18
PO Box 339, Bloemfontein, 9300 | T: +27(0)51 401 9111 | [email protected] | www.ufs.ac.za T: +27(0)51 4012173 T: +27(0)51 4019264 T: +27(0)51 4012847 +27(0)51 4012369 T: +27(0)51 4013199 T: +27(0)51 4012735 T: +27(0)51 4012617 Inspiring excellence. Transforming lives. Inspireer uitnemendheid. Verander lewens. Kovsiegids 2015

Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

PO Box 339, Bloemfontein, 9300 | T: +27(0)51 401 9111 | [email protected] | www.ufs.ac.za

T: +27(0)51 4012173 T: +27(0)51 4019264 T: +27(0)51 4012847 +27(0)51 4012369 T: +27(0)51 4013199 T: +27(0)51 4012735 T: +27(0)51 4012617

Inspiring excellence. Transforming lives.Inspireer uitnemendheid. Verander lewens.

Kovsiegids2 0 1 5

Page 2: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

INH

OU

D

Hoewel die inligting in hierdie gids so noukeurig as moontlik saamgestel is, aanvaar die Raad en Senaat geen verantwoordelikheid vir enige foute of weglatings nie.

GATEWAY-eerstejaarskollege 2

Datavaslegging van aansoeke en matriekuitslae 3

Akademiese advies en registrasieproses 4

Gelde betaalbaar by registrasie 10

Betaling van akkommodasiegelde 14

Algemene UV-inligting en aanspreeklikheid 16

Page 3: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

2

KO

VSI

EG

IDS

20

15

UNIVERSITY OF THE FREE STATE

ORIENTATION • ORIËNTERING • TLWAETSO FIRST-YEARS COLLEGE

GATEWAY COLLEGE

Voordat akademiese klasse begin, het eerstejaars die unieke geleentheid om aan die GATEWAY-eerstejaarskollege deel te neem – die POORT (GATEWAY)

na sukses in jou studieloopbaan en universiteitslewe.

Die jaarlikse GATEWAY-eerstejaarskollege is ’n program van studentelewe- en leergeleenthede wat jou aan die kampus- en fakulteitslewe bekend stel, jou help om aan te pas by die universiteitsomgewing en jou die vaardighede leer om goed in jou studies te presteer en as afgeronde gegradueerde voorberei te word.

Die kollege-ervaring sluit ’n reeks opwindende lesings in om jou begrip en verwagtinge van die universiteitslewe te help vorm. Verder bied die program ook die geleentheid om jouself op kampus en oor al die hulpbronne wat beskikbaar is vir die ondersteuning van studente, te oriënteer. Die kollege-ervaring sluit ook studentelewe-aktiwiteite in, soos die Joolprogram waar jy met prettige aktiwiteite fondse vir gemeenskapsdiens insamel, byvoorbeeld tydens die Joolvlotoptog en -fees. Daar is ook eerstejaarsportbyeenkomste soos atletiek en swem, kultuuraktiwiteite soos die eerstejaarsgeleentheid, en Stagedoor, waar jy saam met alle ander eerstejaars deel kan wees van ’n teaterproduksie.

Al die aktiwiteite bied aan jou goed georganiseerde geleenthede om nuwe vriende te ontmoet en vriendskapsnetwerke te vestig wat jou tydens jou studies sal ondersteun. Tydens die kollege-ervaring sal jy ook aan portuurgroepleiers in ’n studentementorskapprogram toegeken word om aan jou verdere ondersteuning te bied terwyl jy by die universiteitslewe aanpas.

VERWELKOMING VAN EERSTEJAARSTUDENTE

Die GATEWAY-program is beskikbaar by http://kovsielife.ufs.ac.zaE

ER

ST

EJA

AR

S

Eerstejaarsontvangs:Vrydag, 16 Januarie 2015 om 18:30 vir 19:00 op die Rooiplein voor die Hoofgebou.

Verwelkoming in fakulteiteSaterdag, 17 Januarie 2015 om 08:30 vir 09:00 in die onderskeie fakulteite:• Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe in die EBW-ouditorium• Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater• Fakulteit Gesondheidswetenskappe in die Kovsiekerk• Fakulteit Opvoedkunde in die Nuwe Opvoedkunde-gebou• Fakulteit Regsgeleerdheid in die CR Swart-ouditorium• Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

• Biologiese groepe in die Odeion

• Landbourigtings in die Landbou-gebou, LG 1, 2 en 3• Verbruikerswetenskappe in die Landbou-gebou, LG 4• Fisika en Chemie in die Chemie-gebou, CEM 108• Rekenaartegnologie in WWG 114• Wiskunde en Toegepaste Wiskunde in WWG 226• Wiskundige Statistiek en Aktuariële Wetenskappe in die

Wesblok, W111• Geografie in GEO 1,5• Geologie in die Hooflesingsaal 1, Geologie-gebou• Argitektuur in die Argitektuur-gebou

• Fakulteit Teologie in Kamer 120 van die Teologie-gebou‘n Inligtingspunt is beskikbaar by die parkeerarea voor die Rooiplein.

Page 4: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

EE

RS

TE

JAA

RS

DATAVASLEGGING VAN AANSOEKE EN MATRIEKUITSLAE

Die aansoekproses word afgehandel voordat jy aanmeld of registreer by die universiteit. Jou inligting word vooraf op die rekenaarstelsel ingevoer ten

einde die registrasieproses te vergemaklik.

Sluitingsdatum vir matriekinligting: 9 Januarie 2015

Alle aansoekers benodig gesertifiseerde afskrifte van die volgende dokumente:· Nasional Senior Sertifikaat (NSS) of simbolestaat met jou

studentenommer duidelik sigbaar.· Studente wat reeds aan enige ander hoëronderwysinstelling

gestudeer het, moet ook ’n amptelike staat van uitslae saam met ’n gedragsertifikaat indien.

· Die Nasional Senior Sertifikaat of simbolestaat moet by die George du Toit-gebou, kamer 163 ingehandig word, of gefaks word na 086 697 2604.

· Paspoort of Identiteitsdokument.· Betalingsbewys van registrasiegeld.· Alle internasionale studente moet ook ’n bewys van hul

voorwaardelike vrystellingsertifikaat lewer.

Alle navrae rakende aansoeke om toelating: +27(0) 51 401 1942/3696/3693/9864 of [email protected]

Page 5: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

4

KO

VSI

EG

IDS

20

15

akademiese advies- EN registrasieprogramDie akademiese advies siklus:

Die UV streef daarna om studente in al hul akademiese aktiwiteite te ondersteun. Akademiese advisering is ’n deurlopende proses waardeur studente ondersteuning en advies kan ontvang om beter in hul hoëronderwysloopbane te vorder. Hierdie is ’n onderrig- en leerproses waar personeel- en studentebetrokkenheid ’n gelyke rol speel. Dit bly egter die verantwoordelikheid van die student om self sy/haar akademiese behoeftes

aan te spreek.

*Akademiese adviseur(s) – Gedurende fakulteitspesifieke oriëntering word studente aan hul akademiese adviseur voorgestel wat hulle deur die jaar sal bystaan met hulle akademiese behoeftes. **Alle studente in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe (Skool vir Geneeskunde en die Skool vir Aanvullende Gesondheidsberoepe) word outomaties deur die fakulteit geregistreer sodra bewys van betaling ontvang en aanvaarding bevestig is.Programme in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe (voorgraads): studente volg ‘n vasgestelde kurrikulum. Dit behels dat studente nie akademiese advies ontvang oor watter modules om te neem nie. Studente met probleme of vrae oor hul kurrikulum kan dit met die betrokke programdirekteur bespreek.

