Upload
others
View
4
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
JOSEPH J DU PONT
; - C
Ek is 'n Luitenant Kolonel in die SA Polisie en is gestasioneer
te Vereeniging. Ek is die distrikspeuroffisier van die gebied.
Ek het die nag van 17 en 18 Junie tuis deurgebring en het geen
oproepe in verband met die Boipatong slagting ontvang nie.
Op die oggend van 1992-06-18 om ongeveer 06:45 terwyl op pad werk
toe, het ek 'n radio rapport gemonitor en verneem dat elf (11)
lyke gevind is. Ek het ook 'n berig gemonitor dat mense klippe
gooi na motoriste te Dongesstraat Vanderbijlpark. Ek het
onmiddelik na Dongesstraat beweeg waar ek gevind het dat motors
baie beskadig was. Ek het ook dadelik na die Vanderbi jlpark
Polisiestasie gegaan waar lede van die publiek klagtes van
saakbeskadiging aanhandig gemaak het. Ek het hierna na Boipatong
beweeg.(westekant) waar ek weermag voertuie asook Casspirs gevind
het. Hulle was besig met patrolliedienste. Die ingang tot die
woonbuurt was met boomstompe en rotse asook brandende bande
versper. Die gebied in geheel was ontoeganklik en ek was ingelig
deur lede van Binnelandse Stabiliteit dat petrolbomme en klippe
na hulle gegooi was en dat daar ook op voertuie gevuur was. Ek
was ingelig dat dit geheel en al onveilig was om die woonbuurt
binne te gaan.
Op navraag het ek bepaal dat lede van die PKRS (Plaaslike
Kriminele Rekord Sentrum) (fotograwe) reeds gedurende die nag op
die toneel was en dat hulle weer op pad is na tonele.
/ I . .
* 2 *
Ek het verder bepaal dat die Onlus en Geweldondersoekspan, wie
vir so 'n ondersoek verantwoordelik is, ook ingelig was en 'n lid
van die span opgemerk was op die toneel. Ek was derhalwe tevrede
dat daar lede van Misdaadondersoekdiens besig was met ondersoek.
Ek het die gebied omsirkel per motor en verskeie mense op
patrollie raakgeloop asook Casspirs. Ek was tevrede dat daar 'n
poging aangewend word om die gebied te stabiliseer. Opdrag was
ook uitgereik dat lede van die Ondersoekspan hospitale besoek en
opgawes bekom van beseerdes.
Ek het met inwoners van die gebied gesels. Ek het verneem dat
hulle die inwoners van Kwa Madala aanspreeklik hou. Die publiek
was erg gespanne en aggressief. Selfs op hierdie stadium was die
uitsig swak.
Ek het ook bevestiging ontvang dat alle beseerdes reeds deur die
loop van die nag na die hospitaal verwyder is. Later toe die sig
beter was, is meer lyke gevind.
Die polisie het oor geen inligting beskik dat die aanval op
Boipatong sou plaasvind nie.
(GET) LT KOL J J DU PONT
CHRISTOFFEL JACOBUS FQURIE
verklaar:
Ek is 'n blanke man, woonagtig te Springbokstraat
21, Vereeniging en is werksaam te Vereeniging,
Misdaadvoorkoming, met telefoonnommer: 55 2020.
Op 1992/06/17 het ek om 18h00 aan diens gerapporteer
te Vereeniging Misdaadvoorkoming kantore te
Powerville, Vereeniging. My pligte behels die
beantwoording van telefoonoproepe en ek is die
radiokamer se radio-operateur.
Om ongeveer 22h35 het ek 'n radioberig ontvang vanaf
die sekuriteitswag wat te Uniepark Motors diens
gedoen het, dat ' n groot groep persone vanaf Yskor
af beweeg in die rigting van Boipatong. Ek het
dadelik Luitenant Kruger per radio gekontak en hulle
meegedeel wat die sekuriteitswag my oor die radio
meegedeel het en hom versoek om ondersoek te gaan
instel.
Met Luitenant Kruger se aankoms te Uniepark Motors
het hy my meegedeel dat daar wel 'n groep persone in
die veld langs Boipatong was. Ek het toe die
- 2 -
S.A. Polisie te Vanderbijlpark per telefoon gekontak
en meegedeel wat deur die wagte waargeneem is. Sover
ek my herinner het hulle reeds kennis van die
aangeleentheid gedra.
Om 22h54 het ek 'n telefoonoproep gekry vanaf 'n
"telly dialer", 'n telefoon bandopnamemasjien. Die
boodskap was 'n diefalarm wat te Generaal Hertzog
150, Vereeniging afgaan. Ek het dadelik 'n
inskrywing in die alarmregister gemaak.
Ek het vir Luitenant Kruger ook per radio gekontak en
uitgestuur na die klagte. Luitenant Kruger het later
die aand 'n negatiewe rapport aan my gerapporteer.
GETEKEN: C.J. FOURIE
WENDELL WILKEN
verklaar onder eed in Afrikaans:
Ek is 'n blanke man, 42 jaar oud en is woonagtig te
Haggartstraat 4, Vanderbijlpark, telefoonnommer:
32 3639. Ek is werksaam as elektrisien te Cape Gate
(Pty) Limited, Noble Straat, Vanderbijlpark,
telefoonnommer: 88 1010.
Op 1992/06/17 het ek vanaf my huis na my werk gery
per motor. Om ongeveer 21h50 het ek in Frikkie Meyer
Boulevard gery. Ek het voor my in die pad 'n groep
swart mense gesien wat die straat oorsteek vanaf Kwa
Madala hostel se kant af na Boipatong toe. Daar was
tussen 200 - 300 van die swartes. Ek het aan die
regterkant van die pad gesien dat hulle in die veld
net voor Boipatong bymekaar kom.
Die sig was taamlik goed en dit was 'n helder aand.
Daar is ook straatligte langs die pad en gevolglik
kon ek die mense taamlik goed sien soos hulle oor die
pad hardloop in die veld in. Ek het so ongeveer 200
meter vanwaar hulle oor die pad gehardloop het,
omgedraai en huis toe gegaan. Van die huis af het ek
Mnr Viljoen geskakel en aan hom gese dat ek later sal
inkom aangesien ek nie geweet het wat aan die gang is
nie.
Om ongeveer 23h00 het ek weer met dieselfde roete
vanaf my huis na Cape Gate toe gery. Ek het toe geen
swartes opgemerk nie. Ek het vanaf my huis tot by
die werk ook geen polisievoertuie of weermagvoertuie
gesien nie.
WENDELL WILKEN
ALBERTUS ARNOLDUS DE JAGER VERKLAAR
; '' if v
1 .
Ek is woonagtig te Vanderbi jlpark. Ek is werksaam as 'n
instandhoudingspasser te Cape Gate (Pty) Ltd., Noble Boulevard,
Vanderbijlpark, tel.nr. 88-1010.
2.Op 1992-06-17 het ek om ongeveer 21:40 vanaf my huis na my werk
gery. Ek moes om 22:00 aan diens rapporteer te Cape Gate (pty)
Ltd. Om ongeveer 21:45 het ek in Frikkie Meyer Boulevard in 'n
noordelike rigting gery met my motorvoertuig.
