17
LYS VAN VERBODE PLAAGDODERS EN PLAAGDODERWAAKLYS Weergawe 1.0

LYS VAN VERBODE PLAAGDODERS EN PLAAGDODERWAAKLYS - … · ten einde menslike gesondheid en die omgewing te beskerm. Versteuring wat tot ineenstorting van by-kolonies aanleiding gee

  • Upload
    others

  • View
    69

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

LYS VAN VERBODE PLAAGDODERS EN PLAAGDODERWAAKLYS

Weergawe 1.0

www.utz.org 1

Afskrifte van hierdie dokument is beskikbaar in elektroniese formaat op die

UTZ-webwerf:

https://www.utz.org

Rig asseblief u kommentaar of voorstelle aan:

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

Of per gewone e-pos aan:

UTZ

Standard and Certification Department

De Ruyterkade 6 bg

1013 AA Amsterdam

Nederland

© UTZ 2015 Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder volle erkenning gereproduseer, in 'n stelsel vir herwinning gestoor of in enige vorm of op enige wyse – hetsy elektronies, meganies of by wyse van fotokopiëring – versend word.

www.utz.org 2

Afkortings

EPA Environmental Protection Agency (Omgewingsbeskermingsagentskap) EU Europese Unie GHS Globally Harmonized System (Wêreldwyd-geharmoniseerde stelsel) HHP Highly Hazardous Pesticides (Hoogsgevaarlike plaagdoders) ISEAL Alliance International Social and Environmental Accreditation and Labelling Alliance

(Internasionale Alliansie vir Sosiale en Omgewingsakkreditasie en Etikettering)

PAN Pesticide Action Network (Plaagdoder-aksienetwerk) PIC Prior Informed Consent (Vooraf-ingeligte toestemming) POP Persistant Organic Polutant (Volhardende Organiese Besoedelstof) UNEP United Nations Environmental Program (Verenigde Nasies

Omgewingsprogram) WHO World Health Organisation (Wêreldgesondheidsorganisasie)

Omskrywings Aktiewe bestanddele Die chemiese bestanddeel of komponent in ʼn plaagdoder wat die pes kan

doodmaak, afweer, aantrek, die pes se effektiwiteit verswak of dit andersins beheer (in teenstelling met chemies onaktiewe bestanddele soos water, oplosmiddels, emulsifiseerders, dryfmiddels, kleefmiddels en klei.)

Bio-kumulatief Kenmerkend van middels wat in vetweefsel opbou en wat geneig is om tot baie hoër konsentrasies in mense en in ander organismes op te bou. Sulke middels is ook meer geneig om oor te dra en te vermeerder soos dit hoër op in die voedselketting beweeg.

CAS-nommer 'n Unieke numeriese identifiseerder wat deur die Chemical Abstracts Service ('n afdeling van die American Chemical Society) gebruik word om elke chemiese middel te spesifiseer.

Endokriene steuringschemikalieë

Chemikalieë wat teen sekere dosisse met die endokriene (of hormonale) stelsel van soogdiere kan inmeng. Hierdie versteurings kan probleme met verskeie liggaamsfunksies veroorsaak.

Geïntegreerde Pesbestuur

ʼn Ekosisteem-benadering tot gewasverbouing en -beskerming wat verskeie bestuurstrategieë en -praktyke kombineer om gesonder gewasse te produseer en die gebruik van plaagdoders tot die minimum te beperk.

Globally Harmonized System (GHS) - Wêreldwye-geharmoniseerde stelsel

Die stelsel, geskep deur die Verenigde Nasies wat in 1992, wat klassifikasie van chemikalieë volgens gevaartipes aanspreek. Hierdie stelsel stel voor dat geharmoniseerde kommunikasie oor gevare , insluitende etikette en inligtingstukke wat veiligheidsinligting bevat, gebruik word. Dit het ten doel om te verseker dat inligting oor fisiese gevare en giftigheid van chemikalieë beskikbaar is ten einde die beskerming van menslike gesondheid en die beskerming van die omgewing te versterk wanneer hierdie chemikalieë gehanteer, vervoer en gebruik word.

Goeie Landboupraktyk Praktyke wat omgewing-, ekonomiese- en sosiale- volhoubaarheid vir op-die-plaas- en na-produksieprosesse aanspreek, en wat verseker dat landbouprodukte wat veilig en van hoë gehalte is .

Highly Hazardous ʼn Plaagdoder wat deur internasionaal aanvaarde klassifisering-stelsels soos die

www.utz.org 3

Pesticides (HHP) - Hoogsgevaarlike plaagdoders

WHO of GHS of deur hulle lyste in relevante en bindende internasionale ooreenkomste of konvensies, bekend is om uitsonderlike hoë vlakke van akute of chroniese gevaar vir gesondheid en die omgewing in te hou.

