25
LEWENSORIËNTERING GTA 2009 LEERDERBOEK AFDELING A - 1 - LEWENSORIËNTERING (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING Gestandariseerde Assesseringstaak Graad 9 2009 LEERDERBOEK AFDELING A Tyd: 5 ure Punte: 120/2 = 60 Aantal bladsye: 24

(LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

  • Upload
    others

  • View
    14

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 1 -

LEWENSORIËNTERING

(LO)

GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING

Gestandariseerde Assesseringstaak

Graad 9

2009

LEERDERBOEK

AFDELING A

� Tyd: 5 ure

� Punte: 120/2 = 60

� Aantal bladsye: 24

Page 2: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEW

EN

SO

RIË

NT

ER

ING

G

TA

2009

LEE

RD

ER

BO

EK

A

FD

EL

ING

A

- 2

-

OP

SO

MM

ING

ST

AB

EL

E

K, M

Y G

ES

ON

DH

EID

, MY

OM

GE

WIN

G E

N M

Y L

OO

PB

AA

N

Taak 1

LO

A

ktiwiteit

Assesserin

gsin

strum

ent

Hu

lpm

idd

ele P

un

t T

yd

Fisiese ontw

ikkeling en bew

eging

4 A

ssesseringstandaard 2, 3

, 4

Aktiw

iteit 1.1

Kies E

EN

van die 4 aktiw

iteite

Rubriek

Matjies / gras of en

ige

skoon en gelyke oppervlak/

klaskamer / m

usiek / CD

-speler / D

VD

-speler

15 90 m

inute

Voorbereiding

vir die sokker w

êreldbeker 4

Assesseringstandaard

4

Aktiw

iteit 1.2

Mem

orandum

Geen bronne benod

ig nie.

10 20 m

inute

Taak 2

Oriëntering vir d

ie

werksw

êreld 5

Assesseringstandaard

1

Aktiw

iteit 2

Mem

orandum

Geen bronne benod

ig nie.

15 30 m

inute

Taak 3

Selfbew

usdieid

3

Assesseringstandaard

1, 2, 6

Aktiw

iteit 3.1

Mem

orandum

Geen bronne benod

ig nie.

10 15 m

inute

Neem

verantw

oordelikheid

vir jou eie aksies

3 A

ssesseringstandaard 2, 3

, 4, 6

Aktiw

iteit 3.2

M

emorandum

G

een bronne benodig

nie. 10

15 minute

Beslu

itneming

3

Assesseringstandaard

5, 6

Aktiw

iteit 3.3

Mem

orandum

Geen bronne benod

ig nie.

10 15 m

inute

Taak 4

Kieser-opvoeding

2 A

ssesseringstandaard 1, 2

Aktiw

iteit 4.1

Mem

orandum

Geen bronne benod

ig nie.

10 20 m

inute

Regte, dem

okrasie en ek

2 A

ssesseringstandaard 2, 1

, 3

Aktiw

iteit 4.2

Mem

orandum

Geen bronne benod

ig nie.

10 15 m

inute

Menseregte

2 A

ssesseringstandaard 4, 1

, 3

Aktiw

iteit 4.3

Mem

orandum

Inligtingsbladsy

10 10 m

inute

Taak 5

Gesondheidsdienste

en –verskaffers en om

gesond te leef

1 A

ssesseringstandaard 4

Aktiw

iteit 5.1

Mem

orandum

Webw

erf / skoolbiblioteek /

plaaslike bib

lioteek / klin

iek / hospitaal

14 50 m

inute

Dw

elmm

isbruik 1

Assesseringstandaard

3, 4

Aktiw

iteit 5.2

Mem

orandum

Dagklin

iek / dwe

lmm

isbruik rehabilitasie sentrum

s / skoolklinieke

6 20 m

inute

T

otaal:

120÷2=60

5 ure

Page 3: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 3 -

NOTA AAN ONDERWYSERS EN LEERDERS

TEMA: EK, MY GESONDHEID, MY OMGEWING EN MY BEROEP

AGTERGROND

Hierdie GTA bestaan uit twee afdelings: Afdeling A en Afdeling B. Afdeling A bestaan uit 120 punte en Afdeling B uit 80 punte. Die toelaatbare tydsduur van Afdeling A is 5 ure en van Afdeling B is 2 ure. Verwys na die opsommingstabel op die vorige bladsy vir die toekenning van tyd, punte, Leeruitkomste en Assesseringstandaarde. Afdeling A bestaan uit 5 take. Taak 1 fokus op fisieke ontwikkeling en beweging. Dit bevat ’n beskrywing van reekse en vaardighede vir speletjies, gimnastiek, aërobiese oefeninge en dansaktiwiteite. Die leerders moet slegs EEN van hierdie aktiwiteite kies vir assessering. Die gekose aktiwiteit vir hierdie GTA sal gedurende die tweede termyn geassesseer word. Die onderwyser kan enige twee aktiwiteite kies en aanbied gedurende die eerste twee termyne. Die aktiwiteite wat nie gekies word nie, kan as ‘n hulpbron gebruik word om hierdie afdeling van die sillabus te onderrig en verder uit te bou op die aktiwiteite. ‘n CD word ingesluit om sodoende die vaardighede te verstaan wat nodig is vir hierdie aktiwiteite. Sou die leerders weens fisiese beperkinge nie in staat wees om die gekose aktiwiteit te beoefen nie, kan die reeks op video in die klas bestudeer word en sodoende van hulp wees met die assessering van die aktiwiteit óf om ‘n aangepaste weergawe van die aktiwiteit te beoefen. Die vraag sluit ‘n afdeling in oor teorie wat as geskrewe aktiwiteit uitgevoer moet word. Take 2, 3, en 4 kan gedurende lesperiodes gedoen word aangesien dit vrae bevat wat leeswerk, analisering en antwoorde bevat. Elke vraag kan afsonderlik gedurende verskillende lesperiodes gedoen word. Die take vervat in Afdeling A sal afgehandel word onder toesig van die Lewensoriënteringonderwyser, wie ook op ‘n deurlopende grondslag die take sal assesseer. Taak 5 vereis navorsing, om webbladsye te besoek, daghospitale te besoek en sal ekstra tyd vereis vir navorsing aangesien die taak gedurende klasure in ’n gekontroleerde omgewing afgehandel moet word. Die GTA vir 2009 bestaan uit die volgende vier dokumente: Afdeling A 1. Leerderboek 2. Onderwysershandleiding, insluitende ’n tabel wat al die aktiwiteite opsom en die

memorandum vir Afdeling A. Afdeling B 1. Leerderboek 2. Onderwysershandleiding, insluitende riglyne vir die merk van Afdeling B.