RE

GIS

TR

AS

IE

• Oriëntering en registrasieTydens fakulteitspesifieke oriëntering word studente aan akademiese adviseurs bekendgestel wat hulle sal help om die korrekte program en stel modules te kies waarvoor hulle moet registreer. • Akademiese advies: kwartaal 1Studente word aangemoedig om vrae te vra en bekommernisse rakende hul studie te bespreek met akademiese adviseurs. • KommunikasiekanaleFakulteitspersoneel sal die kontakbesonderhede verskaf van die akademiese adviseurs wat studente kan kontak rakende akademiese ondersteuning.

• Doelstellings en doelwitteStudente moet self hul doelstellings en doelwitte formuleer en daarvan boekhou.

• Akademiese advies: kwartaal 2Studente moet hul akademiese adviseur raadpleeg vir 'n meer diepte-begrip van die pad vorentoe met die modules en program waarvoor hul geregistreer het.• Tredhou van vorderingStudente word aangemoedig om tred te hou van hul vordering en die nodige ondersteuning te bekom van hul fakulteit of ander ondersteuningsdienste.• EksamenvoorbereidingStudente moet toesien dat hulle oor al die nodige materiaal beskik om vir die Mei-Junie-eksamens voor te berei.

• JaareindeksamensStudente moet beplan en voorberei vir eksamens deur dosente of adviseurs te nader vir ondersteuning.• Akademiese advies vir die volgende jaarStudente moet voor die volgende akademiese jaar begin, hul akademiese adviseur besoek om te beplan en advies te ontvang.• ToekomsplanneStudente wat gradueer kan akademiese adviseurs of die betrokke dienste nader vir geleenthede en inligting oor die werksomgewing.

• Akademiese advies: kwartaal 3Akademiese adviseurs help studente om te besin oor die resultate van die eerste semester en verleen die nodige ondersteuning.• Registrasie: tweede semesterStudente kan akademiese adviseurs oor registrasie vir akademiese advies en moontlike aanpassings aan hul studieprogram nader.• Kyk weer na doelstellings en doelwitteStudente kyk weer na hul doelstellings en doelwitte en evalueer hul vordering.

SEMESTER 1

SEMESTER 2

KWARTAAL 1

KWARTAAL 3

KWARTAAL 2

KWARTAAL 4

Page 6: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

Belangrike inligting:Jou amptelike UV e-posadres ([email protected]) moet gereeld besoek word. Hierdie e-posadres is die amptelike elektroniese kommunikasiekanaal tussen die universiteit en die student. Neem asseblief kennis dat ander e-posadresse nie gebruik sal word nie.

Om jou e-pos te lees, gaan na http://www.ufs4life.ac.za. Neem asseblief kennis dat die wagwoord vir jou e-pos jou NOVELL-wagwoord is wat die universiteit aan jou verskaf en dat hierdie wagwoord gereeld verander moet word vir sekuriteitsdoeleindes. Indien jou wagwoord verval het, kan jy https://selfservice.ufs.ac.za besoek om dit te verander. Jy sal via sms ‘n eenmalige PIN-kode ontvang wat jou sal toelaat om jou wagwoord te verander. Dit is raadsaam om die sekuriteitsvrae vooraf op te stel by die selfdoen-platform, aangesien dit die proses sal vergemaklik as jy jou wagwoord vergeet het. Alternatiewelik kan die studentehulptoonbank by Inligtingstegnologie en Kommunikasietegnologiedienste (IKT) geskakel word by 051 401 2442.

Die reëls van die Universiteit van die Vrystaat is in alle opsigte op jou van toepassing tydens jou studie.• Algemene reëls kan van jaar tot jaar verander. Maak seker dat jy voor registrasie

vertroud is met die toepaslike reëls. Die reëls kan besigtig word op die UV se webblad by www.ufs.ac.za.

• Kurrikulumsamestelling vind in ooreenstemming met fakulteitsreëls plaas. Indien daar enige onsekerheid of onduidelikhede oor graad-/modulekodes bestaan, word jy ten sterkste aanbeveel om akademiese advies in te win voordat jy registreer. Die fakulteite se reëlboek is beskikbaar op die UV se webblad by www.ufs.ac.za.

TO

EL

AT

ING AKADEMIESE ADVIES: VOOR

REGISTRASIEDit is verpligtend vir ALLE EERSTEJAARSTUDENTE om die akademiese adviesprogram by te woon voordat registrasie plaasvind. • Afstandsonderrigstudente in die Fakulteit Regsgeleerdheid

wat deur middel van die e-Leer-program studeer, kan die e-Leer-hulptoonbank kontak by [email protected].

• Goedgekeurde afstandsonderrigstudente in die programme BSc (Bourekenkunde) en BSc (Konstruksiebestuur) kan die departement kontak by [email protected].

• Studente wat probleme ondervind met modules wat nie op die elektroniese selfdiensproses aanvaar word/verskyn nie, moet hierdie probleme op die kampus kom oplos, ongeag of die studie op die kampus of weg van die kampus (Afstandsonderrig of e-Leer-studente) aangebied word. Geen navrae/goedkeurings per e-pos of faks kan aanvaar word nie.

• Kurrikulumadvies/goedkeuring sal vir alle eerstejaarstudente in die lokaal soos aangedui in die program verskaf word vanaf 16–23 Januarie 2015.

· Module inligting is ook beskikbaar op Blackboard vir alles afstand-onderrig, e-leer en residensiële studente.

AKADEMIESE ADVIESPROGRAM:Akademiese adviesprogram: aan alle eerstejaarstudente (inwonend en nie-inwonend)

Studente in die Fakulteite Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Natuur- en Landbouwetenskappe, Opvoedkunde, Regsgeleerdheid en Teologie wat met hul eerste jaar van studie vir ’n voorgraadse kwalifikasie begin, kan voor registrasie van 16 tot 23 Januarie 2015 akademiese advies verkry.

Lokaal Tyd 16 Januarie 2015Callie Human-sentrum 08:00 – 10:00 BEd Grondslagfase

10:30 – 13:00 BEd Intermediêre Fase13:00 – 16:30 BEd Senior en Verdere Onderwys- en Opleidingsfase

Tyd en lokaal 19 Januarie 2015 20 Januarie 2015 21 Januarie 2015 22 Januarie 2015 23 Januarie 201508:00–12:00Callie Human- sentrum

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe: Privaatsektorbestuur-kwalifikasies

Fakulteit Regsgeleerdheid: alle kwalifikasies

Fakulteit Geesteswetenskappe: alle kwalifikasies behalwe BSocSc (Mens en Samelewingsdinamika), B (Maatskaplike Werk) en BA (Menslike Bewegingskunde)

Fakulteit Geesteswetenskappe: Slegs BSocSc (Menslike en Samelewingsdinamika), B (Maatskaplike Werk) en BA (Menslike Bewegingskunde)

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe: alle kwalifikasies

Page 7: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

6

KO

VSI

EG

IDS

20

15

12:00–16:30Callie Human- sentrum

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe: Openbaresektor-bestuur en Rekeningkunde-kwalifikasies

Fakulteit Regsgeleerdheid: alle kwalifikasies

Fakulteit Geesteswetenskappe: alle kwalifikasies behalwe BSocSc (Mens en Samelewingsdinamika), B(Maatskaplike Werk) en BA(Menslike Bewegingskunde)