Hoogsgiftig vir bye Plaagdoders wat deur die EPA in laboratoriums getoets is en wat (teen 'n lae blootstelling) ‘n hoë sterftesyfer onder bye veroorsaak.

Internasionale konvensie

'n Openbare internasionale verdrag of stel ooreenkomste. Dit verbind alle partye (soewereine state) daartoe om die ooreenkomste te respekteer.

ISEAL Alliance

'n Vereniging met wêreldwye lidmaatskap, wie se doelwit is om die stelsel vir volhoubare standaarde te versterk tot voordeel van mense en die omgewing.

Karsinogenies Enige middel of agent met ‘n hoë waarskynlikheid om kanker te kan veroorsaak.

Mutagenies Enige middel of agent wat daartoe in staat is om mutasie te veroorsaak of die spoed van mutasie te verhoog.

Mutasie Die onomkeerbare verandering van ‘n individu se genetiese kode.

Osoonlaag Gas wat natuurlik voorkom 15 tot 30 kilometer bokant die Aarde, en wat die Aarde beskerm teen die son se skadelike ultraviolet B-uitstraling.

Osoon-uitputting Die afname in die osoonlaag veroorsaak deur die afbreking van chemiese samestellings daarin.

Persistent Organic Polutant (POP) – Volhardende Organiese Besoedelstof

Chemikalieë wat vir lang tydperke ongeskonde in die omgewing agterbly, wat deur middel van wind en water regdeur die wêreld versprei word, en wat in die vetweefsel van lewende organismes opbou en giftig vir mense en die natuurlewe is (bv. DDT).

Pesticides Action Network ( PAN) - Plaagdoder-aksienetwerk

'n Wêreldwye netwerk gestig in 1982 in reaksie op die fundamenteel internasionale aard van die plaagdoderprobleem. Die netwerk se doel is om gevaarlike chemiese plaagdoders in landbou te vervang met volhoubare en aanvaarbare nie-giftige alternatiewe. Hierdie netwerk het 'n lys van HHP's (hoogsgevaarlike plaagdoders) ontwikkel, gebasseer op aanwysers soos die internasionale chemiese konvensies, die WHO se klassifisering en die GHS.

Plaagdoders Insekdoders, swamdoders, onkruiddoders, ontsmettingsmiddels en enige ander stowwe of mengsels van stowwe vir voorkoming, beheer of vernietiging van enige peste of siektes, insluitend ongewenste spesies plante of diere wat skade aanrig tydens, of op enige ander wyse inmeng met, produksie, verwerking, stoor, vervoer of bemarking van kos- of landbouprodukte. Die term sluit stowwe in wat gebruik word as ʼn groeireguleerder, ontblaarmiddel of droogmiddel vir plante, stowwe wat gebruik word vir die uitdun van vrugte of om voortydige vrugte-val te verhoed, en enige stowwe wat aan gewasse gewend word voor of na dit geoes is om die produkte te beskerm teen agteruitgang tydens berging en vervoer.

Prior Informed Consent (PIC) - Vooraf-ingeligte Toestemming

Die prosedure, in die Rotterdam Konvensie, wat die uitruil van inligting in internasionale handel in sekere gevaarlike plaagdoders reguleer.

Reproduktiewe gifstof Enige chemiese, biologiese of fisiese agent wat die reproduktiewe vermoëns van lewende wesens kan beïnvloed.

Verbode plaagdoder 'n Plaagdoder waarvan alle gebruike verbied word deur finale regulerende aksies, ten einde menslike gesondheid en die omgewing te beskerm.

Versteuring wat tot ineenstorting van by-kolonies aanleiding gee

Patologiese toestand, waar werkerbye skielike verdwyn, wat 'n impak het op 'n groot aantal heuningby-kolonies.

Volhardend Kenmerkend van middels wat in die omgewing agterbly met leeftye wat tot so lank as dekades of eeue kan duur.

WHO-klassifikasie 'n Klassifikasiestelsel wat 'n onderskeid tref tussen die meer en minder gevaarlike plaagdoders van geselekteerde plaagdoders, op grond van hul akute risiko vir menslike gesondheid. Dit neem in ag die giftigheid van die tegniese aktiewe middel en beskryf ook metodes vir die klassifikasie van formulasies. Die

www.utz.org 4

groepe 1A en 1B lys die gevaarlikste plaagdoders vir menslike gesondheid.