Page 4: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 4 -

Die Skoolbestuurspan, in samewerking met die onderwyser, moet verseker dat al die nodige hulpbronne en skryfbehoeftes voorsien word vóór die aanvang van die take. Die take in Afdeling A vereis van leerders die ontwikkeling en illustrasie van die vaardighede wat verband hou met die Leeruitkomste. Die take en aktiwiteite in Afdelings A & B sal fokus op die toepassing, analise en begrip van kennis, vaardighede, waardes en houding vereis van Graad 9 in Lewensoriëntering. Afdeling B moet onder streng eksamentoestande afgehandel word in oorstemming met die vasgestelde nasionale rooster.

GTA BESTUUR Verseker dat al die vereiste hulpbronne beskikbaar gestel word vóór die aanvang van elke taak of aktiwiteit. VEREISTE HULPBRONNE

o Aangepaste sokker: balle; keëls; bottels; merkers; sokkerpale; enige selfgemaakte pale; grasarea; teeroppervlakte; veilige speelarea sonder obstruksies; fluitjie.

o Gimnastiek, aërobiese oefeninge en dans: musiek, bandopnemer, ‘n oefenarea sonder

obstruksies; teeroppervlakte, saal; klaskamer of matte. o Woordeboek; toegang tot die webbladsye; biblioteek; jou provinsiale- en

gemeenskapsbiblioteke.

o ‘n A3-papier per leerder.

o Antwoordboeke vir Afdelings A & B van die GTA en blou of swart penne.

Afdeling A moet afgehandel word alvorens Afdeling B geskryf kan word.

Die toegelate 5 ure vir hierdie afdeling moet streng gedurende skoolure plaasvind.

Page 5: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 5 -

LEWENSORIËNTERING GTA – GRAAD 9

AKTIEWE DEELNAME AAN FISIEKE ONTWIKKELING EN BEWEGING

Tyd: 60 min. Punte: 25

Jy sal aan fisieke opvoedingsaktiwiteite bekendgestel word. Dit word nou van jou verwag om ‘n assesseringstaak te verrig om jou kennis, vaardighede en houding in fisieke opvoeding te demonstreer. Let asseblief op die volgende:

(1) Jy of jou span behoort op jul eie te oefen gedurende jou vrye tyd om voor te berei vir jou assessering.

(2) Dit is belangrik om opwarmingsoefeninge te doen alvorens jy met enige inspannende oefeninge begin.

(3) Jou onderwyser behoort jou gedurende jou voorbereiding raad te gee of by te staan. (4) Jy en jou span moet julle aktiwiteite aanbied op ‘n spesifieke datum. Verseker dat jy

deeglik voorbereid is. (5) ‘n Wye verskeidenheid van take word voorsien om sodoende alle leerders te akkomodeer.

Indien jy nie instaat is om deel te neem aan enige van die take nie, moet jy ‘n geldige rede voorsien, soos bv. ‘n mediese sertifikaat. Die onderwyser mag egter ook die aktiwiteite verander om by jou vermoëns aan te pas.

Kies EEN van die volgende praktiese aktiwiteite om uit te voer:

TAAK 1

� Individuele Aktiwiteit / � Groepwerk

TYD: 90 min � ���� PUNTE: 25

Aktiwiteit 1.1

Page 6: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 6 -

AANGEPASTE SOKKER VEREISTE VAARDIGHEDE Skop, dribbel, ingooi, mik na die doelpale en teken punte aan, onderskep, stop die bal en stamp met die kop. Hierdie aktiwiteit vereis koördinasie, akkuraatheid, spanwerk en deelname.

Speelveld: Totale speelarea 60m x 50m Strafarea 14m x 7m (diameter) Doelarea 1,5m x 6m

INSTRUKSIES Gesamentlik as ‘n span, ontwikkel ‘n strategie om jou teenstaanders uit te oorlê deur die volgende vaardighede te demonstreer:

1. Dribbel die bal tussen die merkers. 2. Dribbel die bal en gee die bal vaardig aan jou spanmaats om ‘n doel te kry. (Geslote

vaardigheid) 3. Vanuit ‘n ingooi, stop die bal met jou borskas of deur dit raak te trap om die bal

sodoende te kontroleer en na jou spanmaats aan te stuur ten einde ‘n doel te kry. (Geslote vaardigheid)

4. Vanuit ‘n hoek, skop die bal en sorg dat jou spanmaats in lyn is om ‘n doel te kry. (Geslote vaardigheid)

5. Vat ‘n strafskop in die vryskoparea en skop na die pale om ‘n doel te verkry. (Geslote vaardigheid) 6. As ‘n span, speel teen ‘n ander span en pas al die vaardighede toe om jou

teenstaanders uit te oorlê. (Ope vaardigheidsituasie) SPESIFIKASIES:

Bal: Grootte 3 bal of sokkerbal Spanne: 6, of 9, in geval van groot klasse, waarvan een die doelwagter is. Posisies: Een doelwagter, twee aanslaers, een middel voorwaarts, een regtervleuel en een linkervleuel.

