12
Desember/Januarie 2011/12 Uitgawe 80

KSM Desember

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Desember KSM

Citation preview

Page 1: KSM Desember

Desember/Januarie 2011/12 Uitgawe 80

Geseënde Christusfees&

Geseënde Christusfees&

Geseënde Christusfees

Voorspoedige 2012&

Voorspoedige 2012&

Page 2: KSM Desember

ksm Des'11/Jan'12 1 www.kerksondermure.org

van die redaksie

uit jou gemaksone in jou hartsone in!Desember 2011/Januarie 2012

UITGAWE 80

die redaksie

Indeks

Redakteur Hugo Weich

Bladuitleg Nadia Strydom

Taalversorger Susan Botes

Finansies Anne-Retha Smith

Drukkers MINIT Print

E-pos: [email protected]:

www.kerksondermure.orgTel: 012 663 2003

Faks: 012 663 3121

Die redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig wat medewerkers

en adverteerders in die ksm uit-spreek nie en behou die reg om alle

bydraes redaksioneel te versorg.

Hugo Weich

Christusfees: 'n AndersteHartklop bl 2

Geseënde Christusfees bl 2

Kom lééf jou diensbaarheid in kinderbediening bl 3

Desember vakansie = Liggietyd bl 4

Boodskap van Uitreikbediening bl 4

Dienstye vir Des 2011/ Jan 2012 bl 5

Belangrike datums bl 6

Welkom aan Ria Mardon bl 7

Advertensies bl 8

Een kersoggend het twee seuns, Marco en Johan, feitlik identiese blinknuwe fietse ontvang. Rooies met klokkies op die linkerkantste handvatsels. Dié fietse was só eenders dat hulle skaars uitmekaar geken kon word. Dit het egter nie so gebly nie. Binne 'n week het alles verander. Ter-wyl Marco se fiets nog skitterblink en nuut gelyk het, was Johan s'n reeds stukkend en verniel. Dit het gelyk asof dié fiets al vir jare gebruik was, omdat Johan die bosserige grondpaaie bo teerpaaie verkies het.

Soortgelyk ontvang ons ook geskenke, al is dit 'n bietjie anders. Dié geskenke is geleenthede wat ons kan benut; tyd wat ons kan gebruik; vriendskappe om te waardeer. Die groot vraag wat voor ons staan is: Wat gaan ons daarmee doen?

Natuurlik is ons nie verantwoordelik vir alles wat op ons lewenspad geplaas word nie. Daar is talle dinge waarvoor ons nie gesoek het nie. Ons sal weë moet bewandel wat ons nie gekies het nie. Selfs al kan ons nie die pad kies nie, kan ons darem die ingesteldheid, entoesiasme, toewyding en visie wat ons vir dié reis pak kies. Dit bring natuurlik vele vrae na die opper-vlak: Wat wil ons eintlik uit die lewe hê? Wat verwag ons van vriende? Wat moet ons werk vir ons beteken?

Oor soveel dinge twyfel ek: Sal ek die liggaamlike krag hê om voort te gaan of sal ek maar moet bedank? Sal ek die verhoging kry of sal iemand anders dit kry? Die lysie van onduide-likhede is baie lank. Die lysie van dinge waaroor ek twyfel is moontlik selfs langer.

Ons weet nie wat gaan kom nie, maar ons weet wel Wié kom. Ook dat Hy juis in en deur die dinge wat nog oor my pad gaan kom, tot my spreek en met my handel. Dinge wat met my gebeur is nooit stom en sprakeloos nie. Dit het 'n daadwerklike invloed op die toekoms. 'n Gesin of individu het gister nog aan 'n bepaalde toekoms beplan. Hulle was blymoedig oor die feit dat almal gesond en bymekaar was. Vandag is dit dalk nie meer so nie.

Ek het geen beheer oor een kant van die lewe nie. Daar is egter 'n ander kant. Daaroor het ek 'n mate van beheer. Oor dié kant moet ek telkens besin. Is ek besig om my kant te bring? Gee ek my beste? Verstaan ek wat dit is om deel te wees van ’n geloofsgemeenskap wat met blydskap die Koninkryk van God oral uitleef?

