10
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 29 18 - 23 September 2015 OUERS: SKOOL VERDAAG: Die skool verdaag op Maandag, 21 September om 11:15 as gevolg van verpligte SACE opleiding vir die hele personeel. Die skool sal ook op Woensdag, 23 September om 13:00 verdaag. BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 8:00 (Begrotingsvergadering) en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 (Voorlegging van die begroting). FOTODAG – DINSDAG, 29 SEPTEMBER: [BESTELVORM] Ons jaarlikse fotodag vind op Dinsdag, 29 September plaas en ouers kan vir leerders (of boeties en sussies saam) ‘n individuele fotopakket bestel wat die volgende insluit: ‘n A4 blad met 1 vergroting (15 x 20cm), 2 Jumbo foto’s (10 x 15cm), 4 ID foto’s en ‘n boekmerkie. Die pakket kos R55 en kan tot Maandag, 28 September per afskeurstrokie bestel word. Kontant met bestelling asseblief. Ons heg ‘n fotolys vir ouers aan om hulle kinders se foto’s te kontroleer. Die foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op die kleredrag waarin foto’s geneem word. JAARBLAD – 2015: Instansies en persone wat weer hierdie jaar in ons JAARBLAD wil adverteer, kan kennis neem van die volgende: Advertensiekoste: (Dieselfde as in 2014) Volblad: R2000 Halfblad: R1000 Kwartblad: R500 Dit is ‘n pragtige kleurblad wat wyd in verskeie distrikte versprei word en ons kan sterk aanbeveel dat u hierin adverteer. Dit is werklik goeie waarde vir u geld! Kontak Lucille Bruwer 082 889 2920 (voorsitster Borge- en Bemarkingskomitee) as u wil hê dat sy u moet kom besoek. U is self verantwoordelik vir die ontwerp van u advertensie. Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en u kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief by haar laat doen. Kontak haar gerus by: Epos: [email protected] (korrekte epos adres) Tel: 0725282365 Navrae: Karin Page – 0823747984 (Redaktrise van die Jaarblad) FOTO’S: Indien u ‘n oulike aksiefoto van u kind of van ‘n ander kind het, kan u dit gerus vir ons epos na: [email protected] . Ons kan dit dalk gebruik. SWEMBAD-/ TENNISSLEUTELS: Ouers wat in besit is van ‘n swembadsleutel (Seisoen Sept 2014 tot Okt 2015) moet dit asseblief voor of op Vrydag, 2 Oktober kom inhandig of hernu. Sleutels is weer vir die nuwe seisoen (wat strek van 1 Oktober 2015 tot 30 September 2016) beskikbaar @ R250 per ouer. LET WEL: Sleutelhouers moet ouers van ons Laerskool wees en moet op datum wees met hulle skoolgeld. Ouers

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx · Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx · Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 29 18 - 23 September 2015OUERS:SKOOL VERDAAG:Die skool verdaag op Maandag, 21 September om 11:15 as gevolg van verpligte SACE opleiding vir die hele personeel.Die skool sal ook op Woensdag, 23 September om 13:00 verdaag.

BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 8:00 (Begrotingsvergadering) en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 (Voorlegging van die begroting).

FOTODAG – DINSDAG, 29 SEPTEMBER: [BESTELVORM]Ons jaarlikse fotodag vind op Dinsdag, 29 September plaas en ouers kan vir leerders (of boeties en sussies saam) ‘n individuele fotopakket bestel wat die volgende insluit:‘n A4 blad met 1 vergroting (15 x 20cm), 2 Jumbo foto’s (10 x 15cm), 4 ID foto’s en ‘n boekmerkie.Die pakket kos R55 en kan tot Maandag, 28 September per afskeurstrokie bestel word. Kontant met bestelling asseblief.Ons heg ‘n fotolys vir ouers aan om hulle kinders se foto’s te kontroleer. Die foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op die kleredrag waarin foto’s geneem word.

JAARBLAD – 2015:Instansies en persone wat weer hierdie jaar in ons JAARBLAD wil adverteer, kan kennis neem van die volgende:Advertensiekoste: (Dieselfde as in 2014)Volblad: R2000Halfblad: R1000Kwartblad: R500Dit is ‘n pragtige kleurblad wat wyd in verskeie distrikte versprei word en ons kan sterk aanbeveel dat u hierin adverteer. Dit is werklik goeie waarde vir u geld! Kontak Lucille Bruwer 082 889 2920 (voorsitster Borge- en Bemarkingskomitee) as u wil hê dat sy u moet kom besoek. U is self verantwoordelik vir die ontwerp van u advertensie. Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en u kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief by haar laat doen.

