20
8. Baie dankie aan die Dorslandtrekkers wat nog die stang vasbyt! 9. In Afrika word daar nie volgens tydskedules gewerk nie. Ons vorder dus baie stadig met twee aangeleenthede, naamlik, regstellende aksie en partybefondsing. Lees die persverklaring wat ons na die jaarvergadering uitgereik het. 10. Parlementêre Slaggate doen weer ‘n beroep op u gewete oor die opvoeding en toekoms van u kinders en klein kinders. 11. Baie dankie ook aan die getroue staatmakers wat hulle N$50-00 gestuur het om die nuusbrief te ontvang. As u nog nie u ledegeld vir hierdie boekjaar betaal het nie, vertrou ons dat u hierop gaan reageer asseblief. Met vriendelike groete. J.W.F. Pretorius VOORSITTER: MONITOR AKSIEGROEP MONITOR AKSIEGROEP OMSENDNUUSBRIEF Nr. 3/2008 NOVEMBER 2008 OPGESTEL EN GEPUBLISEER DEUR DIE DAGBESTUUR VAN MAG 80808 WINDHOEK 252008 FAX: 229242 e-pos: [email protected] www.monitor.iway.na Geagte Vriend/Vriendin 1. Ek kan dit byna nie glo dat dit ons derde en laaste omsendbrief van die jaar is nie. Ons het dus ook nog verder net drie nuusbriewe voor die belangrike verkiesing in November 2009. 2. Briefwisseling is die gedwonge uitweg wat ons volg. Hoe onvolmaak en gebrekkig dit ookal is. Ons het nie die mannekrag of die finansies om ‘n ander strategie te volg nie. Ons maak totaal staat op u verantwoordelikheidsgevoel. 3. Baie dankie dus aan die getroue groepie wat gereeld reageer. Dit is aan julle en genade van Bo te danke dat Monitor Aksiegroep dit reggekry het om ‘n belangrike vastrapplek in die Nasionale Vergadering te kry. Dit is net ‘n moet dat ons volgende jaar vir mnr. Jurie Viljoen weer ‘n plek in die loopgrawe moet oopveg. Anders gaan ‘n stem om ons SAAK te stel, stilgemaak word. 4. Lees asseblief met aandag die oproepe wat in die pers op u gemaak word om u te laat registreer; of maak seker oor waar u vorige registrasiekaart gebêre is; sorg dat u enige tyd gereed is om te kan stem. 5. Mnr. Jurie Viljoen se rapport, uit die Parlement, behoort u te laat besef hoe ‘n eensame stryd hy voer. Hy sal terugvoering verwelkom. 6. Die middelste invoegsel, in hierdie nuusbrief, gaan ons herhaal in die volgende nuusbriewe. As u reeds u vorm ingevul het, gee hierdie vir ‘n vriend. As elkeen van u nie vir 10 (tien) kiesers verantwoordelikheid gaan aanvaar nie, gaan ons dit nie maak nie! Ons maak staat op u en vertrou u sonder dat u nodig het om te rapporteer oor wat u gedoen het. 7. Omdat Geloftefees vir baie niksseggend is, plaas ons weer iets daaroor. Dit is hartseer om te sien hoe ander bevolkingsgroepe in Namibië, veral na onafhanklikheid, wakker geskrik het om lewe te blaas in hulle volksfeeste en die groot hoeveelheid publisiteit wat daaraan verleen word. Wat veral die Afrikaner se volksfeeste betref, word daar politiek korrek en “nie-rassisties” opgetree deur selfs ons Afrikaners, dit wil sê dit word net verswyg omdat dit aanstoot mag gee. Geseënde Kersfees en ’n Voorspoedige 2009 aan u en u familie

Kliek hier - iway

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Kliek hier - iway

NOVEMBER 2008 1

8. Baie dankie aan die Dorslandtrekkers wat nog die stang vasbyt!

9. In Afrika word daar nie volgens tydskedules gewerk nie. Ons vorder dus baie stadig met twee aangeleenthede, naamlik, regstellende aksie en partybefondsing. Lees die persverklaring wat ons na die jaarvergadering uitgereik het.

10. Parlementêre Slaggate doen weer ‘n beroep op u gewete oor die opvoeding en toekoms van u kinders en klein kinders.

11. Baie dankie ook aan die getroue staatmakers wat hulle N$50-00 gestuur het om die nuusbrief te ontvang. As u nog nie u ledegeld vir hierdie boekjaar betaal het nie, vertrou ons dat u hierop gaan reageer asseblief.

Met vriendelike groete.

J.W.F. PretoriusVOORSITTER: MONITOR AKSIEGROEP

MONITOR AKSIEGROEP

OMSENDNUUSBRIEF Nr. 3/2008 NOVEMBER 2008

OPGESTEL EN GEPUBLISEER DEUR DIE DAGBESTUUR VAN MAG

80808 • WINDHOEK • 252008 • FAX: 229242 e-pos: [email protected] • www.monitor.iway.na

Geagte Vriend/Vriendin

1. Ek kan dit byna nie glo dat dit ons derde en laaste omsendbrief van die jaar is nie. Ons het dus ook nog verder net drie nuusbriewe voor die belangrike verkiesing in November 2009.

2. Briefwisseling is die gedwonge uitweg wat ons volg. Hoe onvolmaak en gebrekkig dit ookal is. Ons het nie die mannekrag of die finansies om ‘n ander strategie te volg nie. Ons maak totaal staat op u verantwoordelikheidsgevoel.

3. Baie dankie dus aan die getroue groepie wat gereeld reageer. Dit is aan julle en genade van Bo te danke dat Monitor Aksiegroep dit reggekry het om ‘n belangrike vastrapplek in die Nasionale Vergadering te kry. Dit is net ‘n moet dat ons volgende jaar vir mnr. Jurie Viljoen weer ‘n plek in die loopgrawe moet oopveg. Anders gaan ‘n stem om ons SAAK te stel, stilgemaak word.

4. Lees asseblief met aandag die oproepe wat in die pers op u gemaak word om u te laat registreer; of maak seker oor waar u vorige registrasiekaart gebêre is; sorg dat u enige tyd gereed is om te kan stem.

5. Mnr. Jurie Viljoen se rapport, uit die Parlement, behoort u te laat besef hoe ‘n eensame stryd hy voer. Hy sal terugvoering verwelkom.

6. Die middelste invoegsel, in hierdie nuusbrief, gaan ons herhaal in die volgende nuusbriewe. As u reeds u vorm ingevul het, gee hierdie vir ‘n vriend. As elkeen van u nie vir 10 (tien) kiesers verantwoordelikheid gaan aanvaar nie, gaan ons dit nie maak nie! Ons maak staat op u en vertrou u sonder dat u nodig het om te rapporteer oor wat u gedoen het.

7. Omdat Geloftefees vir baie niksseggend is, plaas ons weer iets daaroor. Dit is hartseer om te sien hoe ander bevolkingsgroepe in Namibië, veral na onafhanklikheid, wakker geskrik het om lewe te blaas in hulle volksfeeste en die groot hoeveelheid publisiteit wat daaraan verleen word. Wat veral die Afrikaner se volksfeeste betref, word daar politiek korrek en “nie-rassisties” opgetree deur selfs ons Afrikaners, dit wil sê dit word net verswyg omdat dit aanstoot mag gee.

Geseënde Kersfees en ’n

Voorspoedige 2009 aan u

en u familie

Page 2: Kliek hier - iway

2 NOVEMBER 2008

Sedert ek die voorreg gehad het om die tydige publikasie van Professor E.L.P. Stals se boek WIE IS JY? te kon lees, en veral oor die dae van MAG se AJV wat gehou is die 12de September vanjaar, het ek, waar ek besig was met ’n taamlike moeilike toer van ’n groep Duitsers deur ons land, Botswana en tot in Zambië, baie gepeins oor wat vir ons voorlê in ons mooi land, en veral met die aanloop tot, en uiteinde van, die komende verkiesing, hier, in 2009.Veral daar langs die “magtige” Zambezi-rivier, toe maar taamlik laag, maar nog steeds besonder indrukwekkend, het ek gewonder oor “my” mede-Afrikaner en Boer.....en of ons uiteindelik sal kom by die potensiaal wat daar in elkeen van ons opgesluit lê om self iets aan ons eie heil te begin doen (én díe van ons kinders en kindskinders....) ~ opstaan en betrokke raak.....? Iemand wéés!  ......Sou die uitroep wat 300 jaar (1707) gelede deur Ben Biebouw (sien onderaan bladsy 1 ~ Inleiding ~ van bogenoemde boek) darem nou uiteindelik by ons jonger geslag (Ben B was óók ’n jong mens!) na vore kom en gestalte kry in optrede???? Sou ons oor die komende maande ’n noodsááklike betrokkenheid kry by ons jonger geslag ~ verál vir die verkiesing wat voorlê in 2009? ~ Sodat ons sóveel stemme kan werf dat ons Jurie met twee of meer makkers na die Parlement kan stuur.....? Dit is wél moontlik, hoor! En ook daarná, vir die werk wat voorlê vir die selfbehoud van die Afrikaner en Boer se geskiedenis soos tasbaar beoog om gedoen te word met die opbou van die (beoogde ~ en nodige) “Bittereinder Argief” en Museum?Ek is by verre nie die beste persoon om hierdie appél te rig tot “my/ons?” mede-Afrikaner en Boer nie, maar ek wil tóg by wyse hiervan baie opreg ’n nederige bydrae lewer om, deur ons gereëlde en eersvolgende omsendskrywe aan elke MAG-enersdenkende,  en verál Afrikaner en Boer,  die oproep oor te dra dat ons tog begin betrokke raak by ons eie saak om om te sien na die Afrikaner- en Boere-saak in Namibië!.......ASSEBLIEF.....Ter wille van u en u kinders se toekoms.......     

“IK BEN EEN AFRIKAANDER”deur ‘n Gebore Duitser

Afrikaans is die jongste taal in die wêreld wat ook in die skryfkuns, digkuns, wetenskap, ensovoorts beslag gekry het. Met sy wortels stewig in Europa se taalgemeenskap is dit ook aangevul uit die Ooste sowel as Afrika.

Baie interessant is dat in die ou Suidwes-Afrika een van die grootste vegters vir die erkenning en bevordering van Afrikaans, die eerste redakteur van Die Suidwes-Afrikaner was, naamlik Ernst Allister Schlengemann. Hy het ’n Duitse vader en ’n Engelse moeder gehad.

Net so het die skrywer van die artikel hierbo, naamlik, “Ek ben een Afrikaander”, mnr. Gernot Wilfred Schaaf, ’n Duitse pa en ’n Engelse ma gehad met Engels as huistaal.

