang het met ‘n verdere R3 000 wat beloof is hiervoor. Julle kan saam met ons vir die Here dankie sê dat ons so ver is. Dan vra ons voorbidding vir die Streekskonferen-sie van al die lande waar die Veritas opleiding ge-doen word in Afrika suid van die Sahara wat van-jaar 22 tot 29 April in Lusaka gaan plaasvind. Dit is enersyds belangrik vir die beplanning van die vol-gende boekjaar wat 1 Julie begin, en andersyds is dit altyd stimulerend vir die fasiliteerders van ver-skillende lande om by mekaar te leer.
MALAWI SENDING (Pieter) Sê asb saam met my dankie. Ons het baie
goeie reën gehad. Sedert 13 Febr altesaam 178 mm.
Baie dankie vir Guilty wat vanaf Mpumbe vil-lage gekom het om saam Bybelstudie te doen. Golden kon dit ook bywoon want Don-derdag was vakansiedag in Malawi.
Baie dankie dat Kazembe en Doricas elke og-gend vroeg kom om in hul tamatietuin te werk. Mag ons Heer hulle harde arbeid seën en vir hulle ‘n goeie tamatieoes gee.
Hou asb aan om vir mama Rebecca en klein Eli te bid.
Ook asb vir die Yao volk om ‘n besluit vir die Here Jesus te maak.
Bid asseblief dat daar ‘n geleentheid vanaf SA sal kom om ‘n nuwe waterpomp na Malawi te bring.
Uitgawe 8/2016 Bladsy 3
HOSPITAAL OPNAMES Wanneer lidmate van die gemeente op-geneem word in Potch Medi Kliniek, moet hulle asseblief by opname duidelik meld dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-park is. Dit maak dit vir die leraars makliker om hulle tydens die weeklikse hospitaalbe-soeke (Dinsdae en Donderdae) op te spoor.
GEBEDSVERSOEKE By die sydeur en in die ingansportaal is ’n houtkassie gemerk ”Gebedsversoeke” As jy wil hê ons moet saam met jou bid oor ’n saak of dat ons by jou huis saam met jou moet kom bid, gooi jou versoek in die houer en dit sal opgevolg word.
GEBEDSKAMER Ds Okkie is soggens na die erediens in die ge-bedskamer beskikbaar indien iemand wil ge-sels of wil bid.
GEBEDSKRYGERS Die gebedskrygers bid elke oggend in die gebedskamer om 06:30 en Sondae word voorbidding gedoen vir die erediens om 07:30. Kontakpersoon hiervoor is Grobbie Grobler 0829663704
GEMEENTE BIDUUR Ons wil graag weer vanaf die gebedsbedi-ening se kant ‘n weeklikse gemeentebiduur aan die gang kry. ‘n Voorstel is om elke Donderdagaand om 18:30bymekaar te kom vby die konsistorie. Ons gaan bid vir: ons land/regering, Potchefstroom, nooddienste en ook ons eie gemeente se aktiwiteite en bedieninge. Kom asb en deel saam en bid saam—ook vir alles wat jy op die hart het en in gebed wil deel met medegelowiges. Kontakpersoon hiervoor is Riaan Marx 0610037813
NOODBANK
Die behoeftiges wat kospakkies by ons noodbank
kry het behoefte aan die volgende items:
Yskaste
Wasmasjien
Babastootwaentjie
Breekware
Betel
Radio
Planke vir houthuis
Plafonstukke (Ceiling board)
Kontakpersoon: Jordi Terblanche
Sel: 082 788 5907
Landlyn: 018 293 3719
As daar mense is wat die noodbank kan help met
Inkopiesakke, kan hulle dit net in die kombuis
laat. Ons sal dit daar kry.
Uitgawe 8/2016 Bladsy 4
Uitgawe 8/2016 Bladsy 5
Uitgawe 8/2016 Bladsy 6
SAVF Ons Hulde Vrywilligers
SAVF Ons Hulde is ‘n fasiliteit waar bejaardes en verswaktes versorg word. Ons het egter drin-gend aktiewe Vrywilligers nodig. Indien jy belangstel of geroepe voel om by ‘n dinamiese span betrokke te raak, kontak asseblief vir Debbie by 018 – 297 5260 voor 18 Maart 2016. Ons kontak jou dan graag om jou te nooi na ‘n geleentheid op 6 April 2016, waar jy meer inligting kan bekom, en besluit hoe / waar jy as vry-williger betrokke kan raak. Colour a life – maak ‘n verskil
MALAWI UITREIK
Almal wat op die Malawi uitreik wil gaan reser-veer solank 1-15 Julie vir die uitreik en stuur asb jul besonderhede na ds Willem of die sen-dingkantoor ([email protected] ). Alle belangstellendes word genooi om op Son-dagaand 13 Maart na die Koffiediens in die kerksaal byeen te kom.
Uitgawe 8/2016 Bladsy 7
Verjaarsdae Maart
Uitgawe 8/2016 Bladsy 8
Redakteur:
Naomi Scheepers
E-pos gerus enige voorstelle, idees of
bydraes na:
(Kritiek Welkom!)
Paasfees in die tuin! (Vanaf Do. 24 Mrt tot So. 27 Mrt) Paasprogram sluit in: Donderdagaand 18:00 Nagmaal in die tuin: Vrydagoggend
8:00 verootmoediging by die kruis en reiniging: Saterdagoggend 8:00 veroot-moediging by die kruis en salwing. Sondagoggend 9:00 opstandingsdiens. Al die gebeure (as die weer dit DV toelaat)– behalwe Sondagoggend se erediens, sal in die binnehof van die gemeentekompleks plaasvind. Die binnehof word spesiaal vir die doeleindes voorberei. U kan ook daar vertoef en bid geduren-de die dag.
Ons nooi jou om hierdie Paasnaweek’n spesiale kruisie om jou nek te dra ter herinnering aan Jesus se kruisiging en opstanding. Ons vra elke gemeentelid (kinders ingesluit) om hul kruisie te dra! Wanneer ons elkeen ‘n kruisie dra sal ons die boodskap van Paasfees soveel sterker kan verkondig!
Kom koop ‘n kruisie (vir net R10) by KruisMedia. KruisMedia is ons gemeente se eie boekwinkel(Ingang by die dubbel ysterhek naby die kerktoring). Kruis-Media is elke weeksdag oop vanaf 9:00-13:00 en Sa. vanaf 9:00-11:00 en Son-dae vir 20 minute lank na kerk.
Maak ‘n kruisie en skenk dit aan KruisMedia: Ons nooi enigpersoon om kruisies te maak van enige materiaal of middele. (Ons het reeds ‘n paar mooi kruisies ontvang!) Hierdie is ‘n lekker projek waaraan oud en jonk kan deelneem.
Simbole by jou huis: Ons nooi jou om vir hierdie Paasfees spesiale simbole, (soos bv. kruisies en kerse) in jou huis te plaas, sodat jou gesin spesiaal aan Jesus se kruisiging en opstanding herinner word.
Paasete by jou huis: Ons nooi jou om die Paassondag, ‘n spesiale (eenvoudige) middagete by jou huis vir jou gesin aan te bied waar julle Jesus se opstanding vier en herdenk. By die geleentheid vra ons die gesinshoofde om hul hand op elkeen in sy huis te plaas en te seën en ‘n gebed vir sy gesinslede te doen.