14
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 33 3 November 2016 Mnr. Willie UIT DIE HOOF SE KANTOOR Eksamen Met die eindeksamen voor die deur, glo ek dat elke leerder hard aan die studeer is. Beplan jou studieprogram deeglik. Baie sterkte vir die laaste “hekkie” van die jaar. Daarna ‘n heerlike vakansie! BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 7 Nov. Sport- en Kultuurtoekenningsaand: Gr. 4- tot gr. 6-leerders 7 Nov. Sport- en Kultuurtoekenningsaand: Gr. 4- tot gr. 6-leerders 7 Nov. Sport- en Kultuurtoekenningsaand: Gr. 4- tot gr. 6-leerders 9 Nov. Seniorkoor-afsluiting 8 Nov. Toekennings: Gr. 7- leerders 10 Nov. Juniorkoor-afsluiting 11 28 Nov. Eksamen: Gr. 4 gr. 7- leerders 28 Nov. Gr. 1- tot gr. 6-afsluiting 30 Nov. Gr. 7-afsluiting (Gold Reef City) 7 Des. Skool sluit om 11:00

Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 33 3 November 2016

Mnr. Willie

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Eksamen Met die eindeksamen voor die deur, glo ek dat elke leerder hard aan die studeer is. Beplan jou studieprogram deeglik. Baie sterkte vir die laaste “hekkie” van die jaar. Daarna ‘n heerlike vakansie!

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN

7 Nov. Sport- en

Kultuurtoekenningsaand:

Gr. 4- tot gr. 6-leerders

7 Nov. Sport- en

Kultuurtoekenningsaand:

Gr. 4- tot gr. 6-leerders

7 Nov. Sport- en

Kultuurtoekenningsaand:

Gr. 4- tot gr. 6-leerders

9 Nov. Seniorkoor-afsluiting 8 Nov. Toekennings: Gr. 7-

leerders

10 Nov. Juniorkoor-afsluiting 11 – 28

Nov.

Eksamen: Gr. 4 – gr. 7-

leerders

28 Nov. Gr. 1- tot gr. 6-afsluiting

30 Nov. Gr. 7-afsluiting (Gold

Reef City)

7 Des. Skool sluit om 11:00

Page 2: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

SKOOLGELD 2017

SKOOLGELD (GRAAD 1 TOT GRAAD 7): R17,200

Betalingsopsies: 1.1 ʼn Enkelbedrag van R16,160 is betaalbaar voor of op 30 November 2016. (Korting van R1 040). 1.2 ʼn Deposito van R2,350 is betaalbaar voor of op 30 November 2016 en die balans van

R13,990 betaalbaar in een bedrag voor of op 31 Januarie 2017. (Korting R860). 1.3 ʼn Deposito van R2,350 is betaalbaar voor of op 30 November 2016. Die balans van R14,850 is

betaalbaar in tien gelyke paaiemente van R1,485 voor of op die 7de van elke maand beginnende 7 Januarie 2017.

VOORSKOOLGELD (GRAAD R): R18,450

Betalingsopsies:

2.1 ʼn Deposito van R2,950 is betaalbaar voor of op 31 Julie 2016 en die bedrag van R14,390 betaalbaar in een bedrag voor of op 31 Januarie 2017. (Korting R1,110).

2.2 ‘n Deposito van R2,950 is betaalbaar voor of op 31 Julie 2016. Die balans van R15,500 is betaalbaar in tien gelyke paaiemente van R1,550 voor of op die 7de van elke maand beginnende 7 Januarie 2017.

NASKOOLGELD: R7,000

Betalingsopsies: 3.1 ʼn Deposito van R100 is betaalbaar voor of op 30 November 2016 en die bedrag van R6,480 betaalbaar

in een bedrag voor of op 31 Januarie 2017. (Korting R420). 3.2 ‘n Deposito van R100 is betaalbaar voor of op 30 November 2016. Die balans van R6,900 is maandeliks

vooruit-betaalbaar in tien gelyke paaiemente van R690 voor of op die 7de van elke maand beginnende 7 Januarie 2017.

