100
JAARVERSLAG 2016 1. PERSONEEL SKOOLHOOF: Mnr. Hawkie de Villiers ADJUNKHOOF: Mnr. Jacques Horne ADJUNKHOOF: Me. Johannita Kruger DEPARTEMENTSHOOF: SENIOR FASE Me. Carine Mocke DEPARTEMENTSHOOF: SPORT Mnr. Renaldo Payne DEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Barbara Greeff DEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Adiska du Preez Eekh 1 Me. Marlé Baard Sport Mnr. Renaldo Payne Eekh 2 Me. Rozelle Koch Finansies Me. Liza Venter Eekh 3 Me Marli Goldie Finansies Me. Lisl Fincham Gr. R1 Me. Shani Visagie Ontvangs Me. Sunette Marais Gr. R2 Me. Elzeth Truter Ontvangs Me. Leana Russouw Gr. R3 Me. Heidi Such Musiek Me. Paula Smit Gr. R4 Me. Marlene Bouwer Musiek Me. Marelize Moller Gr. 1A Me. Erena Stofberg Musiek Me. Annalene Kemp Gr. 1B Me. Johannita Kruger Musiek Me. Riana de Wet Gr. 1C Me. Noeline Southey Leerondersteuni ng Me. Carolien Heenop Gr. 1D Me. Anneri Naude LO Me. Danelle Meintjes Gr. 2A Me. Barbara Greeff ASSISTENTE Gr. 2B Me. Jolande Botha Eekh 1 Me. Rosaline Tolobisa Gr. 2C Me. Jeanri du Plessis Eekh 2 Me. Denise Snyders Gr. 2D Me. Margo Lamprecht Eekh 3 Me. Shirley Forbes Gr. 3A Me. Adiska du Preez Gr. R1 Me. Rosie Fortuin

laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

JAARVERSLAG 2016

1. PERSONEEL

SKOOLHOOF: Mnr. Hawkie de VilliersADJUNKHOOF: Mnr. Jacques HorneADJUNKHOOF: Me. Johannita KrugerDEPARTEMENTSHOOF: SENIOR FASE Me. Carine MockeDEPARTEMENTSHOOF: SPORT Mnr. Renaldo PayneDEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Barbara GreeffDEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Adiska du PreezEekh 1 Me. Marlé Baard Sport Mnr. Renaldo PayneEekh 2 Me. Rozelle Koch Finansies Me. Liza VenterEekh 3 Me Marli Goldie Finansies Me. Lisl FinchamGr. R1 Me. Shani Visagie Ontvangs Me. Sunette MaraisGr. R2 Me. Elzeth Truter Ontvangs Me. Leana RussouwGr. R3 Me. Heidi Such Musiek Me. Paula SmitGr. R4 Me. Marlene Bouwer Musiek Me. Marelize MollerGr. 1A Me. Erena Stofberg Musiek Me. Annalene KempGr. 1B Me. Johannita Kruger Musiek Me. Riana de WetGr. 1C Me. Noeline Southey Leerondersteunin

gMe. Carolien Heenop

Gr. 1D Me. Anneri Naude LO Me. Danelle MeintjesGr. 2A Me. Barbara Greeff ASSISTENTEGr. 2B Me. Jolande Botha Eekh 1 Me. Rosaline TolobisaGr. 2C Me. Jeanri du Plessis Eekh 2 Me. Denise SnydersGr. 2D Me. Margo Lamprecht Eekh 3 Me. Shirley ForbesGr. 3A Me. Adiska du Preez Gr. R1 Me. Rosie FortuinGr. 3B Me. Madelize de Vries Gr. R2 Me. Wounie SeptemberGr. 3C Me. Ilze-Marie Götze Gr. R3 Me. Yolande van der Merwe

Page 2: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Gr. 3D Me. Lana Aucamp Gr. R4 Me Esmerelda Abelse/Stef MaartGr. 4A Mnr. Cornel Smuts Gr. 1 Me. Zerilda WesselsGr. 4B Me. Menanteau Bester Gr. 1 Me. Adri RoosGr. 4C Me. Marlene vd Westhuizen Gr. 1 Me. Ronalda LiebenbergGr. 5A Mnr. Dawie de Vries Gr. 2 Me. Elmarie StoederGr. 5B Me. Carlien Fourie Gr. 2 Me. Leoné VersterGr. 5C Me. Renika Stramrood Gr. 3 Me. Elmarie StoederGr. 6A Mnr. Francois Gerber Gr. 3 Me. Matty-Natalie ScholtzGr. 6B Mnr. Jacques Horne Gr. 3 Me. Stefnie BurgerGr. 6C Me. Glenize van Rooyen Gr. 4 – 7 Mnr. Jan PrinslooGr. 7A Me. Carine Mocke Gr. 4 – 7 Mnr. Gregory NelGr. 7B Mnr. Werner Vermeulen Drama Me. Winnie NelGr. 7C Me. Susan Combrinck Arbeids Me. Liza Janse van RensburgGr. 7D Mnr. Henco Bindeman Arbeids Me. Jeanne-Marie MeyerWisk Me. Johlene Fourie Arbeids Me. Annré AgenbachWisk Me Christa Neethling Spraak Me. Ronelle SlabbertAfr Me. Anize Koetsier Nasorg Me. Carina OppermanIT/Bib Me. Lelanie van der BergKuns Me. Liezl de KockTERREINWERKERS

Terrein Mnr. Stemmet Hector Assistent Me. Joeline van NiekerkTerrein Mnr. Donovan Williams Assistent Me. Gerty DuimpiesTerrein Mnr. Malibongwe Bojana Assistent Me. Lucy MguzulwaTerrein Mnr. Sipho Mpongwana Snoepie Me. Theresa MartinSekuriteit

Mnr. Peter Philander

Page 3: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

2. AKADEMIES

2.1 EEKHORINKIES

Op 13 Januarie 2016 het die nuwe Eekhorinkies vol afwagting by hul klassies opgedaag. Vir sommige Eekhorinkies was die afskeid nie so maklik nie, terwyl ander nie kon wag om te begin ontdek en speel nie. Gelukkig was die trane van korte duur en toe ons later ‘n storie op die mat lees, was die gesiggies vol afwagting om te hoor wat hul juffrou sê. Die aanpassing van ‘n nuwe skool, klas en juffrou het ‘n paar weke, geneem, maar daarna het elke Eekhorinkie geborge en geliefd gevoel. Juffrou Rosaline, Denise en Shirley het ook ‘n groot rol gespeel om al die leerders tuis te laat voel. Ons was altesaam 66 Eekhorinkies wat in drie klasse verdeel is. Ons onderneem nie die eerste kwartaal uitstappies nie, aangesien die aanpassing reeds te groot is by die skool. Aan die einde van die eerste kwartaal was ons groep Eekhorinkies behoorlik uitgeput en almal het uitgesien na die nuwe program in die tweede kwartaal.Die Eekhorinkies het die tweede kwartaal weggeval met ‘n heerlike uitstappie op die skoolterrein. Ons het die bome en plante gefynkam om die eerste tekens van die herfs in die natuur te bespeur. In Meimaand het ons Bon Esperance-plaas besoek waar leerders ‘n wonderlike trekker-en-wa-rit op die plaas gehad het. Ons het by ‘n groot dam die eende kosgegee. Oom Petru het by die byekorwe ons meer vertel van sy byeboerdery en hoe belangrik dit is vir die bestuiwing van sy vrugteboorde. Ons het heerlik piekniek gehou op die reusegrasperke met ‘n pragtige uitsig op die berge. Dit was ‘n besonderse ervaring vir elke Eekhorinkie, juffrou en ouer. Tydens ons “Mense wat ons help”-tema het dr. Renscha ons kom vertel en wys wat ‘n dokter alles doen om mense te help. Sy het selfs gips aan een van die maatjies se arm gesit, sodat ons kon sien hoe ‘n gebreekte arm behandel word. Die brandweer het ons by die skool kom besoek en ons kon elkeen ervaar hoe dit voel om met die brandslang te kan spuit. Na ‘n leersame kwartaal van 12 weke het die wintervakansie aangebreek.Na ‘n heerlike, lang vakansie het die derde kwartaal afgeskop. Die leerders was teen dié tyd al meer tuis in die klas en ook baie geheg aan hul onderwyseresse. Ons eerste uitstappie was na die Jan Marais Park waar hulle vir ons leerders meer geleer het van verskillende slange en skilpaaie. Elke leerder het ook die geleentheid gekry om aan ‘n regte koringslang te vat en pofadders te besigtig. Daarna het ons paddavisse gevang en elke klas het ‘n paar skool toe geneem om hul lewensiklus waar te neem. Aan die einde van die kwartaal het ons weer die paddavisse gaan teruggooi in die dam en die leerders het vir hulle ‘n totsiensliedjie gesing. Tydens ons lentetema het ons deelgeneem aan die skool se lenteloop en saam met die gr. R’e piekniek gehou by Mostertsdrift se parkie. Ons laaste uitstappie van die kwartaal was na die Universiteit Stellenbosch se insekte-museum. Die leerders was verskriklik opgewonde en kon nie wag om daar te kom nie. Hulle het die leerders in twee groepe ingedeel en die een groep het insekte

Page 4: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

ingekleur en ‘n byepak aangepas. Vir die ander groep het hulle verskillende insekte onder ‘n mikroskoop gewys en so ook meer vertel van insekte, waarna die twee groepe weer geruil het. Mev. Lizelle Moses van die Verkeersdepartement het ons kom besoek om ons meer oor padveiligheid te leer. Elke klas het die geleentheid gekry om deur middel van rolspel die padreëls te oefen. Ons het ‘n lang kwartaal van elf weke afgesluit met die temas “Die lewe is ‘n fees” en ‘Vakansietyd”, waartydens ons reggemaak het vir ‘n klaspartytjie en behoorlik feesgevier het.Ons het ‘n besige en kort vierde kwartaal afgeskop met ‘n beertjie-piekniek in die Jan Marais Park. Die piekniekmandjies en kombersies is gepak, sonroom is aangesmeer en elkeen was gewapen met ‘n selfgemaakte verkyker (om nog beertjies te soek) en sy gunstelingbeertjie. Dit was ‘n piekniek om te onthou. In week vier en vyf was dit omtrent ‘n gewoel om almal gereed te kry vir die konsert. Die groot aand het aangebreek en ons moes behoorlik die wind trotseer. Ons het ‘n pragtige speelgoedlandkonsert op die planke gebring en elke leerder het dit terdeë geniet. Ons het tydens ons tema oor water na die ekosentrum in die Jan Marais Park gestap. Daar het ons ‘n baie leersame aanbieding oor waterbesparing bygewoon. Die week daarna het ons gedurende ons tema “Kinders van die wêreld” ‘n wonderlike Chinese ete gehad en ons het met Chinese stokkies geëet. Elke leerder het ‘n Chinese hoedjie wat hulle self gemaak het, gedra en met ‘n waaier in elkeen se hand, het ons die ergste somerhitte afgeweer. Ons het die jaar afgesluit met ‘n feestelike klaspartytjie. Daar is gespeel, geëet en gelag. Na ‘n geseënde jaar met baie vreugde in ons harte, het ons baie uitgesien na die lekker somervakansie.Graad R

2016 was ‘n ongelooflike jaar vol hoogtepunte. Die leerders het op sosiale, intellek- tuele en emosionele vlak ontwikkel. Dit maak ons opgewonde, want dit is vir ons belangrik dat leerders holisties ontwikkel.Goeie kommunikasie is van onskatbare waarde. Belangrike inligting is tydens die klasvergadering aan die begin van die jaar met die nuwe ouers gedeel. ‘n Heerlike piekniek is na afloop van die vergadering op die gr. R-terrein gehou. Dit was ‘n ideale geleentheid vir nuwe ouers om die ander mammas en pappas beter te leer ken.Gedurende die eerste kwartaal het ons geleer dat almal uniek en spesiaal is. Ons het ons skoolterrein verken, geleer van die korrekte hantering van boeke en hoe om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf.

Dit was ‘n groot hoogtepunt toe die produksiespan van kykNET ons skool besoek het om ‘n opname vir Kleuterzone te verfilm.

Page 5: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Ons het ook Louisvale Wynkelder gedurende die eerste kwartaal besoek om die parsproses eerstehands te ervaar. ‘n Ouer van ons skool, Lanzerac se wynmaker, het later aan ons kom verduidelik presies hoe die wynmaakproses werk. Tydens Februarie, toe die temperature hoog was, kon leerders gereeld heerlik in die sproeiers baljaar.Gedurende die tweede kwartaal het ons van veiligheid geleer en die Stellenbosch Brandweer besoek. Ons het opnuut besef hoe baie die brandweermanne vir ons gemeenskap doen. Ons het ook geleer van sintuie en in die Jan Marais Park en ons skool se ekotuin gaan stap. Daar kon ons met ons sintuie die pragtige natuurskoon beleef en bewonder.Bak-en-broudag was elke week ‘n groot lekkerte. Daar is hierdie jaar ‘n goeie balans gehandhaaf tussen gesonde en soeter keuses vir die weeklikse bak-en-brou-aktiwiteite.Die derde kwartaal was ook vol interessante gebeurtenisse. Dit was die tweede jaar dat ons Gino’s besoek het. Die leerders geniet die pizzamakery elke jaar so baie dat ons dit beslis weer volgende jaar sal doen. Tydens ons uitstappie na Rosen Castle Aktiwiteitsentrum in Durbanville, kon die leerders beroepe eerstehands beleef. Daar is geleer hoe om geld by ‘n bank te onttrek, inkopies te doen, die weer voor die kamera te voorspel en ‘n troeteldier na die veearts te neem. Gedurende die vierde kwartaal het ons meer oor die wonderlike wêreld van reptiele, amfibieë, spinnekoppe, dinosourusse, wilde diere en insekte geleer. Ons het Spier besoek en na ‘n roofvoëlvertoning gekyk. Ons het ook die Agri-Expo by Sandring- ham besoek waar ons onder andere kon sien hoe ‘n skaap in slegs drie minute geskeer word en waar ons klein babavarkies en volstruisies kon vashou. ‘n Groot hoogtepunt was beslis die gr. 1-dag toe die gr. R’e in hul nuwe klasse kon gaan kuier en hulle onderwyseresse kon ontmoet. Ons het die jaar op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n lekker vrolike konsert in ‘n stormsterk suidoostewind. Dit het nogtans niemand se entoesiasme gedemp nie!Liggaamlike opvoeding is baie belangrik vir die gr. R-kind se grootmotoriese ontwikkeling. Leerders het twee maal per week LO gehad, waar daar op ‘n verskeidenheid bewegingsaktiwiteite en balvaardighede gefokus is. Die ekotuin is gereeld besoek en die leerders het ook weekliks die geleentheid gekry om na die rekenaarklas te gaan om met die Cami-program vertroud te raak.

Leerders kon aan sportsoorte wat deur die skool aangebied word, deelneem, naamlik swem, tennis, krieket, rugby en netbal. Daar was die geleentheid om aan

Page 6: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

kultuur- aktiwiteite soos drama en dans deel te neem. Playball, Experimaats, Kids Clay, C-Maths en Soetlief is deur groepe kinders ondersteun. Ons fietsrybaan se oppervlak is vanjaar oorgedoen. Ons spog ook met ‘n splinternuwe petrolpomp op ons terrein. Nuwe fietsies is aangekoop, maar ons leerders staan steeds elke pouse tou om fiets te ry.Toe Jannaschstraat vroeër vanjaar om veiligheidsredes in ‘n eenrigting verander en die teeroppervlakte oorgedoen is, kon die leerders hulle vir die paar dae verkyk aan al die bedrywighede wat voor hulle oë afgespeel het. Ons gr. R-opvoeders is baie dankbaar vir wonderlike en positiewe ouers wat ons taak elke jaar vir ons maklik maak. ’n Groot dankie ook aan elke ouer wat hierdie jaar met vervoer tydens uitstappies gehelp het. Dit is vir elke gr. R-assistent en onderwyseres ‘n voorreg om deel van die Stellies-span te kan wees!

2.2 GRONDSLAGFASEGRAAD 1Op Woensdag 13 Januarie 2016 het die nuwe gr. 1’s hulle jaar van leer, lees en skryf aangepak. In gr. 1 glo ons in die holistiese (emosionele, intellektuele, geestelike, sosiale en fisiese) ontwikkeling van ‘n leerder en dit is presies wat vanaf die eerste tot die vierde kwartaal plaasgevind het. Dit was ‘n jaar van baie nuwe dinge: groot skool, juffrouens, maats, werk, sport, kultuur, roetine en nog vele meer. Ons kan met trots sê dat al 108 leerders in die gr. 1-groep na 2016 kan terugkyk en vir hulself ‘n groot haasbek-glimlag in die spieël kan gee. Dit is voorwaar ‘n jaar om op trots te wees!

Ons het die eerste kwartaal afgeskop met ‘n heerlike atletiekdag en verskeie swemgalas. Ons maats is ‘n klomp uitblinkers wat nuwe ervarings met beide hande aangryp. Vir ons eerste uitstappie het ons by Bugz-speelpark gaan kuier. Daar het ons al die verskillende pretritte gedoen, geswem en selfs op ‘n waentjie agter ‘n trekker gery. Die maats het dit terdeë geniet en was pootuit teen die tyd dat ons weer by die skool gearriveer het.

In die tweede kwartaal het ons skoolhoof, mnr. De Villiers, by elke gr. 1-klas kom kuier. Dit was baie lekker om hom in ons midde te hê en vir hom te wys hoeveel ons al geleer het. Leandi du Randt het met ons kom gesels oor boelie-gedrag en dit was vir almal ‘n leersame ervaring. Hierdie kwartaal het ook groot opwinding vir juf. Anneri ingehou! Sy het haar eerste baba, Theunis, verwelkom en het vir so ‘n klein rukkie saam met hom by die huis gekuier. Juf. Ronalda was so oulik om vir twee kwartale in haar plek skool te hou. Ons het by die Medikliniek in Stellenbosch gaan inloer om meer te leer oor hospitale en wat presies daar gebeur. Die hospitaal is vir van ons ‘n bangmaakplek, maar nadat die gawe verpleegsters ons

Page 7: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

op die hospitaalbed laat ry het en vir ‘n paar maats gips aangesit het, fluit baie maats ‘n ander deuntjie. Een van ons kinders se pappa was so gaaf om ons na sy tandartspraktyk te nooi. Daar het die kinders die geleentheid gehad om meer te leer oor wat presies by ‘n tandarts gebeur en hoe kunsmatige tande gemaak word. Ons maats het ook vir die eerste keer mondeling gepraat en die onderwerp was “My gesin”. Ons onderwyseresse het die mondeling baie geniet en kan met oortuiging sê dat ons die kinders, asook die ouers, sommer baie beter leer ken het!

Een van die derde kwartaal se hoogtepunte was verseker ons besoek aan die Kunstekaap Teater waar ons na die opvoering “Vlooi en die Sneeuman” gekyk het. Die kinders was daaroor in vervoering om hul storieboekkarakters in die regte lewe te kon aanskou. Food Lovers Market het ons maats met ‘n poppekasvertoning bederf en ons het gewone klere aangetrek ten bate van verskillende liefdadigheidsorganisasies. Op 2 September 2016 het elke klas ‘n roosboom vir Bloomplantdag geplant, asook die Jan Marais Park besoek. Daar het ons geleer van jaarringe, verskillende soorte sade en lekker in die parkie piekniek gehou. In gr. 1 leer ons baie nuwe dinge: hoe om instrumente te bespeel, hoe om beskrywende sinne te skryf en ook hoe om met geld te werk. Om aan te sluit by laasgenoemde konsep, het ons met ‘n R10-noot in die hand na De Jonker Spar gestap. Daar kon elke kind ‘n item met die bedrag tot hul beskikking koop. Terug in die klas het ons somme gedoen om uit te werk hoeveel kleingeld elke maatjie gekry het. Die maats het ook deelgeneem aan een van ons skool se fondsinsamelingsprojekte, naamlik die trapkarresies. Die kinders het almal aan die stootkar-wedren deelgeneem, gespeel en gesmul aan die geurige potjiekos.

Gedurende die vierde kwartaal het ons Polkadraai-aarbeiplaas besoek. Dit was ‘n lieflike dag en elke kind het die geleentheid gehad om in die aarbeibeddings te stap en hulle eie stroopsoet aarbeie te pluk. Ons het ook op die trekker gery om die res van die plaas te verken. Die hoogtepunt vir menigte van ons gr. 1’s en hul ouers was verseker die troue wat elke klas gehou het. Al het ons gaste en troukoeke byna weggewaai tydens die onthaal, was dit ‘n vreeslike lekker dag! Daar was ‘n bruid, bruidegom, hofknapie, strooijonkers, blommemeisies, predikant en selfs ‘n seremoniemeester. Die maats kon nie ophou sê hoe ‘n lekker dag dit was nie en sommige het selfs gesê dat dit die beste dag van hul lewe was.

Elkeen van ons gr. 1-opvoeders heg hoë waarde aan kommunikasie met ons ouers. Daarom het ons gereeld briefies en boodskappe huis toe gestuur met die doel om ouers op hoogte van gebeure te hou. Tydens die oueraand is baie belangrike inligting met die ouers gedeel in verband met die jaar wat voorlê. Ouers het ook die geleentheid gehad om na elke assessering hul kind se uitslae met die betrokke juffrou te bespreek en afsprake is gemaak soos nodig. Dit is heerlik om met so ‘n wonderlike groep ouers te werk.

Page 8: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Ons gr. 1-onderwyseresse kyk met ‘n groot glimlag terug op hierdie jaar. Ons glimlag, want elke traan en drukkie het die kinders help vorm. Ons glimlag, want ons het by mekaar geleer. Ons glimlag, want ons weet dat ons gr. 1-maats gereed is vir hul volgende opwindende avontuur.

GRAAD 2

Ons is baie trots om te kan sê dat ons in gr. 2 alles voluit doen en dat die werk wat hier gedoen word, van ‘n hoë gehalte is. Daar was vanjaar 106 leerders in die gr. 2-groep. Met ‘n proses van geduld, liefde, toewyding en motivering het hulle ontwikkel in selfversekerde en nuuskierige “slimkoppe”. Die gr. 2’s het hard gewerk om nuwe leerinhoud te bemeester en baie tyd is aan lopende skrif afgestaan ter voorbereiding vir gr. 3. Ons het gedurende die eerste kwartaal die Stellenbosch Dorpsmuseum besoek, waar die leerders meer van ons dorp se geskiedenis kon leer. Ons het ook by die speelgoedmuseum gaan inloer, waar die leerders blootgestel is aan speelgoed waarmee kinders destyds gespeel het, voor daar rekenaarspeletjies en selfone was. Die tweede kwartaal se uitstappie na Giraffe House was ‘n hoogtepunt en ‘n wonderlike ervaring vir almal! Gerry, die kameelperd, het met sy lang nek oor die draadheining geloer om die gr. 2’s van nader te bekyk. Dié wat skrikkerig was, het maar so ‘n entjie weggestaan, want hy is darem baie groter as in die boeke! Die reptielvertoning en inligtingspraatjie was ook ‘n interessante, maar vreesaanjaende belewenis. Leerders het die geleentheid gekry om aan ‘n iguana, tarantula en luislang te vat. Die snaaksste oomblikke van die dag was natuurlik toe juf. Margo die brulpadda moes soen en juf. Jeanri die luislang om haar nek moes hou. Die gr. 2’s het lentedag gevier deur ‘n roosboom te plant en deur die Jan Marais Park te stap, waar hulle die pragtige natuurskoon kon bewonder en meer van die inheemse plante kon leer. Daar is lekker piekniek gehou en in die parkie gespeel en baljaar. Gedurende die derde kwartaal het ons na “Vlooi en die Sneeuman” by die Kunstekaap Teater gaan kyk. Vlooi en sy maats het ons weggevoer na die Drakensberge. Ons het ook die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin besoek en na ‘n poppekasvertoning wat deur Food Lovers Market aangebied is, gekyk. Die gr. 2’s het hulle gees gewys in hierdie jaar se kaskarresies. Gewilde spanne was die Dalmations, Hands On-span, die Pikkewyne en die Witblits-span. Dit was ‘n kwartaal gevul met opwinding en pret. Ons het die jaar afgesluit deur Butterfly World te besoek. Daar het ons meer van die lewensiklus van skoenlappers geleer. Tydens die inligtingspraatjie het elke kind die geleentheid gekry om aan die koringslang, iguana en bebaarde draak te vat. Ons het met verwondering na ‘n groot verskeidenheid skoenlappers gekyk en

Page 9: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

kon selfs ‘n paar van hulle name identifiseer. Daar was diere soos marmotte, meerkatte, skilpaaie en apies wat ons vermaak het. Die vrugtevlermuise, kameelperdgeraamte en Snowy, die sneeuwolf, was baie gewild en ‘n hoogtepunt van die dag! Ons gr. 2’s sien baie daarna uit om volgende jaar ‘n nuwe tegnologiese era te betree, wanneer elke klas met ‘n televisieskerm toegerus gaan word. Dit sal aangewend word vir kurrikulêre doeleindes en sal as visuele hulpmiddel in die onderrigproses dien. Die gr. 2-onderwyseresse werk as ‘n gedugte span saam. Ons het elke dag van hierdie jaar geniet en koester die kosbare oomblikke saam. Ons het ons ook ontwikkel en toegerus met die nodige kennis deur gereeld kursusse, praatjies en opleidingsessies by te woon. Ons kan beslis terugkyk op ‘n baie suksesvolle jaar en ons weet dat elke leerder gereed is vir die uitdagings wat vir hulle wag.