In die komende tyd gaan jy geskenke deel en ontvang. Dit is egter nodig om te besin oor die grootste geskenk wat ooit gegee is: Christus se lewe sodat ons kan lewe. Die wete dat Hy, wat gekom het en weer sal kom, reeds al my skuld betaal het is wonderlik. Dit plaas egter weer 'n verantwoordelikheid op my skouers dat ek my v.dat ek my lewe as dienende gelowige sal leef.

Veronderstel ons elkeen het 'n denkbeeldige fiets ontvang. Waar en hoe gaan jy ry?

Geseënde Kersfees van die Redaksie.KSM

Ander tipe geskenke vir Kersfees...

Kersfees is Christus se handtekening wat op

ons harte gegraveer is. Dit herinner ons jaar na jaar dat God nie meer 'n

vreemdeling vir ons is nie.

- CL Allan & CL Wallis -

Page 3: KSM Desember

www.kerksondermure.org 2 ksm Des'11/Jan'12

Christusfees

Fanie Venter

Tiesie de Coning

Jesus se geboorte - die menswording van God - het als kom verander.Dís die hart van Kersfees. En iets van die hart van God word deur hierdie Kersfeeshart aan ons gewys.

Met die geboorte van Jesus kom wys God ons dat Sý werkswyse anders as dié van die wêreld is. Jesus is gebore in 'n wêreld waar keiser Augustus en ander magtiges die oorhand gevoer het. Dié manne kon ander se lot met die draai van 'n duim bepaal. God werk anders. 'n Baba, 'n krip en 'n stal. Dís hoe Jesus se verhaal begin. Wan-neer die prentjie van nader beskou word, besef mens dat daar 'n skaduwee oor die krip hang. Die skadu van 'n kruis. Dié baba was gebore om te sterf. Iets wat onsinnig en dwaas vir die magtiges ge-lyk het. Dit is egter nie dwaas vir iemand wat al vir Jesus ontmoet het en met 'n geloofsoog na die gebeure kyk nie. Vir gelowiges getuig dié verhaal van God se krag (1 Kor 1:25).

Met die geboorte van Jesus sien ons hoe die naam Immanuel, God met ons, ’n realiteit word. God is verhewe en heilig; onverklaar-

Die afgelope kwartaal het super duper spoorsnyers in die stofpad na Josef en Maria, die skaapwagters en die sterrekykers se spore gesoek.

Helaas het elke spoor ons na die Kind in die krip gelei. 'n Ge-boorte wat diep spore in ons harte gelaat het.

Hy het gekom vir skaapwagters, oftewel doodgewone mense. Die gewone ou wat soms niks meer as die droogmaker-van-die-jaar toekenning te wagte kan wees nie! Hy het vir mý gekom! Saam met die skaapwagters was ons diep bly oor Jesus se geboorte. Hulle haas om in Bethlehem te kom en ander te vertel was aan-steeklik. Ons wou ook vertel dat Jesus vir álmal gekom het.

Die slim sterrekykers uit die heidendom het 'n ster uit die ooste gevolg met duur geskenke op die rûe van kamele. Hulle spore het ook by die Jesuskind geëindig. Daar het hulle laag voor Hom gebuig.

“Ons buig nou in aanbidding, ons buig nou in aanbidding voor

baar en onbeskryflik. Hy is die Een voor wie serafs hulle gesigte bedek en oor wie engele sing. Die Een voor wie herders en wyse manne buig en hulde bring. Hý is by ons en het Hom met aard-bewoners vereenselwig. Die ewige God ken my naam, my drome en my vrese. Wanneer ek sukkel, het Hy begrip. Wanneer ek slaag vier Hy dit. Wanneer ek val help Hy my op. Wanneer ek ly, het Hy medelye. Hy loop, leef, ly en werk saam met my.

Die Kersfeesverhaal beëindig nie die mensdom se verhale van honger, nood en swaarkry nie. Ons weet nie hoeveel pyn nog voorlê nie. Ons weet nie altyd mooi hoe die storie in mekaar steek nie. Tog weet ons dat ons reeds die Slotwoord gesien het. Immanuel. God met ons.

Mag jy hierdie kersfees vir God weer op 'n nuwe manier raaksien. Wanneer jy ervaar hoe heerlik anders Hy is, word jy genooi om te doen wat die herders en wyse manne gedoen het: Verwelkom Hom in jou lewe in. Jesus is in my gebore en dit het alles verander. God het mens geword en my lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. •

Jesus, die Heer.” Só het kinderstemme weerk-link toe ons ook aan Jesus alles gegee het. Ons het selfs ons lewens gegee. Hy is im-mers ons grootste Kersgeskenk.