Strafarea

Doel

Page 7: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 7 -

Strategie: ‘n Span besluit op ‘n spelplan wat insluit om die doelpale van die teenstaanders aan te val en hul eie gebied te verdedig. Om te begin: ‘n Afskop word vanaf die middelpunt gedoen en moet voorwaarts geskop word. Met die afskop is al die spelers aan hul eie kant van die speelveld. Nadat ‘n doel verkry is, kry die verloorspan ‘n geleentheid om weer af te skop. Na 10 minute verstryk het (halftyd), kry die span wat nie die wedstryd begin het nie die geleentheid om af te skop. ‘n Doel kan nie direk verkry word as gevolg van ‘n afskop nie. Buite grense: Die bal word teruggegooi op die speelveld. Alle opponerende spelers moet 2 meter apart wees. ‘n Doel kan nie direk verkry word as gevolg van ‘n ingooi nie. Verdediging: Slegs doelbewuste liggaamskontak wat ‘n teenstaander verhoed om die bal te speel, behoort gepenaliseer te word, bv. skop, pootjie, vashou aan die bal, ens. Penaliseer rowwe en aggressiewe spel. Enige oortreding van die reëls sal ‘n vryskop tot gevolg hê vir die opponerende span vanaf die plek waar die oortreding gemaak is. Doelskop: Indien die bal buite die spel gaan oor die eindstreep en die aanvallende span was die laaste om die bal te hanteer, word ‘n doelskop toegeken aan die verdedigende span. Doelskoppe kan vanaf enige plek in die strafarea deur die doelwagter geneem word. Hoekskop: As die bal oor die eindstreep gaan en die verdedigende span was die laaste om die bal te hanteer, dan kan een van die verdedigende spelers die bal terugskop in die wedstryd vanaf die hoek van die speelveld. Alle opponerende spelers moet 6 meter weg wees.

{ 15 }

OF

Page 8: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 8 -

GIMNASTIEK:

VEREISTE VAARDIGHEDE: Die vereiste vaardighede vir hierdie aktiwiteit sluit die volgende in: rotasie, balans en hoogteverandering. Nota: Rotasie: Tolle en draaie Balans: Posisioneer die liggaam teen gravitasiekrag op kop, hand of een been. Hoogte: Vertikale en horisontale spronge. Die volgende aktiwiteite moet saam met ‘n spanmaat geoefen en verfyn word. Hier is die sleutelelemente van die gimnastiekroetine wat jy moet beoefen. Bestudeer elke tegniek deeglik. Oefen elke tegniek eers apart alvorens dit in ‘n reeks geplaas word.

Stersprong:

Spring met beide voete op – spring 2 voet op, swaai die arms sywaarts en boontoe, strek die arms en bene terwyl in die lug. Kom te lande op beide voete, buig die knieë effens met die landing en keer terug na die staande posisie.

Voorwaartse rol:

Begin in ‘n gehurkte posisie met beide hande vorentoe uitgestrek. Plaas jou kop op jou knieë terwyl jou ken teen jou bors rus. Lig jou boude. Begin om vorentoe te rol. Jou kop se agterkant of die bokant van jou skouers is die enigste liggaamsdele wat die met die mat in aanraking mag kom. Behou die bal posisie. Eindig met dieselfde posisie waarmee jy begin het.

Wawiel:

‘n Wawiel is waar ‘n mens sywaarts beweeg (soos wat ‘n wawiel vorentoe sal beweeg) in ‘n reguit lyn deur die rug reguit te hou terwyl die dieselfde kant se hand op die vloer geplaas word gevolg deur die ander hand soos wat die bene bo-oor die lyf beweeg word en dan neerkom soos wat die hande en liggaam in die staande posisie opeindig.

Gimnastiese aktiwiteite behoort met die nodige vloei van beweging, strekking van die arms en gestrekte bene uitgevoer te word. Hou in gedagte dat die reeks hieronder uitgevoer moet word in ‘n gesinchroniseerde styl saam met jou spanmaat – wat ookal jou spanmaat doen, doen jy terselfdertyd.

Page 9: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 9 -

Gimnastiek Taak (Werk in pare) In pare, hardloop 6 treë, beide voete moet gelig word, stersprong ... hurk ...voer twee agtereenvolgende voorwaartse tuimelbewegings uit en eindig in ‘n staande posisie ... wawiel links/regs, eindig in ‘n hurk-posisie…tuimel vorentoe ... staan ... wawiel ... eindig ... draai om herhaal die hele oefening vir 'n tweede keer, rond die beweging af. { 15 }

OF

FISIEKE FIKSHEID (AËROBIES)

Voer ‘n aërobiese roetine uit om jou kardiovakulêre fiksheid te demonstreer. Spanne mag nie uit meer as 6 lede bestaan nie. Die volgende roetine is ‘n voorbeeld van ‘n roetine soortgelyk wat jou onderwyser van jou sal verwag. Jy mag hierdie voorbeeld navolg of jou eie reeks met die vaardighede ontwerp wat hieronder beskryf word. Jou oefeningroetine moet die volgende bewegings insluit: VAARDIGHEDE BENODIG: Hardloop op die plek, lig jou voete agter effens. Toonraak aktiwiteite in ‘n staande posisie – moenie ‘n slap houding inneem nie, hou jou liggaam reguit, lig alternatiewe bene in die lug, reguit bene, moenie bene buig nie en raak teenoorgestelde voet met jou hand, hou rug reguit, veerkragtige uitvoering word verreis. Herhaal met die ander voet. Wingerdstok trap - trap links met jou linkervoet (1), trap regs agter die linkervoet, (2) trap weer links met die linkervoet (3) en spring met albei voete gesamentlik (4), herhaal hierdie stap met regstrap van die regtervoet. Hierdie trap met die voete verreis voet koördinasie, ritme en veerkragtigheid. Vanuit ‘n gebukkende posisie. Plaas albei hande voor jou op die vloer, loop op jou hande terwyl jy jou liggaam reguit hou. Lig jou kop effens. Moenie jou lyf slap hou nie, hou jou maag weg van die vloer terwyl jy vorentoe loop met jou rug reguit. Loop 8 treë vorentoe op hande en loop weer 8 treë terug.

Page 10: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 10 -

Taak: In groepe van ses voer die volgende fiksheidsroetine uit: Hierdie reeks kan met musiek uitgevoer word:

• Hardloop 8 keer op die plek. • 8 toonraak bewegings, beginnende met die regterhand wat die linkervoet

raak, herhaal met die ander hand en voet – in ‘n staande posisie. • Herhaal weer die hardloop en toonraak. • Wingerdstoktrap na links, herhaal hierdie beweging na regs. Herhaal

weer na links en dan na regs. (4 kere in totaal, bv. na links, na regs, na links en weer na regs).

• Strek arms bokant die kop en rek vir 8 tellings, buk dan vooroor vir agt tellings, met jou hande op die vloer.

• V-stap: stap regs sydelings / diagonaal vorentoe na regs, diagonaal voorwaarts na links, regs terug, links agtertoe, albei voete nou langs mekaar – 4 kere in totaal.

• Diepsprong na links, keer terug na staande posisie, diep sprong na regs, keer terug na staande posisie. Herhaal weer na links en regs.