GRAAD 3

Die jaar het op ‘n hoë noot afgeskop met vele nuwe en opwindende uitdagings. Ons het in 2016 begin met ‘n vierde gr. 3-klas. Juf. Antel van Deventer het die vorige jaar gr. R onderrig en hierdie jaar begin as ‘n gr. 3-opvoeder. Dit was vir haar ‘n groot sprong, maar sy het vinnig aangepas en die gr. 3-leerders baie geniet. Sy het ook in Maart haar M-graad verwerf deur ‘n tesis te skryf oor leerders met outisme. Ongelukkig vir ons, het sy ‘n werksaanbod in Engeland aanvaar en is sy aan die einde van die eerste kwartaal getroud en weg by ons.Juf. Lana Aucamp, wat die eerste kwartaal ‘n gr. 3-assistent was, is in haar plek aangestel. Die nuwe gr. 3-klas was die eerste kwartaal in ‘n opslaanklas, terwyl die Kraaines opgeknap is om ‘n volwaardige klas te word. Met opgewondenheid het die groot trek na die nuwe gr. 3-klas plaasgevind. Die Kraaines het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan en is in ‘n pragtige klaskamer omskep.

Ons het die jaar afgeskop met 28 leerders per klas, met ander woorde 112 leerders in gr. 3. Deur die loop van die jaar is sommige weg en sommige het nuut bygekom. Aan die einde van 2016 het ons 109 leerders in gr. 3 gehad. Een van ons leerders het ook ‘n fasiliteerder gehad wat hom gehelp en ondersteun het met take en assesserings.

Ons het moeite gedoen om ons terrein te verfraai. Halwe vate met boompies en plante is aangekoop en geplant. Die leerders is baie in hulle skik met die feit dat hulle verantwoordelik is vir die versorging van hierdie mooi plantjies. Elke klas het ook in September die geleentheid gekry om tydens Boomplantweek ‘n roosboom te plant. Ons het vanjaar baie voorspoed in ons graad ervaar: Juf. Ilze trou aan die einde van die tweede kwartaal, juf. Madelize skenk geboorte aan ‘n babaseun in die

Page 10: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

derde kwartaal en die fasiliteerder skenk geboorte aan ‘n babadogter vroeg in die vierde kwartaal.

Ons gr. 3’s kon ongelukkig nie vanjaar na Vlooi gaan kyk nie, weens die feit dat daar nie genoeg plek was vir sulke groot groepe nie. Ons het wel heerlike uitstappies onderneem na Spier Bird Sanctuary en Monkey Town. By Spier het die leerders die geleentheid gekry om sommige van die wilde voëls vas te hou en hulle het die praatjies baie insiggewend gevind. Monkey Town was ook ’n reusesukses. Die toergids het die leerders vermaak met interessante feite waaroor die leerders weke later steeds gesels het.

In die vierde kwartaal het ons gr. 3’s die ekosentrum en Jan Marais Park besoek om meer te leer oor diere wat ons help. Die ekosentrum het ‘n skyfievertoning vir die leerders aangebied en hulle het dit vreeslik geniet om interaktief deel te neem en die tuin te verken.

Ons het hard gewerk om die gr. 3’s voor te berei vir die nuwe fase van gr. 4 en ‘n groot volume werk is afgehandel. Ons glo hulle gaan floreer in gr. 4 en sien daarna uit om hulle vordering dop te hou!

2.3 SENIOR EN INTERMEDIêRE FASE

Mnr. Gregory Nel is as die assistent vir gr. 4 en 5 aangestel en mnr. Jan Prinsloo vir gr. 6 en 7. Hulle was verantwoordelik vir alle administratiewe pligte vir gr. 4 tot 7. Dit sluit vorderingskedules, leerderverslae, optekeningskaarte, afwesigheidsvorms, afrolwerk en kopiëring in. Beide is onderwysstudente en help met sportafrigting en waarneming in die klasse.Leerlinge van gr. 4 tot 7 het vanjaar vir die vyfde keer aan die WOW-spelfees deelgeneem. Na interne klaskompetisies het drie leerlinge uit elke graad aan die eerste rondte (Kring) deelgeneem. Hulle is: Angela Schindehütte, Anja Venter en Wihan van Dyk (gr. 7) en Jack van der Merwe, Kyanti Greyling en Liam Bell (gr. 6) en Krynauw van der Sandt, Lisa de Wet en Therese Button (gr. 5) en Isabella Eksteen, Jana Koekemoer en Nisha Norval (gr. 4). Al die gr. 6’e en 7’s, sowel as Isabella Steenkamp, het na die Distriksrondte deurgedring. Wihan is die enigste leerling wat na die Provinsiale rondte deurgedring het, maar ongelukkig daar uitgeval het. Hierdie leerlinge het baie ekstra tyd spandeer om voor te berei en was sowaar ware ambassadeurs van die skool.E-leer is vanjaar in gr. 5 en 6 geïmplementeer. Die onderwysers is opgelei en die ouers is reeds in 2015, tydens ‘n vergadering, aan dié stelsel bekendgestel. Elke leerling moes hul eie tablet aankoop en die skool het gesorg dat die inwerkingstelling van die stelsel glad verloop. Spesiale veiligheidsmaatreëls is ook in plek gestel. Leerlinge van gr. 5 tot 7 kry die geleentheid om hul handboeke op

Page 11: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

tablette te laai. Die MiEbooks-toep word hiervoor gebruik en is ‘n produk van IT School Innovation. Onderwysers kan notas, foto’s en self videos na leerlinge se handboeke stuur. Elke leerling het sy eie profiel en kan daarom in sy eie handboeke onderstreep en notas maak. Daar is ook ‘n opsie waar leerlinge ‘n opsomming van al die onderstreepte werk kan maak. Alle skryfwerk word steeds in die leerlinge se skryfboeke gedoen. Deur gebruik te maak van tablette, stel ons die leerlinge bloot aan die wêreld van tegnologie en word hulle bemagtig om met vrymoedigheid tegnologie te gebruik om hulle leerproses te ondersteun. Gr. 7 gaan nou in 2017 ook die stelsel gebruik. Volgens KABV-voorskrifte het ons vanjaar ‘n toetsreeks in die eerste en derde kwartaal (week 9) geskryf. Gedurende Junie en November word ‘n volwaardige eksamen volgens die voorskrifte van die WKOD geskryf. Die personeel is weer volgens die GGBS-stelsel geëvalueer en daarna is vergaderings gehou waartydens elkeen se evaluering bespreek is. Die skoolhoof en adjunkhoof besoek ook elke onderwyser een keer per jaar vir lesevaluering. Dit vorm deel van die GGBS-evaluering. Die intersenfase vergader elke Dinsdag/Woensdagmiddag vir ongeveer ‘n halfuur waartydens waardevolle inligting bespreek word. Terugvoering van vergaderings van die WKOD word ook gegee en vakvergaderings geskied ook tydens die geleentheid. ‘n Leierskapkursus vir al die gr. 6-leerlinge is op Maandag 14 November aangebied. Mnr. Francois Gerber is in beheer en van die onderwysers het hom gehelp met die aanbiedings. Die nuwe hoofleiers en verskillende komitees sal nou na die kursus gekies word en tydens die laaste dag se saalperiode aangekondig word. Al die gr. 6-leerders is ook vanjaar in Oktober deur die WKOD geassesseer in Afrikaans en Wiskunde as deel van die sistemiese evaluering. Die skool het nog nie die uitslae ontvang nie. Enkele vergaderings is vanjaar deur die WKOD gereël en die betrokke personeel het dit gereeld bygewoon. Mee. Anize Koetsier, Jeanri du Plessis, Glenize van Rooyen, Erena Stofberg, Rozelle Koch, Marli Goldie, Shani Visagie en mnr. Henco Bindeman het die leiersbyeenkoms by die Protea Hotel in Stellenbosch gedurende die eerste naweek van Junie bygewoon.

Die akademiese standaard wat van gr. 4 tot 7 by Laerskool Stellenbosch gehandhaaf word, is baie hoog. Die klas- en graadgemiddeldes van toetse, eksamenvraestelle en ander formele assesseringstake is besonder hoog. Dit word toegeskryf aan die uitstekende onderrig, puik en deeglike beplanning en die effektiewe

Page 12: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

gebruik van assesseringstegnieke deur die onderwysers aan hierdie akademiese instelling. Daar is besliste en positiewe samewerking wat betref die akademie van die grondslagfase en dié van die intersenfase.Die vakhoofde en graadhoofde speel ‘n integrale leierskapsrol in die implementering van die akademiese beleid van die skool en die WKOD. Die skool is in die bevoorregte posisie om sekere spesialiste in tale en Wiskunde in diens te hê. Die gebruik van tegnologie in die klaskamers het vanjaar ‘n nuwe hoogtepunt bereik met die suksesvolle implementering van E-leer. Die probleme was min. Die positiewe uitkomste was baie meer. Die onderwysers, leerlinge en ouers het hierdie nuwe gedagteswaai met albei hande en positiewe benaderings aangegryp. Die gebruik van TV-skerms en dataprojektors in die klaskamers was ook ‘n baie groot bate vir beide die personeel en die leerlinge en het tot die sukses van die stelsel bygedra.Die aanwending van dans, kuns, musiek, lees en LO tydens lesure was baie suksesvol. Die personeel het hulle baie goed van hul taak gekwyt en ons pluk reeds die vrugte daarvan.Die jaarlikse sistemiese evaluering het by die gr. 3- en gr. 6-klasse plaasgevind. Nog geen uitslag is tot op hede ontvang nie.Almal betrokke by Laerskool Stellenbosch deel in die groot suksesverhaal van die generasie leerlinge wat hier onderrig ontvang.Eksamens en toetsreekse:Kwartaal 1: Toetsreeks

Dinsdag 1 Maart - First Additional Language Donderdag 3 Maart - Huistaal Vrydag 4 Maart - Sosiale Wetenskappe Maandag 7 Maart - NW Graad 4 en 5 Dinsdag 8 Maart - Wiskunde Woensdag 9 Maart - NW Graad 6 en 7

Kwartaal 2:

Page 13: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Eksamenrooster Junie 2016

Maandag 6 Junie EngelsDinsdag 7 Junie Wiskunde 1Woensdag 8 Junie Wiskunde 2Donderdag 9 Junie NW (7) en NWT (4 – 6)Vrydag 10 Junie AfrikaansMaandag 13 Junie SW Aardrykskunde (7) PSW (4 – 6)Dinsdag 14 Junie SW Geskiedenis (7) SW (4 – 6)Woensdag 15 Junie Tegnologie (7)

Graad 7: addisionele vakkeEBW – Dinsdag 24 MeiLO – Dinsdag 31 MeiSkeppende Kunste – Vrydag 3 Junie

Kwartaal 3: Toetsreeks Maandag 12 Sept.: Huistaal Dinsdag 13 Sept.: NW (7) en NWT (4 – 6) Woensdag 14 Sept.: First Additional Language Maandag 19 Sept.: SW (4 – 6) SW Aard (7) Dinsdag 20 Sept.: Wiskunde Woensdag 21 Sept.: SW Gesk (7) Donderdag 22 Sept.: Tegnologie (7) Vrydag 23 Sept.: EBW (7)

Kwartaal 4: Eksamen

Page 14: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

2.4

REKENAAR- EN MEDIASENTRUM

Rekenaarsentrum

Rekenaarperiode vir die senior fase (IT)

Gr. 4 tot 7 het een IT-periode per week wat deur me. Lelanie van der Berg aangebied word. In hierdie periodes word basiese vaardighede in Microsoft Word, Excel en PowerPoint, Paint en die internet aan leerders bekendgestel en leerders moet ‘n aantal aktiwiteite en projekte in die verskeie programme voltooi. Elke leerder het ‘n lêer waarin die take wat aan hulle uitgedeel word, geliasseer word. Dit is belangrik om te onthou om aan die einde van die jaar aan die gr. 3’s te kommunikeer dat elke leerder in gr. 4 ‘n lêer vir IT moet aanskaf.Leerders berg die werk wat hul fisies op die rekenaar doen in ‘n lêer op die bediener en kan gedurende pouses of na skool ook hieraan werk. Gr. 4 en 5 werk slegs met Microsoft Word en Paint, gr. 6 werk met MS Word en die internet en Excel word ook aan hul bekendgestel in kwartaal 3 en 4. Gr. 7 werk met al drie programme. Leerders word ook blootgestel aan die internet en basiese vaardighede word aan hul geleer, bv. hoe om die internet veilig en korrek te gebruik. Die vierde kwartaal word gebruik vir hersiening sodat leerders kan toepas wat hulle deur die jaar geleer het.

Dinsdag 15 Nov.

First Additional Language Gr. 4 – 7

Woensdag 16 Nov.

NW en T Gr. 4 – 6 / NW Gr. 7

Donderdag

17 Nov.

Wiskunde 1 Gr. 4 – 7

Vrydag 18 Nov.

Wiskunde 2 Gr. 4 – 7

Maandag 21 Nov.

Afrikaans 1 Gr. 4 – 7

Dinsdag 22 Nov.

Afrikaans 2 Gr. 4 – 6 / Skeppende Kunste Gr. 7

Woensdag 23 Nov.

SW Gr. 4 – 6 / Aardrykskunde Gr. 7

Donderdag

24 Nov Engels 2 Gr. 4 – 6 / Geskiedenis Gr. 7

Vrydag 25 Nov PSW Gr. 4 – 6 / LO Gr. 7

Page 15: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

CAMI

CAMI is beskikbaar vir leerders vanaf gr. R tot gr. 7 in Afrikaans, Engels, Wiskunde en Perseptuele vaardighede. Die nuutste weergawe is op ons rekenaars gelaai en elke klas het een periode per week wat hul na die rekenaarlaboratorium gaan om onderrig in CAMI te kry.Gr. R – gr. 4: Klasonderwysers neem die klas na die rekenaarlaboratorium en gebruik die CAMI-program van hul keuse om vaardighede te oefen. Die grondslagfase se onderskeie onderwysers besluit met elke periode self of hulle Taal, Wiskunde of Perseptuele vaardighede doen, terwyl die intermediêre fase slegs op Wiskunde fokus.Gr. 5 en 7: Wiskundeonderwysers neem die klas een periode per week na die rekenaarlaboratorium om Wiskundevaardighede wat by die kurrikulum aansluit, te oefen. Leerders is ook welkom om gedurende pouses en ná skool op CAMI te werk. CAMI-konsultante kom jaarliks skool toe om die program te herinstalleer en nuwe leerderkodes aan alle leerders toe te ken. Hiervoor word begroot.Administrasie en bestuur van die skool se interne netwerk – Copytype

Me. Lelanie van der Berg is die skakelpersoon by die skool wat hiervoor verantwoordelik is. Alle probleme/kwessies/vrae/voorstelle word aan haar gerapporteer. Indien me. Van der Berg nie self die kwessie kan hanteer nie, skakel sy vir Copytype wat dadelik daaraan aandag gee. Die kontrak met Copytype sluit die diens van mnr. Eben Visser in wat 8 ure per week/32 ure per maand vir die skool beskikbaar is. Hierdie ure word meestal op Woensdagoggende en Vrydae ingewerk. Mnr. Henry Dalton is ons hoofkonsultant by Copytype. Verskeie opgraderings het deur die loop van die jaar plaasgevind:

Nuwe monitors is in die rekenaarlaboratorium geïnstalleer. ‘n Antivirusprogram (“malware program”) is op onderwysers se

skootrekenaars geïnstalleer. Die gr. 1- klasse, asook die nuwe gr. 7-klas, het nuwe skerms (televisies)

ontvang. Onderwysers het opleiding ontvang om die nuwe interaktiewe bord in die

musieklokaal te gebruik. Die gr. 1- en gr. 2-klasse het twee rekenaars per klas ontvang wat leerders

en onderwysers kan gebruik. Vyf ou skootrekenaarbatterylaaiers is vervang met nuwe laaiers. Nege nuwe Lenovo-skootrekenaars is vir die skool aangeskaf. Nuwe HDMI-kabels en VRC-punte is in sekere klasse aangebring, sodat

onderwysers hul skootrekenaars effektief in die klasse met televisies kan gebruik.

Page 16: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Twee hardeskywe is aangekoop om gereelde rugsteunkopieë van die skoolsisteem se inligting te bewaar.

Copytype skenk ook ‘n koordlose sleutelbord en mobiele CD-ROM aan die skool.

Webtuiste

“Uitroep” is tans ons diensverskaffer met Kobus Louw as die skool se konsultant. Klein veranderinge of probleme word aan hulle gerapporteer en word spoedig reggestel. Kobus Louw het die skool se webtuiste in 2016 opgegradeer. Me. Lelanie van der Berg en me. Leana Russouw het in die begin van die jaar opleiding by Kobus Louw ontvang. Die webtuiste is stelselmatig opgegradeer en het die ou webtuiste vervang. Elke afdeling op die webtuiste het ‘n persoon verantwoordelik daarvoor om seker te maak dat die inligting nuut en relevant bly. ‘n Lys is gesirkuleer waarby verantwoordelike persone geteken het as bewys dat hulle kennis hiervan dra. Veranderings wat aangebring word, moet na Leana of Lelanie gestuur word (per e-pos of op ‘n geheuestokkie) en Leana behartig dan die opdatering van inligting. Foto’s moet ook digitaal aan haar gegee word. Sommige van die afdelings is op datum met nuwe nuus en foto’s.Communicator

Communicator is die skool se hoofkommunikasiekanaal met ouers en daar is nou ‘n nuwe toep beskikbaar wat ouers en personeellede op hulle selfone kan laai. Dit is by die eerste ouervergadering van 2016 aan ouers verduidelik.Onderwysers is opgelei en het gebruikersname en wagwoorde om die Communicator se administrasieprogram te gebruik. Sommige onderwysers gebruik dit self en laai nuusberigte en foto’s op, maar ander neem die inligting en foto’s na me. Anneri Naude, Lelanie van der Berg of Sunette Marais wat dit dan namens hulle doen. Juf. Adiska du Preez laai elke kwartaal die kalender en juf. Anneri Naudé is in beheer van die fotogalery.Afdrukke en kopieë

Me. Van der Berg gee aan die einde van elke maand vir me. Carine Mocke ‘n opsomming van hoeveel afdrukke en kopieë deur elke personeellid gemaak is. Daar is ‘n limiet van 25 kleurkopieë per personeellid. Elke personeellid het ‘n wagwoord wat ingesleutel moet word om sodoende rekord te hou van die aantal afdrukke en kopieë wat deur elkeen gemaak word. Eben Visser van Copytype het voorgestel dat ons in 2016 vir elke personeellid ‘n persoonlike profiel skep om hierdie probleem op te los. Die persoonlike profiel van elke personeellid is in werking gestel en deeglike rekords kon bygehou word.

Page 17: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Tye

Die rekenaarlaboratorium (en die biblioteek) is vanaf Maandag tot Donderdag elke pouse en na skool tot 15:00 oop. Leerders kan hul navorsing vir take en klaswerk gedurende hierdie tye voltooi. Biblioteek

Laerskool Stellenbosch is met ‘n uitstekende biblioteek toegerus. Dit is ons doel om ‘n liefde vir lees en navorsing aan te moedig deur die biblioteek aanloklik te maak. Ons skool se kinders word aangemoedig om te lees en daarom het ons ook ’n biblioteekperiode vir leerders vanaf gr. 1 – 6. Leerders mag een boek uitneem vir ‘n leentydperk van twee weke. ’n Verlore of beskadigde boek sal vervang of betaal moet word teen die huidige vervangingswaarde van die boek. Ons gr. 7-biblioteekleiers is tussen twee semesters verdeel. Hierdie leerders het opleiding ontvang oor hoe die biblioteekstelsel werk. ‘n Nuwe rooster is opgestel en medialeiers werk nou net 1 – 2 dae per week in die mediasentrum. Aansteekborde met foto’s van die verskeie leerders is opgerig om hulle aan al die leerders wat die biblioteek gebruik, voor te stel.Me. Lelanie van der Berg was in 2016 die onderwyseres betrokke by die biblioteek.Twee verskillende uitgewers, Bookbox en Lapa , het boeke by die skool uitgestal en verkoop. Die skool ontvang 10% van die boekverkoopsyfer. Biblioteektye:

Die biblioteek is op Maandae, Dinsdae, Woensdae en Donderdae tot 15:00 vir leerders oop. Leerders kan hul take en klaswerk gedurende hierdie tye kom navors of voltooi. Die biblioteek is ook oop gedurende 1ste en 2de pouse, behalwe op ‘n Vrydag. Aanwins en uitneem van boeke:

Boeke word gereeld deur die jaar aangekoop. Daar is dus jaarliks nuwe leesstof vir die grondslagfase en senior fase. Ons maak grotendeels van Exclusive Books, Bargain Books, Bookbox en Lapa-uitgewers gebruik. Biblioteekstelsel:

Die biblioteek maak gebruik van die Lipwin biblioteekstelsel. Hierdie jaar het ons ook die stelsel gebruik vir die uitgee van elke kind se handboek. Alle handboeke is op die stelsel gelaai. Die leerders het in klasverband hul handboeke op hul biblioteekkaartjie uitgeneem en aan die einde van die jaar word die handboeke ingeneem. As daar enige rekord van ‘n verlore boek of ‘n boek in ‘n slegte kondisie op die stelsel is, sal die kind verantwoordelik gehou word daarvoor. Die stelsel stuur outomaties ‘n rekening aan leerders wat ‘n handboek verloor het.

Page 18: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Besoek van Lapa-uitgewers:Jaco Jacobs was in 2016 ons gasspreker en het al sy nuwe boeke by die skool kom bekendstel. Die leerders het die sessie met dié fantastiese skrywer terdeë geniet. Sy boeke is dus aangekoop en is in die biblioteek beskikbaar.

Skenkings:Dankie aan al die ouers wat deur die loop van die jaar vir ons boeke geskenk het. Dankie ook aan die betrokke ouers wat ons help met die instandhouding en oortrek van die boeke in die biblioteek.

2.5 ONDERWYSSTUDENTE

Gedurende die eerste kwartaal het 14 B.Ed. II-studente van die Universiteit van Stellenbosch hul waarneming by ons skool (slegs by gr. R, gr. 1 en gr. 4) kom doen. Die doel van die waarneming was, dat die studente moes ervaar wat alles aan die begin van ‘n jaar by ‘n skool gebeur.Gedurende die eerste twee kwartale het die gr. R-klasse elke Donderdag studente van die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Die personeel moes die Universiteit help met die evaluering van die studente.Gedurende die derde kwartaal het studente van die Universiteit van Stellenbosch, Noordwes-Universiteit en die Kaapse Technikon (Wellington-kampus) ons skool besoek. Alle vierdejaarstudente moes lesse aanbied wat deur sowel dosente as onderwysers geëvalueer is. Die doel van hierdie besoeke was, dat die studente die geleentheid kon kry om die onderwysberoep in klasverband, sowel as buitemuurse verband te beleef.