3.
In die omgewing van die bruggie het ek 'n groot groep swartmense
gesien wat Frikkie Meyer Boulevard vanaf Iscor se kant af oorbeweeg
het in die rigting van Boipatong. Ek het stadig nader beweeg en
so 'n (150) een honderd en vyftig meter vanaf hulle gestop. Ek
het in die veld aan my regterkant opgemerk dat die groep mense
in die veld net voor Boipatong bymekaar kom.
4.
Op hierdie stadium het ek omgedraai en teruggegaan ha my huis.
Toe ek by my woning aankom het ek my werk geskakel. Dit was ongeveer
21:55 gewees. Ek het die sekuriteit meegedeel dat daar 'n groep
mense oor die pad beweeg te Frikkie Meyer Boulevard en dat ek nie
kon verbykom werk toe nie.
* 2 *
Ek het die S.A. Polisie van die voorval verwittig.
Om ongeveer 22:10 het ek weer in my voertuig geklim en terug gery
om te kyk of ek nou by die werk kon uitkom. Ek het weer met Frikkie
Meyer Boulevard opgery. Ek het toe geen mense in die pad of in
die veld gesien nie. By die verkeerslig het ek regs afgedraai
^ in Noble Boulevard wat reg voor die hoofhek van Cape Gate verbyloop.
7.
Die fabriek se parkeerplek is reg oorkant die hoofingang gelee.
By die "B" ingang van die parkeer area het ek toe so ongeveer (30)
dertig swartmense opgemerk. Ek het net daar omgedraai en terug
gery na my huis toe. Ek het toe weer die werk geskakel en gese
dat ek weer mense gekry het en nie by die werk kan uitkom nie.
Die sekuriteitsbeampte wat die telefoon beantwoord het, het my
meegedeel dat daar 'n skietery naby Cape Gate is, en dat ek liewer
® by die huis moet bly omdat dit gevaarlik kan wees om werk toe te
kom.
8 .
Dit was ongeveer 22:25 wat ek Cape Gate geskakel het. Ek het daarna
die Onlus Eenheid geskakel en aan hulle gese dat daar 'n skietery
by Cape Gate se hoofhek is. Die Onlus Eenheid se beheerkamer het
my meegedeel dat hulle kennis dra van die skietery en reeds uitbeweeg
het om aandag daaraan te gee.
/ 3 . . .
Om ongeveer 22:35 het ek besluit dat ek gaan terugry na Cape Gate
toe en probeer om hierdie keer by die werk uit te kom. Ek het
weer in Frikkie Meyer Boulevard opgery. Ek het opgemerk dat daar
mense vanaf Boipatong in die rigting van Iscor beweeg. Dit was
om en by op dieselfde plek waar ek die groep mense die eerste keer
opgemerk het. Ek het net daar omgedraai en weer teruggegaan huis
toe. Ek kon egter nie sien wat se klere die mense aangehad het
nie.
1 0.Met my aankoms by die huis het ek weer my werk geskakel en meegedeel
dat ek nou (3) drie keer probeer het om by die werk uit te kom.
Hierna het ek my waarnemende voorman, Mnr Potgieter geskakel en
hom van die hele voorval verwittig. Mnr Potgieter het gese dat
ek maar tuis moet bly.
(GET) A A DE JAGER
JOHANNES, WILLEM HAVENGA
verklaar:
Ek is ' n blanke man, 27 jaar oud en is werksaam te
Cape Gate (Pty) Limited, telefoonnommer: 88 1010.
Op 1992/06/17 het ek vanaf 14h00 tot 22h00 gewerk.
Toe ek om 22h00 van diens kom het ek na die hoofhek
gestap oppad na my voertuig toe. By die hoofhek is
ek deur die sekuriteitpersoneel gekeer. Hulle het my
meegedeel dat daar probleme in die woongebied reg
oorkant Cape Gate is. Die woongebied is Boipatong.
Die sekuriteitwagte het gese dat dit beter sal wees
as ons eerder 'n rukkie wag voordat ons ry.
Ek het teruggegaan na my werkswinkel toe en gaan
koffie maak. Om ongeveer 23h30 het ek weer na die
sekuriteitpersoneel gegaan en gevra of dit nou
moontlik is om huis toe te gaan. Die wagte het gese
dat dit nou taamlik stil is en dat daar polisie en
weermagvoertuie in die omgewing is. 'n "Buffel" van
die weermag het by die ingang van Cape Gate gestaan
en gese dit is veilig om te ry.
Ek het vertrek vanaf Cape Gate en moes aan die
regterkant van die dubbelryvlak van Noble Boulevard
ry omdat die ander baan toegepak was onder klippe en
padversperrings. Ek het tot by Uniepark Motors gery
waar ek in 'n suidelike rigting in Frikkie Meyer
Boulevard ingedraai het. Op die hoek van Uniepark
Motors het daar 'n weermagvoertuig gestaan. Dit was
'n "buffel" gewees. Naby die toetsgronde op Frikkie
Meyer Boulevard het ek nog ' n buffel van die weermag
opgemerk.
Ek kan nie onthou of die "Apollo" ligte aan was nie.
Ek het direk na my huis in Vanderbijlpark gery.
GETEKEN: G.W. HAVENGA
JOSEPH LUMKILE MGCINA VERKLAAR:1
Ek is 'n volwasse man, 41 jaar oud en is woonagtig te huis 696 Mafokengstraat, Boipatong. Ek is werksaam as 'n toesighouer by Cape Gate (PTY) Ltd Nobel Boulevard, Vanderbilpark Tel 88/1010
x360 -
Op 1992-06-17 om 14:00 het ek van diens gekom en is ek na my woning te Boipatong. Ek was die hele middag en aand by die huis. Om ongeveer 19:00 het my vrou kos opgeskep en het ons geeet. Om 20:00 het ek, my vrou en swaer die nuus op TV1 gekyk. Om ongeveer 21:00 het my swaer na die horlosie in die kombuis gaan kyk hoe laat dit is en daarna is hy werk toe. My swaer is ook
by Cape Gate werksaam.
Hierna het my vrou die bed gaan regmaak sodat ons kan gaan slaap. Ek het in die bed gaan klim en my vrou het gaan bad. Nadat my vrou gebad het, het sy ook kom slaap. Die horlosie langs my bed was gestel om my om 05:00 die volgende oggend wakker te maak.
Daar het 'n klip op my huis se dak geval en ek het wakker geskrik. Ek het op die horlosie op my bedkassie gekyk en gesien dat dit 22:05 was. Ek en my vrou het doodstil in die bed gele en geluister wat aan die gang is. Dit was egter stil gewees. Ons het nog so gele toe daar skielik ruite in my slaapkamer en my
sitkamer breek. Dit was toe ongeveer 22:10.
Ek en my vrou het opgespring en na die spaarkamer aan die agterkant van my huis gegaan. Ek het vir my vrou gese dat ons onder die bed in die spaarkamer moes wegkruip. My vrou is n bietjie geset en sy kon nie onder die bed inklim nie. Ek het hierop besluit dat ons dan maar eerder by die agterdeur moet uitgaan en probeer ontvlug en hulp te bekom. Ek het deurentyd mense by die voordeur gehoor praat. Hulle het in Zulu gepraat en gevloek. Hulle het gese "maak die deur oop" en dan weer
gevloek.
