7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 9 16 – 23 Maart 2018 OUERS: BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Beheerliggaamvergadering om 14:00 op Maandag, 19 Maart. Die ou en nuwe Beheerliggaam vergader saam (14:00) sodat oordrag kan plaasvind. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER: [AFSKEURSTROKIE] Toerlede vertrek op Vrydag, 23 Maart om 6:00 vanaf die skool. Toerlede moet reeds om 5:00 by die skool wees. Toerkinders ry in “sivvies” en kry ‘n kospakkie vir ontbyt. ‘n Middagete (Debonairs) word op Beaufort Wes aan almal verskaf. Baie, baie dankie aan ouers wat al produkte kom aflewer het. Klere-oorhandiging: Dinsdag, 20 Maart om 12:00. - Daar is enkele leerders wat nog nie mediese vorms en sakgeld ingehandig het nie. - Borgvorms is ook nie almal in nie. Leë vorms moet ook ingehandig word. - Sommige donasievormpies en produkte is ook uitstaande. Stuur dit asseblief terug op Maandag, 19 Maart. Produkte moet asseblief by die boekstoor afgegee word. Daar word nog kaas, bacon, maalvleis en skape/skaapvleis benodig. - Toerouers wat in Hartenbos is en saam met die toerspan wil kom braai (Dinsdag, 27 Maart om 18:00) moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 19 Maart na die klasonderwysers terugstuur. Ouers moet asseblief hulle eie drinkgoed saambring na die braai. Baie dankie aan ouers, personeel en goedhartige persone in ons dorp wat geldelik bydra om kinders wat dit nie kan bekostig nie, met hulle toer- en sakgeld te help. WEES VERSEKER DAT HIERDIE KINDERS DIT BAIE WAARDEER. Navrae: Adéle Lübbe STAATS RENOSTERTJIE FOTO’S: [BESTELVORMPIE] 0/7 en 0/8 Rugby- en netbalspelers wat by Staats se Renostertjie sportdag deelgeneem het, kan by tannie Maryka in die boekstoor foto’s gaan bestel. R20 vir ‘n Jumbo en R35 vir ‘n A5 vergroting. Kontant met bestelling asseblief. Sluitingsdatum vir bestellings: Vrydag, 23 Maart Geen laatbestellings sal gedoen word nie. BUITEMUURS: Daar sal op Dinsdag, 20 Maart geen buitemuurs wees nie as gevolg van die vakansiedag op 21 Maart. Donderdag, 22 Maart gaan buitemuurs normaal voort. “DRONE”-KAARTJIES: Elke kind in die skool het ‘n pakkie met 5 “drone”- kaartjies ontvang. Vra in die April- en Junievakansie julle familie en vriende van buite ons omgewing, om ‘n kaartjie by jou te koop. ALLE FONDSE GAAN VIR ONS SKOOL. NB: Bewaar hierdie kaartjies asseblief op ‘n veilige plek. Ouers is verantwoordelik vir hierdie kaartjies en moet R250 per pakkie inbetaal as die kaartjies wegraak. Die waarde van die “drone” wat gewen kan word, is R36 500.00. Dit is ‘n ongelooflike prys om te wen met net ‘n R50 kaartjie!

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Middagete (Debonairs) word op Beaufort Wes aan almal verskaf. Baie, baie dankie aan ouers wat al produkte kom aflewer het

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Middagete (Debonairs) word op Beaufort Wes aan almal verskaf. Baie, baie dankie aan ouers wat al produkte kom aflewer het

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 9 16 – 23 Maart 2018OUERS:BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Beheerliggaamvergadering om 14:00op Maandag, 19 Maart. Die ou en nuwe Beheerliggaam vergader saam (14:00) sodat oordrag kan plaasvind.

SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER: [AFSKEURSTROKIE]Toerlede vertrek op Vrydag, 23 Maart om 6:00 vanaf die skool. Toerlede moet reeds om 5:00 by die skool wees. Toerkinders ry in “sivvies” en kry ‘n kospakkie vir ontbyt. ‘n Middagete (Debonairs) word op Beaufort Wes aan almal verskaf.Baie, baie dankie aan ouers wat al produkte kom aflewer het. Klere-oorhandiging: Dinsdag, 20 Maart om 12:00.

- Daar is enkele leerders wat nog nie mediese vorms en sakgeld ingehandig het nie.

- Borgvorms is ook nie almal in nie. Leë vorms moet ook ingehandig word.

- Sommige donasievormpies en produkte is ook uitstaande. Stuur dit asseblief terug op Maandag, 19 Maart. Produkte moet asseblief by die boekstoor afgegee word. Daar word nog kaas, bacon, maalvleis en skape/skaapvleis benodig.

- Toerouers wat in Hartenbos is en saam met die toerspan wil kom braai (Dinsdag, 27 Maart om 18:00) moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 19 Maart na die klasonderwysers terugstuur. Ouers moet asseblief hulle eie drinkgoed saambring na die braai.

Baie dankie aan ouers, personeel en goedhartige persone in ons dorp wat geldelik bydra om kinders wat dit nie kan bekostig nie, met hulle toer- en sakgeld te help. WEES VERSEKER DAT HIERDIE KINDERS DIT BAIE WAARDEER.Navrae: Adéle Lübbe

STAATS RENOSTERTJIE FOTO’S: [BESTELVORMPIE]0/7 en 0/8 Rugby- en netbalspelers wat by Staats se Renostertjie sportdag deelgeneem het, kan by tannie Maryka in die boekstoor foto’s gaan bestel.R20 vir ‘n Jumbo en R35 vir ‘n A5 vergroting.Kontant met bestelling asseblief.Sluitingsdatum vir bestellings: Vrydag, 23 MaartGeen laatbestellings sal gedoen word nie.