1. Inleiding

UTZ is 'n program vir volhoubare landbou wat, met inbegrip van ander praktyke, geïntegreerde pesbestuur (GPB) bevorder1. UTZ vereis van boere om GPB te gebruik om die gebruik van alternatiewe pes- en plaagbeheermetodes te bevorder en terselfdertyd produktiwiteit te verhoog en die risiko's vir menslike gesondheid en die omgewing te verminder. Dit beteken dat produsente van goeie landboupraktyke gebruik maak om peste en siektes te voorkom en te beheer en slegs as 'n laaste uitweg van plaagdoders gebruik maak. Wanneer chemiese beheer onvermydelik is, moet die plaagdoder gekies word op grod van die maksimum doeltreffendheid teen die plaag en siekte, en die minimum giftigheid vir mense, diere en plante. Dienooreenkomstig werk UTZ aan die voortgesette uitskakeling van hoogsgevaarlike plaagdoders (HHP's), soos aanbeveel deur die Verenigde Nasies se raad en die Voedsel en Landbou Organisasie van die Wêreld Gesondheidsorganisasie (VLO, WHO, 2013)2. Daarom het UTZ 'n Lys van Verbode Plaagdoders en 'n Plaagdoderwaaklys ontwikkel, waarby HHP's ingesluit is. Hierdie lyste is ontwikkel om duidelikheid te gee oor UTZ se benadering tot plaagdoders. Sodoende weet produsente watter plaagdoders met hoogsgevaarlike eienskappe nié vir gesertifiseerde produksie gebruik moet word nie.

UTZ beoog om die gebruik van HHP's stelselmatig op UTZ-gesertifiseerde plase te elimineer om: 1. Die gesondheidsrisiko's vir produsente, hul gesinne en plaaswerkers oor beide kort- en langtermyn te verlaag. 2. Die risiko van akkumulasie van plaagdoders in die omgewing (grond, water) en in die voedselketting te verlaag, sowel as om te verhoed dat sodanige akkumulasie die osoonlaag beskadig.

1.1 Wat is die omvang van die Lys van Verbode Plaagdoders en die Plaagdoderwaaklys?

Die Lys van Verbode Plaagdoders en die Plaagdoderwaaklys is van toepassing op oeste wat

by die UTZ-program ingesluit word.

Die gebruik van aktiewe bestanddele waarna in die Lys van Verbode Plaagdoders en die

Waaklys verwys word, is slegs van toepassing op gesertifiseerde oeste.

1 Lees meer oor GPB in die Gedragskode, kontrolepunte G.B.52 en I.B.44 2 FAO, WHO. International Code of Pesticides Management. 2014. Article 7.5 http://www.fao.org/fileadmin/templates/agphome/documents/Pests_Pesticides/Code/CODE_2014Sep_ENG.pdf

www.utz.org 5

Die lys van Verbode Plaagdoders en die Plaagdoderwaaklys is slegs van toepassing op

aktiewe bestanddele wat tydens die produksie van UTZ-oeste gebruik word; daarom is

hierdie lyste nie van toepassing op bestanddele wat ná die oes gebruik word nie.

Voldoening aan hierdie lyste is verpligtend en is die verantwoordelikheid van alle

produsente. Die lyste is van toepassing op beide individuele- en groepsertifisering (sien

kontrolepunte I.B.45 van die Gedragskode vir individuele sertifisering en G.B.53 van die

Gedragskode vir groepsertifisering).

1.2 Voldoening aan nasionale wette UTZ streef daarna dat sy lede 'n voorbeeld sal stel vir die verbetering vansosiale, ekonomiese en omgewingstoestande in die areas waarbinne hulle werksaam. In hierdie verband moet groepe en groepslede nasionale wette en sektorregulasies nakom. Teenstrydighede mag dalk voorkom tussen wat deur UTZ verban word, wat in die Plaagdoderwaaklys gelys is en wat deur nasionale of streekswetgewing verbied word. Indien 'n nasionale wet, regulasie of standaard strenger is as die UTZ-lys, sal die nasionale regulasie voorkeur geniet (tensy die nasionale regulasie verval het of uitgedien is). Indien 'n nasionale wet, regulasie of standaard minder streng is as die UTZ-lys, sal laasgenoemde voorkeur geniet. UTZ hou die reg voor om vrystellings te vergun in gevalle waar epidemies of ander noodtoestande heers.

1.3 Wanneer moet daar aan die 2015-weergawe van die Lys van Verbode Plaagdoders en Plaagdoderwaaklys voldoen word ?

Ten einde die implementering van die Lys van Verbode Plaagdoders en die Plaagdoderwaaklys te fasiliteer, sal 'n oorgangstydperk van een jaar aan produsente van alle kommoditeite vergun word. Dit kom daarop neer dat sertifikaathouers van die ou benadering tot plaagbeheer gebruik kan maak of kan besluit om vanaf 1 Julie 2015 van hierdie nuwe lyste gebruik te maak.Vanaf 1 Julie 2016 sal die nuwe lyste verpligtend wees.

1.4. Opdaterings Die UTZ-lyste sal gereeld opdateer word om ooreenstemming met moontlike veranderings aan en opdaterings van die PAN se HHP-lys te verseker. Indien daar veranderings aangebring word sal UTZ 'n grasietydperk vergun ten einde implementering van die lyste te fasiliteer.