Die agterdeur was gesluit maar die hortjies van die deur was oopgebreek. Ek en my vrou het toe daardeur geklim. Buite die huis het ek 'n klomp swart mense met wit kopdoeke om hulle koppe aan die voorkant van die huis gewaar. By die agterdeur was daar drie swart mans gewees met kieries en spiese. Een van hulle het my met * n kierie teen die regterhand geslaan. Toe ek probeer weg hardloop het, het 'n ander een my met 'n spies in die linker skouer van agter gesteek. Ek het oor die agterste heining gespring en na Cape Gate toe gehardloop.
7
Op my pad na Cape Gate toe het ek die SA Weermag in Noble Boulevard naby Cape Gate se hoofhek gekry. Hulle het met 'n beige bakkie gery. Ek het hulle meegedeel dat ek probleme by my huis het en dat hulle moet kom help. Hulle het my meegedeel dat hulle nie in die gebied kan ingaan nie en dat die Polisie oppad is. Hierna het die Weermag voertuig gery na die garage op die
hoek.
8
Ek het verder gehardloop na Cape Gate se hek toe. By die hek het ek vir die sekuriteitsmense gese dat my vrou moeilikheid het en dat ek gewond is. Die mediese ordonans Johannes het my wond behandel en verbind. Ek het toe besluit om te gaan kyk waar my
vrou is.
9
Tot en met hierdie tyd toe ek geen polisiemanne of polisievoer- tuie gesien nie. Ek het toe terug gehardloop na my huis toe om te gaan kyk waar my vrou is. Oppad huis toe het ek op twee onbekende jeugdiges afgekom. Hulle het gese dat hulle weet wie ek is en dat ek by die vyfde huis van die hoek af in Bafokeng— straat bly en dat my vrou Lekoastraat afgehardloop het. Ek het
hulle gese dat ek self sal gaan kyk.
10
Toe ek naby my huis kom het ek opgemerk dat my vrou in die pad voor die huis le. Nadat ek haar ondersoek het, het ek gesien dat sy met 'n byl agter die kop gekap is.
Daar het bloed by haar mond en ore uitgekom. Ek het besef dat sy dood is en het haar met komberse toegemaak wat die bure vir my gegee het. Ek het haar liggaam uit die pad uit gevat. Die ambulans het haar liggaam later daar opgelaai en na die lykhuis te Sebokeng geneem. My vrou se naam was Julia Mgana.
11
Ek het hierna in my huis ingegaan en gesien dat die hele plek omgekrap is. Daar was komberse en lakens weg. My draagbare radio word ook vermis. My pols horlosie is ook gesteel. Die
ruite in my huis is ook almal gebreek.
(GET) J L MGCINA
»
Ek,
Auke Compaan
volwasse man werksaam as Senior Sekerheidsbeampte by Yskor se
Vanderbijlpark Werke verklaar hiermee sooa volg:
Ek was op 17 3 u n i e 1992 aan d i e n s by Yskor se Vanderbi jlpark
Werke vanaf ongeveer 17:15 by die sogenaamde N o o r d - o o s h e k .
Om ongeveer 22:40 het ek telefonies berig ontvang van die
noordhek sekerheidspersoneel dat hulle berig gekry het dat mense
op pad is vanaf Boipatong in Yskor se rigting. Ek het na die
noordhek gery om met die personeel daar te praat ten einde die
berig te bevestig aangesien die noordhek drie minute se ry vanaf
noord-ooa hek was en noordhek ook onder beheer van noord«ooshek
was. Ek het die boodskap aan Be he er beampte De Bruto oorgedra, by
n o o r d - o o s h e k .
Nadat ek die berig oorgedra het aan Beheerbeampte De Bruto het ek
opdrag ontvang om 22:55 as lid van die reaksie-eenheid om na die
ooshek te gaan.
Ek het saam met Senior Beheerbeampte 3 van Wyk met 'n
s ekerheidsvoertuig na ooshek gery.
By ons aankoms by ooshek het ons drie ander sekerheidsvoertuie
aangetref. Ek het opdrag gekry om saam met Senior Beheerbeampte
3 van Wyk vanaf die ooshek na die substasie in 'n suidelike
rigting te ry en daarna in 'n oostelike rigting aan die binnekant
van die Y s k o r « e i e n d o m . Die doel was om die heining te patroleer
ten einde Ysk or-eien do m te beskerm indien nodig.
2 / . . .
I
Toe ons die oostelike heining bereik het, het 0 0 3 langs die
heining gery vir ongeveer 'n halwe kilometer, gestop, uitgeklim
en terug geloop aan die binnekant van Yskor se eiendom om te kyk
of ons iets sien in die veld buite die Yskor eiendom. Ongeveer
twee honderd meter van waar ons die voertuig gelaat het, het 'n
persoon langs die heining opgespring en ges§ "moenie my skiet
nie, ek werk vir Yskor". Die persoon het sy Yskor
identiteitsdokument aan my vertoon. As sta ndaard prosedure het
ek die persoon deursoek en ek het geen wapens by hom gevind nie.
Ek het aan die persoon gevra "Wat maak jy hier" waarop hy
geantwoord het dat hy met rangeerwerk besig was en baie ligte
gesien het. Hy het verder ges& dat hy gedink het daar is
moeilikheid en het weggekruip.
Ander lede van die reaksie»eenheid was binne sigafstand van waar
ek was en het by ons aangesluit. Ek het die persoon oorhandig
aan die ander lede van die r eaksie- ee nh eid aangesien ek moes
voortgaan met patrolering van die heining.
Ek het te voet verder beweeg in 'n suidelike rigting vir ongeveer
een honderd en vyftig meter tot by 'n pyplyn. Ek het daar bly
staan vir ongeveer 15 minute. Ek het gekyk in die rigting van
Boipatong en het die veld dopgehou langs die grens van Yskor
tussen die heini ngdraad en Frikkie Meyer Boulevard. Ek het geen
beweging gewaar nie.
Terwyl ek op die posisie was het Yskor se interne brandweerdiens
opgedaag en hulle ligte is gebruik om wa ar nem ings te doen oor die
gedeelte grond tussen Yskor se grensheining en Frikkie Meyer
Boulevard. Geen beweging is deur my opgemerk nie.
-2»
3 / . . .
Twee weermagvoertuie het binne die Yskor eiendom na die poaieie
beweeg waar Y 3 kor reaksie-eenheid se voertuie gestaan het. Die
weermaglede het twee gaspatrone afgevuur na die gedeelte grond
tussen die Yskor grensheining en Frikkie Meyer Boulevard. Ek het
geen beweging opgemerk nie.
Die reaksie-eenheid het almal bevel gekry om te onttrek en terug
te beweeg na die ooshek. By die ooshek het ek opdrag gekry om
patrolering te doen van die grensheining wat ek reeds gepatroleer
het om seker te maak dat die situasie steeds veilig is. Ek het
geen persone gesien tydens die patrollie nie.
