13
1

LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

1

Page 2: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

2

LEWE IN DIE WOORD

Doxa Deo Stellenbosch gaan vir 6 weke onsself toewy aan God se Woord. Ek en jy bewys ons LIEFDE aan ons God deur SY WOORD te bestudeer sodat ons dit in ons HARTE kan bewaar!

Johannes 14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my Woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê,

en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Hierdie reeks boekies verteenwoordig 40 dae in die Woord. Ons wil jou aanmoedig om dit in ‘n groepie van 4 mense met mekaar te deel terwyl ons minstens 4 keer ‘n week tyd spandeer met die Bybel. In hierdie boekie sal jy die weekliks die volgende kry:

• Elke week het 1 preek se nota’s . • Elke week het 1 Persoonlike studiestuk van die video. • Elke week het 4 dagstukkies.

Maak seker jy kry die handleiding en weeklikse videos van die reeks by https://www.doxadeo.org/stellenbosch/lewe-in-die-woord/

Ons dank aan Rick Warren vir die inspirasie vir hierdie 40 dae proses.

Page 3: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

3

Page 4: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

4

WEEK 3 PREEK 3 JT Terblanche

Met vandag se Woord wil ons jou help om daagliks tyd met God te spandeer op ‘n betekenisvolle wyse. Natuurlik kom dit nie vanself nie en daarom is daar belangrike beginsels wat ons glo jou sal help om die meeste voordeel uit jou daaglikse toewyding aan God te put. So wat is die voordele wat stiltetyd vir my inhou:

- Ek gee ons toewyding aan God want God: o Verdien ons toewyding o Begeer ons toewyding (Ope 3:20)

- Ek ontvang leiding en rigting van God (Ps 25:4-5, Spr 3:5-6) - Ek vind vreugde in God (Ps 16:11)

o Positief - Ek groei in die voorbeeld van Christus

Beginsels om jou stilte tyd te verbeter

Prioriteit: Baie van ons voel dat tyd die probleem is, maar jy sal saamstem dat almal dieselfde hoeveelheid tyd per dag tot hulle beskikking het, die probleem is nie tyd nie maar eerder prioriteit. Ons maak tyd vir dit wat vir ons belangrik is en daarom behoort ons ons tyd met God te prioritiseer omdat dit vir ons ‘n belangrike waarde is.

Vanuit die lens van die NT lees ons die OT. Jer. 29 wil ek weer aanhaal. Met Jesus in gedagte...

Jer. 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van

onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.

Wanneer ons Bybelstudie doen, moet ons net dit onthou... God het Sy beste instoor vir ons. Hy wil die Woord vir ons oopbreek! Sy Woord gee vir ons ‘n hoopvolle toekoms

Page 5: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

5

Jer. 29:12 Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

Die ‘dan sal julle My aanroep’ word gebore uit die wete dat die Here ‘n goeie

toekoms. Dit is ‘n oomblik van lofprysing en eer. DAAR IS IETS WAT IN ONS HARTE GEBORE WORD... EK WIL TYD MAAK VIR U! Uit my verstaan van die Here se wil vir my lewe is daar ‘n natuurlike fokus op God se beloftes Wanneer ons tyd uitkoop dan groei ‘n verhouding. Here ek hunker na U! Daarom maak ek dit my prioriteit om te fokus op U beloftes.

Maar dit kan nie net stop by Hunker nie... Intensionaliteit: Wanneer ons intensioneel raak dan kry verhouding nuwe dimensies. WHATSAPP’S is deel van verhoudings... maar dit kan nie daar bly nie. Whatsapp: Elke dag kort vinnige kommunikasie, Maar ek het meer nodig.

Jer. 29:13 En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

Belofte – maar dit is meer ‘n natuurlike vloei As ek nie intensioneel raak nie sal dinge nooit verander nie Intensioneel verg spesiale tyd saam. Verg dat ek my hart oopmaak Bring jou hart voor die Here

• Jou stuggles

• Jou opwinding

• Jou familie / vriende

• Werk

• Sonder Prioriteit en Intensionaliteit is daar nie Intimiteit nie. Intimiteit: Close association and detailed knowledge

Page 6: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

6

Jer. 29:14 En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit

al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in

ballingskap weggevoer het.