2. Lys van Verbode Plaagdoders

2.1 Waarom 'n opdateerde weergawe van die Lys van Verbode Plaagdoders?

www.utz.org 6

As 'n lid van die ISEAL-alliansie is UTZ daartoe verbind om sy Gedragskode elke vyf jaar te hersien en vorige ervaring en oorlegpleging met belanghebbendes in ag te neem. Die Lys van Verbode Plaagdoders is 'n bylae tot die Gedragskode en word daarom ingesluit by konsultasie oor die Gedragskode.. In Junie 2012 het die eerste konsultasie, oor die konsep-Lys van Verbode Plaagdoders, amptelik begin. In Junie 2014 het 'n tweede konsultasie begin, eksklusief oor die Lys van Verbode Plaagdoders en die Plaagdoderwaaklys. Die nuwe Lys van Verbode Plaagdoders is ontwikkel met inagneming van die terugvoer wat verkry is via 'n aanlyn-vraelys en vergaderings met belanghebbendes, en via insette vanaf die bedryf en regeringsverteenwoordigers, nasionale kommoditeitsrade, navorsingsinstitute, konsultante, sertifiseringsliggame, NRO's, produsente en verteenwoordigers van produsentegroepe. Selfs al word die Gedragskode elke vyf jaar hersien, kan UTZ se Lys van Verbode Plaagdoders dalk meer dikwels hersien word, soos in 1.4 beskryf.

2.2 Vernaamste veranderings aan die Lys van Verbode Plaagdoders, weergawe 2015

UTZ se vorige Lys van Verbode Plaagdoders was gegrond op eksterne regulasies en het plaagdoders ingesluit wat:

nie in die EU, VS (EPA) of Japan goedgekeur is nie;

deur die WHO as 1A of 1B geklassifiseer is;

in die Stockholm Konvensie as POP’s (volhardend organiese besoedelstowwe)

geïdentifiseer is;

by bylae III tot die Rotterdam Konvensie ingesluit is (UNEP se PIC-prosedurelys); en

op die PAN se 'Dirty Dozen'-lys verskyn het.

UTZ se lys is ontwikkel deur na die PAN3 se lys van 'hoogsgevaarlike plaagdoders' te verwys. Die PAN het 'n omskrywing van hoogsgevaarlike plaagdoders ontwikkel wat'n omvattende stel aanwysers bevat,waarmee wêreldorganisasies en lede van die ISEAL-alliansie hulself kan vereenselwig.

2.3 Hoe is die Lys van Verbode Plaagdoders ontwikkel? UTZ het homself daartoe verbind om die aktiewe bestanddele waarna in die internasionale konvensies verwys word by die Lys van Verbode Plaagdoders in te sluit. Hierdie internasionale konvensies sluit die Stockholm Konvensie, die Rotterdam Konvensie en die Montreal Protokol in. Hierby het UTZ sommige aktiewe bestanddele ingesluit wat, soos omskryf in die PAN se HHP4-lys , as uiters gevaarlik vir mense beskou kan word. Ten einde voort te bou op die vordering wat oor die afgelope jare gemaak is, bly plaagdoders wat reeds ingevolge UTZ se Gedragskode verban is, steeds verbode en word hierdie plaagdoders in kursief aangetoon in die nuwe lys.

3 PAN International List of Highly Hazardous Pesticides (PAN List of HHPs, Version June 2014) 4 Lees meer oor PAN International: http://www.panna.org/our-community/pan-international Lees meer oor die PAN-lys: http://www.panna.org/issues/publication/pan-international-list-highly-hazardous-pesticides

www.utz.org 7

En in die finale instansie is alle uitgediende plaagdoders of plaagdoders wat nie op landbou betrekking het nie, uit die lys geskrap. Hierdie word hierna gelys.

2,4,5-T Chloorbensillaat Nitrofeen (TOK)

2,4,5-TCP DBCP Oktametielpirofosforamied (OMPA)

2,3,4,5-Bistetrahidro-2-furaldehied

Dieldrien PCB; Poligechloreerde bifeniel (met die uitsondering van enkel en dubbel gechloreer)

Aldrien Dinoseb en sy soute Safrool

Benseen heksachloried

Endrien Silveks

Binapakriel Etiel-heksileenglikol (6-12) Strobaan; Terpeen polichlorinate

Kadmium Etileendibromied (EDB) TDE

Koolstoftetrachloried Etileen-dichloried (EDC) Tallium-sulfaat

Chlooraniel Heptachloor Toksafeen (kamfechloor)

Chloordekoon (kepoon)

