37
TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE

Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG

POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE

Page 2: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

INHOUD

BLADSY

MODULE VI : Die Poëtiese Boeke

Lesing 1 : Job 1

Lesing 2 : Psalms 5

Lesing 3 : Spreuke, Prediker en Hooglied 10

MODULE VII : Die Profetiese Boeke

Indeling 13

Inleiding tot die Profete 14

Lesing 1 : Esegiël 17

Lesing 2: Jesaja 22

Lesing 3 : Daniël 27

Lesing 4 : Amos en Hosea 32

Lesing 5 : Jeremia 33

Lesing 6 : Sagaria, Maleagi en Haggi 35

Page 3: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

1

MODULE VI: POËTIESE BOEKE

Lesing 1 JOB

RAAMWERK VIR LESING

1. INLEIDING: ‘N TYDLOSE STORIE (verkort uit Philip Yancey, The Bible Jesus Read) Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het. Die geskiedenis van die mensdom het sedertdien alleen die dringendheid van hierdie verhaal, sy vrae en worstelinge, verskerp, en kan die hedendaagse mens nie genoeg kry van Job se verhaal nie. Die motief van onverdiende lyding blyk op ‘n vreemd-egte manier te pas by ons pyn-deurweekte generasie (en eeu), ‘n era wat twee wêreldoorloë, twee atoombom-aanvalle, en meer as sy deel aan volks-massamoorde, insluit. Met die gevolg dat die beeld van Job, wat sugtend kla terwyl die lewe rondom hom inplons, blyk ‘n gunsteling modern stereotipe te wees. Job se vriende (die dialoë tussen Job en sy drie (vier) vriende beslaan die grootste deel van die boek: hoofstuk 3 - 37) het daarop aangedring dat ‘n liefdevolle, regverdige en almagtige God (tog) hier op aarde moet inval by bepaalde reëls soos, dat hulle wat goed doen, beloon moet word, en hulle wat kwaad doen, gestraf moet word. Daarom kom bykans elke verklaring en uitspraak deur hierdie sogenaamde vriende van Job tot die basiese konklusie: Aangesien Job swaarkry, het hy sekerlik gesondig! Vir Job, wat sy eie hart geken het, het hierdie “feite” (... en sý “feite”) nie by mekaar uitgekom nie. Hy het niks gedoen (geen só ‘n groot sonde!) wat só ‘n uitbreek van ellende verdien nie. Die waarheid is dat die vrae wat Job so welsprekend uitspreek, het nié oor die eeue vervaag nie, maar het dit net harder en skriller geword. Die novelle van Spark, The Only Problem, verwoord ‘n gesprek rondom die vraag, How can a good God allow suffering? En munt dan die volgende frase: It’s the only problem, in fact, worth discussing. Tog kom Yancey tot die konklusie dat die boek Job geensins oor die probleem van pyn gaan nie; die detail van lyding dien alleen as die “bestanddele” van die storie, en nie die sentrale tema nie. Gesien, in sy geheel, gaan die boek Job oor GELOOF – die storie van ‘n man wat uitgesonder word om bykans oorweldigende beproewinge te deurstaan. Sy RESPONS hierop, egter, bied nie net ‘n boodskap aan lydende mense nie, maar aan elkeen wat op planeet Aarde leef. Hoofstuk 3 – 37, wat fokus op lyding, word voorafgegaan deur die plot van die boek, soos weergegee in hoofstukke 1 & 2, en hierdie plot affekteer die konteks van alles wat daarop volg. In hoofstukke 1 & 2 lig Job die gordyne vir ‘n oomblik, en kry ons ‘n kykie na bonatuurlike gebeure en aktiwiteite, gewoonlik weggesteek van ons uitsig. Dis asof ons – die gehoor – voortydig opgedaag het by ‘n persverklaring waarin die regisseur van die verhoogstuk sy werk verduidelik. En sodoende kan ons – die leser – verstaan dat hierdie drama (wat afspeel in die hemel), en die titel van hierdie drama is: Die wedywering oor Job se geloof. Gaan Job bly glo in God of gaan hy God verloën? Vir ons, as die gehoor, behoort Job se vrae en worstelinge nie te ontspoor nie, want ons ken reeds die antwoord! Wat het Job verkeerd gedoen? Hoegenaamd niks nie! God self noem hom “vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad’ (2:3). Waaroor gaan sy lyding dan? Ons, die leser, weet vooraf reeds dat Job nie gestraf word nie. Alles behalwe, hy is uitgesonder as die hoofkarakter in ‘n hemelse wedywering. Job represents the very best of the species, and God is using him to prove to Satan that a human being’s faith can be genuine and selfless, not dependent on God’s good gifts. 2. SKRYWER VAN DIE BOEK JOB Dis onseker wie dié Bybelboek geskryf het. Sommige navorsers skryf dit toe aan Job self; ander reken dit was Moses, Salomo of een van die profete. Daar is verskeie teorieë oor onbekende skrywers individue sowel as mede-skrywers. 3. DATERING VAN DIE BOEK JOB Net so uiteenlopend soos die teorieë oor die outeurskap is dié oor die boek se ontstaansdatum. Die gebruike en algemene lewenswyse in die boek Job lyk of dit met dié van die aartsvaders ooreenstem. JH Kroeze meen ons kan iets aflei uit die name van Job se vriende. Elifas was ‘n Temaniet (Job 2:11), en in Genesis 36:11 is Teman ‘n seun van Elifas, die seun van Esau. Die vriend van Job kan dus ‘n jongere Elifas uit daardie geslag wees. Bildad was ‘n Suagiet (Job 2:11), dus was hy na alle waarskynlikheid ‘n

Page 4: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

2 nakomeling van Suag, ‘n seun van Abraham en Ketúra (Genesis 25:2). Hierdie name bring ons dus in die tydperk van die aartsvaders. Verder, was die nakomelinge van die Ooste bekend vir hulle wysheid (1 Konings 4:30). Veral Teman, die land van Elifas, was ‘n land van wyse mense (Jeremia 49:7). 4. KULTUUR-HISTORIESE AGTERGROND TOT DIE BOEK JOB Na alle waarskynlikheid was Job ‘n werklike persoon. In twee Skrifgedeeltes buite die boek Job word na hom verwys – Esegiël 14:14,20 & Jakobus 5:11. Job was ‘n vername en welgestelde nie-Israeliet wat nogtans (Israel se ...) God by die Naam Sjaddai – die Almagtige – geken het. (Die Godsnaam Sjaddai kom nagenoeg 30 keer in die boek Job voor.) Verder is dit opmerklik dat die Here vir Job “My dienaar” noem (1:8; 2:3; 42:7). Inligting oor die kulturele agtergrond tot die verhaal is ten beste gebrekkig. Enkele brokkies is: 1] die gesinstruktuur met die patriargale funksies van priester en intersessor (1:4-5; 42:8; 2] die algemene praktyk om rykdom te bereken volgens aantal vee en kinders wat iemand besit (1:2-3); 3] die gebruik van die Semitiese terme soos Elohim, Elo-aa en Sjaddai eerder as die algemener Israelitiese benaming vir God, naamlik Jahweh; en 4] die terloopse verwysing na afgodsaanbidding (heel waarskynlik Sabianisme, een van die vroegste vorme van son- en maanaanbidding). Hoewel baie mense glo die boek Job ondersoek die universeel boeiende vraag na hoekom regverdiges lyding verduur, is dit eerder ‘n demonstrasie van die krag wat in geloofstrou lê en die oorwinning wat geloof bied in die konteks van onbeantwoorde vrae.

Page 5: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

3 INHOUD VAN DIE BOEK JOB 1.

Inleiding

Job 1:1 – Job 2:13

Job is vroom sowel as welgesteld en belangrik 1:1-5 Satan bevraagteken Job se opregtheid 1:6-12 Satan raak aan Job se besittings 1:13-22 Satan raak aan Job se gesondheid 2:1-8 Job se vrou se reaksie 2:9-10 Job se vriende besoek hom 2:11-13 2. Die dialoë tussen Job en sy drie vriende Job 3:1 – Job 26:14 Job se wanhopige hulpkreet/Job se Waarom?’s 3:1-26 Rondte 1 Job 4:1 – 14:22 • Elifas se eerste spreekbeurt 4:1 – 5:27 • Job se antwoord aan Elifas 6:1 – 7:21 • Bildad se eerste spreekbeurt 8:1-22 • Job se antwoord aan Bildad 9:1 – 10:22 • Sofar se eerste spreekbeurt 11:1-20 • Job se antwoord aan Sofar 12:1 – 14:22 Rondte 2 Job 15:1 – 21:34 • Elifas se tweede spreekbeurt 15:1-35 • Job se antwoord aan Elifas 16:1 – 17:16 • Bildad se tweede spreekbeurt 18:1-21 • Job se antwoord aan Bildad 19:1-29 • Sofar se tweede spreekbeurt 20:1-29 • Job se antwoord aan Sofar 21:1-34 Rondte 3 Job 22:1 – 26:14 • Elifas se derde spreekbeurt 22:1-30 • Job se antwoord aan Elifas 23:1 – 24:25 • Bildad se derde spreekbeurt 25:1-6 • Job se antwoord aan Bildad 26:1-14 3. Spreuke van Job Job 27:1 – Job 31:40 4. Elihu vat vir Job aan Job 32:1 – Job 37:24 5. God se woorde uit die stormwind Job 38:1 – Job 41:34 6. Job se ‘antwoord’ op God se ‘woord’ Job 42:1-6 7. Job as priester vir sy vriende, en sy herstel Job 42:7-17

Page 6: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

4 MODULE VI: POËTIESE BOEKE

Lesing 1 JOB

JOB AS PRIESTER

1. Indeling en Voorbereiding Lees: Job 1 – 3 en 42:8-10 VRAAG 1 Verwoord in jou eie woorde hoe Job die rol/funksie van priester in die lewe van sy kinders en vriende vervul het. (2) VRAAG 2 Nadat Satan Job met pynlike swere getref het sê Job se vrou vir hom om God te vervloek. Wat was Job se antwoord? (1) 2. Die “jy sal maai wat jy saai” – beginsel Lees: Job 4, 5, 8, 11, 15 VRAAG 3 Job se drie vriende glo die goddelose ly as gevolg van sonde, maar die regverdige word beloon. Hulle verwoord wat hulle tradisie / voorvaders aan hulle voorgeskryf het naamlik God beloon wie opreg leef en straf wie sondig. Dus kom hulle tot die gevolgtrekking dat Job moes gesondig het. Wat is Elifas se raad teenoor Job hoe hy die saak behoort te hanteer? Gee ‘n skrifverwysing. (2) 3. ‘n Skeidsregter asseblief? Lees: Job 9:15 en 33, Hs 16, 17, 19 VRAAG 4 Job beleef die Here as sy Regter wie se vrae hy nie sou kon antwoord nie, van wie hy alleen maar genade kon smeek (vgl 8:5). Daaroor het Job ‘n sterk verlange na ‘n “skeidsregter”. Watter rol / funksie / betekenis moes so ‘n skeidsregter (mediator / bemiddelaar) in Job se lewe vervul? (3) 4. God se gunsteling Lees: Job 38 – 42 VRAAG 5 Uit die verhaal van Job leer ons dat die gelowige se lyding nie die straf op sonde is nie, maar dat dit die persoon dissiplineer, lei tot geestelike groei en sodat God daardeur verheerlik kan word. Wat was Job se reaksie nadat God in gesprek met hom was? (2) Totaal (10)

