Upload
others
View
11
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
KARTOGRAFIE
• HAT: Kartografie: Die kuns om landkaarte te teken.
Kartograaf: (persoonsnaam) Landkaarttekenaar
Kartreer: (ww.) Die proses van ”teken”.
• Term is rondom 1828 ontwikkel en is saamgestel uit Latyns-
Griekse ”charta” – dokument en Grieks g”graphëin” – tekening.
• Dit is die voorstelling van hemelliggame op topografiese kaarte.
• Om dit reg te kry, word koördinate met lengte- en breedtegrade
gebruik.
• Die oogmerk van kartografie is om die aarde
en ander planete en hul oppervlak, terrein,
water, plantegroei, paaie ens. weer te gee.
• Nederland was die toonaangewer toe die
atlas, ontwerp deur Gerhard Marcator
(Flaamse geografis) as ’n onvolledige
weergawe met 51 kaarte in 1585 verskyn het.
In 1969 (16de eeu) het hy ’n landkaart wat reguit lyne gehad het,
geteken. Die gevolg van so kaart is dat die lande soos Groenland en
Antarktika baie groter vertoon.
Die Mercator kaart is ’n silindriese kaart.
Gaia: Volgens die Griekse mitologie is
die godin, die verpersoonliking, van
die aarde. Sy is die oermoeder van
alle lewe. Uit haar is Uranus (die lug)
en seegode gebore.
Daarom word daar van die aarde as
’n ”sy” gepraat.
Die bundel bestaan uit 'n ronde 50 gedigte, georganiseer met
"Kartografie" as 'n voorwoord of inleiding, ses afdelings wat met
redelike sorg afgebaken is, en 'n losstaande laaste gedig, "Landreise
II", wat om een of ander rede as 'n afdeling op sy eie moet staan.
Die bundel het as motto 'n aanhaling uit N.P. van Wyk Louw se
drama Die pluimsaad waai ver. "Ek is gebind aan al ons dooies onder
die aarde". Terwyl die Boereoorloggegewe hier en daar terugklink, wil
die digter dat die "dooies" eerder verwys na alle lewe wat uitgewis
word of tot niet gaan. Dus, ook: 'n ekologiese gesprek waarin die
mens as verwoester en terselfdertyd as slagoffer voorgestel word.
'n Deel van die gesprek is, uiteraard, ook oor die onbenulligheid van
die mens wat arrogant dink dat hy die bestel beheers. Die
openingsgedig, een van die bestes in die bundel, wys met slim
woordspel hoe ons meen ons het transport van die aarde gekry
deur dit op 'n kaart (plat) vas te vang. Maar: "Gaia lag, sy rol onder
ons penne uit/en van ons papiere af/ weg op haar ronde baan om
die son".
Die onvermoë om die aarde vas te vat, volledig te omsien, is vir die
digter ook waar vir die kuns: "Agter die wit papier/strek die
landskap/ onbeskryflik voort" ("Landreise I"). Die eerste afdeling
bevestig verder: ook elke reis is net 'n verkenning ten dele: ons
verstaan sowel die reis as die bereisde gebied nooit heeltemal nie:
"Ons reis voort en begryp dit nie" ("'n Ander land").
Titel:
• Alhoewel die titel impliseer dat ons die aarde op papier kan
vasvang, sê die slot van die gedig die teenoorgestelde nl. dat
ons nie die aarde kan vasvang nie, ook nie op papier nie. (ironie)
• Satiries impliseer die gedig ook dat ons nie die aarde ons eie kan
maak en dit ons s’n kan noem nie (kaart en transport), al het ons
die vermoeë om dit op papier te sit.
Bou:
• Klem word outomaties op die korter strofe 2 geplaas.
• Die gedagte dat ons nie die aarde kan vasvang nie word hierdeur
beklemtoon.
• Kort reels.
Strofe 1: r.1-5
Ons sukkel met die aarde om sy rond is,
om ons haar nie plat kan druk
tussen die blaaie van ’n atlas nie.
om ons op ’n bol
nie alkante gelyk kan kyk nie.
• Let op die o-assonansie – dit beklemtoon die woord ”rond”.
• Die o is ook letterlik rond wat die beeld van die ronde aarde
versterk.
• Gedig begin met ’n stelling: Ons sukkel ... Satiries wys dit daarop
dat die mens met iets wat hy nie kan begryp, verstaan en sy eie
maak nie, ’n probleem ervaar.
• Rond vorm ’n antoniem met plat in r.2.