Leptofos Vinielchloried

Chloordimeform Mireks

ie volgende aanwysers

2.4 Wat is die aanwysers vir die Lys van Verbode Plaagdoders? In die Lys van Verbode Plaagdoders word die volgende aanwysers gebruik:

Stockholm-konvensieRotterdam-konvensie

Montreal-protokolWGO 1aWGO 1b

Ooreenkomstig EU GHS-regulasie 1272/2008/EC 'n bekende of vermoedelik 'n

menslike karsinogeen (1A of 1B)

Middels wat daarvoor bekend is dat hulle erflike mutasies tot gevolg het of waar daar aanvaar word

dat hulle erflike mutasies in menslike ontkiemingselle tot gevolg sal hê. Middels wat ingevolge EU-regulasie 1272/2008/EC daarvoor

bekend is dat hulle erflike mutasies van menslike ontkiemingselle (Kategorie 1A of 1B) tot gevolg het

Ooreenkomstig EU GHS-regulasie 1272/2008/EC 'n bekende of vermoedelik 'n

gifstof vir menslike voortplanting

'n Endokriene versteurder of potensiële endokriene

versteurder ingevolge EU-kategorie 1 of plaagdoders wat as GHS Karsinogenies

Kategorie 2 en EU Reproduktief Kategorie 2

geklassifiseer is

Internasionale Konvensies

Akute Toksisiteit

Kroniese Toksisiteit

Karsinogenies MutageniesReproduktiewe

gifstofEndokriene versteurder

Internasionale Konvensies

www.utz.org 8

o Stockholm Konvensie: Wêreldverdrag om menslike gesondheid en die omgewing teen

volhardende organiese besoedelstowwe (HOB's) te beskerm. Dit fokus daarop om

vrystellings van 12 HOB's, die sogenaamde “Dirty Dozen”, te elimineer of te verlaag 5;

o Rotterdam Konvensie: Wêreldverdrag om aan lande die reg te verleen om te weier om

hoogsgevaarlike gifstowwe wat in die UNEP se VIT-prosedurelys gelys word, in te voer.

Dit poog om die storting van uitgediende of verbode plaagdoders in die ontwikkelende

wêreld te stop6;

o Montreal Protokol: Wêreldverdrag om die osoonlaag te beskerm deur die produksie van

talle middels wat tot ‘n groot mate bydra tot die uitputting van osoon, uit te faseer7.

Akute giftigheid is ‘n eienskap van plaagdoders wat kort na blootstelling gesondheidsprobleme

veroorsaak. Hierdie plaagdoders word in die WHO-klassifikasie8 as 1A en 1B gelys.

Chroniese giftigheid is ‘n eienskap van plaagdoders wat na langdurige of herhaalde

blootstelling ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak of die risiko vir sulke probleme verhoog.

Hierdie probleme sluit in kankers (karsinogeniese plaagdoders), reproduktiewe en

ontwikkelingsprobleme (reproduktiewe plaagdoders en endokrienversteurende plaagdoders) of

oorerfbare mutasies in die kiemsel (mutageniese plaagdoders). Hierdie plaagdoders word in die

GHS geklassifiseer.

Lys van Verbode Plaagdoders (per aktiewe bestanddeel)

N. Aktiewe bestanddele Internasionale

Konvensies Akute

Giftigheid

Kroniese Giftigheid

Karsinogenies Mutagenies Reproduktiewe

gifstof Endokriene versteurder

1 Asefaat

2 Akroleïen x

3 Alachloor x x

4 Aldikarb x x x

5 Alfa-BHC; Alfa-HCH x

6 Alfa-chloorhidrien x

7 Amitras

8 Antraseen-olie X

9 Arseen en sy verbindings (sien

bylae 1) X

10 Atrasien x

11 Asafenidien X

12 Asienfosmetiel x

13 Asienfosmetiel x x

14 Benomiel x X X

5 Lees meer oor die Stockholm Konvensie: http://chm.pops.int/Convention/POPsReviewCommittee/Overview/tabid/2806/Default.aspx 6 Lees meer oor die Rotterdam Konvensie: http://www.pic.int/ 7 Lees meer oor die Montreal Konvensie: http://www.unido.org/montreal-protocol.html 8 Lees meer oor die WHO-klassifikasie: http://www.who.int/ipcs/publications/pesticides_hazard_2009.pdf?ua=1

www.utz.org 9

Lys van Verbode Plaagdoders (per aktiewe bestanddeel)

N. Aktiewe bestanddele Internasionale

Konvensies Akute

Giftigheid

Kroniese Giftigheid

Karsinogenies Mutagenies Reproduktiewe

gifstof Endokriene versteurder

15 Beta-cyfluthrin; Cyfluthrin x

16 Beta-HCH; Beta-BCH x X

17 Blastisidien-S x

18

Boraks; natriumtetraboraatdekahidraat (slegs wanneer as plaagdoder

gebruik)