Page 7: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

5 MODULE VI: POËTIESE BOEKE

Lesing 2 PSALMS

RAAMWERK VIR LESING

Psalms Titel Outeur en datum Agtergrond en ligging Sleutelpersone in Psalms

• Dawid Sleutelwoorde in Psalms

• Sela • Hoop • Psalm • Wet • Waarheid

Historiese en Teologiese temas Sleutel Doktrines

• Die sondige natuur van die mens (1:4; 5:4; 32:1-4; 36:1; 51:2; 66:18; 78:17; 106:43; Gen. 6:5; Lev. 15:14; Deut. 31:18; Job 4:17–19; Ps. 130:3; Jer. 17:9; John 1:10, 11; Rom. 5:15-17; 1 John 1:8)

• Die wet van God (1:1, 2; 78:1; 119:97; Exod. 20:1-21; Deut. 5:6–21; Jer. 11:4; Rom. 7:7-14; James 1:25; 1 John 3:4)

God se Karakter

• God is toeganklik – (15:1; 16:11; 23:6; 24:3, 4; 65:4; 145:18) • God is die verlosser – (106:43-45) • God is ewig – (90:2; 102:25-27; 106:48) • God is heerlik – 8:1; 19:1; 57:5; 63:2; 79:9; 90:16; 93:1; 96:3; 102:16; 104:1, 31; 111:3; 113:4; 138:5;

145:5, 11, 12 • God is goed – 23:6; 25:8; 31:19; 33:5; 34:8; 52:1; 65:4; 68:10; 86:5; 104:24; 107:8; 119:68; 145:9 • God is genadig – 116:5 • God is groot – 86:10 • God is heilig – 22:3; 30:4; 47:8; 48:1; 60:6; 89:35; 93:5; 99:3, 5, 9; 145:17 • God is onveranderlik – 102:26, 27 • God is regverdig – 9:4; 51:4; 89:14; 98:9; 99:3, 4 • God is vriendelik – 17:7; 24:12; 25:6; 26:3; 31:21; 36:7, 10; 40:10, 11; 42:7, 8; 48:9; 63:3; 89:33, 49;

92:2; 103:4; 107:43; 117:2; 119:76, 88, 149; 138:2; 143:8 • God is lankmoedigheid – 78:38; 86:15 • God is genadig – 6:2, 4; 25:6; 31:7; 32:5; 36:5; 51:1; 52:8; 62:12; 86:5, 15; 89:28; 103:4, 8, 11, 17;

106:1; 107:1; 115:1; 118:1-4; 119:64; 130:7; 145:9; 147:11 • God is die Allerhoogste – 83:18 • God is alomteenwoordig – 139:7 • God is alwetend – 139:1-6 • God is sterk – 8:3; 21:13; 29:5; 37:17; 62:11; 63:1, 2; 65:6; 66:7; 68:33, 35; 79:11; 89:8, 13; 106:8;

136:12 • God hou Sy beloftes – 89:3, 4, 35, 36; 105:42 • God is 'n versorger – 16:8; 31:15; 33:10; 36:6; 37:28; 39:5; 73:16; 75:6, 7; 77:19; 91:3, 4, 11; 104:5-

9, 27, 28; 119:15; 121:4; 127:1, 2; 136:25; 139:1–5, 10; 140:7; 145:9, 17; 147:9 • God is regverdig – 5:8; 7:9, 17; 11:7; 19:9; 22:31; 31:1; 35:24, 28; 36:6, 10; 40:10; 48:10; 50:6;

51:14; 69:27; 71:2, 15, 16, 19, 24; 73:12-17; 85:10; 96:13; 97:2, 6; 98:2, 9; 103:17; 111:3; 116:5; 119:7, 40, 62, 123, 137, 138, 142, 144, 172; 143:1, 11; 145:7, 17

Page 8: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

6 • God is soewerein – 2:4, 5; 3:3; 72:5 • God is waarheid – 9:14; 11:7; 19:9; 25:10; 31:5; 33:4; 57:3, 10; 71:22; 85:10; 86:15; 89:14, 49;

96:13; 98:3; 100:5; 119:160; 139:2; 146:6 • God is verenig – 83:18; 86:10 • God is ondeurgrondelik – 145:3 • God is opreg – 25:8; 92:15 • God is wys – 1:6; 44:21; 73:11; 103:14; 104:24; 136:5; 139:2-4, 12; 142:3; 147:5 • God is toornig - 2:2-5, 12; 6:1; 7:11, 12; 21:8, 9; 30:5; 38:1; 39:10; 58:10, 11; 74:1, 2; 76:6, 8; 78:21,

22, 49-51, 58, 59; 79:5; 80:4; 89:30-32; 90:7-9, 11; 99:8; 102:9, 10 Interpretasieuitdagings CHRISTUS IN ... PSALMS Baie van die Psalms spreek verwagting van die koms van die Messias en Koning volgens die bloedlyn van Dawid direk uit (2, 18, 20-21, 24, 47, 110, 132). As gevolg van die direkte bloedlyn van Christus deur Dawid, spreek verskeie Psalms Christus aan as: “Seun van Dawid”, of die Psalm verwys na Dawid as ‘n tipe van Christus. Sommige spesifieke profesieë en waarwording daarvan oor die koms van die Messias sluit in 2:7 (en Mat 3:17; 16:10; Mark 16:6-7); 22:16-17 (en Johannes 20:25, 27; 40:7-8, Heb 10:7); 68:19 (en Mark 16:19); 69:21 (Mat 27:34); 118:22 (en Mat 21:42).

TIPES PSALMS Tipe Psalms Aanbiddingsaksie Individuele gemeenskaplike Weeklaag

3-7; 12-13; 22; 25-28; 35, 38-40; 42-22; 51; 54-57; 59-61; 63-64; 69-71; 74; 79-80; 83; 85; 86; 88; 90; 102; 109; 120; 123; 130; 140-143

Druk behoefte aand God se bevryding uit

Danksegging 8; 18-19; 29-30; 32-34; 36; 40-41;

66; 103-106; 111; 113; 116-117; 124; 129; 135-136; 138-139; 146-148; 150

Bewusmaak van God se seëninge; uitdrukking van dankbaarheid

Koning 47; 93; 96-99 Beskryf God se soewereine

heerskappy Pelgrimstog 43; 46; 48; 76; 84; 87; 120-134 Skep ‘n atmosfeer van

aanbidding Koninklike 2: 18; 20-21; 45; 72; 89; 101; 110;

132; 144 Beeld van Christus, die soewereine Heerser, uit

Wysheid 1; 37; 119 Instruksie oor God se wil Toornigheid 7; 35; 40; 55; 58-59; 69; 79; 109;

137; 139; 144 Roep God se toorn en oordeel uit teen sy vyande.

Page 9: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

7

MESSIAANSE PROFESIEË IN DIE PSALMS

PROFESIE PSALM NT VERVULLING

1. God sal aankondig dat Christus Sy Seun is 2:7 Mat 3:17; Hand 13:33; Hebr 1:5

2. Alles sal onder Christus se voete gestel word 8:6-7 1 Kor 15:27; Hebr 2:8

3. Christus sal opgewek word uit die graf 16:10 Mark 16:6-7; Hand 13:35

4. God sal Christus verlaat in sy oomblik van angs 22:02 Mat 27:46; Mark 15:34

5. Christus sal verag en bespot word 22:7-8 Mat 27:39-43; Luk 23:35

6. Christus se tong kleef aan Sy verhemelte 22:16 Joh 20:25, 27; Hand 2:23

7. Ander sal vir Christus se klere dobbel 22:19 Mat 27:35-36

8. Nie een van Christus se bene sal gebreek word nie 34:21 Joh 19:32-33, 36

9. Christus sal onregverdig gehaat word 35:19-20 Joh 15:25

10. Christus sal kom on God se wil te doen 40:8-9 Hebr 10:7

11. Christus sal verraai word deur ‘n vriend 41:10 Joh 13:18

12. Christus se troon sal ewig wees 45:7 Hebr 1:8

13. Christus sal opvaar na die hemel 68:18 Ef 4:8

14. Ywer vir God se tempel sal Christus verteer 69:10 Joh 2:17

15. Christus sal asyn en gal gegee word 69:22 Mat 27:34; Joh 19:28-30

16. Christus se verraaier sal vervang word 109:8 Hand 1:20

17. Christus se vyande sal voor Hom buig 110:1 Hand 2:34-35

18. Christus sal ‘n priester soos Melgisedek wees 110:4 Hebr 5:6; 6:20; 7:17

19. Christus sal die hoeksteen wees 118:32 Mat 21:42; Hand 4:11

20. Christus sal kom in die naam van die Here 118:26 Mat21:9

Page 10: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

8

MODULE VI: POËTIESE BOEKE

Lesing 2 PSALMS INHOUD: Psalms – Met stem en instrument prys ons God Voorgeskrewe leeswerk: Psalms INDELING EN VOORBEREIDING 1. Individuele en korporatiewe klaagliedere Lees: Psalm 3 VRAAG 1 Beskryf wat Dawid se vyande van hom sê. Volgens Dawid hoe reageer God hierop? (2) 2. Liedere van danksegging Lees: Psalm 8, 19, 32, 51 VRAAG 2 Noem drie aspekte oor skuldbelydenis uit Psalm 51. Gee duidelike skrifverwysings (3) VRAAG 3 Hoe het God die mens geskape en wat is sy doel op aarde, volgens die Psalmskrywer? (1) VRAAG 4 a: Hoekom het die goddelose mens baie smarte en hoe kan die verhouding met God herstel word? (1) VRAAG 4 b: Hoe is die mens wat nie sy sonde bely nie en hoekom is skuldbelydenis vir die gelowige so belangrik? (1) VRAAG 5 Noem vier kenmerke van God se Woord met die resultate. (2) 3. Liedere van God se soewereine heerskappy en bedevaartsliedere Lees: Psalm 78 VRAAG 6 Toe die volk uit Egipte gelei is, hoe het hulle die teenwoordigheid van die Here beleef volgens die Psalmskrywer? Hoe beleef ons die teenwoordigheid van die Here vandag? (2)

Page 11: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

9 4. Liedere van God se toornigheid Lees: Psalm 40 VRAAG 7 Volgens die Psalmskrywer, wat is sy een begeerte en wat is sy hele lewe? (1) 5. Liedere oor Christus se heerskappy en wysheid Lees: Psalm 72, 110 VRAAG 8 Hoe beeld Ps 110 Christus uit? Haal aan om dit te staaf. (1) VRAAG 9 Volgens die Psalmskrywer (Ps 72) wat sal veroorsaak dat die koning reg regeer? (2) Totaal (16)

Page 12: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

10

MODULE VI: POËTIESE BOEKE WYSHEIDSLITERATUUR

Lesing 3 SPREUKE, PREDIKER EN HOOGLIED

RAAMWERK VIR LESING

Inleiding PREDIKER HOOGLIED Die verhouding tussen Spreuke en Prediker SPREUKE Werk Materiële rykdom Vriendskap Huwelik Kinders INHOUD: ‘n Oorsig oor die Wysheidsliteratuur INDELING EN VOORBEREIDING Spreuke is vol insigte en waarhede wat God gegee het sodat ons ‘n vol lewe tot Sy eer kan lewe. Omdat Spreuke soms onreëlmatig en chaoties voorkom, kan die boek in die volgende temas, met simbole ingedeel word.