REDAKSIE

Ek hoor onlangs weer iemand sê: “It’s not a sin, if you don’t get caught.” Rêrig? Is dit wat ons deesdae vir ons kinders leer? “Moet net nie uitgevang word nie!” Met ander woorde, “Wag tot iemand sy rug draai, dan doen jy wat jy wil, in plaas van om die regte ding te doen.”

Dis kommerwekkend om te sien hoe hierdie houding besig is om ons hele samelewing en ons morele waardes binne te dring. In die skool mag dit bloot as ‘n vorm van ongehoorsaamheid gesien word, bv. om te wag tot die onderwyser sy rug draai, voor jy die klasreël oortree. En onthou hier word nie onderskeid gemaak tussen die grootte van oortredings nie! Ongehoorsaamheid en skelm optrede is onaanvaarbaar in alle omstandighede, want waar trek jy die streep? By die afskryf van huiswerk, of die verklaring oor jou belasbare inkomste, of die meevallertjie wat jy gekry het om die ooreenkoms ter waarde van miljoene te sluit? Ek ervaar onlangs geskok hoe ‘n leerder my probeer omkoop (R200 offer) om sy punte te verhoog. Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort te behandel, met geld te probeer omkoop, is nogal kommerwekkend en uiters vernederend vir die opvoeder. Is dit wat leerders van hulle opvoeders se waardestelsels dink? So min? Of is dit iets wat so algemeen geraak het dat dit nie meer as ‘n oneerlike daad beskou word nie?

‘n Ander spreekwoord lui:” Integrity is determined by your behaviour when no-one is watching.” En DIT is wat ons kinders moet weet, want uiteindelik is net jy self aanspreeklik vir die dinge wat jy sê en dié wat jy doen wanneer niemand kyk nie. Leer hulle om te luister na die stemmetjie. Elkeen het een, al ignoreer sommige dit.

Erika

Page 3: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

3

AKADEMIE

Eksamenrooster: November 2016

Graad 4

Graad 5

Graad 6

Graad 7

Vr. 11 Nov. EBW

Ma. 14 Nov. Afrikaans Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Di. 15 Nov.

Wo. 16 Nov. NW NW NW (Common) NW

Do. 17 Nov. LO

Vr. 18 Nov. Wiskunde Wiskunde Wiskunde (Common) Wiskunde

Ma. 21 Nov. Engels Engels Engels (Common) Engels

Di. 22 Nov.

Wo. 23 Nov. SW SW SW SW

Do. 24 Nov.

Vr. 25 Nov. SK SK SK SK

Ma. 28 Nov. PSW PSW PSW Tegnologie

KULTUUR DANS- EN DRAMAKLASSE Die klasse is nou gestaak vir die jaar. Dankie aan al die leerders wat die klasse so getrou bygewoon het. Ons hoop julle het baie geleer, maar belangriker, dit baie geniet. Dankie ook aan juff. Liza en Adeline vir die dansklasse en Suné vir die lekker dramatye. Ons sal weer in 2017 begin met beide dans en drama by die skool en sal julle op hoogte hou oor die oefentye vir volgende jaar. Adeline Sauerman sal in 2017 al die dansklasse oorneem by juf. Liza wat ander verpligtinge sal hê in die nuwe jaar.

REVUE 2017 Volgende jaar is dit weer revue-tyd! Ons sien al klaar uit na al die opwinding van die revue wat in Mei 2017 sal plaasvind.

Fairland kunswedstryd Met ons eerste kunswedstryd agter die rug, gaan ons voort met die nuwe jaarlikse instelling. Dit sal weer in Augustus 2017 aangebied word. Hou vroeg volgende jaar die Vinkie dop vir nuus oor inskrywingsdatums.