X

19 Boorsuur (slegs wanneer as

plaagdoder gebruik) X X

20 Brodifakum x

21 Bromadioloon x

22 Brometalien x

23 Broomoksiniel butiraat

24 Butoksikarboksiem x

25 Cadusafos x

26 Kaptafol x x X

27 Karbariel x

28 Karbofuraan x x

29 Karbosulfaan x

30 Chlorodaan x x

31 Chlorethoxyphos x

32 Chlorfenapyr

33 Chloorfenvinfos x

34 Chloormefos x

35 Chloorfasinoon x

36 Chloortoluroon x

37 Chlozolinate

38 Kumafos x

39 Kumatetraliel x

40 Kreosoot X

41 Sihalotrien

42 Daminosied

43 DDT x x

44 Demeton-S-metiel x

45 Dichlorovos; DDVP x

46 Dikofol

47 Dikrotofos x

48 Difenakum x

49 Difethialone x

50 Dimetanamied

www.utz.org 10

Lys van Verbode Plaagdoders (per aktiewe bestanddeel)

N. Aktiewe bestanddele Internasionale

Konvensies Akute

Giftigheid

Kroniese Giftigheid

Karsinogenies Mutagenies Reproduktiewe

gifstof Endokriene versteurder

51 Dimoksistrobien x

52 Dinokap X

53 Dinoterb x X

54 Difasinoon x

55 Disulfoton x

56 DNOC en sy soute (sien bylae 1) x x

57 Edifenfos x

58 Endosulfaan x x

59 E-Fosfamidon x

60 Epichloorhidrien X x

61 EPN x

62 Etiofenkarb x

63 Etoprofos; Etoprop x

64 Etileenoksied x X x

65 Etileentioüreum X x

66 Famfur x

67 Fenamifos x

68 Fenchlorasol-etiel X

69 Fention

70 Fentinasetaat;

Trifenieltinasetaat x x

71 Fentinhidroksied;

Trifenieltinhidroksied x x

72 Fenvaleriaat

73 Ferbaam

74 Flocoumafen x

75 Fluasifopbutiel X

76 Flusitrinaat x

77 Flumioxazin X

78 Fluoorasetamied x x

79 Flusilasool X

80 Formaldehied

81 Formentanaat x

82 Furathiocarb x

83 Haloxyfop-R

84 Heptenofos x

85 Heksachloorbenseen x x X x

86 Heksachloorsikloheksaan; BHC-

vermengde isomere x x

www.utz.org 11

Lys van Verbode Plaagdoders (per aktiewe bestanddeel)

N. Aktiewe bestanddele Internasionale

Konvensies Akute

Giftigheid

Kroniese Giftigheid

Karsinogenies Mutagenies Reproduktiewe

gifstof Endokriene versteurder

87 Isoksatioon x

88 Lindaan x x

89 Linuroon X x

90 Maleïenhidrasied

91 Mekarbaam x

92 Kwik en sy verbindings (sien

bylae 1) x x

93 Metamidofos x x

94 Metidation x

95 Metiokarb x

96 Metomiel x

97 Metielbromied x

98 Mevinfos x

99 Molinaat x

100 Monokrotofos x x

101 Monolinuroon

102 Nikotien x

103 Nitrobenseen X x

104 Nonielfenol etoksilaat (sien

bylae 1)

105 Ometoaat x x

106 Oksamiel x

107 Oksidemetonmetiel x

108 Parafienolies; mineraalolies X

109 Parakwatdichloried x

110 Paration x x

111 Parationmetiel x x

112 PCP; Pentachloorfenol x x x

113 Pentachloorbenseen

114 Permetrien

115 Foraat x

116 Fosaloon

117 Fosfamidon x x

118 Profoxydim x

119 Propetamfos x

120 Profaam

121 Propileenoksied, Oksiraan X x

122 Pirasofos

123 Piriminiel

www.utz.org 12

Lys van Verbode Plaagdoders (per aktiewe bestanddeel)