Dankie liewe super spoorsnyers. Julle het nie net die spore op die stofpad ontrafel nie. Julle het ook gekies om in Sy spore te volg. Mag Jesus julle aanspoor om in ʼn lewende verhouding met Hom te leef en mag Hy julle spore rig om Hom met ander te deel.

Geseënde Christusfees aan al ons super duper spoorsnyers! •

Christusfees: 'n Anderse hartklop

Geseënde ChristusfeesGeseënde Christusfees

Wat is Kersfees?Dit is deernis vir die verlede, moed vir die hede en hoop vir die toe-koms. Dit is 'n wens dat elke beker sal oorloop van ryk en ewige seën en dat elke pad na vrede sal lei. - Agnes M Pharo -

Page 4: KSM Desember

ksm Des'11/Jan'12 3 www.kerksondermure.org

kinderssondermure

Kom lééf jou diensbaarheid in kinderbediening

Erediens vir Kleingroepleiers...

vir die Kinders...

Word betrokke by kinderbediening in 2012 en lééf só jou diensbaarheid uit. Jy kan by die 0-2 jariges, 3-4 jariges, 5-6 jariges, Gr 1-3’s, Gr 4-6’e of Gr 7’s as kleingroepleier, musiek/sangbedieningsleier, multi-media operateur, gebedsleier of as hulp tydens uitreik-programme inskakel.

Moenie langer uitstel nie. Word nóú betrokke!

Enige navrae kan gerig word aan:

•  Tiesie de Coning (kinderbedieningsleier) by 082 802 7853 of [email protected]•  Charléne Franken (kinderbedieningskoördineerder) by 012 663 2003 x 214 of [email protected]•  Alice Kleingeld (kinderbediening: administratiewe beampte) by 012 663 2003 x 214 of [email protected]•  Hezel Fourie (Midstream kinderbedieningskoördineerder) by 083 442 7584 of [email protected]

Die eerste byeenkoms vir alle kleingroepleiers in kinderbediening skop op Sondag, 15 Januarie met 'n toewydingserediens af. Ons gaan die Here loof, ons biddend aan Hom toewy, die jaar aan Hom opdra en saam beplan aan die jaar wat voorlê. Die besonderhede van dié diens lyk soos volg:

•  Hippolaan: 8:00 OF 10:00 in die Jeugouditorium• Midstream: 16:00 in die volwasse bedieningsaal

Kindereredienste begin op Sondag, 22 Januarie 2011:

HIPPOLAAN @ 8:00 & 10:00:•  Doekdra vir Jesus (Babas 0-2 jr): Turkooissaal•  Soldaatjies vir Jesus (Peuters 3-4 jr): Groensaal•  Koningskleuters (Kleuters 5-6 jr): Blousaal•  Dapper Stappers (Juniors Gr 1-3): Geelsaal•  Tweens (Seniors Gr 4-6): Rooisaal

HIPPOLAAN @ 08:00 & 10:00:•  Keerpunt (Gr 7): Oranjesaal

MIDSTREAM @ 9:00:•  Soldaatjies vir Jesus (3-4 jr): Peuterlokaal•  Koningskleuters (5-6 jr): Kleuterlokaal•  Dapper Stappers (Gr 1-3): Juniorlokaal•  Tweens (Gr 4-6): Seniorlokaal

MIDSTREAM @ 10:15 tot 11:15:•  Keerpunt (Gr 7): Kleuterlokaal

Page 5: KSM Desember

www.kerksondermure.org 4 ksm Des'11/Jan'12

Christusfees

Colin Smith

Hi daar!

Desembertyd is vakansietyd.

Winkels word versier. Daar is liggies in die strate; liggies in huise; liggies om die boom.

Al die kampeerplekke, winkels en selfs kerke - die hele wêreld - is opgetooi en reg vir die groot fees. Vir Christene beteken dít 'n Christusfees.

Nie dat die geboorteverhaal van Jesus lekker by hierdie wêreld met sy mooi liggies en moderne kersfeesliedere inpas nie.

Jesus se geboorteverhaal gaan oor 'n verhaal wat te midde van `n morsige omgewing plaasvind. Waar die engelekoor saam met die plaaslike skaapwagters die lof van die Messias besing. Dit is `n wonderverhaal, want dit vertel iets van God se betrokkenheid by `n morsige wêreld; God se herskepping van `n gebroke wêreld.