SENIORKOOR

Belangrike datums 9 November - Afsluiting vir seniorkoor 2016 17:30

JUNIORKOOR

Oudisies 2017 Die oudisies vir die 2017 koor is nou afgesluit. Daar sal wel nog een rondte oudisies wees in Januarie vir nuwe leerders. Juniorkoor 2016 afsluiting: Donderdag 10 November op die rugbyveld van 14:00-15:30. Hoop om julle almal daar te sien. Kultuuraanhaling van die week

Erika Joubert

Page 4: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

4 TOEKENNINGSGELEENTHEDE Gr. 4 – 7

BELANGRIKE KENNISGEWING!!

Die toekenningsgeleenthede het ten doel om prestasies wat in 2016 deur leerders binne skoolverband

behaal is, te beloon. Derhalwe word sekere van die gr.4- tot gr.6-leerders uitgenooi om die sport- en

kultuurtoekenningsaande by te woon. Toekennings word aan die hand van Laerskool Fairland se norm

gemaak. Die norm is op ons webtuiste: www.lsfairland.co.za onder afdeling “reëls” te besigtig. Betrokke

leerders wat vanjaar na toekenningsgeleenthede uitgenooi word, het na afloop van die normvergadering

hul uitnodigings ontvang. Die akademiese toekenningsgeleentheid vir die gr.4- tot gr.6-leerders sal aan die begin van die

daaropvolgende jaar plaasvind sodat die akademiese prestasie oor al vier kwartale (promosiepunt) in ag

geneem kan word.

Gr. 7 se toekenningsgeleentheid vind op Dinsdag 8 November plaas, waartydens akademiese-, sport- en

kultuurtoekennings gemaak word. Alle gr. 7-leerders word versoek om die geleentheid by te woon.

Spesifieke tye rondom die toekenningsgeleentheid sal bekendgemaak word sodra die getalle gefinaliseer

is.

Maak asb. ‘n aantekening in u dagboeke vir Maandag 7 November vir gr.4- tot gr.6-

toekenningsgeleentheid en Dinsdag 8 November vir die gr. 7-geleentheid. Leanie Taljaard Koördineerder: Toekenningsgeleenthede

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017:

Potchefstroom: Netbal: o/11- tot o/13A- en B-spanne: 2 – 7 April 2017 Konka: Rugby: o/9A- & B-spanne: 27 – 29 Maart 2017 o/10A- & B-spanne: 30 Maart – 1 April 2017 o/11A- & B-spanne: 10 – 13 April 2017 1ste & 2de spanne: 3 – 6 April 2017

TENNIS Uitslae: Seniorseuns A-span Wen 46 – 35 teen Unika Verloor 47 – 34 teen Louw Geldenhuys Seniordogters A-span Wen 76 – 5 teen Crawford Lonehill

Seniordogters B-span Wen 41 – 40 teen TrinityHouse Randpark

Juniortennis: Rondomtalie (Seuns)

Die rondomtalie sal op die volgende dae plaasvind: Wedstryde begin stiptelik om 13:15

Vrydag 28 Oktober – Roger Federer Leerders mag tweede pouse aantrek.

Vrydag 4 November – Rafael Nadal Leerders speel in gewone klere.

Page 5: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

5

Opgedateerde inligting:

Rafael Nadal

4 November

Hadrian Divito

Jean Taljaard

Jean-Pierre Griesel

Josiah Stroh

Richard Smith

Jason Smith

Aiden Fourie

Ethan van Damme

Queon Ernst

Vincent Graham

Nader Nagdy

Seniortennis: Uitslae

Senior seuns A-span wen 64 -17 teen St. Stithians Senior seuns B-span wen 50 – 13 teen Louw Geldenhuys Senior dogters A-span verloor 53 -28 teen Jan Cilliers

KRIEKET

Uitslae

1ste-span wen met 26 lopies teen Louw Geldenhuys o/9A wen met 96 lopies teen BPMS o/10A wen met 7 paaltjies teen BPMS o/11A verloor met 22 lopies teen Unika

Spesiale vermelding: Reuben du Toit teken 121 lopies aan (1ste-span) Ethan Ceronio behaal ‘n driekuns (o/11A) Franco Roos teken 70 lopies aan (o/9A) Rico Vosloo behaal ‘n driekuns (o/9A)

Baie geluk aan die o/9A-, o/10A- en 1ste-krieketspanne wat deurdring na die ligafinaal van hulle onderskeie ouderdomsgroepe.