Nadat die patrollie voltooi is het die reaksie-eenheid by die
ooshek bymekaargekom en is die lede teruggestuur na hulle poste.
Ek het terugbeweeg na die n o o r d - o o s h e k .
Ek het verder geen berigte in die verband ontvang gedurende die
skof nie. My skof het om 5:15 op 18 Junie 1992 geeindig.
A COMPAAN
Ek,
THINUS LODEWIKUS STEYN
werksaam te Yskor Sekerheid as 'n Senior Beheerbeampte te Oosarea Vanderbijlparkwerke (“die Werke"), verklaar soos volg :
1 .
Op 17 Junie 1992 om 17h 15 het ek aan diens gerapporteer by die werke as toesighouer by die Ooshek van die skof wat die aand 12 ure nagskof gewerk het.
2.
Om 18h09 is ek en Beheerbeampte Schneider met voertuig NTG 127 T, ’n Nissan Bakkie, uit na Senior Beheerbeampte Brand se huis in Sonlandpark om hom behulpsaam te wees met sy gebreekte voertuig.
3.Om 19h59 het ek en mnr Schneider teruggekeer na die Ooshek en is onmiddeliik na mev Oosthuizen, ’n sekerheid operatrise in die sekerheidradiokamer.
4.Om 22h55 het mev Oosthuizen in die radiobeheerkamer, in my teenwoordigheid, ’n telefoniese berig ontvang vanaf mnr S de Bruto, die beheerkamerbeampte by Noordooshek, dat ’n groep van ±800 persone oppad is na die Ooshek. Mnr J Mahiatsi, sekerheidsbeheerbeampte te Noordhek, het volgens inligting die oorspronklike boodskap van Vaalkommando ontvang. In die teenwoordigheid van mnr Nel, Hibbert, Schneider en mev Oosthuizen het ek Ooshek geskakel en vir Senior Sekerheidsbeampte, Lukas Mokoena, gese om die uitgangshekke oop te maak sodat ons met ons Yskor Sekerheidsvoertuie kan uitbeweeg na Kwa-Madala.
5.Ek en mnr P J Schneider het dadelik in die rigting van Ooshek beweeg. Ons is deur die hek na Kwa-Madala waar ons met mnr Moses Mtembo gaan praat het. Mnr Schneider het vir mnr Mtembo gevra of al sy mense binne die hostel is waarop hy geantwoord het dat almal binne die hostel is. Ek en mnr Schneider is onmiddeliik terug na die Ooshek, wes van die hostel. Met ons aankoms te Ooshek het ek mev Oosthuizen per radio gekontak en gevra om die Yskor-sekerheidsreaksiemag met volledige uitrusting uit te kry na Ooshek om daar bymekaar te kom.
1
Page 2
6.
Ek en mnr Schneider is weer uit na Kwa-Madala. By ons aankoms was daar twee weermag voertuie (Buffels). Op daardie stadium het mnr Nel ook hier by ons aangesluit.
7.Ek en mnr Schneider, tesame met mnre Nel en Mokobung.is in ons onderskeie voertuie na die Yskor-Kwekery oorkant Unipark Momtors. Ons het gaan kyk of ons enige beweging van persone in daardie rigting kon sien. Ons het egter geen beweging gesien nie.
8.
By die kwekery het ons twee weermag Buftel-voertuie ontmoet. Om ongeveer 23h07 het ons in die veld aan die oostekant van Kwa-Madala inbeweeg. Die twee Buffel-voertuie het ons vergesel.
9.Om ongeveer 23h10 het ons by ’n waterklep in die veld stilgehou. Ons het vandaar observasie gehou om te kyk of daar enige beweging van persone in die omgewing is. Ons kon niks opmerk nie. Die weermaglede het daarna in die veld begin patrollies loop.
10.
Op daardie stadium was die Sekerheids-reaksiemag reeds onder my bevel en teen die grensdraad aan die binnekant ontplooi om patrollies te loop om bewegings van enige verdagte persone te monitor.
11.Terwyl ons by die weermag Buffels by die waterklep was, het ons 'n boodskap oor die radio ontvang dat daar ’n man aan die binnekant van die grensdraad naby die pyplyn gevang is deur lede van die Sekerheids-reaksiemag wat daar teen die grens ontplooi was.
12.Ek en mnr Schneider sowel as mnr Petrus Mokobung is toe onmiddellik in die werke in na die betrokke plek waar hulle die persoon gevind het. Mnr Nel het hier by ons aangesluit by die plek waar die persoon gevind is.
13.Die betrokke persoon was agter in Wesarea se voertuig, waar ek met hom gepraat het.______________________ ---------------------------------------- ----------------------------------------------- _ _ -------------------- ------------------------------.----------------------------------
3 / . . . Hy het
Page 3
Hy het vir my ges§ dat hy ’n Yskor-werker is en in Kwa-Madala woon. Ek het hom gevra wat soek hy hier. Hy het my meegedeel dat hy deel van ongeveer 200 persone was, wat na die Chinees in Boipatong gegaan het om uit te vind hoek om die Zoeloes wat daar kom kos koop aangerand en weggejaag word.
14.Ek het mnr Andrtf Pretorius, stasie offisier van Yskor-brandweer, per radio gekontak en gevra dat hulle ons moet kom help met hulle sterk spreiligte.
15.Die Sekerheid-reaksiemaglede het voortgegaan met patrollies teen die grensdraad aan die binnekant. Ongeveer 15 minute nadat ek die brandweer ontbied het, het hulle op die toneel verskyn waar hulle hul spreiligte op die biesieveld gegooi het om te sien of daar enige beweging van mense is. Daar is egter geen beweging waargeneem nie.
16.Ek het die weermag deur ons radiobeheer gekontak en gevra dat hulle in die veld moet beweeg vanaf Frikkie Meyer Boulevard. Hulle het my meegedeel dat hulle eerder traangas sal gooi as om in die veld in te beweeg. Ek het hulle gevra om eerder die gasgrenate van binne die Werke te gooi as van die teerpad af. Die rede hiervoor was dat as daar wel so baie mense in die veld is, my mannekrag te min sou wees om die onbekende persone te keer. Die weermageenheid het na ons ombeweeg om gas te gooi. Met die aankoms van die weermag Buffels het ek vir Yskor-sekekrheidsbeamptes PJ Schneider, PJ Venter, P Steyn en A Delport in die biesies ingestuur na waar ons ’n beweging gesien het. Hulle het teruggekeer en aan my gerapporteer dat daar niks is nie. Die lede het teruggekeer na binne die Werke en Maj Jordaan het aan sy lede opdrag gegee om gas te gooi. Hulle het twee traangasgrenate gegooi en ons het gemonitor vir enige beweging maar daar was geen beweging nie.
17.Ek het toe vir van die reaksiemaglede opdrag gegee om voort te gaan met voetpatrollies. Ek en die res van die reaksiemag, tesame met die Weermag en die persoon wat teen die grensdraad gevind is, is na my kantoor te Oosarea.
4 / . . . 18.
Page 4
18.Om 01h20 het ek die lede teen die grens teruggeroep na Ooshek. Om 0 lh30 is die reaksiemag ontbind en alle lede is na hulle onderskeie poste.