Mag jy daarom in die vakansie - waar jy ookal mag wees - steeds in hart en siel by die stukkende, morsige wêreld betrokke wees. Mag jy Christus se hoop bring waar jy ookal uitspan. Mag elke liggie, elke klank en elke gesiggie jou herinner aan God se liefde vir `n stuk-kende wêreld.

Vanaf Tienerbediening wens ons vir julle `n wonderlike Jesusfees toe. •

Desember vakansie -Desember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansieDesember vakansie

God het ons elkeen só lief gehad dat Hy self deel kom word het van ons wêreld. God het met mensevoete die stofstrate van ons wêreld deurkruis en die hemelse wêreld `n aardse realiteit gemaak. Jesus het die hemel op aarde kom vestig, God se Koninkryk kom aankon-dig en ons wêreld vir altyd kom verander.

Uitreikbediening sal voortaan bekend staan as die Voete-bediening (waar jou omgee in aksie oorgaan). Ons wil voetspore van genade, God se liefde en Sy nuwe wêreld in hierdie wêreld afdruk.

Kersfees is `n wonderlike geleentheid om hiermee af te skop. Wanneer jy jou voetspore op die sand, op die strand, in jou tuin of in die wandelgange van die winkelsentrum of hospitaal neersit, bring jy die Goeie Nuus en daarmee saam die wonderlikste klanke. Jesaja 52 vers 7 herinner ons: "Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: 'Jou God is Koning!'."

Mag jy die wonderlike klanke beleef wat jou voete in hierdie Christusfeestyd maak. Mag die Goeie Nuus uit jou straal en jou lewe ver-ryk.

Geseënde Christusfees

Colin

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het nie Sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Joh.3:16+17 NV)

-

'n Boodskap van die Uitreikbediening:

Page 6: KSM Desember

ksm Des'11/Jan'12 5 www.kerksondermure.org

2011/2012

Dienstye vir Desember 2011 & Januarie 2012

11 Desember 2011Hippolaan: 09:00 - Colin Smith 18:30 - Adrio König Midstream: 09:00 - Fanie Venter

18 Desember 2011Hippolaan: 09:00 - Adrio König 18:30 - Stephan Joubert Midstream: 09:00 - Fanie Venter

25 Desember 2011Hippolaan: 08:00 & 10:00 - Colin Smith Midstream: 09:00 - André Viljoen

31 Desember 2011Midstream: 19:00 - Christo Woite

Hippolaan: 23:15 - Christo Woite

01 Januarie 2012Hippolaan: 09:00 - Christo Woite 18:30 - André Viljoen Midstream: 09:00 - Greta Serfontein

08 Januarie 2012Hippolaan: 08:00 - Adrio König 10:00 - Adrio König 18:30 - Adrio König Midstream: 09:00 - Herman de Kock

15 Januarie 2012Hippolaan: 08:00 - Fanie Venter 10:00 - Fanie Venter 18:30 - Fanie Venter Midstream: 09:00 - Christo Woite

22 Januarie 2012Hippolaan: 08:00 - Stephan Joubert 10:00 - Stephan Joubert 18:30 - Christo Woite Midstream: 09:00 - Greta Serfontein

Zwartkop: 09:00 - Fanie Venter

Kinderdienste Afskopfees:Hippolaan: 08:00 & 10:00Midstream: 09:00 & 10:00 (Gr7's)

2012 Belydenis-indeling: 17:00Belydeniskamp

29 Januarie 2012Hippolaan: 08:00 - Colin Smith 10:00 - Colin Smith 18:30 - Fanie Venter Midstream: 09:00 - Adrio König

Zwartkop: 09:00 - Christo Woite

Kinderdienste:Hippolaan: 08:00 & 10:00Midstream: 09:00 & 10:00 (Gr7's)

Belydenisklas: 17:00Tieners@Hippolaan: Kuierkerk 17:30 Selgroepe 18:30Tieners@Midstream: Kuierkerk 17:00 Selgroepe 18:00

`n Dienende geloofsgemeenskap wat met blydskap die Koninkryk van God oral wil uitleef!

Die Kerkkantoor Open 03 Januarie 2012

Die Kind van God het

mens geword sodat ons

God se kinders kan word.