• Hurk af, koppe omhoog. • “Loop” 8 treë vorentoe op die vloer en weer 8 treë agtertoe. Herhaal en

eindig deur regop te staan. • Herhaal die reeks nog ‘n keer. Neem kennis van die volgende: (1) Werk saam in ‘n span van nie meer as 6 - 8 leerders nie. (2) Julle roetine moenie korter as 2 - 3 minute wees nie. (3) Kies geskikte musiek. (4) Jou span moet die roetine op julle eie tyd inoefen.

{ 15 }

OF DANS:

VAARDIGHEDE BENODIG: Dans moet spontaan plaasvind, wys dat dit geniet word en ook die demonstrasie van ‘n vaardigheid. Die reeks vereis die uitvoering van die volgende stappe: Spring trap (Let op dat hierdie beweging anders as tousspring is en sonder ‘n tou!) Treë vorentoe op die regtervoet, hop op die regtervoet, terwyl die linkerbeen gelig en die tone gepunt word. Herhaal met linkervoet. (treë-hop-treë-hop - herhaal hierdie stap ritmies) Do-si-do: Met jou gesig na jou maat, loop 4 treë vorentoe verby jou maat se regterskouer, loop 4 treë agtertoe na die beginpunt, verby jou maat se linkerskouer. Tydens hierdie dans sal die voorste persoon ‘n halwe draai maak om vorentoe te kyk.

Page 11: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 11 -

Wingerdstokstap – Hierdie stapkombinasie is langer as die aërobiese stap: trap na die linkerkant met die linkervoet (1), trap met regtervoet agter linkervoet (2), trap weer links op linkervoet (3), trap na links met die regtervoet voor die linkervoet (4), trap weer links (5), trap met regtervoet agter linkervoet (6), trap weer links op linkervoet (7), bring regtervoet terug langs linkervoet (8). Herhaal hierdie strap na regs, beginnend met die regtervoet. Hierdie stap vereis koördinasie tussen die liggaam en voetplasing, ritme en veerkrag. Gallop - Herhaal dieselfde stappatroon terwyl jy sywaarts beweeg. Stap na links en hop terwyl jy die regtervoet langs die linkervoet plaas. Die stap vereis veerkrag en in die lug wip. Hou liggaam reguit in die lug. Onthou, wanneer dansstappies uitgevoer word, moet die kop opgehou word en die rug reguit. Beweeg ritmies saam met die musiek.

Maat-nommers Aktiwiteite Vloerpatroon

1 - 8 1 - 8 1 - 16 1 - 8 1 - 8 1 - 8 1-8

Word uitgevoer in groepe van 8. Formasie: Staan in ‘n sirkel, hou hande, almal kyk na die binnekant van die sirkel. Staan in ‘n sirkel terwyl hande gehou word, gallop agt treë na links in ‘n sirkel. Herhaal agt galoppe na regs. Herhaal bogenoemde oefening – gallop na links en weer na regs

Spring 8 treë om twee twee lyne van 4 deelnemers elk te vorm, 2m uitmekaar,

Do-si-do (om jou maat en terug na jou plek) by linkerskouer verby. Gebruik springstap. Eindig langs jou maat met voorkant van hand op skouers.

Kyk na mekaar. Eindig deur jou hande op jou maat se skouers te plaas. Wingerdstokstap na links, trap op linkervoet, plaas regtervoet agter linkervoet, trap weer na links, plaas regtervoet voor, herhaal hierdie oefening 8 keer. Herhaal oefening na regs. Herhaal hierdie reeks (weer wingerdstokstap) Indien dansers gevorderd is, kan hulle soos

X X X X X X X X X X X X X X X X Kyk vorentoe Beweeg hierdie kant toe

Page 12: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 12 -

1-8

bo beskryf beweeg, die tweede keer beweeg albei lyne in die teenoorgestelde rigting. B.v. voorste ry na links. Agterste ry na regs. Indien nie, voer albei rye die wingerdstokstap in dieselfde rigting. Spring agt treë eindigend in ‘n lang ry, gesigte na mekaar gedraai. Die regterkantste ry gallop vier treë na links en weer terug. Die linkerkantste ry gallop na regs en weer vier treë terug, en keer dan terug na ‘n sirkelformasie. Herhaal die dans nog een maal.

X X X X X X X X Kyk vorentoe X X X X X X X X Voor

{ 15 }

MY KENNIS VAN SOKKER Verwys na die diagram hieronder.

Aktiwiteit 1.2

Page 13: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 13 -

In die lig van van die 2010 Sokker Wêreldbeker wat in Suid-Afrika gehou word, sal dit tot die leerders se voordeel wees om sokker te verstaan. Beantwoord die volgende vrae: 1.2.1 Teken die sokkerveld oor soos hierbo aangedui op jou antwoordblad en dui die

posisie van die elf spelers op die veld van een span daarop aan. (Verwys na die bostaande tabel met die lys van spelers.) (6)

1.2.2 Wanneer word ‘n hoekskop tydens ‘n sokkerwedstryd toegeken? (1) 1.2.3 Verduidelik die verskil tussen die oortreding vir ‘n “geelkaart” en ‘n “rooikaart”

tydens ‘n sokkerwedstryd. (2) 1.2.4 Wanneer is ’n speler onkant gedurende ‘n sokkerwedstryd? (1) { 10 }

SOKKERSPELERS

1. Regs agter/Verdediger 2. Links agter/Verdediger 3. Middel voor 4. Doelwagter 5. Regs middelvelder 6. Regtervleuel 7. Linkervleuel 8. Sentrale middelvelder 9. Links binnevelder 10. Regs binne 11. Links binne

Page 14: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 14 -

LOOPBAANBEFONDSERS

Tyd: 60 min. Punte: 25 Loopbaanbefondsers is mense en instansies wat beurse en lenings beskikbaar stel vir studie-doeleindes. Hier volg ‘n lys van loopbaanbefondsers asook wat hulle aan studente bied, dit wil sê die loopbaanveld, die naam van die fonds, die bedrag van die beurs/lening, die tydsduur of die toewysing van fondse, waar jy kan studeer, dienskontrak en kontakbesonderhede.

