4
No. 672 Februarie 2020 GEDAGTE VIR DIE MAAND Kommunie - Arno Meiring Die filosoof, Charles Tay- lor, sê ons is almal sekulêre mense. By n erediens vroeër vanjaar het ek vertel hoe hy ver- duidelik dat ons oor die laaste vyfhonderd jaar so afgestomp geraak het, dat ons nie meer oop is vir n groter (geestelike) werk- likheid nie, en dat ons geneig is om onsself toe te sluit in n baie eensame, klein wêreldjie. Nòg n simptoom van n sekulêre wêreldbeskouing is dat ons vir God ekskarneer”. Taylor verduidelik dat baie mense glo dat God inderdaad bestaan, maar dat God nie regtig deelneem aan ons gewone le- wens nie. God is hoogstens die Skepper wat sy skepping gebou het soos n goeie masjien; die aarde gaan nou maar sy gang volgens die reëls en wette wat God in die begin inge- programmeer hetOns haal God uit ons vleis uit, uit ons le- wens uit, en verwag nie om God in ons gewone dinge raak te loop nie. Vir hierdie kwaal, glo Taylor, is die Nagmaal of Kom- munie die beste medisyne! Wan- neer ons die Nagmaal vier, neem ons die liggaam en bloed van ons Here in ons eie lywe in. Ons ontdek weer dat die Here vir ons ontmoet en sorg en vrymaak en genees; dat Hy inkarneer”. Boonop gee die Here hierdie geskenke vir ons in mekaar; ons ontdek sy liefde in die ge- meenskap van gelowiges of community of communion”. As ons dus saam brood breek, of som- mer net saam eet, as ons vir mekaar bid of raadgee of ver- sorg, breek ons uit ons droë, sekulêre selle, en beleef ons die God wat ons oorskry. Mag ons hierdie jaar in ons verskillende aktiwiteite – van eredienste en groeigroepe tot feeste en kaskar die Here se aktiewe, ingrypen- de liefde, weer en weer sien.

Kommunie D · 2020. 2. 19. · No. 672 Februarie 2020 GEDAGTE VIR DIE MAAND Kommunie-Arno Meiring Die filosoof, Charles Tay- lor, sê ons is almal sekulêre mense. By ‘n erediens

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Kommunie D · 2020. 2. 19. · No. 672 Februarie 2020 GEDAGTE VIR DIE MAAND Kommunie-Arno Meiring Die filosoof, Charles Tay- lor, sê ons is almal sekulêre mense. By ‘n erediens

No. 672 Februarie 2020

GEDAGTE VIR DIE MAAND

Kommunie - Arno Meiring Die filosoof, Charles Tay-

lor, sê ons is almal sekulêre

mense. By ‘n erediens vroeër

vanjaar het ek vertel hoe hy ver-

duidelik dat ons oor die laaste

vyfhonderd jaar so afgestomp

geraak het, dat ons nie meer oop

is vir ‘n groter (geestelike) werk-

likheid nie, en dat ons geneig is

om onsself toe te sluit in ‘n baie

eensame, klein wêreldjie.

Nòg ‘n simptoom van ‘n

sekulêre wêreldbeskouing is dat

ons vir God “ekskarneer”. Taylor

verduidelik dat baie mense glo

dat God inderdaad bestaan,

maar dat God nie regtig

deelneem aan ons gewone le-

wens nie. God is hoogstens die

Skepper wat sy skepping gebou

het soos ‘n goeie masjien; die

aarde gaan nou maar sy gang

volgens die reëls en wette wat

God in die begin inge-

programmeer het… Ons haal

God uit ons vleis uit, uit ons le-

wens uit, en verwag nie om God

in ons gewone dinge raak te loop

nie.

Vir hierdie kwaal, glo

Taylor, is die Nagmaal of Kom-

munie die beste medisyne! Wan-

neer ons die Nagmaal vier, neem

ons die liggaam en bloed van

ons Here in ons eie lywe in. Ons

ontdek weer dat die Here vir

ons ontmoet en sorg en vrymaak

en genees; dat Hy “inkarneer”.

Boonop gee die Here hierdie

geskenke vir ons in mekaar;

ons ontdek sy liefde in die ge-

meenskap van

gelowiges of

“community of

communion”.

As ons dus

saam brood

breek, of som-

mer net saam

eet, as ons vir

mekaar bid of

raadgee of ver-

sorg, breek ons

uit ons droë,

sekulêre selle, en beleef ons die

God wat ons oorskry. Mag ons

hierdie jaar in ons verskillende

aktiwiteite – van eredienste en

groeigroepe tot feeste en kaskar

– die Here se aktiewe, ingrypen-

de liefde, weer en weer sien.