19.Ongeveer 02h30 het Sers Schoon van die Veiligheidspolisie by die hek (tesame met ’n Polisie-patrolliewa) aangekom en ek het die man aan hom oorhandig.
20.
Ek het voortgegaan met my normale sekerheidsfunksies en is om 05h15 van diens.
21.
Ek is eers Donderdagaand, 18 Junie 1992 om ±22h00 deur Kol du Pont van die SAP in kennis gestel dat daar gedurende die aand van die 17de Junie 1992 moorde in Boipatong gepleeg is.
DEPONENT
GETEKEN EN BEeDIG voor my te PRETORIA hierdie dag van 1992deur die Deponent wat erken het dat hy die inhoud van hierdie verklaring begryp, en dat hy geen beswaar het teen die afle van hierdie eed nie en dat hy die eed as bindend vir sy gewete beskou en wat die volgende woorde geuiter het : "EK SWEER DAT DIE INHOUD VAN HIERDIE VERKLARING WAAR IS, SO HELP MY GOD".
KOMMISSARIS VAN EDENAAM:ADRES:
HOEDANIGHEID:DISTRIK:
\h\tlr\hay\337625.#«2
NICOLAAS CORNELIUS VILJOEN verklaar onder eed in Afrikaans
1 .
Ek is werksaam as 'n sekuriteitsbeampte te Cape Gate (Pty) Ltd.,
Noble Boulevard, Vanderbijlpark - tel. nr. 88-1010.
2 .
Op 1992-06-17 het ek om ongeveer 21:00 aan diens gerapporteer te
Cape Gate, Vanderbijlpark soos per voorvalleboek nr. 577/06/92.
Ek het met my voertuig na die werk toe gery. Ek het geen
padversperrings in die pad tussen my woning en Cape Gate opgemerk
nie.
3.
Met my aankoms by die werk het ek in my kantoor gesit en
administratiewe take afgehandel. Die kantoor is reg by die ingang
van die perseel en ongeveer 70 meter van Boipatong woongebied af.
Reg oorkant Cape Gate aan Boipatong woongebied se kant is die
parkeerarea van die fabriek. Die parkeerarea is ongeveer 30 meter
vanaf Boipatong. Deel van my pligte behels om die wag wat by die
parkeer area gepos is, te besoek.
4.
Om 21:55 die nag het ek 'n telefoon oproep vanaf Mnr W Wilken
ontvang. Ek het 'n voorvalleboek inskrywing Nr. 583/06/92 gemaak.
Mnr Wilken het my meegedeel dat hy oppad werk toe op ' n klomp
swartmense in Frikkie Meyer Boulevard afgekom het.
1 2 .
* 2 *
Die mense was besig om oor die straat in die rigting van Boipatong
te loop. Mnr Wilken het my meegedeel dat dit ongeveer 200 mense
was en dat hy moes omdraai en teruggaan huis toe. Net daarna het
'n Mnr de Jager my ook geskakel en my min of meer dieselfde
meegedeel.
Terwyl ek met Mnr de Jager gepraat het, het ek *n weermagvoertuig
voor Cape Gate sien verby beweeg. Ek het dit agtervolg en by Unipark
Motors ingehaal en die inligting aan hulle oorgedra. Daarna is
ek terug. Ek het na buite die perseel gegaan om te kyk dat alles
goed verloop by die parkeerarea oorkant die straat. Dit was kort
na 22:00 toe die mense wat middag-skof gewerk het van diens gaan.
Ek het so ongeveer 30 swartmense opgemerk wat ongeveer 30 meter
vanaf die parkeer area in die veld gestaan het. Ek het die werkers
wat uit die parkeerarea gery het toe gewaarsku om nie in die rigting
van die Trek Garage te ry nie maar agter om die fabriek te ry.
Die wag, Esau Ramatsebe, was saam met my by die parkeer area.
6 .
Nadat al die werkers weg was uit die parkeerarea het ek teruggestap
na my kantoor toe. Terwyl ek terug loop het Esau Ramatsebe my
gewaarsku dat die mense wat agter die parkeer garages gestaan het
agter my aanloop. Ek het binne in die perseel ingegaan en die
groot hekke gesluit.
* 3 *
Hierna het ek weer by die klein hekkie uitgestap om te kyk waar
die groep mense is. Hulle het toe egter weer in veld agter die
parkeer garages gestaan. Daar het toe skielik klippe langs my
geval.
7.
Ek het toe opgemerk dat 'n groepie van ongeveer 8 jeugdiges reg
® oorkant die fabriek se hek ons met klippe bestook. Ek het toe
na binne geloop om die Polisie te skakel.
8 -
Nog voordat ek kon skakel het ek drie skote gehoor wat uit die
rigting van Boipatong kom. Ek het toe die S. A. Polisie,
Vanderbijlpark geskakel. Ek het 'n voorvalleboek inskrywing Nr.
584/06/92 gemaak.
(GET) N.C. VILJOEN
WILLEM JACOBUS CROPS
verklaar onder eed in Afrikaans:
Ek is 'n volwasse man, 42 jaar oud, werksaam te
Vereeniging Misdaadvoorkoming, Vereeniging,
telef oonnoituner: 55-2020 en ek is woonagtig te
Hofmeyerlaan 68, VEREENIGING.
Op 1992/06/17 het ek om 16h00 aanddiens gerapporteer
te Roshervillestraat 5, waar Vereeniging
Misdaadvoorkoming se beheerkamer gelee is. Ek is
Vereeniging Misdaadvoorkoming se patrollie offisier
vir die Vaaldriehoek en was die bemanningslid op die
patrollievoertuig saam met die bestuurder, Luitenant
Kruger.
Om ongeveer 22h45 het Luitenant Kruger 'n radioberig
ontvang in die patrolliewa dat 'n skare van ongeveer
200 swart persone in die omgewing van Uniepark Motors
rondbeweeg.
Ons het soontoe beweeg en ondersoek ingestel, waarna
Luitenant Kruger Kaptein van der Berg laat kontak het
deur die radiokamer, om vir hom te vra wat staan hom
te doen.
Kaptein van der Berg het Luitenant Kruger opdrag
gegee om die twee wagte wat om 18h00 te Uniepark
Motors en Blue Armor gepos is, uit die gebied te
onttrek.
Terwyl ons daar was en op die punt was om die gebied
te verlaat, het daar 'n wit motorvoertuig stilgehou
en die bestuurder het ons aangeraai om onmiddellik
die gebied te verlaat. Ons het met die wagte gery
tot by Baldwin Steel waar ons 'n wagpos gehad het.
Die petroljoggie by die vulstasie het saam met ons
gery.
Terwyl ons daar was het Luitenant Kruger 'n
radioberig ontvang vanaf die beheerkamer van 'n
diefalarm wat te Vereeniging afgaan by ' n perseel in
Vereeniging. Luitenant Kruger het die twee wagte en
petroljoggie gese dat ons moet uitgaan na 'n klagte
en dat hulle moet uitklim en daar wag totdat dit
veilig is.
Nadat ek en Luitenant Kruger die alarm klaar bygewoon
het, het die wagte ons per radio gekontak en gese
dat alles stil is. Luitenant Kruger het hulle opdrag
gegee om terug te gaan na hulle poste en voort te
gaan met hulle dienste. Ek en Luitenant Kruger het
voortgegaan met ons patrollies.