SIMBOOL

TEMA

W/L WYSHEID EN INSIG

♥ HART

W WERK

M MATERIËLE RYKDOM

V VRIENDSKAP

H HUWELIK

K KINDERS ‘N BLINK BEGIN MET GOD SE WET In Prediker (Salomo se eie outobiografie) wys hy hoedat ‘n onfeilbare koning tot ‘n tragiese einde kon kom. Ek en jy kan leer hoedat ‘n blink begin in ‘n tragedie kan ontvou deur een kernwaarheid te ignoreer. Die doel met die lang vraag is om te sien Prediker word verstaan in die lig van die Weg, geskiedenis en die bekering van Salomo. Lees gerus Deut 17:2-5; 17:16-17; 17:18-20 en let op die waarskuwings aan die toekomstige konings.

Page 13: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

11 MODULE VI: POËTIESE BOEKE

WYSHEIDSLITERATUUR

Lesing 3 SPREUKE, PREDIKER EN HOOGLIED INDELING EN VOORBEREIDING PREDIKER Lees Hoofstuk 1 – 12 ‘N BINK BEGIN MET GOD SE WET God gee 4 waarskuwings vir konings. Lees Deut 17:2-5, 16-17, 18-20 1. Dwaalspoor wysheid of gevorderde wysheid Lees Prediker 1 en 2 VRAAG 1 Wat was Salomo se gevolgtrekking oor wysheid en hoe beskryf hy die gevolge van sy dwaling? (2) 2. Misbruikte rykdom VRAAG 2 Wat wou Salomo met sy rykdom bekom en wie wou hy verheerlik en wat was sy gevolgtrekking? (2) 3. Veelvuldige vroue Lees Prediker 7 – 9 VRAAG 3 Wat is die karaktertrekke van die vroue wat Salomo aangeskaf het en wat is die wysheid wat Salomo ontdek het na jare se ontrouheid aan God se plan? (2) 4. Gemengde aanbidding VRAAG 4 Salomo het die Wet van God oortree deur sy ongelowige vroue se afgode te dien (Eks 20:3-5). Wat het Salomo daaruit geleer en tot watter slotsom het hy gekom (1 Kon 11:1-8)? (2) SPREUKE Lees Hoofstuk 10 – 22 VRAAG 5 Watter praktiese riglyne vir die daaglikse lewe wat ons in Spreuke kry, kan jy in jou lewe toepas? Kies uit die volgende vyf terreine twee met ‘n voorbeeld van elk uit bogenoemde hoofstukke. Gee in jou eie woorde met skrifverwysings. (2) Gesinslewe Woorde en gedagtes Hoogmoed en nederigheid Rykdom en armoede Naasteliefde

Page 14: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

12 HOOGLIED Lees Hoofstuk 1 – 8 VRAAG 6 Baie kortliks – op watter manier stem ons liefde vir Christus ooreen met die liefde wat Salomo se bruid vir hom gehad het? (2) Totaal (12)

Page 15: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

13

MODULE VII: DIE PROFETIESE BOEKE BOEK KERNVERSE TEMAS

Vier groot profete

Jesaja 40:1,3 Die uitkoms is hier! Jeremia 4:1 Daar is ‘n vooruitsig van terugkeer en

herstel, maar eers deur ballingskap heen Esegiël 36:26,27 Die heerlikheid van God Daniël 4:35 Die Koninkryk van God

Twaalf klein profete

Hosea 14:5,6 Die genade en liefde van God Joël 2:1 Die Dag van die Here Amos 4;13 Die verskil tussen ware en valse

godsdiens Obadja Vs 16 Daar is net één fondament: God Jona 3:10 Oordeel van die Here oor Nineve: genade

word aan die heidene verkondig Miga 7:18 Sonde en oordeel; belofte van wêreldwye

vrede Nahum 1:7 Oordeel oor Assirië; bevryding van die

volk van God in vooruitsig gestel Habakuk 2:4 God sal die veroweraar nie ongestraf laat

bly nie; klagtes van die profeet; die regverdige sal deur geloof lewe

Sefanja 1:14-16 Profesie van verwoesting van Israel en

omringende volke Haggai 1:4 Aansporing tot die herbou van die tempel Sagaria 4:6b Visioene oor herstel van Jerusalem,

herbou van die volk; profesieë aangaande die Messiaanse Ryk

Maleagi 4:2 Uitwys van Juda se sonde (in die

erediens, huwelikslewe) en uitsprake oor toekomsverwagtings.

Page 16: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

14 DIE PROFETE

Aangesien dit onmoontlik is om al die profete volledig te behandel, word stilgestaan by die vier groot profete, asook vier van die klein profete.

INLEIDING TOT DIE PROFETE BYBELBIBLIOTEEK U sal nog van baie lank terug onthou dat die Jode wat die Ou Testament as enigste Bybel gehad het, dit in drie dele opgedeel het. Kyk ons na ons eie indeling van die Ou Testament dan sien ons in ons Bybelbiblioteek 'n onderskeid tussen die historiese boeke, die digterlike boeke, en die profetiese boeke. Laasgenoemde vorm die grootste enkele groep geskrifte in die Ou Testament. Kyk ons meer spesifiek na die plek én indeling van die profeteboeke, dan sien ons die vier groot profete staan eerste in die ry. Hulle word "groot" genoem, nie omdat hulle groter is as die kleiner profete nie, maar omdat hulle "dikker" is - hulle geskrifte is van veel groter omvang as die ander en hulle is dus só gerangskik. Die rangskikking van die twaalf kleiner profeteboeke word bepaal deur twee faktore: a) Die kronologiese volgorde soos uitgewerk (dikwels nie heeltemal reg volgens ons nie) deur die

kanonsamestellers, en b) die omvang of volume van die werke. So kry ons byvoorbeeld dat Hosea met sy 14 hoofstukke vóór Amos met sy nege hoofstukke plek kry, alhoewel Amos kronologies vóór Hosea opgetree het en eintlik ons oudste Skrifprofeet is. Dit is dus 'n omvangsrangskikking. Op dieselfde plek kry ons egter ook vir Joël met sy drie hoofstukke en dié is daar ingedruk vanweë die tradisie dat hy 'n tydgenoot van Amos was. Hier het ons dus 'n kronologiese ordening van die boeke. Om elkeen se plek te verstaan, is bo my vuurmaakplek. Ek aanvaar maar die indeling soos dit is en probeer hard om net die 12 se name te onthou. En die lees daarvan te geniet ... want elke profeet het 'n eie handtekening, 'n eie styl; elkeen speel as't ware sy eie instrument. My roeping is mos nie allereers om te stry oor sy plek in die kanon nie, maar om die klank en kleur van elke profeteboek helder en duidelik op te vang. Om dit reg te kry moet ons ook iets van die verskynsel van profetisme verstaan. DIE PROFETISME Die profetisme is nie 'n unieke Israelitiese verskynsel nie. Dit kom algemeen onder die Semitiese volke, soos byvoorbeeld die Kanaäniete of die Arabiere met hulle profeet Mohammed voor. Ons hoor daarvan in die Persiese godsdienste - Zaratoestran en in die Ooste met sy Boedha. Ons kry dit onder die Indiane in Amerika, en Afrika word genoem die 20ste-eeuse kontinent van profete. En tog, alhoewel dit algemeen voorkom, het dit in Israel 'n unieke funksie gehad. Die profete - en daar was baie van hulle - het oor 'n lang periode van 900 jaar opgetree, en vorm een van die belangrikste elemente in die ou gewyde geskiedenis. Trouens, die profesie het eintlik nooit ontbreek nie. Daarom hoor ons van die vroeë profete, dit is die sogenaamde Woordprofete, wat in drie vroeë verskynings na vore tree. Een daarvan was die ekstatiese profete. Dit is onder so 'n groep dat Saul verdwaal geraak het. Hulle het van musiek gebruik gemaak om hulle in 'n toestand van ekstase te bring. Dit was dus soos vroeë "disko" alhoewel die funksie belangriker was. Dit wil lyk asof hulle mettertyd van die toneel verdwyn het. Dan was daar die siener wat nie in die openbaar verskyn het nie, maar deur mense besoek is en van raad bedien is. Amper soos ons fortuinverteller vandag, maar weer eens het hulle 'n belangrike rol gespeel in die godsdiens van Israel. Dan was daar die manne van God, soos Samuel, Elia en Elisa. Hierdie mense kon wonderdade verrig en verborgenhede verklaar. Hulle is deur die mense gevrees omdat hulle heil en onheil kon bring in dieselfde funksie van die sangoma heel waarskynlik in Afrikakulture vervul of die sjaman in ander wêrelddele. Die tyd waarin hierdie groep opgetree het, staan ook bekend as die pre-klassieke periode, terwyl die klassieke profete die sogenaamde Skrifprofete is. Die ander was net Woordprofete. Hierdie nie-klassieke profetedom (dit wil sê die mees tipiese vorm, die eintlike vorm) hang nou saam met die Koningskaptydperk in Israel. Voor koning Saul se tyd was daar rigters en was die volk eintlik direk op die Here aangewese.