Fakulteit Geesteswetenskappe: Slegs BSocSc (Menslike en Samelewingsdinamika), B(Maatskaplike Werk) en BA(Menslike Bewegingskunde)

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe: alle kwalifikasies

08:00 – 16:30Fakulteit Gesondheids-wetenskappe

Advies vir kwalifikasies in Skool vir Geneeskunde, Aanvullende Gesondheidsweten-skappe en Verpleegkunde vind plaas by die fakulteit

Advies vir kwalifikasies in Skool vir Geneeskunde, Aanvullende Gesondheidsweten-skappe en Verpleegkunde vind plaas by die fakulteit

Advies vir kwalifikasies in Skool vir Geneeskunde, Aanvullende Gesondheidsweten-skappe en Verpleegkunde vind plaas by die fakulteit

Advies vir kwalifikasies in Skool vir Geneeskunde, Aanvullende Gesondheidsweten-skappe en Verpleegkunde vind plaas by die fakulteit

Advies vir kwalifikasies in Skool vir Geneeskunde, Aanvullende Gesondheidswetenskappe en Verpleegkunde vind plaas by die fakulteit

Modules word soos volg aangebied:· Eerstesemestermodules – Januarie tot Junie (Mei/Junie-eksamen)· Tweedesemestermodules – Julie tot November (Oktober/November-eksamen)· Jaarmodules – Januarie tot November (Oktober/November-eksamen)

TO

EL

AT

ING

Persoonlike en elektroniese registrasie op kampus

Registrasie vind plaas in die Eksamensentrum by EXR4.Eerstejaarstudente registreer van 16 tot 23 Januarie 2015 van 08:00 tot 16:30. Personeel is teenwoordig vir hulp en ondersteuning.

Studente in die volgende kategorieë registreer persoonlik op die kampus:• Modules wat vir geleentheidstudie aangebied word• Modules wat nie binne die betrokke kurrikulum figureer nie• Studente wat vir verlengde programme registreer• Studente wat vir ’n graad in Verpleegkunde registreer• BML-graad by die UV-Besigheidskool• Buitelandse studente (nie-RSA-burgers) kan nie elektronies registreer nie. Kontak asseblief die Internasionale Kantoor.

Page 8: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

NB: Studente in die Fakulteit Opvoedkunde (GOS/NPDO) – registrasies word hanteer deur die Skool vir Oopleer op die Suid-kampus.

Die volgende moet byderhand wees wanneer jy vir registrasie aanmeld:• ’n Swart pen• Jou aktiewe studentenommer (indien studie vir langer as ’n kalenderjaar

onderbreek is, sal jou nommer onaktief wees)• Die deposito-advies/betalingsbewys ten opsigte van:

• Vereiste voorgeskrewe vooruitbetaling (deposito) op klasgelde of bewys van ’n gereserveerde of reeds toegekende beurs/lening.

• Indien van toepassing:• Bewys van betaling ten opsigte van die aansoek vir ’n voorwaardelike

vrystellingsertifikaat, of die hernuwing daarvan• Bewys van betaling van verskuldigde gelde• Bewys van vooruitbetaling van koshuisgeld• Bewys van die bedrag betaalbaar deur internasionale studente

• Numeriese kode van jou kwalifikasie• Die alfanumeriese kodes van die modules waarvoor jy wil registreer• Identiteitsdokument: Suid-Afrikaanse burgers moet hul identiteitsdokument

byderhand hê, of ’n afskrif daarvan, of ’n aanvaarbare bewys ter stawing van die identiteitsnommer

• Buitelandse studente wat lesings/werksessies hoofsaaklik op die kampus gaan bywoon, moet in besit van die volgende wees:

• ’n Reeds uitgereikte studiepermit vir die studie aan die Universiteit van die Vrystaat, met ’n afskrif daarvan

• ’n Geldige paspoort• Bewys van volle mediese dekking vir die duur van studie – ook

van toepassing op studente met permanente verblyfpermitte en asielsoekers

• Bevestigingsbrief van die departement (UV) ten opsigte van studiestatus (voltyds of deeltyds) volgens die kurrikulum

• Geel kaart: bewys van immunisasie• Chinese studente: HOSA-briewe

LW: Uitstel vir registrasie sal nie verleen word indien bewys van dokumente nie betyds beskikbaar is nie. In hierdie verband word benadruk dat buitelandse studente reeds voor aanmelding vir registrasie in besit van die vereiste dokumente moet wees.

RE

GIS

TR

AT

ION

VERANDERING VAN KWALIFIKASIE: VOOR REGISTRASIE’n Voornemende student wat van kwalifikasie wil verander voordat hy/sy registreer, moet ’n DV2-vorm voltooi en self toesien dat die vereiste goedkeuring, soos verlang op die DV-vorm [kwalifikasiekode en modulekode(s)], bekom word.

Veranderings het betrekking op die volgende studente:Studente wat vir die eerste keer aansoek gedoen het om toelating tot studie aan die universiteit en ’n ander kursus wil volg as waarvoor aanvanklik aansoek gedoen is, en wat nog nie geregistreer is nie (DV2).DV2-vorms is verkrygbaar by die toonbank van Akademiese Studentedienste in die George du Toit-gebou, kamer 163/Callie Human-saal tydens registrasie.DV2-vorms kan ingedien word by die George du Toit-administrasiegebou, kamer 163 deur die jaar of by die Callie Human-saal tydens registrasie.

Moduleregstellings vind egter gedurende die registrasietydperke plaas.• Eerste semester: 12 Januarie 2015 tot 6 Februarie 2015• Tweede semester: 20–24 Julie 2015

VERREKENING VAN MODULE EN LOKAALROOSTER VOOR REGISTRASIEDit is van uiterste belang dat studente die module- en lokaalrooster (soos op die UV se webblad gepubliseer) in berekening bring voordat hulle registreer, om roosterbotsings te voorkom.

BEWYS VAN REGISTRASIELW: Dit is die student se verantwoordelikheid om te verseker dat sy/haar registrasie korrek uitgevoer is (korrekte studiekode/modulekode(s)/ sentrum van aanbieding). Uitstel van registrasie sal nie toegestaan word indien bewys van dokumentasie nie betyds beskikbaar is nie. Internasionale studente moet daarop let dat alle nodige dokumentasie beskikbaar is voor registrasie. Die laaste datum van registrasie is 6 Februarie 2015. Geen faks of e-pos sal vir registrasie aanvaar word nie.

• Nadat die vaslegging van modules afgehandel is, sal ’n bewys van registrasie beskikbaar wees.

• ’n Bewys van registrasie word tydens persoonlike registrasie by die registrasiepunt uitgereik. ’n Bewys van registrasie kan ook tydens die aanlyn-selfhelpregistrasie uitgedruk word.

• Moenie jou tyd mors en lesings bywoon wat nie op jou registrasiebewys verskyn nie. Amptelike uitslae kan in sulke gevalle weerhou word en alle moontlike akademiese krediete wat verwerf is, sal verbeur word.

• Kampusstudente moet so gou moontlik ná registrasie hul diktate by Eksamenlokaal 7 (EXR 7) gaan afhaal.