- CS Lewis -

Page 7: KSM Desember

www.kerksondermure.org 6 ksm Des'11/Jan'12

2011/2012

HuweliksbedieningLoof, Luister, Leef...

Tema vir die Huweliksweek 2012!14, 15 & 16 Februarie

Met Rina de Klerk, Stephan Joubert & Colin SmithOpwindende sprekers...

Romantiese Huweliksete...

Vir meer inligting en/of besprekings, skakel Marietha by012 663 1610, of stuur 'n e-pos na [email protected]

HuweliksvoorbereidingseminaarVir almal wat tot en met Mei 2012 in die huwelik gaan tree – moenie hierdie baie belangrike voorhuwelikse seminaar mis

nie!Vrydagaand 27 en Saterdagoggend 28 Januarie 2012.

Vir meer inligting en/of besprekings, skakel Marietha by012 663 1610 of stuur 'n e-pos na [email protected]

DivorceCare & DivorceCare4Kids‘n Bediening vir volwassenes en laerskoolkinders wat deur

egskeiding geraak is.

DivorceCare en DivorceCare4Kids word 2 keer per jaar by kerksondermure Midstream en –Hippolaan aangebied. Die Reekse bestaan uit 13 weeklikse sessies elk en word op die

volgende dae aangebied (jy is natuurlik welkom om enige tyd tydens die Reekse in te skakel).

Dinsdagaande van 18:00 – 20:00 te Hippolaan (Afskopsessie op 7 Februarie 2012); en

Donderdagaande van 18:00 – 20:00 te Midstream(Afskopsessie op 9 Februarie 2012)

Kontak ons vir meer inligting by (012) 663-1610 of stuur 'n e-pos aan [email protected]

Belangrike DatumsBeroepsforum

Ontbytforum en ondersteuningsnetwerk vir persone tussen werke of werkloos, asook ‘n gratis bemarkingsdiens vir werk-

soekers en werkgewers deur die advertering van poste.

Die forum word op Vrydagoggende van 08h00 tot 10h00 by kerksondermure Hippolaan en Woensdagoggende van 08h30

tot 10h30 by kerksondermure Midstream aangebied (uit-sluitend skoolvakansies en openbare vakansiedae).

Afskopsessies 2012: Midstream om 08:00 op Woensdag 18 Januarie, en Hippolaan om 08:00 op Vrydag 20 Januarie.

Vir verdere navrae kontak Inge Nel (Programbestuurder) by [email protected] of skakel (012) 644-0545

Single&ParentingIs jy ‘n enkelma of –pa wat oorweldig, moeg en alleen voel

met al jou verantwoordelikhede, take en rolle as ouer? Single&Parenting is ‘n splinternuwe ondersteuningsgroep vir enkelouers - kom word deel van Single&Parenting en vind uit

hoe jy hoop, rus, ondersteuning en riglyne ten opsigte van ouerskap kan kry.

Die Single&Parenting program word 2 keer per jaar by kerk-sondermure Hippolaan aangebied. Die Reekse bestaan uit 13 weeklikse sessies elk en word op die volgende dae aangebied (jy is natuurlik welkom om enige tyd tydens die Reekse in te

skakel).Donderdagaande van 18:00 – 20:00 te Hippolaan.

(Afskopsessie op 9 Februarie 2012)

Kontak ons vir meer inligting by (012) 663-1610 of stuur 'n e-pos aan [email protected]

Griefshare‘n Bediening vir elkeen wat emosionele pyn ervaar as gevolg

van die dood van ‘n geliefde.

Die GriefShare-program word 2 keer per jaar by kerksondermure Hippolaan aangebied. Die Reekse bestaan uit 13 weeklikse sessies elk en word op die volgende dae aangebied (jy is natuurlik welkom om enige tyd tydens die

Reekse in te skakel).

Donderdagaande van 19:00 – 21:00 te Hippolaan(Afskopsessie op 9 Februarie 2012)

Kontak ons vir meer inligting by (012) 663-1610 of stuur 'n e-pos aan [email protected]

Nuut

Page 8: KSM Desember

ksm Des'11/Jan'12 7 www.kerksondermure.org

lewe

Welkom aan Ria Mardon

lewe

Welkom aan Ria Mardonkerksondermure se nuwe maatskaplike werker

Ria is in Zimbabwe op ʼn sendingstasie gebore en danksy haar pa se roeping as predikant het sy al in die Oos-Kaap, Karoo en Mpumalanga gewoon.