“DIT IS SOOS VINKEL EN KOLJANDER – DIE EEN IS

SOOS DIE ANDER”deur Koos Pretorius Collin Benjamin van die Donkerhoek gedeelte in Katutura, wat op

sy dae vir die Civic Football Club in Namibië gespeel het, is in 2000 na Duitsland en vanaf 2001 speel hy vir die Hamburg Fussball Club. In ’n onderhoud met die New Era, laat hy hom onder meer soos volg uit:“Coming from Namibia, it was very easy to adjust to the German culture and I also had little difficulties in negotiating my way around the language barrier because German is very similar to Afrikaans – Namibia’s most spoken lingo.We had this guy from Holland going by the name of Rapheal van der Vaart and the two of us struck up a good relationship when he arrived at Hamburg because I could easily relate to him in Afrikaans, which is quite similar to Dutch. There is a great atmosphere amongst all the players at Hamburg, but naturally the black dudes would always chill together, never mind whether they are from Peru, Brazil or Africa.”

DUITS EN AFRIKAANS HELP SWART SOKKERSPELER!

Deur Koos Pretorius

As ons lees in gemelde boek wát alles deur die (maar klein) groepie Afrikaner- en Boere-voorsate histories self begin doen is..... selfs in die vroegste geskiedenis in ons land......daar was tóe geen ander mense/groep wat na ons heil omgesien het nie en netso sal daar in die toekoms geen ander mense/groep wees wat na ons heil sal omsien nie.....dit is nou maar klaar! Ons sal net self moet begin om iets, vir onsself, daar te stel, te doen!My grondige beroep op elkeen wat hierdie briefie lees is net eenvoudig ~ Kom asseblief na vore net met u gewilligheid om die ou klein bietjie betrokkenheid te gee tot ONS SAAK om te sorg dat die werk wat Mnre Koos Pretorius en nou Jurie Viljoen, so bitterlik alleen en sonder openlike ondersteuning, getrou en lojaal gee in die “praathuis” en andersins, nie vergeefs sal wees nie......?!Raak asseblief betrokke by die/u plaaslike ou wat MAG se saak nog elke verkiesing in u eie omgewing bedryf het! u Weet gewis wie dit is, of, indien hy/sy nie aan u bekend is nie, kan u MAG HK skakel by 061-252008 of sel nommer 081 276 8478 of by my uitvind 064-405454, (wanneer ek nie met toergidsing “uithuisig” sal wees nie.) ~ Maar laat dan u naam en telefoon nr by my eggenoot. Skakel tog asseblief so gou moontlik net na iemand, ons kan nie wag om te begin nie, daar moet sommer nou reeds begin word........maar nie Koos of Jurie of enigiemand anders nie, kan nie vir u self begin doen nie .....u moet self begin!!!!!Vanaf Swakopmund met ’n denkbeeldige lyn Ooswaarts en Noordwaarts, is u welkom om met my te skakel en sal ek u graag behulpsaam wees sover enigsins moontlik. En as u oor die Desember/Januarie tydperk langs die Weskus is, en u het “spaar  tyd”, skakel gerus met my, u sal altyd welkom wees ~ ook enige tyd daarná!   ......u Mede-Afrikaner, u mede-Boere, u kinders en kindskinders het u hulp nodig.......want hulle wil nie niemand wees nie.......Opregte en hartlike wense dat u sál reageer,Afrikaner-en Boere-groete,Gernot Schaaf.  

Page 3: Kliek hier - iway

NOVEMBER 2008 3

Die vraag kan hier gestel word, “Waarom die klem op die Afrikaner val en nie op die Blanke, of vir ons doel ook die Basters en die Bruinmense nie?”Dit hang saam met die feit dat ons ons beywer in Tradisionele owerhede vir alle gemeenskappe in Namibië waarvan op hierdie stadium slegs die Blankes, Basters en Bruinmense uitgesluit is. Die Blankes sluit onder meer die kultuurgroepe van Afrikaans, Duits, Engels en Portugees in. Die Afrikaanse taalgemeenskap sluit dus ook Basters, Bruinmense en Blankes in.Volgens die definisie van ’n “gemeenskap” in die Wet op Tradisionele Owerhede word ’n gemeenskap gebaseer op ’n kultuurgroep en nie ’n rassegroep nie. Dit lees soos volg:“lid”, in verhouding tot –

(a) ’n tradisionele gemeenskap, beteken ’n persoon van wie een of beide ouers aan daardie tradisionele gemeenskap behoort, en sluit enige ander persoon in wat deur ’n huwelik of aanneming deur ’n lid van daardie tradisionele gemeenskap of deur enige ander omstandighede die kultuur en tradisie van daardie tradisionele gemeenskap aangeneem het en aanvaar

word deur die tradisionele gemeenskap as lid daarvan;

(b) ’n tradisionele owerheid, beteken ‘n opperhoof, ’n hoof van ’n tradisionele gemeenskap, ’n senior tradisionele raadslid, of ’n tradisionele raadslid;”

“tradisionele gemeenskap” beteken ’n inheemse homogene, endogame sosiale groep persone wat bestaan uit families wat afstam van eksogame groepe wat dieselfde voorvaders, taal, kulturele erfenis, gebruike en tradisies deel, wat ’n gemeenskaplike tradisionele owerheid erken en ’n gemeenskaplike kommunale gebied bewoon, en mag insluit die lede van daardie tradisionele gemeenskap wat buite die gemeenskaplike kommunale gebied woon;”Wetlik het ons dus net die reg om ’n tradisionele owerheid vir ’n bepaalde kultuurgemeenskap te vra, alhoewel ons in beginsel vir almal veg. Ons kan nie sonder ’n mandaat spesifiek namens ander taal of kultuurgroepe optree nie, al wil ons dit in beginsel doen. Selfs die Ovambobevolkingsgroep se tradisionele owerhede, insluitende hulle “Konings” is volgens hulle dialekte ingedeel.

Ons hou van reaksie! Van ons goeie vriend Ewert Benade en sy vrou Nita, die volgende e-pos deurgegee onder die titel:

EKSKUURSTE DWARSBOOM ONTWIKKELING

“Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?”“Ek was honger!”

So lui ’n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag destyds in hulle kindertyd gelag het – min vermoedend dat hierdie situasie nog in hulle leeftyd ’n werklikheid sou word.Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons dus maar vandag oor ’n paar sake reguit praat: ’n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Boerevolk na die Tweede Vryheidsoorlog nie.Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë, ’n swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdrukkers, goed kon versorg.Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en uiteindelik

bo uitgekom sodat die Boerevolk vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.’n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ’n mens moor omdat jy ’n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.Na die Tweede Vryheidsoorlog het Boere-mynwerkers absoluut geen regte gehad nie en moes hulle gesinne met minder as ’n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.’n Mens word nie ’n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ’n Mens word ’n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Boerevolk na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het nooit plase en poste en posisies aan Boeremense uitgedeel nie.As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ’n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ’n toekoms los te spook.Mag die Boerevolk nooit pateties raak nie.”

WAAROM KLEM OP AFRIKANER?Deur Koos Pretorius

DIE STRYD DUUR VOORT!

Page 4: Kliek hier - iway

4 NOVEMBER 2008

Algemeen:

Die tagtigjarige herdenking van die Dorslandtrek-fees is iets van die verlede. Dit was ’n heerlike fees daar op die walle van die Kunènè rivier. Die bome het intussen groter geword en dit was baie makliker om vir die ongeveer 300 mense beter staanplekke te kry.

Die Terrein-bestuur het gesorg dat die terrein skoon is. Baie moeite is daarmee gedoen.

Alhoewel ons vir ongeveer 320 volwassenes reggemaak het, het daar uiteindelik sleg ongeveer 280 opgedaag. Ek is oortuig dat dit te wyte is aan die hoë brandstofpryse.

1. Die Vergaderplek:

Ons het permanente strukture opgerig by Epupa-lodge wat ongeveer 45 km Suid van Ruacana is.

Ons was aanvanklik skepties oor die skuur wat ons opgerig het omdat ons in die verlede ’n groot tent gebruik het as vergaderplek.

Dit was skaduryk genoeg en ek glo nie dat iemand warm gekry het nie.

2. Die Monument en omgewing:

Die Dorslandtrek Monument is van die kampplek af nog 18 km stroomaf en ons het op Maandag, 25 Oktober ’n sinvolle program daar aangebied. Swartbooisdrift is regoor die monument en waar daar vroeër twyfel bestaan het oor presies waar die drif is, is daar nou nie meer twyfel nie.

Omdat die water in die rivier baie laag was, kon almal sien dat die vloer van die drif bestaan uit ’n plat en gelyke klipplaat waardeur die mense maklik kon trek.

• Ek dink dat die padborde wat die roete aandui voldoende is.

• Die inligtingsbord by die monument was beslis nodig omdat daar baie besoekers kom.

3. Toekomstige feeste.

Daar is ook besluit dat die Dorslandfees elke vyf jaar gehou sal word. Ons akkommodeer nie net afstammelinge van die Angolaboere nie, maar elkeen wat hom met ons wil assosieer.

Die fees is georganiseer deur ’n Dagbestuur wat in Windhoek bly asook ’n Terrein-bestuur wat in die

Kunènè-streek verspreid woon. Hierdie mense het groot opofferings gedoen om die terrein gereed te kry en hulle het sonder vergoeding hulle beywer vir hierdie groter saak.

4. Die program:

’n Feesbundel is tydens en na die fees versprei en dit het ’n goeie weergawe gegee van vorige feeste.

Ons het baie positiewe terugvoering gekry oor die program. Die aktiwiteite is hoofsaaklik vroeg in die oggend aangebied en weer saans. Daar was baie tyd vir kuier en saans het die braaivleisvure langs die Kunènè hoog gebrand.

Daar was hoofsaaklik vier aktiwiteite wat baie sinvol was nl. ’n Gespreksgeleentheid deur jongmense wat dit onomwonde gestel het dat hulle moed het vir die toekoms en dat ons fees so aangebied moet word dat dit die jongmense in ’n groter mate betrek.

• Die program by die Monument het die regte historiese suggestie geskep en feesgangers kon besin oor hierdie deel van die geskiedenis waar ons voorouers uit ’n vreemde land na ’n nuwe vaderland getrek het.

• ’n Volksvergadering wat gehou is om oor die toekoms van die Dorslandfees te besin, is deur almal bygewoon. ’n Vraag wat egter onbeantwoord bly, is waarom mense bereid is om so ’n opoffering te maak om duisende kilometers aan te pak om hierdie fees by te woon. Daar was baie mense uit Suid-Afrika en een paartjie uit Duitsland, wat spesiaal vir die fees gekom het.

• Die Voortrekkerbeweging het gesorg vir ’n aandprogram wat ons feesverrigtinge gekomplimenteer het.

Ten slotte wil ek noem dat daar na die fees ’n toer was na Angola en daar was ongeveer 25 motors wat die toer meegemaak het. Hierdie mense wat die toer meegemaak het, het met groot opgewondenheid gaan soek na plekke en grafte van hulle voorouers; ’n beskawing wat vir 50 jaar ’n groot rol gespeel het in die geskiedenis van Angola.