Page 17: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

15 Indien gevaar gedreig het, het die Here net 'n rigter aangestel wat sy volk moes bevry. Maar in die tyd van Samuel, tydens die Filistyne se strooptogte, het die behoefte ontstaan aan 'n permanente weermag én 'n simbool van nasionale eenheid tussen die stamme. Hulle wou 'n koning hê en toe het God van profete gebruik gemaak as sy boodskappers. Hulle sou die konings, en ook die volk begelei, ook tydens die ballingskap en selfs daarna toe Israel in sy eie land gewoon het onder ander lande se vlae. Die profete moes die gebeure van destyds vir die volk interpreteer en was dus fyn waarnemers van elke verandering in die kultuur én die natuur om dit in terme van die alledaagse lewe te interpreteer. Hulle moes God se woord bring, die vinger lê op seer plekke in die lewe van mense en volke én balsem smeer op diep wonde. Die profeet was die persoon wat moes leef en handel in die gebied waar die goddelike en die menslike mekaar raak en daarom het party gesigte of visioene gesien, het die Engel van die Here met party gepraat, het party eienaardige smaak- of gevoelswaarneminge gehad, siek geword of gedroom. Die eintlike bron van openbaring was die Gees van God. WANNEER HET HULLE OPGETREE? Die Skrifprofete, dit wil sê dié van wie ons geskrifte het, se optrede was ten nouste gekoppel aan die destydse wêreldgebeure. Vier groot tydperke kan onderskei word: A. 750 - 700 v.C. Dis die tyd van die Assiriese mag en die profete wat hier optree is Amos en Hosea in

die Noordryk en Jesaja en Miga in die Suidryk. B. 650 - 586 v.C. Hier begin die Assiriese ryk wankel en beleef ons die opkoms van die Babiloniese

ryk. Dis die tyd van Nahum, Habakuk en Sefanja en veral ook Esegiël en Jeremia. C. Die tyd van die Babiloniese ballingskap - weer Esegiël en dele uit Jesaja stam vermoedelik ook uit

dié periode. D. Die tyd na die ballingskap met die profete Haggai, Sagaria en Maleagi as sentrale figure. Daarna het die verskynsel van die profeet stadig maar seker verdwyn. DIE BOODSKAP Daar bestaan soveel profetiese geskrifte en die boodskap daarvan is so ryk dat dit moeilik is om alles saam te vat. Kom ons probeer nietemin deur te sê dat al die profete in 'n mindere of 'n meerdere mate oor die verlede, die hede en die toekoms gepraat het en aan die hand daarvan kan ons iets van die boodskap verstaan. A. Die verlede: die heilsgeskiedenis Die verlede was vir ou Israel baie belangrik. Hulle het gereeld aan die geskiedenis teruggedink,

want dit het hulle altyd getroos. Veral het hulle nagedink oor die wonderlike dinge wat die Here gedoen het in die lewe van die aartsvaders, tydens die uittog, in die woestyn, by die berg Sinai, en die intog. Telkens, wanneer hulle hieroor nagedink het, is hulle geloof versterk en het dit hulle moed gegee om met die lewe voort te gaan.

By die profete verkry hierdie geskiedenis 'n baie negatiewe betekenis. Hulle het dit teen die volk

gebruik. Volgens die profete het die Here soveel vir hierdie volk gedoen en ten spyte daarvan het hulle die rug op Hom gedraai. Die profeet Jesaja gebruik 'n wonderlike beeld. Hy sê dat Israel met 'n wingerd en die Here met die eienaar daarvan vergelyk kan word. Die Here het hierdie wingerd liefdevol versorg: Hy het dit omgespit, alle klippe verwyder, 'n wagtoring opgerig en nog baie ander dinge gedoen. Met reg kon die Here uitsien na 'n wonderlike oes, want Hy het soveel ingesit. Alles was egter 'n bittere teleurstelling, want die druiwe was suur. Geen wonder dan dat die eienaar die wingerd wou verwoes nie. So was dit ook met Israel die geval. Die Here het soveel moeite met hierdie volk gedoen en hulle met soveel liefde gekoester, maar die eindresultaat was niks anders as 'n bittere teleurstelling nie. Die profete het Israel daarom gewaarsku dat die oordeel van die Here naby is.

Page 18: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

16 B. Die hede: kritiek Die rede waarom die profete so negatief teenoor die verlede gestaan het, was omdat Israel se hede

so verskriklik was. Die volk het allerlei dinge gedoen wat lynreg teenoor die wil van die Here gestaan het. Die optrede van die konings was van so 'n aard dat hulle net onheil oor die land gebring het. 'n Noue band het tussen die koning en die volk bestaan. Die Here wou die volk deur die koning seën, maar dan moes die koning die Here opreg gedien het. Volgens die profete was dit egter nie die geval nie en daarom kon hulle onder geen omstandighede die seën van die Here verwag nie. Verder het die volk op die voetspoor van die konings getrap en hulle aan sosiale misdrywe skuldig gemaak. Die rykes van elke dorp het sulke swaar belastings gehef dat die arme kleinboer nie die mas kon opkom nie.

Indien hy nie kon betaal nie, het hulle sy plaas van hom weggeneem terwyl die boer self slawediens

verrig het. Mense kon ook sommer verslaaf word indien hulle nie die skuld op hulle sandale en ander kleiner items kon betaal nie. Ook by die erediens het die volk oortree. Hulle het die Here nie meer lief gehad nie en daarom was hulle offers bloot uiterlike handelinge. So erg was dit dat die profete voortdurend aan die volk moes sê dat die Here meer in mense se gedrag as in offers belangstel.

C. Die toekoms: die dag van die Here Die profete het die volk van die Here se toekomstige oordeel vertel. En die beeld wat hulle hiervoor

gebruik het, was die "dag van die Here". Van die vroegste tye af het Israel die verwagting gekoester dat die Here op 'n sekere dag sal intree en sy volk op 'n wonderbaarlike manier sal help. Amos was die eerste profeet wat die volk met die gedagte moes ontnugter dat die dag van die Here ook straf vir sy eie volk sou inhou. Dit was seker 'n geweldige skok vir die volk om die teenoorgestelde te hoor as dit waarop hulle gehoop het.

Die "dag van die Here" het toe inderdaad gekom met die val van Samaria in 722 v.C. en Jerusalem

in 586 v.C. Na hierdie twee rampspoedige gebeurtenisse het die profete voortgegaan om oor die dag van die Here te praat. Nou het dit wel 'n positiewe inhoud gekry. Die profete het nou verkondig dat die Here weer op 'n sekere dag sal kom en dat Hy ten behoewe van sy volk sal ingryp. Op verskillende maniere het die profete oor hierdie toekomstige ingrype van die Here gepraat.

TYD VAN OPTREDE Suidryk Noordryk Jesaja - die eerste evangelis Amos, die prekende boer Miga - die kaalvoet vredemaker Hosea, die bedroë eggenoot 650 - 586 v.C. (Babilonië) Sefanja - die nagwag Nahum - die oorlogkorrespondent Habakuk - die skrynwerker Jeremia - die tevergeefse prediker Obadja - die prokureur-generaal Ballingskap Esegiël - die siener Daniël - die leeutemmer Na-ballingskap Haggai - die lekeprediker Sagaria - die Kersprofeet Maleagi - die boodskapper Joël - die Pinksterman En dan natuurlik nog Jona. Die wegloper kom ook by. Maar sy tyd van optrede is onbekend.

Page 19: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

17

MODULE VII: PROFETIESE BOEKE Lesing 1 ESEGIËL

Ek sal dié soek wat weggeraak het, dié terugbring wat weggedwaal het,

die wonde versorg van dié wat seergekry het, die swakkes help.

Ek sal ‘n Herder wees wat reg laat geskied.

RAAMWERK VIR LESING

1. SKRYWER VAN DIE BOEK ESEGIËL Die outeur, wie se naam “God versterk” (“God is sterk” / “God maak sterk”) beteken, word uitgewys as “Esegiël seun van Busi” (1:3). Hy was waarskynlik lid van die priesterlike familie Sadok, wat tydens Josia se hervormings op die voorgrond getree het. Hy is in 597 vC na Babilonië gedeporteer en het hom in Tel-Abib, langs die Kebarrivier, gevestig. Sy bediening het vlugtig met Jeremia s’n oorvleuel. 2. DATERING VAN DIE BOEK ESEGIËL Esegiël ontvang sy roeping in 593 vC, die vyfde ballingskapjaar van Jojagin. Esegiël het sy laaste uitspraak waarskynlik rondom 571 vC gemaak (Esegiël 29:17), wat beteken sy bediening het omtrent 22 jaar geduur. Sy profetiese loopbaan dek die mees bewoë tyd in Israel se geskiedenis: 7 jaar voor die vernietiging van Jerusalem en 15 jaar daarna. Esegiël is tydens die tweede beleg van Jerusalem weggevoer, en het as balling geskryf aan sy volksgenote wat nog in Jerusalem oor was om hulle te waarsku dat die stad se algehele verwoesting op hande was, en dat God se teenwoordigheid daaruit onttrek sou word. 3. INTERESSANTHEDE IN DIE BOEK ESEGIËL Van die 359 keer dat die uitdrukking “So spreek die Here HERE (Adonai Jahweh)” in die Ou Testament voorkom, kom 122 daarvan in Esegiël voor – meer as ‘n derde! Esegiël word dikwels in die Nuwe Testament aangehaal – dit toon aan hoedat talle van sy profesieë in Christus en Sy werk hul vervulling vind. Dit kan veral in die Johannes Evangelie en Openbaring gesien word:

• Die Herder van Esegiël 34 vind sy vervulling in die Goeie Herder van Johannes 10. Vergelyk ook Openbaringe 12:5 (“om te regeer” is in die Grieks ποιµαίvω: to tend as a shepherd, to rule).

• Die “Gog en Magog” van Esegiël 38 & 39 vorm die basis van die profesie in Openbaring 20:8. • Die visioen van God in Esegiël (1:22-28) loop ons in meer as een plek in Openbaring raak – so is die

stem van Christus soos die gedruis van ‘n groot watermassa (Esegiël 1:24; Openbaring 1:15; 4:3, 6; 19:6).

• Die lewegewende stroom van Esegiël 47 kom weer in Openbaring 22:1-2 voor. • Johannes se visioen van die Heilige Stad (Openbaring 21:10-27) word reeds deur Esegiël (48:15-35)

geantisipeer. In ballingskap vestig Esegiël in die Joodse kolonie by Tel-Abib, langs die Kebar-rivier. Die bekende Psalm 137 vertel van die ballinge se intense verlange terug na Sion.

Page 20: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

18 Esegiël het in sy eie huis gewoon (3:24; 8:1). Hy was gelukkig getroud, maar op 35-jarige ouderdom “sterf die lus van sy oë” egter, as ‘n profesie van die feit dat die lus van Israel se oë, die tempel, van hulle weggeneem sou word (24:15-24). Die boek Esegiël bevat meer datums as enige ander profetiese boek in die Ou Testament. Wat egter interessant is, is dat Esegiël nooit die Babiloniese pion – Sedekia – erken het nie. Na Jojagin se wegvoering, plaas Nebukadneser Jojagin se oom, Sedekia, in Jerusalem op die troon. Dus, gaan Esegiël voort om sy daterings op Jojagin se wegvoerings te baseer. Die profeet bou sy kronologie vanaf die jaar van koning Jojagin se wegvoering uit Jerusalem (597 vC). Dertien datums word gegee – 12 om die ontvangs van goddelike boodskappe, en 1 om die aankoms van die boodskapper wat die berig bring, van Jerusalem se val, te dateer (33:21). Meer as enige ander profeet moes hy die goddelike boodskap met simboliese handelinge illustreer. So moes hy byvoorbeeld 390 dae op sy linkersy lê, en daarna 40 dae op sy regtersy (4:4-6). Die boek Esegiël bevat 4 visioene (Hfst 1-3; 8-11; 37:1-14; 40-49); 12 simboliese handelinge (3:22-26); 4:1-3; 4:4-8; 4:9-11; 4:12-14; 5:1-3; 12:1-16; 12:17-20; 21:6-7; 21:18-24; 24:15-24; 37:15-28); en 5 boodskappe in die vorm van gelykenisse (hfst 15, 16, 19 & 23). “Op die vyfde van die tiende maand, in die twaalfde jaar van ons ballingskap” gebeur daar iets wat nie net ‘n wendingspunt in die lewe van die volk is nie, maar ook die profeet – ‘n boodskapper daag op en berig dat Jerusalem geval het (33:21). Van hierdie oomblik af verander die profeet se hele aanslag. In die jare wat volg word hy ‘n pastoor en boodskapper van hoop vir die verslane en verslae ballinge tussen wie hy woon (Esegiël 33 – 48). Die frase “dan sal julle besef dat Ek die Here God is” (en variasies daarvan) word 65 keer gebruik. Hoofstukke 1 – 24 leer dat God Hom sal openbaar in die vernietiging van Jerusalem en die tempel; hoofstuk 25 – 32 leer dat Hy Hom in Sy oordele aan die nasies sal openbaar; hoofstuk 33 – 48 leer dat Hy geken sal word in die herstel en geestelike vernuwing van Sy volk.