Page 9: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

8

KO

VSI

EG

IDS

20

15

• Afstandsonderrigstudente in BSc (Bourekenkunde) en BSc (Konstruksiebestuur) moet ter bevestiging van hul registrasie, die registrasiebewys per faks aan mev Van Wyk stuur by +27(0) 51 401 2165, sodat studiemateriaal van geregistreerde modules aangestuur kan word.

• e-Leer-studente, BML-studente uitgesluit, moet hul afgehandelde registrasie aan die e-Leer-hulptoonbank bevestig by: [email protected].

• Module-inligting beskikbaar op Blackboard is van toepassing op Afstandsonderrig-, e-Leer- en residensiële studente.

ʼn Amptelike bewys van registrasie kan ook versoek word van die navraagtoonbank by Studenterekords en Registrasie-afdeling in die George du Toit-gebou, eerste vloer, of die relevante fakulteitsbeampte by:• Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe: [email protected]• Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Bestuurskool: [email protected]• Fakulteit Gesondheidswetenskappe: [email protected]• Fakulteit Geesteswetenskappe: [email protected]• Fakulteit Regsgeleerdheid: [email protected]• Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe: [email protected]• Fakulteit Opvoedkunde: [email protected]• Fakulteit Teologie: [email protected]

VERANDERING VAN MODULES: NÁ REGISTRASIE8

KO

VSI

EG

IDS

20

15T

OE

LA

TIN

G

Kansellasie van modulesNadat ’n akademiese registrasie gedoen is, kan veranderings (kansellasie/staking van modules) deurlopend deur alle studente deur middel van die selfdiensproses gedoen word.Eerste semester: 15 Februarie 2015, kansellasie met finansiële krediet.Indien modules van die eerste semester en jaarmodules ná 15 Februarie 2015 gestaak word, word geen finansiële krediet vir eerstesemestermodules toegestaan nie, terwyl die helfte van die kursusgelde van jaarmodules nie terugbetaalbaar is nie.Tweede semester: 15 Augustus 2015, kansellasie met finansiële krediet. Indien modules van die tweede semester en jaarmodules ná 15 Augustus 2015 gestaak word, word geen finansiële krediet toegestaan nie.

Byvoeging van modulesNadat ’n akademiese registrasie gedoen is, kan bykomende modules tot 6 Februarie 2015 elektronies bygevoeg word. Eerste semester: 2-6 Februarie 2015Tweede semester: 20-24 Julie 2015Wysigings kan gemaak word via die selfdiensplatform by www.ufs.ac.za/registreer2015 of persoonlik op kampus.Versoeke moet nie by dosente/departemente ingedien word nie. Versoeke per pos/faks/e-pos/telefoon sal nie aanvaar word nie. ’n Addisionele bedrag van R240 per module is betaalbaar vir modules wat met

toestemming bygevoeg word ná kursuskontroledag (6 Februarie 2015).

Kontrole van registrasieStudente moet op die laaste dag van wysigings (eerste semester: 6 Februarie 2015) of vroeër – seker maak dat hulle korrek geregistreer is, aangesien dit finansiële/beursimplikasies mag inhou.

Ná hierdie datum kan geen modules meer vir registrasie deur ’n student bygevoeg word nie. Modules vir die eerste semester asook jaarmodules kan tot en met 15 Februarie 2015 gekanselleer word. Modules vir die tweede semester kan tot en met 24 Julie 2015 geregistreer word. Tweedesemestermodules kan tot en met 15 Augustus 2015 gekanselleer word.

Onvoltooide of gestaakte modules van ’n betrokke jaar kan nie na ’n volgende jaar oorgedra word nie, en impliseer dus ’n nuwe registrasieproses wat gevolg moet word.

Foutiewe moduleregistrasiesFoutiewe registrasies kan in gemotiveerde gevalle voor die aanvang van eksamens met koste reggestel word, op voorwaarde dat die module(s) in dieselfde vakgebied is, bv indien ’n student vir EBUS2714 in plaas van EBUS2715 geregistreer is. ’n Addisionele bedrag van R100 per module is betaalbaar vir die verandering van modulekodes ná kursuskontroledag.

Page 10: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

VERANDERING VAN KWALIFIKASIE NÁ REGISTRASIE

’n Geregistreerde student wat van kwalifikasie wil verander, moet ’n DV2-vorm voltooi en self toesien dat die vereiste goedkeuring vanaf die programdirekteur/fakulteitsbestuurder, soos op die DV2-vorm [kwalifikasiekode en modulekode(s)] verlang, bekom word. Die DV2-vorm is beskikbaar op die UV se webblad by www.ufs.ac.za/registreer2015.

Hierdie veranderings het betrekking op die volgende studente:Studente wat vir ’n betrokke kwalifikasie geregistreer is en voor voltooiing van die kwalifikasie na ’n nuwe kwalifikasie wil oorskakel, voltooi ’n DV2-vorm. DV2-vorms is verkrygbaar by die toonbank vir Akademiese Studentedienste in die George du Toit-gebou of op die UV se webblad by www.ufs.ac.za/registreer2015.DV2-vorms kan ingedien word by die George du Toit-gebou, kamer 163/Callie Human-saal tydens registrasie. Moduleregstellings vind egter gedurende die registrasietydperke plaas.Eerste semester: 2–6 Februarie 2015Tweede semester: 20–24 Julie 2015.

Neem asseblief kennis van die volgende prosedure:Studente wat reeds geregistreer is vir 2015, sal die volgende stappe moet neem om hul studierigting en registrasie te wysig:

1. Kanselleer alle geregistreer modules vir 2015 (selfs al is die modules dieselfde vir die nuwe kwalifikasie).

2. Handig DV2/3 vorm in by relevante kantoor/toonbank tydens die registrasieproses (Kamer 163 in die George du Toit-administrasiegebou/Callie Human-saal).

3. Registreer vir nuwe kwalifikasie en modules elektronies aanlyn/selfdiens op kampus (www.ufs.ac.za/registeer2015 / EXR4).

BYWONING VAN LESINGS/WERKSESSIES: KAMPUS- EN AFSTANDONDERRIGSTUDENTE

Voornemende studente moet teen 6 Februarie 2015 (1ste semester) en 24 Julie 2015 (2de semester) geregistreer wees. Geen lesings/kontaksessies mag vanaf 9 Februarie 2015 bygewoon word sonder dat amptelik daarvoor geregistreer is nie.

LW: Studente in afstandonderrig/i-Leer-programme/e-Leer-programme sal nie toegang tot studiemateriaal/die i-Leer-platform hê alvorens hulle amptelik daarvoor geregistreer is nie.

Kontroleer jou registrasiebewys (beskikbaar ná vaslegging van registrasiedata) om seker te maak dat jy wel vir die betrokke module(s) wat jy wil volg, geregistreer is.

Ten spyte van die bywoning van klasse/werksessies en moontlike indiening van toetse/werkstukke, sal geen uitslae of akademiese krediet vir modules verleen word indien daar nie amptelik vir die module geregistreer is nie.

TO

EL

AT

ING

ALGEHELE KANSELLASIE/STAKING VAN STUDIEDie kennisgewing van staking kan soos volg geskied:• Studente kan modules deurlopend gedurende die jaar van registrasie self

op die Oracle PeopleSoft-selfdiensblad kanselleer/staak (www.ufs.ac.za/registeer2015), behalwe tydens die eksamenperiodes (die stelsel sal gesluit wees vanaf die datum waarop semesterpunte gepubliseer is tot die einde van die eksamenperiode).

