2
Mopanie-bye As daar EEN LASTIGE insek in hierdie land voorkom, dan is dit die mopanieby!!! Dit kom wel nie hier in die oostelike dele voor nie, maar in die weste en noorde, (ook in Botswana), daar waar mopanie groei. Hoewel BAIE bekend, is daar min bekend oor die klein angellose bytjie.........daar is nie eers sekerheid oor sy wetenskaplike naam nie! . Soos alle bye het dit vog nodig om heuning te produseer (kos vir die kleintjies), en die vog versamel dit uit warmbloedige diere (en mense) se neuse,ore, oe, selfs monde (as dit oopstaan). As van die bye 'n "prooi" gevind het, versprei die nuus VINNIG, en daar kom al meer en meer.Ons mense raak so ge-irriteerd, waai met ons arms, slaan en druk/vryf bytjies dood. DIE sterk reuk versprei vinnig en lok al meer bytjies aan. Sekere mense word meer gepla as ander, ek dink dit het te doen met die liggaamsreuk Nesingange wys na bo kraak toegemessel met was -, gom- en sandmengsel Interessant is hulle nesingange: dit is pypies of tuite wat in 'n kraak/spleet in die rots (partykeer ook mopaniestamme) lei. Die tuit word gemaak uit 'n mengsel van was, boomgom en is binnekant klewerig om vyande, soos bv. miere vas te trap. Die nes binnekant is uitgepleister met 'n soortgelyke mengsel (batumen en/of cerumen). Dit het twee kamers, een broeikamer en een vir heuningvoorraad. Bedags word die ingang bewaak, saans word dit met 'n prop gesluit. Interessant is ook die dreineringspyp van die nes, wat water aflei (bv. reenwater) uit die nes. (ongelukkig het ek nie n foto van n dreinerings pyp nie) bewaakte ingang

Mopanie-bye - Kyffhauser...Mopanie-bye As daar EEN LASTIGE insek in hierdie land voorkom, dan is dit die mopanieby!!! Dit kom wel nie hier in die oostelike dele voor nie, maar in die

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Mopanie-bye

As daar EEN LASTIGE insek in hierdie land voorkom, dan is dit die mopanieby!!! Dit kom wel nie hier in die oostelike dele voor nie, maar in die weste en noorde, (ook in Botswana), daar waar mopanie groei. Hoewel BAIE bekend, is daar min bekend oor die klein angellose bytjie.........daar is nie eers sekerheid oor sy wetenskaplike naam nie! . Soos alle bye het dit vog nodig om heuning te produseer (kos vir die kleintjies), en die vog versamel dit uit warmbloedige diere (en mense) se neuse,ore, oe, selfs monde (as dit oopstaan). As van die bye 'n "prooi" gevind het, versprei die nuus VINNIG, en daar kom al meer en meer.Ons mense raak so ge-irriteerd, waai met ons arms, slaan en druk/vryf bytjies dood. DIE sterk reuk versprei vinnig en lok al meer bytjies aan. Sekere mense word meer gepla as ander, ek dink dit het te doen met die liggaamsreuk

Nesingange wys na bo kraak toegemessel met was -, gom- en sandmengsel

Interessant is hulle nesingange: dit is pypies of tuite wat in 'n kraak/spleet in die rots (partykeer ook mopaniestamme) lei. Die tuit word gemaak uit 'n mengsel van was, boomgom en is binnekant klewerig om vyande, soos bv. miere vas te trap. Die nes binnekant is uitgepleister met 'n soortgelyke mengsel (batumen en/of cerumen). Dit het twee kamers, een broeikamer en een vir heuningvoorraad. Bedags word die ingang bewaak, saans word dit met 'n prop gesluit. Interessant is ook die dreineringspyp van die nes, wat water aflei (bv. reenwater) uit die nes. (ongelukkig het ek nie ‘n foto van ‘n dreinerings pyp nie)

bewaakte ingang

rotskraak met diverse pypies

Die rotskraak met die klomp pypies laat die vraag opkom: Is dit EEN nes met meer ingange/dreineerpype, of is dit verskillende neste langs mekaar? Tot nou toe het ek altyd slegs een nesingang (tuit) by een rotskraak gesien. Inboorlinge onderskei verskillende soorte bye volgens die kleur, geur en hoeveelheid van die heuning,die nesmaakplek en die vorm van die nesingang. Die heuning is glo BAIE LEKKER, maar dis maar min (my pa het beweer, ongeveer een teelepel vol per nes). Vir die kampeerders en toerders onder julle: Wat help teen die bye? 1. stilhou van hande (wag tot dit oor is), stop sneesdoekies in ore, hou mond toe 2. sigaretrook 3. party van die insekwerende vloeistowwe (Tabbard, Autan, buzzoff bv.) 4. trek net oor die kop (dit het hulle destyds in die weermag gedoen) Die "laer" diere, soos bv. insekte bestaan al BAIE LANK. Baie van hulle lewe in 'n

groepsverband, soos ook ons wat in groepsgemeenskappe saamlewe. Insekte wys tog ook vir

ons, dat elkeen in 'n groepsverband sy klein maar belangerike deeltjie moet bydra ten bate van

die hele groep.

Geld dit nie ook vir ons gemeenskappe nie? Inligtingsbronne: www.plantzafrica.com/plantcd.htm www.kiliweb.com/onana2.html (artikel uit African Insect Life by S.H.Skaife, revised edition by John Ledger) Insects of Southern Africa (Clarke H.Scholtz, Erik Holm) Dr.John Irish Teks en fotos: Anka Eichhoff

Augustus 2015