Dié voormalige Affie-matrikulant het haarself as maatskaplike werker bekwaam by Tukkies en later het sy deur Unisa as speltera-peut gekwalifiseer.

Sy is getroud met Lawrence en twee kinders is uit dié huwelik gebore, Liane en Lawrence.

Liane, ʼn spastiese kwadrupleeg, het die gesin baie geleer oor die isolasie, onbeantwoorde vrae en moedeloosheid wat met gestrem-dheid gepaard gaan. Sy het hulle ook geleer van nuwe groeige-leenthede en ander maniere waarop hulle na situasies kan kyk, sodat die lewe se klein vreugdes geniet kan word. Liane is in 2005 oorlede en die gesin stap die pad van verlies en rou met hoop wat slegs deur die teenwoordigheid, liefde en troos van God gebied kan word.

Lawrence (jnr.) beoog om volgende jaar met sy Universiteitsloop-baan af te skop. Ria sê sy besondere humor en toewyding verskaf haar en sy pa eindelose vreugde. Die gesin is baie lief vir die buitelewe, sportbeoefening en die samesyn van familie en vriende.

Ria het vir jare by die Christelik-Maatskaplike Raad en Kinder-sorgvereniging as maatskaplike werker gewerk. Sy het ook by die Vereniging vir Huwelik- en Gesinslewe (FAMSA) as huweliks-berader en gemeenskapswerker gewerk. Later het sy in privaat-praktyk gestaan as 'n berader en spelterapeut.

Haar gesin het in 2008 van Secunda na Centurion verhuis en by kerksondermure ingeskakel. Ria se passie lê daarin om ʼn “oor” te wees vir mense se verhale. Dit geld soveel te meer vir dié verhale van magteloosheid, pyn en onsekerheid wat hand aan hand loop met die soeke na hoop, nuwe betekenisse en verwagting. Dit is dan juis hierdie kenmerke wat Ria só geskik maak vir die taak wat sy by kerksondermure gaan verrig

Baie welkom Ria! •

Ria en haar gesin

Carl du Preez

Om in aanmerking te kom vir die boekprys, stuur 'n e-pos na [email protected] of handig die strokie in by die kerkkantoor voor Maandag 23 Januarie 2012 .

Inskrywings per e-pos: Stuur ons jou Naam, Van, Kontak nommer en E-pos adres. In die opskrif merk asb soos volg - KSM Boekprys.

Pryse kan afgehaal word by die kerkkantoor tydens kantoorure of op Sondae na afloop van die diens.

KSM BoekprysNaam & Van:

Kontak nommer:

E-pos adres:

WEN, WEN, WEN(Sien agterblad vir meer inligting)

Page 9: KSM Desember

www.kerksondermure.org 8 ksm Des'11/Jan'12

advertensies

Page 10: KSM Desember

ksm Des'11/Jan'12 9 www.kerksondermure.org

advertensies

Huis & Kantoor: Verbeterings & Aanbouings

Loodgieterwerk Waterdigting “Dry-walling” Verfwerk Plaveisel Teëlwerk Staalwerk

Skakel: Gerhard:082 932 0426

012 653 0120 (na ure)e-pos: [email protected]

Voorspoedige 2012

Geseënde Kersfees

Dankie aan al ons adverteerdersvir jul ondersteuning in 2011.

Mag jul 'n Geseënde Christusfees beleef en 'n Voorspoedige 2012.

Die tyd om bly te wees, is nou.

Die plek om bly te wees, is hiér.

Die manier om bly te wees is om ander bly te maak.

- Robert Ingersol -

Page 11: KSM Desember

www.kerksondermure.org 10 ksm Des'11/Jan'12

advertensies

Page 12: KSM Desember

carpediemM E D I A

Eindig die wêreld volgende jaar?Vir die eerste keer het vooraanstaande geloofskenners oor die hele spektrum saamgekom om ingeligte en praktiese antwoorde te gee op dié vraag!

Kenners soos Stephan Joubert, Hennie Stander, Isak Burger, Adrio König en ander kenners gee reguit antwoorde vir gelowiges in die 21ste eeu!

carpe

ander kenners gee reguit antwoorde vir gelowiges in die 21ste e

WEN1 van 5

2012