• ’n Kennisgewing van staking van akademiese registrasie kan ná die registrasieproses en deurlopend deur die jaar by die betrokke administratiewe fakulteitsbeampte in die George du Toit-gebou op die relevante registrasievorm ingedien word.

• ’n Student wat reeds die universiteit verlaat het en wat hul studie algeheel wil kanselleer/staak, moet die kennisgewing per aangetekende pos stuur aan:Die Senior Direkteur: Akademiese StudentedienstePosbus 339 | BLOEMFONTEIN | 9300

LW: Die datum waarop die kennisgewing by die universiteit ingedien/ontvang word, sal vir die doeleindes van berekening van die verskuldigde bedrag as die datum van kennisgewing beskou word. Jaarmodules word op die eerste semester geregistreer en moet gevolglik ook daar gekanselleer/gestaak word (termyn 2151).Let asseblief op die keerdatums vir finansiële krediet:• Eerste semester, laaste dag: 15 Februarie 2015• Tweede semester, laaste dag: 15 Augustus 2015

LW: Geen kansellasies per faks/telefoon/e-pos sal aanvaar word nie.• Maatskaplikewerkstudente moet voor kennisgewing van kansellasie/staking

by die Departement Maatskaplike Werk aanmeld. • Verpleegkundestudente moet voor kennisgewing van kansellasie by die Skool

vir Verpleegkunde aanmeld. • Studente wat verblyf het in een van die kampuswonings, moet ʼn kansellasievorm

by die Departement Behuising- en Koshuisaangeleenthede voltooi.

FINANSIËLE AANSPREEKLIKHEID IN DIE GEVAL VAN STAKING/KANSELLASIEMinimum koste: Indien ’n student al sy/haar kursusse voor 15 Februarie 2015 kanselleer, is hy/sy aanspreeklik vir ’n minimum bedrag van R1 750 tensy hy/sy vir een of meer kursusse geregistreer is waarvan die prys of die somtotaal van die prys minder as R1 750 is. Die minimum stakingstarief sal ook gehef word vir studente wat vir die eerste keer in Julie registreer en al hulle tweedesemestermodules voor 15 Augustus 2015 kanselleer.

Sperdatums vir kansellasieEerstesemestermodules en jaarmodules:Indien staking ná 15 Februarie 2015 plaasvind, word geen finansiële krediet vir eerstesemestermodules toegestaan nie, terwyl die helfte van die kursusgelde vir jaarmodules nie terugbetaalbaar is nie.

Tweedesemestermodules en jaarmodules:Indien staking ná 15 Augustus 2015 plaasvind, word geen finansiële krediet vir tweedesemester- en/of jaarmodules toegestaan nie.

ADRESVERANDERING OF VERANDERING VAN KONTAKBESONDERHEDE

Dit is die student se verantwoordelikheid om die universiteit op hoogte te hou van adresveranderings of verandering van kontakbesonderhede.

Page 11: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

10

KO

VSI

EG

IDS

20

15

Hoewel die inligting in hierdie gids so noukeurig moontlik saamgestel is, aanvaar die Raad en Senaat geen verantwoordelikheid vir enige foute of weglatings nie.

GELDE BETAALBAAR

LW: • Bedrae is vir studente van Suid-Afrika en (SAOG) wat op die Bloemfontein-kampus geregistreer is.• Die ooreenkoms wat uit die toelating of registrasie van ’n student voortvloei, sal ongeag die

metode van registrasie, beskou word as in Bloemfontein gesluit.• Die registrasie van ’n student word eers amptelik nadat die voorgeskrewe gelde betaal is en ’n

amptelike bewys van registrasie en kwitansie aan die student uitgereik is.

Betalings voor registrasie (Bedrae onderhewig aan verandering)Eerste registrasiegeleentheid (Januarie 2015)SA studente Internasionale studenteInwonende studente R12 980 R21 040Nie-inwonende studente R6 870 R11 870

Tweede registrasiegeleentheid (Julie 2015)SA studente Internasionale studenteInwonende studente R12 980 Alle gelde betaalbaar vir die tweede semesterNie-inwonende studente R6 870 Alle gelde betaalbaar vir die tweede semester

Vooruitbetalings is betaalbaar vyf (5) werksdae voor registrasie. Die bedrae vooruitbetaalbaar moet op studente se klasgeldrekeninge reflekteer voordat studente met registrasie kan voortgaan. Indien die klasgeld minder is as die bedrae vereis, is die volle bedrag betaalbaar.

Studente wat met finansiële hulp (beurs/lening) studeer: Slegs SA studente

Indien die finansiële hulp (beurs/lening) nie al die gelde vir die jaar dek nie, is die bedrag vooruitbetaalbaar vyf (5) werksdae voor registrasie. Die bedrag vooruitbetaalbaar moet as ‘n kriediet op die student se klasgeldrekening weerspieël word voordat die student met registrasie kan voortgaan. Indien die klasgeld minder is as die bedrag vereis, is die volle bedrag betaalbaar.

In gevalle waar finansiële bystand (beurs/lening) ontvang word en alle kostes vir die hele jaar gedek word, sal die bedrag vooruitbetaalbaar verminder word met die bedrag van die finansiële hulp.

Bewys van die beurs/lening moet vyf (5) werksdae voor registrasie na 051 401 3579 gefaks word. Die OORSPRONKLIKE BEWYS van die beurs/lening moet tydens registrasie getoon word.

LW: Ons wil dit graag onder u aandag bring dat, vir sekuriteitsredes, geen geld gedurende die registrasieproses in die registrasielokale ontvang sal word nie.

10

KO

VSI

EG

IDS

20

15G

EL

DE

Page 12: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

GE

LD

E Klasgeld word per module gehef. Programpryse sal wissel ooreenkomstig die modules waarvoor geregistreer word en is beraamde gemiddelde kostes per jaar. Internasionale nie-SAOG-studente betaal die werklike moduleprys + 50%.

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

PrivaatsektorbestuurBeskrywing van Programme ProgrampryseBCom R30 115BCom (Ekonomie) R29 390BCom (Beleggingsbestuur en Bankwese) R31 575BCom (Menslike Hulpbronbestuur) R28 750BCom (Bemarking) R26 110BCom (Entrepreneurskap) R28 425BCom (Regte) R31 500BCom-vierjaarkurrikulum R27 060

OpenbaresektorbestuurBeskrywing van Programme ProgrampryseBAdmin R27 305BAdmin-vierjaarkurrikulum R27 060

RekenmeestersopleidingBeskrywing van Programme ProgrampryseBRek R35 930BCom (Rekeningkunde) R30 475

Fakulteit GeesteswetenskappeBeskrywing van Programme ProgrampryseBA R26 015BA (Menslike Bewegingskunde) R27 110BA (Regeerkunde en Politieke Transformasie) R25 210BA (Kommunikasiekunde) met spesialisering in Korporatiewe en Bemarkingskommunikasie

R30 930

BA (Kommunikasiekunde) met spesialisering in Mediastudie en Joernalistiek

R29 810

BA (Drama- en Teaterkuns) R25 745

Sosiale WetenskappeBeskrywing van Programme ProgrampryseBSocSc (Mens- en Samelewingsdinamika) R26 760Baccalaureus in Maatskaplike Werk R24 965

Fakulteit GesondheidswetenskappeSkool vir GeneeskundeBeskrywing van Program ProgramprysMBChB R41 260

Skool vir Aanvullende GesondheidsberoepeBeskrywing van Programme ProgrampryseB Optometrie R36 170BSc (Fisioterapie) R36 285B Arbeidsterapie R30 410BSc (Dieetkunde) R33 090