Kontak haar gerus by: Epos: [email protected] (korrekte epos adres) Tel: 0725282365Navrae: Karin Page – 0823747984 (Redaktrise van die Jaarblad)FOTO’S: Indien u ‘n oulike aksiefoto van u kind of van ‘n ander kind het, kan u dit gerus vir ons epos na: [email protected]. Ons kan dit dalk gebruik.

SWEMBAD-/ TENNISSLEUTELS:Ouers wat in besit is van ‘n swembadsleutel (Seisoen Sept 2014 tot Okt 2015) moet dit asseblief voor of op Vrydag, 2 Oktober kom inhandig of hernu. Sleutels is weer vir die nuwe seisoen (wat strek van 1 Oktober 2015 tot 30 September 2016) beskikbaar @ R250 per ouer. LET WEL: Sleutelhouers moet ouers van ons Laerskool wees en moet op datum wees met hulle skoolgeld. Ouers wat in besit is van ‘n tennisklubsleutel moet hulle sleutels aan die einde van die jaar ingee of hernu.

REDENAARSKOMPETISIE:Die uitslae van die finale Redenaarskompetisie word eers met ons Prysuitdeling bekend gemaak.

SKOOL SPORTKLERE:Daar is nog leerders wat in besit is van die skool se sportklere soos bv. krieket-, tennis- en atletiekhempies/frokkies, netbalklere ens. Dit moet asseblief op Maandag, 21 September in ‘n plastiese sakkie met jou naam op by tannie Maryka ingehandig word (skoon!).

SOKKIE:Die VCSV bied op Dinsdag, 22 September vanaf 18:30 – 20:00 ‘n sokkie in die skoolsaal aan. Alle leerders vanaf gr 1 – 7 is welkom! Toegang is R5 en verversings sal te koop aangebied word.

KOSHUIS:Lede van die Koshuiskomitee word herinner aan hulle vergadering op Maandag, 21 September om 7:30.

LEERDERDEELNAME:TENNIS:UITSLAE TEEN HARTSWATER:0/13A: Wen 6 – 0 0/13B: Wen 4 – 2

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx · Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op

0/11A: Gelykop 3 – 3 maar verloor met aantal spelle 0/9A: Verloor 4 – 2 Baie geluk!

KAROO TENNISTOERNOOI: [AFSKEURSTROKIE]Die Karoo Tennistoernooi vind op 23 en 24 Oktober in De Aar plaas en ons 0/11 en 0/13 tennisspelers kan daarvoor inskryf. Kostes: Inskrywingsgeld en koshuisverblyf/etes: R700.00Petrolgeld: R100.00Spelers wat belangstel om te gaan kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 21 September by die klasonderwysers inhandig. Mnr Hodgson neem die spelers met die skoolbussie.

SUID-VRYSTAAT TENNISPROEWE: [AFSKEURSTROKIE]Ouers moet asseblief kennis neem dat die Suid-Vrystaat Tennisproewe reeds hierdie jaar op 16 en 17 Oktober in Bloemfontein plaasvind. Spelers wat wil inskryf, moet reeds op Maandag, 21 September die afskeurstrokie met inskrywingsgeld van R160 na die klasonderwysers stuur. Ouderdomsgroepe: 0/10, 0/12 en 0/14. Ouers is self verantwoordelik vir die vervoer van spelers.Geen laat inskrywings sal ongelukkig ná Maandag gedoen kan word nie.

KRIEKET:Sterkte aan Stiaan Heyman, Lodewyk du Toit en Wico Oberholzer wat die naweek vir die Suid-Vrystaat Plattelandspan in Welkom gaan krieket speel.

MINI-KRIEKET: Baie geluk aan ons 0/7, 0/8 en 0/9 mini-krieket spanne wat as die wenspan met die toernooi op Fauresmith aangewys is. Hulle het vir die tweede agtereenvolgende jaar die trofee verower! Baie sterkte aan hierdie drie krieketspanne wat op Saterdag, 19 September aan die KFC Mini-kriekettoernooi op Hopetown gaan deelneem. Spelers het reeds inligtingsbriefies ontvang. Bring hierdie beker ook huis toe!

ALGEMEEN:KANSA MUNTLEGGING:Leerders moet die naweek munte bymekaar maak vir die muntlegging vir KANSA op Woensdag, 23 September. Elke graad gaan ‘n letter kry om vol munte te pak. Ouers kan ook kennis neem van die aangehegde inligtingstuk en donasievorm.Kom ons ondersteun hierdie verdienstelike poging van Clivé Burger.

VERLORE ROKKIE:Daar is ‘n splinternuwe ongemerkte nr. 11 skoolrokkie in die koshuis ontdek. U kan by Jolandé navrae daaroor doen.