Page 2: Kommunie D · 2020. 2. 19. · No. 672 Februarie 2020 GEDAGTE VIR DIE MAAND Kommunie-Arno Meiring Die filosoof, Charles Tay- lor, sê ons is almal sekulêre mense. By ‘n erediens

LIEF EN LEED

REDAKSIE

Arno Meiring

Gerhard vd Linde

UNIVERSITEITSOORD

Telefoon: 012 3620663/4

Posbus 11100, Hatfield, 0028

E-pos:

[email protected]

Webwerf:

www.universiteitsoord.co.za

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Universiteitsoord

ABSA Takkode 632005

Tjekrekening

540 580 006

Sondag 1 Maart 9:30 Arno Meiring Gesinsdiens: Jana de Lange 19:00 Arno Meiring

Sondag 8 Maart 9:30 Jana de Lange 19:00 Jana de Lange

Sondag 15 Maart 9:30 Fritz Snyman (Nagmaal) Gesinsdiens: Arno Meiring 19:00 Fritz Snyman (Nagmaal)

Sondag 22 Maart 9:30 Paul Grobler 19:00 Bernice Serfontein

Sondag 29 Maart 9:30 Ronél Meylahn 19:00 Ronél Meylahn

Sondag 5 April 9:30 Arno Meiring Gesinsdiens: Fritz Snyman 19:00 Jana de Lange

Goeie Vrydag 10 April 8:00 Fritz Snyman (Nagmaal) 9:00 Kruisdra

Sondag 12 April 6:00 Sonsopkoms by Klapperkop 9:30 Arno Meiring 19:00 Arno Meiring

Sondag 19 April 9:30 Jana de Lange Gesinsdiens: Arno Meiring

EREDIENSROOSTER

As daar een ding is wat Uni-

versiteitsoord goed kan doen, is dit

Eerstejaarskampe! Met meer as 40

jaar se Eerstejaarskamp-ervaring, is

dit nog steeds een van ons jaarlikse

hoogtepunte en 2020 was geen

uitsondering.

Universiteitsoord het vanjaar

889 studente by hulle Eerste-

jaarskamp ontvang! Nadat die

kamp se getalle oor die jare af-

geneem het, het dit oor die laaste

drie jaar weer begin omkeer. Vir

die huidige geslag dominees was

die inskrywings vir vanjaar se kamp

’n rekordgetal, waaroor ons baie

dankbaar is.

Die Eerstejaars en hul ouers

is op 20 Januarie ontvang met ’n

spesiale verwelkomingserediens.

Vanjaar het ons ook ’n mini-basaar

gehou om die atmosfeer en

saamkuier nog meer feestelik te

maak. Daarna het die drie stu-

dentewyke se Eerstejaars vertrek

na hul onderskeie kampterreine.

Dit was ’n week vol speletjies,

sport, nuwe vriende, lofprysing en

aanbidding en ’n geleentheid om

jou studentelewe saam met God te

begin.

Die weeklange kamp het

uitgeloop op ’n Eerstejaarsdiens op

26 Januarie waar hulle die groot

Universiteitsoord kerkgebou lekker

vol gesit en vol gesing het. Op die

oomblik is die Eerstejaars, saam

met die res van die gemeente, be-

sig met ’n spesiale oriënterings-

preekreeks om die jaar reg af te

skop.

Dink veral aan ons Eerste-

jaarstudente en bid vir hulle in

hierdie besondere oorgangstyd in

hulle lewe.

Studente Bedieningsraad 2020

‘n Nuwe Rekord - Arno Meiring

Op Sondag 9 Februarie is die Lede van die 2020 Studente Bedieningsraad bevestig.

Voorsitter: Mark Reynders (heel regs)

Ondervoorsitter: Megan Potgieter (voor, tweede van links)

Gaan kyk gerus op ons Facebook-blad vir meer inligting oor hierdie oulike groep

studente.

Page 3: Kommunie D · 2020. 2. 19. · No. 672 Februarie 2020 GEDAGTE VIR DIE MAAND Kommunie-Arno Meiring Die filosoof, Charles Tay- lor, sê ons is almal sekulêre mense. By ‘n erediens

EERSTEJAARSKAMP 2020

Page 4: Kommunie D · 2020. 2. 19. · No. 672 Februarie 2020 GEDAGTE VIR DIE MAAND Kommunie-Arno Meiring Die filosoof, Charles Tay- lor, sê ons is almal sekulêre mense. By ‘n erediens

BOEKERUBRIEK

Rescuing the church from consumerism -Gerhard van der Linde

Clavier, Mark. 2013. Rescuing the church from consumerism. London: SPCK.