Skool vir Verpleegkunde

Beskrywing van Program ProgramprysBSocSc Verpleegkunde R25 230

Fakulteit Natuur- en LandbouwetenskappeBeskrywing van Programme ProgramprysFisika R32 920Chemie R32 920Biologie R32 920Geologie R29 855Mikrobiologie R31 080Inligtingstegnologie R33 040Verbruikerswetenskappe R34 355BArch Stud R36 020BSc (Bourekenkunde) R29 100BSc Agric R38 145

Fakulteit OpvoedkundeBeskrywing van Program ProgramprysBEd R25 660

Fakulteit RegsgeleerdheidBeskrywing van Program ProgramprysLLB R29 560

Fakulteit TeologieBeskrywing van Programme ProgrampryseBDiv R25 710BTh R25 710

LW: Alle programpryse kan nie gepubliseer word nie. Kwotasies vir amptelike UV-programme is aanlyn beskikbaar. Besoek die webblad www.ufs.ac.za en volg die volgende skakels: Studente-Klasgelde-Kwotasies.

PROGRAMPRYSE 2015

Page 13: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

12

KO

VSI

EG

IDS

20

15

Boeke Geld vir boeke kan vooraf in ’n aparte rekening inbetaal word. Die bedrag betaal, word oorgeplaas na die student se studentekaart. Die studentekaart kan gebruik word om boeke van verskaffers by die Thakaneng-brug te koop.Aan die einde van elke akademiese jaar sal alle krediete wat op die boekegeldrekening beskikbaar is outomaties na die klasgeldrekening oorgeplaas word.

ParkeerskyfiesMotorvoertuie en motorfietse: R50Parkeerskyfies is jaarliks hernubaar en voor einde Februarie betaalbaar by Beskermingsdienste. Die Nasionale verkeersregulasies geld ook op kampus. Alle uitstaande boetes word op studenterekeninge geplaas.

Onderdakparkering vir koshuisstudenteToegekende parkeerplek: R490Hierdie bedrag is nie terugbetaalbaar wanneer die student sy/haar koshuis verlaat nie.

StudentekaartVervanging van beskadigde of verlore kaart: R65

ElektrisiteitsheffingYskas in koshuis (per jaar): R270–R335 per jaar

KampusheffingKoshuisstudente: R300Nie-inwonende studente: R180Nagraadse (M- en PhD-grade), e-Leer-studente en studente wat by die Skool vir Oopleer geregistreer is en wat nie op die kampus woon nie, betaal nie ’n kampusheffing nie.

Studentedagboek: R65

Beurse en lenings

Die aandag van beurshouers word daarop gevestig dat hulle verantwoordelik is om toe te sien dat beursdonateurs betyds en volgens universiteitsregulasies betaal. Beurshouers moet die beursinstansie van hulle rekeningbesonderhede voorsien. Indien ’n beursgewer die rekening nie betyds betaal nie, sal rente gehef en teen die rekening gedebiteer word en sal die student of sy/haar ouers of voog vir die betaling van rente verantwoordelik wees.

Reëls in verband met geld

LW: Klas- en losiesgelde is ten volle betaalbaar, ongeag of enige dienste wat deur die universiteit verskaf word, ontwrig word deur toestande buite die universiteit se beheer, bv stakings, studenteboikotte, openbare onrus of enige ander ontwrigting op die kampus.

WysigingsDie Raad stel alle universiteitsgelde vas, maar kan dit enige tyd wysig. Die gewysigde bedrag sal op aanvraag betaalbaar wees.

BetaaldatumsKlasgeld word per kursus of semester bereken. Losiesgeld word ook per semester bereken. Alle bedrae moet soos volg betaal word, of ’n rekening ontvang is al dan nie. (Die verantwoordelikheid berus by die student om die universiteit op hoogte te hou van sy/haar korrekte posadres, e-posadres en kontaknommers en om navraag te doen indien hy/sy nie ’n rekening ontvang nie.)

12

KO

VSI

EG

IDS

20

15G

EL

DE

SA studenteEerste semester: Alle geld vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart 2015.Tweede semester: Alle geld vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 31 Augustus 2015.

Internasionale studenteEerste semester: Alle geld vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart 2015.Tweede semester: Alle geld vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 30 Junie 2015.Alle ander bedrae, insluitend huiskasgeld, is betaalbaar nie later nie as die einde van die maand wat volg op die maand waarin die transaksie op die rekeningstaat voorkom, tensy die regulasies spesifiek anders bepaal.

Agterstallige geldIndien ’n student agterstallig is met die betaling van enige rekening van die universiteit, is die universiteit geregtig om, ongeag of die student reëlings getref het vir die verlenging van tyd of andersins, te weier om enige eksamenskrifte na te sien, state van uitslae, studierekords, gewaarmerkte eksamenroosters en eksamenuitslae te verskaf totdat die agterstallige bedrae aan die universiteit betaal is.Gedragsertifikate, gewaarmerkte verklarings en sertifikate vir grade/diplomas sal eers uitgereik word nadat alle agterstallige gelde aan die universiteit betaal is.

Rente op agterstallige rekeningeBy versuim om teen die voorgeskrewe datums te betaal, kan die universiteit, afgesien van die uitoefening van enige ander regte, rente op die verskuldigde bedrae hef teen ’n rentekoers gelykstaande aan die prima bankkoers soos gehef deur ABSA Bank +2%, bereken vanaf die datum waarop elke bedrag betaalbaar is tot die datum van betaling.

Page 14: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

Hanteringkoste in geval van terugbetalingsDit gebeur van tyd tot tyd dat daar ’n kredietbalans, om welke rede ook al, op die rekening van ’n student aan die Universiteit van die Vrystaat ontstaan. Die betrokke student versoek dan dat die bedrag aan hom of haar uitbetaal word.

Enige kredietbalanse op studenterekeninge sal slegs uitbetaal word indien – • alle universiteitsgeld (bv klasgeld en verblyfkoste)

van die betrokke student vereffen is; en• die nodige dokumentasie, soos voorgeskryf deur die

Departement Finansies van die Universiteit van die Vrystaat (‘die Departement’), behoorlik voltooi en by die departement ingedien is.

Kredietbalanse sal verder slegs uitbetaal word aan die persoon wat op die aansoek om toelating bevestig dat hy/sy verantwoordelik is vir die betaling van die student se gelde (‘die Betaler’). Kredietbalanse sal aan geen ander persoon uitbetaal word sonder die skriftelike toestemming van die Betaler nie.

Kredietbalanse op die rekeninge van studente wat met die hulp van beurse of studentelenings studeer, sal slegs aan die student uitbetaal word met die skriftelike toestemming van die instansie wat die betrokke beurs of lening aan die student toegeken het. Waar finansiële steun ontvang word, sal terugbetalings streng volgens instruksies op die beurs-/leningsbrief geskied.

Die prosessering van ’n terugbetalingseis neem ’n minimum van vyf (5) werksdae.

Hanteringskoste:Terugbetalings R1 tot R5 000: R70Terugbetalings R5 001 tot R10 000: R140Terugbetalings R10 001 tot R15 000: R210Terugbetalings R15 000>: R280VT-tjek: R175

In gevalle waar tjeks deur die bank na die trekker verwys word, sal die student se klasgeldrekening met R160 gedebiteer word. Wanneer, as gevolg van ‘n VT-tjek, die student nie meer voldoen aan die finansiële vereistes vir registrasie nie, kan die student se studies met onmiddellike effek gekanselleer word.