Gauteng-Noord Krieket

Baie geluk aan Fouché Maré (o/11), Uli Bronkhorst en Reuben du Toit (o/12) wat in die Gauteng-Noord krieketspanne in hul onderskeie ouderdomsgroepe ingesluit is.

MINI-KRIEKET

Uitslae:

Twee o/7- en twee o/8-mini-krieketspanne het verlede Donderdag by Randburg Sportgronde wedstryde gespeel. Albei o/7-spanne het verloor. Een o/8-span het verloor en een het gewen.

(Sien verdere inligting op School Communicator Bronne/Sport: Mini-krieket)

Oefentye:

Gr. 1: Maandag 13:35 – 14:15 Dinsdag 13:05 – 14:15 Gr. 2: Maandag 13:35 – 14:30 Dinsdag 13:05 – 14:30

Oefentye vanaf 14 November: 13:10 – 14:10 Maandae en Dinsdae

Onthou om die volgende saam te bring: Sonhoed, sonskerm, koue water en ‘n tennisbal en kolf wat duidelik gemerk is.

Page 6: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

6

Wedstryde: Vind plaas op Donderdae vanaf 14:00 – 16:00 Randburg-sportgrond.

3, 10, 17 & 24 November

Krieketoefentye vir gr. R-leerders (o/6) Dinsdag en Woensdag – 13:10 tot 14:10 MIDDELAFSTANDE Oefentye Maandag, Dinsdag en Woensdag: 15:45 – 17:00 Donderdag: 15:00 – 16:00 Vrydag: 13:00 – 14:00 Gr. 3 - tot gr. 6 - leerders word uitgenooi om saam te kom oefen. Maak verskoning by mnr. Jordaan as jy nie kan kom oefen nie. ATLETIEK Geen verdere oefeninge hierdie jaar. ‘n Oefenprogram is op die School Communicator onder Bronne / Sport: Atletiek gelaai sodat atlete oor die vakansietyd kan oefen.

INLIGTINGSENTRUM

Dis tyd om 2017 se nuwe medialeiers en leesklubleiers te kies. Daar was ‘n totaal van 84 aansoeke! Ons kan ongelukkig nie almal akkommodeer nie, al sou ons so graag wou. Hier is ‘n paar van die redes hoekom die leerders medialeiers en leesklubleiers wil wees:

“Die mediasentrum is een van my gunsteling plekke om te wees. Dis altyd so vrolik daar! – Cayla van Rooyen.

“Ek hou regtig baie van lees en wil graag ander kinders aanmoeding om ook te lees”- Andries de Kock. “Ek wil hê dat boeke met respek behandel word en sal daarom sorg dat my rak altyd netjies is” – Jessica Goosen.

“Boeke is die fontein van wysheid” – Ezaan Husselmann

“Lees maak my kreatief en help met my spelling” – Isabella du Toit

“Ek droom al van gr.1 om eendag ‘n medialeier te wees” – Melia Jordaan

Sterkte aan almal. Die keuringsproses behoort spoedig afgehandel te wees.

Leesgroete

Juf. Dalene

Page 7: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

7

ALGEMEEN

VERE-KAS

Ek wil graag n vriendelike versoek rig aan almal om asb. te kom kyk na verlore KDA-baadjies en fleece-tops.

Die wat teen die einde van die jaar nie afgehaal word nie, gaan gewas word om verkoop te word.

Die Vere-kas sal tydens die eksamen alleenlik op die volgende oggende oop wees.

Ma. 14 Nov., Wo. 16 Nov., Vr. 18 Nov., Ma. 21 Nov., Wo. 23 Nov., Vr. 25 Nov. en Ma. 28 Nov.