3. KULTUUR

3.1 Junior en senior drama

Eerste Kwartaal

Inskrywings vir die dramaskool vir 2016: Die Eekhorings en gr. R-groep het 10 leerders ingeskryf. Gr. 1 – 3 het in Januarie 27 leerders ingeskryf. Gr. 4 – 7 het 35 leerders ingeskryf.

Page 19: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Gedurende die eerste kwartaal het ons gewerk aan spraaktegnieke, asook die kies van gepaste gedigte vir elke kind. Leerders is geleer hoe om ‘n gedig, prosa of monoloog te interpreteer.Reeds in Februarie moes almal inskryf wat wou deelneem aan die kunswedstryd. Daar het altesaam 45 leerders ingeskryf vir die kunswedstryd in Mei.Die laaste week van die kwartaal het almal hul voordragstukke voor ‘n gehoor gelewer. Tweede Kwartaal

Die 45 leerders wat ingeskryf het vir die kunswedstryd, het hard geoefen aan hulle voordragstukke en ons skool het baie goed gevaar in die kunswedstryd wat in Mei plaasgevind het.

Cum Laudes – 11 leerders A+ – 19 leerdes A – 13 leerders B+ – 7 leerders 5 onttrekkings

Die senior dramagroep het begin met die rolverdeling van hul toneelstuk, “Lucia Lindt”.Gr. 1C 3 het begin werk aan “Die kleurvolle Prinsie”.Die gr. R-groep het begin werk aan “Die Berejag”. Ons het gefokus op emosies en die kinders het geleer om uitdrukking te gee aan hulle eie emosies.Derde Kwartaal

Tydens die derde kwartaal het al drie groepe baie hard begin fokus op die konsert wat op die 7de September plaasgevind het. Die aand van die konsert was die verhoog gevul met vrolike, entoesiastiese kinders wat almal gedink het hulle is sterre. Die aand was ‘n feesviering van kindertalent. Die kinders het geskitter. Daar is daardie aand baie sterre gebore en die ouers het met trots die saal verlaat.Die naweek van die 9de September is die senior groep Villiersdorp toe vir die Akkedissiefees. Ons het tonne pret gehad en ‘n pragvertoning op die planke gebring. Ons is beloon met 15 goue sertifikate en 4 silwer sertifikate.Ons is baie trots op ons dramaskool wat van krag tot krag gaan. Met speel en lag leer ons elke dag.

3.2 MUSIEK

Page 20: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

3.2.1KUNSWEDSTRYD

Baie geluk aan elke leerder wat hierdie jaar aan die Kunswedstryd deelgeneem het.

Ons leerders het in die volgende kategorieë deelgeneem: Sang, Klavier, Junior koor en Senior koor.

Baie geluk met die pragtige uitslae.Senior koor: B+Junior koor: A+

Bekerwenners:Catharina Swanepoel: Solosang (meisies) 12 jaar Musiekteater 10 – 12 jaar

3.2.2 KULTUURAANDDie Kultuuraand vind plaas op 24 Mei. Ons leerders spog weereens met hul talente op verskeie gebiede. Albei ons kore tree op, asook die djembe-dromgroepe, slagorkeste en leerders van gr. 4 – 7.

Veels geluk aan elke leerder wat ons skool op kultuurgebied verteenwoordig!

3.2.3 MUSIEKEKSAMENS – UNISA, ROYAL SCHOOLS en ALMSA

Unisa-uitslae 2016Nisha-Marie Norval Voorgraads Klavier 92% EREROL, Catrien Müller Gr. 1 Klavier 81% LOF, Anouk Patterton Gr. 1 Klavier 76% EERVOLLE VERMELDING, Lydia Laubscher Gr. 3 Klavier 73% EERVOLLE VERMELDING, Nina Fourie Gr. 3 Blokfluit 80% LOF, Mea Smit Gr. 3 Klavier 81% LOF, Mea Smit Gr. 3 Blokfluit 86% LOF

Royal Schools Morgan Evans Gr. 1 Klavier, Norman Celliers Gr. 2 Klavier, Amelie Evans Gr. 2 Klavier, Kaspar Holm Gr. 2 Klavier, Markus van Aswegen Gr. 2 Klavier, Charlise Prins Gr. 2 Klavier, Dirkie Aldrich Gr. 3 Klavier, Anja Venter Gr. 4 Klavier, Naomi le Roux Gr. 4 Klavier, Ester de Wet Gr. 4 Klavier, Kyanti Greyling Gr. 4 Klavier 82% LOF, Alma Human Gr. 4 Klavier 85% LOF

TrinityNina Fourie Gr. 1 Saksofoon 91% EREROL, Kyanti Greyling Gr. 3 Saksofoon 89% LOF

Page 21: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

AlmsaLara Rohlandt Inisiaal Klavier 94% GOUE EREROL, Odelia Krige Inisiaal Klavier 92% EREROL, Marina van Niekerk Inisiaal Klavier 91% EREROL, Hano Krige Inisiaal Klavier 88% LOF, Ena-Marie Goldie Inisiaal Klavier 94% GOUE EREROL, Louis Fourie Inisiaal Klavier 88,6% LOF, Jurie Wessels Inisiaal Klavier 90% EREROL, Adriaan Brink Inisiaal Klavier 90% EREROL, Nashita Vermeulen Inisiaal Klavier 91% EREROL, Reuben de Villiers Inisiaal Klavier 88% LOF, Juan Mouton Voorgraads Klavier 90% EREROL, Jean Retief Voorgraads Klavier 93% GOUE EREROL, Christiaan Heyns Voorgraads Klavier 91% EREROL, Clara Louw Voorgraads Klavier 91% EREROL, Joshua Moller Voorgraads Klavier 90% EREROL, Kornelius Holm Voorgraads Klavier 85% LOF, Liela-Marie van Zyl Voorgraads Klavier 84% LOF, Elle Olivier Voorgraads Klavier 85% LOF, Katrien Booysen Voorgraads Klavier 89% LOF, John Paul Roos Gr. 1 Klavier 83% LOF, Marise Kriel Gr. 1 Klavier 85% LOF, Anna-Belle van Zyl Gr. 1 Klavier 85% LOF, Johan Beyers Gr. 1 Klavier 87% LOF, Adeeb Borraine Gr. 1 Klavier 88% LOF, Isabella de Waal Gr. 1 Klavier 82% LOF, Samuel de Wet Gr. 1 Klavier 84% LOF, Chané Ferreira Gr. 3 Klavier 92% EREROL, Anne-Marie Celliers Gr. 3 Klavier 90,6% EREROL, Willem van der Westhuizen Gr. 4 Klavier 90% EREROL

Unisa-teorie-eksamenCatrien Müller Gr. 1: 86% (Lof), Lydia Laubscher Gr. 2: 84% (Lof), Nina Fourie Gr. 2: 90% (Lof), Mea Smit Gr. 2: 89% (Lof), Anne-Marie Celliers Gr. 2: 94% (Lof), Jana Vorster Gr. 2: 93% (Lof), Hubert Esterhuyse Gr. 3: 94% (Ererol), Elsa-Marié van der Watt Gr. 5: 83% (Lof).

3.2.4 JUNIOR KOOR

Die junior koor het ‘n besige en suksesvolle jaar beleef. Daar is by verskeie funksies opgetree en verskillende projekte is aangepak.Optredes in 2016

RSG-optrede tydens die Woordfees Stellenbosch Kunswedstryd ATKV-Applous-koorkompetisie Kultuuraand van Laerskool Stellenbosch Gr. 1-opedag Galakonsert: junior en senior koor van Laerskool Stellenbosch Finaal van “Sing in Harmonie”

Die koor verower twee A+-simbole by die Stellenbosch Kunswedstryd. Tydens die landswye ATKV-Applous-koorkompetisie ontvang die koor ‘n goue toekening.

Page 22: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Die koor het ‘n CD van elf snitte opgeneem wat deel uitmaak van hulle prys van “Sing in Harmonie 2015”. Ons wag nog om die CD te ontvang. Die koor het ook ‘n musiekvideo opgeneem in die NG Moederkerk van Stellenbosch wat op die kykNET- kanaal speel.Die koor word afgerig deur Jolande Botha en begelei deur Annalene Kemp. Verskeie lede van die musiekpersoneel help met begeleiding deur die jaar. 3.2.5 SENIOR KOOR

Stellies se senior koor het in 2016 ’n nuwe blaadjie omgeslaan wat die afrigting van die koor betref. Die koor het afgeskop met 120+ leerders wat aangesluit het sonder enige oudisies. Die getalle het binne die eerste drie maande afgeneem tot 60+ leerders, namate die leerders agtergekom het dat koorsang erns en toewyding verg en dat ‘n mens nootvas moet wees. Die koor is verdeel in twee kore, nl. die groot koor (waar ons meer gemaklike, minder ernstige, unisoon-liedere sing om die liefde vir samesang te bevorder) en dan die klein koor (waar ons meer gevorderde, twee- tot driestemmige werke sing wat gesing kan word tydens kompetisies). Die klein koor het aan die kompetisies deelgeneem, terwyl die groot koor gebruik is om aan die res van die geleenthede deel te neem.Stellies se senior koor was in 2016 onder leiding van Christo Viljoen (dirigent), Ilze-Marié Hanekom (assistent-dirigent) en Annalene Kemp (begeleier). Bo en behalwe hierdie span is die koor gereeld begelei deur ander lede van die musiekpersoneel: Paula Smit, Riana de Wet, Marelize Moller, Juliana du Toit Truter en ’n paar buitepersone: Estelle Kemp, Gustav Roberts en Francois Ferreira.Stellies se senior koor het aan die volgende geleenthede deelgeneem:

Hoër Jongenskool Paarl Koorfees Stellenbosch Kunswedstryd (Het in twee kategorieë deelgeneem en in beide

kategorieë B+ ontvang.) ATKV-Applous (Silwer ontvang.) Stellenbosch Hoërskool Prestigeaand Jaarlikse kultuuraand Koorgalakonsert Kerkdiens, NG Kerk Moedergemeente, Stellenbosch Seniorburgerfunksie, NG Kerk-Wes, Stellenbosch Een optrede tydens saalperiode by Laerskool Stellenbosch Rondebosch-toergroepoptrede te Laerskool Stellenbosch

Daar is in 2016 twee dagkampe vir die koor gehou (in Februarie en Oktober) om te help om versnelling teweeg te bring in ons oefeninge, sowel as ter voorbereiding van ons programme. Die koor het twee maal ’n week geoefen (Dinsdae: klein koor

Page 23: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

en Vrydae: groot koor). Ons het ook so ‘n bietjie onder die radar gekrap aan ons kleredrag, en het dit goed gedink om net vir spesiale geleenthede wat dit toelaat, ‘n bietjie minder formeel te lyk as ons sing. Die kinders is derhalwe dan toegelaat om swart hemde, netjiese skoene en jeans te dra tydens die optrede. Dit het baie bygedrae tot eenheid en ’n kameraderie wat ongekend was vroeër die jaar. Alma Human, een van die leerders in die koor, verteenwoordig Laerskool Stellenbosch in die Tygerberg Kinderkoor.Oudisies is reeds in Oktober 2016 gehou vir die 2017-koor en 30 leeders is gekies om deel te word van die algehele koor, van wie slegs 25 die uitnodiging aanvaar het.Ten slotte: ons is dankbaar vir die geleenthede wat die skool ons gebied het om ons harte uit te sing. Dit was voorwaar ’n jaar waarin elkeen van ons kon sê, ons is trots om ’n Stellie genoem te mag word.3.2.6 SENIOR ORKES

Die senior orkes bestaan uit gr. 6- en gr. 7-leerders. Die orkes bestaan uit djembe-dromme, kontrabas, marimba, xilofoon, perkussie, trekklavier en saksofoon. Hierdie groep leerders tree op tydens die Rondebosch-toergroep se besoek aan ons skool. Die junior orkes (gr. 4 en 5) het hierdie jaar ‘n stokkie-item gedoen by die Kultuuraand. 3.2.7 DJEMBY-DROMGROEPE

Die dromgroepe bestaan uit junior en senior leerders. Hierdie leerders speel ook op xilofone en ander perkussie-instrumente. Hulle tree op tydens ons skool se Kultuuraand en tydens die gr. 1-dag. Die grondslagfasegroep tree elke kwartaal voor hul graadgroep op tydens die grondslagfase-musiekkonserte. Hulle speel dan ook op xilofone en marimbas tesame met die djembe-dromme.3.3 ENTREPRENEURS

Doel van Klub:

Die Entrepreneursklub se doel is om aan leerders die geleentheid te bied om hulle besigheidsvaardighede te ontwikkel. Omtrent 30 leerders het by die Entrepreneursklub aangesluit.Juf. Lelanie van der Berg en mnr. Werner Vermeulen is die betrokke onderwysers.

Tye:

Page 24: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Tydens die eerste, tweede en vierde kwartaal kry hierdie gr. 4- tot gr. 7-leerders ’n beurt om hulle produkte elke Woensdag tydens eerste pouse te verkoop. Hiervoor moet leerders ’n volledige besigheidsplan indien en hulle betaal R10 per kwartaal per produkreeks wat hulle verkoop. Aan die einde van die jaar ontvang die leerders ‘n sertifikaat vir hul deelname aan die Entrepreneursklub. Tydens die derde kwartaal kry die gr. 7-leerders die geleentheid om produkte te verkoop. Elke leerder moet dus ‘n sakeplan, advertensie en balansstaat opstel. Hierdie geleentheid is ’n verlenging van die leerarea Ekonomiese en Bestuurswetenskappe waarvan entrepreneurskap ’n uitkomste is. Leerders se entrepreneursprojekte word ook deur mnr. Werner Vermeulen geassesseer.

Die leerders stel hul kreatiwiteit en besigheidsvaardighede ten toon en pak hierdie projek gewoonlik met groot entoesiasme aan. Die senior leerders moet egter onafhanklik werk. Elke leerder is verantwoordelik vir sy eie advertensie en kleingeld. Die entrepreneurs vermaak ons gewoonlik met hul interessante advertensies en dit is verblydend om te sien met hoeveel entoesiasme die leerders hierdie dae aanpak.

3.4 LEERDERRAAD

Dit was ‘n voorreg om in 2016 saam met die Leerlingraad te kon dien. Goeie verhoudinge is opgebou en leierskap en karakterontwikkeling is onder die lede bevorder. Die hoofleiers het hul werk met trots en toewyding gedoen.Personeellede is aangewys as hoofde oor sekere portefeuljes en die leerlinge was opgewonde om saam met daardie persone te werk. Ongelukkig het sommige portefeulje-hoofde nie altyd kans gekry om meer intensief te werk te gaan nie. Lede is meestal in die saal gebruik vir oorhandiging van pryse en toekennings, verjaarsdae en om die vlae in te bring. Die leerlingraad moes ook sorg dat die vlae elke dag netjies en stewig gehys word. Dit het hulle met smaak gedoen. Die samewerking by die rye waar die lede moes toesig hou, was ook goed. Daar is tweeweekliks vergaderings gehou wanneer ons kon en dan is griewe, take en optrede en voorkoms bespreek. Sommige lede van die leerlingraad van die 2de semester het aan die einde van die vierde kwartaal nie meer almal goeie samewerking gegee nie.

Blommelys: Ester

Page 25: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Vlagdiens: Kwartaal 1 en 2Week 1 – 3: Ester en WillemWeek 4 – 6: Angela en JPWeek 6 en 7 : Ester en WillemWeek 8 en 9: Angela en JPWeek 10: Ester en Willem

Saalbyeenkomste: Vlae, verjaarsdae en toekennings Mnr Hawkie se verjaarsdag Portefeuljehoofde:

Geboue en terrein: Mnr. Francois Gerber Sport: Mnr. Renaldo Payne Kultuur: Mev. Paula Smit Rekenaar: Me. Lelanie van der Berg Biblioteek: Me. Lelanie van der Berg Boschpraatjies: Mev. Carolien Heenop Akademie: Mev. Carine Mocke

Speletjiesmiddae: Hulp met en beman van stalletjies Valentynsdag: Bashews Valentynsdag: Personeel – Mooi versiering van personeelkamer en heerlike

eetgoedRyediens: Reeds uitgewerk tot JunieSemester 2

Blommelys: Ané Vlagdiens: Kwartaal 3 en 4

Week 1 – 3: Ané, JJ, Max, NaomiWeek 4 – 6: Ané, JJ, Max, NaomiWeek 6 en 7 : Ané, JJ, Max, NaomiWeek 8 en 9: Ané, JJ, Max, NaomiWeek 10: Ané, JJ, Max, Naomi

Saalbyeenkomste: Vlae, verjaarsdae en toekennings Portefeuljehoofde:

Geboue en terrein: Mnr. Francois Gerber Sport: Mnr. Renaldo Payne Kultuur: Mev. Paula Smit Rekenaar: Me. Lelanie van der Berg Biblioteek: Me. Lelanie van der Berg Boschpraatjies: Mev. Carolien Heenop Akademie: Mev. Carine Mocke

Speletjiesdag: Hulp en beman van stalletjies Ekotuin: hulp op Woendae tydens eerste pouse Wildlands-projek

Page 26: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Ryediens: Reeds uitgewerk tot Desember

3.5 BYBELVASVRA

Die Bybelvasvra-kompetisie is ‘n landswye kompetisie waaraan laerskoolleerders deelneem. Ons skool se leerders neem jaarliks hieraan deel. Ons het hierdie jaar vyf senior spanne en twee junior spanne gehad wat deelgeneem het. Ons bedank graag mev. Louise le Roux (seniors) en mev. Adriana Scholtz (juniors) wat ons spanne so mooi afgerig het.

3.6 BOSCHPRAATJIES

Die Boschpraatjies het vanjaar op die werkswyse van 2015 voortgegaan. Die take is onder die redaksielede versprei om kreatiwiteit en verskeidenheid van elke uitgawe te verseker en ook die werkslading te verminder.

1. Redaksie

Die redaksie het uit sewe onderwysers en sewe leerders bestaan. Elke onderwyser het portefeuljes ontvang waaraan hulle moes werk. Die indeling van pligte is kwartaalliks aan elke redaksielid deurgegee en die portefeuljes het kwartaalliks verander om by relevante berigte te pas. Elke kwartaal word daar met onderwysers en redaksielede ‘n vergadering gehou waartydens elkeen ‘n bladuitleg van die Boschpraatjies ontvang. Daar word dan bespreek watter geleenthede en gebeure onder watter portefeulje (blad) geplaas gaan word en sperdatums word ook vasgestel. Almal het insae hierin. Daarna het elke onderwyser self met haar redaksielede gekommunikeer en gewerk. Die onderwysers moet egter rekenaarvaardig wees.

Die leerders op die redaksie word elke semester verander om by hul portefeulje op die leerderraad te pas. Die redaksielede het elkeen ‘n onderwyser gekry om mee saam te werk. Die leerders moes die artikels skryf en inligting bekom oor die verskeie geleenthede wat plaasgevind het. Leerders moes elke twee weke die finale berigte by die onderwysers inlewer. Gedurende die twee weke het die leerders en die onderwysers gereeld vergader om idees te bespreek en om die finale berig af te rond. Redaksielede moet ernstig wees oor die Boschpraatjies aangesien dit baie ekstra tyd in beslag neem. Hulle moet toegewyd en kreatief wees, maar ook ‘n aanvoeling vir skryf hê ten einde sperdatums te bereik en voortdurend met nuwe idees vorendag te kom. Om die proses te laat vlot, moet daar voortdurend kontak tussen onderwysers en leerders wees. Daarom is e-posadresse uitgeruil, sodat leerders enige tyd met die onderwyser in verbinding kon tree of artikels kon e-pos en die onderwyser die leerder gereeld aan

Page 27: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

sperdatums kon herinner.

2. Sperdatums wat gegee word, sluit in: Afsnydatum vir adverteerders. Datum wanneer leerders se artikels by onderwysers ingelewer word. Datum wanneer onderwysers se voltooide elektroniese blaaie by die

Boschpraatjies-koördineerder ingelewer word. Datum wanneer Boschpraatjies na die eksterne proefleser gaan. Datum wanneer Boschpraatjies via Wetransfer na die drukkers (Minuteman

Press) gestuur word. Afleweringsdatum van Boschpraatjies by die skool. (Kontak die drukkers

hiervoor.). 3. ProsedureNadat elke onderwyser die nodige artikels en foto’s ontvang het, begin die ontwerpproses op die program Publisher. Elke onderwyser se eie kreatiwiteit word hierin uitgebeeld. Die voltooide blaaie word elektronies aan die koördineerder van die Boschpraatjies gestuur. Die koördineerder plaas al die bladsye saam in een dokument. Sy kyk ook dat al die kleurskemas, skriftipes en skrifgroottes saamwerk oor al die verskillende bladsye heen. Die artikels word ook deurgegaan om te kyk dat dit volledig op die blad verskyn. Foto’s se kwaliteit en grootte word ook nagegaan. Dit is egter moeilik om altyd ‘n goeie oordeel hieroor te vel, aangesien die rekenaarproduk en finale gedrukte kopie se kleurkwaliteit soms verskil. Daarna word die bladsye in wit-en-swart uitgedruk en na ‘n eksterne proefleser gestuur. Wanneer dit terugontvang word, maak die koördineerder die grammatikale veranderinge en gaan die Boschpraatjies een laaste keer haarfyn deur. Dan word dit na die drukkers gestuur via die Wetransfer-program, want dit is te groot om te e-pos. Die drukkers druk een proefkopie uit wat weer deurgegaan word deur die koördineerder en mnr. De Villiers. Aanpassings word gemaak en die dokument word weer aan die drukkers gestuur. Die finale aantal Boschpraatjies word gedruk en afgelewer op die laaste skooldag. Alle personeellede, adverteerders, asook die oudstes en enigstes, vanaf die Eekhorinkies tot gr. 7, ontvang ‘n kopie van die Boschpraatjies. Een kopie van die Boschpraatjies word in die kantoor gehou.

4. Voorstelle vir 2016Die drukkers het voorgestel dat ‘n nuwe sagtewareprogram (Corel) gebruik moet word vir die ontwerp en samestelling van die Boschpraatjies, aangesien hulle soms probleme ondervind met die program (Publisher) wat tans gebruik word. Die Boschpraatjies se ontwerp en samestelling kan nie, soos algemeen aanvaar word, in die loop van die kwartaal gedoen word nie. Die artikels en foto’s word stuk-stuk of alles gelyk ingelewer. Die onderwysers kan eers werklik met die ontwerp begin, sodra hulle alle foto’s en artikels het. Die sperdatums val ook in ‘n baie besige tyd van die kwartaal. Dit kan nie verander word nie, aangesien ons soveel as moontlik

Page 28: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

van die skoolaktiwiteite wil insluit. Die oplossing vir hierdie probleem is, dat die onderwyserredaksie nog groter gemaak moet word. As elke onderwyser slegs een portefeulje behartig, is die ontwerp en samestelling nie so tydrowend nie. Die finale produk van die Boschpraatjies is ten slotte die onderwysers se handewerk.

5. Veranderinge vir 2017‘n Vergadering word met mnr. De Villiers gehou omdat die Boschpraatjies in die derde kwartaal te veel inligting en kleur bevat het en die algemene gevoel was dat dit te besig was. Die doel van die vergadering was om die uitleg en voorskrifte vir die Boschpraatjies aan mnr. De Villiers voor te lê. Sodoende is ook verseker dat alle redaksielede bekend is daarmee en dat daar ‘n deurlopende tradisie opgebou kan word volgens die voorskrifte vir skoolkoerante, soos uiteengesit in internetartikels en Media24 se skoolkoerantassesseringskriteria. Die volgende besluite word by die vergadering geneem:

5.1 VoorbladDie Boschpraatjies gaan ‘n vaste opskrif kry wat in elke uitgawe herhaal sal word. Die uitleg, agtergrond en font van die naam van die koerant sal deel vorm van die tradisie van die skool. ‘n Voorbeeld van die koerant van 2007 is gebruik. Die agtergrond sal ‘n foto van die Stellenboschberge wees met die skool se naam en die woord “Boschpraatjies” daarop. Aan die onderkant van die opskrif van die koerant word die jaargang genoem. Die voorblad sal die hoofartikel en die grootste foto bevat. Op die boonste deel van die voorblad moet ook ‘n indeks wees of twee of drie verwysings na die inhoud.