Daar is ‘n nader trek (intimiteit) wat gebeur soos ons prioriteit en intensioneel raak met die Here. Aanvanklik kan dit dalk vir jou moeilik wees... amper bietjie awkward... maar

hoe meer tyd ek saam spandeer hoe nader groei ek. Leer ek ander dimensies ken. Die “Stel dit voor” (Picture it) metode van Bybelstudie Hierdie is die tweede metode van Bybelstudie en is spesifiek handig wanneer jy stories of gelykenisse bestudeer. Dit vra dat jy jouself sal insien in elke karakter of persoon betrokke in die skrifgedeelte en dan sal vasstel hoe jy oor die situasie dink, voel of sal optree. Kom ons gebruik ‘n voorbeeld vanuit Mark 2 – Die verlamde man en sy vriende. Plaas jouself in die skoene van bv:

- Die verlamde man en vra jouself dalk af “in watter areas van my

lewe beleef ek verlamming (huwelik, finansies, kinders, werk,

gewoontes ens.)?”

- Een van die vriende wat die verlamde man gedra het en vra jouself

af “wie ken ek wat Jesus nodig het in sy/haar lewe?

- Die huiseienaar wie se huis beskadig is en vra jouself af “wat is

werklik belangrik vir my in die lewe?”

Ons vertrou dat hierdie eenvoudige beginsels jou sal help om die meeste waarde te kry uit jou persoonlike tyd met die Here. Geniet elke oomblik in Sy teenwoordigheid!

Page 7: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

7

WEEK 3 Persoonlike Refleksie

Kom ons kyk vandag na Psalm 119. Die langste hoofstuk in die Bybel het ‘n hele paar wisselterme vir God se Woord. Kyk na hierdie 8 maniere wat God se Woord wil werk in ons lewens.

The Law to teach us. Statutes to keep us on track. Precepts to focus us. Decrees to direct us. Commands to guide us. Testimonies to encourage us. Words to speak life in us. Promises to strengthen us.

Psalm 119:18 Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet. Hierdie is ‘n baie diep gebed in een klein sinnetjie. Ons weet nie regtig wat ons NIE weet nie. So om te bid: Here maak oop my oë is ‘n besef dat Hy sien waar ek nie kan sien nie. Ons dink soms negatief aan die wet asof dit dooie reëls is wat ons net beperk. Hoe kan daar wonderlike dinge in die wet wees? Onthou dat Jesus gekom het nie om die wet te vervang nie maar om die wet te vervul! Mattheus 5:17 Die woord, Torah, beteken LEERMEESTER. Die wonder van die Wet soos bv die 10 gebooie is dat dit die karakter van Christus in ons openbaar. Ons wou dit ‘n stel reels maak maar dit is 10 ontdekkings van WIE ons regtig is, van Wie Jesus kom openbaar het as die mens wat na God se Beeld en Gelykenis geskape is! Ons sien reg oor die geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit stellings! 1. Ek het geen ander God nie. 2. Ek buig voor geen beeld op aarde nie. 3. Ek gebruik nie die Naam van die Here ydelik nie. 4. Ek gedenk die sabbat beginsel om wat ek elke dag doen aan die Here te heilig. 5. Ek eer my vader en my moeder. 6. Ek slaan niemand dood nie. 7. EK breek nie my huwelik op met ‘n derde party nie. 8. Ek steel nie. 9. Ek spreek nie valshede moedswillig teenoor my naaste nie 10. Ek begeer nie ander se besittings nie.

Page 8: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

8

Page 9: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

9

WEEK 3 DAGSTUKKIE 1

Vandag kyk ons bietjie na ‘n skrif wat baie mense dalk kan misverstaan.

1 Johannes 2:3 – 5 “En hieraan weet ons dat ons Hom regtig ken: as ons sy opdragte gehoorsaam. 4As iemand sê: “Ek leef in ’n persoonlike verhouding met God,” maar nie sy opdragte gehoorsaam nie, voer só ’n persoon ’n leuen lewe en het die

waarheid nie plek in sy lewe nie. 5 Wie egter sy woord gehoorsaam, in só ’n persoon se lewe het die liefde vir God regtig sy doel bereik. Daardeur weet ons ook dat ons baie

nou aan Hom verbind is.”