BEFONDSING VIR GESTREMDES DEPARTEMENT VAN ARBEID: BEURSE VIR GESTREMDES Waarde: Klasgeld, verblyfgeld, boeke en persoonlike uitgawes Tydsduur: 1 jaar hernieubaar Geldig: Enige erkende Universiteit of Universiteit vir Tegnologie in Suid-Afrika Wie kan aansoek doen? Ongegradueerde studente met ‘n gebrek, bv. visueel, gehoor, fisies or psigiatries. Die studies moet bevorderlik wees vir ‘n uiteindelik loopbaan en daar sal van die gegradueerde verwag word om te werk na afloop van ‘n geskikte kwalifikasie in sy/haar gekose studieveld. Die beurse is beperk en sal toegeken word aan sodanige studente met finansiële probleme. Moet Suid-Afrikaans wees. Dienskontrak: Nee Sluitingsdatum: Nie van toepassing nie Adres: Doen direk aansoek by die instansie waar jy graag wil studeer, dit sluit meeste van die tersiêre instansies in.

BOUWETENSKAPPE EN KONSTRUKSIE BEURSHOUERS CETA BEURSPROGRAM Waarde: R3500 vir boeke, kursusmateriaal en skryfbehoeftes in bykomend tot onderrig en verblyfuitgawes. Tydsduur: 1 jaar hernieubaar Geldig: Enige erkende Suid-Afrikaanse Tersiêre instansie. Wie kan aansoek doen? Studente wat ‘n loopbaan in die konstruksie-industrie wil volg. Goeie punte. Voordeel sal aan student met Wiskunde en Wetenskap gegee word. Dienskontrak: Geen dienskontrak nie. Sluitingsdatum: 31 Augustus van elke jaar Adres: Aansoekvorm kan afgelaai word by: www.ceta.co.za E-pos: [email protected]

KETELMAKER BEFONDSING Waarde: Alle opleidingskostes en ‘n maandelikse toelae Tydsduur: Agt weke Geldig: Enige VOO-kollege Wie kan aansoek doen? Graad 12 plus N3 (indien geen toepaslike vakke nie) Dienskontrak: ‘n Beursooreenkoms is van toepassing Sluitingsdatum: Jaarliks op die 31 Maart en 31 Augustus. ‘n Volledige CV met graad 12/N-kursussertifikate. Adres: Die Bestuurder

VOEDSELTEGNOLOGIE BEFONDSING BEURS: BAKER’S VOEDSELTEGNOLOGIE Waarde: Onderrigfooie, boektoelae Tydsduur: 1 jaar hernieubaar Geldig: Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie Wie kan aansoek doen? Studente wat voedseltegnologie wil studeer en wat ‘n goeie akademiese rekord het. Praktiese opleiding vind gedurende die DERDE JAAR van studie plaas. Dienskontrak: Nee Sluitingsdatum: Kontroleer op aansoek Adres:

TAAK 2

� Individuele Aktiwiteit

� Groepwerk

TYD: 30 min � ���� PUNTE: 15

Aktiwiteit 2.1

Page 15: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 15 -

Ontwikkeling, Befondsing, Indiensneming en Werwing CEO Mittal Staal SA Posbus 2 Vanderbijlpark, 1900 Faks: (016) 889-3300 E-pos: [email protected]

Mannekrag Ontwikkelingsbestuurder Baker’s Beperk Posbus 599 Pinetown 3600

REGSTUDIE BEURSHOUER PROKUREURS FIDELITY FONDS Waarde: Bedrag wissel, onderrigfooie Tydsduur: ‘n Maksimum van 2 jaar Geldig: Enige Suid-Afrikaanse Universiteit Wie kan aansoek doen: Studente wat besig is om BA (Regte) te studeer, bewys van suksesvolle voltooiing van die eerste 2 jaar of die 4 jaar LLB kurrikulum. Die beurs word aan studente met finansiële probleme toegeken of is gebaseer op uitstaande akademiese meriete. Adres: Die Direkteur (Beurse) Attorney’s Fidelity Fund Attorney’s Fidelity Fund Posbus 3062 Kaapstad, 8000

MYNBOU EN DELFSTOFKUNDE MYNBOU EN DELFSTOFKUNDE FONSE ANGLO PLATINUM BEURSSKEMA Waarde: Volle tersiêre registrasie en onderrig, boektoelae, eenmalige rekenaartoelaag, mediese en sterfte voordeel dekking, verblyfgeld, plus persoonlike toelae Tydsduur: Hernieubaar jaarliks vir die tydsduur van die kursus Geldig: Maatskappy-goedgekeurde tersiêre instansies Wie kan aansoek doen? Studente met ‘n minimum D-simbool vir beide Wiskunde en Wetenskap. Dienskontrak: Indiensneming kontraktueel verpligtend gelykstaande aan een jaar van beursbefondsing Sluitingsdatum: 15 Mei van elke jaar Adres: Die Beursafdeling Anglo Platinum Menslike Hulpbronne Ontwikkelingseenheid Posbus 450 Kroonstad 0350 www.angloplatinum.com

BESIGHEIDSWETENSKAP EN HANDEL BESIGHEIDSWETENSKAP EN HANDELBEFONDSING Waarde: Volle onderrig en verblyfkoste plus addisionele kontanttoelae Tydsduur: Hernieubaar jaarliks vir die tydsduur van die kursus Geldig: Enige universiteit wat die studierigtings aanbied Wie kan aansoek doen?: Slegs kandidate wat gelykheid voorstaansal bevorder. Graad 12’s moet oor ‘n minimum B-simbool vir Wiskunde besit. Dienskontrak: Indiensneming kontraktueel verpligtend gelykstaande aan een jaar van beursbefondsing Sluitingsdatum: 15 April van elke jaar Adres: c/o Career Wise (Pty) Ltd Posbus 30632 Braamfontein 2017

DORPS- EN STREEKSBEPLANNING DORPS- EN STREEKSBEPLANNINGBEFONDSING Waarde: Bedrag wissel Tydsduur: 1 jaar hernieubaar Geldig: Enige Suid-Afrikaanse instansie, maar met klem op FET-kolleges. Wie kan aansoek doen: Studente wat uit arm huise in die Noord- ,Oos- en Weskaap kom, sowel as die Noordwestelike Provinsie. Daar word van leerders verwag om bo 50% in alle vakke te presteer. Dienskontrak: Nee Sluitingsdatum: 15 Oktober of die volgende jaar. Adres: African Scholars’ Fund Posbus 294 Rondebosch 7700 [email protected]