DORSLANDFEES 22 AUGUSTUS – 26 AUGUSTUS 2008

Deur Jurie Viloen

Page 5: Kliek hier - iway

NOVEMBER 2008 5

UIT DIE PARLEMENT:

Deur: Jurie Viljoen

DIE VERKIESING VAN 2009Dit is weer vir my ’n voorreg om enkele dinge met u te deel

Volgende jaar is verkiesingsjaar en die politieke partye is besig met hulle propaganda-veldtogte.

In hierdie proses sal staatsmiddele gebruik word om politieke partye se sake te bevorder. Daar sal van wettige en onwettige metodes gebruik gemaak word. Daar sal karaktermoord en verdagmakery wees soos in die verlede.

VRY EN REGVERDIGE VERKIESINGS:Op 16 Oktober 2008 is die verskillende politieke party genooi na ’n vergadering wat belê is deur die Inspekteur Generaal van Polisie. Hulle het hulle bes probeer om ons gerus te stel dat hulle geen intimidasie van enige sal duld nie. Hulle het ook aangedui dat die polisie in die toekoms ’n objektiewe rol sal speel omdat almal die geleentheid moet hê om hulle demokratiese reg uit te oefen sonder intimidasie.

Skaars twee weke na hierdie vergadering het die polisie hulle hande vol gehad om orde te handhaaf.

Sommige ondersteuners verhef die reg, veral om SWAPO te wees, tot evangelie.

MONITOR AKSIE GROEP EN DIE KOMENDE VERKIESING:Die uitslag van volgende jaar se verkiesing is reeds bepaal. Of ons sal bly voortbestaan is ’n vraag wat later beantwoord sal word.1. Ons is in die ongunstige posisie dat ons omsendbrief die

enigste kontak met kiesers is.

2. Monitor Aksie Groep se bydraes veral in die Parlement word doelbewus doodgeswyg.

* Mense wil weet waarom lees hulle niks in die Afrikaanse koerant nie. Die enigste rede wat ek kan aanvoer is dat dit doelbewus gedoen word. Ek as verteenwoordiger van MAG neem in die Parlement in verhouding aan meer gesprekke deel as 90 % van die politieke partye. Die koerant plaas niks van ons nie.

* Die Republikeinse Party (Mnr Mudge) daarin teen, onttrek hulle totaal van gesprekke in die Parlement maar is gedurig in die koerant “aan die woord”. Hoekom nie, dit is dan hulle koerant.

Ek het ook positiewe verwagtinge van die 2009 verkiesing. U speel daarin ’n rol. Ons kan ook in hierdie saak op die Here vertrou. Ons toekoms is nie in die hande van die Redakteur van ’n koerant nie want hy sal net so lank Redakteur bly as wat die Here hom daar verdra. Dit is die harte van mense en hulle ingesteldheid wat verander sal word.

DIE GESLOTE BOEK.Niemand weet wie hierdie land regeer nie. Almal is bang vir almal. Die Ministers is bang om op hulle eie iets te doen. Die regering is bang vir die Unies; hulle is bang vir die voormalige Planvegters en is bang vir die kinders van die Planvegters; hulle is bang vir die Jeugvleuel van SWAPO en hulle is bang vir mekaar. Onlangs het die Jeugliga van die ANC na Namibië gekom en in die openbaar gesê dat die opposisie cockroaches is en het eintlik die jeug aangemoedig om enige persoon wat hulle teëgaan “hel toe te stuur”. Hulle kom na ’n ander land en val die mense daar aan. Hulle het hulle op hierdie wyse self gedra soos onbeskaafde barbare. Ons het hulp by die Eerste Minister gesoek om beswaar te maak maar hy het sy skouers opgetrek en ons na Min. Hage Geingob gestuur. Hy het ons weer na die Speaker toe gestuur wat ons aanvanklik na die Eerste Minister toe gestuur het. Almal is bang om iets te sê.

Registrasie van kiesers:Daar is tans ’n registrasieproses vir kiesers aan die gang. Die kennisgewing het egter net eenmalig in die Regeringskoerant verskyn. Ek het reeds ’n afspraak met Mnr. Neil van der Berg van Kanaal 7 gemaak om te verneem na die moontlikheid dat hulle mense gereeld sal inlig en aan te moedig om te registreer.

Ons wil graag ’n beroep op u doen om mense, veral jongmense aan te moedig om te registreer vir volgende jaar se verkiesing.

Die Parlement:

Die Eerste Minister het die opposisiepartye daarvan beskuldig dat hulle die regering blameer vir alles. Hy het dit ’n “blame game” genoem. So kon ek hom vra of hulle nie dieselfde doen met die blankes nie.

Waar ons in die samelewing buite tussen ander mense beweeg is ons nie werklik bewus van rassisme nie.

Die Namibiese Parlement is egter die broeiplek van rassistiese opmerkings; rassistiese persepsies en rassistiese voorstelle.

In hierdie maand was daar twee weke wat ek as “swart en wit” weke kan klassifiseer.

Daar is tans twee mosies wat hartlik bespreek word naamlik:

• swart bemagtiging• honger, siektes en armoede in Namibië

Hierdie mosies verleen hulle daar toe dat daar gedurende elke sessie gal gebraak word teen die blankes.

Met die naderende verkiesing in die gedagte is die haat vir die blankes nog steeds die gemene deler; dit is die samebindende faktor.

Die Adjunk Minister van Streeks en plaaslike Owerhede, Kazenambo sien die oplossing in die verdeling van bronne. Hy verwys na “land reform” wat aangespreek moet word. (Hy behoort bewus te wees van hoe dit tot sover misluk het!!)

Page 6: Kliek hier - iway

6 NOVEMBER 2008

Hy sê verder:

• daar is geen supermarkte in die hande van Swartmense nie.

• ’n Versekeringsmaatskappy wat swartmense anders behandel as wittes. (Ek het hom uitgedaag om die inligting aan my te gee)

• Woermann en Brock is nog net so wit soos hulle in 1904 was.

Die Minister van Justisie Ithana speel hartlik saam op die wit klawers en verwys na ’n gebou, Atlas House iewers in Windhoek wat deur Swartmense besit word maar wat nou al vir jare leeg staan. Sy beweer dat daar magte is wat swart besigheidsmense uithou uit die stad. As swartmense eiendom wil koop of huur dan sê die agente van Real Estate dat dit nie meer beskikbaar is nie.

U lees niks van hierdie rassisme in die koerant nie maar ek kan u verseker dat die helfte u nie vertel word nie.

As u persoonlik na hierdie gesprekke kon luister, sou u saamstem dat rassisme en die haat vir die wittes tot in ewigheid sal voortbestaan en dat die “blanke alles besit en dit nie met die swartman wil deel nie”

Ek wil my nie self op die skouer klop nie maar Monitor Aksie Groep is die enigste party wat oor die afgelope vier jaar ook vir die blankes opgekom het en gedurig daaroor in die spervuur is. Ek daag enige iemand uit om die teendeel te beswys. Om gedurig op te staan en te verdedig is ‘n eensame pad.

Daar is egter mense, selfs ’n Minister of twee wat my langs ’n ompad aanmoedig om voort te gaan met my taak.

Daar was ook die belofte van die Eerste Minister dat hy eersdaags ’n beleidstuk oor Swart Ekonomiese Bemagtiging sal voorlê.

Ek kon hulle daarop wys dat ’n politieke analis uit Suid-Afrika gesê het dat Swart Ekonomiese Bemagtiging net die topstruktuur van die ANC ryk gemaak het en dat dit nie werk nie omdat dit die swartmense hulle interpreneurskap ontneem. Die persoon sê dat die ANC so geworstel het met die spoke van die verlede dat hulle die ekonomie verwaarloos het.

Almal wou weet wie is die politieke analis en kon ek verduidelik dat dit niemand anders as Moeletsi Mbeki (broer van die voormalige President) is nie.

Soms skep die swart-wit konflik ’n gaping vir ’n grappie:

So kry ek die moed om die volgende te vertel.

“A number of white people were celebrating an event on a ship somewhere on the ocean.

Because they were white, they were very, very rich and they drank from the morning till late in the night. O, man! They were very rich.

Suddenly they realized that something was wrong and they were informed that a tornado was approaching their ship.

They decided to pray but also realized that nobody knows how to pray. They decided to call the waiter and ask him if he knows how to pray. He said: Of course, I can pray because I live in Oshakati and go to church regularly.

They offer him a large sum of money if he will pray and be rescued from this ordeal.

He instructed them to close their eyes and he pray: Father please help us…… but I have problem. If I go to the toilette there is a sign: Whites only. If I go to the bar, there is a sign: Whites only. If it is your will that this ship should sink today, let it be whites only.”

Daar was luide applous. Een het my glad geluk gewens met die waagmoed en die selfvertroue om dit te vertel.

VRAE IN DIE PARLEMENT:Ek het verskeie vrae in die parlement gevra wat handel oor die advertering van hervestigingsplase en kennisgewings oor die registrasie van kiesers. ’n Vraag het gehandel oor regstellende aksie en dit het so gelui:

“Commercial farmers were in the past at several occasions accused of the following sins:

1. Not paying their workers minimum wages;2. Inhuman behaviour and abusive language against employees;3. Illegal dismissal of farm workers and dumping of their workers

along the roads; (a) Can the Minister inform this House if any progress has

been made in the regard to eliminate this mal-practice for once and for all.

(b) Is it possible to submit the names of these culprits in each of the aforementioned categories?

(c) Was these accusations verified and tested by an objective body or person?”

Die Minister het aangedui dat daar ‘n groot verbetering te bespeur is in die betaling van minimum lone.

• In die Dordabis omgewing is 18 plase geinspekteur in Desember 2007 en 9 plaaseienaars het nie die minimum-loon betaal nie. In die Maroelaboom-omgewing het 6 uit 10 eienaars nie volgens wet betaal nie; in die Gobabis-omgewing het 4 uit 33 plaaseienaars nie hulle verpligtinge na behore na gekom nie.

• Hy het enkele voorvalle genoem van plaaseienaars waar daar op die werkers geskel word en waar mense uit die diens ontslaan is.

• Omdat hierdie dinge dalk nie getoets is nie, sien ek nie die nodigheid in om verder daarop uit te brei nie.

Dit is egter ’n verleentheid vir die hele land as daar verwys word na boere wat nie hulle werkers menswaardig betaal nie en nie na hulle stoflike en geestelike welsyn omsien nie.

Ek het groot vertroue dat ons boere soms ’n ekstra myl stap en dat daar oor die algemeen ’n goeie verhouding en goeie versorging van die plaaswerkers is.

DIE GROOT ONREG:

Een van die grootste skending van menseregte is die feit dat daar teen kinders wat na onafhanklikheid gebore is, gediskrimeer word. Hierdie kinders het niks met apartheid te doen nie.