Donderdag, 24 September is ‘n vakansiedag (Erfenisdag) en Vrydag, 25 September is ‘n skoolvakansiedag!

Geniet die heerlike langnaweek saam met u kinders.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Tersia MostertTjoppie Botha

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx · Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op

BESTELVORM: INDIVIDUELE FOTOPAKKET/TE

R55 PER PAKKET

Naam van leerder:(Slegs een kind op foto)

Gr:

Name van leerders:(Meer as een kind op foto)

Aantalpakkett

e:

TOTALE BEDRAG INGESLUIT: R ______

OUER SE NAAM EN VAN:

HANDTEKENING:

AFSKEURSTROKIE: KAROO TENNISTOERNOOI (0/11 EN 0/13) (23 & 24 September)

OUER: ___________________________________

SPELER: __________________________________

OUDERDOMSGROEP: _________

EK WIL MY KIND/ERS VIR DIE KAROO TENNISTOERNOOI INSKRYF

EK GAAN MY EIE KIND/ERS NA DE AAR NEEM:

EK KAN ______ ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA DE AAR:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: ____________

AFSKEURSTROKIE: SV TENNISPROEWE (0/10, 0/12 EN 0/14) (16 & 17 OKTOBER)

OUER: ___________________________________

SPELER: __________________________________

OUDERDOMSGROEP: _________

WIL GRAAG MY KIND INSKRYF VIR DIE SV TENNISPROEWE.

INSKRYWINGSGELD VAN R160 HIERBY INGESLUIT.

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: ____________

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx · Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op

FOTOKONTROLEVORM VIR OUERS - Fotodag: 29 September 2015

HIERDIE IS NIE ‘N BESTELVORM NIEKoorleerders kom met hulle koorklere skool toe. (Onthou om jou skoolklere/sportklere saam te bring vir die ander foto’s) Leerders moet sorg dat hy / sy die korrekte drag saambring vir al die

sportsoorte. Alle klere moet gemerk wees sodat verlore klere terugbesorg kan word aan

eienaars. Leerders wat nie die korrekte klere het nie, word nie afgeneem nie. Kontroleer asb. die foto’s waarop u kind moet verskyn. (Om foute te voorkom) Foto’s word in onderstaande volgorde geneem.

Merk met X OMSKRYWING OP FOTO: PERSOON/E KLEREDRAG

Personeel (Almal neem ook individuele foto asseblief)Beheerliggaam LedeOuerverenigingkomitee LedeKoshuiskomitee LedeNie-onderrig personeel (skool) en koshuispersoneelJunior koor Rina/Elza KoordragSenior koor Hannelie KoordragKlasfoto’s en Individuele foto’s (Graad 1 – 7 + IK-klas)

Klas-onderwyser

KorrekteSomer-

skooldragmet skoene

en kouse

SkoolleiersKoshuisleiers

Medialeiers

+ Mnr TaitSlegs die

leiersMaryka

Skool: Hoofleier en Hoofleidster Koshuis Hoofleier en Hoofleidster Slegs leiers

Musiekleerders (Alle leerders wat musiek neem / alle instrumente)Nautilus (Deelname aan ten minste 2 van 3 kompetisies)Wiskundeklub (Juniors) MarynaWiskundeklub (Seniors) SchalkAMESA wiskunde SchalkRedenaarsbestuur Marisan/ElzaOmgewingsvasvra TersiaBybelvasvra NaomiSkaak(Almal wat gereeld skaak oefen)

Naomi / AlfredPeet

Merkmet X OMSKRYWING OP FOTO: PERSOON/E KLEREDRAG

Padpatrollie Karin / Madeleine

VCSV Elza & Naomi

SPORT:RUGBY:

Vanaf 10:30 asb

(Buite-afrigters!)

Wit PT-broek: 0/13

Ander spanne:swart

PT-broek

Rugby Pienkvoete – ook gr R (Jurie Swart en Danie Noeth)Rugby 0/9 (Jannie du Plooy en Alfred)Rugby 0/11 (Marius Jacobs en Schalk)Rugby 0/13 (Albertus de Wet en Riaan Jacobs)TWEEKAMP:

Cheryl

Lanie en

Sportklere

Tweekamp (almal wat aan tweekamp deelneem)SWEM:SV KampioenskappeVrystaat KampioenskappeKRIEKET:Mini-krieketKrieket 0/9Krieket 0/11 Krieket 0/13

Pieter / KarinOom Lucas

SchalkRoger

TENNIS: (Slegs ligaspanne vir 0/9 – 0/13)) Rehetta

Netbalklere(dogters)

Skool voorsien netbalklere en tennishempies

Tennisklere (seuns)