RELIGIE STUDIE

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

Page 16: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 16 -

RELEGIE STUDIES BEFONDSING Waarde: Bedrag wissel Tydsduur: 1 jaar hernieubaar Geldig: Enige Suid-Afrikaanse Universiteit Wie kan aansoek doen? Ongegradueerde studente wat voltyds Teologie wil studeer en wat van voornemens is om by ‘n universiteit te registreer. Moet Gr 12 met vrystelling hê. Verkieslik moet studente vanaf die platteland kom. Gedeeltelike toekennings word aan studente met finansiële probleme gegee en/of gebaseer op akademiese meriete. Dienskontrak: Nee Sluitingsdatum: 31 Augustus – aansoekvorms moet skriftelik aangevra word en is beskikbaar vanaf 1 Mei tot 31 Augustus elke jaar. Vorms wat na 31 Augustus ontvang word, sal nie erken word nie. Adres: Studietrust Nasionale Direkteur Posbus 29192 Melville, 2109

ONDERWYSOPLEIDING : FUNZA LUSHAKA BEFONDSING Waarde: Bedrag wissel, maksimum 40 000 per jaar Tydsduur: 1 jaar hernieubaar Geldig: Enige Publieke Hoër Onderwys instansie wat Onderwys Onderrig aanbied Wie kan aansoek doen? Studente wat geregistreer is vir B. Ed, PGCE, B.A, B.Sc, BCom, BTech met hoofvakke geskik vir toelating tot ‘n PGCE-program in voorkeurareas. Voorkeurareas is: Grade R-9: Fondasiefase Grade 4-9: Swart tale, Engels, Wiskunde, Wetenskap, Tegnologie. Grade 10-12: Swart tale, Engels, Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Landbou Wetenskap, Lewensoriëntering, Lewenswetenskappe, Wetenskappe, Siviel, Elektries, Meganies, Inligtingstegnologie, Rekenaartoepassing, Ingenieurswese, Grafies en Ontwerp. Dienskontrak: Indiensneming kontraktueel verpligtend gelykstaande aan een jaar van beursbefondsing Sluitingsdatum: Verskil van instansie tot instansie Adres: Studente moet die Finansie moet die Finansiële Bystandsoffisier by die instansie van hulle keuse kontak.

Resource: Financial AID directory – PACE Career centre and Department of Education. Hierdie is werklike befondsings.

Beantwoord die vrae hieronder:

2.1 Wat is die doel van befondsing? (2) 2.2 Skryf die tydsduur van die beurse van elke befondsing hierbo genoem, neer.

(5) 2.3 Indien iemand ‘n prokureur wil word, watter befondser sal jy vir die persoon voorstel

en watter universiteit bied hierdie kursus aan? (1) 2.4 ‘n Vriend van jou stel belang in die konstruksie industrie. Beveel ‘n befondser aan

en noem die voorwaardes van die beurs. (1) 2.5 Watter van die BEFONDSERS bied beurse aan studente wat graag onderwysers

wil word? Wat is die minumum vereistes om vir hierdie beurs in aanmerking te kom? (2)

2.6 Nie alle studente kwalifiseer vir ‘n beurs nie. Daar is verskeie ander opsies. Noem een. (1)

2.7 ‘n Student het verswakte sig; identifiseer die befondser wat ‘n beurs sal toeken aan so ‘n student om sy studies te befonds aan ‘n tersiêre instansie. (1) 2.8 Die Voedseltegnologie BEFONDSING verskaf ook beurse. Noem twee beroepe wat ‘n mens in hierdie veld kan vind? (1) 2.9 Wat is ongewoon van die Ketelmaker befondsing? Wat ekstra voordele bied die

Ketelmaker Befondsing aan studente? (1)

Page 17: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 17 -

{ 15 }

SELFBEWUSTHEID, VERANTWOORDELIKHEID EN BESLUITNEMING

Tyd: 60 min. Punte: 25

SELFBEWUSTHEID

Jy is ‘n unieke persoon wat jou eie uniekheid en selfbewustheid moet identifiseer. Probeer om jouself te sien waar jy voor ‘n spieël staan. Beantwoord die volgende vrae oor jouself. Indien jy hierdie vrae duidelik en met selfvertroue kan beantwoord dan het jy goeie selfbewustheid.

3.1.1 Skryf twee karaktertrekke van jouself neer. (2) 3.1.2 Beskryf jou persoonlikheid, bv. humoristies, stil, ens. (2) 3.1.3 Ken jy jouself? Hoe hanteer jy uitdagings (Is jy selfversekerd en selfgeldend?)

Noem twee kwaliteite van jouself wanneer jy gekonfronteer word met ‘n moeilike/problematiese situasie. (2)

3.1.4 Wat is jou swakpunte en sterkpunte? (2) 3.1.5 Noem ten minste twee maniere hoe jy stres en druk by die skool en huis

hanteer. (2) { 10 }

TAAK 3

� Individuele Aktiwiteit

TYD: 45 min � ���� PUNTE: 30

Aktiwiteit 3.1

Page 18: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 18 -

NEEM VERANTWOORDELIKHEID VIR JOU AKSIES Een van die basiese lewensvaardighede is die vermoë om verantwoordelikheid vir jou eie aksies te neem. Elke besluit of aksie wat jy neem, het nagevolge. Hierdie aksies moet of positief of negatief wees. Dit beteken ook dat as jou aksies positief is, dan is jy proaktief en wanneer jou aksies negatief is, is jy reaktief.

• ‘n Aksie is proaktief indien die nagevolge daarvan positief is; en • ‘n Aksie is reaktief indien die nagevolge negatief is.