Toe ek dit vir die Eerste Minister in die Parlement noem toe sê hy dat die kinders wat na onafhanklikheid gebore is, welvaart geërf het van hulle ouers wat weer geërf het van hulle ouers en so geërf het van geslagte terug.

Ons is egter besig met ’n memorandum wat ons aan al die ambassades wil stuur asook aan Menseregte Verenigings om sodoende ons saak aan die groot klok te hang.

WEET U: • Of u vir ons toestemming gegee het of nie; ons praat oor u

saak in die Parlement; ons praat vir Namibië maar ook vir die blanke se saak. Geen ander party mag dit doen nie. Geen ander party het dit vir die afgelope negentien jaar gedoen nie.

• Dit is nie ’n skande om blank te wees of om daaroor te praat nie omdat almal wat ons wil verguis verwys na “the whites”.

• Ons wil ons boodskap versprei. Stuur asseblief vir ons posadresse en/of e-posadresse van u familie, vriende of kennisse. Ons maak nooit ons bron bekend nie. Stuur dit asseblief aan [email protected].

Page 7: Kliek hier - iway

NOVEMBER 2008 7

BLOEDRIVIER - DIE VOORTREKKERS SE GELOFTE, 16 DESEMBER 1838

GELOFTEHier staan ons voor die Heilige God

Van hemel en aarde om ‘n gelofte aanHom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm

En ons vyand in ons hand sal gee, onsDie dag en datum elke jaar as ‘n dankdagSoos ‘n Sabbat sal deurbring, en dat ons‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hombehaag, en dat ons ook aan ons kinders

sal sê dat hulle met ons daarinmoet deel tot nagedagtenis

Want die eer van Sy naam sal verheerlik wordDeur die roem en die eer van oorwinning

Aan Hom te gee.

SAM KUBIS - DIE BASTERS SE GELOFTE – 8 MEI 1915

God van ons Vader enSterke en machtige God

Heilig is Uw Namm op de ganze aardeUw die de hemelen geschapen heeft

Neight Uw oor tot onsLuister na de smekingen van Uwe kinderen

De dood staart ons in het gesichtDe kinderen der bose zoeken onze levens

Red ons uit de hand van onze vijanden En beschermt onse vrouen en kinderen

En dit zult vir ons en onze nageslacht zijnEen dag als een Zon dag

Waarop wij Uw Naam prijzenEn uw goedertierenheid

Tot in ewigheid niet vergeten.

GELOFTEFEESWat vertel u aan u kinders? Nêrens in die gelofte van die Voortrekkers of van die Basters word die prosedure waarin dit moet geskied voorgeskryf nie. Dit kan gesamentlik of afsonderlik gedoen word. Doen net u plig. Vertel u kinders.

Page 8: Kliek hier - iway

8 NOVEMBER 2008

Die Verenigde Gereformeerde Kerk (hoofsaaklik bruin mense, maar ’n oop kerk) stel dit as voorwaarde vir eenheid, dat aanvaarding van hulle Belhargeloofbelydenis as ’n voorwaarde moet geld vir eenwording met die Nederduits Gereformeerde Kerk (hoofsaaklik blank maar ook oop vir alle rasse).

U sal nou vir my vra wat het die gelofte van Bloedrivier te doen met die Belhargeloofbelydenis. Vir my argument baie! Daar is baie mense wat nie die Belhargeloofbelydenis wil aanvaar nie, weens sy politiek konnotasies. Net so is daar baie mense wat nie voel dat hulle deel wil wees van Geloftefees nie, nie slegs omdat hulle dit ook knoop aan rasseverhoudings nie, maar omdat hulle van die standpunt uitgaan dat hulle nie gebonde is aan ’n gelofte wat gemaak is sonder hulle instemming nie.

Tog word daar daarop aangedring dat kinders sigbaar verantwoordelikheid moet aanvaar vir die “sondes” van hulle vaders, teenoor ander mense. Ironies genoeg, sal van dieselfde mense vir jou sê hulle glo nie dat “onskuldige” kinders verantwoordelikheid hoef te aanvaar vir die “geloftes” wat hulle vaders teenoor God gemaak het nie. Dit is wat my betref nie konsekwent nie.

Net so glo ek sal dit ook nie reg wees as die N.G. Kerk vir die V.G.K. gaan sê dat hulle bereid is om een te word op voorwaarde dat die V.G.K. hulle ook voortaan aan die gelofte van Bloedrivier gebonde gaan voel nie.

Mense wat graag die gelofte gestand wil doen, bel my dikwels om sprekers of predikante te soek. As lid van die N.G. Kerk, maak dit my seer as daar elke keer vir my gesê word dat hulle nie meer ’n N.G. predikant kan kry wat bereid is om dit te doen nie. Veral wat die jonger predikante betref. Dit hinder my soveel te meer omdat ek weet dat die N.G. Kerk en die V.G.K. se voornemende predikante nou gesamentlik opleiding kry en dat een van die (vrywillige?) voorwaardes is dat aangedui moet word of hulle Belhar aanvaar of nie. Hoekom kan dieselfde vraag nie ook gestel word wat Geloftefeeste betref nie. Gemeentes sou tog graag wou weet, hoe hulle leraars voel.

SINODEBESLUITEHoeveel voornemende en reeds dienende predikante van die N.G. Kerk is bewus van die volgende twee sinodebesluite.

Besluite 1990

1. Geloftedag gevier behoort te word en moedig sy lidmate aan om hulle met die historiese en godsdienstige betekenis van die dag te vereenselwig.

2. Die godsdienstige aspek van Geloftedag voorrang moet geniet, tog kan die dag ook met kulturele aktiwiteite gevul word.

3. ’n Gees van versoening tydens Geloftefeesvieringe met ywer nagestreef sal word. (1990)

Besluite 1994

Die sinode besluit dat:1. Die regte verstaan van die betekenis van Geloftedag en versoening

en vrede in Suid-Afrika met mekaar versoenbaar is (insluitende Namibië).

2. 16 Desember in die toekoms dus ook vanuit hierdie verstaan van die Gelofte van 1838 gevier moet word.

3. Die instansies betrokke by die viering van die dag hierdie standpunt in ag moet neem.

TRADISIE EN KULTUUREk vereenselwig my heeltemal daarmee dat geloof primêr is vir lidmaatskap van ’n kerk. Trouens, ek glo dit geld die praktyk reeds.

Hoe meer ek daarop let, kom ek egter tot die gevolgtrekking dat deur die hele Bybel tradisie en kultuur ’n inherente rol gespeel het. Trouens, geleerdes wat die Bybel probeer interpreteer, doen dit teen die agtergrond van tradisies en kulturele gebruike van daardie tyd. Ek kom ook tot die gevolgtrekking dat daar altyd ’n neiging was (al was dit gedwonge) om in te pas by die politiek korrekte omgewing waarin Christene hulle bevind het. Dit is vir my duidelik dat dit vandag nog so is. Kyk net hoe maklik het kerke hulle vir baie jare gedistansieer om te getuig teen ’n sekulêre opvoeding. Daar is gesê dat Christene buite die kerk om hulle moet beywer om dit teen te werk. Verby was die dae toe die leraar ook die Voorsitter van die skoolkomitee was. Die balans is versteur deurdat die klem hedendaags (in lyn met die Belharbelydenis en nie, OP SIGSELF, verkeerd nie) verskuiwe het na die maatskaplik-sosiale.

Interessant, in Namibië, is dat van die ander bevolkingsgroepe nou begin teruggryp na hulle geskiedenis, tradisies en kultuur en dit ook probeer akkommodeer binne hulle godsdienstige raamwerk.

INNERLIKE, NIE UITERLIKE NIE!Ek is een van die mense wat glo dat kerklike eenheid primêr gesoek moet word in gesindheid en geestelike eenheid, anders as ’n gedwonge eenheidstruktuur. Hierdie geestelike eenheid moet dan sekondêr as basis dien vir nader beweeg na menslike struktuur en nie anders om nie.

Daarom dat aanhalings uit die Bybel, soos die onderstaande, op my as ’n leek groot indruk maak. Dit gaan nie oor uiterlike tekens of voorskrifte nie, maar oor innerlike oortuigings.

Romeine 2:28-29Nie hy is ’n Jood wat dit uiterlik is nie, en nie dit is besnedenheid wat uiterlik aan die liggaam gedoen is nie. Nee, hy is ’n Jood wat dit innerlik is, en gedoen is deur die Gees, nie volgens die wetsvoorskrifte nie. So iemand ontvang lof, nie van mense nie, maar van God.

DIE ROL VAN KLEUR EN RASDie Basters in Namibië het ’n gelofte afgelê (bykans agt dekades na 1838) wat in ’n groot mate ooreenstemming toon met die Bloedriviergelofte, naamlik die Zamkubisgelofte. Die gaan oor ’n veldslag tussen die Basters (volgens Namibië se wette “swartmense”) teen die Duitsers (Blankes).

Selfs oudpresident Sam Nujoma het geen beswaar gehad om tydens so ’n herdenking sy bydrae te gaan lewer nie, ten spyte van die feit dat hy nie in die Christene se God glo nie.

As selfs blanke predikante nie meer bereid is om deel te hê aan die Bloedriviergelofte nie, kan ek dit in my wildste drome nie voorstel dat oudpresident Sam Nujoma hom daarmee sal kan vereenselwig nie, wat nog te sê daadwerklik deel te neem nie. Die grootste enkele verskil hier is dat die ras en kleur verskil.

EIE KULTUURDie N.G. Kerk se sendingaksie in die Kunene stel dit as sy missie onder meer soos volg: “Die kerk hier sal onafhanklik van enige N.G. Kerk kultuur sy eie inheemse kultuur en identiteit moet ontwikkel.”

Dit dink ek is die korrekte benadering. Daarom, alhoewel teen my grein, as ’n “remnant of the past” (soos SWAPO my vroeër genoem het), het ek die nodige verdraagsaamheid openbaar toe ’n Himbavrou in haar inheemse drag (ontblote borste) op ’n preekstoel geklim het om ’n pragtige getuienis te lewer oor Christus se rol in haar Himbalewe.

Sou dit nou verkeerd wees om dieselfde verdraagsaamheid te verwag, ook by predikante, teenoor lidmate wat graag getuienis wil lewer oor die gebeure by Bloedrivier; en dit graag by ons nageslagte wil wakker hou?

BELHAR EN DIE BLOEDRIVIER GELOFTEdeur Koos Pretorius

Page 9: Kliek hier - iway

NOVEMBER 2008 9

JA, JY!• Ja, MONITOR AKSIEGROEP praat met u.

• MONITOR AKSIEGROEP doen dit met die grootste erns.

• Oor die afgelope twintig jaar het MONITOR AKSIEGROEP hulself gevestig en bewys.

• MONITOR AKSIEGROEP het nuusbriewe aan baie gestuur wat nooit iets bygedra het nie.