5.2 Opskrifte en teksOpskrifte moet interessant wees. Opskrifte sal slegs een tekstipe per dubbelbladsy wees en nie meer as vier tekstipes per uitgawe nie. Alle opskrifte moet dieselfde grootte wees en daar moet geen 3D-effekte wees nie. Slegs drie kleure moet per uitgawe gebruik word en slegs een kleur per dubbelbladsy. Op ‘n dubbelbladsy moet die opskrifte ook almal in dieselfde kleurskakering wees. Die teks is alles in Arial 11. Die wit kantlynspasie op elke bladsy is noodsaaklik en genoeg wit spasies moet tussen artikels gelos word. Opskrifte moet bo in die middel van artikels wees en nie wyer as die artikel self nie.

5.3 Kleur vir agtergrondeAgtergronde van bladsye is net wit met geen effekte nie. Daar moet ‘n wit kantlynspasie om elke bladsy wees. Die “background fill”-funksie sal nie meer gebruik word nie, aangesien dit die totale bladsy ‘n kleur gee en nie ruimte los vir die wit kantlynspasie nie.

Page 29: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

5.4 Inhoud wat vir die koerant voorgestel word: Nuus Resensies Hoe om-artikels Opinies en redenerings Grappies Blokkiesraaisels Advertensies moet aan die onderkant van bladsye geplaas word. Gaste-artikels Foto’s en prente moet horisontaal en vertikaal in lyn wees met mekaar. Kompetisies Opnames en waarnemings

Artikels word eerste op die bladsy geplaas en die uitleg en foto’s word daarby aangepas. Nie te veel kleur moet gebruik word nie en ook geen 3D-effekte nie. Bladsye moet in kolomme verdeel word wat in lyn is met mekaar. Die wit spasies tussen en rondom artikels moet ewe groot wees. Die gebruik van sjablone word aangemoedig. Aanvaarbare programme vir ontwerp is Microsoft Publisher en nie Microsoft PowerPoint nie. Die inhoud moet die doel van die koerant weerspieël, nl. inligting oor Laerskool Stellenbosch. Die onderwyserblad sluit onderwysers, musiekpersoneel, assistente en werkers in. Tans sluit dit nie terapeute in nie, aangesien die terapeute aan min kinders bekend is. Die onderwyserblad moet ‘n minimum van twee bladsye wees. Inligting oor sport- en kultuursterre word te laat in die kwartaal ontvang. Dit veroorsaak dat onvoldoende beriggewing plaasvind. Die besluit word geneem dat Paula Smit, hoof van kultuur, verantwoordelik is vir die kies van ‘n kultuurster en dat daar ‘n afsnydatum vir die sportster bepaal sal word, waarop die grondslagfase en senior fase in ‘n afdelingsvergadering name aan die leierspan moet deurgee. Die leierspan sal dit bespreek en op ‘n finale kandidaat besluit. Kompetisies/resensies (boeke/flieks) moet verkieslik in die koerant wees. Kompetisies kan kwartaalliks gehou word. Ons het heelwat talentvolle kunstenaars onder ons leerders wat baie mooi kan teken en selfs strokiesprente kan ontwerp. Die skool het ‘n nuwe gelukbringer laat ontwerp. Meneer stel voor dat die leerders ‘n naam vir die gelukbringer moet uitdink. Die kompetisie sal dus in die 4de kwartaal se Boschpraatjies geadverteer word en die gelukbringer se naam sal in 2017 se eerste kwartaal gekies word. Foto’s van die gelukbringer sal saam met die kompetisie se bepalings geplaas word. Gaste-artikels sal ook voortaan geplaas word. Jacques se berig word steeds geplaas. Meneer stel voor dat dit net baie korter moet wees en dat dit ‘n boodskap aan die kinders moet wees en nie aan die ouers nie. Dit moet op die leerders se vlak van belangstelling geskryf word. Die agterblad moet verkieslik oor sport handel.

6 Redaksielede

Page 30: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

In vorige jare is daar elf of twaalf redaksielede uit die leerders gekies. Die ses met wie ons nou werk, is nie voldoende nie. Ons sal weer maak soos in die verlede waar leerders vrywilliglik inskryf en aanbiedings doen om in aanmerking geneem te word om op die Boschpraatjies se redaksie te wees. Dit sal die laaste week van die vierde kwartaal gebeur. Die gr. 7’s is dan alleen op die redaksie tot einde Junie. Daarna kry die gr. 6’e die geleentheid om hulle voorleggings te doen en ses van hulle word gekies om vanaf Junie tot Desember op die redaksie te dien. Die ses gr. 6’e word dan ook in hul gr. 7-jaar deel van die redaksie, indien hulle hul kant gebring het. Die Boschpraatjies se redaksie vorm nie deel van ‘n portefeulje op die leerlingraad nie, maar die redaksie mag wel op die leerlingraad dien.

7 Foto’sMeneer stel voor dat ons ‘n professionele fotograaf moet vra om ons leerders op te lei om self die foto’s te neem. EJ Langner en Tania van Niekerk se name word genoem.

8 Boschpraatjies op buitemuurse roosterMeneer stem saam dat die Boschpraatjies ‘n voltydse buitemuurse aktiwiteit is. Die leierspan sal kyk of hulle dit vir 2017 op die buitemuurse rooster kan sit.

9 OpleidingDie persoon wat ons gekry het om in die vierde kwartaal vir die redaksie opleiding aan te bied, wou die Publisher-program waarop ons nou werk met PowerPoint vervang. PowerPoint is een van die programme wat nie deur Media24 en ander koerantuitgewers aanbeveel word nie. Ons sal dus by Publisher bly wat aan ons almal bekend is en nie ‘n moeilike program is om mee te werk nie. Daar moet gepoog word om die leerders op die redaksie kwartaalliks aan opleiding bloot te stel.

3.7 BUITELUGOPVOEDINGSKAMPE

Die leerders van die senior fase (gr. 5 – 7) het die opvoedingskampe baie geniet. Dit was soos in die verlede weer een van die hoogtepunte van die jaar. Die kampe het vanaf 24 tot 26 Februarie plaasgevind. Die leerders het die volgende kampterreine besoek:Gr. 7 – MelkbosstrandGr. 6 – Bergkroon, WellingtonGr. 5 – Bainskloof, Wellington

Die volgende personeel het die leerders vergesel:

Gr. 7 – Me. C. Mocke, mnr. W. Verweulen, me. S. Combrinck en mnr. H. BindemanGr. 6 – Me. G. van Rooyen, mnr. J. Horne, mnr. F. Gerber en me. L. van der Berg

Page 31: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Gr. 5 – Me. R. Stramrood, me. C. Fourie en mnr. D. de Vries

Die gr. 4-leerders het vir een aand uitgeslaap en die wonderlike geleentheid het by Simonsberg-kampterrein in Stellenbosch op 4 en 5 Februarie plaasgevind. Me. M. Bester, me. M. van der Westhuizen en mnr. C. Smuts het die leerders vergesel.

Die Jeugtrust het die kampe aangebied en die skool beskou dit as ‘n belangrike deel van elke kind se opvoeding. Dankie aan elkeen wat die geleentheid moontlik gemaak het.

E-Leer

Stellies het in 2015 besluit dat ons in 2016 met tablette in gr. 5 en gr. 6 gaan begin werk. Die leerders het elkeen hulle eie tablette voorsien waarop hulle handboeke dan gelaai is. Ons het gebruik gemaak van IT School Innovation wat die program geskryf het. Die program, MiEbooks, gee onderwysers die geleentheid om leerders se handboeke met ekstra inligting aan te vul. Onderwysers kan nou notas, foto’s en selfs videos vir leerders stuur. Alle skryfwerk word steeds in die leerders se skryfboeke gedoen. Die leerders gebruik slegs die tablette as hulle handboeke. Om te verseker dat leerders alle bronne wat onderwysers laai, so gou as moontlik kry, het die skool in die klasse waar tablette gebruik word, Rukus 500 AP’s geïnstalleer. Die leerders konnekteer aan die skool se WIFI, maar het geen internettoegang nie. Die leerders het slegs toegang tot die interne MiEbooks bediener. So kan onderwysers beheer watter inhoud leerders kan sien en sodoende kan leerders ook nie per ongeluk die verkeerde webtuistes besoek nie. MiEbook het nie ‘n internetkonneksie nodig sodat leerders met hulle handboeke kan werk nie. Dus kan leerders wat nie internettoegang by die huis het nie, steeds MiEbooks en al hulle handboeke by die huis gebruik.

Deur gebruik te maak van E-leer stel ons leerders aan die voortdurend veranderende wêreld van tegnologie bekend en verryk ons hul onderrig deur ‘n verskeidenheid leermateriaal by die leerproses te betrek. Dit help ook om ons koolstofvoetspoor ligter te maak. In 2016 het ons 105 000 bladsye gespaar en 590 bykomende notas vir leerders in hulle boeke gelaai.------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------4 SPORT

4.1 SWEM

Page 32: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

1. INLEIDINGLaerskool Stellenbosch het hierdie afgelope swemseisoen nuwe hoogtes bereik en aan 12 galas deelgeneem. Ons het hard gewerk om diepte onder ons swemmers te bewerkstellig en leerders aan te moedig om van kleins af aan alle items deel te neem. Dit het goed gewerk deur galas vir die grondslagfase en gr. R’e aan te bied. Die struktuur en tegniese punte rondom die oefeninge het meer aandag gekry, daar was meer afrigters per oefengroep en minder swemmers per afrigter het goed gewerk. 2. OEFENINGE (Eerste en vierde kwartaal)By die oefeninge word daar op styl en stamina gekonsentreer, asook op hulp aan beginners om die water met selfvertroue aan te durf en die basiese vaardighede te bemeester. Daar is vanaf 2013 ook ‘n swemspanoefening vir swemmers wat reeds gereed is om aan ‘n gala deel te neem. Die swemspanoefening fokus op stylfafrigting, asook stamina vir ons gevorderde swemmers. Dit gaan baie goed met die oefeninge in ons eie swembad en ons kan reeds sien watter verskil dit aan die prestasie van ons swemmers by galas maak. Die oefeninge wat vanjaar reeds vroeg na skool begin het, het ‘n positiewe impak op die groei van ons swemmers gehad. Meer leerders het opgedaag vir oefeninge wat nou gedurende die warmer tye van die dag plaasgevind het. Die groot getalle beginnerswemmers (veral gr. R tot gr. 3) wat op een slag by oefeninge opdaag, is steeds vir ons ‘n uitdaging. Die opbreek van oefengroepe in aparte groepe vir gr. R, gr. 1 tot 2 en gr. 3 het beter gewerk. Ons sal volgende jaar dalk elkeen van hierdie grade in hul eie groep opdeel. In 2014 het ons ons kommer uitgespreek oor afrigters wat nodig het om opleiding te ontvang. Vanaf 2015 het ons die aspek aangespreek deur van Judy-Lynn gebruik te maak om vir elke sessie ‘n oefenprogram uit te werk en dit vooraf aan die betrokke afrigters te e-pos. Elke afrigter het dan die onderskeie programme vir hul ouderdom en ontwikkelingsvlak toegepas. Judy-Lynn was deurentyd beskikbaar vir demonstrasies en afrigters kon haar kontak indien hulle onseker was oor enige aspek. Judy-Lynn is direk by die afrigting van die junior en senior swemspanne betrokke en het vanjaar die volle afrigting daar behartig. In 2016 is die oefenprogramme met meer kundigheid toegepas. Van gr. R tot gr. 3 is die aantal swemmers beperk tot net drie swemmers per afrigter per sessie van 15 minute. Dit gee die afrigter die geleentheid om veiligheid behoorlik toe te pas en om elke swemmer optimaal af te rig. Die gr. R-swemmers is in die vierde kwartaal weer ingedeel in vaardigheidvlakke sodat ‘n afrigter in een sessie swemmers het met dieselfde vaardigheid. Die swemmers van gr. 1 tot gr. 3 is op dieselfde wyse ingedeel. Die Eekhorings is in die eerste kwartaal van 2016 in hul onderskeie vaardigheidsgroepe ingedeel.3. INDELING VAN GROEPE

Page 33: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Gr. R: Hulle word afgerig deur hulle eie klasonderwysers. Leerders word in twee groepe ingedeel wat onderskeidelik op Dinsdae en Donderdae oefen.

Gr. 1 – 3: Beginnerswemmers in gr. 1 – 3 swem in dié groep.

GEVORDERD: Leerders in gr. R – 3 wat reeds ‘n lengte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem nie.

Gr. 4 – 5: Leerders in gr. 4 – 5 wat reeds ‘n lengte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem nie.

Gr. 6 – 7: Leerders in gr. 6 – 7 wat reeds ‘n lengte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem nie.

JUNIOR SWEMSPAN: Leerders in gr. 1 – 3 wat reeds gereed is om aan ‘n gala deel te

neem.SENIOR SWEMSPAN: Leerders in gr. 4 – 7 wat reeds gereed is om aan ‘n gala deel te

neem.4. GRONDSLAGFASE-PRETGALAOns eerste grondslagfase-pretgala is op Donderdag 28 Januarie gehou. Ons was bevoorreg om ‘n borg vir die gala te ontvang van Sorét Heüser van die Tina Cowley Leessentrum in Stellenbosch. Sorét sit van haar baniere in die swembadarea op, heg pamflette by die programme aan en elke swemmer wat op die podium staan, ontvang ‘n malvalekkervissie. Met hierdie gala poog ons om die vaardige swemmers, sowel as die swemmers wat nog nie hul swemstyl afgerond het nie, die geleentheid te gee om aan ‘n informele gala deel te neem. Die items waaraan deelgeneem kan word, is bordjie, rugslag, borsslag, vlinderslag en vryslag. Alle leerders van gr. 1 tot gr. 3 is welkom om in te skryf. Leerders in gr. 3 wat reeds o.10 is, mag in hul gepaste ouderdomsgroep aan die gala deelneem. Hierdie gala word addisioneel tot die Interkleuregala gehou. Swempette is by die klerebank beskikbaar. Donkerblou of swart swembroeke moet deur swemmers gedra word. Geen tweestukke is toelaatbaar nie. Die volgende swemmers het rekords verbeter: Nicola van der Merwe – bordjie, rugslag, borsslag, vlinderslag en

Page 34: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

vryslag; Kornelius Holm – bordjie; Reuben van der Merwe – bordjie, rugslag, borsslag, vlinderslag en vryslag; Simon de Roubaix – rugslag; Olivia Schwartz – rugslag, borsslag, vlinderslag en vryslag; Louise van der Merwe – borsslag; Emma Hendrikse – vlinderslag.LEERDERS WAT NIE BY DIE GRONDSLAGFASEGALA SWEM NIESportoefeninge vir leerders van gr. 1 tot 3 gaan voort. Die swemmers wat sport het, sal verskoon word van die oefening. Die res van die grondslagfase vergader vanaf 13:00 in die musieklokaal. Gr. 1 en 2 verdaag om 13:25 en gr. 3 verdaag om 14:25.

5. INTERKLEUREGALAOns 25 m-interkleuregala is op Maandag 1 Februarie gehou. Met die gala poog ons om massadeelname te bevorder. Die interkleuregala word as ‘n middag-aand-gala aangebied. Die gala begin om 14:00 en is teen 18:00 afgehandel. Enige leerder van gr. 1 – 7 wat ‘n lengte in die korrekte styl kan swem, is welkom om aan die gala deel te neem. Elkeen wat swem, verdien ‘n punt vir sy kleurspan. Swempette is by die klerebank beskikbaar. Donkerblou of swart swembroeke moet deur die swemmers gedra word. Geen tweestukke is toelaatbaar nie. Verversings kan gedurende die gala by die snoepie gekoop word. Verskeie rekords is deur die volgende swemmers verbeter: Nicola van der Merwe – rugslag, borsslag en vlinderslag; Johan van der Merwe – vlinderslag, rugslag en borsslag; Reuben van der Merwe – rugslag; Iané Marx -– rugslag; Sophia Schwartz – borsslag; Willem van der Westhuyzen – borsslag; Olivia Schwartz – borsslag; Emma Hendrikse – vryslag. Trofee-wenners 2016:Junior Victor Ludorum – Reuben van der Merwe Junior Victrix Ludorum – Nicola van der Merwe Senior Victor Ludorum – Johan van der Merwe Senior Victrix Ludorum – Iané MarxTweede beste swemmers: Willem van der Westhuyzen en Sophia Schwartz.Wenspan - Rooi  

Page 35: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

6. SEUNSGALADie 25 m-gala vind op Dinsdag 2 Februarie by Laerskool Stellenbosch se swembad plaas. Die gala begin om 15:00 en duur tot 17:00. Ons eie onderwysers en die deelnemende skole se onderwysers tree as beamptes op. Skole wat aan die gala deelgeneem het, was Laerskool Stellenbosch, Hugo Rust, Worcester-Oos, Rhenish, Paarl Primêre Skool, Hugenote, Courtrai, Noord-Eind en Drakenstein. Ons gee aan die eerste vier plekke by die gala elk ’n sertifikaat en die inskrywingsgeld van R5 per swemmer word aangewend om die verversings vir die beamptes te voorsien. Reuben Faure behaal twee eerste plekke, Hugo Radley behaal een eerste plek, Johan van der Merwe behaal drie eerste plekke en Reuben van der Merwe behaal vier eerste plekke. 7. DOGTERSGALADie 25 m-gala vind op Donderdag 11 Februarie by Worcester-Oos se swembad plaas. Die gala begin om 15:00 en duur tot 17:00. Ons eie onderwysers en die deelnemende skole se onderwysers tree as beamptes op. Skole wat aan die gala deelgeneem het, was Laerskool Stellenbosch, Bridge House, Hugo Rust, Hoër Meisieskool, Rhenish, Hugenote, Courtrai, Noord-Eind en Drakenstein. Die eerste vier plekke by die gala ontvang elk ’n sertifikaat. Elke swemmer betaal R5 as inskrywingsfooi. Sophia Schwartz behaal een eerste plek en een tweede plek. Shayna Truter behaal een vierde plek. Iané Marx behaal twee tweede plekke, een derde plek en een vierde plek. Angela Schindehütte behaal een derde plek en drie vierde plekke.

8. JOE GRINDLAY GALADit is altyd een van die hoogtepunte van ons swemseisoen. Dit is 'n gala vol sportmangees en ons is trots om te weet dat 16 van die rekords nog aan Stellenbossers behoort. Die gala tussen Noord-Eind, Stellenbosch en Courtrai vind op 16 Februarie by Laerskool Noord-Eind plaas. Die jaarlikse gala begin om 17:00 en maak om 19:30 klaar.

9. BOLAND KAMPIOENSKAPPEDie kampioenskappe vind op 26 Februarie by Paarl-Oos se munisipale swembad plaas. Die gala begin om 16:00 en is teen 20:00 afgehandel. Inskrywingsgeld van R5 per item is betaalbaar. Swemmers mag net in een ouderdomsgroep swem. 13 van ons swemmers het op 26 Februarie aan die Boland kampioenskappe deelgeneem. Die kompetisie was sterk, maar ons swemmers het hul slag gewys en pragtig presteer. Die volgende swemmers kwalifiseer om aan die Wes-Kaap

Page 36: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Kampioenskappe deel te neem: Iané Marx – individuele 200 m-medley, 100 m-vryslag, 50 m-vryslag; Mila Olivier – 50 m-rugslag; Johan van der Merwe – 50 m-borsslag, 50 m-rugslag, 50 m-vlinderslag en 50 m-vryslag. 10. DOLFYNTJIEGALA --- DE HOOP (GRONDSLAGFASEGALA)Die 25 m-gala vir swemmers van o.7 tot o.10 word op Dinsdag 8 Maart deur Laerskool De Hoop aangebied. Die gala begin om 15:00 en duur tot 16:00. Slegs een swemmer per item word ingeskryf. Swemmers mag aan slegs twee items deelneem. Swemmers mag slegs in een ouderdomsgoep deelneem, behalwe vir vlinderslag. By die leeraflos swem een seun en een dogter per ouderdomsgroep. Dit is ’n formele gala en swemmers word gediskwalifiseer vir die verkeerde swemstyl. Ons behaal vier eerste plekke, vier tweede plekke en twee derde plekke. Algeheel eindig ons in die vierde plek. 11. RHENISH AFLOSGALADie 25 m-aflosgala vir swemmers van o.7 tot o.14 word op Dinsdag 15 Maart deur Rhenish aangebied. Die gala begin om 15:00 en duur tot 16:30. 12. UITDAAGGALADie gala word op Maandag 17 Oktober gehou. Die leerders van o.7 tot o.14 wat die eerste sewe plekke tydens die Interkleuregala behaal het, neem hier deel. Leerders wat deur die winter geoefen en hul tye verbeter het, word dan daarvolgens vir galas in die vierde kwartaal ingeskryf. Die gala begin om 15:00 en eindig om 17:00. Nuwe leerders wat deur die jaar by ons swem ingeskakel het, het uitdunne gehad waarby hul tyd geneem word om te kyk of hulle een van die bestaande sewe swemmers kan uitswem vir ‘n plek in die gala. Dit was opmerklik dat daar 29 rekords verbeter is. Dit dui op die positiewe groei wat by die swem plaasvind. Ons het by die gala net die eerste vier plekke se tyd neergeskryf, maar sal in die vervolg eerder al die tye neerskryf. Die eerste vier plekke se tye was onvoldoende as daar onttrekkings by ‘n aflosgala was, want dan word die vyfde of selfs sesde plek se tye benodig.

13. RHENISH AFLOSGALADie 25 m-aflosgala vir swemmers van o.7 tot o.14 word op Dinsdag 25 Oktober deur Rhenish aangebied. Die gala begin om 15:00 en duur tot 16:30. Tydens die gala behaal ons vyf eerste plekke, ses tweede plekke, tien derde plekke, drie vierde plekke en een vyfde plek. Algeheel eindig ons in die tweede plek.

14. KENRIDGE AFLOSGALA

Page 37: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Die 50 m-aflosgala vir swemmers van o.10 tot o.14 word op Vrydag 28 Oktober by die Bellville Openbare Swembad in Voortrekkerstraat, aangebied. Die swembad is langs die Hardekraaltjie-karavaanpark. Die gala begin om 14:30 en duur tot 17:00. Die swemmers word reeds om 12:40 (tweede pouse) verskoon om na die gala te vertrek. Ons swemmers behaal ‘n sesde plek onder die volgende skole: Kenridge skryf ‘n A- en ‘n B-span in, Laerskool Kampsbaai, Sun Valley Laerskool, Eversdal Laerskool, Durbanville en Eikestad. Tydens die gala behaal ons een eerste plek, drie tweede plekke en vyf derde plekke. Die uitslag lyk heelwat swakker as verlede jaar se tweede plek wat ons by hierdie gala behaal het. Dit kan aan twee faktore toegeskryf word: heelwat van ons topswemmers het aan ‘n Maties klubgala deelgeneem waarby hul die geleentheid kon kry om vir WP te kwalifiseer en van die swemmers was by tennis betrokke. Die afrigters wat as beamptes saam was, het ook gevoel die 50 m-afstand is baie oorweldigend.