As mens hierdie lees kan mens dit dalk misverstaan en hoor dat God het jou

lief as jy Sy opdragte uitvoer, maar dis nie wat hier staan nie. Hierdie skrif

begin met “hieraan weet ons” – dit dui nie dat “hieraan weet God dat julle

hom ken nie.” Hierdie sit wel ons fokus op dat ons woorde en dade dieselfde

sal wees. As ons se ons staan in verhouding met God (Sy woorde) dan sal ons

dade belyn wees met Sy Woord – nie omdat ons MOET nie, maar omdat ons

wil en omdat ons God liefhet. God se liefde is onvoorwaardelik, dis radikaal

en vir almal, maar dit is ons keuse of ons ons hele lewe belyn met sy opdragte

en Woord!

Ek beleef dit baie prakties in my eie lewe met my seuntjie, sy vermoë om

opdragte te gehoorsaam maak nie my liefde vir hom minder of meer nie,

maar soos hy my hart meer en meer verstaan raak dit vir hom moontlik en

makliker om opdragte uit te voer omdat hy my lief het en nie omdat hy moet

nie. Mag ons groei in ons liefde vir Vader en Sy Woord wat wel sekere

opdragte uitlê vir ons.

Vader ons bid vandag dat U ons oë oopmaak vir die krag van U Woord in ons lewens. Dankie Vader dat U liefde vir ons nie gekoppel is aan voorwaardes nie. Here, omdat ons U liefhet wil ons graag U Woord en opdragte na kom. Vernuwe ons

hart en denke om dit te leef en te verstaan in elke dag.

Page 10: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

10

WEEK 3 DAGSTUKKIE 2 Wat verwag die Here van my?

Deuteronomy 10:12-13 (MSG) So now Israel, what do you think GOD expects from you? Just this: Live in his presence in holy reverence, follow the road he sets out for you, love him, serve GOD, your God, with everything you have in you, obey

the commandments and regulations of GOD that I’m commanding you today—live a good life.

Ek is nogal iemand wat baie konteks oor iets nodig het voordat ek dit aanpak en eintlik ordentlik kan doen, ek vra altyd klomp vrae as iemand vir my vra om iets te doen sodat ek kan seker maak dat ek die verwagting sal kan nakom. Wat ek ‘love’ van hierdie skrif is dat dit vir ons duidelik sê wat die Here se verwagting is van ons, en die verwagting is glad nie buite bereik nie, dis so maklik soos: Leef in sy teenwoordigheid, eer die Here, volg die pad wat hy vir jou uit gelê het, hê hom lief, dien hom in alles wat jy doen, en wees gehoorsaam aan sy gebooie en riglyne. Baie keer het ons die verkeerde persepsie oor die Bybel. Ek het vir ń baie lang tyd gevoel dat die Bybel net ń boek vol reëls en regulasies is wat ons moet volg anders word ons gestraf. Hierdie is glad nie die geval nie, inteendeel die Here se hart is om net die beste vir ons te hê, die Bybel is nie klomp reëls en regulasies wat ons moet na kom nie. Die Bybel is ń boek wat baie goeie lewens lesse en riglyne vir ons gee sodat ons die pad kan stap wat die Here vir ons beplan het. Baie keer dink ons dat die Bybel ons in ń boksie plaas en dat daar geen vryheid is as ons ja sê om verhouding met Hom te hê nie, ek het self so gedink totdat ek besef het dat daar eintlik baie vryheid en baie genade is wat op ons uitgestort is. Toe ek besluit om my hart vir die Here te gee, het nooit verhouding met die Here verstaan totdat ek as student eintlik die Bybel begin prakties in my lewe toepas het. Ek het begin om ń radikale verskil in my lewe te sien toe ek begin volgens die Woord leef, alhoewel ek nie perfek is nie en ek nog steeds foute maak. Ek het begin sien hoe die mense om my se lewens verander as gevolg van die Here wat deur my werk.

Page 11: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

11

Net soos wat mens na die Bybel moet kyk as ń boek vol wysheid, riglyne en lewens lesse, moet mens ook besef dat die Here ons Pa is. Wanneer ń ouer teleurgesteld is omdat hul kind iets verkeerd gedoen het, is die regte ding om die kind te dissiplineer, nie om hom te straf nie. Hierdie is dieselfde as met die Here, Hy gee om oor ons en weet wat is die beste vir ons is, dus is dit ń dissipline om die Bybel in ń mens se lewe toe te pas en nie ń straf nie. Die Here is daar om ons te lei in die rigting wat hy vir ons beplan het, soms dwaal ons van die pad af, maar ons weet dat Hy altyd daar gaan wees langs ons. Ek wil jou uitdaag om die Bybel deur ander oë te begin sien, en te verstaan dat die Here waarlik die beste vir Sy kinders wil hê omdat Hy lief is vir ons. Ek wil jou ook uitdaag om die Bybel prakties in jou lewe toe te pas en te kyk wat die vrug daarvan is oor ʼn tydperk.