• U kan help deur vir die eerste keer self in te teken.

• U kan help deur vir ons nuwe intekenare te werf.

• MONITOR AKSIEGROEP sê dankie vir die kerngroep wat altyd gereed gestaan het.

WAT PROBEER ONS?MONITOR AKSIEGROEP het in die verlede probeer om ons gewone ondersteuners te aktiveer deur wat genoem is die KETTINGAANSLAG. Ons doen dit weer!

Ons gaan nie moed opgee nie en hierdie keer dit deur ons Nuusbrief probeer doen. U doen die werk dus op u eie en geen terugvoering na Hoofkantoor word van u verwag nie, maar is welkom. Dit bly ’n gewetensaak.

DIE KETTINGAANSLAG!HOE WERK DIT?

1. Hiernaas is ‘n vorm met plek vir tien kiesers insluitende uself.

2. U aanvaar verantwoordelikheid dat die tien kiesers (uself ingesluit) se besonderhede op die lys op datum bly.

3. Enige tersaaklike inligting in ons nuusbrief of die pers, gaan u op u eie manier (mondeling, telefonies, per faks of brief) onder die aandag van die tien bring.

4. U gaan probeer om ander te aktiveer om dieselfde te doen.

5. Dit alles word gedoen met die oog op die -verkiesing wat einde 2009 gaan plaasvind.

6. U kry gewetensrus dat u die verantwoordelikheid as gelowige landsburger nagekom het.

Page 10: Kliek hier - iway

10 NOVEMBER 2008

STEMREG ‘N VERANTWOORDELIKHEID!

Deur Koos Pretorius

As Christene, verskil ons siening van die begrip stemreg van die van die liberaal humanis. Laasgenoemde glo dat dit ‘n aangebore menslike reg is waaroor almal moet beskik. Selfs vir die moordenaar en verkragter in die tronk word meer en beter voorsiening gemaak om sy stemreg uit te oefen. Trouens, dit gebeur ook nadat daar op staatskoste amptenare gestuur is om hom/haar te registreer.

As Christene glo ons egter stemreg is ‘n verantwoordelikheid teenoor ons Skepper om te besluit deur wie en hoe daar regeer sal word. Selfs om buite stemming te bly, is myns insiens, ‘n ontduiking van daardie verantwoordelikheid. Selfs die nalatigheid om nie betyds te registreer nie, is ‘n onverantwoordelike optrede in die ergste graad.

Deel van ‘n doopbelofte was dat u sou toesien dat u kinders reg opgevoed word. As u weier om dit self te doen, gee ten minste die politieke party van u keuse die geleentheid om dit namens u te doen.

ONS KAN!Daar bestaan ’n Spaanse spreekwoord wat lui: “Geen oorlog word so moeilik verloor as die oorlog waarin geen skoot geskiet is nie.”Die enigste sigbare “koeël” waaroor ons tans beskik om “oorlog” te voer, is ons stemreg. Deur dit nie te gebruik nie, gaan ons ons skaar by die groep moedeloses wat buite stemming bly. Ons skuld ook ons nageslag ‘n antwoord op die vraag: “Wat het julle gedoen om vir ons toekoms te veg?” Gaan u antwoord wees, “Ek het die minste gedoen wat ek kan – ek het my verantwoordelikheid nagekom en geregistreer en gestem!” Of gaan u die vraag ontduik en sê u glo aan die kloosterpolitiek van u te onttrek en “Gods water oor Gods akker te laat loop.”Miskien inspireer die volgende aanhaling van Johan Wesley u, naamlik:“Do all the good you can,in all the ways you can, to all the souls you can,in every place you can,at all the times you can,with all the zeal you can,as long as ever you can.”

GEBRUIK U INTELLEKAl gehoor van “stemvee”? Dit is nou diegene wat nie self kan dink nie en handel volgens wat hulle afgerig is. Net die mens het ’n intellek gekry om al die diere te oorheers en die wêreld te regeer. Die wat verkeerd stem of buite stemming bly, bevind hulle in die kategorie van die donkie, die hond en die bobbejaan. ’n Onbekende skrywer het dit so opgesom:“DIE DONKIE, DIE HOND, DIE BOBBEJAAN EN DIE MENSIn die begin het die Skepper die donkie geskape en vir hom gesê: Jy sal sonder ophou werk, vir 50 jaar leef en ’n donkie genoem word. Die donkie antwoord toe: Ek sal ’n donkie wees, maar 50 jaar is te lank om ’n donkie te wees. Gee my net 20 jaar. Toe kry hy 20 jaar. Daarna het die Here die hond geskape en vir hom gesê: Jy sal die mense se huis oppas, sy beste vriend wees, alles eet wat hy vir jou gee, 25 jaar leef en ’n hond genoem word. Toe antwoord die hond: Om 25 jaar soos ’n hond te leef is te veel, gee my net 10 jaar. Toe kry hy 10 jaar. Daarna het die Here die bobbejaan geskape en vir hom gesê: Jy sal die mens vermaak, 20 jaar leef en ’n bobbejaan genoem word. Toe antwoord die bobbejaan: Om vir 20 jaar ’n bobbejaan genoem te word is te veel, gee my net 10 jaar. Laastens is die mens gemaak en vir hom is gesê: Jy sal die mens wees, die heelal se enigste regdenkende wese. Jy sal jou intellek gebruik om al die diere te oorheers, die wêreld te regeer en vir 20 jaar leef. Die mens antwoord toe. Ek sal ’n mens wees, maar 20 jaar is te kort om al hierdie dinge te doen. Hoekom gee U my nie die 30 jaar wat die donkie nie wil hê nie, die 15 jaar van die hond, plus die 10 jaar van die bobbejaan nie? Toe doen die Here dit. Van toe af leef die mens 20 jaar soos ’n mens. Daarna trou hy en werk 30 jaar soos ’n donkie. Nadat sy kinders uit die huis is, spandeer hy 15 jaar soos ’n hond deur sy huis op te pas en te eet wat hy kry. Nadat hy afgetree het, leef hy soos ’n bobbejaan om vir 10 jaar sy kleinkinders te vermaak.”Vir wie gaan u vermaak deur nie te registreer en stem nie? Sorg betyds dat u papierwerk gedoen is! Registreer en stem!Onthou die werk is nie afgehandel voordat die papierwerk (registreer en stem) gedoen is nie!

Page 11: Kliek hier - iway

NOVEMBER 2008 11

MO

NIT

OR

AK

SIE

GR

OE

PN

ASI

ON

ALE

VER

GA

DER

ING

VER

KIE

SIN

G –

200

9

ST

REE

K:

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

...

N

RV

AN

EN

VO

OR

LE

TT

ER

SK

IESE

RS

RE

G. N

R.

PO

SAD

RE

ST

EL

EF

OO

N N

RID

NR

WO

ON

AD

RE

S

Page 12: Kliek hier - iway

12 NOVEMBER 2008

EN SOMMER VANDAG BEGIN

NAVRAE:MONITOR AKSIEGROEPPosbus 80808Olympia WINDHOEKTel. Nr. 061-252008Faks nr. 061-229242Epos: [email protected]: www.monitor.iway.na

EENDRAG MAAK

Eenheid in Verskeidenheid

SPANWERK IS LEKKERWERK!

U MOET DAAROOR BESIN

MAG VRA BAIE MIN

• MAG veg sonder betaalde organiseerders!• MAG maak staat op die denkende kieser!• MAG se boodskap word gedra van mond tot oor!• Daar is nie meer baie tyd oor voor die verkiesing in November 2009 nie• Daarom moet u asseblief elke dag praat en praat en praat!• Daarom moet alle registrasiekaarte bewaar word en nuwe registrasies en her-registrasies so gou moontlik gedoen word wanneer aangekondig word• Daarom moet u asseblief inteken op MONITOR se Nuusbrief en uself en ander op hoogte hou

Page 13: Kliek hier - iway

NOVEMBER 2008 13

Onder bogenoemde opskrif skryf Prof. D. J. Kotze (Geskiedenis) Stellenbosch, die volgende mening in Die Burger van 14 Desember 1979:Is ons vandag nog gebind deur die gelofte wat by Bloedrivier afgelê is? Is ons verplig om 16 Desember soos ’n Sabbatdag te vier? En moet ons 6 April dan nie ook as ‘ ’n vasstaande dank- en biddag’ vier soos Jan van Riebeeck onderneem het nie? Hierdie vrae verdien nader ontleding.Die Slag van Bloedrivier was een van die merkwaardigste en belangrikste gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Merkwaardig in verskeie opsigte, onder meer omdat in verband daarmee aan die Here ’n gelofte afgelê is. Sover bekend, was dit die eerste keer in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Merkwaardig in verskeie opsigte, onder meer omdat in verband daarmee aan die Here ’n gelofte afgelê is. Sover bekend, was dit die eerste keer in die Suid-Afrikaanse geskiedenis dat ’n groep so iets gedoen het.Een van die dinge wat hulle beloof het om te doen as die Here hulle bewaar en help om Dingaan te verslaan, was om die dag van die oorwinning jaarliks te herdenk en dit in ’n Sabbatsgees tot eer van die God deur te bring. Voorts sou hulle hul kinders vertel van die noodtoestand, die Gelofte en die uitredding, sodat hulle en hul nageslag die dag kan vier. Op hierdie wyse het ons die nasionale feesdag gekry.

IDENTIES?Die laaste paar dekades het voortdurend stemme opgegaan dat daar nie net een Geloftedag moet wees nie, maar twee. Ook 6 April moet as ’n Geloftedag gevier word. Hierdie standpunt is deur sekere kultuurorganisasies se kongresse onderskryf. Het ons hier te maak met identiese gevalle?Albei is histories baie belangrik. Hoogs waarskynlik is 6 April 1652 ons belangrikste datum, daarom behoort dit landwyd ’n openbare feesdag te wees. Maar is 16 Desember en 6 April eenders in die sin dat die viering van albei verbind moet word aan geloftes?Om hieroor te kan uitsluitsel gee, moet ons allereers duidelikheid kry oor die vraag: Wat beteken die term “gelofte”?’n Gelofte is ’n plegtige belofte van die mens teenoor die Here God waarin die mens God versoek om vir hom ’n sekere iets te doen – iets wat hy na sy mening nie by magte is om self te doen nie – en uit dankbaarheid vir God se hulp beloof om daarna iets te doen of iets nie te doen nie. Dit begin dus by die mens, en die uitvoering van sy aandeel daarin is afhanklik van wat gebeur met wat hy van God gevra het.’n Gelofte is dus ’n ooreenkoms van ’n mens of ’n groep mense met God, maar dan ’n “uitgestelde kontrak”, soos dr. T.E. Donges dit eenkeer gestel het. Daarom kom in ’n gelofte altyd die woordjie “as” voor: as die Here ’n sekere iets doen, sal die betrokke persoon of persone iets doen. Aangesien die naam van die Here aangeroep word, is dit ’n vorm van gebed. Calvyn het daarop gewys dat daar ’n onderskeid is tussen ’n belofte en ’n gelofte. ’n Belofte word aan mense gedoen: ’n Gelofte aan die Here God.