Page 21: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

19 4. INHOUD VAN DIE BOEK ESEGIËL Die drie “groot” profete (Jesaja, Jeremia, Esegiël) sowel as Sefanja, bied almal hul stof aan op dieselfde manier: hulle begin met oordeelsprofesieë teen Israel, gaan dan voort met oordeelsprofesieë teen die heidennasies, en sluit af met troosprofesieë vir Israel.

1.

OPENINGSVISIOEN: ESEGIËL WORD GEROEP Inleidende visioene Die profeet se opdrag

Esegiël 1:1 – 3:21 1:1-28

2:1 – 3:21 2. PROFESIEË EN VISIOENE OOR JERUSALEM Esegiël 3:22 – 24:27

A: Oordeelsuitsprake ... teen Jerusalem teen die hele volk

3:22 – 7:27 3:22 – 5:17 6:1 – 7:27

B: Visioene van afgodsdiens in die tempel 8:1 – 11:25

C: Juda se gevangenskap en ballingskap ... Oordeelsboodskappe teen Juda ... uitsprake voor die val van Jerusalem

12:1 – 24:27 12:1 – 19:14 20:1 – 24:27

3.

Doemprofesieë teen ander nasies ... teen Ammon ... teen Moab ... teen Edom ... teen Filistea ... teen Tirus ... teen Sidon ... teen Egipte

25:1 – 32:32 25:1-7

25:8-11 25:12-14 25:15- 17

26:1 – 28:19 28:20 - 26

29:1 – 32:32 4.

Profesieë van herstel Esegiël as wag God as herder ‘n Uitspraak teen Edom Die volk Israel sal herstel ‘n Uitspraak teen Gog Die tempel sal herstel word Die ryk sal herstel word

33:1 – 38:25 33:1-11 34:1-31 35:1-15

36:1 – 37:28 38:1 – 39:29 40:1 – 46:24 47:1 – 48:35

Buiten ‘n duidelike struktuur, vertoon die boek ook ‘n besondere simmetrie. So word die visioen van die ontheiligde en gedoemde tempel (Esegiël 8 – 11) gebalanseer met die visioen van die herstelde en verheerlikte tempel (Esegiël 40 – 43). En, die boek begin met ‘n visioen van God in Sy skrikaanjaende heiligheid, en sluit dit af met die God van troos. “Die Here is daar” (Esegiël 48:35). En dan, Esegiël se roeping as wag om God se oordele aan te kondig word gebalanseer deur sy roeping as ‘n wag om God se heil aan te kondig.

Page 22: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

20

MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 1 ESEGIËL INDELING EN VOORBEREIDING 1. Esegiël se roeping Lees: Esegiël 1 - 3 VRAAG 1 Beskryf God se roeping aan Esegiël deur onder andere te verwys na hoofstuk 1 se openbaringsvisioen (wat het dit met Esegiël se roeping te doen?); hoofstuk 2 se “stem” en boekrol (ook hoofstuk 3), en hoofstuk 3 se “wag”-aanstelling. (3) 2. Visioene, simboliese handelinge en gelykenisse Lees: Verskeie hoofstukke soos in die vraag aangedui. VRAAG 2

1. Die boek Esegiël bevat 4 visioene (hfst 1-3; 8-11; 38:1-14; 40-48); 2. 12 simboliese handelinge (3:22-26; 4:1-3; 4:4-8; 4 9-11; 4:12-14; 5:1-3; 12:1-16;

12:17-20; 21:6-7; 21:18-24; 24:15-24; 37: 15-28); en 3. 5 gelykenisse (hfst 15; 16; 19 en 23).

Noem drie van die simboliese handelinge asook die boodskap van elk. (3) 3. Van groen druiwe en stomp tande Lees: Esegiël 18 VRAAG 3 Met hoofstukke soos hierdie merk ons ‘n duidelike skuif op in Israel se “teologie” (Hoe hulle onder andere dink oor God, die mens en sonde). Die Here gebruik ‘n hele paar spreekwoorde in Esegiël se profesieë – hier in hoofstuk 18 kom die spreekwoord “die vaders eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande stomp”, voor. Watter skuif / verandering dink jy bring hierdie woord van die Here in Israel se teologie? (2) 4. ‘n Boodskap(-per) van hoop Lees: Esegiël 33 - 48 VRAAG 4 “Op die vyfde van die tiende maand, in die twaalfde jaar van ons ballingskap” gebeur daar iets wat nie net ‘n wendingspunt in die lewe van die volk is nie, maar ook die profeet. ‘n Boodskapper daag op en berig dat Jerusalem geval het (33:21). Van hierdie oomblik af verander die profeet se hele aanslag. In die jare wat volg word hy ‘n pastor en boodskapper van hoop vir die verslane en verslae ballinge tussen wie hy woon. Gaan vlugtig deur hoofstuk 33 – 48 en kies drie van hierdie ingrypende hoofstukke en eksploreer die hoop-boodskap daarvan. (3)

Page 23: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

21 5. Die goeie herder Lees: Esegiël 34 & Johannes 10 VRAAG 5 Die profeet Esegiël word dikwels in die Nuwe Testament aangehaal – dit toon aan hoe dat talle van sy profesieë in Christus en Sy werk hulle vervulling vind. Dit kan veral in die Johannesevangelie en Openbaring gesien word. So vind die Herder van Esegiël 34 sy vervulling in die Goeie Herder van Johannes 10. (Vergelyk ook Openbaring 12:5 om te “regeer” is in die Grieks ποιµαίvω: to tend as a shepherd; to rule).

1. Wat leer ons van die volk se leiers? 2. Wat leer ons van die Here in hierdie gedeelte? (4)

Totaal (15)

Page 24: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

22

MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 2 JESAJA DIE VOLK VAN JUDA SE SONDE

JESAJA BESKRYF DIE TOEKOMSTIGE KONINKRYK

Beskrywing Skrifgedeelte in Jesaja 1. Die Here sal die getroue oorblyfsel in hulle

land herstel 1:9, 25-27; 3:10; 4:3; 6:13; 8:10; 9:1; 10:20, 22, 25, 27; 11:11-12, 16; 14:1-2; 14:22, 26; 26:1-4; 27:12; 28:5; 35:9; 37:4, 31-32; 40:2-3; 41:9; 43:5-6; 463-4; 49:5, 8, 49:12, 22; 51:11; 54:7-10; 55-12; 57:13, 18; 604, 9; 61:1-4, 7; 65:8:10; 66:8-9, 19

2. Soos die Here die vyande van Israel vernietig

so sal Hy Sy volk beskerm. 4:5-6; 9:1, 4; 12:1-6; 13:4; 14:2; 21:9; 26:4-5; 27:1-4; 30:30-31; 21:2; 33:16, 22; 35:4; 49:8-9; 49:17-18, 52:6; 54:9-10; 55:10-11; 58:12; 60:10, 12, 18; 62:9; 66:16

3. Die nuwe Koninkryk sal vol vreugde en

voorspoed wees. 26:15, 19; 27:2, 13; 29:18-20; 22:22-23; 30:20; 32:3; 32:15-20; 33:6; 24; 35:3, 5-6, 8-10; 40:11; 42:6-7, 16; 43:5-6, 8, 10, 21; 44:5, 14; 46:13; 48:6; 49:10; 52:9; 54:2, 3, 55:1, 12; 58:9, 14; 60:5, 16, 21’ 61:4. 6-10; 62:5; 65:13-15, 18, 24; 66:21-22.

4. Jerusalem sal prominent wees in die nuwe

Koninkryk 2:2-4; 18:7; 25:6; 40:5, 9; 49:19-21; 60:1-5, 13-15, 17; 62:3-4;

5. Israel sal prominent wees in die nuwe

Koninkryk 23:18; 54:1-3; 55:5; 56:6-8; 60:5-9; 66:18-21

6. Israel se doel in die nuwe Koninkryk sal wees

om God te verheerlik 60:21; 61:4

7. Ander nasies sal seën ontvang deur die

getroue Israel 11:10; 19:18, 24, 25; 42:6; 45:22-23; 49:6; 51:5; 56:3, 6-8; 60:3, 7-8; 61:5; 66:19

8. Wêreldwye vrede sal heers in die nuwe

Koninkryk 2:4; 9:5-6; 11:10; 19:23; 26:12; 32:18; 54:14; 57:19; 66:12

9. Morele en geestelike vlakke sal die hoogste vlakke bereik sedert die sondeval

27:6; 28:6, 17; 32:16; 42:7; 44:3; 45:8; 51:4; 61:11; 65:21-22

10. Regering en leierskap sal perfek wees onder

die Koning van konings 9:6-7; 11:2-3; 16:5; 24:23; 25:3; 32:1, 5; 33:22; 42:1, 4; 43:15; 52:13: 53:12; 55:3-5

11. Mense sal lank lewe in die nuwe Koninkryk

65:20, 22

12. Kennis van die Here sal universeel wees i die

nuwe Koninkryk 11:9; 19:21; 33:13; 40:5; 41:20; 45:6, 14; 49:26; 52:10, 13, 15; 54:13; 66:23

13. Die natuurlike wêreld sal vernuwe word in die

nuwe Koninkryk 12:3; 30:23-26; 32:15; 35:1-4, 6-7; 41:18-19; 43:19-20; 44:3, 23; 55:1-2, 13; 58:10-11