Lees die volgende scenario’s en sê watter aksie jy sal neem in elkeen van die gevalle. Kies die korrekte kolom om jou aksie neer te skryf. 3.2.1. Jou beste vriend raak in ‘n bakleiery met ‘n ander skoolmaat betrokke. REAKTIEWE AKSIE PROAKTIEWE AKSIE

(2) 3.2.2. Jy word onder druk geplaas deur ‘n goeie vriend om jou eerste trek aan ‘n sigaret te vat. REAKTIEWE AKSIE PROAKTIEWE AKSIE

(2) 3.2.3 Jou ouers wil hê dat jy saam met hulle na ‘n familieverjaardag moet gaan, maar jy

wil saam met jou vriende na ‘n vriend se partytjie toe gaan. REAKTIEWE AKSIE PROAKTIEWE AKSIE

(2)

Aktiwiteit 3.2

Page 19: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 19 -

3.2.4. Jy werk by ‘n supermark. ‘n Goeie vriend van jou kom die winkel binne en vra om ‘n tydskrif te koop. Terwyl jy dit vir haar kry, sien jy dat sy ‘n sjokolade van die toonbank afhaal en in haar sak sit. REAKTIEWE AKSIE PROAKTIEWE AKSIE

(2) 3.2.5. Jou vriende hou daarvan om te spog in die teenwoordigheid van die teenoorgestelde geslag. Jy voel vernederd. REAKTIEWE AKSIE PROAKTIEWE AKSIE

(2) { 10 } BESLUITNEMINGSVAARDIGHEDE Pas die stappe van besluitneming op die volgende situasie toe. Verbeel die volgende scenario: Jou skool hou ‘n sportdag. Die hoof sê dat alle leerders die sportdag moet bywoon, want die spanne het die ondersteuning van die hele skool nodig. Jou vriende sê dat hulle nie na die sportdag gaan nie, maar eerder na ‘n vriend se huis toe gaan. Die ouers is tydens die dag by die werk. Hulle wil na musiek luister en mekaar se geselskap geniet. Jy vertel jou ouers dat jy nie in sport belangstel nie en dat jy eerder tuis wil bly. Jou ouers dring daarop aan dat jy die sportdag bywoon en gee jou selfs meer sakgeld vir die dag. Identifiseer 4 moontlike keuses wat jy moet maak en die moontlike nagevolge in die tabel hieronder: Probleem: Moontlike keuse Moontlike nagevolge a.

b.

Aktiwiteit 3.3

Page 20: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 20 -

c.

d.

Beste besluit: { 10 } { 30 }

MENSEREGTE EN DEMOKRASIE

Tyd: 60 min. Punte: 25 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:

2009 is die jaar van verkiesing. Lees die volgende inligting en beantwoord dan die volgende vrae: Onafhanlike Verkiesingskommissie Die Onafhanlike Verkiesingskommissie (OVK) is ‘n permanente liggaam wat gestig is na aanleiding van die Verkiesingskommissie Akte van 1996 om demokrasie in Suid-Afrika te veseker.

Is ek ‘n geregistreerde om te stem? (indien so, waar?) Indien jou naam op die kieserslys verskyn, is jy geregistreer om te stem. Jy moet seker maak dat jou naam op die kieserslys is en dat jou besonderhede korrek aangedui is – maak seker dat jy geregistreer is in die area waar jy woon.

Waar registreer ek om te kan stem? Jy kan slegs registreer om te stem in die area waar jy woon of in die area waarna jy terugkeer nadat jy vir ‘n tyd lank nie daar gewees het nie. Jy kan registreer wanneer jy sestien jaar oud word, alhoewel jy eers kan stem wanneer jy agtien is.

TAAK 4

� Individuele Aktiwiteit

TYD: 45 min � ���� PUNTE: 30

Aktiwiteit 4.1

REGTE, DEMOKRASIE EN EK

Page 21: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 21 -

Jy kan registreer by die kantoor van jou naaste munisipale verkiesingsbeampte gedurende kantoorure. Om te registreer, moet jy:

• Aansoek doen om te registreer in persoon; • ‘n Suid-Afrikaner wees; en • In besit wees van ‘n geldige strepieskode identiteitsdokument of ‘n geldige tydelike identiteitsertifikaat.

Waar moet ek stem? Jy kan slegs registreer in die distrik waar jy geregistreer het – jou naam sal slegs op die kieserslys verskyn in die spesifieke distrik.

Wat is die stemprosedure? Stemgeregtiges staan in ‘n tou buite die stemarea en hulle name word gekontroleer op die kieserslys en dan gaan hulle die stemarea binne. Om bedrog te voorkom, word almal se duime gekontroleer onder ‘n ultraviolet skandeerder om vas te stel of daar enige vorige tekens van die onuitwisbare ink is. Almal wat stem, se duim word gemerk met hierdie ink.

Stemgeregtiges ontvang ‘n stembrief. Elke stembrief het ‘n lys van geregistreerde politieke partye wat meeding aan die verkiesing. Langs elke party se naam is daar ‘n foto van die betrokke leier, die party se logo en ‘n blok waar die stemgeregtigdes hulle kruisie kan maak.

Elke stemgeregtigde gaan ‘n privaat ruimte binne waar hulle hulle ‘n stem uitbring. ‘n Stemgeregtigde mag slegs een kruisie op elke stembrief vir die politieke party van hulle keuse maak. Slegs ‘n regmerkie of kruisie is aanvaarbaar in die korrekte blokkie langs die verkose party. Enige ander merk op die stembrief sal dit ‘n bedorwe stembrief maak en die stem sal nie getel word nie.

Nadat hulle ‘n keuse gemaak het, plaas stemgeregtiges hulle stembriefie in ‘n geseëlde houer en verlaat die stemarea.

http://www.safrica.info/public_services/citizens/your_rights/iec.htm

4.1.1 Skryf die afkorting vir OVK volledig neer. (1) 4.1.2 Wat is die doel van die OVK? (1) 4.1.3 Wat is ‘n kiesersrol? (1) 4.1.4 Daar is drie belangrike punte om te onthou voordat jy toegelaat sal word om te

reigistreer. Noem die punte. (3) 4.1.5 Op watter ouderdom mag jy registreer en hoe oud moet jy wees voordat jy mag

stem? (1) 4.1.6 Ek bly in Kaapstad. Mag ek in Gauteng stem? (1) 4.1.7 Waarom word die stemgeregtiges se duime ondersoek voordat hulle mag stem? (1) 4.1.8 Wat is stembrief? (1)

{ 10 }

Page 22: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 22 -

DIE VIERING VAN NASIONALE DAE Die volgende gesprek is met Sharleen Surtie-Richards op Radio Goeie Hoop op die 16 Junie 2008, tydens die Jeugdagvieringe, gevoer. Sy het die volgende boodskap aan die jeug van Suid-Afrika oorgedra:

http://www.tvsa.co.za/actorprofile.asp?actorid=2238

Beantwoord die volgende vrae:

