12
1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Die Kandelaar –12 November 2017 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134 E-pos: [email protected]. WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is ROOIKERK-EREDIENSTE Tema: Insluiting Vandag 09:00 Ds Barnard Steyn Teks: Lukas 24 Tema: Welkom hier! Deurkollekte: Kollekte vir Carpe Diem 09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Afsluiting Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe 18:00 Carel Teks: Efesiërs 2 Tema: Luisterdiens 19:15 Leiersraadvergadering Sondag 19 November 09:00 Roepingsfees en 18:00 Kerssangfees 09:00 Carel (Nagmaal) Tee vir nuwe lidmate net na die oggenderediens. 18:00 Carel

Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: Woensdag Sondaerooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Kandelaar-12... · 2017. 11. 12. · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum 09:00 e

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Die

    Kan

    del

    aar –1

    2 N

    ove

    mb

    er 2

    01

    7

    Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

    Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134

    E-pos: [email protected].

    WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:

    Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00

    Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

    Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is

    ROOIKERK-EREDIENSTE Tema: Insluiting

    Vandag

    09:00 Ds Barnard Steyn

    Teks: Lukas 24

    Tema: Welkom hier!

    Deurkollekte: Kollekte vir Carpe Diem

    09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk

    10:15 Afsluiting Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe

    18:00 Carel

    Teks: Efesiërs 2

    Tema: Luisterdiens

    19:15 Leiersraadvergadering

    Sondag 19 November

    09:00 Roepingsfees en 18:00 Kerssangfees

    09:00 Carel (Nagmaal)

    Tee vir nuwe lidmate net na die oggenderediens.

    18:00 Carel

    mailto:[email protected]:[email protected]://www.rooikerk.co.za/http://www.rooikerk.co.za/

  • 2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    SIEKES

    Kom ons bid vir ons siek mense in die gemeente - vir dié op die lys asook vir die wat nie hier gelys is nie.

    Ons dink veral baie aan Nic Schmidt, 072 209 3789 en gesin. Nic is tuis baie siek met kanker. Ons bid vir hulle vir wysheid en baie liefde vir hulle tyd saam as gesin.

    Sea Scholtz is tans in Rosepark-Hospitaal. Sy het ʼn rugoperasie ondergaan.

    Martin Scholtz is in Medi-Clinic opgeneem. Hy het ook nou kanker in sy lewer.

    Bennie Groenewald herstel na ʼn groot rugoperasie.

    Inus van Rensburg is in die hospitaal opgeneem.

    NUWE LIDMATE - BAIE WELKOM!

    Besoekers en nuwe lidmate, kom ontmoet die Nuwelidmatespan ná

    die erediens by die Inligtingsentrum.

    Alle nuwe lidmate word uitgenooi om na die oggenderediens

    op Sondag

    19 November ʼn heerlike koppie tee te

    kom geniet.

    VERJAARDAE

    Baie geluk aan elkeen wat hierdie week

    verjaar. Mag die Here julle ryklik seën:.

    12 Okt Anneke Dippenaar Theuns Kruger 0792277166 Beatrice Olivier 0833807019 13 Okt Estelle du Rand 0833042344 14 Okt Willie Botha 0764570741 Aletta Kellerman 0823508826 Font Stander 0515229457 Henk Steyn 0828049488 15 Okt Jeffrey Dowd 0721351906 Marlize Pretorius 0766006483 Elreza Vorster 0832624139 16 Okt Marelize Visser 0833817971 17 Okt Hanna-Mari de Kock 0515221683 Pieter Pretorius 0827730409 Elize Scholtz 0515221748 Amoré Van Wyk 0515225647 18 Okt Frikkie Calitz 0833819656 Rouxbaix Steenkamp

    SIEKES (VERVOLG)

    Jozé Ebing gaan Maandag weer vir ʼn operasie by Rosepark-Hospitaal.

    Phillip Strauss is in Netcare-Hospitaal.

    Die volgende persone is tuis maar het steeds baie voorbidding nodig:

    Robert Crowther ontvang tans kankerbehandeling

    Dyna Crowther sterk tuis aan.

    Ria Koen

    Mauritz vd Heever

    Theunis Boshoff

    tel:+27%2079%20227%207166tel:+27%2083%20380%207019tel:+27%2083%20304%202344tel:+27%2076%20457%200741tel:+27%2082%20350%208826tel:+27%2082%20804%209488tel:+27%2072%20135%201906tel:+27%2076%20600%206483tel:+27%2083%20262%204139tel:+27%2083%20381%207971tel:+27%2082%20773%200409tel:+27%2083%20381%209656

  • 3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Liewe gemeente in Jesus Christus,

    Hierdie tyd van die jaar is dit weer tyd vir die insameling van die 10de-maanddankoffers. Ons bedink in hierdie tyd die volgende oor God:

    1. God gee ons alles en alles is eintlik dus God s’n – ook dit wat ek verdien en ontvang.

    Psalm 24 stel dit mos duidelik: Die aarde en alles daarop behoort aan die Here. Dis mos Hy wat my die energie gee om te werk en wat my vertrou met wat Hy my gee.