14. “Wilde” diere sal mak wees in die nuwe

Koninkryk 11:6-9; 35:9; 65:25

15. Hartseer en rou sal nie bestaan in die nuwe

Koninkryk nie. 25:8; 60:20

Page 25: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

23 16. Die nuwe Koninkryk is deel van God se nuwe

skepping 24:23; 51:6; 51:16; 54:11-12; 60:11, 19; 65:17

17. Die Koning sal regter wees oor sonde 66:26

Die vervulling van ‘n paar van sy profesieë in sy eie leeftyd bewys Jesaja se waarde as ware profeet. Dit sluit in: Sanherib se poging om Jerusalem in te neem, net soos Jesaja tevore gesê het dit sou gebeur (37:6-7, 36-38). Die Here genees Hiskia se dodelike siekte, soos Jesaja voorspel het (38:5; 2 Kin 20:7). Lank voor Kores, die koning van Persië op die toneel verskyn, het Jesaja hom as Juda se redder van die Babiloniese ballingskap voorgestel (44:28; 45:1). Vervulling van sy profesieë van Christus se eerste koms gee aan Jesaja verdere regverdiging as profeet (bv 7:14). Die patroon van die letterlike vervulling van sy reeds vervulde profesieë gee versekering dat profesieë van Christus se wederkoms ook letterlike vervulling sal sien. Meer as enige ander profeet, voorsien Jesaja inligting oor die toekomstige dag van die Here en die tyd wat volg. Hy het ‘n besondere hoeveelheid aspekte van Israel se toekomstige koninkryk op aarde bespreek wat nie op enige ander plek in die Ou Testament of die Nuwe Testament gevind word nie, insluitend die verandering in die natuur, die diereryk, Jerusalem se status onder die nasies, die lydende kneg se leierskap en ander. Ook bekend as die “evangeliese profeet”, praat Jesaja baie oor die genade van God teenoor Israel, veral in sy laaste sewe en twintig hoofstukke. Die middelpunt is Jesaja se ongeëwenaarde hoofstuk 53, met die uitbeelding van Christus as die geslagte Lam van God. Omdat Jesaja se profesieë fokus op die inkarnasie en offer van Christus, is hy die Ou Testamentiese profeet wat die meeste dikwels aangehaal word in die Nuwe Testament. BELANGRIKE LEERSTELLING IN JESAJA Christus as die leidende Dienskneg (49:1 – 57:21; Ps 68:18; 110:1; Mat 26:39; Joh 10:18; Hand 3:13-15; Fil 2:8-9; Heb 2:9). Die eerste koms van die Messias (7:14; 8:14; 9:2, 6-7; 11:1-2; Eseg 11:16; Mat 1:23; Lukas 1:31; 2:34; Joh 1:45, 3:16; Rom 9:33; 1 Pet 2:8; Openb 12:5). Die tweede koms van die Messias (4:2; 11:2-6, 10; 32:1-8; 49:7; 52:13, 15; 59:20-21; 60:1-3; 61:2-3; Jer 23:5; Sag 3:8; Mat 25:6; 26:64; Rom 13:11-12; Fil 4:5; Openb 3:11). Redding deur Christus (9:6; 52:13-15; 53:1-12; Jes 12:2; Ps 103:11-12; Luk 19:9; Joh 3:16; Hand 16:31; Rom 3:21-24; 1 Tim 1:15). GOD SE KARAKTER IN JESAJA God is toeganklik – 55:3, 6 God is ewig – 9:6 God is getrou – 49:7 God is verheerlik – 2:10; 6:3; 42:8; 48:11; 59:19 God is heilig – 5:16; 6:3; 57:15 God is regverdig – 45:21 God is sagmoedig – 54:8, 10; 63:7 God is Lig – 60:19 God is lankmoedig – 30:18; 48:9 God is liefdevol – 38:17; 43:3-4; 49:15-16; 63:9 God is genadig – 49:13; 54:7-8; 55:3-7 God is magtig – 26:4; 33:13; 41;10; 43:13; 48:13; 52:10; 63:12 God is getrou aan Sy beloftes – 1:18; 43:2 God is versorger – 10:5-17; 26:3; 31:5; 44:7; 50:2; 63:14 God is geregtig – 41:10 God is waar – 25:1; 38:19; 65:16 God is ongeëwenaar – 43:10; 44:6; 46:5, 9 God is verenig – 44:6, 8, 24; 45:5-8, 18, 21-22; 46:9-11 God is ondeurgrondelik – 40:28 God is wys – 28:29; 40:14, 28; 42:9; 44:7; 46:10; 47:10; 66:18 God is driftige – 1:4; 3:8; 9:13-14, 19; 13:9; 25:20; 42:24-25; 47:6; 48:9; 54:8; 57:15-16; 64:9

Page 26: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

24 UITDAGINGS MET INTERPRETASIE Interpretatiewe uitdagings in ‘n lang en betekenisvolle boek soos Jesaja is baie. Die mees kritieke van hulle fokus op die vraag of Jesaja se profesieë letterlike vervulling is of nie, en of die Here in sy plan, nasionale Israel verlaat en permanent vervang met die kerk as Sy nasie, sodat daar geen toekoms vir nasionale Israel is nie. Wat letterlike vervulling van Jesaja se profesieë betref sien ons dat baie van Jesaja se profesieë reeds vervul is, wat dan ‘n logiese gevolg het dat ons kan verwag dat die wat nog moet gebeur, sal gebeur. Die Koninkryk van Jesus sal werklik bestaan op die nuwe aarde en Jesus, die Koning van die Jode, sal regeer (Openb 22:1, 3).

PROFESIEË IN JESAJA WAT WAAR WORD IN DIE NUWE TESTAMENT

Profesie Waarwording Die Messias ... Jesus Christus ... Sal uit ‘n maagd gebore word (Jes 7:14). Was uit die maagd Maria gebore (Lukas 1:26-

31) Sal in Galelea dien (Jes 9:1-2) Het in Galilea gedien (Mat 4:13-16) Sal ‘n erfgenaam van Dawid se troon wees (Jes 9:7)

Die troon van Dawid is aan Jesus gegee (Lukas 1:32-33)

Sy weg sal voorberei word (Jes 40:3-7) Johannes die doper het Sy weg voorberei (Joh

1:19-28) Sal geslaan word en op Hom gespoeg word (Jes 50:6)

Daar is op Hom gespoeg en Hy is geslaan (Mat 26:67)

Sal verheerlik word (Jes 52:13) Was verheerlik deur die Vader en mense (Fil

2:9-10) Sal vermink word in Sy pyniging (Jes 52:14; 53:2)

Was deur die soldate met geweld vermink (Mark 15:15-19)

Sal ‘n bloed versoening bring (Jes 53:5) Het Sy bloed gestort vir ons sondes (1 Pet 1:2) Sal verwerp word (Jes 53:1, 3) Was deur baie verwerp (Joh 12:37-38) Sal ons sonde en sorge dra (Jes 53:4-5) Het vir ons sondes gesterf (Rom 4:25; 1 Pet

2:24-25) Sal ons plaasvervanger wees (Jes 53:6, 8) Het in ons plek gesterf (Rom 5:6, 8; 2 Kor 5:21) Sal vrywillig ons skuld en straf aanvaar (Jes 53:7-8)

Het ons nie aangekla nie (Mark 15:4-5; Joh 10:11; 19:30)

Sal begrawe word in ‘n ryk man se graf (Jes 53:9)

Was in die graf van die ryk Josef van Arimatea begrawe (Mat 27:57:60; Joh 17:38-42)

Sal die wat in Hom glo red (Jes 53:10-11) Gee redding aan elkeen wat glo (Joh 3:16; Hand

16:31) Sal saam met oortreders sterf (jes 53:12) Was onder oortreders getel (Mark 15:27-28;

Lukas 22:37) Sal die gebrokenes genees (Jes 61:1-2) Het gebrokenes genees (Luk 4:18 – 19)

Page 27: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

25 MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 2 JESAJA

INDELING EN VOORBEREIDING 1. Die volk van Juda se sonde Lees Jesaja 1 - 11 VRAAG 1 In hoofstuk 1 – 11 wys Jesaja die sonde van die volk uit, maar God vind hulle offers nutteloos. Noem minstens vyf sondes, met toepaslike skrifverwysings. (5) VRAAG 2 Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het (6:1-5) van die heerlikheid van God het diep indrukke op hom gelaat. Wat was die indrukke? (2) VRAAG 3 Wat word bedoel met die begrip “oorblyfsel”? Vergelyk Jesaja 10:21-22 en 11:11, 16. (1) 2. Die Judalied en die nuwe lied Lees Jesaja 25-27 EN 42-43 VRAAG 4 Vergelyk die inhoud en toepassing van die lied wat in Juda gesing word met die nuwe lied van Jesaja 42 & 43 ten opsigte van beskerming, redding, vertroue op God. (3) 3. Historiese tussenspel Lees Jesaja 36-39 VRAAG 5 Met die beleg van Jerusalem spot koning Sanherib van Assirië met Hiskia, wat was Hiskia se reaksie elke keer daarop? (1) VRAAG 6 Wat leer die siekte en herstel van Hiskia ons? (1) 4. Redding uit gevangenisskap Lees Jes 40 - 48 VRAAG 7 Jesaja kondig die verlossing van Israel uit ballingskap aan, God sal hulle red. Wat leer ons van God? (3) VRAAG 8 Watter Persiese koning is deur God gebruik om sy volk na hul land te laat terugkeer? Wat lei jy daaruit af? (1)

Page 28: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

26 5. God se antwoord op Israel se smekings Lees Jesaja 62-66 VRAAG 9 Ten spyte van die volk se onwilligheid om God te dien het God in hulle guns opgetree. Wat was die volk se sonde en God se reaksie daarop? (3) Totaal (20)

Page 29: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

27

MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 3 DANIËL

RAAMWERK VIR LESING Titel Outeur en datum Agtergrond en ligging Sleutelpersone in Daniël

• Daniël • Nebukadnesar • Sadrag • Mesag • Abednego • Belsasar • Darius

Historiese en Teologiese temas Sleutelwoorde in Daniël

• Interpretasie • Visioen

Sleutel Doktrines

• God se soewereine beheer • God se wonderwerke • God se belofte van die Messis

God se Karakter

• God is genadig • God is magtig • God is versorgend • God is reverdig • God is heilig • God is regverdig • God is waarheid • God is wys • God is wraaksugtig/woedende