Tennis 0/9A (Seuns en dogters)Tennis 0/9B (Slegs seuns)Tennis 0/11A (Seuns en dogters)Tennis 0/11B (Seuns en dogters) Delene

Tennis 0/13A (Seuns en dogters)Tennis 0/13B (Slegs seuns) Alfred

Tennis Junior beginners (Gr 1 – 3) MarisanNaomi

Tennis Senior beginners (Gr 4 – 7) Tersia/MelishaNETBAL:

Netbaldrag met wit kouse en

tekkies

Skool voorsien netbalklere

Netbal 0/7 Netbal 0/9ANetbal 0/9BNetbal 0/10A en B Netbal 0/11A en BNetbal 0/13A, B, Netbal 0/13 C en D

Saam met afrigters

Xhariep netbal proewespan 0/12 Xhariep netbal proewespan 0/13 Slegs spelers

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx · Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op

ATLETIEK:

Slegs die spanne alleen

AtletiekklereSone AtletiekMotheo/Gariep KampioenskappeVrystaat KampioenskappeGIMNASTIEK: Madeleine

WilnaGimnastiek-

klereGimnastiek Beginners + vlak 1 – 3

Provinsiale klere:Merk met X Omskrywing op foto: Kleredrag:

SA Atletiek

Leerders moet hulle Provinsiale klere saambring en aanhê vir

hierdie foto’s

SA TweekampSA SwemTweekamp InterprovinsiaalSuid-Vrystaat TennisStreektoernooi: WildeklawerCravenweek Rugby A & B-spanneGimnastiek Sone Noordkaap HengelSA VolkspeleVrystaat TentpeggingVrystaat SkaakspanKrygskuns

ANDER:

Hierdie vorm is vir ouers om (saam met u kind) te kontroleer in watter foto’s u kind moet wees en watter kleredrag hy/sy

benodig.

Al bogenoemde foto’s word in die Jaarblad van 2015 geplaas.

HANDTEKENING VAN OUER: _________________________ (Foto’s saam met my kind/ers gekontroleer en gemerk)

Hierdie vorm hoef nie terug te gaan skool toe nie.

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx · Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op

‘n “Warmhart” boodskappie wat op Facebook raakgesien is…..net voor Bekendstellingsdag.

Verlede jaar. Omtrent op dié datum ry ons van die plaas af na ‘n onbekende begin…in die bakkie sit twee grootoog kiddies – die een opgewonde, die ander een bang.Ek byt my mond stukkend binne om my emosies op hok te hou, en bid net heeltyd: “Here asseblief, keer my trane. Maak my bene sterk. Nie om weg te hardloop nie, maar om aan te hou vorentoe beweeg”. Ek kan niks onthou van daai dag nie - net al die onbekende gesigte.Ons was oppad na ons kiddies se nuwe skool se opedag – Jacobsdal Primêr.‘n Jaar later op die vooraand van ons skool se opedag kan ek praat van ONS skool. My klein seuntjie het ‘n naweek terug vir my om die lyf gevat en kom dankie sê dat ons hom soontoe gevat het. “En weet jy mamma, ek is so lief vir my juffrou. En ek het die beste tjommies. Ek dink ons is partykeer bietjie stout”. Hy is soooo happy. En dis al wat tel.As ek in my dogtertjie se oë kyk, al die excitement waarmee sy Vrydae die hele week se dinge uitblaker, kan ek nie glo dis die skaam dogtertjie wat ek daar moes agterlaat nie. Sy wat nie wou gaan nie, wil nou op geen ander plek wees nie.Ek ken nog nie almal nie, maar met tyd sal ek wel. Maar uit my hart uit is ek dankbaar vir die Engele wat Hy oor ons pad gebring het. Mense wie ek glo bestem was om deel te word van ons lewe. My lewe.My grootste dankie is aan Jesus wat my deur baie nagte om die kombuistafel gedra het, want dis waar Hy dit op my hart kom druk het.... Its time to move on.Ek is ‘n trotse Jakkie mamma.

Jenine Ludwick

TE KOOP!!

2 x SlateryMieliestropers

R13 500.00 elkVAT ingesluit

Skakel: 083 431 5497

TE KOOP!!

Pragtige opregte Bullterriers.Reun is geregistreer en teef

se ouers is geregistreer.

6 Weke oud (gebore 7/8/2015)

Kleur: Wit, en wit met bruin oog of oor.

2 Tefies en 4 reuntjies

Skakel: 083 417 9933

GESOEK:‘n Tweedehandse staprugsak wat iemand dalk wil verkoop.

Kontak juffrou Naomi by: 073 3362 666

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx · Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op