• Daar word gesinspeel op hoe moeilik dit is om ’n persepsie te vorm
van iets wat rond is aangesien daar net na gedeelte gekyk kan
word.
• Atlas was die Griekse god en een van Gaias se seuns wat die straf
gekry het om die heelal (lug) op sy skouers te dra. Dubble
betekenis : blaaie is die gedeelte van mens se skouers.
• Om: verwys na omdat. Skep die idee van rond (om)
• Let op die baie eenlettergrepige woorde in r. 1-5. Beklemtoon die
sukkel van die mens. (Ook manlike eindrym)
• Bol: verwysing na mens se kop/brein – in die bol gepik wees. (mal)
Verwysing na aard(bol)
Ronde voorwerp – bal.
Rond / ronding. / Ook uitstaan in ’n ronde figuur.
R. 6-10
6 Maar Mercartor het ’n plan gekry:
7 maak mooi rytjies op ’n ry,
8 laat die gradelyne mekaar reghoekig sny,
9 trek ’n bietjie hier en krimp ’n bietjie daar
10 en kyk!
• ”Maar” dui op wending wat gaan volg. (Die mens sukkel maar
Mercator maak ’n plan.)
• Alliterasie van m-klank beklemtoon maar en Marcartor
• Dubbelpunt aan einde van r. 6 – Na die dubbelpunt volg die plan
wat hy gekry het.
• Verwysing na die eerste kaarte waar die lyne reghoekig was, maar
die grootte van die lande was nie in perspektief korrek nie.
• Die spreker laat dit wat Mercartor gedoen het so maklik klink deur:
die verkleiningswoorde, ”trek en krimp ’n bietjie”, uitroepteken.
• Kortste reël beklemtoon dat die mens nou die aarde op ’n plat
papier kan sien en sluit aan by r. 2-5 waar die mens nie alles kon
sien nie omdat dit rond was.
• Assonansie van y-klank beklemtoon ”gekry” en ”kyk”.
R. 11-13
11 ’n Projeksie van ons persepsie van die geosfeer
12 ’n benadering van ons betraging van die planeet –
13 met so ’n kaart kry ons dalk uiteindelik transport.
Projeksie: afbeelding van ’n voorwerp op ’n plat vlak.
Persepsie: Die opneem en resultaat van indrukke in die bewussyn.
Geosfeer: Die vaste aarde.
Benadering: Manier/handeling van hoe ons iets benader.
Betragting: Beskou – hoe ek die saak sien.
• R11: ’n Afbeelding van hoe ons die aarde beskou.
• R12: ’n manier van hoe ons die planeet sien.
• R13: Met so ’n atlaskaart verkry ons dalk ’n aanduiding van die
ligging / eienaarskap.
• Akuutaksent verwys na spesifieke soort kaart – implikasie: die
een in ’n atlas soos verwys in die begin van die gedig.
R. 14-15
14 Net jammer Groenland is nou yslik groot
15 en Alaska ietwat uit proporsie.
• Al het ons nou ’n kaart met hoe ons die aarde sien op ’n plat vlak,
is selfs dit nie ’n werklike en getroue waargawe nie, aangesien die
lande nie proporsioneel korrek is nie.
• Proporsie: Verhouding tussen onderdele / verbandhoudende sake.
• Hierdie 2 reëls sluit op ‚n manier aan by die slot, want dit bevestig
dat ons die aarde nie kan ”vasvat/beskryf/sien/beskou/ervaar” soos
dit moet nie.
Strofe 2 R. 16-18
16 Gaia lag, sy rol onder ons penne uit
17 en van ons papiere af
18 weg op haar ronde baan om die son.
• Gaia: Griekse mitologie, godin, oermoeder van oorsprong en lewe.
• Personifikasie: Die aarde lag (ons uit). Omdat ons so sukkel om
iets vas te vang.
• Rol beklemtoon die idee van rond en dat dit nie vasgevat/-vang
kan word nie. Rol – die aarde draai (rol/tol)
• Penne en papier dui op kartreer. Menende: ons kan die aarde nie
suksesvol op papier ”oorteken” nie.
• Kort r. 17 beklemtoon die afrol – dit is weg.
• Voorplasing van weg om te beklemtoon dat dit nie daar is nie.
• Inversie r. 17-18 om weg te beklemtoon.
• Die idee van rond word voortgesit deur van die wentelbaan om die
son te praat wat rond is (alhoewel ovaalvormig).
• Die aarde laat haar nie vasvat nie, en gaan op haar baan, en laat
ons agter sonder dat ons pogings suksesvol was (futiel).