Interpretasie uitdagings Jesus in Daniël

Page 30: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

28

DANIËL

Portret van ‘n goddelike man Titel Volgens Hebreeuse oorlewering, is die titel die naam van die profeet wat dwarsdeur die boek openbaringe van God ontvang. Daniël oorbrug die hele sewentig jaar van die ballingskap (ca. 605-536 vC; cf. 1:1 en 9:103). Nege van die twaalf hoofstukke het betrekking op die openbaringe deur middel van drome / visioene. Daniël was God se spreekbuis vir die heidense en Joodse wêreld en verklaar God se huidige en toekomstige planne. Outeur en Datum Verskeie verse dui aan dat Daniël die skrywer is (8:15, 27; 9:2; 10:2, 7; 12:4, 5). Sy naam beteken “God is my Regter.” Hy skryf in die eerste persoon van 7:2 af aan, en moet onderskei word van die 3 ander Daniëls waarna verwys word in die Ou Testament (cf. 1 Kron 3:1; Esra 8:2; Neh 10:6), As ‘n tiener (hy was ongeveer 15 jaar oud), is Daniël weggevoer uit sy koninklike familie in Juda en gedeporteer na Babilon waar hy gebreinspoel is in die Babiloniese kultuur om te help met die taak van die hantering van die ingevoerde Jode. Daar het hy die res van ‘n lang lewe spandeer (85 jaar of meer). Hy het die meeste van die ballingskap deurgemaak, en is bevorder en het God verheerlik deur sy karakter en sy diens. Hy het vinnig gevorder tot die rol van staatsman deur amptelike koninklike aanstellings en het gedien as ‘n vertroueling van die konings sowel as ‘n profeet in twee wêreldryke, dit wil sê, die Babiloniese (2:48) en die Medo-Persiese (6:1-2). Christus bevestig Daniël as die skrywer van hierdie boek (vgl Mat 24:15) “15” Wanneer julle ooreenkomstig die woord van die profeet Daniël die ding wat ‘n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige plek sien staan – wie dit lees, moet die goed begryp – “ Daniël lewe nog na die tyd wat beskryf is in Dan 10:1 (ca 536 vC). Dit is mees waarskynlik dat hy die boek geskryf het kort na hierdie datum, maar voor ca 530 vC (Daniël 1:4b – 7:28), wat profeties die verloop van die Joodse wêreld geskiedenis beskryf, is oorspronklik en toepaslik geskryf in Aramees, die taal van die destydse internasionale besigheid. Esegiël, Habakuk, Jeremia en Sefánja, was Daniël se profetiese tydgenote. AGTERGRONDINLIGTING Die boek begin in 605 vC toe die Babiloniërs Jerusalem verower het en onder andere Daniël en sy drie vriende saam met ander jong manne weggevoer het. Dit gaan voort tot en met die uiteindelike ondergang van die Babiloniese oorheersing in 539 vC, toe ‘n Medo-Persiese leër Babilon verower (5:30-31), en gaan selfs verder as dit tot 536 vC (10:1). Nadat Daniël weggevoer is na Babilon, het die Babiloniese oorwinnaars Jerusalem verower in twee verdere fases (597 vC en 586 vC). In beide oornames, het hulle meer Joodse gevangenes gedeporteer. Daniël dink passievol terug na sy huis, in die besonder die tempel in Jerusalem, byna sewentig jaar nadat hulle weggeneem is (6:10). Daar word gedeeltelik na Daniël se agtergrond verwys deur Jeremia, wat drie van die laaste vyf konings in Juda noem voor die ballingskap (vgl Jer 1:1-3); Josia (ongeveer 641-609 vC); Jójakim (ongeveer 609 – 597 vC) en Sedekia (597 – 586). Jóahas (ongeveer 609 vC) en Jójagin (ca 598 – 597) word nie genoem nie (sien Jeremia: agtergrond en ligging). Daar word ook na Daniël verwys deur Esegiël (vgl 14:14, 20; 28:3) as “regverdig en wys”. Daar word na Daniël verwys deur die skrywer van Hebreërs as een van “die profete wat deur die geloof ... bekke van leeus” gestop het (Heb 11:32-33). Die lang volgehoue sonde van die Judeërs sonder nasionale bekering het uiteindelik gelei tot God se oordeel waarvoor Jeremia, Habakuk, en Sefanja, duidelike waarskuwing gegee het. Vroeër, het Jesaja en

Page 31: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

29 ander getroue profete van God ook die gevaar baie duidelik uitgewys. Met die afname van Assur se krag het die Neo-Babiloniërs in 625 vC die volgende verower:

1. Assirië met sy hoofstad Ninevé in 612 vC; 2. Egipte in die volgende jaar, en 3. Juda in 605 vC, toe hulle Jerusalem oorwin het in die eerste van drie veld slae (ook 597 vC en 586

vC). Daniël was een van die eerste groepe ballinge, en Esegiël volg in 597 vC. Israel, wat deel was van die noordelike koninkryk, het vroeër geval teen Assirië in 722 vC. Met Juda se ballingskap was die oordeel voltooi. In Babilon ontvang Daniël God se Woord aangaande opeenvolgende stadiums van heidense wêreldoorheersing deur die eeue tot en met die grootste Oorwinnaar, Messias, wat sou leef onder heidense heerskappy. Hy sou dan al die vyande verslaan en Sy verbond maak om mense te seën in Sy glorieryke “duisendjarige koninkryk”. SLEUTELPOERSONE IN DANIËL Daniël – ook genoem Beltsasar; Israelitiese gevangene wat ‘n koninklike raadgewer geword het (2:1 – 12:13). Nebukadnesar – bekende koning van Babel wie tydelik van sy kop af gegaan het omdat hy nie God se soewereine posisie wou erken nie (1:1 – 4:37). Sadrag – ook genoem Hananja; weggevoerde Jood, in beheer geplaas van die provinsie Babel; gered deur God uit die “vuuroond” (1:7; 2:49; 3:8-30). Mesag – ook genoem Misael; weggevoerde Jood, in beheer geplaas van die provinsie Babel; gered deur God uit die “vuuroond” (1:7; 2:48; 3:8-30). Abednego – ook Asarja genoem; weggevoerde Jood, in beheer geplaas van die provinsie Babel; gered deur God uit die “vuuroond” (1:7; 2:48; 3:8-30). Belsasar – opvolger van Nebukadnesar as koning van Babel, gebruik ook vir Daniël as ‘n tolk (5:1-30). Darius – Persiese opvolger van Belsasar as leier van Babel, sy adviseurs het hom bedrieg om sodoende vir Daniël na die leeukuil te stuur (5:31 – 6:28). Geskiedkundige en teologiese temas Daniël is geskryf om die Jode in ballingskap aan te moedig deur die onthulling van God se plan vir hulle, tydens en ná die tyd van die heidense mag in die wêreld. Meer prominent as enige ander tema in die boek is God se soewereine beheer oor die sake van alle regeerders en nasies en hul finale vervanging met die ware koning. Die sleutel verse is: 2:20-22, 44 (vgl 2:28, 37; 4:34-35l 6:25-27). God het nie ‘n verlies gely in die val van Israel nie (Dan 1), maar is almagtig besig om sekere doeleindes te bewerk in die rigting van ‘n uiteindelike verskyning van Sy Koning, die verhewe Christus. Soewerein laat Hy nasies toe om te oorheers oor Israel, dit wil sé, Babilon (605-539 vC), Medo-Persië (539-331 vC), Griekeland (331-146 vC), Rome (146 vC-476 nC), en al die pad na die wederkoms van Christus. Hierdie fases in heidense oormag word uiteengesit in hfst 2 en 7. Hierdie selfde tema sluit ook Israel se ervaring in sy nederlaag en uiteindelik ook in haar seën in die koninkryk in hfst 8-12 (vgl 2:35, 45; 7:27). ‘n Belangrike aspek binne die oorkoepelende tema van God se koninklike beheer is die Messias se koms om die wêreld te regeer in heerlikheid oor al die mense (2:35, 45; 7:13-14, 27). Hy is soos ‘n klip in hoofstuk 2, en soos ‘n seun van die mens in hoofstuk 7. Hy is die Gesalfde (Messias) in hoofstuk 9:26. Hoofstuk 9 bied die chronologiese raamwerk van Daniël se tyd tot Christus se koninkryk aan. ‘n Tweede tema wat geweef is in die struktuur van Daniël is die vertoning van God se soewereine mag deur wonderwerke. Daniël se era is een van ses in die Bybel met ‘n groot fokus op die wonders wat God tot stand bring om Sy doel te bereik. Ander periodes sluit in: (i) die skepping en vloed (Gen 1-11), (ii) die aartsvaders en Moses (Gen 12 – Deut), (iii) Elia en Elisa (1 Kon 19 – 2 Kon 13), (iv) Jesus en die apostels (Evangelies, Handelinge), en (v) die tyd van die wederkoms (Openbaring). God, wat die ewige krag en vermoë het om te werk volgens sy wil (4:34-35), is in staat om wonderwerke te doen, waarvan almal ‘n mindere vertoning van Sy krag sou wees as wat tentoongestel is toe Hy opgetree het as die Skepper in Genesis 1:1.

Page 32: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

30 Daniël stel ten boek die God gegewe uitlê en interpretasie van drome wat God gebruik om Sy wil te openbaar (hfst 2, 4, 7). Ander tekens sluit in

1. Sy skrif aan die muur en Daniël se interpretasie daarvan (hfst 5), 2. Sy beskerming van die drie mans in ‘n brandende oond (hfst 3), 3. Sy voorsiening van veiligheid vir Daniël in ‘n leeukuil (hfst 6), en 4. Bonatuurlike profesieë (hfst 2; 7; 8; 9:24 – 12:13).

Sleutelwoorde in Daniël Interpretasie: Aramees peshar – 2:6, 30; 4:7, 18; 5:7, 15, 17; 7:16 – beteken letterlik “om los te maak” of “om nie te verloor nie.” Met ander woorde, Daniël kon die geheime van die drome en visioene ontrafel: Hy kon hulle verduidelik of oplos. Tog was hy altyd vinnig om vir God die krediet vir sy vermoë te tee (2:28). Visioen: Hebreeus chazon – 8:1, 13, 15, 26; 9:21, 14; 11:14 – droom of ‘n visie, afgelei van ‘n algemene Hebreeuse werkwoord wat beteken “om te sien.” Drome en visioene is dikwels erken in die antieke wêreld as ‘n openbaring van die gode, of van God self in die geval van die Hebreërs (Jesaja 1:1). Daniël ontvang ‘n visioenêre boodskap van God wat gepraat het oor die toekoms van die koninkryke van Persië en Griekeland. Sy droom het simbole bevat wat veroorsaak het dat dit nodig is om die hulp van die engel Gabriel te kry t.o.v. interpretasie (8:15-27). Die skrywer van Spreuke dring daarop aan dat openbaring van God noodsaaklik is vir die welsyn van ‘n gemeenskap. Sonder God se wet wat geopenbaar is in die Skrif, sal die fondament van ‘n samelewing verkrummel (sien Spr 28:18). SLEUTELDOKTRINES IN DANIËL God se soewereine beheer (2:20-22, 44; 1 Kon 3:9-10; 4:29; Ps 31:15; Ester 1:13; Job 12:18, 22; Heb 4:13; Jak 1:5). Wonderwerke van God (6:16-23; Eks 4:3-4; 14:21-22; Josh 6:6-20; 1 Kon 18_36, 38; Mat 9:5-13; Luk 17:14; Joh 2:6-10; 3:2; Hand 14:13; 19:11) Die beloofde Messias (2:35, 45; 7:13-14, 27; 9:26; Jes 28:16; Esg 1:26; Mat 16:16-20; 24:30; Luk 20:18; Joh 3:35-36; 1 Kor 15:27; Ef 1:22; Fil 2:9-11). GOD SE KARAKTER IN DANIËL God is genadig – 9:9 God is kragtig – 3:17; 4:35 God is voorsienend – 4:29-31, 37 God is regverdig – 9:7, 16 God is waar – 4:37 God is wys – 2:20-22 God neem wraak – 9:16 Christus in ... Daniël In Daniël, word Christus uitgebeeld as ‘n klip wat “soos ‘n groot berg die hele aarde gevul het” (2:35). Daniël se profesieë beskryf Christus se koninkryk dat dit staan vir ewig en “alle ander koninkryke beslaan” (2:44). Christus word genoem die Messias wat moet uitgeroei word (9:25-26). Daniël identifiseer die datum van sy wederkoms, wat ooreenstem met die datum van die intog van Jesus in Jerusalem. Daniël beskryf ook Christus as “Een soos die Seun van die mens” (7:13). Hierdie titel is deur Christus self gebruik (Mat 16:26; 19:28; 26:64) en dui op die menslikheid van Jesus. Maar Daniël beskryf die Seun van die mens as die een wat die Almagtige God nader en wie universele gesag geniet.