15. VINSURE GALADie gala vind op Dinsdag 1 November om 15:00 plaas en is teen 17:00 afgehandel. Die swemmers van o.7 tot o.11 swem 25 m en die swemmers van o.12 tot o.14 swem 50 m. Laerskool de Hoop, Laerskool Stellenbosch, Eversdal Primêr, Laerskool Eikestad en Laerskool Kenridge neem aan die gala deel. Die gala word afgesluit met ‘n leeraflos van 5 x 25 m vir leerders van o.7 tot o.11 en 2 x 50 m vir leerders van o.12 tot o.14. By die gala swem net die leerders wat eerste of tweede plekke by ons Interkleuregala behaal het. 16. AFRIGTERS EN OEFENROOSTER

Tyd MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG

VRYDAG

Tyd MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG

VRYDAG

13:30-14:00

Gr. R: Groepe van 3 vir 15 min./groep (Marlé, Elzeth, Heidi, Shani, Lana, Adri)

Gr. R: Groepe van 3 vir 15 min./groep (Marlé, Elzeth, Heidi, Shani, Lana, Adri)

14:00-14:30

14:30- Gr. 4 + 5 Gr. 1 – 2: Gr. 1 – 2: Gr. 4 + 5

Page 38: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

15:00 (Carolien) beginners(Noeline, Madelize, Margo, Barbara, Menanteau)

beginners(Noeline, Madelize, Margo, Barbara, Menanteau)

(Carolien)

15:00-15:30

Gr. 6 + 7 (Carolien)

Gr. 3: beginners(Noeline, Madelize, Margo, Barbara, Menanteau)

Gr. 3: beginners(Noeline, Madelize, Margo, Barbara, Menanteau)

Gr. 6 + 7 (Carolien)

Judy-Lynn

15:30-16:00

Junior swemspan (Judy-Lynn)

Gr. 1 – 2: gevorderd (Adiska)

Junior swemspan (Judy-Lynn)

Gr. 1 – 2: gevorderd (Adiska)

Judy-Lynn

16:00-16:30

Senior swemspan (Judy-Lynn)

Gr. 3: gevorderd (Adiska)

Senior swemspan (Judy-Lynn)

Gr. 3: gevorderd (Adiska)

Judy-Lynn

16:30-17:00

Judy-Lynn Waterpolo: gr. 4 + 5

Waterpolo: gr. 4 + 5 dogters

Judy-Lynn Judy-Lynn

17:00-17:30

Judy-Lynn Waterpolo: gr. 4 + 5

Waterpolo: gr. 4 + 5 seuns

Judy-Lynn Judy-Lynn

17:30-18:00

Judy-Lynn Judy-Lynn Judy-Lynn

4.2 ATLETIEK

Gedurende 2016 het Stellies weer uitgeblink in atletiek en aan ‘n verskeidenheid byeenkomste deelgeneem. Die jaar het sommer vroeg afgeskop met die kleurebyeenkoms.

Kleurebyeenkoms 2016

Die jaarlikse kleurebyeenkoms skep die geleentheid vir leerders om aan alle items deel te neem.  Die spanne Groen, Wit en Rooi kompeteer teen mekaar en sorg vir groot opwinding.  Die grondslagfase se byeenkoms het op Maandag 18 Januarie op

Page 39: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

ons eie veld plaasgevind.  Die seniors het reeds op Woensdag 20 Januarie die meeeste van die velditems afgehandel. Op Vrydag 22 Januarie het die groot byeenkoms by Markötter plaasgevind.  Hier neem die leerders aan die res van die velditems deel, asook aan al die baanitems.  Die Rooispan wen die geesbeker en die Groenspan kry dit reg om hulle titel suksesvol te verdedig.  Die bekerwenners was soos volg:

Junior Victrix Laudorum – Nicola van der Merwe

Junior Victor Laudorum – Reuben van der Merwe

Senior Victrix Laudorum – Ilse Brugman

Senior Victor Laudorum – Markus van Aswegen

Beste veldatleet (dogters) – Mila Olivier (gewigstoot)

Beste veldatleet (seuns) – Kasper Holm (gewigstoot)

Beste baanatleet (dogters) – Mila vd Merwe (75m Hekkies)

Beste baanatleet (seuns) – Willem vd Westhuyzen (80m Hekkies)

Beste prestasie van die dag – Mila Olivier (Gewigstoot)

Seksiebyeenkoms : Dinsdag 26 Januarie 2016

Die jaarlikse seksiebyeenkoms skep die geleentheid vir nege van Stellenbosch se laerskole om teen mekaar mee te ding om te vorder na die Stellenbosch Kampioenskappe.  Daar het 92 Stellies-atlete aan hierdie byeenkoms deelgeneem.  Aan die einde van die byeenkoms spog Stellies met 47 eerste plekke, 38 tweede plekke en 27 derde plekke.  Die eerste vier atlete kwalifiseer om op Saterdag 30 Januarie by Coetzenburg aan die Stellenbosch Kampioenskappe deel te neem.  Nie minder nie as 78 Stellies-atlete neem aan 97 items deel.

Stellenbosch Kampioenskappe : Saterdag 30 Januarie 2016

Op ‘n heerlike somersdag op Stellenbosch neem 78 Stellies-atlete deel om deur te dring na die kampioenskappe van Sentraal-Boland.  Hier ding 17 laerskole van Stellenbosch mee. Die eerste vier atlete by elke item kry op Saterdag 6 Februarie die geleentheid om by Sentraal-Boland deel te neem.  Van die 78 atlete dring 55 deur en Stellies  spog ook met 26 eerste plekke, 24 tweede plekke en 21 derde plekke.

Page 40: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Sentraal-Boland : 6 Februarie 2016

Hier neem die skole van Sentraal-Boland teen mekaar deel vir ‘n geleentheid om aan die Boland Kampioenskappe te gaan deelneem. Stellies-atlete presteer puik en 27 atlete dring deur na die Boland Kampioenskappe.

Worcester-Noord Byeenkoms : 9 Februarie 2016

Die naelloopatlete van Stellies gaan neem graag aan hierdie aandbyeenkoms deel. Atlete van o.7 tot o.13 kry die geleentheid om teen sewe ander laerskole deel te neem. Uit die 30 items wat by hierdie byeenkoms aangebied word, behaal Stellies sewe eerste, nege tweede en agt derde plekke. Ons is waarlik trots op al die atlete wat hier gaan deelneem het.

Boland Kampioenskappe : 20 Februarie 2016

Nie minder nie as 27 atlete het hierdie jaar aan die Boland Kampioenskappe gaan deelneem. Atlete neem hier nie net vir Bolandkleure deel nie, maar ook vir die geleentheid om in die WP-span opgeneem te word. Aan die einde van ‘n lang en warm dag kry die volgende atlete hul Bolandkleure:

Ilse Brugman o.13 Mila van der Merwe o.13 Greta Malan o.13 Anne-Marie Celliers o.13 Mila Olivier o.13 Lian Bell o.12 Markus van Aswegen o.11 Carl Roothman o.13 Willem van der Westhuizen o.13 Enamari Goldie o.11 Katrien Booysen o.10 Karla Brugman o.13 Norman Celliers o.11

Neelsie Byeenkoms : 23 Februarie 2016

Die jaarlikse Neelsie Byeenkoms, geborg deur Neelsie Eiendomme, is ‘n groot hoogtepunt op die atletiekkalender. Sewe ander laerskole kom neem aan ons byeenkoms deel en dit sorg vir groot opwinding. Stellies wys die ander skole hoe dit gedoen moet word en behaal 14 eerste, 11 tweede en 12 derde plekke.

Wes-Kaap Kampioenskappe : 27 Februarie 2016

Page 41: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Die WP-kampioenskappe het op ‘n warm somersdag in Oudtshoorn plaasgevind. Hier neem die Stellies as deel van die Bolandspan deel vir ‘n plek in die WP-span wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem. Die eerste sewe atlete in elke item word in die WP-span opgeneem. Na ‘n baie lang en warm dag word die volgende atlete in die WP-span opgeneem:

Ouderdom Atleet Item o.13 Ilse Brugman 800 mo.13 Mila vd Merwe 75 m-hekkieso.13 Greta Malan Verspring o.13 Anne-Marie Celliers 75 m-hekkieso.13 Mila Olivier Spiesgooio.12 Lian Bell Spiesgooio.11 Markus van Aswegen 1 200 m

Eikestad Prestigebyeenkoms : 1 Maart 2016

Skole van die Boland en Westelike Provinsie sien elke jaar na die byeenkoms uit. Atlete kry die geleentheid om kragte te meet met 12 ander laerskole soos Welgemoed, Eversdal, Gene Louw en vele meer. Alhoewel die kompetisie sterk was, eindig Stellies in die algehele tweede plek met vier goue, twee silwer en nege brons medaljes.

Suid-Afrikaanse Laerskoolatletiekkampioenskappe : 11 – 12 Maart 2016

Die einde van die atletiekreis vir die atlete na ‘n lang en harde seisoen breek aan. Sewe Stellies-atlete kry die geleentheid om in Port Elizabeth die WP-span te gaan verteenwoordig. Die byeenkoms vind oor twee dae plaas en atlete moet aan meer wedlope deelneem as by ander byeenkomste. Om hier te kan deelneem is ‘n reusevoorreg en al die Stellies is trots op ons sewe atlete wat ons skool daar gaan verteenwoordig het. Al die Stellies-atlete eindig onder die 12 top-atlete in Suid-Afrika. Die hoogtepunt van die twee dae was Mila Olivier wat ‘n silwer medalje vir spiesgooi vir dogters o.13 verower het.

Rhenish Grondslagfasebyeenkoms : 20 Oktober 2016

Rhenish gee hier vir grondslagfaseleerders die geleentheid om teen sewe ander skole deel te neem. Die groot hoogtepunt is die aflos aan die einde van die byeenkoms. Al die leerders van die grondslagfase geniet altyd die byeenkoms. Ses eerste, vyf tweede en ses derde plekke word behaal.

Bredasdorp Top 10-byeenkoms : 21 Oktober 2016

Page 42: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Hier kry ons jaarliks die geleentheid om Stellies se top-atlete ‘n kans te gee om hulle skool te gaan verteenwoordig. Stellies het twee spanne vir hierdie byeenkoms ingeskryf en die atlete was gereed vir ‘n dag vol strawwe kompetisie. Hier volg die spanne wat gaan deelneem het:

A-span B-span Mila van der Merwe Charlise PrinsAnne-Marie Celliers Kristi NoadsMila Olivier Iane MarxKarla Brugman Helena SwartIlse Brugman Lian BellWillem van der Westhuizen Emma BrentCecilia Willer Carisa LiebenbergEnamari Goldie Milkhaila AdamsMarkus van Aswegen Carla KrielElle Olivier Normal Celliers

Die tien beste prestasies van ‘n span se ASA-punte word aan die einde van die dag bymekaargetel. Stellies se A-span spog met ‘n algehele 3de plek vir skole met meer as 500 leerders. Dit is beslis ‘n prestasie om op trots te wees.

Lochnerhof Top 12-byeenkoms : 22 Oktober 2016

Die Top 12 is ‘n byeenkoms waarna al die Stellies-atlete uitsien. By hierdie byeenkoms kan ons ‘n groot aantal atlete inskryf en vir almal ‘n kans gee om deel te neem. Ongelukkig het dit om 08:30 begin reën en is die byeenkoms gekanselleer.

Driehoekbyeenkoms : 4 November 2016

Dit is slegs die tweede jaar dat hierdie byeenkoms aangebied word. Stellies, Lochnerhof en Welgemoed neem teen mekaar deel. Die doel van die byeenkoms is om massadeelname te bevorder. Stellies se atlete het met trots aan alle items deelgeneem. Ilse Brugman ontvang die beker vir die beste dogtersprestasie op die baan vir haar uitstekende 800 m-wedloop. Lindi Edom was die wenner van die beker vir die beste veldprestasie vir dogters in die gewigstoot. Stellies spog met ‘n

Page 43: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

ongelooflike 33 goue, 32 silwer en 31 brons medaljes. Volgende jaar word die byeenkoms deur Welgemoed aangebied en ons sien reeds daarna uit.

Courtrai Aflosbyeenkoms : 10 November 2016

Aflosse sorg altyd vir groot opwinding by ‘n atletiekbyeenkoms. Atlete van o.7 tot o.13 hardloop in verskillende aflositems teen skole van die Paarl en Wellington. Die atlete geniet dit altyd vreeslik baie en ervaar hoe dit is om as ‘n span saam te werk en saam deel te neem. Die Stellies-spanne spog met vyf tweede plekke en drie derde plekke.

Swartland Gronslagfasebyeenkoms : 16 November 2016

Die leerders van die grondslagfase kry min die geleentheid om aan hulle eie byeenkoms deel te neem. Laerskool Swartland het hierdie jaar ‘n byeenkoms aangebied waar leerders van o.7 tot o.9 60 m en 80 m hardloop. Daar mag vier atlete ingeskryf word en dus word massa-deelname ook bevorder. Alhoewel die wind lekker gewaai het, het die Stellies baie goed presteer. Ons sluit die dag af met nege eerste, ses tweede en ses derde plekke. Dit is beslis ‘n byeenkoms waaraan ons weer sal gaan deelneem.

Die atletiekseisoen kom tot ‘n einde en elke atleet van Laerskool Stellenbosch kan trots voel oor wat die Stellies in 2016 bereik het.

Page 44: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

4.4 TENNIS

Laerskool Stellenbosch het ‘n baie suksesvolle jaar op die tennisbaan beleef. Tennis word dwarsdeur die jaar beoefen en verskeie spanne het aan ligawedstryde en nasionale toernooie deelgeneem. Drie dogter- en sewe seunspanne het dié jaar aan die liga deelgeneem. Oefeninge het op Maandae, Dinsdae en Woensdae en ligawedstryde op Donderdae gedurende die eerste en vierde kwartale plaasgevind. Ons het ons skool en Hoërskool Stellenbosch se tennisbane vir oefening gebruik. Die groot hoeveelheid tuisligawedstryde het veroorsaak dat ons soms Hoërskool Stellenbosch en Dagbreek se bane ook moes gebruik.

Die afrigters en spanbestuurders wat by tennis betrokke is, is Cornel Smuts (afrigter), Renika Stramrood (organiseerder), Lelanie van der Berg, Jeanri du Plessis, Erena Stofberg, Glenize van Rooyen, Danelle Meintjes (slegs kwartaal 1) en Madilien Roos (gr. 1-fasiliteerder). Baie van hierdie onderwysers is ook by ander somersporte betrokke. Daar is ‘n versoek gerig dat ons ouers as spanbestuurders by ligawedstryde gebruik as gevolg van die groot aantal tuiswedstryde. Dit is moeilik om genoeg spanbestuurders wat nie by ander sportkodes betrokke is nie, vir wedstryde te kry. Ligawedstryde begin om 14:45. Hierdie tye word deur Boland bepaal en word so aan alle skole deurgegee.

Mev. Minette Roothman was vanjaar betrokke as afrigter van die A-groep (eerste ag) dogters. TORO Tennisakademie onder bestuur van Gerrit Steenkamp, het ons vanjaar met die afrigting van die spelers van gr. 1 tot gr. 3 begin help. Ons het ‘n leemte ervaar t.o.v. dogterspeelsters in gr. 4 en 5. Die probleem is aangespreek en TORO het gedurende die wintermaande tennisafrigting spesifiek vir die dogters van gr. 2 tot 5 aangebied. Tot op hede is daar reeds 19 dogters en 14 seuns wat volgende jaar in die o.11-groep gaan tennis speel teenoor die 3 dogters en 13 seuns wat ons in vanjaar se o.11-groep gehad het.

Vanjaar gaan al vyf tennisbane se blaaie oorgedoen word, alle drade word vervang en vier nette is reeds vervang.

Voor die Amanda Coetzer Toernooi in Mei, het mevrou Essie Liebenberg eie inisiatief geneem en vir die eerste sewe dogters twee nuwe hempies en ‘n rompie ontwerp en laat maak. Sy het dit ook geborg, maar wou anoniem bly. Hierdie drie kledingstukke is dus die skool se eiendom. Die res van die ouers het toe, na ‘n vergadering, ingestem om een rokkie vir die toernooi te laat maak. Elkeen het hierdie rokkie self betaal en dit is dus hul eiendom.

Page 45: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Mevrou Elmarie Sola het voor die Truida Kestell Toernooi vir o.11’s, vier rooi gholfhemde met borduurwerk vir die seuns geborg. In September voor die Curro Toernooi het sy nog drie van hierdie hemde geborg, sodat elke seun een kon dra. Daarna het sy twee splinternuwe stelle klere vir die eerste sewe seuns ontwerp en laat maak. Die een stel is deur die skool betaal en die ander stel is deur haar geborg. Hierdie klere is ook alles skooleiendom.

1. Tennistoernooie :

Eikestad Dubbelstoernooi:Die o.11- en o.13-spelers het op 26 en 27 Februarie aan hierdie toernooi deelgeneem. Die seuns en dogters het in gemengde spanne deelgeneem in hul onderskeie ouderdomsgroepe. Die toernooi het veroorsaak dat die spelers die kampe al op Donderdag 25 Februarie moes verlaat. Daar was ook ‘n swemgala in daardie tyd waaraan van die spelers moes deelneem; dus moes daar ekstra spelers gereël word vir die tye wat hulle weg was. Op die ou einde het die o.11’s sewende geëindig en die o.13’s vierde. Die spelers is deur mnr. Cornel Smuts en juf. Danelle Meintjes vergesel.o.13-spanCarl Roothman Anelma GroblerJP Verster Kara SteynSebastiano Sola Catharina SwanepoelMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe

o.11-spanLeonardo Sola Lize-Marie PienaarIan Pansegrouw Zanne RoothmanIngemar Scholtz Katrien BooysenJohan van der Merwe Nisha Norval

Truida Kestell ToernooiDie o.11A-spanne het op Dinsdag 26 April na Bethlehem vertrek om aan die INTERAFRICA TENNIS 4 LIFE Toernooi vir o.11’s te gaan deelneem. Die toernooi het op Saterdag 30 April geëindig. Die spelers is deur mnr. Cornel Smuts en juf. Renika Stramrood vergesel. Ons moes spelers van Senekal gebruik om ons nommer vier vir die dogterspan te vul. Ons het ‘n reserwe vir die seunspan saamgeneem. Die seuns het in die A-afdeling gespeel en vierde uit 20 spanne gekom. Die dogters het in die B-afdeling gespeel en ook vierde uit sestien spanne geëindig. Aangesien die spelers nog so jonk is en die toernooi so ver weg van die huis is, het ons besluit dat ons nie weer aan hierdie toernooi vir die o.11’s gaan deelneem, indien daar nie vroegtydig genoeg spelers hulle verbind nie. Indien die o.11-toernooi nie bygewoon word nie, sal ons weer die o.13-toernooi te Truida Kestell oorweeg.

Page 46: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

A-span (seuns) A-span (dogters) Leonardo Sola Lize-Marie PienaarIan Pansegrouw Zanne RoothmanIngemar Scholtz Katrien BooysenJohan van der Merwe Ermarie en Nicky (Senekal)Norman Celliers (reserwe)

Amanda Coetzer ToernooiDie Amanda Coetzer Toernooi het vanaf 18 tot 22 Mei in Bloemfontein plaasgevind. Die sewe dogters wat ons verteenwoordig het, was Anelma Grobler, Kara Steyn, Catharina Swanepoel, Mila van der Merwe, Carisa Liebenberg, Janeke van der Walt en Lian Bell. Juf. Erena Stofberg en mev. Minette Roothman het die dogters vergesel. Ons het ‘n vyfde plek in die toernooi behaal en Janeke van der Walt het ‘n toekenning vir die beste sportmangees van die toernooi gekry. Mev. Roothman moes die toernooi vroeër verlaat a.g.v. persoonlike verpligtinge.

CR van der Merwe ToernooiDie toernooi is by Curro Durbanville se bane en Eversdal se klubtennisbane gehou op 15, 16 en 17 September. Ons het ‘n seun- en dogterspan ingeskryf; elkeen met ‘n reserwe soos deur die toernooi-organiseerders vereis is. Albei A-spanne het ‘n tweede plek behaal. Ons kon op kort kennisgewing ‘n B-span inskryf a.g.v. ‘n laat onttrekking. Hierdie B-span was die enigste B-span en het in die A-liga gespeel. Mnr. Cornel en juf. Renika het die 14 spelers vergesel.

A-span (seuns)Carl RoothmanSebastiano SolaJP VersterMorkel van der Westhuizen Dirkie Aldrich (reserwe)

B-span (seuns)Kruger SteynDaniel KleinhansLeonardo SolaLouis Fourie

A-span (dogters)Anelma GroblerMila van der MerweCatharina SwanepoelKara SteynCarisa Liebenberg (reserwe)

KFC GemengdedubbelstoernooiOp 14 en 15 Oktober het ons aan die KFC-toernooi deelgeneem. Ons kon op kort kennisgewing ‘n B-span inskryf, a.g.v. ‘n kansellasie. As gevolg van ‘n o.13-kriekettoernooi wat ook op daardie datum plaasgevind het, kon ons nie ons nr. 1-

Page 47: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

en nr. 2-paar stuur nie. Dus het ons A-span uit Anelma Grobler en Sebastiano Sola bestaan; hulle het tweede geëindig. Ons B-span het uit Catharina Swanepoel en Morkel van der Westhuizen bestaan; hulle het sewende geëindig. Mnr. Cornel en juf. Renika het die leerders vergesel.

Gerrie Berner T oernooi Die Gerrie Berner Toernooi is vanaf 27 tot 29 Oktober in die Paarl gehou waar sewe o.13-seuns en -dogters deelgeneem het. Die spelers is deur mev. Minette Roothman, mev. Carine Comerma en mnr. Cornel Smuts vergesel. Die seuns het hul in die eerste plek ingespeel en die dogters het ‘n vyfde plek behaal. Die seuns het hierdie toernooi in 2012 laas gewen. Dit was ‘n welkome oorwinning. Carl Roothman is ook aangewys as die beste nr. 1-speler van die toernooi.

Seunspan DogterspanCarl RoothmanSebastiano SolaJP VersterMorkel van der WesthuizenDirkie AldrichLeonardo SolaKruger Steyn

Anelma GroblerMila van der MerweCatharina SwanepoelKara SteynCarisa LiebenbergJaneke van der WaltLian Bell

Jocelyn Marais Matchpoint ToernooiOns eerste vier seun- en dogterspelers het op 2 November vertrek na mnr. Willie Pienaar se plaas buite Graaff-Reinet. Daar is hulle bederf met lekker skaaptjops en hulle het aan baie plaasaktiwiteite deelgeneem, soos worsmaak, volstruisry, skaapskeer en slag (darem nie die kinders nie) en tafeltennis. Die toernooi het op Vrydag 4 November en Saterdag 5 November in Graaff-Reinet plaasgevind. Die leerders het in die gastehuis op Graaff-Reinet geslaap en geëet. Albei spanne het vanjaar uitstekend gevaar en ‘n eerste plek behaal. Dit was ook in 2012 laas die geval. Sebastiano Sola is ook as die seunspeler van die toernooi aangewys en mnr. Cornel het die toekenning van afrigter van die toernooi ontvang. Waarlik ‘n groot prestasie! Mnr. Jacques Horne was die busbestuurder en juf. Erena Stofberg die spanbestuurder. Die kinders en ouers kan steeds nie oor hierdie toernooi uitgepraat raak nie.

Page 48: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

SeunspanSebastiano SolaJP VersterMorkel van der WesthuizenDirkie AldrichDogterspanAnelma GroblerMila van der MerweCatharina SwanepoelKara Steyn

2. Boland- en SA-spelers en individuele prestasiesVerskeie spelers het ook aan provinsiale en individuele toernooie deelgeneem:

Boland Laerskooltennis (Maart 2016 te Port Elizabeth en Bloemfontein)o.11-seuns: Leonardo Sola, Ingemar Scholtz.o.11-dogters: Lize-Marie Pienaar, Zanne Roothman.o.12-seuns: Sebastiano Sola, Carl Bekker, Jack van der Merwe.o.12-dogters: Carisa Liebenberg, Lian Bell.o.13-seuns: Carl Roothman.o.13-dogters: Anelma Grobler (Inter Pro), Catharina Swanepoel (reserwe)

Synergy Cupo.11-seuns: Leonardo Sola, Ingemar Scholtz.o.12-seuns: Carl Bekker, Jack van der Merwe.o.12-dogters: Carisa Liebenberg.

Boland Wilson Meesters o.11-seuns: Ingemar Scholtz.o.12-dogters: Carisa Liebenberg.o.12-seuns: Morkel van der Westhuizen.o.13-dogters: Kara Steyn, Catharina Swanepoel.

