14
Beste Jaar 1 Ouer (en leerder) Week 3 en 4 handel oor breuke. Hierdie is ‘n abstrakte konsep. In hierdie twee weke moet U asseblief breuke op ‘n praktiese manier aan jou kind verduidelik wanneer julle besig is met gewone taakies en dinge by die huis. Byvoorbeeld: Deel jou broodjie in twee gelyke dele, nou het jy twee halwes, saam is hulle een hele. Deel jou vrug is 4 gelyke dele, nou het jy 4 kwarte, saam is hulle een helle Verdeel die wasgoedpennetjies / macaroni stukkies / klippies / koeldrankdoppies in groepies. Hoeveel is daar in totaal, een groepie verteenwoordig die teller al die stukkies saam is die noemmer. Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat gedoen word om hierdie werk te voltooi. Maak asseblief gebruik van die vraag-opsie op die webblad indien u onseker is oor ‘n vraag of inhoud. Groete Juffrou E Retief Kwartaal 2 Week 3 en 4 – Breuke Maandag 27-04-2020 Vakansiedag (Vryheidsdag) Dinsdag 28-04-2020 Les 10 Woensdag 29-04-2020 Les 11 Donderdag 30-04-2020 Les 12 Vrydag 01-05-2020 Vakansiedag (Werkersdag) Maandag 04-05-2020 Les 13 Dinsdag 05-05-2020 Les 14 Woensdag 06-05-2020 Les 15 Donderdag 07-05-2020 Les 16 – BENODIG ‘N BOKSIE SMARTIES Vrydag 08-05-2020 Rusdag KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE JAAR 1 LEERDERWERK TYDENS INPERKING KWARTAAL 2 WEEK 3 ONDERWYSER: ME. E. RETIEF

KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

Beste Jaar 1 Ouer (en leerder)

Week 3 en 4 handel oor breuke. Hierdie is ‘n abstrakte konsep. In hierdie twee weke

moet U asseblief breuke op ‘n praktiese manier aan jou kind verduidelik wanneer julle

besig is met gewone taakies en dinge by die huis.

Byvoorbeeld:

Deel jou broodjie in twee gelyke dele, nou het jy twee halwes, saam is hulle een

hele.

Deel jou vrug is 4 gelyke dele, nou het jy 4 kwarte, saam is hulle een helle

Verdeel die wasgoedpennetjies / macaroni stukkies / klippies / koeldrankdoppies

in groepies. Hoeveel is daar in totaal, een groepie verteenwoordig die teller al

die stukkies saam is die noemmer.

Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke

huis moontlik is.

Baie dankie vir die moeite wat gedoen word om hierdie werk te voltooi. Maak asseblief

gebruik van die vraag-opsie op die webblad indien u onseker is oor ‘n vraag of inhoud.

Groete

Juffrou E Retief

Kwartaal 2 Week 3 en 4 – Breuke

Maandag 27-04-2020 Vakansiedag (Vryheidsdag)

Dinsdag 28-04-2020 Les 10

Woensdag 29-04-2020 Les 11

Donderdag 30-04-2020 Les 12

Vrydag 01-05-2020 Vakansiedag (Werkersdag)

Maandag 04-05-2020 Les 13

Dinsdag 05-05-2020 Les 14

Woensdag 06-05-2020 Les 15

Donderdag 07-05-2020 Les 16 – BENODIG ‘N BOKSIE SMARTIES

Vrydag 08-05-2020 Rusdag

KWAGGASRANDSKOOL

WISKUNDE

JAAR 1

LEERDERWERK TYDENS INPERKING

KWARTAAL 2 WEEK 3

ONDERWYSER: ME. E. RETIEF

Page 2: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

LES 10 – WAT IS ‘N BREUK 28-04-2020

‘n Breuk dui ‘n gedeelte van ‘n heel stuk aan.

Breuke se dele moet altyd in gelyke dele verdeel word. Dit beteken al die

deeltjies moeT ewe groot wees.

‘n Breuk bestaan uit ‘n teller en ‘n noemer.

Die teller sê hoeveel stukkies uit die groot deel gebruik is

Die noemer sê hoeveel gelyke stukke daar is.

Kyk na die volgende:

Teller

Noemer

Een Half Een Derde Een Kwart

Een Vyfde Een Sesde Een Sewende

Page 3: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

1. Kyk na die volgende vorms. Watter breukdeel is ingekleur?

2. Kyk na die volgende driehoeke, watter breukdeel van elkeen is ingekleur?

EINDE LES 10

Page 4: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

LES 11 – TEL IN BREUKE 29-04-2020

1. Voltooi elke getallyn deur die regte breuk by elke oop lyntjie in te vul.

a)

b)

c)

d)

e)

f)

g)

Page 5: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

h)

i)

j)

k)

2. Die kangaroo spring van 0 elke keer met 𝟏𝟏

𝟐 spasie. Wys waar die

kangaroo elke keer gaan land.