Page 33: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

31 MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 3 DANIËL

INHOUD: Daniël – Toonbeeld van ‘n goddelike man INDELING EN VRAE 1. Daniël se aanpassing; Nebukadneser se droom; die redding uit die brandende vuuroond Lees: Daniël 1 – 3 VRAAG 1 Omdat die towenaars, die voorspellers, die goëlaars en die sterrekykers nie Nebukadneser se droom kon uitlê nie, wou hy almal doodmaak. Hoe het Daniël hulle lewe gered? (1) 2. Nebukadneser se belydenis; die Skrif aan die muur Lees: Daniël 4 – 5 VRAAG 2 Wat is Nebukadnesar se getuienis nadat Daniël se drie vriende lewend uit die brandende vuuroond gekom het? (1) 3. Daniël in die leeukuil en sy visioene Lees: Daniël 6 – 8 VRAAG 3 In die visioen van die skaapram en die bokram sal daar koninkryke ontstaan. Hoe kom die regering van die hardvogtige en slinkse koning, wat selfs die hoogste Regeerder uitdaag, tot ‘n einde? (1) 4. Einde van verdrukking word aangekondig en eindtye voorspel Lees: Daniël 9 – 10 VRAAG 4 Beskryf Daniël se reaksie op sy visioen by die Tigris. (4) 5. Profesieë oor Israel se vernedering en herstel Lees: Daniël 11 – 12 VRAAG 5 In die visioen wat Daniël gehad het by die Tigrisrivier, het hy ‘n gesprek gehad met ‘n man met linneklere. Daniël vra die man “Meneer, waarop gaan dit alles uitloop?” – Met ander woorde wat sal gebeur met die mense in die eindtyd? (1) 6. God se beheer word duidelik gesien in die gebeure in Daniël VRAAG 6 In Daniël word God se beheer oor die heidene, oor gelowiges en sy beheer oor regerings en lande duidelik gesien. Wat beteken God se beheer vir ons vandag? (2) Totaal (10)

Page 34: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

32 MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 4 AMOS EN HOSEA

OPSOMMING AMOS Amos is die oudste “skrywende” profeet, en die eensydigste oordeelsprofeet. Hy gee omtrent geen hoop vir die toekoms van die volk nie. Dit gaan hoofsaaklik oor die sosiale onreg in die lewe van Israel te midde van ‘n ”florerende” godsdienstige lewe. Dit is veral die ryk groep wat die armes onderdruk en self in weelde leef. Amos kry sterk teenstand van amptelike kant, en daarom is dit belangrik om te kyk hoe hy in so ‘n situasie optree. Daar is ‘n onverwagte draai aan die einde van die boek. HOSEA Hy tree kort na Amos op. Hy is die profeet met die vreemdste persoonlike lewe – indien ‘n mens aanvaar dat sy huwelike werklik plaasgevind het. Net soos Amos het hy ‘n sterk oordeelsboodskap, maar die liefde van die Here breek telkens op byna onverklaarbare manier deur sy oordeelsboodskap deur. Hoofstuk 11 is die hoogtepunt van die boek. Lees beide boeke INDELING EN VOORBEREIDING 1. Lees: Amos 1 – 3 VRAAG 1 In die gelese gedeeltes is daar verskeie aanklagtes van die Here teen die heidennasies asook Juda en Israel. Waarvan beskuldig die Here Israel? (2) 2. Lees: Amos 4 – 6 VRAAG 2 Noem vier natuurverskynsels waarmee die Here Sy volk sou straf indien hulle nie tot bekering kom nie en hoe reageer die volk daarop? (2) 3. Lees: Amos 7 – 9 VRAAG 3 Waarvan beskuldig Amasia vir Amos teenoor koning Jerobeam en hoe antwoord Amos hom? (2) 4. Lees: Hosea 1 – 4 VRAAG 4 Hoe word God se liefde vir die ontroue Israel versinnebeeld deur Hosea se verhouding met sy vrou? (4) 5. Lees: Hosea 11 – 14 VRAAG 5 Wat is die belangrikste rede waarom die Here Israel wil verwerp en waarom doen Hy dit nie? (2) Totaal (12)

Page 35: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

33

MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 5 JEREMIA

RAAMWERK VIR LESING

1. Agtergrond – geskiedenis, profete, konings 2. Jeremia – persoon

• Roeping: 1:6, 16-19 • Volk: 6:10-15 • Oordeel: 21:8-11 • Koninkryk: 37:1-2; 38:14-20 • Ballingskap: 29:4-7, 10-14 • Gevang: 37:11-16 • Lyding: 15:10; 17-18, 18:18-23; 20:7-18 • Lief vir my volk: 8:18 – 9:2; 14:17 – 15:4 • Mag nie bid vir hulle nie: 7:16; 11:14; 14:11-14; 15:1-2

3. Sy teologie

3.1 Tempelprofeet (anders as Amos)

In die tempel: 7:1-2 profete 19:13; 26:2; 28:1-17 Teen die tempel: 7:3-11; 26:6-9 In die tempel sondig: 7:9-11; 11:15; 23:11 Heilstyd in die tempel: 17:26; 33:10-11

3.2 God

Israel se God – lang pad: 2:1-3, 21 God het hulle lief: 31:1-3; 2:6b – 7a Israel ontrou: 3:19-20 God roep tot bekering: 3:21-22; 3:11-14; 7:3 Hy, nie Babilon nie, bewerk die ballingskap: 9:11; 10:17-19; 13:15-17; 15:5-11;

16:16-18 Sal dalk oordeel nog terugtrek: 18:1-12; 26:1-3, 19 Stryd in God tussen oordeel en liefde: 31:20 (Hos 11); 31:28 Terugtog: 32:36-44

3.3 God en die volke

Afgode “nikse”: 2:5; 5:7 (“nie-god”); 16:20; 18:15 (vergissing/verwarring) Jahwe God van alle volke: 10:7 Volkere bekering: 3:17; 12:14-17; 16:19-21 Jeremia – profeet vir alle volke: 1:5

3.4 Sonde

Onreg: 2:34; 5:1-2, 27, 28; 5:7-8 Ontrou aan die Here: 2:5, 13, 17, 19 Tog godsdienstig, offer baie: 6:20; 7:21-23; 14:11-12 Onbegryplikheid van die sonde: Hoofstuk 2

3.5 Los sake

Ou/Nuwe Verbond: Jer 31 “Miskien” Jeremia: 26 Twee soorte bekering: 3:10; 4:1-2 (Tes 2:9-10) Niks onmoontlik nie: 32:17, 26

Page 36: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

34 MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 5 JEREMIA

OPSOMMING Jeremia is die profeet wat self die inval uit Babilon en die ballingskap beleef. Sy houding (gee oor) het dit maklik gemaak om hom van verraad te beskuldig. Dit het baie bygedra tot sy lyding. Hy is ook die profeet wat die swaarste gekry het onder sy roeping. Hy moes die heeltyd téén die volk praat en die volksleiers veroordeel, en dit terwyl hy die volk baie lief gehad het. Die vals profete het sy situasie nog verder vererger. Hulle het net voorspoed gepreek, en Jeremia dus in ‘n baie slegte lig gestel. Ons leer die situasie, voor, tydens en direk na die ballingskap die beste verstaan uit hierdie profeet se boek. INDELING EN VOORBEREIDING 1. Lees: Jeremia 1 VRAAG 1 Beskryf die Here se opdrag aan Jeremia toe Hy hom geroep het en hoe beskerm die Here hom? (2) 2. Lees: Jeremia 2 – 3 VRAAG 2 Hoe beskryf die profeet die verhouding tussen die Here en die volk tydens die uittog? Hoe het dit die verhouding tussen die Here en die volk nou verander? (4) 3. Lees: Jeremia 7 – 10 VRAAG 3 Wat is die sonde van die volk en wat is die straf van die Here? (Hoofstuk 7) (4) 4. Lees: Jeremia 15, 19, 20 VRAAG 4 In Jer 15:16 is Jeremia vol vreugde, daarna was sy opdrag swaar. Beskryf Jeremia se seer en opstandigheid teenoor die Here. (4) 5. Lees: Jeremia 29 VRAAG 5 Wat was die boodskap wat Jeremia aan die ballinge gebring het en waarvoor moes hulle oppas? (4) 6. Lees: Jeremia 27 en 43 VRAAG 6 Jeremia moes sekere simboliese handelinge (iets wat Jeremia beklemtoon) self uitvoer: Noem 2 handelinge uit gelese gedeelte. (2) Totaal (20)

Page 37: Lynnwoodrif Bybelskool - TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE … · 2015. 4. 23. · Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het

35

MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 6 SAGARIA, MALEAGI EN HAGGAI OPSOMMING Sagaria Sagaria tree op in die tyd van Esra en Nehemia, ná die terugkoms van ‘n groot groep Jode uit die ballingskap. Sy groot bydrae is die insig wat ons kry in die situasie tydens die terugkeer, en veral sy ondersteuning van die herbou van die tempel. Hy kondig die Here se straf aan oor die volke wat onnodig hard teen die ballinge opgetree het. En hy profeteer dat baie heidense nasies in die toekoms die Here sal begin dien. Maleagi Dit is die laaste profeet in die Ou Testament. Hy tree op in ‘n tyd waarin die volk al weer ontrou begin raak het aan die Here. Dit gaan by hom nie meer oor die herbou van die tempel nie, maar om die verwaarlosing van die tempeldiens, veral die offers en die tiendes. Hy skilder ‘n donker prentjie van die komende dag van die Here. INDELING EN VOORBEREIDING Lees al drie boeke 1. Lees: Sagaria 1 – 6 VRAAG 1 Wat is die betekenis van die eerste en vierde gesig? (2) 2, Lees: Sagaria 7 – 10 VRAAG 2 Wat het die Here van die volk verwag, hoe moes hulle (1) vas en hoe moes hulle teenoor hulle (2) naaste optree en wat was hulle antwoord? (3) 3. Lees: Sagaria 11 – 14 VRAAG 3 Wat gebeur met die oorblyfsel nadat Jerusalem gereinig is? (1) 4. Lees Maleagi 1 – 2 VRAAG 4 Hoe het die priesters gesondig met hulle optrede en offers teenoor God en wat verwag God eintlik hoe moet hulle optree ten opsigte van Sy verbond met Levi? (4) 5. Lees Maleagi 3 – 4 VRAAG 5 God is onveranderlik. Die volk sal nie ten gronde gaan nie. Wat is God se reaksie as die volk hulle sou bekeer en hulle volle tiende bring? (2) Totaal (12)