Die Vere-kas sal van 8:30 - 10:00 oop wees die dag voor die skool sluit, indien iemand wil kom voorraad kry vir volgende jaar. Dan sal die Vere-kas ook oop wees volgende jaar op die Maandag en Dinsdag voor die skool begin, van 8:30 - 10:00.

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034

FOTOBESTELLING

Bestellings vir Gr. R-gradeplegtigheidfoto’s sluit Vrydag 4 November 2016. Sport- en kultuur- fotobestellings sluit Vrydag 11 November 2016.

Stuur asb. so gou moontlik die bestellings in. Geen laat bestellings sal aanvaar word nie.

Juf. Elize

DIE VOORTREKKERS

Voorslag leeslys

Die Voorslagtoekenning is die hoogste toekenning wat ‘n voortrekker gedurende sy of haar Laerskool Loopbaan kan verwerf. ‘n Hele jaar word spandeer aan die voorbereiding vir die toetskamp wat 9 September 2016 plaasgevind het. Op hierdie kamp word die voortrekkers op praktiese wyse ge-evalueer. Hulle word nie net op voortrekkerwerk, soos knope, kampering en noodhulp getoets nie, maar ook hulle landsgeskiedenis en leierskapeienskappe word ge-evalueer.

Vir enige voortrekker is dit ‘n groot eer om die voorslagkenteken op te kan dra.

Die volgende voortrekkers het die voorslagkenteken verwerf:

André Joubert – Silwer Cameron Gelderblom – Brons

Dillon van Rooyen - Brons Gerhard de Kok – Goud Heinrich Pieterse – Silwer Jaändre Pretorius – Brons

Kyla Saayman - Silwer Rheinard Ferreira – Goud Stefan du Plooy – Goud Wayne Boshoff – Silwer

WAT GEBEUR WAAR?

Ons fontein in die sirkel moes plek maak vir – is dit nou ‘n fort, trunk of put? Wel nie een van die drie nie.

Die klok gaan lui, deurtjies gaan oop en toe en wie weet wat wat nog vir ons?

Tradisie op tradisie. Lekker tye wat kom!

Hou hierdie spasie, of moet ek sê sirkel, dop!

Page 8: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

8 GR. R: UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Die maatjies in elke gr.R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak.

Gr. R/07: Markus Bensch Gr. R/08: Valjea le Roux Gr. R/09: Mieke Jonker Gr. R/10: Luko Nieuwenhuizen Gr. R/11: Carla Haasbroek Gr. R/11A: Ethan Duvenhage

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/18: Marku Venter Gr. 1/22: Chanel Calitz Gr. 1/24: Kara van der Merwe Gr. 1/25: Henri Knobel Gr. 1/26: De Wet le Roux Gr. 1/27: Landru Botha Gr. 2/14: Gustav Vorster Gr. 2/15: Brigitte Robinson Gr. 2/16: Milan J van Rensburg Gr. 2/17: Nina Nieuwoudt Gr. 2/21: Daniela Brown Gr. 2/23: Ewan van der Walt

Gr. 3/12: Nadia Swart Gr. 3/13: Niandré du Preez Gr. 3/28: Emma Groeneveld

Gr. 3/29: Mia van der Merwe Gr. 3/45: Mila Viljoen Gr. 3/46: Lené Visagie

GOEIE GEDRAG

Gr. 1/26 Adrian Nel Gr. 4/49 Lea Booyens en Inge Schoeman BIDGROEPIE

Kom bid lekker informeel en vinnig saam as jy klaar kinders afgelaai het op ‘n Woensdagoggend. (7:30 -8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid.

Vir enige inligting, sms Kirsti 083 463-6600.

TOUCH RUGBY

Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns

welkom.

RUGBYRAAI 2016

Die wenners van die rugbyraai vir die Curriebekerfinaal tussen die Cheetahs en die Bulle, is soos volg:

1ste prys (skaaplam) - Lielie Visagie 2de prys (2kg droëwors) - Jaco Pretorius 3de prys (1kg biltong) - Dirk Franck, Chantelle Spangenberg, G. Diedericks, Michael Holmes en Annelien Lombard. Al die wenners hierbo het die korrekte telling gehad en dus het daar ‘n trekking plaasgevind.