VERSKILDaar is ook ’n groot verskil tussen die terme gelofte en verbond, soos hulle in die Bybel voorkom. ’n Gelofte het sy oorsprong by mens; die saak daarvan begin by die mens; hy neem by wyse van spreke die inisiatief. ’n Verbond in die Bybelse betekenis begin by God; Hy gaan dit aan met ’n mens of ’n groep. Nog ’n verskil tussen gelofte en verbond is dat, terwyl ’n gelofte voorwaardelik is, ’n verbond nie voorwaardelik is nie, of nie noodwendig voorwaardelik is nie.

Daar moet in gedagte gehou word dat ’n gelowige mens nie verplig word om geloftes af te lê nie; dit geskied vrywillig. Om nie ’n gelofte te doen nie, word gevolglik nie as sonde beskou nie, maar om ’n gelofte nie na te kom nie, sal sonde wees, so staan dit op verskeie plekke in die Bybel.

AFLEGGERSOmdat die Voortrekker-gelofte ’n volwaardige gelofte was, moes diegene wat dit gedoen het, dit nakom. Presies wie dit almal afgelê het, weet ons egter nie omdat die bronne dit nie spesifiseer nie. Of die Engelse Port Natallers wat met die kommando saamgegaan het, hul Zoeloe-volgelinge en die Voortrekkers se werkmense ook daarby betrokke was, weet ons nie. Ons weet ook nie met sekerheid of al die Voortrekkers in die kommando aan die aflegging deelgeneem het nie; êrens staan egter dat sommige dit nie wou doen nie.Dit bring ons by Jan van Riebeeck. Ons die datum 6 April 1654 staan in sy Dagregister dat besluit is om “die sesde April tot Gods eer met danksegging te vier en dit vir altyd tot ’n vasstaande dank- en biddag in te stel.” Terloops, dit was nie die Politieke Raad se besluit nie; blykbaar Van Riebeeck se eie besluit, sê die Dagregister, is geneem uit dankbaarheid vir die “vele seëninge” wat die Here die voorafgaande twee jaar oor hul werk aan die Kaap uitgestooi het en om te verseker dat “ons nakomelinge nooit daardie weldade sal vergeet nie, maar altyd tot Gods eer ter gedagtenis in herinnering sal hou.” Baie mense beweer dat Van Riebeeck se besluit van 1654 ’n gelofte was en daarom gevier moet word, anders tree ons ongodsdienstig op.

IGNOREER?Dit was nie ’n gelofte nie, want die voorwaardelike element wat altyd in ’n gelofte aanwesig is, ontbreek. Dit was ook nie ’n verbond in die Bybelse betekenis van die woord nie, want ’n verbond het sy oorsprong by God. Dit was ’n besluit en verklaring wat van groot dankbaarheid teenoor die Here getuig.Moet ons gevolglik hierdie gebeurtenis ignoreer? Na my mening tas die feit dat dit nie ’n gelofte is nie, glad nie die gedagte aan nie dat almal wat rede het om dankbaar te wees vir 6 April 1652, op daardie dag die Here moet dank vir al sy seëninge en moet vra dat Hy ons verder sal bewaar en ons sal help om tot Sy eer te leef. Op die wyse sal ons in die gees van Van Riebeeck se besluit optree.

VRYWILLIGEn wat van 16 Desember? Verplig die gelofte van 1838 ons om dit te vier? Word byvoorbeeld alle Afrikaners daardeur gebind? Sou hulle sondig as hulle dit nie vier nie? En die ander volke in Suid-Afrika?Streng gesproke was net die mense wat die Gelofte afgelê het daardeur gebind. Dit is immers wat daar letterlik in die Gelofte staan. Die ruimste sin waarin hierdie onderneming moontlik vertolk kan word, is dat dit ook die oorspronklike afleggers se afstammelinge bind. Of dit so is, sal deur teoloë uitgemaak moet word.’n Mens sou egter kan verklaar dat almal wat hulself met die Voortrekkers se beginsels en ideale vereenselwig, hulle ook deur die Gelofte gebonde kan voel. Dit sou ’n vrywillige besluit wees. Daar kan egter nie van iemand wat daardie verbintenis nie begeer, verwag word dat hy die dag “as ’n verjaardag en dankdag, soos ’n Sabbat” moet deurbring nie.MAG sê: Laat u kommentaar wees: “Ek en my huis, ons sal die gelofte gestand doen.”

“GELOFTE BIND NET DIEGENE WAT BAND BEGEER”

Page 14: Kliek hier - iway

14 NOVEMBER 2008

WIT EN SWARTDeur Koos Pretorius

Witmense en Swartmense is besig om te versleg in Namibië. Een van die belangrikste redes is omdat die SWAPO-party deur sy sekulêre beleid, die tentpenne van moraliteit uitgetrek het. Kinders word op skool, waar die meeste dissipline al hand uitgeruk het, net geleer van regte en niks oor verantwoordelikhede nie. Wat godsdiens betref, is die opvoeding (of gebrek aan opvoeding) by skole in die meeste gevalle teenstrydig met wat hy by die huis geleer word. Dit verwar die kind, veral in die laerskool. Die sekuriteit wat hy/sy geleer is, verdwyn. Dit raak ook die blanke kind. Dit word my vertel dat waar blanke kinders ver in die minderheid is, van hulle die stoutste is. Is dit ’n manier om die skuldgevoel wat hy hulle ingehamer word te probeer ontvlug deur af te wys?

Iemand het by geleentheid gesê: “The funny thing about regret is that it is better to regret something you have done, than to regret something you haven’t.”

STAATMAKERS!

Bogenoemde staatmakers wat MONITOR AKSIEGROEP se Jaarvergadering bygewoon het:

Voor van links na regs: J.W.F. Pretorius; E. Theron; F.E. Pretorius; J.J. ViljoenMiddel van links na regs: S.F. Coetzee; G.P. Engelbrecht; P. van Rhyn (senior); P. Van Rhyn (junior); H. Theron; A.B. SmallAgter van links na regs: W. Oosthuizen; J. Cocklin; W.L. Viljoen; E. Peters; J.J. van der Berg; A.W.J. Pretorius; P.J.J. Engelbrecht

Afwesig met verskoning: Mnre. G.W. Schaaf; P.S. Oosthuizen; me. R. EngelbrechtAfwesig met neem van foto: Mnr. B.C. van Schalkwyk

Page 15: Kliek hier - iway

NOVEMBER 2008 15

PARLEMENTÊRE SLAGGATEDeur Koos Pretorius

STROOIPOPPEDie gebruik by politici om hulle eie strooipoppe op te stel en dit dan met groot vertoon en oortuiging af te skiet, is ’n ou verskynsel. Dit is hoofsaaklik diegene wat nie die moeite doen om voor die tyd seker te maak van hulle feite nie. Kritiek teen privaatskole, is hier ’n goeie voorbeeld. Vir baie lank is dit aanvaar dat die stigting van privaatskole veral deur Afrikaner Blankes, nà 1990 ’n bewys was van ’n meerderwaardigheidsgevoel gekoppel aan die hantering van apartheid. Dit ten spyte van die feit dat die privaatskole oop was vir enigeen. Die houding is al baie getemper, maar daar is nou ’n nuwe invalshoek.The Namibian van 10 Oktober 2007 rapporteer byvoorbeeld soos volg:[Quote] “A Swapo MP wants Government to stop paying salaries to teachers at private schools and instead use the money to improve the salaries of teachers at State Schools.Kilu Nguvauva argued that most private schools in Namibia cater for the children of affluent parents and should therefore pay their own teachers’ salaries.Nguvauva, who is also the Deputy Minister of Fisheries, made these remarks during debate on the second reading of the Vocational Education and Training Bill in the national Council yesterday.‘The saving made by the Ministry of Education can then be utilised to subsidise the salaries of our best qualified and most experienced teachers in Government,’ said Nguvauva.He said the quality of education in State schools was threatened by the loss of the best-qualified and most experienced teachers to private schools.However, Nguvauva said State assistance to smaller private schools such as many rural Catholic farm schools – which are providing education at affordable prices to children from marginalised communities – was understandable.He said in a free market economy like Namibia, wealthy parents have the right to establish private schools. ‘However, this should not be done at the expense of State schools,’ he said.” [Quote]

DIE FEITEWat is die feite? Slegs ’n paar maande voor dit het mnr. Jurie Viljoen aan die Minister hieroor vrae gestel in die Nasionale Vergadering. Toe het die betrokke Minister hom geantwoord dat daar drie kategorieë is waarvolgens privaatskole deur die staat gesubsidieer word. Verder het die Minister ook aangetoon dat slegs 56 (ses-en-vyftig) uit ’n totaal van 140 privaatskole in Namibië deur die staat gesubsidieer word. Hier kan ons ook maar net in gedagte

hou dat daar ongeveer 1800 skole in totaal in Namibië is.Van die ongeveer 140 privaatskole in Namibië is maar slegs omtrent 16 skole wat na onafhanklikheid deur Blanke ouers begin is. Sover my kennis strek, kry nie een van laasgenoemde skole ’n enkele sent van die regering nie en word hulle baie streng deur die regering dopgehou wat hulle aktiwiteite betref.Ek het nie nou probeer vasstel hoeveel van die oorblywende 126 privaatskole, kerkskole of gemeenskapskole is nie.Anders as in Suid-Afrika was hierdie skole in die voormalige S.W.A. egter ook voor onafhanklikheid toegelaat en deur die staat gesubsidieer indien aan die vereistes voldoen word. Al uitsondering wat ek van weet is die SWAPO privaatskool op Gibeon, wat nie eens geregistreer was nie, maar ooglopend toegelaat is met die posisie waarin S.A. homself bevind het.In ’n verklaring wat in 1995 deur ’n vergadering van die “Church Leaders Forum” in Johannesburg uitgereik is, het hulle verklaar: “Baie kerkskole is deur die vorige onderwysbeleid gesluit. Ons wil ons skole en ons plek in die opvoeding van ons mense terughê.”So onlangs soos 12 Oktober 2007 rapporteer die Kerkbode onder meer:[Quote] “Dit is ’n interessante ontwikkeling binne die Anglikaanse kerk dat die aartsbiskop van Kaapstad na sy aftrede hom gaan toespits op die hervestiging van Anglikaanse kerkskole. Dit is alom bekend dat van hulle skole soos Michaelhouse en St Johns, ’n indrukwekkende lys van presteerders opgelewer het.Wat minder bekend is, is dat die minder bekende kerkskole net soveel besondere presteerders opgelewer het. Die mees prominente Afrikaleiers het die voorreg van ’n Christelike skool geniet en pluk vandag die vrugte daarvan.Talle ander denominasies hou ook vandag Christenskole landwyd in stand en vestig veral nuwes.” [Unquote]Ook in Namibië is van ons top SWAPO leiers, produkte van kerkskole soos Martin Luther en veral die Evangeliese Lutherse Kerk se Hoërskool op Oshigambo (Ovambo). Ek onthou nog goed hoe ek vroeg na onafhanklikheid nog vir Oshigambo Hoërskool in die Nasionale Vergadering gelukgewens het met sy uitslae. Ek kan nie meer onthou of Cambridge toe al ingestel was en of die Kaapse Matriekstelsel nog besig was om uit te faseer nie. Volgens die betrokke gegewens wat ek toe tot my beskikking gehad het, het 44 kandidate in Oshigambo graad 12 geslaag waarvan 25 matrikulasievrystelling gekry het. Dit het baie goed vergelyk met Windhoek Hoërskool se matrikulasievrystelling van 58,31%, H.T.S. se 47,22% en Academia Hoërskool se 36,56%. En onthou, was die standaarde nie toe hoër as tans nie?