    2. In die Ou Testament was daar die offers van die eerstelinge en die tiendes. Daarmee het die Here dus dit aan ons duidelik gemaak dat die eerste en die laaste een van alles die bewys is dat ek alles van Hom af ontvang: Syne is nr 1..2..3……8..9..10.

    3. As Hy dus van ons ʼn tiende deel vra, is dit eintlik ‘n geloofsoffer wat Hy vra waarmee ons in geloof gee en Hom dus ten volle vir alles vertrou.

    Maar ons offertyd in Oktober vertel ook iets oor ons:

    1. God vertrou ons met Sy besittings en stel ons aan as rentmeesters en bestuurders. As ʼn sakeman sien dat sy bestuurder nie goed werk met wat hy aan die bestuurder toevertrou nie, is daar selfs ʼn kans dat hy aan die bestuurder minder sal gee waarmee hy hom kan vertrou.

    2. ʼn Dankoffer is dus ʼn manier hoe dat ek God vertrou omdat Hy my vertrou.

    3. Om vir God met my hele hart, my hele siel en my hele verstand lief te hê (Matteus 22), sluit letterlik alles in.

    Maar offertyd laat ons ook weer luister na die konteks waarbinne ons lewe:

    1. Natuurlik word ons almal geraak deur laer rentekoerse (vir hulle wat op hulle rente staatmaak vir inkomste en tot voordeel van hulle wat skuld het!!) en hoër brandstofpryse.

    Dit raak natuurlik die gemeente ook.

    2. Verder raak die nood as gevolg van bogenoemde natuurlik al hoe groter. En omdat kerk-wees in die wêreld geleef word en die groei van die kerk in die wêreld lê, kan ons nie die konteks bedien en ʼn verskil maak aan mense se lewens as daar nie ook maar die nodige fondse is nie.

    3. Ja, ons is mos ʼn gestuurde gemeente met ʼn koninkryksvisie!!!

    Baie dankie vir julle offervaardigheid. Mag die Here jou seën sodat jy ander kan seën. Die Here is getrou om ons te versorg. Ons eer Hom daarvoor.

    Namens die leraars en leiersraad.

    Universitas-Wes

    Nota: 10de-maanddankoffers word opgeneem tot einde van

    die jaar.

  • 4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    16 November

    1 Dag-Stilwees-retraite

    Ons ontmoet mekaar 08:30 by Botaniese tuin se hek. Dit duur tot ± 16:00. Bring jou Bybel, notaboek, kospakkie en geld vir toegang en koffie. Bevestig

    asb by Carel 0828217600 as jy saamkom.

  • 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    September, Oktober en November se spesiale koevertinsameling gaan

    vir

    Tiendemaanddankoffers - vir ons drie Gestuurde

    Uitdagings.

    Gebruik die ekstra koevertjie by die deur, benewens jou normale

    dankoffer.

    Diensgroep vir Finansies Ons is steeds op soek na ʼn

    suurstofmasjien. Kontak Carel indien jy kan

    help.

    Daar word dringend gesoek na verblyf, enkelwoonstel of

    bachelorwoonstel, vir ʼn enkeldame vir plus minus

    R2000 per maand. Kontak asb vir Carel as u weet van so

    iets

    GEMEENTEKAMP – 9-11 FEBRUARIE

    Hier is solank die tariewe vir die gemeentekamp.

    Opsommend is daar verskeie opsies:

    Luimensopsie – R500 per persoon vir die naweek ('Backpackers', kommune- of

    stalverblyf, kos en zip-wire-aktiwiteit ingesluit).

    Veldmensopsie - R400 per persoon vir die naweek (kampverblyf, kos en zip-

    wire-aktiwiteit ingesluit).

    Armmensopsie – R100 per persoon vir die naweek (kampverblyf ingesluit).

    Alternatiewelik kan elkeen self bespreek en ʼn opsie kies wat by jou

    leefstylbehoeftes pas. Enige terugvoer of vra is welkom.

    Groete Shaun 083 500 7155

  • 6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Dié Diensgroepe benodig die volgende leiers:

    1. Ondersteuningsdiensgroep.

    2. Diensgroepleiers: Kuns- en Dramadiensgroep.

    3. Luisterspan

    4. Persone wat instrumente kan bespeel.

    5. Hospitaalspan.

    6. Omgewingdiensgroep

    Wil jy nie asseblief hieroor gaan bid en as die Here dit op jou hart lê, vir Carel (0828217600) of Riana in die kerkkantoor (0515222547) skakel nie?