4.2.1 Op watter dag word Jeugdag gevier? (1) 4.2.2 Hoekom sê Sharleen Surtie-Richards dat julle ‘n spesiale dag het wat na julle

vernoem is? Wat is die betekenis van hierdie dag? (3) 4.2.3 Wat beteken dit as sy sê : “Wees altyd deel van die oplossing, nie die probleem

nie”? (3) 4.2.4 “. . .bewys aan ons dat julle verdien om ons leiers van môre te wees”. Noem 2

kwaliteite van ‘n goeie leier. (2) 4.2.5 Noem twee ander nasionale vakansiedae in Suid-Afrika. (1)

{ 10 }

"Hallo, ek is Sharleen Surtie Richards…

en weereens aan alle jongmense daar buite. Geluk, julle het ‘n spesiale dag gekry wat na julle vernoem is. Jeugdag. Respekteer die dag, bewys dat julle dit verdien het, bewys aan ons dat julle verdien om ons leiers van môre te wees. Julle hele lewe lê voor julle. Maak van elke dag ‘n uitdaging om suksesvol te wees. Wees altyd deel van die oplossing, nie die probleem nie. Lief vir julle almal, geniet die dag! Radio Goeie Hoop FM. 16 Junie 2008

Aktiwiteit 4.2

Page 23: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 23 -

MENSEREGTE Lees die volgende twee uittreksels wat genommer is A en B. Dit is twee verskillende bronne en verteenwoordig werklike lewensituasies. Die een insident het in Duitsland plaasgevind en die ander een hier op ons voorstoep in Suid-Afrika. Beantwoord die vrae hieronder: A – SLAGTING IN DUITSLAND “Die volledige statistiek vir die tragiese lot van kinders wat tydens die Nazi menseslagting dood is, sal nooit bepaal kan word nie. By beraming is dit so hoog soos 1.5 mijoen vermoorde kinders. Hierdie syfer sluit in meer as 1.2 miljoen Joodse kinders, tienduisende sigeuner kinders en duisende gestremde kinders wat in inrigtings was. Die Nazi vervolgings, arrestasies, en deportasies was gemik teen alle Joodse families sonder om ouderdom in ag te neem. Die kinders is uitgeruk uit hulle huise en gestroop van kindwees, die kinders moes toekyk hoe hulle ouers, broers, susters en familielede vermoor word. Hulle het uithongering, siektes en uitmergelende arbeid in die gesig gestaar totdat hulle in die gaskamers moes sterf.” http://www.auschwitz.dk/star/Default.htm

B - XENOPHOBIE IN SUID-AFRIKA “Buitelandse burgers in Alexandra, Noord van Johannesburg, het die polisie gesmeek om hulle te deporteer na hulle land van oorsprong na die uitbreek van xenophobie. Volgens die polisie in Alexandra, word ‘n duisend vlugtelinge gehuisves in tente by die polisiestasie terwyl verskeie organisasies komberse, kos en ander benodighede geskenk het.” http://www.merinews.com/catFull.jsp?articleID=134488

4.3.1 Hierdie is twee voorbeelde wat bekend staan as “xenophobie”. Wat verstaan jy onder xenophobie? (2)

4.3.2 Identifiseer twee ooreenkomste tussen bogenoemde gebeure. (3) 4.3.3 Noem 2 menseregte wat in die gebeure oortree word. (2) 4.3.4 Neem jou eie geloof en waardesisteem in ag en maak ten minste twee

voorstelle hoe om vrede onder verskillende kultuurgroepe te bevorder en een manier hoe om die probleem met xenophobie te hanteer. (3)

{ 10 }

Aktiwiteit 4.3

Page 24: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 24 -

GESONDHEIDVERSKAFFERS EN OM GESOND TE LEEF

Tyd: 60 min. Punte: 25 Aansteeklike siektes is vreemde organismes wat die liggaam binnedring en ongesteldhede en verskillende soort siektes veroorsaak. Hierdie siektes word oorgedra van die een persoon na die ander. Mense kan ook hierdie siektes vanuit die omgewing opdoen. Die volgende lys van aansteeklike siektes is baie bekend. Tuberkuloses (TB), pampoentjies, MIV en Vigs, waterpokkies, masels, ringwurms. Jou taak is om inligting te versamel oor hierdie siektes en die volgende vrae daaroor te beantwoord: Trek die onderstaande tabel oor op ‘n A3-vel papier en voltooi die tabel.

5.1.1 Verduidelik wat elkeen van hierdie siektes is. 5.1.2 Watter inligting is aan die publiek bekend om hulle bewus te maak van die

siektes? 5.1.3 Waar kan ‘n mens gaan vir die behandling van die siektes? 5.1.4 Behandelingsmetodes vir hierdie siektes.

Voltooi die tabel. Hierdie is ‘n individuele taak. Trek die tabel oor op ‘n A3-papier.

AANSTEEKLIKE SIEKTES

DEFINISIE Verduidelik wat dit is.

WATTER GESONDHEIDS-INLIGTING IS BESKIKBAAR OM HIERDIE SIEKTES BY DIE SKOOL OF IN JOU GEMEENSKAP AAN TE SPREEK.

Voorsien detail oor INSTANSIES beskikbaar, en hulle kontaknommers en adresse.

Watter BEHANDELINGS-METODES is beskibaar om hierdie siektes te hanteer.

TUBERKULOSE

TAAK 5

� Individuele aktiwiteit � Groepwerk

TYD: 70 min � ���� PUNTE: 20

Aktiwiteit 5.1

Page 25: (LO) GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING …

LEWENSORIËNTERING GTA 2009

LEERDERBOEK AFDELING A

- 25 -

PAMPOENTJIES

MIV EN VIGS

WATERPOKKIES

MASELS

RINGWURMS

(14) Aktiwiteit 5.2

DWELMS ’n Vriend van jou wat in die straat af bly, gebruik al vir ’n geruime tyd dwelms en het jou genader om hulp. Jy wil hom/haar help. Watter raad sal jy hom/haar gee? Bespreek die nodige oplossingsmoontlikhede en verskaf hom/haar solank met nodige die kontaknommers. (6) { 20 }

TOTAAL: 120 ÷ 2=60