Notas en StudiemateriaalPryse van aanvullende notas kan nie gekwoteer word nie aangesien hierdie pryse nie vas is nie. Notas/studiemateriaal word outomaties voorberei wanneer ’n student registreer en word dienooreenkomstig gehef teen die klasgeld-rekening. Dit is die student se verantwoordelikheid om die studiemateriaal af te haal.

HerregistrasieIndien ’n student nie sy/haar volle rekening van die universiteit ten opsigte van die vorige jaar (studieleningsrekening uitgesluit) betaal het nie, is die universiteit geregtig om, ongeag of die student reëlings getref het vir die verlenging van tyd of andersins, te weier om die student toe te laat om te herregistreer alvorens die betrokke rekening nie ten volle vereffen is nie.

Foutiewe registrasieIndien die universiteit ’n student tot enige graad of kursus toelaat of daarvoor registreer en dit later mag blyk dat die student nie daarvoor kwalifiseer nie, bly die student aanspreeklik vir alle bedrae (ingesluit, maar nie beperk tot registrasiegeld, klasgeld en losiesgeld nie) wat betaalbaar is soos in geval van ’n student wat sy/haar studies staak, en die reëls en regulasies wat daarop van toepassing is, geld mutatis mutandis.

LaatregistrasietariefIndien goedkeuring aan ’n student vir registrasie van ’n module ná die afsnydatum vir registrasie verleen word, word ’n bykomende bedrag van R240 per module vir laat registrasie gehef. Dissiplinêre maatreëls’n Student bly finansieel aanspreeklik, selfs al sou hy/sy deur enige regulasie of reël van die universiteit verhinder word om met sy/haar studies vir ‘n graad, diploma of individuele kursusse voort te gaan.

WanbetalingIndien ’n student versuim om sy/haar rekening van die universiteit te vereffen, is die universiteit, ondanks enige ander regte, geregtig om die rekening aan ’n prokureur te oorhandig vir invordering.

Afslag op klas- en/of koshuisgeldIndien drie of meer studente as afhanklikes van dieselfde gesin (kinders, stiefkinders, aangenome kinders, maar uitgesonder aangetroude of getroude kinders) gelyktydig by die universiteit studeer en/of inwoon, word die volgende afslag toegestaan (slegs op die bedrag betaalbaar op koshuisverblyf en modules waarvoor studente geregistreer is):Drie (3) studente: 10%Vier (4) en meer studente: 15%

Die volgende bepalings vir afslag sal van toepassing wees:• Afslag mag slegs vir voltydse voorgraadse studente geëis word.• Afhanklikes/studente moet almal jonger as 26 jaar wees.• Studente wat enige vorm van finansiële hulp vir klas- en/of

losiesgeld ontvang, kwalifiseer nie vir hierdie afslag nie.• Die afslag sal herbereken word indien een of meer van die

genoemde studente studie staak of die koshuis verlaat.• Skriftelike aansoek moet vir afslag gedoen word en volle

besonderhede van die betrokke studente moet verskaf word.• Afslag mag slegs vir die huidige akademiese jaar geëis word.

GE

LD

E

Page 15: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

14

KO

VSI

EG

IDS

20

15

Finansiële aanspreeklikheid vir losiesgeldVerlating van die koshuisIndien ’n student die koshuis gedurende die jaar verlaat, moet hy/sy die universiteit skriftelik per geregistreerde pos in kennis stel (gerig aan: Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede, Steyn-anneks) of persoonlik by dié gebou kennis gee.Die student sal verantwoordelik gehou word vir die vaste koste soos van jaar tot jaar bepaal. Indien ’n student gedurende die kwartaal sy/haar verblyf staak, sal hy/sy vir die volle kwartaal verantwoordelik gehou word. Besonderhede is op aanvraag beskikbaar.

Skade aan universiteitseiendomEnige skade waarvoor ’n student aanspreeklik is as gevolg van die verlies of beskadiging van universiteitseiendom, sal direk teen sy/haar rekening gedebiteer word.

Diefstal van, of skade aan persoonlike eiendomDie universiteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir die diefstal of beskadiging van studente se eiendom nie.

Inwoning in koshuis sonder registrasie as studentIndien ’n student in ’n koshuis inwoon, maar die koshuis verlaat voordat hy/sy vir ’n kursus geregistreer is, sal hy/sy teen die gewone tarief aanspreeklik gehou word vir die periode in die koshuis ingewoon.

KansellasieprosedureIndien ’n student die koshuis gedurende die jaar verlaat, moet die universiteit skriftelik in kennis gestel word. ’n Kansellasievorm moet by die Afdeling Behuising en Koshuisaangeleenthede bekom, ingevul en ingehandig word. Die datum van inhandiging hiervan, of die kansellasiedatum (welke datum ook al die laaste datum is) sal as die amptelike kansellasiedatum geag word. ’n Bewys van die inhandiging van die kansellasievorm sal aan die student oorhandig word.

OnrusLosiesgeld sal betaalbaar wees, ongeag of enige diens wat deur die universiteit verskaf word, deur omstandighede buite die universiteit se beheer ontwrig word, bv stakings, studenteboikotte, openbare onrus of enige ander ontwrigting op die kampus.

BetaaldatumsSA studente: Die losiesgeld vir die eerste semester is voor of op 31 Maart betaalbaar en vir die tweede semester voor of op 31 Augustus van dieselfde jaar.Internasionale studente: Losiesgeld vir die eerste semester is voor of op 31 Maart betaalbaar en vir die tweede semester voor of op 30 Junie van dieselfde jaar.

Metodes van betalingRekeninge kan op die verskillende maniere soos voorheen genoem, vereffen word.

AK

KO

MM

OD

AS

IE

AKKOMMODASIEBetaling van koshuisgeldeGelde (mans- en dameskoshuise)

Dubbelkamer gedeel

Enkelkamer Paraplegies

Junior koshuise R19 060/jaar R21 235/jaarSenior koshuise R19 380/jaar R23 910/jaarNuwe koshuise (Outeniqua en ConLaures)

R27 460/jaar R29 860/jaar R33 365/jaar

Reserveringsdeposito (eerste plasing in koshuis)’n Bedrag van R1 720 is betaalbaar as ’n reserveringsdeposito.Die reserveringsdeposito sal verbeur word wanneer ’n student of voornemende student aan wie verblyf toegeken en gereserveer is, nie opdaag nie, of in gevalle soos gespesifiseer in die aansoek om verblyf.Die reserveringsdeposito kan met die alleen-diskresie van die universiteit gebruik word om enige gebeurlikhede wat koste, verliese, skade, boetes, ens, tot gevolg het, te verhaal.

Terugbetaling van reserveringsdepositoDie reserveringsdeposito sal slegs in die volgende gevalle terugbetaal word:• Indien ’n voornemende student wat aansoek gedoen het nie aan

die toelatingsvereistes voldoen nie.• Indien ’n voornemende student aansoek om toelating tot ’n

kursus gedoen het waarvoor keuring nodig is en die student nie deur die universiteit vir die betrokke kursus gekeur word nie.

• Indien ’n voornemende student te sterwe kom.• Indien ’n voornemende student genoodsaak word om

die bespreekte plek om mediese redes te kanselleer en ’n bevredigende mediese sertifikaat kan voorlê.