Nota’s

Page 12: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

12

WEEK 3 DAGSTUKKIE 3 Vandag wil ek met jou gesels oor die vrede wat God se woorde bring.

Psalm 119:165 – ‘Die wat U wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok.’

Kom ons wees eerlik, daar is groot kapasiteit in die lewe om te struikel. Vrede beteken nie die afwesigheid van moeilikheid of konflik nie. Dit beteken nie alles is nou maanskyn en rose nie. Dit beteken nie die Stormers wen altyd nie. Vrede beteken ook nie passiwiteit nie. Vrede kom van die woord ‘shalom’ wat beteken volheid, heelheid, niks is uitgelaat of oorgesien. Vrede kom na ‘n oorlog of konflik beëindig is en verskillende partye versoen het. Aan die kruis het Jesus die volle prys betaal om ons met Homself te versoen. Vrede word opgesluit in die persoon van Jesus Christus. Vrede is daardie wete dat Christus vir alles wat ek nodig het, reeds voorsien het. Vrede is daardie wete dat maak nie saak wat my situasie is nie, Jesus sien my, Hy is bewus van my en Hy weet hoe om hierdie situasie te bemeester. So, wanneer hier ‘n oorlog aan my binnekant woed, gaan soek ek Sy wysheid, Sy woorde. Ek hoef nie my eie beperkte wysheid te vertrou nie, want Sy onbeperkte wysheid is beskikbaar. Sy woorde maak ‘stepping stones’ van my struikelblokke. Sy woorde het my al soveel keer uit onmoontlike situasies begelei.

Jesus, ons weet op aarde sal daar altyd uitdagings en konflik wees. Dankie vir die prys wat U aan die kruis betaal het om

ons met Uself te versoen. Dankie dat U vir elke situasie waarin ons ooit sal beland reeds voorsien het. Dankie dat ons U woorde in plofbare situasies kan vertrou. Dankie vir

bonatuurlike vrede. Amen

Page 13: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · 2020. 5. 1. · geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil floreer. So hier is die wet dan nou as 10 identiteit

13

WEEK 3 DAGSTUKKIE 4 Vandag gesels ons oor hoe die Woord ons help om sukses te behaal.

Joshua 1:8 “This book of instruction must not depart from your mouth; you are to meditate on it day and night so that you may carefully observe everything written in it. For then

you will prosper and succeed in whatever you do.”

Ons almal wil sukses behaal in die lewe. Dit maak nie saak in watter area dit mag wees of hoe dit lyk nie, of dit verhoudings is, finansies, gesondheid, ‘n huwelik of jou loopbaan, sukses is ‘n belangrike aspek. Vandag se skrif gee vir ons n sleutel tot sukses, die skrif wys vir ons dat in elke aspek van ons lewe (gedagtes, woorde en dade) moet die Woord altyd deel vorm, met ander woorde soos geskryf in Romeine 12:2, ons gedagtes moet hernuwe word deur die Woord, ons moet dink en praat en optree soos die Here in alles en in alle tye dag en nag, en dan sal jy “prosper” en sukses behaal, dit is na ons in die Woord tyd spandeer het en die Woord deel maak van ons elke dag lewe dat ons sukses beleef. Die Woord word vergelyk aan daaglikse brood, as mens nie daagliks eet nie dan is daar belangrike nutriënte wat nie ingeneem word nie en daar is dan nagevolge wat ons moet dra. Dieselfde gebeur op ʼn geestelike vlak, elke dag wat ons nie in die Woord spandeer nie word ons “honger” en mens kan baie prakties beleef hoe daar ‘n tekort is in jou lewe. Die sleutel tot sukses is vir ons gegee en dit is ons verantwoordelikheid om dit te gebruik om die deur oop te sluit.

Kom ons bid saam: Vader vandag sê ons dankie dat U vir ons die sleutel tot lewe gegee het, dankie dat U Woord so ryk is

en dat deur dit sal ons nooit honger wees nie. Vader leer ons vandag hoe om in elke tree en elke situasie, in ons gedagtes,

woorde en dade gefokus te bly op U Woord, mag dit nooit ons lippe verlaat. Amen.