GETEKEN: W.J. CROUS
Ek,
y tv
WEMDELL WILKEN
verklaar onder eed in Afrikaans:
Ek is 'n blanke man, 42 jaar oud en is woonagtig te
Haggartstraat 4, Vanderbijlpark, telefoonnommer:
32 3639. Ek is werksaam as elektrisien te Cape Gate
(Pty) Limited, Noble Straat, Vanderbijlpark,
telefoonnommer: 88 1010.
Op 1992/06/17 het ek vanaf my huis na my werk gery
per motor. Om ongeveer 21h50 het ek in Frikkie Meyer
Boulevard gery. Ek het voor my in die pad 'n groep
swart mense gesien wat die straat oorsteek vanaf Kwa
Madala hostel se kant af na Boipatong toe. Daar was
tussen 200 - 300 van die swartes. Ek het aan die
regterkant van die pad gesien dat hulle in die veld
net voor Boipatong bymekaar kom.
Die sig was taamlik goed en dit was 'n helder aand.
Daar is ook straatligte langs die pad en gevolglik
kon ek die mense taamlik goed sien soos hulle oor die
pad hardloop in die veld in. Ek het so ongeveer 200
meter vanwaar hulle oor die pad gehardloop het,
omgedraai en huis toe gegaan. Van die huis af het ek
Mnr Viljoen geskakel en aan hom gese dat ek later sal
inkom aangesien ek nie geweet het wat aan die gang is
nie.
Om ongeveer 23h00 het ek weer met dieselfde roete
vanaf my huis na Cape Gate toe gery. Ek het toe geen
swartes opgemerk nie. Ek het vanaf my huis tot by
die werk ook geen polisievoertuie of weermagvoertuie
gesien nie.
WENDELL WILKEN
_ ^
EK,
PHAFODI SAMSON KHANYE
VERKLAAR:
Ek is 'n konstabel in die Munisipale Polisie gestasioneer te
Sebokeng Suid. 5-*^ i-«_ Srfc. •
2Op 1992-06-17 het ek om 18:00 aan diens gerapporteer te Sebokeng
Suid Munisipale Polisie kantore. My pligte is die bestuurder van
die voertuig. Ek het Casspir voertuig SAP 48806E om 20:55
uitgeboek by my kantore, VB NR 923/6/92 het betrekking. My
Casspir voertuig was kamofleur kleurig.
3
Nadat ons aan diens geboek het, het ek en my skof die lede wat
die vorige skof gewerk het na hulle wonings te Sebokeng in
gebied 10, 14 en Beverly Hills met die Casspir geneem.
4
Om ongeveer 21:45 het my voertuig 'n radioboodskap vanaf Q
beheerstasie ontvang dat 'n polisievrou, Konstabel Pelogae, se
woning te gebied 11, Sebokeng aangeval word. (Q is Sebokeng se
radiobeheerkamer). Voordat ek die klagte bygewoon het, het ek
alreeds die lede van die vorige skof afgelaai.
1
[2...
* 2 *
n
5
By die toneel in Sobokeng 11, het ek in die Casspir bly sit en
het ek die voertuig bewaak. Terwyl ek in my voertuig gesit het,
het die res van die lede op my skof uitgeklim en die toneel
besoek. Lede van Sebokeng Noord het ook by ons op die toneel
aaangesluit.
v ^ 6Om ongeveer 22:10^het ek 'n radioberig ontvang vanaf Q dat ons A
voertuig moet^uitbeweeg na Boipatong en die Boipatong Munisipale
Polisie lede moet te Boipatong SAP stasie opgelaai word.
~l &t tT T s0 a * o I7 — 60 2°
Die Casspir van Sebokeng Noord het toe agtergebly op die toneel
te gebied 11, Sebokeng. Een van ons skof se lede, naamlik Sersant
Tsulo, het ook agter gebly om Sebokeng Noord by te staan.
8Ek en die res van die lede op my skof het uit Sebokeng vertrek
en oor die wawielbrug gery tot by die robot te Uniepark Motors.
By die robot het ek een bruin weermag voertuig en een ligkleurige
weermag bakkie gesien. Ek het verder aangery met Frikkie Meyer
Boulevard tot by Sekatistraat waar ek links gedraai het.^ _ --/'-O
na Boipatong polisiestasie gery. By die SAP stasie het ek om
^pngeveer 22:30 ^die lede van Boipatong o p q e l a a i . Sersant Maseko
het gese dat hy berig ontvang het dat mense vanaf Kwa Madala,
inwoners van Boipatong aanval
vanuit die SAP stasie regs in Lekoastraat gedraai. Die straat
en boomstompe. Ek was gedwing gewees, as gevolg van die
versperrings, om baie stadiger te ry as gewoonweg
k het verby die winkelsentrum in Lekoastraat gery tot by
waar ek iemand in die straat sien le het. Ek het
n man
stilhou
Op die hoeke van Lekoa en Bafokengstraat het ek stil gehou by die
persoon wat in die straat gele het. _______
Daar het ek by 'n geel SAP patrolliewa gestop. Een van die lede
in die patrolliewa het toe in die Casspir geklim en saam met ons
* 4
Vanuit die Casspir het ek gesien dat dit 'n vrou is en dat daar
bloed aan haar klere was. Nie een van die lede op die Casspir
het afgeklim nie. Sersant Maseko het per radio Boipatongy p -
aanklagkantoor gekontak en gevra dat die ambulans ontbied moet
Aword.
A'
- ^ "<k Sersant Maseko het my meegedeel om in^die rigting Kwa M a d a l ^
Hostel te ry om te kyk of ons enige van die aanvallers sien. Ek ^~ . s' (»os
het aangery met Lekoastraat tot by Noble Boulevard, waar ek link^/^-?.
gedraai het tot by die Trek garage.
1 3
By die robot het ek een bruin voertuig en een ligkleurige bakkie
van die SAW gekry. Van die lede op my voertuig het toe met die
v. SAW lede gepraat en gevra of hulle nie mense in die omgewing sien cLukS/r
beweeg het nie. Die lede van die SAW het my lede meegedeel dat
hulle so pas 'n groot groep mense sien beweeg het vanaf Boipatong
in Kwa Madala Hostel se rigting. Ons kon egter niks sien nie.