• Indien ander buitengewone omstandighede die universiteit sou oortuig dat terugbetaling van die geld geregverdig is.

• Indien ’n student aan die einde van sy/haar verblyftydperk die koshuis verlaat.

• Hierdie deposito sal op versoek na die student se klasgeldrekening oorgeplaas word nadat die student die koshuis verlaat het en ander uitstaande geld sal daarteen verreken word.

Kansellasieheffing• ’n Student wat ’n plek in ’n koshuis bespreek het, maar nie

opdaag nie, sal vir die betaling van ’n bedrag van R1 720 aanspreeklik gehou word.

• ’n Student wat ’n plek in ’n koshuis bespreek het, maar dit na 30 November kanselleer, sal vir die betaling van ’n bedrag van R1 720 aanspreeklik gehou word.

Page 16: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

WAAR OM TE BETAALABSA BankEnige takNaam van rekening: Universiteit van die VrystaatTakkode: 630734 | Rekeningnommer: 1570 151 688

Verwysingsnommer: een van die volgende:100 direk gevolg deur die studentenommer as die betaling vir klasgeld en akkommodasie is101 direk gevolg deur die studentenommer as die betaling vir etes is102 direk gevolg deur die studentenommer as die betaling vir boeke is

Verwysingnommers vir DEPOSITO’S103 direk gevolg deur studentenommer vir akkommodasie-reserveringsdeposito104 direk gevolg deur studentenommer vir MBChB-reserveringsdeposito105 direk gevolg deur studentenommer vir MBChB-skeletdeposito106 direk gevolg deur studentenommer vir Bourekeningkunde-reserveringsdepositoFaks depositostrokie aan +27(0) 51 401 3579

PoskantoorEnige takVerwysingsnommer: studentenommerFaks depositostrokie aan +27(0) 51 401 3579

InternetU moet die universiteit by enige tak van u bank as ’n begunstigde registreer.Gebruik dieselfde ABSA-bankbesonderhede as bogenoemde.Verwysingsnommer soos vir ABSA BankFaks bewys van transaksie aan +27(0) 51 401 3579

Aanlyn-kredietkaartbetalingsfasiliteiteBy http://studentportal.ufs.ac.zaLW: Wanneer hierdie fasiliteit vir betalings gebruik word, word amptelike UV-studentenommers vereis.Thakaneng-brug: KassierekantoorMaandag tot Vrydag: 08:30–14:30

SAMBABetalings met SAMBA-kaarte kan gemaak word by die kassiere op die Thakaneng-brug.

Toegang tot persoonlike klasgeldrekening: Selfhelpdiens van die UV Studente kan via die Selfhelpdiens van die UV toegang verkry tot hul persoonlike klasgeldrekeninge. Besoek die webblad www.ufs.ac.za en volg die volgende skakels: Studente-Klasgelde-My Rekening. Die gebruikersnaam is die studentenommer van die student. Die aanvanklike wagwoord word deur die UV se Inligtings- en Kommunikasietegnologiedienste verskaf. Studente word aangeraai om hul wagwoorde so gou as moontlik om sekuriteitsredes te verander.

AK

KO

MM

OD

AS

IE

KOSHUISEETSAALSPYSENIERING

Betaalde etes word daagliks op ’n kafeteria-basis in die eetsale van Soetdoring en Roosmaryn voorsien en hoef nie vooraf bespreek te word nie. Etes kan ook by die verskeie wegneemete-winkels op die Thakaneng-brug gekoop word.Ten einde te verseker dat studente etes kan bekom, word aan die begin van die jaar ’n bedrag van R330 op elke student se etegeldrekening gekrediteer, maar is eers beskikbaar nadat die student geregistreer het. Totdat die student registreer, moet etes kontant aangekoop word. Hierdie verpligte voorskot word teen die studente se klasgeldrekening gedebiteer, en is bykomend tot die gewone bedrag betaalbaar.Geen kontant word vir die aankoop van etes benodig nie. Elke student deponeer volgens sy/haar begroting fondse vir etes by die UV-kassiere by die Thakaneng-brug langs die ABSA-tak, waarna dit binne 48 uur op die studentekaart gekrediteer sal word. Die studentekaarte kan by die koshuiseetsale en sommige eetplekke op die Thakaneng-brug as betaling gebruik word en sal altyd aanvaar word solank ’n batige saldo beskikbaar is. Kontant aankope kan ook gedoen word.Navrae: Studentekaartkantore: +27(0) 51 401 2799/3337

Vooruitbetaling van etegeldEtegeld word vooraf in ’n aparte rekening inbetaal. Indien ’n student se etekrediet gedurende die jaar uitgeput raak, kan hy/sy ’n aanvullende bedrag in kontant op sy/haar etegeldrekening inbetaal. Indien daar aan die einde van die jaar ’n onbestede bedrag op ’n student se etegeldrekening is, sal die bedrag na sy/haar klasgeldrekening oorgedra word.

KLASGELDNAVRAEVoorgraadse studente: +27(0)51 401 3003 | +27(0)51 401 2806 | +27(0)51 401 2817 | +27(0)51 401 9090 | +27(0)51 401 9670

Nagraadse studente: +27(0) 51 401 9537 • Personeel-studievoordele | +27(0) 51 401 9668 Faksnommer: +27(0) 51 401 3579 | E-pos | [email protected]

Page 17: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior

16

KO

VSI

EG

IDS

20

15

ALGEMENE INLIGTING EN AANSPREEKLIKHEIDOngevalleAangesien die universiteit slegs sy eie risiko’s verseker, kan dit nie aanspreeklik gehou word vir ongevalle wat studente mag oorkom nie. Studente word dus aangeraai om self persoonlike ongevalleversekering uit te neem.

Skade aan persoonlike besittings van studenteDie universiteit kan nie vir die verlies of beskadiging van studente se persoonlike besittings aanspreeklik gehou word nie. Koshuisinwoners laat ook gedurende vakansies hul besittings op eie risiko in die koshuise. Studente word gevolglik aangeraai om hul besittings self te verseker. Beskerm jou en die universiteit se eiendom. Enige skade en/of diefstal moet by die Afdeling Beskermingsdienste gerapporteer word. Onderskei tussen pret en misdaad en respekteer ander se eiendom.

Voertuie op kampusStudente met voertuie op kampus word aangeraai om SASRIA (oproerversekering) op hulle voertuie uit te neem. Alle studente, personeellede en lede van die publiek wat die paaie van die UV gebruik, moet ’n toegangspermit voor einde Februarie elke jaar bekom wat deur die universiteit se Beskermingsdienste uitgereik word teen ‘n bedrag wat van tyd tot tyd aangepas word. Die skyfie moet op die voorruit vertoon word.

Indien jy versuim om ’n toegangspermit te bekom, kan jy ’n verkeersboete ontvang. Persone wat die paaie op die universiteitskampus gebruik of op die terrein parkeer, doen dit op eie risiko en die universiteit aanvaar geensins aanspreeklikheid vir enige ongeval, verlies of skade nie. Enige skade en/of diefstal moet egter by die Afdeling Beskermingsdienste gerapporteer word.

AL

GE

ME

NE

IN

LIG

TIN

G E

N A

AN

SP

RE

EK

LIK

HE

ID

Page 18: Kovsiegids - University of the Free Stateapps.ufs.ac.za/media/dl/userfiles/documents/News... · • Fakulteit Geesteswetenskappe in die Wynand Mouton-teater ... · Die Nasional Senior