Page 16: Kliek hier - iway

16 NOVEMBER 2008

Bo aan die lys in 1994 was egter die Blank geïnisieerde Christelike Privaatskole Elnatan en Moria. Eersgenoemde met ’n 75% matrikulasievrystelling en laasgenoemde met 100%. [Saggies bygesê, dit is miskien nie heeltemal vergelykbaar nie. Elnatan het net vier kandidate gehad en Moria twee vir die K.O.D.-eksamen. Dit het egter baie goeie reklamewaarde vir privaatskole gehad.]Dit behoort egter duidelik te wees dat van die oorwegings wat ouers laat besluit om ’n groter finansiële bydrae vir hulle kinders se opvoeding te maak, is die standaard van opvoeding, dissipline, taal, kultuur en godsdiens. Godsdiens raak veral belangrik waar dit vervang word met ’n neutrale sekulêre onderwysbeleid wat kinders totaal verwar met die opvoeding wat hulle tuis ontvang.Onder die nuwe SWAPO-bedeling kan ek onthou, was selfs die Oshigamboskool verplig om sy skoolgelde baie op te stoot. Ouers het ernstig daaroor gekla. Trouens, die ouers van privaatskole, wat teenoor my kla, gebruik presies die teenoorgestelde argumente as mnr. Kilus Nguvauva. Hulle sê hulle word dubbel skoolgeld aangeslaan. Eerstens moet hulle belasting betaal om die staatskole aan die gang te hou en tweedens moet hulle ten duurste vir hulle eie skole betaal. Hulle wil by my weet of, as daar dan in die res van die wêreld oplossings gevind is, om dit ook dit vir die armer (minder bevoorregte) kind makliker te maak om ’n privaatskool by te woon, hoekom kan dit nie ook in Namibië gedoen word nie.Hulle beweer dan dat ’n gedeeltelike oplossing daarin geleë is om vir ouers met kinders in privaatskole, belastingtoegewings te gee. Die skole vervul tog ’n diens namens die staat!Die beste oplossing en dit is een wat ek voorstaan, is dat aan elke privaatskool (sonder die aantasting van sy outonomie) ’n proporsionele bedrag betaal word wat gelykstaan aan die bedrag wat die staat aan ’n kind in die staatskool bestee. Dit word reeds elders gedoen en veral in Australië het dit ’n interessante geskiedenis.Trouens, ek dink al soveel as een-derde van alle leerlinge in Australië bevind hulle volgens hierdie stelsel in private Rooms-Katolieke of Onafhanklike en ander kerkskole, wat jaarliks op aansoek en bewys, proporsioneel deur die staat gesubsidieer word.

AUSTRALIËKom ek begin voor. In 1993 het ek die voorreg gehad om saam met Namibië se Parlementêre afvaardiging die Internasionale Parlementêre Konferensie in Canberra, Australië by te woon. Ek gebruik altyd sulke geleenthede om ’n bietjie rond te snuffel. Die enigste boekwinkel naby ons hotel was ’n Rooms-Katolieke boekwinkel. Heeltemal informeel en vriendelik het twee ou tannies in die winkel my gehelp om te kry waarna ek soek.Vanaf die hotel het ek Australië se Ministerie van Onderwys geskakel en baie gou en stiptelik het hulle vir my ’n aantal dokumente afgelewer.Daaronder was onder meer die National Report on Schooling in Australia (1991). Ek het dit baie interessant gevind en selfs hulle idees aan ons Nasionale Vergadering probeer oordra, maar sonder sukses. Niemand laat hulle voorskryf in Namibië nie!Gee die Rooms Katolieke Kerk in Australië die eer dat hulle die hardste geveg het oor ’n tydperk van bykans 100

jaar. Op 13 Julie 1962 het die “ontploffing” plaasgevind in die klein dorpie Goulbrun in N.S.W.. Alle leerlinge in hulle privaatskole het op dié dag opgedaag by die openbare skole wat nie plek gehad het om hulle te akkommodeer nie. Die staat was dus verplig om sy beleid te hersien wat gelei het tot die huidige reëling. KWEEKHUISE!Van sekulêre skole, wat SWAPO, met goedkeuring van ander politieke partye, nou in Namibië se grondwet ingeskryf het, het die groot kerkhervormer, Martin Luther, al in sy tyd gesê:[Quote] “Ek is bevrees dat skole ’n wye ingang na die hel sal wees, tensy hulle toegewyd arbei om die Heilige Skrif te verduidelik, en in die harte van die jeug in te graveer. Ek raai niemand aan om sy kinders in die sorg te laat van instansies waar God se Woord nie die Opperheerser is nie. Alle instansies waar die mens nie deurentyd hom met die Woord van God besig hou nie, sal verrot raak.”“Baie jare later roep die bladjie, ‘The Catholic School’ in Australië hulle kerk se stryd teen sekulêre skole in herinnering en skryf onder meer: ‘In 1869 het die Katolieke biskoppe hulle posisie duidelik gemaak. Die enigste skool wat vir die Katolieke aanvaarbaar was, was die met ’n Christelike atmosfeer en wat die Katolieke geloof vertroetel. Sekulêre onderwys, soos in die staatskole aangebied, was nie aanvaarbaar nie.”“En verder het hierdie Katolieke bladjie geskrywe: ‘In 1879 het die biskoppe van Nieu-Suid Wallis op hulle eie die sekulêre skole veroordeel. Hulle het dit beskrywe as KWEEKHUISE VAN IMMORALITEIT, ONBETROUBAARHEID EN WETTELOOSHEID.’ “ [Unquote]

HELP ONS!Die New Era van 10 Oktober 2007 berig onder meer oor ’n beroep wat President Pohamba op die kerke in Namibië, onder meer soos volg:[Quote] “The president said the church and civic organisations should work together with police to fight crime, drugs and alcohol abuse.”“We must condemn in the strongest terms the recent killings and mutilation of innocent women in our country.’ He said adding: ‘As Namibians, we must seriously take up this daunting challenge of renewing and transforming the social and moral fabric of our communities.’” [Unquote]Tot sover die aanhaling.Die kerke in Namibië kan dit by uitstek doen deur te help met opvoeding. Ek kan nie aan ’n beter geleentheid dink as nou, dat die kerke hulle kragte sal saamspan en die regering vra om, baie volgens die formule van Australië, die kerke te help om deur middel proporsioneel gefinansieerde privaatskole die regering te help nie. Gee die ouers en kinders van Namibië die geleentheid om teen dieselfde finansiële verpligtings te kan kies tussen regeringskole, onafhanklike skole of kerkskole.Dit sal ook in lyn wees met die V.V.O. se Handves van Mense-regte, naamlik Artikel 26(3), “Parents have a prior right to choose the kind of education that shall be given to their children.”ETSIP [Education and Training Sector Improvement Programme]ETSIP, is die reddingsboeg wat uitgegooi gaan word om

Page 17: Kliek hier - iway

NOVEMBER 2008 17

Namibië se onderwys te probeer red. Ek het al dikwels gesê dat die sukses van ’n stelsel al dan nie, hang af van die kennis, gesindheid en houding waarvolgens dit toegepas word. Ek is bevrees dat dit ook een van die belangrikste hekkies is wat ETSIP sal moet spring. Baie hang af van hoe gereed die onderwysers is wat dit moet toepas. In 1990, toe daar oornag oorgeskakel is na ’n nuwe stelsel, was die onderwysers nie gereed nie. Ek is nie oortuig dat dit nou die geval is nie. Ek praat nie van die uitsonderings wat daar altyd sal wees nie. Stel u voor my verbasing toe ek onlangs ’n onderwyseres gekry het wat vir my gevra het of ek haar nie meer kan vertel van ETSIP nie. Die regering glo mos dat as hulle iets in die regeringskoerant, die New Era, adverteer, dan moet almal daarvan kennis neem. Hulle doen dit met alles soos byvoorbeeld ook advertensies oor aansoeke vir hervestiging plase en onlangs ook algemene registrasie van kiesers. Dit is baie kortsigtig.Volgens Rapport van 7 September 2008, word prof. Jonathan Jansen (’n bruinman) en ere professor in onderwys aan Wits Universiteit gerapporteer dat hy glo die swak vertoning van onderwys is ’n politieke en kulturele probleem. En dan verderaan: “Vir hom bly onderwysers se slegte vakkennis ’n faktor wat groot verskille in skole se prestasie veroorsaak. Hy het vertel van onderwysers aan die regering se Dinaledi-skole, wat fokus op wiskunde, wetenskap en tegnologie, wat nà ’n week se opleiding steeds 0% gekry het in ’n toets oor nuwe dele van die wiskundekurrikulum.‘Ons het dit heeltemal onderskat hoe moeilik dit gaan wees om vakkennis te verbeter.’Jansen glo die regering besef hoeveel skade uitkomsgerigte onderrig gedoen het, maar dat dit moeilik is om iets waarin soveel belê is en wat soveel ideologiese betekenis het, om

te keer. Hy skaar hom by kritici wat sê die afskaling van die rol van teksboeke het sowel leerlinge as onderwysers benadeel, omdat onderwysers in ontwikkelende lande juis uit teksboeke kennis opdoen.”Ek is nie ’n kenner nie, maar my gesonde verstand sê vir my dat ook ETSIP se groot leemte is dat dit konsentreer op kennis en opvoeding agterweë laat. As die swart mense nie daaroor bekommerd is nie, wil ek net sê dit is een van die groot bekommernisse van die blankes. Die gebrek aan dissipline en respek vir gesag is een van die groot doodsteke. ’n Onderwyseres vertel vir my dat die enigste blanke kind in haar Graad 4 klas, totaal hande uitruk. Vroeër kan dit nog met ’n beskaafde pak slae reggestel word, maar vandag is die regte van die kind een van die grootste aanstokers van dissiplineloosheid. Hulle word mos volgens Namibië se grondwet nie meer verantwoordelikhede geleer nie.As net die blanke ouers daarvoor vra sal godsdiens en morele onderrig en strenger dissipline, met die inhammering van verantwoordelikhede, nooit deur die regering teruggebring word nie. Is dit te veel gevra dat ek ons swart landgenote ook vra om op te staan en getel te word.Ek het al voorheen beweer dat die vroeëre sogenaamde Bantoeonderwys, meer afgerond en suksesvol was as ons huidige stelsel. Ek het geen reaksie gekry nie. Nou sien ek dat leidende swart persoonlikhede in Suid-Afrika in dieselfde mening huldig.’n Suksesvolle sakevrou, Wendy Luhaba en die akademikus, dr. Mamphele Ramphele sê dat “Bantoeonderwys” onder apartheid hulle beter toegerus het as wat die townshipskole kinders wat in “vryheid” gebore is op die oomblik toerus. (Die Afrikaner, 12-18 September 2008)