N. Aktiewe bestanddele Internasionale

Konvensies Akute

Giftigheid

Kroniese Giftigheid

Karsinogenies Mutagenies Reproduktiewe

gifstof Endokriene versteurder

124 Kwintoseen

125 Silafluofen X

126 Simasien

127 Natriumfloorasetaat (1080) x

128 Strignien x

129 Sulfotep x

130 Tebupirimifos x

131 Technazene

132 Teflutrien x

133 Tepraloxydim x

134 Terbufos x

135 Tiodikarb

136 Tiofanoks x

137 Tiometon x

138 Tio-ureum x

139 Tiraam in samestellings met

benomiel en karbofuraan x x

140 Triasamaat

141 Triasofos x

142 Tributelien-samestellings;

triorganostaniese samestellings x

143 Trichloorfon x

144 Tridemorf X

145 Vamidotion x

146 Vinklosolien X x

147 Warfarien x X

148 Zeta -Sipermetrien x

149 Sinkfosfaat x

150 Sineb x

151 Z-Fosfamidon x

Bylae 1: Aktiewe bestanddele wat behoort tot die groepe in die voorafgaande lys

Aktiewe bestanddeel CAS-nommer

Aktiewe bestanddeel CAS-nommer

Arseen en sy samestellings

Tributelien-samestellings

1 Arseenpentoksied 1303-28-2

1 Tributieltinoksied 56-35-9

2 Kakodielsuur; dimetielarseensuur 75-60-5

2 Tributelienfluoried 4-10-1983

3 MSMA 2163-80-6

3 Tributelienmetakrilaat 2155-70-6

www.utz.org 13

4 Natriumarsenaat 13464-38-5

4 Tirbutelienbensonaat 4342-36-3

5 Kakodilaat; natriumdimetielarsenaat 124-65-2

5 Tributelienchloried 1461-22-9

6 Gechromeerde koperarsenaat; CCA 75-60-5

6 Tributelienlinolenaat 24124-25-2

7 Arseentrioksied 1327-53-3

7 Tributeliennaftenaat 85409-17-2

8 Kalsiumarsenaat 7778-44-1

Tri-organiese samestellings anders as tributeliensamestellings

9 Koperarsenaat 10103-61-4

1 Fenbutatinoksied 13356-08-6

10 Loodarsenaat 7784-40-9

2 Siheksatin 13121-70-5

11 Natriumarseniet 7784-46-5

Nonilfenon etosilate

DNOC en sy soute

1 Nonilfenon etosilate 68412-54-4

1 DNOC, ammoniumsout 2980-64-5

2 Nonilfenon etosilate 26027-38-3

2 DNOC, potassiumsout 5787-96-2

3 Nonilfenon etosilate 37205-87-1

3 DNOC, natriumsout 2312-76-7

4 Nonilfenon etosilate 127087-87-0

4 DNOC 534-52-1

5 Nonilfenon etosilate 9016-45-9

Kwik en sy samestellings

Parafienolies; mineraalolies

1 Merkurichloried 7487-94-7

1 Paraffienolie 64741-88-4

2 Kwikoksied 21908-53-2

2 Paraffienolie 64741-89-5

3 Chloromethoxypropylmercuric acetate; CPMA

1319-86-4

3 Paraffienolie 64741-97-5

4 Diphenylmercurydodecenylsuccinate; PMDS

27236-65-3

4 Paraffienolie 64742-46-7

5 Fenielmerkuriureumoselaat; PMO 104-68-9

5 Paraffienolie 64742-54-7

6 Fenielmerkuriureumasetaat; PMA 62-38-4

6 Paraffienolie 64742-55-8

7 Paraffienolie 64742-65-0

8 Paraffienolie 72623-86-0

9 Paraffienolie 97862-82-3

3. Plaagdoderwaaklys

3.1 Wat is die Plaagdoderwaaklys? Die Plaagdoderwaaklys word saamgestel uit aktiewe bestanddele wat nie verbode is nie maar potensieel 'n erge en/of kumulatiewe risiko vir menslike gesondheid en/of die omgewing kan inhou. Aktiewe bestanddele waarna in die lys verwys word, mag slegs op die gesertifiseerde oes gebruik word indien:

1. Alle stappe van die GPB gevolg is; 2. Minder gevaarlike alternatiewe plaagdoders nié beskikbaar is nie; en 3. Spesifieke aanbevelings gevolg word om die risiko's, verwant aan die gevaarlike aard van die

produk, te mitigeer of te verminder. Wanneer 'n aktiewe bestanddeel uit hierdie lys gebruik word, moet 'n goeie moniteringstelsel in plek wees om die risiko vir mense, flora en fauna te mitigeer of te verminder en om moontlike negatiewe impakte te evalueer. Hierdie is van toepassing op produsente wat teen die Individuele Kode

www.utz.org 14

gesertifiseer is, sowel as op die IBS. Die IBS is verantwoordelik daarvoor dat die Gedragskode virgroepsertifisering geïmplementeer word.

3.2 Hoe gaan die Plaagdoderwaaklys gemonitor word? Aktiewe bestanddele in die Plaagdoderwaaklys moet deur sertifikaathouers gemonitor word. Vir groepsertifisering moet die IBS die uitruil van kennis fasiliteer en alternatiewe vind vir plaagdoders gelys in die Plaagdoderwaaklys as HHP’s. Tydens die eksterne oudit sal alle aktiewe bestanddele wat deur die gesertifiseerde produsent gebruik is en wat by die Waaklys ingesluit is, by die ouditverslag ingesluit word en aan UTZ gestuur word vir verdere analise. UTZ erken dat tersaaklike opleiding en die uitruil van kennis (oor GPB) tussen boere noodsaaklik is om die gebruik van HHP’s in gesertifiseerde bedrywe uit te skakel. Dus streef UTZ daarna om die ontwikkeling van alternatiewe plaagbeheermetodes vir hierdie HHP’s te bevorder en ten nouste te monitor.