My voertuig en een van die SAW voertuie wat ons by die r o b o t N ^ ^ ^ ^
gekry het is na Kwa Madala hostel om te gaan kyk of ons persone
in die omgewing van die hostel kon sien. Terwyl ek in die
omgewing van die hostel ry het ek 'n geel Nyala opgemerk.
y >
^ ^ ^ - " +
\<jf^—V Lede van die SAW het ons meegedeel dat daar niemand te bespeur
Lsa L -oS < H jp t fc-t
/ r Hth* C +.*+« *-O t ■
is nie en dat ons kan onttrek. Ek het terug gery tot by die
robot by die Trek garage. Ek het reguit aangery met Noble
Boulevard en regs gedraai in 'n grondpaadjie voor Boipatong en
tot by ^afokengg^raat gery. Ek het reguit met Bafokengstraal
gery tot by Lelkoas trkat en toe regs na die SAP stasie in Boipa
tong .o L rv^ fte -U . I . u. . Jr 6v.,
1 6By die SAP stasie het ek die lede van Boipatong afgelaai en het
ek met Sekatistraat na Frikkie Meyer Boulevard gery waar ek regs
gedraai het en terug gery het na Sebokeng Suid SAP stasie. Ek
het verder voort gegaan met my normale pligte en het om 06:00 van
diens gerapporteer.
c-e*—• _ _ ^ J2J v-~ (
r ^
i r r j U
(GET) P S KHANYE
PEON KRUGER
verklaar:
1. Ek is 'n Sersant in die Suid-Afrikaanse Polisie
gestasioneer te afdeling Binnelandse
Stabiliteit, Vereeniging.
2. Op 1992/06/17 om 21h45 het ek aan diens
gerapporteer. My seksiebevelvoerder A/Offisier
Otto het af siek geboek en ek het as seksiehoof
opgetree. Ek en nog vyf ander lede het van 'n
Nyala voertuig, geel en blou van kleur, met
SAP nommer 10100H gebruik gemaak. Ek was nie
die bestuurder van die voertuig nie. Ons was
almal in kamoefleeruniform geklee.
3. Om ongeveer 22hl0 het ons 'n klagte vanuit die
beheerkamer ontvang dat ' n groep mense huise in
Boipatong aanval en plunder. Op daardie
stadium was ons nog in die basis. Ek het aan
ondersersant Schlebusch opdrag gegee om die
klagte te gaan bywoon. Ons beheerkamer het nog
berigte ontvang dat daar probleme was in
Boipatong. Ek en vyf ander lede saam met my
het om ongeveer 22h25 vanuit die basis vertrek.
Oppad soontoe het ondersersant Schlebusch my
per radio gekontak en my versoek om hom
behulpsaam te kom wees.
Om ongeveer 22h35 het ons by die robot wat 'n
kruising vorm in Frikkie Meyer Boulevard en
Noble Boulevard aangekom. By daardie robot het
ons 'n weermag "Buffel" voertuig aangetref.
Een van die weermaglede het my meegedeel dat
daar 'n groep van ongeveer vyfhonderd (500)
vanaf Boipatong na Kwa Madala Hostel gegaan
het.
Ek het dadelik na die hek van Kwa Madala hostel
gery en daar nog twee (2) weermag voertuie
aangetref. Die een was ' n "Buffel" voertuig en
die ander een 'n bakkie. Daar het ook 'n
voertuig van Yskor sekuriteit daar aangekom.
Ek het gesien hoe die voertuig van Yskor reg
voor die hek by die hostel stilhou. Niemand
het uit die voertuig geklim nie. Dit het gelyk
asof die persoon in die voertuig met een van
die hekwagte praat. Kort daarna het die
bestuurder van die Yskor bakkie naby ons
uitgeklim en ek kon hoor hy se dat al die
inwoners van die hostel daar was. Daar het ook
een van die munisipale Casspirs daar gestaan.
Ek het nie met hulle gepraat nie. Ek het
Kaptein Roos per radio meegedeel wat die
situasie was, waarop hy my meegedeel het om by
ondersersant Schlebusch in Boipatong te gaan
aansluit.
Met ons aankoms in Boipatong om ongeveer 22h45
het ons ondersersant Schlebusch by huisnommer
7 65 aangetref. Ek het opgemerk dat daar 'n
groep jeugdiges bymekaargekom het wat bewapen
was met asblikdeksels, pangas en ander skerp
voorwerpe. Hulle het bewerings gemaak dat die
mense van Kwa Madala hostel vir die moorde en
beserings verantwoordelik was.
Ons voertuig het in die pad stilgehou en ek en
van my lede het uitgeklim en na ondersersan
Schlebusch gegaan om met hom te praat. Hy het
ons meegedeel dat volgens die mense daar nog
huise is wat beskadig is en mense wat beseer en
gedood is. Voormelde groep jeugdiges het gese
dat hulle oppad was na die hostel.
Ondersersant Schlebusch het vir Kaptein Roos
per radio gekontak en dit aan hom gerapporteer.
Ons het opdrag gekry dat ons moet onttrek en
tussen die hostel by die Kwa Madala hostel en
Boipatong stelling inneem om observasie te hou.
Dit was ongeveer 22h50.
By die Trek garage (Uniepark Motors) het drie
weermag voertuie opgedaag. A1 drie die
voertuie was "buffels" gewees. Daar was ook
twee lede van PKRS wat saam met ons in die
Nyala voertuig verder gery het.
Ek het een van die "Buffel" voertuie versoek om
die buitewyke van die gebied onder observasie
te hou. Die twee ander weermag voertuie het
ons gevolg in die woongebied in. Daar was baie
versperrings in die paaie en op stadiums het
ons baie stadig oor die moeilike versperrings
gery. Die weermag se voertuie het ons die hele
tyd vergesel. Die weermag se taak was om
- 5 -
rondomverdediging toe te pas terwyl ons as SAP
buite ons voertuie was.
Die eerste toneel wat ons besoek het was
huisnommer 722. Daar is 'n kind, Martha
Hlubi, dood aangetref. Ons was meegedeel dat
Elizabeth Hlubi en Michael Hlubi beseer was en
reeds weggeneem was. By huisnommer 73 5 is 'n
vrou aan die agterkant van die huis dood
aangetref. Ons het huise 761 en 765 gaan
besoek om die PKRS behulpsaam te wees. Ons is
na huis 625 en het drie lyke aangetref. Ons is
na huis 194 waar ook drie lyke aangetref is.
By huis 696 het 'n man ons meegedeel dat sy
oorlede vrou reeds deur 'n ambulans verwyder
/as.
10. Op 'n stadium het ons en die weermag voertuie
uitbeweeg na Cape Gate en het 'n sekuriteitsman
daar gespreek. Hy het ons meegedeel van 'n
skietery wat vroeer die aand plaasgevind het.
Ons het die PKRS lede na die Trek garage
geneem. Die lykswaens het daar vir ons gewag.
- 6 -
Ons het die lykswaens na die huise vergesel.
Om ongeveer 03hl5 was alle lyke waarvan ons
geweet het verwyder. Op hierdie stadium het
die weermag onttrek. Die gebied was nog baie
gespanne en ons het verder patrollies in die
gebied gery. Op 'n stadium het ons ook 'n
besoek aan Sebokeng gebring.
11. Om ongeveer 04h50, en terwyl ons reeds oppad
terug na Boipatong was, het ek 'n klagte per
radio ontvang dat 'n groep mense voertuie met
klippe gooi in Noble Boulevard regoor 'n stuk
veld tussen die hostel en Boipatong. Ons het
soontoe beweeg en daar het ek 1 n groep
jeugdiges opgemerk. Ons het nader beweeg
waarop hulle ons voertuig met klippe begin gooi
het. Ons het stilgehou en uitgeklim, terwyl
die groep ons steeds bestook het. Skote is na
die groep geskiet met nommer vyf
haelgeweerrondtes. Die groep het uiteen
gegaan, waarop sommige van my lede hulle te
voet agtervolg het om hulle te probeer
arresteer. Die poging was ongeslaagd. Daarop
het ons voortgegaan met patrolliediens in
Boipatong. Om ongeveer 07hl5 het ons weer teen
'n groep van ongeveer 300 jeugdiges opgetree
wat geweier het om uiteen te gaan en daarop ons
voertuie met klippe bestook het. Verskeie
skote met nommer vyf hael en traanrook is
tydens die voorval afgevuur.