    *******

    Die Kommunikasie- en Bemarkingsdiensgroep is dringend op soek na mense met 'n passie vir tegnologie en sosiale media om deel te word van ons dinamiese span. (Veral "content management" vir die website).

    Opleiding word voorsien!!!! Gee jou naam op na die diens by die inligtingstoonbank of stuur jou besonderhede aan [email protected].

    Indien jy op Kersdag alleen is en die behoefte het om saam te kuier met iemand, kan jy gerus jou naam en selfoonnommer by die Kerkkantoor

    opgee.

    Indien jy op Kersdag vir so ʼn persoon sou wou omgee, meld asb ook aan by die Kerkkantoor.

    Baie dankie!

    mailto:[email protected]

  • 7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Gebedsbediening “Handevattend met die wêreld en gegryp in die hart voor God, is die kerk ʼn sigbare demonstrasie van hoop in ʼn veranderende wêreld.” Hoe lees ons die Bybel? - Jan van der Watt en ander.

    Hilda 083 732 1025

    Die volgende word dringend benodig vir persone in nood. Indien jy kan help, sal dit baie waardeer word en kan dit by die Kerkkantoor afgegee word:

    * handdoeke * dubbelbed lakens * enige klere vir 'n skraal 9-jarige seuntjie

    ********

    ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP benodig dames [en manne] wat weer sal help met die brei/hekelprojekte vir 2018. Skenkings van enige oorskietwol hiervoor sal ook waardeer word. Kontak Marie 084 500 1729 vir enige verdere inligting.

    On

    der

    steu

    nin

    gsd

    ien

    ste

    CHOC-huis het u hulp nodig. Hulle benodig ongeveer 25 kg margarine en 75 liter langlewemelk. Hulle gebruik dit vir kospakkies as die kinders hospitaal toe gaan vir behandeling, chemo of bestraling, met die vervoer van die kinders na 'n ander hospitaal en met die lang reis huis toe. Dan is daar altyd ietsie om te eet vir middagete.

    Wil jy nie graag 'n onderneming maak om iets van bogenoemde maandeliks saam met jou kruideniersware vir die kinders te kry en kerk toe te bring nie?

    Kontak asseblief die Kerkkantoor vir meer inligting.

    Persone moet asseblief die volgende vermeld:

    Telefoonnr – vir maandelikse herinnering en dalk 'n inligtingsbrokkie van CHOC-huis.

    Wat en hoeveel gaan die persoon elke maand by Kerkkantoor of inligtingstoonbank besorg voor die eerste van elke maand.

  • 8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    NG KERK UNIVERSITAS-WES ROOIHARTMARK

    Op 10 Desember 2016 is die eerste Rooihartkersmark gehou en dit was 'n reusesukses. Op Sondag, 5 Maart 2017, het die Leiersraad toestemming gegee dat die Rooihartkersmark 'n jaarlikse instelling mag word. Die doel van die Rooihartmark bly liefdadigheid – spesifiek vir lede van die gemeente wat 'n helpende hand nodig het.

    Die Mark word gehou op Saterdag, 9 Desember 2017. Moet asseblief nie huiwer om my te kontak nie sou u enige vrae het of enige verdere inligting benodig.

    Lizelle de Reuck ([email protected]/ 082 974 1550).

    Bid saam vir die #42 land op die Geopende Deure se

    Wêreldwaarnemingslys – Comore Die Comore se grondwet verklaar dat (Soennitiese) Islam die staatsgodsdiens is, maar ook dat almal die reg het tot sy/haar eie godsdiens en dat hul aanbidding gerespekteer moet word. In die samelewing, is daar ʼn toenemende element van radikale Islamitiese neigings op die eilande, ten spyte van ʼn positiewe neiging in die rigting van die bevordering van demokratiese beginsels. Sommige wetlike bepalings vir godsdiensvryheid bestaan, maar dit is meer op buitelanders gerig as op plaaslike Christene. Om iemand te werf vir enige ander geloof, behalwe Islam, is onwettig. Bekeerlinge kan deur die wet vervolg word, en Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond staar ernstige diskriminasie vanaf die Moslem-meerderheid in die gesig. Radikale geleerdes, plaaslik bekend as “Djaulas”, baie van wie oorspronklik vanaf Pakistan kom, is besig om op strenger sjaria-reëls in die land aan te dring.

    https://www.opendoors.org.za/afr/vervolgde_christene/wereldwaarnemingslys

    https://www.opendoors.org.za/afr/vervolgde_christene/wereldwaarnemingslys

  • 9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Soos julle dalk al verneem het, wil ons graag ʼn koffietafelboek genaamd ROOKERKSTORIES uitbring.