Sentraal-Boland (4 – 5 November te George)o.10-seuns: Gus Jansen. o.10-dogters: Katrien Booysen, Zanne Roothman, Shayna Truter.o.11-seuns: Ingemar Scholtz, Ian Pansegrouw, Johan van der Merwe, Leonardo Sola, Simon Booysen.o.12-seuns: Daniel Kleinhans, Carl Bekker.o.12-dogters: Lian Bell, Janeke van der Walt .o.13-seuns: Kruger Steyn.o.13-dogters: Carisa Liebenberg, Janeke van der Watt, Lian Bell.

Individuele prestasies

Page 49: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Carl Roothman As 12-jarige in Desember 2015 gekies om Suid-Afrika te verteenwoording in die

ouderdomsgroep 14 jaar by die Suider-Afrikaanse tenniskampionskappe in Pretoria in Januarie 2016. Die twee beste tennisspelers van die volgende lande neem deel: Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Mauritius, Zambië, Angola, Zimbabwe en Mosambiek. Carl het die toernooi gewen.

In Februarie gekies as een van twee spelers om Suid-Afrika in die Afrika-kampioenskappe te verteenwoordig in die ouderdomsgroep 14 jaar waar die twee beste spelers van elke land in Afrika deeleem. Carl moes ongelukkig twee dae voor die toernooi onttrek weens ‘n kniebesering.

In Augustus deur Marcos Ondruska, Suid-Afrika se Davis Beker-kaptein, genooi om vir twee weke in Atlanta, Amerika, by sy tennisakademie te gaan oefen.

In September as die enigste Suid-Afrikaanse seunspeler gekies deur die Internasionale Tennisfederasie om ‘n Afrika-oefenkamp by te woon in Mauritius en in ‘n toernooi daar te speel.

In Oktober gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Meesterstoernooi vir seuns onder 14 waar die beste 16 seuns in Suid-Afrika meeding. Hy het derde geëindig.

In November gekwalifiseer vir die Afrika Meesterstoernooi in Nairobi, Kenia, waar die beste 8 seuns in Afrika in die ouderdomsgroep 14 jaar meeding.

Carl is ook genooi deur die Internasionale Tennisfederasie in London om deel van hulle Grand Slam-ontwikkelingsprogram te wees. Hy bly in Kenia agter vir nog vier weke om ná die Afrika Meesterstoernooi ‘n eenweek-oefenkamp by te woon en dan in drie internasionale toernooie te speel as deel van die Grand Slam-ontwikkelingspan.

Anelma Grobler

Enkels:

WP Mini 1: dogters o.14 (2de plek) WP Mini 3:  dogters o.14 (4de plek) WP Spring: dogters o.16 (2de plek)  Boland Sportmans Warehouse 1: dogters o.14 (2de plek) Boland Sportmans Warehouse 2: dames, enkels (10de plek) Boland Sportmans Warehouse 3: dames, enkels (7de plek) Coca Cola KZN: dogters o.14 (7de plek)

Tennis SA – Super 7-toernooie:

WP TSA: o.14-dogters (10de plek, slegs 12 jaar oud) Boland TSA: o.14-dogters (12de plek)

Page 50: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

KZN TSA: o.14-dogters (12de plek)

Is opgeneem in die Boland SA-skolespan en speel op nommer 3.  Bolandspan eindig vyfde in die land. Sy is as reserwe vir die SA-span aangewys.

Anelma kwalifiseer vir die Boland Meesters vir dame-enkels wat op 20 November plaasvind.

Sy beklee tans die 15de plek vir dogters o.13 in die land.

Baie geluk aan al ons spelers met hulle uitmuntende prestasies!

4.5 KRIEKET

Laerskool Stellenbosch begin alreeds van gr. 1 af met krieket. Die spelers van o.7 tot o.9 neem deel aan die sagtebalweergawe van die spel, genaamd mini-krieket. Vanaf o.10 begin leerders om met die harde bal te speel.Mini-krieket

Laerskool Stellenbosch het gedurende die eerste en die vierde kwartaal skitterende mini-krieket gespeel. Die wedstryde vind plaas op Donderdae en daar is ook ‘n paar Saterdag-sportdae waaraan ons deelgeneem het. Die doel van die geleenthede is om ‘n liefde vir die sport te kweek. Die afgelope jaar het drie o.8-, drie o.9- en drie o.7-spanne die skool verteenwoordig. Ons het dié jaar in die vierde kwartaal begin om die o.9-spelers bloot te stel aan hardebalkrieket. Die doel hiervan was om die seuns beter voor te berei vir die volgende jaar.Senior krieket

Die skool het dié jaar vir die eerste keer deelgeneem in die Helderberg Laerskoolkrieketliga. Dit het veroorsaak dat die seuns meer wedstryde gespeel het en ook teen strawwer opposisie deelgeneem het.

Vanjaar spog ons met 7 spelers in die Sentraal-Boland II-span en twee spelers in die Boland-span. Die blootstelling wat die leerders op skoolvlak, sowel as streeks- en provinsiale vlak opdoen, is ongelooflik gesond vir hul verdere ontwikkeling. Ons hoop om volgende jaar hierdie gesonde krieketkultuur voort te sit en meer spelers die geleentheid te gee om te ontwikkel tot puik krieketspelers.

Presteerders 2016:Sentraal-Boland II: Herman Lourens, Jack Brugman, JP Verster, Lebo Motsamai, Jack van der Merwe, Phillip Groenewald en Ian Pansegrouw.Boland o.13: JP Verster en Lebo Motsamai.

Page 51: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Afrigters 2016:o.7 – Dawie de Vries.o.8 – Carlien Fourie en Gregory Nelo.9 – Jan Prinsloo.o.11 – Werner Vermeulen en Henco Bindeman.o.13 – Francois Gerber, Jacques Horne en Jan Prinsloo.

Laerskool Volschenk ses-aan-’n-kant-toernooiDit was dié jaar die derde keer dat Laerskool Stellenbosch deelgeneem het aan Laerskool Volschenk se ses-aan-‘n-kant-kriekettoernooi. Dit is ‘n permanente instelling op ons kalender en een waarna die seuns elke jaar baie uitsien. Elke span ontvang tien beurte om onderskeidelik te kolf en te boul. Daar is twee groepe van vier spanne wat rondomtaliewedstryde teen mekaar speel en daarna speel die wenners van die twee groepe in die finaal teen mekaar. Die toernooi het die 21ste en 22ste Oktober geskied. Ons het die Vrydagmiddag goed begin met ‘n wen teen Laerskool Swartland, maar ongelukkig het ons die twee volgende wedstryde verloor. Na afloop van die Vrydag se wedstryde was daar ‘n geselligheid vir die spelers en afrigters by die skool se klubhuis en die spelers het oorgeslaap in die koshuis van Hoërskool Langenhoven Gimnasium. Volgende jaar sal ons weer poog om die toernooi te wen.

Laerskool Stellenbosch ses-aan-’n-kant-toernooiLaerskool Stellenbosch se agtste ses-aan-‘n-kant-toernooi het dié jaar op 12 November plaasgevind. Ses skole het dié jaar aan ons toernooi deelgeneem. Die skole speel in twee groepe van drie spanne en in die formaat kry elke span net vyf boulbeurte om onderskeidelik te kolf en te boul. Ons spelers het beide hulle uitspeelwedstryde gewen, maar ongelukkig in die finaal vasgeval teen Laerskool Paarl Gimnasium.Daar is ook ‘n langste-ses-toernooi waar spelers drie balle op die boulmasjien ontvang en poog om die bal so ver as moontlik te slaan. Baie geluk aan Paython Loggenberg wat aangewys is as die wenner van die kompetisie.

Die volgende leerders het die afgelope jaar Laerskool Stellenbosch se eerste span verteenwoordig:Jack Brugman, Reuben Faure, JP Verster, Carl Roothman, Heini Malherbe, Herman Lourens, Paython Loggenberg, Jack van der Merwe, Kieran Wilsnach, Charl Bekker, Luca Reuter, Kieran Wilsnach, Ruben Noble, Lebo Motsamai, Krynauw van der Sandt, SJ van Niekerk.

Spesiale dank moet uitgaan aan Johan Krige wat vir ons ‘n krieketblad beskikbaar gestel het by Kanonkop op die plaas. Ons hoop om in die toekoms nog baie wedstryde daar te speel.

Page 52: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

So ’n seisoen gebeur nie net vanself nie en die afrigters verdien erkenning vir die prestasies van ons spelers. Dankie aan die afrigtingspan vir al die tyd in die son. Ons sien baie uit na die 2017-seisoen.

4.6 NETBAL

Laerskool Stellenbosch het in 2016 ‘n baie belowende netbaljaar beleef. Spanne het puik spel gelewer en massadeelname het veroorsaak dat daar mooi beplan moes word om vir elke groep ‘n baan beskikbaar te stel. Mini-netbal het vanjaar weer uitsonderlik presteer deurdat daar vier spanne in die groep van o.7 tot o.9 was. Die gr. R’e het ook weer eens met balvaardighede begin om hulle vir mini-netbal voor te berei. Die o.12- en o.13-dogters het die geleentheid gehad om aan die Stellenbosch Soneproewe deel te neem. Na afloop van al die proewe is Ané Jooste (o.13) en Mariska Goliath (o.12) in onderskeidelik die o.13- en o.12-Wynland-netbalspanne opgeneem. Die o.12A- en o.13A-netbalspanne het elk tot by die tweede rondte van die Topskole-netbalkompetisie gevorder. Die o.13A-netbalspan het ook in Mei aan ‘n toernooi in Heidelberg deelgeneem en skoonskip gemaak deur met oor die 100 punte teen die ander skole te wen.Die o.11-netbalspeelsters het ook in Augustus aan die Stellenbosch-soneproewe deelgeneem en Elle Olivier en Marina van Niekerk het deurgedring. Hulle het aan die Wynland-netbalproewe in die Paarl deelgeneem. Die Wintersportdag was weer eens ‘n groot sukses. Ons spanne het baie goed gevaar. Dit was heerlik om die sportdag in aangename weersomstandighede aan te bied. Die besoekende skole het dit baie geniet en ons het baie komplimente vir die organisasie, sowel as die terrein ontvang.Die o.13A- en o.13B-netbalspanne het tydens die sporttoer in Augustus in George aan Laerskool Blanco se sportdag deelgeneem en baie goed gevaar. ‘n Paar afrigters het Annie Kloppers se kursus bygewoon, waartydens die nuwe netbalreëls bespreek is. Daar het ook praktiese gradering tydens die eerste week van kwartaal twee by Hoërskool Stellenbosch plaasgevind. Die seisoen is afgesluit met die interkleure-wedstryde waaraan elke netbalspeelster deelgeneem het. Baie dankie aan elke afrigter vir haar tyd, moeite, geduld, motivering en entoesiasme. Dit word opreg waardeer en mag elke afrigter en netbalspeelster in 2017 ‘n wonderlike netbalseisoen beleef. ‘n Spesiale woord van dank aan die volgende buite-afrigters:Sanet Joubert o.13A/BCari Swart o.13A/BLize Mangiagalli o.13C/DStefni Nel o.12A/BAdri Roos o.10C/D

Page 53: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Matty Scholtz o.11C/D

4.7 RUGBY

“My uncle played rugby, and my dad played football, and they used to argue which game was the roughest – and everybody agreed rugby was. It's a great team sport, and to be successful, every person has to play in the same level.” Clint Eastwood -

Laerskool Stellenbosch se rugbyspelers het gedurende die 2016-seisoen op verskeie terreine uitgeblink en uitgestaan as ware sportmanne met ware sportmangees. Ons het aan verskeie toernooie en wedstryde deelgeneem en was deurentyd uitstekende ambassadeurs van ons skool. Vanjaar was Jaid Jacobs die WP-Cravenweekspan se loskopvoorry. Hy was een van die WP se sterre tydens die toernooi in die Paarl, wat deur die WP in die finaal teen die Sharks gewen is. Heiné Malherbe het die WP se Akademiespan op loskop en haker verteenwoordig en was tydens die wedstryd teen die Blou Bulle aangewys as die speler van die wedstryd. Herman Lourens het die WP se o.12B-rugbyspan gehaal en hy was een van die uitblinkers tydens die Kustoernooi te Riversdal, waaraan die span deelgeneem het. Daar was vanjaar soveel ander hoogtepunte ook waarop ons besonder trots is. Ons is besig om ‘n nuwe benadering tot rugby by Laerskool Stellenbosch in plek te stel. Hou maar dop, met die langtermynplan en doelwitte sal ons beslis van krag tot krag kan gaan.o.7-rugby:Toe hierdie manne vanjaar wegtrek, het ons sommer vroeg gesien dat hier ‘n verrassing of tien op ons wag en hulle het gesorg vir groot opwinding op en langs die veld. Die seuns het baie mooi ontwikkel as rugbyspelers en het die nuwe vaardighede maklik bemeester. Ons sien baie daarna uit om hierdie groep seuns se vordering en spelpeil dop te hou. Dankie aan mnr. Dawie de Vries en sy mede-afrigters vir die hoë vlak van afrigting en die liefde vir rugby wat op daardie ouderdom gekweek word.o.8-rugby:Hierdie groep rugbyspelers het hul staal menigmaal gewys. Ons is baie trots op die manier waarop hulle hul vaardighede tentoongestel het en kon toepas wat hule afrigters hulle geleer het. Hierdie manne toon groot belofte vir die toekoms en ons sal hulle vordering fyn dophou. Dankie aan mnre. Jan Prinsloo en Gregory Nel vir die enorme aandeel in die opbou van hierdie seuns se selfvertroue en vaardighede op die rugbyveld.

o.9-rugby

Page 54: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Hierdie manne het vanjaar vir die eerste maal posisioneel begin speel en danksy uitstekende afrigting het hulle die toets met vlieënde vaandels geslaag. Baie geluk aan ons o.9-spelers met die skitterende prestasies gedurende die seisoen. Ons dink veral aan die prestasies op Malmesbury by Swartland se toernooi. Natuurlik was daar konstante verrassings wanneer hulle op die veld was en die opposisie het het hulle tydens toernooie gevrees. Dit was voorwaar ‘n aangename ervaring om hierdie spanne dop te hou wanneer hulle speel. Dankie aan mnre. Renaldo Payne, Henco Bindeman en Wimpie Steyn vir die toegewyde en positiewe benadering. o.11-rugbyOns o.11-rugbyspelers het vanjaar soms besonder goed presteer en ons het gereeld in opgewondenheid gekyk hoe hulle hul opponente met vaardighede en deursettingsvermoë troef. Ons is geweldig trots op hierdie groep seuns se toewyding en vasberadenheid. Hulle het bewys dat wanneer jy val, jy weer kan opstaan, uithou en sukses behaal. Dankie aan mnre. Francois Gerber, Werner Vermeulen en die mede-afrigters vir die manier waarop die seuns afgerig en bestuur is.o.13-rugby – Stellies TigersDit was ‘n besondere jaar met baie spesiale herinneringe veral vir die gr. 7-seuns. Ons was vanjaar bevoorreg om genoeg spelers vir drie baie goeie spanne te kon hê. Die C-span (Tiekies) het, wanneer daar wel vir hulle wedstryde was, baie goed gespeel en dit terdeë geniet. Die o.12’s wat in die C-span gespeel het, het baie goeie ervaring opgedoen en sal dit in 2017 baie goed kan gebruik. Die B-span was vanjaar baie sterk en hulle het hulle teenstanders eenvoudig met slim spel en inklimrugby stukkend gespeel. Die B-span was beslis die span van die jaar! Mnr. Jan Prinsloo het uitstekende werk met hierdie span gedoen en ons wil hom graag van harte gelukwens met die topprestasies!Die Stellies Tigers het vanjaar ‘n onvergeetlike seisoen beleef. Hierdie spelers was saamgesnoer tot ‘n hegte eenheid wat baie effektiewe en aanskoulike rugby gespeel het. Hulle het deurentyd gewys oor watter groot mate van vasberadenheid en strewe na sukses hulle beskik. Laerskool Stellenbosch was vanjaar bevoorreg om hierdie seuns as ambassadeurs te kon hê. Ongelukkig het hierdie span vanjaar gedurende die 2de helfde van die seisoen onder ernstige beserings deurgeloop. Dit het egter glad nie die spelers en die afrigters se vuur geblus nie en hulle het steeds probeer en probeer en probeer.Die seisoen was te lank en soms was daar te veel wedstryde in ‘n week. Dit sal in 2017 anders benader word. Dankie aan die afrigters, mnre. Jacques Horne en Werner Truter, vir die toegewyde werk.

Page 55: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

4.8 SPORTTOER 25 – 27 Augustus 2016: TOPGEAR TOERNOOI: Laerskool BlancoAlle wedstryde het plaasgevind by Hoërskool Outeniqua se velde. Die spanne wat gaan toer het, was:

o.13A-netbal (Saterdag) o.13B-netbal (Saterdag) o.13A-rugby (Saterdag) o.13A-hokkie (seuns) (Vrydagmiddag) o.13A-hokkie (dogters) (Vrydagmiddag) Eerste seunstennisspan (Vrydagoggend) Eerste dogterstennisspan (Vrydagoggend)

Kostes en betalingDie toerkoste beloop R 1200,00 per leerder.

Lootjievorms was beskikbaar vir diegene wat eerder die fondse op so ‘n manier wou genereer.

Mnr. Franklin Smit het die skaap wat ons uitgeloot het, gewen.

Toerbestuur

JACQUES HORNE o.13-rugby JAN

PRINSLOO o.13-rugbySANET JOUBERT o.13-netbal LANA

AUCAMPo.13-hokkie (dogters)

CORNEL SMUTS

o.13-hokkie (seuns)Tennis

CARINE MOCKE Netbal

ANNA-MAREE UYS

o.13-hokkie (dogters)

GEDRAG VAN ONS LEERLINGEDie leerlinge se gedrag was te alle tye onberispelik. Ons het ‘n beroep op die ouers gedoen om die leerlinge deeglik voor te berei om só op te tree dat ons skool en u ouerhuis trots op hulle kon wees. Vriendelikheid, netheid, goeie maniere en gehoorsaamheid was aan die orde van die dag.

Page 56: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

TOERPROGRAM

DATUM AKTIWITEIT TYD

Donderdag25/8

Meld aan by skool in jeans en gewone klere 07:35

Vertrek na George 09:00

Arriveer by Protea Hotel King George 15:00

Ten pin bowling 16:00

Aandete: Cappuccino’s Restaurant in George Mall 19:00

Vrydag26/8

Ontbyt: 07:00Vertrek na Hoërskool Outeniqua (Slegs tennisspanne) 07:30

Tenniswedstryde 08:00

Hokkiewedstryde 12:00

Vermaak: George Landbouskou & Aandete 17:00

Saterdag27/8

Ontbyt: 07:00

Vertrek na Hoërskool Outeniqua 07:45

Rugby- en netbalwedstryde by Hoërskool Outeniqua 08:00

Middagete by sportvelde 13:00

Vertrek na Stellenbosch 16:00

Aandete by Riversdal 18:00

Arriveer by Laerskool Stellenbosch 22:00

4.9 HOKKIE

Laerskool Stellenbosch het ‘n suksesvolle jaar op die hokkieveld gehad.Boland Laerskoolhokkie-jaarvergadering

Hierdie vergadering word op Dinsdag 23 Februarie om 15:00 te Hoërskool Hugenote in Wellington gehou. ‘n Nuwe bestuur word verkies en daar word

Page 57: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

besluit dat die Boland Laerskoolhokkie en Boland Hoërskoolhokkie gaan saamsmelt.

Skoolproewe

Proewe vir o.13-spanne vind reeds in die eerste kwartaal plaas om die leerders wat in April aan die streekproewe moet gaan deelneem te identifiseer. Die o.13’s se proewe is meer informeel en eksterne afrigters word genader om die proewe saam met die huidige afrigters te doen. Hierdie proewe strek oor twee dae. Proewe vir die laer spanne vind vroeg in die eerste kwartaal plaas.Maandae en Woensdae se oefeninge

Tydens die tweede en derde kwartaal word hokkie aan die leerders van gr. 2 tot 7 aangebied. Gr. 2-leerders speel geen wedstryde nie, maar oefen elke Maandag en Woensdag. Gr. 3-leerders speel nie in die tweede kwartaal wedstryde nie, maar slegs in die derde kwartaal.

Oefentye

o.8 – o.13 (seuns en dogters)Maandae:13:30 – 14:30 o.8 – o.9 (seuns en dogters)14:30 – 15:30 o.10 – o.11 (seuns en dogters)15:30 – 16:30 o.13C/D (seuns en dogters)16:30 – 17:30 o.13A (seuns en dogters) – Astro MatiesWoensdae:14:00 – 14:45 o.8 – o.9 (seuns en dogters)14:30 – 15:30 o.10 – o.11 (seuns en dogters)15:30 – 16:30 o.13C/D (seuns en dogters)16:30 – 17:30 o.13A (seuns en dogters)(Wedstryde word ook vir Woensdae geskeduleer.)Ons soek voortdurend gekwalifiseerde afrigters en maak van die dienste van ‘n hele paar assistente en studente gebruik. Ons poog om vir elke span sy eie afrigter te verskaf, sodat intense afrigting by elke span kan plaasvind.Astro

Die o.13A/B-spanne (seuns en dogters) oefen op Maandae op die Astro by Maties teen R650.Spanne en afrigters

Page 58: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

o.13A-seuns: Cornel Smutso.13B-seuns: Cornel Smutso.13C/D-seuns: Deleen-Marie Steyno.13A-dogters: Anne-Marie Uys, Lana Aucampo.13B-dogters: Anne-Marie Uys, Lana Aucampo.13C/D-dogters: Madelien Roos, Lusche Janse van Vuureno.11A/B-seuns: Erena Stofbergo.11A/B-dogters: Renika Stramroodo.10A/B-seuns: Leoné Verstero.10C-seuns: David Gey van Pittiuso.10A/B-dogters: Menanteau Bestero.10C-dogters: Henrich Bendemano.9-seuns: Danelle Meintjieso.9-dogters: Ronalda Liebenbergo.8-seuns: Carolien Heenopo.8-dogters: Tashca van der WaltAfwesighede

By elke oefening en wedstryd word noukeurig van leerders se teenwoordigheid rekord gehou. Leerders wat die oefening nie kan bywoon nie, moet direk by die afrigter verskoning maak.Wedstryde

Ligawedstryde vir die seisoen word deur die Bolandbestuur geskeduleer en aan die verskeie skole deurgegee. Ons skeduleer deurentyd ons eie vriendskaplike wedstryde om die leerders soveel moontlik blootstelling aan wedstryde te gee. Streek- en Bolandproewe

Streekproewe word vanaf 6 – 13 April gehou en Bolandproewe word vanaf 18 April – 6 Mei op Hoër Meisieskool se astrobane gehou. Ons leerders betaal elkeen R20 uit hul eie sak aan die Bolandbestuur om aan die proewe deel te neem. Spelers wat deelneem, mag nie in hul skool se sportklere speel nie. Die spanne se oefeninge is verpligtend. Die streekspanne neem in die Junievakansie aan ‘n toernooi by George deel. Die Shiraz-spanne (seuns en dogters) het beide derde geëindig in hierdie toernooi.Streekspan (Shiraz) 2016: Ané Jooste en Carl Bekker

Page 59: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

HokkiedagHierdie is beslis een van die hokkieseisoen se hoogtepunte. Die dag vind plaas op Saterdag 23 Julie op ons sportvelde. Die wedstryde begin om 08:00 en is naastenby om 14:00 klaar. Elke span ontvang ‘n medalje vir hul speler van die dag. Heerlike kosstalletjies is op die dag beskikbaar en koffie, tee en broodjies word heeldag vanuit die aktiwiteitsentrum aan afrigters verskaf. Die hoofborg van die dag is De Jagers. Tien skole neem aan die toernooi deel. Slegs A- en B-spanne neem op dié dag deel.

InterskoleDie interskole vind vanjaar teen Welgemoed by Welgemoed plaas. Ons spanne vaar goed en openbaar goeie sportmangees.