EINDE LES 11

Page 6: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

LES 12 – VERGELYK BREUKE 30-04-2020

Wanneer ons breuke vergelyk werk dit presies dieselfde as wanneer ons

getalle vergelyk (Kwartaal 2 week 1 Les 3). Ons kan ‘n breukemuur

gebruik om ons te help.

Op die breukemuur kan ons sien dat 2

3 groter is as

2

4 ons sal dit Wiskundig

dan as volg skryf: 2

3 >

2

4

Jy kan altyd ‘n liniaal gebruik om seker te maak dat jy reg kyk.

op

Page 7: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

1. Gebruik die breukemuur om jou te help om die volgende breuke te

vergelyk.

EINDE LES 12

Page 8: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

LES 13 – EKWIVALENTE BREUKE 04-05-2020

Ekwivalente breuke

Ekwivalent beteken die selfde groote.

Bv: 1

2=

2

4=

3

6=

4

8=

5

10=

6

12

1

3=

2

6=

3

9=

4

12

Ons kan ook ekwivalente breuke

bepaal deur die teller en noemer

met dieselfde getal te x of ÷

2×4

5×4 =

8

2

Dus is 2

5=

8

20

2×2

5×2 =

4

10

Dus is 2

5=

4

10

Page 9: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

1. Gebruik die sketse om die ekwivalente breuke vir elk van die

volgende te bepaal.

2. Maak gebruik van vermenigvuldiging, deling of die breukemuur om ‘n

ekwivalente breuk vir elk van die volgende te skryf.

2

EINDE LES 13

Page 10: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

LES 14 – RANGSKIK BREUKE 05-05-2020

In week 2 les 2 het ons heelgetalle in stygende en dalende orde

gerangskik. Breuke kan ook gerangskik word.

Dink aan breuke as ‘n koek. Een koek kan in verskillende stukkies

gesny word. Onthou, hoe meer stukkies daar is hoe kleiner word die

stukkie wat jy kry.

As jy 1

2 stuk van die koek kry is dit sommer lekker groot,

1

3 is bietjie kleiner maar

darm nog groter as 1

4 en so word die stukkies kleiner in hoe meer dele jy die groot

koek verdeel. Met ander woorde hoe meer mense saam aan die koek eet hoe

kleiner is die stukkies.

**Wiskundig: Hoe groter die noemer hoe kleiner is die breukdeel.

1. Gebruik nou hierdie kennis om die volgende breuke van klein na groot te

rangskik. Jy kan ook die breukemuur in die vorige lesse gebruik.

Page 11: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

2. Rangskik die volgende in dalende orde. (Van groot na klein)

EINDE LES 14

Page 12: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

LES 15 – BREUKE VAN HEELGETALLE 06-05-2020

Hoe bepaal jy ‘n breuk van ‘n heelgetal?

Voorbeeld 1:

2

8 van 80 =

Heelgetal ÷ Noemer (onder) x Teller(bo)

daarom… (80 ÷ 8) x 2 = 20

Voorbeeld 2:

4

6 van 60 plastiek bottels = Օ

daarom… (60 ÷ 6) x 4 = 40 plastiek bottels

1. Bepaal die volgende breuke van heelgetalle. Wys alle bewerkings.

a) 7

10 van 120 =

b) 1

4 van 16 =

c) 1

6 van 18 =

d) 1

3 van 21 =

Page 13: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

e) 2

3 van 42 =

f) 2

5 van 45 =

g) 1

8 van 88 =

h) 1

2 van 24 =

2. Voltooi die volgende woordprobleeme. Wys alle bewerkings:

a) 32 leerders gaan met ‘n uitstappie. Twee kwarte 2

4 neem lemoensap saam. Hoeveel van

die leerders het lemoensap gehad?

____________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________

b) Daar is 100 leerders in Jaar 1. Een kwart 1

4 van hulle neem die bus skool toe.

Hoeveel leerders kom met ‘n bus skool toe?

____________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________

EINDE LES 15

Page 14: KWAGGASRANDSKOOL WISKUNDE LEERDERWERK TYDENS … · Hierdie is slegs idees wat u kan gebruik en kan aangepas word soos dit in elke huis moontlik is. Baie dankie vir die moeite wat

`

LES 16 – PRET MET BREUKE 07-05-2020

Vir hierdie aktiwiteit gaan jy ‘n boksie smarties nodig hê. Die grote

maak nie saak nie.

1. Teken al die Smarties in jou boksie. Kleur hulle die regte kleur in.

2. Hoeveel smarties is in jou boksie?_________

Dit is die noemer

3. Hoeveel van elke kleur is daar in jou boksie? (Skryf die kleur en hoeveelheid).

Hierdie is die noemer.

_____________ ______________ ______________

_____________ ______________ ______________

_____________ ______________ ______________

4. Skryf die kleure van die smarties in jou boksie as ‘n breuk.

_____________ ______________ ______________

_____________ ______________ ______________

_____________ ______________ ______________

5. Rangskik die breuke van klein na groot.

_______________________________________________________________

6. Kies ses kleure en vergelyk die breuk van elke kleur met mekaar:

EINDE LES 16