Page 18: Kliek hier - iway

18 NOVEMBER 2008

Die Afrikaanse Uitgawe van “Wie is Jy?” is deur die uitgewer aan al die koerante gestuur. Daar was geen reaksie nie, selfs nie by die Republikein nie. Ons het die vrymoedigheid geneem om dit ook aan die regeringskoerant naamlik, New Era te stuur. Die Engelse uitgawe onder die titel, “The Afrikaners in Namibia, who are they”, sal ongelukkig eers vroeg volgende jaar beskikbaar wees. Nietemin was die New Era vriendelik genoeg om die volgende kommentaar te plaas in hulle “Book Review” van 19 September 2008, deur Peter Mietzner, onder die titel:

“Who are You”. Written by E.L.P. Stals.

“There is nothing in our country that fascinates me more than getting to have a better look at the culture and customs of our various peoples as seen through their own eyes. Outsiders see only a little bit – that which people allow them to see. The real nitty-gritty is not usually for public consumption.

When Mr. Kosie Pretorius thus phoned me some time ago and told me he had a book which I could perhaps review, I did not hesitate all that much.

Mr. Pretorius, for long the only representative of the MAG in Parliament and I may sit at opposite ends of the political fire, but this does not prevent me from talking and discussing various issues. One more reason to look forward to the book.

I may add that Mr. Pretorius is one of the few politicians who has garnered respect from all sides of the house – even if some members don’t always agree with him. Most of the time they do listen – irrespective of the fact that his views are pretty conservative and very much those of a pukka Afrikaner. For this book he wrote the foreword.

The book arrived in due course and when I found it was a series of historical sketches on the Afrikaner in Namibia, I was doubly intrigued. The writer, Ernst Stals, is a well-known academic who worked in Windhoek for many years, but has recently been with the University of Stellenbosch.

I could see the book as either propaganda for the Afrikaner, the “Boer” or as an honest attempt to pen down the historical facts of this people.

Was there an ulterior motive? Afrikaans, after all, as a language, had always been seen as the language of the oppressor. In neighbouring South Africa it gave rise to the 1976 riots and even in Namibia it was not top of the popularity poll for many years.

A promise is a promise and I started reading. The author very cleverly steered away from being subjective in any form and kept strictly to the historical facts. A plus point to Stals. It could not have been that easy.

I won’t bore you with all the detail of the book. Let it suffice if I say I learned more about the “being” called “Boer” or “Afrikaner” in one evening than in many dreary history classes both at school and later.

It makes one realise that whatever language we speak and whatever culture we may call our own, in Namibia it has been cross-pollinated by so many others. Today’s Afrikaans-speaking person is as likely to be one with Nama or Damara ancestry; be from Rehoboth than be the stereotypical white person with Dutch, German and English ancestry – or even Irish for that matter. Remember, the Irish would be the friend of anyone who fought the English and many Irish fought on the side of the “Boers” in the Anglo-Boer wars. I should know – I married the descendant of one!

In Namibia the Afrikaner is but part of the larger picture; one of the pieces that fits into the outline of Namibia. As with any human being, you get good ones and bad ones – most the former, though.

The book opened my eyes to one universal truth: under the skin we ARE all brothers!

Yes, the Afrikaner culture has rubbed off on other cultures in our country; just look at the typical Nama dress – and listen to my friend Vleermuys play guitar. A typical Afrikaans waltz, but with that unmistakable “Africa” feeling.

Just look at Ovaherero with the Victorian German dresses and their fanciful uniforms on special days.

If you read Afrikaans and get hold of the book, read it with an unbiased eye – and you will see their story is not so much different from yours and mine.

Unity in diversity – party of the many-coloured lappieskombers of our history.

The fact that an English translation will soon be available will make the book even more accessible and will make it more of an addition to Namibians.

PS: The word “Boer” with a capital “B” is NOT used pejoratively. It is used as it is in the sense of the book!”

WHO ARE YOU?

DIE BRUINMENSEEen van die interessantste uitlopers van die na-onafhanklikheidsera is die selftrots op ’n eie identiteit wat daar by die Bruinmense ontstaan het. Seker die meeste van hulle verkies om as bruinmense bekend te staan en nie as kleurlinge nie. Die onderstaande teregwysing is meer as net in ’n ligte luim:

Dear white fella

Coupla tings yo orta noFIRSTLY, WEN I’M BORN, I’M BLACK!!WEN I GROW UP, I’M BLACKWEN I GET SICK, I’M BLACKWEN I GO OUT INA SUN, I’M BLACK

AND WHEN I GET SCAREDGEE, I’M BLACKAND WEN I DIE, I’M STILL BLACK

BUT YOU WHITE FELLA....WEN YOU BORN, YOU PINKWEN YOU GROW UP, YOU WHITEWEN YOU GET SICK, YOU GREENWEN YOU GO OUT INA SUN, YOU REDWEN YOU GET COLD, YOU GO BLUEWEN YOU GET SCARED, YOU YELLAAND WHEN YOU DIE, YOU PURPLEAND YOU GOT THE CHEEK TO CALLME COLOURED!!

Page 19: Kliek hier - iway

NOVEMBER 2008 19

Monitor Aksiegroep se Jaarvergadering op 12 September 2008 het toe baie goed afgeloop. Ons is bly vir die paar jong manne wat bereid is om skouer aan die wiel te sit.

Onderstaande is ’n belangrike besluit wat deurgestuur aan alle tersaaklike persone, insluitende die Staatspresident en die Eerste Minister. Soos gewoonlik – en dit is nie net ons lot nie – erken hulle nie eens ontvangs nie. Ook die pers is nie bereid om hulle vir groepsregte te beywer nie.

Ons gaan egter nie moed opgee nie, maar maak staat op u daadwerklike en morele ondersteuning. Die persverklaring lees soos volg:

Op die Jaarvergadering van MONITOR AKSIEGROEP wat gehou was op Vrydag, 12 September 2008, is soos volg kennis geneem en besluit:

1. Dat kennis geneem word dat na bykans ‘n dekade en meer, se ignorering van MONITOR AKSIEGROEP se vertoë, deur die Parlement en die Kabinet van Namibië, die voorsitter van, MONITOR AKSIEGROEP, mnr. Kosie Pretorius:

(a) Die aangeleentheid van beweerde korrupsie met partybefondsing en onregmatige gebruik van staatsinfrastruktuur in die vorm van ’n ope brief, na die Anti-Korrupsie Kommissie verwys het, en reeds op 16 Mei 2008 die skriftelike bevestiging ontvang het dat dit opgeneem sou word met die verantwoordelike instansies;

(b) Die vraag of die Ombudsman enige seggenskap het oor beweerde wanadministrasie deur die Parlement, reeds vanaf die begin van 2007 opgeneem het met die Ombudsman en op 20 Desember 2007 die skriftelike versekering gekry het dat die saak verwys is na adv. D. Smuts vir ’n regsmening onder meer soos volg” “With the above as backgrounds, we hereby wish to request you to provide this Office with an opinion

whether the Ombudsman has the duty and power in terms of the Ombudsman Act, No. 7 of 1990, and more specifically Section 3 and 4 of the said Act, to enquire into and investigate any request or complaint against the Parliament.”;

(c) Nog nie daarin kon slaag om die Kabinet te oortuig dat dit in openbare belang is (teenstrydig met die eng SWAPO-partybelang nie) om die sogenaamde notules van die Subkomitee van die Grondwetskrywende Vergadering vir openbare kennisname en ontleding te publiseer nie;

(d) Dat ’n regsmening wat teen groot koste deur MONITOR AKSIEGROEP verkry is, toon dat daar ernstige leemtes is in die Regstellende Aksie wet en veral die toepassing daarvan, nie net op ras en kleurgronde nie, maar ook op kultuurgronde en die diverse gemeenskappe.

(e) Dat bogenoemde regsmening voorgelê is aan “The Ombudsman’s Public Hearing on Racism/Racial Discrimination” en dat MONITOR AKSIEGROEP die skriftelike erkenning van ontvangs gekry het, met die versekering dat dit behandel sal word in sy verslag.

(f) Dat met genoeë kennis geneem is dat dié verslag van C.E.R.D. (U.N. Committee on the Elimination of Racial Discrimination) van 15 Augustus 2008 al die punte van kritiek van MONITOR AKSIEGROEP teen die SWAPO-regering oor die afgelope jare, onderskryf het.

2. Besluit dat die Voorsitter van MONITOR AKSIEGROEP en die Parlementêre Verteenwoordiger onderskraag word in hulle voortgesette pogings om met bewese en regsgeldige argumente te streef na gelyke behandeling van ALLE individue en gemeenskappe in Namibië.

JAARVERGADERING

Page 20: Kliek hier - iway

20 NOVEMBER 2008

EN JY VERSLEG

EIENDOMSREG

EENDRAG MAAK

Eenheid in Verskeidenheid

SPANWERK IS LEKKERWERK!

NAVRAE:MONITOR AKSIEGROEPPosbus 80808Olympia WINDHOEKTel. Nr. 061-252008Faks nr. 061-229242Epos: [email protected]: www.monitor.iway.na

NEEM WEG• MONITOR AKSIEGROEP ondersteun die Christelike beskouing van eiendomsreg.

• MONITOR AKSIEGROEP beklemtoon dus die idee van ‘n vrye ekonomie, privaatinisiatief en dus ook private sowel as koöperatiewe besit.

• MONITOR AKSIEGROEP ondersteun dus ook die gebod van “Jy mag nie steel nie”.

• MONITOR AKSIEGROEP ondersteun die opvatting dat eiendom verkry moet word deur eerlike arbeid, deur dit te koop of te ruil, deur dit te erf of te ontdek.

• MONITOR AKSIEGROEP ondersteun ook die VVO-handves van menseregte, Art. 17 wat lui: “(1) Everyone has the right to own property, alone as well as in association with others. (2) No one shall be arbitrarily deprived of his property.”