3.3 Wat is die aanwysers vir die Plaagdoderwaaklys?

Die Waaklys is ontwikkel deur die PAN se HHP-lys (in 2014 gepubliseer) as grondslag te gebruik. Ingesluit by hierdie lys is:

- Neonikotoinoïede wat die moontlike oorsaak is van die disentegrasie van by-kolonies, en/of

wat akuut en hoogsgiftig vir heuningbye is9.

- Aktiewe bestanddele wat deur die GHS as H330, 'dodelik indien ingeasem', geklassifiseer

word. Slegs daardie wat op landbougebruike (op die plaas) van toepassing is, nié daardie

wat van toepassing is op pakhuisgebruike nie. Bykomende aktiewe bestanddele wat

voldoen aan die aanwysers van die Lys van Verbode Plaagdoders, maar waarvoor daar geen

alternatief op die oomblik bestaan nie.

- Aktiewe bestanddele wat aan drie of meer aanwysers vanuit die PAN-lys voldoen en nog nie

verbode is nie.

- Aktiewe bestanddele wat as "endokriene versteurders of potensiële endokriene

versteurders" in die EU-regulasie gelys word maar nie by die Lys van Verbode Plaagdoders

ingesluit is nie10.

Plaagdoderwaaklys (per aktiewe bestanddeel)

Nr.

Aktiewe bestanddeel

Akute Giftigheid

Kroniese Giftigheid Omgewingsgiftigheid

9 Ander plaagdoders wat potensieel giftig vir bye is, is ingesluit benewens daardie wat in 2014 se PAN-lys gelys word. 10 Lees meer oor die EU-regulasie: http://ec.europa.eu/environment/chemicals/endocrine/strategy/substances_en.htm

www.utz.org 15

H 330 (Dodelik

indien ingeasem

)

Waarskynlik karsinogenies (VS se EPA)

EDC (EU) Hoogs bio-kumulatief

Hoogs nablywend

in water, grond en

sedimente

Hoogs giftig vir

waterorganismes

Hoogs giftig vir

bye

1 2,4 DB x

2 Abamektien x X

3 Asetamipried* X

4 Asetochloor x

5 Amitrool x

6 Asosiklotin x X x

7 Bifentrien x X

8 Broomoksiniel x

9 Karbendasiem**

10 Chloorpikrien x

11 Chloortanoniel x x

12 Chloorpirifos X

13 Klotiandien* X

14 Deltametrien x

15 Dinotefuraan* X

16 Dimetoaat X

17 Dikwatdibromied x

18 Dikwatdichloried x

19 Epoksiekonasool** x x

20 Etofenprox; Ethofenprox x x X

21 Fenarimol x

22 Fenbutatinoksied x x x

23 Fenitrotion x

24 Fenpropatrien x X

25 Fenoksikarb X

26 Fiproniel X

27 Flusilasool**

28 Glufosinaat-

ammonium**

29 Glifosfaat x

30 Imidacloprid* X

31 Joöksiniel x

32 Isopyrazam x x x

33 Lamda-sihalotrien x x X

34 Lufenuroon X x x

35 Malation X

36 Mankoseb x

37 Maneb x

38 Metamnatrium x

39 Metabenstiasuroon X

40 Metoksichloor x

www.utz.org 16

Plaagdoderwaaklys (per aktiewe bestanddeel)

Nr.

Aktiewe bestanddeel

Akute Giftigheid

Kroniese Giftigheid Omgewingsgiftigheid

H 330 (Dodelik

indien ingeasem

)

Waarskynlik karsinogenies (VS se EPA)

EDC (EU) Hoogs bio-kumulatief

Hoogs nablywend

in water, grond en

sedimente

Hoogs giftig vir

waterorganismes

Hoogs giftig vir

bye

41 Metiram x

42 Metribusien x

43 Nitenpyram* X

44 Pikloraam x

45 Pirimikarb x x x

46 Potasan x

47 Prosimidoon x

48 Propargiet x X x

49 Pyrazoxon x

50 Pyridalyl X x x

51 Kinalfos x

52 Quizalofop-p-tefuryl**

53 Resmetrien x x X

54 TCMTB x

55 Terbutrin x

56 Thiacloprid* x

57 Thiamethoxam* X

58 Tolielfluanied x x

59 Trifluralien x X

60 Siraam x

*Neonikotinoïede ** Plaagdoders wat aan dieaanwysers in die Lys van Verbode Plaagdoders voldoen maar wat té moeilik sal wees om te vervang