BUITEMUURS:Daar sal op Dinsdag, 20 Maart geen buitemuurs wees nie as gevolg van die vakansiedag op 21 Maart.Donderdag, 22 Maart gaan buitemuurs normaal voort.

“DRONE”-KAARTJIES:Elke kind in die skool het ‘n pakkie met 5 “drone”-kaartjies ontvang. Vra in die April- en Junievakansie julle familie en vriende van buite ons omgewing, om ‘n kaartjie by jou te koop. ALLE FONDSE GAAN VIR ONS SKOOL.NB: Bewaar hierdie kaartjies asseblief op ‘n veilige plek. Ouers is verantwoordelik vir hierdie kaartjies en moet R250 per pakkie inbetaal as die kaartjies wegraak. Die waarde van die “drone” wat gewen kan word, is R36 500.00. Dit is ‘n ongelooflike prys om te wen met net ‘n R50 kaartjie!Hierdie projek strek tot en met Oktober 2018.

LEERDERDEELNAME:AFLAAI VAN SPORTKINDERS:Ouers moet asseblief kennis neem dat personeel in die toekoms geen kind na afloop van sportbyeenkomste by hulle huise gaan aflaai nie. Ook nie dorpskinders nie. Ouers moet asseblief hulle kinders by die skool kom afhaal. Wag asseblief vir u kind hier by die skool anders raak hulle angstig, veral as dit al donker is.

SPORTKLERE:Atlete en tennisspelers wat nog atletiekfrokkies en tennishempies in hulle besit het, moet dit asb. op Maandag, 19 Maart by tannie Adéle inhandig. Ouers sal rekeninge ontvang om die klere te vervang indien dit nie ingehandig word nie.

TENNIS:Die 0/11 seuns wat aan die Inter Africa 4 life tennistoernooi van volgende kwartaal deelneem, het inligtingsbriewe ontvang. Die 0/11 meisies se tennisrondomtalie word hervat op Maandag, 19 Maart om 14:30Volgende kwartaal speel die 0/13 seuns en dogters hulle tennisrondomtalie op Dinsdag 10 April vanaf 14:00 en die 0/9 seuns en dogters Woensdag, 11 Maart vanaf 14:30.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Middagete (Debonairs) word op Beaufort Wes aan almal verskaf. Baie, baie dankie aan ouers wat al produkte kom aflewer het

FICHARDTPARK SPORTDAG:Die 0/12 netbalspan gaan op Saterdag, 14 April aan die Fichardtpark sportdag deelneem. Ouers moet dit asseblief solank in gedagte hou.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die IK-klas hou op Maandag, 19 Maart hulle koekieverkoping. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.Woensdag, 21 Maart is ‘n vakansiedag. Die koshuis is wel oop en daar sal etes en toesig vir koshuisleerders wees.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Broer de Waal (ongeluk – hospitaal)Petro Cloete (operasie)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Middagete (Debonairs) word op Beaufort Wes aan almal verskaf. Baie, baie dankie aan ouers wat al produkte kom aflewer het

AFSKEURSTROKIE: TOEROUERS SE BRAAI – 27/3 NAAM VAN OUER: ____________________________________

ONS WIL GRAAG OP DINSDAG, 27 MAART SAAM MET DIE TOERKINDERS BRAAI.

AANTAL VOLWASSENES: ______

AANTAL KINDERS: ______ (Nie toerkinders nie)

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

KONTAKNOMMER: ________________________________

(Bring asseblief u eie drinkgoed)

AFSKEURSTROKIE: RENOSTERTJIEDAG - 0/7 EN 0/8 (RUGBY EN NETBAL) NAAM VAN OUER: ____________________________________

ONS WIL GRAAG DIE VOLGENDE FOTO/’S BESTEL:

FOTO NO.: ______________ ________________

INGESLUIT MY FOTOGELD: R _________

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

DATUM: ___________________

Sluitingsdatum vir bestellings: Vrydag, 23 MaartGeen laatbestellings sal gedoen word nie.

Ekstra kaartjies by juffrou Delene beskikbaar.

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Middagete (Debonairs) word op Beaufort Wes aan almal verskaf. Baie, baie dankie aan ouers wat al produkte kom aflewer het

HUISWERK kan ‘n RILLER wees!Sukkel jou kind met huiswerk omdat hy/sy dalk niedie werk verstaan nie? Laat ek help. Huiswerkhulp

elke middag by die laerskool.

STUDIEMETODES word die tweede week van die tweede kwartaal vir gr 5 – 7 aangebied,

asook ‘n OORBRUGGINGSKURSUS vir graad 3 na gr 4.Skakel my gerus vir meer inligting.

Leesprogramme ook beskikbaar om te verseker dat jou kind op sy/haar leesvlak is.

Moet nie die belangrikheid van lees by die agterdeur uitgooi nie – dit bepaal jou kind se prestasie in die klaskamer!

Miranda van der Walt - 083 7090 688 of [email protected]

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Middagete (Debonairs) word op Beaufort Wes aan almal verskaf. Baie, baie dankie aan ouers wat al produkte kom aflewer het