Bogenoemde persone sal telefonies gekontak word om reëlings te tref rakende die afhaal van hulle pryse. Die leerder wat die meeste lootjies verkoop het, is Alexa Steyn in gr. 6/4 en sy ontvang ‘n kontantprys ter waarde van R250. Die klas van me. Debbie de Villiers, gr. 6/04, het die meeste lootjies verkoop en hulle gaan pizzas geniet. Die graad wat die meeste kaartjies verkoop het, is gr. 3 en hulle kry elkeen ‘n gratis roomys.

Baie geluk aan al die wenners en dankie vir elkeen se ondersteuning.

Ebbe le Roux Adjunkhoof

Page 9: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

9

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

SWEM

Galadatums: Vrydag 4 November

Ons swemspan het verlede Vrydag aan ‘n swemgala deelgeneem by TrinityHouse Randpark waar hulle 3de geëindig het uit die 5 deelnemende skole.

NEA Showcase

Gr. 2 Eben van Graan Afr Monoloog Item- en kategoriewenner

Gr. 3 Jessica Janse van Rensburg Afr. Monoloog Item- en kategoriewenner

Baie geluk aan albei van julle!

SATCH

Baie geluk aan Juan van der Merwe in gr. 5 wat 4 silwermedaljes verwerf het.

Hoërskool Monument Eisteddfod

André van Graan, gr. 6, is aangewys as afdelingswenner in die afdeling: senior primér gr. 6 klavier.

Baie geluk André!

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL Lentetyd is hier - kom vul die atmosfeer met musiek!! Resonanze Project Musiekskool bied musieklesse aan te kies en keur - blokfluit, klavier, kitaar, viool, dromme, sang en musiektegnologie. Kontak Cindy 081 351 7491 of [email protected]. FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected]

SKAAPTJOPS!!

Smaaklike, vars Vrystaat lamsvleis te koop teen R80.00 per kilogram. Opgesny en verpak na u bestelling. Heel of halwe lam. Navrae – Tinus de Wet [email protected].

TE KOOP

Ek het vier houtrame grootte (breedte .560 x 1.430) en drie aandrokke – kan my kontak as iemand

belangstel - pryse onderhandelbaar. Louisa van Rensburg - 083 455 4606

A CHRISTMAS STORY

Invitation to our free Walk-Through Living Nativity Event. Bring the whole family and experience the live sights and sounds of the Christmas Story! DATES: 9 – 11 December TIMES: Anytime between 18:30 and 20:30 (Guided tours will leave every few minutes) NO CHARGE (a tuckshop will be available) Honeyridge Baptist Church: Corner of Beyers Naude and Eastwood Ave, Randpark Ridge For further info: 011 795 3251 / [email protected]

Page 10: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

10

RUIM HUIS TE HUUR IN FAIRLAND Loopafstand vanaf Laerskool Fairland. Beskikbaar vanaf 1 Desember 2016. Drie slaapkamers; 3 badkamers; familiekamer; sitkamer; eetkamer; studeerkamer; kombuis met opwaskamer; dubbelmotorhuis; bediendekamer met badkamer; lapa; gekonnekteerde sekuriteit, internetverbinding. Skakel 082 449-6143 indien u belangstel.

RAY'S SCHOOL SHUTTLE

Ensuring safe and reliable transport. Professional and caring service, run by a Mom. Servicing areas in Northcliff, Fairlands, Cresta for school shuttle. Also offering transfer services for groups (hiking, outings, etc.) Local courier services.

Contact Ray for bookings, rates and routes on 0763066171 and [email protected]

Page 11: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

11

Page 12: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

12

Page 13: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

13

Page 14: Mnr. Willie - WordPress.com · 2016. 11. 4. · Dalk as ‘n grappie bedoel, maar die feit dat hy gedink het dis aanvaarbaar om ‘n opvoeder wat hy met respek behoort ... Senior

14