    Die doel van die boek is om getuienis en stories te versamel vanuit die gemeente, maar ook om bietjie te kyk waar ons as gemeente vandaan kom.

    Hierdie is ‘n projek deur die gemeente vir die gemeente en ons het julle hulp nodig, deur die volgende vir ons te stuur of te doen:

    Staaltjies en gebeure van toeka tot nou

    Inspirerende stories

    Getuienis

    Foto’s:

    Ou foto’s

    Foto’s van toe die kerk gebou is

    Gebeure by die kerk

    Bekende mense wat dalk hier was

    Ou basaarfoto’s

    Ou kerkraadfoto’s, ens.

    Ou Kandelare

    Kerkbodes waarin ons gemeente genoem is

    Koerantberigte van ons gemeente of mense in ons gemeente

    Bouplanne

    Enigiets anders wat jy dink deel is van die kerk en ons uniek maak of wat jy graag wil hê mense moet oor 40 jaar nog onthou en nostalgies oor terugdink. Wat maak jou nostalgies en sentimenteel oor die Rooikerk?

    Geskiedenis van die gemeente

    Inligting rakende Striata en hul inskakeling by ons gemeente.

    Foto’s van Striata

    Basies enigiets van 1970 tot nou.

    Dalk ken jy mense wat in die gemeente was, maar getrek het, wat dalk inligting vir ons het. Gaan kuier by hulle!

    Gaan loer deur oupa en ouma se fotoalbum of gaan gesels met die buurtannie wat jy weet al 47 jaar met die gemeente saamkom.

    Enige dokumente/foto’s ens kan by die kerkkantoor of inligtingstoonbank afgegee word.

    Rooikerkstorieboek

  • 10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Die Vineyard-gemeente in Rocklands wil met ʼn sopkombuis begin om armoede en hongersnood te verlig.

    Ons sou kon hulp verleen in die vorm van bestanddele, groot kastrolle, lepels, sopbakkies, stoele om by die tafels te sit, ens. Die nood is ook groot vir klere en ook om mense te help klere maak. Materiaal, wol en ander benodigdhede is meer as welkom.

    As jy ook iets kan bydra vir die vestiging van ʼn crèche (soos bv. speelgoed of enigiets wat in ʼn crèche gebruik kan word).

    Skakel die kerkkantoor (0515222547) as jy dalk op ‘n manier kan help. Baie dankie.

    PLAAS ALLE ITEMS ASB IN ‘N KOEVERT EN MERK DIT “ROOIKERKSTORIES”.

    MAAK OOK ASB SEKER JOU NAAM, VAN EN KONTAKNOMMER VERSKYN OP DIE KOEVERT.

    Alles sal mooi bewaar word en weer aan eienaar terug besorg word.

    Alternatiewelik kan elektroniese dokumente/foto’s gestuur word aan: [email protected] . Maak ook asb seker dat jou naam en van in die epos verskyn.

    As jy wil deel word van hierdie projek, ʼn idee het om die projek te verbeter ens. of dalk ʼn kontak het in die druk-/uitgewerbedryf, laat weet ons asseblief.

    Kontak asb vir Maatje by 073 666 8396 (Whatsapp ook welkom).

    Alle dokumentasie/foto’s en inligting moet teen 31 Jan 2018 by ons wees! (Dit gee julle die hele Desember om by die familie foto’s en inligting te kry).

    mailto:[email protected]

  • 11 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Sondag 12 November

    Erediens. Roelf. Tema: Gekoop en betaal. Teks: 1 Korintiërs 6:15-20 [vergelyk ook 1 Korintiërs 3:16].

    Dinsdag 14 November

    Saalbybelstudie. Roelf. Tema: Die gelukkiges, die meer gelukkiges en die werklik gelukkiges. Teks: Matteus 5:3-12.

    Sondag 19 November - Nagmaal.

    Erediens Roelf. Tema: Die geseëndes van die Here. Teks:Matteus 5: 1-12.

    Diensbeurt: Alta Coetzee.

    Ons verjaarsdae... baie geluk!

    Sondag 12 November Jan Coffee AV9

    Sondag 12 November James Schoeman H115

    Dinsdag 14 November Stienie Schutte VE

    Dinsdag 14 November Susan Stevens H128

  • 12 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

    Siekes vir wie ons kan bid Santjie Bester van H87 is in Netcare-Privaathospitaal. Dit gaan goed.

    Amanda Gous van NW18 is baie siek met kanker in Medi-Clinic.

    Rina Stannard van NW36 is in Care Cure vir rehabilitasie.

    Rina le Roux van H97 is tuis en dit gaan goed.

    Medelye

    Marie Joubert van Westerbloem se dogter Mariëtte is Sondag oorlede. Marie du Toit van Striata se dogter Annatjie is Dinsdag oorlede.