Hierna het ons om ongeveer 8.00 van diens
gerapporteer.
6 3
AFFIDAVIT
I, the undersigned,
DENNIG MOERANEdo hereby state under oath thr.t : -
1. I am an adult male, unemployed and residing at the
Kwa-Madala Hostel near Sebokeng. I was born on the 16th
August 1971.
The facts herein contained are within my personal
knowledge and to my best belief are true and correct.
On the 15th March 1992, I sustained gunshot injuries
and was admitted to the Sebokeng Hospital, where I am
being treated for these injuries.
Prior to December 1992 I lived in Sharpville, where I
grew up and attended school.
During 1991, I was recruited by some of my friends into
the Inkatha Freedom Party. Thereafter, I began to fear
comrades in the township as I believed that they would
attack me because of my Inkatha membership.
On or about December 1991, I asked my relative, Rev.
Peter Moerane, to intervene on my behalf and to
approach the comrades to dissuade them from attacking
me. I, however, remained afraid of such an attack. I
was then informed by friends who were living at the
Kwa-Madala Hostel that they could protect me from
comrades if I came to live at the Kwa-Madala Hostel.
I decided to do so, and began living at the Kwa-Madala
Hostel in December 1991. I do not recall the exact
date.
I am able to live at the Kwa-Madala Hostel without
charge. I am unemployed, as are several of the other
residents of the hostel. We are supported by those
residents who are employed. In addition, we receive
food parcels from the International Red Cross every two
weeks.
Although the Kwa-Madala Hostel is owned by Iscor, only
some of the residents work at Iscor. Some work at
other factories and, as mentioned above, the rest are
unemployed.
All the residents of the Kwa—Madala Hostel are members
of the Inkatha Freedom Party. Amongst the residents
there are individuals whom are leaders of the Inkatha
Freedom Party. Amongst them is one, Buthelezi.
- 3 -
11.
12.
13.
14.
15.
16.
A system exists at the Kwa-Madala Hostel whereby each
resident becomes part of a "unit". I was placed in a
unit consisting of four members. The other three
members are Ndundu, Kgosi and Mojalefa..
I was trained in the use of weapons by Buthelezi and
other members of the leadership core of the Inkatha
Freedom Party at the Kwa-Madala Hostel.
I am aware that other members of other units were also
trained in the use of weapons.
I have seen many arms and ammunition stored at the
Kwa-Madala Hostel.
The arms are brought by members of the Inkatha Freedom
Party, who arrive at the hostel from Natal. I have
seen them arrive with AK 4 7 1s and spears with poisoned
tips.
Some of those who arrive come to the area to work.
However, others come to carry out missions and attacks
in the local township. Others come to bring arms and
then leave.
- 4 -
17.
18.
19.
During the four months that I have lived at the
Kwa-Madal Hostel, I have seen units being sent out on
missions. However, I have not known exactly where they
have been sent to or what missions they have carried
out.
My understanding of the reason for these attacks is
that the residents of Kwa-Madala Hostel wish to regain
entry into the township. It was explained to me that
in order for us to go back and live in the townships,
we need to attack the comrades.
On the 15th March 1992, my unit was instructed by
Buthelezi to go to Sharpville Township for the
following purpose : -
19.1 to attack comrades who had been responsible
for the killing of an Inkatha member, one
Tlhola;
19.2 to attack two taverns, namely, Chief's Place
and the Philadelphia Tavern. We were
instructed to kill people there because it is
known that comrades drink there.
- 5 -
We were also informed that a secondary purpose to our
mission was to assist in the attack of comrades for the
purpose of Inkatha regaining entry to the townships.
We were given arms by Buthelezi. We were given two
rifles amongst the four of us. I was not myself
carrying a rifle.
We divided ourselves into two groups of two. I moved
with Ndundu. He was carrying a rifle.
Between 8 and 9p.m and at or near Phomolong Section in
Sharpville, we saw a group of comrades. Amongst them
was one comrade known to me as Ntopia. My partner
opened fire and Ntopia was struck. I rushed forward to
Ntopia but at the same time my partner opened fire and
I was struck by the bullets of the automatic rifle
which he had fired.
As far as I cam aware our second mission at the
Philadelphia Tavern was not carried out after I was
struck and injured.
I was later taken by ambulance to the Sebokeng Hospital
where I was operated on, on the same day. I have
- 6 -
25.
26 .
27.
bullet wounds in my stomach and in my left arm.
The general perception at Kwa-Madala Hostel is that the
police are on our side because they also hate the
comrades. There are certain members of the South
African Police who have a close relationship with the
leadership of the Inkatha Freedom Party at the
Kwa-Madala Hostel. I have personally seen South
African Policemen from Vanderbijlpark Police Station
and Houtkop Police Station at the Hostel on several
occasions.
On some occasions, when the South African Police
conduct raids in the townships, some of the residents
of the Kwa-Madala Hostel are collected by them and help
the police to point out houses of the comrades in the
township.
During the funeral of Tlhola we were told that the
police would not intervene if Inkatha attacked. This
was allegedly conveyed by the police to the family of
the deceased and the units deployed at the house of the
deceased.
- 7 -
28.
29.
30.
31.
I have often seen Nana Chabangu at the Kwa-Madala
Hostel, although he does not live there. I am also
aware that his mother runs a tuck-shop at the
Kwa-Madala Hostel.
I believed I had no choice but to take part in the
mission and to kill comrades as instructed. I feared
that I would be killed if I refused to carry out the
mission. I am aware that on a previous occasion, one
of the units who had been instructed to go on a mission
refused to do so. They were then warned that unless
they performed the mission by a certain day, they would
be killed. They thereafter carried out the mission
that they had been instructed to do.
I wish to return to live in the township but am afraid
to do so. I am aware that many of my friends at the
Kwa-Madala Hostel would also like to return to their
homes in the township.
On the 17th March 1992, I was visited in hospital by
one, Amina Van Oosthuizen, who introduced herself as a
lawyer who had been instructed by the Inkatha Freedom
Party to represent me.
- 8 -
fV-
THUS DONE, SIGNED AND SWORN to before me at onthis the day of MARCH 1992, the Deponent having affirmedthat he knows and understands the contents of this affidavit, has no objection to taking this oath and considers this oath binding on his conscience.
COMMISSIONER OF OATHS FULL NAMES :ADDRESS :
Collection Number: AK2672 Goldstone Commission BOIPATONG ENQUIRY Records 1990-1999 PUBLISHER: Publisher:- Historical Papers, University of the Witwatersrand Location:- Johannesburg ©2012
LEGAL NOTICES:
Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner.
Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only.
People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate, distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of the collection records and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website.
This document is part of a private collection deposited with Historical Papers at The University of the Witwatersrand.