VoorraadElke span word voorsien van bakens en beffies. Elke leerder moet dus hul eie hokkiestok en hokkiebal voorsien. Spanne (o.13’s en 0.11’s) word ook voorsien van doelwagtertoerusting, gesigmaskers en waterbottels.Die o.13A-spanne (seuns en dogters) se klere word deur mnr. Delarey Brugman geborg.

Afrigtingskursus en reëlveranderingKursusse en klinieke word deur die seisoen aangebied en afrigters en spelers word aangemoedig om dit by te woon. Reëlverandering vind plaas en word aan afrigters deurgegee. Dit is belangrik dat afrigters hulself kwalifiseer en op hoogte hou van die reëls.

4.10 SKAAK

Oefentye, wedstryde en toernooie : Die belangstelling in skaak het hierdie jaar so gegroei dat ons genoodsaak was om die spelers in twee groepe te verdeel. Oefeninge vir die beginners vind elke Dinsdag vanaf 15:30 tot 16:15 in die Biblioteek plaas. Die oefentye vir die senior spelers vind ook op Dinsdae vanaf 16:30 tot 17:30 plaas. Die beginners word deur me. Noeline Southey en me. Margot Lamprecht afgerig. Ons is baie bevoorreg om mnr. Roché Compaan as afrigter vir die senior spelers te kan hê. Leerders van alle grade is welkom om hierdie oefeninge by te woon.

Gedurende die tweede en derde kwartaal word liga- en vriendskaplike wedstryde op Vrydagmiddae gespeel. Spelers neem in die volgende ouderdomsgroepe deel: o.9, o.11 en o.13.  Ons probeer om deur die loop van die jaar aan soveel moontlik skaaktoernooie deel te neem. Ons eie skaaktoernooi in die derde kwartaal was 'n hoogtepunt. Ongeveer 80 leerders van verskeie skole het aan hierdie toernooi deelgeneem. Die spelers van Laerskool Stellenbosch het baie goed gevaar.

Page 60: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Prestasies 2016:

Die volgende leerders het Boland verteenwoordig:

Juan Compaan

Lisa Brugman

Ilse Brugman

Karla Brugman

Lisa, Ilse en Karla Brugman het ook die Wes-Kaap by die SA-skoletoernooi verteenwoordig.

4.10 LO

Vanjaar se LO-klasse was weer eens ‘n groot hoogtepunt op elke leerder se rooster. Leerders het die geleentheid gekry om hul fisieke vaardighede te beoefen en verder te ontwikkel. In samewerking met Kinetic Kids het die LO-program baie goed verloop. Ons oorhoofse doel was om leerders se motoriese vaardighede te ontwikkel, maar ook vordering deur die jaar uit te wys. Vanjaar se uiteensetting van die klasse het baie goed gewerk, asook die skeiding tussen die meisies en die seuns van die grondslagfase en die gr. 7’s. Alhoewel daar baie vordering was by die meeste van die grade, is ons bewus van luistervaardighede en koördinasie wat ontwikkel moet word onder die laer grade. Die beplanning van elke kwartaal was baie deeglik. Daar is twee sportsoorte per kwartaal beoefen. In die eerste en vierde kwartaal het ons op krieket, atletiek en swem gefokus waar leerders se tegnieke, swemvermoë en algemene balvaardighede getoets is. In die tweede en derde kwartaal was ons hooffokus op rugby- en netbalvaardighede, sowel as algemene fiksheid. Daar was ‘n duidelike verskil in die leerders se vaardigheidsvlak aan die begin van die kwartaal teenoor die einde van die kwartaal.

Ons glo dat die LO-periodes ‘n goeie basis vorm vir elke leerder se blootstelling aan sport en die ontwikkeling van motoriese vaardighede. Daarmee saam streef ons daarna om elke jaar nuwe hoogtes te bereik.

4.11 SKIETKLUB

Die skietklub van Laerskool Stellenbosch se gewildheid neem jaarliks toe en 2016 was geen uitsondering nie. Ons is baie trots om te sê dat ons skuts nie net ‘n klomp manne is nie, maar dat die helfte uit meisies bestaan.Die skuts oefen in die somer op Maandae van 15:30 tot 16:30 en in die winter van 16:30 tot 17:30 in die skoolsaal. Tydens die oefeninge word daar interne kompetisies gehou waarin verskillende pryse gewen kan word. Daar word ook ‘n skut van die week aangewys en die vordering van elke skut word opgedateer. Dit is belangrik dat elke leerder wat wil kom skiet, sy of haar eie geweer (windbuks) en patrone moet saambring. Dit spaar tyd en maak die oefeninge meer doeltreffend.Die WP-skietvereniging (WKSSV) bied elke jaar ‘n paar kompetisies aan vir leerders om hul

Page 61: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

talente ten toon te stel. Leerders wat aan hierdie kompetisies wil deelneem, moet geaffilieer word en kan ‘n vorm by enige van die afrigters aanvra, indien hulle belangstel.Laastens wil ons baie dankie sê aan die ouers wat tydens die skietoefeninge ons ondersteun, pryse insamel en ‘n hand bysit waar nodig.Baie dankie aan mnre. Werner, Francois en Jan vir hul getroue afrigting.

5 ALGEMEEN

5.1 Seksualiteitskursus

‘n Seksualiteitsprogram is gedurende die derde kwartaal vir die gr. 7’s in die Aktiwiteitslokaal aangebied. Francois Esterhuyse, ‘n berader, het die program aangebied en van die onderwerpe was groepsdruk, partytjies, verhoudings en die feit dat God ons verskillend gemaak het. Gedurende die pouses het die leerders saam met Francois heerlike muffins en warm sjokolade geniet.

5.2 LEERONDERSTEUNING

1. SKOOLGEBASEERDE ONDERSTEUNINGSPAN (SGOS)Die doel van hierdie span is hoofsaaklik om na die vordering van die leerders om te sien, maar om ook aan die onderwysers hulp en leiding te gee.

HOOF Hawkie de Villiers

021 887 6934

[email protected]

SGOS-koördineerder Leerondersteuning Gr. R – 7

Carolien Heenop 021 887 6934

[email protected]

Departementshoof Intermediêre fase

Carine Mocke 021 887 6934

[email protected]

Departementshoof Grondslagfase

Johannita Kruger 021 887 6934

[email protected]

HOOF VAN ARBEIDSTERAPEUTE:Arbeidsterapie/Spelterapie

Liza Janse Van Rensburg

021 887 6551083 293 3795

[email protected]

Arbeidsterapie Annaré Agenbag 072 449 9050

[email protected]

Arbeidsterapie Jeanne-Marie Meyer

083 321 7349 [email protected]

Spraakterapie Ronelle Slabbert 073 172 [email protected]

Page 62: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

3780

Kliniese sielkundige Madelise van Coller

082 894 3168 [email protected]

Opvoedkundige sielkundige Mia Schoeman 083

[email protected]

Leerondersteuning Gr. R – 1 Marli Goldie 021 887

6934 [email protected]

2. WAT BEHELS LEERONDERSTEUNING?

Ons is bevoorreg om ‘n leerondersteuningspos te hê. Die emosionele welstand van ons leerders is baie belangrik, aangesien dit ‘n groot impak op hulle akademiese prestasie kan hê. Wanneer die leerder se selfvertroue en selfbeeld goed is, lei dit tot ‘n verbetering in sy/haar skoolprestasies. Die leerder se unieke leerbehoeftes word deur die volgende bepaal:

Informele assessering Die leerder se skoolboeke en leerderverslag Gesprekke met die leerder se ouers, betrokke onderwyser(es) en terapeute.

Die leerder word daagliks vir ten minste ‘n halfuur onttrek. Tydens Leerondersteuning word individueel aandag gegee aan die leerder se spesifieke leerbehoeftes, bv. leesvermoë, leesbegrip, spelling, vaslegging van taalkonsepte en wiskundige begrippe. Sodoende word die agterstande wat die leerder mag hê, ingehaal en die basiese beginsels (klanke, spelreëls, getalbegrip) weer vasgelê. Leerondersteuning behels ook verryking deur die bekendstelling, vaslegging en inoefening van verskillende studiemetodes, hulp met huiswerk en leer vir toetse en eksamens. Aanbevelings geskied in samewerking met sielkundiges en terapeute. 

3. DAGLEERDERSSedert die tweede kwartaal van 2014 is daar nie meer leerders wat as dagleerders uit die klasse onttrek word nie. Die leerders bly in hul onderskeie klasse terwyl die vakonderwyser die nodige werk verduidelik en opdragte gegee word. Die leerder kry die geleentheid om die nodige vrae oor die opdrag te vra en seker te maak dat die opdrag verstaan word. Dit verseker dat leerders nie enige inligting mis wat deur die vakonderwyser wat die assessering gaan opstel, verstrek word nie. Die leerders word eers uit die klas onttrek in ‘n ander vak waarin daar nie hindernisse ervaar word nie.

4. VERWYSINGSPROSEDURE4.1. Die onderwyser bespeur ‘n hindernis: • Hanteer in klaskamerverband, doen intervensie en vul die intervensievorm in. • Neem die leerder binne en buite klasverband waar en maak volledige

Page 63: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

aantekeninge. • Bestudeer die leerderprofiel (inskrywingsvorms, kliniekrekord, rapporte, inligting van ouers en vorige grade se onderwysers), vorige werkboeke en vorige jaar se vorderingskedules.

• Bespreek die probleem met die ouers en vra hul bystand. • Skep ‘n individuele ondersteuningsplan vir die leerder om in die klas te volg.

• Traumagevalle word direk by die DBOS se sielkundige/maatskaplike werker aangemeld.

4.2 Verwys na SGOS• Indien die ondersteuning in die klas nie ‘n impak het nie, verwys die opvoeder die

saak na die SGOS.• Die onderwyser voltooi ‘n verwysingsvorm vir die SGOS.• Die volgende moet in die verwysing vervat word:

- Agtergrondgeskiedenis/huislike omstandighede- Ondersteuning wat die leerder reeds ontvang.- Enige relevante mediese geskiedenis.- Skolastiese uitdagings/sterk punte.- Alle vorige intervensie en die leerder se reaksie op die intervensie.

4.3. Die SGOS-koördineerder: • Bestudeer die verwysingsvorm saam met die onderwyser wat die leerder verwys het.

4.4. ‘n SGOS-vergadering met die onderwyser wat die leerder verwys het: • Spanlede hou ‘n deeglike gevallebespreking en betrek alle betrokke rolspelers. • Verdere aanbevelings word aan die onderwyser gemaak.

4.5 Onderwyser voer aanbevelings uit.4.6 Die SGOS volg op en hersien aanbevelings indien nodig.4.7 Indien die SGOS se aanbevelings nie na ‘n redelike tydperk ‘n verandering bring nie, word die saak verder na die Distriksgebaseerde Ondersteuningspan (DBOS) verwys. Die volgende dokumentasie word saam met die verwysingsvorm na die Distrikskantoor gestuur:

• Verwysingsvorm, geteken deur ouer (oorspronklike)• Geboortesertifikaat/ID-dokument van leerder (afskrif), • Jongste rapport (afskrif) • Leerondersteuner-assesseringsverslag• Opvoeder se verslag (alles wat aan die SGOS voorsien

is)/Intervensieverslag/voorbeelde van leerder se werk (± 2 tot 4 bladsye)

Page 64: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

• Die SGOS se verslag (notule en aanbevelings) • Ander professionele verslae (afskrifte)• Die DBST sal op die verwysing reageer, maar ‘n toetsing sal nie noodwendig

plaasvind nie. 5. INTERVENSIESAmptelike WKOD-intervensievorms word kwartaalliks deur elke vakonderwyser ingevul. Die vorms is verpligtend vir leerders wat nie aan die slaagvereistes voldoen nie. Sommige onderwysers verkies om hulle waarnemingsverslae as intervensie te gebruik. Dit is ook aanvaarbaar.6. DIDAKTIESVakonderwysers doen ‘n uur per week didaktiese klasse met leerders wat leerhindernisse ervaar. Die klasse word in ‘n tydgleuf ingepas wat die onderwyser genoegsame tyd gun om by verpligte buitemuurse aktiwiteite betrokke te wees. Die leerder en ouer(s) word deur die vakonderwyser in kennis gestel indien die leerder didaktiese klasse benodig. 7. HULPVERLENINGHulpverlening word deur die assistente van gr. R tot gr. 3 verskaf. Die assistente staan die leerders in skooltyd by en hindernisse word uit die weg geruim of vaslegging word gedoen. 8. SGOS-VERGADERINGSDie Skoolgebaseerde Ondersteuningspan vergader weekliks in een van die pouses. Tydens die vergadering word leerders of onderwysers se behoeftes rakende leerhindernisse bespreek en ‘n plan van aksie word gevorm om die betrokke partye by te staan. Volledige notules word gehou.9. LEERDERS MET AKKOMMODASIE VIR TOETSE EN EKSAMENSVanjaar het sewe van ons leerders die nodige dokumentasie en toestemming van die WKOD ontvang om die eksamen met vergunning te skryf. Die leerders skryf eksamen in ‘n aparte lokaal. Fasiliteerders wat deur die WKOD opgelei is, ondersteun die leerders tydens toetse en eksamens, maar daar moet aan streng voorskrifte voldoen word. Die toekenning van fasiliteerders aan leerders hang af van die beskikbaarheid van fasiliteerders en lokale. Die volgende onderwysers en assistente wat steeds by die skool betrokke is, is sedert 2014 opgelei: Carolien Heenop, Noeline Southey, Elmarie Stoeder, Martlé Smit, Joanet Joubert, Danelle Meintjes, Gregory Nel en Carina Opperman.10. LEERDERS MET VOLTYDSE FASILITEERDERSVanjaar het ons drie leerders met voltydse fasiliteerders gehad. Die toegewing word net vir leerders wat op die outismespektrum gediagnoseer is, oorweeg. Die versoek van die ouers word deur die SGOS bespreek en die leierspan sal die finale besluit neem.

11. KOSTE VAN LEERONDERSTEUNINGVanaf 2015 is daar geen koste vir leerders wat Leerondersteuning by Carolien Heenop of Marli Goldie ontvang nie.12. VOLTYDSE ONDERSTEUNENDE PERSONEEL

Page 65: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

drie arbeidsterapeuteeen spraakterapeuttwee spelterapeuteeen onderwyseres vir grondslagfasetaalvasleggingtwee onderwyseresse vir huiswerk en tutordienste

13 TINA COWLEY LEESSENTRUMDie Tina Cowley Leessentrum te Stellenbosch is vanaf 2015 op ons skoolterrein. Sedertdien het elke leerder gedurende skoolure ‘n gratis leesevaluasie ontvang. Toestemmingsbriewe is na alle leerders se ouers gestuur. Die ouers kon vir Sorét Heüser direk kontak vir terugvoering of vra dat hul kind se verslag huis toe gestuur word. Alle gr. 1’s en nuwe leerders sal jaarliks ‘n gratis toetsing ontvang.

14 BIOLINKBIOLINK, onder leiding van dr. Dierdré Bester, bied kursusse en konsentrasiesessies vir ons leerders en ouers aan. Biolink help leerders om te konsentreer en te fokus om optimaal te presteer. Hulle het nou hul eie lokaal in die dorp waar sessies aangebied word, maar sal wel nog sessies by die skool ook aanbied.

15      SAMI - SOUTH AFRICAN MEMORY INSTITUTEDie SA Instituut vir Geheue-ontwikkeling, onder leiding van Deerdre Gouws en Danelle van der Westhuizen, is `n dinamiese opvoedkundige instansie wat aan ons leerders die geleentheid bied om hul totale menswees te ontwikkel, hul studietydperk te verkort en hul studievaardighede te verbeter. Die ouers en leerders word persoonlik vir afsprake gekontak of sessies word by die skool aangebied. Opvolgsessies word na ‘n redelike tyd met die leerders gedoen.

16        C-MATHS ABACUSGhita Rix bied die wiskundeondersteuning vir kinders vanaf driejarige ouderdom aan. Die diens is op Maandae en Woensdae by die skool beskikbaar. 17 FIREFLY LEERONDERSTEUNINGAnnamie Rademeyer bied akademiese ondersteuning vir ons leerders van gr. 1 tot 7 en remediërende onderrig vir leerders van gr. 1 tot 3. Sy leer ons leerders ook hoe om te leer deur ‘n studiekursus vir gr. 4 tot 6 en ‘n aangepaste studiekursus vir gr. 7-leerders ter voorbereiding vir gr. 8 aan te bied. Die kursus word by die skool aangebied en notas word ingesluit. Annamie bied vir gr. 4 tot 7 werkswinkels vir taal, spelling en skryfwerk aan.18 SOETLIEFDie program word al ‘n geruime tyd by ons skool aangebied. Alle Soetlief-programme fokus op effektiewe emosionele en sosiale ontwikkelingsprogramme, die ontwikkeling van verskeie vaardighede in kinders om hulle toe te rus vir die lewe en om leierskap te ontwikkel. Die programme leer kinders om emosies te identifiseer, daaroor te kommunikeer en dit te beheer. Dit fokus op groepsdruk en groepsidentiteit en die onderrig van

Page 66: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

probleemoplossingsvaardighede. Kinders word verdeel in groepe van agt. Lesse vind een keer per week vir 32 weke plaas. Dit geskied slegs gedurende die skoolkwartaal. Elke sessie is 45 minute lank. In die 45 minute word vyf tot sewe verskillende aktiwiteite gedoen om ‘n sekere beginsel vas te lê.5.3 Nasorg

Die Nasorgfasiliteit van Laerskool Stellenbosch word deur 138 betalende leerders gebruik en 11 leerders van die personeel maak ook van die nasorg gebruik. Die getal leerders wissel per dag tussen 40 en 55 leerders van die junior nasorg en 40 en 51 leerders van die senior nasorg, afhangende van hulle buitemuurse aktiwiteite.Dit is vir ons baie belangrik dat ‘n huislike atmosfeer geskep word waarin die leerders veilig en geborge voel. Ouers word versoek om te alle tye afwesighede en die bywoning van buitemuurse skoolaktiwiteite aan Carina Opperman deur te gee. Dit kan persoonlik of per sms gedoen word. Die nasorgfasiliteit is beskikbaar vanaf 13:50 tot 17:30 daagliks, buiten op Vrydae wanneer die nasorg om 17:00 sluit. Die nasorg is gesluit tydens vankansies.Middagete word nie voorsien nie, maar die leerders bring hulle eie kos, of daar kan van die skool se snoepie gebruik gemaak word vir hulle middagete. Middagete word deur almal saam geniet.Die leerders kan gebruik maak van ‘n groot verskeidenheid opvoedkundige speelgoed en die immergewilde skaakstelle, blokkies en UNO-kaarte. Ons sê baie dankie vir mnr. De Villiers wat ook hierdie jaar vir ons ‘n vingerbord asook nuwe UNO-kaarte aangeskaf het. Die leerders het ure se plesier hiervan. Dit is vir ons baie belangrik dat die leerders saam buite speel; dus moedig ons buitespel aan. In die somer sal die nasorg ook mag gebruik maak van die swembad wanneer daar ‘n tydgleuf beskikbaar is. Gedurende die wintermaande word daar gebruik gemaak van die DVD-fasiliteit om die leerders besig te hou, maar hulle word steeds aangemoedig om eerder met die verskeidenheid opvoedkundige speelgoed en speletjies te speel of boek te lees.Die leerders mag ook gebruik maak van die sportvelde die naaste aan die nasorgfasiliteit. Die junior nasorg het die voorreg om die gr. 1’s en 2’s se speelarea te gebruik. Nasorgleerders speel graag rugby, sokker of krieket. Die meisies speel graag netbal in die winter. Sokker is definitief hierdie jaar die leerders se gunsteling om by die nasorg te speel en selfs die meisies speel saam. Die leerders speel ook graag “dumpies”. Die nasorg se getalle het so gegroei dat ons vir juf. Stef Maart by die nasorg verwelkom het. Sy help vir juf. Rosaline Tolobisa met die gr. 1’s se huiswerk. Juf. Rosie Fortuin help die junior nasorg net op Woensdae en Vrydae, aangesien sy by ‘n ander nasorg aangesluit het op Maandae, Dinsdae en Donderdae. Vir studiedoeleindes is die leerders in drie studieklasse verdeel, sodat die nasorgpersoneel hulp met huiswerk kan verleen.Verdeling van studieklasse:Eekhorinkies en gr. R’e: Wounie Gr. 1: Rosaline en Stef

Gr. 2 – 3: Denise

Page 67: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Gr. 4 – 7: CarinaStudietye: Maandae tot Donderdae 15:00 – 16:00. Op Vrydae is daar geen studietyd nie.Daar word ekstra tyd gegee vir leerders wat van sport af kom.Gedurende die eksamentye word twee ure vir die leerders van gr. 4 tot 7 afgestaan om te studeer.Maandae voor studietyd kom tannie Marietjie vir die kinders ‘n storie uit die Bybel lees en dit bespreek. Die leerders sien baie daarna uit en 14:00 kan nie vinnig genoeg kom nie.Die nasorgleerders het ook op Vrydaemiddae by Tannie Tea aangesluit vir haar koffiekroeg. Die leerders geniet Vrydae se koffiekroeg net so baie, want Tannie Tea speel speletjies en leer hulle uit die Bybel. Die speletjies pas gewoonlik aan by die tema van die middag. Ek glo en vertrou dat die leerders heelwat by tannie Tea en tannie Marietjie sal leer gedurende die jaar se besoeke. Mag hierdie voorreg nie van hulle ontneem word nie. Al onthou hulle dalk nie in die eerste paar minute wat hulle geleer het nie, sal hulle eendag as hulle groter is, hierdie oomblikke nooit vergeet nie. 2016 was beslis nie een van die maklikste jare wat ek as hoof van die nasorg beleef het nie. Ek en my personeel streef definitief daarna om ons beste te lewer. Daar was vele klagtes en saam met mnr. Jacques Horne, glo ek, gaan ons weer die nasorg op die regte pad kry. Ek glo die voorvalle was ‘n leerskool en dat ons as nasorgpersoneel hard daaraan gaan werk om te sorg dat die nasorgleerders veilig en gelukkig gaan wees. Ek glo ook dat, met die samewerking van die ouers en personeel van Laerskool Stellenbosch, ons die leerders kan laat voel asof hulle behoort en nie asof hulle die stiefkinders van die skool is nie. Ek, as nasorghoof, en die personeel sê dankie vir die ouers en personeel wat wel hulle deel doen om ons werk makliker te maak.

5.3 ARBEIDSTERAPIE

SPRAAK- EN TAALTERAPIE

Spraak- en taalterapie word by Stellenbosch Laerskool aangebied deur Ronelle Slabbert (spraak-taalterapeut; praktyknr. 0544566). Terapie het plaasgevind op Dinsdae, Woensdae en Vrydae. Ongeveer 30 leerders van die skool het spraak- en taalterapie ontvang. Leerders ontvang hoofsaaklik een keer per week terapie. Van die leerders is egter minder of meer gereeld vir terapie gesien, afhangende van individuele behoeftes. Leerders word individueel of in klein groepies vir terapie gesien.Leerders wat moontlik by spraak- en taalterapie kan baat vind, word hoofsaaklik deur hulle klasonderwyser(es) verwys. Na afloop van ‘n assessering word daar aanbevelings gemaak betreffende intervensie. Hierdie aanbevelings is nie afdwingbaar nie en die besluit berus steeds by die betrokke ouers of hulle wil hê die leerder moet voortgaan met terapie of nie. Daar word ook nou saamgewerk met ander lede van die multi-dissiplinêre span, insluitende arbeidsterapeute, sielkundiges en remediërende onderwysers.Die gevallelading bestaan hoofsaaklik uit taalontwikkelingsagterstande, artikulasieprobleme, ouditiewepersepsieprobleme, pragmatiese (sosiale) taalafwykings en vlotheidversteurings (hakkel). Die gevallelading het gewissel van pre-gr. R tot gr. 7-leerders.