Clavier skryf dat hy in 2007,

na `n kort tydperk van afsondering

in Mepkin Abbey, besef het dat

God verder voel, hoe meer ons

lewens deur allerlei vorme van ver-

maak oordonder word. Hy is getref

deur die “ugliness of modern

life” (bl. xi), wat meesal bots met

ons natuurlike wêreld.

Hy het begin ondersoek in-

stel na die konsep van vreugde

(“delight”), wat hom gelei het na

Middeleeuse mistici soos Bonaven-

tura en Julian van Norwich. Hy glo

dat hulle “vision of a divine delight

that underpins all creation” (bl. xii)

`n alternatief bied vir die behoefte

aan verbruik op soek na `n eie

identiteit. In hoofstukke 1 tot 3

bied Clavier `n oorsig van wat die

verbruikerskultuur behels. Dit het

volgens hom `n soort sekulêre reli-

gie geword, met sy eie

“sakramente”.

`n Studie wat in die 1970s by

Stanford gedoen is, het bevind dat

mense se gedragspatrone in terme

van `n beperkte aantal “consumer

lifestyles” beskryf kan word (bl.

11). Verbruikers definieer hulle

identiteit daarvolgens. Die ver-

bruikerskultuur gaan enersyds

daaroor om “in te pas” by `n

bepaalde leefstylgroep, andersyds

“it is about having something else…

not simply buying but shopping…is

the heart of consumerism” (bl. 14).

Danksy globalisering kan ver-

bruikers deel wees van `n

“consumer tribe” wat nie aan enige

spesifieke plek of kultuur gebonde

is nie. Kulturele diversiteit maak

plek vir `n eenvormige globale ver-

bruikerskultuur. Kinders word van

kleins af ingewy hierin deur die

bemarking van handelsmerke.

Hulle word deel van `n digitale

ekosisteem waardeur selfs hulle

verbeeldingswêreld gekommodi-

fiseer en gevorm word. Teen ado-

lessensie word verbruik aangedryf

deur die najaag van wat “cool” en

“trendy” is. Dit is `n proses wat op

sigself voed, in die sin dat enige

produk net `n tyd lank “cool” en

“trendy” bly voor dit moet plek

maak vir die volgende nuwigheid.

Volgens Clavier is die lewensaar

van die “cult of coolness” die digi-

tale ekosisteem wat altyd en orals

toeganklik is. In die volwasse lewe

word die verbruikerskultuur selfs

oorgedra na verhoudings, in-

sluitende die huwelik, wat be-

oordeel word in terme daarvan of

dit wedersyds voordelig is.

Clavier skryf dat die koms

van massabemarking in die 1950s

grootliks bygedra het tot die ag-

teruitgang van die kerk in Brittanje.

Wat hy beskryf as die

“commodification of Christiani-

ty” (bl. 57) kan ook in Suid-Afrika

waargeneem word. Geestelike

musiek (sogenaamde “gospel”) is

gekommersialiseer en verdring

tradisionele kerkmusiek; hele in-

dustrieë ontstaan rondom geeste-

like inisiatiewe en dit word soos

handelsmerke bemark - dink

byvoorbeeld aan die “Jabesgebed”;

lidmate “doen inkopies” tot hulle

`n kerk van hulle keuse vind; `n

kultuur ontstaan waarin mense bly

glo maar hulle nie aan enige kerk

verbind nie (“belief without be-

longing”, bl. 56). Kerke moet ge-

bruikersvriendelik word anders

verloor hulle lidmate; musiek en

ander aspekte word hierby

aangepas.

Clavier skryf dat spiritualiteit

deesdae formele godsdiens

vervang. In lyn met die verbrui-

kerskultuur word Christelike prak-

tyke buite historiese konteks

herverpak en gekombineer met

ander praktyke soos Zen

Boeddhisme. Geestelike “modes”

kom en gaan. Aspekte van die

Christelike tradisie, soos byvoor-

beeld die Enneagram word

herverpak as `n nisproduk en teg-

niek vir selfverwesenliking.

Clavier se diagnose lyk in die

algemeen akkuraat, maar wat is

die oplossing? In die verband stel

Clavier voor dat gelowiges terug-

keer na die begrip van die kerk as

die oikos, die huishouding van God.

Hy verwys na die Britse filosoof

Roger Scruton se bespreking van

hierdie begrip in sy boek Green

philosophy. `n Sleutelbegrip is

oikophilia, “the love of home” (bl.

95). Die kerk se rol, aldus Clavier,

is om binne `n sekere konteks `n

gemeenskap te wees waarin men-

se in liefde gevorm word deur litur-

giese aanbidding, wedersyde

toegeneentheid en bediening aan

die wêreld.