Page 68: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

ArbeidsterapieIn 2016 het 100 kinders van Laerskool Stellenbosch, asook van buiteskole, arbeidsterapie en/of spelterapie en behandeling/evaluasies, een of twee maal per week ontvang (71 individuele terapie en 29 groepterapie).Tans is Liza Janse van Rensburg, Jean-Marie Marais, Annare Agenbag en Mia Schoeman (opvoedkundige sielkundige) almal op ’n deeltydse basis betrokke by Laerskool Stellenbosch. Liza verlaat Stellenbosch Laer in Desember 2016 na ongeveer 18 jaar se betrokkenheid as arbeids- en spelterapeut. ’n Nuwe spelterapeut sal in haar plek aangestel word. Die leiding van die span terapeute word oorgegee aan Jean-Marie Meyer.Mia Schoeman was ook behulpsaam met skolastiese en skoolgereedheidsevaluasies. Arbeidsterapie spesialiseer hoofsaaklik in die hantering van kinders met leerprobleme of spesiale behoeftes. Sensories-motoriese integrasieterapie word hoofsaaklik toegepas om die integrasieproses t.o.v. motoriese en perseptuele ontwikkeling te bevorder. Spelterapie fokus op die behandeling van kinders met emosionele en gedragsprobleme. Dit sluit o.a. kinders in wat deur traumatiese ervarings is, aggressiewe gedrag toon, angstig is, ‘n swak selfbeeld en swak selfvertroue het, of deur egskeidings van hul ouers geaffekteer word.Annare (arbeidsterapeut) het hierdie jaar die volgende beroepsverryking gedoen:

Woon Stark Griffen se konferensie oor disleksie by. Voltooi sensorieseintegrasiebehandelingskursus en kwalifiseer as sensoriese

integrasieterapeut. Lewer ‘n praatjie oor skoolgereedheid aan ouers en personeel van Idas Vallei Primȇr.

Liza (spelterapeut) woon ses maal per jaar ’n supervisiegroep van Elzahn Frank (opvoedkundige sielkundige) by, waar probleemgevalle bespreek word.Verder het Liza die volgende kursus bygewoon:

’n Seminaar oor “Children with problem sexual behaviours”

Jean- Marie woon die volgende kursusse by: “Professional minds-regulation” “DIR floortime 101” “Interactive metronome”-sertifikasiekursus “Attachment and trauma”-kursus deur Maude le Roux

Mia woon ook ses maal per jaar die supervisiegroep van Elzahn Frank by.Verder het Mia die volgende kursusse bygewoon:

“Eye Movement Desensitization and Reprocessing” (EMDR) Trauma en Jungiaanse sandspel Supervisie vir M.Ed.-studente by Stellenbosch Universiteit Etiek werkswinkel

Ons bedank graag die leierskap van die skool en spesifiek mnr. De Villiers en mev. Carolien Heenop (onderwyseres) wat die koȍrdinering van die onderwyshulpspan op ’n hoogs professionele wyse behartig. Dit is vir ons ’n voorreg om as deel van ’n professionele span by Laerskool Stellenbosch ’n diens in die gemeenskap te lewer.

Page 69: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Liza Janse van Rensburg, Jean-Marie Meyer en Annare Agenbag (arbeidsterapeute)

5.4 GEBEDSGROEP

Jaarliks bied ma’s aan om vrywilllg te bid vir die skool, personeel, leerders en ook die breër gemeenskap. Die betrokke ma’s wat beskikbaar is, ontmoet elke Vrydagoggend (7:40 – 8:30) om ook saam te bid. Aanvullend daartoe vind daar ook weekliks individuele gebedsontmoetings met die Hoof en Onderhoof afwisselend plaas.

Tydens die Stellenbosch Gebedsnetwerk se twee gebedsweke (9 – 13 Mei 2016 en 5 – 9 September 2016) is daar met die eerste Gebedsweek ‘n gebedsruimte by die skool ingerig waar kinders ondersoek kon instel oor hulle identiteit in God. Bywoning en deelname aan die gebedsaktiwiteite tydens speeltyd was vrywillig. Gedurende die tweede Gebedsweek is daar voor skool met personeel vergader en hulle is toegerus met idees oor die skool se waardes.Dit is vir ons ‘n groot voorreg om op hierdie wyse by Laerskool Stellenbosch betrokke te kan wees en ons bedank die skool vir hierdie geleentheid om die skool op te opdra. Dit is bemoedigend om te ervaar hoe God getrou bly aan Sy Woord en ons gee aan Hom al die eer vir elke antwoord op gebed. Enige ouers wat by die gebedsgroep betrokke wil raak, kan Lenore Retief kontak by 082 770 3553 vir meer inligting.

5.6 OUERVERENIGING

2016 OV-LEDE:

Nuwe lede vir 2016

Ou lede in 2015

Muriel Brent

Albe van NiekerkNatasha HaasbroekEileen de BeerIngrid RouxLezanne SteynEstelle LourensAnthea van GreunenAmanda de Beer

Elsa KrugerChristine PietersenTanya BeckerJanet LouwSuzette van WykTania Verheem

Page 70: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Daar is reeds lede vir 2017 gewerf, maar daar is nog plek vir entoesiastiese ouers.

“BUDDY”-STELSEL

Die “Buddy”-stelsel is hierdie jaar weer geïmplementeer ten einde nuwe ouers welkom te heet en leiding te bied om hulle oorgang vanaf ander skole en provinsies te vergemaklik.Die projek se waarde word bevestig deur die aantal ouers wat hierdie jaar as vrywilligers aangemeld het en wat self verwelkom is deur ‘n ”buddy”. OUERBETROKKENHEID

Ouers het soos al die jare hul betrokkenheid en hulp aangebied by die verskillende sportdae en fondsinsamelingsprojekte. Dit is duidelik dat vroegtydige kommunikasie en inligting as basis dien vir betrokkenheid. Die omsendbriewe is tydens ouervergaderings uitgedeel ten einde ouers ‘n aanduiding te gee van die verskillende sportdae en projekte. Sodoende is voorbrand gemaak vir belangrike datums en kon ouers hul gemaklik indeel by die projekte.KLASVERTEENWOORDIGERS

Twee klasverteenwoordigers is per klas aangewys tydens 2016. Daar is d.m.v. e-posse, sms’e en whatsapp-groepe met hulle gekommunikeer. Daar is ook aanbeveel dat elke klasverteenwoordiger ‘n whatsapp-groep vir die klas skep, ten einde kommunikasie te vergemaklik.

Die klasverteenwoordigers wat dien as skakel tussen die OV en die ouers, is uiters belangrik. Daar is ‘n kaas-en-wynaand gehou om klasverteenwoordigers te bedank vir hul opoffering en tyd. Die 2017-omsendbrief moet vroegtydig gedruk wees vir die nuwe jaar.

KONTANTVLOEI TYDENS SPORTBYEENKOMSTE (SNOEPIE SE VERKOPE UITGESLUIT)

(PERSONEELETES INGESLUIT)

Page 71: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Rekord is gehou van beplanning, verkope, hoeveelhede en lesse geleer tydens elke byeenkoms om te verseker dat historiese inligting beskikbaar bly vir toekomstige OV-spanne. Die grondslagfaseouers moet meer ingelig word oor OV-verwagtinge om sodoende “nuwe bloed” in die ouer werkerskorps te integreer.

VERVERSINGS VIR PERSONEEL/BEAMPTES TYDENS SPORTBYEENKOMSTE EN ANDER GELEENTHEDE

Daar is by die bogenoemde sportbyeenkomste en ook by ander geleenthede soos die gr. 1-dag verversings aan onderwysers en gaste verskaf. Gedetailleerde rekords is ook hiervan gehou vir die inligting van toekomstige OV-spanne.

DONKIE DERBY

Die donkiederby is nie hierdie jaar deur die OV gereël nie. ‘n Paar sleutelfigure is met groot sukses genader om die voortou te neem. Stootkar-en-potjiekosdag

Die trapkar is vervang met ‘n stootkar wat by Laerskool Welgemoed gehuur is. Dit het deelname van alle kinders verseker. Elke leerder het ‘n T-hemp ontvang en het in

klasverband aan die kaskarwedrenne in verskillende tydgleuwe deelgeneem. ‘n Potjieskoskompetisie is gehou met 25 deelnemers.Vier beoordelaars van prominente restaurante en kookskole het die beoordeling behartig. Verskeie borge het die baan en T-hemde, asook pryse geborg.Kostes vir leerders:R7 – dit sluit ‘n T-hemp, toegang, kaskenades en deelname aan die gelukkige trekking vir R5 000 in.

Interkleure Markötter (slegs seniors)InterkleuregalaNeelsie PrestigeWintersportdagSwartland-interskoleHokkiedagMikro (rugby en netbal)Welgemoed (hokkie en netbal)TrapkarbyeenkomsDriehoekatletiekbyeenkoms MY SCHOOL

22 Januarie 20164 Februarie 2016 23 Februarie 20167 Mei 201623 April 201623 Julie 201621 Mei 201613 Augustus 201624 September 20164 November2016

R5 615.10R1 169R4 688.37R18 701.31UitgereënR15 365.14R8 39261.22R8 122.04R37 709.35R2 823R37 792.42

Ma-en-dogterpiekniek 6 Februarie 2016 Uitgawes R2 100Totaal R141 246,95

Page 72: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Ander kostes:Ingang vir volwassenes R20Lootjiekaartjie vir ‘n vark (beskikbaar op dié dag) R20Die dag was uiters suksesvol en postiewe terugvoer is oral ontvang.Aspekte wat wel anders gedoen kon word.Die dranklisensie sou einde ten laaste goedgekeur word, maar ons tyd het verstryk. Voortydige beplanning om ‘n aparte lokaal te skep waartoe kinders nie toegang het nie, sal in die vervolg geskep moet word, asook vroegtydige onderhandeling vir die dranklisensie.Die trapkarloting was in die verlede baie suksesvol. Die kinders was egter glad nie entoesiaties oor die kontantprys van R5000 nie. Die lootjies het dus nie na wense verkoop soos in die verlede nie. Daar word sterk aanbeveel dat die trapkar weer teruggebring word.Tydens die potjiekoskompetisie sal die beoordelaars van stalletjie tot stalletjie beweeg i.p.v om staties te sit. Dit sal die interaksie en spoed van die proses bevorder. Die blinde proe moet dus afgestel word.Mnr. Jaco van Wyk het onderneem om vir die skool stootkarre te maak wat ons moontlik kan uithuur en vir volgende jaar kan gebruik.PROJEKTE IN KLASVERBAND: BROODJIES & BLOMME

Die ouers van Laerskool Stellenbosch onderneem reeds vir die afgelope paar jaar twee klein projekte in klasverband. Die eerste is om elke skooldag vir ‘n paar leerders wat vertroulik deur die opvoeders geïdentifiseer is, kospakkies te voorsien. Die tweede is om weekliks vars blomme in die skool se voorportaal te plaas. Soos in die verlede is ‘n rooster opgestel waarvolgens elke klas van gr. 1 tot gr. 7 hoogstens twee weeklange beurte per jaar hiervoor kry. Klasverteenwoordigers administreer dit onder leiding van Marlé Fourie en ‘n groot aantal ouers is betrokke. Daar was slegs 10 kinders wat hiedie jaar geïdentifiseer is. Die rooster begin by gr. 7 aangesien hulle reeds vertroud is met die proses.SNOEPIE

Die snoepie het vanaf 2015 onafhanklik gefunksioneer. Die snoepie en OV ondersteun mekaar ten volle, maar die finansies is geskei. Produkte word oor en weer gekoop en hulp word vryelik verleen.Die snoepie het ‘n uitstekende 2016 agter die rug en het voortgebou op sy doelwitte van kwaliteit, gesondheid en bekostigbaarheid. Die vrywillige ma’s wat elke dag in die snoepie help, is ‘n groot steunpilaar tot die suksesvolle vloei van die voorafbestellings en algemene verkope.Die toegeboude kuier-area is steeds ‘n gewilde toevoeging. Vele kuier- en huiswerksessies tussen ouers en kinders vind daagliks daar plaas.‘n Nuwe aanwins vir die snoepie is die gr. 7-leerders wat tydens pouses en sportdae kom aanmeld vir diens. Hierdie reëling is nie net om die druk van verkope te verminder en diens te verbeter nie, maar ons kinders leer ook in die proses belangrike lewensvaardighede aan.Ons is tans besig om te kyk na ‘n kaartstelsel om die kontantaankope te verminder. Dit is ‘n

Page 73: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

veiliger betalingsmetode vir ons leerders en sal lei tot vinniger dienslewering by die snoepie. KONTINUÏTEIT IN OUERVERENIGING

Ons gaan voort om soos vorige jare beter kontinuïteit in die Ouervereniging te bewerkstellig deur jaarliks nuwe lede te werf wat dan beskikbaar sal wees om vir ‘n tweejaarperiode op die OV te dien. MOEDER-EN-DOGTER-PIEKNIEK

Die piekniek het uit drie fases bestaan.1. “Bootcamp” – ‘n grappige “bootcamp” met vier stasies is deur No Limits Bootcamp

gereël. Sowat 26 gesinne het deelgeneem. Die onkoste was R16002. Jenny se “scrapbooking”-vaardighede is ingespan om die mammas besig te hou. Die

koste was R100 per stel (“kit”) en 52 mammas het deelgeneem (R5   200). 3. Drie waterglybane is teen R500 elk by Nadine Swart gehuur.

Dit was ‘n heerlike dag vir die moeders en hul dogters. Daar was enkelpa’s wat ook met hul dogters opgedaag het. Daar was twee klagtes daaroor, maar die OV het gevoel dat daar wel so ‘n opsie moet wees vir enkelpa’s om die dag met hul dogters te geniet.

Chipstix en Wakaberry het versnaperinge verskaf.FACEBOOK-GROEP

Die Facebook-groep gaan van krag tot krag met 457 lede. Ouers neem die vrymoedigheid om foto’s te plaas en woorde van inspirasie kwyt te raak.Die regsaspek van die blad is egter iets wat in ag geneem moet word. Sover moontlik word toestemming gevra om foto’s van kinders te plaas. Dit is wel ‘n geslote blad en toestemming moet verkry word om deel te neem. Slegs ouers van die skool word toegelaat. Geen advertensies en bemarking word toegelaat nie.AANWENDING VAN FONDSE:

ENERGIEBESPARINGSPROJEKDie analitiese deel van die projek is amper voltooi. Die tegniese sisteem of netwerk is skematies opgestel. Sodoende is potensiële intervensies geïdentifiseer. ‘n Kosteberaming van potensiële verskaffers is gekry. Energy Partners en Greensun is die maatskappye wat sisteme kwoteer om sonpanele te installeer. Daar is bevind dat die kostes nie gunstig vir die skool is nie. ‘n Meer koste- effektiewe sisteem is tans onder bespreking. Daar word beoog om tydens 2017 ‘n doeltreffende oplossing te vind. In die proses het ons wel tegniese probleme geïdentifiseer en uitgeskakel.

POTENSIëLE PROJEKTE EN AANBEVELINGS

Sokkieaand vir ouersFietsresies of velddrafdag (“trail running”)

Page 74: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

Branderryklub2017 is revuejaar. Daar word voorgestel dat die ouers wat help met die revue, eerste keuse moet kry vir kaartjies. Hulle tyd en betrokkenheid word sodoende beloon. DANKIE

Die OV het 2016 as uiters positief en opwindend beleef. Die OV se hoofdoel is om ouer-betrokkenheid en tevredenheid te skep. Ons wil graag elke kind en ouer welkom laat voel. Die OV dien as kommunikasiekanaal tussen ouers en die skool. Daar is bevind dat ouers meer betrokke is indien hulle meer inligting en terugvoer oor skoolwerksaamhede ontvang.Die OV nooi ouers heelhartig uit om blink nuwe idees of projekte met ons te deel. Ons skool is gereed om verandering te omarm.Dankie vir elke ouer se bydrae, hoe gering ook al. Ons kinders geniet dit om hul ouers by die skool werksaam te sien, aangesien dit ‘n gevoel van geborgenheid en veiligheid skep.Dit was my voorreg om die afgelope twee jaar as voorsitter te dien. Dankie vir die geleentheid.

5.8 GESONDHEIDSKOMITEE

5.9 EKOTUINDie ekotuin is en bly ‘n groot bate vir die leerlinge van Laerskool Stellenbosch. Daar is heelwat te sien, te ruik, te voel en te ervaar vir enigeen wat die tuin binnegaan. Die visdam is onderworpe aan die natuur wat sy gang gaan en ‘n hoë mate van onderhoud word konstant vereis om dit tot ‘n pragtige aspek van die tuin te vestig. Daar is vyf visse wat baie gelukkig en vreedsaam daarin leef. Ongelukkig het vandalisme gereeld ‘n negatiewe impak op die visdam gehad.Die blomtuin met die rose is pragtig en die rose is in ‘n baie goeie toestand.Die kruie, suurlemoenbome, fynbos, groente, lelies, vetplante en wingerd groei almal gesond en goed. Meer tyd en aandag sal in die toekoms vereis word om hierdie ekotuin in die lushof te omskep wat aanvanklik beoog is. Die sitplekke vir klasse is op plekke stukkend. Dit is met die skool se werkers bespreek en aan hulle gewys, maar niks is gedoen om dit reg te maak nie. Die persoon wat vir die skoonmaak van die ekotuin verantwoordelik is, sorg ongelukkig net vir die gedeelte waar hy vir homself eetbare produkte verbou.Die uitleg van die tuin kan verander word om dit selfs nog meer toeganklik vir besoekers te maak.

5.10 BEHEERLIGGAAM

Dit was die afgelope sewe jaar my voorreg om betrokke te wees by die Beheerliggaam van Laerskool Stellenbosch, die afgelope vier jaar ook as Voorsitter.Ek stel dit met oortuiging dat ons skool met trots kan meeding met enige skool in ons land, op alle terreine – van akademie, kuns en kultuur tot sport. Verder is ons fasiliteite van

Page 75: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

hoogstaande gehalte vir ons leerders en opvoeders, wat bydra tot die uitsonderlike prestasies van ons leerders op akademiese en sportgebied.Hierdie gunstige posisie is slegs moontlik omdat daar by ons skool ’n sterk leierspan, toegewyde en bekwame opvoeders en betrokke ouers is. Moet natuurlik nie uit die oog verloor dat ons leerders se ingesteldheid, potensiaal en talente, ons skool se grootste bate is nie. Ons wil graag voortbou op ons skool se grondslag, wat reeds in 1969 gelê is, in ons strewe na uitnemendheid deur:

Leerders toe te rus met die vermoëns tot selfstandige denke, lewensvaardighede, kommunikasievermoëns en kreatiwiteit ter voorbereiding vir die eise van 'n voortdurend veranderende en kennisgedrewe wêreld.

Leerkragte wat die geskikte leeromgewing en geleenthede skep deur leerders te stimuleer, te bemagtig met kennis en die toepassing daarvan, sodat leerders tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel.

Ouers wat, in deelgenootskap met die skool, aktief betrokke is by 'n verskeidenheid van aktiwiteite en ook bydraes lewer sodat leerders en leerkragte op hulle take kan fokus.

Uitnemendheid kan slegs bereik word as ons ons kernwaardes aktief nastreef: Godvertroue – Ek is tot alles in staat deur God wat my krag gee.

Respek – Gee om vir ander.

Integriteit – My woord is my eer.

Voortreflikheid – Elke dag my beste.

Dienslewering – Help mekaar.

Onvoorwaardelike aanvaarding – Ek is uniek.

ProjekteOns het die afgelope jaar die skool se fasiliteite verder verbeter en ongeveer R1,5 m bestee aan algemene instandhouding, ‘n nuwe personeelkamer, kunsgras by die grondslagfase, IT, ‘n nuwe bakkie en verdere sekuriteitskameras.Hierdie projekte is moontlik gemaak deur donasies, fondsinsamelings en gesonde finansiële bestuur.Dankie, Laetitia en Yasmine, vir julle energie met die fondsinsamelings en die snoepie en Lisa se nougesette finansiële kontrole onder leiding van Rudi.Vir 2017 beplan ons die eerste fase van ‘n nuwe aktiwiteitsentrum, verdere investering in tegnologie en die aanbou van sewe klaskamers (befonds deur die Department van Onderwys). Die tennisbane sal ook ‘n opgradering ondergaan.FinansiesOns skool se finansies is gesond, kapitale projekte word uit donasies en fondsinsamelings befonds en skoolfonds word bepaal na aanleiding van die bedryfskoste-behoefte van die

Page 76: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

skool. Ons skoolfonds vir 2017 is in lyn met dié van ons portuurskole en selfs minder, te wete R14 740, ’n 8%-verhoging op 2015.Uittreksels uit die 2015-begroting:

Bedryfsbegroting: R14,9 m

Inkomste verdienste uit donasies/fondsinsamelings/verhuring: R1,3 m

Kapitale begroting (projekte): R1,8 m

Aantal leerders: 920

Aantal opvoeders en administratiewe personeel: 60 (WKOD-poste 17, Beheerliggaamposte 43)

Die volledige begroting is ter insae by Liza Venter by die finansiële kantoor. Beheerliggaam en ouerverenigingDit is met groot dankbaarheid dat ek kan getuig van die kwaliteit van die ouers en opvoeders wat betrokke is by ons beheerliggaam en ouervereniging.Die onbaatsugtige diens, opoffering van tyd en die entoesiasme waarmee bedrywighede aangepak word, asook die aanbied van kundigheid om ons skool na verdere hoogtes uit te bou, spreek boekdele. Die verkose lede van die beheerliggaam is daartoe verbind om die werksaamhede van die beheerliggaam na die beste van ons vermoëns te laat vlot. Sodoende aanvaar ons die vertroue wat u as ouers in ons gestel het toe u ons verkies het. Vir mnr. Hawkie de Villiers en sy hele span het ek die hoogste agting en respek; julle loop voor en leef ons leuse van “Vandag my plig!”Ek wens al ons opvoeders, leerders en ouers ’n welverdiende ruskans toe en vertrou almal sal 2017 met nuwe energie en ’n gesonde lewensuitkyk tegemoetgaan!

Marthinus Fourie

Voorsitter: Beheerliggaam Laerskool Stellenbosch

Baie dankie ...

♦ aan elke lojale en toegewyde leerder van hierdie skool;♦ aan Stemmet Hector en die span werkers wat sorg dat die skoolterrein so netjies is;♦ aan elke positiewe en betrokke ouer vir hul ondersteuning;♦ aan die OV onder leiding van me. Muriel Brent, vir ure se onbaatsugtige diens;

asook ouers wat broodjies skool toe gestuur het;♦ mnr. Marthinus Fourie en sy dinamiese Beheerliggaam; ♦ Lisl Fincham en die Gholfkomitee vir die baie ure wat hulle ingesit het;

Page 77: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar

♦ al die afrigters vir die uitstekende werk wat hulle verrig het;♦ aan die ma’s van die omgee-gebedsgroep, onder leiding van me. Lenore Retief;♦ aan al die ouers o.l.v. me. Yasmine Celliers en me. Riana Hay vir werk in die

gesondheidsnoepie;♦ me. Carin Viljoen vir die uitstekende diens van die Klerebank;♦ me. Martlé Smith en haar span vir die bestuur van die Skatkamer;♦ al die ouers wat gesorg het dat die voorportaal altyd so treffend lyk;♦ me. Leana Russouw en al haar helpers van die Ina Paarman-

fondsinsamelingsprojek;♦ ouers wat help met vervoer;♦ mnr. Renaldo Payne vir die uitstekende bestuur van sport;♦ ons sekretaresses, me. Sunette Marais, me. Leana Russouw, me. Liza Venter en

me. Lisl Fincham;♦ my regterhande, mnr. Jacques Horne en me. Johannita Kruger (adjunkhoofde);♦ ons departementshoofde, mnr. Renaldo Payne, me. Carine Mocke, Adiska du

Preez en Barbara Greeff;♦ die personeel!!! Ons kinders is bevoorreg om opvoeders van sulke kwaliteit te hê.

ONS DANK AAN ONS HEMELSE VADER WAT HIERDIE SKOOL SO MILDELIK SEëN!!’n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar word u toegewens.

Hawkie de Villiers

Page 78: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/… · Web viewMorkel van der Westhuizen Mila van der Merwe o.11-span Leonardo Sola Lize-Marie Pienaar